c urant
• Bergrivier 1Swartland Swartland
dié
18 Julie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 478
18 Julie 2018
•FAMILIEBESIGHEID IN 1910 HIER GEVESTIG
Groente-reus se sagte stem nou stil
•Charlotte Lesch Vir ‘n stil man wat ‘n gawe gehad het om na ander te luister, was Razaak Allie (72) ‘n reus met ‘n goue hart in die gemeenskap van Malmesbury. Sy vrou Gadija, ses kinders en 11 kleinkinders, het die wêreld vir hom beteken en hý het die wêreld vir hulle beteken. Razaak is op die ouderdom van 72 ná ‘n lang siekbed oorlede. In ‘n volgepakte intensiewe sorgeenheid deur familielede, het hy op 4 Junie 2018 sy laaste asem uitgeblaas. Razaak was die jongste van 12 kinders. Sy pa, wat in 1901 vanuit Indië in Kaapstad aangekom het, is dood toe Razaak twee jaar oud was. Sy ma is ook oorlede toe hy nog jonk was. Sy sibbe het hulle oor hom ontferm. Hy was geliefd deur elkeen. Hy was ook nie veel ouer as van sy jongste broers en susters se kinders nie. Hy het een van hulle selfs gesien as sy eie broer. Met net een suster oor wat tot sy dood toe by hom was, was Razaak die laaste van die vyf Allie-broers betrokke by die bekende groente- en vrugtemaatskappy, Allie Bros. Die familiebesigheid wat deur sy pa, Ismail Allie begin is, het sedert 1910 in Vootrekkerweg vanuit ‘n klein kafee, waar Malmesbury Fisheries vandag is, sake gedoen. Ismail het op die ouderdom van 16 in die land aangekom en op die Swartland verlief geraak. Hy het vir 'n ruk teruggekeer na Indië. Sy pa het na 'n paar jaar teruggekeer en homself en sy gesin op Malmesbury gevestig. Die gebou vanwaar handel gedryf is, was ideaal met sy koelkamers. Jare later beweeg Allie Bros na St. Johnstraat met Razaak as die jongste en Achmat, die oudste. Elkeen van die broers het deur die jare goeie verhoudinge met die plaaslike boere gebou, maar ook met dié in die sandveld, waar hulle aartappels gaan oes het, tot in die Koue Bokkeveld. “As die een trok op pad terug was met ‘n vrag groente, was die volgende een reeds op pad,” vertel Gadija met groot verwondering. Die broers het hard gewerk, maar ook hul passie vir die bedryf en sy kliënte uitgeleef. Weens die destydse Apartheidswetgewing, moes dié besigheid na Wesbank verhuis. Nie lank daarna nie, het die besigheid gevou. Die afstand van hul grootste en getroue kliëntebasis was net te groot en het die besigheid 'n kwaai knou toegedien. Razaak kon eenvoudig net nie afstand doen van die vrugte- en groentebedryf nie. Dit was waarvoor hy lief was. Dit was sy lewe. Hy begin toe om vanaf sy bakkie vrugte en groente te smous. Dít het hy vir byna 15 jaar gedoen. Almal het hom geken waar hy van een
Rooi duiwel stoom voort Dié rooi lokomotief wat Vrydag deur die Swartland voortgestoom het op haar eerste naweektoer in meer as 15 jaar, is die enigste prototipe in die wêreld. Die klas 26 4-8-4 lokomotief (no. 3450) is in die laat sewentigs in Soutrivier onder ingenieur David Wardale omgebou van die oorspronklike klas 25 NC-lokomotief wat in 1953 as nommer 28769 deur Henschel & Sohn in Duitsland gebou is. Ná die ombouing was die lokomotief, wat toe Red Devil gedoop is, baie sterker en baie meer ekonomies as voorheen. Met die nuwe gasverbrandingstelsel is kraglewering van die oorspronklike 1980kW by 80km/h tot 'n allemintige 2870kW verhoog. Haar hoogste kraglewering wat gemeet is, was 3350kW. Dit het die Red Devil bitter sterk gemaak, soveel so dat sy maklik kon gly ("spin") omdat sy eintlik te lig was vir die krag. Wardale het destyds gesê hulle kon weens die spoedbeperkings op ons spoorlyne nie haar topsnelheid meet nie, maar hy het geglo sy sou gemaklik teen 160km/h kon ry. Met die ombouing was sy ook baie meer ekonomies op brandstof en, afhangend van die spoed, kon sy met tussen 30 en 60% minder steenkool loop. Ook het sy 20% minder water benodig. Omdat dit in die era was toe stoomtreine uitgefasseer is, is daar nie voortgegaan met die ontwikkeling van die prototipe nie. Die Red Devil is onlangs in Worcester gerestoureer nadat dit vir meer as 14 jaar in onbruik was. Die naweektoer na Robertson is deur die Ceres Rail-maatskappy aangebied. - Foto: Johan Viljoen
kliënt na ‘n ander met sy bakkie beweeg. Razaak het nie sommer kwaad geword nie. In Januarie vanjaar het hy nog druiwe gaan pluk by die Vlok-familie op Riebeek-Kasteel, ongeag die feit dat hy Desember ‘n operasie ondergaan het. “Sy kinders het hom gesoebat om dit rustig te vat, maar dit was sy lewe.” Hy was ‘n rustige siel, vertel sy vrou. Een ding wat hom wel gegrief het, was mense wat vrugte op die rakke gevoel en gedruk het. “Hy het niks daarvan gehou nie. Daar was ‘n manier hoe jy toets of ‘n avokadopeer reg is.” Nie almal het tot sy ontsteltenis van daardie reël kennis gedra nie. Nie net sal hy onthou word as ‘n sterk familieman wat hegte bande met elkeen gehad het nie,
maar sy verhouding met veral die boeregemeenskap en kliënte waarmee hy byna daagliks te doen gehad het, word tot vandag toe gekoester. Volgens sy familie was hy ‘n wonderlike man, pa en oupa. Sy verhouding met sy kleinkinders was ook besonders, vertel Gadija. Nanna, wat oupa in Indië beteken, was veral lief daarvoor om kaart te speel met hulle. Hy het hulle gefnuik tot die oudste kleindogter te slim geraak het vir haar oupa. Hy het altyd gesorg vir die beste mango's en waatlemoene wat die kleinkinders gewoonlik op die agterkant van sy bakkie geëet het. Hulle kon daar mors net soveel soos hulle wou, verduidelik sy. Razaak, was rustig, hy het geluister en raad gegee wanneer hy kon. "Hy sal gemis word, maar nooit vergeet word nie."
NUUS • NEWS
2
18 Julie 2018
NUUS • NEWS
Nuwe gesig by toerisme Yzerfontein verwelkom ‘n nuwe toerismebeampte. Lin Coetzee beskryf dit as ‘n groot voorreg en geniet nog elke oomblik sedert sy haar nuwe posisie ingeneem het. Toerisme en die passie vir mense en die bedryf is van ‘n jong ouderdom gekweek. Sy het kort ná matriek byna daagliks met toeriste te doen gekry wat haar vandag ‘n kenner op die gebied maak. Coetzee wat aanvanklik op Malmesbury gebore is, het haar kinderjare op die buurdorp, Darling deurgebring. Na laerskool, loop haar pad na die Paarl waar sy later aan die Hoër Meisieskool matrikuleer het. Met ‘n hoërskool omring deur wingerde, is dit byna vanselfsprekend dat sy ná skool vir twee
jaar in die plaaslike wynbedryf op Stellenbosch betrokke raak. Daarná groet sy nie net Suid-Afrika vir 23 jaar nie, maar kry die geleentheid om saam met haar man en twee kinders in Namibië te gaan woon, en dit nogal op ‘n jagplaas vir trofeejagters wat boonop met ‘n boog kom jag. Sy en haar gesin het teruggekeer na haar tuisbodem en woon sedert Januarie vanjaar op die Swartlandse kusdorpie, wat sy as ongelooflik beskryf. Sy is absoluut gaande oor die dorp en sy mense wat so gasvry is. “Yzerfontein is spesiaal, rustig en veilig met al sy mooi,” voeg sy by. As iemand wat daarvan hou om met mense te werk én mense te help, pas die posisie as die dorp se nuwe toerismebeampte haar soos ‘n handskoen. En die uitsig vanuit haar kantoor, is ‘n bonus, verduidelik sy. “Ons kantoor is op die rotse met ‘n uitsonderlike uitsig in een van die oudste geboue op die dorp. Om deel te wees van Yzerfontein Toerisme is ‘n groot voorreg,” voeg sy by. Haar missie is om die gasvrye kultuur van die dorp en sy prag aan toeriste en besoekers bekend te stel. Sy streef ook daarna om ‘n aanwins te wees tot die plaaslike gemeenskap en sy inwoners, vertel Coetzee. “My wens is dat die hele dorp en ons omgewing baat by toerisme en ook dat die inwoners en gaste van Yzerfontein ons dorp as kosbaar en uniek sal ervaar.” Volgens haar beskik Yzerfontein oor baie potensiaal. Om alleenlik op die kusdorp wat nie te groot of onpersoonlik is nie te bly, verseker reeds ‘n besonderse lewenskwaliteit.
Blomtyd: Dis blomtyd in die Swartland en Weskus en as 'n mens na voorspellings kyk,
blyk dit of vanjaar 'n goeie een sal wees vir blomkykers. Volgens Kiewiet van Rooyen van die Weskus-toerisme het die blomme al begin kop uisteek en selfs Namakwaland se daisies is al in blom as die son skyn. "Ons verwag 'n goeie blomseisoen en glo dat dit nie teleur sal stel nie." Volgens Van Rooyen word 'n goeie blomjaar geken aan die eerste blomme wat reeds in Julie al begin blom en dan 'n hoogtepunt in die laaste twee weke van Augustus en eerste week van September bereik.
NUUS • NEWS
18 Julie 2018
•DE PANNE @ MOORREESBURG
Kampioenbul op veiling te sien
Die jaarlikse Prestige Angus Veiling word eersdaags op die plaas, De Panne buite Moorreesburg aangebied waartydens kopers landswyd en tot internasionale kopers vanuit Namibië verwag word. Die Prestige Angus Groep bestaan uit die De Panne Angus, Spoor Angus en Boschendal Angus kuddes. Die drie kuddes is bekend vir hul hoë standaarde en kwaliteit . Net die beste diere sal op die veiling aangebied word. Talle Suid-Afrikaanse kampioene gaan opgeveil word. De Panne Angus is onder meer in 2017 as die Teler van Kampioene gedurende die nasionale kampioenskappe op Bloemfontein aangewys. De Panne International No.1 het onder meer aan die ALFA Interrasskou-kampioenskappe op Parys in 2017 deelgeneem en is ook as die nasionale kampioen van 2017 aangewys. Dié swart Angus bul beskik oor alles
wat nodig is vir 'n stoetbul. Boschendal Angus is op hul beurt weer as die kommersiële teler van die jaar 2016 en 2017 aangewys. De Panne Angus(Swart) en Spoor Angus (Rooi) voer jaarliks van die beste genetika semen vanuit die VSA en Kanada in om hul top moederlyne te spoel wat verseker dat 50% van hul aanteel uit hul beste vroulike diere kalf. Streng seleksie word jaarliks toegepas wat verseker dat hoë standard diere op die veiling aangebied kan word. Ten spyte van druk ekonomiese tye, word ‘n goeie veiling verwag. Die Prestige Angus Veiling vind Saterdag op 21 Julie om 11:00 by Tollie se Bos op De Panne plaas. Die hele gesin is welkom. Nie net kan top diere besigtig word nie, maar daar is ook vermaak vir die kleinspan.
Die oomblik waarvoor almal gewag het is uiteindelik hier. Ná deeglike beoordeling, het Agri’s Got Talent se span saam met vermaaklikheidspersoonlikheid, Frieda van den Heever, die top tien deelnemers vir die kompetisie bekend gemaak: Hulle is, Tersia Greenwald (Diemersfontein, Wellington), Gert Olivier (Leeuwkop Boerdery, De Doorns), Mariette Slingers (Wildekrans Landgoed, Botrivier), Victor Fredericks (La Plaisante, Wolseley), Chantel Hess (Boomerang Farm, Grabouw) Mariska Jaars (LHB Boerdery, Worcester), Jonren Jansen (Dutoit Vrugte, Ceres), Maxine Barbers (Meerlust Farm, De Doorns), Bredwyn van Wyk (Eselfontein Boerdery, Ceres) en Julia Cupido (Oakdene, Wellington). Die span van Agri’s got Talent sal deur die loop van die maand die deelnemers besoek ter voorbereiding van die Gala-geleentheid wat op 3 Augustus plaasvind. Die kompetisie word aangebied deur Hortgro, die Vinpro Stigting en die plaaslike departement van landbou, asook SATI. Kaartjies vir die geleentheid is by Computicket of Money Market beskikbaar. Gaan volg gerus hul Facebookblad by: www. facebook.com/agrisgottalent of besoek hul webblad by www.agrisgottalent.com.
Vir navrae kan Thea van Zyl by thea@hortgro. co.za of by 021 870 2900 bereik word.
Agri-sektor wys sy talente
Wen met sakekamer Vanjaar se vroueaand van die Malmesbury Sakekamer sal weer 'n groot geleentheid wees, met gaskunstenaar Dewald Wasserfall wat sal optree. Die Sakekamer gee twee kaartjies na die geleentheid weg. Al wat jy moet doen is om hul blad op Facebook te "like", die inskrywing van die vroueaand te deel op jou eie tydslyn met die hutsmerk #MalmesburySakekamer. Besoek die sakekamer se blad by @ Malmes-
3
burySakekamer om die geleentheid te vind. Die wenners sal op 25 Julie bekend gemaak word. Kaartjies vir die vroue-aand beloop R200 per persoon en sluit aandete in. Bespreek jou plek nou by info@sakekamer. co.za of kontak 022 487 3221. •Diegene wat belangstel om 'n Facebook-werkwinkel deur ThinkSocial Workshop mee te maak, kan ook Izélle by 022 487 3221 skakel of 'n epos stuur na info@sakekamer.co.za.
4
It’s Good News
18 Julie 2018
Dr. Mark Blackwell Snr
Words of Grace
Psalm 90. “Lord, You have been our dwelling place in all generations. Before the mountains were brought forth, Or ever You had formed the earth and the world, Even from everlasting to everlasting, You are God.”
Turn to the Lord in Prayer and Trust Him Moses begins this Psalm by affirming that God Himself has been the eternal refuge of His people from the beginning of time. He also reminds us that the Creator of all things exists outside of time and space. He is the eternal, self -existent, “first cause.” He is the Everlasting God! He is the same—yesterday, today and forever! Failure to believe in God leaves man to speculate: “Why is there something rather than nothing?” Scoffers mock and say, “There is no God.” Paul reminds us that “the wisdom of this world is foolishness with God.” Today’s unbelieving men and women cannot tolerate the truth that there is One to Whom all will one day give an account. The universe points to God’s Divine order, design, beauty and power; and, yet so many still reject God and desperately cling to the “theory” that something came from nothing by chance. This belief that from nothing our immense universe, magically brought forth life and then through genetic mutations, “good fortune” and “survival of the fittest” humanity have somehow come to our present state is simply ludicrous. The prophet Isaiah asked, “Have you not known? Have you not heard? The everlasting God, the LORD, The Creator of the ends of the earth, Neither faints nor is weary. His understanding is unsearchable.” Jesus said: ”I am the way, the Truth and the Life…”
Terug in tyd: Hier-
die advertensie van die "Huis van Allie" het in 1980 in 'n plaaslike koerant verskyn met dié onderneming se 70ste bestaansjaar op Malmesbury. Die perseel is waar vandag se Malmesbury Fisheries in Bokomoweg nou gesetel is. Sien berig voor.
20 Jaar: Die span van Nicky Lategan Slagtery vier vanjaar die groot mylpaal om vir 20
jaar suksesvol 'n besigheid op Moorreesburg te bedryf. "Ons is 'n familie en ons personeel is vir ons van kardinale belang. Ons is baie dankbaar vir hul harde werk en toegewydheid oor die afgelope twee dekades," sê Thea Lategan van die slagtery. Nicky Lategan Slagtery lewer ook op Langebaan af, en nie op Vredenburg soos voorheen gemeld nie.
NUUS • NEWS
Met wit oorpak, skêr, tokse en diploma begin hy boer
Boerdery is nie net ‘n belegging nie, dit is ‘n lewenswyse. Só sê Willem de Waal ná jare in die boerdery. Met slegs sy wit oorpak, ‘n skaapskêr, voetbaltokse, spykerskoene én ‘n diploma van die Landboukollege Grootfontein in sy sak, tree hy op die jong ouderdom van 19 gedurende November 1959 vir werk op sy peetpa, George Philip Lochner se plaas, Drieheuwels buite Moorreesburg aan. Dit is in die middel van oestyd en hy begin vinnig leer van koring stroop op sy eerste dag. Een ding het hy daardie dag agtergekom. Dit is anders om op die plaas te kom kuier as om op ‘n plaas te werk. Hy het as kind, wat op Moorreesburg gebore is en gebly het, tydens skoolvakansies dikwels by sy oom op die buurplaas, Bossiesvlei gaan kuier. Dit is nou byna 59 jaar later en vandag kan De Waal sr. met sekerheid ‘n hele paar wyshede oor die boerdery met die volgende generasies deel. “Om te boer is niks nie, maar om ‘n boer te bly..dit is waaroor dit eintlik gaan.” Sy voorganger en mentor is 13 jaar later nádat hy op die plaas gekom het, oorlede. De Waal sr. word vir die soveelste keer in die diepkant gegooi en hou vir die eerste keer in sy lewe ‘n tjekboek vas. Met ‘n 100% verband op Drieheuwels wat in 1949 uit ‘n bankrotboedel gekoop is, twee plase wat intussen op ‘n oortrokke rekening gekoop is en faktore soos boedelbelasting op sy skouers, móét hy dié besigheid maak werk, vertel hy. Hy skop sy boerdery met 50c uit ‘n Rand af. As iemand wat in die oorlogsjare gebore is, het hy net een ding geken: “Jy moet werk om te oorleef.” De Waal sr. het egter genoeg motivering en doelstellings agter dié suksesvolle boerdery van vandag gehad. In 1974 volg hy ‘n kursus in plaasbestuur en boerderybeplanning by die Universiteit Stellenbosch onder leiding van die bekende prof. Eckart Kassier. Kassier het ‘n vooruitskatting gemaak dat daar slegs 40 000 kommersiële boere oor 35 jaar in Suid-Afrika oor sal wees. Daardie jaar was daar nog 80 000 kommersiële boere in die land. Hy het ‘n eed aan homself afgelê en beloof om een van daardie laaste 40 000 boere te wees en daardie belofte is nagekom. In 2006 word Willem De Waal Boerdery aangewys as Graan SA se graanprodusent van die jaar.
Dié toekenning is opgedra aan die boere wat vandag nog voortbestaan wat hy as sy mentors beskou, maar ook aan dié wat dit nie gemaak het nie, omdat hy by hulle geleer het wat om nie te doen nie, verduidelik De Waal sr. Hy sê onder meer grond in die Swartland is duur. “Wat jy hier doen moet jy reg doen.” Kort daarna ondergaan hy vier hartomleidings. Hy besluit tóé om die “aflosstokkie” aan sy oudste seun, Philip de Waal wat vandag op Bossiesvlei woon, oor te gee. De Waal sr. en sy vrou Lena het vier kinders, met Lizahn as die oudste, Philip, Anandie en Constant. Constant is ook ‘n vennoot by die boerdery, maar bly saam met sy gesin op Oudtshoorn waar hy boer en hy en sy vrou PSP Timber Industries bedryf. De Waal sr. glo dat wanneer die boerdery oorgegee word, alles in plek moet wees. Vir hom is doeltreffende erfopvolging en erflating uiters belangrik. Hy beskryf dit soos ‘n goeie afloswedloop. “Wanneer die atleet die stokkie oorgee, moet hy sy beste uithaal en op ‘n vinnige spoed wees. Dit moet ook op die regte tyd wees en foutloos wees. Dit verseker ’n goeie wedloop en in die geval van boerdery, ’n voortsetting van welvaart. Net soos die wedloop, moet die boerdery momentum behou. Dit is ‘n ware en reguit boodskap aan ander.” Die Locheim-stoetery is ‘n handelsmerk van gehalte en bestaan hoofsaaklik uit Hereford-, Simmentaler- , Angus en SA Vleismerino’s stoetery, wat aansienlik uitgebrei is deur Philip. Die stoetery het al vele streeks, nasionale- en internasionale toekennings ingepalm. Die naam, Locheim is afkomstig van die feit dat die De Waals op die heimat van Lochner boer, vertel hy. Afgesien van die plase in die Swartland, Vredeburg en Oudsthoorn, bestaan die Willem de Waal Boerdery verder uit kommersiële Herefords, SA Vleismerino’s en Dorpers. Op die Swartlandse plase word daar met koring as hoofgewas geboer, asook met lupiene, hawer en korog. Daar is ook uitgebreide aangeplante weidings wat hoofsaaklik uit medics bestaan. Volgens De Waal sr. is ‘n mens slegs ‘n skakel in ‘n ketting soos dié wat jy in die boerdery gebruik. “‘n Ketting breek by sy swakste skakel. Jy moet jou skakel sterk hou en sorg dat dit nie daar breek nie.” Vandag is De Waal sr. se grootste missie om seker te maak dat hul kinders en 12 klein kinders geleerd is en om hulle goed voor te berei vir die toekoms. “Daar is niks in die lewe so seker soos verandering nie.”
NUUS • NEWS
18 Julie 2018
5
6
Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury
NUUS • NEWS
18 Julie 2018 The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Mandeladag-Viering - Wesbank Biblioteek 18 Julie: Ons vier Mandeladag vanjaar met ‘n allemintige "Knit Along!". Spandeer 67 minute van u tyd aan liefdadigheid. Kom brei (of hekel) ‘n blokkie! Wol en penne beskikbaar by Wesbank Biblioteeksaal, die hele dag lank. Geniet ‘n koppie tee en ‘n skonsie terwyl u brei! Vir navrae skakel 022 486 9400 Bergrivier Executive Council 20 July: The Bergrivier Executive Council presents LoTYDE 2018 - Leaders of Tomorrow Youth Developers Expo at the Dutch Reformed Church, Porterville Fondsinsameling vir Cee-Jay Farao (CCHS) 28 Julie: Kom geniet 'n heerlike drie-gang maaltyd en lekker musiek om u warm te hou as fondsinsameling om 17:00 by St Thomas skoolsaal. Kostes beloop R100 per persoon. Vir enige navrae kontak Christopher Farao by 081 722 6198 Moorreesburg / Koringberg Tourism 28 July: Bootsale at the Wheat Industry Museum from 08:00 till 12:00 Swartland Toerisme 14 Augustus: Swartland Toerisme se Algemene Jaarvergadering by Nieuwedrift Wingerde, N7 voor Piketberg om 10:00 Vir enige navrae kontak : Anchen Ludick by 022 487 2989 PHS Oud Skoliere Bond 17 Augustus: Wees deel van die stigting van ons "Oud Skoliere Bond" en heerlike saam kuier Dans 18 Augustus : Dans in Malmesbury Stadsaal. Sit jou beste hoed op, bring julle vriende en kom geniet ‘n aand van lekker dans en kuier saam met ons as fondsinsameling. R100 pp Kontak Martie by 079 5066 889 vir kaartjies. Darling Museum 22 August: Darling Museum proudly presents a talk by Coral Louw at 18:30 for 19:00 - "Emotions in Dogs - understanding your dog's body language. Tickets are R70 (R60 for friends of the museum. Homemade soups, bread and refreshments will be served. To book call Dianne at the museum 022 492 3361 One Try - Praise and Worship 25 Augustus: One Try bied aan 'n prys en aanbidding aand om fondse te genereer om minderbevoorregtes te help voed. Toegang is gratis en is te Loedolfstraat 1 (on the deck) om 19:00. Daar sal verkope wees. Vir enige verdere navrae kontak Jennifer Blom by 076 536 0510 The Darling Wildflower Show 14 - 16 September 2018: Brought to you by: The Darling Wildflower Society Show Dates 14 - 16 September 2018 Times Friday & Saturday: 09:00 - 17:00; Sunday: 09:00 - 15:00 Venue Darling Golf Club, Jacaranda Street, Darling. Tickets can be purchased online via www.quicket.co.za - Group Specials on Application. Ticket Prices Adults: R60. Pensioners: R40 (Friday, 14 Sep, only). Children 2 - 18 years: R40 Children below 2 years: Free
'Memories' klub se wenfoto Adriaan Vlok het die wenfoto: Old Memories geneem in die Swartland Fotografieklub se tema-afdeling vir se tema-afdeling vir Julie. Die tema was Lank Gelede (eenkleurig). Die algehele aandwenner was Herman Olivier se Vintage Race Car Detail. In die afdeling vir gedrukte foto's was Clifford Wyeth die wenner met Student Gathering. Adriaan Vlok het ook in die junior afdeling met die louere weggestap met sy foto: Staring Contest.
Die klub se tema vir Augustus se byeenkoms (16 Augustus) is Plaastonele. Op 25 Augustus bied die klub 'n multidissiplinêre werkswinkel aan. Lede van die publiek is welkom. Die koste beloop R200 vir 'n keuse van drie van die vier temas. Die temas is Kreatiewe Fotografie, "Off Camera Flash, Wildlewe en Makro. Vir enige navrae skakel die voorsitter, Peter Hardcastle, by 083 628 9668.
“’n kwaliteit Voorkeur-bestemming deur ‘n ope geleentheid-samelewing”
Weskus Distriksmunisipaliteit Die Weskus Distriksmunisipaliteit streef daarna om ’n dinamiese en doeltreffende diens aan die gemeenskap binne sy jurisdiksie te lewer. As ’n gelyke-indiensnemingswerkgewer, bied ons hierdie geleentheid aan ’n toepaslik gekwalifiseerde en ervare individu:
Aansoeke en/of Nominasies vir Lede om op die Ouditkomitee Van Weskus Distriksmunisipaliteit te Dien In ooreenstemming met die bepalings van Artikel 166 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur (No 56 van 2003), word van elke munisipaliteit vereis om ’n Ouditkomitee saam te stel wat as ’n onafhanklike adviesraad sal dien wat die Munisipale Raad, die Rekenpligtige Beampte en die Bestuur van die munisipaliteit van raad sal voorsien. Aansoeke en nominasies word hiermee genooi van lede van die publiek om as ’n Ouditkomiteelid van die Weskus Distriksmunispaliteit te dien. Persone wat aan die basiese vereistes soos hieronder genoem voldoen, word genooi om aansoek te doen. Basiese vereistes: • Kundigheid op enige van die volgende gebiede: * Finansiële Bestuur, Rekeningkunde en Ouditkunde * Prestasiebestuur * Risikobestuur * Regsgebied * Inligtingsbestuur * Tegnies en/of Ingenieurswese * Bedryfsbestuur * Projekbestuur • Bewese ondervinding om op ’n Ouditkomitee in ’n plaaslike regeringsinstelling te dien • Belangsteling in die plaaslike gemeenskapsake en vermoë om by te dra tot deursigtige administrasie en goeie bestuur • Grondige kennis en begrip van plaaslike regeringskwessies en nasionale ontwikkelingsopdrag. Hy/sy moet beskik oor die volgende kwaliteite: • Onafhanklikheid • Integriteit • Objektiwiteit • Bereidheid om tyd en energie aan Raadsverantwoordelikhede te wy • Uitstekende kommunikasievaardighede. Funksies: Daar sal van persone wat belangstel en wat toepaslik gekwalifiseerd is, verwag word om onder andere adviseringsdienste in die volgende gebiede te lewer: • Interne en Eksterne Oudit • Risikobestuur • Prestasiebestuur • Interne Finansiële Kontroles • Rekeningkundige Beleid • Geskiktheid, betroubaarheid en akkuraatheid van finansiële rapportering en inligting • Doeltreffende bestuur • Hersiening van jaarlikse finansiële state • Verslag van die Ouditeur-Generaal • Ondersoek van die finansiële sake van die Munisipaliteit • Voldoening aan die toepaslike vereistes • Voorkeurverkrygingsbestuur • Prosesbeheerprosesse en/of tegniese advies oor infrastruktuur-tipe projekte. Belangstellende persone mag nie sake doen of kontraktuele transaksies aangaan met die Weskus Distriksmunispaliteit nie. Hierdie is om te verseker dat die Ouditkomiteelede onafhanklik van enige munisipale aktiwiteite bly gedurende die tydperk van aanstelling op die Ouditkomitee. Dienstydperk: 3 Jaar Vergoeding: Soos bepaal deur Nasionale Tesourie Sluitingsdatum: Vrydag, 17 Augustus 2018 Aansoeke, vergesel van ’n CV, gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies en ID-dokument, moet gerig word aan die Munisipale Bestuurder, Weskus Distriksmunisipaliteit, Posbus 242, Moorreesburg 7310. Die voorgeskrewe aansoekvorm is beskikbaar by die Interne Ouditeenheid, Mr AL Adams by (022) 433-8400 gedurende kantoorure of op die webwerf: www.westcoastdm.co.za/vacancies.html Let wel: Die Raad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie. Geen laat aansoeke of aansoeke per faks of e-pos sal aanvaar word nie. CVs sal nie aan kandidate teruggestuur word nie. Gunswerwing sal kandidate diskwalifiseer. Indien geen terugvoering van hierdie kantoor binne 60 dae na die sluitingsdatum ontvang word nie, kan aanvaar word dat die aansoek nie suksesvol was nie. Human Communications C142325
NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 ---Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak : platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie #4609 ------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604
------------------------------------WERK GESOEK JOBS WANTED Malmesbury-omgewing - Om behulpsaam te wees met boekhou/ administratiewe werk. Baie jare ondervinding. Of as "stuurman" (drywer). Kode 8 bestuurslisensie - ongeluk vry. Skakel 082 765 6823 #4655 -------------------------------------------------
TE HUUR TO LET MALMESBURY: R10900.00 – 3 Slpk met ingeboude kaste. Studeerkamer, 2 badkamers, Ruim leefarea met oopplan kombuis. Dubbel motorhuis. Naby Hoërskool geleë. Koopkrag. Beskikbaar 1 Augustus 2018 R11000.00 – 3 Slpk met ingeboude kaste, 2 badkamers groot oopplan sit/ eetkamer met modern oopplan kombuis. Dubbel motorhuis. Erf heeltemal omhein. Naby die Laerskool geleë. Koopkrag. Beskikbaar 1 September 2018. R6500.00 – 2 Slpk met twee badkamers. Oopplan kombuis/leefarea. Koopkrag. Geen honde. Onmiddellik beskikbaar.
Eenmanwoonstel - Malmesbury - R3500.00 – slegs enkelpersoon – onmiddellik beskikbaar – koopkrag. Kontak: Theresa – 082 552 4848 of e-pos: theresa@theresasproperties.co.za ------------------------------------TE KOOP FOR SALE Aloe Unique - 100% natuurlik en bekostigbaar. Aloe Gel - Brandwonde, Vel irritasie ens. Bitter Gel - Tiener Aknee - Groot verskeidenheid Stokvis pakke R50, Snoek. R85. Esme 084 250 2460 ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATION Raai wie is drie? Baie geluk met jou verjaarsdag KYLE. Liefde Mammie, Pappie, Mamma Glenda en Sallie ------------------------------------18 Julie. HENZINO DANIELS. 'n Volle agt jaar het God jou uitgespaar. Baie geluk seun. Geniet jou daggie - Ma Joan, ouma Sarie, broer, suster, Piggie en Jowaan ------------------------------------JEANETTA ESAU. 13 Julie. Geluk met Mamma se verjaardag. God se rykste seëninge oor Mamma se lewe - Charme, Shiloh en Aiden ------------------------------------KATY PAPIER. Baie geluk met u 80ste verjaarsdag. Geniet die dag. Liefde - Melvin, Tessa en kleinkinders ------------------------------------Baie geluk met jou verjaardag GERNENE. Baie liefde - tannie Marie en Mammie --------------------------------21 op 22 Julie 2018. CLEAREZE ADONIS. Alle seënwense op jou pad vorentoe. Baie liefde vir jou. Van Mammie, Marlene, Mamma, Pappa en breë familie. ------------------------------------NIKLAAS MARKUS. 16/07/2018. Baie geluk met Pappa se 82 ste verjaarsdag. Baie liefde -
18 Julie 2018 kinders en kleinkinders ------------------------------------Happy birthday NAYA. Love you. Enjoy your day. Whit, Tonya and Ryka ------------------------------------LODEWYK BOTHA. Baie geluk met Pappa se verjaarsdag. Jy is spesiaal. Baie liefde - jou vrou Christina, kinders, Sonja, Tanya, Sollie en Loewie. ------------------------------------MARQUIN ADONIS. 12 Julie. Geluk met jou 10de verjaardag. God se genade was oor jou. Liefde - Ma Magdalene, Moseline, Phamelithe, Janine, Allister en Janicke ------------------------------------FABIAN SILWER. 12 Julie. Geluk met jou verjaardag. Mag God jou ryklik seen - Magdalene, Moseline, Marquin, Janine, Allister en Janicke ------------------------------------INGRID LINKS. 10 Julie 2018. Geluk met jou verjaardag. Mag jou dag met blydskap gevul wees - Mamma, broers, kinders en suster ------------------------------------KAYLEY JANNIKE. 15-071997. Gelukkige 21ste verjaarsdag, geniet jou dag en al die jare wat voorlê. Van Daddy, Mommy, Allistair & Charmell ------------------------------------JAY-CEE. 19 Julie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Lekker dag. Ouma is baie lief vir jou - Lekker verjaar ------------------------------------17 Julie. Geluk met jou verjaardag my engel SORIETTA AUGUST. Geniet jou dag - Reuben en Rode-familie ------------------------------------JULIA and ELTON. Happy birthday to my mommy and cousin. May you have a blessed day and may there be many more years for you. From Lenesher ------------------------------------Baie geluk aan skoonma, CLAIRE met haar verjaardag wat verby is. Liefde - Liescel en Janus -----------------------------------JAYLIN WALDEEN DANIELS. Sewe op 21 Julie. Baie geluk my blompot. Mag
God jou ryklik seen.Geniet 'n "awesome" dag - Jou ma Lindy ------------------------------------16 Julie. Veels geluk met jou geboortedag vieringe. Geniet die dag JAYDINE DAMON van ouma Fia, oupa Manu's, Geraldow, Menta en Thomas gesin ------------------------------------LIAM VAN ROOYEN. 21 Julie is dit jou eerste verjaarsdag. Geluk ons baba. Mag jy 'n mooi dag hê. Liefde- Dadda, Mamma en boeta Leacim ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM VICTOR LATEGAN. Missing you always. Happy first birthday in heaven on 17 July - Wive, children, grandchildren and great-grandchildren ------------------------------------BRANDON-LEE BOTHA. Gebore: 5/3/1996. Oorlede: 18/04/2018. In liefdevolle herinnering. Reeds drie maande van ons. Altyd in ons harte Jou Ma, Pa, broer en suster ------------------------------------STERFGEVALLE
MERLIN LEWIS. Gebore: 14-03-1959. Oorlede: 12-07-2018. Troosdiens: Donderdag, 19 Julie om 19:00 by St. Michael's Kerk, Abbotsdale -----------------------------------VERMIS
MARCELINO JANSEN (26) Verlede Dinsdag laas op Moorreesburg gesien – ongeveer 14:00. Klere: Swart langbroek, hemp en insteek Crocs-skoene. Ongeveer 1.7m lank. Psigiatriese pasiënt Kontak Moorreesburg Polisiekantoor of 062 791 3245 -------------------------------------
7
courant
8
NUUS • NEWS
18 Julie 2018
dié
SPORT
Tel: 022 487 3221
18 Julie 2018
Sportuitslae Sports results DUIWE ORPC. 14 Julie vanaf Calvinia 1. Leukes Family 12.05.42; 2 Sheldon Bros 12.10.39; 3 Me Zimiri 12.11.19; 4 RC Liedeman 12.14.06; 5 Kasua Family 12.11.51; 6 Kasua Family 12.13.01; 7 Sheldon Bros 12.14.52; 8 Manul Lofts 12.15.03; 9 RC Liedeman 12.19.21; 10 Manual Lofts 12.16.25
Kano: Die jaarlikse Bergrivierkanomarathon het 'n Swartlandse draai gemaak toe die roeiers by die Hermon-brug aangedoen het op
dag 1 van hul skof. Dit was ook die eerste keer in die geskiedenis van die marathon dat dag 2 vanaf die Gouda-brug weggespring is. Die roeiers het uiteindelik op Velddrif die marathon voltooi. Foto: Cor Cronjé
•SPEEL VIR PLEK IN TOP-6
Tweede ronde skop af
Die tweede ronde van die Groot Uitdaag-beker skop hierdie naweek af en ondersteuners kan ‘n paar smullekker-wedstryde verwag. Piketberg speel Saterdag gasheer vir Wesbank van Malmesbury. Piketberg het in die eerste ronde baie bestendig vertoon op hul tuisveld, maar het egter bietjie gesukkel op die pad. Die Rhinos, soos Piketberg bekend staan, sal wil voortbou op hul goeie vertonings tydens die eerste ronde en sal Wesbank se aanspraak op die liga-titel 'n verdere knou wil toedien. Wesbank sal in die tweede ronde met net meer ondernemingsgees wil begin, om seker te maak hul bly in die wedloop vir n plek in die top-6. Wesbank het vir die afgelope drie naweke gerus en sy spelers sal wil wys dat hulle weer op volle vaart is. Wesbank sal fokus op bonuspunt-oorwinnings in die tweede ronde en met spelers soos Reduwaan April, Gavern Skippers en Devon Van Niekerk in hul geledere, kan Piketberg ‘n groot aanslag van die rooi en wit stoom trein verwag. Wesbank behoort hierdie wedstryd met meer as tien punte te wen. Moorreesburg het in die eerste ronde by tye groot potensiaal getoon en gewys dat hy oor die nodige ammunisie beskik om saam met die groot honde te blaf.
Wisselvalligheid was egter ‘n groot kopseer en veral weg van die huis, het die Samoa-span gesukkel. Moorreesburg speel Saterdag gasheer vir ‘n Darling- span, wie tans stert in die lug loop met sy onoorwonne status in die eerste ronde. Darling het die hele eerste domineer en gewys waarom hy as die gunsteling beskou word om die Swartland-streek te verteenwoordig in die uitspeelrondes. Albei spanne beskik oor talentvolle agterspelers en dit sal veral interessant wees om te sien hoe die skakelpare van Flippie Jacobs en Jaydon Markus opweeg teen Ethan Sias en Macallistiar Korah van Darling. Darling sal wil voortbou op sy goeie vorm, maar Moorreesburg het gewys dat hy vir groot opskuddings op sy tuisveld kan sorg. Dit behoort ‘n baie taai wedstryd te wees, aangesien die spanne in die tweede ronde ekstra motivering sal het om die onoorwonne status van Darling te breek. Moorreesburg behoort Saterdag vir Darling te wys dat die tweede ronde baie moeiliker as die eerste rondte sal wees met ‘n naelskraapse opskudding van minder as vyf punte vir Moorreesburg op die kaarte. Abbotsdale reis Saterdag na Good Hopes van Riebeek-Wes met baie selfvertroue, nadat hulle die eerste ronde goed afgesluit het.
Abbotsdale is nog steeds in die wedloop om die top-6 en met ‘n paar goeie vertonings in die tweede ronde, kan hulle dalk net kaarte deurmekaar krap vir die gunstelinge. Good Hopes is egter ‘n span wat baie goeie vertonings tydens die eerste ronde gelewer het. Die wedstryd behoort vir groot opwinding te sorg veral agterlangs met albei spanne wat ‘n goeie balans handhaaf tussen hulle aanvallende spel en hul verdediging. Good Hopes behoort egter hul tuisveld voordeel goed te benut en Abbotsdale ‘n taai wedstryd met minder as sewe punte te klop. Porterville ontvang besoek van ‘n Coronations-span wat net nie aan die gang kan kom nie. Beide spanne sukkel tans om regtig hul stempel af te druk. Porterville speel altyd goeie rugby op hul tuisveld en Coronations se treurmare behoort voort te duur Saterdag as hulle met meer as tien punte vasval teen Porterville. Never Despair het Saterdag ‘n loslootjie.
Malmesbury Posduifklub Beaufort Wes 1 JO 1 Klein Diamant 1212.9432;2 Hayman & Edas 1203.1020; 3 Hayman & Edas 1202.9757; 4 LF Van Dalen 1188.1257; 5 Hayman & Edas 1188.0734; 6 G Horn 1187.3504; 7 G Horn 1186.3058; 8 Bordeaux B 1182.3804; 9 Paulus Fam 1180.1055; 10 Bordeaux A 1179.0074; 11 G Horn 1178.9836; 12 Bordeaux A 1171.5622; 13 Bordeaux B 1170.0871; 14 Marais Hokke (Ksd) 1153.8466; 15 Paulus Fam 1142.1758 Beaufort Wes 1 Ope 1 Bordeaux B 1270.2379; 2 Bordeaux B 1269.8164; 3 Marais Hokke (Ksd) 1268.4785; 4 Hayman & Edas 1252.9518; 5 Jurie en Rina 1252.6554; 6 Bordeaux B 1236.7764; 7 Kotze Familie Hokke 1236.4249; 8 J Steenkamp 1219.5904; 9 J Steenkamp 1219.5904; 10 G Horn 1213.6284; 11 Bordeaux B 1212.6066; 12 Bordeaux B 1212.4145; 13 J Steenkamp 1210.6389; 14 M Hill 1209.6582; 15 Paulus Fam 1205.2817 Moorreesburg Beaufort Wes JO1 1 Frikkie Bester 13.16.46; 2 Henna & Melt Smit 13.16.59; 3 Yt & Tuis 13.21.11; 4 Singleton Hokke 13.27.31; 5 Boetie & Baron Hokke 13.53.18; 6 Frans Jooste 13.31.48; 7 Henna & Melt Hokke 13.34.41; 8 Singleton Hokke 13.34.51; 9 Frans Jooste 13.37.38; 10 Singleton Hokke 13.39.52 Beaufort Wes Ope 1 1 Henna & Melt Smit 13.38.34; 2 Saunders Familie 13.41.03; 3 Yt en Tuis 13.42.24; 4 Franco en Seun 13.43.02; 5 Yt & Tuis 13.43.43; 6 KB & Seun 13.44.25; 7 Boetie & Baron Hokke 14.08.16; 8 Henna & Melt Smit 13.46.35, 10 Frans Jooste 13.47.06 Abbotsdale Duiweklub uitslae vanaf Calvinia: 1 W.Arendse; 2 Paulus Lofts; 3 Ivan Persence; 4 Paulus Lofts; 5 C.Arendse; 6 Elie Liedeman; 7 W.Arendse; 8 Milkie Isaacs; 9 C.Barendse; 10 W.Arendse Riebeek Wes - Calvinia 1 Daniels Hokke 11.52.01; 2 Amerika Hokke 11.52.01; 3 Alex Fam 11.57.11; 4 Alex Fam 11.57.15; 5 Adams Hokke 12.00.20; 6 Mentoor Hokke 12.00.41; 7 Adams Hokke 12.00.59; 8 Adams Hokke 12.01.20; 9 Keuler Hokke 12.00.34; 10 Amerika Hokke 12.01.56 MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 11 Julie Sundowner - Supa Quick - Enkel Stableford : Sakkie Klasen 18, Gerhard Spangenberg 18, Lindsay Meyer 18 Saterdag, 14 Julie - Vierbal Stableford Samespel: Sakkie Klasen, Billy Howberg, Eben Lingeveldt snr, Ralph Mehl 115; Dick Ross, John Smith, Peter Willemse, Eben Lingeveld jnr 113; Paul Hardcastle, Peter Hardcastle, Adriaan Louw, Johann Ackerman 98