Skip to main content

475 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

27 Junie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 475

•BEKEND VIR OUTENTIEKE KOOKKUNS

27 Junie 2018

Wellington is ervare sjef se hartsplek

•Jaomi Zeeman John Tecklenburg het geen bekendstelling in die koswêreld nodig nie. Hierdie sjef is regoor ons land vir sy enigmatiese, outentieke kookkuns bekend en het al by talle van Suid-Afrika se voorste restaurante kosgemaak. Min Wellingtonners besef egter dat hierdie lang man met die baard, wat soms saam met hulle in ‘n winkelry beland, ‘n wêreldgehalte kok is en net hier onder ons neuse woon en werk. Volgens John is hy al vir 13 jaar lank op Wellington. Hy en Susanna, sy vrou en besigheidsvennoot, bestuur al vir meer as ‘n dekade die Oude Wellington Restaurant buite die dorp. Al het John se pad, sedert sy kennismaking met Wellington tydens sy kinderjare, al baie draaie gemaak, voel dit vir hom soos ‘n tuiskoms hier tussen die wingerde en berge. John, wat nie ‘n telefoon het nie, nie aan sosiale media deelneem of ‘n e-posadres het nie, se pretensielose, outentieke leefwyse word ook in sy kos weerspieël. Sy ryke ervaring in die koswêreld getuig ook van sy veelsydigheid as kok - iets wat hom oor baie jare baie gesog gemaak het. John se verbintenis met Wellington strek so ver as die sewentigerjare terug toe hy as skoolseun na flieks in die derde verdieping van die Concord-gebou (nou die Shoprite-gebou) gaan kyk het. Hy het ook by die destydse Kontiki Restaurant (waar Nikki Siebrits Juweliers nou is) gewerk. “My pa was in die tekstielbedryf en ek het in die Paarl skoolgegaan. Na skool het ek my opleiding as sjef by die Riempie Hotel in Oudtshoorn gekry,” vertel John. Hy het later ook die bekende La Poubelle Restaurant in Oudtshoorn begin. ‘n Ander bekende restaurant wat al onder John se fynproewershand gedy het, is die Chez Michelle Restaurant in Franschhoek.

“Daar was daardie jare nog net drie restaurante in Franschhoek. Waar Reuben’s nou is, was my huis,” vertel hy. John was ook die Group Executive Chef vir die Day Night Grills in Pretoria, sowel as die sjef vir die 147 Dorpstraat Restaurant in Stellenbosch. Die After Dark restaurant in Stellenbosch het ook onder sy bekwame hande gewild geword. 34 Napier Street in die Bo-Kaap en Dixies in Simonstad is nog twee van die gewilde restaurante waar mense agter John se disse aangestroom het. Hy het ook by die Elgro Hotel in Lichtenburg, Melville House, Die Bosveld Kombuis in Warmbad en Ngwako in Pietersburg kosgemaak en hy het tot onlangs aan die stuur van die Bar

Bar Black Sheep restaurant in Riebeeck Kasteel gestaan. Uit die aard van sy kleurvolle ervarings en wye werksondervinding het John al talle interessante karakters ontmoet en vir ontelbare bekende en glanspersoonlikhede kosgemaak. Hy is egter skugter om interessante detail rondom enige van die mense wat al by sy tafels aangesit het, te verklap. “Vir my is elke gas presies dieselfde en ek hanteer hulle ook almal dieselfde. Natuurlik ken ek baie stories oor kunstenaars, politici, uitvoerende bestuurders van groot maatskappye en akteurs, maar hulle is nie enigsins anders as al die ander mense vir wie ek ook al kosgemaak het en wie se stories ek ken nie,” sê hy. Vir John is kosmaak iets waaroor hy, na al die jare, nogsteeds passievol is. “Ek hou daarvan om elke dag iets anders te doen. Ek sou doodgaan in ‘n plek soos ‘n kantoor,” sê hy. Vir hom is dit lekker om kos van kokke of restaurante wat outentiek te werk gaan en goed is in dit wat hulle bedien, te eet. Hy hoop ook dat mense, veral in die Afrikaanse kultuurgemeenskap, meer waaghalsig in hul eetgewoontes sal raak. "Vir my is ek in die kombuis amper soos ‘n director op ‘n filmstel. Die hele storie wat afspeel, met die karakters wat daarin opdaag, kan deur my geregte beïnvloed of bepaal word. En dis fantasties,” sê hy. Oor die feit dat hy homself nou al vir meer as ‘n dekade op Wellington tuisgemaak het, trek hy sy skouers laggend op. “What’s not to like?” sê hy.

NUUS • NEWS


2

27 Junie 2018

Hugo Rust hou Boekedag

Bo: ‘n Groep van die interessante storieboekkarakters wat tydens Hugo Rust se Boekedag deur leerders uitgebeeld is.

Links: Die wen-karakters wat in elke graad aangewys is. Die leerders van Hugo Rust Laerskool het op Donderdag 21 Junie ‘n Boekedag gehou. Tydens hierdie inisiatief het hulle volgens hul gunsteling karakters in storieboeke aangetrek om die vreugde van lees te vier. Die skool se speelgrond het soos ‘n interessante toneel uit ‘n fliek gelyk met al die kleurvolle storieboekkarakters wat by die skool opgedaag het. Kinders in gewone skooluniforms het op hierdie dag plek gemaak vir feetjies, voëlverskrikkers, superhelde en verskillende diere op die skoolbanke. ‘n Wenner is in elke graad vir die beste uitrusting aangewys. Volgens die onderwysers moes die kinders die boeke wat hul as inspirasie vir hul uitrustings gelees het, op die dag saambring.

As deel van die inisiatief kon kinders ook lekker leesboeke skenk wat in die skool se biblioteek geplaas sal word. Die kinders se name is op spesiale etikette voorin die boeke wat hul geskenk aangebring. Elke klas het ‘n boks vir hierdie doeleinde gehad en die reaksie hierop was oorweldigend positief. Talle boeke is in rye bokse hiervoor na die skool se biblioteek aangedra. Volgens mev. Hattingh, ‘n onderwyser by die skool en een van die organiseerders van die inisiatief, is hulle baie opgewonde oor die kinders en ouers se positiewe reaksie op hierdie projek. “Dit is so lekker om te sien dat ons kinders lief is vir lees en opgewonde raak oor boeke,” het sy gesê.

NUUS • NEWS

Hugenote se Boekklub besoek biblioteek Andriëtte Smit, ‘n Afrikaans-onderwyser by Hugenote Laerskool, het ‘n boekklub-inisiatief onder haar graad 7-leerders geloods. Met hierdie inisiatief wil sy hulle aanmoedig om te lees en leesstof meer toeganklik aan hulle maak. “Ons het twee leesperiodes in ‘n siklus en ek het ondervind dat die kinders telkens sonder leesboeke by die skool opdaag. Dit het my laat besluit om by die plaaslike biblioteek te gaan aanklop en hulle het goedgunstiglik ‘n ooreenkoms, waarvolgens ek ‘n groot aantal boeke vir die klas kan uitneem, toegestaan,” verduidelik sy. Met die geredelike beskikbaarheid van boeke in Andriëtte se klas, het die leerders geen verskoning meer gehad om nie tydens leesperiode met hul neuse in ‘n boek te sit nie. Dit het hulle ook vinnig laat besef watter wonderwêreld daar in boeke en stories opgesluit lê. “Die positiewe uitwerking wat dit op die kinders se leesgewoontes gehad het, is ongelooflik. Ek vang hulle nou dat hulle selfs skelm sit en

lees,” lag Andriëtte. As deel van hierdie inisiatief het die leerders in die boekklub op Donderdag 21 Junie ‘n besoek by die plaaslike biblioteek afgelê. Daar het die vriendelike personeel hul meer oor die biblioteek, hul dienste en fassiliteite vertel. Yvonne Arnoldus van die biblioteek het die kinders meer oor die biblioteek se geskiedenis vertel en hulle ook oor al die verskillende items en bronne wat hulle in die biblioteek kan vind, geleer. Die leerders kon voorts hoor hoe hulle te werk kan gaan om ‘n lid van die biblioteek te word, hoe om boeke te hanteer, wat die verskillende afdelings in die biblioteek behels, watter uitstallings gereeld by die biblioteek te sien is, sowel as watter interessante vakansieprogramme daar aangebied word. Die kinders het elkeen ‘n pragtige boekesak van die biblioteek ontvang en dié wat nog nie ‘n lid van die biblioteek was nie, het die geleentheid gehad om aan te sluit. Hulle kon ook boeke vir die vakansie uitneem.


NUUS • NEWS

27 Junie 2018

•SPOGGELEENTHEID IN PAARL GEHOU

3

HAM vereer weldoeners met toekenning •Jaomi Zeeman As deel van die viering van hul 120ste bestaansjaar het Huis Andrew Murray (HAM) op Saterdag 9 Junie ‘n uithang-geleentheid in die Paarlse Stadsaal aangebied. Die fondse wat tydens hierdie geleentheid geïn is, was ten bate van hul mentorskap- en beursfonds. Die Dr. Andrew Murray Toekennings is ook tydens die geleentheid oorhandig. HAM, ‘n program van Badisa, is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat op ‘n daaglikse basis vir 150 kinders tussen die ouderdomme van 1 en 18 jaar sorg. Om ten volle in die geestelike, emosionele, fisiese, intellektuele, sosiale en psigologiese behoeftes van hierdie kinders te voorsien, is hulle tot ‘n groot mate van die ondersteuning van die gemeenskap afhanklik. Dit is om hierdie rede dat funksies soos hierdie, wat baie goed deur die gemeenskap ondersteun word, van onskatbare waarde vir die kinders in HAM is. Dr. Elna von Schlicht, uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit het die geleentheid as ‘n goed-georganiseerde, stylvolle en suksessvolle een beskryf. Die 200 gaste is met ‘n verwelkomingsdrankie begroet en die musiekleerders van me. Ghristelle Gava by Paarl Hoër Meisieskool het die gaste met klassieke musiek vermaak. ‘n Gesofistikeerde driegang-maaltyd is as deel van die geleentheid bedien en met heerlike koffie en iets soets afgerond. Die seremoniemeester, Regardt Laubscher,

het die gaste met sy toorkunsies vermaak, terwyl Tiny van Rensburg ‘n veiling gefasiliteer het. Cecile Murray-Louw, die gasspreker vir die aand, het haar beginsels ten opsigte van familie, wat die kern van die gemeenskap vorm, gedeel. As ‘n onlangse weduwee met vier kinders het sy eerstehandse ondervinding van die feit dat die genesing van families met persoonlike keuses en selfdissipline begin. HAM se bestuurder, Regardo Scholtz, en die voorsitter van HAM se beheerraad, Danie Theart, het die Dr. Andrew Murray toekennings vir 2018 aan donateurs en rolspelers in HAM se suksesse oorhandig. Dr. Elna von Schlicht van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, Wendy Philander van Drakenstein se Sosiale Dienste, Ernst Zeeman van Douglas Green se Liefdadigheidsfonds, Wynand Smit van Ispani Construksie, Pieter Myburgh van die Wellington se Lions Klub, Rocqelle Petersen van Huis Jakaranda namens die NG Kerk Hottentots Holland, Maderi Etsebeth, ‘n voormalige werknemer, Marisa Buffone, ‘n besigheidsanalis en vrywilliger, JC Muller, ‘n vrywilliger, sowel as Heinrich Gabler, ‘n voormalige inwoner, Mnr. SA-finalis en ambassadeur vir HAM het almal toekennings vir hul bydraes ontvang. Carin van der Merwe, HAM se professionele dienste bestuurder, het sertifikate van erkenning aan agt skoolverlaters van HAM oorhandig. “HAM wil almal wat betrokke was om hierdie onvergeetlike geleentheid moontlik te maak, bedank.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

"Ons personeel, beheerraadslede, vrywilligers, borge, donateurs, besighede en individue wat almal ‘n bydrae gelewer het om hierdie pragtige aand ‘n sukses te maak, maak ‘n ongelooflike positiewe impak op ons kinders se lewens,” het Karen Petersen, bemarkingsbestuurder van HAM gesê. HAM se volgende projek is hul “Kersfees in

Julie Skoendoos-projek” wat op Saterdag 28 Julie sal plaasvind. Hulle beplan ook ‘n Oggendtee met die tema “Glitz & Gamour” vir Saterdag 29 Septemger, sowel as ‘n gholfdag op Vrydag 26 Oktober. Enigeen wat belangstel om by hul projekte betrokke te raak, kan HAM by 021-873 3834 kontak.


4

NUUS • NEWS

27 Junie 2018

BACK TO SCHOOL Ondersteuningsgroep hou

BACK TO MAMBO’S

& LOW PRICES Large range of Crystal Boxes with lids (Pink, clear & Blue)

16L - R79 SAVE R20 24L - R89 SAVE R25 35L - R129 SAVE R40

UNDERBED BOXES

32L - R129 SAVE R30 42L - R199 SAVE R50 55L - R299 SAVE R65

Less

20% on ALL 4M Products

Kids Holiday Fun at Mambo’s

R49

each

SUNNY KIDDIES ARMLESS CHAIRS (ASSTD COLORS)

SUNNY KIDDIES TABLE (ASSTD COLORS)

R199 SAVE R50

CRYSTAL BOXES + LIDS

(CLEAR, PINK & BLUE)

80L

R199

110L

R339

SAVE R60

SAVE R60

R89 R99

SAVE R20 SAVE R25 CD BOX CLEAR CRYSTAL DVD (HOLDS 52 CD’S) BOX CLEAR

6 DRAWER MOBILE TOWER

R399 SAVE R150

KILLER DEALS

R299 SAVE R100

3 DRAWER MOBILE TOWER

a m bo s

STORAGE & HOME

WESTERN CAPE: RETREAT: 021 701 0566, GREEN POINT: 021 418 7805,GEORGE: 044 887 0476, SANDOWN: 021 554 0626, BELLVILLE: 021 948 3767, CAPE GATE: 021 981 2029, KENILWORTH: 021 671 3114, SOMERSET WEST: 021 852 1605, PAARL: 021 872 7320 FREE STATE: BLOEMFONTEIN: 051 421 0029, LANGENHOVEN PARK: 051 446 0023 EASTERN CAPE: PORT ELIZABETH: 041-368 6551, BAYWEST: 041 492 0372, EAST LONDON: 043 726 3679 VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA Errors and omissions excluded. We reserve the right to limit quantities. VALID UNTIL 22 JULY 2018 While stocks last. E&OE

laaste byeenkoms

Die Wellingtonse Depressie en Angsondersteuningsgroep het op Dinsdag 19 Junie hul laaste maandelikse byeenkoms in die Martha Saal gehou. Dit volg nadat die voorsitter en sameroeper van hierdie groep, Petro Greeff, besluit het om as gevolg van gesondheidsredes haar werksaamhede in hierdie verband te laat vaar. Die groep het op ‘n hoogtepunt afgesluit en Petro het elkeen wat deur die jare by die groep betrokke was en ‘n bydrae gelewer het, bedank. Sy het na elke persoon se lewe as ‘n legkaartstuk verwys. “Elkeen pas iewers in en het ‘n spesiale doel en nut in die samelewing, al lyk ons nie dieselfde nie en al het ons nie een dieselfde eienskappe nie. Ek het in my tyd en werk by hierdie groep baie mense ontmoet en ek weet elkeen het ‘n storie. Ek weet dat my legkaartstuk by hierdie groep ingepas het, maar nou ook iewers anders in die groter prentjie sal inpas,” het Petro gesê. Die gasspreker by die geleentheid was ds. Fanie Kriel van die Toringkerk in die Paarl. Hy het oor ADHD gepraat en die invloed wat dit op lyers, sowel as hul gesinne het, onder die loep geneem. Volgens ds. Fanie is daar verskillende sielkundige modelle waarvolgens ADHD benader en behandel word. “Ek dink dat ‘n meer holistiese benadering meer omvattend na mense kyk en verkies om hierdie toestand op dié manier te benader in plaas daarvan om net diagnosties daarna te kyk,” het hy gesê Ds. Fanie het na ‘n uitlating van Whoopi

It’s Good News

Goldberg, wat gesê het dat die enigste “normaal” ‘n stelling op ‘n wasmasjien is, verwys om sy beskouing van hierdie term te illustreer. “10 tot 25% van alle kinders word in die laerskool vir ADHD na dokters of terapeute verwys. Die twee pilare waarop hierdie toestand staan, is impulsiwiteit en dat take nie altyd afgehandel word nie,” het hy verduidelik. Volgens ds. Fanie, wat self twee seuns met ADHD het, moet alternatiewe metodes van dissipline met hierdie kinders gebruik word. Hy sê ook dat dit nie iets is wat later in ‘n persoon se lewe verdwyn nie, maar dat dit met die regte hantering, die regte medikasie en ‘n kind se begrip vir die toestand bestuur kan word en selfs later in die adolessente jare beter kan word. “Dit is belangrik om te besef dat ADHD niks met intelligensie te doen het nie. As jy hierdie kinders gefokus kan kry, presteer hul gewoonlik uitstekend. Die toestand het meesal te doen met laer dopamienvlakke in die brein, wat veroorsaak dat so ‘n kind nie kan onderskei tussen belangrike en minder belangrike impulse nie,” het hy gesê. Hy het ook lig gewerp op die verskillende maniere waarop die toestand by seuns en meisies manifesteer en ook verduidelik hoe dit volwasse lyers kan raak. Volgens hom kan die regte medikasie ‘n persoon help om meer in voeling met hom- of haarself te wees en hul potensiaal te bereik. Die gehoor kon na afloop van die praatjie vrae stel en die vergadering is met ‘n insiggewende gesprek afgesluit.

Dr. Marc Blackwell Snr

Words of Grace

Christians can have the assurance that God is present with us in all of our life situations and trials. “Through many dangers, toils and snares, I have already come; ‘Tis grace had brought me safe thus far, and grace will lead me home.” The Converted Slave-Trader, John Newton - “Let your character or moral disposition be free from love of money; - including greed, avarice, lust, and craving for earthly things - but be satisfied with your present circumstances and with what you have; for God Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down or relax My hold on you; - Assuredly not!” (The Amplified Version of Hebrews 13:5). A survivor of the Holocaust and the author of “The Hiding Place” - Corrie Ten Boone captures the peace that comes with trusting Who God is when we do not under- stand what He is doing in the midst of our most grievous and on-going trials. “Life is but a Weaving” (the Tapestry Poem) “My life is but a weaving Between my God and me. I cannot choose the colors Oft’ times He weaveth sorrow; And I in foolish pride Forget He sees the upper And I the underside. Not ’til the loom is silent; And the shuttles cease to fly Will God unroll the canvas And reveal the reason why. The dark threads are as needful In the weaver’s skillful hand As the threads of gold and silver In the pattern He has planned He knows, He loves, He cares; Nothing this truth can dim. He gives the very best to those Who leave the choice to Him.”


NUUS • NEWS

27 Junie 2018

5


6

Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418

Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361 NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273 Darling Brew 30 June: Darling Brew presents Winter Beer Festival from 10:00 till 18:00. Live music: The Stone Jets and Sunset Sweatshop As per last year - there will be food stalls Ticket Price: R120 per person (includes a free DB beer glass for over

27 Junie 2018

18’s. Big Kids: R80 (12 – 18 years) Kids under 12 is free For enquiries please contact - 021 286 1099 The Stage Door 17 -18 August: Wellington High in affiliation with Defying Gravity Theatre Productions is hosting a musical: 'The Stage Door' at 20:00. Admission fee: Adults and kids R20. The aim of the event is to educate young people of the importance of the finer arts in our community. Also educating the youth in music and dance as part of our arts and culture. Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60 at 08:00, 40 at 08:05 and 12 km at 08:10. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars at 08:15 Registration from 06:00 on 18 August at Riebeek Cellars. Pre-online entries available. Late entries on the day. Enter online - www.roag.co.za !Khwa ttu 6-7 Oct: 24 hour MTB. Teams can be solo, team of two or team of four - 10km multi lap relay challenge For any further enquiries, please contact 022 451 2202 or send an email to info@darlingttu.co.za Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens

NUUS • NEWS

Kinderwelsyn se lede hou optog teen misdaad Die Wellington tak van die Suid-Afrika se Kinderwelsyn het ter viering van Jeugdag ‘n optog teen Misdaad gehou. Hierdie optog het op Saterdag 16 Junie deur die strate van Van Wyksvlei plaasgevind. Die optog, wat deur me. C. Williams, Maatskaplike Hulpwerker van Child Welfare South Africa (CWSA) se Wellington-kantoor georganiseer is, is in samewerking met me. Ruth Arnolds, die raadslid vir Wyk 7, uitgevoer. Verskeie rolspelers in die gemeenskap het aan die inisiatief meegedoen. Die VGK van Van Wyksvlei se brigade het saam met die Paarl Brandweer, wat ook as gasspreker by die geleentheid opgetree het, aan die optog deelgeneem. Die Drakenstein Munisipaliteit het hul Safmarine Saal as eindbestemming van die optog beskikbaar gestel en die plaaslike verkeersdienste het toegesien dat optoggangers veilig deur die strate beweeg. Die CWSA van Wellington en Wyk 7 is baie dankbaar vir die hele gemeenskap wat aan die optog deelgeneem het, ‘n verskil in die gemeenskap maak en hul hande sterk in hul stryd teen misdaad. Die CWSA kantoor is by Kerkstraat 60C en kan by 081 770 7384 gekontak word.

Wellington-museum samel musse en handskoene vir winter in

Met die koue winterweer wat ‘n invloed op ons almal het, het die Wellington-museum besluit om ‘n inisiatief te loods waar hulle benodigdhede om kinders teen die koue te pantser, te loods. Hulle doen dit in die gees van Mandeladag, wat op Woensdag 18 Julie is. “Ons het besluit om musse, sokkies en handskoene vir die jong leerders van Wagenmakersvallei Primêr in te samel om die winter vir hulle ‘n bietjie draagliker te help maak,” het Olivia le Cordeur, kurator van die Museum verduidelik.

Om by die skool se kleure te pas, moet die musse en handskoene swart en die sokkies grys wees. Die Museum beoog om soveel as moontlik van hierdie items vir kinders tussen die ouderdomme van 6 en 7 jaar bymekaar te maak en dan aan die skool te oorhandig. “Enigeen wat so voel, kan hierdie items aankoop en by die Museum kom afgee ten bate van hierdie inisiatief,” het Olivia gesê. Die items kan tydens kantoorure by die Wellington Museum afgelewer word. Dit sal vroeg in die derde kwartaal aan die leerders van Wagenmakersvallei Primêr oorhandig word.

op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Landlope:

Marike Duvenage, ‘n leerder van Hugenote Laerskool, was die eerste o.9-dogter in al vyf die landloopbyeenkomste wat hierdie kwartaal deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie in die Paarl en Wellington aangebied is. Die o.9’s hardloop 2 kilometer.


NUUS • NEWS

27 Junie 2018

VLV se openbare sake portefeulje reël vergadering Die plaaslike VLV-tak het op Donderdag 21 Junie hul maandelikse vergadering in die kerksaal van die Wellington-Noord Gemeente gehou. Hierdie vergadering is deur die lede van die VLV se portefeulje vir openbare sake gereël en talle interessante sprekers het die lede van nuttige inligting voorsien. Soos gewoonlik het die marktafel onder die vars produkte, handgemaakte en tuisgemaakte produkte gekreun en lede kon heerlik inkopies doen. Die eerste spreker was Francois Theron, voorsitter van die plaaslike Wellington Aksie Groep/ Stopmisdaad Organisasie (WAG/Stopmisdaad). Hy het die lede meer oor gemeenskapsbetrokkenheid en die positiewe invloed wat so iets op ‘n samelewing kan hê, vertel. “Daar is boublokke van ontwikkeling wat van toepassing is op enige organisasie wat ontwikkelingswerk in die gemeenskap doen. Belangrike aspekte hiervan is openbare deelname, ‘n sosi-

7

ale leerproses, om kapasiteit te bou, bemagtiging, sowel as volhoubaarheid,” het hy gesê. Francois het op elkeen van die boublokke uitgebrei en beklemtoon dat ‘n mens nooit te oud is om ‘n positiewe bydrae tot jou gemeenskap te maak nie. Volgens hom lê daar juis baie kundigheid en ervaring in die vaardighede van afgetrede mense wat nuttig in ‘n gemeenskap aangewend kan word. Hy het ook meer inligting oor die WAG/Stopmisdaad organisasie verskaf en verduidelik hoe mense daarby betrokke kan raak. Thea Kritzinger was die ander spreker vir die oggend en het die dames meer oor holistiese gesondheid vertel. Sy het talle praktiese wenke ten opsigte van algemene gesondheid met die lede gedeel en veral op voorkomende gesondheidswenke klem gelê. Die dames kon na afloop van die vergadering heerlik saamkuier en aan die smullekker eetgoed rondom ‘n koppie tee gesels.

Hugenote Hoërskool se koor op pad na World Choir Games Die World Choir Games vind hierdie jaar vir die heel eerste keer op die Afrika-kontinent plaas en die koor van Hugenote Hoërskool is gekeur om aan hierdie “Olimpiese Spele van Kore” met internasiale kore mee te ding. Johann Enslin is die koorleier en Winand Gründling begelei die koor. Na ‘n streng keuringsproses in 2017 het Hugenote se koor die goeie nuus ontvang dat hulle as een van die beste wêreldkore aan hierdie prestige-geleentheid kan gaan deelneem. Sedertdien het hulle onverpoosd geoefen en hul tot die beste van hul vermoë voorberei om van 4 tot 14 Julie aan die World Choir Games in Tshwane te gaan deelneem. Dit is die 10de keer dat hierdie Koorspele, wat elke twee jaar plaasvind, aangebied word. Volgens die webtuiste van dié Spele, is dit, net soos sport, op die Olimpiese Ideale geskoei wat daarop gemik is om verskillende nasies deur middel van sang en ‘n regverdige kompetisie vreedsaam te verenig. Hierdie idee het ten doel om mense te inspireer om die krag van interaksie deur sang te ervaar. As deel van hul voorbereiding het die Huge-

Hilltigers netbalklub van Wellington het die naweek teen Delicious netbal gespeel op Weltevrede Sportkompleks. Die sames van Wellington die wedstryd gewen 28-16.

note Hoërskool se koor op Donderdag 21 Junie ‘n gratis konsert van hul repertoire vir die World Choir Games (WCG) aangebied. Die koor sal in twee afdelings, waaronder onbegeleide folklore, deelneem. Hul vertolkings van die liedere wat hulle by die WCG gaan sing, het die gehoor in ekstase gehad en vir talle hoendervleisoomblikke en trane gesorg. Hul sal tydens die WCG teen kore van verskeie lande meeding. Kore van onder andere Oostenryk, België, Bosnië en Herzegovina, Brasilië, Bulgarye, Kanada, Kroasië, Kuba, Tsjeggië, Denemarke, China, Duitsland, Groot Brittanje, Griekeland, Ierland, Jamaica, Nederland, Switserland en vele ander lande sal aan hierdie groot kompetisie deelneem. Indien die koor se vertoning tydens hul afgelope konsert ‘n aanduiding van hul prestasie tydens die WCG is, sal hul beslis goeie resultate behaal. “Ons is baie opgewonde oor die groot avontuur en almal se ondersteuning hierin,” het Johann Enslin na afloop van die konsert gesê.


8

courant

dié

27 Junie 2018

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

•SELFDISSIPLINE KARDINAAL

Broers voltooi Comrades saam

•Jaomi Zeeman Die spreekwoord dat bloed dikker is as water, en dat dit kruip waar dit nie kan loop nie, het onlangs tydens die Comrades Marathon gestalte gekry toe twee plaaslike broers hierdie uitmergelende wedloop saam aangepak het. Clint en Terrence Williams het die Comrades Marathon hierdie jaar vir die eerste keer saam aangedurf nadat Clint dit in 2016 vir die eerste keer voltooi het. In 2017 het hy sy broer, Terrence, ook geïnspireer om homself vir dié ultramarathon voor te berei. Alhoewel die twee broers saam by die wegspringpunt van die Comrades begin het, het hulle binne verskillende tye klaargemaak. Clint het ‘n tyd van 8:31 en Terrence ‘n tyd van 9:24 behaal. Volgens die twee langasem-broers het hul voorbereiding vir die Comrades uiterste selfdissipline en deursettingsvermoë geverg. “Dit gaan met baie oefening en voorbereiding gepaard wat gewoonlik na werksure en oor naweke ingepas moet word. Jy moet ook aan

NUUS • NEWS

genoeg wedlope deelneem en in ‘n sekere wedloop binne ‘n kwalifiserende tyd in die gewone marathon klaarmaak om vir die Comrades te kwalifiseer,” sê Clint. Volgens hom het die ondersteunende mense langs die pad die lang 90km baie korter laat voel. “Die lang pad gaan eintlik vinnig verby omdat daar die hele pad, tot by die eindstreep, soveel mense is wat jou ondersteun en aanmoedig. Hulle bied jou selfs goed soos lemoene en piesangs aan!” vertel hy. Volgens die broers het hulle hul liefde vir langafstande van hul pa, Colin Williams, geërf. Colin het ook al vele Comrades marathons voltooi en draf gereeld, ten spyte van die feit dat hy reeds afgetree is, 10km en 21km wedlope, sowel as landloopwedlope en baanitems kaf. Oor ‘n paar maande open die inskrywings vir 2019 se Comrades marathon alweer en Terrence en Clint is vuur en vlam om hulself weer aan die wonder van hierdie uitdaging te onderwerp - al verg dit soveel oefening en selfdissipline dwarsdeur die jaar.

27 Junie 2018

Hillcrest trap Delicious

• Jovan-ré W Cupido Talle toeskouers het Saterdag die reën trotseer om die wedstryd tussen Hillcrest United en Delicious van Ceres by te woon op Boland-B. Die besoekers is bekend vir hul dominerende agttal en vlugvoetige agterlyn, maar nie een van die twee komponente kon Saterdag oorskakel tot aksie. Hillcrest moes talle spelers uit posisie kies weens beserings, maar kon steeds die knoop deurhak met ‘n 24-8 oorwinning. Beide spanne het gesukkel om aan die gang te kom weens die nat veld. Die natweer het ‘n groot rol gespeel en talle punte het verlore gegaan weens hanteringsfoute. Hillcrest het eerste punte aangeteken toe HR Claasen deurbreek van ‘n goeie agterlyn-beweging en gaan druk. Elton Fortuin se skopwerk was weereens puik en die drie was verdoel. Die besoekers het terug gekap met ‘n drie. Goeie voorspeler spel deur Hillcrest het gelei tot drie vir die haker Renaldo Festus kort voor halftyd. Die wedstryd het gedraai 14-5 in die guns van die tuisspan. Swak dissipline het daartoe gelei dat die besoekers twee geelkaarte afstaan in die tweede helfte. Hillcrest het die situasie uitgebuit en het kort daarna het Emilio Coetzee gaan druk. Weer-

eens het Fortuin daarin geslaag om ‘n skop reg vanaf die kantlyn oor te sit. Met die telling 21-8 in die guns van die tuisspan, het die afrigter die plaasvervangers losgelaat wat ‘n groot impak kom maak het in die wedstryd. Die hoofafrigter Reggie Manuel noem dat hy baie beïndruk was met die manier hoe die voorspelers vertoon het teen ‘n swaar Delicious agttal. Lesley Gertse, binnesenter van Hillies was knaend in die middelveld en het talle Delicious spelers se arms oop gehardloop, terwyl HR Claasen goeie lyne gehardloop het. Elton Fortuin het die besoekers getuister met goeie taktiese skoppe. Voorlangs het Marshall, Carlon en Perciville Koopman goed balgedra. Geoffrey Allies wat terug is na ‘n besering en Koopman het die besoekers frustreer by die afbreekpunte. Hillies het die wedstryd gewen 24-8. Komende naweek lei alle paaie na Newton Park waar Hillcrest United en Roses mekaar die stryd aansê in ‘n derby-wedstryd. Roses is onoorwonne in die kompetisie terwyl Hillies n punt wil bewys. Hierdie beloof ‘n titaniese stryd te wees. Puntemakers: HR Claasen, Emilio Coetzee, Renaldo Festus. Elton Fortuin en Jeandré Abrahams (strafskop).

Hugenote Hoërskool se rugbyspelers het uitstekend presteer deur in verskeie provinsiale en streekspanne opgeneem te word. Op die foto is Brent Manuel en WP Steenkamp, wat in die Akademieweekspan opgeneem is. Thomas Linnegar is in die Cravenweekspan opgeneem, Hanno van Zyl is deel van die Akademieweekspan, Markus Roos is ‘n lid van die Grant Khomo-span en Keanu Adonis is in die Cravenweekspan. Dié leerders sal die onderskeie Boland rugbyspanne gedurende die skoolvakansie by verskillende toernooie verteenwoordig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
475 dié courant wellington by DieCourant - Issuu