Skip to main content

476 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

4 Julie 2018

44.6%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 476

4 Julie 2018

Groot dele van die provinsie het die laaste paar dae snerpende koue ervaar met 'n kouefront wat goeie reëns asook swaar sneeuval op die hoogliggende berge veroorsaak het. Dit is intussen ook nog skoolvakansie en Darius, Christiaan en Clarize Nell van Malmesbury het vroeg Maandagoggend in die sneeu op die Swaarmoedpas buite Ceres gaan baljaar. Foto: Johan Viljoen

•BEPERKINGS STEEDS IN PLEK, ONDANKS REËN

Riviere vloei sterk

Inwoners van die Swartland word steeds aangemoedig om water spaarsamig te gebruik, ondanks die welkome reënval wat opgedroogde riviere binne die afgelope paar dae weer nuwe lewe ingeblaas het. ‘n Vloeiende Dieprivier het laat Sondagaand en Maandag vir groot opwinding onder inwoners gesorg toe watervlakke behoorlik gestyg het. Die watermerk het tot teen die bekende laagwaterbrug op Malmesbury gestyg. Volgens die Swartland Munisipaliteit, was die Dieprivier gedurende 2013 se winter laas in vloed. ‘n Bo-gemiddelde reënval van 514.8 mm is daardie jaar volgens die reënvaldata van die Suid-Afrikaanse Weerkantoor op Langgewens, die plaaslike departement van landbou se proefplaas tussen Malmesbury en Moorreesburg aangeteken. ‘n Gemiddelde totaal van 102.8mm reën is op Langgewens deur die weerkantoor in Junie vanjaar vir die Swartland gemeet. Dit is slegs

3.8mm meer as verlede jaar dieselfde tyd. In 2016 het Juniemaand ‘n totaal van 105mm reën opgelewer. Hoewel daar nog geen reënvaldata vir Julie vanjaar deur die weerkantoor uitgereik is nie, is daar reeds meer as 28.4 mm reën, die totale hoeveelheid wat verlede jaar Julie in die Swartland geval het, deur plaaslike inwoners se reënmeters gemeet. Op Malmesbury is daar sedert 1 Julie onder meer reeds ongeveer 43mm reënval aangeteken, terwyl sommige dele van die Swartland sowat 50 mm reën aangeteken het. Volgens die weerdiens was ‘n gemiddelde reënval per jaar op Langgewens sedert 1930 tot 2015, 404mm gewees. Volgens die Wes-Kaap se departement van omgewingsake, het die hoofdamme se vlakke gedurende die afgelope paar dae met meer as 5% gelig. Die Bergrivierdam het 159mm reën in die afgelope sewe dae ontvang, terwyl die Theewaterskloofdam 51 mm reën in dieselfde periode ontvang het.

Die departement van waterwese en sanitasie het nog geen aanduiding gegee aangaande verligting van waterbeperkings nie, sê Roelof du Toit, waarnemende munisipale bestuurder van die Swartland Munisipaliteit. “Aangesien die watervoorsieningstelsel vir die streek as 'n geheel bestuur word, is die vlak van Voëlvleidam nie alleen ’n bepalende faktor vir die verligting van waterbeperkings nie,” verduidelik Du Toit. Die vlak van die Voëlvleidam is volgens die jongste beskikbare inligting 44.6% vol, terwyl die watervoorsieningstelsel op 48.3% staan, teenoor verlede week se 36.2%. Die Voëlvleidam was verlede jaar die tyd 20.2% vol. Dit is op die stadium steeds te vroeg om te bepaal watter persentasie rakende damvlakke teen die einde van die reënvalseisoen bereik gaan word. “Daar word wel in die vooruitsig gestel dat indien verdere reënval voldoende is en namate die bronne herstel, waterbeperkings met verdrag gelig sal kan word,” voeg hy by.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

4 Julie 2018

Ruiters: Drie jong perderuiters van Malmesbury het op Franschhoek vir die eerste keer

hulle slag by 'n Sanesa-byeenkoms (South African National Equestrian School Association ) gewys. Jana Viljoen (naaslinks), Mia Tap (middel) en Celente Nelson (voor) het die Hoërskool Swartlkand en die Desuhanté Vlaamperdstoet verteenwoordig in ruiter- en trekperdklasse. Hulle beste plasings wa onderskeidelik tweede, eerste en eerste. By hulle is Stephan Basson (links) en Erna Brits (naasregs) van Desuhanté. Heelregs is Franso en Alene Roux. In die middel voor is die organiseerder van die byeenkoms, Coenie Sieckers en agter is 'n jong ruiter Helinde Burger.

Intimate art encounter with artists and writers Jacques Pauw amongst guests

RIEBEEK-KASTEEL and RIEBEEK WES – An exciting new addition to this year’s Solo Studios, an annual upmarket art event from Thursday to Sunday, 9-12 August, is the chance to meet Jacques Pauw, the writer of “The President’s Keeper”. The meeting will take place at The Red Tin Roof, the very place where he wrote the book and which made headlines after being raided by the Directorate for Priority Crime Investigation (the Hawks). “Since the creation of the arts festivals like Aardklop and the Klein Karoo Nasionale Kunstefees, an estimated six hundred festivals have sprung up around the country,” says Klaus Piprek, originator and organiser of the third Solo Studios. “Solo Studios has introduced art tourism to the valley, and we have witnessed great economic injection into our community over this period, with the 2017 event bringing in approximately R4 million to the local businesses, residents and participating artists.” Piprek says that the inaugural year of Solo Studios brought in 350 weekend visitors, the second year 650 visitors came and it is expected that tickets will sell fast for this year’s limited numbers event. “Art Encounters” is participating Solo Studio artists opening their private homes and studios to a limited number of visitors over the weekend. They are Tamlin Blake, Claudia Gurwitz, Jenny Parsons, Antoinette von Saurma, Leila Fanner, Ivan Kirstein, Louisa Gerryts, Gordon Williams,

Solly Smook, Andre van Vuuren, Tanya Majo, Riaan van Zyl, Raymond Oberholzer, Greta McMahon, Wiehan de Jager and Emma Willemse. This provides a rare opportunity for art collectors – from beginners to the very seasoned - to visit artists in their studios to view and purchase their art straight off the easel. Wine Wine-lovers can attend “The Art of Wine”, curated by Joseph Tongai Dhafana, one of South Africa’s leading sommeliers, in a collaboration between the Solo Studios artists and a local boutique wine producer. Dhafana and winemaker Stompie Meyer collaborating to hold talks and host tastings over the course of the Solo Studios weekend. Limited edition box sets of curated wines will be available to purchase, with the labels having been specially designed by the Solo Studios artists. Music “’The Solo Sessions’ will see a select group of local musicians entertaining visitors throughout the weekend with ad-hoc performances and “jam-sessions”. Group exhibitions Galleries, pop-up group exhibitions and cultural collaborations open for the entire weekend are RK Contemporary, The Gallery, The Royal Gallery, The Collaborate and Pictorex Print Studio. For more information visit www.solostudios. co.za or contact Klaus Piprek on 074 209 6838, or email klaus@solostudios.co.za.


NUUS • NEWS

3

4 Julie 2018

•BEMIDDELAARS, MENSEREGTE INGEROEP

Owerheid vergader oor huise

Die Swartland Munisipaliteit, die menseregtekommissie en ‘n bemiddelaarsgroep van Riebeek-Kasteel, het op 12 Junie byeengekom ná gewelddadige betogings oor behuisinskwessies, sowat ‘n maand gelede in Riebeek-vallei afgespeel het. Gedurende die ontmoeting, het die SM ingestem om teen 26 Junie grond te identifiseer, tesame met ‘n uitlegplan, asook om eksterne befondsing te bekom om diens op die erwe te kan lewer. ‘n Voorgestelde behuisingsplan op ‘n plaas in Riebeek-Kasteel met 757 erwe, is deur die SM voorgelê. 687 Erwe is sowat 50m² groot, terwyl 70 bykans 100m² groot is. Die erwe sal beskik oor dienste, insluitend water, riool en elektrisiteit (Eskom) met grondpaaie verskaf deur die departement van menslike nedersetting. Die voorgestelde plan word beskou as deel van fase een van die ontwikkeling, terwyl verdere opsies onder fase twee ondersoek word. Albei van die voorgestelde ontwikkelings sal op private grond geskied. Die plotte sal deur ‘n komitee uitgelê word wat sal bestaan uit die begunstigdes op die waglys, ‘n verteenwoordiger van die wyksko-

mitee, asook twee verteenwoordigers van die bemiddelaarsgroep voorgeskryf volgens die kriteria van toepassing op behuisingsprojekte en waar die datum van aansoek deur die begunstigdes op die waglys en hul ouderdomme in ag geneem sal word. Die uitlegplan is onderhewig aan grondgebruik, wat hersonering, onderverdeling en opmeting betref, asook ‘n omgewingsimpak assesering en kennisgewing van ‘n voorgestelde ontwikkeling. Spesifikasies vir die dienste sal opgetrek word vir die verkr yging van tenders en die aanstelling van kontrakteurs. Die provinsiale departement van menslike nedersetting het verlede week besluit om die projek te befonds onderhewig aan die nakoming van die relevante wetgewende voorskrifte en die versekering dat niemand voorgetrek sal word nie of kort geen kort paaie geneem sal word nie. Hoewel die bemiddelaarsgroep voortdurend terugvoering sal gee, sal die SM verdere besonderhede en terugvoering in Julie verskaf rakende die tye van grondgebruikaansoeke. Die

Vanjaar se vroueaand van die Malmesbury Sakekamer sal weer 'n groot geleentheid wees, met gaskunstenaar Dewald Wasserfall wat sal optree. Die Sakekamer gee twee kaartjies na die geleentheid weg. Al wat jy moet doen is om hul blad op Facebook te "like", die inskrywing van die vroueaand te deel op jou eie tydslyn met die hutsmerk #MalmesburySakekamer. Besoek die sakekamer se blad by @ Malmes-

burySakekamer om die geleentheid te vind. Die wenners sal op 25 Julie bekend gemaak word. Kaartjies vir die vroue-aand beloop R200 per persoon en sluit aandete in. Bespreek jou plek nou by info@sakekamer. co.za of kontak 022 487 3221. •Diegene wat belangstel om 'n Facebook-werkwinkel deur ThinkSocial Workshop mee te maak, kan ook Izélle by 022 487 3221 skakel of 'n epos stuur na info@sakekamer.co.za.

SM neem die dringendheid van die kwessie, asook misnoeë en bekommernisse van informele handelaars in ag. Riebeek-Kasteel sou in ses jaar oorweeg word vir ‘n gesubsideerde behuisingsprojek. As gevolg van die dringendheid van die situasie, is stappe tot die realisering van die behuisingsprojek vroeëre geneem. Die SM doen ‘n versoek op inwoners se geduld, samewerking en ondersteuning vir die bevordering van ‘n geordende projek tot gevolg. ’n Behuisingsprojek bestaande uit 244 wonings is op sy beurt tans onder konstruksie. Die installering van die siviele dienste is bykans 95% voltooi en volgens beplanning behoort daar teen middel Augustus 2018 ‘n aanvang geneem te word met die oprigting van die wonings.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

MMNTHS6749

Wen met sakekamer

G N I P P O H S O NE

S ON P ER

. EVERY STORE. EVERY D AY. 25 JUNE – 5 AUGUST

Kroonstad

Orange Farm

Rayton

Royces

Royces

Rayton

Strubenvale

Lenasia

Midrand

OVER 6 000 SHOPPERS HAVE ALREADY WON THEIR SHOPPING FREE.

Shop online or in-store and stand a chance to win your shopping free. Get automatic entry when you spend R50 or more. Ts & Cs apply


4

4 Julie 2018

NUUS • NEWS

Sanral doen beroep op inwoners oor vandalisme

Rugby:

Hierdie vier leerders van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is in die onderskeie Boland-rugbyspanne opgeneem. Hulle is Logan Lewis (Cravenweek onder 13A), Lyle Booyse (Grand Khomo onder 16A), JP Groenewald (Cravenweek onder 18A) en Louis de Jager (Grant Khomo onder 16A).

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Ou Testament - 'n Waarskuwing aan ons Paulus skrywe aan die Korinthiërs dat die voorbeelde in die ou testament dien as voorbeelde en waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Hy begin deur te sê dat ons nie begerig moet word soos sommige in die ou testament begerig was na slegte dinge nie. Ons moet ook nie afgodedienaars wees soos sommige van hulle was nie. Ook moet ons Christus nie versoek soos sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur giftige slange omgekom. Daar is ook voorbeelde van manne wat vasgestaan het in die geloof, bereid om te sterf vir hulle geloof, dink aan Daniël se drie vriende wat nie voor die goue beeld wou buig nie. Hulle het aan koning Nebukadnesar gesê dat God in staat is om hulle te red, of Hy dit gaan doen of nie, maak nie saak nie, maar voor hierdie beeld sal hulle nie buig nie. Ons is reeds meer as twee duisend jaar in die laaste dae, tussen hemelvaart en die wederkoms van die Here Jesus, is ons gereed om Hom te ontmoet? Jesus self het gesê, nie almal wat vir My sê, Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Ons moet Jesus aan neem as verlosser en getuig dat Jesus die Christus is.

“As inwoners van die Swartland, het ons ‘n gesamentlike verantwoordelikheid om ons gemeenskap te beskerm en ‘n reg om trots te wees in die gemeenskap waarin ons bly.” Só sê Michelle Phillips-Liedeman, inwoner van Abbotsdale én projek skakelbeampte betrokke by die opgraderings van die N7 ná voortslepende vandalisme en diefstal langs die snelweg. Michelle wat groot geword het in die Swartland, koester ‘n trots teenoor haar gemeenskap en sien ook die waarde wat die opgraderings aan infrastruktuur tot die streek toevoeg. Die diefstal van splinternuwe heinings langs die snelweg plaas nou motoriste én lewende hawe in gevaar. Die misdadige optredes het ook groot kostes tot gevolg wat uiteindelike die plaaslike gemeenskap van enige toekomstige opgraderings aan infrastruktuur en opknappingsprojekte beroof. “Dade van vandalisme en verwoesting of die diefstal van eiendom, asook die onooglike graffiti teen die mure, skep ‘n verkeerde beeld van ons dorp en maak besoeke aan Malmesbury al hoe meer onsmaaklik, voeg sy by. Michelle doen ‘n beroep op inwoners om op te staan teen vandalisme sodat die skuldiges verantwoordlik vir die skade en diefstal gestraf kan word, maar ook om die dade hok te slaan. Volgens die nasionale padagentskap SANRAL

verantwoordelik vir die opgraderings, is daar baie tyd en geld binne die fasiliteite vir voetgangers langs die roete belê, omdat baie inwoners die N7 moet oorsteek om by onder meer die industriële gebied waar hulle werksaam is, uit te kom. Sanral het hulle daartoe verbind om inwoners van veral Lingulethu, Saamstaan en Wesbank, wat Schoonspruitweg aan die ander kant van die N7 wil bereik, te akkommodeer. Die bestaande voetoorgang by die Darlingweg-interseksie is aansienlik opgegradeer vir die veiligheid van voetgangers, maar ook om die verkeer te laat vloei, terwyl ‘n voetganger loopweg parallel met die N7 vanaf Saamstaan tot by Darlingweg-interseksie gebou is. Die gesamentlike kostes rakende die opgradering van die N7 beloop R2.37 biljoen, terwyl die verskeie konstruksiewerke werk aan oor die 600 plaaslike inwoners verskaf. Ons bou nie net paaie vir motors om op te ry nie. Ons konstruksieprojekte is so ontwerp om die plaaslike gemeenskappe direk te bevoordeel,” sê Randall Cable, provinsiale streeksbestuurder van Sanral. Enige voorvalle van diefstal of vandalisme kan (anoniem) aangegee word deur die misdaadlyn, 3221 te sms teen R1 per sms of Crime Stop by 08600 101111 te bel.

PfP looking for partners in education in the Swartland Partners for Possibility (PfP) has urged business leaders in Malmesbury, on the West Coast of Cape Town, to heed the call to contribute meaningfully to education in South Africa. The leadership development and principal support programme, as part of its commitment to achieving quality education for all children in South Africa by 2025, is to launch a diverse group of business-education partnerships in August this year. Selwyn Page, PfP’s Regional Western Cape Manager, said: ‘’This is the first time PfP will launch businesseducation partnerships on the West Coast. We invite business leaders of Malmesbury from all walks of life to become involved in this innovative, award-winning programme.’’ The newly launched partnerships will be expertly facilitated by coach and facilitator, Merridy Edgson, who has previously worked with PfP partnerships in the Mfuleni, Eesteriver and Durbanville areas. As the flagship programme of registered NPC Symphonia for South Africa, the PfP programme addresses the complex and varied challenges facing under-resourced schools by facilitating part-

nerships between school principals and business leaders in a year-long, structured programme of leadership development and support. The leadership development programme carefully considers the contextual reality within which principals are expected run their schools – an often underplayed or completely overlooked determining factor. With the role of a school principal as an inherently challenging one, in South Africa, which is one of the most unequal societies in the world, the majority of principals face formidable additional leadership challenges which arise from functionality factors including poor school infrastructure, under-qualified and demotivated teachers, and students who are often hungry and ill, do not have proper clothing and lack parental support. To date, the programme has positively impacted over 800 schools across South Africa since its inception in 2010. If you would like to become involved in this ground-breaking initiative, please contact Merridy Edgson: Merridy@symphonia.net or 083 500 5312 For more information about the programme, please visit: www.PfP4SA.org

MDH sien met liefde om na Wagter en kie Malmesbury Dierehospitaal verskaf sedert 30 Junie 1988 veterinêre dienste vanuit hul perseel in Voortrekkerweg 135. Malmesbury Dierehospitaal is 'n gemengde praktyk wat spesialiseer in troeteldiere, perde, vee en alle plaasdiere. Die personeel by MDH verbind hulle ten alle tye tot die gesondheid en

welstand van hul kliënte se diere. Hulle bied verder saldondienste vir jou beste vierpotige vriend aan. Gaan loer gerus in en ontmoet die vriendelike personeel wat altyd gereed staan om te help en puik diens te lewer met Drs. John Liebenberg, Andries Lesch en Bianca Van Wyk as veeartse.


NUUS • NEWS

4 Julie 2018

5


6

NUUS • NEWS

4 Julie 2018

IMPORTANT NOTICE PROPOSED DECLARATION OF AND DIVERSION OF PORTIONS OF PROVINCIAL PUBLIC ROADS TPW16/8/3-29/13 PROVINCIAL NOTICE: Notice is hereby given, in terms of sections 3 and 4 of the Roads Ordinance, 1976 (Ordinance 19 of 1976), that the Western Cape Provincial Minister of Transport and Public Works intends to declare provincial public roads along the routes described in Schedule I and to classify such public roads as divisional roads (paragraphs 1 and 2), and to divert the portions of existing provincial public roads (Divisional Road 1138 and Minor Road 5361) to the locations and routes described in Schedule II (paragraphs 1 and 2 respectively). These roads are all situated within the West Coast District Municipality area. The locations and routes of the proposed provincial public roads are indicated by means of broken green lines marked A-B and C-B-D on plan RL 64/10, while the new locations and routes of the existing provincial public roads which are proposed to be diverted are indicated by means of broken blue and green lines marked H-G and E-G, on plan RL 64/10. A copy of plan RL 64/10 is open for inspection during office hours at the office of the West Coast District Municipality, Moorreesburg. Objections against the proposal must be lodged in writing with the Municipal Manager, West Coast District Municipality, 58 Long Street, Moorreesburg, 7310 on or before 26 July 2018. ADV. B GERBER, DIRECTOR-GENERAL, PROVINCIAL BUILDING, WALE STREET, CAPE TOWN SCHEDULE I 1. From National Road 7/1 on the property 1373/34 near the north-eastern beacon of the property 1373/1 to a point on the property Remainder Farm 1103 near the eastern boundary of the property 895/3: a distance of about 4,3km. 2. From National Road 7/1 on the property 1103/4 near the eastern boundary of the property 895/3 to Divisional Road 1138 on the property 894 Kalabaskraal: a distance of about 2,3km.

Dagboek Dagboek • • Diary Diary

Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Berg River Marathon 11-14 July Moorreesburg Funduro 14 July: Quad Bikes / 2 Wheeler (off road) / Kiddies (no side by side). Cost - R200 per rider. R100 per lift and kiddies R100 For any further enquiries please contact Arian 073 824 8834 or e-mail to : arianbester@ gmail.com Lollos en Lettie 14 Julie: Lollos en Lettie is by die 10 jaar basaar om 11:00 by NG Kerksaal, Darling. Die kaartjies beloop R80 per persoon. Fondse ten bate van Darling Pre-Primer. Vir enige verdere navrae skakel 022 451 2202 Interkerklike Vroue-byeenkoms 17 Julie: Kom kuier saam met die Interkerklike vroue by AGS, Wesbank om 19:30

SCHEDULE II 1. The portion of Divisional Road 1138, from a point on the property Remainder 1103 to National Road 7/1 on the property 821/64: a distance of about 550m. 2. The portion of Minor Road 5361, from a point on the property 821/63 to National Road 7/1 on the property 821/64: a distance of about 220m.

VOORGESTELDE VERKLARING VAN EN VERLEGGING VAN GEDEELTES VAN PROVINSIALE OPENBARE PAAIE TPW16/8/3-29/13 PROVINSIALE KENNISGEWING: Kennis geskied hiermee, kragtens artikels 3 en 4 van die Paaie Ordonnansie, 1976 (Ordonnansie 19 van 1976), dat die Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Vervoer en Openbare Werke van voorneme is om provinsiale openbare paaie te verklaar langs die ligging en roetes in Bylae I beskrywe en sodanige paaie as afdelingspaaie (paragrawe 1 en 2) in te deel, en die gedeeltes van die bestaande provinsiale openbare paaie (Afdelingspad 1138 en Ondergeskikte Pad 5361) te verlê na die liggings en roetes in Bylae II (paragrawe 1 en 2) beskrywe. Hierdie paaie is almal geleë binne die gebied van die Weskus Distriksmunisipaliteit. Die liggings en roetes van die voorgestelde provinsiale openbare paaie word aangedui deur middel van gebroke groen lyne gemerk A-B en C-B-D op plan RL 64/10, terwyl die nuwe liggings en roetes van die bestaande provinsiale openbare paaie wat vir verlegging voorgestel word deur middel van gebroke blou en groen lyne gemerk H-G en E-G op plan RL 64/10 aangedui word. ’n Afdruk van plan RL 64/10 lê gedurende kantoorure ter insae by die kantoor van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Moorrreesburg. Besware teen die voorstel moet skriftelik by die Munisipale Bestuurder, Weskus Distriksmunisipaliteit, Langstraat 58, Moorreesburg, 7310, ingedien word voor of op 26 Julie 2018. ADV. B GERBER, DIREKTEUR-GENERAAL, PROVINSIALE GEBOU, WAALSTRAAT, KAAPSTAD BYLAE I 1. Vanaf Nasionale Pad 7/1 op die eiendom 1373/34 naby die noord-oostelike baken van die eiendom 1373/1 na ’n punt op die eiendom Restant Plaas 1103 naby die oostelike grens van die eiendom 895/3:- ’n afstand van ongeveer 4,3km. 2. Vanaf Nasionale Pad 7/1 op die eiendom 1103/4 naby die oostelike grens van die eiendom 895/3 na Afdelingspad 1138 op die eiendom 894 Kalabaskraal:- ’n afstand van ongeveer 2,3km. BYLAE II 1. Die gedeelte van Afdelingspad 1138, vanaf ’n punt op die eiendom Restant 1103 na Nasionale Pad 7/1 op die eiendom 821/64: ‘n afstand van ongeveer 550m. 2. Die gedeelte van Ondergeskikte Pad 5361, vanaf ’n punt op die eiendom 821/63 na Nasionale Pad 7/1 op die eiendom 821/64:- ’n afstand van ongeveer 220m.


NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak : platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie #4609

-------------------------------------------------

GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843

#4604

------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

7.07.2007 – My liefling, dankie vir 11 jaar. God het ons al ‘n leeftyd bewaar. Baie lief vir jou. Liefde – vroulief ---Ons ouers, baie geluk met jul huweliksherdenking. Dankie vir wat julle vir ons beteken – Kinders en kleinkinders -------------------------------------

ADELE GOLIATH. 6 Julie. Geseënde verjaardag en mag God se guns op jou lewe rus. Lekker verjaar – Mammie, Ashante en Cloe -------------------------------------

WILLEM KAROLUS. 4 Julie. Geluk met jou verjaarsdag met liefde van Daveline, D-Clint en Whanike -------------------------------------

Baie geluk VINCENT VAN REENEN met jou 40ste verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Liefde – Skippers-familie -------------------------------------

JODY-LEE BARENDSE. Gister, 3 Julie was jy nege. Baie geluk. Van: Ouma en huisgesin -------------------------------------

2 Julie 1994. 24 Jaar. Baie geluk Mammie en Daddy met jul huweliksherdenking. Baie dank aan ons Hemelse Vader wat julle so lank saamdra. Lief vir julle – kinders en kleinkinders -------------------------------------

JOANNA ADAMS. Baie geluk met u 80ste verjaardag Mammie. U word baie waardeer. God se rykste seën – Seuns, dogters, suster Sulaiman en kleinkinders -------------------------------------

ISCAH JACOBS. Vyf op 4 Julie. Baie geluk blom. God se rykste seëninge en bly die lieflike engel in ons lewe. Liefde – Mammie, Daddy en boeta Lu-Hayne -------------------------------------

7

27 Junie2018 2018 4 Julie ringe. Alles wat mooi is en ons is baie lief vir jou - Peetpa en huisgesin ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

Geluk met Mamma se verjaarsdag. Hoop Mamma het ‘n fantastiese jaar. Dankie vir alles – Nicolene en kleinkinders ---Baie geluk ANSIE met jou 60ste verjaarsdag. Lekker verjaar. God se rykste seën. Geniet die dag. Van die Kriele -------------------------------------

ELIZABETH JACOBS. Baie geluk met jou verjaarsdag. Van : Eugene, Witney, Heziron en kleinkinders ---Aan my vriendin, baie geluk . Van: Cathy, Anna, Kimeit, Nita en Fredo -------------------------------------

DESMOND ANTHONY. Seënwense met Pappie se geboortedag op 5 Julie. Baie lief vir Pappie. Liefde – Vroulief, Desmond (jnr), Chane en Chante -------------------------------------

MNR EN MEV COETZEE. My liefde, geluk met ons eerste huweliksherdenk-ing. Ek hoop daar sal nog baie seënjare vir ons saam wees. Van vroulief, Anneline ----Geluk met jul eerste huweliksherdenking. Mag net goedheid en guns jul huwelik volg – breë vriendekring -------------------------------------

JOWIN. Raai wie is 21 jaar op 5 Julie. God se rykste seen. Van: Ursula, Ulrich en Chanre -------------------------------------

LEVICA. Vyf jaar op 4 Julie. Lekker verjaar. Van: Tannie Ursula -------------------------------------

ANDRIN. 3 Julie. Veels geluk met jou derde verjaardag. Ek hoop jy geniet jou dag. Liefde – jou Ouma -------------------------------------

BIANCHA. Geluk met Mammie se verjaarsdag (40 jaar oud 'n nuwe seisoen). Van: Linzayed, Gio, Preston en Daddy. -------------------------------------

HANNES. Baie geluk met Pa se verjaarsdag, Ons gebed vir u is Psalm 23. Van: Gerrie, Biancha en kinders. -------------------------------------

Kyk wie is alweer twee jaar oud. Baie geluk CHANTE. Van: Ma, Pa, Deidre en Dune. -------------------------------------

CANDICE. 26 Junie aan 'n wonder like ma en meisie geluk met jou verjaarsdag van Rayn en Colden ----Geluk met jou verjaarsdag skoonsus. Mag daar nog baie seëninge op jou pad vorentoe is. Lief vir jou Cinda en kinders ---Geluk met jou verjaarsdag. Mag daar nog baie seëninge en vreugde op jou pad kom. Van Searle -------------------------------------

4 July 2018 Happy birthday dear. Have a nice day with lots of love, Searle ---Happy Birthday GERONICA. May God bless and keep you. May you have a wonderful day. From: Tietie Shahieda husband and kids‬ ---Happy birthday my grandchild. From: grandma Serie and grandma Maya‬ -------------------------------------

ORELIA. 05 Julie. Geluk Mammie met u verjaarsdag. Mag Ma die wonderlike ma bly wat u is. Geniet die dag. Lief vir Ma - van Searle -------------------------------------

Twee of 7 Julie - ATHAN CONWY FORTUIN. Geluk met jou geboortedagvie-

7 Julie. GEDULD COMBRINK. 12 jaar gelede het die Here jou na jou ewige tuiste geneem. Sal jou nooit vergeet – jou vrou Veronica, 2 seuns, 2 skoondogters en 4 kleinseuns -------------------------------------

NICHOLAAS DAMON – 6 Julie. Nog ‘n verjaardag weg van ons pa, oupa, oupa-grootjie. Mis jou steeds baie – Joan, Maxzeen, Jowaan, kinders en agter-kleinkind -------------------------------------

MARICO LOUBSER. 6 Julie. Jou eerste verjaarsdag met die engele. Mis jou baie – Gertse- en Loubser families -------------------------------------

GODLOOF EDWARD HOWBURG, It’s been 10 years since we last saw you, spoke to you or touched your hands, we miss you so much. Love - your wife, children and grandchildren. -------------------------------------

STEPHANUS PETERSEN. 4 Julie. Dankie Daddy vir die man en pa wat jy vir ons was. Vandag is jou geboortedagvieringe. Ons weet waar jy is, is jy rustig maar gelukkige verjaarsdag - jou vrou en 4 seuns en Petersen familie

MIENA MENTOOR. Mamma, 5 Julie is u 14 jaar nie meer saam met ons nie. Ons mis Ma nog so baie, maar weet wat die Here gedoen het is welgedaan – Kinders, skoonseuns en kleinkinders -------------------------------------

4 July2018. ADAM (Cornet) LEANDER. Missing you always. You never said I'm leaving, you never said goodbye. You were gone before we knew it and only God knows why. Forever in our hearts - Yolandi, Cyril, children and family ------------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

ETHEL JOSEPH. Gebore : 20 Maart 1945 - Oorlede : 28 Junie 2018 Troosdiens : Woensdag, 4 Julie te Zinnialaan 95 om 19:00. Begrafnis : Saterdag, 7 Julie 2018 by St Thomas Anglikaanse Kerk. Besigting om 8:15 en die diens om 9:00 --Die verlange is groot en die leemte onvulbaar, maar ons berus ons in God se besluit. Van : Manlief, kinders en kleinkinders -------------------------------------

WILLEM GEORGE. Gebore : 5 Mei 1962 Oorlede : 29 Junie 2018. Troosdiens : Woensdag, 4 Julie om 19:30 by AGS Wesbank. Begrafnisdiens: Saterdag, 7 Julie 2018 om 10:00 by AGS Kerk, Wesbank met besigting by kerk -------------------------------------


8

courant 4 Julie 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

4 Julie 2018

•KLIPPE, SAND EN STOF SPAT IN RESIES

Wes-Kaapse kampioenskap: Rondte 4 op Darling gehou DARLING – Die tweede oudste motorklub in Suid-Afrika, die Kaapse Skiereiland-motorfietsklub (CPMCC), bied die vierde rondte in die 2018 Wes-Kaapse tydrenkampioenskap aan op Saterdag 7 Julie by die buiteklub (Country Club). Volgens woordvoerder Patrick Vermaak gaan die swaar reënweer dit 'n ware toets van mens en masjien se uithouvermoë wees. Die reeks sluit dag- en nagtoestande in asook nat en droë toestande, gruis en asfaltoestande, warm en koue toestande. Op Darling gaan vier verskillende individuele stadiums geld, wat herhaal word om dit die geleentheid met die langste spesiale stadiumsafstand van die seisoen te gee. Die Kaapse Skiereiland Motorfietsklub is in 1910 gestig (motors was toe nog 'n nuwigheid) en het in 1920 die Kaapse Skiereilandse Motorfiets- en Motorklub geword. Dit is amptelik die oudste motorklub in die Wes-Kaap en die tweede oudste in Suid-Afrika. Hul eerste honderdmyl tydren tussen 160 lede is op 5 Augustus 1912 gehou teen ‘n gemiddelde spoed van 16 myl per uur. Verdedigende kampioene in die Wes-Kaap, Ettiene du Toit en Patrick Vermaak, sal teenwoordig wees in die S3-klas in ‘n Toyota Corolla RXi 1.6. Die swaar reënneerslae behoort egter die kragtiger 4x4-inskrywings ten opsigte van trekkrag en krag te bevoordeel, aangesien die nat oppervlak die krag van die minder aangedrewe 1.6 voorwielaangedrewe motors tap. Nog gedugte deelnemers is pa en seun, John en Weston Peiser, in ‘n S5-klas Subaru Impreza GT 4x4 Turbo 2.0 en Swakopmund-gebaseerde sakeman, Oswaldo Mendes en Kesevan Naidoo in hul S5-klas Subaru Impreza WRX STi 4x4 Turbo 2.0. Daar moet ook uitgekyk word vir Llewellyn Jones en Christophé Pichon in hul S5-klas Subaru Impreza WRX STi 4x4 Turbo 2.0, wat die REACT Night Rally Swartland en die Ceres Toyota Rally gewen het. Ismaeel Davids en Yusuf Ganief in hul S3-klas Toyota Corolla RXi 1.6 wil weer hul tempo verbeter. Andy Haigh-Smith en Tania Vermaak in ‘n Mitsubishi Lancer GT1600 is met 47 punte net

Sportuitslae Sports results DUIWE

Omega (ORPC) - Leeu Gamka_1 1 Manual Lofts 14.50.43, 2 Manual Lofts 14.51.28, 3 Leukes Family 14.51.10, 4 J Morris 14.52.44, 5 Sheldon Bros 14.56.04, 6 J Morris 14.57.05, 7 Leukes Family 14.55.39, 8 Manual Lofts 14.59.35, 9 Manual Lofts 15.04.09, 10 Manual Lofts 15.04.26 Riebeek Wes : Leeu Gamka 1 1 Alex Fam 14.28.14; 2 Alex Fam 14.28.16; 3 Alex Fam 14.36.13; 4 Boltney Hokke 14.39.08; 5 Amerika Hokke 14.39.40; 6 Alex Fam 14.45.58; 7 James Hokke 14.43.45; 8 Mentoor Hokke 14.49.02; 9 MJ Hokke14.49.23; 10 Mentoor Hokke 14.50.27; 11 Amerika Hokke 14.50.56; 12 Amerika Hokke 14.50.54; 13 Adams Hokke 14.55.21; 14 Mentoor Hokke 14.55.14; 15 Boltney Hokke 14.55.56

Canoe Marathon

Andy Haigh-Smith en Tania Vermaak in aksie in hul Mitsubishi Lancer GT1600. drie agter die voorste duo. Tariq Khatib en Faiz Idas se S2-klas VW Golf MkI 1.6 se konsekwentheid sal later in die seisoen dividende betaal. John en Derick Clift, 'n ander pa en seun kombinasie, in ‘n S4-klas Toyota Hilux 2.0 is nog ‘n wenspan om dop te hou. Kyk ook uit vir Julian Calvert en Marius Rudolph in Lulu, ‘n S3-klas VW Golf MkII GTi 2.0 8v. Hulle deel tans die agtste plek algeheel met 25 punte met Paul Emmanuel en Michelle Taylor in hul

S4-klas VW Polo 2.0 16v. Keenan Sassman en Clint Lingeveldt het beslis meer potensiaal as hul huidige tiende posisie in hul S3-klas Toyota Corolla RXi 1.6i. Riyaan Amlay en Ibraheem Amlay in hul S3-klas Toyota Corolla RXi 1,6 moet ligloop vir Darren van Greunen en Quinton Swarts van Langebaan in hul S3-klas Toyota Run X 1.6i. Die Darling-tydren begin en eindig by die buiteklub. Besoek www.wbmk.co.za of bel Vermaak by 083 701 8116.

Rockies gasheer vir internasionale spanne Die Winterporttoernooi vind eersdaags vanaf 12 tot 14 Junie by Hoërskool Swartland plaas. Donderdag 12 Julie se wedstryde skop om 09:00 by HSS-stadion af, terwyl die sporttoernooi reeds op Saterdag 14 Julie om 08:30 begin.

NUUS • NEWS

Op 12 Julie speel Schoonspruit Sekondêr om 13:40 teen DF Malan. HSS kom op sy beurt om 18:20 teen Pates Grammar A te staan. Op 14 Julie speel Piketberg Hoërskool om

12:00 teen Tygerberg. Bellville sal om 13:10 kragte meet teen Hopefield, terwyl Schoonspruit Sekondêr om 15:30 teen Manchester Grammar A speel. HSS se wedstryd teen Labori skop om 16:40 af.

European marathon stars Joel Van Bakel and British stalwart Keith Moule have entered as a team for the Berg River Canoe Marathon from 12 to 15 July, adding further spice to the inaugural team competition. Moule finished in the top ten last year despite a hefty thirty minute penalty for swapping out a broken kayak, while Van Bakel racked up a sixth place in 2015 when he raced the four day epic from Paarl to the Eastern seaboard. Moule said the new team racing format was fascinating. "Every race I do, I try to picture the different ways that the race might turn out, thinking of different ways I could beat someone and trying to think how they might look to beat me," said Moule. "With the team format it makes it ten times harder to work out how the race will unfold. "We know who the strong guys are so we will need to work out how we can out-manoeuvre them, or at least one of each pair, on the water. "I have the big guy from Holland looking out for me, I think it will be a lot more fun working together this year, instead of working against each other," he added. The 38 year old from Essex said that the Berg helped plug the gap left in his high volume competition programme after the cancellation of the Westminster Devizes to Westminster race. "The Berg is a tough race, but it really boosts your fitness, and everything seems easier after you’ve done this race. There have been plenty of top international athletes complete this race and go on to achieve great results at world marathon champs, so I don’t see this race having to be a choice between one or the other. Moule said he was looking forward to the unknown factors of the tight first day and the long third stage. "There are a lot of friendships made on the third day, where people work together and need each other to get through the day successfully," said Moule. Van Bakel said that he was excited to be teaming up with Moule as they matched each other’s abilities well.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
476 dié courant swartland by DieCourant - Issuu