Skip to main content

473 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

13 Junie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 473

13 Junie 2018

Misverstand loop oor Die Misverstanddam naby Moorreesburg het twee weke gelede begin oorloop ná goeie reën. Daar word nóg heelwat reën van môre oor die streek voorspel. Die Voëlvlei-Bergrivier-aanvullingskema wat die Voëlvleidam se water uit die Bergrivier sal aanvul, behoort volgens die nasionale departe-

ment van waterwese in Junie 2021 water na die dam te begin voer. Die projek het reeds omgewingsgoedkeuring gekry en die departement wag nou op goedkeuring van die minister van finansies om die dringende lening vir die bespoediging van die projek te bekragtig. Naas die water wat dorpe soos Piketberg en boere uit die benede-Bergrivier

pomp, vloei die res van die water tans by Velddrif in die see. Waterwese-woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die konstruksie is geskeduleer om in Oktober 2019 te begin. Die koste van die projek word op meer as R500 miljoen geraam en sluit 'n keerwal en pompstasie by Sonkwasdrif in.

•KOSSE TE KIES EN TE KEUR OPGEDIS

Palletfees met kerk se pik en proe Alida Buckle SALDANHA – Vir baie gesinne is die NG Kerk Saldanha se jaarlikse Pik-en-proe-aand al ‘n instelling op hul kalender. Daar is nie nog ‘n plek waar jy so 'n groot verskeidenheid sal kry nie. Of jou gunsteling nou lamsbredie, hoenderpastei, afval, lewer of warm nagereg met vla is, of sjokoladekoek, lasagne, groente met witsous, om maar ‘n paar te noem, jy sal dit daar kry. Op Vrydag 2 Junie is daar weer so gemaak en nuwelinge wat met openingstyd om 18:00 opgedaag het, moes spring om by hulle gunstelinge uit te kom, want dit het gewemel van mense – almal vol adrenalien gepomp om betyds by hul geliefkoosde disse en nageregte uit te kom. “Dis amper soos om vir my eie kos te jag,” het een vrou uitasem gesê. Die kos is op lang tafels al om die kerksaal se muur uitgepak, met ‘n paar tafels in die middel waar mense kon aansit en eet.

Dit was ‘n geskarrel met die oningeligtes wat met stapels los plastiekbakkies rondhardloop en die ge-konfyte pik-en-proeërs wat met bakkies in kratte en sakke opgedaag het. En hulle het ook eetgerei onthou. Teen R6 ‘n skep was dit beslis die moeite werd. Sommiges het plaasporsies ingeskep, ander meer konserwatief ... of jy moes vir twee happies betaal. Die nageregskeppers was oor die algemeen vrygewig. En, net so skielik as wat die massa mense teen mekaar moes beur om by hul gekose dis uit te kom, so skielik was die bakke leeg en die rye weg. Almal is huis toe om aan hul feesmaal te gaan wegval, wat in baie se geval, die hele naweek aan gesmul is. Na raming is daar vanjaar meer as 3000 skeppies kos verkoop. Beslis nie ‘n gebeurtenis om volgende jaar te mis nie.

NUUS • NEWS


2

13 Junie 2018

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

13 Junie 2018

Weskusgrond volgende week opgeveil Alida Buckle VREDENBURG – ‘n Stuk Weskusgrond agter die Weskusspens-padstal op die kruising van die R27 en die R45, word volgende week opgeveil. Daar is ‘n paar jaar gelede aansoeke ingedien om die grond as ‘n nywerheidspark vir swaar en ligte nywerhede te huisves, met onder meer toegangspaaie en ‘n spoorlynnetwerk. Afslaer Anria Gerber van Ubique-afslaers het gesê dat die eienaars verwag om tussen R36 miljoen en R45 miljoen vir die amper 180 hektaar grond te kry, wat aan die Saldanha-Sishen-spoorlyn grens. Dié gedeelte 39 van die plaas Eenzaamheid 135, wat nié die padstal insluit nie, lê aangrensend tot Tronox en Transnet-bedrywighede. Daar is drie huise en ‘n skuur van ± 200m² op die grond. Volgens wat die eienaars vir die afslaers

3

gesê het, het die stuk grond baie grondwater, genoegsame plek vir spoorweghaltes en is dit ideaal om voorrade te stoor. Die afslaers het ter insae al die nodige studieverslae oor die geohidrologie, biodiversiteit, biologiese basislyn, watergebruik-lisensie en konsep omgewingsimpak ensovoorts. Sekere voorwaardes by die veiling gaan wees dat die voornemende koper met die val van die hamer 10% van die koopprys en 7,5% kommissie plus BTW moet betaal. Hy of sy sal die res binne 30 dae moet betaal. Kopers moet bewys lewer van verblyf en identifikasie. Die veiling vind plaas op Donderdag 14 Junie om 11:00 by die Weskusspens-padstal. Onderskrif: Dié baken langs die R27 kan ‘n mens nie miskyk nie. Dit is by die padstal.

Damvlakke styg stadig maar seker ná winterreën

Brood:

Nadese is die b-klank nou nie meer ‘n probleem nie vir dié graad 1-klas van Laerskool Vredenburg nie. Die b-klank is ordentlik vasgelê deurdat elkeen ‘n B-aie lekker B-ruin B-rood ge-B-ak het. B-on appétit. Foto: Chris Nelson

Die belangrikste damme wat water aan die Weskus voorsien. Die Wes-Kaapse damvlakke, wat vanjaar tot die laagste in dekades gesak het, se vlakke styg bietjie-vir-bietjie soos wat daar deurentyd lekker buitjies oral uitsak. Anton Bredell, minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê in ‘n persverklaring dat vir vandeesweek gemiddeld op 25,9% staan, in vergelyking met 19.4% in 2017. Verlede week was die damme gemiddeld 23,8% vol. Wat vir die Weskus van belang is, is die Voëlvleidam (tans 25,5% vol), die Theewaterskloof-

dam (20,8% vol) en die Bergrivierdam (53% vol). Bredell waarsku egter dat die droogte nog ver van verby is. "Baie meer reën is voor die einde van die winterseisoen nodig.” Die weervoorspellings dui op koue en nat weer die volgende week of wat. Van môre (Donderdag 14 Junie) word 'n intense koue front in die Wes-Kaap verwag. Bredell voorspel vloede in gebiede in die Wes-Kaap. In geval van nood bel 112 (gratis van enige selfoon af) of aan die Weskus, 022 433 8700.


4

NUUS • NEWS

13 Junie 2018

dié courant

Gemeenskappe moet weer hande vat

Natuurfoto wen aand

VREDENBURG – Heidi Prinsloo het die Weskus-fotografiestigting se wenfoto vir Meimaand geneem tydens ‘n vakansie in Nieu-Seeland. Tranquility het 28 punte uit 30 behaal, wat aan Prinsloo ‘n meriete toekenning gee. Beoordelaar Cristo Le Grange van Kaapstad se kommentaar was dat die foto ‘n wenner is in enige taal. “Pragtige foto. Perfekte beligting en perfekte sluiterspoed om die melkerige effek van die waterval weer te gee.” Le Grange meen ook dat die groen plante om die waterval tot die sukses van die foto bydra. Hy meen dat daar beswaarlik verbeter kan word en gee daarom aan Prinsloo ‘n meriete-toekenning. Die inskrywings vir Juniemaand moet voor Vrydag 15 Junie ingegee wees. Die tema is Verlate (Abandoned). As jy jou foto’s wil laat opweeg en meer wil leer oor fotografie, word ‘n lid van die Weskus-fotografiestigting. Die volgende byeenkoms is Dinsdag 25 Junie om 18:30 in die Ou Stalle agter die NG Kerk Vredenburg-moedergemeente. Bel Anna-Marie Muller by 084 577 7752 of stuur ‘n epos na admin@ weskusfotoklub.co.za.

Dié Suid-Afrikaners, Wes-Kapenaars, mense van die Weskus, wat midde-in die 2019-verkiesingsretoriek van rassehaat en onteiening van grond steeds daarin bly glo dat ons dit aan mekaar verskuldig is om hande te vat en saam te werk aan die toekoms, is steeds in die meerderheid, hoop ons. Dat gesonde verstand sal seëvier, vertrou ons. Want die Vader weet alleen as ons aan die Weskus gaan toelaat dat skure afgebrand word, paaie versper word en goeie, eerlike, hardwerkende mense verhoed word om hul daaglikse sake onbelemmerd af te handel. Daar gaan altyd die Have’s en die Have Not’s wees. Tot in lengte van dae. Dit beteken in elk geval vir elkeen iets anders – van geen geld om kos te koop nie tot nie genoeg geld om ‘n spesifieke item, wat almal anders al het, te koop nie. Daar is vlakke van snobisme in elke gemeenskap. Altyd iemand wat dink hulle is beter as iemand anders. Altyd iemand wat minderwaardig voel juis daardeur. Wat almal wel in gemeen het, is die besluit om of haatdraend teenoor jou naaste op te tree, al dan nie – of hulle nou dieselfde velkleur as jy het of nie. Soms kan mense met dieselfde velkleur veel erger haatdraend teenoor mekaar wees, omdat mense nie die son oor ‘n ander kan sien skyn nie. Kan ons nie maar hande vat en mekaar se klein foutjies miskyk nie, eerder as om met wantroue, afguns, agterdog en sommer net hatigheid teenoor mekaar op te tree nie? Is dit soveel om te vra?

It’s Good News

Dr. Marc Blackwell Snr

Words of Grace

Christians can have the assurance that God is present with us in all of our life situations and trials. “Through many dangers, toils and snares, I have already come; ‘Tis grace had brought me safe thus far, and grace will lead me home.” The Converted Slave-Trader, John Newton “Let your character or moral disposition be free from love of money - including greed, avarice, lust, and craving for earthly things - but be satisfied with your present circumstances and with what you have; for God Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down or relax My hold on you - Assuredly not!” (The Amplified Version of Hebrews 13:5) A survivor of the Holocaust and the author of “The Hiding Place” - Corrie Ten Boone captures the peace that comes with trusting Who God is when we do not under- stand what He is doing in the midst of our most grievous and on-going trials. “Life is but a Weaving” (the Tapestry Poem) “My life is but a weaving Between my God and me. I cannot choose the colors Oft’ times He weaveth sorrow; And I in foolish pride Forget He sees the upper And I the underside. Not ’til the loom is silent And the shuttles cease to fly Will God unroll the canvas And reveal the reason why. The dark threads are as needful In the weaver’s skillful hand As the threads of gold and silver In the pattern He has planned He knows, He loves, He cares; Nothing this truth can dim. He gives the very best to those Who leave the choice to Him.”

Saldanha se Stapbus kuier in Athlone:

Maureen Thyss and Geraldine Kokdom (heelregs) saam met ander vrywilligers van die Stapbus-veldtog. Hulle het Saterdag 9 Junie Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, se program in die Athlone-stadion gaan bywoon. Die Life Counts-veldtog is bekendgestel in samewerking met die Polisie, munisipaliteite, gemeenskapspolisiëringsforums, buurtwagte, Stapbusse, godsdienstige organisasies, die Chrysalis-akademie en ander regeringsdepartemente. Foto: Ewald Botha

Send audition video for Winter Talent Show before month’s end

VREDENBURG – The Meraki Performing Arts Studio will be hosting the Winter Talent Show at the West Coast Vineyard Church, 31 Heuningklipweg on Friday 20 July. To enter, send your audition video of no longer than 3 minutes to Tyzah Johnson on 073 920 3697.

The auditions are open to anyone, any age and any talent, it just have to be appropriate. There are only about 15 slots available for the evening so let them know if you are the best of the best in the West Coast. Auditions close on Saturday 30 June.

Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garcia izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson ads@diecourant.co.za Joernalis: Alida Buckle alida@diecourant.co.za Bemarkers: Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za Isabella Schnetler - isabella@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za


NUUS • NEWS

5

13 Junie 2018

Hawe-owerheid en Vloot bou bande: SALDANHA –het die Saldanhakantoor van die Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA) het op Vrydag 1 Junie, 49 lede van die Suid-Afrikaanse Vloot se Senior Leergeleentheid genooi vir 'n oor-en-weer inligtingsessie om verhoudings tussen die twee organisasies te bou. Dié geleentheid was ���������o ondean Hippolyte se idee. Die vlootverteenwoordigers is ingelig oor die rol van TNPA in die maritieme bedryf, sy struktuur en susterorganisasies. Dit was so ‘n groot sukses, dat nog soortgelyke opleidingsessies deurlopend beplan word.

Heart FM visits West Coast to lend a helping hand: Personnel of Heart FM visiting Langebaan as part of their 16 Days For Youth initiative to uplift and lend a hand. The initiative to take the microphone to the heart of communities and giving them a voice started in 2016. On the West Coast, the mobile outside broadcast vehicle travelled to Paternoster, Moorreesburg and Darling too. They fed and clothed as many people as possible as w���������� ing and constructing. Managing Director for Heart FM Renee Redelinghuys said: “It is heartening to know that we inspired this change and it is making a difference in the lives of those who need it.”

Hommeltuie tel nou seevoëls

Deon Geldenhuys besig om lugfoto’s met ‘n hommeltuig te neem. CapeNature, die Wes-Kaapse Omgewingsbewaringsraad, het nou begin om hommetuig-tegnologie in te span om seevoëls se getalle te kaarteer. Volgens woordvoerder Loren George is die telling van manlike voëls 'n noodsaaklike proses om die grondslagdata te verskaf wat CapeNature in staat stel om die bevolkingskommelinge van al die voëlspesies te kaarteer. Dit is veral belangrik tydens die broeiseisoen, aangesien bestuursowerhede die aantal voëls wat broei, kan dophou en sodoende bydra tot die groei van hul bevolkings. Die voëls word elke maand getel op Dyer-eiland by Gansbaai, waar die hommeltuigprojek getoets word. Dit was altyd ‘n uitmergelende proses vir CapeNature-personeel wat op die

grond moes rondloop en die voëls met ‘n verkyker tel en en notas maak, met groot omsigtigheid om nie die broeivoëls te versteur nie. Die gebruik van hommeltuigtegnologie is 'n opwindende alternatief, meen George, wat 'n paar jaar gelede al ondersoek is. Die Leiden-bewaringsinstituut het onlangs geld daarvoor geskenk. Deon Geldenhuys, bewaringsbestuurder van die Dyer-eilandnatuurreservaat-kompleks, het aan George gesê dat die hommeltuigprojek dit moontlik maak om die broeivoëls vanaf lugfoto’s te tel. Dit stel hulle ook in staat om gebiede op die eiland te sien wat gewoonlik moeilik is om te bereik. Geldenhuys glo dat die lugfoto’s ‘n akkurater telling gaan gee.

Sodra die toetse op Dyereiland voltooi en CapeNature tevrede is met die resultate, gaan dit ook in ander gebiede gebruik word om bedreigde voëlopnames te maak. Voëltellings word gebruik om die bewaringsstatus van en risikos vir die betrokke voëls te bepaal. “In die geval van die Afrika-pikkewyn, toon die bevolkingsgetalle 'n spesie wat skerp agteruitgaan en bewaringsbeamptes is in 'n wedloop teen tyd om oplossings te vind”. Die Afrika-pikkewyn die eerste keer in 2010 as 'n bedreigde spesie genoteer. Vrydag 8 Junie was Wêreld Oseane Dag en 2018 se tema was die voorkoming van plastiekbesoedeling en bemoedigende oplossings vir 'n gesonde see.


6

Dagboek • Diary Weekliks

Alkoholiste Anoniem, Maandae in Vredenburg, Woensdae in Langebaan en Vrydae in Saldanha – 073 179 0751.

Gebeurlikhede Vrydag 15 Junie: Mark by Ipic-sentrum, Vredenburg, 09:00-15:00 – Nadine 083 255 6610. YOUTH DAY Saturday 16 June: Mill Country Fair Market, The Merry Widow, Hopefield, 10:0014:00 – 022 723 1528. NG Kerk Laaiplek-basaar op Dwarskersbos, 09:30 – Elrona 083 284 7766. Dans Frikkie Dans, On Ice, Vredenburg, 20:00, R20 pp – 076 377 0022. Woensdag 20 Junie: Silwer Vleuels-bejaardeklub, 09:15, Ou Waenhuis, NG Kerk Vredenburg. Saterdag 23 Junie: Jonathan van Radio Raps, Athene-konferensiesentrum, R150 pp, 21:00 – book at mykonoscasino.co.za, 022 707 6970. Dinsdag 25 Junie: Weskus Fotografiese Stigting, Ou Stalle agter NG Kerk-moedergemeente, 18:30 – Anna-Marie 084 577 7752, admin@ weskusfotoklub.co.za Vrydag-Saterdag 29- 30 Junie: Goedverwacht Snoek en Patatfees, volwassenes R80 pp, kinders o.3 gratis, kinders tussen 3-18 R30 pp, naweekpas R130 – 071 889 1121, tourism@goedverwacht.com Saterdag 30 Junie: Piket-bo-Berg-boeremark, 09:00-12:00, Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg – Jane Paterson 083 208 6873. Visbraai, St James Anglikaanse Kerk, Aandblomstraat, 11:30, R45. Denlyn-parkmark, 09:00-13:00 – Denise 022 772 0638, Lynne 082 935 5497. Donderdag tot Sondag, 5 tot 8 Julie, Wintermark Langebaan by Curro Langebaan Skoolsaal. Vir alle geskenkies, mooigoed, eetgoed, koffie, lekker vars groente en vrugte, klere, huisgoed en

NUUS • NEWS

13 Junie 2018

hartsgoed. Kaart fasiliteite beskikbaar,. Saterdag 14 Julie, Franja du Plessis en Ruan Josh by die Bergrivier-winterkarnaval by Riviera Hotel, Velddrif. Friday 20 July: Winter Talent Show, West Coast Vineyard Church, 31 Heuningklipweg, Vredenburg, 18:30, refreshments on sale, R45 for adults, R30 for children under 12, tickets available at door or book, send short audition videos to 073 920 3697, merakistudiowc@gmail.com. Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita Du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.

SPORT Weekliks

Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004.

Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@ gmail.com.

Neem deel/ gaan kyk:

JEUGDAG Saterdag 16 Junie: Extreme Obstacle Challenge & Fun Run, Plaasmol, Hopefield – Jessica 079 849 8001, Fransie 074 924 8474. Klubrugby, hoofwedstryd om 16:00 op Velddrif, Paternoster, Hopefield. Woensdag-Saterdag, 11-14 Julie: Bergrivierkanomarathon, Velddrif – berg.org.za Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za.

KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na alida@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00.

Laat "kleintjies" vir jou werk Bel Chrizaan vir klein, kleiner en geklassifiseerde advertensies Chrizaan Witbooi (43) is al drie jaar deel van dié Courant-span as ontvangsdame. Sy werk met adverteerders wat kleiner wil adverteer, soos diensadvertensies en geklassifiseerde advertensies. “Ek is mal oor die interaksie met mense en sien myself nogal as ‘n mense-mens. Ek het die voorreg om ‘n drukkie te gee as mense ‘n sterfgeval gehad het of om net met die oom of tannie ‘n woord te spreek wat die dag iets op die hart het.”” Chrizaan is baie opgewonde oor die promosie waarin die eerste 15 woorde van gelukwensings (verjaardae, huweliksherdenkings, ens.) asook In Memoriums of sterfgevalle gratis is. Bykomende woorde kos ‘n ietsie én die ruimte vir gratis advertensies is beperk. Sy werk met al vier uitgawes van dié Courant – Weskus, Malmesbury, Bergrivier en Wellington. Geklassifiseerder advertensies van 1-15 woorde, om byvoorbeeld van ‘n wit olifant ontslae te raak of ‘n huis te verhuur is sowat R70. Elke bykomende woord kos R4. Chrizaan is gebore en getoë in Malmesbury en mal oor kosmaak saam met haar seuns, Tristan (16) en Keagan (13). In haar vrye tyd lees

sy en is sy baie betrokke by kinderbedieningsaktiwiteite by haar kerk. Spertye vir gewone geklassifiseerde advertensies is Dinsdag 12:00. Bel haar by 022 487 3221 of epos na reception@diecourant.co.za

Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garciaizelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Patersonads@diecourant.co.za Joernalis: Alida Bucklealida@diecourant.co.za

Bemarkers: Desiré Kriel desire@diecourant.co.za Isabella Schnetler isabella@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws - accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221


NUUS • NEWS

13 Junie 2018

7

Oues kuier lekker saam Alida Buckle VREDENBURG – Wees opgewonde as mense oor jou skinder ... dit beteken dat jy ‘n impak gemaak het, was pastoor Rynier Nolan van die Pinkster Protestante Kerk (PPK) tong-in-die-kies boodskap aan die bejaardes wat die Silwer Vleuels-bejaardeklub se byeenkoms op Woensdag 6 Junie in die Ou Waenhuis bygewoon het. Sy boodskap aan die groep vroue was dat hulle moet blom, nét daar waar die Here hulle geplant het. “Nes ons almal ons oog op iets het, iets het waaroor ons droom, so het God ook sy oog op ons. Ons moenie vaskyk in die realiteite nie, maar hoop behou.” Volgens Nolan oordeel nie swak karaktereinskappe soos om moed op te gee nie, want Hy hou in gedagte dat mense in wie hy goeie werk begin het, nog “onder konstruksie” is.

Ingrid Harmuth het die sang, voor en ná die praatjie, op die klavier begelei. Die interkerklike Silwer Vleuels-bejaardeklub vir pensioenarisse kom al vir meer as 50 jaar weekliks bymekaar om saam te sing, na ‘n spreker te luister en daarna lekker te kuier, koffie en tee te drink en net daar vir mekaar te wees. Daarbenewens word ook gereeld speletjies gespeel en op uitstappies gegaan. Een keer ‘n kwartaal word daar uitgehaal met eetgoed tydens die verjaardagtee en vandag (Woensdag 13 Junie) is dit Sopdag met ‘n sjerrietjie by. Die bestuur is voorsitter Heila van der Merwe, Marina Nel (hooforganiseerder), ondervoorsitter Annette Victor tesourier Fransie Willers, sekretaresse Coleen Groenewald en bykomende lid Elize Schoeman. Bel Nel by 083 955 2365 om meer inligting.

Die pragtige dames van die Silwer Vleuels-bejaardeklub saam met pastoor Rynier Nolan (agter in die middel).

Wenke vir 'n kort wegbreek-vakansie ‘n Kort vakansie is soms net die resep om ‘n bietjie weg te kom van besige skedules en die daaglikse gejaag wat die lewe bied. Hier is ‘n paar wenke wat kan help om die vinnige wegbreek makliker en die moeite werd te maak: Beplan vroegtydig en maak die nodige besprekings voor jy in jou motor klim sodat jy die huis met ‘n rustige gemoed kan groet. Noodsaaklike benodigdhede soos jou foon se laaier, die kamera of daardie skeermes word keer op keer vergeet. Begin ‘n paar dae voor die tyd te pak om niks agter te laat nie. Vir ‘n kort wegbreek, verkies almal dit om lig te reis. Pak daardie broek in wat jy by meer as een trui op hemp sal kan dra. Gemaklike skoene wat by alle okkasies pas, kan ook eerder oorweeg word. Dink oor jou vakansiebestemming en neem

die weer in ag om jou daaglikse kleredrag makliker te maak. As jy weet daar is nie ‘n geleentheid vir hoë hakskoene nie, los dit by die huis. Apteke is dalk nie altyd so naby of oop nie. Pak maar die Panado of pleister en ontsmettingsmiddels vir ingeval in. Ry vroeg en gee genoeg tyd vir die reis tot jou bestemming. Daar is soms onvoorsiene omstandighede, soos ‘n pap band, wat dinge onsmaaklik kan maak. Geniet ook die reis en maak dit deel van die kort vakansie. Vermy gesprekke rondom werk. Onthou, jy breek juis weg van die werk. Los ook liefs die kredietkaart by die huis vir onnodige skok oor jou bankbalans wanneer jy terugkeer. Begroot vir die vakansie dat jy dit kan geniet sonder om jouself verder te bekommer oor finansies.

Die Swartbergsvlei-Funduro word aangebied deur Bash Adventures, Saterdag 30 Junie 2018 op Swartbergsvlei plaas net buite Yzerfontein. Tydens die pret-wedren sal motorfiets, kwadfietsryers, kinders en toeskouers blootgestel word aan ‘n hindernisbaan en ryers het die keuse van twee roetes. Roete een is ongeveer 25km klip-, heuwelsen veldroete met tegniese “rooi” roetes wat wegbreek van die gewone roete. Roete 2 is vir die kwadfietse en die wat hou van sand. Hierdie roete is ongeveer 22km. Deelnemers kan albei roetes soveel keer ry soos hulle wil aangesien die baan eers 15:00 sluit. Hierdie roetes moet nie ligtelik geneem word nie en daar is ‘n hele paar tegniese aspekte, maar wel moontlike ontsnappingsroetes vir die onervare ryers. Daar sal na die pret-wedren ‘n gelukkige trek-

king wees met pryse geborg deur MX24 en Eddy 2 Race. Die Swartbergsvlei Funduro beloof om die pret-wedren van die jaar te wees so moet dit nie misloop nie. Adriaan Krause gaan vir ons musiek maak en die vure sal heeldag brand. Swartbergvlei gaan vir ons braaipakke beskikbaar stel vir aankoop. Daar is ‘n kontantkroeg en badkamer-fasiliteite op die perseel. Daar sal ook ander kos en warm klere (hoodies) te koop wees. Maak seker jy is vroeg daar. Registrasie begin om 07:00. Die inskrywingsfooi beloop R200 per motorfiets of kwadfiets en R100 per kind onder 12. Die inligtingsessie begin 09:45 en die wegspring volg om 10:00.

Pret met funduro by Swartbergsvlei

Volg ons by @diecourant op Facebook!


8

courant

NUUS • NEWS

dié

13 Junie 2018

Tel: 022 487 3221

SPORT

13 Junie 2018

Posduiwe vlieg in eerste wedvlug vanjaar

Alida Buckle Die Weskus-posduifklubs het op Vrydag 8 Junie hul duiwe vir die eerste wedvlug uitgestuur. Die duiwe is om 08:00 op Laingsburg losgelaat om die 321km af te lê. In Velddrif het Jannie se Burger se eerste jong duif (onder een jaar oud) om 15: 03:59 aangekom om hom die klubwenner van die dag te maak. Die res van die toptien lyk so: 2. Johannes Basson, 3. en 4. Jutie de Witt, 5. En 6. Manie Lira, 7. Jannie Burger, 8. Johannes Basson, 9. Casper van Rensburg, 10. André Clarke.

In die ope afdeling lyk Velddrif se toptien so: 1. Danie en Petro, 2. Dennis en Linda Robinson, 3. Jannie Burger, 4. André Clarke Jnr., 5. En 6. Danie en Petro, 7. Tollie Basson Jnr., 8. Manie Lira, 9. Keith en Anna de Vos, 10. Johannes Basson. Die Weskus Duiwe-unie val onder die Nasionale Posduiforganisasie (Sanpo) en sluit in: Piketberg, Velddrif, Vredenburg en Saldanha. Bel voorsitter Jannie Burger by 073 190 4838 om meer inligting. *Stuur jou uitslae na alida@diecourant.co.za

•SPAN STAAN SY MAN

Saldanha oorskadu St Helenabaai

Alida Buckle WESKUS – St Helenabaai-rugbyklub het sy man gestaan en die tot dusver onoorwonne Young Hearts kop-aan-kop ontmoet met ‘n gelykoptelling van 35 elk. Hoewel die afgelope naweek se rugby is meestal in reënerige weer gespeel is, het dit nie die Weskusmanne afgesit nie. Langebaan reken oortuigend af met Paternoster met 52-34 en Saldanha wen die sukkelende Mamre met 52-9. Mamre verdien hiermee steeds geen punte op die punteleer nie. Vredenburg heel die wonder van hul nederlaag die vorige naweek teen Young Hearts deur Hopefield 34-27 te wen. Davie Lawrence van Boland Klubrugby Nuus-

faam se nie-amptelike Weskus-voorlopers in die puntemaker-kompetisie is aan die voorpunt met 56 punte elk, A Barends van Paternoster en Fabio Afrika van Velddrif. Raymond Papier van St Helenabaai het al dié seisoen 55 punte vir sy span aangeteken en Evan Barends 47 vir Vredenburg. Die voorste Weskus-driedrukkers is Barry Adonis van Young Hearts met agt drieë en Ruan Kleinsmidt van Vredenburg met ses drieë. Denwill Manewill (Saldanha), Gilmore Solomons (Young Hearts) het elk vyf drieë gedruk en Phil Goliath van Velddrif vier. Die komende Saterdag 16 Junie, Jeugdag, speel, tuisvelde eerste: Young Hearts teen Mamre, Velddrif teen Langebaan, Paternoster teen Vredenburg, en Hopefield teen St Helenabaai. Saldanha rus ‘n bietjie die naweek.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook