Skip to main content

477 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

11 Julie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 477

11 Julie 2018

•'BEGIN BY JOUSELF. DIE LEWE SKULD JOU NIKS'

Danelene is 'n dromer en doener

•Jaomi Zeeman Danelene Ruiters is nie net ‘n dromer met groot idees nie, sy is ook ‘n doener wat woeker om haar drome vir landelike mense gestalte te laat neem. Hierdie plaasmeisie van Wellington is baie trots op haar landelike herkoms en het die afgelope week haar eie nie-winsgewende organisasie, Rural and Proud, geregistreer. Sy het groot planne om mense in landelike gebiede deur middel van hierdie organisasie te bemagtig. Danelene is ‘n suksesvolle landboukundige en werknemer van AMC Fruit SA. Sy het in 2016 as innovasie tegniese assistent by die maatskappy begin werk en is in 2017 as die tegniese betuurder van druiwe aangestel. Hierdie jaar is sy tot mark-toegansbestuurder bevorder. Sy is ook ‘n trustee van hierdie internasionale maatskappy se nie-winsgewende been, Muñoz Foundation. Danelene is ‘n boorling van die plaas Desperado buite Wellington en het haar skoolloopbaan aan Pauw Gedenk, Wellington Primêr en Bergrivier Hoërskool voltooi. Sy het in 2010 haar BA-graad in plantproduksie aan Elsenburg verwerf en werk sedertdien in die landbousektor. Hierdie klein mensie het egter ‘n groot hart en gebruik haar kundigheid, kennis van landbou en haar liefde vir mense om ‘n verskil in veral landelike mense se lewens te maak. Die stigting van haar Rural and Proud-organisasie was vir haar dus ‘n logiese uitvloeisel en samekoms van al haar passies. “Ek wil die hulpbronne en kennis tot my beskikking gebruik om ‘n ommeswaai in die manier waarop die samelewing na plaaswerkers kyk, te weeg te bring, maar ook die beperkende ideale wat hierdie mense vir hulself stel, met ‘n groter visie te vervang,” sê sy. Alhoewel sy deur middel van haar werk as trustee van die Muñoz Foundation die geleentheid kry om in landelike gemeenskappe terug te ploeg, fokus hierdie organisasie meestal op die plase wat aan hulle vrugte verskaf. “Daar is soveel ander plase waar mense ook hulp nodig het. Met Rural and Proud sal ek die geleentheid hê om soveel meer mense te bereik,” verduidelik sy. Sy gaan Rural and Proud saam met twee ander direkteure bedryf. Hulle is ook altwee oorspronklik van landelike gebiede en verstaan die omstandighede en dinamiek van plaaswerkers.

Volgens Danelene sê die naam van haar nuwe organisasie presies wat dit is. “Dit definieer wie ek is. Dit is deel van my erfe-

nis, want my voorgeslagte was almal huishulpe of plaaswerkers. Ek voel ‘n mens moet aanvaar en erken waarvandaan jy kom en trots wees daarop, maar dit hoef nie noodwendig te bepaal waarheen jy op pad is nie. Ek sou nooit ‘n ander herkoms wou hê nie. My lewe as plaasmeisie het my gemaak wie ek vandag is,” sê sy trots en sonder ‘n sweempie bitterheid. Met Rural and Proud wil Danelene mense in landelike gebiede bemagtig en inlig. “Mense op plase is dikwels oningelig en weet nie wat in die wêreld rondom hulle aangaan of wat die moontlikhede buite hul verwysingsraamwerk is nie. Ek wil hulle bewus maak van wat aangaan, hulle bemagtig en toerus om te leer. Ek wil hê veral die jongmense moet ophou met hul ‘lazy mindset’ en hul denkwyse skuif na iets meer positief en proaktief. Hulle moet weet hulle kán ‘n waardevolle lewe lei. Hulle moet hulself afvra: Waarheen is ek op pad?” sê sy oor haar visie vir hierdie nuwe inisiatief. Volgens Danelene is daar baie uitdagings in die

lewens van mense in landelike gebiede. “Dit waaraan hulle van kleins af blootgestel word, word hul verwysingsraamwerk. Alkoholmisbruik en om skuld te hê is doodnormale dinge op plase. As ‘n mens hierdie negatiewe siklus met die verskuiwing van hul denke kan verander, kan jy die lae selfbeeld en selfwaarde wat hierdie mense het, aanspreek. Mense moet weet hulle het een van twee keuses: Jy kan toelaat dat jou omstandighede en herkoms jou definieer en daarin vasgevang raak, of jy kan dit omarm en as motivering gebruik om iets beter te wil hê,” laat sy passievol hoor. Danelene is nog jonk, sy is klein en ‘n vrou. Hoe laat sy haarself geld en watter raad sal sy aan jongmense met groot drome gee om ook suksesvol te wees? “Begin by jouself. Die lewe skuld jou niks. Jy moet jouself laat geld deur hard te werk. Opvoeding is die belangrikste ding waarmee jy jou kan bemagtig. Introspeksie kan jou jou goeie en slegte eienskappe laat raaksien en ken, sodat jy weet waaraan jy kan werk. As jy jou waarde ken, sal dit soveel moeiliker vir dinge en mense wees om jou onder te kry,” sê sy. “Onthou, sukses diskrimineer glad nie. Moet nooit die beeld wat ander van jou het, aantrek nie,” voeg sy by. Danelene se planne ken geen einde nie en sy is reeds besig om die eerste projekte van Rural and Proud te organiseer. Haar beplanning vir ‘n vrouedag-funksie, sowel as ‘n funksie vir mans, is reeds ver gevorder. Sy wil ook ‘n behoorlike bekendstellingsgeleentheid vir Rural and Proud hou. Danelene is verder besig om bande met plaaslike landelike skole te smee en beplan ook ‘n “library on wheels” waarmee sy hierdie skole wil bedien. Sy beplan voorts om ‘n program waarmee sy mense in landelike gebiede meer oor goeie finansiële bestuur en die waarde van spaar van stapel te stuur. “Ek wil ook met die boere saamwerk en hoërskoolkinders meer blootstelling aan beroepsvoorligting en dinge soos die aansoek om ‘n ID en die saamstel van ‘n CV gee,” vertel sy. Dit lyk asof alles waaraan Danelene raak, in iets goeds verander - heel waarskynlik as gevolg van haar positiewe lewensbeskouing. “My geloof is my fondasie. Ek kyk altyd na varkblomme en dink: hulle staan met hul voete in die modder, maar hulle het reguit, regop stele en die mooiste kelke. Ons mense kan ook so wees,” sê sy.

NUUS • NEWS


2

'n Hysbak vir Hugenote Hoërskool op pad

Hugenote Hoërskool gaan binnekort ‘n hysbak kry om ‘n graad 9-leerder in ‘n rolstoel te akkommodeer. Dit volg ná die skool by die Wes-Kaapse Departement van Onderwys aansoek gedoen het vir hulp in hierdie verband. Die graad 9-leerder, wat reeds haar lewe lank met ‘n rolstoel oor die weg moet kom, het probleme ondervind om klasse te wissel in die skool wat uit drie verskillende vlakke bestaan en talle trappe het. Klasmaats moes haar en haar rolstoel tot dusver help om die trappe tydens klasruilings baas te raak. Aangesien die bou van ‘n hysbak ‘n baie duur

NUUS • NEWS

11 Julie 2018

projek is, het die skool by die Onderwysdepartement vir hulp aangeklop. Hul aansoek is onlangs toegestaan en die projek is reeds van stapel gestuur. Talle rolspelers, waaronder die beheerliggaam van die skool, kontrakteurs en ingenieurs is druk besig om hierdie inisiatief ‘n werklikheid te help maak en daar sal eersdaags met die bouwerk van ‘n skag vir hierdie doel begin word. Die hysbak is reeds besig om vervaardig te word en konstruksie van die hysbakskag sal vroeg in Julie begin. Die verwagte datum van voltooiing is vroeg in Oktober 2018. Die hysbak sal al drie vlakke van die skool met mekaar verbind.

•MEER AS DUBBEL SO VOL

Damme se vlakke styg skerp Na die uitmergelende droogte waaronder die Wes-Kaap die afgelope paar seisoene gebuk gegaan het, lyk dit asof die gevaarlike lae damvlakke vir eers iets van die verlede is. Die goeie winterreën wat die afgelope tyd in dié damme se opvanggebied geval het, het die vlakke van damme wat die Wes-Kaap en Boland van water voorsien, aansienlik laat styg. Die damme in en rondom Kaapstad vorm deel van die Wes-Kaap se watervoorsieningsisteem, wat ‘n geïntegreerde en kollektief bestuurde sisteem van damme, pompstasies, pyplyne en tonnels insluit. Buiten die feit dat hierdie sisteem Kaapstad van water voorsien, voorsien dit ook water aan dorpe in die Overberg, die Boland, Wes-Kus, sowel as die Swartland areas. Dit voorsien ook besproeiingswater aan die landbousektor. Aan die einde van Junie het die damvlakke van hierdie damme op ‘n gesamentlike 42% gestaan. Slegs ‘n week later, op 2 Julie, het die vlakke met 6% tot 48% gestyg en op 6 Julie het die Wes-Kaap se damme op ‘n gesonde 52,4% gestaan. Die damme wat by hierdie lesings ingesluit word, is die Bergrivierdam, die Laer- en Hoër Steenbrasdamme, die Theewaterskloofdam, die Voëlvleidam, sowel as die Wemmershoekdam. Verlede jaar het die gesamentlike damvlakke van hierdie damme in Julie ‘n skamele 25% beloop.

Die damvlakke soos dit tans daaruit sien, het dus reeds meer as dubbel soveel water as wat dit verlede jaar in Julie gehad het. Daar word verwag dat die goeie sneeuneerslae die afgelope tyd die damvlakke nog ‘n hupstoot sal gee. Die beste presteerder onder damme in terme van damvlakke is die Hoër-Steenbrasdam wat tans op 99% staan. Die Bergrivierdam en Wemmershoekdam staan beide op 82%, die Laer-Steenbrasdam op 55%, die Voëlvleidam op 49% en die Theewaterskloofdam op bykans 39%. As ‘n mens in ag neem dat die Voëlvleidam en Theewaterskloofdam, twee van die vernaamste damme in die Wes-Kaap, verlede jaar in Julie albei op slegs 19% gestaan het, is die nuutste syfers verblydend. Die huidige damvlakke is die hoogste wat dit sedert Junie 2014 was. Ten spyte die goeie onlangse reënval en die feit dat die damvlakke tans baie beter lyk, sal waterbeperkings egter steeds geld. Daar sal eers na afloop van die reënseisoen, in oorleg met ander Wes-Kaapse rolspelers, oor die moontlike verslapping hiervan of ‘n verlaging in watertariewe besin word. Intussen geld die 50 liter-per-dag reël nog steeds en word inwoners van Drakenstein Munisipaliteit steeds aangemoedig om water te bespaar. -Jaomi Zeeman

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

11 Julie 2018

•BEGIN SY LANG PAD AS SKOONMAKER

Karel is ‘n kampioen in plaaslike gemeenskap •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Karel Dampies is iemand wat ‘n mens nie in een sin kan opsom nie. Hierdie veelsydige man is 'n professionele administrateur, ‘n kunstenaar en by soveel gemeenskapsprojekte betrokke, dat ‘n mens wonder hoe hy genoeg ure in ‘n dag vir alles kan inruim. Sy vriendelike persoonlikheid, sy energieke benadering tot alles wat hy aanpak en die manier waarop hy met mense omgaan, maak hom ‘n geliefde persoonlikheid op Wellington. Karel is sy lewe lank al ‘n Wellingtonner. As een van vier kinders, het hy op ‘n plaas buite die dorp grootgeword en sy laerskoolloopbaan aan Voor-Groenberg Primêr voltooi. “Ek onthou hoe ons selfs in die middae van twaalfuur tot vyfuur klas gehad het, omdat die klasse te min was. Ek onthou ook hoe ek in die skoolkoor by die stadsaal gesing het. Ek het smiddae altyd maatjies huis toe geneem vir iets te ete. Ek dink my liefde en omgee vir my gemeenskap, het daar al begin,” sê hy. Vandag is Karel ‘n administrateur by Pioneer Foods. “Ek het in 1984 daar as skoonmaker begin en oor die jare deeltyds en na-ure studeer. Dit was harde werk, maar kyk waar is ek vandag,” sê hy tevrede. Sy goeie werksetiek is egter nie iets wat Karel slegs tot sy professionele lewe beperk het nie hy het homself deur die jare as een van Wellington se mees betrokke en toegewyde gemeenskapswerkers gevestig. Karel is by verskeie gemeenskapsinstansies, -projekte en -inisiatiewe betrokke. “Ek is die sekretaris by die Vriende van die Biblioteek, ‘n lid van die Vriende van die Museum en ‘n raadverteenwoordiger, sowel as vir ses jaar lank al ‘n beoordelaar by die Ekspo vir Wetenskap wat jaarliks op Stellenbosch gehou word. Dan is ek ook ‘n gesondheidsraadgewer by die Distriksmunisipaliteit, ‘n verteenwoordiger vir NACOSA wat Vigs en TB-projekte hanteer, ‘n lid

van die MSAT in Drakenstein en die sekretaris vir kuns en kultuur by die Breytenbach-sentrum. Ek was onder andere ook die verhoogbestuurder by die bekroonde toneelstuk, ‘Pa, maak vir my ‘n vlieër, pa’,” noem hy ‘n paar projekte waar hy sy gewig ingooi. Karel se gemeenskapsbetrokkenheid en die geweldige positiewe werk wat hy as lid van talle instansies doen, het ook nie ongesiens verbygegaan nie. Hy is al vir talle toekennings vir sy diensbaarheid benoem en talle kere vereer. Hy is al twee keer deur die plaaslike munisipaliteit vir sy werk in die gemeenskap en sy betrokkenheid in die vallei vereer. Hy het ook al twee keer benoemings vir die Tomorrow’s Leaders-toekennings, wat elke jaar by Sun City plaasvind, ontvang. Karel is boonop al twee keer by Pioneer Foods vir sy gemeenskapsdiens en bydraes genomineer. Hy is ook vir die NSFT vir gemeenskapsdiens en sy betrokkenheid by nie-regeringsorganisasies genomineer. Hy is onlangs ook vir die Southern African Startup-toekennings benoem, Jet het hom al vir sy gemeenskapsdien beloon, hy het al ‘n Ubunthu-kompetisie deur Protea Hotels gewen en KANSA het Karel al vir die Clicks Club se gemeenskapstoekennings benoem. Buiten sy professionele werk en gemeenskapsbetrokkenheid, is Karel boonop ‘n kreatiewe siel wat graag kunswerke uit weggooi- of optelgoed maak. “Ek het ook ‘n liefde vir tuinmaak en blommerangskikkings. Die blomme-ding het begin by die huis. As my ma gesê het dat ons kuiermense kry, dan het ek sommer veldblommetjies gepluk om die huis mooi te maak. Ek het myself geleer om iets uit niks te maak en dis waar my liefde vir Ikebana vandaan kom,” vertel hy. Karel het ook al talle pryse by die plaaslike Aster-skou vir sy handewerk gewen. “Ek het vir die kinders op die plaas haarstrikkies gemaak en vir my ma haar Moedersdagklere. Maar nou is my naaimasjien stukkend,”

sê hy. Vir hierdie man met die omgee-hart is die grootste struikelblokke op sy pad om dikwels met mense se behoeftes gekonfronteer te word, maar nie die middele te hê om te help nie. Tog weier hy om negatief te raak. “My leuse is om self te begin as jy iets gedoen wil hê en dat jy nooit moet gaan lê nie, al het jy gefaal. My ma het geglo as jy ander help, sal dit met jou goed gaan. Ná haar dood het ek besef dat sy sou wou hê dat ek daarop moet voortbou,” sê Karel. Vir hom is gemeenskapsamehorigheid en ‘n trots op erfenis, onontbeerlik. “Ek wil eendag agteroor sit en na al die albums met die gemeenskap se mooi stories en foto’s sit en kyk. Ek wil deur ons strate stap en sien dat mense vir ons erfenis omgee en eienaarskap neem van dít wat betekenis het in ons gemeenskap,” sê hierdie man wat elke dag aan nóg maniere dink waarop hy ‘n bydrae onder sy mense kan lewer.

3


4

11 Julie 2018

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die Ou Testament - 'n Voorbeeld en waarskuwing aan ons

Paulus skrywe aan die Korinthiërs dat die voorbeelde in die ou testament dien as voorbeelde en waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Hy begin deur te sê dat ons nie begerig moet word soos sommige in die ou testament begerig was na slegte dinge nie. Ons moet ook nie afgodedienaars wees soos sommige van hulle was nie. Ook moet ons Christus nie versoek soos sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur giftige slange omgekom. Daar is ook voorbeelde van manne wat vasgestaan het in die geloof, bereid om te sterf vir hulle geloof, dink aan Daniël se drie vriende wat nie voor die goue beeld wou buig nie. Hulle het aan koning Nebukadnesar gesê dat God in staat is om hulle te red, of Hy dit gaan doen of nie, maak nie saak nie, maar voor hierdie beeld sal hulle nie buig nie. Ons is reeds meer as twee duisend jaar in die laaste dae, tussen hemelvaart en die wederkoms van die Here Jesus, is ons gereed om Hom te ontmoet? Jesus self het gesê, nie almal wat vir My sê, Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Ons moet Jesus aan neem as verlosser en getuig dat Jesus die Christus is.

dié

courant

Woorde, idees en drome is wonderlike goed. Wanneer dit egter nie met dade gepaard gaan nie, kan dit maar bra nutteloos wees. Dit is in die doen van dinge, die handeling, die deurvoering van planne, die neem van aksie, die optrede en die oefening wat idees, woorde en drome geloofwaardige gestalte kry. Daar is ‘n spreekwoord wat lui dat ‘n lepel vol daad beter is as ‘n skepel vol raad. Daar is nog spreekwoorde wat sê dat dade harder as woorde spreek, dat ‘n daad by die gedagte gevoeg moet word en dat ‘n mens die daad by die woord moet voeg. Dit alles kom daarop neer dat idees en woorde wat nie tot dade oorgaan nie, nie veel waarde het nie. Dit wil lyk asof die uiteindelike toets van ‘n gepraat, idees en drome in die resultate van die dade wat daarmee saamgaan te vinde is. In Wellington het ons nie net mense met wonderlike idees, groot drome, mooi gedagtes en ‘n slag met woorde nie - hier is gelukkig ook ‘n klomp doeners wat hul hande uit hul moue haal en kliphard tot voordeel van die gemeenskap werk. Die ideaal dat mense eerder die vaardighede, gawes en talente as die gestremdheid van Sunfield Home se inwoners sal raaksien, is onlangs ‘n kortfilm oor hierdie mense vervat. Die feit dat hierdie film ‘n finalis by ‘n internasionale Filmfees is, is die resultaat van ‘n mooi idee wat deur middel van mense se positiewe aksies tot ‘n uitstekende produk gelei het. Die hysbak wat Hugenote Hoërskool, met die hulp van die WKOD,

NUUS • NEWS

Sunfield-film 'n finalis vir internasionale toekenning

Woorde wat wek binnekort vir ‘n gestremde leerder gaan laat bou, is nog ‘n voorbeeld van mense se idees wat deur harde werk en aksies in hul dade geststalte kry. Euclea Cavernelis, wat onlangs vir die Boland o/18 Dogters Rugbyspan by die SA Toernooi uitgedraf het, het nie net daarvan gedroom om miskien rugby te speel nie, maar die daad by die idee gevoeg en die proewe gaan bywoon. Haar dade het die deur vir sukses en prestasie in hierdie sportsoort teweeg gebring. Danelene Ruiters se nuwe NGO, Rural and Proud, is die resultaat van haar droom om landelike mense te bemagtig - ‘n idee wat nie net by ‘n gedagte gebly het nie, maar deur dade tot positiewe resultate gelei het. Karel Dampies se dade strek ook baie verder as net sy woorde. Hierdie Wellingtonner se ongelooflike betrokkenheid by en bydrae tot die plaaslike gemeenskap is iets wat hy met woord en daad uitleef. Hugenote Hoërskool se koor het nie net van deelname aan die World Choir Games gedroom nie, maar talle aande, naweke en vakansiedae oor baie maande onverpoosd geoefen en voorberei vir hierdie groot geleentheid. Dit is hul drome, maar méér nog hul dade, wat uiteindelik tot hul uitstekende prestasie by hierdie groot kompetisie gelei het. Carl Gustav Jung het geskryf dat jy is wat jy doen, nie wat jy sê jy gaan doen nie. Nog iemand het geskryf dat dade bewys wie iemand regtig is; woorde bewys bloot wie hulle graag wil wees. Mag elkeen se drome hierdie week met hul dade hande vat.

Die Sunfield Home het onlangs die goeie nuus ontvang dat ‘n film wat oor hierdie instansie gemaak is, ‘n finalis vir die Internasionale Nova Employment 2018 Kortfilm-toekennings is. Die film is aan die einde van Mei gemaak en vir die toekennings ingeskryf, waarna dit as ‘n finalis in die kategorie vir Internasionale Dokumentêre Films aangewys is. Volgens Garine de Wet, bemarkingsbestuurder by Sunfield Home, is die film deur Cader’s Cinematography gemaak. “Sharnelle Cader is my oudste dogter en ek, sowel as my ander dogter, Lyndsay Cader van die Suidoosterfees, het dit saamgestel. "Sunfield is ‘n heenkome vir gestremde volwassenes, maar die film fokus juis op die vermoë van ons inwoners,” verduidelik sy. Ná die film gemaak is, het Elmarie van Schalkwyk, bestuurder van Sunfield Home, voorgestel dat hulle dit vir die kompetisie inskryf. Die inskrywing is uiteindelik deur Faye Abrahams van die Disability Workshop Development Enterprise (DWDE) ingestuur. Die Nova Employment Kortfilm-toekennings bestaan uit ses kategorieë en daar is altesaam 296 films uit 26 verskillende lande vir die kompetisie ingeskryf. Dit is dus ‘n uitsonderlike prestasie om as een van die finaliste aangewys te word. In die motivering wat Garine saam met die inskrywing vir die film geskryf het, beskryf sy die positiewe ingesteldheid en benadering wat hulle by Sunfield ten opsigte van hul inwoners het. “Sedert ek as huismoeder in 2015 deel van die Sunfield Home-span geword het, was my fokus nog altyd daarop om die krag van ‘n positiewe gesindheid uit te leef. "‘n Mens moet fokus op wat jy het, eerder as op wat jy nie het nie. "Met ons inwoners was my hoofdoel om hul meer oor hul vermoëns as op hul onvermoë te laat fokus.

"Omdat ek self al onder depressie deurgeloop het, moes ek leer om die krag van opkyk, in plaas van afkyk, te gebruik. "Hierdie Kortfilm-fees is die perfekte platform om ons inwoners, sowel as ons personeel te motiveer,” het sy geskryf. Hierdie benadering pas perfek by die tema van die Filmfees, naamlik “Focus on ability” (FOA). Hiervolgens word filmmakers aangemoedig om op die vermoë van gestremde persone te fokus. “FOA is ‘n deurlopende bron van verwondering vir my. "Dit het aanvanklik as ‘n lukrake idee by my opgekom: Sal dit nie cool wees as ons die medium van film kan gebruik om die vermoëns van gestremde mense te belig nie? "Dit sal die wêreld kan verander. "Dit gee ons ‘n wonderlike insig in hoe die samelewing se gesindheid teenoor gestremde mense kan verander,” het Martin Wren, uitvoerende bestuurder van Nova Employment, oor die projek gesê. Volgens Garine sal dit vir Sunfield Home ongelooflik baie beteken as hulle verder in die kompetisie sou presteer. “Vir ons inwoners sal dit só baie beteken omdat dit ‘n bewys sal wees dat hulle tot alles in staat is. "Maar net die feit dat ons as ‘n finalis gekies is, is super awesome en die gemoedere loop al klaar hoog hier by Sunfield,” sê sy. Daar is groot pryse vir die wenners op die spel, maar meer as enigiets anders plaas Sunfield se inskrywing vir die filmfees die fokus op die positiewe vaardighede wat gestremdes het. Die publiek reg rondom die wêreld kan vir hul gunsteling film stem. "Die stemming het reeds op 20 Junie begin en enigeen wat Sunfield met ‘n stem wil ondersteun, kan dit by die webskakel http://www. focusonability.com.au/ doen.


NUUS • NEWS

5

01

SAVE

SAVE

20%

20%

*Buy any 2 of the same or mix n match. Ts & Cs apply.

*Buy any 2 of the same or mix n match. Ts & Cs apply.

*Buy any 2 of the same or mix n match. Ts & Cs apply.

WHEN YOU BUY ANY 2 FRESH FISH OR CRUSTACEANS*

VALID UNTIL 15 JULY

VALID 14 - 15 JULY ONLY

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Excludes I&J and Sea Harvest Boxed Frozen Fish

WHEN YOU BUY ANY 2 BOXES OF I&J OR SEA HARVEST FISH*

WHEN YOU BUY ANY 2 WINES*

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

GIVE A MEAL THIS MANDELA DAY

SAVE

20%

Re

tu

*2

7

dy

11 Julie 2018

13 – 15 JULY 2018

VALID UNTIL 15 JULY

Excludes Fish from the Fresh Fish Counter

Bringing you NEW premium quality pet food Go to your Pick n Pay, buy any of these products, drop them in the collection bin and FoodForward SA will get them to communities in need.

Keeps skin healthy and coat shiny

Aids healthy digestion

With your help, we can provide 250 000 people with a warm meal this Mandela Day, 18 July.

Promotes strong bones and joints Strengthens the immune system

SAVE R24

69

R

ANY 2

50

R

Per kg

SAVE R20

PnP Bulk Stewing Beef

Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 2 Litre

147

R NEW

99 For more information, go to www.picknpay.co.za/mandela-day.

Nutriphase Scientifically Formulated Dry Dog Food Assorted 6kg Each CENTURY CITY CONFERENCE CENTRE

LiebenLogistics

Exclusive to

25 JUNE – 5 AUGUST

CENTURY MALL

DAVEYTON MALL

DIHLABENG

EXPRESS GRAYSTON

BOPHELONG

PLETTENBERG BAY

RAYTON

STANDERTON

GERMISTON

HEMINGWAYS

HYPER BOKSBURG

KILLARNEY MALL

LIBERTY MIDLANDS MALL

MIDRAND

HYPER NORTHGATE

CORNWALL

SPRINGS MALL

THE BRIDGE

VAAL MALL

WESTGATE

OVER

15000

SHOPPERS HAVE ALREADY WON THEIR SHOPPING FREE! Shop online or in-store and stand a chance to win your shopping free. Get automatic entry when you spend R50 or more.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Express Stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 12 - 15 JULY 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za. Some deals may not be available online.

COPPERFIELDSTUDIOS_MMWCHS2374

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK

SAVING TIP: SAVE WATER Clean your grill with half an WATER NOW picknpay.co.za/think-water

onion instead of using water and chemicals.


6

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361 NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273 Darling Brew 30 June: Darling Brew presents Winter Beer Festival from 10:00 till 18:00. Live music: The Stone Jets and Sunset Sweatshop As per last year - there will be food stalls Ticket Price: R120 per person (includes a free DB beer glass for over 18’s. Big Kids: R80 (12 – 18 years) Kids under 12 is free For enquiries please contact - 021 286 1099

11 Julie 2018

The Stage Door 17 -18 August: Wellington High in affiliation with Defying Gravity Theatre Productions is hosting a musical: 'The Stage Door' at 20:00. Admission fee: Adults and kids R20. The aim of the event is to educate young people of the importance of the finer arts in our community. Also educating the youth in music and dance as part of our arts and culture. Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60 at 08:00, 40 at 08:05 and 12 km at 08:10. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars at 08:15 Registration from 06:00 on 18 August at Riebeek Cellars. Pre-online entries available. Late entries on the day. Enter online - www.roag.co.za !Khwa ttu 6-7 Oct: 24 hour MTB. Teams can be solo, team of two or team of four - 10km multi lap relay challenge For any further enquiries, please contact 022 451 2202 or send an email to info@darlingttu.co.za Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens

NUUS • NEWS

op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Die Wellington Museum het 'n aktiewe vakansieprogram vir die jeug van die omgewing gedurende die wintervakansie. Bo het die jongklomp 'n fliek-oggend geniet. Onder: Die groep van Hillcrest Primêrhet 'n hekeloggend geniet. Tannie Beppie en Mev Rheeder het die leerders kom leer hekel en ons het hulle later bederf met eetgoed en iets warm te drink.


NUUS • NEWS

11 Julie 2018

7

Warmte vir Bejaardes in Newton

Die Newton Dienssentrum vir Bejaardes was in die wolke oor die warm skootkombersies wat hul van Drakenstein Munisipaliteit ontvang het. Saam met hulle is Wyksraadslid Aidan Stowman wat dit oorhandig het.

Koos Kombuis praat by Boekklub

Die plaaslike boekklub het op Donderdag 28 Junie ‘n heerlike byeenkoms in die Bôrdienghuis-teater gehad. Die bekende musikant, skrywer en sosiale kommentator, Koos Kombuis, het tydens die geleentheid oor sy nuwe digbundel, Vandag wil ek my blou skoene dra, gepraat. Dr. Amanda Swart het met Koos oor sy nuwe bundel, wat hy “die geskenk aan myself” noem, in gesprek getree. Volgens Koos is sy nuwe bundel vol gelukkige en toeganklike gedigte. “Ek het ‘n ver pad van ‘n opstandige en rebelse jong man gekom tot waar ek myself nou as ‘n gelukkige gesinsman bevind. Die idee dat gedigte

net in tye van wroeging geskryf kan word, word in hierdie bundel weerspreek,” het hy gesê. Hy voel ook dat daar ‘n verskil tussen sy lirieke en sy gedigte is. “Daarom het ek net kans gesien om twee van die gedigte in die bundel te toonset,” het hy verduidelik. Koos het hierdie twee toonsettings vir die waarderende gehoor gesing. En al sê hy in een van sy gedigte: “eendag wil ek aftree in ‘n huis vol kitare, met ‘n uitsig oor die see waar die wind speel deur die snare,” het hy almal verseker dat hy eerder sal ophou sing as ophou skryf. “Want ek foeter met woorde. Dis nou maar my ding,” het hy gelag.


8

courant

NUUS • NEWS

dié

11 Julie 2018

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

11 Julie 2018

•TALLE BESOEKERS STROOM NA WELLINGTON VIR AKSIE

Vallei speel gasheer vir talle sporttoernooie Wellingtonners kan hul tydens die laaste week van die skoolvakansie aan ‘n paar groot sportgeleenthede in die omgewing verlustig. Vir sportentoesiaste is daar ‘n keur van verskeie sportsoorte, groot toernooie en wedvaarte wat hier op Wellington se drumpel plaasvind. Die jaarlikse Cravenweek-rugbytoernooi, sowel as die Akademieweek vind vanaf 9 tot 14 Julie in die Paarl plaas. Paarl Boys High tree, as deel van die viering van hul 150ste bestaansjaar, as gasheer vir hierdie geleentheid op. Talle van die spanne wat aan hierdie toernooi deelneem, het reeds die afgelope naweek op Wellington aangekom waar hulle van koshuisverblyf in ons dorp gebruik maak. ‘n Program van die toernooie is by www.schoolboyrugby.co.za beskikbaar. Die Bergrivier-kanomarathon skop ook op

Woensdag 11 Julie in die Paarl af. Dit sal die 57ste keer wees dat roeiers aan hierdie groot wedvaart deelneem en met die goeie watervlakke in die Bergrivier, beloof dit om ‘n suksesvolle geleentheid te wees. Die organiseerders van die wedvaart, het besluit om hierdie jaar se marathon ter ere van Nelson Mandela se nalatenskap aan te bied. Mandela sou vanjaar 100 jaar oud wees en daar word wêreldwyd vieringe ter ere hiervan gehou. Om hierdie eeufees te vier sal daar vyf Nelson Mandela-eeufees-vryheidswandelings tydens die duur van die Bergrivier-kanomarathon aangebied word. Die eerste wandeling sal op Woensdag 11 Julie om 08:00 vanaf die Paarl Arboretum plaasvind. Dié stap sal net betyds eindig sodat die stappers die wegspring van die marathon kan gade slaan. Op dieselfde dag sal

nog ‘n wandeling vanaf Rondeheuwel Primêr tot by die Du Vlei-plaasstal plaasvind. Hierna sal daar elke dag ‘n wandeling tot aan die einde van die dag se roeiskof plaasvind. Meer inligting oor die wedvaart is op die webtuiste www.berg.org.za beskikbaar en inligting oor die wandelinge is op facebookblad “Berg Marathon Freedom Walks” beskikbaar. Nog ‘n groot sporttoernooi wat gedurende hierdie week op Wellington plaasvind, is die Wes-Kaap Skolenetbal se inter-distrikstoernooi. Hierdie toernooi sal vanaf Donderdag 12 Julie tot Saterdag 14 Julie op Hugenote Hoërskool se bane plaasvind en tientalle netbalspanne, sowel as honderde ondersteuners, afrigters en skeidsregters sal ons dorp vir hierdie geleentheid besoek. Hierdie toernooi is vir spelers wat net-net nie

Wellington se rolbalspelers vereer

Wellington Rolbal het Vrydag 6 Julie 2018 hulle jaarlikse prysuitdelingfunksie gehou. Charles Stassen is die Mans enkelspel kampioen en Miekie Karsten is die Dames Enkelspel kampioen en is as speler aangewys wat die beste vordering getoon het. Swannie Rees uitredende Vise President het die toekennings oorhandig.

by die Wes-Kaapspanne ingesluit is nie en al ses munisipale distrikte in die Wes-Kaap sal aan die toernooi deelneem. Alle onder 11- tot onder 18-spanne sal vir hierdie doel deelneem. Daar sal na raming ag spanne van 10 spelers elk in elke ouderdomsgroep deelneem, wat ‘n beraamde 640 spelers, 64 afrigters, 64 spanbestuurders en ongeveer 70 skeidsregters sal behels. Netbalentoesiaste kan dus na ‘n fees van netbalaksie op Wellington uitsien. Met só ‘n keur van uithaler-sportgeleenthede in die omgewing, behoort die laaste week van die wintervakansie alles behalwe vaal of vervelig te wees. Met die Bergrivier-kanomarathon, die Cravenweek-rugbytoernooi en ‘n inter-distrik-netbaltoernooi in ons agterplaas, kan Wellingtonners na strawwe kompetisie, heerlike kykgenot, hope opwinding en baie aksie uitsien.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
477 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu