Skip to main content

473 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

13 Junie 2018

25.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 473

13 Junie 2018

Misverstand loop oor Die Misverstanddam naby Moorreesburg het twee weke gelede begin oorloop ná goeie reën. Daar word nóg heelwat reën van môre oor die streek voorspel. Die Voëlvlei-Bergrivier-aanvullingskema wat die Voëlvleidam se water uit die Bergrivier sal aanvul, behoort volgens die nasionale departe-

ment van waterwese in Junie 2021 water na die dam te begin voer. Die projek het reeds omgewingsgoedkeuring gekry en die departement wag nou op goedkeuring van die minister van finansies om die dringende lening vir die bespoediging van die projek te bekragtig. Naas die water wat dorpe soos Piketberg en boere uit die benede-Bergrivier

pomp, vloei die res van die water tans by Velddrif in die see. Waterwese-woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die konstruksie is geskeduleer om in Oktober 2019 te begin. Die koste van die projek word op meer as R500 miljoen geraam en sluit 'n keerwal en pompstasie by Sonkwasdrif in.

•EINDIG SESDE IN CROSSFIT IN SPANJE

Nel bult haar spiere

•Charlotte Lesch Lize Nel, fiksheidsfundie van Malmesbury, se Suid-Afrikaanse Crossfit-span het sesde geeindig in die tweede been van die Crossfit Spele wat in Spanje, Caja Mágica, plaasgevind het. Nel, ‘n boorling van Malmesbury, beskryf die ervaring as ongelooflik en een wat sy nie sommer sal vergeet nie. “Ek het so baie geleer. Die byeenkoms was wêreldklas,” vertel sy. Nel het in 2013 ná matriek by die Universiteit van Noordwes aangesluit om kommunikasiewese te gaan studeer. Sy het daar besluit om iets omtrent haar gewig en fiksheidsvlakke te doen. Sy is aanvanklik op Potchefstroom aan dié sport bekendgestel. In Pretoria, sluit sy aan by die Crossfitklub, PBN (Power Beyond Measure) waar dinge meer kompeterend begin raak het. Wanneer sy nie oefen nie, bestuur sy haar hokkieklub, Hockey Heroes. Dit is die eerste jaar wat sy in ‘n span kwalifiseer om aan die tweede rondte, wat die streekskampioenskappe is, deel te neem. Altesaam vier spanne van Suid-Afrika het na die tweede rondte deurgedring nadat hulle as individue in die eerste aanlyn-rondte gekwalifiseer het. Haar spanlede Celeste Maritz, Brandon Jacobs en Gerhard van der Merwe, is elkeen lid van die PBN-gimnasium. Suid-Afrika val saam met die Midde-Ooste en Suid-Amerika. Dié streek staan bekend as die Miridian-streek. Die streekskampioenskappe het oor drie naweke vanaf 18 Mei tot 3 Junie reg oor die wêreld plaasgevind. Die Miridian-streekskampioenskappe het va-

Bo: Lize Nel van Malmesbury (tweede van regs) het saam met haar spanmaats 'n sesde plek �������� ompetisie in Spanje behaal. naf 1-3 Junie in Spanje plaasgevind. Slegs die top vier spanne dring uiteindelik deur na die derde en laaste rondte van die Crossfit Spele, waartydens die fiksste persoon ter wêreld aangewys word, verduidelik Nel. Sy en haar spanlede was slegs twee plekke weg van die groot kampioenskappe. Nel is

hartseer dat hulle nie deurgedring het nie, maar tog steeds baie in haar skik met ‘n sesde plek. “Dit is steeds baie goed,” voeg sy by. Ons het baie geleer uit die ervaring.” Haar doelwit is om volgende jaar minder foute te maak en beter te vaar, sodat hulle vir die laaste rondte kan kwalifiseer.

NUUS • NEWS


2

13 Junie 2018

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

•GERSHWIN STYG UIT

13 Junie 2018

Plaaslike arts nou Kings-spandokter •Charlotte Lesch Van ‘n jong noodhulpbeampte vir Wesbank Rugbyklub tot EP Kings se amptelike spandokter, vorm die plaaslike dokter van Malmesbury, Gherswin Kortje sy loopbaan binne en buite rugbykringe. Kortje het sowat ‘n week gelede in sy nuwe pos as die EP Kings-rugbyspan se spandokter begin nádat hy ‘n tweejaar-lange-kontrak met dié Oos-Kaapse olifante gesluit het. Wesbank Rugbyklub het steeds sy hart en hy gaan hulle geweldig baie mis, maar Kortje kon nie die geleentheid van die hand wys nie, vertel hy. “Ek en my vrou het die voordele en nadele teenmekaar opgeweeg en besluit om tog die groot skuif te maak,” voeg hy by. Sy praktyk op die dorp bly agter waar hy gereeld sal kom inloer. Volgens Kortje was hy nog altyd lief vir rugby sedert hy die spel as leerling by St. Thomas Primêr en Wesbank Sekondêr gespeel het. Hy het na skool met sy mediese graad by Universiteit Stellenbosch afgeskop. Hy het nog altyd daarvan gehou om mense te help en hou boonop daarvan om met mense te werk. “My ouer broer het ook medies studeer. Ek het toe op medies as ‘n loopbaan besluit, omdat ek so ook ‘n verskil kan maak en gelukkig wees.” Kortje het in 2006 met sy studies afgeskop. Sy

liefde vir rugby is egter nie eenkant toe geskryf nie. Hy het navorsing gedoen om die twee elemente in sy lewe te kombineer en sluit as noodhulpbeampte by Wesbank Rugbyklub aan. Hy het grootgeword by die klub en was nog altyd ‘n groot ondersteuner van sy tuisspan. Die ondervinding het ook gedien as praktiese ervaring so tussen sy studies deur, vertel hy. Ná vyf jaar begin hy as spandokter by die klub. "Dit is moeilik om na 10 jaar te groet, maar ek sal hulle altyd bly ondersteun,” voeg hy by. Gedurende die tien jaar, het hy ook vir ander rugbyspanne en sportinstansies gewerk, waaronder vir die Boland Kavaliers en die WP se o. 18-rugbyspan in die Cravenweek rugbytoernooi waar hy vir drie jaar betrokke was. Kort daarna word hy vir twee jaar aangestel as die dokter by Nuweland Stadion vir WP en die Stormers. Kortje is tussen sy verpligtinge as spandokter, besig om sy studies by US in sportwetenskap voort te sit. Hy en sy vrou Tarren is sover nog gelukkig oor hulle besluit. Hy sien uit na die nuwe avontuur en uitdagings wat voorlê. Volgens Kortje hoop hy om vir die res van sy loopbaan by rugby betrokke te wees.

Darling se DRESS brei uit

Die ou vraghouer is geskuif om plek te maak vir die nuwe DRESS-winkel.

Die herwinningsprojek, Darling Recycle Swop Shop (Dress) het die afgelope Donderdag hul tweede skeepsvraghouer ontvang wat deur die radiostasie, Heart FM aan hulle oorhandig is. Volgens koördineerder, Con Meyer, het hulle verskeie wonderwerke beleef toe dié radiostasie vir hulle kom kuier het. Die radiospan was in 2016 by Dress, toe Heart FM ‘n ses meter lange skeepsvraghouer geskenk het om die nie-winsgewende organisasie met beter en meer geskikte geriewe toe te rus. “Dit was fantasties, al was dit ‘n bietjie klein,” voeg hy by. Heart FM het belowe om terug te wees. Die radiostasie het hulle belofte nagekom en met ‘n slag teruggekeer. Dress bedank Denver Apollus en die span van Heart FM op hul jaarlikse toer van 16 Dae

vir Jeug, waartydens hulle in oorvloed aan die gemeenskap teruggee. Vanjaar, met behulp van harde werk en die gemeenskap van Darling, is ‘n 1000 kinders kos gegee. Nóg ‘n skeepsvraghouer van 12 meter lank is ook aan Dress geskenk. Dit is toegerus met ‘n stowe, gasbottels, potte, toerusting en alle nodige kruideniersware vir ‘n jaar om ‘n sopkombuis by Dress op die been te bring. ‘n Verdere donasie van R3000 is aan die nie-winsgewende organisasie, The Darling Trust geskenk. “Ons bedank Heart FM se bestuur en personeel vir wat hulle vanjaar in Darling gedoen het, maar ook vir wat hulle doen in die gebied waarin hulle uitsaai.”

Kotze maak buiging vir Boland met kolf Hanno Kotze (24) sal eersdaags sy buiging as krieketspeler vir die Boland maak nádat hy onlangs ‘n kontrak met Boland Krieketklub gesluit het. Kotze, oorspronklik van Malmesbury, het sy talent as krieketspeler reeds as ‘n jong leerling by Laerskool Swartland ontdek. Sy vernuf as ‘n talentvolle sportman, is in die hoërskool voortgesit nadat hy by Boys High in die Paarl aangesluit het. Volgens Kotze, kon hy nie die geleentheid van die hand wys nie. Hy het nog altyd die Boland as sy huis beskou en sien nou uit daarna om terug te keer. Hy sien ook uit na die nuwe uitdagings wat gepaard gaan met ‘n nuwe span.

3

Kotze is tans besig om aan die Nelson Mandela Universiteit op George te studeer. Kotze het verlede week met eksamens klaargemaak en is binnekort op pad huis toe. “Dit gaan rof wees om hier te speel en steeds te studeer, maar ek gee nie om nie.” Kotze sal steeds toetse en eksamens op George moet aflê. Hy het tot onlangs vir SWB Krieketspan op Oudtshoorn gespeel. Kotze het in die laaste seisoen as een van die top 10 kolwers (eerste klas) uitgestap wat hy as ‘n groot voorreg beskou het. Hy wil nie die toekoms vooruitloop nie, maar sy volgende doelwit is om vir die Cape Cobras te kan kolf.


4

13 Junie 2018

Pret met Funduro

Die Swartbergsvlei-Funduro word aangebied deur Bash Adventures, Saterdag 30 Junie 2018 op Swartbergsvlei plaas net buite Yzerfontein. Bring die hele gesin. Tydens die pret-wedren sal motorfiets, kwadfiets ryers, kinders en toeskouers blootgestel word aan ‘n hindernesbaan en ryers het die keuse van 2 roetes. Roete een is so +25km klip, heuwels en veld roete met tegniese “rooi” roetes wat wegbreek van die gewone roete. Deelnemers kan beide roetes soveel keer ry soos hulle wil aangesien die baan eers 15:00 sluit. Hierdie roetes moet nie ligtelik geneem word nie, daar is ‘n hele paar tegniese aspekte maar wel moontlike ontsnappingsroetes vir die onervare. Daar sal na die pret-wedren ‘n gelukkige trekking wees met pryse geborg deur MX24 en Eddy 2 Race. Ons wil ook dankie sê vir Eddy Vermeulen en Michael Marsh vir hulle bystand en ondersteuning tydens die reëlings. Maak seker jy is vroeg daar, registrasie begin 07:00. Die inskrywingsfooi beloop R200 per motorfiets of kwadfiets en R100 per kind onder 12. Die inligtingsessie begin 09:45 en ons spring 10:00 weg.

NUUS • NEWS

David & Nadia stel wyne bekend: David en Nadia Sadie van

David & Nadia Wines in die Swartland het die afgelope Vrydag agt wyne aan ‘n uitgesoekte gehoor by Bill&Co op Malmesbury bekend gestel. Die agt wyne wat geproe was, is hul Chenin Blanc 2017, Aristargos 2017, Grenache 2017, Elpidios 2016, Sémillion 2017, Pinotage 2017, Hoë-steen Chenin Blanc 2017 en Skaliekop Chenin Blanc 2017. Die wynproe is saam met ‘n middagete wat onder meer deur Isabella Niehaus voorberei is, aangebied. Besoekers was ook bevoorreg om ‘n voorsmakie te kry van Bill&Co Swartland Street Market wat binne die jaar nog sy deure aan die publiek sal oopmaak.

Kansa benodig vrywilligers

KANSA vrywilligers is die ruggraat van dié organisasie. Hul opgeleide vrywilligers is die soldate in die geveg teen kanker en verrig waardevolle werk. Sonder die vrywilligers sou CANSA nie hul holistiese-sorg en ondersteuningsdiens kon voorsien aan diegene wat geaffekteer word deur kanker nie. KANSA Weskus poog voortdurend om hulle dienste uit te brei vir die gemeenskappe van Swartland, Bergrivier en Saldanha Munisipale areas. Vrywilligers het n keuse om betrokke te raak by pasiënte ondersteuning, gesondheidsbevordering (kanker bewusmaking), TLC ondersteuningsgroep (ondersteuning aan kinders wat met kanker gediagnoseer word asook hulle gesinne) en ondersteuningsgroepe vir volwassenes.

Langasems draf in Comrades Die 93ste Comrades Marathon het die afgelope Sondag vanaf Pietermaritzburg tot in Durban plaasgevind. ‘n Paar verteenwoordigers van die Swartland het ook besluit om vanjaar aan die wedloop deel te neem. Altesaam vyf atlete van die Swartland Atletiekklub het hul staal gewys toe hulle die marathon met ‘n afstand van 90.184km aangedurf het. Sakkie du Toit van Koringberg het die marathon binne ‘n tyd van 09:27:50 ure klaargemaak. André van Rooyen het 10:23:05 ure gehardloop en Hercu Hofmeyr van Malmesbury het sowat 10 minute ná hom oor die wenstreep gehardloop. Bennie Carstens en Hannes Pieters van die klub, het ook aan die marathon deelgeneem.


NUUS • NEWS

13 Junie 2018

5


6

13 Junie 2018

Dagboek • Diary

Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962.

CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun

Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 VLV Vergadering 13 Junie : Kom hou saam met ons vergadering om 9:00 vir 9:30. Kostes beloop - Lede

Gratis/ Nie Lede R30 Spreker is Lizette De Jager - Image Consultant and Stylist van Elyzian Image & Style en gaan ons meer vertel wat om die opkomende winter te verwag in die mode wêreld en maklike klerekas beplanning. Enjindag op Piketberg 16 Junie: 11 gerestoureerde enjins wat vir die Engen Engine Restoration Challenge ingeskryf is, word beoordeel by Rygerstraat, Industriele gebied. Toegang is R20 vir volwassenes en R5 vir kinders. Vir enige verdere navrae skakel Jano Taljaar by 082 573 5335 of Gerick Vercuiel by 082 807 5927

NUUS • NEWS Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361 NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273

Donkie: Die Laerskool Swartland op Malmesbury het Vrydagaand 'n "Donkie-derby"

aangebied as 'n fondsinsamelingsprojek vir die skool. Bo is van die personeel, uitgetof in hul beste wedren-uitrustings.

Promosie: Nuweplaas-padstal kondig nuwe era aan Die droom van ‘n padstal en speelplek vir haar agt kleinkinders word ‘n realiteit danksy ‘n boervrou met ‘n sin vir entrepreneurskap en ‘n passie vir lekker kos en mense. Nuweplaas Padstal teen die R46 by Riebeeksrivier, maak uiteindelik sy deure met groot opwinding op 4 Mei vanjaar oop met Elrika Lesch en haar twee dogters Christelle de Lange en Nadia Smit as mede-eienaars.

Grondwerk het Junie verlede jaar afgeskop, terwyl aansoeke vir die ontwikkeling reeds sowat twee jaar gelede begin het. Hoewel Elrika met haar man Lodewyk Snr, wat sy as haar steunpilaar beskryf, vir die ontwikkeling verantwoordelik is, is die plaaslike argitek, Warrick Raubenheimer vir die ontwerp daarvan aangestel. Dirk Bester was op sy beurt vir die bouwerk verantwoordelik. Alle kontrakteurs betrokke by die ontwikkeling, is plaaslik gewerf. Nuweplaas Padstal beskik oor ‘n ruim restaurant met ‘n a la carte-spyskaart, ‘n funksielokaal vir verjaarsdae, ooievaars- en babatee’s, ‘n winkel, lekkernye en varsgebakte koeke. Ouers sal ook bly wees om te hoor dat daar ‘n binne- én veilige buite-speelarea is. Op koue wintersdae kan besoekers ‘n gesellige kaggelvuur verwag. By Nuweplaas Padstal kan jy verder uitsien na

onder meer varsgebakte plaasbrood, boerekos en kerrie-afval. En wat is ‘n padstal nou sonder plaasdiere. Kom kuier vir Rofty die ponie wat jou kinders vir pretritte sal neem of vir Smiley die Alpaca wat jou dag sal maak. Daar is ook springbokke, donkies, hoenders en tot hase te sien. Elrika en haar dogters is daarvan oortuig dat die sukses van só ‘n besigheid, harde werk en die publiek se volhoubare ondersteuning is. Hoe dan anders met hul leuse wat lui, ‘’The

Will of God will never take you where the Grace of God will not protect you.’’ En wat geniet hulle die meeste van Nuweplaas Padstal: Lekker gesels en bekende gesigte wat terugkeer. Wees verseker van lekker kos en ‘n onvergeetlike ervaring wanneer jy by hulle gaan kuier. Nuweplaas Padstal is gedurende die winter van Dinsdae tot Saterdae vanaf 09:00 tot 17:00 en op Sondae vanaf 09:00 tot 16:00 oop. Kontak Christelle by info@nuweplaas.co.za vir alle navrae of besprekings .


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4602 ------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843

poplap. Ons wens jou net die beste toe. Liefde – Ouma Urla en tannie Adele -------------------------------------

DAVID BRANDER. My wonderlike Pa, baie geluk met jou verjaardag op 13 Junie. Baie lief vir jou – Chantel, Elzane, Chante, vroulief en kleinkinders -------------------------------------

#4604

------------------------------------TE HUUR TO LET Stoorspasie te huur sentraal Malmesbury. Groottes wissel van 13.30 m² tot 166.275 m². Vir meer inligting kontak 022 487 3916 #4648 ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

AVALEE MARKUS. 14 Junie. Baie geluk met jou eerste verjaarsdag. Jy bring soveel vreugde in ons lewe. Baie lief vir jou prinses – Mammie, Pa en Lincoln -------------------------------------

ILENE PAPIER. 17 Junie. Geluk met jou 60ste verjaardag. Mag die dag gevul wees met hope liefde – Ivona en Randall ----11 Junie was jul 38ste huweliksherdenking en 17 Junie jou 60ste verjaardag. God se rykste seen. Dankie vir alles. Liefde – jou vriendin, Minnie Fortuin -------------------------------------

19 June 1932. Happy birthday OUMA VOILET enjoy the day. Lots of love from your daugther,grandchildren and great grandchildren -------------------------------------

LAYLAH RUITERS. 16 Junie. Look who’s turning two!! Happy birthday to my pretty girl. Mommy and Sussas loves you. Enjoy your day – Mommy, La’iqah and Crystal -------------------------------------

MIKYLé. 11 Junie. Baie geluk met jou geboortedag. Mag Liewe Jesus jou nog vele jare spaar. Baie lief vir jou – Ouma Marlene, Mamma, oom Willneac, Boeta en sussie ----Raai wie word nege??? Veels geluk. Alles wat mooi is vir jou. Van: Ouma Wiesa, oupa Johny en gesin -------------------------------------

NITA, geluk met jou verjaardag. Mag daar nog vele jare vir jou wees. Hoop jy geniet jou dag. Liefde – Mamma, Jastin en huisgesin ----Baie geluk met jou verjaardag op 13 Junie. Mag goedheid en guns jou volg. Baie liefde – Nanna, Marlene en Croy familie -------------------------------------

ACHANTE GOLIATH. 11 Junie. Gelukkige verjaardag

7

6 Junie 13 Junie2018 2018

CHLOE & RAYLENE. 16 June 2018. May this birthday be just the beginning of a year filled with happy memories, wonderful moments and shining dreams! Love - Courtney, Ma Rossie, Magdaleen and the whole family. -------------------------------------

RACHEL MARTHINUS (Rallie) Raai wie word 60 op 15 Junie? Alles wat mooi is geniet die dag liefde jou vriendin Cathleen -------------------------------------

CHRISTOLENE ANTHONY.12 Junie. Baie geluk met u verjaardag. Mag jy net seëninge vorentoe op jou pad hê. Soentjies en drukkies. Van: Tanya en kinders ----Happy birthday my wife. May you be blessed today. Thank you for what your doing for me. Your husband, Desmond, the twins Chane and Chante and Desmond junior ------------------------------------MARCHELYN. 13 Junie. Veels geluk met jou geboortedag vieringe. Van: tannie Janette -------------------------------------

Happy birthday on 13 June 2018, turning a big five years old. May God bless you in abundance. We love you AJ BURNETT. From: Mommy, Daddy en Jay-Lee -------------------------------------

verjaarsdag. Mag God Mamma nog baie jare spaar. Van: Man en kinders -------------------------------------

15 Junie. JOLENE MANUEL. Gelukkige verjaardag en mag vreugde, geluk en seën vooruit loop. Lekker verjaar – Ma, broer, suster, ouma en familie --Baie geluk. Hoop jy 'n "awesome" verjaardag met baie pret en liefde Brendin en seuntjie Beuran -------------------------------------

16 Junie. MERVIN MANUWEL. Geluk met jou 50ste verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar. Baie liefde – Jou Ma, suster en familie -------------------------------------

JOHANNA SCHIERHOUT (Henna Tokkie). Geluk Mammie met jou 60ste verjaarsdag. God se rykste seëninge op u pad vorentoe. Liefde - Tessa, Ronelda, Donné, Zaidell en Yardin ----Geluk met jou verjaardag op 12 Junie. Lekker verjaar. Van: jou susters en broers -------------------------------------

Baie geluk MARTIENO met jou "crown birthday" Liefde - Mommy, Daddy, Jonique & Skyler -------------------------------------

12 Junie. Gelukkige verjaardag HENDRIK LOTZ. Alles wat mooi is vir die jare vorentoe. God seen -------------------------------------

19 June. Happy birthday PORTHIA. Stay the loving person that you are. Lots of love. From: Your family and Oscar -------------------------------------

FELICITY EDAS (Tannie). May you have a new hope for tommorow. Happy 60th birthday. From: Landie, Carmen,Chantey en Casey ----It's time to do things as you wish, and do whatever you cherish. From: your only brother Cyril ----Be happy, keep smiling in every thing you do, cause now we wish Happy birthday to you!!! From:Chesnay and Fernando -------------------------------------

CHLOE SASMAN. 16 Junie. Geluk met jou vierde verjaarsdag. Mag die volgende lewensjaar gevul wees met vreugde en genade uit God se hand! Geniet jou dag en lekker verjaar! Liefde: Ma-Courtney & Pa-Cuan -------------------------------------

DOREEN. 15 Junie Geluk met Mamma se

ETHAN DAMON. 9 Junie. Baie geluk met jou verjaarsdag ouma se oudste kleinseun. God se rykste seën. Van ouma Fia, Oupa Manus en familie -------------------------------------

KATHY geluk met jou verjaarsdag mag God jou seën en deurdra van jou werk kollegas en familie. Lekker verjaar -------------------------------------

Raai wie word een. Baie geluk ZEAH ARENDSE. Mag God jou nog vele jare spaar. Van: Mamma, Daddy, Ma, boeties en familie -------------------------------------

en kinders ------------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM

MUHAMMAD IRFAAN. 18 Junie. Baie geluk met jou verjaardag. Geniet jou dag - Mamma, Zareenha, Andrin, Adin, Shiloh en Devonte -------------------------------------

Guess who's turning 14 on 13 June?? Happy birthday my boy. Love - Dugald, Jowin, Ursula and Chanre -------------------------------------

14 Junie SAMPIE HENDRIKS. Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop dis n geseënde dag. Lief vir jou-Chandray -------------------------------------

Raai wie word een op 15 Junie. Geluk ZEAH met jou eerste verjaarsdag. Mag onse Vader jou nog vele jare spaar. Van: Peetouers

THEODORE (Bal) WAGENSTROOM. Jou eerste vadersdag met die engele. Mis jou baie. Jou kinders, Theona, Deidre, kleinkind Wayde en vrou Tessa -------------------------------------

CONSTANCE ALEXANDER. 11 Junie is dit jou tweede verjaarsdag in die hemel. Ons mis jou elke dag my kind. Van: Bettie, Conrick, Beaunick en Tyrick ---My niggie ek mis jou baie elke dag nog. Van: Estolene, Eva en Johnyboy -------------------------------------

ENNA DE KLERK (Néé Koopman). Een jaar weg van ons. Die verlange en gemis is so groot. Rus in vrede – Bertha Sedeman, kinders en skoondogters ------------------------------------


courant

8

dié

Tel: 022 487 3221

SPORT

13 Junie 2018

•EERSTE EN DERDE IN HUL ONDERSKEIE KLASSE

Koegelenberg, Nel trap petrolpedaal vir SA-span Dylan Nel van Malmesbury is weer Suid-Afrika se nommer een-wedrenjaer in die Hot Rod-klas (2450cc 16 belt). Hy is verlede jaar ook as die nommer een wedrenjaer in sy klas in die land aangewys, maar het vanjaar uiteindelik sy Springbokklere verwerf. Dié prestasie is nie vir enigiemand beskore nie. Jy moet hard werk, goed ry en ‘n passie vir die sport hê om bo uit te kom, verduidelik Nicky Koegelenberg van Riebeek-Vallei, voorsitter van Do4SA, die organisasie aan die stuur van grondovaal-wedrenne in Suid-Afrika. Koegelenberg is op sy beurt as die derde beste Suid-Afrikaanse wedrenjaer in sy klas (Hot Rod) aangewys. Hy het ook ‘n paar jaar gelede met die eerste plek gepronk, terwyl hy verlede jaar tweede gekom het. Die span van 10 Suid-Afrikaners het

NUUS • NEWS

13 Junie 2018

op 24 Februarie op die Tygerberg Raceway-ovaalbaan teen sewe buitelanders gery, onderskeidelik van Engeland, Duitsland en Skotland. Nel en Koegelenberg het onlangs hul Springbokklere gedurende die Tygerberg Racewayklub se jaarlikse galadinee ontvang. Frikkie Marais van Malmesbury en wedrenjaer van ‘n 2100cc gemodifiseerde sedan, het weer sy WP-klere ontvang, nadat hy vir ‘n tweede jaar in ‘n ry nommer een in die provinsie is. Volgens Koegelenberg is daar slegs 34 renjaers in Motorsport Suid-Afrika wat hulle nasionale klere sedert 1980 uit 650 lede jaarliks ontvang het. “Jy moet teen ‘n internasionale span ry om te kwalifiseer,” verduidelik hy. Nel mik steeds daarna om in ‘n groter klas mee te ding, maar droom om eendag in Amerika professioneel op die resiesbaan te kompeteer.

Abbotsdale het Saterdag teen Darling gewys dat hy die nodige diepte het om enige span te klop. Met die telling op 27-0 het Abbotsdale-ondersteuners met hulle hande in hare gesit en was die Lilliespan op pad na 'n groot pak slae op hul tuisveld. Die reserwe-spelers het egter nuwe vuur in die Lillie-span geblaas en die span van Denna Koopman het vier pragdrieë gedruk in die laaste twintig minute, om die telling tot 27-26 te bring. Toe die eindfluitjie blaas, het Darling-ondersteuners 'n sug van verligting geslaak wat soos 'n koel winters briesie oor Abbotsdale neergesak het. Abbotsdale sal egter baie uit die wedstryd neem en vol selfvertroue Wesbank aandurf. Darling geniet hierdie naweek 'n welverdiende blaaskans met hul volgende wedstryd teen Wesbank, wat sal aandui wie die septer vir die res van die seisoen sal swaai. Never Despair, wie die naweek gemaklik afgereken het met Piketberg RVK en sodoende 'n bonuspunt-oorwinning ingepalm het, reis Saterdag na Moorreesburg, wie tans 'n moeilike kalant op sy tuisveld is, maar sukkel op die pad. Never Despair is oorgehaal om die wedstryd te wen en sodoende verdere sout in Moorreesburg se wonde te vryf. Die tweestryd tussen die klein generale Jaydon Markus van Moorreesburg en Gerswin Dayson van Never Despair sal vir groot opwinding sorg. Moorreesburg het Saterdag na Porterville gereis en was vol vertroue dat hulle hul eerste oorwinning op die

DUIWE

Omega Duiweklub : Laingsburg - 10 Junie 2018 1.Manual Lofts 12.29.20; 2 Manual Lofts 12.30.18; 3 Manual Lofts 12.31.09; 4 Sheldon Bros 12.31.16; 5 Sheldon Bros 12.31.18; 6 Kasua Family 12.31.12; 7 Manual Lofts 12.34.06; 8 Leukes Family 12.32.26; 9 Kasua Family 12.34.16; 10 Manual Lofts 12.35.37; 11 Leukes Family 12.34.16; 12 Kasua Family 12.36.28; 13 J Morris 12.35.44; 14 G & S Sheldon 12.38.45; 15 G & S Sheldon 12.47.04 Moorreesburg : Laingsburg JO1 1 Van der Vyver Hokke 13.49.41; 2 Yt & Tuis 14.00.09; 3 Saunders Familie 14.15.08; 4 KB & Seun 14.23.20; 5 Henna & Melt Smit 14.29.01; 6 KB en Seun 14.35.25; 7 KB en Seun 15.23.52; 8 Frans Jooste 15.51.50; 9 Henna & Melt Smit 16.12.47; 10 Boetie & Baron Hokke 17.37.52; 11 Boetie & Baron Hokke 17.41.59; 12 Singleton Hokke 16.51.21; 13 KB en Seun 16.50.48; 14 Van der Vyver Hokke 16.52.37; 15 Boetie & Baron Hokke 08.44.57 Laingsburg Ope 1 1 Henna & Melt Smit 13.45.24; 2 Yt & Tuis 13.50.52; 3 Yt & Tuis 13.54.07; 4 Boetie & Baron Hokke 14.52.51; 5 Boetie & Baron Hokke 14.54.26; 6 Saunders Familie 14.18.47; 10 Henna & Melt Smit 14.20.40; 11 Frikkie Bester 14.32.09; 12 Boetie & Baron Hokke 16.10.38; 13 Frans Jooste 15.20.35; 14 Boetie & Baron Hokke 16.31.47; 15 Henna & Melt Smit 15.26.41

Wesbank pak Abbotsdale se Lillies •Abri Adonis Wesbank het Saterdag nog 'n waardevolle vyf punte ingepalm, toe hulle afgereken het met Coronations van Kalbaskraal. Wesbank het talle staatmakers laat rus, met die oog op wedstryde teen Abbotsdale en Darling. Die wedstryd is gespeel in gure weersomstandighede. Albei spanne was redelik goed in die eerste helfte, met Coronations se voorspelers wat die bal goed gedra het, wat daartoe bygedra het dat die losskakel Jemeul Thompson sy agterspelers goeie balbesit gegee het. Wesbank het egter in die tweede helfte gefokus op dissipline en verdediging wat die spasie vir Coronations se agterspelers beperk het en sodoende ook verseker dat Coronations slegs geslaagd was met twee strafskoppe in die tweede helfte. Wesbank speel Saterdag gasheer vir Abbotsdale en wedstryde tussen die spanne sorg gewoonlik vir groot opwinding. Wesbank sal met groot selfvertroue die wedstryd aandurf. Albei spanne spog met talentvolle agterspelers en die tweestryd tussen die die spoedvrate Reduwaan April en Curtley Claasen sal interessant wees om dop te hou. Abbotsdale sal dit in agterkoppe hou dat 'n loesing 'n groot knou in hulle aanspraak op die liga-titel toedien. Wesbank is egter op 'n missie om sy reputasie as kampioenspan te regverdig en behoort Abbotsdale in 'n taai stryd met minder as tien punte te klop.

Sportuitslae Sports results

pad sal inpalm. Albei spanne het goeie hardloop rugby gespeel met veral die vleuel Chrislyn van Schalkwyk, wat gevaarlik gelyk het met die bal in die hand. Arno Fortuin en Jermaine Mentoor het ook Porterville se agterlyn laat rondstaan. Die wedstryd het in die laaste kwartier baie wipplank gery en met enkele minute op die telbord, het Moorreesburg 'n strafskop in skop-afstand van Porteville se doelyn gekry, met die telling op 24-22 in die guns van Porterville. Moorreesburg het egter besluit om na die kantlyn te skop, op soek na 'n bonuspunt-oorwinning. Porterville se verdediging was egter rotsvas en hulle het Moorreesburg se aanval trotseer om sodoende die wedstryd net-net te wen. Moorreesburg sal dus hulle sokkies moet optrek om te verseker hulle sak nie verder uit teen Never Despair nie. Never Despair sal hulle storie moet ken Saterdag teen Moorreesburg, indien hulle enigiets uit die wedstryd wil neem. Moorreesburg behoort die wedstryd met minder as sewe punte te wen. In ander wedstryde reis Porterville Saterdag na Good Hopes van Riebeek-Wes. Good Hopes behoort weer met groot ondernemingsgees die wedstryd aan te durf, na 'n welverdiende blaaskans. Good Hopes sal hul tuiswedstryd wen met minder as tien punte. Piketberg speel gasheer vir Coronations en spog met n onoorwonne status tuis. Hulle sal dus die status wil behou wanneer hulle Coronations met minder as tien punte klop. - Abri Adonis

Malmesbury Posduifklub Laingsburg JO 1 Hayman & Edas 637.6416; LF van Dalen 603.2264; 3 Marais Hokke (KSD) 600.0976; 4 Paulus Fam 559.6330; 5 Bordeaux B 554.4610; 6 J Steenkamp 507.1824; 7 Bruyns Loft 479.9953; 8 Marais Hokke (KSD) 465.3584; 9 G Horn 464.5918; 10 LF van Dalen 458.6309; 11 Bordeaux A 447.5262; 12 Jurie en Rina Strydom 444.4283; 13 Bordeaux B 441.0412; 14 Bordeaux A 434.4292; 15 Hayman & Edas 415.3200; 16 G Horn 412.0052; 17 Bordeaux B 405.2788; 18 Hayman & Edas 401.4929; 19 LF van Dalen 399.6790; 20 Bordeaux B 398.9129; Laingsburg Ope 1 Kotze Familie Hokke 699.2636; 2 J Steenkamp 696.5588; 3 Jurie en Rina Strydom 672.9482; 4 Jurie en Rina Strydom 672.8410; 5 Kotze Familie Hokke 604.1477; 6 G Williams 602.3391; 7 G Horn 602.0891; 8 Paulus Fam 559.6330; 9 Hayman & Edas 553.6780; 10 G Horn 551.4865; 11 Hayman & Edas 512.4141; 12 Kotze Familie Hokke 501.6764; 13 Klein Diamant 501.3670; 14 G Horn 489.6467; 15 Kotze Familie Hokke 486.0922; 16 Marais Hokke (Ksd) 485.3034; 17 Bordeaux A 483.4834; 18 G Williams 480.4386; 19 G Horn 464.2898; 20 Hayman & Edas 464.1821; Riebeek Wes : Laingsburg 2 - 10 Junie 1 Alex Fam 12.17.23; 2 Mentoor Hokke 12.16.32; 3 Alex Fam 12.18.42; 4 MJ Hokke 12.17.15; 5 Mentoor Hokke 12.18.04; 6 Alex Fam 12.20.07; 7 Adams Hokke 12.19.27; 8 Adams Hokke 12.21.33; 9 Alex Fam 12.23.36; 10 Persens Hokke 12.22.09; 11 Persens Hokke 12.23.18; 12 Mentoor Hokke 12.24.34; 13 Mentoor Hokke 12.25.41; 14 Mentoor Hokke 12.26.37; 15 Persens Hokke 12.26.26


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
473 dié courant Swartland by DieCourant - Issuu