c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
25 Julie 2018
57.3%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 479
25 Julie 2018
Swartland in groen en geel getooi
Die Swartland het ná goeie reën én sonnige warm weer, in ‘n galery van pragtonele deur kanola- en koringlande verander. Produsente reg oor die streek is tevrede met die opkoms van hul grane, maar hoop vir nóg koue en nat weerstoestande vir belowende oeste.
•DIENAAR WORD ONTHOU VIR WELDADE
Slingers se stem stil
“Hy was ‘n dienaar van God en van sy mense.” Dít is hoe John Slingers van Malmesbury onthou sal word. Hy was ‘n Madiba. Ek het net nooit besef hoe groot hy was nie,” vertel sy vrou Cynthia wat vir die afgelope 49 jaar met hom getroud was. Sy beskryf hom as nederig, hoewel sy gees groot was. John (78) wat een van 14 kinders was, is op Jansenville gebore. Hy het tot gr. 8 op Hopetown skoolgegaan en sy skoolloopbaan finaal op Livingstone in Kaapstad afgesluit. Gedurende dié tyd het hy by sy pa se susters gebly, terwyl sy ouers op Grahamstad agtergebly het. Ná skool gaan studeer hy verder in die onderwys. In sy derde jaar spesialiseer hy in houtwerkkunde. Sy eerste onderwyspos was op Kokstad in die destydse Transkei. John het daarna sy onderwyslloopbaan verder op onder meer Grahamstad, Humansdorp, Port Elizabeth en Oaklands in die Kaap voortgesit. Tot sy dood, het hy sy lewe aan God gewy. “Sy gees was groot, omdat alle eer aan God gegaan het,” vertel Cynthia. Soos Moeder Theresa sou sê, ‘n lewe wat geleef is vir ander, was die moeite werd om te lewe. John kon daarvan getuig. Dit is daarom
geensins ‘n verrassing om te leer dat hy intussen ‘n kursus in teologie gaan volg het nie. Kort na sy studies van vier jaar, word hy in 1969 in die Calvynse Protestantse Kerk op Malmesbury georden. Hy het aanvanklik ‘n tentmaker bediening gelei. Die passie vir ‘n loopbaan as predikant, is deeltyds nagestreef, terwyl hy as waarnemende hoof by Chatsworth aangestel is en hy houtwerk by Schoonspruit Sekondêr gegee het. Vir twee jaar tussen 1975 en 1977 kon hy sy liefde voltyds uitleef en aanvaar die pos as leraar op Worcester voordat hy en Cynthia na Malmesbury terugkeer. In daardie tyd, na hul terugkering, het hy deeltyds aan die Universiteit van Wes-Kaapland studeer, die plaaslike gemeente bedien én weer houtwerk by Schoonspruit Sekondêr aangebied, waarna John beloon is met sy BA en B.Ed grade. John laat diep spore agter in sy gemeenskap en onder gemeentelede. Sy naam is verewig in die kerksaal, die pastorie en die legendariese kansel van die Calvynse Kerk, wat amptelik in 1972 op Wesbank ingewy
is. Dit is danksy sy betrokkenheid dat dié kerk weer opgestaan het nádat die gemeente weens die destydse Groepsgebiedewet moes skuif. Behalwe vir Malmesbury, het hy ook die gemeentes van Wellington en Atlantis bedien. Hoewel hy amptelik in 2005 afgetree het, was dit beslis nie vaarwel nie. Hy het voortgegaan met aktiewe gemeenskapsbetrokkenheid. John was onder meer vir nog drie jaar onder-voorsitter van die paroolraad. Sy bedieningsgebied het ook net al wyer uitgekring. Hy was op die bestuur van Aandskemering tehuis vir bejaardes, die Haven Nagskuiling én kapelaan vir die SAPD se slagofferprojek, Huis Dahlia en Malmesbury se GPF. Sy vrou en haar gemeenskapsprojekte het hom na aan die hart gelê. John wat nie net onthou sal word vir sy goue hart nie, maar ook sy goue mondfluitjie wat hy graag gespeel het, leef voort in sy nageslagte en spore wat diep getrap is binne die gemeenskap. ‘n Troosdiens vind vandag in die Calvynse Kerk plaas, terwyl hy Sondag ter ruste gelê sal word.
NUUS • NEWS
2
25 Julie 2018
NUUS • NEWS
Fiksheid goed op dreef Die Malmesbury Korrektiewedienste-beampte, Angelo Booysen, het 'n derde plek behaal by die Kraaiforntein- atletiekklub se 15km-padwedloop (48min 16sek). Hy het ook eerste plek behaal in die Korrektiewedienste se 10km-wedloop wat plaasgevind het op 23 Junie 2018 en die wenstreep oorgesteek in 32min 07sek. Volgens sy afrigter, Basil Jantjies, wat verantwoordelik is vir die afrigting van verskeie atlete in sy vrye tyd, is Booysen se voorbereiding goed op koers nadat die atleet vir omtrent drie weke buite aksie was weens verkoue. "Ons was die afgelope paar weke besig met algemene kondisionering, maar gaan die tempo versnel vir die komende weke wat voorlê", noem die afrigter.
Pedal towards safer journey “What counts in life is not the mere fact that we have lived. It is what difference we have made to the lives of others that will determine the significance of the life we lead.” Nelson Mandela The West Coast District Municipal Executive Mayor, Alderman Harold Cleophas, gave effect
to these famous words together with his theme, “Restoring the Social Fabric”, for 2016 – 2021 term when he donated 48 bicycles to the 24 Community Policing Forums across the West Coast on Mandela Day. These bicycles will assist law enforcement officials in patrolling streets of towns which will enable them to reduce crime in these areas. “We will never be able to root out crime in society, but we must strive to create safer environments for future generations. The West Coast District Municipality recognize the need to form partnerships with key stakeholders which will enable us to play a meaningful role in creating social cohesion” said the Executive Mayor. Constable Hennie Du Randt from the Malmesbury Police Services welcomed the initiative of the municipality. “The South African Police Service welcome the support of the broader community and we want to utilize all resources and inputs to improve our services in the areas we serve. The donation of these bicycles by the Executive Mayor of WCDM indicates the commitment of the municipality to assist us in crime prevention. Our hope is that this partnership will inspire other role players to join forces with SAPS” said Du Randt. During his keynote address the Executive Mayor thanked the women and men in uniform for their tireless efforts and for their diligence in executing their duties. “Let’s make everyday a Mandela Day” was his closing remarks.
NUUS • NEWS
3
25 Julie 2018
Ministeriële besoek:
Minister Bathabile Dlamini (regs), wat vroeër vanjaar deur president Cyril Ramaphosa as sy minister vir vroue in die presidensie aangestel is, het Malmesbury Vrydag besoek. Sy het as deel van die veldtog van 365 dae van geen geweld teen vroue en kinders voor 'n volgepakte gehoor by die Metodistekerk in Ilingelethu gepraat. Saam met haar was Shoki Tshabalala (links voor), waarnemende direkteur-generaal in dié departement, Ilingelethu-raadslid Bulelani Penxa (links agter) en pastoor Wiseman Soni.
•GROEN-PROJEK IN VLEILAND
Nuwe ontwikkeling op Darling beplan
Darling kan uitsien na ‘n nuwe groen en unieke ontwikkeling wat beplan word op die Apolis-vleiland teen die dorp. Een van die hoof fokuspunte van die voorgestelde ontwikkeling is om omgewingsvriendelik te wees. Die voorgestelde ontwikkelingsprojek sluit onder meer 118 erwe vir huise, ‘n uitstallersdorp, ‘n voedsel en kunsmark, eenhede vir ‘n aftree-oord, oop spasies, paaie en dienste met ‘n totale grootte van 61ha in. Die mark vir uitstallers is spesiaal deelgemaak van die voorgestelde ontwikkeling as gevolg van die geleentheid vir landboutoerisme wat op Darling geïdentifiseer is. Ongeag die boumateriaal wat plaaslik aangeskaf sal word, sal dit ook sover moontlik herwinbare boumateriaal wees. Volhoubare en omgewingsvriendelike vloere kan onder meer verwag word en volhoubare elektrisiteit word aangemoedig. Reënwater sal ook sover moontlik opgevang word om effektiewe waterverbruik te verseker. Dit is maar net van die faktore ingesluit in die voorgestelde ontwikkeling wat die landgoed uniek maak. Ralph Rabie, projekbestuurder van Darling Green Estate bied vanaand gedurende die Darling Toerisme se algemene jaarvergadering ‘n
voorlegging aan waartydens belangstellendes meer kan leer oor die voorgestelde ontwikkeling. Alle geïnteresseerde of geaffekteerde partye van die voorgestelde ontwikkeling op Darling word uitgenooi om te registreer by die omgewingsassesseringspraktisyn, Ecoimpact, verantwoordelik vir die omgewingsimpakassesseringsproses as deel van die publieke deelnameproses. Kontak gerus vir Nicolaas Hanekom by admin@ecoimpact.co.za vir meer inligting.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
HOT
DEAL
MONTH END PRICE BUSTERS
DICED BACON 200G
12
.99 p/pack for two
IAL S PE C E R F F O
SMOKED VIENNAS 500G
14.99
STEWING BEEF BULK
59.99
p/pack
SAVE R10 CRUMBED CHICKEN
(NUGGETS/POPS/ FINGERS OR BURGERS)
42
.99 p/kg
BUDGET BURGERS 20’S
49
.99 p/box
Prices valid at all Brito’s stores from 25th - 28th July 2018. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
p/kg
4
25 Julie 2018
NUUS • NEWS
De Panne-bul behaal rekordprys op veiling
Van links staan Jannie Kotzé se ma Louise, sy ouma May Kotzé , Jannie, sy vrou Annie en hul dogtertjie Lise-May Kotzé. De Panne Angus is in 1986 deur Jannie Kotzé se ouers, Paul en Louise gestig. Vandag is dié top-stoetery die oudste bestaande Swart Angus stoetery in die hele Wes-Kaap. Vanuit dié stoet het talle Angus-stoeterye en kommersiële kuddes al ontstaan. De Panne Angus bemark jaarliks diere na Namibië en help hul telers daar om die Angus bedryf goed gevestig te kry. Hul Namibiese telers word gereeld besoek om seker te maak hul kuddes goed gevestig word.
De Panne Angus pas baie maklik in ander én veranderde omgewings aan. Dit word grootliks aan die klimaat van die Swartlandstreek toegeskryf met sy kort en nat winters en lang, droë somermaande waar die kwik maklik by 40˚C draai. Die ras se hoë voeromset verseker dat selfs die Swartland-koringstrooi waarde tot die ras byvoeg. By De Panne Angus word daarna gestreef om fenotipies (visueel) en genotipes (geneties) korrekte diere te teel, asook diere met hoë reproduksie en optimale groei te verseker deur
Bouwer Roland (regs) het dié koei met haar tweeling kalwers vir R200 000 gekoop.
Jaco Smit Black Mamba Angus en Paul Coetzee Imvermooi Angus het die nasionale kampioen Angus-bul vir die Suid-Afrikaanse rekordprys van R150 000 saam gekoop. Taurus gaan die verspreiding van die saad behartig . Bo is Jaco Smit, Jannie en Annie Kotzé. De Panne International no.1 is verlede jaar melkproduksie wat hoë speengewig verseker. Jaarliks word vier tot vyf van die top-moeders aangewys as Groot Kampioen Manlike Dier by in die stoet gespoel wat ‘n bydrae van bykans die nasionale kampioenskappe. Met hul deelname in 2009 en 2017 se na40% van die nageslag uitmaak. Volgens Kotzé en sy vrou Annie, word daar nie sionale Angus kampioenskappe, verower hulle boonop die swart Angus teler van kampioenegroot hoeveelhede beesgetalle nagejaag nie. Streng seleksie word toegepas en die keuse -(Breeder of Champions) toekenning. Dié nasionale kampioenbul is die afgelope van korrekte bulle by paring word uiters profesSaterdag gedurende die Prestige Angus Veiling sioneel hanteer. De Panne Angus het gedurende die afgelope op De Panne teen ‘n nuwe Suid-Afrikaanse re32 jaar talle kampioenskappe op plaaslike én kordprys (vir ‘n swart Angus bul) teen ‘n bedrag van R150 000 in vennootskap deur Jaco Smit van nasionale vlak ingepalm. Talle goue bekers en skouprestasies is al op Swart Mamba Angus en Paul Coetzee van Imververskeie skoue verower. mooi Angus aangekoop.
Sedert 2010 behaal De Panne Angus die hoogste veilingprys in die Wes –en Suid-Kaap. Volgens Kotzé is dit ‘n groot voorreg om met die ras te boer. “Om te sien hoe jou stoet verbeter en vordering maak, is baie bevredigend.” Die Suid Afrikaanse rekordprys vir ‘n swart Angus vers, was R80 000 wat aan Kobus Delport van Makojalo Angus verkoop is. Die hoogste veilingprys van dié dag was R200 000 vir ‘n koei met tweeling kalwers. “Ons is baie geseënd en is baie dankbaar vir die suksesvolle veiling. "Kopers het van wyd oor die land en ook uit die buiteland gekom om beeste te kom koop en ons glo dat elk van ons kopers baie gelukkig en tevrede sal wees met hulle aankope, voeg die Kotzé-egpaar by. “Wanneer jy ‘n Angus wil aankoop, is die keuse voor die handliggend. "Koop De Panne Angus, want passie, diens en hoë kwaliteit is waarvoor hulle staan.”
NUUS • NEWS
25 Julie 2018
5
6
25 Julie 2018
NUUS • NEWS
Hoe gemaak met... ...my Augustus-tuin ? In die winter ondervind ons altyd ‘n paar probleme wat sommige tuiniers soms hande in die hare laat. Die eerste een waaraan ek kan dink is; met al die lieflike reëns is daar nou onkruid in oorvloed. Die eerste plek waar dit die meeste pla is in ons grasperke. Baie tuiniers se grasperke het nou weer ontwaak na die reëns, maar nou is daar meer onkruid as grasperk. Hier moet ons gebruik maak van ‘n SELEKTIEWE onkruiddoder, dit wil sê, een wat net dit doodmaak wat ons wil weg hê en nie die gras benadeel nie. Daar is ‘n hele paar verskillende produkte beskikbaar, ons beveel aan dat jy ‘n paar voorbeelde saambring van die onkruide wat jou pla, dan kan ons ‘n regte aanbeveling maak. Dan is daar die geplaveide oprit en ook ander plaveisel waar die onkruid tussen die plaveisteentjies opkom, asook ander groot ongebruikte areas of sypaadjies wat welig toestaan met onkruid. Hier kan ons ‘n NIE SELEKTIEWE
produk gebruik wat alles gaan doodmaak. Pasop net dat jy nie enige plante raakspuit wat jy nie wil verloor nie, want die onkruiddoders werk deur die chlorofil in die blare of stamme, wind kan ook die gif oorwaai, spuit verkieslik op‘n sonnige windstil dag met minstens ‘n dag of twee mooiweer daarna. Ons sal vir u van die regte produk voorsien vir hierdie taak. Nadat jy klaar die spuitwerk gedoen het, maak seker dat jy jou gifspuit deeglik skoonmaak met ‘n sterk Amoniak-oplossing en dit ook deurspuit om pype en “nozzles” skoon te kry. ‘n Volgende probleem wat nou onstaan op die grasperk met die meer reën, veral in die areas wat in skadu is en min of geen son kry nie, is dat die gras lyk of dit vrot. Hierdie probleem word nie maklik opgelos nie, want die produkte wat hiervoor help, is net in grootmaat beskikbaar. Sorg dat jou dreinering goed is, saag moontlik ‘n paar boomtakke weg om meer son deur te laat en wees geduldig, wanneer die langer dae aanbreek en die son se trajek verander, verdwyn die probleem redelik vinnig. Tydens die lang “droogte” het slakke nogal skaars geword in ons tuine, maar ons het vergeet dat moeder natuur kyk na haarself, en nou met die baie meer reëns het die slakke ontwaak en daar het weer nuwes bygekom wat uitgebroei het en nou het ons ‘n plaag op hande. Die gebruik van ‘n goeie SLAKLOKAAS is die mees effektiewe manier on hulle uit te roei. Daar is die pilvorm, gewoonlik BLOU, want voëls tel nie blou goed op nie. Nou hier dink party tuiniers dat hulle die pille moet gooi tot die tuin “figuurlik gesproke” potblou is, nee dit is nie nodig nie. Die beste metode is om so ± weekliks klein bietjie pille regdeur jou tuin te sprinkel, hou hiermee vol dwarsdeur die jaar en jy sal ondervind dat jou slakgetalle neem nie toe nie, inteendeel jy sal later wonder is daar nog slakke. Daar is ook ‘n vloeistof beskikbaar wat jy met jou gifspuit kan toedien, asook ‘n organiese produk. Sterkte met die tuintake. Ek wil weer herhaal, indien daar enige vrae is wat julle graag wil hê dat ons dit hier in die rubriek moet behandel, stuur ‘n epos aan: info@malmesburykwekery. co.za en meld net dat dit vir die Courant se tuinrubriek is, ek gee met graagte aandag. Tuingroete, George Retief
NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES JACO SWART STAALWERKE. Toegangsbeheer. Die beheer van elektriese hekke en motorhuisdeure, of enige kragtoerusting met die nuwe NANO oop, toe, aan- of afskakel en afstand is onbeperk. Beskikbaar by Jaco Swart Staalwerke. Tel: 082 780 0079 / 083 961 9009
MEMORIUMS IN MEMORIAM
JACOBUS “Koos" HEYNSE. 43 op 24 Julie. Baie geluk met Pa se verjaarsdag. Van Emily, Jerome en EmJay -------------------------------------
#4656
------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604
------------------------------------TE HUUR TO LET Stoorspasie te huur sentraal Malmesbury. Groottes wissel van 20m² tot 150m². Vir meer inligting kontak 022 487 3916
Two years old on 25 July, happy birthday my angel, ZIAH. May you enjoy this day and remember mommy loves you. From – Mommy, Daddy and the Bolsen family -------------------------------------
#4658
------------------------------------TE KOOP FOR SALE Aloe Unique - 100% natuurlik en bekostigbaar. Aloe Gel - Brandwonde, Vel irritasie ens. Bitter Gel - Tiener Aknee - Groot verskeidenheid
Baie geluk WILLA met jou verjaarsdag op 26 Julie. Mag die Here al jou hart se begeertes vervul en ons susters baie lief vir jou Atta, Evie, Stienie en Felic -------------------------------------
Stokvis pakke R50, Snoek. R85. Esme 084 250 2460
#4657
------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATION
26 Julie. 3 in 1 CHANIQUE, LEIGH en CASSEY – Baie geluk met die herdenking van julle geboortedag. Mag die nuwe lewensjaar net vreugde en liefde inhou. Met baie liefde – Adilene, Shaulin, Cleo en Aunty Shireen -------------------------------------
30 Julie. Geluk KADY met jou 13de verjaarsdag. Jy tree nou die jongmens lewe binne. Geniet jou dag. Liefde - van Rooyen, van Boom, Brander, Blom, Thompson, Verwey en Goliath-familie. -------------------------------------
25 Julie 2018. Kyk wie word vyf? Baie geluk my worsie DENICO, jy moet jou daggie geniet. Baie lief vir jou - Mammie ------------------------------------SAMUEL SWART. Geluk my oom met u verjaardag op 24 Julie. U moet u dag geniet. Met baie liefde – Myre, kinders, Arrie, Sofia en Christoffel
7
25 18 Julie Julie 2018 2018
COLDEN. 26 Julie 2018. Geluk grootseun met jou verjaarsdag. Hoop jy geniet die dag. Van: Searle Mynkie, Stephnay. Lief vir jou -------------------------------------
21 Julie. CHRESWELL NERO. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag Sy seën op jou rus. Van: Pa, Ma, Christel, Reagan, Ouma Sofie, Oupa Chris, Tyron, Gerhard Meintjies en Arendse-gesin -------------------------------------
Happy birthday NAZIRENE on 27 July. Mag God bless and keep you. May you have a wonderful day. From: Your Mom Desiree, Sashen, Mornico and Grandpa Hennie -------------------------------------
ROSELINE LEANDER. 24 Julie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou ryklik seen en mag daAR nog vele gelukkige jare vir jou wees. Geniet die dag. Van: Shamurin, Adrian, Joryden -------------------------------------
27 Julie. PRIES FARO. Gelukkige verjaardag en alles wat mooi is. Wens vir Priester ‘n geseende jaar toe – Onderdiaken, suster en die getuienisveld -------------------------------------
Happy 13th birthday on 24 July 2018 LINCOLN! We wish you all the best on years that may follow. Lots of love, Daddy & Mommy. -------------------------------------
12 op 27 Julie. LESHE FREDERICKS. Baie geluk met jou verjaardag en ook met jou silwer medalje wat verower is. Liefde - Daddy, Mammie en kleinboet Liam -------------------------------------
LINDA DANIELS. 52 op 25 Julie. Gelukkige verjaardag en mag dit gevul wees met alles wat mooi is - Johannes, Lindy, LeeAnn, Lezaan, Leeton, Lee Whirl, Jaylin en Sidlee. -------------------------------------
Raai wie is een op 26 Julie. Baie geluk LENITA LEANDER. Mag jy 'n wonderlike dag hê. Van: Mammie, Ouma en gesin -------------------------------------
Een op 25 Julie. LIAH. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag net goedheid en guns jou volg. God se rykste seen. Lief vir jou – Mammie, Iziaha, Tannie Risha, Ouma en Pa
DU-MARIE. 28 Julie. Baie geluk met jou 13de verjaarsdag. Mag daar nog vele jare wees en alles wat mooi is - Mammie, Dadda en Boeta -------------------------------------
Baie geluk LETICIA met jou 21ste verjaarsdag op 29 Julie 2018. Alle seënwense op jou pad. Van Mammie, Pappie en Ryan -------------------------------------
NICOLENE. 28 Julie. Baie geluk my suster met jou verjaarsdag en alle seëninge op jou pad vorentoe -------------------------------------
Raai wie word drie op 25 Julie. Ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar MAAYAH. Van: Mammie, Daddy en Ashlynn -------------------------------------
26 July 2018. Happy birthday to MARITA KRIELING. From: Department of Social Development, Swarland Team. Jes 41:10 -------------------------------------
27 July. Happy birthday DEONETT BOLTNEY. Rom 8:28. From : DSD Family Swartland -------------------------------------
JOLENE. Baie geluk met jou verjaarsdag my vrou. Jy moet baie lekker verjaar. Baie liefde - manlief en twee kinders -------------------------------------
LYNWILL. 25 July. One year has passed since that day, when the one we loved was called away. God took him home. It was His will, but in our hearts he liveth still. Love Graham, Guswill, Tercia & Marishe -------------------------------------
SONIA VAN DER POST24/07/2018. Your first birthday in heaven. Not a day goes by when we don’t think of you. Our heart still ache in sadness. We miss you - Loving Husband & children -------------------------------------
LENA ENGELBRECHT. Geluk met Mommy se eerste verjaardag op 24 Julie in die hemel. Ons sal Mommy altyd mis – u Kinders, u Moeder, suster en broer -------------------------------------
LEON FRANS. 25 Julie. Vandag is dit jou eerste verjaardag weg van ons. Sou jou 60ste verjaardag wees. Geniet die verjaardag in die hemel my oom. Liefde – Adilene, Shaulin, Cleo en Leigh -------------------------------------
SUNETTE PALMER. 25 Julie 2017. Een jaar gelede het jy jou aardse woning verlaat vir jou ewige woning. Mis jou baie, maar gun jou die rus. Van: Mabeth, Misha, Iziaha en Liah -------------------------------------
WILLIE STEYN. 23 Julie. Twee jaar van ons weg en die verlange en hartseer is elke dag nog daar. Rus in vrede – Connie, Shireen, Magdalene, Janine, Allister, Emily en Janicke ------------------------------------STERFGEVAL OBITUARY
ROSEMARY ARENDSE-SIEBRITZ. Gebore : 3 Mei 1949. Oorlede : 18 Julie 2018. Troosdiens: Woensdag, 25 Julie te St. Michael Anglikaanse Kerk, Abbotsdale om 19:00 Begrafnisdiens: Saterdag, 28 Julie 2018. Besigting om 08:00 te Kerkstraat 4 en die diens om 09:00 by die St. Michael Anglikaanse Kerk
SUSANNA LIEDEMAN (Smit). Gebore : 11-08-1945. Oorlede : 21-07-2018.
Troosdiens – Woensdag, 25 Julie om 19:00 by St Thomas, Anglikaanse Kerk. Begrafnisdiens: Saterdag, 28 Julie om 8:00 te Alfastraat 48 en die diens om 9:00 by St Thomas Anglikaanse Kerk, Malmesbury -------------------------------------
8
25 Julie 2018
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
25 Julie 2018
9
10
25 Julie 2018
Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Mandeladag-Viering - Wesbank Biblioteek 18 Julie: Ons vier Mandeladag vanjaar met ‘n allemintige "Knit Along!". Spandeer 67 minute van u tyd aan liefdadigheid. Kom brei (of hekel) ‘n blokkie! Wol en penne beskikbaar by Wesbank Biblioteeksaal, die hele dag lank. Geniet ‘n koppie tee en ‘n skonsie terwyl u brei! Vir navrae skakel 022 486 9400 Bergrivier Executive Council 20 July: The Bergrivier Executive Council presents LoTYDE 2018 - Leaders of Tomorrow Youth Developers Expo at the Dutch Reformed Church, Porterville Fondsinsameling vir Cee-Jay Farao (CCHS) 28 Julie: Kom geniet 'n heerlike drie-gang maaltyd en lekker musiek om u warm te hou as fondsinsameling om 17:00 by St Thomas skoolsaal. Kostes beloop R100 per persoon. Vir enige navrae kontak Christopher Farao by 081 722 6198 Moorreesburg / Koringberg Tourism 28 July: Bootsale at the Wheat Industry Museum from 08:00 till 12:00 Swartland Toerisme 14 Augustus: Swartland Toerisme se Algemene Jaarvergadering by Nieuwedrift Wingerde, N7 voor Piketberg om 10:00 Vir enige navrae kontak : Anchen Ludick by
022 487 2989 PHS Oud Skoliere Bond 17 Augustus: Wees deel van die stigting van ons "Oud Skoliere Bond" en heerlike saam kuier Dans 18 Augustus : Dans in Malmesbury Stadsaal. Sit jou beste hoed op, bring julle vriende en kom geniet ‘n aand van lekker dans en kuier saam met ons as fondsinsameling. R100 pp Kontak Martie by 079 5066 889 vir kaartjies. Darling Museum 22 August: Darling Museum proudly presents a talk by Coral Louw at 18:30 for 19:00 - "Emotions in Dogs - understanding your dog's body language. Tickets are R70 (R60 for friends of the museum. Homemade soups, bread and refreshments will be served. To book call Dianne at the museum 022 492 3361 One Try - Praise and Worship 25 Augustus: One Try bied aan 'n prys en aanbidding aand om fondse te genereer om minderbevoorregtes te help voed. Toegang is gratis en is te Loedolfstraat 1 (on the deck) om 19:00. Daar sal verkope wees. Vir enige verdere navrae kontak Jennifer Blom by 076 536 0510 The Darling Wildflower Show 14 - 16 September 2018: Brought to you by: The Darling Wildflower Society Show Dates 14 - 16 September 2018 Times Friday & Saturday: 09:00 - 17:00; Sunday: 09:00 - 15:00 Venue Darling Golf Club, Jacaranda Street, Darling. Tickets can be purchased online via www.quicket.co.za - Group Specials on Application. Ticket Prices Adults: R60. Pensioners: R40 (Friday, 14 Sep, only). Children 2 - 18 years: R40 Children below 2 years: Free
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
25 Julie 2018
11
12
courant 25 Julie 2018
dié
SPORT
Tel: 022 487 3221
25 Julie 2018
HSS: Die
hokkie- en netbalspanne van Hoërskool Swartland het Saterdaggemengde welslae behaal in hul wegwedstryde teen die Hoërskool Strand. Hier is Adreas Bester. Agter is Alrich Scholtz en Tiaan le Roux Tiaan Swanepoel van Moorreesburg is in gereed om te die o.16 WP-rugbyspan opgeneem. Tiaan is 'n leerder aan ondersteun. Paarl Gimnasium.
WP-rugby:
Darling-rugby storm voort Darling het Saterdag gewys hoekom hy beskou word as die gunsteling om as die Groot Uitdaag Swartland-kampioen aangewys te word toe hy volle punte teen ‘n begeesterde Moorreesburg-span op hul tuisveld ingepalm het. Darling het van meet af besigheid gesels toe Earl Lewis in die eerste minuut Moorreesburg ondersteuners se monde laat oophang het met sy vaart en oorgeduik het vir die eerste drie wat hy ook verdoel het. Moorreesburg het vroeg in die wedstryd nie antwoorde gehad op Darling se aanvallende speel nie en Darling het sy tweede drie gaan druk. Met die telling op 15-0 het dit gelyk of dit ‘n lang Saterdagmiddag gaan word vir die Moorreesburg-span. Moorreesburg se talentvolle agterspelers het egter ander planne gehad met die klein generaal Jaydon Markus aan die spits en goeie balverspreiding het Moorreesburg twee prag drieë gaan druk om weer in die wedstryd te kom. Dit het nuwe veggees in die Moorreesburg-span geblaas - met stromlopies deur hul voorspelers en plettervatte deur die gevaarlike Arno Fortuin aan die orde van die dag. Darling het egter in die tweede helfte gebou op hul aanvallende spel
NUUS • NEWS
en ‘n bonuspunt-drie laat in die wedstryd gaan druk. Moorreesburg kan egter baie positiewe punte uit die wedstryd neem. Darling ontvang Saterdag besoek van Good Hopes van Riebeek-Wes. Darling sal wil voortbou op sy onoorwonne status, maar sal nie die wingerdboere van Riebeek onderskat nie. Good Hopes het Saterdag erg teleurgestel toe hulle oortuigend geklop is deur ‘n Lillie-span van Abbotsdale wat weer lyk of hulle hul momentum teruggewen het ná twee agtereenvolgende oorwinnings in die sakkie. Good Hopes sal dus dit moeilik vind om Darling op sy tuisveld te klop met Darling wat sal seëvier met meer as 7 punte. Wesbank het Saterdag vir Rhinos van Piketberg op hul tuisveld geklop en ontvang Saterdag besoek van ‘n Moorreesburg-span met ‘n paar bekende gesigte in hul geledere. Wesbank en Moorreesburg spog met talentvolle spelers en die wedstryd noop om groot opwinding te bring. Wesbank is nog onoorwonne op hul tuisveld en is ‘n moeilike kalant op Malmesbury om te klop. Die rooi en wit stoomtrein het egter by tye die seisoen wankelrig voorgekom voor sy tuisskare en Moorreesburg sal dit wil uitbuit. Moorrees-
burg behoort Wesbank ‘n goeie wedstryd te gee en indien Wesbank weer takties misluk, sal Moorreesburg vir ‘n groot opskudding sorg en Wesbank klop in ‘n taai wedstryd met minder as 7 punte. Abbotsdale en Porterville raak slaags hierdie naweek met albei spanne wat van goeie oorwinnings af kom. Die wedstryd behoort ‘n taai stryd te wees met Lillies wat hulle tuisskare sal wil vergoed vir hulle ondersteuning tydens die twee agtereenvolgende wegwedstryde, waar hulle volpunte ingesamel het. Porterville sukkel om te wen op die pad en met Abbotsdale se huidige vorm, sal Saterdag ‘n hekkie te hoog wees vir die Porterville-span met Abbotsdale wat behoort te wen met meer as tien punte. Coronations van Kalbaskraal word tans beskou as die slaansak in die Groot Uitdaag Swartland-afdeling, maar Never Despair sal beslis nie op hul loure rus en dit as ‘n gemaklike wedstryd benader. Coronations is ‘n baie onvoorspelbare span en kan op enige dag enige span verras. Never Despair het egter te veel skietgoed en boort die taai wedstryd met minder as 7 punte te wen. Piketberg geniet hierdie naweek ‘n blaa skans. - Abri Adonis
Toernooi: Die eerste seunshokkiespan van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het die afgelope week aan die internasionale hokkietoernooi wat in Kaapstad gehou is, deelgenee. Agter: Gerrit Calitz (bestuurder), Ulrich Lesch, JD Bester (kaptein), AW Dippenaar, Joshua Minnaar, Charl Burger, Bertus Brits, Ian Nel, Franco Rheeder, Rowan McLachlan (afrigter). Voor: Albert van Zyl, Erich Engelbrecht, Josh Kotze, Adriaan Burger, William Thomson, Erwin Meyer, Luke Kotze en AW Steyn.
Sportuitslae Sports results DUIWE
Moorreesburg Duiweklub - Victoria Wes 1 JO 1 Franco En Seun 13:35:31; 2 Frikkie Bester 13:38:01; 3 Frans Jooste 13:51:33; 4 Boetie & Baron Hokke 14:13:21; 5 Boetie & Baron Hokke 14:13:27; 6 Frans Jooste 13:56:01; 7 Singleton Hokke 13:56:41; 8 Van Der Vyver Hokke 13:58:02; 9 Van Der Vyver Hokke 13:58:06; 10 Frikkie Bester 14:02:42; 11 Frikkie Bester 14:04:21; 12 Van Der Vyver Hokke 14:04:24; 13 Frans Jooste 14:05:40; 14 Frans Jooste 14:05:44; 15 Singleton Hokke 14:10:10 Victoria Wes 1 Ope 1 Henna & Melt Smit 13:28:14; 2 Henna & Melt Smit 13:31:12; 3 Frans Jooste 13:42:20; 4 Henna & Melt Smit 13:46:30; 5 Henna & Melt Smit 13:46:42; 6 Singleton Hokke 13:47:23 ; 7 Saunders Familie 13:48:48; 8 Saunders Familie 13:54:08; 9 Henna & Melt Smit 13:56:13; 10 Van Der Vyver Hokke 13:58:10; 11 Boetie & Baron Hokke 14:21:10; 12 Franco En Seun 14:08:34; 13 Boetie & Baron Hokke 14:30:32; 14 Boetie & Baron Hokke 14:30:35; 15 Boetie & Baron Hokke 14:31:16 Malmesbury Posduifklub - Victoria Wes 1 JO 1 G Horn 1510.6975; 2 Marais Hokke (Ksd) 1509.8987; 3 J Steenkamp 1503.1130; 4 LF Van Dalen 1501.5485; 5 Kotze Familie Hokke 1429.2670; 6 Kotze Familie Hokke 1428.6932; 7 Bordeaux A 1418.3807; 8 Kotze Familie Hokke 1409.6628; 9 J Steenkamp 1409.3639; 10 Bordeaux B 1408.8722; 11 Marais Hokke (Ksd) 1408.6760; 12 Bordeaux B 1398.2209; 13 Jurie en Rina Strydom 1392.3721; 14 LF Van Dalen 1368.7679; 15 LF Van Dalen 1362.6055; 16 Bordeaux A 1360.3121; 17 G Horn 1348.3769; 18 J Steenkamp 1344.4906; 19 Kotze Familie Hokke 1340.7498; 20 G Horn 1338.2330 Victoria Wes 1 Ope 1 Bordeaux B 1509.4472; 2 Kotze Familie Hokke 1508.4057; 3 J Steenkamp 1503.0336; 4 J Steenkamp 1452.6127; 5 Kotze Familie Hokke 1440.9870; 6 Bordeaux B 1435.7173; 7 Kotze Familie Hokke 1429.1952; 8 Kotze Familie Hokke 1429.0518; 9 Marais Hokke (Ksd) 1426.8183; 10 Kotze Familie Hokke 1406.4592; 11 M Hill 1399.4236; 12 Marais Hokke (Ksd) 1395.0786; 13 G Horn 1386.0690; 14 Bordeaux B 1376.0634; 15 Hayman & Edas 1374.4218; 16 J Steenkamp 1364.0880; 17 Bordeaux B 1362.8288; 18 Jurie en Rina Strydom 1362.2296; 19 J Steenkamp 1362.1287; 20 Marais Hokke (Ksd) 1358.7936; Riebeek Wes - Victoria West 1 MJ Hokke 13.50.41; 2 Alex Fam 13.54.41; 3 Alex Fam 13.56.45; 4 Amerika Hokke 14.04.57; 5 Boltney Hokke 14.11.59; 6 Amerika Hokke 14.14.25; 7 Mentoor Hokke 14.15.58; 8 James Hokke 14.15.54; 9 Daniels Hokke 14.17.39; 10 Abrahams Hokke 14.15.20 MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 18 Julie Sundowner - Supa Quick - Enkel Stableford : Frans Destroo 20, Gerhard Bester 20, William Matthysen 20, Andre Uys 19, Lindsay Meyer 19 Vrydag, 20 Julie Sundowner - Supa Quick - Enkel Stableford : Freek Stander 20, Jacobus Snyders 19, Herman Treurnich 19, Gary Jordaan 19 Saterdag, 21 Julie - Beterbal Stableford Vermenigvuldiger: Paul Hardcastle en Johan Ackerman 73; Mike Stockdale en Faye Fernandez 73; C Murphy en D Murphy 72; Natie Smith en Jacques Cilliers 69