Skip to main content

474 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

20 Junie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 474

20 Junie 2018

•DEELNEMER AAN SURVIVOR SA-REEKS

Joubert ken van val en weer opstaan

•Jaomi Zeeman Mense regoor die land, en op Wellington, sit die afgelope paar weke elke Donderdagaand voor hul televisies vasgenael om die lief en leed, uitdagings en strategieë van die deelnemers aan hierdie jaar se Survivor SA dop te hou. Die spanaktiwiteite, kompromieë, onderlinge gekonkel en ontbering van die deelnemers is dinge wat die verbeelding van kykers aangryp. Een van die gewildste deelnemers onder die spanlede is die oud-Wellingtonner, Werner Joubert. Hierdie fikse, diplomatiese pastoor van Secunda is ‘n oud-leerder van Hugenote Hoërskool en was selfs op sy dag Meneer Hugenote. Volgens Werner het hy en sy vrou in 2012 groot aanghangers van die Survivor-reeks geword toe hulle die vorige reeks op televisie gevolg het. “Ons het die reeks begin ontleed en ek het daarvan begin droom om self deel te neem. In 2014 het ek dit amper gemaak om eiland toe te gaan, so jy sal verstaan hoe ongelooflik bly ek was om vir hierdie seisoen gekies te word,” vertel Werner. Toe die keuringsproses vir die nuwe Survivor SA-reeks in 2017 begin, het Werner dus dadelik die geleentheid aangegryp. “In November 2017 het ek ‘n video ingestuur vir die Survivor South Africa oudisies en die produksiespan het daarna met my in verbinding getree. ‘n Paar ekstra keuringrondes het gevolg, wat onder meer mediese en sielkudige toetse ingesluit het,” vertel hy. Aangesien sy familie en vriende geweet het dat dit ‘n groot droom van hom was om deel te neem, het hulle hom ondersteun en was hulle saam met hom opgewonde. Volgens Werner is dit vir hom lekker om nou elke week self voor die kassie na die reeks te kyk. “Dis nogal vreemd om myself elke week op die televisie te sien en alles te herleef. Wat wel lekker is, is om uiteindelik die oomblikke op die eiland met geliefdes te deel. "Op die eiland hou ‘n mens baie goed vir jouself. Dit kan nogal alleen raak,” vertel hy oor die ervaring.

Bo: Die oud-Wellingtonner Werner Joubert, is weekliks in die Survivor SA-reeks te sien. Omdat die fisiese, sowel as die emosionele deel van die kompetisie baie veeleisend is, het Werner die uitdaging met ‘n plan aangepak. “Ek wou n harde game speel. Maar dis ’n game waarin mense se hart en emosies kan seerkry. Daarom het ek besluit om die game te speel, maar nie die man nie,” sê hy oor sy strategie. Dit het ook kophou gekos om al die struikelblokke tydens sy tyd in die kompetisie te oorkom. “Ek het baie gebid op die eiland en het hard daaraan gewerk om gedeeltes skrif vanuit die Bybel te memoriseer. "Ek sou elke dag die stukkies vir myself opsê. Ek het ook lekker gesels met die ander deelnemers, vis gevang en die natuur bewonder,” sê

Werner. Volgens hom het sy grootwordjare in Wellington hom beslis ‘n paar nuttige dinge geleer wat tydens die kompetisie in sy guns getel het. “In Wellington het ek geleer van val en opstaan. Ek het grootgeword in 'n wonderlike, nederige straatjie in Wellington saam met die Krynauws en die Du Toits. "As ‘n groep kinders het ons die veldjie afgebrand, slange en krappe gevang in die rivier, ons velle afgeval op ons fietse en heeltyd rugby en krieket gespeel. "My ouers het my toegelaat om te speel en deel te neem. Ek speel steeds!” lag hy. Die mense van Secunda, waar hy nou ‘n pastoor is, staan al die pad bankvas agter hom. “Ek is ‘n pastoor, maar was ook Secunda se rugbyspan-afrigter en ‘n speler vir vyf jaar. "Mense ken my as ’n pastoor, maar ook as ‘n sportman en ‘n man wat lief is vir buite die boks dink. So die mense was baie opgewonde en staan bankvas agter my,” sê hy oor die ondersteuning wat hy uit sy gemeenskap kry. Volgens Werner het hy baie lesse tydens die Survivor SA-reeks geleer. “Ek het baie tyd gehad vir introspeksie. Ek het geleer dat familie en vriende baie spesiaal is. Eers wanneer jy hulle nie het nie, dan besef jy dit. Verder het ek ook geleer dat mense baie gou kla en ondankbaar is, terwyl meeste van ons kos en klere het,” sê hy. Die reeks is reeds lankal klaar geskiet en Werner is sedertdien weer by sy hartsmense. Hy waardeer sy tyd saam met sy familie en fokus nou op sy gemeenskaps- en gesinslewe. “Ek en my vrou het ‘n dogtertjie aangeneem. Haar naam is Talitha en my fokus is nou om ’n pappa te wees vir my seun Kaeleb (4) en my dogter, Talitha (7 maande),” sê hy trots. Intussen mag hy nie ‘n woord rep oor die uitslag van die kompetisie nie en mense sal maar geduldig elke week se episode moet kyk om te sien hoe ver hierdie oud-Wellingtonner se vaardighede hom in die Survivor SA-reeks laat vorder.

NUUS • NEWS


2

20 Junie 2018

NUUS • NEWS

Gemeenskap baat by Mandeladag-operasies

Landlope: Die o.9-groep het met mening weggespring by Labori in die Paarl by die

weeklikse landloopbyeenkoms vir laerskole wat deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gereël word.

Mev. Avenant, wat deur middel van chirurgie ‘n BAHA-gehooraparaat ontvang, saam met Melda Witbooi, Anel Scheepers en Zanré Joubert van Cure Day Clinic, sowel as Mev. Avenant se dogter, Rochelle Fortuin, Liezl Muller, bemarkingsbestuurder by Cure, en Leensie Lötter van die Wes-Kaapse Regering se Departement van Gesondheid.

Rolbal: Die ���van die Wynland Rol-

bal-Vierspan-kompetisie het op Saterdag 16 Junie op Wellington plaasgevind. Twee plaaslike spanne het hieraan deelgeneem. Dit was ‘n naelbytstryd met uitstekende rolbal deur al die spelers. Die uitslag van die wedstryd is deur die laaste bal vir die dag bepaal. Bo is die wenspan is Gerda Maree, Margie Jardine, Frank Jardine en Charles Stassen. Links: Theo Els, Coen Reynolds en Ossie Lawson van Wellington Rolbal het op Saterdag 16 Junie die eerste plek verwerf in 'n Rolbal Drie-spel kompetisie wat by die Strand Rolbalklub gehou is.

Met die viering van Nelson Mandela se verjaardag wat in Julie herdenk word en die gepaardgaande Mandela Maand waar mense vrywillig goeie dade verrig, het die Cure Daghospitaal besluit om hul gewig agter hierdie inisiatiewe in te gooi. Op Dinsdag 19 Junie het die Cure Daghospitaal en die Paarl Provinsiale Hospitaal vir die eerste keer saamgespan met ‘n gemeenskapsprojek waar 6 pasiënte gratis mediese sorg en operasies by Cure ontvang het. Dokters en narkotiseurs van Paarl Hospitaal, sowel as Cure Day-verpleegpersoneel het ook hulle mediese sorg gratis vir hierdie doel aangebied. Vyf kinders en ‘n volwassene wat al lank vir lewensveranderende prosedures wag, is Dinsdag in die Cure Daghospitaal geopereer. Onder hierdie prosedures tel ‘n adenotonsillektomie met grommets, ‘n timpanoplastie en ‘n Kogleêre inplanting. Dié prosedures het Dinsdagoggend reeds om 08:00 in die Cure Kliniek se teater afgeskop - iets wat die ontvangers se lewens vir altyd positief sal verander. Volgens dokter André van Straten, die oor-neus-en-keelspesialis van die Wes-Kaapse Regering se Departement van Gesondheid wat die meeste van die prosedures uitgevoer het, is dit ‘n hele span kundiges wat hierdie inisiatief moontlik gemaak het. Dr. Gareth Davies van die narkose span, suster Michelle Le Roux van Paarl Provinsiaal teater, Liezl Muller en sustre Anel Scheepers van Cure Day Paarl, die audioloog Jarreth Andreas, Chirese en Nicolette van Southern Ear, die CEO van Paarl Provinsiaal, Francois van der Watt, sowel as dr. Jacobus Louw, die COO van Paarl Provinsiaal COO is almal rolspelers in hierdie wonderlike inisiatief. Cure Day het ingestem om hierdie operasies pro-bono te doen en Paarl Provinsiaal het die chirurg, ‘n narkotiseur, sowel as die meeste van die gebruiksitems vir die prosedures verskaf. Die span van Southern Ear was ook by die inisiatief betrokke en saam met Cochlea het hulle ‘n baie duur BAHA-sisteem (Bone anchored hearing aid system) vir ‘n pasiënt wat nie ‘n ander opsie het om te kan hoor nie, geborg. Onder die pasiënte was drie kinders wat adenotonsillektomies met grommets gekry het, twee kinders wat timpanoplasties ondergaan het en ‘n volwasse vrou wat die BAHA-chirurgie ontvang het.

Volgens dokter Van Straten is die pasiënte wat Dinsdag gratis operasies ondergaan het, geïdentifiseer, omdat hul in groot nood verkeer het. “Die drie pasiënte vir adenotonsillectomies is kinders wat gekies is uit Paarl Provinsiaal se waglys van pasiënte wat ‘n adenotonsillektomie benodig. Hulle is nou al op die waglys vir langer as vyf maande en sou eers iewers in 2019 hulle beurt vir hul operasie kry. Twee van die drie kinders is gekies omdat hulle ook gehoorbuisies nodig het vir ‘n middeloor-effusie, wat veroorsaak dat hulle nie mooi kan hoor nie. Ons het dus met dieselfde operasie om hulle mangels en adenoids uit te haal, ook vir hulle gehoorbuisies ingesit wat hulle gehoor weer heelwat sal verbeter,” verduidelik hy. Dr. Van Straten sê dat die twee kinders wat die timpanoplasties ontvang het, gaatjies in beide hul linker- en regter oordromme het, wat dit gereeld laat lek. “Dit is natuurlik sosiaal nie ‘n wonderlike simptoom nie. Maar die groot rede dat hulle vroeër eerder as later chirurgie benodig het, is dat hulle gehoor ook swak is as gevolg van die gaatjies in die ore en die gedurige oorinfeksies. Hulle is skoolgaande kinders waar dit belangrik is om te kan goed hoor. Beide van hulle is ook gekies uit ‘n lys van pasiënte wat tot in 2019 sou wag om hul operasies te kry,” sê hy. Die volwasse vrou wat die chirurgie vir die BAHA-apparaat ontvang het, was vir die span ook ‘n voor-die-hand-liggende keuse. “Sy het probleme met groot gate in beide oordromme en het baie swak gehoor as gevolg daarvan. Haar probleem was dat, wanneer sy gehoorapparate dra, haar ore begin lek het en die apparate dus nie kon werk nie. Nog ‘n groot probleem was dat sy al twee keer beroertes gehad het, in ‘n roelstoel sit en sukkel om mooi te praat. Dit het haar ‘n groot narkoserisiko gemaak en dus kon sy nie groot operasies onder algemene narkose kry om haar oordromme te herstel nie. Die enigste opsie wat daar dus vir haar wast om weer beter te kan hoor, was die BAHA -apparaat wat ons onder lokale verdowing gedoen het. Met die spesiale masjientjie wat aan ‘n skroef-klamp ingesit het, sal sy in beide ore baie beter kan hoor en haar ore sal nie lek as gevolg van die gehoorapparaat wat die oorkanaal toemaak nie,” verduidelik dr. Van Straten.


NUUS • NEWS

3

20 Junie 2018

Lions maak slaapsakke vir WOK-klas hou reünie haweloses van Wellington Oud-studente en -dosente van die destydse Wellington Onderwys Kollege (W.O.K.) het op 18 Mei ‘n reünie gehou. Nadat die spore van talle studente en dosente wat aan hierdie instansie (later OKB en nou CPUT) verbonde was gevolg is en kontak bewerkstellig is, het die reünie ‘n werklikheid geword. Dr. Van As Jordaan, ‘n voormalige dosent aan W.O.K., was die meesterbrein agter die inisiatief. Hy het, met die hulp van voormalige studente, die reëlings getref sodat altesaam 140 oud-studente uiteindelik die geleentheid kon bywoon. Een van die oud-studente, André Fincham, het sy koffiewinkel vir die okkasie beskikbaar gestel. Almal teenwoordig kon aan ‘n heerlike

vingerete weglê, terwyl hul die staaltjies en interessante gebeure van hul studentejare herleef het. Volgens dr. Erica Jordaan, ook ‘n voormalige dosent aan W.O.K., is daar geen formele program gevolg nie. “Dit was ‘n heerlike informele geleentheid waar die oud-studente lekker gekuier het. Dit was veral lekker om te sien hoe bly klasmaats is om mekaar weer na al die jare te sien,” het sy gesê. Behalwe vir die heerlike eetgoed en eindelose kuier is daar, volgens dr. Jordaan, veral deur die sportmanne van weleer heerlike stories oor hul mannewales op en van die sportveld vertel.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Die plaaslike Lions Klub het op Maandag 28 Mei ‘n klomp selfgemaakte slaapsakke aan hawelose mense van Wellington oorhandig. Hierdie oorhandiging is die resultaat van ‘n kreatiewe inisiatief om slaapsakke uit ou koerante te maak. Lede van die Lions het die 23 klaargemaakte slaapsakke aan die haweloses oorhandig en verduidelik hoe dit gebruik moet word. “Die slaapsakke is waterdig, warm en kan klein opgevou word. Dit is ideaal vir gebruik in die winter, veral op die strate waar dit snags baie koud kan word,” het Pieter Myburgh, president van die Lions gesê. Bykans 15 lede van die Lions het ‘n hele dag lank gewerskaf om dié kreatiewe projek moontlik te maak. Stapels ou koerante is vir hierdie doel ingesamel. Die koerante is, saam met sterk kleefband en dik plastiek, vir die panele van die slaapsakke gebruik. Volgens Johan Carstens wat met die straatkerkbediening gemoeid is en ook by die oorhan-

diging teenwoordig was, sal die slaapsakke baie handig te pas kom. “Ons gaan elke persoon wat ‘n slaapsak ontvang se naam daarop aanbring. Hulle kan dit dan in ‘n houer by die G-Voucher-gebou stoor en in die namiddag daar gaan afhaal. Ons is regtig dankbaar vir die Lions wat hierdie inisiatief geloods het. Dit is baie welkom in die winter,” het hy gesê. Die Lions het ook komberse aan die haweloses geskenk. Hulle moedig lede van die gemeenskap aan om skenkings van komberse vir mense in nood by André Gilliland se oogkundige praktyk te gaan afgee. “Die Lions help graag waar daar nood is. Ons kry ons hulpbronne uit projekte wat ons loods en die betrokkenheid van die gemeenskap. Daarsonder sal ons nie die goeie werk kan voortsit nie,” het Pieter gesê. Die haweloses was baie dankbaar vir hul slaapsakke en het die Lions toegesing om hul vir die skenking te bedank.


courant

dié

4

Alhoewel party mense die sonskyn en somermaande bo triestigheid, reën en die winter verkies, is daar sekerlik tog dinge wat almal van die winter kan waardeer. Ten spyte van wasgoed wat nie wil droogword nie, dakke wat in die reënweer begin lek en koue vingers wat nie lekker hul vat in die winter wil kry nie, is daar ‘n lansie te breek vir die knusheid wat ook onlosmaaklik deel van die kouer maande is. Die heilsaamheid van ‘n bord warm sop of bredie het maar net nie dieselfde trefkrag in die somer as op ‘n koue, nat wintersdag nie. Kaneel-pannekoeek is tog nie iets wat op ‘n handdoek langs die swembad hoort nie en daar is iets vertroostend aan die lae bedekkende klere, die bedsokkies, warmwatersakke en ekstra lagie komberse wat ‘n mens in die winter kan nader trek. Almal is egter nie ewe gelukkig om hulself behoorlik teen die koue en nat weer te pantser nie. Ons is pynlik bewus van mense se ekstra nood ten opsigte van kos, klere en beskerming in die wintermaande. Maar selfs in die genadelose koue is daar vir dié wat daaraan uitgelewer is, die hartseer kameraderie van ander in ‘n soortgelyke situasie. In Wellington is daar egter, ten spyte van die koue, baie warm gebare en inisatiewe, knus geleenthede en goeie nuus wat almal se harte warm kan laat klop. Ons munisipaliteit se gesonde finansies het die ouditeure van die Nasionale Tesourie se harte só warm laat klop, dat dit ons ‘n eerste plek in die Wes-Kaap, sowel as in Suid-Afrika besorg het. Oud-WOK-studente se harte klop nog so warm vir hul alma mater dat hul onlangs ‘n gesellige reünie gehou het. Ons plaaslike skole se presteerders laat ons dorp ook gloei van trots. Ons het leerders wat nasionale spanne

It’s Good News

NUUS • NEWS

20 Junie 2018

Knus in die koue

in verskillende sportsoorte gaan verteenwoordig en ook uitstekend op kultuurgebied vaar. Tydens Hugenote Laerskool se Kooraand het die engelstemme van die nege kore wat daaraan deelgeneem het honderde mense se harte verwarm. Die plaaslike Lions Klub het daadwerklik iets aan mense se nood in die koue gedoen en slaapsakke vir die haweloses gemaak. Met hul sweetpakprojek wil die Ma’s vir Wellington organisasie verseker dat weerlose kinders hierdie winter warmer kry en die talle knus okkasies by die Breytenbach Galery en Sentrum sorg dat dorpenaars se kultuurbehoeftes warm gehou word. Die Cure Daghospitaal se inisiatief om gratis prosedures aan mense wat al lank daarvoor wag te skenk, is iets wat beslis vele harte warmer gaan laat klop. Die talle studente wat onlangs diplomas by die Wamakersvallei Opleidingsentrum ontvang het, het hierdeur nie net hulself bemagtig nie, maar sal nou ook ‘n positiewe bydrae in die gemeenskap kan lewer. En die vele Jeugdagvieringe wat die afgelope naweek in ons dorp plaasgevind het, laat ons besef dat ‘n belegging in die jeug dalk die antwoord op ‘n warm hartklop in ons land kan wees. Tydens Drakenstein se verwelkomingsfunksie vir ons eie Mej. Suid-Afrika, het Tamaryn Green benadruk dat dít wat sy in ons vallei tydens haar grootwordjare geleer het, haar hart warm laat klop vir randfigure, kinders en mense in nood - iets wat sy in haar jaar as Mej. SA sal wil aanspreek en wat sy hoop elkeen ook in hul eie hoedanigheid sal probeer doen. Mag elkeen hierdie week nie té gemaklik in hul eie warmte raak nie, iewers ‘n bietjie knusheid in die koue ervaar en self êrens ‘n tikkie warmte versprei.

Wamakersvallei se sentrum vereer studente Links: Elsibe Lindtveld saam met Jessica Mose, Gerhard le Roux en Fikile Tubu van die Elevation Programme.

Regs: Studente wat diplomas in Kookkuns ontvang het saam met hul fassiliteerder, Estelle Coetzee. Links: Elsibe Lindtveld, bestuurder van Wamakersvallei Opleidingsentrum, Annelize Cyster, beste student in Kookkuns, Kayla Sebastian, beste student in Salon-assistent, Chantelle Daniels, beste student in Tuisversorging en Algehele Beste Student van die kwartaal en Christelle Solomons, beste student in Kindersorg.

Dr. Marc Blackwell Snr

Words of Grace

Christians can have the assurance that God is present with us in all of our life situations and trials. “Through many dangers, toils and snares, I have already come; ‘Tis grace had brought me safe thus far, and grace will lead me home.” The Converted Slave-Trader, John Newton - “Let your character or moral disposition be free from love of money; - including greed, avarice, lust, and craving for earthly things - but be satisfied with your present circumstances and with what you have; for God Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down or relax My hold on you; - Assuredly not!” (The Amplified Version of Hebrews 13:5). A survivor of the Holocaust and the author of “The Hiding Place” - Corrie Ten Boone captures the peace that comes with trusting Who God is when we do not under- stand what He is doing in the midst of our most grievous and on-going trials. “Life is but a Weaving” (the Tapestry Poem) “My life is but a weaving Between my God and me. I cannot choose the colors Oft’ times He weaveth sorrow; And I in foolish pride Forget He sees the upper And I the underside. Not ’til the loom is silent; And the shuttles cease to fly Will God unroll the canvas And reveal the reason why. The dark threads are as needful In the weaver’s skillful hand As the threads of gold and silver In the pattern He has planned He knows, He loves, He cares; Nothing this truth can dim. He gives the very best to those Who leave the choice to Him.”

Bo: Die studente in Tuisversorging wat ser���e ontvang het.

'n Lewe met outisme

Volgens die organisasie “Autism South Africa”, is dit aan te bevele dat ‘n ouer wat drie of meer van die volgende tekens by hul kind bemerk, verder ondersoek laat instel: Gebrekkige bewustheid van ander persone; Gedrag waarin die kind himself beseer, bv kopstamp, krap, byt; Ongewone gewoontes soos om te wieg, voorwerpe te spin; Taalontwikkeling is atipies, afwesig of vertraag; Hou nie daarvan om aangeraak of vasgehou te word nie of steur hom/haar nie daaraan nie; Min reaksie op verbale insette, en tree soms op asof hy/sy doof is; Geen vrees vir gevaar nie. Verkies om alleen te speel; Onvanpaste gehegtheid aan voorwerpe Abnormale slaappatrone Uitermatige ontsteltenis of emosionele uitbarstings sonder enige ooglopende rede; Veranderinge in roetine of omgewing onstel die kind erg; Ongelyke groot- en/of kleinmotoriese vaardighede; Betrokke in herhalende aktiwiteite en kan nie oortuig of beïnvloed word om dit nie te doen of om iets anders te doen nie; Meer of minder intense ervaring van smaak, reuk, sig, gehoor of gevoel. Lag of huil sonder enige ooglopende rede. Waar kry jy hulp? Besoek Autism South Africa se webwerf waar jy hulp, ondersteuning en meer inligting kan kry oor outisme. Jy kan hulle ook telefoniese of per e-pos kontak by 011-849909 info@autismsouthafrica.org www. aut2know.co.za

Links: Die Kindersorg-studente saam met hul fassiliteerders, Cara Smit en Emmie Malan. Die Wamakersvallei Opleidingsentrum het op Donderdag 14 Junie hul diplomaplegtigheid gehou. Studente wat onlangs hul kursusse suksesvol voltooi het, is tydens hierdie geleentheid vereer. Die sentrum wat hierdie jaar hul 20ste bestaansjaar vier, fokus op die opleiding van werklose persone uit gemarginaliseerde gemeenskappe. Hul benadering is aksie-georiënteerd en holisties – iets wat die behoeftes in die gemeenskap aanspreek en deur leierskap in die gemeenskap gedryf word. Dit is ook ‘n bemagtigingsmeganisme waarmee selfwaarde en waardetoevoeging in die gemeenskap bewerkstellig word. Die Opleidingsentrum het hierdie jaar verskeie kursusse in o.a. Kookkuns, Kindersorg, Tuisversorging en Salon-assistente aangebied. Talle studente is deur die bekwame fassiliteerders se hande en het die geakkrediteerde kursusse suksesvol voltooi. Volgens Elsabé Lindtveld, bestuurder van die Sentrum, is hierdie geleentheid elke keer ‘n hoogtepunt op hul kalender. “Dit is wonderlik om elke student wat volhard het en hul kursus suksesvol voltooi het, vanaand hier te vereer. Ons wil hê dat julle deur die kennis en vaardighede waarmee julle hier bemagtig is, ‘n verskil in die gemeenskap moet gaan maak, diensbaar moet wees en ‘n positiewe bydrae tot die samelewing moet lewer. Ons is baie trots op julle,” het sy gesê. Talle trotse ouers, familielede en vriende van die studente het die geleentheid bygewoon. Tydens sy geleentheidstoespraak het pastoor Dennis Koopman die studente vir hul volharding geprys. “’n Mens kan kies of jy vir altyd dieselfde wil bly en of jy jouself wil verbeter en ten goede wil verander. Om nie te stagneer nie, moet jy altyd werk na iets beter, geleenthede raaksien en die geleentheid aangryp,” het hy gesê.

Gerhard le Roux, Jessica Mose en Fikile Tubu van die Elevation Programme, wat die kursusse en studente by Wamakersvallei Opleidingsentrum ondersteun, het ook die geleentheid bygewoon. Gerhard het meer oor die Elevation Programme en Valcare se aktiwiteite en betrokkenheid by instansies soos Wamakers verduidelik. “Valcare is ‘n befondsingsplatform wat in gemeenskappe terugploeg deur verdienstelike projekte te ondersteun. Met die Elevation Programme wil ons ons missie, naamlik ‘My community, my passion’, bevorder en uitleef. Ons wil mense wat werkloos is, deel maak van ons program en ons en die gemeenskap leer soveel by mekaar,” het hy gesê. Die fassiliteerders in die kursusse het die oorhandiging van die sertifikate behartig en was baie trots op hul studente. Kayla Sebastian is as die top-student in die kursus vir Salon-assistent aangewys, Annelize Cyster is die top-student in die Kookkuns-kursus, Christelle Solomons het die prys as beste student in die Kindersorgkursus gewen en Chantelle Daniels het met die louere in die kursus vir Tuisversorging weggestap. Chantelle het ook die toekenning as die beste student van die kwartaal ontvang en kom daarmee in aanmerking vir die Student van die Jaar toekenning wat in November bekendgemaak word. Gerhard le Roux, Jessica Mose en Fikile Tubu van die Elevation Programme, wat die kursusse en studente by Wamakersvallei Opleidingsentrum ondersteun, het ook die geleentheid bygewoon. Gerhard het meer oor die Elevation Programme en Valcare se aktiwiteite en betrokkenheid by instansies soos Wamakers verduidelik. Belangstellendes kan die Wamakersvallei Opleidingsentrum by 021-873 5942 of elsabe@ wamakerstraining.org.za kontak.


NUUS • NEWS

20 Junie 2018

5


6

Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418

Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361 NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en

20 Junie 2018

afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273

The Stage Door 17 -18 August: Wellington High in affiliation with Defying Gravity Theatre Productions is hosting a musical: 'The Stage Door' at 20:00. Admission fee: Adults and kids R20. The aim of the event is to educate young people of the importance of the finer arts in our community. Also educating the youth in music and dance as part of our arts and culture.

!Khwa ttu 6-7 Oct: 24 hour MTB. Teams can be solo, team of two or team

Kerke • Churches

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens

Hugenote Laer se afgelope kooraand bekoor almal

Darling Brew 30 June: Darling Brew presents Winter Beer Festival from 10:00 till 18:00. Live music: The Stone Jets and Sunset Sweatshop As per last year - there will be food stalls Ticket Price: R120 per person (includes a free DB beer glass for over 18’s. Big Kids: R80 (12 – 18 years) Kids under 12 is free For enquiries please contact - 021 286 1099

Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60 at 08:00, 40 at 08:05 and 12 km at 08:10. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars at 08:15 Registration from 06:00 on 18 August at Riebeek Cellars. Pre-online entries available. Late entries on the day. Enter online - www. roag.co.za

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

NUUS • NEWS

op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Hugenote Laerskool het op Dinsdag 29 Mei ‘n reuse-kooraand in die Moederkerk aangebied. Honderde koorlede, verteenwoordigers van onderskeie skole, sowel as ouers en musiekliefhebbers het die geleentheid bygewoon. Hugenote se junior- en seniorkoor, wat beide tot die nasionale finaal van die Sing in Harmonie Koorkompetisie deurgedring het, het saam met kore van omliggende skole by die geleentheid opgetree. WA Joubert se junior- en seniorkore, La Rochelle se junior- en seniorkore, Hugo Rust se junior- en seniorkore, sowel as Drakenstein Laerskool se seniorkoor het by die kooraand opgetree. Die program, wat uit ‘n keur van die repertoires van hierdie nege kore bestaan het, het vir groot vermaak gesorg. Die honderde mense in die stampvol kerk kon hul in die wonder van jong stemme en koormusiek verlustig.

Fotokompetisie:

Die begeleidster van Hugenote Laerskool se kore, Martha du Plessis, het as solis by die kooraand opgetree en die gehoor met haar weergawe van “Love changes everything” betower. Johann Enslin het die sangitems met briljante orrelspel afgewissel. Die gehoor is ook met ‘n saamsingitem by die verrigtinge betrek toe hul ‘n keur van bekende volksliedjies saam met Martha kon sing. Die aand is op ‘n hoogtepunt afgesluit toe al nege kore aan ‘n massakoor-item deelgeneem het. Die kerkgebou is met honderde kinderstemme, sowel as dié van Martha du Plessis, op die tydlose melodie van “Amazing Grace” gevul. Henry Schemper, skoolhoof van Hugenote Laerskool, het tydens sy bedankings hulde gebring aan al die koorleiers en -begeleiers en sy dank uitgespreek teenoor almal wat hierdie genotvolle geleentheid moontlik gemaak het.

Hierdie foto is in die vyftiger jare op die plaas Optenhorst in die Bovlei geneem, tydens 'n direkte SAUK K�����onsert uitsending vanaf die plaas. Regs is die orkesleier Imker Hoogenhout van die plaas Optenhorst. Vandag is daar slegs een oorlewende lid van die orkes. Kan julle hom ������� Die antwoord van die vorige kompetisie is Dr Marlene le Roux.Epos jou antwoord aan: welmus@telkomsa.net Jy kan ook jou antwoord by Wellington Museum afgee of die museum bel by telefoon 021-8734710


NUUS • NEWS

7

20 Junie 2018

Jeugdag 2018 in beeld

Wyk 10 se inwoners sit hul beste voetjie voor

Raadslid Kearns, die beoordelaars en van die deelnemers. Die jeug van Wyk 10 kon op Saterdag 16 Junie aan ‘n heerlike geleentheid ter viering van Jeugdag deelneem. Raadslid Christephine Kearns het, in samewerking met plaaslike kerke in haar gemeenskap, saamgespan om ‘n onvergeetlike, prettige dag vir die jongmense in die omgewing te reël. Ses verskillende kerke se jeuggroepe het elk ‘n verskillende land uitgebeeld vir hierdie geleentheid uitgebeeld. Hul kleredrag, danspassies en meegaande musiek het vir ‘n dag vol genot en opwinding

gesorg. Die beoordelaars, bestaande uit raadslid Rean Smuts, Roxanne Abrahams en Sheron Scheepers moes behoorlik kopkrap om ‘n wenner uit die verskillende jeuggroepe aan te wys. Burgemeester Conrad Poole het ook die geleentheid bygewoon en die jeug toegespreek. “Ons wil ons jeug bewus maak van die wêreld daar buite en die dinge waarmee jongmense regoor die wêreld assosieer as ‘n vertrekpunt vir die potensiaal wat binne elke jongmens opgesluit lê, gebruik,” het raadslid Kearns gesê.

Vieringe by Monte Vidéo Die jongmense van Wyk 5 en 18 kon op Saterdag 16 Junie ‘n heerlike geleentheid by Monte Vidéo ter viering van Jeugdag bywoon. Hierdie okkasie is in samewerking met die Kaapse Wynland Distrik georganiseer. Dr. Elna von Schlicht, burgemeester van die Kaapse Wynland, het die jongmense by die geleentheid toegespreek en aangemoedig om die geleenthede op hul pad aan te gryp om ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap en hul eie groei te maak. Quinton Adams, ‘n opvoedkundige sielkundige, sowel as Danelene Ruiters, ‘n landboukundige en trustee van die Muñoz Foundation, het ook die jongmense toegespreek. Danelene, wat self uit ‘n landelike agtergrond

kom, het dit benadruk dat jongmense nie van hul drome moet vergeet nie. “Droom van groot dinge, maar moenie dat dit net by drome bly nie. Ek gaan dikwels terug en sien wat van sommige van my skoolvriende geword het. Maats wat oor onafhanklikheid en sukses gedroom het, staan nou elke maand in die SASSA-ry. Vra jouself wat jy moet doen om jou drome ‘n werklikheid te maak en doen iets daaraan. Vergeet daarvan dat die lewe of mense jou iets skuld. Jy is self verantwoordelik vir die waarword van jou drome. Al is jou omstandighede nie altyd gunstig nie, is daar altyd iéts wat jy kan doen om vooruit te gaan,” het sy hulle aangespoor.

Wellington Primêr se leerders neem deel aan dag Klopse gee ekstra kleur

Klaas Morkel, Christine Marais van WAG/Stopmisdaad, Franco Hendricks, ‘n plaaslike atleet en rugbyspeler wat tans presteer, Rudi Smith, top-student van Bergrivier Hoërskool en tans ‘n student aan US, raadslid Lettie van Santen, raadslid Geoffrey Ford en Dirk Swart, onder-burgemeester van die Kaapse Wynland Distrik.

Raadslede en verteenwoordigers van verskeie instansies en organisasies wat by die Jeugdagvieringe betrokke was. Wyk 29 het ‘n vol program vir die plaaslike jeug by Wellington Primêr op Jeugdag georganiseer. Hierdie viering is in samewerking met talle plaaslike instansies en organisasies van stapel gestuur. Op Saterdag 16 Junie het talle jongmense vroegoggend saam met lede van die polisie, die brandweer, plaaslike sekuriteitsmaatskappye, sowel as gesondheidsdienste vir ‘n optog tot by die sportvelde van Wellington Primêr aangetree. Die Breaking Barriers organisasie het die voortou geneem en hierdie optog deur die strate van Wellington gelei. Polisievoertuie, ‘n ambulans, die brandweer, voertuie van verskeie plaaslike sekuriteitsmaatskappye en mediese nooddienste, sowel as die honde-eenheid en WAG/Stopmisdaad het almal aan die optog deelgeneem.

Breaking Barriers, wat bewusmaking ten opsigte van dwelms doen, was nie net by die optog betrokke nie, maar het ook met die organisasie van die dag gehelp. “Dit gaan oor ons jeug, en veral op Jeugdag wil ons die jongmense van die gevare van dwelms bewus maak,” het Avron Apollis van hierdie organisasie gesê. Die vol program het onder andere ‘n demonstrasie deur die SAPS se honde-eenheid en berede mag ingesluit. Conrad Poole, burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit, sowel as pastoor Eben Mouries en konstabel Yolanda Wildschut het ook die jeug tydens die verrigtinge toegespreek. ‘n Netbal- en sewes-toernooi het vir baie opwinding en gesonde aktiwiteit en kompetisie onder plaaslike jongmense gesorg en almal het die dag terdeë geniet.

Die Kaapse Wynland Distrik Munisipaliteit het op Saterdag 16 Junie, in samewerking met Wyk 31, ‘n spesiale Jeugdagviering by die sportvelde van CPUT aangebied. Die dag is met toesprake deur inspirerende jongmense uit die gemeenskap afgeskop, waarna die jongmense aan talle sportaktiwiteite en ‘n danskompetisie kon deelneem. Die Klopse en rieldansers het gedans dat die modder so waai en die jongmense het lustig meegedoen. Talle trofees en toekennings is ook aan plaaslike jongmense wat op verskillende terreine presteer, oorhandig. Die onder-burgemeester van die Kaapse Wynland, Dirk Swart, het in sy geleentheidstoespraak na die belangrikheid van die jeug verwys. “As ons Jeugdag vier, moet ons die boodskap dat die land se verandering in die hande van die jeug lê, duidelik maak. Ons moet die moed en opofferings wat die jongmense van ons land oor generasies aan die dag gelê het, eer en as inspirasie gebruik om hard te werk om ‘n bydrae tot die oplossings van ons talle uitdagings te maak,” het hy gesê.

Hy het die jeug aangemoedig om opvoeding en vaardighede te gebruik in die stryd teen armoede, werkloosheid, misdaad en dwelmmisbruik. Hy het die jongmense ook aangemoedig om hulle van sosiale euwels te weerhou en rolmodelle te wees. “Die goeie rolmodelle onder julle moet dié wees wat saam met hul gemeenskappe werk, wat die armes help, wat vrywillig help om hul buurte te verbeter, wat respek betoon en wat die waardes van ubunthu en goeie morele waardes uitleef,” het hy voortgegaan. Hy het beklemtoon dat die vele voorregte en geleenthede wat jongmense vandag geniet, te danke is aan die opofferings van die jeug van vorige geslagte. “As regering is dit ons plig om voort te gaan om die ontwikkeling van ons jeug ‘n prioriteit te maak. Ek wil pleit dat alle jeugorganisasies, sosiale vennote, die landbougemeenskap, besighede en die gewone gemeenskap sal hande vat om die baie belangrike kwessie van die ontwikkeling en bemagtiging van die jeug saam te bevorder,” het hy afgesluit.


8

courant

NUUS • NEWS

dié

20 Junie 2018

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

20 Junie 2018

•HUGENOTE LEERDERS NEEM DEEL AAN FIETSRENNE

Charl en Ashleigh trap hul pad oop tot in België •Jaomi Zeeman Twee jong Wellingtonse fietsryers het op Sondag 17 Junie na België vertrek om daar met ander internasionale fietsryers mee te ding. Charl Swanepoel en Ashleigh Parsons is beide leerders aan Hugenote Hoërskool. Charl is in graad 11 en Ashley in matriek. Hierdie kranige fietsryers gaan individueel in die junior, of onder 19, kategorie in België kompeteer. Anders as in Suid-Afrika, waar fietsryers gemiddeld vier keer per maand aan wedrenne deelneem, sal Charl en Ashleigh in die buiteland elke dag kan kies aan watter wedren hulle wil deelneem. “Dinge werk ‘n bietjie anders daar as hier by ons in Suid-Afrika. "Daar is elke dag ‘n keuse uit verskillende wedrenne waaraan jy kan deelneem. "Die junior-afdeling, waarin ek op hierdie stadium deelneem, mag drie maal per week aan wedrenne in die omliggende area deelneem en ek kan self kies watter wedrenne ek wil doen,” verduidelik Charl. “Ek is genooi om deel te wees van die Cannibal Team. Dit is ‘n span wat in Luthiania gebaseer is en het ryers van regoor die hele wêreld. "Daar is ryers wat onder 17 en onder 19 is,” sê Ashleigh. Sy, Charl en twee ander Suid-Afrikaanse meisies sal op dieselfde plek in België tuisgaan. Hulle het vir hierdie internasionale deelname gekwalifiseer deur in die Pedal Power Association (PPA) se fietsry-ligawedrenne uit te blink. “Die PPA het ‘n liga spesifiek vir juniors gehou wat ‘n paar wedrenne oor ‘n tydperk insluit. "Jy verdien dan punte volgens jou prestasie in elke wedren en op die einde word die wen-

ners aangewys. "Die prys was ‘n kontantbedrag vir vliegtuigkaartjie & akkommodasie om in Europa te gaan deelneem,” sê Charl oor hierdie groot eer wat hom te beurt geval het. Ashleigh het op dieselfde wyse vir die deelname in België gekwalifiseer. Haar prestasies as 2017 se Junior SA Kampioen, sowel as die feit dat sy gekies is om aan die Junior Worlds vir pad en baan deel te neem, het haar ook ‘n groot hupstoot gegee. Charl en Ashleigh sal vir ses weke in België wees. Hulle keer weer op 30 Julie na Suid-Afrika terug. Tydens hierdie ses weke sal hul elke week aan tot drie wedrenne elk deelneem. Wedrenne vind gewoonlik in die middae plaas. “Ek gaan aan verskeie wedrenne deelneem oor die hele België en Holland-streek. "Die hoogtepunt vir my gaan die Youth Tour of Belgium wees waaraan ek gaan deelneem as ‘n spanlid van die Cannibal Team wat my genooi het om deel van hulle span te wees,” sê Ashleigh oor hierdie groot geleentheid. “Soggens sal ons gebruik om voor te berei en solank ons kos vir die aand na die wedren te maak. "Ons sal verseker tyd maak om ook ‘n bietjie rond te reis in die omliggende plekke. Dis mos nie aldag dat ‘n mens die geleentheid kry om daar te kom nie! Ek hoop ook om minstens een van die Tour de France-skofte in lewende lywe te kan sien,” sê Charl opgewonde. Ter voorbereiding vir hierdie internasionale deelname het Charl en Ashleigh hul gewone oefenprogramme gevolg. Dit behels ses dae per week se harde oefensessies. “Dit was nogal baie moeilik die afgelope tyd

as gevolg van die eksamen. "Die weer het oefening ook ‘n bietjie belemmer. Ek moes baie op die ‘trainer’ binne die huis oefen saans as almal al gaan slaap het,” sê Charl. “Voor ek vertrek het, was dit moeilik om baie ure te oefen want ek het ook nou eksamen geskryf,” beaam Ashleigh. “Maar ek het naweke baie lang ure op die pad gedoen en nog ‘n paar wedrenne ook ingepas,” sê sy. Charl benader sy deelname in België realisties. “Ek is baie oopkop hieroor en ek besef dit gaan baie, baie hard wees. "Baie fietsryers kom moedeloos terug van oorsee af en hang sommer hul fietse vir ‘n lang tyd op na so ‘n ervaring. "Die standaard is baie hoog daar en dis net die bestes van alle ander lande wat ook daar gaan deelneem.

"Ek het dus geen verwagting nie, behalwe dat hierdie ervaring my sterker sal maak,” sê Charl. Vir hom is dit ‘n wonderlike geleentheid wat hy met beide hande, en sterk bene, wil aanpak. “Dit gaan vir my oor die blootstelling en die voorreg om daar te kan deelneem. "Dit is vanselfsprekend die ideaal om volgende jaar weer te kan gaan, en net elke keer sterkter en sterkter terug te kom,” sê hy. Dit is nie die eerste keer dat Ashleigh, wat tans in matriek is, in die buiteland fietsry nie. Sy is vasberade om die beste van die geleentheid te maak. “Ek wil baie graag weer volgende jaar oorsee gaan vir ‘n langer tydperk, so dit is nou baie belangrik vir my om kontakte op te bou met ander spanne. "Omdat dit my derde keer is wat ek oorsee gaan om fiets te ry, wil ek graag verbeter op my vorige pogings,” sê sy.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
474 dié courant wellington by DieCourant - Issuu