Skip to main content

476 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

4 Julie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 476

4 Julie 2018

•GROET NA 36 JAAR BY BERGRIVIER HOËRSKOOL

Geliefde onnie roep skoolbanke vaarwel •Jaomi Zeeman Sonia le Cordeur is al vir meer as drie en ‘n half dekades deel van Bergrivier Hoërskool se mooi stories en suksesverhale. Vir 36 jaar lank het sy as onderwyseres by hierdie plaaslike skool talle jongmense se lewens help vorm en hul op die pad na hul toekomsdrome begelei. Haar ryke onderwysloopbaan het egter aan die einde van die tweede kwartaal tot ‘n einde gekom toe sy uit diens van die WKOD getree het. Sonia het in 1981 saam met haar man, Michael, by Bergrivier Hoërskool begin werk en sy was die afgelope 36 jaar ononderbroke in diens van die skool. Sy het aanvanklik as ‘n naaldwerkjuffrou begin, maar later Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal van graad 8 tot 12 onderrig. Sonia het onlangs ‘n eretoekenning van die WKOD ontvang vir uitnemende prestasie toe haar matriekklas ‘n 100% slaagsyfer in Afrikaans Eerste Addisionele Taal behaal het. Bergrivier Hoërskool het tydens ‘n spoggeleentheid by die Boschenmeer Landgoed op gepaste wyse van hierdie staatmaker in hul midde afskeid geneem. Tydens die afskeid het die skoolhoof, mnr. Gordon Julies, wat ook 36 jaar gelede saam met Sonia by die skool begin het, aan haar hulde gebring. “Haar klas het altyd die beste gevaar van al die klasse. Sy het vir die 36 jaar wat sy by die skool betrokke was nie een enkele reël oortree nie,” het hy gesê.

Sonia het op haar beurt in haar afskeidstoespraak genoem dat sy die laaste tyd begin agterkom het dat die leerders vir wie sy oor die jare skoolgehou het, se kinders al by haar in die klas sit. “Dit is toe dat ek besef het dat ek miskien moet halt roep,” het sy laggend gesê. Gordon Julies, wat net soos Sonia ook ‘n oud-leerder van Paulus Joubert Sekondêre Skool is, tree die einde van die jaar af. Sonia se man, prof. Michael le Cordeur, ‘n oud-leerder en -onderwyser van Bergrivier Hoërskool, het intussen aanbeweeg en is tans in diens van die Universiteit Stellenbosch as hoof van die Departement

Miriam en Vicky stap die pad saam vir afgelope 40 jaar

Hertog van Wellington spog met splinternuwe naam

Kurrikulumstudie. Sonia en haar man het besluit om terug te ploeg in Bergrivier Hoërskool deur middel van twee pryse wat hul jaarliks aan leerders skenk, naamlik die Michael le Cordeur-prys vir Afrikaans Huistaal en die Sonia le Cordeur-prys vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Alhoewel Sonia nie meer soggens in die personeelkamer van Bergrivier Hoërskool sal aanmeld nie, beplan sy allermins om nou net te gaan stilsit. “Ek gaan beslis nie stilsit by die huis nie en beplan nog baie aktiwiteite saam met my ou skool,” sê sy.

Lotze-tweeling sorg dat Wellington dubbel-veilig bly

NUUS • NEWS


2

4 Julie 2018

NUUS • NEWS

Die Hertog van Wellington in nuwe naam vereer Die herkoms van ons dorp se naam is onlangs deur Wellington Wyne as inspirasie by die keuse van ‘n gepaste naam vir hul wynreeks gebruik. Die eertydse “Hertog van Wellington” sal nou vir altyd ‘n ereplek in die vlagskip-wynreeks van dié kelder se “Duke”-wyne hê. Die nuwe naam is tydens ‘n gesellige geleentheid op Donderdag 21 Junie by Wellington Wyne se Bovlei-proelokaal bekendgestel. Xania van der Merwe, Wellington Wyne se bemarkingsbestuurder, het die motivering agter die naam van die Duke-reeks verduidelik. “Die profiel van die deursnit wynverbruiker het oor die laaste paar jaar verander en ons Duke wyne spreek tot ‘n groter deel van die mark. "Dit is meer verbruikersvriendelik aangesien

elke wyn genommer is. "Mense hoef dus nie meer geïntimideer te voel deur ‘n wyn se naam nie. "Alhoewel dit steeds op die etiket verskyn, sal die bestelling van byvoorbeeld ‘n ‘nommer 5’ in ‘n restaurant of op ‘n inkopielysie dinge vir wynverbruikers makliker maak,” het sy verduidelik. Die Duke-wyne is elk saam met gepaste kos aan die gaste voorgesit en almal kon saamkuier terwyl hul aan die nuwe wynreeks teug.

Drakenstein heet eie Mej. Suid-Afrika welkom Die nuwe Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, is op Saterdagaand 16 Junie deur Drakenstein in haar tuisdorp welkom geheet. Hierdie spoggerige geleentheid, wat in die Paarlse Stadsaal plaasgevind het, is deur talle eregaste, plaaslike regeringsamptenare, sowel as Tamaryn se uitgebreide familie, vriende en oud-onderwysers bygewoon. Die Stadsaal is vir hierdie deftige okkasie in ‘n sprokieswêreld omtower en die gaste het reeds vroegaand die Springbokke se rugbywedstryd vir die rooi tapyt verruil. Amy Jones, ook ‘n plaaslike ster wat al as ‘n Idols-finalis en solo-sanger naam gemaak het, het saam met ander plaaslike kunstenaars vir vermaak gesorg. Die Provinsiale Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Anroux Marais, het tydens haar toespraak vir Tamaryn geluk gewens met haar ongelooflike prestasie en die voorbeeld wat sy vir die jeug van die land, die provinsie, maar ook haar in plaaslike munisipaliteit stel. “Dit is heel gepas dat ons vandag, op Nasionale Jeugdag, vir Tamaryn op plaaslike turf gelukwens. Dit is ‘n mylpaal-prestasie en ons vier beide ons jeug én wat Tamaryn bereik het. Sy het die Wes-Kaap se naam en Drakenstein se naam hoog gehou met wat sy vermag het. Tamaryn, jy is ‘n baken van hoop vir ons jeug. Om hindernisse te oorkom is ‘n daaglikse werklikheid vir baie jongmense. Ons erken jou invloedryke vermoëns, jou menslike meelewing en jou inspirerende kwaliteite. Jy gaan dit alles gebruik, terwyl jy ons nasie op die internasionale podium sal verteenwoordig,” het sy gesê. Die Uitvoerende Burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit, Conrad Poole, kon sy trots beswaarlik wegsteek toe hy Tamaryn gelukgewens het. “Ek is na aan trane - julle sal nie weet hoe ek voel nie,” het hy gesê.

“Ek wil hulde bring aan hierdie plaaslike meisie, ons nooi wat die hele land na hul asems laat snak het. Sy is nie net van Drakenstein nie, sy is ‘n ster, ‘n baken van hoop. Sy is soveel meer as bloot net skoonheid - sy gaan ‘n verskil in die land en die wêreld maak. Sy is bewys dat daar iets goeds uit enige gemeenskap kan kom. Deur jouself te wees en deur hard te werk kán drome waar word,” het hy gesê. Tamaryn het tussen die driegangmaaltyd deur tussen die tafels beweeg en al die gaste gegroet en vir foto’s saam met haar aanhangers, familie en vriende geposeer. Tydens haar toespraak, wat sy sonder enige notas en uit die hart gelewer het, het sy almal in die Drakenstein-gemeenskap vir hul ondersteuning bedank en haar visie vir die jaar met die gaste gedeel. “Dit maak my ontsettend gelukkig om voor my eie mense te kan staan. Ek wil my familie, vriende en die hele gemeenskap bedank vir elkeen se ondersteuning en geloof in my. Hierdie is nie net my prestasie nie, dit my hele familie en gemeenskap s’n, want dis hiér waar ek geword het wat ek vandag is,” het sy gesê. “Ek wil graag die jeug van my gemeenskap, maar ook die land, verteenwoordig. Ek verteenwoordig egter nie spesifiek dié wat altyd raakgesien word en reeds presteer nie, maar juis dié wat in die agtergrond is. Die idee aan wat vir my voorlê en die verantwoordelikheid daarvan is vir my oorweldigend. Dit is egter meer as ‘n kompetisie - dis ‘n roeping. Ek sal graag ‘n boodskap aan die jeug wil oordra dat hulle moet droom, geleenthede moet aangryp en iets doen vir ‘n beter toekoms,” het sy aangedaan gesê. “Dit is ‘n besige tyd wat vir my voorlê. En al sal ek nie so baie tyd in my plaaslike gemeenskap kan deurbring nie, sal my hart altyd hier wees,” het sy afgesluit.


NUUS • NEWS

3

4 Julie 2018

• "BART VAN 7DE LAAN, ÉK HET HOM HELP GROOTMAAK"

Vicky en Miriam stap die pad al 40 jaar gens haar reeds sedert sy kinderjare ‘n anderste benadering tot die lewe gehad het. “Neil moes altyd vir ‘n 'lift' kleuterskool toe voor die deur wag. "Die een dag tot ek weer kyk, is hy weg,” vertel sy. “Hy het toe sommer besluit om self skool toe te stap en so ‘n ent weg besef dat dit baie ver is. "Ek het ‘n oproep by die skool waar ek destyds skoolgehou het ontvang om te sê dat Neil by mense se huis aangeklop het en dat ek hom daar moes gaan haal. "Dit was sommer die eerste die beste huis en mense wat hy glad nie geken het nie,” vertel Vicky die storie verder. “Vandag is ek baie trots op Neil. "Ek sê altyd vir die mense Bart van 7de Laan, ék het hom help grootmaak,” sê Miriam. Miriam het ook een dogter wat sy na Vicky vernoem het. “Klein Vicky” woon nou in Klerksdorp. Volgens Miriam was dit vir haar ‘n voor-die-hand-liggende keuse om saam met Vicky Wellington toe te trek. “Ek kon kies of ek wou saamkom. Maar wat sou ek nou op my eie daar in Rustenburg maak? "Ek sou tog nie by iemand anders kon begin werk nie. Ek en Vicky ken en verstaan mekaar. "Miskien sal ek eendag, as ek nie meer kan werk nie, teruggaan,” sê sy. “Ek hou ook baie van die berge en die druiwelande. "En ek het klaar vriende hier gemaak,” borduur sy voort op die lekkerte van haar nuwe tuiste. Vicky en Miriam het ook veel meer as veertig jaar se gedeelde herinneringe in gemeen. Hulle het altwee ‘n kreatiewe, kunssinnige streep wat hulle hier in hul nuwe tuiste met oorgawe kan uitleef. Buiten haar gereelde pilates-klasse, skilder en lees Vicky graag en sy werskaf elke dag in haar nuwe tuin. Miriam kook vir hulle en doen die mooiste naaldwerk, breiwerk, borduurwerk en hekel-

werk. Op Vicky se aandrang wys sy trots ‘n paar netjiese items wat sy gemaak het. “Neil het so ‘n lappie wat Miriam vir hom gemaak het wat hy oral waar hy in die wêreld gaan, met hom saamneem,” sê Vicky. Miriam en Vicky moes al dinge soos die dood van Miriam se seun en Vicky se egskeiding saam deurleef.

Op ‘n vraag of hulle mekaar as susters of vriendinne beskou, antwoord Miriam eerste. “Ons is meer soos vriendinne. "Ons weet alles van mekaar af en ons verstaan mekaar,” sê sy. “Ons het mekaar al op ons beste en op ons slegste gesien en baie dinge saam beleef. "Ons stap die pad saam. "Ons is beste vriendinne,” voeg Vicky by. MMNTHS6749

•Jaomi Zeeman Vicky Sandilands woon sedert Desember verlede jaar in Wellington nadat sy van Rustenburg af verhuis het om hier te kom aftree. Dié ma van die bekende akteur, Neil Sandilands, het egter nie alleen Wellington toe getrek nie - haar Miriam het saamgekom. Vicky en Miriam se pad saam strek al oor meer as vier dekades. ‘n Mens merk die gemaklike sinergie in die manier waarop dié twee mekaar se sinne voltooi, stories uit hul gedeelde verlede vertel en betekenisvol stilbly wanneer dit nodig is. Die ingeleefde respek tussen Vicky en Miriam is iets wat sedert hul eerste ontmoeting, veertig jaar gelede, deur baie hoogte- en laagtepunte geslyp is. “Miriam het eendag saam met haar vriendin by my huis in Randfontein opgedaag om vir werk te soek. "Ek het die twee só bekyk en besluit om vir Miriam, wat toe 25 jaar oud was, ‘n kans te gee omdat sy so vol energie was. "Sy het eintlik sulke klein sprongetjies gemaak soos wat sy wou hê dat ek haar moet raaksien,” lag Vicky. Die 65-jarige Miriam lag saam en demonstreer vol energie hoedat sy steeds wafferse spronge kan doen. Volgens Vicky was haar besluit om Wellington toe te trek ‘n voor-die-hand-liggende een. “Ek het eenkeer hier deurgery en nog voordat ek behoorlik deur die dorp was, sommer daar by die eiendomsagente by die robot by Andrew Murray se kerk gestop. "Die ruimte, die wingerde en die berge het my bekoor en ek het die eerste plekkie wat die eiendomsagente vir my gaan wys het, gekoop,” vertel sy oor die tuiste wat sy en Miriam nou deel. Miriam het Vicky gehelp om haar drie kinders groot te maak en sy is vir hulle soos ‘n tweede ma. Miriam het baie staaltjies te vertel oor die kinders se grootwordjare, veral oor Neil, wat vol-

G N I P P O H S O NE

S ON P ER

. EVERY STORE. EVERY D AY. 25 JUNE – 5 AUGUST

Kroonstad

Orange Farm

Rayton

Royces

Royces

Rayton

Strubenvale

Lenasia

Midrand

OVER 6 000 SHOPPERS HAVE ALREADY WON THEIR SHOPPING FREE.

Shop online or in-store and stand a chance to win your shopping free. Get automatic entry when you spend R50 or more. Ts & Cs apply


4

4 Julie 2018

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die Ou Testament - 'n Voorbeeld en waarskuwing aan ons

Paulus skrywe aan die Korinthiërs dat die voorbeelde in die ou testament dien as voorbeelde en waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Hy begin deur te sê dat ons nie begerig moet word soos sommige in die ou testament begerig was na slegte dinge nie. Ons moet ook nie afgodedienaars wees soos sommige van hulle was nie. Ook moet ons Christus nie versoek soos sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur giftige slange omgekom. Daar is ook voorbeelde van manne wat vasgestaan het in die geloof, bereid om te sterf vir hulle geloof, dink aan Daniël se drie vriende wat nie voor die goue beeld wou buig nie. Hulle het aan koning Nebukadnesar gesê dat God in staat is om hulle te red, of Hy dit gaan doen of nie, maak nie saak nie, maar voor hierdie beeld sal hulle nie buig nie. Ons is reeds meer as twee duisend jaar in die laaste dae, tussen hemelvaart en die wederkoms van die Here Jesus, is ons gereed om Hom te ontmoet? Jesus self het gesê, nie almal wat vir My sê, Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Ons moet Jesus aan neem as verlosser en getuig dat Jesus die Christus is.

dié

courant

Die stories wat ons leef

By die onlangse laaste byeenkoms van die plaaslike Depressie- en Angsondersteuningsgroep het die sameroeper van hierdie inisiatief, Petro Greeff, daarop gewys dat sy in haar omgang met mense telkens besef het dat elkeen sy eie storie het. Almal het ‘n storie oor hoe hulle tot hier gekom het. Elkeen het ‘n storie oor sy of haar drome, teleurstellings, uitdagings, sowel as hoogte- en laagtepunte. Ons almal is maar die somtotaal van die vervlegte stories van ons lewenspaadjie. Dit wat ons al ervaar het, is die legkaartstukke van die prentjie wat ons nou sien of die standpunte wat ons nou huldig. Daar is verskillende soorte stories, soos dié waar iemand die slegte oorwin, of iemand wat uit niks uit iets word. Daar is ook avontuurstories, stories van weggaan en terugkeer, komedies, tragedies en stories van oor begin. In Wellington is daar ook baie stories. Vicky Sandilands en Miriam se storie is een wat oor vier dekades, deur baie hoogte- en laagtepunt en deur verskillende dorpe strek. Hulle storie het hul nou tot in Wellington gebring. Die stories van elke student wat onlangs ‘n diploma na die suksesvolle voltooiing van ‘n naaldwerkkursus ontvang het, gee ‘n mens hoop op ‘n toekoms waar elkeen hom vir sy eie welvaart sal bekwaam en toerus. Muldene Holloway se

avontuurstories en haar storie as ‘n grafiese ontwerper het nou ‘n nuwe hoofstuk bygekry - dié van ‘n hoog-aangeskrewe verhoogkunstenaar en sangeres. Die storie van die Lotze-tweeling wat dag en nag kliphard tot ons dorp se veiligheid probeer bydra, maak dat ‘n mens ‘n bietjie rustiger kan slaap en dankbaar voel vir jongmense vir wie diensbaarheid en gemeenskapsveiligheid ‘n prioriteit is. Die hysbak wat binnekort by Hugenote Hoërskool geïnstalleer sal word, sal die storie van ‘n gestremde leerder vir altyd positief beïnvloed. Sonia le Cordeur se 36-jaarlange storie by Bergrivier Hoërskool het onlangs tot ‘n einde gekom, maar haar nalatenskap sal in die stories van elke leerder wat al in haar klas gesit het, voortleef. En die stories van Sunfield Home se inwoners en hul vermoëns, ten spyte van hul gestremdheid, gaan eersdaags as een van die beste kortfilms te wêreld op internasionale grootskerms vertoon word. Vera Nazarian het eenkeer geskryf dat die wêreld deur twee dinge gevorm word, naamlik die stories wat vertel en geleef word en die herinneringe wat dit agterlaat. Mag elkeen hierdie week met passie in hul eie storie voortleef, iemand anders met húl storie help en saam aan ons almal se groot storie meedoen.

NUUS • NEWS

Wellington is dubbel veilig met Lotze-tweeling

Booswigte dink sekerlik dat hul dubbel sien wanneer hulle hul in Carl en Charl Lotze vasloop. Dié identiese tweeling is reeds ‘n hele paar jaar ‘n gedugte span wat help om Wellington se strate te beveilig. Met hul stille teenwoordigheid, paraatheid en onbaatsugtige diensbaarheid het hulle hulself as ‘n belangrike skakel in die beveiliging van ons dorp gevestig. Hierdie twee jongmanne woon al hul lewe lank op Wellington. Volgens hulle het hul belangstelling in veiligheidsdienste reeds op ‘n jong ouderdom begin. “Ons het reeds op 16-jarige ouderdom die idee gekry om ‘n Buurtwag in ons singel te stig. Daarna het ons ‘n whatsapp-groep begin om in kontak met almal in ons buurt te bly,” vertel hulle. Dinge het egter nie by die whatsapp-groep gestop nie. Mense het die effektiwiteit van Carl en Charl se netwerk en dienste raakgesien en die gemeenskap se positiewe reaksie hierop het hul dienste laat groei. Hulle het vergaderings van verskeie ander buurte se buurtwaggroepe begin bywoon en by die breër beveiligingsnetwerke van die dorp betrokke geraak. “Mense het ons begin kontak in verband met veiligheidsake en ons belangstelling hierin het in dít wat ons gedoen het, gewys,” sê hulle. Volgens Carl en Charl is en was Wellington nog altyd hulle trots. Die talle leeglêers en ander booswigte wat ‘n gevaar in ons strate begin word het, het hulle aangespoor om die probleme rondom inbrake en ander geweld aan te spreek. “Met mense wat werk en elke aand huis toe jaag, het mense nie altyd die tyd om aan veiligheid te dink nie. Dit is waar ons dienste inkom - om hierdie leemte te vul,” sê hulle. Carl en Charl werk so te sê 24 uur per dag en is altyd beskikbaar waar daar nood is. “Ons het nie ‘n einde, ‘n tyd of ‘n rooster soos ander mense nie. Ons is lekker jonk en het die energie om te help waar ons kan. Ons probeer die heeltyd op hoogte bly van alle nuwe dinge in die dorp en as daar vergaderings is waar die SAPD en ander beamptes betrokke is, woon ons dit by,” sê die twee. Volgens hulle plaas hulle hul diens, take en verantwoordelikhede alles onder die groot sambreel van “veiligheid”. “Indien ons nag of dag gekontak word, is ons op en so gou as moontlik by die mense wat in nood is. Ons ry op ons eie deur al die buurte, die hele dorp en partykeer ook die omliggende plase in die dag of nag om seker te maak almal se plekke is veilig. Ons let op klein goedjies soos dat mense se motorhuise toe is. Mense vergeet soms as hul vinnig in hul erf ingaan om seker te maak dat alles toe en gesluit is,” verduidelik hulle. Carl en Charl het kameras in hul eie buurt laat installeer waarop hul kan sien wie in- en uitgaan

en ook om verdagte persone wat nie daar hoort nie, te identifiseer. “Ons het ons eie stelsel wat reg is vir ander om te kan help as hulp benodig word,” sê hulle oor hierdie inisiatief. Carl en Charl werk ook met ander gemeenskapstrukture wat die veiligheid van die dorp op die hart dra, saam. “Ons werk saam met die Wellington Aksie Groep, sekuriteitsmaatskappye, die verkeersdepartement en natuurlik ook die SAPD. Ons vorm ‘n sterk span en is gereeld snags uit saam met hierdie ander rolspelers vir almal in die dorp se veiligheid. Ons is almal gereeld in kontak met mekaar en as daar besluit word om saam te span, word almal goed ingelig oor wat ons gaan doen. Ons doen dit heeltemal vrywillig,” vertel hulle. Die feit dat hulle ‘n tweeling is en mekaar verstaan, maak hul werkswyse soms makliker. Die een sal dinge koördineer, terwyl die ander een die beplanning doen. Tog is daar soms dinge wat hulle onder mekaar moet uitpluis. “Niks in ons twee se lewe is normaal nie. Soms het ons ons tye waar die een agter die stuurwiel wil wees en die ander een nie wil toegee nie. Dan moet daar eers gepraat word en alles uitgesorteer word,” lag hulle. Hul grootste uitdagings is die feit dat hulle alles tans op hul eie doen. Hulle droom daarvan om eendag ‘n groot krag in die sekuriteitsbedryf te word. “Ons wil egter altyd probeer om daardie iets ekstra te gee of te bied en nie te vergeet waar en hoe alles eintlik vir ons begin het nie. Ons wil graag eendag groot gaan, maar met die iets ekstra wat dalk nie tans by ander besighede is nie en te weet: ons het dit gedoen met ons hele hart,” sê hulle. Volgens hulle is hul werk sommer hul ontspanning ook. “Dit is waar ons liefde lê,” sê hulle beslis. Intussen is doen hulle elke dag waarvoor hulle lief is en lewer ‘n groot bydrae tot die veiligheid van oud en jonk in Wellington. “Die liefde en bevrediging om elke keer iemand te sien wat ons kon help en wat gelukkig is en veilig bly, motiveer ons om te doen wat ons doen,” sê dié twee staatmakers.

Fotokompetisie: Van Plaasmeisie tot raadslid. Wie is sy? Epos jou antwoord na welmus@telkomsa.net, of skakel Olivia by 021 8734710 of besoek Wellington-museum en handig jou antwoord daar in. Die antwoord van die vorige kompetisie is Francois Malan.


NUUS • NEWS

4 Julie 2018

5


6

Dagboek • Diary

NUUS • NEWS

4 Julie 2018

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418

Ywerige naaldwerkstudente ontvang diplomas

Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361 NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273

Die naaldwerkstudente wat ‘n kursus by “I love Sewing” voltooi het, het op Woensdag 20 Junie hul diplomas ontvang. Talle eregaste, waaronder verteenwoordigers van die plaaslike Munisipaliteit, die Wamakersvallei Opleidingsentrum, die Elevation Project en die Gemeenskap Polisiëring Forum, het saam met die studente en hul families die geleentheid bygewoon. Volgens Hestie van Wyk van “I love Sewing” het die droom om mense deur middel van naaldwerkvaardighede te bemagtig reeds in 2011 by haar en haar vennoot, Wilma Büsse, posgevat. Hulle wou ook klein-besigheidseienaars bemagtig om hul eie naaldwerkakademies te begin. “Ons het ‘n lang pad met baie uitdagings en terugslae in die proses gestap, maar is vandag dankbaar en baie trots op die eerste studente wat diplomas ontvang,” het sy gesê. “I love sewing” se kursus is by CETA geakkrediteer en die studente het verlede jaar met die kursus in basiese naaldwerkvaardighede begin. “Ons eer elke student wat hierdie kursus voltooi het om hulself te bemagtig. Hulle het dit ten spyte van uitdagings rondom vervoer en persoonlike probleme reggekry. "Maar bo alles is ons dankbaar dat hulle elkeen ‘n deel van ons lewe geword het,” het Hestie gesê. Buiten die diplomas wat elke suksesvolle student vir die voltooiing van die kursus ontvang het, is daar ook spesiale toekennings aan studente wat uitsonderlik presteer het, gemaak. Brandon Philander het ‘n toekenning vir die Beste vordering ontvang, terwyl Theresa Booysen ‘n toekenning vir deursettingsvermoë gekry het.

Die drie beste studente het ook spesiale toekennings ontvang. Hailey Johnston was in die derde klasposisie, Heather Apollis het die tweede klasposisie beklee en Ashlerene Pietersen was die algehele beste student in die kursus. “Toe ek met die kursus begin het, kon ek nie eers ‘n knoop aanwerk nie en nou kan ek enigiets maak,” het Ashlerene gesê. Die UDEC tegnologie-spesialiste het ook ‘n skenking van ‘n naaimasjien, sowel as ‘n besigheidsmentorskap aan een verdienstelike student beskikbaar gestel. Vir hierdie doel moes die top-drie studente elkeen ‘n motivering waarom hul by die kursus baatgevind het, skryf en noem hoe hulle die vaardighede wat hulle geleer het in die toekoms wil toepas. UDEC het na aanleiding hiervan hul skenking aan Hailey Johnston toegeken. Zalene Abrahams, die Drakenstein Munisipaliteit se uitvoerende Groei Beampte, het hulde gebring aan die inisieerders en fassiliteerders van die kursus. “Ek moedig ook elke student wat vandag ‘n diploma ontvang het aan om hierdie vaardighede van hulle verder te vat. "Die verwerwing van hierdie diploma is bloot die begin. Wat jy nou hiermee gaan doen, is in jou eie hande,” het sy gesê. Volgens Hestie van Wyk was die hele proses ‘n groot leerkurwe vir die studente, sowel as die organiseerders. “Ons het soveel by mekaar en van mekaar geleer. "Ek salueer elkeen wat hiermee ‘n begin vir ‘n beter toekoms gemaak het,” het sy afgesluit.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na jaomi@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

4 Julie 2018

Plaaslike sangeres vir liefdadigheidskonsert gekies •Jaomi Zeeman Muldene Holloway is ‘n veelsydige Wellingtonner wat ‘n meester van verskeie ambagte is. Hierdie grafiese en webtuiste-ontwerper het ‘n avontuurlustige streep en het al talle reise onderneem. Haar ongelooflike sangstem en liefde vir musiek is nóg een van haar talente - iets wat haar nou ‘n gesogte rol in ‘n spesiale produksie ten bate van ‘n groot liefdadigheidsinisiatief besorg het. Muldene is gekies om as deel van ‘n uitgelese groep met baie ondervinding in die teaterbedryf aan ‘n reeks konserte ten bate van “Senior Santa’s Shoebox” deel te neem. “Die fondse wat met hierdie konserte geïn sal word, gaan deur die maatskappy wat die inisiatief bedryf aangewend word om noodsaaklike goed vir ouer mense wat dit nie kan bekostig nie, aan te koop,” verduidelik sy. Nadat oudisies in die Wes-Kaap gehou is, het sy die goeie nuus ontvang dat sy as een van die kunstenaars vir hierdie groot projek gekies is. Die ander kunstenaars vir die vertoning is almal swaargewigte in die vermaaklikheidsbedryf met baie jare se teaterondervinding agter die rug. Volgens Muldene is sy al van jongs af lief vir sing. “My ouers het ‘n groot aandeel in my liefde vir musiek en sang. Hulle het ons siele gevoer met mooi musiek, van rock, pop, jazz en blues tot kooruitvoerings, klasieke musiek en opera. Ek het ‘n paar ekstra musieksmake bygekry waarvoor hulle natuurlik krediet sal weier. Vandat ek kan onthou, sing ek al op skoolverhoë en by kompetisie. Moet ook nie lekker huiskonserte weggooi met ouma se ou rokke nie. Dis ‘n eer om die liefde vir musiek wat my familie in my gekweek het, te laat voortleef,” sê sy. Alhoewel Muldene baie beskeie is oor haar sangloopbaan, het sy al talle pryse en prestasies op haar kerfstok. Sy het al as openingsanger vir verskeie groot kunstenaars, soos die hoofsanger van die Parlotones, Kahn Morbee, tot Valiant Swart, Randal Wicomb en Steve Hofmeyer opgetree. “Daar is ook ‘n paar kompetisies wat ek al onder my belt het, onder andere die KWV Talent Kompetisie en ‘n paar Gemini Sang Kompetisies. Ek kan nie alles onthou waaraan ek al deelgeneem het nie, maar dis erg baie, veral op skool,” lag sy. Muldene het 11 jaar gelede Wellington toe getrek toe sy haar heel eerste werk hier gekry het. Intussen het sy al as fotograaf op reisbote gewerk waar sy onder andere Miami Florida, die Karibiese Eilande, New York en Kanada besoek het. Haar professionele sangloopbaan het ook in hierdie tyd vlam gevat toe sy die geleentheid gekry het om haar sangtalent met al die buitelanders te deel. “Terug in Suid Afrika het ek my debuut show by Val de Vie gehou. Van daar af kon niks my keer om te sing nie. Die lewe het my lied geword. Ek is tans ‘n Grafiese en Webtuiste ontwerper, maar sing in ‘n groep genaamd ‘Soft Landing’ wat ‘n ligte swing/ou-skool jazz groep is. Ons sing goed soos ‘My baby just cares for me’ van Nina Simone, ‘Blue skies’ van Ella Fitzgerald en ‘Fly me to the moon’ van Frank Sanatra, om net ‘n paar te noem,” vertel sy oor haar liefde vir sang. Buiten haar gewone werk en sangloopbaan, neem haar avontuurlus haar ook op opwindende reise. “Kyk, ek was nog nooit spoed se beste vriend nie en ook nie verskriklik sportief nie, maar ek het so ‘n staptog vir my en ‘n paar vriende gereel waar ons so 30km op die langstrand van Yzerfontein moes aanpak en vir twee dae

moes lewe van dit wat jy by jou het en wat jy saamdra. Dis waar die gogga my gebyt het,” vertel sy. Haar onlangse avontuur saam met haar lewensmaat, Johan Dempers, en twee ander spanlede na die Amasone bly vir haar die hoogtepunt van haar lewe. “Expedition Earth gaan nog baie sulke avonture aanpak waar ons ook ander die geleentheid gaan gee om dit saam met ons te beleef. Ek het sederdien ‘n onblusbare passie ontwikkel om die aarde te respekteer, daarvan af te leef en my koolstofvoetspoor so laag as moontlik te hou,” vertel sy. Volgens haar maak haar lewe en werk voor ‘n rekenaar dat sy groot drome oor wonderlike avonture droom. “Die lewe voor ‘n rekenaar kan soms blokagtig en onwerklik raak en wanneer ek die tyd kry om bietjie daarvan weg te beweeg, droom ek en Johan oor ons volgende avonture. Ek hou daarvan om myself uit te daag. ‘n Mens verval maklik in ‘n sittende stuk flubber omdat dit jou gemaksone is,” sê Muldene. Sy loop definitief nie gevaar om in haar gemaksone vas te val nie, want sy oefen reeds sedert Mei kliphard aan die produksie waarvoor sy nou as kunstenaar gekies is. “Ons moes eers die liedjies aanleer en die stemme onder die knie kry, want sommige van die liedere word in 4 stemme gesing. Toe het ons die danspassies begin leer en daarna ons dialoog en acting skills begin opskerp. En nou oefen ons saam met die 8 stuk orkes wat ons met elke lied sal begelei,” vertel sy oor hierdie avontuur. Die groep sal 10 optredes in die Kaap, van 4 tot 14 Julie by die Rotanda Bay Hotel Teater in Kampsbaai doen. Al dié vertonings sal tydens ‘n deftige driegang aansitete plaasvind. Daarna sal die groep ook vir vier dae in Pietermaritzburg optree. Muldene hoop dat haar deelname hieraan vir haar ook ander deure in die vermaaklikheidsbedryf sal oopmaak. “Ek hoop om baie meer teaterwerk te kan doen waar ek my longe kan uitsing op ‘n donker verhoog met mense wat met trane van lag of huil die emosie in elke noot sal voel en geniet,” sê sy opgewonde. Hoe kry sy dit reg om soveel ysters in die vuur te hê en boonop ‘n sukses van alles te maak? “Jis, dit is ‘n uitdaging! My fokus is in die beste van tye maar bietjie oral! Koffie help nogals. Ek raak vreeslik gou verveeld en dit is wat my motiveer om dit wat ek wel doen, goed te doen. As ek alles kan doen wat ek opdroom, sal my lewe ‘n vreeslike vol en volmaakte een wees,” sê Muldene. Vir meer inligting oor die Senior Santa’s Shoebox inisiatief en die kunstenaars in die vertoning, kan die webskakel https://web.facebook.com/liveactsforcharity1/?ref=br_rs besoek word.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

7


8

courant

NUUS • NEWS

dié

4 Julie 2018

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

4 Julie 2018

•REËNWEER STUIT NIE KOOKWATER-RUGBY OP NEWTON-PARK

Roses kraai koning in derby-stryd Jovan-ré Cupido Saterdag kon rugbyliefhebers weereens rugby van ‘n goeie gehalte aanskou op Newton Park. Ongeag die reënweer het talle toeskouers van regoor die Boland kom kyk hoe Roses United en Hillcrest United mekaar die stryd aansê in ‘n Derby stryd waarin Roses 26-22 koning gekraai het. Die Rose het weereens gewys hoekom hulle die afgelope 3 jaar die Witsentraal kampioene was. Hillies het baie vinnig begin en kon in die eerste minuut ‘n strafskop afdwing wat deur Elton Fortuin verdoel was. Die manne in blou het Roses telkemale onkant betrap en Roses se verdediging moes bond staan. Dit het gelei na die eerste drie van die wedstryd toe Geoffrey Allies gaan druk vir Hillies en Fortuin die drie verdoel. Roses het kort voor halftyd terug gekap met ‘n drie van ‘n goeie rolmaal beweging. Talle punte het verlore gegaan weens baie hanteringsfoute as gevolg van die nat weer. Die wedstryd het gedraai 10-5 in die guns van Hillies. Die tuisspan het onmiddelik op halftyd varsbene op die park gebring in Perciville Williams en Johnwin Lewis. Williams het die wedstryd tempo kom optel en sy voorspelers goed oor die

voordeellyn gedra. Hillies was onmiddelik op die agtervoet. Williams met talle ervaring het Hillies kom tuister met goeie breekslae en taktiese skoppe. Roses het die krane begin oopdrai en kon 3 drieë inruig binne 30 minute van spel deur Rowan Ranna, Perciville Williams en Johnwin Lewis. Ongeag die agterstand het Hillies nie slap gaan lê nie. Die besoekers het daarin geslaag om binne 5 minute 2 drieë in te palm deur Allies en Renaldo Festus en een doelskop deur Jeandre Abrahams. Maar dit was tevergeefs vir die manne in blou. Dit was die 6de keer in 7 wedstryd wat Hillies bloedneus die veld moes verlaat. Vir Roses het Williams en Lewis die wedstryd aan die brand kom steek terwyl Maxwill van Louw ‘n barshou gespeel het. Voorlangs het die manne mekaar behoorlik sag gemaak en Kennedy Rorwanna het talle maal Ryan Persence ore aangesit in die lystane. Vir die besoekers het Geoffrey Allies goed balgedra. Lesley Gertse het kliphard verdedig in die middelveld en telkemaal die besoekers se verdigingslyn gebreek. Hillcrest United pak komende naweek Hamlet in Ceres terwyl Roses United in nog ‘n Derby kragte meet teen Newtons op Bombella Park.

Berg bosses shortens second stage of marathon Organisers of the Berg River Canoe Marathon have confirmed that the second stage will be run over a shortened format, repeating the stage format forced on them last year by vegetation growth on the river. The second stage on Thursday 12 July will start at Gouda bridge and finish at the normal seconds stage overnight stop at Bridgetown at the headwater of Misverstand dam, shaving an hour off the second stage. The river from the firsGoudaBridge500t stage finish at Zonquasdrift to Gouda is blocked by

hyacinth that has continued to spread during the dry summer months, aggravated by worsening tree blocks on the section, making it impassable for paddlers. The race has put in place arrangements to help transport kayaks from Zonquasdrift to Gouda for paddlers camping along the race route. The decision has been warmly received by the paddlers, who have entered the race en masse just before the normal entry deadline this week.

“It is a fantastic idea to start Day Two at Gouda,” said former winner Graeme Solomon. “The section from Zonquas to Gouda is basically unpaddleable, and would have been a miserable start to the second day. “Day two will be a little bit shorter, but it is probably the most fun section of the entire race, so it will be a day that the paddlers will all look forward to.” Solomon added that the 33km stage would be tough because it will be raced at breakneck speed, and was tactically the most important

stage of the race. “The mood at the start at Gouda was awesome last year,” he added. “The start was a little bit later, and it helps having a slightly easier day going into the long third stage.” Solomon said the decision was a far-sighted one, and was welcome because it was based around the needs of the paddlers. “Sure the race is from Paarl to the sea, but if conditions don’t realistically allow that then it makes complete sense to leave out sections that can’t reasonably be paddled,” said Solomon.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
476 dié courant wellington by DieCourant - Issuu