courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
27 Junie 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 475
27 Junie 2018
•MARINDA VAN WYK SKRYF WEER 'N VERHAAL
Langebaner se pen lewer nog ‘n roman Alida Buckle LANGEBAAN – Die innemende skrywer, Marinda van Wyk, se derde geskiedkundige roman, Dors, is Saterdag 23 Junie by die White Sands-restaurant bekendgestel. Dit was ‘n eerste vir die span by Bargain Books in Laguna Mall en hulle was in hul skik met die goeie opkoms. Bekende joernalis en radiopersoonlikheid, Dawie du Toit, het tydens die bekenstelling ‘n onderhoud met Marinda gevoer. Marinda het jare aan die manuskrip vir Dors geskryf, maar dit eers ná haar skoonma, ‘n afstammeling van die Dorslandtrekkers, se dood klaargemaak. “Mense onthou mos maar dinge soos wat hulle dit wíl onthou, en soms verskil dit hemelsbreed van hoe dit werklik was.” Marinda en haar man, Jan, woon al sedert 2000 in Langebaan, waar sy voltyds skryf. Jan is haar eerste leser en dra baie by tot haar boeke, vertel Marinda. As daar te veel geskiedenis en te min storie op ‘n plek is, sê hy gou dat hulle nou in diksand vassit. Dors handel oor die tweede Dorslandtrek in 1876 toe verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Marikori-
Radiopersoonlikheid Dawie du Toit en skrywer Marinda van Zyl gesels oor Dors.
omskep.
viere na Damaraland getrek het. Om daar te kom, moes hulle 'n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. “Dit is die produk van baie navorsing en is gegrond op ware gebeurtenisse,” het Marinda gesê. Marinda plaas haarself in die skoene van haar karakters as sy geskiedkundige feite in ‘n verhaal
Sy hou hoofsaaklik by historiese karakters maar skep nuwes om die spanningslyn te dra. Soos Dors se Adriana, ‘n sterk hoofkarakter wat nie stereotipies is nie en wat Marinda gebruik het om karaktergroei te toon. Marinda glo dat sy nie hoë letterkunde probeer skryf nie, want dan gaan niemand dit lees nie. Dors handel oor meer as net die dors na water. Dit gaan ook oor die dors na mag, maar ten spyte van die fel magstryd tussen die voormanne om die hoofleier van die trek te wees is Dors inherent ‘n liefdesverhaal. Marinda se navorsing dui daarop dat 40% van die trekkers en hul werkers uiteindelik omgekom het aan malaria en ander siektes. Dors is onder meer te koop by alle Bargain Books. • Marinda is in 1948 in Gobabis, Namibië, gebore en in 1971 in Windhoek met haar chemikus man, Jan, getroud. Sy het ‘n BA-graad en Onderwysdiploma aan die Potchefstroomse Universiteit behaal. In 1976 verhuis hulle na Bloemfontein en in 1984 na Vanderbijlpark. • Marinda behaal verskeie grade: Honeursgrade in Geskiedenis en Biblioteekkunde, 'n MA in Geskiedenis, M.Bibl. (cum laude) en ‘n Ph.D. in Geskiedenis. • In 1988 haal haar debuutnovelle, Die Reëndagbesluit, die kortlys van die Sarie/ATKV-novellewedstryd. Dit word in 1991 in die bundel, Bittersoet Sewe, deur Tafelberg-uitgewers gepubliseer. In 2011 is sy die naaswenner in Lapa se romanwedstryd met Vrypas na Vergenoeg, wat as Wilhelmina Radebe kom tuis gepubliseer word. • In 2015 haal Amraal die kortlys van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd. Dit word in Februarie 2016 gepubliseer. • Wilhelmina Radebe kom tuis en Amraal is op RSG voorgelees.
NUUS • NEWS
2
27 Junie 2018
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
27 Junie 2018
3
•ELF HUURDERS GERAAK DEUR WENDING
Bokkomlaan: Kontrakte verval, nuwe onderhandelinge onderweg Alida Buckle VELDDRIF – Elf huurders van vissermanshuisies in Bokkomlaan, die grootste toeriste-aantrekking en “lewende museum” op die dorp, se kontrakte verval aan die einde van die jaar. Die Vishuis-restaurant s’n verval in 2019. Oor of die kontrakte hernieu gaan word of nie, word nog met die Bergrivier-munisipaliteit beraadslaag, maar oor die toekoms van Bokkomlaan is alle rolspelers dit eens – dit is nie onderhandelbaar dat dié erfenisgebied bewaar moet word nie. Bokkomlaan, ‘n paradys vir toeriste, fotograwe en voëlkykers, het juis vanjaar Erfenisstatus gekry. Volgens raadslid Sandra Crafford is baie goeie idees tydens ‘n werkswinkel in die stadsaal, Maandag 18 Junie, geopper. Sowat 120 munisipale amptenare, sakekamerlede en inwoners het koppe bymekaar kom sit oor hoe dié deel van Erf 486 en die sterwende kuns van bokkoms-maak bewaar kan word. Die munisipaliteit is besig om ‘n bewaringsbestuursplan op te stel. Bokkomlaan bestaan al sedert die middel van die agtiende eeu, met gesoute vis wat aand ie Hollands Oos Indiese Kompanje se skepe verskaf is. Die twaalf vissermanshuisies oftewel vishuisies is van gemaalde skulp en klei gebou en gebruik om bokkoms in te maak. Vandag word 95%
van die land se bokkoms hier vervaardig. Bokkomlaan is in 2001 as ‘n natuurreservaat geproklameer met toestemmingsgebruike vir tradisionele vispraktyke soos die maak van bokkoms en die vlek van snoek asook toerisme wat ‘n restaurant, ‘n koffiewinkel, ‘n kunsateljee, bootritte en die uithuur van visvanggerei en kano’s insluit. In 2012 word Bokkomlaan in die munisipale ruimtelike ontwikkelingsplan geoormerk as ‘n erfenis hulpbron, maar steeds word daar kort-kort oor die wettige eienaarskap navraag gedoen. Die munisipaliteit het nou regsmening ingewin om te bepaal of hulle eienaarskap wettig is. Bokkomlaan is by die aktekantoor as munisipale eiendom en by die landmetergeneraal as ‘n openbare plek geregistreer. Al die strukture is opgerig voor dorpstigting en die huurders onderhou self die geboue. Uitdagings is die swak gruispad, die enkel watertoevoerpyp na die geboue, die enkel bootglipbaan, die tekort aan parkering vir toerbusse, geen spaar kragkapasiteit, geen publieke ablusiegeriewe en die feit dat dit nader as die hoogwatermerk lê. Inwoners het ook uitgewys dat die beperkte handelsure toerisme negatief beïnvloed. Al die huisies het kaaitjies, maar dit benodig onderhoud.
Bo: Inwoners, sakelui en munisipale amptenare byeen om oor Bokkomlaan se toekoms te praat.
Natuurlegende se nalatenskap leef voort LANGEBAAN – Charlie Hamman (47), ‘n legende in natuurbewaringkringe en bestuurder van die Thali Thali Game Lodge is Donderdag 21 Junie oorlede ná ‘n fratsongeluk terwyl hy aan ‘n naambord langs die R27 gewerk het. Hamman het die Lodge saam met sy vrou, Andriëtte (36), bestuur. Hy was vir jare, sedert sy sestiende verjaarsdag betrokke en later beampte by mariene-en-kus-beheer in Saldanha, waar hy sy passie vir natuurbewaring en die natuur tot 2007 uitgeleef het. Van 2007-2015 het die paartjie in Limpopo gewoon, waar hul seun Carlo in 2012 gebore is. Hy word ses jaar oud en het altyd soveel as moontlik saam met sy pa gedoen. Die Hammans keer terug na die Weskus in 2015 om Thali Thali te kom bestuur. Hier het Charlie se pad met honderde mense gekruis en het hy baie vriende gemaak. Sy kundige kommentaar tydens wildritte was onvergeetlik. Baie mense het ook by hom leer boogskiet. Andriëtte het gesê dat wat sy die meeste van hom gaan mis, is dat hy altyd daar was vir almal. “Hy was so passievol oor alles in sy lewe. As hy kwaad was, was hy goed kwaad; as hy gelukkig was, kon almal dit aanvoel; as hy hartseer was het hy gehuil. Hy was net ‘n passievolle mens en altyd reg om te help en dinge vir almal om hom makliker te maak. ‘n Perfeksionis. "Nie ’n lui haar op sy kop nie en diep lief vir
Musiekakademie gee glansvertoning:
LANGEBAAN – Die Weskusmusiekakademie het hul eerste Extravaganza gehou op 20 Junie. Foto: Lisa Pereira
die see.” Thali Thali-personeel skryf op hul Facebook-blad dat Charlie onthou sal word vir sy wye kennis van die natuur, sy droë sin vir humor en sy toewyding as vader. Hulle bedank ook die ambulansdiens en paramedici vir hul onvermoeide pogings om Charlie te help. Die begrafnis vind op Donderdag 28 Junie vanuit die NG Kerk Laaiplek plaas.
Volg ons by @diecourant op Facebook! Besoek ons webtuiste by www.diecourant.co.za.
4
NUUS • NEWS
27 Junie 2018
dié courant
Talent alleen is nie genoeg
Aanhoudende harde werk, saam met talent, bring op die ou end vir die houer daarvan sukses. Die nuwe generasie dink dat talent alleen jou verder gaan bring, maar ongelukkig is dit net die begin. Kyk nou maar vir Marinda van Wyk, skrywer van Dors, Amraal en Wilhelmina Radebe kom tuis. Sy het jare aan elke boek gewerk. Metodies navorsing gedoen. Aan elke karakter geskaaf en geskuif totdat dit uiteindelik in ‘n ineenvloeiende manuskrip aan ‘n uitgewer voorgelê kon word. Talent ja. Baie. Maar meer nog kan die uiteinde van haar harde werk in die pragtige verhale gesien word. Baie mense stuur net een keer ‘n kortverhaal in en as dit afgekeur word, hou hulle op probeer. Maar Marinda, nes ons ander groot Weskusskrywer, Esta Steyn, weet van aanhou en uithou. Net so is dit met enigiets wat aangepak word. Die kinders wat die voorreg het om deel van die Weskus-musiekakademie en die Weskus-jeugorkes te wees, wéét dat om ‘n instrument te kan bespeel maar net die begin is. Om dit te bemeester kort jare se konstante harde werk en oefen. Niks kom sommer van self nie. Dit help nie om hoë ideale te koester, maar niks daaromtrent te doen nie. Dan word die “talent” begrawe, waar dit nie vir die houer of iemand anders iets kan beteken nie. ‘n Voorbeel van iemand wat nié sy talente begrawe het nie, maar dit voluit uitgeleef het, was Charlie Hamman. Vroeër jare as mariene en kusbeheerbeampte in Saldanha het hy passievol, op ‘n uiters skamele begroting saam met die ander beamptes probeer om die kuslyn teen plundering te beskerm. Want die natuur het hom ná aan die hart gelê. Die afgelope drie jaar as bestuurder van die Thali Thali Game Lodge by Langebaan het hy steeds sy liefde vir die natuur uitgeleef. Hoewel sy lewe kortgeknip is, was dit ‘n lewe voluit geleef. En daarvoor sal hy hy onthou word.
Dagboek • Diary Weekliks
Alkoholiste Anoniem, Maandae in Vredenburg, Woensdae in Langebaan en Vrydae in Saldanha – 073 179 0751.
Gebeurlikhede
Vrydag-Saterdag 29- 30 Junie: Goedverwacht Snoek en Patatfees, volwassenes R80 pp, kinders o.3 gratis, kinders tussen 3-18 R30 pp, naweekpas R130 – 071 889 1121, tourism@goedverwacht.com Saterdag 30 Junie: Piket-bo-Berg-boeremark, 09:00-12:00, Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg – Jane Paterson 083 208 6873. Visbraai, St James Anglikaanse Kerk, Aandblomstraat, 11:30, R45. Denlyn-parkmark, 09:00-13:00 – Denise 022 772 0638, Lynne 082 935 5497. Saterdag 14 Julie, Franja du Plessis en Ruan Josh by die Bergrivier-winterkarnaval by Riviera Hotel, Velddrif. Friday 20 July: Winter Talent Show, West Coast Vineyard Church, 31 Heuningklipweg, Vredenburg, 18:30, refreshments on sale, R45 for adults, R30 for children under 12, tickets available at door or book, send short audition videos to 073 920 3697, merakistudiowc@gmail. com. Curro Concert celebrating 20 year in existance, HB Thom Theatre, Stellenbosch – book at quicket.co.za Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita Du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.
SPORT Weekliks
West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com.
Neem deel/ gaan kyk:
Woensdag-Saterdag, 11-14 Julie: Bergrivierkanomarathon, Velddrif – berg.org.za Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za.
KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276.
Goedverwacht skud vere reg vir Snoek en Patat Dit is weer hierdie tyd van die jaar om die kosland van die Swartland, beter bekend as Goedverwacht vir hul immer gewilde en smullekker Snoek en Patatfees te kom besoek. Dié geldinsamelingsinisiatief wat jare gelede daargestel is vir die volhoubaarheid van die sendingdorp se ekonomie, vind die komende naweek plaas. Die jaarlikse fees, moontlik gemaak deur die Goedverwacht Toerisme Ontwikkelings Forum, speel ‘n sleutelrol in die volhoubaarheid van die plaaslike en omligende gemeenskappe. Volgens Goedverwacht se toerismekantoor, hoop die feesorganiseerders om vanjaar weer in hul doelwitte te slaag deur werksgeleenthede te skep, ‘n plaaslike mark vanuit plaaslik geproduseerde produkte te bewerkstellig, toerismeaktiwiteite gedurende die wintermaande ‘n hupstoot te gee en plaaslike en opkomende musikante ‘n geleentheid in die kollig te bied. Die plaaslik geproduseerde produkte sluit onder meer vars gebakte brode, groente en handgemaakte produkte in. Met die fees, ontstaan daar ‘n aansteeklike gees in die lug waartydens besoekers hul leuse, “want dis lekkig” kan aanvoel. Die suksesse van die fees skep ‘n geleentheid vir die kleinboere wat hoofsaaklik met patats en ander groente boer en om hul bestaande besighede uit te brei om in die groter aanvraag te kan voorsien. So word daar kos op die tafel gesit en geld omdat die oorskot verkoop kan word. Vanjaar het die boere in samewerking met die departement landbou 10 ha patat geplant en die vooruitsigte lyk belowend. Die fees skep verder geleenthede vir kleiner besighede om stalletjies vir die duur daarvan op te stel en blootstelling te kry.
Sowat 6000 besoekers word vanjaar verwag. Die geleentheid skep verder werksgeleenthede terwyl daar voorbereiding vir die verrigtinge getref word. Inwoners ervaar ook ‘n trots tydens feesvieringe wat sorg dat hul huise netjies is vir besoekers. Die fees dien as ‘n absolute ekonomiese dryfveer. Die talente, vermoëns en vaardighede van die inwoners van Goedverwacht kom sterk na vore wat verdere blootstelling vir geleenthede in die toekoms moontlik maak. Van die wins gaan ook aan plaaslike organisasies en projekte. Dis ‘n fees, maar met ‘n egte rustige plattelandse atmosfeer. Vanjaar kan besoekers ‘n vermaaklikheidsprogram vanuit die boonste rakke verwag. Kom kyk wie vanjaar die kroon dra van mnr en mej. Goedverwacht. Kom besoek die plaaslike museum en neem deel aan historiese toere. Daar is vanjaar weer ‘n verskeidenheid stalletjies te sien en mallemeule vir groot en klein. Indien jy wil kom kamp, bring jou karavaan of tente en kom slaan op op ‘n netjiese kampterrein met kampeergeriewe. ‘n Verskeidenheid kunstenaars kan deur die loop van die fees op die verhoog aangetref word. ‘n Naweekpas beloop vanjaar teen R130, terwyl ‘n dagpas (Saterdag) R90 vir volwassenes en R30 vir kinders tussen ses en 12 jaar vanaf 08:00 tot 18:00 die aand sal kos. Kom dans saam vir slegs R40 per persoon. Daar sal ‘n parkeerfooi van R10 wees en natuurlik afslag vir busse of toergroepe. Die fees skop Vrydag om 10:00 met kindervermaak af. Vir meer inligting, kan Sheena by 078 316 3988, uitvoerende hoof, Merle Dietrich by 083 252 7538 of die kantoor by 071 889 1121geskakel word. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.
Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na alida@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00. n Langebaan en Vrydae in Saldanha – 073 179 0751.
Gebeurlikhede Woensdag 20 Junie: Silwer Vleuels-bejaardeklub, 09:15, Ou Waenhuis, NG Kerk Vredenburg. Saterdag 23 Junie: Jonathan van Radio Raps, Athene-konferensiesentrum, R150 pp, 21:00 – book at mykonoscasino.co.za, 022 707 6970. Dinsdag 25 Junie: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk-moedergemeente, 18:30 – Anna-Marie 084 577 7752, admin@ weskusfotoklub.co.za Vrydag-Saterdag 29- 30 Junie: Goedverwacht Snoek en Patatfees, volwassenes R80 pp, kinders o.3 gratis, kinders tussen 3-18 R30 pp, naweekpas R130 – 071 889 1121, tourism@goedverwacht.com Saterdag 30 Junie: Piket-bo-Berg-boeremark, 09:00-12:00, Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg – Jane Paterson 083 208 6873. Visbraai, St James Anglikaanse Kerk, Aandblomstraat, 11:30, R45. Denlyn-parkmark, 09:00-13:00 – Denise 022 772 0638, Lynne 082 935 5497. Woensdag tot Saterdag, 27 tot 30 Junie, Wintermark Langebaan by Curro Langebaan Skoolsaal. Vir alle geskenkies, mooigoed, eetgoed, koffie, lekker vars groente en vrugte, klere, huisgoed en hartsgoed. Kaart fasiliteite beskikbaar,. Saterdag 14 Julie, Franja du Plessis en Ruan Josh by die Bergrivier-winterkarnaval by Riviera Hotel, Velddrif. Friday 20 July: Winter Talent Show, West Coast Vineyard Church, 31 Heuningklipweg, Vredenburg, 18:30, refreshments on sale, R45 for adults, R30 for children under 12, tickets available at door or book, send short audition videos to 073 920 3697, merakistudiowc@gmail.com.
Muurskilderye opgedateer:
HOPEFIELD – Die muurskilderye by die Simply Bee-winkel, het so pas nuwe kleur gekry, met die dat kunstenaar Vera du Toit die bekende bakens in die dorp opdateer het. “Mense hou baie daarvan, aangesien hulle vir Pierre van der Westhuizen (byeboer) en sy vrou, Helena, by die byekas herken.
SPORT Weekliks
Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004.
Dominees werk vir versoening en eenheid: Verskeie plaasli-
ke NG Kerk-predikante het op Dinsdag 12 Junie die Wesland Verenigde Ring se vergadering in ����� bygewoon waar beplan is aan gesamentlike projekte soos kanselruilings en 'n wegbreek. Terselfdertyd het Dion Forster van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, besin oor die betekenis, geleenthede en uitdagings van versoening. Agter van links is Konette Louw (Akkerdyk), Willie Greeff (Akkerdyk), Erik Basson (Vredenburg), Marileen Steyn (jeugwerker by Saldanha), Cassie Zincke (Vredenburg VGK Afrikaans), Kobus van Schalkwyk (Vredenburg VGK Xhosa), Gert Oosthuizen (Langebaan), Andre Botha (Darling VGK), Jakes Barnard (Saldanha) en Kobus de Kock (Langebaan); voor is Thys du Toit (Vredenburg), Richard Holloway (St Helenabaai), Kotzé Olivier (Saldanha), Hennie Burden (Laaiplek), Dion Foster (Gordonsbaai), Christo St�������� GK), en Nico Cloete (Saldanha VGK). Foto: NG Kerk
NUUS • NEWS
27 Junie 2018
Hoe gemaak met... BACK TO SCHOOL ...wintersnoei vir my tuin ? Ek hoop dat al ons tuiniers geniet die lieflike reëns wat ons so mildelik hierdie jaar ontvang. Ek glo almal se gemoedstoestand is baie meer positief omdat ons damme mooi voller word. Maar wintertyd is snoeityd vir ROSE & VRUGTEBOME en meeste ander bladwisselende bome en struike. Jou krismisrose en wigerdstokke moet ook deeglik gesnoei word. Die beste tyd vir wintersnoei is verkieslik middel JULIE tot middel AUGUSTUS, indien jy in ‘n area woon waar daar swaar ryp voorkom, moet jy selfs nog later snoei. Hoekom snoei ons ? Deur plante te snoei, word nuwe groei gestimuleer wat plante jonk, ferm en gesond hou. Plante produseer dan ook beter kwaliteit en kwantiteit blomme en vrugte. Verder verbeter en beheer dit die voorkoms, grootte en fatsoen van jou struike en bome. Wanneer jy jou snoeitake aanpak, sorg dat jy die regte gereedskap het; jy benodig 'n ordentlike skerp snoeiskêr, ook 'n skerp en goeie snoeisaag en 'n paar lekker tuinhandskoene sal veral by rose jou taak aansienlik vergemaklik. NB-NB-NB: Steriliseer jou snoeigereedskap na elke vrugteboom of roos wat gesnoei is om te verhoed dat jy virus en swamsiektes versprei. Hiervoor kan jy gebruik; kaliumpermanganaat of brandspiritus of dettol. NOTA Nuwe en jong hout produseer beter, so prober dit behou sover moontlik. Moet nie verwar met wilde- of waterlote, wat jy geheel en al moet verwyder. Wanner jy te veel lote en takke op jou plante agterlaat, gaan daar wel baie vrugte en blomme wees, maar van ‘n baie swakker kwaliteit en
grootte. Sodra jy klaar gesnoei is, spuit dadelik met KALKSWAWEL (een deel per tien dele water) om sluimerende swamsiektes en ander peste te beheer, daar is ook KUMULUS wat gebruik kan word. Onthou; gebruik kalkswawel slegs op plante sonder blare (bladwisselende plante). Wat ook baie belangrik is, is om alle snoeisels, takkies, blare en los lote te verwyder, om te help met die voorkoming en verspreiding van siektes. HOE SNOEI EK ? Eerstens verwyder jy alle dooie lote en takke, so ook krom en swak takke. Oorblywende lote word uitgedun en tot ± een derde van die oorspronklike lengte teruggeknip. Swak en minder produktiewe lote word ook verwyder. NB: Maak seker dat alle snitte ± 5mm bokant 'n ogie is wat na buite wys, die snit moet skuins wees na binne, sodat water kan afloop om infeksie te voorkom. Snoeiwonde kan veseël word met "tree seal" of "steriseal". Hoogstam-rose word ook net soos bosrose gesnoei. Voorspoed met die snoeitake, dit is nie so moeilik nie! Indien jy nog twyfel, kom besoek ons by die KWEKERY, dan kan ons vir u wys hoe dit gedoen word. Ons gaan ook op Saterdagoggend 21 Julie 2018 om 10:00 ‘n gratis snoei-demonstasie aanbied by MALMESBURY KWEKERY, kom kuier gerus vir ons en ons gesels en doen snoeitake. Lekker tuinmaak. Tuingroete. George Retief
Het jy alewig ‘n problem met insekte en ongenooide gaste? Traxdor het die antwoord… hulle vliegskerms (fly screens) is van hoogstaande gehalte en kan op alluminium sowel as houtvensterrame geïnstaleer word. Dit is die ideale oplossing wat nie net funksioneel is nie, maar ook esteties goed vertoon.
Bel Gerhard Visagie gerus by 082 211 2965 vir 'n kwotasie asook om meer inligting oor hul deurskynende diefwering (clear bars) met ‘n tien jaar waarborg asook traliewerk-veiligheidsdeure. By Traxdor gaan jy net puik diens en uitstekende vakmanskap kry.
BACK TO MAMBO’S
& LOW PRICES Large range of Crystal Boxes with lids (Pink, clear & Blue)
16L - R79 SAVE R20 24L - R89 SAVE R25 35L - R129 SAVE R40
UNDERBED BOXES
32L - R129 SAVE R30 42L - R199 SAVE R50 55L - R299 SAVE R65
Less
20%
Beste oplossing vir insekte
on ALL 4M Products
Kids Holiday Fun at Mambo’s
R49
each
SUNNY KIDDIES ARMLESS CHAIRS (ASSTD COLORS)
SUNNY KIDDIES TABLE (ASSTD COLORS)
R199 SAVE R50
CRYSTAL BOXES + LIDS
(CLEAR, PINK & BLUE)
80L
R199
110L
R339
SAVE R60
SAVE R60
R89 R99
SAVE R20 SAVE R25 CD BOX CLEAR CRYSTAL DVD (HOLDS 52 CD’S) BOX CLEAR
6 DRAWER MOBILE TOWER
R399 SAVE R150
KILLER DEALS
R299 SAVE R100
3 DRAWER MOBILE TOWER
ambo s
STORAGE & HOME
WESTERN CAPE: RETREAT: 021 701 0566, GREEN POINT: 021 418 7805,GEORGE: 044 887 0476, SANDOWN: 021 554 0626, BELLVILLE: 021 948 3767, CAPE GATE: 021 981 2029, KENILWORTH: 021 671 3114, SOMERSET WEST: 021 852 1605, PAARL: 021 872 7320 FREE STATE: BLOEMFONTEIN: 051 421 0029, LANGENHOVEN PARK: 051 446 0023 EASTERN CAPE: PORT ELIZABETH: 041-368 6551, BAYWEST: 041 492 0372, EAST LONDON: 043 726 3679 VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA Errors and omissions excluded. We reserve the right to limit quantities. VALID UNTIL 22 JULY 2018 While stocks last. E&OE
5
6
NUUS • NEWS
27 Junie 2018
Sommige waterbeperkinge verslap na Vlak 4 VREDENBURG – Die Saldanhabaai munisipale raad het op Vrydag 15 Junie besluit dat die sekere Vlak 6B-waterbeperkingsregulasies in plek bly, hoewel tariewe van Sondag 1 Julie af verslap gaan word na Vlak4. Volgens Ethne Julius, munisipale woordvoerder, mag inwoners steeds net 50 liter water per persoon per dag gebruik. Kommersiële en Industriële eiendomme moet mik om hul verbruik met 45% te verlaag en landbou-eiendomme met 60% in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Karwas en watersuiweringswerke mag egter nou weer munisipale drinkwater gebruik op voorwaarde dat hulle aan dieselfde beperkings voldoen as kommersiële eiendomme: hulle mag net 45% water verbruik in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Die gebruik van munisipale drinkwater vir besproeiing en waterfokuspunte bly verbode en besproeiing met grys water en reënwater moet duidelik met borde aangetoon word. Boorgate en putte moet by die departement van water en sanitasie geregistreer wees en die munisipale bord wat dit aandui, moet duidelik sigbaar wees. Die spoel van toilette met nie-drinkwater (bv. gryswater) word aangemoedig en bad word steeds ontmoedig. Swembaddens en draagbare speelpoele mag glad nie gevul of hervul word met munisipale drinkwater nie. Watergebruiksperke en tariewe word soos volg aangepas:
• Boetes: Die boetes ten opsigte van wooneiendomme wat meer as 10kl per maand verbruik, word tot 15kl/maand verslap. Inwoners wat volgens ‘n werklike watermeterlesing en nie ‘n skatting nie, meer as 15kl per maand oorskrei gaan beboet word saam met diensrekeninge, wat gedurende Julie 2018 aan verbruikers gelewer word, vir betaling teen 15 Augustus 2018 – eerste oortreding R1000 en tweede oortreding en daarna R2000. Die Raad mag hierna 'n beperker op enige tydstip na 'n tweede oortreding installeer. • Die ablusiegeriewe sal oopgemaak word vir sportgeleenthede ens., mits daar steeds ’n waterverbruik- en waterbesparingplan verskaf word. • Bou- en konstruksieprojekte word nie verbied om munisipale drinkwater te gebruik nie, dus kan nuwe ontwikkelings aansoek doen om waterverbindings. As hierdie wooneiendomme egter die limiet van 15kl/maand oorskry, sal hulle ook beboet word. • Verswakte sorgfasiliteite, ouetehuise en hospitale word vrygestel van die beperkings. • Huise van veiligheid moet aansoek doen om vrystelling indien hulle meer as 10 mense akkommodeer, maar hulle moet registrasie as NRO kan bewys. • Die 6kl-beperkers wat by behoeftige huishoudings geïnstalleer word, sal verander na hoër vloei beperkers wat die verbruik tot 15kl/maand vir alle behoeftige huishoudings verhoog. Vir verder navrae, kontak 022 701 7000 of stuur 'n epos na mun@sbm.gov.za
Werk aan Laingville-pad begin weer ST HELENABAAI – Verbeteringe aan die stormwaternetwerk van die ingangspad na Laingville word weer vervat op Maandag 9 Julie. Ethne Julius, woorvoerder vir die Saldanhabaai-munisipaliteit, het in ‘n persverklaring gesê dat die munisipaliteit besig is om ‘n ander kontrakteur aan te stel om die uitstaande werke te voltooi, nadat Westland Civils se kontrak be-
ëindig is. Herstelwerk aan die pad gaan glo op die konstruksieprogram geprioritiseer word, sodat dit na verwagting einde Oktober voltooi sal wees. Bel Cameron Lawrence by Saldanhabaai-munisipaliteit by 022 701 7156 indien daar meer inligting oor die projek benodig word.
Dalene Willemse en Melanie Basson maak die universele gebaretaalteken vir “I love you”.
Weskus se dowes híér gehelp
VREDENBURG – Dowe mense, wes van die Kaap, word almal deur die twee hulpvaardige vroue by die Dowe Federasie van Suid-Afrika (DeafSA) se tak in Skoolstraat gehelp met alledaagse dinge van ‘n doktersbesoek tot hulp in die hof. Die dowe maatskaplike hulpwerker Melanie Basson (32) en die tolk Dalene Willemse (41) is al amper tien jaar die uitmuntende span wat die Vredenburgtak beman. Hulle is albei gebore en getoë in Louwville. “Ons help die dowes met alles,” interpreteer Dalene wat Melanie sê. “Dit is soms baie moeilik vir ‘n dowe mense om aan ‘n dokter te verduidelik wat hulle makeer, dan help Dalene om te verduidelik.” DeafSa lewer ‘n omvattende lys dienste soos ondersteuning (opstel van CV’s, hulp met toelae-aansoeke, ens.), gebaretaal tolkdiens, bewusmaking, vroeë identifikasie en opvoedkundige werkswinkels. Melanie kom uit ‘n huishouding waar albei haar ouers sowel as een van haar twee susters doof is. Sy was tot gr.10 in die Wynberg-doweskool en het daarna haar matriek aan die Valsbaai Kollege voltooi. Sy was ‘n sakpakker by Pick n Pay toe die pos by DeafSA geadverteer is. Sy het aansoek gedoen en die werk gekry en omdat sy toe al vir Dalene ontmoet het, haar aangepos om ook aansoek te doen. Sy is toe as tolk aangestel.
Melanie het sedertdien ‘n sekretariële kwalifikasie asook haar kwalifikasie as maatskaplike hulpwerker verwerf. “Ons wys nie mense weg nie,” verduidelik Dalene. “As ons regtig nie kan help nie, vra ons die provinsiale tak of maatskaplike dienste om hulp.” Die tweetjies bekommer hulle veral oor dowe kinders wat nie skool gaan nie. “Ouers moet na ons toe kom. Ons sal hulle help om die kinders uit te plaas.” Hul grootste nood op die oomblik is brandstofgeld om die dowes wat op plase bly te gaan bedien. Die naaste DeafSA tak is in die Paarl. September is juis die maand van die dowe, om mense meer bewus te maak van die uitdagings wat dowes te bowe moet kom. DeafSA tree op as die nasionale navorsings-, inligtings- en gemeenskapsaksie-organisasie namens sowat 600 000 dowe Suid-Afrikaners. Dit is in 1929 gestig. Benewens donasies kry DeafSA net ‘n klein subsidie van die nasionale regering. ‘n Mylpaal die afgelope amper 89 jaar van diens sluit in dat die regering gebaretaal as ‘n gemeenskapstaal in Suid-Afrika erken. Die Vredenburgtak is oop, Maandae tot Vrydae, 08:00-14:00. Bel hulle by 022 715 4939 of besoek hulle by die Weskussentrum op die hoek van Skool- en Langstraat.
K��� anners vier 9 jaar Menita Paxton, stigter van die Kof���vir bejaardes op St Helenabaai, sny die nommer nege koek om hul negende verjaarsdag te vier. ST HELENABAAI – Menita Paxton, stigter van die Koffiekan vir bejaardes, nege jaar gelede het ‘n groot nommer nege koek gebak om hul negende verjaarsdag op Saterdag 9 Junie te vier. Op 13 Junie 2009 het Paxton die eerste byeenkoms vir bejaardes gehou met net 30 mense. Nou is hulle al 97. Paxton het Jan Visser van Brackenfell se optrede geborg gekry en die “oues van dae maar jonges van gees” het sy uitvoering van veral Gé
Korsten-liedjies vreeslik geniet. Al die mans het ‘n geskenkie (en, volgens Paxton, “natuurlik ‘n soentjie”) en die Koffiekanners elk ‘n bottel lekkers gekry. “Die kos was heerlik en almal het hul knuppeldik geëet”. Die volgende Koffiekan-byeenkoms is op Saterdag 14 Julie. Kontak Paxton by 082 764 1274 om meer te wete te kom.
Kontak ons • Contact Us
Redakteur: Izélle Garciaizelle@diecourant.co.za
Bemarkingsbestuurder: JB Patersonads@diecourant.co.za Joernalis: Alida Bucklealida@diecourant.co.za
Bemarkers: Desiré Kriel desire@diecourant.co.za Isabella Schnetler isabella@diecourant.co.za
Finansies: Jane Gouws - accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
7
27 Junie 2018
Hoërskool Westonkoor gee hoendervleis
SALDANHA – Die uitvoering van Hoërskool Weston se skoolkoor van die landslied van Suid-Afrika, Nkosi Sikelel' iAfrika, tydens die inhuldigingseremonie van die juniorstadsraad op Saterdag 16 Junie het die gehoor skoon hoendervleis gegee.
Weskussers opgeneem in Akademie-netbalspan Verskeie Weskusnetbalspelers is in vanjaar se Akademiespan opgeneem. Hulle is Amber Coraizen en Cathrine Murray (Vredenburg); Inge Theron (hulpafrigter) Velddrif, Beulin Lazarus (Hopefield), Janine Heynse en Mekayla Barnard (Malmesbury); Shannon Fortuin (Good Hopes); Charne Sias en en hoofafrigter Suzette Visser (Darling), Johanna Skippers, Helouise Skippers en Jaclyn Engelbrecht (Moorreesburg), Benita Malgas (Wesbank), Lerine Burger (Citrusdal) en Suzette Visser (hoofafrigter, Darling). Verder gaan Brandon Brand, Sarah Fabri en Marleze Jooste die Weskus verteenwoordig as skeidsregter en gradeerders by die Suid-Afrikaanse o.19 kampioenskap in Pretoria. Daar word eers weer op Saterdag 14 Julie netbalwedstryde gespeel.
Velddrif-netbalklub se B-span het nuwe sportklere gekry by Chevon Elllis van die Velddrif-toerismekantoor. Van links is afrigter Inge Theron, Anuchca Brand, Ellis en Kim Bana; voor is Bianca Mostert. Die klub is uiters dankbaar vir dié groot skenking.
Krieket: Lorenzo Ockhuis van die Piketberg-krieketklub het die toekenning ontvang as die Boland-unie se speler van die jaar. Hy is ook opgeneem is Krieket Suid-Afrika se plattelandspan later vanjaar an 'n toernooi sal deelneem.
courant
8
dié
27 Junie 2018
Tel: 022 487 3221
NUUS • NEWS
SPORT
27 Junie 2018
Saldanha herstel orde, wen onoorwonne Young Hearts Alida Buckle – “Die orde is herstel in die Weskus. Saldanha het gister enige vrae oor wie die kitaar slaan geantwoord deur Young Hearts van Pella in die reën af te stof het,” so glo Davie Lawrence, rugbyliefhebber. “As iemand die Weskusstreek wil wen, gaan hy eers verby Saldanha moet kom. Young Hearts weet dit nou,” skryf hy in sy weeklikse terugskou van die naweek se wedstryde, op Boland Klubrugby Nuus. Die reën het met tye gelyk asof dit die wedstryd sou laat stuit, maar die manne van Saldanha het hul lynspel behou en gespeel asof die veld en bal nié seepglad was nie. Hulle wen met 2110 met weer eens skitterende spel. Die manne van Pella was tot Saterdag nog onoorwonne dié seisoen en die voorlopers op die punteleer in die Grootbekeruitdaagreeks. Young Hearts, wat twee wedstryde meer as Saldanha gespeel het, loop steeds voor op die punteleer met 33 punte, met Saldanha tweede met 28 punte. Die res van die punteleer lyk so: St Helenabaai 23, Vredenburg 20, Langebaan 18, Velddrif 15, Paternoster 14, Hopefield 9, Mamre 5. Ander uitslae: Mamre 21-15 Hopefield, St Helenabaai 36-29 Paternoster, Velddrif 20-18 Vredenburg. Die komende Saterdag 20 Junie speel, tuisvelde eerste: Langebaan teen Vredenburg, Velddrif teen St Helenabaai, Paternoster teen Mamre, Hopefield teen Saldanha. Young Hearts het ‘n loslootjie.
Saldanha se verdediging teen Young Hearts was Saterdag onverbeterlik.
Posduiwe vlieg dié keer vanaf Leeu-Gamka Alida Buckle Die Weskus-posduifklubs het op Vrydag 23 Junie hul duiwe ingepak en na Leeu Gamka gestuur, sodat hulle die sowat 446-460km kon terugvlieg. Die duiwe is omstreeks 08:45 losgelaat. Velddrif – Ope: 1ste Dennis en Linda Robinson (14:46:25), 2de, 5de, 6de Jutie de Witt, 3de Tollie Basson Jnr., 4de Jannie Burger, 7de Danie en Petro Smith, 8ste en 9de Manie Lira, 10de Casper van Rensburg. Jongduif: 1ste, 3de Dennis en Linda Robinson (14:46:23), 2de Nico Wiid, 4de Jutie de Witt, 5de Casper van Rensburg, 6de Johannes Basson, 7de en 8ste Jannie Burger, 9de André Clarke, 1-de Basson de Witt Jnr. Saldanha – Ope: 1ste Red Fire Lofts (17:32:32), ook 2de, 4de, 5de, 6de, 8ste; 3de,
7de, 9de, 10de Pieter Farmer. Jongduif: 1ste, 2de, 3de, 4de, 6de Pieter Farmer (11:19:03); 5de Red Fire Lofts. Vredenburg – Ope: 1ste, 2de, 7de, 10de Sakkie Gerber (15:20:36); 3de, 8ste Pieter Jansen; 4de, 6de Aubz & Bern Lofts, 5de Jacques Nel. Jongduif: 1ste Brian Payne (15:13:06); 2de, 3de, 4de, 6de, 9de, 10de Sakkie Gerber; 5de, 7de Jacques Nel, 8ste Aubz & Bern Lofts. Die Weskus Duiwe-unie val onder die Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) en sluit in: Piketberg, Velddrif, Vredenburg en Saldanha. Bel voorsitter Jannie Burger by 073 190 4838 om meer inligting. *Stuur uitslae na alida@diecourant.co.za
Topskaakspelers hou werkswinkel LANGEBAAN – WP-skaakafrigter en Springbok-skaakspeler Malcolm Frederichs het op Saterdag 23 Junie die Weskus se topskole- en topklubskaakkampioene tydens ‘n werkswinkel kom help om hul sportvernuf te verfyn. Dit is by Mykonos gehou. “In skaak kan ‘n mens dinge doen wat jy gewoonweg nie kan doen nie. Soos om ‘n pion vir ‘n koningin te verruil,” het hy die kinders aangemoedig. Dié groep topspelers is almal deur na die Ope-afdeling Desember in Boksburg waaruit die deelnemers aan die geslote Suid-Afrikaanse kampioenskap gekies gaan word. Die werkswinkel vir die gr.1 tot gr.12 kinders vanuit die hele Weskus-distriksgebied tot so ver as Vredendal, is aangebied deur die Weskus-skaakunie. Die kinders is gekies uit 47 skole en tien klubs. Drie spanne gaan in Boksburg deelneem:
Daar word diep gedink by die skaakwerkswinkel by Mykonos. ‘n o.12 span, ‘n o.14 span en ‘n o.16 span. Die kinders gaan ook individueel aan die Wild Card-kompetisie deelneem. Indien jy wil help met donasies vir die deelname aan die SA’s in Desember, want dit gaan R10 000 per kind kos, bel André Lewaks 081 725 9339 (klubskaak) of Enrico Abdol (skoleskaak) by 076 766 8240.