courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
4 Julie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 476
4 Julie 2018
Snoek en Patat
Die jaarlikse Snoek- en Patatfees is die naweek op Goedverwacht gehou. Hier is daar heerlik gesmul aan die lekkernye wat die omgewing bied. Die blaasorkes het ook vir vermaak gesorg.
•SNEEU VAL OP BERGPIEKE SORG VIR BIBBERWEER
Skerp styging in damvlakke ná reën WESKUS – Volgens die nuuste damvlaktabel van die kantoor van Anton Bredell, minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, is al die damme en wateropvangsgebiede voller as dieselfde tyd verlede jaar. “Damvlakke in die Wes-Kaap bly steeds toeneem as gevolg van die voortgesette winterreënval. Groot damme in die provinsie het die afgelope week met meer as 5% voller geword. Die Bergrivierdam (waaruit die Weskus ook water kry) het die afgelope sewe dae 159mm reën ontvang, terwyl die Theewaterskloofdam 51mm in die tydperk gehad het.” Die gemiddelde vlak vir damme regoor die Wes-Kaap is 41,5% (2017: 23,6%). Verlede week was die vlak 36,2%. Die damme wat die Stad Kaapstad voed, is nog voller op 48,3% (2017: 24,8%). Bredell sê al die opvangsgebiede vertoon aansienlike verbetering behalwe een – die Gouritzrivieropvanggebied, wat water aan gebiede
in die sentrale Karoo. "Areas in die Karoo, die Kleinkaroo, Boesmanland en Langkloof wag nog op verligting. Op provinsiale vlak moet ons voortgaan om aan waterbeperkings te handhaaf en die vraag na water te verminder." Saldanhbaai se munisipaleraad het vroeër in Julie besluit om sekere Vlak6-waterbeperkings te handhaaf, maar ander te verlaag na Vlak 4. (Sien berig op dié courant se Facebook-blad). Bredell het die publiek gewaarsku om kennis te neem van weerberigte, insluitende verslae van uiters koue en sneeuval oor groot dele van die provinsie. "Provinsiale sowel as munisipale rampbestuursentrums sal ten volle operasioneel wees met beamptes op konstante gereedheidsgrondslag. Hierdie sentrums kan onmiddellik geaktiveer word indien nodig. Weskusser word aangeraai om hul naaste rampbestuursentrum so vinnig as moontlik te kontak indien 'n noodgeval plaasvind. Die mak-
likste nommer om te onthou om in 'n noodgeval te skakel, is 112. Hierdie nommer kan gratis van enige selfoon geroep word. "Ons doen ook 'n beroep op gemeenskappe om met plaaslike owerhede en noodreaksiepersoneel saam te werk in geval van noodgevalle." Damme se statistieke: Theewaterskloofdam - 34,1% vol hierdie week (2017: 19.2%. Verlede week: 29%) Voëlvleidam - 44,6% vol hierdie week (2017: 20.2%. Verlede week: 38%) Bergrivierdam 78% vol hierdie week (2017: 35%. Verlede week: 67%). Clanwilliamdam 67,7%. (2017: 19%. Verlede week: 57,4%) Bergrivieropvanggebied 49% voller, Breërivier-pvanggebied 40%, Gouritzrivieropvanggebied 45%, Olifantsrivier/ Doornrivieropvanggebied 82%. Die Wes-Kaap se damme staan dus gemiddeld op 46% vol.
NUUS • NEWS
2
4 Julie 2018
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
4 Julie 2018
Langebaan se stortingsterrein word verbeter
Bergrivier Munisipaliteit het onlangs 'n vriendelike padblokkade op die N7 (tussen Citrusdal en Piketberg) gehou saam met provinsiale verkeer, die polisie, plaaslike verkeersdepartement, Piketbergtoerisme en Petroport (Piketberg). Terwyl die verkeers- en polisiebeamptes die voertuie gekontroleer het, het raadslede Ray van Rooy en Riaan de Vries, amptenare Mario Wessels en Adam du Plooy, insluitende ander belanghebbendes, ����e oor motorveiligheid en geskenkpakke aan die kinders in die voertuie wat afgetrek is, uitgedeel. Die doel van dié inisiatief is om bewustheid tussen motoriste oor padveiligheid te verhoog en om die Bergrivier Munisipale gebied as 'n "moet sien" toeristebestemming te bevorder. Die munisipaliteit bedank al die deelnemers.
Die Saldanhabaai-munisipaliteit is besig om die stortingsterrein in Langebaan te verbeter en ‘n nuwe oordragstasie te bou. Bouprosesse wat vertraag is, het 'n dramatiese impak op die beskikbare lugruim van die huidige stortingsterrein in Langebaan gehad. Die munisipaliteit het 'n tydelike aksieplan ontwerp om gemeenskapslede en besighede te akkommodeer, wat die stortingsterrein gebruik. Die volgende veranderinge is van pas: • Slegs vragmotors en / of voertuie met laaikapasiteit onder ses (6) ton sal op die Langebaan-stortingsterrein aanvaar word. Voertuie groter as 6 ton moet hul afval ná die Vredenburg-stortingsterrein vervoer en aflaai. • Kleiner besighede en / of gemeenskapslede met 'n laaikapasiteit van minder as 6 ton sal toegelaat word om hul afval op die Langebaan-stortingsterrein af te handel, maar sal nie toegelaat word om meer as drie (3) vragte per dag af te laai nie. • Enige bykomende vragte sal op die Vredenburg-stortingsterrein afgehandel moet word.
Saldanhabaai-munisipaliteit teken WoSA-ooreenkoms met rolselers Agter van links is Abé du Plessis (Saldanhabaai-munisipaliteit), dr JC Stegman (departement van die Wes-Kaapse Premier) en dr Robert Macdonald (Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling); voor is Saldanhabaai-munisipaliteit adjunkburgemeester Venthi Vaughan en dr Beth Engelbrecht (Wes-Kaapse departement van gesondheid).
SALDANHA – Nadat die Saldanhabaai munisipale raad dit goedgekeur het, is die raamwerkdokument vir die Samelewing as Geheel-benadering (Whole of Society Approach) op Woensdag 20 Junie formeel onderteken deur die munisipaliteit, die departement van die Wes-Kaapse premier, die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling en die Wes-Kaapse departement van gesondheid onderteken.
Luidens ‘n persverklaring deur Ethne Julius, munisipale woordvoerder, institusionaliseer die ooreenkoms ‘n samewerkende benadering tot dienslewering wat plaaslike, provinsiale en nasionale regering, staatsinstellings, die privaatsektor en die burgerlike samelewing (naamlik belangegroepe) insluit om 'n gemeenskap se spesifieke behoeftes aan te spreek en sodoende "openbare waarde" te skep in die betrokke gemeenskappe.
3
4
4 Julie 2018
dié courant
Klubrugby in die Weskus is tops
Soos wat die punte op die telborde meer word, so styg die braaivleisvure langs die veld al hoër. Klubrugby aan die Weskus is gesond en die ondersteuners baie. Gaan kyk gerus Saterdagmiddae om elke dorp se veld – Saldanha, Vredenburg, Paternoster, Langebaan, Velddrif en Hopefield. Die afrigters en spanbestuur is elke week getrou op hulle pos en so ook die vrywilligers wat nooddienste lewer. Klein grootoog-seuns kry die kans om die balle te vang en vir die spelers te gooi. ‘n Belangrike taak wat met groot entoesiasme aangepak word. Die spelers speel élke week asof dit hulle laaste wedstryd is. Weeksdae word daar geoefen en beraadslaag. Vroue en kinders kom in die rugbyseisoen maar effens tweede, behalwe diegene wat dié passie ondersteun, hulle sit Saterdae bankvas agter hulle man of kêrel, met mus en serp en flessie warm drinkdingetjie op die pawiljoen. As hul span die doelpale nader, word daar opgespring en geskree en gesing. Die manne word behoorlik óór die doellyn gehelp met pure wilskrag. Daar word koppe en knieë beseer. Soms bloei daar ‘n speler ná ‘n brutale aanslag om die bal. Maar, gooi net so bietjie watertjies, is een omstander se mening, dan staan hulle weer op. As gekyk word na al die pleisters en verbande, is die Grootuitdaagbekerreeks vanjaar net so straf soos altyd, ten spyte of is dit nou as gevolg van die verskuiwings in die liga vanjaar. Weskussers wat nie die wedstryde bywoon nie, mis uit. Dit is ‘n toonbeeld van spanwerk, samewerking en passie vir ‘n sportsoort wat hul baie na aan die hart lê.
Dagboek • Diary Vakansieprogramme/ Holiday Programmes Weekends 6-8 July, 13-14 July: Weskus Mall July Holiday fun: FREE craft classes, colouring in and face paint for the smaller ones, in the Food court from 10:00-15:00 Friday-Saturday, Sunday’s 10:00-14:00 – Weskus Mall on 022 703 6900. Thursday 5 July &12 July: Weskus Mall FREE Cupcake Decoration Class, 14:30 , hosted by Koekedoor finalist Sanet, Food Court, 14:30-15:15. Bookings are essential –Weskus Mall on 022 703 6900. Till Friday 13 July: Winter Holiday Programme at Curro Castle with obstacle course, PJ and Hot Chocolate Day, Creative Days, Games Days, Talent Show, Sports Day, Bake and Create and Movie and Popcorn Day. Long Acres Way, Langebaan – Eddie on 087 285 2131, info.castlelangebaan@curro.co.za
Geleenthede Woensdag 11 Julie: Silwer Vleuels-bejaardeklub, 09:15, Ou Waenhuis, NG Kerk Vredenburg. Saterdag 14 Julie, Bergrivier-winterkarnaval met Franja du Plessis en Ruan Josh by die Riviera Hotel, Velddrif. Friday 20 July: Winter Talent Show, West Coast Vineyard Church, 31 Heuningklipweg, Vredenburg, 18:30, refreshments on sale, R45 for adults, R30 for children under 12, tickets available at door or book, send short audition videos to 073 920 3697, merakistudiowc@gmail. com. Curro Concert celebrating 20 year in existance, HB Thom Theatre, Stellenbosch – book at quicket.co.za Woensdag 25 Julie: Vredenburg Tuinbouklub, maandbyeenkoms – Ansie Loudon 083 284 3941. Dinsdag 30 Julie: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk-moedergemeente, 18:30 – Anna-Marie 084 577 7752, admin@ weskusfotoklub.co.za Donderdag 2 Augustus: Openbare vergadering vir Weskus-distrik oor grondonteiening, Grondwetlike Oorsigkomitee, 11:00-16:00, Citrusdal Thusongsentrum. Saterdag 4 Augustus: NG Kerk Eendekuil se Damesoggend, 09:30-12:30, NG Kerk Eendekuil se saal, praatjies deur Linda Kriel (Kry jou lyf), dr. Barnard (Leefstylsiektes) en Karlien Botha (Polkadot-modereeks), R200, sluit ligte ete en gelukstrekkings in – Elieda Matthee 082 823 3255. Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita Du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.
SPORT Weekliks West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com. Neem deel/ gaan kyk: Saterdag 14 Julie: 57ste Bergrivierkanomarathon eindig in Velddrif vanaf 12:00 – berg.org. za. Freedom Walk (5km) om 09:00 van Carinusbrug na Bokkomlaan in Velddrif. Gratis toegang, gratis medalje – Ross 071 891 6451, ross@ villagefitness.co.za. Velddrif Fun Canoe Ride, Bokkomlaan to Carinus Bridge, 10:00, register from 09:15, starts 10:00 – Belinda 083 264 7202. Saterdag 14 Julie: Hoërskool Vredenburg Pret Gholfdag, R350 vir fooie, versnaperings en pryse – 022 772 2408. Saturday 1 September: Thys du Toit Memorial MTB Challenge, Hopefield, four routes – Willem 082 923 2553. Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za. Saturday 6 October: 24 Hour MTB Challenge, Yzerfontein – 022 451 2202. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na alida@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00.
NUUS • NEWS
Wén Amraal, Dors of Wilhelmina Radebe kom tuis Drie lesers kan elk ‘n getekende weergawe van ‘n Marinda van Wyk-boektreffer wen, deur die antwoord op ‘n eenvoudige vraag onderaand dié berig, te epos na alida@ diecourant.co.za Dors is Van Wyk, wat in Langebaan woon, se derde geskiedkundige roman. Amraal en Wilhelmina Radebe kom tuis is op RSG voorgelees. Bargain Books in Laguna Mall gee een getekende kopie van elke boek weg aan ‘n leser van dié Courant. Daar gaan ook die kans wees om die skrywer in persoon te ontmoet. Die waarde van die prys is altesaam R830. Dors handel oor die tweede Dorslandtrek in 1876 toe verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Marikoriviere na Damaraland getrek het. Amraal speel af in die laat 18de en vroeë 19de eeu, spesifiek die geskiedenis van die groepe wat met mekaar kontak gemaak het noord van die Garieprivier buite die grense van die destydse kolonie, wat vandag as Namibië bekend staan. Wilhelmina Radebe kom tuis is gebaseer op navorsing (1987–1993) wat Marinda van Zyl vir haar PhD-proefskrif, “Swart verstedeliking in
Vereeniging, 1923–1960”, gedoen het. In watter dorp in Namibië is die skrywer Marinda van Wyk gebore? Sien berig in verlede week se dié Courant Weskus of lees berig op dié Courant se Facebook-blad. Die kompetisie sluit Sondag 8 Julie om middernag.
Verlate boom word Weskus-fotowenner
VREDENBURG – Merryl Botes is die Juniemaand wenner van die Weskus Fotografiese Stigting met haar foto, Past Tense. Die tema van die maand was “verlate” (Abandoned). Die beoordelaar was Le Roux Malan van die Kaap. Oor Botes se foto het hy gesê: Dit is 'n absoluut goeie foto. Alles werk - die kleur is goed, die gevoel is goed en daar is goeie balans. Botes kry 27 punte, waarmee sy ‘n sertifikaat
van verdienste verwerf. As jy jou foto’s wil laat opweeg en meer wil leer oor fotografie, word ‘n lid van die Weskus-fotografiestigting. Die volgende byeenkoms is Dinsdag 30 Julie om 18:30 in die Ou Stalle agter die NG Kerk Vredenburg-moedergemeente. Bel Anna-Marie Muller by 084 577 7752 of stuur ‘n epos na admin@weskusfotoklub.co.za.
NUUS • NEWS
4 Julie 2018
Clan������� wer Show celebrates 350 species “It’s a new design and a new way of portraying the landscape in the church. We celebrate return after the terrible drought we’ve been experiencing,” explains Daleen Schoombee, vice-chairman of the Clanwilliam Field Flower Association. The Clanwilliam Wildflower Show will take place from Friday, 24 August to Sunday, 2 September. With the welcoming rain over the area over the last few weeks, the natural wildflowers in the Cederberg region and surrounding areas are busy waking up in a brightly coloured feast for the eyes. The term “awakening” also refers to this year’s theme for the Clanwilliam Wildflower Show. Last year the Cederberg and Matzikama region had extremely low rainfall, leading to the cancellation of the Clanwilliam Wildflower Show, which normally takes place annually in the Flower Church. This cancellation was a tragic loss
to flower lovers, but this year the show is back in full glory. Nearly 350 plant species, all from the Clanwilliam district, will be exhibited in the Flower Church during this show. The designers of the show each have the opportunity to build their own unique flower exhibition. These flower exhibitions create a man-made landscape that will give visitors the opportunity to see flowers and other plants that are usually only found in remote areas. Due to the good rain season this region has had so far, the show designers will have no limitation in the design in their exhibitions. “Wildflowers are already showing up across the region after the drought that lasted for three years,” says Rika du Plessis, Cape Nature conservation manager of the Cederberg region. It looks like this year will be a very good flower year, but we still advise everyone to use water sparingly
because the drought has not yet been fully broken. Follow-up rain is still needed to carry the field through the warm summer months. Du Plessis explains how she sums up the drought with the sudden rain: “The mountains are almost like a mattress on which you pour a cup of water - when you pour water quickly, the water runs down and it takes a lot of cups to fill the mattress with water. The mountains can thus be compared with the mattress. If it rains too fast, the water will simply run away and take a lot longer to replenish underground water resources. Snow melts slowly, so I hope it will be snowing on the Cederberg mountains this winter,” says du Plessis. The rain is something for which the whole region is extremely grateful. Emerald green and clean-washed trees can be seen after the rain. The field is inspired by new life and green grass and buds are showing up left and right. “How-
RIEBEEK-KASTEEL and RIEBEEK WES – An exciting new addition to this year’s Solo Studios, an annual upmarket art event from Thursday to Sunday, 9-12 August, is the chance to meet Jacques Pauw, the writer of “The President’s Keeper”. The meeting will take place at The Red Tin Roof, the very place where he wrote the book and which made headlines after being raided by the Directorate for Priority Crime Investigation (the Hawks). “Since the creation of the arts festivals like Aardklop and the Klein Karoo Nasionale Kunstefees, an estimated six hundred festivals have sprung up around the country,” says Klaus Piprek, originator and organiser of the third Solo Studios. “Solo Studios has introduced art tourism to the valley, and we have witnessed great economic injection into our community over this period, with the 2017 event bringing in approximately R4 million to the local businesses, residents and participating artists.”
Piprek says that the inaugural year of Solo Studios brought in 350 weekend visitors, the second year 650 visitors came and it is expected that tickets will sell fast for this year’s limited numbers event. “Art Encounters” is participating Solo Studio artists opening their private homes and studios to a limited number of visitors over the weekend. They are Tamlin Blake, Claudia Gurwitz, Jenny Parsons, Antoinette von Saurma, Leila Fanner, Ivan Kirstein, Louisa Gerryts, Gordon Williams, Solly Smook, Andre van Vuuren, Tanya Majo, Riaan van Zyl, Raymond Oberholzer, Greta McMahon, Wiehan de Jager and Emma Willemse. This provides a rare opportunity for art collectors – from beginners to the very seasoned - to visit artists in their studios to view and purchase their art straight off the easel. Wine Wine-lovers can attend “The Art of Wine”, curated by Joseph Tongai Dhafana, one of South Africa’s leading sommeliers, in a collaboration
between the Solo Studios artists and a local boutique wine producer. Dhafana and winemaker Stompie Meyer collaborating to hold talks and host tastings over the course of the Solo Studios weekend. Limited edition box sets of curated wines will be available to purchase, with the labels having been specially designed by the Solo Studios artists. Music “’The Solo Sessions’ will see a select group of local musicians entertaining visitors throughout the weekend with ad-hoc performances and “jam-sessions”. Group exhibitions Galleries, pop-up group exhibitions and cultural collaborations open for the entire weekend are RK Contemporary, The Gallery, The Royal Gallery, The Collaborate and Pictorex Print Studio. For more information visit www.solostudios. co.za or contact Klaus Piprek on 074 209 6838, or email klaus@solostudios.co.za.
Meet the writer of “The President’s Keeper” at Solo Studios art event
5
ever, with July and August also traditionally rainy months, more rain is in the weather forecast,” explains du Plessis. Tickets for the show can be purchased at the door at only R50 for adults and R10 for children. Visitors can visit this flower exhibit daily between 08:30 and 18:00. The show is also known for the wide range of stalls selling delicious snacks and also handmade products. All flower lovers are invited to pop in at the Flower Church in 41 Main Street in Clanwilliam. It’s going to be an awesome experience. Keep up to date with the latest Clanwilliam Veldblom News news on Facebook (https:// www.facebook.com/ClanwilliamWildflowerFestival), Twitter (https://twitter.com/Wildflowershow) and Instagram (https: //www.instagram. com/ clanwilliamflowershow). Also visit our website at www.clanwilliamwildflowershow. co.za/ to read more.
6
4 Julie 2018
Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garciaizelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Patersonads@diecourant.co.za
Bemarkers: Desiré Kriel desire@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws - accounts@diecourant.co.za
Joernalis: Alida Bucklealida@diecourant.co.za
Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
Kom beleef ‘n praatjie oor stoom en stoomtreine
LANGEBAANWEG – Stefan Andrzejewski, operasionele bestuurder van die Ceres Rail Company kom praat oor stoomtreine by die Weskus Fossielpark se volgende aandpraatjie in hul blinknuwe besoekersentrum op Donderdag 12 Julie. Hy gaan gesels oor die Union Limited wat in 2003 gesluit is, die laaste stoomtrein wat in die Kaapse omgewing gewerk het. Die Outeniqua Choo Choo hou ook op loop as gevolg van 'n grondverskuiwing. Vyftien jaar later lyk die prentjie beter en Andrzejewski gaan luisteraars neem deur die herbou van Heritage Rail in Kaapstad en verduidelik hoe die toekoms lyk. Kom geniet ‘n sjerrie en aandete saam met stories, lag en gesels. Dit begin om 18:00 vir 18:30. Om net die praatjie by te woon kos R45, saam met aandete is dit R80. Bespreek by Nadia of Wendy by 022 766 1606 of epos na edu@fossilpark.org.za
Come and talk about steam and steam trains LANGEBAAN ROAD - Stefan Andrzejewski talks about steam trains at the West Coast Fossi Park next weekend in their brand new visitor center on Thursday, 12 July. He talks about the Union Limited, which was closed in 2003, the last steam train that worked in the Cape. The Outeniqua Choo Choo is also running because of a landslide. Fifteen years later, the picture looks better and Andrzejewski
will take listeners by rebuilding Heritage Rail in Cape Town and explaining what the future looks like. Come enjoy a sherry and dinner with stories, laugh and chat. It starts at 18:00 for 18:30. Just to attend the talk costs R45, with dinner it is R80. Book at Nadia or Wendy at 022 766 1606 or email to edu@fossilpark.org.za
Bel Chrizaan vir klein, kleiner en geklassifiseerde advertensies Chrizaan Witbooi (43) is al drie jaar deel van dié courant-span as ontvangsdame. Sy werk met adverteerders wat kleiner wil adverteer, soos diensadvertensies en geklassifiseerde advertensies. “Ek is mal oor die interaksie met mense en sien myself nogal as ‘n mense-mens. Ek het die voorreg om ‘n drukkie te gee as mense ‘n sterfgeval gehad het of om net met die oom of tannie ‘n woord te spreek wat die dag iets op die hart het.”” Chrizaan is baie opgewonde oor die promosie waarin die eerste 15 woorde van gelukwensings (verjaardae, huweliksherdenkings, ens.) asook In Memoriums of sterfgevalle gratis is.
Bykomende woorde kos ‘n ietsie én die ruimte vir gratis advertensies is beperk. Sy werk met al vier uitgawes van dié Courant – Weskus, Malmesbury, Bergrivier en Wellington. Geklassifiseerder advertensies van 1-15 woorde, om byvoorbeeld van ‘n wit olifant ontslae te raak of ‘n huis te verhuur is sowat R70. Elke bykomende woord kos R4. Chrizaan is gebore en getoë in Malmesbury en mal oor kosmaak saam met haar seuns, Tristan (16) en Keagan (13). In haar vrye tyd lees sy en is sy baie betrokke by kinderbedieningsaktiwiteite by haar kerk. Spertye vir gewone geklassifiseerde advertensies is Dinsdag 12:00. Bel haar by 022 487 3221 of epos na reception@diecourant.co.za
Laat "kleintjies" vir jou werk
NUUS • NEWS
4 Julie 2018
Kaasmaker deel haar kennis met aspirant kaasmakers
Donna Dawson, Alta Nel en Janice Rabie Rehder klink gooi saam die wei af. Alida Buckle VREDENBURG – Bekende Weskus-kaasmaker Alta Nel van Nieuwe Rust/Trekoskraal, het in die eerste van ‘n reeks kaasmaakklasse, die kuns van Feta, Camembert en Ricotta-maak gedeel. Vir die vroue wat by die eerste klas op Woensdag 27 Junie aangemeld het, was dit ‘n heerlike dag van leer en verwondering. Tussendeur staaltjies en gesels, is daar eerstehands geleer hoeveel druppels en kaaskultuur versigtig by die melk vir die verskillende kaassoorte gegooi moet word. Dit moet versigting ingevou word, nie ingeroer nie. Die wagtye tussenin om die bakterieë en ensieme kans te gee om die melk te laat verdik, het verbygevlieg met Alta wat vrae antwoord en die vroue wat land en sand gesels. Meestal oor kaas, maar ook oor hul lewens. Alta is ‘n goeie luisteraar. Haar passie vir als met kaas te make én die disse wat by elkeen pas, het die vroue aan haar lippe laat hang. Die Feta en Camembert is hierna in die melkemmer in blokke gesny en daar is geesdriftig meegedoen. Ná nog ‘n uur kon die Feta en Camembert in hul gaatjiehouers geskep word, sodat die wei (water wat uit die kaaswordende dikmelk dreineer) kan uitloop. Ricotta word van wei gemaak en Alta het dit vinnig-vinnig gedemonstreer. Die kaas-“wolke” wat bo-op die kokende wei vorm is die Ricotta, wat dan vinnig afgeskep word. Daar kom natuurlik
so ietsie by om die proses aan te help. Intussen word die laaste “dikmelk” in die houers gesit, wat ná nog ‘n uur omgedraai word. Die leersessie is vergesel met ’n dekadende bord met verskillende soorte kaas, salami’s, droë wors, chirizo, olywe, neute en tamaties. Elkeen het by sy stukkie Camembert ook ‘n ingelegde versuikerde vy gekry. Die sousie was so lekker dat dit naderhand lekker geproe het saam met al die kaas of dit nou Cheddar, Pyrénées, Gouda, Manchego, Chaumes, tjillie Lapna, speserye Lapna of Badenkaas was. Voorwaar ‘n lekker bederf saam met ‘n glas goeie rooiwyn. Beslis die klasgeld werd. Daarna is die Feta en Camembert in die houertjies omgedraai. Op haar rustige manier het Alta al die fynere kunsies van Feta en Camembert oorgedra. Dat ‘n oorroerdery dit al droër maak en dat die sny daarvan baie presies gedoen moet word. Alta het al preserveermiddels probeer, maar verkies om dit nie in haar kase te gebruik nie, omdat dit die smaak beïnvloed. Daar is nog ‘n laaste keer omgedraai, voordat die klas ten einde geloop het, maar nie sonder beloftes om die volgende klas, vandeesweek, oor Gouda ook by te woon nie. En dan wil almal kom proe aan die Feta en Camembert wat hulle self gemaak het. Donna Dawson, ‘n seiljagvaarder, sit partykeer op die oseaan met’n lus vir kaas, waarop Alta haar van vinnige varskaas vertel het. Hier is die resep:
Alta se Vinnige Varskaas Bestanddele Melk Suurlemoensap/joghurt/sitroensuur Metode Gooi melk in ‘n kastrol en verhit tot prut. Haal van die hitte af en voeg ‘n bietjie suurlemoensap/joghurt/sitroensuur by. Bedek die melk en laat dit vir 20 minute staan. Sif dit deur ‘n kaasdoek of iets dergliks, vang die “dikmelk”
op, hang dit op en laat dreineer oor ‘n wasbak. Maak die doek oop as genoeg dreineer het en gooi sout en of speserye na smaak by. Dié sagte Varskaas kan in bolletjies of rolletjies gerol word, gemeng met speserye of gerol in geroosterde amandels. Dit moet so gou as moontlik geëet word. Bel Alta by 022 715 3096 as jy haar volgende kaasklas wil kom bywoon.
7
8
courant
NUUS • NEWS
dié
4 Julie 2018
Tel: 022 487 3221
SPORT
4 Julie 2018
•STOF, SAND EN KLIPPE SPAT IN JAARLIKSE WEDREN
Tydrenkampioenskap: Rondte 4 vind plaas op Darling dié naweek DARLING – Die tweede oudste motorklub in Suid-Afrika, die Kaapse Skiereiland-motorfietsklub (CPMCC), bied die vierde rondte in die 2018 Wes-Kaapse tydrenkampioenskap aan op Saterdag 7 Julie by die buiteklub (Country Club). Volgens woordvoerder Patrick Vermaak gaan die swaar reënweer dit 'n ware toets van mens en masjien se uithouvermoë wees. Die reeks sluit dag- en nagtoestande in asook nat en droë toestande, gruis en asfaltoestande, warm en koue toestande. Op Darling gaan vier verskillende individuele stadiums geld, wat herhaal word om dit die geleentheid met die langste spesiale stadiumsafstand van die seisoen te gee. Die Kaapse Skiereiland Motorfietsklub is in 1910 gestig (motors was toe nog 'n nuwigheid) en het in 1920 die Kaapse Skiereilandse Motorfiets- en Motorklub geword. Dit is amptelik die oudste motorklub in die Wes-Kaap en die tweede oudste in Suid-Afrika. Hul eerste honderdmyl tydren tussen 160 lede is op 5 Augustus 1912 gehou teen ‘n gemiddelde spoed van 16 myl per uur. Verdedigende kampioene in die Wes-Kaap, Ettiene du Toit en Patrick Vermaak, sal teenwoordig wees in die S3-klas in ‘n Toyota Corolla RXi 1.6. Die swaar reënneerslae behoort egter die kragtiger 4x4-inskrywings ten opsigte van trekkrag en krag te bevoordeel, aangesien die nat oppervlak die krag van die minder aangedrewe 1.6 voorwielaangedrewe motors tap. Nog gedugte deelnemers is pa en seun, John en Weston Peiser, in ‘n S5-klas Subaru Impreza GT 4x4 Turbo 2.0 en Swakopmund-gebaseerde sakeman, Oswaldo Mendes en Kesevan Naidoo in hul S5-klas Subaru Impreza WRX STi 4x4 Turbo 2.0. Daar moet ook uitgekyk word vir Llewellyn Jones en Christophé Pichon in hul S5-klas Subaru Impreza WRX STi 4x4 Turbo 2.0, wat die REACT Night Rally Swartland en die Ceres Toyota Rally gewen het. Ismaeel Davids en Yusuf Ganief in hul S3-klas Toyota Corolla RXi 1.6 wil weer hul tempo verbeter. Andy Haigh-Smith en Tania Vermaak in ‘n Mitsubishi Lancer GT1600 is met 47 punte net
drie agter die voorste duo. Tariq Khatib en Faiz Idas se S2-klas VW Golf MkI 1.6 se konsekwentheid sal later in die seisoen dividende betaal. John en Derick Clift, 'n ander pa en seun kombinasie, in ‘n S4-klas Toyota Hilux 2.0 is nog ‘n wenspan om dop te hou. Kyk ook uit vir Julian Calvert en Marius Rudolph in Lulu, ‘n S3-klas VW Golf MkII GTi 2.0 8v. Hulle
deel tans die agtste plek algeheel met 25 punte met Paul Emmanuel en Michelle Taylor in hul S4-klas VW Polo 2.0 16v. Keenan Sassman en Clint Lingeveldt het beslis meer potensiaal as hul huidige tiende posisie in hul S3-klas Toyota Corolla RXi 1.6i. Riyaan Amlay en Ibraheem Amlay in hul S3-klas Toyota Corolla RXi 1,6 moet ligloop vir Darren van Greunen en Quinton Swarts van
Langebaan in hul S3-klas Toyota Run X 1.6i. Die Darling-tydren begin en eindig by die buiteklub. Besoek www.wbmk.co.za of bel Vermaak by 083 701 8116. Foto: Andy Haigh-Smith en Tania Vermaak in aksie in hul Mitsubishi Lancer GT1600.
Alida Buckle LANGEBAAN – Bloot omdat Vredenburg-rugbyklub hulle op hul tuisveld kom aandurf het, is voorspel, sou Langebaan dié keer as oorwinnaar uit die stryd tree. En hulle het. Langebaan wen Vredenburg met een punt, 20-19. Dit is Vreden-
burg se derde loesing vir die seisoen. Davie Lawrence van Boland Klubrugby op Facebook het in sy weeklikse vooruitskouing voorspel dat Langebaan hulle nie gaan laat klop op hulle eie turf nie. Die res van die naweek se wedstryde het re-
delik volgens verwagting verloop, maar die groot puntevoorspronge was onverwags. Saldanhabaai, die enigste onoorwonne span in die Grootuitdaagbekerreeks oor, wen Hopefield op hul eie veld, 36-13. St Helenabaai, wat derde op die punteleer
staan (nie-amptelik), wen Velddrif 43-31. Paternoster kom weer op die wenpad deur Mamre 50-26 te wen. Die komende Saterdag 7 Julie speel net Vredenburg teen Saldanha op die Vredenburg-rugbyveld.
Voorspelling word waar, Langebaan klop Vredenburg