Skip to main content

474 dié courant weskus en bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

20 Junie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 474

20 Junie 2018

•BRITSE SAKEMAN BELÊ VERDER IN PORT OWEN

Miljoene vir nuwe brouery op Weskus VELDDRIF – Russell Foster, Britse sakeman, entrepreneur en eienaar van die gesogte Russel’s on the Port-restaurant en gastehuis in Port Owen, het op Woensdag 13 Junie ‘n tweede eetplek, dié keer ‘n mikrobrouery en restaurant, Charlie’s Brewhouse geopen. Mense van regoor die Weskus en die Kaap het die plek met die opening raserig volgepak en behoorlik gebruik gemaak van die aand se aanbod van gratis handvervaardigde biere en jenewer (Gin). Foster het tong-in-die-kies gesê dat die aanbod ook genoodsaak is, aangesien hulle op daardie tydstip nog nie hulle dranklisensie na ‘n groot gesukkel met rompslomp kon bekom nie en daarom nie drank kon verkoop nie. Teen saktyd het hulle steeds gesukkel om dit te bekom, maar gaste uitgenooi om daar te gaan eet en hul eie drank te bring, sonder om ‘n kurkfooi te betaal. Die multimiljoen rand se Charlie's Brewhouse het ‘n stadsgevoel met ou rolprentplakkate gemeng met industriële afwerking as dekor, maar kyk uit op die pragtige waters van Port Owen. Foster het bekendgemaak dat Charlie's Brewhouse eers ‘n verskeidenheid plaaslik vervaardigde handgemaakte bier gaan aanbied, maar sodra die brouery (agter die restaurant) begin produseer gaan hulle net hul eie handgemaakte bier verkoop. Dit gaan bestaan uit ‘n Amerikaanse Pale Ale (sterk Hopsmaak), ‘n Lager, ‘n Bourbon Stout (sterk, donker bier) en ‘n Blonde Ale. Foster beplan om ook ‘n distilleerdery oop te maak, maar tot dan word ingevoerde Poetic License-jenewer, wat in Sunderland in die noord-ooste van Engeland gemaak word, bedien. Daar sal ook ‘n wye verskeidenheid plaaslike wyne – rooi, wit, roos- en vonkelwyn asook sap, koeldrank en melkskommels verkoop word. Die bekende sjef David Walker, voorheen van die Taproom by die Devil's Peak Brewing Company in Kaapstad, het die spyskaart vir middagen aandetes ontwikkel. Dit is ‘n samesmelting van tradisionele Britse kroegvleis en plaaslike Weskusgeure.

Tydens die opening kon gaste ‘n voorsmakie kry van heerlike voorgeregte soos Weskusmossels in bier- en klappersous, biergarnale, verkoelde lynvis cevishe, beestartaar en gerookte stokvis-en-avokado bruschetta, om maar enkeles te noem. Die een was so smaaklik soos die ander. Werklik ‘n geursensasie, was die algemene mening. Vir die hoofgereg kan klante wat kom aansit en uitkyk op die water uitsien na geelbruin eisbein, 'n gesmeerde varkensbroodjie, tuisgemaakte worsies met romerige aartappels, bierblaardeeg vis en skyfies, asook gestoomde beesvleis-en-bier Britse “poeding” met blomkoolpuree. Slaaie sluit in ‘n hoender Caesar-slaai en 'n calamari-en-lensieslaai. Soettande kan uitsien na sjokolade-en-biernagereg, Eton-nagereg ('n rowwe mengsel van geklopte room, stukkies meringue en vrugte, tipies aarbeie), suurlemoen posset ('n koue nagereg van verdikte room, gegeur met suurlemoen) en bosbessiebiskotti. Vir kinders gaan hamburgers, vis en skyfies, varkworsies en kapokaartappel, asook biefstuk

Russel Foster open Charlie’s Brewhouse amptelik. en skyfies bedien word. Charlie’s Brewhouse is Maandag tot Sondag oop, van 12:00-22:00. Vir meer inligting: bel 022 783 0448, besoek www.charliesbrew.co.za of Facebook @charliesbrewhouse.

NUUS • NEWS


2

20 Junie 2018

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

•HEINECKEN OOR FALKLAND

3

13 Junie 2018

Fossielpark hou praatjie in sentrum

Links is Wendy Ann Wentzel, bemarker, en regs Pippa Haarhoff, bestuurder, by Jeffrey Heinecken. Alida Buckle LANGEBAANWEG – Die Weskusfossielpark se eerste aandpraatjie in die blinknuwe sentrum het gehandel oor ‘n mariene-waarnemer, Jeffrey Heinecken, se ervaring van die Falkland-eilande digby Argentinië. Heinecken, oorspronklik van Saldanha, het sy ervaringe met foto’s, video’s en vertellings gedeel. Die gehoor het ‘n ander sy van die welbekende oorlog in 1982 tussen Brittanje en Argentinië oor dié koue winderige groep eilande met net by die 3000 inwoners gehoor. Volgens Heinecken het dit ‘n blywende merk gemaak op die inwoners se psige. Die lekker warm sjokolade en lattés van die Fossielpark se kiosk, het die ergte winterkoue verdryf, terwyl Heinecken gepraat het. Heinecken het in sy tyd daar as waarnemer die kans gekry om dele van die 170 eilande te besoek waar gewone toeriste nooit kom nie. Soos die ou hospitaal waar soldate van albei kante behandel is. Die Argentyne is net opgesluit as hulle eers herstel het. Hy het interessante feite gedeel soos pikke-

wyne wat so volop is daar dat hul eiers deel van die gemeenskap se stapelvoedsel is. Pikkewyneier-meringue is glo gewild. Die standaard van lewe is baie hoog in die Falklands-eilande met ‘n bitter klein persentasie mense wat werkloos is. Die reuse-visvangbedryf word egter hoofsaaklik deur Spaanse kontrakteurs op Spaanse bote behartig. Waarom dan die oorlog as die plek so koud en genadeloos is? Heinecken het gesê dat hy vermoed dat dit eintlik oor die olie-en-gasreserwes om die eilande gegaan het. Daar word glo steeds tougetrek oor die eienaarskap van die eilande, waarvan 98% van die inwoners reeds gestem het om Brits te bly. Heinecken het ook uitgebrei oor die verskeidenheid van fauna en flora op die eilande. Hy het self ure aaneen gaan soek vir die gesogte klein-klein teebessies. Die rotsformasies oral op die eilande het hom ook verstom. Die besoekers het ná die praatjie by die nuwe restaurant gaan eet om die aand af te sluit. Kontak hulle by 022 22 766 1606.

Junior-stadsraad ingehuldig:

Die junior-stadsraad oftewel bestuur van die Saldanhabaai-munisipaliteit se Jeugforum vir 2018/2019 is op Jeugdag, Saterdag 16 Junie, ingehuldig. Hulle is voor van links adjunkspreker Jeanetta Fredericks (Weston), spreker William Hendricks (Weston), burgemeester Marius Koen, juniorburgemeester Thabo Rhongo (Louwville) en adjunk-juniorburgemeester Charlton Mopp (Weskusskool); middel Lynn Barends (Weston), Akhona Mngeyane (Vredenburg), Anja Schutze (Curro), Gabriel Carolissen (Diazville), Johane-Lee Griphiths (Diazville), Sinoxolo Nizilane (Diazville, Monique Melck ������ Chrisna Vraagom (Weskusskool), Mia van der Linde ������ Chamira Solomon (Weskusskool) en Zoe Barends (Weston). Foto: Leatitia Bester

Workboat return to sea:

SALDANHA – The Crested Tern, a Transnet National Port Authority workboat based at the Port of Saldanha, returned to operations early in June after being laid up since 3 May for its bi–annual hull cer���e inspection and maintenance. Built in 2012, the workboat is used for docking small vessels, running stores to vessels and running lines during LPG vessel dockings at the MBM. The inspection, required by the South African Maritime Safety Authority (SAMSA), included underwater anti-fouling, valve inspection, propeller and shafts inspection, anode renewal and steel and pipework replacement. The work was carried out by appointed contractors, Cleanships Marine CC and Dormac. Photo: TNPA

Send audition video before 30 June VREDENBURG – To enter the Meraki Performing Arts Studio’s Winter Talent Show at the West Coast Vineyard Church, 31 Heuningklipweg, on Friday 20 July, send your audition video of no longer than 3 minutes to Tyzah Johnson on 073

920 3697. The auditions are open to anyone, any age and any talent, it just have to be appropriate. There are only 15 slots available so don’t waste time. Auditions close on Saturday 30 June.

Skryf nou in vir leeskompetisie by bib VREDENBURG – As deel van hul vakansieprogram hou die biblioteek op Woensdag 4 Julie ‘n Leeskompetisie vir kinders wat lede by hulle is. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die toonbank in die biblioteek. Dit moet voor Vrydag 29

Junie ingehandig word. Op Woensdag 4 Julie móét alle deelnemers om 10:00 by biblioteek wees, met die boek wat hulle gekies het om vir die kompetisie te lees.


4

NUUS • NEWS

20 Junie 2018

dié courant

Klubrugby in die Weskus is tops

Soos wat die punte op die telborde meer word, so styg die braaivleisvure langs die veld al hoër. Klubrugby aan die Weskus is gesond en die ondersteuners baie. Gaan kyk gerus Saterdagmiddae om elke dorp se veld – Saldanha, Vredenburg, Paternoster, Langebaan, Velddrif en Hopefield. Die afrigters en spanbestuur is elke week getrou op hulle pos en so ook die vrywilligers wat nooddienste lewer. Klein grootoog-seuns kry die kans om die balle te vang en vir die spelers te gooi. ‘n Belangrike taak wat met groot entoesiasme aangepak word. Die spelers speel élke week asof dit hulle laaste wedstryd is. Weeksdae word daar geoefen en beraadslaag. Vroue en kinders kom in die rugbyseisoen maar effens tweede, behalwe diegene wat dié passie ondersteun, hulle sit Saterdae bankvas agter hulle man of kêrel, met mus en serp en flessie warm drinkdingetjie op die pawiljoen. As hul span die doelpale nader, word daar opgespring en geskree en gesing. Die manne word behoorlik óór die doellyn gehelp met pure wilskrag. Daar word koppe en knieë beseer. Soms bloei daar ‘n speler ná ‘n brutale aanslag om die bal. Maar, gooi net so bietjie watertjies, is een omstander se mening, dan staan hulle weer op. As gekyk word na al die pleisters en verbande, is die Grootuitdaagbekerreeks vanjaar net so straf soos altyd, ten spyte of is dit nou as gevolg van die verskuiwings in die liga vanjaar. Weskussers wat nie die wedstryde bywoon nie, mis uit. Dit is ‘n toonbeeld van spanwerk, samewerking en passie vir ‘n sportsoort wat hul baie na aan die hart lê.

Phelophepa-train provides healthcare to Piketberg

The Transnet-Phelophepa 1 Healthcare train is coming to Piketberg in September, for the week of the 17th to the 21st. The train was procured through the dedication of Terry-Ann Wessels in the office of the Executive Mayor of Bergrivier Municipality. As part of the planning process, the Municipal Manager of Bergrivier Municipality, Advocate Hanlie Linde, hosted the Transnet-Phelophepa Healthcare Train’s Social Mobilisers, for a Stakeholder engagement meeting on the 13th June 2018. The Transnet-Phelophepa Healthcare Trains (there are two trains) have reached millions of people in South Africa since the roll out in 1994. The health-care services provided from the trains are largely free of charge or offered at an exceptionally low cost to communities in rural areas. The services include a health clinic, dental clinic, eye clinic and psychology clinic. The Transnet-Phelophepa Health Care Train use existing rail infrastructure to deliver vital healthcare services to South Africans in remote, rural areas who would otherwise not have access to a doctor or be aware of any health problems they may or may not have. The trains travel for 35 weeks each year visiting various communities in rural areas each week. The main objective of the Transnet-Phelophepa Healthcare Trains are prevention and early detection of medical conditions, as well as screening and education by making people aware of the importance of looking after their

own health. The trains either provide services in communities where these currently do not exist, or enhance existing health services provided by government. The services offered are aligned with government’s overall development strategy. The Transnet-Phelophepa Healthcare Trains are the only primary healthcare trains in the world and recognised as one of the more innovative designs in primary healthcare in South Africa and globally. The Provincial Government fully supports this service provided by the Transnet Foundation. It provides communities with much needed healthcare assistance as well as alleviating the pressures on the already overburdened healthcare facilities. “Partnerships are vital to ensure that each citizen gets access to quality healthcare services. This train is a beacon of hope to many, and that is why the Bergrivier Municipality fully supports this project. We are looking forward to building a good working relationship with the Phelophepa Train in an attempt to extend these services to more areas in the Bergrivier Municipality, where it is much needed,” said Advocate Hanlie Linde the Municipal Manager of Bergrivier. “The services provided by the train is really for the poorest of the poor and the neediest, and we will ensure that those people most in need of the services reach it in September”. The train will be offering their services to communities in the Bergrivier Municipality from Monday the 17th to Friday the 21st.

Dagboek • Diary Weekliks

Alkoholiste Anoniem, Maandae in Vredenburg, Woensdae in Langebaan en Vrydae in Saldanha – 073 179 0751.

Gebeurlikhede

Vrydag 22 Junie: Mark by Ipic-sentrum, Vredenburg, 09:00-15:00 – Nadine 083 255 6610. Saturday 23 June: Mill Country Fair Market, The Merry Widow, Hopefield, 10:00-14:00 – 022 723 1528. Jonathan van Radio Raps, Athene-konferensiesentrum, R150 pp, 21:00 – book at mykonoscasino.co.za, 022 707 6970. Dinsdag 26 Junie: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk-moedergemeente, 18:30 – Anna-Marie 084 577 7752, admin@ weskusfotoklub.co.za Woensdag 27 Junie: Silwer Vleuels-bejaardeklub, 09:15, Ou Waenhuis, NG Kerk Vredenburg. Vredenburg Tuinbouklub, praatjie oor herwinning. Pastoriesaal, 09:30. – Ansie Loudon 083 284 3941. Vrydag-Saterdag 29- 30 Junie: Goedverwacht Snoek en Patatfees, volwassenes R80 pp, kinders o.3 gratis, kinders tussen 3-18 R30 pp, naweekpas R130 – 071 889 1121, tourism@goedverwacht.com Saterdag 30 Junie: Piket-bo-Berg-boeremark, 09:00-12:00, Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg – Jane Paterson 083 208 6873. Visbraai, St James Anglikaanse Kerk, Aandblomstraat, 11:30, R45. Denlyn-parkmark, 09:00-13:00 – Denise 022 772 0638, Lynne 082 935 5497. Saterdag 14 Julie, Franja du Plessis en Ruan Josh by die Bergrivier-winterkarnaval by Riviera Hotel, Velddrif. Friday 20 July: Winter Talent Show, West Coast Vineyard Church, 31 Heuningklipweg, Vredenburg, 18:30, refreshments on sale, R45 for adults, R30 for children under 12, tickets available at door or book, send short audition videos to 073 920 3697, merakistudiowc@gmail. com. Curro Concert celebrating 20 year in existance, HB Thom Theatre, Stellenbosch – book

at quicket.co.za Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita Du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.

SPORT Weekliks

West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Fridays 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg – Anthony 076 197 7261.Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com.

Neem deel/ gaan kyk:

Saterdag 23 Junie: Klubrugby, hoofwedstryd om 16:00 op Saldanha, St Helenabaai, Vredenburg.


NUUS • NEWS

5

20 Junie 2018

Dameskring van die Weskus deel in lief en leed SALDANHA – Dit gons soos daar planne om die tafel gemaak word vir ‘n Afrikaanse-aand later vanjaar waar daar gesing, voorgedra, gelag en gespeel gaan word. Die lede van die Weskustak van die nasionale Dameskring-organisasie is almal sprankelende vroue wat elke maand ‘n tydjie uit hul besige skedules knyp om byeen te kom om mekaar se lief en leed te kom deel, tee te drink en te kuier. Behalwe hul positiewe gesindheid glo dié geesgenote daaraan om bedagsaam, simpatiek en verdraagsaam teenoor mekaar en ander te wees. By Juniemaand se vergadering op Dinsdag 11 Junie, was Amanda Shand die spreker en het sy die vroue daaraan herinner dat hulle vreesloos moet wees. Te midde van daardie dag se verwoestende nuus uit Riebeek-Kasteel, het die groep Christenvroue geleer dat hulle vreesloos kan wees omdat die Here leef. Shand het in haar praatjie verwys na ‘n rotsrosie-vetplant by haar mo-

torhuis wat vreesloos deur die afgelope drie jaar se droogte aanhou groei het. “Soms wil ons vra: waar gaan dit eindig? Ons wil moedeloos raak, maar ons glo en daarom sal ons die uitdagings vreesloos aanpak en bo uitkom.” Ná die heengaan van Shand se man, was haar lewe in chaos, maar God het haar gehelp om weer sin uit die lewe te maak. “Ek het omgedraai en die lewe vreesloos aangepak.” Sy het ook verwys na die Voortrekkervroue wat die berge saam met hul mans en kinders oorgesteek het. Sy is seker dié vroue het ook vrese gehad, maar hulle het ter wille van ‘n beter lewe vir hul kinders, aangehou en deurgedruk. Sy het die Dameskring aangemoedig om nie toe te laat dat al die slegte nuus hulle afbreek nie. “Chaos gaan nie in ons pad staan nie.” Die Dameskring vir Afrikaanssprekende Christenvroue is 51 jaar gelede in Nelspruit gestig. Kontak Bo: By Dinsdag 12 Junie se Dameskring-byeenkoms is voor van links Sonja Hurter, Bets de Lange, Jannette van der Davelina Nelson by 083 565 1101 Merwe en Audrey Redmond; agter is Erna du Plessis, voorsitter Davelina Nelson, Elize Marx, tesourier Amanda Shand, om meer inligting. ondervoorsitter Magriet van der Merwe en Welma Brits.

Skermtyd by kinders al meer kommerwekkend

VREDENBURG – Die hoeveelheid tyd wat kinders op skermpies deurbring is volgens die kinderbelangstellingsgroep (KBG) in die Weskus kommerwekkend. Dié groep professionele mense werk privaat, vir die staat of onderwysdepartement op verskeie vlakke met kinders en bestaan uit pediaters, kliniese en opvoedkundige sielkundiges, maatskaplike werkers, spraakterapeute, oudioloë, fisioterapeute, arbeidsterapeute, verpleegpersoneel en dieetkundiges. Die fokus op Vrydag 15 Junie was op skermtyd en verskillende bydraes is gelewer wat daarop dui dat navorsing bewys dat enige skermtyd ‘n nadelige invloed op brein-ontwikkeling het – hoe meer tyd, hoe groter die negatiewe invloed. Kinders wat nog skaars kan loop, het toegang tot televisie, tablette of speel met ouers se selfone. Te veel skermkyktyd benadeel nie net kinders se visie, maar die tekort aan buitespel en verbeeldingspel benadeel hulle spierkrag en koördinasie, vermoë om inisiatief te gebruik en te beplan, handvaardigheid, konsentrasie en sosiale vaardighede (soos om te deel en met maats te kan speel) en luistervaardighede. Kinders raak verslaaf aan skermtyd wat hul slaappatrone beïnvloed, persoonlikheidsveranderings kan veroorsaak en onnatuurlike vriendskappe help vorm. Kinders van alle ouderdomme word aan

Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garcia- izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson- ads@diecourant.co.za Joernalis: Alida Buckle- alida@diecourant.co.za Bemarkers: Desiré Kriel desire@diecourant.co.za Isabella Schnetler isabella@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221

Bo: Van die lede is van agter van links Elricka de Vries (opvoedkundige sielkundige), Emalda Ellman (arbeidsterapeut) en Janke van der Walt (arbeidsterapeut); voor is Elsabé Bester (maatskaplike werkster) en dr Susan Annandale (pediater). gevare blootgestel soos pornografie, foto’s wat gedeel word, afpersing of boelie-gedrag. Gesinne se sosialisering word ingeperk en kinders se emosionele ontwikkeling word beïnvloed.

Die elektronies era en tegnologie kan voordelig gebruik word deur kinders van jongs af te leer hoe om tegnologie verantwoordelik te gebruik. Die volgende riglyne is bespreek: • Handhaaf ‘n balans. Skoolgaande kinders behoort nie meer as twee uur skermtyd per dag te hê nie. Dit sluit in TV, DVD’s, tablette, selfone, rekenaars, ens. • Monitor kinders se toegang tot TV-programme, webtuistes, sosiale media, ens. Daar is ‘n verskeidenheid privaatheidinstellings beskikbaar. • Identifiseer ‘n spesifieke tegnologie area in die huis. Dit sal help om toestelle “in die oopte” te hou, waar ouers in die verbygaan kan sien waarmee kinders besig is. • Gesels met kinders oor sosiale media en die gevare daarvan – kinders onder 13 behoort nie toegang tot sosiale media te hê nie. • Kry dadelik hulp indien ‘n kind gevaartekens wys soos persoonlikheidsverander, verslawing, depressie, ens. In plaas van skermtyd, raai die professionele groep aan om kinders eerder te laat buite speel of met speelgoed te speel; eerder die bordspeletjies en legkaarte uit te haal; die biblioteek te besoek; of te gaan stap of fiets te ry. Laat weet die kinderbelangstellingsgroep van aktiwiteite in die Weskus wat tegnologie-vry is

by janke@vanderwalt.net Lidmaatskap by ‘n professionele organisasie (soos HPCSA) is ‘n vereiste vir deelname en bywoning, maar praatjies word gereeld oopgestel vir belangstellende persone.


6

20 Junie 2018

NUUS • NEWS

Vredenburg is een van die grootste dorpe in die Weskus en is propvol sakelui, toerisme en aktiwiteite. As jy hier 'n draai wil maak, is die Hoofstraat beslis die plek om te begin. Foto's: Wikipedia

Kry jou boot op die water By Super Auto Marine Vredenburg kan jy seker wees dat jy die beste marine handelsname hier sal vind. Van Quicksilver, Garmin, Lowrance, Obrien & Connelly en Furuno. Die span van Max, Elmarie en hul span sal jou boot gereed kry vir talle vreugdevolle ure op die

water. Hulle kan jou motor herstel en diens en ook seker maak dat jou boot seevaardig is. Hul tegnikuste is opgelei en die werkswinkel is volledig toegerus om uitstekende diens te kan bied. Skakel hulle by 022 713 1662.

Oogsorg eerste by Occuvision Occuvision-oogkundiges op Vredenburg bestaan al sedert Augustus 2011 en is ‘n vennootskap tussen Z. Killian en GP Nel. Occuvision is betrokke by gemeenskapspro-

jekte, pensioenarispakkette, getoetste veiligheidsbrille en hulle toets ook kinders tien jaar en jonger se oë verniet. Vir professionele diens, bel hulle by 022 713 2163.

Tak van Just Property open deure op Vredenburg Die hoek van Hoofstraat en Saldanha-Velddrifweg in Vredenburg het ‘n nuwe moderne aansig gekry, met Just Property wat die ou bekende eiendomsagentskapskantore oorgedoen het. Volgens Gys Grieshaber (42), konsessie-eienaar saam met sy vrou Kate (45), gaan die Vredenburg-tak van die landwye Just Property-groep beslis ook die professionele en eerlike diens aan verhuurders, huurders, kopers, verkopers en beleggers lewer, waarvoor die maatskappy bekend is. “Ons help mense om die grootste finansiële besluit, belegging in hul lewe te maak. Daarom moet ons dit met integriteit en eerlikheid doen. Ons help hulle om hul grootste bate te bestuur,” sê Gys. Die Grieshabers is prokureurs met 18 jaar ondervinding in die eiendomsbedryf. Hulle kom van Ellisras waar hulle nog ‘n Just Property-tak het, waar hulle die afgelope dekade vertroud geraak het om aan groot korporatiewe instansies te verhuur met die bou van ‘n nuwe kragstasie daar. Gys glo in geloofwaardigheid en glo daarom absoluut in die integriteit van die ses agente en drie administratiewe personeel wat hy tot dusver

aangestel het. “Die onderneming word absoluut gekompartementaliseer sodat elkeen op sy eie gebied kan fokus.” By Just Property Vredenburg gaan elke persoon op sy of haar gebied spesialiseer of dit nou die verhuur, verkoop of belegging in residensiële, kommersiële of industriële eiendom is, of om die administrasiewerk vlot te laat verloop. Die tak vorm deel van Just Property se landwye netwerk van 103 takke, wat 30% van die residensiële verhuringsmark in die land uitmaak, het Gys gesê. Just Property is een van slegs twee Suid-Afrikaanse maatskappye om die Internasionale Sterkwaliteitstoekenning te ontvang vir uitnemendheid in mense- en handelsleierskap, produkte en dienste en die innoverende gebruik van tegnologie. Daarom is die Grieshabers trots om deel te wees van 'n wêreldwye span van elite-maatskappye. Hul kinders, Nelius en Klara is nog op skool in Ellisras, maar hulle is ou bekendes op Jacobsbaai waar hul al jare ‘n huis het. Bel Gys by 084 588 3389 of Kate by 082 968 3389 of loer in by die ruim kantore. Die deure open amptelik op Saterdag 30 Junie.


NUUS • NEWS

Wheel Spot vier 15 jaar

As jy in die mark is vir 'n voertuig en een teen bekostigbare pryse wil aanskaf, moet jy beslis nie by Wheel Spot verbyloop nie. Hier kan jy vanuit 'n groot verskeidenheid kus en keur.

Net die beste diens by Jits Rekenaars & Internet te vind

Jits Rekenaars & Internet, geleë in Vredenburg se Hoofstraat, is net die plek waar sakeondernemings en individue geholpe gaan raak met ‘n rekenaar of rekenaardienste. Jits is bekend vir vriendelike, eerlike en kundige raad. Praat met Jits se personeel vir ‘n oplossing wat jou sak en doelwit pas. Dienste by Jits sluit in: installasie en ondersteuningsdienste vir alle rekenaarverwante produkte; rekenaarhardeware (rekenaars en skootrekenaars); doelgebaseerde, verpersoonlike rekenaarstelsels; sagteware; teenvirussag-

teware; rekenaar- en rekenaarnetwerkdienste soos sagteware installasies, rekenaarherstelwerk, algemene instandhouding, bediener- en stelseladministrasie, verwydering van virus en skadelike sagteware (malware) en die opstel van ADSL. Jits lewer ook aanlyn hulp, bied maandelikse onderhoudskontrakte, ’n Internetkafee en tik, kopieer, faks, bind, druk, lamineer, skandering, sny en ontwerp. Verder maak hulle ook trou, verjaardag en spesiale geleentheidskaarte. Bel hulle by 022 719 1370.

Watertand-etes by Excelsior Excelsior Take Aways is bekend vir wegneemetes van goeie gehalte, groot porsies en billike pryse, veral vir hulle heerlike vis-en-skyfies, soos wat mens dit uit jou kinderdae onthou. Daar is nou drie winkels op Vredenburg: die oorspronklike Excelsior Take Away in Hoofstraat (022 715 3036), Excelsior Take Away in die Ipicsentrum by Pick n Pay (022 719 1090) en Excelsior Fish & Chicken in Markstraat (022

Famous for taste, herbs and spices KFC is famous for its Original Recipe chicken - made with the same secret blend of 11 herbs and spices Colonel Harland Saunders perfect in 1940. KFC opened in Vredenburg 25 years ago and are proud to be a part of the Vredenburg community.

7

20 Junie 2018

713 4030). Daar is ook ‘n Excelsior Take Away in Saldanhaweg 69, Saldanha (022 714 4873). Neels van Rooyen, die eienaar, het die eerste winkel vyftien jaar gelede in 2003 geregistreer. Vandag gee dié wegneemeteplekke werk aan 46 personeellede in totaal. Besoek hulle vandag nog. Elke dag is ‘n spesiale dag saam met Excelsior se wegneemetes.

Wheel Spot het 15 jaar gelede sy plek aan die Weskus ingeneem en is vandag steeds tot diens van die gemeenskap. Kontak hulle by 022 715 4455 of besoek www.wheelspot.co.za.


courant

8

NUUS • NEWS

20 Junie 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

20 Junie 2018

•STUDENTE LEER VERSKEIE VORMS VAN SPORT AAN

Gevegskool bring twee trofeë terug Alida Buckle VREDENBURG – Dis ‘n saak van die hart, glo Sensei Anthony de Reuck (55), oor die leiding van sy studente in onder meer Goju Ryu-karate, skopboks, Kobudo-opleiding in tradisionele wapens, Jiu-Jitsu, gemengde gevegskuns (MMA) en selfverdediging by die West Coast Combat School. Die West Coast Combat School is nege jaar oud en De Reuck word bygestaan deur assistente, Sempai Veronica Swanepoel (22) en Cedric Esau (50). De Reuck het op vier jaar oud begin met karate en nog nooit opgehou nie. Hy het in die Kaap onder groot name in die bedryf soos Kancho Paul Cave, Hanshi Dennis St John Thompson en Shihan Hennie Bosman gestudeer. Sy studente het weer pragtig presteer by die onlangse Cape Classic-toernooi in die Kaap. Sempai Swanepoel het die vroue Grootkampioen (Grand Champion)-trofee in Kumite (gevegskuns) asook twee goud en drie silwer medaljes huis toe gebring. Tyrique Esau het die seuns Grootkampioen-trofee asook drie goue medaljes verwerf. Megan van Niekerk verwerf 2 goue, 1 silwer en 1 brons medalje. Edward Kruger, Carlton Williams en Chloè Jacobsz elk twee goue medaljes; Timothy Hubbard (1 goud, 2 silwer); Anlè Kidson (1 goud, 1 silwer); Shaundrè Lewaks en Lou-Anne Jacobsz (elk 1 goud, 1 silwer); Nathan van Niekerk (3 silwer, 3 brons); Leigh-Ann van Niekerk (2 silwer); Connor Nimb en Daniel Lu (elk 1 silwer); Adrian Muller (2 goud, 1 silwer); Rita Swart (1 goud, 1 brons); Wynand Swart en Melanie Harmse (elk 1 goud); Glonie Jacobsz (2 brons); Brandon Oelofse, Kyle Kruger en Danè

Van links na regs is Sempai Veronica Swanepoel, Edward Kruger, Wynand Swart, Brandon Oelofse, Rita Swart, Anlè Kidson, Glonie Jacobsz, Melanie Harmse, Leigh-Ann van Niekerk, Connor Nimb, Tyrique Esau, Carlton Williams, Nathan van Niekerk, Chloè Jacobsz, Megan van Niekerk, Jaiden Kidson, Timothy Hubbard, Regan Kidson, Shaundrè Lewaks, Alice-Mari Hubbard, Lou-Anne Jacobsz, Tionie Groenewald, en Kyle Kruger. Afwesig: Waylen Papier, Danè van der Merwe, Adrian Muller en Daniel Lu. van der Merwe (1 brons). Kontak De Reuck by of epos na wccs.antDie gevegskool se sowat 77 lede, nogal meer hony@yahoo.co.za. meisies as seuns, oefen Maandae-Donderdae *Stuur jou sportnuus na alida@diecourant. van 18:00-20:00 en Vrydae van 17:00-20:00. co.za

Die Cape Classic Grootkampioene Sempai Veronica Swanepoel (links) en Tyrique Esau, met hul trofees.

Posduiwe vlieg tweede wedvlug van Laingsburg

Die Weskus-posduifklubs het op Vrydag 15 Junie hul duiwe vir die tweede wedvlug vanaf Laingsburg gestuur, waar hulle vanaf 08:00 losgelaat is om die 321km af te lê.

Uitslae soos volg: Velddrif – Ope-afdeling: Eerste drie plekke behoort aan Jutie de Witt, met die eerste duif wat om 12:38:39 ingeklok het. Vierde is Nico

Farmer

Vredenburg – Ope: 1ste Sakkie Gerber (12:44:25) asook 2de, 3de, 4de en 5de; 6de J. Nel, 7de en 8ste Pieter Jansen, 9de en 10de Brian

Payne. Jongduif: 1ste Sakkie Gerber (13:18:33) asook 3de en 9de; 2de, 6de, 7de en 10de J. Nel, 4de, 5de en 8ste Brian Payne. Die Weskus Duiwe-unie val onder die Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) en sluit in: Piketberg, Velddrif, Vredenburg en Saldanha. Bel voorsitter Jannie Burger by 073 190 4838 om meer inligting. *Stuur uitslae na alida@diecourant.co.za

wedstryd die eindtelling op 20-17 laat gaan stilstaan. Amper, amper het Paternoster geskiedenis gemaak deur Vredenburg te wen. Die voorste puntemaker in die Grootuitdaagbeker Weskus, volgens Davie Lawrence van die Boland Klubrugby Nuus-groep, is steeds Fabio Afrika van Velddrif, nou met 68 punte altesame dié seisoen. Raymond Papier van St Helenabaai en Rus-

sel Smith van Langebaan blaas in sy nek met 66 punte elk. Amboss Barends van Paternoster staan vierde met 63 punte en A. Booysen van Young Hearts vyfde met 54 punte. Die voorste driedrukker is B. Adonis van Young Hearts met 9 drieë gevolg deur Ruan Kleinsmidt (Vredenburg, 7 drieë) en Gilmore Solomons van Young Hearts met 6 drieë. Verskeie spelers het vyf drieë elk gedruk. Die reënweer dra in die meeste gevalle by tot

nog meer skouspelagtige rugby aan die Weskus. Ander uitslae is Young Hearts se onvoorsiene min punte sege oor Mamre van 26-23, Hopefield en St Helenabaai wat gelykop speel, 31-31, en Langebaan wat Velddrif wen met 34-12. Die komende Saterdag 23 Junie speel, tuisvelde eerste: Saldanhabaai teen Young Hearts, St Helenabaai teen Paternoster, Vredenburg teen Velddrif en Mamre teen Hopefield. Langebaan het ‘n loslootjie.

Wiid, vyfde Tom Dooley Lofts, sesde weer Wiid, sewende Kat Snyman, agtste weer Tom Dooley Lofts, negende en tiende Manie Lira. Jongduifafdeling: 1. Van Eck-hokke (12:52:59), 2 Jurie de Witt, 3 Johannes Basson, 4 Manie Lira, 5 Danie en Petro Smith, 6 Kat Snyman, 7 Francois de Witt Jnr., 8 André Clarke Jnr., 9 & 10 Jannie Burger. Saldanha

–

Ope:

1ste

Pieter

(13:04:21), ook 3de, 5de, 6de, 8ste, 10de; 2de, 4de, 7de, 9de Red Fire Lofts (RFL). Jongduif: 1ste Red Fire Lofts (RFL) (13:59:53) asook 4de, 5de; Pieter Farmer se jong duiwe eindig, 2de, 3de en 6de.

Grootuitdaag Weskus: Vredenburg klop Paternoster net-net PATERNOSTER – Die historiese wedstryd tussen Vredenburg-rugbyklub en Paternoster het vir spannende rugby gesorg, waar die bal die hele tyd tussen die spanne gewissel het. Die puntetelling het gewys dat die spanne mekaar hóú, met Paternoster wat halftyd 10-8 voorgeloop het nadat Vredenburg vir ‘n tydjie 8-3 voorgeloop het. Daar is pragdrieë gedruk deur beide spanne, maar Vredenburg het in die laaste deel van die


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook