Skip to main content

473 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

13 Junie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

•DEUR RAAD GOEDGEKEUR

Uitgawe 473

13 Junie 2018

2019: Drakenstein begroot R2.8 biljoen •Jaomi Zeeman Drakenstein Munisipaliteit se burgemeester, Conrad Poole, het die 2018/2019 begroting tydens ‘n besigheidsontbyt by Boschenmeer op Vrydag 1 Junie bekendgestel. Dit volg ‘n dag nadat die begroting op 31 Mei deur die Munisipale Raad goedgekeur is. Die munisipaliteit se eie facebookblad, wat vanaf 1 Junie in werking is, is ook tydens die geleentheid bekendgestel. Volgens burgemeester Poole is die nuwe begroting veral daarop gefokus om ‘n positiewe verskil in die armstes van armes se bestaan te maak. Hierdie pro-armes benadering wil ‘n sigbare verskil in 2018/2019 bewerkstellig. “Ons het na die gemeenskap geluister. Ons begroting is op ekonomiese groei en ontwikkeling, die sosio-ekonomiese behoeftes van die inwoners van Drakenstein, sowel as op ons finansiële volhoubaarheid gebaseer,” het burgemeester Poole gesê. Hy het die begroting van R2.854 biljoen, wat uit ‘n R2.392 biljoen operasionele begroting en ‘n R454 miljoen kapitaalbegroting bestaan, by ‘n vergadering van die Drakenstein Munisipale Raad op Donderdag 31 Mei voorgehou. Die Drakenstein Munisipaliteit is die grootste plaaslike munisipaliteit buite Kaapstad in die hele Wes-Kaap. Gebaseer op die munisipaliteit se vyf jaar Geïntegreede Ontwikkelingsplan, sluit die 2018/2019 begroting allokasies vir uitgawes in veral programme wat Publieke Werke, Water en Sanitasie, beligting in informele nedersettings, goed-ontwikkelde, geïntegreerde padnetwerke, beligting by sportfasiliteite, parke en begraafplase, toerisme en dienslewering sal aanspreek, in. “Van nou af sal ons die Publieke Werke Programme vanaf ‘n ander perspektief benader. Dit is belangrik vir ons om werksgeleenthede op ‘n regverdige, deursigtige wyse te skep en dienslewering te verbeter,” het burgemeester Poole gesê. Om hierdie rede maak die 2018/2019 Publieke Werke Program vir meer as 2000 werksgeleenthede, teen ‘n koste van R19.5 miljoen, voorsiening. Altesaam R86.7 miljoen van Drakenstein se R101.8 miljoen Menslike Nedersettingstoelae vir die nuwe finansiële jaar sal op grootskaalse en interne infrastruktuurdienste, sowel as 240 huise vir die Vlakkeland Behuisingsprojek bestee word. ‘n Addisionele R11.4 miljoen is vir die

Sakelui, munisipale raadslede en lede van die uitvoerende munisipale raad het tydens die Sake-ontbyt na die nuwe begroting geluister. verbetering en onderhoud van basiese dienste in informele nedersettings geoormerk. Om te verseker dat skoon drinkwater en sanitasie ‘n prioriteit bly, het die munisipaliteit R137.8 miljoen vir projekte wat ou waterpyplyne sal vervang, groot rioollyne sal opgradeer, ‘n 8-megaliter reservoir tot stand sal bring, sowel as die opgradering en uitbreiding van die Wellington en Paarl Rioolwater Suiweringswerke sal bewerkstellig, bewillig. Ander waterprojekte sluit boorgate en filtrasie-aanleg infrastruktuur om drinkwater aan al Drakenstein se inwoners te verseker, in. 1400 vooraf-betaalde watermeters sal ook geïnstalleer word om geldinvordering te verbeter en met geïdentifiseerde watervermorsers af te reken. “Die ekstra R20 miljoen wat ons hiervoor bewillig het, sal sorg dat ongeveer 1620 ekstra informele woonstrukture toegang tot elektrisiteit sal hê. Hierdie toekenning sal die elektrifiseringsprogram van informele strukture bespoedig en die lewenskwaliteit van mense wat in hierdie gebiede woon, verbeter. Ons is pynlik bewus van die feit dat ‘n gebrek aan elektrisiteit mense in armoede en swak omstandighede verder verarm. Dit beroof hulle van toegang tot geleenthede

soos opvoeding, vaardigheidsontwikkeling en werksgeleenthede,” het hy gesê. R55.6 miljoen is vir die opgradering en konstruksie van parke, swembaddens en sportfasiliteite opsygesit. Om Drakenstein se groeiende reputasie as ‘n toerisme-heenkome van keuse te versterk, wil die Munisipaliteit voortgaan om wêreldklasgeleenthede soos die Absa Cape Epic, die Bergrivier-kanomarathon, die Fisherman’s Friend Strong man Run, die Safari Halfmarathon en ander groot geleenthede te ondersteun. ‘n Geïntegreerde benadering tot die bekamping van misdaad sal ook in die nuwe begroting aandag geniet. ‘n “Doctor Smart Safety Network”, waar daar met omliggende munisipaliteite ten opsigte van misdaadbekamping saamgewerk gaan word, sowel as ‘n “Boppies on the beep”-program, wat sal poog om veral in Wellington ‘n meer sigbare wetstoepassing te bewerkstellig, is deel van hierdie planne. Burgemeester Poole het die visie van die nuwe begroting met ‘n aanhaling van oud-president Nelson Mandela saamgevat. Die volledige begrotingsrede kan by www. drakenstein.gov.za gelees word.

NUUS • NEWS


2

Wellington ATKV-tak vier 20ste bestaansjaar Die Wellington ATKV-tak vier hierdie jaar hul 20ste bestaansjaar. Hierdie tak, wat in 1998 gestig is, het in die laaste twee dekades van krag tot krag gegaan. Volgens Daan Spamer, wat al 20 jaar lank lid is van die plaaslike ATKV-tak en ook vanaf 2003 tot 2011 die voorsitter van die tak was, lê die geheim van die tak se lang bestaan in die feit dat hulle deur die jare nuwe inisiatiewe aangepak het en nog altyd aktiewe, energieke lede gehad het. “Ons tak pak jaarliks gemiddeld 40 projekte aan. Die nasionale gemiddeld van projekte per tak is maar vier, wat net wys hoeveel woema ons tak het,” sê hy. Een van die projekte wat baie gewild onder lede en ondersteuners is, is die jaarlikse Sutherland Toer wat deur die plaaslike ATKV-tak gereël word. Hierdie toer is reeds die afgelope 15 jaar ‘n instelling en is aanvanklik deur Daan geïnisieer. Tydens dié toer reis ‘n bus vol mense na Sutherland. Hulle eet middagete by Matjiesfontein se Hotel en slaap een nag in die Sutherland Hotel oor. Die groep besoek ook die Sterrewag by Sutherland. “Willie Koorts was van die begin af die toerleier van hierdie jaarlikse toer. Sonder hom sou dit nie moontlik wees nie. Hy is ‘n absolute spesialis-kenner op die gebied van die hemelruim en sy algemene kennis oor die geskiedenis van die area waardeur ons tydens die toer ry, is verbysterend,” sê Daan. Die Wellingtonner Willie Koorts is ‘n elektroniese tegnikus by die Nasionale Sterrewag

NUUS • NEWS

13 Junie 2018

se hoofkantoor in Kaapstad en ook ‘n gereelde spreker op RSG se Sterre en Planete. Volgens Daan is die sterrekyk-toer maar een van die vele aktiwiteite en projekte wat die plaaslike ATKV-tak elke jaar vir die afgelope 20 jaar aanpak. “Ons het elke jaar ‘n Weskus-blommetoer en die Stasiefees het al ‘n gereelde instelling in ons dorp geword. Ons tree ook as borge vir verskillende geleenthede op en skenk boekpryse aan verdienstelike leerders. Ons hou boonop ‘n Manne-aand om geld in te samel, en borg die laerskool se deelname aan die ATKV-redenaarskompetisie. "Ons hou ‘n snoekbraai vir die bejaardes en skenk pryse aan studente - die lys van ons aktiwiteite is baie lank,” sê Daan. Die tak se inisiatiewe het oor die afgelope 20 jaar gegroei. Die essensie van die tak as ‘n gesinstak, word ook in al hul doen en late weerspieël. “Almal se gades is tydens vergaderings teenwoordig. Ek dink ons suksesresep oor die afgelope 20 jaar is seker die samewerking van die bestuur, die sinvolle projekte wat ons elke jaar aangepak het en die positiewe energie onder lede waar almal inspring en saamtrek om van elke projek ‘n sukses te maak,” sê Daan. Hierdie jaar se Sutherland Sterrekyk-toer vind op 11 en 12 Augustus plaas. Belangstellendes kan Jenny Hanekom by 078 765 2638 of jennyhanekom2@gmail.com voor die einde van Junie kontak.

•HART KLOP VIR GEMEENSKAP

ACVV se drie bene

Bo is Janneke Marais, maatskaplike werker, Malene Hartmann, kantoorbestuurder, en Jaendri Smith, maatskaplike werker. •Jaomi Zeeman Die plaaslike ACVV se hart klop warm vir ons gemeenskap. Hul vele projekte, diensleweringsaksies en hulpverlening bevestig dat hulle aan hul visie en missie getrou bly. Hulle wil deur hul ontwikkelingsdienste en ondersteuning aan individue, families en die gemeenskap ‘n volhoubare gemeenskap help skep waar die lewenstandaard en -kwaliteit van mense se daaglikse lewe verbeter kan word. Hierdie nie-winsgewende organisasie wat reeds in 1904 ontstaan het, is vandag ‘n geregistreerde en geakkrediteerde kinderbeskermingsorganisasie wat dienste oor alle grense lewer. Volgens die Kinderwet beteken dit dat hulle dienste, wat ‘n spektrum van voorkomende, sowel as statutêre dienste insluit, aan kinders mag lewer. Hierdie dienste sluit ook ontwikkelingsgerigte dienste waar kinderbeskerming en gesinsbewaring ewe belangrik geag word, in. Volgens Malene Hartmann, kantoorbestuurder van die plaaslike ACVV-tak, ontstaan daar dikwels verwarring onder die publiek ten opsigte van die dienste wat hul organisasie bied. In Wellington bestaan die aktiwiteite van die ACVV uit drie bene. “Alhoewel die ACVV een groot sambreelorganisasie is, het ons in Wellington drie bene wat elkeen afsonderlik, maar as deel van die moederorganisasie funksioneer. Ons maatskaplike dienste is die hooftak en fokus veral op kinderbeskerming. Silwerkruin en die Dienssentrum is die ander twee bene van die ACVV. Hulle is ons diensvertakkings en funksioneer ook elkeen op hul eie,” verduidelik sy. Malene verduidelik verder dat al drie hierdie bene by alle ACVV-vergaderings verteenwoordig word, maar dat elkeen sy eie stelsel ten opsigte van byvoorbeeld skenkings uit die gemeenskap bestuur. “Die drie bene funksioneer heeltemal onafhanklik, maar met ‘n interne band aan die oorkoepelende organisasie,” sê sy. Anders as wat baie mense in die gemeenskap dink, is Huis Lizelle en Fyngoud nie deel van die ACVV nie. “Ons hooftak, die Maatskaplike Dienste, se

kantoor sit reg langs die Dienssentrum. Ons fokus uitsluitlik op kinderbeskerming. Die Dienssentrum se fokus val weer op aktiewe ouer persone wat nog onafhanklik funksioneer in ons omgewing. Silwerkruin se fokus is op die versorging van die inwoners in hul sorg,” sê sy. Mev. Janet Myburgh, bestuurder van die Dienssentrum, verduidelik hul missie as een van ondersteuning en bemagtiging. “Ons wil deur ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyns- en ondersteuningsdienste ouer persone in ons gemeenskap bemagtig om hul lewenstandaard te verhoog, hul lewenskwaliteit te verbeter en sodoende ‘n gesonde gemeenskap help bou,” sê sy. Volgens Malene is al drie bene van die ACVV baie afhanklik van gemeenskapsbetrokkenheid, -skenkings en hulp. Wanneer mense in hierdie verband by die ACVV betrokke wil raak, moet hul egter na die spesifieke vertakking of been van die organisasie gaan wat hulle wil ondersteun en hul hulp daar aanbied. “Die Maatskaplike Dienste het byvoorbeeld altyd ‘n behoefte aan vrywilligers wat as pleegouers of ‘n plek van veiligheid vir kinders kan dien. Mense wat hul beskikbaar stel as pleegouers, moet eers deur ‘n keuringsproses gaan en word dan op ‘n lys geplaas. Dit geld ook vir mense wat as ‘n plek van veiligheid aan kinders ‘n heenkome wil bied,” verduidelik sy. Janneke Marais, een van die maatskaplike werkers by die ACVV se Maatskaplike Dienste, beaam die nood wat hulle aan hulp uit die gemeenskap het. “Ons het ‘n Winterhoop Projek waar ons komberse, warm klere en kos vir behoeftige mense insamel. Items soos baadjies en truie is veral nuttige items wat hiervoor geskenk kan word,” sê sy. Volgens Jaendri Smith, nog ‘n maatskaplike werker by Maatskaplike Dienste, het hulle ook behoeftes ten opsigte van hul ander projekte waarby die gemeenskap betrokke kan raak. “Ons het ‘n ACVV-winkel agter Spar waar mense klere en ander gebruiksartikels kan skenk. Ons hou ook elke jaar ‘n Kerspartytjie vir kinders in ons sorg en het ‘n oggendtee in November waar ons fondse wil insamel. Tannies Koelsoem en Flori sal by hierdie geleentheid optree. Finansiële borge en mense wat byvoorbeeld geskenke vir gelukkige trekkings of ander bydraes hiervoor kan lewer, is die gemeenskapsvangnet waarvoor ons baie dankbaar is,” sê sy. Belangstellendes kan die ACVV by 021-873 2204 (Maatskaplike Dienste), 021-873 1040 (Silwerkruin) of 021-873 4682 (Dienssentrum) kontak.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

13 Junie 2018

•OGGENDTEE VIR INWONERS

Die son skyn ook ������

Agter: Ronel van Wyk, seremoniemeester, Neil Büchner, die gaskunstenaar, Dalene Leipoldt en Cara Smith wat die oggend gereël het. Sunfield Home het op Saterdag 10 Junie hul jaarlikse Oggendtee aangebied. Hierdie geleentheid het in die saal van die Wellington-Noord Gemeente plaasgevind. Die nat winterweer kon die dorp se dames nie keer om in groot getalle vir ‘n oggend van heerlike saamkuier, vermaak en eetgoed op te daag nie. Die Wellingtonner Dalene Leipoldt is die meesterbrein wat jare gelede die inisiatief vir die tee ten bate van Sunfield laat posvat het. Sy het ‘n seun wat ‘n inwoner van Sunfield is en bied elke jaar, met die hulp van gasvroue uit die gemeenskap, hierdie groot geleentheid aan. Vanjaar se tee was geen uitsondering as dit by keurige versierings, liplekker gebak en ‘n jolige atmosfeer kom nie. Soos wat elke jaar die geval is, het elke gasvrou uitgehaal en gewys om van hierdie fondsinsamelingsprojek ‘n groot sukses en ‘n onvergeetlike ervaring te maak. Die altesaam 23 tafels met 10 gaste elk het vir ‘n stampvol saal gesorg. Ronel van Wyk, wat as seremoniemeester opgetree het, het die dames in die regte stemming gekry met haar pittige verwelkoming en kruisverwysings tussen alledaagse gebruiksitems en die trant van die lewe. Sy het ook almal wat by die organisasie van die geleentheid betrokke was, bedank. ‘n Baie spesiale oomblik was toe Christiaan

Leipoldt van Sunfield Home sélf agter die mikrofoon ingeskuif en sy ma, Dalene, vir die reëlings rondom die geleentheid bedank het. Elke tafel het ook wenners vir die gelukkige trekkings van gelukspryse opgelewer - iets wat deur talle skenkings van besighede en individue in die dorp moontlik gemaak is. Die gaskunstenaar tydens die geleentheid was die geestelike sanger Neil Büchner. Niel, wat ook die “predikantsman” van ds. Lettie Büchner by die Moederkerk is, het spottenderwys na die vele rolle wat hy al, op professionele en persoonlike terrein, in sy lewe moes vertolk, verwys. Met die tema van sy optrede wou hy aan die gaste vertel hoe die lewe as ‘n lied lyk. Neil het die vroue vir hul bydrae in die gemeenskap gekomplimenteer en hulle met ‘n keur uit sy liedjies vermaak. Van sy eerste David Kramer-improvisasie, die eerste liedjie wat hy en ‘n vriend saam geskryf het tot die geestelike treffer wat hy saam met onder andere Louis Brittz en Retief Burger geskryf en opgeneem het, was deel van sy besonderse vertoning. “Die grootste geskenk wat jy vir enigeen kan gee, is om hom of haar te laat glo dat hulle goed genoeg is. Wat ek geleer het, is dat ‘n mens jouself voortdurend moet afvra waar jy geplant is en hoe jy daar kan blom,” het hy die vroue geïnspireer. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Drakenstein gives feedback about project

Drakenstein Municipality invites the community of Drakenstein to a meeting at which the Municipality will give feedback on the decision the Drakenstein Municipal Council took on 31 May 2018 to terminate the proposed Wellington waste-to-energy project, and will explain the way forward. Date: Wednesday, 13 June 2018 Time: 19:00 Venue: Wellington Town Hall, Pentz Street, Wellington For queries on logistical arrangements, please contact Nopinky Spogter on 021 807 4773 or idp@ drakenstein.gov.za.

3


courant

dié

4

13 Junie 2018

Soos die hart van 'n leeu

Baie vergelykings is al met leeus getref. Ons weet dat hulle die konings van die diereryk is. As jy iets uit die leeu se bek gehoor het, weet jy dat dit die waarheid is. Iemand met ‘n leeuehart is dapper en kan enigiets aanpak. As jy leeuemoed het, is jy so braaf soos ‘n leeu en as iemand ‘n leeueaandeel in iets het, het hy die grootste gedeelte daarvan gedoen. Boosheid wat soos ‘n brullende leeu rondloop, ‘n moontlike leeukuil en die leeu se lêplek is dinge wat ons liewer wil vermy. In Wellington is daar baie mense en instansies wat die goeie eienskappe van ‘n leeu openbaar en uitleef. Hier is baie mense met leeueharte, leeuemoed en ‘n leeueaandeel in positiewe inisiatiewe in ons dorp. Daar is selfs mense wat lewensgetroue leeukoeke aanmekaarslaan. Die afgelope week het Wellingtonners se aktiwiteite, prestasies en inisiatiewe van hul leierskap, groothartigheid en deursettingsvermoë getuig. Dot Klerck, ons eie koek-ghoeroe, is besig om ‘n lewensgroot leeufamilie uit koek te bou. Hiermee durf sy nie net haar grootste projek tot dusver aan nie, maar wil sy ook bewustheid vir die bewaring van hierdie wilde diere bewerkstellig. Die plaaslike depressie en angsondersteuningsgroep het met leeuemoed die onderwerp van outisme ondersoek en Hugo Rust het soos ware

It’s Good News

koninklikes ‘n uithaler-Koorfees aangebied. Die plaaslike akteur, skrywer en regisseur, Jeremeo le Cordeur, se leeuehart klop nou doer in Liverpool warm vir die uitvoerende kunste. Hy wil graag die ondervinding wat hy daar as ambassadeur van Artscape opdoen, plaaslik kom terugploeg. Soos die leeu die kroon in die diereryk dra, dra een van Drakenstein se trotse boorlinge nou die Mej. SA kroon. Tamaryn Green het ons hele vallei sommer baie trots gemaak. Ons lyndansers se nasionale prestasies, Voor-Groenberg Primêr se inisiatief saam met motorfietsryers vir ‘n voedingskema, die selfgemaakte slaapsakke wat die Lions aan haweloses geskenk het en die gemeenskap se diensbaarheid tydens die Moederkerk se feestelike basaar getuig alles van ‘n gemeenskap met leeueharte. “Look inside yourself, Simba. You are more than what you have become. You must take your place in the circle of life. Remember who you are… remember,” was Mufasa se wyse woorde aan Simba in die gewilde fliek “The Lion King”. Gelukkig lyk dit of Wellingtonners dit reeds lankal weet. Mag elkeen hierdie week hul leeueharte voel klop en dinge met leeuemoed aanpak om ‘n leeueaandeel in die positiewe verandering rondom ons te hê. So uit die leeu se bek!

Dr. Marc Blackwell Snr

Words of Grace

Christians can have the assurance that God is present with us in all of our life situations and trials. “Through many dangers, toils and snares, I have already come; ‘Tis grace had brought me safe thus far, and grace will lead me home.” The Converted Slave-Trader, John Newton - “Let your character or moral disposition be free from love of money; - including greed, avarice, lust, and craving for earthly things - but be satisfied with your present circumstances and with what you have; for God Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down or relax My hold on you; - Assuredly not!” (The Amplified Version of Hebrews 13:5). A survivor of the Holocaust and the author of “The Hiding Place” - Corrie Ten Boone captures the peace that comes with trusting Who God is when we do not under- stand what He is doing in the midst of our most grievous and on-going trials. “Life is but a Weaving” (the Tapestry Poem) “My life is but a weaving Between my God and me. I cannot choose the colors Oft’ times He weaveth sorrow; And I in foolish pride Forget He sees the upper And I the underside. Not ’til the loom is silent; And the shuttles cease to fly Will God unroll the canvas And reveal the reason why. The dark threads are as needful In the weaver’s skillful hand As the threads of gold and silver In the pattern He has planned He knows, He loves, He cares; Nothing this truth can dim. He gives the very best to those Who leave the choice to Him.”

Blou uitstalling en blues musiek by Breytenbach

Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die galery, en ‘n paar van die kunstenaars wie se werke by die uitstalling te sien is, kyk toe terwyl Errieda du Toit die openingstoespraak lewer. as die minnaars jou los en jou vriende jou in die •Jaomi Zeeman ‘n Splinternuwe kunsuitstalling het op Sater- steek laat, is die blues steeds daar. Ek sal nooit dag 9 Junie by die Breytenbach Galery geopen. genoeg kry van Johannes Kerkorrel se ‘Al lê die Hierdie uitstalling, met die tema “Blou” of wêreld nog so blou’ nie. Maar as ek Neil Dia“Blues”, bestaan uit kunswerke van verskillende mond se Song, song blue nog een maal moet mediums en van uiteenlopende kunstenaars. hoor, weet ek nie,” het sy gelag. Errieda het ook na flieks met blou in hul titel Die uitstalling is deur die bekende huiskok en of tema verwys. Blou kos het natuurlik ook ‘n kosskrywer, Errieda du Toit, geopen. Die kurator van die galery, Anne-Ghrett beurt in hierdie kulinêre kenner se praatjie gekry. “Dink aan die gewraakte blou eiers in die padErasmus, het die eklektiese versameling kunskosmandjie. Blou kos kom selde in die natuur werke op ‘n meesterlike wyse saamgesnoer. Errieda het tydens haar openingstoespraak voor, met die gevolg dat ons nie die outomatiese na die verskillende verwysings van “Blou” in ons aptytwekkende respons op blou kos het nie. Daarom dat dieetprogramme jou aanraai om leefwêreld verwys. “Blou kleur onder andere ons taal in. Uit die jou kos op blou borde te skep - skynbaar eet jy bloute, blou Maandag en bloutjies loop. Die dan minder. ‘n Blou gloeilamp in jou yskas kan Afrikaanse skryfkuns is deurspek van blou,” het ook as wapen teen middernagtelike kosaanvalle sy gesê en ook na aanhalings uit gedigte wat dien. Alhoewel kinders minder skepties is oor blou kos, is daar deesdae ‘n groter aanvaarding blou as sleutelwoorde gebruik, voorgehou. Een van die kunstenaars, die plaaslike Elsibe van blou in dinge soos byvoorbeeld grootmensLoubser McGuffog, se kunswerke is ook met die -gebak,” het sy gesê. Na afloop van die opening van die kunsuitwoorde van een van nóg ‘n Wellingtonner, Breyten Breytenbach, se gedigte wat na blou verwys, stalling, kon gaste van die galery na die Bôrdienghuis-teater vir ‘n blues-vertoning deur geborduur. Errieda het ook na verskeie Afrikaanse skry- Luna Paige oorskuif. Luna het, saam met Simon Orange op klawers se verwysings na blou in hul werk se titels of inhoud verwys. Koos Kombuis se nuutste dig- wers, Michael Bester op kitare en Sean Sanby bundel, Vandag wil ek my blou skoene dra, sowel op baskitaar, met haar vertoning op ‘n musikale as lirieke van sy nuutste cd, het ook ‘n draai in reis deur die geskiedenis van blues-musiek, en veral vroulike blues-sangers, gegaan. Sy het die haar toespraak gegooi. “Blou en die blues is getroud. Dit is vol wee- gehoor met haar uitstekende vertolking van vermoed en waansin en wonde en die wind. Selfs skeie bekende blues- en jazz-nommers bekoor.

Wenke as jy met 'n kort vakansie gaan

‘n Kort vakansie is soms net die resep om ‘n bietjie weg te kom van besige skedules en die daaglikse gejaag wat die lewe bied. Hier is ‘n paar wenke wat kan help om die vinnige wegbreek makliker en die moeite werd te maak: Beplan vroegtydig en maak die nodige besprekings voor jy in jou motor klim sodat jy die huis met ‘n rustige gemoed kan groet. Noodsaaklike benodigdhede soos jou foon se laaier, die kamera of daardie skeermes word keer op keer vergeet. Begin ‘n paar dae voor die tyd te pak om niks agter te laat nie. Vir ‘n kort wegbreek, verkies almal dit om lig te reis. Pak daardie broek in wat jy by meer as een trui op hemp sal kan dra. Gemaklike skoene wat by alle okkasies pas, kan ook eerder oorweeg word. Dink oor jou vakansiebestemming en neem

die weer in ag om jou daaglikse kleredrag makliker te maak. As jy weet daar is nie ‘n geleentheid vir hoë hakskoene nie, los dit by die huis. Apteke is dalk nie altyd so naby of oop nie. Pak maar die Panado of pleister en ontsmettingsmiddels vir ingeval in. Ry vroeg en gee genoeg tyd vir die reis tot jou bestemming. Daar is soms onvoorsiene omstandighede, soos ‘n pap band, wat dinge onsmaaklik kan maak. Geniet ook die reis en maak dit deel van die kort vakansie. Vermy gesprekke rondom werk. Onthou, jy breek juis weg van die werk. Los ook liefs die kredietkaart by die huis vir onnodige skok oor jou bankbalans wanneer jy terugkeer. Begroot vir die vakansie dat jy dit kan geniet sonder om jouself verder te bekommer oor finansies.

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

13 Junie 2018

5


6

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081

13 Junie 2018

Darling Brew 30 June: Darling Brew presents Winter Beer Festival from 10:00 till 18:00. Live music: The Stone Jets and Sunset Sweatshop As per last year - there will be food stalls Ticket Price: R120 per person (includes a free DB beer glass for over 18’s. Big Kids: R80 (12 – 18 years) Kids under 12 is free For enquiries please contact - 021 286 1099

Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361

Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60 at 08:00, 40 at 08:05 and 12 km at 08:10. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars at 08:15 Registration from 06:00 on 18 August at Riebeek Cellars. Pre-online entries available. Late entries on the day. Enter online - www.roag.co.za

NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273

!Khwa ttu 6-7 Oct: 24 hour MTB. Teams can be solo, team of two or team of four - 10km multi lap relay challenge For any further enquiries, please contact 022 451 2202 or send an email to info@darlingttu.co.za

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens

Fluitjie-projek by Silwerkruin geloods

Bo is Herman Ras, wat die projek by die Silwerkruin verduidelik het, saam met inwoners van Silwerkruin. Silwerkruin se inwoners kon op Vrydag 8 Sektor 3 van die plaaslike SAPS beplan om die Junie na ‘n interessante en leersame praatjie projek verder in die publiek uit te brei. Hulle oor veiligheid luister. Hierdie praatjie was deel wil die publiek attent maak daarop dat wanneer van ‘n Fluitjie-projek wat deur die plaaslike SAPS iemand op ‘n fluitjie blaas, daar moontlik ‘n se Sektor 3 en die Secure Rite Sekuriteitsmaat- behoefte aan hulpverlening is en dat ons mekaar só kan bystaan. Dit is veral ‘n nuttige manier skappy by Silwerkruin geloods is. Herman Ras van Secure Rite het ‘n aanbie- waarop weerlose mense, soos ouer persone, se ding, waarin veiligheidswenke aan die inwoners veiligheid verseker kan word. Volgens Stephan Landsberg van die Wellingvan Silwerkruin verduidelik is, gedoen. Dié wenke het metodes om aandag te trek in tye van ton Aksie Groep/Stopmisdaad is hulle baie dankbaar vir hierdie inisiatief. nood ingesluit. “Ons bejaardes is vir ons kosbaar en ons Om op fluitjies te blaas is as een van die wenke om die publiek se aandag op ‘n noodge- moet omsien na hul veiligheid. Ons is baie dankbaar teenoor Silwerkruin en mnr. Ras wat hul val te vestig, voorgehou. Fluitjies, wat deur Secure Rite geskenk is, tyd beskikbaar gestel het om hierdie projek te is aan die inwoners van Silwerkruin uitgedeel. loods,” het hy gesê.

Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

NUUS • NEWS

op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Hugenote Hoërskool se junior-debatspan, bestaande uit Jandré Coetzee, Henk van der Spuy en Jana Retief het die �����ronde van die ATKV-debat in die Wes-Kaap gewen. Mija Zeeman behaal ‘n derde plek in die Wes-Kaap in die junior-afdeling van voorbereide redenaars (huistaal). Al hierdie sprekers dring na die nasionale eindronde wat in Augustus by Buffelspoort plaasvind, deur. Bo is Henk van der Spuy, Jandré Coetzee (agter) en Jana Retief en Mija Zeeman (voor).


NUUS • NEWS

13 Junie 2018

Joubert se topverkoper op Hugenote Laerskool se Wellington bekendgestel kore weer wenners by Sing in Harmonie

Jan-Jan saam met die Wellingtonner Engela Duvenage wat saam met hom joernalistiek studeer het. Die Bôrdienghuis was op Donderdag 7 Junie stampvol met die bekendstelling van Jan-Jan Joubert se nuwe boek tydens ‘n byeenkoms van die plaaslike Boekklub. Joubert se nuutste boek, Wie gaan in 2019 regeer?, is sedert die onlangse uitreiking daarvan ‘n topverkoper. Jan-Jan het tydens die bekendstelling met professor Jonathan Jansen oor die boek in gesprek getree. Jan-Jan is ‘n gesoute politieke joernalis wat al sedert 2001 verslag uit die parlement doen. Hy was ook al die politieke redakteur van Die Burger, Beeld en Rapport, sowel as die adjunk-redakteur van politiek, parlementêre sake en menigstukke by die Sunday Times. Televisiekykers ken hom as ‘n gereelde gas op kykNET se Verslag in gesprek met Waldimar Pelser en Jan-Jan gesels gereeld op programme soos Kommentaar, Monitor en Spektrum. Hy gee ook gereeld klas in politieke joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en ander instellings. Hierdie swaargewig kenner van die Suid-Afrikaanse politieke landskap het in sy boek oor die moontlike uitkoms van die verkiesing in 2019 die scenarios wat hierdie gebeurtenis dalk tot gevolg kan hê, uiteengesit. Professor Jansen, sélf ‘n kenner van ons land se politieke uitdagings, het Joubert met interessante vrae en retoriese stellings tydens die gesprek uitgedaag. Joubert het inleidend sy agtergrond, studies en politieke belangstelling as agtergrond vir die inhoud van sy boek geskets. Op ‘n vraag van professor Jansen oor of die vekiesing in 2019 oor korrupsie of eintlik oor iets meer eksistensieel, naamlik die onsekerheid van sommige landsburgers, sal gaan, het Joubert die man-op-straat se siening oor die politiek probeer verwoord. “Almal stel belang in die politiek, maar voel soms vervreemd en verward daaroor. Dit gaan om meer as net kommer. Daar is wel genoeg

goeie mense in ons land, al maak hulle nie noodwendig die nuus nie. Ek het my hoop vir die land en die plesier daarvan in die boek probeer weergee. Ek wil mense weer hoop gee. Dit gaan oor korrupsie, ja. Maar ook oor grond en die aard van die ekonomie en ekonomiese bemagtiging dus nie nét oor korrupsie nie,” het Jan-Jan gesê. Volgens hom is “die ANC vrot tot aan die stingel”. “Dit gaan nie net oor die steel van geld nie, dit gaan oor alle korrupsie. Ek vra die vraag of die ANC homself sal kan skoonwas van die sondes waarvan hy skarlakenrooi is. Met ander woorde: is die regering redbaar?” het hy verduidelik. Professor Jansen het ook na die ANC wat homself in die vorm van Cyril Ramaphosa “van die afgrond gered het”, terwyl die DA homself “oor die afgrond gooi” verwys. Hy het Jan-Jan ook oor die problematiek rondom die koalisie in die DA gepols. “Dit is waar dat die DA se steun, veral onder blanke kiesers, getaan het. Hoe groter ‘n party word, hoe meer soorte mense kry hy in. In die DA is daar, volgens my, mense wat voorgee om liberaal te wees, maar eintlik neo-konserwatief is. Ek sou sê dat die DA daarby kan baat deur meer gaaf en aangenaam met mekaar te wees en meer op die oplossings as op die probleme te fokus,” het Jan-Jan op professor Jansen se vrae gereageer. Hy het professor Jansen se vraag oor hoe hy in 2019 gaan stem, met flinke voetwerk omseil. “Stadig en met groot omsigtigheid,” het hy laggend geantwoord. “Die slange is daar en hulle is giftig, maar jy kan nie word wat hulle is nie.” Jan-Jan het na afloop van die bekendstelling eksemplare van sy boek onderteken.

Wellingtonners het die aanpassings wat die afgelope paar maande met die huidige droogte aan ons dorp se tuine gemaak is, opgemerk. Alle beddings op middelmanne, sowel as sekere munisipale tuinareas is die afgelope tyd in waterwys-tuine omskep. Hierdie aanpassings is deel van 'n inisiatief wat onder Timothy Jacobs, wat al vir 30 jaar by die munisipaliteit se Parke Afdeling werk, se wakende kennersoog geskied. “Ons moes al ons tuine aanpas sodat dit met die minste water moontlik en min onderhoud kan klaarkom. Maar dit moet darem nog steeds ‘n mooi prentjie maak. Daarom het ons tonne

rivierklippe ingespan om ou beddings te vervang en waterwys-plante wat die droogte sal kan deurstaan vir groenigheid gebruik,” verduidelik hy oor die nuwe baadjie waarin Wellington se tuine deesdae spog. Een so 'n tuin wat nou ook met 'n pragtige nuwe, waterwys baadjie spog, is die sirkel by die munisipale swembad in Pentzstraat. 'n Flukse groep manne het die afgelope week behoorlik gewoeker om die vaal sirkel in 'n netjiese lushof te omtower. Hulle is Mark Whitlo, George Persens, Irvin Solomons, Corrie Paulus en Isak Pietersen.

Projek laat dorp prentjiemooi

7

Bo is Martha du Plessis, die begeleidster, en Leana Engelbrecht, die koorleidster, saam met Sing in Harmonie se aanbieder, Anthonie Bougas. Hugenote Laerskool se Junior- en Seniorkore het op Vrydag 8 Junie aan die eerste rondte van die Nasionale Sing in Harmonie-koorkompetisie deelgeneem. Hierdie koorkompetisie bied ‘n platform vir skoolkore van regoor die land om met mekaar mee te ding en word weekliks op KykNet se Kanaal 146 uitgesaai. Hugenote het uitstekend gevaar deurdat beide hul kore as wenners in hul afdelings aangewys is. Hierdie prestasie is geen verrassing nie. Dié twee kore het ook verlede jaar as wenners van die eerste rondte uit die stryd getree. Hulle het verlede jaar verder presteer deur tydens die 2017 Wes-Kaapse finaal van die nasionale Sing in Harmonie Koorkompetisie as die Wes-Kaapse kampioene in hul afdelings in hierdie kompetisie weg te stap. Tydens Vrydagaand se kompetisie en televisie-opname was die beoordelaars vol lof vir Hugenote se koorsang. Dit was veral die seniorkoor se weergawe van die gewilde liedjie, “Jantjie”, wat die beoordelaars gaande gehad het. Een van die beoordelaars, Phillip Kotze, het die koor vir sy “volronde koorklank” geprys.

Hannelie van Sitter, nog ‘n beoordelaar, het die genot en die meegaande hoendervleis wat die koor se weergawe van “Jantjie” bewerkstellig het, besing. Die derde beoordelaar, Lizl Gaffley, was só aangedaan nadat sy na Hugenote se “Jantjie” geluister het, dat sy nie kon kommentaar lewer nie. Volgens die koorleier van hierdie kore, Leana Engelbrecht, is sy ongelooflik trots op haar kinders se vertonings en uitstaande prestasie. Sy is ook vol lof vir haar begeleidster en regterhand, Martha du Plessis, wat haar met die afrigting van die kore bystaan. “Hierdie juffrou is ongelooflik trots. Dankie aan elke koorlid,” lui haar facebookinskrywing na haar kore se oorwinning Vrydagaand. Leana staan by wat sy na haar kore se provinsiale oorwinning in 2017 gesê het. “Hugenote se kore is ons trots en ons wil net voorbou op ons sukses. "Dit is belangrik dat koorsang geniet moet word, maar kompetisies bly belangrik sodat koorleiers en koorlede positiewe kommentaar kan gebruik tot hul voordeel om nog meer sukses te kan behaal.”


8

courant

dié

13 Junie 2018

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

13 Junie 2018

Wellingtonners draf Comrades kaf

Gimnastiek: Anje Grobbelaar is in

die SA-span vir artistiese gimnastiek opgeneem. Sy vertrek 27 Junie tot 7 Julie saam met 12 van haar spanmaats na Malta, Italië vir die "Gym Stars" Artistiese Gimnastiek kompetisie. Dit behels twee dae kompetisie en vier dae oefenkamp saam met top afrigters van regoor die wêreld. Daar is oor die 24 klubs van 10 verskillende lande wat gaan deelneem. Anje is 'n leerder van die Hugenote Laerskool.

Hillcrest vertrap Evergreens

Hillcrest het die afgelope naweek Evergreens vertrap in 'n grootuitdaag-ligawedstryd op 'n nat Boland B-veld. Nie eens die stormreën het Hillies gestop om met Evies af te reken nie. Die tuisspan het al drie Evies-spanne met 40-plus huis toe gestuur. Die derdespan het 45-5 gewen, die twee-

despan 40-12 en die eerstespan 41-20. In totaal het Hillcrest 19 drieë vir die dag aangeteken. Hillcrest reis hierdie naweek na Tulbagh. Die bus vertrek om 10h30 vanaf Mannies. Vir enige navrae kontak Jovan-re Cupido - 073 296 3575. Foto: Roswall de Vries

‘n Hele paar plaaslike langasems het die afgelope naweek na Pietermaritzburg gereis om die legendariese Comrades Marathon aan te durf. Dit volg na maande se voorbereiding en oefening op die pragtige roetes rondom ons dorp. Twaalf lede van die Wellington Atletiek Klub, sowel as twee Wellingtonners wat aan ander klubs behoort, het aan die Comrades gaan deelneem. Al veertien hierdie atlete het die wedloop suksesvol binne die voorgeskrewe tyd voltooi en sommiges het selfs hul persoonlike beste tye in die wedloop aangeteken. Die Comrades Marathon, wat reeds sedert 1921 die verbeelding van Suid-Afrikaners aangryp, is hierdie jaar vir die 97ste keer deur hardloopentoesiaste aangedurf. Dié jaar was die ultra-marathon ‘n “af”-wedloop van Pietermaritzburg na Durban. Die eindpunt by die Moses Mabhida Stadion het die afstand hierdie jaar ook

ietwat verder as die normale 89km gemaak. Die atlete se bene moes hulle net oor die 90km ver, onder andere deur die vallei van ‘n 1000 heuwels, dra. Clint Williams was die eerste Wellingtonner oor die wenstreep in ‘n tyd van net oor die 8 en ‘n half uur. Nicodemas Johnson en Bekker van Niekerk het beide ook in minder as 9 ure klaargemaak en daarmee vir Bill Rowan Medaljes gekwalifiseer. Twee van ons plaaslike atletiekklub se lede het die wedloop in minder as 10 ure voltooi, vier atlete het onder 11 ure klaargemaak en die res het die wedloop binne die voorgeskrewe maksimumtyd van 12 ure voltooi. Die Wellingtonner Tanja Spamer, wat vir die Nedbank Klub hardloop, het net oor die 10 ure gehardloop en die plaaslike Marnus Burger, wat vir die Durbanville Atletiek Klub hardloop, het ook in net oor die 10 ure klaargemaak.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
473 dié courant wellington by DieCourant - Issuu