Skip to main content

474 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

20 Junie 2018

31.1%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 474

•HARTTOESTAND KRY HOM NIE ONDER

20 Junie 2018

Cloete sien die lig in die donker raak •Charlotte Lesch Ryno Cloete van Malmesbury, se wenfoto het verlede week beoordelaars se koppe laat draai toe hy as die wenner van die Swartland Fotografieklub aangekondig is. Cloete is baie verbaas, maar dankbaar vir die erkenning. Sy bynaam mag dalk "Skollie" wees, maar as ‘n talentvolle kunstenaar en fotograaf wat ander wil inspireer en die lewe ‘n beter plek wil maak, is hy alles behalwe een. Volgens hom wou hy met dié foto die innerlike prag van die lewe op straat uitbeeld. Sy tema waarvolgens hy werk, is "Arm maar Geduldig". “Ek het besef ek kan met fotografie die innerlike prag van die strate waar ons elke dag verby ry uitbring.” Hy meen daar is mense en dinge wat nie raakgesien word nie, wat werklik bestaan. “Almal is mooi en verdien om dit te weet.” Die liefde wat hy vir mense het, is ‘n groot inspirasie vir sy werk. Die wenfoto vorm deel van ‘n reeks foto’s wat verband hou met die tema. Cloete (25) is op Malmesbury gebore, waar hy verskeie skole en aktiwiteite bygewoon het soos karate, skaak, kunsklasse en sport. Hy het reeds op die ouderdom van sewe op kuns verlief geraak, nadat sy pa hom aan sekere reëls en vaardighede binne die kunste bekendgestel het. Sy eerste ontwerp waaraan hy gewerk het, was matriekhempde. Daarna het hy sy naam as kunstenaar begin opbou en die kompetisie daar buite begin geniet. Cloete was genoodskaak om sy matriekeksamen in 2011 vir ‘n hele jaar uit te stel toe hy sy skooljaar moes kortknip weens ‘n harttoestand. Cloete was gedurende 2012 vir byna ‘n jaar ‘n permanente pasiënt in Panoroma Mediclinic se harteenheid. Hy is aanvanklik gediagnoseer met brugata-sindroom,hoewel daar later vasgestel is dat hy slegs aan die simptome ly. Sy punte was dalk nie so goed soos wat hy dit wou hê nie, maar hy het klaargemaak met matriek wat ‘n groot prestasie onder sulke omstandighede was. Cloete besluit toe om na skool grafiese ontwerp aan die College of Cape Town te gaan studeer. Hy het later ook fotografie studeer. Sy talente in veral illustrasiewerk, drukwerk en teken het duidelik na vore gekom. Sy tekeninge en portretfoto’s het hom verskeie kompetisies laat wen. Die grootste oomblik tot dusver in sy lewe

Kunstenaar en fotograaf Ryno Cloete probeer om altyd die mooi in die negatiewe raak te sien. was die geboorte van sy dogter wat alles vir hom beteken. Hy deel ook ‘n hegte band met sy familie. En moet nie vergeet van sy troeteldiere nie, voeg hy by. Ongeag sy ander talente as ‘n jong hip-hop danser, is hy ook lief daarvoor om die jeug te inspireer. Cloete was ook al die jeugleier by die St. Thomas Anglikaanse Kerk. “Ek hou daarvan om te help, te deel en is lief vir mense. "Ek wil ander inspireer deur my kennis en liefde met hulle te deel,” verduidelik Cloete. Waar kuns eens slegs ‘n stokperdjie was, is dit nou sy voltydse werk. “As ‘n kunstenaar het my liefde teenoor portretfotografie gegroei deur die gesig van die mens te studeer en om te sien hoe hul lewensverhaal daarin saamgevat word. Deur dit te doen, beeld ek die innerlike prag van ‘n individu uit en praat namens dié wat nie raakgesien word nie. "Arm maar geduldig sê dit alles.” Sy dogtertjie het hom ook uiteindelik geïnspi-

reer om met ‘n klerehandelsmerk vir kinders, maar ook vir volwassenes te begin. Vandaar Peanutt butter & Jêm. “Peanut butter en jam is wat kinders in voedingsprogramme vir middagete ontvang het. Die beeld het sterk na vore gekom in dit wat ek juis ondersteun. "Haweloos bly haweloos en arm mense raak armer en deur geduldig te wees en as ‘n kunstenaar te ontwikkel, wil ek die tema laat uitstaan en wys hoe spesiaal elkeen vir mekaar is, om dié wat niks het nie, te respekteer, verhoudinge te bou deur ander te help en met ander te deel.” Hy erken ‘n kunstenaar se lewe is nie maklik nie, maar om sy kennis met ander te deel en sy dogter van vyf te leer om met ander wat niks het nie te deel, beteken baie vir hom. “As ‘n kunstenaar, beteken geskiedenis baie, maar dit is die toekoms wat ons ontwikkel. Elke prentjie skilder ‘n lewensverhaal en dit is die ongesiene waarheid agter alles. Maak ‘n verskil aan die prent wat jy skilder en inspireer die ongesiene toekoms voor jou.”

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

20 Junie 2018

Olivier vang magiese oomblik vas Herman Olivier van Malmesbury het met sy foto True Artisan (heel bo) die Swartland Fotografieklub se maandelikse kompetisie en die temakompetisie (Vakmanne by die werk) gewen. Die klub se maandbyeenkoms by die NG Noordgemeente op Malmesbury (elke tweede Donderdag van die maand) was 'n sosiale kuieraand. 'n Nuwe lid van die klub Rina Engelbrecht van Piketberg het die junior afdeling gewen met haar foto India Poverty (regs). In die afdeling vir gedrukte foto's het Peter Hardcastle van Malmesbury se Brommers (links bo) is ook Mooi die hoogste punt behaal. Olivier se foto Stilbaai Sunset (links heel bo) was die senior wenner. Die tema vir volgende maand se byeenkoms is Lank Gelede (monochroom). Belangstellendes kan die voorsitter, Peter Hardcastle, skakel by 083 628 9668. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

3

20 Junie 2018

•KOOK, FAMILIE VUL HAAR HART

Nicole se liefdes verrys uit storm Inwoners van Riebeekvallei se vreedsame lewe is aan die begin van verlede week omver gegooi weens gewelddadige protesaksies oor behuisingskwessies. Die stof het intussen gaan lê en verskeie inwoners besluit toe om eerder die positiewe uit ‘n slegte situasie te gaan haal. Een van daardie inwoners was Nicole Neethling van Riebeek-Wes wat dié gebeure vanaf haar voorstoep moes aanskou. “Ons het gesien hoe betogers ‘n band nader rol, dit neersit en aan die brand steek. Die vrees was letterlik daar, omdat ons nie geweet het wat voorlê nie,” vertel sy. Boomstompe in haar tuin is deur die betogers gebruik om die ingang tot hul erf te versper. “Op daardie stadium het ek gedink ons is gelukkig as ons met ons kinders in ons arms kan weg kom.Nicole vertel dat, soos die skare nader begin beweeg het, die polisie aangekom en betogers met rubberkoeëls onder beheer gebring het.”Dit was eintlik ongelooflik. Hulle het nie verder gegaan nie. Dit was nogal iets om te beleef,” voeg sy by. Terwyl dié gebeure aan die gang was, het ‘n vriendin gebel om seker te maak hulle is veilig. “Sy het vir my gesê ons is veilig en begin te bid. Ek kon letterlik die vrees voel wegsyfer.” Dit was skaar‘n halfuur later toe die skare begin terug beweeg. Sy het besluit om dieselfde te doen en begin hul bure en vriende op die dorp te bel. “Ons het vir mekaar gebid en besluit die vrees gaan ons nie intimideer nie. Dit was ongelooflik.” Die oproepe het ‘n kettingreaksie tot gevolg gehad. Binne twee ure was alles verby. “Ek besef toe as ons bang gaan bly, gaan dit deel word van ons lewe. As ons ander kan aanmoedig en krag gee, gaan ons nie bang wees nie en ‘n verskil aan ons omstandighede maak.” Kort na die gebeure het sy weereens besef wat werklik in haar lewe saak maak, en dit was

nie haar gesigwasprodukte nie. Sy het daar en dan besluit om alles wat hulle nie meer nodig het nie, aan ander te gee. Met baie van die huiswinkels wat vernietig is, was die tekort aan kos vir die aand ook ‘n kwessie vir baie huishoudings daardie aand. Sy nader toe haar kruidenierswarekas en verwyder alles wat sy dalk nooit gaan gebruik of te veel van het. “Ons besef nie hoe baie ons het, tot ons besef hoe vinnig jy niks kan hê nie.” Met die winkels wat gesluit was, het vriende gebel om uit te vind wat hulle nodig het. “Net brood en melk.” Hulle bring toe baie meer as net dit. Daar was tot sop en ‘n bottel wyn by,” lag sy. Dit het haar weer geïnspireer om nie net die minimum uit te deel nie en maak toe ‘n behoorlike pakkie vir haar tuin- en huiswerker op. Sy glo hoe meer mens gesels oor gee en om ander aan te moedig, dat daar ‘n opwinding ontstaan wat aansteeklik is. As ‘n hartsmens, ‘n ma van drie en ‘n sjef, het sy kort daarna mense aangemoedig om weer as ‘n familie om ‘n tafel te sit en eet en mekaar te waardeer. Vir Nicole en haar man Jaco, is dît een van die mees heilige oomblikke. Indien mense oorkom om kerriekos te eet, is die reël om met jou hande te eet, lag sy. Nicole, wat aanvanklik in Durban gebore is, was voor haar lewe op die platteland, ‘n prokureur met ‘n spogkantoor op die 14de verdieping. Sy het haarself afgevra of dit nou dit is? “Oor tien jaar het ek dalk ‘n groter huis en motor, maar is dit wat ek wil hê?” Sy raak toe swanger met haar eersteling en sy en Jaco be-

Kampvegter vir bedreigde plantegroeispesies met ‘n passie vir die omgewing en mense rondom hom, word eersdaags finaal gegroet nadat hy Saterdag weens ‘n noodlottig motorongeluk gesterf het. Stephen Cousins van Riebeek-Kasteel was geliefd deur mede valleiers en het gedurende sy jare in die Swartland hegte bande gesmee. Hy sal onthou word vir sy liefde en passie vir die Wes-Kaap se bio-diversiteit en beskerming van bedreigde spesies. Hy het homself beywer met die beskerming van veral die bedreigde Swartland Graniet Renosterveld wat in die Swartland voorkom, maar ook met die uitroei van uitheemse en indringer plantegroei. Cousins wat sy honeursgraad in plantekunde en zoëlogie, asook meesters in plantekologie aan die Wits Universiteit ontvang het, was vanjaar besig om sy doktorale navorsing (PhD) oor die renosterveld af te sluit. Cousins was onder meer aan die stuur van CREW (custodian of rare and endangered wildflowers) waar deur hy uitstappies met vrywilligers in die omgewing van Malmesbury en Riebeekvallei georganiseer het om skaars en bedreigde plantespesies te monitor. Hy het ook gehelp om die Klipkoppie-natuurreservaat en die Driehoekpad-nattuurreservaat op Malmesbury tot stand te bring. Talle inwoners kan vandag spog met plante in hul tuine wat Cousins as geskenke gegee het. Hy het medevalleiers ook graag gehelp om indringer plantegroei in hul tuine uit te wis en raad gegee oor wat om te plant. Hy was verder ‘n talentvolle

musikant en het ook klavierlesse aangebied. Sy mees onlangse musieksoiree wat hy georganiseer het, het sowat twee weke gelede by Kloovenburg plaasgevind. Vriende het op hul Facebook-inskrywings hom gegroet en onder meer gesê hulle gaan sy musiek en sy liefde vir plante en sy blomme mis. Hy word deur mede valleiers beskryf as ‘n wonderlik en passievol wat onthou sal word vir sy talente, kennis en bereidwilligheid om te deel en te help. Cousins sal nie eendag in die skade van een van die bome wat deur hom geplant is, kan sit nie. Sy legend sal egter bly voortleef in die wortels wat hy met sy werk en passie agtergelaat het.

sluit dat sy vereers by die huis saam met hul baba gaan bly. “Dit was ongelooflik. Ons het nader aan mekaar beweeg. Ek het ook agtergekom dat ons vergeet het hoe om te droom. Ons is in ‘n gewoonte om te sê ‘eendag’. Ek was toe by die huis en het tyd gehad om my drome ‘n realiteit te maak.” Sy kom toe af op ‘n Bybelse

verhaal van ‘n profeet vasgekeer in die woestyn. "God het hom na die naaste dorp gestuur om ‘n weduwee op te spoor. Toe hy daar kom, vra hy vir kos. Sy erken toe sy het slegs ‘n bietjie meel en bietjie olie oor. As sy dit opgebruik, is daar niks oor nie. Die profeet moedig haar aan en sê om dit te gebruik, want God sal sorg. Die meel en olie het nooit opgeraak nie.” Sy weet toe sy moet nie langer wag nie. “Moet nie wag vir daardie groot salaris om in te kom nie. Wat is jou meel en jou olie in jou kas wat jy kan gebruik en in God se hande kan plaas, want Hy sal vir jou sorg,” verduidelik sy.

'n Seder val: Cousins trap diep spore

Vandaar Flour & Oil. Mense was nog altyd mal daaroor om by die Neethlings te kom eet. Sy begin toe met die kursusse wat hoofsaaklik uit Indiese disse bestaan waartydens gaste die geheime van kruie en speserye ontdek. Sy is passievol oor familie, die lewe, oor geure en om ander aan te moedig om hul passie en drome na te streef. Sy gebruik dié platform om juis dit te doen. “Dis soos ‘n boekklub wat nie net oor die boek gaan nie. Dit gaan oor vriende of familie wat saam om een tafel kom. As hulle 'n bietjie oor die kos leer, is dit ‘n bonus,” lag sy.


4

20 Junie 2018

dié courant

Dankbaar

Dit is deesdae die gevoel en trant van so baie gesprekke in die streek as daar oor water gepraat word. En met goeie rede. Ja, laat daar GEEN ILLUSIE wees nie. Ons watervlakke is nog ver van dit waaraan ons gewoond was, maar dit lyk baie baie beter as 'n jaar gelede. Die Weskus se grootste dam, die Voëlvleidam, is tans meer as 13% voller as dieselfde tyd verlede jaar. Boere kyk na hul kampe en dit lyk na 'n ander seisoen vergeleke met verlede jaar. Riviere loop!!! Weer. Ons móét bly spaar. Ons is NIE uit die moeilikheid nie, maar daar is weer hoop. Die 13% meer in die dam is sowat 20 miljoen kubieke meter. Dit is gelyk aan 'n dam van so 3.1km x 3.1km met water van 2m diep. Of 1000ha-dam met water van so 2m diep. Of 20 miljoen bakkies wat elkeen een ton se watertenk aanry. Wonderlik!!! Dis die positiewe kant. Maar. Bly groot asb spaar, want as die Voëlvleidam leeg is, kort ons 156 miljoen sulke bakkievragte water om hom vol te maak... en ons het dit maar altyd net gekry uit die natuur en maar altyd net vanselfsprekend aanvaar. - JV

Dis Goeie Nuus

Sakekamer: By die afgelope

ledevergadering van die Malmesbury Sakekamer het lede meer oor die gebruik van sosiale media geleer. 'n Een-dag-kursus van ThinkWorkshop is ook gewen deur die kantoor van BVSA op Malmesbury. Links is Lesley Mallon (ThinkWorkshops) en Meridy Edgeson (Partners for Possibility). Die jaarlikse vroueaand van die Malmesbury Sakekamer vind op 15 Augustus plaas, met Dewald Wasserfall as kunstenaar. Bespreek jou plek nou by info@sakekamer.co.za.

Dr. Andrew Bosman

Saulus se ontsnapping Saulus is oppad na Damaskus om volgelinge van die Weg, of die dissipels van Jesus te vervolg. Hy het selfs Stefanus se vermoording goedgekeur. Nou het Saulus briewe van die hoëpriester in Jerusalem gekry om die volgelinge van Jesus in die Sinagoges in Damaskus op te spoor en te vervolg. Oppad na Damaskus het die Here aan Saulus verslyn en hy het tot ‘n inkeer gekom. Nadat hulle in Damaskus aangekom het het Ananias ‘n volgeling van Jesus vir Saulus gebid en het hy weer siende geword nadat hy blind was, na sy ontmoeting met Jesus. Saulus het Jesus in die Sinagoges begin verkondig, dat Jesus die Seun van God is. Die wat hom gehoor het het gevra maar is hy nie die man wat die heiliges in Jerusalem so vervolg het nie? Na ‘n geruime tyd het die Jode beraadslaag om Saulus dood te maak. Hulle het die stadspoorte bewaak sodat hy nie kon ontsnap nie. Die dissipels het hom in die nag in ‘n mandjie deur ‘n venster in die muur laat sak. Dit was seker geen eenvoudige of ligte taak nie, en hulle kon nie los voordat die mandjie grond geraak en die toue slap geword het nie. Ons kan uit hulle toewyding en inspanning leer daar is ‘n oplossing, maar om te volhard is belangrik.

NUUS • NEWS

Wiskunde-kenner gee hulp Master Maths en Master Science op Malmesbury spesialiseer in professionele wiskunde -en wetenskaponderrig vir jou kind. Master Maths het takke landwyd wat ook bydrae tot die bevordering en verbetering van die programme en onderrig daarvan. Die klasse word via rekenaars aangebied met behulp van ‘n dosent teenwoordig wat vordering en begrip monitor om seker te maak dat alle vrae van studente beantwoord word. Kliënte kan uitstekende diens en ‘n hoogstaande produk met ‘n glimlag van die bestaande instansie verwag wat reeds vir jare spesialiseer in ekstra onderrig op die gebied van wiskunde en wetenskap. Die bestaande Master Maths en Master

Science op Malmesbury is onlangs deur Corné Kriek as dosent en bestuurder oorgeneem nadat die voormalige eienaars besluit het om af te tree. Volgens Kriek was die besluit om die plaaslike onderneming oor te neem, maklik met sy ‘n passie vir die dorp, sy inwoners en die vakke, wiskunde en wetenskap. Master Maths en Master Science-klasse vind Maandag tot Donderdag van 14:00 tot 18:00 plaas, asook Vrydae vanaf 14:00 tot 16:00. Kriek is daagliks vanaf 10:00 beskikbaar. Ouers is welkom om hom te skakel vir basiese assesseringstoetse. Kriek kan gebel word by 083 290 4804 of per e-pos by malmesbury@mastermaths.co.za vir meer inligting.

Jou kind en outisme Wat is die simptome van OSS? Volgens die organisasie “Autism South Africa”, is dit aan te bevele dat ‘n ouer wat drie of meer van die volgende tekens by hul kind bemerk, verder ondersoek laat instel: Gebrekkige bewustheid van ander persone; Gedrag waarin die kind himself beseer, bv kopstamp, krap, byt; Ongewone gewoontes soos om te wieg, voorwerpe te spin; Taalontwikkeling is atipies, afwesig of vertraag; Hou nie daarvan om aangeraak of vasgehou te word nie of steur hom/haar nie daaraan nie;

Min reaksie op verbale insette, en tree soms op asof hy/sy doof is; Geen vrees vir gevaar nie. Verkies om alleen te speel; Onvanpaste gehegtheid aan voorwerpe Abnormale slaappatrone Uitermatige ontsteltenis of emosionele uitbarstings sonder enige ooglopende rede; Veranderinge in roetine of omgewing ontstel die kind erg; Ongelyke groot- en/of kleinmotoriese vaardighede; Betrokke in herhalende aktiwiteite en kan nie oortuig of beïnvloed word om dit nie te doen of om iets anders te doen nie; Meer of minder intense ervaring van smaak, reuk, sig, gehoor of gevoel. Lag of huil sonder enige ooglopende rede. Moontlike tekens van OSS by sluit die volgende in: Baba babbel nog nie wanneer hy/sy 11 maande oud is nie; Geen eenvoudige gebare (waai om te groet) wanneer hy/sy 12 maande oud is nie; Baba uiter nie enkelwoorde teen ouderdom 16 maande nie; Geen 2-woord frases teen ouderdom 24 maande nie (bv baba doedoe; woefie eet); Reageer nie op naam nie en ouers wonder oor die moontlikheid van ‘n gehoorgebrek; Maak selde oogkontak gedurende interaksie met mense; Wys nie na voorwerpe waaarin h/sy belangstel nie; Glimlag selde Kom voor asof hy/sy “in eie wêreld” is; Verkies om alleen te speel; Wend nie pogings aan om ouers se aandag te trek nie; Verlies in taal- of sosiale vaardighede op enige ouderdom; Waar kry ek hulp? Besoek Autism South Africa se webwerf waar jy hulp, ondersteuning en meer inligting kan kry oor outisme. Jy kan hulle ook telefoniese of per e-pos kontak by 011-849909 info@autismsouthafrica.org www.aut2know.co.za

Rugby:

Die spanne van die Wesbank- en Abbotsdale-rugbyklub het die naweek kragte gemeet in die Groot Uitdaag-kampioenskappe. Wesbank het oor Abbotsdale se Lillies geseëvier. Sien volledige berig agter. Foto: David Howburg


NUUS • NEWS

5

01

Re

tu

*2

7

dy

20 Junie 2018

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

DON' T MIS S OUR

89

R

Per kg

SAVE R30

4 DAYS ONLY. 21 - 24 JUNE

39

R

7

NOW ONLY

99

R

109

R

Per kg

SAVE R9

no name™ Fresh Chicken Mixed Portions 5s or 10s

SAVE R44

99

PnP Potatoes 4kg, Onions 3kg, Butternut 4kg, Sweet Potatoes 2kg or Tomatoes 2kg

ANY 4

Per 100g

100

R

SAVE R2

Supreme Chicken Frozen Chicken Leg Quarters with Brine Based Mixture 3.5kg

PnP Half Lamb Pack

PnP Bulk Cheddar

WHEN YOU CHOOSE

WITH A “TAKE 5” STICKER ON PACK

20

18

R

R

SAVE R9

29

40

SAVE R8

SAVE R9

no name™ Corn Flakes 1kg

Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg

79

R

R

SAVE R18

PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre

99

SAVE R7

PnP Super Maize Meal 5kg

R

34

R

27

99

R

SAVE R25

PnP Super Maize Meal 10kg

SAVE R11

Sasko Cake Wheat Flour 10kg

PnP White Sugar 2.5kg

Buy a J&B Blended Scotch Whisky 750ml and Get Schweppes Lemonade 1 Litre FREE

10

R

99

R

Sasko Premium or More Slices White Bread 700g Each

23

R

99

SAVE R6

Blossom Epic Spread 40% Fat Spread 1kg Tub

28

R

99

SAVE R11

Joko Tagless Teabags 100s

19

R

99

SAVE R2

PnP Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

58

R

55

R

39

90

R

SAVE R11

SAVE R11

SAVE R11

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

Bokomo Weet-Bix 1.35kg

99

Nescafé Cappuccino Assorted 180g Each

20

R

R

90

SAVE R6

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

21

99

WAS R169

J&B Blended Scotch Whisky 750ml

SAVE R2

ANY 2

16

R

99

no name™ Macaroni or Spaghetti 500g

SAVE R47

ANY 4

100

R

PnP 100% Fruit Juice Blend Assorted 2 Litre Each

SAVE R2

BOTH

20

R

Simba Potato Chips 125g and Nik Naks 135g Assorted

9

R

99

PRICE PER NAPPY

Size 2 66s

SAVE R2

Jive Carbonated Soft Drink Assorted 2 Litre Each

– R2.42

– – – –

159

R

SAVE R5

R

R2.22 R2.67 R2.96 R3.20

99

SAVE R20

Huggies Gold for Girls or Boys Assorted Jumbo Pack or New Baby Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack

Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za. Some deals may not be available online.

WAS R234

199

SAVE R35

62

R

99

SAVE R13

Omo Auto Washing Powder 3kg

37

R

SAVE R20

Dinu Collection 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

COPPERFIELDSTUDIOS_MMWCHS2287

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK

Amstel Radler, Lager or Lite 24 x 330ml Non-returnable Bottles or Cans Per Case

99

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Express Stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 21 - 24 JUNE 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE

SAVE R24

Wellington VO Brandy 750ml

Crosse & Blackwell Mayonnaise or Salad Dressing Assorted 750-790g Each

PRICE PER NAPPY

Size 3 72s Size 4 60s Size 4+ 54s Size 5 50s

WAS R124

159 100

SAVE R10

R

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

SAVING TIP: SAVE WATER Collect cold tap water while WATER NOW

picknpay.co.za/think-water

you wait for the hot tap water to warm up.


6

NUUS • NEWS

20 Junie 2018

Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Darling Museum 20 June: Darling Museum presents cand-

lelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361

Big Kids: R80 (12 – 18 years) Kids under 12 is free For enquiries please contact - 021 286 1099

NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273 Interkerklike Byeenkoms 21 Junie: Die Interkerklike Vrouebyeenkoms word by die Calvyn Protestante Kerk in Proteasirkel, Wesbank om 19:00 gehou.

Moorreesburg Funduro 14 July: Quad Bikes / 2 Wheeler (off road) / Kiddies (no side by side). Cost - R200 per rider. R100 per lift and kiddies R100 For any further enquiries please contact Arian 073 824 8834 or e-mail to : arianbester@ gmail.com

Darling Brew 30 June: Darling Brew presents Winter Beer Festival from 10:00 till 18:00. Live music: The Stone Jets and Sunset Sweatshop As per last year - there will be food stalls Ticket Price: R120 per person (includes a free DB beer glass for over 18’s.

Berg River Marathon 11-14 July

Lollos en Lettie 14 Julie: Lollos en Lettie is by die 10 jaar basaar om 11:00 by NG Kerksaal, Darling. Die kaartjies beloop R80 per persoon. Fondse ten bate van Darling Pre-Primer. Vir enige verdere navrae skakel 022 451 2202 PHS Oud Skoliere Bond 17 Augustus: Wees deel van die stigting van ons "Oud Skoliere Bond" en heerlike saam kuier

Netbal: Die spanne van Wesbank- en Darling-netbalklub het verlede week mekaar die stryd aangesê.

Darling Winter Beer Festival on its way

The third annual Darling Winter Beer Festival is taking place on the 30th of June 2018. Since the first DWBF in 2016 this event has fast become a ‘must do’ on the annual calendar attracting young and old, with plenty on offer to keep everyone entertained. This years DWBF offers live music from the Stone Jets, Sunset Sweatshop and The Gambles; great local artisinal food; children can play on the jungle gym, get their faces painted or decorate biscuits – and all within the secure Darling Brew premises. This all-weather event is unique as it takes place inside the brewery amongst the fermentation tanks, with ample space for all, even if it is pouring with rain. For this festival Darling Brew serves their beer from tank to tap – meaning it comes directly out of the gleaming beer tanks - bringing you the freshest beer that you have ever tasted. Several guest breweries will also be present at the Darling Winter Beer Festival. These include the Drifter Brewing Company, Black Eagle Brewing Co, Red Sky Brew, RIOT Beer, D’Cider, Yzer Bru Brewery and the Franschoek Beer Co. Take a road trip to Darling Brew and stay over Darling is only 76km’s away from Cape Town and an easy drive on the R27 or N7 highways. There are a myriad of attractions available in the area - ranging from trail walks and bird watching in the surrounding nature reserves, to mountain biking, artisanal food, art, a visit to the Darling Museum (also home to the Butter and Agricultural Museum), shows at Evita se Perron, or tasting the world-class wines of Groote Post. Darling is a perfect venue for a day-trip, weekend break-away or holiday from the city and there is plenty of great accommodation to choose from. A perfect way to experience Darling Brew, the area and its attractions, is through a unique road trip called the West Coast Way, which is absolutely the best way to explore the Cape West Coast and surrounding areas. It is South Africa’s Road Trip With The Most Twists and offers six free routes with 101 points to explore. Darling Brew is situated on both the circular self-drive Foodie and Culture Routes of the West Coast Way at 48 Caledon Street in Darling. Tickets for the Darling Winter Beer Festival cost R120 per person (includes a free Darling Brew beer glass for over 18’s). Big children, aged 12 to 18 years are R80 per person and little children under 12 are free. To book for the Darling Winter Beer Festival visit https://webtickets.co.za/events/ beer-festivals/darling-brew-winter-beer-festival/1481307107. For more information on SA’s Road Trip With The Most Twists visit www.westcoastway. co.za or call West Coast Way on 0861 321 777. Connect with West Coast Way on Facebook and Twitter at WestCoastWaySA.


NUUS •• NEWS NEWS NUUS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4602 -----

Speedy Malmesbury. Exhaust fitter/ Suspension fitter dringend gesoek. Vorige ondervinding. Kontak: David 022 482 1373/4 of 082 370 9521

VGK, Malmesbury. Begrafnisdiens: Saterdag, 23 Junie 2018. Huisdiens by Waboomlaan 17 en die kerkdiens om 11:00 by VGK, Malmesbury -------------------------------------

#4653

EVAN DAVID MATTHEWS. 17/07/1955 - 18/06/2018 Met hartseer moes ons afskeid neem van 'n geliefde pa, broer, oom en vriend. Rus in vrede Kerkdiens: Saterdag 23 Junie 2018 om 10:00 huis en 11:00, Calvyn Protestante Kerk Saron ------------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM

#4604

WILLIAM DESMOND MANUWEL (Pinnochio). 18 Junie was jou 39ste verjaardag en 19 Junie, drie maande van ons geskei. Koester ons mooi herinneringe. Mis jou baie. Liefde – Ma, broer, suster en breë familie ---Ons lewe is leeg sonder jou en die verlange is erg. Jou naam word met ‘n traan genoem. Liefde – Jou vrou, Tessa, Wilnese, Le-Hane, Tristan, Tyrese en kleinkind, Wayden -------------------------------------

------------------------------------DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak : platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie #4609 ------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 ------------------------------------TE HUUR TO LET Ruim meenthuis dringend te huur in Amandelrug naby Hoërskool vir R10500pm. 3slp en 2 bad. Groot oopplan leefarea en eetkamer. Dubbel motorhuis. Alarm en diefwering. Langer termyn huurder kry voorkeur. 076 0176 199. #4652

------------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

JO-MARIE GOUS. Gebore : 26 Julie 2007. Oorlede : 12 Junie 2018. Troosdienste: Woensdag, 20 Junie om 19:30 by Jasmynstraat 54, Abbotsdale. Donderdag, 21 Junie om 19:30 te Langstraat 104, Abbotsdale. Begrafnis: Sondag, 24 Junie 2018. Huisdiens om 08:00 by Jasmynstraat 54 en die diens om 10:00 by die Abbotsdale Gemeenskapsaal -------------------------------------

EBEN VAN DER WESTHUIZEN. 15 Junie 2018. Sag heengegaan. Ons gaan jou mis. Liefde – Ma, broers en susters -------------------------------------

ANDREW DE LAURA Gebore : 20 Junie 1943 Oorlede : 15 Junie 2018 Troosdiens : Donderdag, 21 Junie om 19:00 by

WASHIELA SWARTZ. 20 Junie. Eerste verjaardag in die hemel. Die verlange en gemis is so groot. Rus in vrede – Roseline, Ouma, Oupa en familie -------------------------------------

ADAM CORNELIUS LEANDER (Cornett). 19 Junie. Ons harte is seer en ons mis jou verskriklik, maar ons mooi herinneringe hou ons aan vas. Van: jou broer, Bernie, Hilda, Tatum en familie ----We celebrate your birthday even though you're gone. Happy heavenly birthday our dear brotherYour sisters Landa, Lize,Tietie and Tannie ---Happy Birthday to our uncle in heaven have fun celebrating your birthday we love and miss you. From: Santos, Casey, Carmie, Noi and Chessie -------------------------------------

77

13 Junie Junie 2018 2018 20

TOMMY ENGELBRECHT. 22 Junie is jou derde verjaarsdag weg van ons. Ons mis jou baie – Ursula, Wium, Renate, Quade en Ronald ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS LA’IQAH RUITERS. 24 Junie. Gelukkige verjaarsdag my pragpop. Mag jy jou dag geniet. Liefde – Mammie, Crystal en Laylah ------------------------------------CECILIA BARENDSE. 23 Junie. ‘n Baie geseënde en voorspoedige verjaardag. Dankie Mammie vir alles van toe en met nou. Van: Jou kinders en kleinkinders ------------------------------------KYLE SWARTS. 20 Junie. Mammie en Pa is verskriklik lief vir jou. Geniet die dag en lekker verjaar. Liefde – Estelle, Pat, Amy en Lyle ------------------------------------Raai wie verjaar 20 Junie 1985. Van: Carol, Estelle en almal wat dit met jou gaan vier ----LUZHAAN geluk met jou verjaarsdag. Bly die lieflike, spontane suster vriendin wat jy is. Liefde Anneline, Skala en kinders --Gelukkige verjaardag en geniet die dag. Liefde – mnr en mev Jonkers en kinders ------------------------------------One on 21 June - CLEO-LEIGH MATTHYSE. Happy birthday. May God bless you. From ant Audra, Grandma Katrina and your cousins -----------------------------------LEVERNA LEANDER. 11 jaar oud op 19 Junie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Baie liefde – Mammie, Pappie, Ouma en susters ------------------------------------KALONA NOEL. Op 20 Junie wens ons jou ‘n geseënde verjaardag toe. Geniet die dag. Liefde jou familie. ------------------------------------AVRIL WILLEMS. Baie geluk met jou verjaardag op 21 Junie. Mag daar nog vele

jare van vriendskap voorlê. Van: Bettie en kinders ------------------------------------24 Junie. Geluk tannie FREN met u verjaarsdag en geniet die dag. Van: die kinders, kleinkinders, Vol, Matie, Boeta en Lensie ---U moet die dag geniet en alles wat mooi is – Franzeen, Kevin, Cederick en Velencia ----Gelukkige verjaardag my vrou en alles wat mooi is. Baie liefde – Jou man ------------------------------------HAZELDENE PIETERSEN. 19 Junie. Geluk met jou 21ste verjaardag. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Van: Ivona en Randall ---Baie geluk met jou 21ste verjaardag. God se rykste seën. Lekker verjaar – Peetma Ilene ---Alle voorspoed. Ons is baie lief vir jou – Janicke, Ronique, Maritza, Wilfreda En Shauliga ------------------------------------BOETA DEMZI LEANDER. 22 Junie. 75 jaar. Baie geluk Boeta AJ met die mylpaal in jou lewe. Geniet jou verjaardag. Ons wense is vreugde, vrede en

voorspoed. Van: Charles Abrahams en gesin ------------------------------------“Happy birthday” QUINNUE (Miena) 19 Junie. Mag jy ‘n geseënde dag hê en daar nog vele jare sal wees. Van: Ma, Randall, broertjies en Williams-familie ------------------------------------FRANS EN MAUREEN CUPIDO. Baie geluk met jul 35ste huweliksherdenking. Baie liefde – Gawie en susters ------------------------------------Geluk met jou 13de verjaardag op 18 Junie DANA. Ek is onsettend lief vir jou. Van: Janicke ------------------------------------KAREL HENDRIKS. 23 Junie. 45 jaar oud. Geluk. Hoop jy verjaar lekker en geniet die dag. Baie seëninge n sterkte – Josephine, Carla en Jody-Lee ------------------------------------22 Junie. Veels geluk DINE met jou verjaardag. Mag die Here jou baie jare spaar. Van: Tannie Fia Meca, Masie , Verons en familie ------------------------------------ELLAN FORTUIN. Baie geluk met Mammie se verjaarsdag op 22 Junie. Alles wat mooi is vorentoe. Lief vir Mammie – Lynkie,

Mirle en vriende ------------------------------------15 Junie. MARTIENO ADAMS. Baie geluk met jou kroonverjaardag. Mag dit ‘n mooi jaar vir jou wees en leer mooi. Van: Mamma en Nannie ------------------------------------15 Junie. MARQUIN EN MARIZANNE. Baie geluk met jul 26ste verjaardae, Mamma se twee blompotte. Mag dit met julle goed gaan. Liefde – Mamma en Nannie PEDIN. 13 Junie. Baie geluk. Ons wense vir jou is geluk, voorspoed en seëninge. Van: Mamma en Nannie ------------------------------------CHADLEY JOHNSON. Op 18 Junie 2018 word jy 21. Alle seëninge en mooi wense op jou pad vorentoe. Liefde Mammie, Daddy, Marche en Heiron. ------------------------------------JUFFROU AMERIKA. 24 Junie. Wens u ‘n goeie en lekker verjaardag toe. Alles wat mooi. Van: Die Stem van Jesus se moeders met liefde -----------------------------------NEZHRINE BOLTNEY. 19 June. Happy birthday.

From: Ma, Pa, Grandma’s and Grandpa’s. Love you -----------------------------------JUAN GEDULD. 24 Junie. Baie geluk met jou verjaardag grootseun. Geniet die dag. Ons is baie lief vir jou – Mammie, Sussie, Pa, Jakob en ander kinders en familie -----------------------------------Mammie, geluk met u verjaarsdag. Geniet dit. Ons is baie lief vir jou. Seun, skoondoger en twee kleinseuns. --Tannie MIENA. Geluk met u verjaardag. Van: Eben, Anna en kinders


8

courant

NUUS • NEWS

dié

20 Junie 2018

Tel: 022 487 3221

SPORT

20 Junie 2018

Lize Nel (tweede van links), die ����ë fundie van Malmesbury en haar drie ��������� van PBM ������in Pretoria, is op pad na die VSA. Die nuus is vandeesweek aan die span oorgedra, nadat hulle gekw����� het om aan die ��� been van die ����Spele deel te neem. Haar span het aanvanklik in sesde plek by die ����� treekskampioenskappe in Spanje geëindig. Slegs die top vier spanne dring deur na die ���rondte van die Cros��Spele wat vanjaar in Madison, Wisconsin in Amerika plaasvind. Hulle het van sesde plek na die top vier gespring nadat een van die spanne gediskw����� is en ‘n ander se punte foutief was. Nel, Celeste Maritz, Brandon Jacobs en Gerhard van der Merwe sal vanaf 1 tot 5 Augustus aan die ����Spele deelneem.

•ABBOTSDALE VAL DRIE KEER IN 'N RY VAS

Wesbank klop Lillies

•Abri Adonis Wesbank het Saterdag gewys dat hy nie afgeskryf moet word nie toe hy gemaklik in die top posisie van die Swartland Groot Uitdaag-beker ingeskuif het deur Lillies van Abbotsdale op Malmesbury te klop. Die wedstryd is gespeel met albei spanne wat goed aangeval het. Wesbank het egter seker gemaak dat Lillies nie sy uitspeelrondte-aspirasies in die wiele ry nie en Lillies sy tweede agtereenvolgende loesing toegedien. Dit was veral Redewaan April wie weer uitstekend afgerond het en sodoende sy status as top-driedrukker in die Boland-streek 'n hupstoot gegee. Daar is tans geen keer aan die vlugvoetige agterspelers van Malmesbury nie. Lillies sal baie ongelukkig wees dat hulle geen punte uit die wedstryd geneem het, aangesien hulle by tye goeie rugby opgedis het. Wesbank was egter die beter span op die dag. Wesbank sal die oorwinning as goeie voorbereiding ag vir die wedstryd van die naweek, wanneer hy Darling besoek vir 'n kragmeting wat gesien kan word as die wedstryd wat dalk die gunsteling vir die Swartland Grootuitdaagkampioen sal aandui. Darling het in die verlede gewys dat geen span na Darling reis en 'n oorwinning as vanselfsprekend sien nie. Darling was egter in die voorseisoen bietjie wankelrig in groot wedstryde en sal dus die wedstryd moet benader as 'n finaal. Wesbank,

wat die seisoen wisselvallig begin het, loop weer op alle silinders en sal Darling met oorgawe wil klop. Die stryd tussen die anker-manne, MacAllistair Korah en Dashton Wellman, sal interessant wees om dop te hou. Wesbank behoort met groot selfvertroue Saterdag op Darling op te daag en sal Darling hul eerste nederlaag van die seisoen toedien in 'n taai wedstryd met 'n oorwinning van minder as sewe punte vir Wesbank. Lillies speel Saterdag gasheer vir Piketberg en die Rhinos van Piketberg kan hulle gereed maak vir 'n groot aanslag deur 'n woedende Lilliesspan. 'n Derde agtereenvolgende loesing sal Lillies se aanspraak om die uitspeel-wedstryde totaal in die wiele ry. Piketberg is tans goed by die huis op dreef, maar sukkel op die pad en Lillies sal nie 'n maklike teenstander wees nie. Piketberg het Saterdag vyf waardevolle punte ingepalm deur Coronations gemaklik op Rhino Park uit te oorlê. Abbotsdale sal dus ook nie Piketberg ligtelik opneem nie met die spanne tans in onderskeidelik die derde en vierde plek op die ranglys. Abbotsdale behoort egter genoeg slaankrag te hê om Piketberg te troef met meer as tien punte. Coronations van Kalbaskraal, wie hom tans heel onder aan die ranglys bevind, sal wil opmaak, wanneer hy besoek ontvang van Moorreesburg. Coronations beskik oor 'n paar talentvolle

spelers en speel altyd goeie rugby op hul tuisveld. Moorreesburg het egter Saterdag gewys dat hy geensins oorwinnings op 'n skinkbord aan spanne sal oorhandig nie. Moorreesburg het Never Despair se laaste paar tande behoorlik getrek, toe hy met 'n groot aanslag voorlangs Never Despair behoorlik uitoorlê het. Spelers soos man van die wedstryd, Euwin “Dawg” Persens en Jorn “Pyp” Mitchell en kaptein Janeil “Bong” Carolus, het die aanslag van voor gelei en Never Despair na 'n onder 13-spannetjie laat lyk met hul plettervatte en stormlopies. Dit het ook die grondslag gelê vir hul talentvolle agterspelers om te baljaar en 'n paar puik drieë te gaan druk deur hul spoedvrate Jermaine Mentoor en Jehan Bonn. Moorreesburg se bonuspunt-oorwinning sal hulle die nodige selfvertroue gee om Saterdag te reis na Coronations en nog 'n oorwinning is in sig vir die span van John Bader, met minder as tien punte. Dinge wil net nie aan die gang kom vir Never Despair op die pad nie en hulle keer Saterdag terug na hul tuisveld met Good Hopes van Riebeek-Wes wat besoek aflê. Good Hopes is tans goed op dreef en spelers soos Julian Claasen en Reagan Matala speel tans voortreflike rugby. Die groot loesing op Moorreesburg sal egter daartoe aanleiding gee dat Never Despair sy spel aansienlik lig en sodoende op sy tuisveld opmaak met 'n naelskraapse oorwinning van minder as sewe punte teenoor Good Hopes. Porterville geniet hierdie week n loslootjie.

Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury Gholfklub - Saterdag, 16 Junie : Sanlam Kanker Gholfdag - Enkel Stableford Mans A Div : B Harker 40, J Snyders 37, E Liedeman 35 Mans B Div : H Treurnich 37, F de Beer (jnr) 36, E Lingeveldt 36 Mans C Div T Esterhuizen 28, B de Beer 27, G Jordaan 25 Dames L Kriek 16

DUIWE

Malmesbury Posduifklub Laingsburg 2 JO 1 G Horn 1105.9876; 2 Hayman & Edas 1101.4861; 3 Hayman & Edas1101.2865 ; 4 Hayman & Edas 1098.0038; 5 Bordeaux A 1077.3338; 6 Lf Van Dalen 1069.0875; 7 Marais Hokke (Ksd) 1050.0673; 8 Jurie En Rina Strydom 1042.8675; 9 Marais Hokke (Ksd) 1027.8990; 10 Bordeaux B 1017.476; 11 G Horn 1003.7473; 12 Bordeaux A 1000.7554; 13 Bordeaux A 999.1630; 14 Hayman & Edas 994.2745; 15 Paulus Fam 993.0021; 16 Bordeaux A 979.0660; 17 Kotze Familie Hokke 977.061; 18 Paulus Fam 975.1465; 19 Lf Van Dalen 973.5597; 20 Hayman & Edas 973.1806 Laingsburg 2 OPE 1 Paulus Fam 1267.8491; 2 Kotze Familie Hokke 1259.2242; 3 Bordeaux B 1258.0371; 4 J Steenkamp 1177.5; 5 Paulus Fam 1163.9697; 6 Bordeaux A 1156.5042; 7 Bordeaux A 1156.2913; 8 J Steenkamp 1152.613; 9 Hayman & Edas 1149.5035; 10 Hayman & Edas 1149.1775; 11 J Steenkamp 1148.9107; 12 Marais Hokke (Ksd) 1148.1211; 13 G Horn 1139.8422; 14 Kotze Familie Hokke 1138.0929; 15 Hayman & Edas 1137.5631; 16 Paulus Fam 1134.8466; 17 M Hill 1130.1419; 18 Kotze Familie Hokke 1128.8066; 19 Jurie En Rina Strydom 1128.8066; 20 Bordeaux B 1124.0553 Riebeek Wes : Leeu Gamka 1 1 Alex Fam 14.28.14; 2 Alex Fam 14.28.16; 3 Alex Fam 14.36.13; 4 Boltney Hokke 14.39.08; 5 Amerika Hokke 14.39.40; 6 Alex Fam 14.45.58; 7 James Hokke 14.43.45; 8 Mentoor Hokke 14.49.02; 9 MJ Hokke14.49.23; 10 Mentoor Hokke 14.50.27; 11 Amerika Hokke 14.50.56; 12 Amerika Hokke 14.50.54; 13 Adams Hokke 14.55.21; 14 Mentoor Hokke 14.55.14; 15 Boltney Hokke 14.55.56


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
474 dié courant swartland by DieCourant - Issuu