Skip to main content

475 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

NUUS • NEWS

27 Junie 2018

38.8%

Uitgawe 475

Bou saam met goeie nuus

27 Junie 2018

•KANKERLEIER VAN MOORREESBURG GLIMLAG

Lexi hou partytjie Sewe jaar gelede op 15 Junie is Erica en André Rhoode van Moorreesburg geseën met die geboorte van hul babadogtertjie Alexis. Alexis, beter bekend as Lexi, het vanjaar vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd ‘n behoorlike verjaarsdagpartytjie buite hospitaalmure met haar maats geniet danksy die liefde en ondersteuning van die plaaslike gemeenskap. Lexi is in Februarie 2015 op die ouderdom van drie jaar en agt maande met die kanker, Neuroblastoma gediagnoseer. Lexi het vinnig gewys sy is van staal gemaak. Behandeling wat onder meer chemoterapie en bestraling by die Rooikruis Kinderhospitaal insluit, het onmiddelik begin. Teen die tyd wat Lexi vier geword het, kon die dokters drie gewasse suksesvol agter haar niere verwyder. Augustus 2016 kry kleine Lexi ‘n terugslag en behandeling is weer hervat. Dié keer was die gewas op haar brein. Dokters het geglo dat sy dit nie sal oorleef nie. Sy het almal verbaas en gewys watter veggees in haar steek, nadat die gewas gedurende Desember 2016 suksesvol verwyder is. Sy het verder behandeling tot Augustus verlede jaar ontvang. Kort voor haar sewende verjaarsdag waarna sy al so lank uitsien, keer die kanker terug. Lexi het Maandag weer met behandeling begin. Hoewel haar partytjie vir ‘n paar dae uitgestel is, is dit nie afgestel nie. Die partytjie wat verlede Dinsdag plaasgevind het, is moontlik gemaak nadat Michelle du Toit van Moorreesburg en eienaar van Fancy Mekostuum verhuring, besluit het sy wil graag iets spesiaal vir Lexi se sewende verjaarsdag doen. Du Toit het almal genader om dit moontlik te maak. “Die mense was so fantasties dat almal dadelik ingestem het om te help,” vertel sy. Irma de Jager, eienaar van De Stalle, het onder meer die lokaal gratis vir die partytjie aangebied. Yolanda van Rensburg van Considerthis, het die dekor behartig en die eetgoed en partytjiepakkies verskaf, terwyl Pennie de Klerk ook vir die dekor verantwoordelik was en Kansa Malmesbury kleursproei vir die partytjiegangers se

Soms wil sy ‘n dokter raak soos dié waarmee sy byna weekliks te doen kry en ander kere ‘n onderwyseres soos haar juffrou Belinda Smit by Laerskool Dirkie Uys wat haar skoolwerk huis toe stuur wanneer Lexi nie kan gaan nie. Volgens Erica moet Lexi een keer per week vir behandeling gaan. Die Rhoodes moet, behalwe vir brandstof, elke drie weke R6000 uit die sak gee vir haar behandeling. Hulle is baie dankbaar vir al die finansiële ondersteuning wat hulle al in die verlede gekry het. Indien enigiemand ‘n bydrae tot Lexi se behandeling wil maak, kan Erica by 071 290 5422 gebel word.

hare gegee het. Le Must Eatery het op hul beurt weer die melkskommels vir die partytjie gemaak. Erica en haar gesin is baie dankbaar teenoor almal wat tot die partytjie vir hul dogter bygedra het. Sy beskryf Lexi as ‘n brawe dogtertjie wat steeds die pret uit die lewe put en speel, ongeag haar omstandighede. Sy is mal oor poppe en alles wat daamee gepaard gaan. “Dit gaan goed met haar. "Sy is brawer as haar ma en aanvaar die volgende rondte van behandeling,” voeg sy by. Lexi het steeds groot drome vir die toekoms.

Damvlakke styg stelselmatig Die vlakke van die damme wat die Swartland en omliggende gebiede van water voorsien, het 'n groot styging getoon. Die Voëlvleidam, die hoofvoorsiener van water aan die streek, se vlak staan tans op 38.2%.

Die Theewaterskloofdam het verlede week op 27.2% gestaan, maar is tans 30.4% vol, in vergelyking met 2017 se 18.6%. Die totale persentasie van die groot damme in die Wes-Kaap, staan tans op 43%.

Verlede week dieselfde tyd het dit op 30.3% gestaan. Op dieselfde dag in 2017 het die water slegs die 18.4%-vlak gehaal. Die Bergrivier staan op 67.8% in vergelyking met 2017 se 36.5%.

SAVE

combo

deal

R5

SUPA DEALS

CHICKEN DRUMSTICKS

33

.99 p/kg SAVE

R16

69

.99 p/kg

R10

SANDWICH HAM DELI

19.50 for 3

Lik e & Sha re our

SAVE

SMOKED PORK RASHERS

MIXED VEGETABLES 500G X 3

49.99 p/kg

Face bo ok

pag e by the 1st of July & sta nd a cha nce to

w in

1 of 5 R25 0 Bri tos vouche rs! brit os meat cent reS

Prices valid at all Brito’s stores from 27 June - 1 July 2018. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. ALL STORES ARE OPEN 1 JULY EXCEPT KUILSRIVER, MONTAGUE GARDENS AND KAYMOR. www.britos.co.za


2

27 Junie 2018

NUUS • NEWS

Nuwe Nissan Micra 'n buksie om mee rekening te hou •Izélle Garcia In die vertoonlokaal van JB's Nissan Malmesbury, staan 'n splinternuwe, baie oranje, nuwe Nissan Micra. Die verkooppersoneel is duidelik opgewonde oor die nuwe toevoeging tot die stal van Nissan en die opgewondenheid kruip stilletjies tot by my, net reg om my te oorval. Tussen die ander en veel groter en robuste modelle op die vloer, lyk hierdie Micra soos 'n pakkie dinamiet. Sy houding duidelik sigbaar in die slanke lyne wat tot die pikante agterligte strek. Dié staan duidelik uit die bakwerk en kan nie misgekyk word nie. Na die papierwerk afgehandel is en ek my handtekening op 'n klein tegnologiesgevorderde kontrak-dingetjie geteken het, klim ek in die oranje buksie en voel omarm deur die sitplekke wat om my vou. Die tweekleurige paneel is afgewerk met 'n geruite voorkoms. Die radio-konsole, wat ook 'n groot genoeg skerm het vir die satelliet-navigasie, is blinkswart, toegerus met bluetooth wat dit maklik maak vir ons vroue om wettig oor die telefoon te klets, terwyl ons bestuur. Verantwoordelikheid eerste! Die bestuurdersitplek kan in hoogte verstel word - 'n wonderlike toevoeging tot die nuwe Micra is, veral vir 'n bestuurder soos ek wat redelik ver agter in die ry gestaan het toe lengte uitgedeel is. Dit verstel in so 'n mate dat ek gemaklik hoog kan sit, alles sien en waarneem rondom my, sonder dat ek ingedruk voel en te naby aan die stuurwiel is. Alles regmerkies en pluspunte vir die Micra! Die eerste wat ek oplet, is die stuurwiel. Dit het 'n gemaklike grootte, nie te groot vir die uwe se klein hande en kort vingers nie, en ook nie te klein nie. Al die beheerkontroles is op die stuurwiel uiteengesit en dit voel sommer lekker in my hand. Luuks, gemaklik. So gemaklik dat dit maklik met net een hand beheer kan word, soos die manne in die flieks mos maak. Soos ek uitry, wonder ek hoe lank dit sal neem om 'n koopkontrak op te stel, want hierdie outjie is mooi. Sommer baie mooi. Ongelukkig kon ek nie dadelik die langpad aandurf om te kyk wat die buksie kan doen nie,

want verpligting het my teruggeroep kantoor toe. My gedagtes was egter heeldag elders en het ek my roete beplan. Hoe, waar, wanneer en waarheen. In die dorp draai die koppe behoorlik soos die oranje buksie verbyry. Laat 'n mens nogal so bietjie soos 'n "celeb" voel! Die nuwe Nissan Micra is 'n droom om te bestuur - in die dorpsgebied en op die langpad. Hy hanteer gemaklik en skrik nie as die petrolpedaal 'n bietjie getrap word nie. Die naald styg en hy skiet vorentoe. Jy kan met gemak enige voertuig verbysteek, sonder dat jy halfpad moet begin wonder hoe lank dit gaan neem vir jou om verby die vragmotor te beweeg. Die 66kw turbo-petrolaangedrewe enjin bied meer as genoeg krag en spoed om dit te doen. Jy sit jou voet neer en die Micra luister en voer sy plig en taak uit. Die Micra is beslis 'n pakkie dinamiet wat vir niks terugstaan nie en nie skrik vir 'n uitdaging nie. Dit is ook duidelik dat die voertuig aan die sportiewe kant is, want jy voel die pad onder jou verbyvlieg. Jy sweef nie oor die pad nie en dit

maak die rit nog meer interessant. Ek vang myself waar ek gereeld moet briek aandraai. Ek moet maar my oog op die naald hou, want voor ek myself kan kry, trek ek ver verby die aanvaarde spoed wat ek wettig mag bestuur. Ek kom dit nie eens agter nie, want die rit is net te gerieflik. Met die prys van petrol deesdae almal se oë laat rek, is dit verblydend om te sien dat die Micra beslis nie 'n groot dors het nie. Die outomatiese stop/begin-skakelaar sorg ook dat jou petrolverbruik relatief laag bly. Oor die afgelope drie dae, binne en buite die dorp, met en sonder verkeer, het die Micra 'n gemiddelde petrolverbruik van sowat 7.1 liter per 100km gehad. Die Turbo Acenta-model wat ek bestuur het, beskik ook oor spoedbeheer, oftewel cruise control, asook ondersteuning as jy teen 'n hoogte wegtrek. Die nuwe Micra Turbo Acenta se intreeprys is R257 400 en is elke sent werd. As jy 'n veilige motor soek om jou en of jou gesin te vervoer, is hierdie voertuig beslis een om te oorweeg. Dit spog immers met 'n 5-ster Euro NCAP-punt vir veiligheid.


NUUS • NEWS

27 Junie 2018

•JAARLIKSE SNOEK EN PATAT DIE NAWEEK

Goedverwacht reg vir fees

Dit is weer hierdie tyd van die jaar om die kosland van die Swartland, beter bekend as Goedverwacht vir hul immergewilde en smullekker Snoek en Patatfees te kom besoek. Dié geldinsamelingsinisiatief wat jare gelede daargestel is vir die volhoubaarheid van die sendingdorp se ekonomie, vind die komende naweek plaas. Die jaarlikse fees, moontlik gemaak deur die Goedverwacht Toerisme-ontwikkelingsforum, speel ‘n sleutelrol in die volhoubaarheid van die plaaslike en omliggende gemeenskappe. Volgens Goedverwacht se toerismekantoor, hoop die feesorganiseerders om vanjaar weer in hul doelwitte te slaag deur werksgeleenthede te skep, ‘n plaaslike mark vanuit plaaslik geproduseerde produkte te bewerkstellig, toerisme-aktiwiteite gedurende die wintermaande ‘n hupstoot te gee en plaaslike en opkomende musikante ‘n geleentheid in die kollig te bied. Die plaaslik geproduseerde produkte sluit onder meer vars gebakte brode, groente en handgemaakte produkte in. Met die fees, ontstaan daar ‘n aansteeklike gees in die lug waartydens besoekers hul leuse, “want dis lekkig” kan aanvoel.

Uitreik:

Roerende tonele. Vang-die-oomblik-vas foto's. Helpende hande...Tydens die afgelope musiekblyspel van Hoërskool Swartland, THE DIVA, (samestelling en spelleiding deur Myrtle Kreuiter en Anna-Maré van Staden) het Johan Viljoen pragtige oomblikke vasgevang en herinneringe met sy kamera vasgevang. Interact ('n junior ������ an Rotariërs Internasionaal en Hoërskool Swartland se uitreik-aksie) her in vennootskap met Johan Viljoen die foto's verkoop en kon ������� ydrae maak tot Aandskemering en Huis Thea van Niekerk. Die Malmesbury-gemeenskap word waarde toegevoeg deur fasiliteite soos Aandskemering en die unieke Huis Thea van Niekerk waar weerlose en pragtige mense wat diep spore in hul gemeenskappe getrap het, versorg word. Enige persoon wat graag foto's wil bestel of besigtig, kan Facebook raadpleeg: J Berto V - No Edit.

Die suksesse van die fees skep ‘n geleentheid vir die kleinboere wat hoofsaaklik met patats en ander groente boer en om hul bestaande besighede uit te brei om in die groter aanvraag te kan voorsien. So word daar kos op die tafel gesit en geld, omdat die oorskot verkoop kan word. Vanjaar het die boere in samewerking met die departement landbou 10 ha patats geplant en die vooruitsigte lyk belowend. Die fees skep verder geleenthede vir kleiner besighede om stalletjies vir die duur daarvan op te stel en blootstelling te kry. Sowat 6000 besoekers word vanjaar verwag. Die geleentheid skep verder werksgeleenthede terwyl daar voorbereiding vir die verrigtinge getref word. Inwoners ervaar ook ‘n trots tydens feesvieringe wat sorg dat hul huise netjies is vir besoekers. Die fees dien as ‘n absolute ekonomiese dryfveer. Die talente, vermoëns en vaardighede van die inwoners van Goedverwacht kom sterk na vore wat verdere blootstelling vir geleenthede in die toekoms moontlik maak. Van die wins gaan ook na plaaslike organisasies en projekte.

Dis ‘n fees, maar met ‘n egte rustige plattelandse atmosfeer. Vanjaar kan besoekers ‘n vermaaklikheidsprogram vanuit die boonste rakke verwag. Kom kyk wie vanjaar die kroon dra van mnr en mej. Goedverwacht. Kom besoek die plaaslike museum en neem deel aan historiese toere. Daar is vanjaar weer ‘n verskeidenheid stalletjies te sien en 'n mallemeule vir groot en klein. Indien jy wil kom kamp, bring jou karavaan of tente en kom slaan op op ‘n netjiese kampterrein met kampeergeriewe. ‘n Verskeidenheid kunstenaars kan deur die loop van die fees op die verhoog aangetref word. ‘n Naweekpas beloop vanjaar teen R130, terwyl ‘n dagpas (Saterdag) R90 vir volwassenes en R30 vir kinders tussen ses en 12 jaar vanaf 08:00 tot 18:00 die aand sal kos. Kom dans saam vir slegs R40 per persoon. Daar sal ‘n parkeerfooi van R10 wees en natuurlik afslag vir busse of toergroepe. Die fees skop Vrydag om 10:00 met kindervermaak af. Vir meer inligting, kan Sheena by 078 316 3988, uitvoerende hoof, Merle Dietrich by 083 252 7538 of die kantoor by 071 889 1121 geskakel word. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Wen met Sakekamer en Dewald Wasserfall Vanjaar se vroueaand van die Malmesbury Sakekamer sal weer 'n groot geleentheid wees, met gaskunstenaar Dewald Wasserfall wat sal optree. Die Sakekamer gee twee kaartjies na die geleentheid weg. Al wat jy moet doen is om hul blad op Facebook te "like", die inskrywing van die vroueaand te deel op jou eie tydslyn met die hutsmerk #MalmesburySakekamer. Besoek die sakekamer se blad by @ MalmesburySakekamer om die geleentheid te vind. Die wenners sal op 25 Julie bekend gemaak word. Kaartjies vir die vroue-aand beloop R200 per persoon en sluit aandete in. Bespreek jou plek nou by info@sakekamer. co.za of kontak 022 487 3221. •Diegene wat belangstel om 'n Facebook-werkwinkel deur ThinkSocial Workshop mee te maak, kan ook Izélle by 022 487 3221 skakel of 'n epos stuur na info@sakekamer.co.za.

3


4

27 Junie 2018

BACK TO SCHOOL

BACK TO MAMBO’S

& LOW PRICES Large range of Crystal Boxes with lids (Pink, clear & Blue)

16L - R79 SAVE R20 24L - R89 SAVE R25 35L - R129 SAVE R40

UNDERBED BOXES

32L - R129 SAVE R30 42L - R199 SAVE R50 55L - R299 SAVE R65

Less

20% on ALL 4M Products

Kids Holiday Fun at Mambo’s

R49

each

SUNNY KIDDIES ARMLESS CHAIRS (ASSTD COLORS)

SUNNY KIDDIES TABLE (ASSTD COLORS)

R199 SAVE R50

CRYSTAL BOXES + LIDS

(CLEAR, PINK & BLUE)

80L

R199

110L

R339

SAVE R60

SAVE R60

R89 R99

SAVE R20 SAVE R25 CD BOX CLEAR CRYSTAL DVD (HOLDS 52 CD’S) BOX CLEAR

6 DRAWER MOBILE TOWER

R399 SAVE R150

KILLER DEALS

R299 SAVE R100

3 DRAWER MOBILE TOWER

ambo s

STORAGE & HOME

WESTERN CAPE: RETREAT: 021 701 0566, GREEN POINT: 021 418 7805,GEORGE: 044 887 0476, SANDOWN: 021 554 0626, BELLVILLE: 021 948 3767, CAPE GATE: 021 981 2029, KENILWORTH: 021 671 3114, SOMERSET WEST: 021 852 1605, PAARL: 021 872 7320 FREE STATE: BLOEMFONTEIN: 051 421 0029, LANGENHOVEN PARK: 051 446 0023 EASTERN CAPE: PORT ELIZABETH: 041-368 6551, BAYWEST: 041 492 0372, EAST LONDON: 043 726 3679 VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA Errors and omissions excluded. We reserve the right to limit quantities. VALID UNTIL 22 JULY 2018 While stocks last. E&OE

Hoe gemaak met... Ek hoop dat al ons tuiniers geniet die lieflike reëns wat ons so mildelik hierdie jaar ontvang. Ek glo almal se gemoedstoestand is baie meer positief, omdat ons damme mooi voller word. Maar wintertyd is snoeityd vir ROSE & VRUGTEBOME en meeste ander bladwisselende bome en struike. Jou krismisrose en wingerdstokke moet ook deeglik gesnoei word. Die beste tyd vir wintersnoei is verkieslik middel JULIE tot middel AUGUSTUS, indien jy in ‘n area woon waar daar swaar ryp voorkom, moet jy selfs nog later snoei. Hoekom snoei ons ? Deur plante te snoei, word nuwe groei gestimuleer wat plante jonk, ferm en gesond hou. Plante produseer dan ook beter kwaliteit en kwantiteit blomme en vrugte. Verder verbeter en beheer dit die voorkoms, grootte en fatsoen van jou struike en bome. Wanneer jy jou snoeitake aanpak, sorg dat jy die regte gereedskap het; jy benodig 'n ordentlike skerp snoeiskêr, ook 'n skerp en goeie snoeisaag en 'n paar lekker tuinhandskoene sal veral by rose jou taak aansienlik vergemaklik. NB-NB-NB: Steriliseer jou snoeigereedskap na elke vrugteboom of roos wat gesnoei is om te verhoed dat jy virus en swamsiektes versprei. Hiervoor kan jy gebruik; kaliumpermanganaat of brandspiritus of dettol. NOTA Nuwe en jong hout produseer beter, so probeer dit behou sover moontlik. Moet nie verwar met wilde- of waterlote, wat jy geheel en al moet verwyder. Wanner jy te veel lote en takke op jou plante agterlaat, gaan daar wel baie vrugte en blomme wees, maar

NUUS • NEWS

van ‘n baie swakker kwaliteit en grootte. Sodra jy klaar gesnoei is, spuit dadelik met KALKSWAWEL (een deel per tien dele water) om sluimerende swamsiektes en ander peste te beheer, daar is ook KUMULUS wat gebruik kan word. Onthou; gebruik kalkswawel slegs op plante sonder blare (bladwisselende plante). Wat ook baie belangrik is, is om alle snoeisels, takkies, blare en los lote te verwyder, om te help met die voorkoming en verspreiding van siektes. HOE SNOEI EK ? Eerstens verwyder jy alle dooie lote en takke, so ook krom en swak takke. Oorblywende lote word uitgedun en tot ± een derde van die oorspronklike lengte teruggeknip. Swak en minder produktiewe lote word ook verwyder. NB: Maak seker dat alle snitte ± 5mm bokant 'n ogie is wat na buite wys, die snit moet skuins wees na binne, sodat water kan afloop om infeksie te voorkom. Snoeiwonde kan verseël word met "tree seal" of "steriseal". Hoogstam-rose word ook net soos bosrose gesnoei. Voorspoed met die snoeitake, dit is nie so moeilik nie! Indien jy nog twyfel, kom besoek ons by die KWEKERY, dan kan ons vir u wys hoe dit gedoen word. Ons gaan ook op Saterdagoggend 21 Julie 2018 om 10:00 ‘n gratis snoei-demonstasie aanbied by MALMESBURY KWEKERY, kom kuier gerus vir ons en ons gesels en doen snoeitake. Lekker tuinmaak. Tuingroete. George Retief


NUUS • NEWS

27 Junie 2018

5


6

NUUS • NEWS

27 Junie 2018

WDJ Konstrukise op Malmesbury Steven Jackson

Christopher Juul

"

Ons is dankbaar om vandag te kan sê dat ons deur alle moeilike tye ons besigheid gesond kon bestuur.

Die vernaamde konstruksiemaatskappy, WDJ Konstruksie BK in Arcadiastraat op Malmesbury vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar. Die maatskappy is in 1997 deur Stephen Jackson en Christopher Juul gestig. Jackson en Juul het in 1989 saam bourekenkunde aan die Kaapse Technicon studeer. Hulle het destyds reeds besluit om hulle kennis en kragte op ‘n latere stadium saam te smelt. Juul het aanvanklik by ‘n ander maatskappy as kontrakbestuurder gewerk. Jacksonn het na sy studies met sy pa se boumaatskappy, WD Jackson Konstruksie voortgegaan. In 1996 het die baasbreine agter WDJ Konstruksie besluit om saam die wa deur die drif te trek. WDJ Konstruksie is kort daarna gestig. Hulle het as algemene boukontrakteurs begin, maar in 2000 begin spesialiseer in betonwerke soos strukture,

pakstore, wynkelders, beesbehuising, kanaalstelsels, industriële betonvloere, reservoirs en meer. Jackson en Juul wat die bestuur van die maatskappy behartig, maak ten volle staat op hul personeel wat die hart van die besigheid is, met Marlene Niemann as administratiewe hoof, Donavan Janse van Rensburg en Jim November as logistieke bestuurders en Bota Mawande as terreinvoorman vir sy span. WDJ Konstruksie BK het altesaam 30 personeellede in diens. Wat geniet hulle die meeste van die bedryf: Koördinering en organisering. “Ons is dankbaar om vandag te kan sê dat ons deur alle moeilike tye ons besigheid gesond kon bestuur,” voeg die twee vennote by. WDJ Konstruksie bedank hul kliënte vir hul jare lange vertroue in die maatskappy. Hoewel


NUUS • NEWS

27 Junie 2018

raak 21 jaar oud

"

Belê eers, maak jou bates staan voor jou bates die mooi motor of strandhuis kan �nansier.

hulle geen uitsonderings maak nie, word die Swartland Groep genoem wat WDJ Konstruksie aan die begin met toegewyde en konstante ondersteuning aangemoedig het. Volgens Jackson glo hulle die sukses van WDJ Konstruksie lê in die neem van regte besluite op die regte tyd en die vermoë om vinnig rigting te verander soos die vraag na aanbod en behoeftes verander. “Die belangrikste besluit was verseker om finansiële dissipline toe te pas om te weet waarop gespandeer moet word.” Hul leuse waarvolgens hulle werk is eenvoudig en dit is: Assets buy luxury. “Belê eers, maak jou bates staan voor jou bates die mooi motor of strandhuis kan finansier. In kort, ‘n bate voorsien passiewe inkomste. Andersom gaan of kan jy verseker probleme verwag.”

"

Voortrekkerweg-fokus Prima-sentrum tuiste vir talle ondernemings

Die Prima-sentrum op Malmesbury is die tuiste vir talle ondernemings. Van KFC se watertand-kitskos, tot 'n oogarts. Hier kan jy iets van alles vind. Dié sentrum is sowat vyf jaar gelede gebou en is die eiendom van die Prima Groep.

Swartland Verwe, wat ook in dié sentrum gesetel is, het onlangs weer sy vorige naam teruggeneem. Dit het voorheen bekend gestaan as Jacks Paint and Hardware. As jy 'n nutsman is, of iemand wat iets by die huis gedoen wil hê, is Swartland Verwe die plek om te besoek. Hulle spesialiseer in verf en doen-dit-jouself-toerusting. Wat hulle uniek maak is hul flink en vinnige

7

diens, asook die feit dat hulle verf kan meng om spesifiek by 'n ander in te pas of na te boots. Hier word jy altyd met 'n vriendelike glimlag gegroet en kan jy seker wees van ervaring en kennis. Besoek Swartland Verwe Maandag tot Vrydag van 07:30 tot 17:00 en Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00. Kontak hulle by 022 482 3848 of stuur 'n epos aan phil@swvh.co.za.

Steers en Debonairs: Hierdie twee kitskosrestaurante bied talle watertand-disse. As jy jou deur jou neus laat rondlei, sal jy beslis in hierdie perseel beland. Tussen die reuke van pizza en heerlike hamburgers, kan seker wees dat jy vinnig 'n hongerkolletjie op die maag sal kry. Dié twee konsessies is die eiendom van Jannie Visser. Hier word jy met 'n glimlag gegroet en word jou bestelling met ekstra sorg voorberei. As jy nie die gerief van jou eie huis wil verlaat nie, kan jy net die telefoon optel, jou bestelling plaas en dit word by jou voordeur afgelewer. Dis nou diens uit die boonste "gestoeltes". Kontak hulle by 022 487 233 of 022 482 1915/6/7. Country Butchery: As jy lus is vir 'n stukkie biltong of droëwors, of 'n lekker braai, is Country Butchery beslis die plek om aan te klop. Hier sal jy vleissnitte kry wat behoorlik die mond sal laat water. Hulle is reeds die afgelope vyf jaar deel van die Prima-sentrum se huurderskorps en het 'n gunsteling onder vleisliefhebbers geraak. Hier word jy altyd met 'n vriendelike glimlag gegroet en kan jy seker wees dat die slagter vir jou die beste snitte sal gee. Besigheidsure: Maandag tot Vrydag 08:00 tot 18:00 en Saterdag vanaf 07:00 tot 14:00. Kontak hulle by 022 482 1429.


8

27 Junie 2018

NUUS • NEWS

Voortrekkerweg-fokus Prima-sentrum tuiste vir talle ondernemings

Woolworths Foodstop is die nuutste toevoeging tot die aanbiedinge by Engen Malmesbury, oftewel Malmesbury Geriefsentrum. Eienaar Gey Kriek en sy personeel is werklik baie dankbaar vir al die positiewe kommentaar van inwoners van die omgewing wat die Woolworths Foodstop reeds besoek het. “Dit is duidelik dat Malmesbury al lank al gereed is hiervoor. "Dit help ook dat Woolworths ingestem het

dat ons dieselfde standaard verkooppryse as die groot Woolworths korporatiewe winkels kan bied. Nou is dit skouer aan die wiel om te verseker ons bied deurlopend goeie diens en die regte katalogus van produkte vir ons streek. Die komplementerende aanbiedinge by die Engen soos Wimpy, die bakkery en die Quickshop, tesame met ander bekende handelsmerke by die Prima Sentrum, versterk hierdie as ‘n landmerk handelsbestemming in die dorp.”


NUUS • NEWS

27 Junie 2018

Voortrekkerweg-fokus

Cardelli's Malmesbury het onlangs 'n nuwe baadjie aangetrek met die nuwe eienaar Bernice Coleman wat nou aan die stuur van sake staan. Cardelli's is alombekend vir sy watertandlekker sushi, pizza en "grill". Hier kan jy verseker wees van 'n heerlike samekoms, ondersteun deur uitstekende diens vanaf die personeel en etes wat van hoogstaande gehalte is. "Hier kan familie, vriende en kliënte heerlik kom kuier. Of dit nou binne of buite die restourant is. Hier is hopevol atmosfeer, heerlike kos en goeie diens," sê Colemant. Besoek Cardellis in Voortrekkerweg Maandae tot Donderdag vanaf 12:00 tot 22:00. Vrydae en Saterdae is hulle vanaf 10:00 tot 22:00 oop vir besigheid en Sondae van af 12:00 tot 19:00. Kontak hulle by 022 487 1744 met enige navrae.

SupaQuick Malmesbury: As jy met jou hande in jou hare sit oor ‘n pap motorband, is SupaQuick Malmesbury die plek wat jy moet kontak. Hierdie konsessie in Voortrekkerweg, onder bestuur van Stephan Beukes, bied nie net gehalte diens met ‘n vriendelike glimlag nie, maar hulle sal ook na jou motor se battery, skokbrekers en remme omsien. As jy deur die deure van SupaQuick Malmesbury stap, kan jy verseker wees dat jy nie net ‘n nommer is nie, maar ‘n gewaardeerde kliënt wat die personeel se toegewydheid sal ontvang om in jou unieke behoeftes te voorsien. Die opgeleide en ondersteunende personeel is daar om jou te help. SupaQuick is trots op die feit dat hulle enige band kan bied of opspoor. Dit is die tipe diens wat jy by enige SupaQuick-konsessie regoor Suid-Afrika by enige van die meer as 250-takke sal vind - en die Malmesbury-tak is geen uitsondering nie. SupaQuick Malmesbury hou net die markleiers se handelsmerke in bande, batterye, skokbrekers en remskoene aan. As ‘n ekstra bonus, kan hul ook die gas van jou lugversorger nagaan. Besoek SupaQuick Malmesbury in Voortrekkerweg 86, of kontak hulle by 074 150 1971. Besigheidsure: Weeksdae 08:00 tot 17:00 en Saterdae vanaf 08:00 tot 11:00.

Seeff Malmesbury: Seef, wat al meer as 50 jaar in die eiendomsbedryf is, spesialiseer in die verkoop en verhuring van eiendom wat residensieël, kommersieël, industrieël en landbou insluit. Die eiendomsagentskap beskik oor ervare personeel wat in hul kliënte se behoeftes kan voorsien. Seeff lewer uitstekende diens waarvan voornemende kliënte verseker kan wees. Om eiendom te verkoop, te koop, te huur of te verhuur, is ‘n groot besluit in ‘n mens se lewe. Daarom is Seeff daar om die proses so eenvoudig en aangenaam as moontlik vir sy kliënt te maak. Die eiendomsagentskap wat reeds met verskeie kantore in die Boland gevestig is, het verlede jaar die plaaslike kantoor op Malmesbury by die voormalige lisensiehouer oorgekoop. Volgens hulle het Malmesbury baie potensiaal en glo dat dié dorp binne die volgende paar jaar gaan uitbrei en groei. “Die Malmesbury kantoor is ‘n aanwins tot die besigheid. Ons sien uit daarna om saam met die dorp te groei.” Seeff Malmesbury is van Maandae tot Vrydae tussen 08:30 en 17:00 oop, hoewel agente altyd op hul selfone bereik sal kan word om ‘n volhoubare diens aan kliënte te lewer. Kontak Seeff Malmesbury by 022-487 3905 of e-pos hulle by malmesburypa@ seeff.com.

Liefielyfe: Liefie-lyfie in Voortrekkerweg op Malmesbury verkoop baba- en kleuterklere met gewilde handelsmerke soos Pickalilly, Tiny Tribe, Butter, Storiemeisie, Silly Lilly en Just Chillin'. Liefie-lyfie het ook verdere bykomstighede soos borslappies, fopspeen hangertjies, spoegdoeke, serpies, kopbande, babakomberse en nog vele meer beskikbaar. Die mammas wat nog swanger is, kan ook kom inloer vir die Cherry Melon-swangerskapklerereeks. Al die produkte is Suid-Afrikaanse produkte

wat Liefie-lyfie besonders maak. Eienaar Hilette Potgieter het kort na die geboorte van hul dogtertjie besef daar is nie juis winkels in die omgewing wat oulike en besonderse baba –en kleuterklere verkoop nie. Sy het tydens haar swangerskap ook gesukkel om swangerskapklere te kry. Sy het toe besluit om dié leemte in die mark te vul. Potgieter en haar twee assistente Suné Abrahams en Chané Snell is trots op die verskeidenheid produkte wat hulle bied. “Indien ons iets nie het nie, stap Liefie-lyfie die ekstra myl om dit vir die kliënt in die hande te kry. Voornemende kliënte kan uitstekende diens verwag met ervare, vriendelike personeel wat altyd gereed staan om te help. Besoek Liefie-lyfie in Voortrekkerstraat vanaf Maandae tot Vrydae tussen 09:00 tot 17:00 en Saterdae vanaf 09:00 tot 13:00. Besoek ook hul Facebook-blad by https://www.facebook. com/liefielyfieklere/ of bel Liefie-lyfie vir meer inligting by 066 010 3894.

9


10

27 Junie 2018

NUUS • NEWS

Dippenaar-plaas oudste Talle plase is destyds gedurende die 1800’s deur Simon van der Stel uitgegee. Baie van daardie plase het ook intussen van eienaar verwissel. Swartberg, buite Moorreesburg in die Swartland is nie een van die plase nie. Volgens Kobus Dippenaar, eienaar van Swartberg, is daar destyds gesê dat dié plaas die oudste plaas in Suid-Afrika is wat steeds deur dieselfde familie geboer word. Voormalige Springbok Sewes Rugbyspeler, Stephan Dippenaar (29) is vandag die sewende geslag wat sowat ‘n jaar gelede sy rugbystewels opgehang het om die sowat 1200 hektaar plaas saam met sy pa te kom boer. Hoewel baie inligting vermoedelik saam met die argief op Malmesbury afgebrand het, kan bewyse dat dit een van die oudste plase is wat oor geslagte heen steeds deur dieselfde bloedlyn besit en bestuur word, vandag op onder meer die klipgrafstene in die ou familie begraafplaas op dié plaas gevind word. Inligting oor dié plaas se geskiedenis kan ook in die Dippenaar-familieboek gevind word. Die Dippenaars het verder bevestiging gekry deur geboortedatums en doopseëls, opgeskryf deur kerke. . Swartberg is nie die oudste plaas wat destyds deur Van der Stel uitgegee is nie. Die plaas is in 1839 onder die huurpagstelsel aan Barend Frederick Smit (1791 1844) toegeken, wat se grafsteen steeds op die plaas is. Smit was die eerste eienaar. Smit het een seun en vyf dogters gehad. Een van sy dogters trou toe met Mi-

Die Dippenaar-familie is Kobus, Emci, Stephan en Louise. chaelis Christoffel Dippenaar (Oud Vader). Sedert die erfpag uitgegee is, val Swartberg onder een familie tot die sewende geslag wat vandag op die plaas is. Die oorspronklike Swartberg wat destyds as Klipfontein bekend gestaan het, sluit drie dele van Swartberg, Withoogte, Witklip en ‘n gedeelte van Brakfontein in wat onder Smit se seuns verdeel is. Hulle het destyds landjies gehad. Dit was nie kampe met drade nie en met wagters geboer. Met tyd meer ontbossing meer gesaai. Met onderverdeling het die oorspronklike groter plase kleiner geraak. Kobus Dippenaar het intussentyd weer drie dele van die plaas wat destyds onderverdeel is, teruggekoop. Drie van die vyf dele wat onder Swartberg val, is vandag gelyk aan oor die 1200 ha. Dié plaasopstal waar die Dippenaars van woon, was die oorspronklike opstal. Die oudste huis op die werf is in 1918 gebou. Swartberg was ook een van die plase wat ‘n dorsmasjien bedryf het. Al die boere in die omgewing het hul koring hier kom uitdroog. Daar was ook in die verlede perdestalle en woonplekke vir die bywoners gevind wat gebruik was om die dorsproses aan die gang te hou. Die eerste oorspronklike huis was ‘n egte hartebeeshuis wat met klip en klei gebou was en ‘n rietdak gehad het. Die fondasies kan vandag onder die grond aangetref word. ‘n Ou ossewa, dorsmasjien en sensors waarmee die koring afgesny is, sal ook op die plaas gevind word. Die Dippenaars boer hoofsaaklik met koring en beeste waarvan Angus-stoetbeeste deel van is en dohne merino's. Hulle bestuur ook ‘n wisselboustelsel van hoofsaaklik koring en medics. Kobus wat reeds vir 35 jaar boer, sou geen ander loopbaan verkies nie. Hy geniet dit om met die grond te werk en die leefstyl wat met ‘n boerdery gepaard gaan. “Dis ‘n leefstyl wat jy kies om te lewe. Jy werk naby aan die natuur,” voeg hy by. Stephanhet al as ‘n klein seuntjie geweet hy wil boer. Die ruimtes is een van die lekkerste aspekte om te boer vir hom. Hy geniet dit veral om sy eie besluite te neem en bieg dat hy baie bly is hy hoef nie daagliks meer op ‘n rugbyveld te oefen nie. Volgens Kobus is die sukses van ‘n boerdery ‘n konserwatiewe benadering. “Jy moet voorsiening tref vir die goeie en die slegte jare.”


NUUS • NEWS BETREKKINGS VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4602

----------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843

11

27 Junie 2018 STERFGEVALLE OBITUARY

------------------------------------

Kyk wie word een op 1 Julie – “Happy birthday” ZEAK. Liefde – Mammie en gesin ---------------------------------

CALEB PAULUS. Geluk met jou sesde verjaardag. Alles wat mooi is vir jou – Mammie, Daddy, Boeta en Sussie ------------------------------------

EM-JAY ROMEO SILVER. Raai wie word een op 26 Junie. Baie geluk ons bulletjie. Van: Ma, Pa, Silveren Cupido-familie ------------------------------------

CLEO-LEIGH. Gelukkige verjaardag. Mag God jou seën en vele jare spaar, ons prinsessie en blom. Klomp lief vir jou – Mammie en Daddy ------------------------------------

NATASHA. 27 Junie. Baie geluk Ma se blom. Hoop jy verjaar baie lekker. Van: Mammie, Lida en Marciano ------------------------------------

CECELIA BARENDSE. 23 Junie is verby, maar weereens baie geluk en hoop die verjaardagvieringe was geseën en gelukkige dag. Van: John Barendse ------------------------------------

God se rykste seën met jou 32ste verjaardag FABIAN BOTHA. Mag ons Hemelse Vader jou met goeie gesondheid seën. Lief vir jou – Mammie, uncle Bennie en Ouma ------------------------------------

CHARME. 22 Junie. Veels geluk met jou verjaardag. Mag jy vele verjaardae geniet. Alles wat mooi is – Jou Ouma -----------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

MATILDA (Tillie) VAN WYK. Geluk met jou verjaardag op 28 Junie. Geniet die dag en baie liefde – Kinders, susters en broer ------------------------------------

BERENISE COLLISON. 2 Julie. Jou eerste verjaardag weg van ons. Mis jou verskriklik. Jou plek is leeg in ons vriendekring. Altyd in ons gedagtes. Liefde – Paul, Desire, Benita en Neels ------------------------------------

ELVILA HEINSE (Wiela) Gebore : 25.01.1960 Oorlede: 19.06.2018 Troosdienste:Maandag tot Donderdag om 19:00 by Leeubekkiestraat 8, Malmesbury. Begrafnis: Saterdag, 30 Junie 2018 - Huisdiens om 09:00 by

Leeukbekkiestraat 8, en die diens om 10:00 by St Thomas Skoolsaal, Malmesbury ------------------------------------

#4604

----------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

CLOE GOLIATH. 27 Junie. Baie geluk ons poplap met jou verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar. Liefde – Ouma Urla en tannie Adele ------------------------------------

COHEN MOUTON. “Sweet 16” op 27 Junie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is vir jou – Daddy, Mammie, Boetie en sussie

Baie geluk met jou verjaarsdag ZENOBIA. Baie liefde – Mommy Phillipene en Lezenton ------------------------------------

27 Junie. DAVID OLIVIER (Kapalie). 70 Jaar. Baie geluk skat met die mylpaal. Wens jou vreugde, vrede en voorspoed – vrou Gertruida, kinders en kleinkinders

KENNISGEWINGNOMMER: T51/17/18

VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X HIDROULIESE UITGRAAFMASJIEN Tenders word hiermee aangevra vir die voorsiening en aflewering van 1 x hidrouliese uitgraafmasjien. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T51/17/18 – VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X HIDROULIESE UITGRAAFMASJIEN” moet voor 12:00 op Vrydag, 13 Julie 2018 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen laat kwotasies, elektroniese of tenders per faks sal aanvaar word nie. Tegniese navrae rakende hierdie tender kan aan mnr MJ Swanepoel by 022 487 9400 gerig word.

KENNISGEWINGNOMMER: T52/17/18

VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG MET KAP Tenders word hiermee aangevra vir die voorsiening en aflewering van 1 x ligte afleweringsvoertuig met kap. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T52/17/18 – VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG MET KAP” moet voor 12:00 op Vrydag, 13 Julie 2018 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen laat kwotasies, elektroniese of tenders per faks sal aanvaar word nie. Tenderaars moet oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardigers-ondersteunde dienssentrum in die Swartland Munisipaliteit se regsgebied beskik. Die tenderaar moet ’n geakkrediteerde handelaar vir voertuieverkope, onderdele en dienste wees. Tegniese navrae rakende hierdie tender kan aan me Hillary Balie by 022 487 9400 gerig word.

KENNISGEWINGNOMMER: T53/17/18

VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 2 X VERLENGDE KAJUITLIGTE AFLEWERINGSVOERTUIE MET KAPPE (VERKEERS- EN WETSTOEPASSINGSDIENSTE) Tenders word hiermee aangevra vir die voorsiening en aflewering van 2 x verlengde kajuit-ligte afleweringsvoertuie met kappe. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T53/17/18 – VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 2 X VERLENGDE KAJUIT-LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIE MET KAPPE” moet voor 12:00 op Vrydag, 13 Julie 2018 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen laat kwotasies, elektroniese of tenders per faks sal aanvaar word nie. Tenderaars moet oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardigers-ondersteunde dienssentrum in die Swartland Munisipaliteit se regsgebied beskik. Die tenderaar moet ’n geakkrediteerde handelaar vir voertuieverkope, onderdele en dienste wees. Tegniese navrae rakende hierdie tender kan aan mnr Roman Steyn by 022 487 9400 gerig word.

KENNISGEWINGNOMMER: T54/17/18

VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X PANEELWA (VERKEERS- EN WETSTOEPASSINGSDIENSTE) Tenders word hiermee aangevra vir die voorsiening en aflewering van 1 x paneelwa. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T54/17/18 – VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X PANEELWA” moet voor 12:00 op Vrydag, 13 Julie 2018 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen laat kwotasies, elektroniese of tenders per faks sal aanvaar word nie. Tenderaars moet oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardigers-ondersteunde dienssentrum in die Swartland Munisipaliteit se regsgebied beskik. Die tenderaar moet ’n geakkrediteerde handelaar vir voertuieverkope, onderdele en dienste wees. Tegniese navrae rakende hierdie tender kan aan mnr Roman Steyn by 022 487 9400 gerig word. Dokumente kan gedurende normale kantoorure by Robinne Smith by tel. 022 487 9700 by die Munisipale Kantore, Malmesbury, h.v. Hill- en Piet Retiefstrate, langs die Checkers-ingang, afgehaal word. ‘n Nieterugbetaalbare kontantfooi van R100,90 is aan die Swartland Munisipaliteit betaalbaar vir die afhaal van harde kopieë van die tenderdokumente. Gratis, elektroniese tenderdokumente is op aanvraag beskikbaar. Tenders sal geëvalueer word ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en die spesifikasies wat saam met die tenderdokument uitgereik sal word. Die kontrakte sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Voorkeurpunte sal nie toegeken word, indien die skedule nie volledig voltooi is nie, Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEE-statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEE -graderingseise te substansieër. Hierdie tenders is onderhewig aan die Algemene Tendervoorwaardes, en indien van toepassing, enige ander Spesiale Tendervoorwaardes. Tenders mag slegs ingedien word op die uitgereikte tenderdokument. Swartland Munisipaliteit word nie daartoe verbind om die laagste, ‘n gedeelte van ‘n tender of ‘n tender in geheel te aanvaar nie. Swartland Munisipaliteit Privaat Sak X52 Malmesbury 26 Junie 2018

JJ Scholtz Munisipale Bestuurder

www.thecandocompany.co.za 134154

www.ayandambanga.co.za

25X4 PROOF 1


12

courant

NUUS • NEWS

27 Junie 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

27 Junie 2018

Honde sit beste pootjie voor

Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury Gholfklub Woensdag, 20 Junie - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford: Lothar Buhr 19, Billy Howburg 18, Gerhard Bester 16 Vrydag, 22 Junie - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford: John Smith 21, Guys Neethling 20, Roscoe Liedeman 20 Saterdag, 23 Junie : Maandlikse Houespel Michael Julie 68, Johann Ackerman 72, Adriaan Louw 74, Jaco Kriek 75, Eben Lingeveldt snr 75, Martin Lesch 76, Ian Adams 76, Johandre Theron 77, Ralph Mehl 78, John Smith 80 Die Weskus Challenge tussen Malmesbury GK, Milnerton GK, Atlantic Beach GK en Langebaan GK, is gewens Malmesbury Gholfklub - Malmesbury 248, Milnerton 246, Atlantic Beach 244, Langebaan 236 DUIWE ORPC : Prince Albert Road (23 Junie) 1 Mr Zimiri 13.58.48; 2 D Daniels & Son 14.02.09; 3 Mr Zimiri 14.03.40; 4 Leukes Family 14.02.32; 5 Sheldon Bros 14.07.56; 6 Leukes Family 14.06.50; 7 Manual Lofts 14.13.21; 8 Sheldon Bros 14.13.34; 9 J Morris 14.26.02; 10 R C Liedeman 14.32.34

Die jaarlikse hondeskou is die afgelope naweek weer op Malmesbury gehou waar honde van die hele streek hul beste voetjie voorgesit het vir die beoordeling.

•REIS SATERDAG NA PIKETBERG VIR STRYD

Darling pure kampioen •Abri Adonis Darling het Saterdag 'n waarskuwing gestuur aan al die spanne in die Boland-streek, deur 'n sterbelaaide Wesbank op Darling oortuigend te klop en sodoende sy aanspraak op die Swartland Groot Uitdaag-beker relatief te versterk. Wesbank het geen antwoorde gehad vir 'n begeesterde Darlingspan, wie tans die top-posisie beklee met ook 'n wedstryd minder gespeel as die tweede geplaaste Wesbank. Gietende weersomstandighede het weer 'n groot rol gespeel en slegs strafskoppe is gedeel tussen die twee spanne tydens die eerste helfte. Albei pak voorspelers het mekaar behoorlik les opgesê. Darling se voorspelers het die wedstryd domineer in terme van bal-dra en ook op die grond. Wesbank het egter baie goed teruggeslaan by die vaste fasette. Albei spanne het goed teen mekaar opgeweeg. Die stryd tussen Hyco Jacobs en Shaun De Waal was kookwater, maar die twee dorings in Wesbank se vlees was beslis die skakelpaar Ethan Sias en Jemeel Warnick, wie skitterende vertonings vir Darling gelewer het. Jemeel het elke keer Darling op die voorvoet

gesit met sy systappe en uitgee van die bal met Ethan wat takties elke keer die wedstryd bemeester het. Jemeel het toe die wedstryd hard geslaan met sy vlugvoetigheid en kraglopies en het toe oorgegaan vir twee pragdrieë in die laaste 10 minute, wat die wedstryd vir Darling belink het en Wesbank-ondersteuners met hul hande in die hare en Wesbank spelers met hul hande op hul heupe laat sneuwel het. Darling reis Saterdag na Piketberg, wie Saterdag vriend en vyand verras het deur Lillies van Abbotsdale op hul tuisveld oortuigend te klop met 'n bonuspunt. Darling sal egter sy opmars voortsit, wanneer hy na Rhino-park reis en nog 'n bonuspunt oorwinning van meer as 10 punte, behoort Darling stewig bo-aan die puntelys te plaas. Abbotsdale reis Saterdag na Moorreesburg, wie tans baie goeie rugby speel en goeie momentum opgebou het oor die afgelope twee wedstryde. In Moorreesburg se oorwinning oor Coronations, het hul voorspelers gewys hul gaan van krag tot krag elke week en hulle het die grondslag gelê vir die oorwinning. Moorreesburg se verdedigende spel was

ook puik met Arno Fortuin en die terugkerende legende Ashley Amon, wie Coronotions groot kopsere besorg het met hul dodelike plettervatte. Daar kan egter nie uitsonderings gemaak word met Moorreesburg wat 'n goeie spanpoging opgesit het om die oorwinning te beklink. Moorreesburg het die seisoen baie bestendig vertoon op hul tuisveld en dit sal moeilik wees vir Lillies om hul momentum te breek. Moorreesburg behoort dus die wedstryd met meer as tien punte te wen teen 'n Lillie-span wie tans sukkel om weer aan die gang te kom. Never Despair het Saterdag weer op die wenpad gekom deur 'n goed gebalanseerde Good Hopes-span van Riebeek-Wes met 19-16 ore aan te sit. Dit was 'n taai wedstryd met min wat die twee spanne kon skei. Never Despair reis Saterdag na Porterville en behoort baie selfvertroue uit die wedstryd te neem en Porterville te klop met minder as tien punte. Good Hopes speel gasheer vir 'n sukkelende Coronations-span. Die span van Riebeek-Wes behoort verdere sout in die Coronations-wonde te vryf deur hulle gemaklik te klop met meer as 10 punte. Wesbank geniet Saterdag n loslootjie.

Malmesbury Posduifklub: Leeu Gamka 1 JO 1 Hayman & Edas 1069.9035; 2 Paulus Fam 1048.4367; 3 Bordeaux B 1037.3556; 4 Bordeaux B 1028.5996; 5 Hayman & Edas 1013.6811; 6 Bordeaux B 1013.0526; 7 LF Van Dalen 1010.7216; 8 Bordeaux A 998.6985; 9 Paulus Fam 994.3778; 10 J Steenkamp 989.1384; 11 J Steenkamp 968.3823; 12 G Williams 962.8397; 13 Bruyns Loft 952.3308; 14 G Horn 945.3271; 15 D De Villiers 930.9603; 16 G Horn 926.4777; 17 LF Van Dalen 883.7072; 18 G Horn 863.7011; 19 Bordeaux B 840.9572; 20 Kotze Familie Hokke 825.4649; Leeu Gamka 1 OPE 1 J Steenkamp 1051.5355; 2 M Hill 1012.8056; 3 Paulus Fam 994.3778; 4 G Horn 976.1268; 5 Paulus Fam 966.6106; 6 Marais Hokke (Ksd) 951.7470; 7 M Hill 946.6986; 8 M Hill 941.9000; 9 Hayman & Edas 939.4523; 10 J Steenkamp 927.3999; 11 Kotze Familie Hokke 921.8002; 12 Bordeaux B 893.4444; 13 Paulus Fam 892.8964; 14 M Hill 886.7612; 15 G Horn 885.3028; 16 Bordeaux B 884.9342; 17 LF Van Dalen 884.8773; 18 Paulus Fam 878.0977; 19 Kotze Familie Hokke 878.0324; 20 G Horn 870.4058 Moorreesburg : Leeu Gamka JO1 1 Henna & Melt Smit 14.13.39, 2 Van der Vyver Hokke 14.13.23; 3 Van der Vyver Hokke 14.15.53; 4 Van der Vyver Hokke 14.15.54; 5 Boetie & Baron Hokke 15.01.59; 6 Boetie & Baron Hokke 15.18.34; 7 Saunders Familie 14.55.29; 8 Frikkie Bester 14.57.16; 9 Boetie & Baron Hokke 15.36.02; 10 KB en Seun 15.06.30; 11 Frans Jooste 15.39.04; 12 Frans Jooste 15.48.18; 13 KB en Seun 15.50.09; 14 Boetie & Baron Hokke 16.42.16; 15 Frans Jooste 16.12.03 Leeu Gamka Ope 1 Henna & Melt Smit 14.08.02; 2 Frikkie Bester 14.15.21; 3 Van der Vyver Hokke 14.20.32; 4 Frans Jooste 14.23.49; 5 Saunders Familie 14.24.14; 6 Boetie & Baron Hokke 15.06.05; 7 Boetie & Baron Hokke 15.06.11; 8 KB en Seun 14.42.13; 9 KB en Seun 14.43.07; 10 KB en Seun 14.45.55; 11 Van der Vyver Hokke 14.47.23; 12 Frans Jooste 14.49.30; 13 Boetie & Baron Hokke 15.25.26; 14 Henna & Melt Smit 14.54.59; 15 Frans Jooste 14.55.38


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
475 dié courant swartland by DieCourant - Issuu