Skip to main content

477 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

11 Julie 2018

52%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 477

Spuitvliegtuie word nou oral in die Swartland gesien waar hulle besig is om die landerye te bespuit.

11 Julie 2018

Foto: Johan Viljoen

•KORING EN KANOLA SE OPKOMS LYK GOED

Produsente juig

In boerdery kan die uitdrukking, “te veel” ‘n goeie én ‘n slegte betekenis inhou. Vanjaar kan hierdie sê-ding positief aangewend word oor die afgelope reënval. Sedert 1 Julie vanjaar het daar reeds tot 45mm reën op sekere plekke in die Swartland geval, terwyl Junie tot 102mm reën gesien het. Produsente van onder meer koring en kanola in die Swartland juig sover oor die goeie opkoms van hul hoof- en kontantgewasse. Weerstoestande is gunstig en vooruitskattings lyk belowend, sê Louis Coetzee van Kaap Agri. Volgens Gareth de Bruin, landbou ekonoom van Kaap-Agri, het die reën op die regte tye geval, wat op sy beurt weer aanleiding gegee het tot ‘n goeie ontkiemingsproses. Die afgelope week se warm weer is ook ideaal wat produsente kans gee om op die lande te kom, kunsmis te saai en die nodige swam- en insekdoders te spuit. Produsente kan moontlik bietjie druk ervaar wat swamme

betref, maar die meeste boere tref jaarliks voorbereiding met ‘n goeie spuitplan wat gevolg word, verduidelik hy. “Die kanola lyk vanjaar baie goed,” voeg De Bruin by. Volgens sommige produsente is kanola tot ‘n maand voor in vergelyking met verlede jaar. Verlede jaar dieselfde tyd het kanola plek-plek in die Swartland begin uitkom, hoewel dit op daardie stadium volgens produsente nog baie agter was. Izane Crous, landboukundige vir Soill in die Swartland, is baie opgewonde oor die opkoms van vanjaar se kanola. In die Swartland alleen is daar sowat 17 000 ha kanola vanjaar geplant. "Die kanola lyk baie mooi en produsente is gelukkig." Sy sê verder dat die kanola sowat ses tot agt weke vroeër as verlede jaar opgekom het wat 'n goeie aanduiding is van die biomassa wat toegeneem het. Die kanola van vanjaar hou

goeie potensiaal in. Wat oesskattings betref, word 'n belowende opbrengs van 1.7 ton/ha verwag. Hoewel kanola 'n onbepaalde groeifase het, sal dit ideaal wees as dit tot laat in September nog reën. Volgens Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, was daar ook verlede jaar meer gars geplant. “Hoewel daar nog baie geleer kan word rondom die verbouing van gars in die Swartland, is hektare van die gewas aan die groei. Volgens die oesskatingskomitee se voorname om te plant het gars aanplantings in totaal oor die land met 4320 ha toegeneem,” sê De Bruin. Vanjaar se hoeveelheid aanplantings sal eers bepaal word sodra die eerste oesskattings vir die Swartland later vandeesmaand bekend is. Produsente hoop nou vir ‘n laat winter met September wat gewoonlik een van die belangrikste maande is vir ‘n gunstige oesjaar.

NUUS • NEWS


2

11 Julie 2018

Wen met sakekamer Vanjaar se vroueaand van die Malmesbury Sakekamer sal weer 'n groot geleentheid wees, met gaskunstenaar Dewald Wasserfall wat sal optree. Die Sakekamer gee twee kaartjies na die geleentheid weg. Al wat jy moet doen is om hul blad op Facebook te "like", die inskrywing van die vroueaand te deel op jou eie tydslyn met die hutsmerk #MalmesburySakekamer. Besoek die sakekamer se blad by @ Malmes-

burySakekamer om die geleentheid te vind. Die wenners sal op 25 Julie bekend gemaak word. Kaartjies vir die vroue-aand beloop R200 per persoon en sluit aandete in. Bespreek jou plek nou by info@sakekamer. co.za of kontak 022 487 3221. •Diegene wat belangstel om 'n Facebook-werkwinkel deur ThinkSocial Workshop mee te maak, kan ook Izélle by 022 487 3221 skakel of 'n epos stuur na info@sakekamer.co.za.

NUUS • NEWS

Gratis inentingsveldtog teen hondsdolheid Twee positiewe hondsdolheidgevalle is onlangs volgens die plaaslike dieregesondheidstegnikus, Marius Vrey, by ‘n kat en ‘n bees buite Malmesbury aangetref. Hondsdolheid is ‘n gevaarlike en noodlottige siekte van honde, katte, alle warmbloedige diere en mense wat hoofsaaklik oorgedra kan word wanneer ‘n aangetaste dier jou byt. Die inenting van troeteldiere is die mees effektiewe manier om troeteldiere en mense te beskerm teen blootstelling aan dié dodelike virus. Suid-Afrika is ‘n verklaarde hondsdolheidgebied en alle honde en katte moet geimmuniseer word, sodra hulle die ouderdom van drie maande bereik. Die plaaslike departement van landbou doen ‘n beroep op alle inwoners om onder geen omstandighede wilde diere wat mak voorkom, te probeer nader of hanteer nie. Skakel die naaste staatsveearts, privaatvee-

arts of dieregesondheidstegnikus vir hulp en bystand. Alle honde en katte kan gratis op die volgende dae by onderskeie persele ingeënt word: Op Woensdag 18 Julie kan troeteldiere vanaf 09:00 tot 12:00 na Malmesbury Rugbyveld (Bloues), asook na die Abbotsdale Gemeenskapsaal vanaf 13:00 – 16:00 gebring word. Op Donderdag 19 Julie vind inentings om 09:00 tot 12:00 by die veld langs die kantore van die Swartland Wetstoepassers in Wesbank plaas, asook vanaf 13:00 tot 16:00 by die Wesbank Alpha Kafee (Rooi kafee). Op Vrydag 20 Julie, kan inwoners hul troeteldiere tussen 10:00 en 16:00 na die Ilingelethu Thusong-sentrum bring. ‘n Vriendelike versoek word aan inwoners gerig om honde aan ‘n halsband en leiband vas te maak en katte in ‘n mandjie of lemoensakkie te bring. Vir meer inligting, bel Marius Vrey by 083 528 7741 of 022-433 8910.

Die natuur maak weer reg om ‘n blommeskouspel te lewer wat nie teleur sal stel nie. Danksy die Darling Veldblommevereniging se 101ste Darling Veldblommeskou, hoef aanhangers nie ver te gaan soek vir die prag wat jaarliks vir kilometers ver toeskouers bekoor nie. Vanjaar se veldblommeskou, wat al vir meer as ‘n eeu besoekers verwelkom, vind weer vanaf 14 tot 16 September by die Gholfklub plaas. Die skou vier ‘n geïntegreerde deel van die

Kaapse Fynbos Koningkryk wat onder meer bestaan uit Renosterveld, Rietveld, Sandveld, en Strandveld waar meer as 1200 blommespesies gevind sal word. Die skou vier 101 jaar se bestaan met die tema wat gaan oor bewaring en die volgende generasie. Die uitstalling sal fokus op die Veldblommevereniging se ontwikkeling deur die 101 jare, asook die Herbarium- projek. Die skou sal weer propvol aktiwiteite en vermaak wees vir jong en oud. Die kaartjies sluit die ingangsfooi tot die uitstalling in die landskapsaal wat die veldblomme in die area in hul natuurlike habitat ten toon stel. ‘n Kuns- en kosmark, ‘n veteran trekker- en motoruitstalling, ‘n vermaaklikheidstent wat regstreekse opvoerings sal bied en veilige parkering. Besoekers kan ook uitsien na ‘n verskeidenheid werkswinkels. Vir meer inligting oor die werkswinkels, kan die vereniging se webblad by www.darlingwildflowers.co.za besoek word. Besoekers kan vanjaar weer deur Darling rondrits met besoeke wat onder meer by die Darling Museum, Evita se Perron, die Duckitt Kwekerye, Darling se Hoofstraat en die Renosterveld Natuurreservaat sal aflê. Ouers sal ook bly wees om te hoor dat kinders ook heel dag besig sal bly met ‘n speelparkarea terwyl ma en pa kan ontspan in die mini wyn –en bier tent. Jou ingangsfooi tot die skou help jaarliks om die bedreigde blommeryk vir die volgende generasies te bewaar. Besoek vanjaar die Darling Veldblommeskou en doen jou deel in die bewaring van die natuur Besoek die Darling Veldblommeskou die Saterdag vanaf 09:00 tot 17:00 en die Sondag vanaf 09:00 tot 15:00. Kaartjies kan reeds aanlyn by www.quicket. co.za gekoop word. Kaartjies vir volwassenes is R60, vir pensioenarisse, R40 (14 September) en vir kinders tussen 2 en 18, R40.

101ste Veldblomskou op Darling om die draai

@diecourant


NUUS • NEWS

11 Julie 2018

•GROEI STEEDS IN GETALLE

Parkdraf vier 1ste jaar op Malmesbury Malmesbury Parkrun vier sy heel eerste verjaarsdag nádat dié internasionale tendens vir die eerste keer op 1 Julie verlede jaar op eie bodem in die Swartland afgeskop het. Die geleentheid is onder meer die afgelope Saterdag met ‘n massiewe koek, omring deur deelnemers by die wegspringplek in Baroccastraat gevier. Malmesbury se Parkrun het in die afgelope jaar vir 55 keer elke Saterdagoggend om 08:00 by ‘Die Bos’ in Baroccastraat weggespring. Tot die reën en ysige temperature het deelnemers en getroue vrywilligers wat hul lyf beampte hou, nie afgesit nie. Altesaam 1955 drawwers en deelnemers het deur die jaar dié 5km kom aandurf, terwyl daar op ‘n gemiddelde basis 172 drawwers weekliks aan die geleentheid deelneem. Die rekordhouer onder vroue is Marisa van der Merwe wat die parkdraf binne ‘n tyd van

21:28 in Februarie vanjaar voltooi het. Hoewel die rekordhouer onder die mans onbekend is, het dié deelnemer weer die 5km binne ‘n tyd van 17:48 gedurende die heel eerste parkdraf verlede jaar klaargemaak. Die rekordhouer onder bejaardes is Sodick van Schalkwyk wat in Maart vanjaar die 5km binne 18:39 minute voltooi het. Volgens Japie de Bruyn van Malmesbury Parkrun, is die parkdraf 'n wonderlike en eenvoudige konsep vir gemeenskapsbou vanaf 'n algemene fiksheidsplatform. Hy het met die begin van die parkdraf verlede jaar gesê, die doel van ‘n parkdraf is om soveel mense as moontlik betrokke te kry, aktief te raak, hul liefde vir hardloop en draf uit te leef en ‘n gemeenskap te bou. Met ‘n geleentheid wat byna 2000 deelnemers in een jaar gesien het, kan Malmesbury se parkdraf spog met ‘n doel waarin geslaag is.

SM bied vakansieprogram

Die departement van ontwikkelingsdienste by die Swartland Munisipaliteit bied eersdaags die volgende vakansieprogramme in die onderskeie dorpe binne die streek aan: Vanaf 9 tot 13 Julie kan belangstellendes vanaf 09:00 tot 13:00 in Broodkraal by Druiwetrossie Kleuterskool bymekaar kom, asook by Koringberg POP Sentrum, die Gene Louw Sportveld op Moorreesburg, die Riebeek Wes POP Sentrum tot 15:00 en die Riebeek Kasteel POP Sentrum en Elkana Kindersorg sentrum op Malmesbury tot 14:00. Op 12 Julie kan belang-

stellendes weer tot 13:30 by die Malmesbury Sinethemba Saamstaan oorkant die Rooiwinkel bymekaar kom. Op 11 en 13 Julie, is daar ‘n vakansieprogram by die Wesbank Sportgronde. Belangstellendes kan verder tot 13 Julie aan vakansieprogramme deelneem wat by Malmesbury Sinethemba Ilingelethu @ Ilingelethu sportveld, Jeriasending op Darling, die Darling Gemeenskapsaal, die sportgronde, biblioteek en gemeenskapsaal op Abbotsdale, die sportgronde op Kalbaskraal, die POP Sentrum op Riverlands en Chatsworth.

Agri-sektor wys sy talente

Die oomblik waarvoor almal gewag het is uiteindelik hier. Ná deeglike beoordeling, het Agri’s Got Talent se span saam met vermaaklikheidspersoonlikheid, Frieda van den Heever, die top tien deelnemers vir die kompetisie bekend gemaak: Hulle is, Tersia Greenwald (Diemersfontein, Wellington), Gert Olivier (Leeuwkop Boerdery, De Doorns), Mariette Slingers (Wildekrans Landgoed, Botrivier), Victor Fredericks (La Plaisante, Wolseley), Chantel Hess (Boomerang Farm, Grabouw) Mariska Jaars (LHB Boerdery, Worcester), Jonren Jansen (Dutoit Vrugte, Ceres), Maxine Barbers (Meerlust Farm, De Doorns), Bredwyn van Wyk (Eselfontein Boerdery, Ceres) en Julia Cupido

(Oakdene, Wellington). Die span van Agri’s got Talent sal deur die loop van die maand die deelnemers besoek ter voorbereiding van die Gala-geleentheid wat op 3 Augustus plaasvind. Die kompetisie word aangebied deur Hortgro, die Vinpro Stigting en die plaaslike departement van landbou, asook SATI. Kaartjies vir die geleentheid is by Computicket of Money Market beskikbaar. Gaan volg gerus hul Facebookblad by: www. facebook.com/agrisgottalent of besoek hul webblad by www.agrisgottalent.com. Vir navrae kan Thea van Zyl by thea@hortgro.co.za of by 021 870 2900 bereik word.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www. diecourant.co.za.

3


4

11 Julie 2018

Willem lê De Waal-grondslag ‘n Jong Willem de Waal (regs) met slegs sy wit oorpak, ‘n skaapskêr, voetbaltokse, spykerskoene én ‘n diploma van die landboukollege Grootfontein in sy sak, tree in No-

vember 1959 vir werk op sy peetpa, George Philip Lochner se plaas Drieheuwels buite Moorreesburg aan. Dit is in die middel van oestyd en hy begin vinnig leer van koring stroop op sy eerste dag. Een ding het hy daardie dag agtergekom. Dit is anders om op die plaas te kom kuier as om op ‘n plaas te werk. Dit is nou byna 59 jaar later en vandag kan De Waal sr. met sekerheid ‘n hele paar wyshede oor die boerdery met die volgende generasies deel. “Om te boer is niks nie, maar om ‘n boer te bly...dit is waaroor dit eintlik gaan.” Sy voorganger en mentor is 13 jaar later nádat hy as 19-jarige op die plaas gekom het oorlede. De Waal sr. word vir ‘n soveelste keer in die diepkant gegooi en hou vir die eerste keer in sy lewe ‘n tjekboek vas. Met ‘n 100% verband op Drieheuwels, twee plase wat intussen op ‘n oortrokke rekening gekoop is en faktore soos boedelbelasting op sy skouers, móét hy dié besigheid maak werk, vertel hy. Hy skop sy boerdery met 50c uit ‘n Rand af. De Waal sr. het genoeg motivering en doelstellings agter die suksesvolle boerdery van vandag.In 1974 volg hy ‘n kursus in plaasbestuur en boerderybeplanning by die Universiteit Stellenbosch onder leiding van prof. Eckart Kassier. Prof Kassier het ‘n vooruitskatting gemaak dat daar slegs 40 000 kommersiële boere oor 35 jaar in Suid-Afrika oor sal wees. Daardie jaar was daar nog 80 000 kommersiële boere in die land. Hy het ‘n eed aan homself afgelê en beloof om een van daardie laaste 40 000 boere te wees en daardie belofte is nagekom. In 2006 word Willem De Waal Boerdery aangewys as Graan SA se graanprodusent van die jaar. Kort daarna besluit hy om die “aflosstokkie” aan sy oudste seun, Philip de Waal wat vandag op die buurplaas, Bossiesvlei bly, oor te gee. De Waal sr. en sy vrou Lena, het vier kinders. Philip, Constant, Lizahn en Anandie. Constant is ook as ‘n vennoot by die boerdery betrokke. De Waal sr. glo dat wanneer die boerdery oorgegee word, alles in plek moet wees. Vir hom is doeltreffende erfopvolging en erflating uiters belangrik. Hy beskryf dit soos ‘n goeie afloswedloop. “Wanneer die atleet die stokkie oorgee, moet hy sy beste uithaal en op ‘n vinnige spoed wees. Dit verseker ’n goeie wedloop en in die geval van boerdery, ’n voortsetting van welvaart. Net soos die wedloop, moet die boerdery momentum behou." Die Locheim-stoetery, wat bestaan uit hoofsaaklik Hereford-, Simmentaler-, Angus- en SA Vleismerino-stoetery, is aansienlik deur Philip uitgebrei en het al vele streeks, nasionale -en internasionale toekennings ingepalm. Afgesien van die plase in die Swartland, Vredeburg en Oudsthoorn, bestaan die boerdery verder uit kommersiële Herefords, SA Vleismerino’s en Dorpers. Op die Swartlandse plase word daar met koring as hoofgewas geboer, asook met lupiene, hawer en korog. Daar is ook uitgebreide aangeplante weidings. Volgens De Waal sr. is ‘n mens slegs ‘n skakel in ‘n ketting soos dié wat jy in die boerdery gebruik. “‘n Ketting breek by sy swakste skakel. Jy moet jou skakel sterk hou en sorg dat dit nie daar breek nie.”

NUUS • NEWS

Nicky Lategan Slagtery vier 20 jaar Vriendelikheid, sindelikheid en kwaliteit is maar net ván die kenmerkende eienskappe wat Nicky Lategan Slagtery op Moorreesburg se deure al vir die afgelope 20 jaar oophou. Die passie wat die Lategans vir die vleisbedryf het, is onmisbaar in die diens wat hulle getrou lewer en in die manier hoe daar in kliënte se behoeftes voorsien word. Alwyn Nicolaas Lategan, stigter en eienaar van Nicky Lategan Slagtery, het dié slaghuis se deure amptelik op 1 Junie 1998 in Langstraat op Moorreesburg oopgemaak. Die liefde vir die bedryf is al van ‘n jong ouderdom gekweek. Hy het as jong man vir sy pa, ook Alwyn Nicolaas Lategan, by ‘n slagtery in die Paarl gewerk. Nicky trou toe met Marinda (neé Hanekom) van Moorreesburg en sluit aan by ’n plaaslike slagtery. Die droom om eendag sy eie slagtery te bedryf, word ‘n realiteit toe ‘n geleentheid hom voordoen. Nicky begin ‘n spasie in die destydse Bokomo-gebou te huur en begin Nicky Lategan Slagtery. Twee jaar later kom die hele gebou op ‘n veiling, waarná hy die nuwe eienaar word. Saam met die slagtery, maak Marinda’s Bakkery sy oplewering wat bekend is vir hul gebakte brode en gekookte maaltye. Daar is vandag ook ‘n koffiewinkel waar die koffie van hul eie koffiebone, The Butchers Beans, gemaak word. Nicky Lategan Slag-

tery se dienste sluit aflewering in en beskik boonop oor kaartfasiliteite. Die slagterye lewer so ver as Vredenburg af. Hulle produkte sluit onder meer top gehalte vleis en Deli-produkte in. Die slagtery is bekend vir sy gewilde Nicky Lategan Boerewors danksy die resep wat van sy pa af kom. Die derde generasie Alwyn Nicolaas, oftewel Nicklaus, is vandag ook aktief betrokke by die familiebesigheid met die vierde generasie, ook Nicky, wat nou nege jaar oud is. Kliënte sal met hul besoek vier aalwyne vind wat by die ingang van die slagtery geplant wat simbolies is tot die vier generasies Alwyn Nicolaas Lategan slagters. Vir die Lategans, is elke dag ‘n plesier omdat hul drome en passie vir die bedryf uitgeleef word. Wanneer ‘n kliënt met ‘n glimlag by die deur uitstap, is dit ‘n bonus, voeg Nicolaas, by. Elke besoek is boonop ‘n ervaring. Wanneer kliënte vir hul vleis wag, word ‘n koffie geniet of ‘n warm middagete. By Nicky Lategan Slagtery, kan kliënte verseker wees van kwaliteit produkte en persoonlike diens. Die besigheid is verder uniek, omdat dié slagtery nog ‘n sifdeur by sy ingang het. Tot die patties word met die hand gedruk.

Foto: Thea en Nicky Lategan, eienaars van die slagtery.


NUUS • NEWS

5

01

SAVE

SAVE

20%

20%

*Buy any 2 of the same or mix n match. Ts & Cs apply.

*Buy any 2 of the same or mix n match. Ts & Cs apply.

*Buy any 2 of the same or mix n match. Ts & Cs apply.

WHEN YOU BUY ANY 2 FRESH FISH OR CRUSTACEANS*

VALID UNTIL 15 JULY

VALID 14 - 15 JULY ONLY

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Excludes I&J and Sea Harvest Boxed Frozen Fish

WHEN YOU BUY ANY 2 BOXES OF I&J OR SEA HARVEST FISH*

WHEN YOU BUY ANY 2 WINES*

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

GIVE A MEAL THIS MANDELA DAY

SAVE

20%

Re

tu

*2

7

dy

11 Julie 2018

13 – 15 JULY 2018

VALID UNTIL 15 JULY

Excludes Fish from the Fresh Fish Counter

Bringing you NEW premium quality pet food Go to your Pick n Pay, buy any of these products, drop them in the collection bin and FoodForward SA will get them to communities in need.

Keeps skin healthy and coat shiny

Aids healthy digestion

With your help, we can provide 250 000 people with a warm meal this Mandela Day, 18 July.

Promotes strong bones and joints Strengthens the immune system

SAVE R24

69

R

ANY 2

50

R

Per kg

SAVE R20

PnP Bulk Stewing Beef

Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 2 Litre

14799

R NEW

For more information, go to www.picknpay.co.za/mandela-day.

Nutriphase Scientifically Formulated Dry Dog Food Assorted 6kg Each

CENTURY CITY CONFERENCE CENTRE

LiebenLogistics

Exclusive to

25 JUNE – 5 AUGUST

CENTURY MALL

DAVEYTON MALL

DIHLABENG

EXPRESS GRAYSTON

BOPHELONG

PLETTENBERG BAY

RAYTON

STANDERTON

GERMISTON

HEMINGWAYS

HYPER BOKSBURG

KILLARNEY MALL

LIBERTY MIDLANDS MALL

MIDRAND

HYPER NORTHGATE

CORNWALL

SPRINGS MALL

THE BRIDGE

VAAL MALL

WESTGATE

OVER

15000

SHOPPERS HAVE ALREADY WON THEIR SHOPPING FREE! Shop online or in-store and stand a chance to win your shopping free. Get automatic entry when you spend R50 or more.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Express Stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 12 - 15 JULY 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za. Some deals may not be available online.

COPPERFIELDSTUDIOS_MMWCHS2374

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK

SAVING TIP: SAVE WATER Clean your grill with half an WATER NOW picknpay.co.za/think-water

onion instead of using water and chemicals.


6

NUUS • NEWS

11 Julie 2018

Moorreesburg se hart klop warm vir die Swartland

Moorreesburg is 'n Swartlandse dorp wat veral bekend is vir sy gasvryheid en natuurlik die jaarlikse Swartland Skou. Met sy tientalle ondernemings, families wat oor generasies strek en vele meer, is hierdie dorp een waarmee rekening gehou moet word. dié courant het 'n bietjie op dié pragdorp gaan kuier.

Alles-in-een by De Stalle wag op besoekers

De Stalle op Moorreesburg, ‘n projek deur DLB Projects (PTY) Ltd wat sowat twee jaar gelede sy deure oopgemaak het, bied ‘n alles-opeen-plek perseel wat ingerig is vir die toeris, sakeman of enigiemand wat ‘n besoek aflê, hetsy dit nou is vir hul hare, wasgoed, die besigtiging van eiendomme of bloot vir die ontspanning. De

Stalle, wat sentraal geleë is, is jou huis weg van die huis, waar jy ‘n gesellige verblyfervaring kan geniet. De Stalle bestaan verder uit ‘n haarsalon, Trendsetters (022-4331680), ‘n koffiewinkel, Le Must Eatery (0827823713), ‘n skoonheidsalon, Bliss Beauty Therapy (0655316553), Jackie Roux&Van Dyk-eiendomme (0824900422) en ‘n

wassery (022 4331680). By De Stalle word daar gestreef om die gaste so tuis as moontlik op die pragtige, skoon dorp te laat voel. Gaan besoek hulle gerus by Langstraat 69 op Moorreesburg of bel hulle vir meer inligting by 0716058236.

Die Moorreesburger, wat verlede jaar Junie sy deure op Moorreesburg oopgemaak het, is die enigste plek in die Swartland wat bestaan uit ‘n restaurant, ‘n bierbrouery en ‘n bakkery. Tot opleiding word by die Moorreesburger aangebied waar hulle tans besig is met die vierde bakkeryprogram van agt weke lank elk. By Moorreesburger kan kliënte ‘n restaurant

met die beste diens, kos, gebak, koffie en boetiekbier ‘on tap’ asook per bottel verwag. Daar is ‘n verskeidenheid gebakte produkte en die mees interessantste foto’s om binne te besigtig daarby. Sien uit na vriendelike personeel waar elke besoek baie goeie waarde vir geld is. Gaan besoek hulle gerus by Hoofstraat 8 of bel hulle vir meer inligting by 022 433 1181.

Soutkloof Gastehuis in die omgewing van Koringberg, wat sy deure amptelik in Augustus 2016 oopgemaak het, is uniek in elke opsig. Die gastehuis is op ‘n werkende plaas waar daar meer kan geleer word oor die boerdery wat onder meer bestaan uit koring, kanola, gars, skape en beeste. En indien jy net gekom het om te ontspan met die stilte wat die platteland bied, is jy op die regte plek. Gaste kan in die natuur gaan stap, jou fiets bring, die verskeidenheid voëlspesie geniet of die sterreprag in die aand bekyk. Gedurende

wintermaande kan kinders in die modderpoele speel, wat altyd ‘n treffer is. Daar is ook ‘n klein sytak van ‘n rivier waar kinders kan vissies of paddavissies vang (met eie visstok of visnet). Die huis beskik ook oor ‘n binnebraai/kaggel wat die woonvertrek baie gesellig maak. Vir meer inligting of om te bespreek, kan die eienaar, Karin by 0825782294 gebel word. Besoek gerus hul webblad by www.soutkloofgastehuis.co.za. Stuur gerus ook ‘n e-pos by admin@soutkloof. co.za.

Anton de Klerk Boutekenaars op Moorreesburg, bied van dag een af tot en met die voltooiing van die betrokke projek professionele, kundige en boonop persoonlike diens aan met meer as 30 jaar se kennis en ervaring van die bedryf. Anton de Klerk is die prinsipaal argitektegnoloog in die besigheid met sy seun Tiaan in opleiding as kandidaat tegnoloog. Die onderneming is amptelik in 1990 deur Anton de Klerk op Moorreesburg geopen en gaan sedertdien van krag tot krag. Kliënte word bygestaan met die verkryging van tenders en kundige raad tydens die bouproses.

Kliënte kan verder professionele en deeglike beplanning en kundigheid verwag waarby hulle sal baat vind met deeglike kennis van die boubedryf en bouregulasies. “Ons weet kliënte se behoeftes en finansiële vermoëns verskil, daarom strewe ons daarna om ten volle aan die individuele kliënt se vereistes en behoeftes te voldoen.” Kliëntetevredenheid verseker dat voormalige kliënte altyd terugkom vir die beplanning van verdere projekte. Die kantoor word vanaf Moorreesstraat 9 op Moorreesburg bedryf en bedien alle areas in ‘n radius van ongeveer 150 km om Moorreesburg.

Bier, bakkery by Moorreesburger

Slaap sag met Soutkloof

Anton de Klerk vir argitektuur Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Wesfed maak 'n verskil

Wesfed Feeds/Voere is progressiewe maatskappy wat verstaan dat elke plaas en boerdery van mekaar verskil. By Wesfed Voere word daarna gestreef om volgehoue en betroubare diens te lewer met produkte wat waarde toevoeg. Wesfed op Moorreesburg se hoof fokus is om hoogstaande diens te

lewer wat optimale produksie en wins vir kliënte sal verseker. “Dit is nie net ‘n visie nie. Dit is wat ons doen.” Wesfed Voere is in Mei 2010 deur Duncan Stephenson van Lionel’s Veterinary Supplies geopen. Besoek hulle vandag nog in Industriële Singel 3348, Moorreesburg of bel hulle by 022 433 4706.

Amazon Agri op Malmesbury met eie-naar Willie du Plessis wat beskik oor implemente- en onderdele kennis en verkoopsondervinding van 28 jaar, bied ‘n volledige produkreeks en diens aan boere regoor die hele Afrika-kontinent. Amazon Agri se dienste sluit die bemarking van heel goedere en onderdele in, werkswinkelfasiliteite en na-verkopedienste. Hoewel hulle op Malmesbury gesetel is, word ‘n landswye diens aangebied. Amazon Agri, bedryf agentskappe

vir Amazone, DBX, Topcon, AR Pumps, Magnojet en Comet. By Amazon Agri word daar gestreef om die beste diens aan elke kliënt te lewer. Professionele diens en persoonlike aandag kan deur kliënte verwag word. Produkte is van top kwaliteit met markverwante pryse. “Elke probleem kry spesialis behandeling.” Vind Amazon Agri in St. Johnsstraat 13 op malmesbury of bel hulle gerus by 0829232585 vir meer inligting.

Amazon Agri gee oplossings


NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES THE DANCE BOUTIQUE Line dances, Social Ballroom & Latin american dance lessons. For info contact Etoschia 0761229972 #4645

-------------------------------------------------

GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843

7

11 Julie 2018

14 Julie. Baie geluk met jou kroonverjaardag ALLEGRA. Mag God jou ryklik seën vir nog vele jare. Baie lief vir jou - Mammie, Daddy, Mitchell, Bruce en Kezia -------------------------------------

Raai wie verjaar op sondag 15 Julie? FLORINA “Florie” THOMAS. Gelukkige verjaardag Ma en en geniet jou dag. Van: Gurtwill en Alfranco -------------------------------------

11 Julie. Veels geluk ELOISE (Wiesie) met jou 12de verjaardag. Lekker verjaar. Van: Mamma Lise en Pappa Michael -------------------------------------

CARLO PIETERS. 10 Julie. 31 jaar. Die Here het jou deurgedra. Ma se yster deur dik en dun. Mag God jou altyd seen – Ma, Rita, Kwak, Fenando, Gino en Shelton -------------------------------------

ERNEST HEINSE. 9 Julie. Baie geluk met jou tiende verjaarsdag. Liefde – jou drie susters, twee broers en jou Pappa -------------------------------------

9 Julie. Geluk met jou versjaarsdag HILTON. Mag die Vader jou nog baie jare spaar. Geniet jou dag. Van: Daddy Manus, tannie Fia, Massiano, Marsie en Veronica -------------------------------------

15 Julie. Baie geluk CARLA & CADEE. Mag Liewe Jesus julle nog vele jare spaar. Baie lief vir julle - Tannie, oom Shaulin, tannie Shireen, Cleo en Leigh -------------------------------------

MARY SIAS.10 jaar gelede skielik van ons af weggeneem. Mis Mê oneindig baie. Van u verlangende seun Andre en gesin. ------------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

#4604

------------------------------------TE KOOP FOR SALE Aloe Unique - 100% natuurlik en bekostigbaar. Aloe Gel - Brandwonde, Vel irritasie ens. Bitter Gel - Tiener Aknee - Groot verskeidenheid Stokvis pakke R50, Snoek. R85. Esme 084 250 2460 ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATION

ELVINA SWARTS. 13 July 2018. You can only be 21 one time.. so make this day only one time birthday, the absolute best say of your life. I want to wish a very happy birthday to my beautiful daughter. I'm proud of the woman you have became. Your are a great daughter and sister. You are not only my daughter, you are my best friend. I hope you have a blessed day baby. I love you with all my heart. Love - your mother Elzaan ---ELWINA SWARTS. 13 Julie. 21 jaar. Baie geluk met jou mondigwording. Ons gebed is vreugde, vrede en voorspoed op jou lewenspad. Geniet jou dag, want jy is altyd spesiaal. Baie liefde – Abrahams-gesin -------------------------------------

SURITA MARAIS. 18 July. It’s your birthday. God’s blessings upon your life cuzzie. Love you a lot. Enioy your day. Love - Cilla, Theo, Courtney, Allegra, Bruce and Mitchell -------------------------------------

MIGAUL. 11 Julie. Baie geluk met jou verjaardag. Baie lief vir jou - Bettie, Nanna, Noenoe, Sally en Sussie -------------------------------------

ELVIRO VAN WYK . Geluk met jou derde verjaarsdag op 09-07-2018. Mag die Here jou nog baie jare spaar my engel . Mammie is baie lief vir jou - mammie Wouna & Sussie -------------------------------------

GURSHWIN SWARTS. Baie geluk met jou mondigwording. Liefde – Swarts familie -------------------------------------

10 Julie. Geluk TAYLOR met jou vierde verjaardag. Lekker verjaar – Ouma Elise en familie -------------------------------------

15 July. JOLIN FORTUIN. Happy third birthday Mommies princess. You bring so much joy and laugher into our house. Enjoy your day – Mommy and Fortuin family -------------------------------------

Kyk wie word vier op 11 Julie. “Happy birthday” MIA. Alles wat mooi is. Liefde – Ma en huisgesin -------------------------------------

Lee-Yakim Kamies. Vandag n jaar gelede is hy aan ons geskenk. Baie geluk met jou 1st verjaarsdag. Van Mammie & Daddy ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

HENDRIK BESTER. 9 Julie. Geluk met jou verjaarsdag met die engele. Verlang nog baie na jou – Ma, broer en Bester-familie -------------------------------------

‘n Jaar dat die Hemelse Vader jou weggeneem het. Jy nou in ‘n tuiste waar rus en vrede is. Ons sal jou nooit vergeet nie. Met liefdevolle herinneringe – Mammie, Neil en Eva -------------------------------------

AMANDA CHERYL JOOSTE nee VAN AARDE. Gebore: 5 November 1961. Oorlede: 5 Julie 2018. Troosdiens: Woensdag, 11 Julie te AGS Kerk, Chatsworth. Begrafnis: Saterdag, 14 Julie 2018 om 08:30 te AGS Kerk, Chatsworth -------------------------------------

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

Bestuurder: Regs- en Kredietbeheer Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V10/18 • Salarisskaal: R345 504 – R448 452 p.j. (T14)

Siviele Ingenieurstegnikus: Openbare Dienste Malmesbury Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V7/18 • Salarisskaal: R345 504 – R448 452 p.j. (T14)

Siviele Ingenieurstegnikus: Handelsdienste Malmesbury Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V8/18 • Salarisskaal: R345 504 – R448 452 p.j. (T14)

Waardeerder (deeltydse 5/8 pos) Malmesbury

Departement van die Direkteur: Ontwikkelingsdienste • Verw: V5/18 • Salarisskaal: R191 783 – R248 955 p.j. (5/8 van T13)

Bou-inspekteur Malmesbury Departement van die Direkteur: Ontwikkelingsdienste • Verw: V6/18 • Salarisskaal: R230 868 – R299 688 p.j. (T11)

Hoofklerk: Regsinsamelings Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V9/18 • Salarisskaal: R154 296 – R200 280 p.j. (T8) Sluitingsdatum: 20 Julie 2018 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za

134215


8

courant 11 Julie 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

11 Julie 2018

2.0 Turbo 4x4 whilst newcomers Julian Calvert and Marius Rudolph in action. to the S5 class, Ismaeel Davids (Rondebosch) and Yusuf Ganief (Surrey Estate), looked threatening in their ex-factory ID Paving 431 CCMCC S5 (S2000) Toyota Run X 4x4 from the start. The eight unpredictable special stages certainly delivered a challenging scenario to the eighteen teams as the recent, welcome, heavy rains had turned perfectly good surfaces into muddy slush whilst the perfect weather conditions on Saturday related to vast number of spectators enjoying a great spectacle at the easy to reach spectator points. The opening stage provided early drama as standing water determined the fate of a number of competitors but after the opening four stage loop it was John Peiser (Plattekloof) and Weston Peiser (Plattekloof) in control with a 52 second advantage over Oswaldo Mendes (Swakopmund) and Craig Gray (Brackenfell). The latter combination amazingly only losing 17 seconds on SS4, completing the entire stage mimodern opposition. As expected Llewellyn Jones (Somerset West) nus brakes! Brakes on three wheels are however not recand Christophé Pichon (Welgemoed) had their sights firmly on a third consecutive victory in their ommended on wet rallies and the team found CEJ Plant Hire 434 CPMCC S5 Subaru Impreza WRX themselves beached on SS5, receiving outside STi 2.0 Turbo 4x4 with Oswaldo Mendes (Swakop- assistance to continue. Though they must be mund) and Craig Gray (Brackenfell) joining the commended for actually admitting to having been battle of the Scoobies in their Skyway / Riverside assisted, returning under Super Rally rules would 129 WBMK / CPMCC S5 Subaru Impreza WRX STi do little to improve their result.

Darling win for Peiser •Patrick Vermaak John and Weston Peiser (father and son) drove the rally of their career to win the first CPMCC Darling Rally in their Speed Pro Cycling Equipment 425 WPMC S5 Subaru Impreza GT 2.0 Turbo 4x4. Driving the very first Subaru to ever rally in South Africa had them realize that nothing short of absolutely flat-out from the start will give them any chance of beating their more

Dürr Bokkies se fisio

Die wêreld se studente sewesrugbyspanne trek vandeesweek op Swakopmund in Namibië saam vir die agtste internasionale universiteite seweskampioenskap. 'n Oudleerling van Hoërskool Swartland op Malmesbury, John-William Dürr (regs agter), sal as die span se fisioterapeut diens doen. Dürr (26) het voorheen as veelsydige agterspeler die Boland op -.13-, 0.16- en 0.18-vlak verteenwoordig en ook vir Maties in die Varsity Beker gespeel.

Rockies gasheer vir internasionale spanne Die Winterporttoernooi vind eersdaags vanaf 12 tot 14 Julie by Hoërskool Swartland plaas. Donderdag 12 Julie se wedstryde skop om 09:00 by HSS-stadion af, terwyl die sporttoernooi reeds op Saterdag 14 Julie om 08:30 begin.

Op 12 Julie speel Schoonspruit Sekondêr om 13:40 teen DF Malan. HSS kom op sy beurt om 18:20 teen Pates Grammar A te staan. Op 14 Julie speel Piketberg Hoërskool om

NUUS • NEWS

12:00 teen Tygerberg. Bellville sal om 13:10 kragte meet teen Hopefield, terwyl Schoonspruit Sekondêr om 15:30 teen Manchester Grammar A speel. HSS se wedstryd teen Labori skop om 16:40 af.

Sportuitslae Sports results

DUIWE Riebeekvallei vanaf Leeu Gamka 1. MJ Hokke; 2. Adams Hokke; 3. Adams Hokke; 4. Adams Hokke; 5. Alex Fam; 6. MJ Hokke; 7. Adams Hokke; 8. MJ Hokke; 9. MJ Hokke; 10. Adams Hokke Malmesbury Posduifklub Leeu Gamka 2 JO 1 PAULUS FAM 1460.0903; 2 JURIE EN RINA STRYDOM 1453.2493; 3 BORDEAUX B 1435.3193; 4 PAULUS FAM 1422.3087; 5 KOTZE FAMILIE HOKKE 1415.2962; 6 JURIE EN RINA STRYDOM 1409.7497; 7 JURIE EN RINA STRYDOM 1409.2340; 8 KOTZE FAMILIE HOKKE 1405.3256; 9 BORDEAUX A 1395.1539; 10 BORDEAUX B 1394.9899; 11 JURIE EN RINA STRYDOM 1391.4201; 12 MARAIS HOKKE (KSD) 1385.1902; 13 LF VAN DALEN 1381.5060; 14 HAYMAN & EDAS 1372.5214; 15 PAULUS FAM 1364.8057; 16 HAYMAN & EDAS 1359.7677; 17 G HORN 1356.1990; 18 LF VAN DALEN 1354.8982; 19 BORDEAUX B 1350.6153; 20 PAULUS FAM 1350.1210 Leeu Gamka 2 OPE 1 MARAIS HOKKE (KSD) 1469.1938; 2 PAULUS FAM 1459.1967; 3 MARAIS HOKKE (KSD) 1433.2584; 4 LF VAN DALEN 1427.3455; 5 JURIE EN RINA STRYDOM 1423.5013; 6 BORDEAUX A 1418.2775; 7 HAYMAN & EDAS 1413.1120; 8 J STEENKAMP 1409.9074; 9 PAULUS FAM 1403.1605; 10 KOTZE FAMILIE HOKKE 1400.2883; 11 MARAIS HOKKE (KSD) 1377.2545; 12 JURIE EN RINA STRYDOM 1369.0704; 13 J STEENKAMP 1364.5226; 14 BORDEAUX A 1364.3690; 15 JURIE EN RINA STRYDOM 1363.1604; 16 J STEENKAMP 1355.8333; 17 BORDEAUX B 1354.4169; 18 D DE VILLIERS 1349.9395; 19 PAULUS FAM 1347.2600; 20 J STEENKAMP 1345.7057 Canoe Marathon European marathon stars Joel Van Bakel and British stalwart Keith Moule have entered as a team for the Berg River Canoe Marathon from 12 to 15 July, adding further spice to the inaugural team competition. Moule finished in the top ten last year despite a hefty thirty minute penalty for swapping out a broken kayak, while Van Bakel racked up a sixth place in 2015 when he raced the four day epic from Paarl to the Eastern seaboard. Moule said the new team racing format was fascinating. "Every race I do, I try to picture the different ways that the race might turn out, thinking of different ways I could beat someone and trying to think how they might look to beat me," said Moule. "With the team format it makes it ten times harder to work out how the race will unfold. "We know who the strong guys are so we will need to work out how we can out-manoeuvre them, or at least one of each pair, on the water. "I have the big guy from Holland looking out for me, I think it will be a lot more fun working together this year, instead of working against each other," he added. The 38 year old from Essex said that the Berg helped plug the gap left in his high volume competition programme after the cancellation of the Westminster Devizes to Westminster race.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
477 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu