Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

11 Julie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 477

11 Julie 2018

Die Gouwsgesin van Porterville het verlede week Dinsdag, ‘n dag ná die sneeu op hoogliggende gebiede in die Wes-Kaap geval het, in die sneeu naby die huis op die plaas, Zuurvlakte op Porterville se berg, gaan baljaar en ‘n sneeuman gebou. Foto: Lizelle Wentzel

•PATRICK STYLES DEURKRUIS LAND TE VOET

Met 'n kruis van noorde na die weste •Madi Pieterse 'n Lang pad het hierdie week ten einde geloop vir Patrick Styles, wat op 22 Mei vanjaar Kruisloop 2018 aangepak het. Sy staptog met 'n kruis oor die skouer, het hom al die pad van Rustenburg in die Noordwes-provinsie geneem tot by Paternoster. Kyk mens na die Facebook-blad van sy wedervaringe, het die tog hom in aanraking gebring met baie mense vir wie sy staptog in gehoorsaamheid aan die Here 'n geestelike hernuwing meegebring het, wanneer hulle hom langs die pad raakgeloop het. Een inskrywing vertel van 'n swaarvoertuigbestuurder wat by hom stilgehou het met 'n 2 liter-koeldrank en vertel het dat dit gons onder swaarvoertuigbestuurders oor die man wat so loop met die kruis. Patrick het groot welwillendheid langs die pad ervaar en was daagliks geseen met

kos en slaapplek. Sedert hy in 2013 die kruislope begin doen het, het hy nog nie een aand honger of koud gaan slaap nie. Die twee slaapsakke wat deel van sy toerusting is, lê na al die jare steeds onaangeraak in hulle sakke. Kruisloop vir Patrick het in 2013 'n aanvang geneem na 'n profesie wat in 2010 oor hom uitgespreek is. Hy loop omdat hy mense wil laat besef dat daar nog hoop is by die Kruis van Christus. Hy doen geen oefening of voorbereiding voordat hy die lope aanpak nie, behalwe om te bid. Patrick hoop om volgende die pad te vat Durban toe, dan al met die Suidkus op tot in Port Elizabeth, maar wag om te hoor wat die Here in gedagte het. Patrick se kontaknommer is 063 720 6343 en die FB-blad is Kruisloop 2017.

NUUS • NEWS


2

11 Julie 2018

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

11 Julie 2018

•PALM INTERNASIONALE TOEKENNING IN

Saldanhabaai wen met herwinningsprojek by huise Saldanhabaai-munisipaliteit se skeiding-vanhuisafval-by-die-bron-herwinningsprojek, het die silwer toekenning in die munisipale kategorie op die onlangse Eco-Logic Nasionale Omgewingstoekennings gewen. Saldanhabaai het al die ander munisipale inskrywings in hierdie kategorie geklop, behalwe die Stad Tshwane wat die goue toekenning ontvang het. "Hierdie toekenning is nie net die prestasie van die afvalbestuursdepartement, die herwinnings- en bewusmakingskontrakteurs en die raadslede wat dit ondersteun nie, maar veral die inwoners wat op hul eie tyd die moeite gedoen het om deel te neem," het Abubaker Nackerdien, waarnemende bestuurder: vaste afval, gesê. Hy het die toekenning namens die munisipaliteit ontvang. Die program is in 2016 op Langebaan begin en sedert September 2017 na Vredenburg, Paternoster, Hopefield en Jacobsbaai uitgerol. Saldanha en St Helenabaai sal volg. Meer as 'n duisend ton herwinbare huishoudelike afvalstowwe is tot dusver opgelaai en afgewentel van die stortingsterrein, terug na vervaardiging. Die projek verleng die lewe van die stortingsterrein en is kostebesparend. Dit verskaf ook werk aan 46 persone vanuit die gemeenskap. Inwoners wat die herwinningsdiens in hul gebied ontvang, word aangemoedig om daarby betrokke te raak. Dit word nou landwyd erken. Bekom inligting oor hoe om deel te neem, deur op die herwinningslogo aan die onderkant van die munisipaliteit se tuisblad by sbm.gov.za te klik. Oor die toekennings Die Eco-Logic-toekennings identifiseer individue, organisasies en gemeenskappe wat positief tot 'n volhoubare wêreld bydra. Die toekennings moedig verbruikers aan om hulle te ondersteun, deur van hul dienste gebruik te maak. Die Enviropaedia het die Jaarlikse Eco-Logic-

Abubaker Nackerdien, Saldanhabaai-munisipaliteit se waarnemende bestuurder: vaste afval, ontvang die silwer toekenning by die onlangse Eco-Logic Nasionale Omgewingstoekenningseremonie. toekennings in 2011 gestig. Hierdie toekennings en organisasies uitgenooi om hul ekologiese prohet sedertdien gegroei tot Suid-Afrika se mees dukte, dienste, projekte of inisiatiewe onder 13 glansryke groen ekokalender-gebeurtenis, wat omgewingskategorieë in te dien, wat geëvalueer uitgebreide televisie, radio, gedrukte media en word deur 'n paneel van hoogs gerespekteerde aanlyn dekking ontvang. Elke jaar word individue en omgewingsbewuste beoordelaars.

3


4

11 Julie 2018

NUUS • NEWS

Boetevrye maand by biblioteke Weskussers omtrent ‘n bont spul in Saldanhabaai-gebied

dié courant

Of ‘n mens nou na ‘n Christelike “human whisperer” luister oor haar uitkyk op die lewe of ‘n by kaasmaker kyk hoe sy haar fynere kunsies beoefen, die Weskus is ‘n bonte spul van talent, kreatiwiteit en kleurrykheid (en nou praat ons juis níé van die blomme nie ...) Saam met die vele "inkommers", raak dit ‘n al meer kosmopolitaanse plek. ‘n Mens moet elke soort mens op haar of sy eie baadjie takseer. Gegoede afgetrede Engelse mense in rykmansbuurte het gewoonlik al die wêreld gesien en kan wonderlike avontuurverhale vertel. ‘n Politikus was gebore en getoë is in een van die armste woonbuurte in die Weskus, het weer ‘n verhaal van sukses ten spyte van swaarkry. Dan is daar die sakemense wat wissel van ou ondernemings wat al generasies in dieselfde familie is tot mense van ver wat ‘n onderneming hier kom begin met baie sterre in hul oë. Die Staal en Tronox, Duferco, het ambagsmanne van oral laat instroom wat nou al amper twee dekades hier nesgeskop, kinders gekry en matriekafskeide beplan. Meestal hou mense by hul eweknieë. Die meeste mense kom in hulle leeftyd nooit in andersoortige leefwêrelde nie. Hulle hou eerder by die bekende. As koerantmense het ons die voorreg om alles te ervaar en oral te kom – van ‘n plakkershut waar ‘n jong meisie deur ‘n jaloerse kêrel vermoor is tot in argitektoniese wonder van luukse huise. Min weet die inwoners van die uiteenlopende plekke, dat hulle soveel in gemeen het. In dié land dra ons saam aan persoonlike leed. Aan ‘n regering wat maar net nie op dreef kan kom nie. Met politici wat net in die aanloop tot ‘n verkiesing ‘n aks omgee van wat in mense se daaglikse lewens aangaan. As ons maar net wil uitreik. Die meeste mense in Suid-Afrika is goeie mense wat wil werk, huistoe gaan en darem iets lekkers hê om te eet. Dit moet net waar wees, anders sou ons al lankal in anargie verval het.

Dagboek • Diary Vakansieprogramme/ Holiday Programmes Weekend of 13-14 July: Weskus Mall July Holiday fun: FREE craft classes, colouring in and face paint for the smaller ones, in the Food court from 10:00-15:00 Friday-Saturday, Sunday’s 10:00-14:00 – Weskus Mall on 022 703 6900. Thursday 12 July: Weskus Mall FREE Cupcake Decoration Class, 14:30 , hosted by Koekedoor finalist Sanet, Food Court, 14:30-15:15. Bookings are essential –Weskus Mall on 022 703 6900. Till Friday 13 July: Winter Holiday Programme at Curro Castle with obstacle course, PJ and Hot Chocolate Day, Creative Days, Games Days, Talent Show, Sports Day, Bake and Create and Movie and Popcorn Day. Long Acres Way, Langebaan – Eddie on 087 285 2131, info.castlelangebaan@curro.co.za Geleenthede Woensdag 18 Julie: Silwer Vleuels-bejaardeklub, 09:15, Ou Waenhuis, NG Kerk Vredenburg. Saterdag 14 Julie, Bergrivier-winterkarnaval met Franja du Plessis en Ruan Josh by die Riviera Hotel, Velddrif. Friday 20 July: Winter Talent Show, West Coast Vineyard Church, 31 Heuningklipweg, Vredenburg, 18:30, refreshments on sale, R45 for adults, R30 for children under 12, tickets available at door or book, send short audition videos to 073 920 3697, merakistudiowc@gmail. com. Curro Concert celebrating 20 year in existance, HB Thom Theatre, Stellenbosch – book at quicket.co.za Woensdag 25 Julie: Vredenburg Tuinbouklub, maandbyeenkoms – Ansie Loudon 083 284 3941. Dinsdag 30 Julie: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk-moedergemeente, 18:30 – Anna-Marie 084 577 7752, admin@ weskusfotoklub.co.za Donderdag 2 Augustus: Openbare vergadering vir Weskus-distrik oor grondonteiening, Grondwetlike Oorsigkomitee, 11:00-16:00, Citrusdal Thusongsentrum. Saterdag 4 Augustus: NG Kerk Eendekuil se Damesoggend, 09:30-12:30, NG Kerk Eendekuil se saal, praatjies deur Linda Kriel (Kry jou lyf), dr. Barnard (Leefstylsiektes) en Karlien Botha (Polkadot-modereeks), R200, sluit ligte ete en gelukstrekkings in – Elieda Matthee 082 823 3255. Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita Du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.

SPORT

Weekliks West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-

-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com.

In die gees van Mandela-maand, verklaar die Saldanhabaai-munisipaliteit Julie 2018 as 'n boetevrye maand in al nege die munisipale biblioteke. By die laat inhandiging van boeke, sal boetes opgehef word en dadelik weer boeke geleen kan word om gedurende die koue winteraande te lees. Die biblioteke wat deel is van dié veldtog, is St Helenabaai; Laingville, St Helenabaai; Paternoster; Vredenburg, Saldanha; Diazville, Saldanha; Hopefield; Langebaan; Harold Krumm,

Langebaan. • In the spirit of Mandela Month, the Saldanha Bay Municipality declared July 2018 as a fine free month in all nine municipal libraries. Upon the return of late books, fines will be waived and patrons will immediately be able to borrow books again to read during the cold winter evenings. The libraries that are part of of the Fine Free Month are: St Helena Bay; Laingville, St Helena Bay; Paternoster; Vredenburg; Saldanha; Diazville, Saldanha; Hopefield; Langebaan; Harold Krumm, Langebaan.

Berg River canoe marathon freedom walks Western Cape Canoe Union honours the Nelson Mandela Centenary 2018 celebrations by way of staging five Freedom Walks to coincide with the Berg River Canoe Marathon from 11 to 14 July this year. Entry is free and everyone who completes gets a commemoration Mandela Freedom Walk medal. All the finishing points will be at Berg Marathon viewpoints where spectators can watch the paddlers of the 57th Berg River Canoe

Marathon pass by. The five planned walks are: 11 July @ 08:00 Paarl Arboretum (2.5/5km) 11 July @ 10:00 Rondeheuwel Primary Hermon to Du Vlei Farmstall (2.5km) 13 July @ 10:00 Carl Schreve Primary Wittewater to Moravia (3km) 13 July @ 10:30 Broodkraal Primary to Moravia (2km) 14 July @ 09:00 Velddrif Carinus Bridge to Bokkomlaan (4km)

Personeel van maatskappy baat by Fair for Life

Neem deel/ gaan kyk:

Saterdag 14 Julie: 57ste Bergrivierkanomarathon eindig in Velddrif vanaf 12:00 – berg.org. za. Freedom Walk (5km) om 09:00 van Carinusbrug na Bokkomlaan in Velddrif. Gratis toegang, gratis medalje – Ross 071 891 6451, ross@ villagefitness.co.za. Velddrif Fun Canoe Ride, Bokkomlaan to Carinus Bridge, 10:00, register from 09:15, starts 10:00 – Belinda 083 264 7202. Hoërskool Vredenburg Pret Gholfdag, R350 vir fooie, versnaperings en pryse – 022 772 2408. Saturday 1 September: Thys du Toit Memorial MTB Challenge, Hopefield, four routes – Willem 082 923 2553. Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za. Saturday 6 October: 24 Hour MTB Challenge, Yzerfontein – 022 451 2202.

KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00.

Personeel van die Khoisan Trading-maatskappy deel menseliefde uit in hul gemeenskap. VELDDRIF – By die Khoisan-soutmaatskappy word verseker dat hul werkers regverdig behandel word en die gepaste lone ontvang deur hul verbintenis aan die Fair for Life-organisasie. Volgens Adèle Saayman, gehaltebeheerbeampte van Khoisan Trading, beteken dit dat die werkers ‘n deel van die geld kry wanneer ‘n kliënt wat produkte koop, ook ‘n lid van Fair for Life is. Fair for Life oudit ook dié maatskappy. Die werkers bestuur self die geld wat ingesamel word en besluit self wat met die geld gedoen moet word, binne die raamwerke wat Fair for Life daar stel. Die geld mag geensins aangewend word vir

persoonlike gebruik nie. Die werkers skenk van die geld aan behoeftiges in die gemeenskap, wat deur hulle gekies word. Van die vorige projekte wat kospakkies vir ‘n o.13-sokkertoernooi, geld vir twee sopkombuise in Noordhoek, geld vir die aankoop van komberse vir bejaardes en tien groot sakke hondekos vir Velddrif Animal Care. Die werkers het ook darem hulself so bietjie bederf met ‘n opvoedkundige uitstappie na Kaapstad einde verlede jaar. “Dis vir ons wonderlik om te sien dat ons werkers inisiatief aan die dag lê om dié soort projekte aan te pak.”


NUUS • NEWS

11 Julie 2018

Bergrivier Munisipaliteit belê in werkers Sowat R771 750 word vir die finansiële jaar 2018-2019 begroot vir Bergrivier Munisipaliteit se Werksplek Vaardigheidsplan (WSP). Die doel van dié plan is om werknemers deur middel van kort kursusse, leerlingskappe en vaardigheidsprogramme te bemagtig. Op hierdie wyse verseker die Munisipaliteit dat uitstekende diens gelewer word aan die gemeenskap. ‘n Totaal van 239 werknemers is reeds opgeneem in die plan vir die finansiële jaar 20182019. Opleiding sal vanaf 1 Julie 2018 begin. Die plan is tydens die Arbeidsforumvergadering op 19 April 2018 deur verteenwoordigers van die Raad, Senior Bestuur, SAMWU en IMATU onderteken. Volgens Adv. Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder by Bergrivier Munisipaliteit, vat dit ure se samewerking en goeie werksverhoudings om die plan saam te stel, en word alle rolspelers bedank vir die samewerking wat deurlopend geimplementeer is. “Onderwys is die dryfkrag agter enige suksesvolle organisasie. Dit is om hierdie rede dat ons in ons werknemers belê. Dit verseker dat ons ten alle tye hoë standaarde en produktiwiteit handhaaf,” het Linde gesê.

Bo is Dyrran Boumeester (HR Beampte: Opleiding en Ontwikkeling), Angelique Louw (Bestuurder: Menslike Hulpbrondienste), Vivian Kotzee (Direkteur: Korporatiewe Dienste). Voor van links na regs is: Jacques Oppels van IMATU, Speaker Riaan de Vries en Elisma Casper van SAMWU.

More than 30 amateur cyclists will hop onto their saddles for a gruelling 600 kilometre cycling challenge across the Western Cape in a bid to raise awareness on the importance of encouraging a culture of sport as a means of breaking socio-economic barriers among the youth in South Africa. The challenge, titled: Road To Awareness (R2A) kicks-off at The Westin Cape Town located in the City CBD in August and will be led by Economic Opportunities MEC, Alan Winde and trailed by a team of cyclists representing various hotels in Africa and the Middle East. “The R2A campaign has seen immense growth in the past 11-years, with overwhelming participation by our hotels and cycling enthusiasts.

“We are proud of the contribution we’re able to make to organisations in Africa and the Middle East that really serve our communities well,” says founder, Guido de Wilde. The R2A cycle challenge forms part of a series of key events initiated by Marriott International to raise funds for charities in Africa and the Middle East each year. This year, the Laureus Sport for Good Foundation – an organisation committed to using sport as the main vehicle for change to overcome poverty, discrimination, drug abuse and other social challenges has been selected as the R2A beneficiary in South Africa. “We are proud of this selection. “The Foundation’s overarching goal is to use

Cyclists saddle-up to ride hundreds of kilometres for charity

sport as a tool for social change. “Its ability to promote respect and teamwork helps bring people together on the playing field and at the same time helps to tackle problems that extend to the core of society itself. “Sport is a powerful weapon to help facilitate change in South Africa,” says Brett Graham, executive director Laureus Sport for Good Foundation. During the R2A cycle challenge, cyclists will follow a pre-selected route, which starts and ends at the Westin Cape Town. In between, cyclists will make their way past several other areas, including Wellington, Stellenbosch, Hermanus, Muizenberg and Camps Bay.

Porterviller wen Marinda van Wyk-boeke

5

Nicolette Du Toit van Porterville is die gelukkige wenner van die drie getekende boeke van Langebaner Marinda van Wyk – Dors, Amraal en Wilhelmina Radebe kom tuis. Bargain Books in Laguna Mall gee die getekende kopieë weg asook die kans om die skrywer persoonlik te ontmoet. Die waarde van die prys is altesaam R830. Dors handel oor die tweede Dorslandtrek in 1876 toe verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Marikoriviere na Damaraland getrek het. Amraal speel af in die laat 18de en vroeë 19de eeu, spesifiek die geskiedenis van die groepe wat met mekaar kontak gemaak het noord van die Garieprivier buite die grense van die destydse kolonie, wat vandag as Namibië bekend staan. Wilhelmina Radebe kom tuis is gebaseer op navorsing (1987–1993) wat Marinda van Zyl vir haar PhD-proefskrif, “Swart verstedeliking in Vereeniging, 1923–1960”, gedoen het.


6

11 Julie 2018

Traffic department looking for candidates

Not older than 35, driven to make the Western Cape’s provincial roads safer for all road users? Willing to work in one of the province’s smaller traffic centres like Vredenburg? Willing to go the extra mile, working shifts, on weekends, and on public holidays? If the answer to all of these questions is yes and you do not have a criminal record, are in possession of at least a Code B licence, with at least a matric or equivalent, and are physically fit and able to do strenuous exercises, you may want to apply for one of the vacant trainee traffic officer posts at the provincial traffic centres in Vredenburg, Vredendal, Mossel Bay, Knysna, Laingsburg or Oudtshoorn. Successful applicants will be eligible to do the 12-month traffic officer’s training course at Gene Louw Traffic College (GLTC) in Brackenfell. Candidates will be expected to arrange their

own accommodation while doing the course. Trainees will learn the theoretical aspects of being a traffic officer in the lecture room, and the practical aspects through deployment in the field. Those who successfully complete the course will graduate with a Further Education and Training (FET) Certificate in Road Traffic Law Enforcement. The Department of Transport and Public Works, through its Provincial Traffic Services provide a 24/7 traffic law enforcement service. After they have successfully completed their training, appointed traffic officers will be expected to work shifts, including public holidays and Sundays, and be willing to work additional hours, if required. Interested parties can visit the Western Cape Government website for more information. The closing date is 23 July 2018.

Redesign Porterville's main road and win R25 000 Bergrivier Municipality approved the hosting of a design competition for the regeneration of Porterville’s main road to integrate the urban space, create a sustainable and resilient town and to attract more tourists. Porterville’s main road (Voortrekker Street), (the section from Basson Street to Park Street), is to be redesigned. The design must include creative ideas which include the tourism office, informal trading area and gardens. A comprehensive process to stimulate the tourism industry in Porterville is currently underway through a dynamic consultation process. The process consists of various phases including: the redesign of the main road, the development of a tourism route through Monte Bertha linking the residential area to the main road, the development of various tourism products/routes, and to bring back the steam train to Porterville for tourism purposes. This is an exciting opportunity for residents of Bergrivier Municipality and any registered student enrolled at a recognized tertiary institution in South Africa, to submit their innovative design proposals. The heartbeat of any rural town resides in its main road. This is the area where people get to-

gether, where goods and services are exchanged and, more importantly, an entry point for the outside world and visitors to connect with the locals. Voortrekker Road functions as the town’s activity spine which offers vital economic opportunities to the local community. Bergrivier Municipality would like the designs to address aspects such as traffic congestion, parking space, beautification and the creation of recreational open spaces within this businessdistrict. The approved Precinct Plan is an important source of information which is available on our website (www.bergmun.org.za). The designs must be submitted in a maximum of 3 A1 pages with clear sketches and estimated dimensions. The address for delivery: Bergrivier Municipality, 26 Mark Street, Porterville, 6810 (For attention: Mrs. A van Sittert) or 13 Church Street, Piketberg, 7320. Electronic submissions will also be accepted and may be forwarded to: sb@bergmun. org.za The competition closes 31 July 2018. For information regarding the terms and conditions of the design competition visit www.bergmun.org.za For any further enquiries contact Mrs. Alletta van Sittert at 022 913 6076 or sb@bergmun.org.za

NUUS • NEWS

Damvlakke styg steeds Die vlakke van damme in die Wes-Kaap, wat ook die Weskus van water voorsien, het aansienlik gestyg die afgelope week. Volgens Anton Bredell, minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, is die damme nou gemiddeld 47.2% vol. “Verlede jaar dié tyd was die damme maar 24% vol. Bredellhet gesê dat die goeie reën reeds 'n ongelooflike impak maak. "Slegs weke gelede was die Clanwilliamdam nog minder as 10% vol. Dié dam, een van die grootste in die provinsie, is nou vol en die sluise is die afgelope naweek oopgemaak. 'n Ongelooflike ommekeer. " Hy waarsku egter dat die provinsie nog nie uit die heeltemal uit die droogte se kloue is nie. "Baie reën het gehelp om die grondwater aan te vul, maar ons moet toelaat dat die stelsel soveel as moontlik voor die somerseisoen herstel. Daarbenewens bly sommige areas soos die Karoo-streek steeds onder druk, waar die reënval nog nie voldoende verligting gegee het nie. "

Bredell het gesê dat die koue weer en goeie sneeuval in baie bergreekse ook 'n goeie teken is, aangesien die smeltende sneeu en ontdooiing in die komende maande verder sal help met die aanvulling van waterbronne. "Ons wil voortgaan om die publiek aan te moedig om water te bespaar en om te verseker dat die veranderinge wat ons in watergebruik gesien het, permanent verander word. Hierdie droogte wat ons aangevat het, sal nie die laaste droogte wees wat ons nog vorentoe sal beleef nie. Langtermyn gedragsverandering, beter hulpbronbestuur en 'n groeiende veerkragtigheid teen hierdie skokke gaan noodgedwonge nodig wees. " Statistieke Theewaterskloofdam is 38,5% vol vandeesweek (2017: 19,6%; verlede week: 34%). Voëlvleidam 52% (2017: 20%; verlede week: 44%). Bergrivierdam 83% (2017: 36%; verlede week: 78%). Clanwilliamdam 98,2% (2017: 11%; vVerlede week: 67.4%).

Laat "kleintjies" vir jou werk Bel Chrizaan vir klein, kleiner en geklassifiseerde advertensies Chrizaan Witbooi (43) is al drie jaar deel van dié courant-span as ontvangsdame. Sy werk met adverteerders wat kleiner wil adverteer, soos diensadvertensies en geklassifiseerde advertensies. “Ek is mal oor die interaksie met mense en sien myself nogal as ‘n mense-mens. Ek het die voorreg om ‘n drukkie te gee as mense ‘n sterfgeval gehad het of om net met die oom of tannie ‘n woord te spreek wat die dag iets op die hart het.”” Chrizaan is baie opgewonde oor die promosie waarin die eerste 15 woorde van gelukwensings (verjaardae, huweliksherdenkings, ens.) asook In Memoriums of sterfgevalle gratis is. By-

komende woorde kos ‘n ietsie én die ruimte vir gratis advertensies is beperk. Sy werk met al vier uitgawes van dié Courant – Weskus, Malmesbury, Bergrivier en Wellington. Geklassifiseerder advertensies van 1-15 woorde, om byvoorbeeld van ‘n wit olifant ontslae te raak of ‘n huis te verhuur is sowat R70. Elke bykomende woord kos R4. Chrizaan is gebore en getoë in Malmesbury en mal oor kosmaak saam met haar seuns, Tristan (16) en Keagan (13). In haar vrye tyd lees sy en is sy baie betrokke by kinderbedieningsaktiwiteite by haar kerk. Spertye vir gewone geklassifiseerde advertensies is Dinsdag 12:00. Bel haar by 022 487 3221 of epos na reception@diecourant.co.za


NUUS • NEWS

Darling win for Peiser John and Weston Peiser (father and son) drove the rally of their career to win the first CPMCC Darling Rally in their Speed Pro Cycling Equipment 425 WPMC S5 Subaru Impreza GT 2.0 Turbo 4x4. Driving the very first Subaru to ever rally in South Africa had them realize that nothing short of absolutely flat-out from the start will give them any chance of beating their more modern opposition. As expected Llewellyn Jones (Somerset West) and Christophé Pichon (Welgemoed) had their sights firmly on a third consecutive victory in their CEJ Plant Hire 434 CPMCC S5 Subaru Impreza WRX STi 2.0 Turbo 4x4 with Oswaldo Mendes (Swakopmund) and Craig Gray (Brackenfell) joining the battle of the Scoobies in their Skyway / Riverside 129 WBMK / CPMCC S5 Subaru Impreza WRX STi 2.0 Turbo 4x4 whilst newcomers to the S5 class, Ismaeel Davids (Rondebosch) and Yusuf Ganief (Surrey Estate), looked threatening in their ex-factory ID Paving 431 CCMCC S5 (S2000) Toyota Run X 4x4 from the start. The eight unpredictable special stages certainly delivered a challenging scenario to the eighteen teams as the recent, welcome, heavy rains had turned perfectly good surfaces into muddy slush whilst the perfect weather conditions on Saturday related to vast number of spectators enjoying a great spectacle at the easy to reach spectator points. The opening stage provided early drama as standing water determined the fate of a number of competitors but after the opening four stage loop it was John Peiser (Plattekloof) and Weston Peiser (Plattekloof) in control with a 52 second advantage over Oswaldo Mendes (Swakopmund) and Craig Gray (Brackenfell). The latter combination amazingly only losing 17 seconds on SS4, completing the entire stage minus brakes! Brakes on three wheels are however not recommended on wet rallies and the team found themselves beached on SS5, receiving outside assistance to continue. Though they must be commended for actually admitting to having been assisted, returning under Super Rally rules would do little to improve their result. Llewellyn Jones (Somerset West) and Christophé Pichon (Welgemoed) was forced into Super Rally when their Scooby was halted with a broken sideshaft on SS2 (and they are at a loss as

11 Julie 2018

to why it could not be driven out of the stage). Ismaeel Davids (Rondebosch) and Yusuf Ganief (Surrey Estate) gradually settled into their S2000 Toyota and though they had oil leaking onto the clutch their cautious approach paid dividends when they reached the final Parc Fermé second overall on debut. With the pressure off John Pei-

the opening special stage when water in the electrics cost them 1min30 and though they would find their rhythm the normally ultra reliable Team 467 S3 WBMK Toyota Corolla RXi 1.6 would grind to a halt 11.90km into SS5 with a suspected stripped differential. Keenan Sassman (Edgemead) and Clint Lingeveldt (Lansdowne) encountering slightly more serious electrical problems in SS5 when no less than three conrods assisted the alternator from it’s mounting,

ser (Plattekloof) and Weston Peiser (Plattekloof) could relax their pace and preserve their Subaru to eventually win by a convincing 5min32 margin. Darren van Greunen (Bellville) and Quinton Swarts (Langebaan) continued to impress with their Vyekraal Dairy 415 WBMK S3 Toyota Run X RSi 1.6 proving to be reliable and quick on home front. Sponsored by a Darling based dairy the popular combination simply could not have done better than finishing third overall and first in class. Normally the S3 battle would be considered the highlight of local rallies but their opposition assisted by eliminating themselves from the event. Ettiene du Toit (Edgemead) and Patrick Vermaak (Strand) had their event ruined on

setting fire to the engine bay. Fortunately they could contain the fire, but they would join Team 467 in viewing the Hildebrand needle on the horizon. Running like the proverbial train was the AHS Racing 432 CPMCC / WBMK S3 Mitsubishi Lancer GT1600 of Andy Haigh-Smith (Malmesbury) and Tania Vermaak (Strand). Under powered and overweight compared to the opposition the “Yellow Submarine” revelled in the watersplashes and did not miss a beat enroute to a brilliant fourth position overall and second in class. Anthony Connelly (Kuilsrivier) and Shawn Nedft (Kensington) also kept their noses clean in the 429 CCMCC S4 VW Polo 2.0 to finish in a fine fifth position overall whilst John Clift (Stru-

7 isbaai) and Derick Clift (Paarl) were somewhat frustrated in sixth overall with their ACW Engineering 418 WBMK S4 Toyota Hilux. They had to change the ECU shortly before the start of the event and simply ran out of time to find their normal power. Julian Calvert (Goodwood) and Marius Rudolph (Bothasig) gradually ran out of gears on their 409 CCMCC S3 VW Golf MkIII GTi 2.0 and seventh overall was something of a relief with only first and third gears remaining. Eighth overall and the final team classified as finishers was 65 CCMCC S2 Toyota Corolla TRD 1.6 of Warren Köhler (Heathfield) and JeanPierre Jacobs (Strand). This car was shedding it’s rear suspension and reached Parc Fermé running four tracks for additional grip. Two more teams would reach Parce Fermé under Super Rally rules with Erin Joshua (Retreat) and Dylan Timmes (Muizenberg) bringing their 462 CCMCC S3 Toyota Tazz 1.6 home with Mustapha Mia (Kensington) and Yaseen Amlay (Retreat) also reaching home after many frustrations in their Ramlay Builders 456 CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1.6. Winston Neethling (Kensington) and Randall Marais (Kensington) retired the spectacular Howard Centre Motors 428 CCMCC S4 Nissan Skyline 3.1 early in SS5 when the oil pump drive belt snapped. Trevor Hodges (Ottery) and Ian Thebus (Edgemead) had to call it a day in SS3 when their 421 CCMCC VW Golf MkIII GTi 2.0 20v consumed it’s seventh engine. Paul Emmanuel (Constantia) and Robin Benjamin (Heathfield) called it a day early SS1 with overheating problems in their 449 CCMCC S4 VW Polo 2.0 and similar problems saw husband and wife Johann Zulch (Ceres) and Petra Zulch (Ceres) retire their Ceres Toyota 439 WBMK S2 Ford Escort 1600 Sport after SS1. By normal standards the first Darling Rally could certainly be considered a bruising event, but then local teams were thoroughly tested in the wet conditions. Compliments to Billy Thorpe and his team who certainly provided local competitors and spectators with a superb new event. Kirsten Vervoer, Farm-AG, A&A Powder Coaters and the Darling Country Club deserve credit for their support of what will hopefully now become a fixture on the annual Western Cape Rally Championship. Great to see regular rally photographer Eric Joseph joined by Gordon Robertson (G Sport), Abri de Bruin (Cloud 9). Their photographs will be supporting this summary. Patrick Vermaak


8

courant

dié

11 Julie 2018

Tel: 022 487 3221

NUUS • NEWS

SPORT

11 Julie 2018

Saldanhabaai wen taai stryd teen Vredenburg Alida Buckle VREDENBURG – “As jy wil sien waar Vredenburg se span staan, moet jy hulle teen Saldanhabaai sit,” is een rugbyentoesias se mening. En Vredenburg het nou wel nie die taai wedstyd op Saterdag 7 Julie gewen nie, maar Saldanhabaai het ook nie maklik die oorhand gekry nie. Saldanhabaai wen 21-16. Die voorloper in dié derby, het die hele tyd, veral in die eerste helfde gewissel en die skare wat die Vredenburg-sportveld toegepak het, is nie sonder skouspel gelaat nie. Dit was egter in die tweede helfde wat Saldanhabaai bloed geruik het en hul sege met mag en mening aangepak het. Saldanhabaai is die enigste onoorwonne span in vanjaar se Grootuitdaagbekerreeks in die Weskusstreek en staan bo-aan die puntelys. Soos dit hoort, meen hulle ondersteuners. Daar is nie dié naweek ander wedstryde in die Weskus gespeel nie.

Links: Saldanhabaai en Vredenburg se spanne het vir skouspelagtige rugby gesorg. Foto: Alida Buckle

Full river looms for Berg paddlers in canoe marathon Paddlers entered for the Berg River Canoe Marathon next week are reveling in the news that the river has been flowing at its highest level in the past five years, assuring the field of good paddling conditions for the four day race from 11 to 14 July. “Even if we have no more rain before the race, we will have good water for the Berg,” said race stalwart Giel van Deventer, who has completed the tough odyssey from Paarl to the West

Coast more than any other athlete. “There is more rain forecast for Tuesday – the day before the race – so we could have really good water this year. “After four tough years of low water, we are really looking forward to this year’s race,” he added. After the cold front hit the Western Cape this week, heavy rains sent the level of the Berg River soaring.

“The river was running at around 100 cubic metres per second (cumecs) at the start in Paarl,” said van Deventer, who works with the Department of Water Affairs managing the water in the Berg River catchment area. “Lower down, around the Drie Heuwels weir the river flow was over 250 cumecs,” he added. The Misverstand dam has been spilling generously for over a week. Van Deventer said that the full river had done

nothing to alleviate the problem of water hyacinth on the river, and if anything had aggravated it. “The river flowing compacts the hyacinth and makes it totally impenetrable,” he explained. “The race committee has made the right call to leave out the section at the start of the second day from Zonquasdrift to Gouda bridge,” he added.

477 dié courant Weskus en Bergrivier  
477 dié courant Weskus en Bergrivier  
Advertisement