Skip to main content

472 die courant weskus en bergrivier

Page 1

courant 6 Junie 2018

dié

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 472

6 Junie 2018

•LANDSDIENSPROJEK MET 'N DOEL

Doppies, proppies en knippies vir wiele •Alida Buckle Carla Mostert (13), ‘n oud-leerder van Laerskool Vredenburg en tans in gr.8 by HTS Drostdy in Worcester, se landsdiensprojek vir die jaar is om plastiekdoppies, proppies en broodsakkieknippies bymekaar te maak. Carla hoop om genoeg doppies, proppies en knippies (bread tags) in te samel om ‘n goeie rolstoel aan die veeldoelige gestremde-eenheid by die Nasionale Instituut vir Dowes in Worcester te kan gee. “Landsdiens is al vir baie jare deel van my lewe en my hart klop vla vir mense wat nie al die voorregte het, wat ek geniet nie. Om te kan sien en te hoor; om aan sport deel te neem met ‘n gesonde liggaam – dit is voorregte,” sê Carla. Sy streef Landsdiens SA se leuse, “Dade Nie Woorde NIE” na. Carla het uitgevind dat die Instituut nie op die oomblik geld het vir ‘n rolstoel vir die sorgafdeling nie. “Hulle het ‘n rolstoel nodig om grootmense met meer as een gestremdheid, asook bejaarde dowes, te help.” Die 107 bewoners in die afdeling kan ‘n rolstoel benut in die werkswinkels, in noodsituasies

of as iemand dokter of hospitaal toe moet gaan. Die Bread Tags for Wheelchairs-projek is in 2006 in Kaapstad begin en verskaf elke maand 2-3 rolstoele aan volwassenes en kinders in Suid-Afrika. Carla benodig 200kg se broodsakknippies of 450kg plastiekproppies om genoeg geld in te samel vir een rolstoel. Die plastiek word herwin tot saailingbakke, prenterame, hangertjies en ander items. Die afsetpunte is op die oomblik op Vredenburg: Kleen Eezy en Hoërskool Vredenburg; Saldanha: It's Purified en Salon Ben. Bel Carla se ma, Trisha Mostert, by 079 684 7783.

DA wen verkiesing

Matriculants visit Port:

Transnet National Ports Authority (TNPA) at the Port of Saldanha hosted 13 matriculants from Van Cutsem Combined School in De Doorns on Thursday 31 May to allow them to experience and learn more about the career opportunities at the Port. The learners spent the morning at the Marine Services department and were addressed by Tug Master Captain Collin Pharo before going on a tour of the tug's engine room. They also visited the Vessel Traffic Services (VTS) department, where VTS Controller Ruby Saul took them through the function of a VTS Controller within Port Operations.

SALDANHA – Charleen van Nooi (54) van die DA het verlede week se tussenverkiesing in White City met ‘n meerderheid van 181 stemme gewen, maar dit is minder stemme vir die DA as in die vorige verkiesing. ANC-kandidaat Barenice ‘Barry’ Cortje (38) het 512 stemme gekry wat beteken dat Van Nooi met 52,82% wen teenoor voormalige wyksraadslid Ryan Don se 69.99% in die vorige verkiesing. Bongani Booi (47) kry 32 stemme vir die EFF en Kathleen ‘Truintjies’ Heynes (66) 75 stemme vir die Icosa (die Onafhanklike Burgerlike Organisasie vir Suid-Afrika). Net 1 320 kiesers van die 3 283 geregistreerde kiesers, sowat 40%, in White City het egter aan die tussenverkiesing in die Schutersaal langs St Andrew’s Primêr en die Berseba-kerksaal in Dolfynstraat deelgeneem. Agt stembriewe was bedorwe.

NUUS • NEWS


2

AS

SURED

6 Junie 2018

Q U A LIT Y

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

6 Junie 2018

•SIEN OMGEWING SE BEHOEFTE RAAK

Dosent gee plaaslike studente ware ondervinding

Mineke Sarels (middel) by die kos en klere wat hulle al ingesamel het. VREDENBURG – Fokus op die kan’s, nie die kan-nie’s ... of Een kan, twee kan, wie kan? Ons kan! Is maar enkele van die slagspreuke waarmee Mineke Sarels, ‘n dosent in Gemeenskapsontwikkeling by die Weskus Kollege haar studente positief hou. Sy het die omliggende Louwville-omgewing se dringende behoefte aan klere en kos raakgesien en besluit om haar studente daarby te betrek. Hulle het ‘n behoefte-analise gedoen en in Mei besluit om tot Donderdag 28 Junie kos en

klere in te samel. Sarels het tydens haar studies vir haar Gemeenskaps- en Gesondheidsielkundegraad besef dat gemeenskapsontwikkeling haar na aan die hart lê. Sy het dit ook by haar studente ervaar, wat drie dae per week by onderskeie nie-winsgewende organisasies vrywillig hul tyd en vaardighede bydra. Hulle woon klasse by, twee dae ‘n week. Hulle vra asseblief die volgende: ingemaakte groente, ingemaakte vrugte, ingemaakte vis,

Deceased of Air Force proudly commemorated

The Sounding of the Last Post in memory of those soldiers who died while in service. Photo: AFB Photography Langebaanweg – The Langebaanweg Air Force their promises and values.” Maholwana said that their lives were a blessBase (AFB) held its annual Memorial Service on Friday 25 April on a rainy morning to commem- ing, their memory a treasure. “You are loved orate and salute thousands of South Africans, beyond words, miss beyond measure. Please cry soldiers and comrades who laid down their no more, wipe away the tears rolling down your lives and fought with dedication over the past cheeks, God has taken His creation, let them rest decades for South Africa as well as the SA Air in peace, till we meet again, yes until we meet again. Amen.” Force. The Sounding of the Last Post, the saddest According to sergeant Eleas Koopman, communications officer, the brave soldiers were moment, followed the sermon, in respect of defending the state and its territory and part of those who has fallen. The wreath laying ceremony then followed. peace keeping operations. The legendary Silver Falcons opened the cer- Brigadier General Mac Matanda laid a wreath on behalf of the Chief of the Air Force; Brigadier emony with a missing man formation fly-past. Chaplain Xolani Maholwana, the Chaplain of General (ret) S. van Heerden, Vice Chairperson AFB Langebaanweg, led the service reminding of South African Air Force Association (Saafa), the people of the West Coast and the commu- laid a wreath on behalf of the association; Colnity of Langebaanweg of what happened to the onel D.J. Blom, laid a wreath on behalf of the people whose names are engraved on memorial Langebaanweg AFB. Other Commanding Officers that laid wreaths stones. That they were the great ones who paid the ultimate price by laying down their lives, were Lt Col L.A. Bester (4 Special Forces Regiwhilst wearing boots. “They were defenders of ment); Brigadier General G.B. Pharo (Military the country we all love. They were prepared to Academy); Captain S. Msikinya (SAS Saldanha); Lt Col L. van Heerden (Central Flying School AFB lie down and sacrifice their lives for us all.” Maholwana also said: “We meet here today Langebaanweg); Lt Col Mosiane (Military Health to remember and honour them, for they were Centre West Coast), Lt Col S.R. Krügel (2 Air Sergreat sons and daughters of the soil. We can- vicing Unit); Lt Col W. January (526 Sqaudron) not forget their kindness, their selfless acts of and Lt Col van Deventer (Military Police Division). The choir of AFB Langebaanweg were leading bravery and resolute courage. They were indeed exceptional soldiers; yes they were disciplined; the guests in song. The close family members and members of and more than prepared to put their lives for our benefit as people of this beautiful but troubled the public were also granted an opportunity to country. As soldiers they put the people of South lay wreaths, which marked the end all official African’s wellbeing and safety first. They kept proceedings.

tuna, ingemaakte vleis, sop, graan, pasta, spaghetti, suiker, koffie, tee, meel, rys, sap asook ou en nuwe klere. Bel Sarels by 079 209 0758 of epos na msarels@westcoastcollege.co.za. • Mense wat die kursus volgende jaar wil volg, moet die Kollege bel by 022 713 3167 of hul CV met gesertifiseerde bewys van adres, ID en matrieksertifikaat per hand bring na Mineke Sarels by die Weskus Kollege se Vredenburgkampus.

Netballiga speel op Clanwilliam

3

Die netbalspanne in die Weskusliga het Saterdag 2 Junie mekaar op Clanwilliam die stryd aangesê. Die uitslae is soos volg: Liga A1: Citrusdal A 37-36 Malmesbury A. Liga A2: Saldanha A 42-36 Malmesbury B, Clanwilliam 67-38 Piketberg A, Liga B - Langebaan B 41-32 Goodhopes A, Langebaan B 43-15 Broodkraal A, Coastal Links A 47-18 Young Citerians A. Liga C1: Villagers A 14-8 Young Citerians B, Villagers A 9-9 Young Blues A. Liga C2: Riverfresh A 32-9 Excelsiors A, Synth Eagle 21-9 Young Stars, Langebaan C 16-15 Majestics A, Excelsior A 26-15 Synth Eagle A. Mans: Velddrif 45-10 Piketberg.


4

NUUS • NEWS

6 Junie 2018

dié courant

Weskus haal asem na lekker reën

Die boere is verlig, die inwoners plaas gee hul vreugde oor die laaste paar weke se reën op al wat ‘n sosiale media-groep luid te kenne. Die grassies en plante langs die paaie is weer groen. Dit vat nie veel vir dié halfwoestyn om sommer weer lewe te kry nie. Dis jammer dat dit nie so werk in menseharte nie. Dat ‘n lekker reënbuitjie nie mense se vooropgestelde idees en veroordelende gedra afwas en hulle harte lekker skoon van bagasie maak nie. Selfs nie eens donderweer en stormwaters kan partye mense se buie verander nie. Ek verwys hier veral na kommentare op verskeie Weskusgroepe op sosiale media. ‘n Mens kan baie aflei van iemand se ingesteldheid oor wat hy of sy op hul gunsteling groep sê, en mense is nie bang om te sê nie, al kan dit tot jou in hegtenisname en selfs tronkstraf lei. ‘Dis beter om gaaf te wees as om altyd reg te moet wees’ is ‘n lewensuitkyk wat net ‘n paar vredevolle siele al vroeg in hul lewe besef. Die res kry skynbaar elke oggend saam met ontbyt die reg om hul idee van wat reg is uit te basuin waar en wanneer hulle wil. En, behoede die ander sosiale media gebruiker wat nie saamstem nie, of wat dit waag om die algemene gevoel teë te gaan. Gee tog vir mekaar ruimte. Almal het verskillend grootgeword, beskou die lewe anders, se lewenspad het met ander kronkels geloop. Gun mekaar onafhanklike menings. Los die ge-slegsêery en verdagmaak. Kom liewers ooreen om te verskil, maar steeds met mekaar te gesels. Dit laat my altyd dink aan twee oupa’s wat nie langs dieselfde tafel wou sit nie, omdat die een ‘n Nat en een ‘n Sap was. Leef en laat leef. Viva Suid-Afrika!

It’s Good News

Umoya Energy palm gesogte toekenning in

Dr. Marc Blackwell Snr

Words of Grace

Christians can have the assurance that God is present with us in all of our life situations and trials. “Through many dangers, toils and snares, I have already come; ‘Tis grace had brought me safe thus far, and grace will lead me home.” The Converted Slave-Trader, John Newton “Let your character or moral disposition be free from love of money - including greed, avarice, lust, and craving for earthly things - but be satisfied with your present circumstances and with what you have; for God Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down or relax My hold on you - Assuredly not!” (The Amplified Version of Hebrews 13:5) A survivor of the Holocaust and the author of “The Hiding Place” - Corrie Ten Boone captures the peace that comes with trusting Who God is when we do not under- stand what He is doing in the midst of our most grievous and on-going trials. “Life is but a Weaving” (the Tapestry Poem) “My life is but a weaving Between my God and me. I cannot choose the colors Oft’ times He weaveth sorrow; And I in foolish pride Forget He sees the upper And I the underside. Not ’til the loom is silent And the shuttles cease to fly Will God unroll the canvas And reveal the reason why. The dark threads are as needful In the weaver’s skillful hand As the threads of gold and silver In the pattern He has planned He knows, He loves, He cares; Nothing this truth can dim. He gives the very best to those Who leave the choice to Him.”

Burgemeester Marius Koen van die Saldanhabaai-munisipaliteit (middel), oorhandig die toekenning aan Umoya Energy-verteenwoordigers, van links Amber Zeeman, Veronique Isaacs, raadslid Johanna Stoffels en hoof uitvoerende beampte Ryan Hammond. HOPEFIELD – Die Saldanhabaai-munisipaliteit, in samewerking met ArcelorMittal Saldanha-aanleg en Sea Harvest, het saamgewerk en onlangs die tweede Saldanhabaai-gemeenskapstoekennings aangebied. Umoya Energy, 'n windplaas buite Hopefield, het 'n nominasie ontvang vir hul Hopefield Home Improvement Project, wat hulle 'n eerste prys in die toekenningskategorie "Ontwikkeling van vaardighede van gemarginaliseerde mense" verkry het. Oor 'n tydperk van twee jaar is agtien voorheen-werklose inwoners van Hopefield opgelei en werk hulle nou as ambagsmanne wat meer as 600 huise in Hopefield regmaak. Fase Een van die projek het loodgieterswerk,

elektriese en timmerwerkopleiding ingesluit tydens 'n vier weke kursus by die Northlink College en in-die-werk-opleiding ingesluit. Son-watergeisers, geïsoleerde plafonne en ‘n elektriese netwerk is in 590 Hopefieldhuise ingesit. Na afloop van die eerste fase van hierdie projek het Umoya Energy 'n Entrepreneurskap Inkubasieprogram vir die 18 ambagsmanne van Fase Een ingestel, waarvan die uiteinde die vestiging van drie besighede was, wat nou in Fase Twee gebruik gaan word. Die Gemeenskapstoekennings, waaroor dié Courant op 18 April berig het, erken en vier uitstaande gemeenskapsdiens en bydraes in die Saldanhabaai munisipale gebied.

Bergrivier Municipality approved the hosting of a design competition for the regeneration of Porterville’s main road to integrate the urban space, create a sustainable and resilient town and to attract more tourists. Porterville’s main road (Voortrekker Street), (the section from Basson Street to Park Street), is to be redesigned. The design must include creative ideas which include the tourism office, informal trading area and gardens. A comprehensive process to stimulate the tourism industry in Porterville is currently underway through a dynamic consultation process. The process consists of various phases including: the redesign of the main road, the development of a tourism route through Monte Bertha linking the residential area to the main road, the development of various tourism products/routes, and to bring back the steam train to Porterville for tourism purposes. This is an exciting opportunity for residents of Bergrivier Municipality and any registered student enrolled at a recognized tertiary institution in South Africa, to submit their innovative design proposals. The heartbeat of any rural town resides in its main road. This is the area where people get together, where goods and services are exchanged

and, more importantly, an entry point for the outside world and visitors to connect with the locals. Voortrekker Road functions as the town’s activity spine which offers vital economic opportunities to the local community. Bergrivier Municipality would like the designs to address aspects such as traffic congestion, parking space, beautification and the creation of recreational open spaces within this business district. The approved Precinct Plan is an important source of information which is available on our website (www.bergmun.org.za). The designs must be submitted in a maximum of 3 A1 pages with clear sketches and estimated dimensions. The address for delivery: Bergrivier Municipality, 26 Mark Street, Porterville, 6810 (For attention: Mrs. A van Sittert) or 13 Church Street, Piketberg, 7320. Electronic submissions will also be accepted and may be forwarded to: sb@bergmun.org.za The competition closes 31 July 2018. For information regarding the terms and conditions of the design competition visit www. bergmun.org.za For any further enquiries contact Mrs. Alletta van Sittert at 022 913 6076 or sb@bergmun.org. za

Make history and design new road for Porterville

Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garcia izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson ads@diecourant.co.za Joernalis: Alida Buckle alida@diecourant.co.za Bemarkers: Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za Isabella Schnetler - isabella@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za


NUUS • NEWS

6 Junie 2018

Fokus op Angus-beesstoet en boerdery op Holvleiplaas

5

Links: Klaas Loubser saam met Kong Vraagom en Vernie Bester.

Nelandi wen Making of a Star:

Nelandi Boschoff, ‘n gr.11 leerder van Hoërskool Hopefield is Vrydagaand 1 Junie in Stellenbosch aangewys as die die Senior Algehele Wenner van die Making of a Star-sangkompetisie 2018. Die eindrondte het by die Drostdy Teater in Stellenbosch afgespeel. Sy is ‘n sangstudent van Riana van Wyk. By haar op die foto is Surita van Schalkwyk, kompetisie-organiseerder.

•Alida Buckle Die bekende Holvleiplaas tussen Vredenburg en Jacobsbaai lewer stil getuienis van geslagte lange harde werk, ywer, lojaliteit, integriteit en ‘n liefde vir boer. Klaas Loubser (63) oftewel ‘Klasie Holvlei’, wat al 38 jaar hier boer, gesels maklik oor sy liefde vir sy swart en rooi Angusbeeste waarvan een pragbul juis onlangs deur ‘n Namibiese boer gekoop is. Klaas was tot onlangs nog die voorsitter van die SA Angus-beestelersgenootskap en het ook jare as ondervoorsitter gedien. Hy is ook ‘n direkteur van Angus Beef en behartig die bemarking. Vandag het hy ewe veel rooi as swart Angusbeeste. Hy moes, soos baie boere, maar sy beesgetalle deur die droogtetyd verminder. Landwyd het almal met droogte gesukkel, so daar was nie kopers nie en moes daar maar geslag word. Een bul wat by Cartol geslag is, het 550kg se vleis gelewer op slegs 19 maande oud. Klaas boer al sedert einde 1980 op die 700 hektaar plaas, wat hy by sy pa, Piet Loubser, gekoop het. Daarvoor moes hy jare lank ‘n banklening afbetaal. Saam met sy vyf jare lange plaaswerkers boer Klaas op altesaam 2500 hektaar, wat die twee aangrensende plase, Holvlei-Oos en Philipskraal, insluit. Benewens die Angusbeeste, boer Klaas ook met Merino-vleisskape, waarvan ‘n groepie met dié Courant se besoek uitgebreek het, maar darem maklik weer in hul kamp gejaag kon word. In die ander kamp het ‘n hoogs dragtige ooi op haar rug beland wat gou-gou regop gehelp moes word, want anders kan sy doodgaan, het Klaas verduidelik. Daar is 200 lammerhokke wat gereedstaan as die ooie begin lam. Deesdae maak Klaas gebruik van ‘n veearts om sy ooie kunsmatige te bevrug om sodoende meer lammers te kry. “Ek het al tot 194% lampersentasie gekry.” Met behulp van tegnologie kan Klaas elke skaap se beweging met GPS monitor, om veediefstal te probeer bekamp. Een pluspunt is die wol- en vleisprys wat die afgelope jare konstant gestyg het. Daar word nou hawer, korog en gars gesaai as veevoer. Die afgelope weke se reën maak Klaas weer positief, ná die drie droë jare. “Ons het weer so paar goeie jare nodig om jou gemoed weer reg te kry. Sulke droë jare werk baie negatief op ‘n mens in.” Die vooruitsig op reën is beslis beter as die vorige jare wat die reën láát gekom en gou opgehou het. Vanjaar se reën, wat sedert April stuk-stuk val, is volgens Klaas ideaal is om weiding aan te plant en te sorg vir goeie opslaggras vir die vee. “Dis beter om elke week so 4-6mm reën te kry as om skielik 20-30 mm te kry en dan bly dit weer vir ‘n maand weg.”

Die laaste 12 jaar kry boere in dié omgewing geen oesversekering meer nie, daarvoor moes Klaas eiendom in Lambertsbaai koop. “In die Weskus moet jy jou spens pak vir die droë maande van September tot Mei en saad, kunsmis, diesel - dié goed kos geld. As jy in die area wil boer, moet jy sorg dat jy kos het vir die vee gedurende die droë somermaande.” Dis net ondervinding wat ‘n boer sy grond laat leer ken, weet wat om waar te plant en wanneer. Weskusgrond moet met koste vrugbaar gemaak word om te kan saai en die plase in Holvlei se omgewing het nie vars ondergrondse water nie. Alle water moet by die munisipaliteit aangekoop word. Klaas het twee stropers en drie platsnyers en Klaas sny sy koring plat om op die grond droog te word. Hoewel hy lank nie meer ‘n melkery het nie, het hy steeds die baler, die snyer en die toerusting om die plastiek om die bale te sit. Elsenburg-landboukollege en die Universiteit van Stellenbosch hou al 35 jaar hul kultivar saailing-proewe op Holvlei. In 2016 was die saailinge te swak om die proewedag te hou. Klaas se oupa, ook ‘n Klaas Loubser, en sy skoonseun, Jan ‘Ogies’ Smit, het die hele Holvlei in die veertigerjare by Santam gekoop. Klaas is in 1955 gebore op Holvlei-Oos en in 1958 het hul gesin verhuis na die plaashuis op Holvlei, waar hy en sy vrou, Ronelle, vandag steeds woon. Oupa Klaas het hierna in die huis waar Gieters en Goeters op Vredenburg was, gewoon. Holvlei-Oos, wat tot teenaan Scott’s Kwekery strek, was altyd verhuur totdat Johannesburger, Yunis Naidoo, dit agtien jaar gelede gekoop het. Klaas huur dit by Naidoo. Klaas wou altyd geboer het. Na skool het hy eers sy weermagopleiding gekry, stads-en streeksbeplanning by die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer en oorgeslaan na hoër onderwys. Hy het vir ‘n gedeelte van 1980 Aardrykskunde en Geskiedenis op De Aar gegee, voordat hy vir goed terug Holvlei teruggekeer het. Sy vrou, Ronelle is departementshoof vir Afrikaans by Hoërskool Vredenburg. Om te ontspan klim Klaas op sy Suzuki-veldmotorfiets en gaan sit tussen sy beeste. “My geld moet asemhaal. Dis my liefde daai. Elke dier het sy eie persoonlikheid, eie vrese en dit is ‘n ding wat ek verstaan. Ek raak geheg aan hulle. Op die plaas word beeste nie met ‘n prodder gelaai nie. Ons werk mooi met die diere, want hulle werk mooi met ons.” Deesdae raak dit vir hom al swaarder om sy diere te verkoop of slagpale toe te lei, hoewel Klaas nog lank nie wil aftree nie. Die Loubsers het drie kinders, Christine (36), Pieter-Paul (33) en Dan (30) en twee agterkleinkinders, Ronelle (6) en Dalene (1).


6

Dagboek • Diary Weekliks

Alkoholiste Anoniem, Maandae in Vredenburg, Woensdae in Langebaan en Vrydae in Saldanha – 073 179 0751.

Gebeurlikhede Vrydag 8 Junie: Mark by Ipic-sentrum, Vredenburg, 09:00-15:00 – Nadine 083 255 6610. Saturday 9 June: Mill Country Fair Market, The Merry Widow, Hopefield, 10:00-14:00 – 022 723 1528.

NUUS • NEWS

6 Junie 2018

Woensdag 13 Junie: Silwer Vleuels, 09:15, Ou Waenhuis, NG Kerk Vredenburg. Friday 15 June - Age in Action have a World Elder Abuse Awareness day. Peaceful demonstration / Exhibition and Educational Tak from 09:00 till 12:00 at the Dutch Reformed Church Hall, Lambert's Bay. For more information contact Bianca Draai of Jessica van Reenen at 027 432 2830 Saterdag 30 Junie: Piket-bo-Berg-boeremark, 09:00-12:00, Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg – Jane Paterson 083 208 6873. Saterdag 23 Junie: Jonathan van Radio Raps, Athene-konferensiesentrum, R150 pp, 21:00 – book at mykonoscasino. co.za, 022 707 6970. Vrydag-Saterdag 29- 30 Junie: Goedverwacht Snoek en Patatfees, volwassenes R80 pp, kinders o.3 gratis, kinders tussen 3-18 R30 pp – 071 889 1121, tourism@goedverwacht.com Saterdag 14 Julie, Franja du Plessis en Ruan Josh by die Bergrivier-winterkarnaval by Riviera Hotel, Velddrif. Donderdag-Sondag, 30 Augustus tot 2 September: Hopefield-fynbosskou, Hopefield-sportterrein – 022 783 0856. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita Du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos. co.za.

SPORT Weekliks

Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:0019:00, Louwville-gemeen-

skapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@ gmail.com.

Neem deel/ gaan kyk:

ach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za. KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na alida@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00.

Saterdag 16 June: Extreme Obstacle Challenge & Fun Run, Plaasmol, Hopefield – Jessica 079 849 8001, Fransie 074 924 8474. Woensdag-Saterdag, 11-14 Julie: Bergrivierkanomarathon, Velddrif – berg.org.za Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September -2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Be-

Yzerfontein Sport- en Ontspanningsklub bied vele Die eerste vergadering van die Yzerfontein Sport- en Ontspanningsklub is op 6 Julie 1985 gehou. Die gekose komitee het die konsep en grondwet op hierdie vergadering bespreek. Hierna het onderhandelinge met die destydse Swartland Afdelingsraad plaasgevind om ‘n geskikte perseel te vind – langs die karavaanpark – wat in Novem-

ber 1993 goedgekeur is. Die volgende vergadering het op 20 Desember 1985 plaasgevind en op 1 Januarie 1986 is die eerste boeresport-byeenkoms gehou. Op 26 Junie 1993 het die stigtersvergadering plaasgevind en die konsep en grondwet is op 20 November 1993 goedgekeur. Na verskeie fondsinsamelingsaktiwi-

teite is die klubhuis gebou. Sedertdien is verbeteringe aangebring en is die trots van die lede. Ledegeld was R5 per persoon per jaar in 1994 en is tans R145 BTW ingesluit Ledetal het van ±24 tot byna 500 van dwars oor die land gegroei. Verskeie subklubs bestaan uit Boothengel-, Strand en Rotshengel- en Rolbalklub. Verskeie aktiwiteite word steeds aangebied om fondse aan te vul om die klub so gemaklik en geselligheid moontlik te maak. Kom ondersteun Yzerfontein Sport & Ontspanningsklub.


NUUS • NEWS

6 Junie 2018

7

Hopefield wil nou nuwe Voortrekkertak stig

Dié vier seuns van Hoërskool Hopefield, van links Jan de Wet, Brendon Coetzee, Tiaan Ebing en Morné Pretorius, het Saterdag aan die Darling Brew MTBX18 deelgeneem aan die 30km. Ebing was die algehele wenner van die 30km, al het hy in die tweede bondel weggespring. Foto: Isabel de Wet

‘n Groep drawwertjies leer potjiekos maak. Foto: voortrekkers.co.za HOPEFIELD – Die Voortrekkers,’n kultuurbeweging wat die moderne Afrikanerjeug bemagtig om as positiewe burgers en konsekwente Christene diens te lewer, wil ‘n kommando op die dorp stig. Daar is reeds suksesvolle kommando’s op Malmesbury, Langebaan, Moorreesburg en Wellington. Volgens Tania Geldenhuys, wat haar beywer om die Hopefield-kommando te stig, is die Voortrekkers is ’n plek waar kinders kultuur in die natuur deur avontuur kan geniet. “Waar anders sal kinders nog vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, op water te roei, deur riviere te swem, in selfgeboude skuilings te slaap, rigting met die sterre te vind of sommer net laataand om ’n kampvuur te kuier?” Die Voortrekkers bied aan duisende jong, mo-

derne Afrikaners die geleentheid om leierskap te ontwikkel, avontuur te beleef, vaardighede aan te leer en beginsels te vestig wat onvervangbaar is. Voortrekker penkoppe en drawwertjies samel ook jaarliks geld in vir die versorging van renosters en besoek onder meer ouetehuise. As jy belangstel in die stig van ‘n Hopefield-kommando WhatsApp Tania by 072 440 0463 of epos na tania@breede.co.za. ‘n Inligtingsvergadering word beplan vir Saterdag 23 Junie 2018 te Hopefield. Kontaknommers vir die bestaande kommando’s is: Daar reeds suksesvolle Voortrekkers in die volgende areas: Malmesbury (Sunet De Jongh, 082 877 4789); Langebaan (Pierre Smit, 083 290 6991); Moorreesburg (Deon de Gruchy, 079 160 8360); Wellington (Pierre Voigt, 084 656 6611).

Topolino kry sporttoerusting by Weskus Mall: Weskus Mall het vroeër vandeesmaand Topolino-privaatskool verras met ‘n skenking van 12 netbalballe en ses rugbyballe. Die spelers in die eerste netbalspan het ook elkeen ‘n waterbottel gekry. Agter van links is Bejanke Bezuidenhout, Cassidy Jacobs, Iane van der Merwe, Anso Brink en Tiaan Genade; in die middel is Walt Sevenster, Zaylinne Muntingh en Emily Kearley; voor is Wenyd Bezuidenhout , algemene bestuurder van Weskus Mall, Thereza van den Berg, Aldian Meiring, Darren de Nicker en Joanne Bester, bemarkingsbestuurder van Weskus Mall.


8

courant 6 Junie 2018

NUUS • NEWS

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

6 Junie 2018

•LIGA-RUGBY KRY VINNIG MOMENTUM

Grootuitdaag Weskus: Saldanha-span oorskadu St Helenabaai in stryd Alida Buckle WESKUS – Die span van Saldanhabaai-rugbyklub het St Helenabaai-rugbyklub oortuigend gewen met 37-19, in ‘n stryd wat so hard was, soos vooraf voorspel is. Die harde fisieke spel het veroorsaak dat Saldanhabaai-slot, Danny Temm, steke aan sy kop moes kry, ná ‘n prag drie. Hy sal vermoedelik nie Saterdag kan uitdraf nie. Volgens rugbyentoesias, Davie Lawrence, se nie-amptelike puntelys, is Fabio Afrika van Velddrif nou voor op die puntemakerlys met 56 punte gevolg deur drie spelers met elk 45 punte: Evan Barends (Vredenburg), Aldo Booysen (Young Hearts van Pella) en Raymond Papier (St Helenabaai), Barry Adonis van Young Hearts het

40 punte. Die voorste driedrukkers so ver in die liga is Barry Adonis van Young Hearts met 8 drieë, gevolg deur Ruan Kleinsmidt (Vredenburg, 5), Gilmore Solomons (Young Hearts, 5), Phil Goliath (Velddrif, 4) en Denwill Mannewill (Saldanha, 4). Verskeie spelers het al 3 drieë gedruk. Die ander Weskus-wedstryde se uitslae is: Hopefield 21-21 Langebaan, Paternoster 24-18 Velddrif, Young Hearts 29-23 Vredenburg. Die komende Saterdag speel, tuisvelde eerste: Mamre teen Saldanhabaai, St Helenabaai teen Young Hearts, Vredenburg teen Hopefield, Langebaan teen Paternoster. Velddrif het ‘n ruskans.

Bo: Charlton Vraagom van Saldanhabaai klou om die bal te hou. Onder: St Helenabaai veg om die bal uit Saldanhabaai se hande te hou. Links: Shilton van Wyk druk deur vir Saldanhabaai.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
472 die courant weskus en bergrivier by DieCourant - Issuu