Skip to main content

472 die courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

6 Junie 2018

23.1%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 472

6 Junie 2018

Nuwe speelpark vir kinders 'n Splinternuwe speelpark vir die jongklomp van Malmesbury is Vrydag amptelik geopen. Die ruimte in Pholapark is deel van die Swartland Munisipaliteit se RSEP-projek en deels befonds deur Sunslim van Anthony Corin, asook Lyners Ingenieurs. Bo knip burgemeester Tijmen van Essen die lint tot die park.

•MODERNE DROOM BY !KHWA TTU NADER VOLTOOIING

San-droom nou waar YZERFONTEIN - Bykans twintig jaar ná sy stigting, word een van die grootste drome van die San kultuur- en opvoedingsentrum !Khwa ttu vanjaar 'n werklikheid met 'n groot nuwe erfenissentrum wat in aanbou is. Die nuwe multimiljoenrand-projek, die enigste vir die San in die wêreld, sal in September vanjaar geopen word. Dit eko-vriendelike sentrum sal met lewende en interessante interaktiewe uitstallings die San se kultuur en geloof uitbeeld met 'n spesiale fokus op die onvertelde stories. Dit sluit 'n moderne museum en 'n ultramoderne multimedia-sentrum, die eerste van sy soort in Afrika, in. Die Switserse antropoloog Irene Staehelin het in 1999 die plaas langs die Weskuspad gekoop vir die !Khwa ttu-projek nadat sy 'n paar jaar tevore met die San-kultuur kennis gemaak het. Die behoefte vir so 'n sentrum waar die San-gemeenskap hul eie mense kon oplei om hul kultuur aan die toeriste en die wêreld te wys, is destyds deur die Werkgroep vir Inheemse Minderhede in Suider-Afrika (Wimsa) raakgesien. Staehelin het voorheen kultuursentrums in Amerika besoek. Sy het intussen die Ubuntustigting in Switserland gestig om die projek te ondersteun. Dit word tans bestuur deur die !Khwa ttu niewinsgewende maatskappy in samewerking met

Ubuntu en Wimsa en die plaas behoort aan die Meerkat nie-winsgewende maatskappy. Bestuurder Michael Daiber vertel dat hulle tans sowat 18 000 besoekers jaarliks ontvang en hul volgende mikpunt is 24 000 besoekers. Hy voeg by dat die meerderheid toeriste by !Khwa ttu binnelandse besoekers is. Die nuwe moderne museum wat later vanjaar geopen word, het 'n minimalistiese styl en is só ontwerp om so min as moontlik visuele impak op die landskap te hê. Met voltooiing sal die landskap grotendeels op die dak hervestig word. Ook binne die museum is van die rotse wat oopgegrawe is, net so gelaat en sal dit by uitstallings ingesluit word. Die bestaande fasiliteite sluit 'n restaurant

en besoekersentrum (gallery, winkel en konferensiefasiliteite), gastehuise en tentakkommodasie naby die natuur in. Daar is ook San kultuurtoere, stap-, draf- en fietsroetes en heelwat wild op die plaas. !Khwa ttu is ook 'n natuurreservaat. Saam met die bestaande uitstallings bied hul ook 'n kruieteeproe asook 'n opvoedkundige kruietuin met 'n verskeidenheid inheemse plante vir menslike gebruik. Daiber vertel dat die uitstallings die storie sal vertel van die San wat nog altyd in Suidelike Afrika gewoon het en hul geskiedenis teruggespeur kan word so ver as 200 000 jaar gelede. Dit in vergelyking met die veel korter tyd van die moderne beskawings. “Die San se kultuur en leefwyse het tot 'n paar dekades gelede nooit verander nie.” Hy verwys ook na die invloed van die waardevolle werk en navorsing wat Lucy Lloyd en William Bleek in die laat 1800's aan die Kaap gedoen het om die lewensgeskiedenis van die San op te teken. “Die San is een van die armste en mees gemarginaliseerde mense in die wêreld. Nietemin het hulle merkwaardige eienskappe, vaardighede en kennis.” Die museum sal ook uitbeeld hoe die San se leefwyse, anders as dié van die moderne samelewing, volhoubaar en nie omgewingsbedreigend is nie. - (Johan Viljoen)

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

6 Junie 2018

Belasting, water, krag, riool styg

Konsert: Die Chris-

telike Privaatskool op Malmesbury het Donderdag hul jaarlikse konsert op die planke gebring. Al die grade en personeel het heerlik in die pret gedeel, skoolhoof Willie Taylor inkluis. Sien nog foto's op dié courant se Facebook-blad.

Tennis:

Jani Steyn en Celina Joseph van die Laerskool Swartland op Malmesbury het onlangs aan die SA Laerskole-tenniskampioenskappe deelgeneem. Na afloop van die toernooi is Jani in die SA o.13-skolespan opgeneem, terwyl Celina as een van die reserwes vir die SA Skolespan gekies is. Jani is tans die topgekeurde o.12 tennismeisie in Suid-Afrika, terwyl Celina sesde gekeur is vir die enkels en negende vir die gekombineerde groepe.

“Die skep van gunstige omstandighede wat nodig is vir ‘n groter ekonomiese groei en werkskepping is die primêre fokus van Swartland Munisipaliteit. ” Só sê die uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, kort voordat hy die finale begroting verlede week aan die raad voorgelê het. Die meerjarige kapitaal –en bedryfsbegroting vir 2018 tot 2022/2023 is verlede week tydens ‘n gewone raadsvergadering goedgekeur nádat 16 raadslede daarvoor gestem het. Die eerste hersiening van die 2017 tot 2022 geïntegreerde ontwikkelingsplan en vyf jaar areaplanne is ook tydens die geleentheid goedgekeur. Die finale bedryfsuitgawes klim van R668 443 miljoen na R698 278 miljoen wat neerkom op ‘n 4.5% styging. Dit sluit die uitgawes van die bedryfstoelae in. Die finale bedryfsinkomste styg op sy beurt van R741 252 miljoen na R746 205 miljoen (insluitend bedryfs –en kapitaaltoelae) wat neerkom op ‘n jaar op jaar groei van slegs 0.7%, maar ‘n 4.3% verhoging sonder die kapitaaltoelaes. Die finale munisipale salarisbegroting verhoog van R202 638 na R213 544. Dus vind ‘n gemiddelde salarisverhoging van 6.5% na 7% plaas. Die 2019/20 en 2020/21 bedryfsinkomstebegrotings sluit provinsiale toelaes in waarvoor geen onkostes vir projekte nog gefinaliseer is nie. (2019/20 sluit R23 780 miljoen van die departement van menslike nedersettings in en 2020/2021 sluit R24 800 miljoen van die departement van menslike nedersettings in.) Die finale kapitaalbegroting kom neer op R87

246 miljoen met sowat R50 miljoen wat belê is van die raad se eie fondse in jaar een, terwyl die totale aanwendings van kapitaalbeleggings oor drie fiskale jare R308 765 miljoen beloop. Die totale subsidie vir deernishuishoudings van die regering is R82 040 miljoen wat gratis basiese dienste van R63 398 miljoen vir 8705 huishoudings in die Swartland insluit. Die verhoogde tariewe vir huishoudings vir 2018/2019 in die Swartland lyk soos volg: Die verhoging vir belastingtariewe op residensiële eiendom is 6%, terwyl die verhoging op sakeeiendom 8% beloop. Elektrisiteitstariewe styg met 6.84%. Vullisverwyderingstariewe styg met 8.6% (R2.50), terwyl ‘n verhoging van 6% vir riool voorlê. Huishouding betaal sedert 1 Julie ‘n basiese watertarief van R86. 50. Waar inwoners R4.50 per kiloliter betaal het vir die gebruik tot 4kl, sal dit nou R5.04 per kiloliter kos wat neerkom op ‘n verhoging van 12%. Die verbruik van 5-10kl kos nou R14.09 met ‘n verhoging van 12% vanaf R12.58. Die verbruik van 11-15kl kos nou R14.60, van 16-20kl sal nou R15.10 kos en die verbruik van 21-25kl sal jou R27.44 per kiloliter uit die sak jaag. 26-50kl se verbruik styg van R17.32 na R57.18 met ‘n verhoging van 230%. Die verbruik van 51kl en op sal nou R78.91 kos met ‘n verhoging van 194%. Die verhoging van watertariewe vir besighede, kommersiële en industriële eiendomme vir die verbruik van 1kl en op (R/tarief per kl), is 12% van R17.86 na R20.

Nuwe minimum loon goedgekeur Die nasionale minimum loon is verlede week in die nasionale vergadering goedgekeur. Die wetsontwerp op die nasionale minimum loon, wat ‘n basiese minimum loon van R20 per uur voorstel, asook die wysigingswet op arbeidsverhoudinge en die wet op basiese diensvoorwaardes sal nou voor die nasionale raad van provinsies dien. Volgens Agri Wes-Kaap en Agri Sa, is hul waaksaam ten opsigte van die nasionale minimumloonwet. “Ons het versigtig daarvan kennis geneem dat die nasionale minimumloonwet, asook die

Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant. co.za.

wysigingswet op arbeidsverhoudinge en wet op basiese diensvoorwaardes verlede week deur die parlement goedgekeur is. Die landbousektor is baie kompleks, inaggenome dat die groot meerderheid boerdery-eenhede as klein- tot medium ondernemings beskou kan word, baie waarvan reeds verliese maak weens ‘n kombinasie van droogtetoestande en lae internasionale kommoditeitspryse,” sê Neil Hamman, voorsitter van Agri SA se arbeid en ontwikkeling sentrum vir uitnemendheid. “Agri SA bly waaksaam en adviseer belang-

hebbendes om ook waaksaam te wees wat betref die impak wat die nasionale minimumloon sal hê op finansieel kwesbare boerdery-ondernemings.” Die implementeringsdatum van die nuwe minimumloon moet nog bepaal word. Die nasionale minimumloonwet is egter ‘n stap in die rigting van sekerheid, sê hy. “Ons is dankbaar dat ons sektorale vasstelling steeds in plek is en verwelkom die aanstelling van die nasionale minimumloonkommissie wat in die toekoms verantwoordelik sal wees vir die vasstelling van die nasionale minimumloon.”

Biblioteek bied leesstof vir blindes Die Suid-Afrikaanse Biblioteek vir die Blindes (SABB) verskaf nou leesmateriaal wat gevind word in openbare biblioteke, in die formaat wat toeganklik is vir die blindes en gestremde persone. Riebeek-Kasteel Munisipale Biblioteek is deel van die mini-biblioteek-projek. Die SABB leen boeke en tydskrifte in braille-skrif en die waarvan opnames gemaak is, asook opneemtoestelle wat kan terugspeel aan alle Suid-Afrikaners wat nie standaard gedrukte materiaal kan lees nie weens sig- of fisiese gestremdheid. Dit sluit ook bejaardes in. Die diens is gratis beskikbaar. Die mini-biblioteek-projek word uitgerol na alle munisipale biblioteke wat nie voorheen daartoe in staat was om die diens aan blindes en siggestremdes te bied nie. Plaaslike biblioteke word toegerus met die hulpbronne deur SABB en is beskikbaar aan alle lede van die biblioteek.

Biblioteek personeel kan ook lede bystaan en help wat die gebruik van die toerusting en leesmateriaal betref. Die boeke en toerusting word deur die Suid-Afrikaanse Posdiens versprei. Die dienste sluit onder meer boeke in braille, oudio-boeklesers, rekenaars vir die blindes en siggestremdes, asook ‘n toestel wat dokumente lees, in. Vir toegang tot die gratis dienste, moet alle lede by die plaaslike biblioteek geregistreer wees. ‘n Kopie van die ID saam ‘n getekende voorwaardevorms vir die oudio-boekleser (Daisyspeler) moet ingedien word. Alle lede van die biblioteek het die reg tot ‘n oudio-boekleser. Lede moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir die herstel van toerusting indien dit sou breek. Alle elektroniese boeke sal aan lede verskaf word wat ‘n Daisyspeler besit.


NUUS • NEWS

•EKSOPAK HELP HOM LOOP

Rowan: Tree vir tree na herstel

•Charlotte Lesch MALMESBURY - Rowan Hermanus, oud-leerling van Hoërskool Swartland op Malmesbury, het onlangs op 29 Mei sy 21ste verjaarsdag gevier. Gelukwensings vir sy verjaarsdag, maar ook vir sy vordering sedert ‘n ernstige rugbybesering ses jaar gelede, het van alle oorde ingestroom nadat ‘n videogreep van hom wat loop met behulp van ‘n gespesialiseerde Eksopak op Facebook gedeel is. Rowan het in Augustus 2012 as ‘n gr.9-leerling tydens ‘n rugbywedstryd ‘n ernstige nekbesering opgedoen wat hom van die bors af verlam en in ‘n rolstoel gelaat het. Dié besering wat sy lewe heeltemal verander het, het nie sy lus vir die lewe gestuit nie. Sy gees as ‘n uitstekende sportman, is ook van die veld te sien. Rowan het sedert die besering groot vordering deur harde werk en oefening gemaak. Hy is vandag slegs van die heupe af verlam. Terwyl hy hard besig is om aan sy bestuursgraad te werk wat hy deur UNISA studeer, is Rowan tans ook besig met ‘n intensiewe rehabilitasieprogram van agt weke lank by die Walking with Brandon-stigting se rehabilitasiesentrum by die Sportwetenskap-instituut van Suid-Afrika in Nuweland. Volgens Tori Gardner, woordvoerder van Chris Burgers’ The Players’ Fund wat alle voormalige rugbyspelers ondersteun wat weens dié sport ernstig beseer is, werk Rowan baie hard om sy doelwitte te bereik wat saam met sy afrigters daargestel is. The Players’ Fund betaal vir die sessies wat reeds teen ‘n afslagprys gegee is danksy ‘n goeie verhouding met die praktyk. “Ons vertrou dat hy met die oefeninge sal voort gaan sodra hy weer terug keer huis toe,” voeg Gardner by. Rowan is dit eens dat rehabilitasie teen ‘n prys kom en is baie dankbaar teenoor die stigting vir hul finansiële ondersteuning. Hy gaan beslis die oefeninge by die huis voortsit sodra die rehabilitasiesessies verby is. Die Eksopak waarmee Rowan geloop het, staan ook bekend as die “looppak” wat wondere doen vir die gesondheid van mense met spinaalbeserings of slagoffers van beroertes en dié wat van voor af moet leer loop,” voeg sy by. Elizmaré Loubser, plaaslike biokenetikus van Malmesbury, vertel die pak, wat heel waarskynlik van Amerika ingevoer is, word ook verwys na ‘n skeletpak. “Die pak wat aangetrek word, het ‘n rekenaar in die rugsak wat dien as ‘n brein om die persoon te help loop. Terwyl die arms nie deur die pak ondersteun word nie, maar wel deur krukke of ‘n loopraam, help die pak om die bene te beweeg,” verduidelik sy. Daar moet wel ‘n mate van inisiëring om te loop plaasvind vir die pak om te werk. Volgens haar het die gespesialiseerde pak ‘n positiewe uitwerking op die liggaam wat postuur en bloedsirkulasie betref. Die pak verhoog ook die kwaliteit van ‘n persoon wat nie kan loop nie, se lewe. Die pak het verder ‘n positiewe psigologiese effek, omdat dit die liggaam die illusie gee dat daar geloop word. Volgens Rowan doen die pak baie goed vir ‘n mens se siel. “Die pak doen wat jy nie kan doen nie. Hoe

3

6 Junie 2018

meer ek op my eie kan doen, hoe minder doen die pak,” verduidelik hy. Rowan is baie positief oor wat die toekoms inhou. Hy het ook slegte dae, maar het nooit die vertroue verloor dat hy weer eendag sal kan loop nie. “Alles vat tyd. Die tegnologie is wonderlik en verbeter elke dag,” voeg hy by. Benewens sy loopbaan-ideale, is Rowan se volgende doelwit om rolstoeltennis te speel. “Ek het tennis op skool gespeel en dit baie geniet.” Hy speel reeds tafeltennis. Rowan bly nog by sy ouers wat hom weekliks na Nuweland neem vir die rehabilitasiesessies. “Die petrolgeld is duur, maar ek is baie dankbaar teenoor my familie wat my elke dag ondersteun.” Indien ‘n geldelike bydrae tot verdere rehabilitasiesessies gemaak wil word, kan Rowan rowan_hermanus@yahoo.com gekontak word.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


4

6 Junie 2018

Erfenis-huisies raak straatmark Dink jouself in. ‘n Straatmark vol vars produkte soos die soort wat in Frankryk of Italië gevind sal word op jou voorstoep. Dié gedagte is dalk nie so ver gesog nie nádat twee van die Sadie-broers van Malmesbury besluit het om ‘n terrein met ‘n ietwat slegte reputasie ‘n nuwe gesig eie aan die Swartland te gee en behoorlik op te kikker. David Sadie, wynmaker by David & Nadia Wine of Origin Swartland en Johann Sadie, wat tans vir Frankryk se Top 14 Agen-rugbyspan uitdraf, het besluit om koppe bymekaar te sit en ‘n kollektiewe gemeenskapsinisiatief onder een dak die lig te laat sien. Hul oupa Bill Sadie het destyds in 1983 die erwe saam met hul pa gekoop. Sprake dat die erwe verkoop moet word weens voortslepende vandalisme aan die strukture en die negatiwiteit rondom die area, is vinnig in die kiem gesmoor toe dié broers besluit het om iets daaraan te doen. “Ons beskou onsself as die volgende generasie wat die plek wil opkikker en ‘n positiewe sy tot die area bring.” Vandaar die naam Bill&Co Swartland Street Market wat een van die dae tussen Hill- en Pleinstraat sy opwagting sal maak. Dié drie erwe van sowat 2500²m groot, vloei saam wat die ideale ruimte bied vir hul droom om te realiseer. Die Sadies is dit eens dat hulle die ou fasade wil vier en deel wil maak van die ontwikkeling, maar ook wil deel met die gemeenskap. Restourasie- en opknappingswerk het vroeg in April vanjaar afgeskop. Die ou strukture word ook veilig gemaak vir besoekers aan Bill&Co. Die oudste struktuur dateer terug vanuit die 1870’s. Volgens Johann poog hulle om soveel as moontlik van die bestaande strukture te behou en alles op die erwe te hergebruik,

wat onder meer ou waenhuisdeure insluit. Die perseel maak ook voorsiening vir genoegsame parkeerplek. “Dit is aards en eie aan die Swartland. Dit help nie ons kom sit ‘n glaskas in die middedorp nie. Dit is nie Malmesbury nie.” Die Sadies ervaar dat baie meer jong mense asook oud-Malmesburiërs na hul tuisdorp terugkeer, soos Johann self wat beplan om ná rugby huis toe te kom. “Mense keer terug vir die tipe leefstyl, ‘n kwaliteit lewe en minder verkeer. Daar is ‘n behoefte om te belê in hul tuisdorp,” sê David. "Ons glo Malmesbury is die gesig van die Swartland." Volgens hulle het die dorp baie potensiaal wat dit juis die moeite werd maak om in hul tuisdorp te herbelê deur dit op ‘n visuele, maar ook sosiale basis op te kikker. Bill&Co Swartland Street Market word beskou as ‘n “intellektuele stimulerende konsep” waar jy alle vars produkte soos vleis, vis, brood, melk en kaas reg deur tot wyne en alle organiese produkte sal kan kry.

“Ons beoog om alles onder een dak bymekaar te bring, soos ‘n Swartland Hub,” voeg Johann by. Hulle wil sover moontlik plaaslike produkte aanhou wat aan sekere standaarde en kwaliteitsvereistes moet voldoen. “Bill&Co moet as platform dien vir produsente én veral organiese produsente wat op ‘n kleiner skaal of meer intensief boer, om volhoubaar te bly en ‘n nismark te skep wat daar nie voorheen was nie. Die Sadies het baie inspirasie van markte oorsee, maar ook plaaslik gekry. Hoewel oorsese markte tot sewe dae ‘n week oop is, is dit nie die idee hier nie. Hulle wil glad nie die mark van plaaslike handelaars ontneem nie. Die projek gaan in fases geskied. Hulle beoog ook om langtafelgeleenthede aan te bied waar die spesifieke kelder ‘n wynparing met ‘n spesifieke sjef aanbied in samewerking met die sjef aan diens. Behalwe vir die plaasvars produkte, sluit die ontwikkeling verder ‘n dagbistro, ‘n bakkery, ‘n wynkroeg en wynwinkel in waarby sowat 25 tot 30 plaaslike kelders, groot en klein, betrek sal word. ‘n Dorpstuin sal ook op die perseel aangebring word wat boonop as ‘n opvoedkundige uitstappie vir die kinders sal dien. Daar is reeds vrugtebome op die perseel wat aandag sal kry en nou tot hul reg sal kom. Ouers sal bly wees om te hoor dat daar voorsiening gemaak word vir die kleinspan met ‘n binne –en buite speelarea.“Ons wil ‘n ervaring aan kliënte bied wat dit sal onthou en daarvoor sal terugkeer,” sê Johann. Konsekwentheid in die verskaffing van bekostigbare kwaliteit produkte vir die volhoubaarheid van ‘n mark, is die hooffokus, voeg David by. Hulle hoop om hul deure in September oop te maak.

Span uit op Yzerfontein Die eerste vergadering van die Yzerfontein Sporten Ontspanningsklub is op 6 Julie 1985 gehou. Die gekose komitee het die konsep en grondwet op hierdie vergadering bespreek. Hierna het onderhandelinge met die destydse Swartland Afdelingsraad plaasgevind om ‘n geskikte perseel te vind – langs die karavaanpark – wat in November 1993 goedgekeur is. Die volgende vergadering het op 20 Desember 1985 plaasgevind en op 1 Januarie 1986 is die eerste boeresport-byeenkoms gehou. Op 26 Junie 1993 het die stigtersvergadering plaasgevind en die konsep en grondwet is op 20 November 1993 goedgekeur.

Na verskeie fondsinsamelingsaktiwiteite is die klubhuis gebou. Sedertdien is verbeteringe aangebring en is die trots van die lede. Ledegeld was R5 per persoon per jaar in 1994 en is tans R145 BTW ingesluit. Die ledetal het van ±24 tot byna 500 van dwars oor die land gegroei. Verskeie subklubs bestaan uit boothengel-, strand en rotshengel- en rolbalklub. Verskeie aktiwiteite word steeds aangebied om fondse aan te vul om die klub so gemaklik en geselligheid moontlik te maak. Kom ondersteun Yzerfontein Sport & Ontspanningsklub.

1. City Sightseeing-winterprogram Oor ‘n verlengde vakansietydperk bied die vloot rooi City Sightseeing-toerbusse ‘n drie-vir-een spesiale aanbod vir kinders wat jou nie platsak sal laat nie: Vir elke kaartjie wat jy koop, kan twee kinders (onder die ouderdom van 18) ‘n gratis rit geniet. Bied jou kinders ‘n bietjie insig oor wat die Moederstad so uniek maak en verken die ikoniese besienswaardighede, insluitende die Kasteel die Goeie Hoop, die Distrik Ses- en die Joodse Museum sowel as Tafelberg en vele meer.

2. Artjamming-winterskoolvakansieprogram Maak jy dalk ‘n klein Van Gogh of Picasso groot? Te danke aan Artjamming, die gewilde kuns- en handwerksentrums regoor Kaapstad, kan jy jou kleintjies toelaat om hul hande vuil te maak sonder dat jou mure daaronder moet ly. Kinders tussen 7 en 14 jaar kan uiting gee aan hul skeppende talent met ‘n verskeidenheid verbeeldingryke klasse wat oor die volgende twee weke plaasvind. Elke dag bied ‘n twee-uur-lange temagebaseerde sessie (10vm – 12nm). Klasse kos R135 p/p en die prys sluit alle kunsmateriale en skilderdoeke in, sowel as ‘n peuselhappie. 021 462 1573 | info@artjamming.co.za | Artjamming.co.za Bron: www.capetownmagazine.com

Dinge om te doen

NUUS • NEWS

dié courant

Plekkie in die son

Om te weet waarheen jy gaan, moet jy weet waarvandaan jy kom. Om die pad vorentoe te sien, moet jy in die tru-spieëltjie kan kyk waar jy was. Dit is met ons geskiedenis en toekoms ook so. Net soos Saul Barnard van Daleen Matthee se Kringe in die Bos, loop die lewe in sirkels. Ons almal het verskillende sirkels, maar wat nou maar waar is, is dat ons almal 'n begin en 'n einde het. Ons is almal verskillend van herkoms en ook verskillende verwysingsraamwerke en ons sal nie altyd mekaar se denkpatrone, maniertjies en tradisies verstaan nie, maar wat ons wel kan doen is om die verskille tussen ons te respekteer. Respek is 'n klein woordjie, vol dinamiet en is baie plofbaar. Dit is iets wat verdien word en is by verre een van die duurste kommoditeite. Dit is ook vlietend, want as respek eers verloor is, is dit 'n amper onbegonne taak om dit weer te vind. Neem 'n bord in jou hande, gooi dit op die grond stukkend en probeer dit weer na die tyd aanmekaar plak. Jy sal miskien grotendeels regkom om die legkaart te herbou, maar die krake gaan steeds sigbaar wees. Wanneer kultuur en erfenis gevier word, word daar ook indirek die menswees van hierdie groepe gevier. Buite Yzerfontein, by die !Kwa ttu-kultuursentrum, word dié inheemse groep Suid-Afrikaners gevier en met 'n groot nuwe toevoeging tot die sentrum, kan ander nou ook meer van die San-kultuur te wete kom. Onder die son wat op die rollende heuwels van die Swartland skyn, is daar 'n plek vir almal en hoe ons mekaar se verskillende kulture omarm en aanvaar, sal 'n groot rol in die toekoms van ons samesyn speel.

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Saulus se ontsnapping

Saulus is oppad na Damaskus om volgelinge van die Weg, of die dissipels van Jesus te vervolg. Hy het selfs Stefanus se vermoording goedgekeur. Nou het Saulus briewe van die hoëpriester in Jerusalem gekry om die volgelinge van Jesus in die Sinagoges in Damaskus op te spoor en te vervolg. Oppad na Damaskus het die Here aan Saulus verslyn en hy het tot ‘n inkeer gekom. Nadat hulle in Damaskus aangekom het het Ananias ‘n volgeling van Jesus vir Saulus gebid en het hy weer siende geword nadat hy blind was, na sy ontmoeting met Jesus. Saulus het Jesus in die Sinagoges begin verkondig, dat Jesus die Seun van God is. Die wat hom gehoor het het gevra maar is hy nie die man wat die heiliges in Jerusalem so vervolg het nie? Na ‘n geruime tyd het die Jode beraadslaag om Saulus dood te maak. Hulle het die stadspoorte bewaak sodat hy nie kon ontsnap nie. Die dissipels het hom in die nag in ‘n mandjie deur ‘n venster in die muur laat sak. Dit was seker geen eenvoudige of ligte taak nie, en hulle kon nie los voordat die mandjie grond geraak en die toue slap geword het nie. Ons kan uit hulle toewyding en inspanning leer daar is ‘n oplossing, maar om te volhard is belangrik.


NUUS • NEWS

6 Junie 2018

5


6

6 Junie 2018

Toets reg vir boorgate Dis nou al die soveelste keer dat ek hoor die gat het ingegee, maar ons het hom laat toets. Maak seker die persoon/instansie wat kom toets doen ‘n volledige toets, dis immers waarvoor jy hulle betaal. Daar is drie punte waarvoor jy kan uitkyk: • Vra met wat se tipe pomp toets hulle. As hul praat van ‘n dompelpomp en kragopwekker, moet die gevaarligte reeds flikker. Hoekom? Omdat ‘n dompelpomp is nie ‘n positiewe verplasingspomp is nie. Kom ek verduidelik dit aan die hand van twee voorbeelde. Pomp 1 is ‘n 27kW dompelpomp met lewering van 76 000 l/h teen ‘n kophoogte van 70m. Indien die watervlak in die boorgat van 70m na 132m afgetrek word, moet die pomp nou teen ‘n druk van 13.2 bar pomp en nie meer teen 7 bar nie, met die gevolg dat die pomp se lewering nou afgeneem het en slegs 51 000 l/h pomp. Dit is ‘n verlies in kapasiteit van 33%. Pomp2 is ‘n 18.5kW dompelpomp met lewering van 76 000 l/h teen ‘n kophoogte van 50m. Indien die watervlak in die boorgat van 50m na 117m afgetrek word, moet die pomp nou teen ‘n druk van 11.7 bar pomp en nie meer teen 5 bar nie, met die gevolg dat die pomp se lewering nou afgeneem het en slegs 30 000 l/h pomp. Dit is ‘n verlies in kapasiteit van 60.5%. In teenstelling hiermee, ‘n positiewe verplasingspomp. Meer bekend as ‘n monopomp. W & A Pumps se pompe toets as volg: Lewering by 0 meter is 80 000 l/h. Indien die watervlak afgetrek word tot by 130m is die lewering 70 000 l/h. Dit is ‘n verlies van slegs 12.5%, met ń verskil

Langkloof-boerdery:

in druk (kophoogte) van 13 bar waar die vorige twee pompe hul verliese toon teen ‘n verskil in druk van 6.2 en 6.7 bar onderskeidelik. Die voordeel van die regte toetspomp is dat die nodige regstelling gemaak kan word en dieselfde pomp se lewering kan van 70 000 l/h op 130m weer 80 000 l/h lewer, wat dan geen verlies in kapasiteit het nie.

Links: Alwyn Dippenaar jnr staan by sy pa, Rossouw Dippenaar (middel) wat die volgende generasie boer op Langkloof is . Heel regs staan patriarg Alwyn Dippenaar snr. Onder: 'n Familiebegraafplaas waar grafte van die eerste generasie Dippenaarboere op Langkloof gevind sal word, is op die plaas te sien.

• Vra of die watervlak in die boorgat gemonitor word. Ek het dit al gesien dat ‘n pomp ingesit word en deurnag gepomp word en die volgende oggend word daar na die leweringsstroom gekyk en gesê die gat het konstant gepomp. Die lewering is dan wat gemeet word by die pomp se uitlaat. Daar is geen resultate of data van wat in die boorgat gebeur het nie. ‘n GROOT NEE as dit kom by ‘n boorgat toets. • Sekerlik die belangrikste van alles, wat amper niemand doen nie en wat seker 60% van ‘n boorgat leweringstoets is: Word daar ‘n hersteltoets (recovery test) gedoen na dat die toetspomp afgeskakel is. As dit nie gedoen word nie, maar dan is jou duur boorgattoets niks werd nie en is jou boorgat nie behoorlik getoets nie. Dit moet ook rég gedoen word. Soos julle kan sien deur van die toetse nie te doen nie en die verkeerde toerusting te gebruik, kry die eindverbruiker ‘n toetsverslag van wat slegs 20% tot 30 % korrek is, terwyl u betaal het vir 100%. Willie Lourens W & A PUMPS

NUUS • NEWS

Langkloof-boerdery van patriarg Alwyn Dippenaar buite Riebeek-Wes vier vanjaar hul 164ste bestaansjaar met die sesde generasie, Rossouw Dippenaar op die plaas. Dít nadat die eerste Alwyn Dippenaar die plaas in 1854 by ‘n ene Van der Westhuizen gekoop het. Alwyn, die eerste generasie boer was toe maar ‘n skamele 21 jaar oud. Nie net was hy ‘n boer wat vandag sou kon spog met sy nageslag wat bestaan uit uitmuntende boere nie, maar hy het destyds ook gedien as die nie-amptelike predikant toe die NG Kerk in 1858 op Riebeek-Wes gestig is. Hy kon nou wel nie mense trou of nagmaal bedien nie, maar het dienste gelei en begrafnisse waargeneem. Sy skoondogter was op haar beurt weer die nie-amptelike dokter wat per perdekar agter

siek mense in die omgewing aangery het. Sy het baie mense tydens die jare van die groot griep versorg en behandel, vertel Alwyn snr. Van die naamlose grafstene wat vandag in die familiebegraafplaas op Langkloof gevind sal word, was van diégene wat die griep die oorhand gekry het. Sy was getroud met die eerste Dippenaar se oudste seun, Alwyn. Dié Alwyn het voor die dood van sy pa én van sy vrou gesterf. Die derde generasie Alwyn Dippenaar was toe reeds gebore wat uiteindelik die boerdery oorgeneem het. “Dit was nou my oupa,” vertel Alwyn snr. Sy oupa en ouma is ook in die familie-begraafplaas begrawe. Sy oupa het drie seuns gehad. Om vir elke seun ‘n geleentheid te gee om te kan boer, is die plaas in drie dele gedeel.


NUUS • NEWS

6 Junie 2018

Dippenaars vir 164ste jaar op plaas

Die jongste seun kry toe die kleinste deel. Hul pa was ‘n regverdige man en koop daarom ‘n plaas teen die Bergrivier sodat elke seun se plaas ewe groot sou wees. Alwyn Dippenaar (78) wat vandag steeds op Langkloof bly, was die volgende generasie om te kom boer. Hy het in 1957 plaas toe gekom. Byna 40 jaar later koop hy die plaas van sy oom teen die rivier in 1994. Hy geniet die boerdery tot vandag toe en is steeds betrokke. Rossouw Dippenaar, die sesde generasie en tweede oudste seun van Alwyn Dippenaar, het in 1997 by die boerdery op Langkloof aangesluit. Hy is boonop ook ‘n gekwalifiseerde werktuigkundige wat by Andrag werksaam was voor hy na die plaas gekom het. Die aspek was tot groot voordeel van die boerdery. Sy ouer broer, AJ Dippenaar die sesde, boer in die Vrystaat. As deel van die volgende generasie, boer Rossouw, terwyl sy kleinneef sy buurman is. Ses jaar gelede koop hulle daardie plaas. Waar Langkloof generasies gelede in drie verdeel was, is dié plaas weer in sy eie reg heel. Afgesien van grond in die Vrystraat, het die Dippenaars na dié koop, aansienlik uitgebrei. Op Langkloof word medics, kanola en koring (wisselboustelsel) geplant. Met die hawer word daar kuilvoer gemaak. Hulle boer verder met wolmerinos en Rooi Angus-Sassex-kruising op Langkloof. Die oorspronklike plaashuis is sowat

150 jaar gelede gebou, met Rossouw se kleinneef wat steeds daar bly en sy staalbesigheid vanaf daardie werf bedryf. Die tweede huis waarin Rossouw, sy vrou Marinda en drie kinders bly, is aanvanklik 120 jaar gelede gebou. Aanbouings het intussen plaasgevind wat die huis in ‘n juweel omskep het. Alwyn Dippenaar snr het intussen in ‘n nuwer huis op die plaaswerf ingetrek, nadat Rossouw plaas toe gekom het. Afgesien van die begraafplaas, is al die oorspronklike geboue steeds daar met hul houtplafonne. Dié geboue word vandag steeds in stand gehou en baie goed versorg. Hoewel die eerste dorsmasjien vandag in die Koringbedryfmuseum op Moorreesburg pronk, is die eerste trekkers wat op Langkloof aangekom het, vandag nog op die plaas. Dié trekkers is destyds by Andrag gekoop toe hulle nog op Gouda langs die spoorlyn handel gedryf het. Rossouw is die sesde generasie wat sake doen met dié maatskappy. Hy glo ook sterk dat jarelange ononderbroke besigheid oor generasies heen, hetsy met die bank of werktuigkundiges, tot voordeel van ‘n suksesvolle boerdery is. Die Dippenaars skop elke oggend met godsdiens saam met hul werkers af. Maar wat is vandag die geheim tot húl suksesvolle boerdery op Langkloof? Om saam te werk en hul Skepper in alle besluite te ken.

7


8

6 Junie 2018

NUUS • NEWS

A moment in history The history and origins of Fathers Day can be traced back more than 4,000 years ago. In Babylon, a son called Elmesu carved a message to his father on a clay card. Elmesu wished his father a long and happy life. Though fathers have been revered through the centuries, the official recognition of Fathers Day only happened in the early 1900's. Several people are credited for furthering the cause of Fathers Day, but Ms. Sonora Louise Smart Dodd is seen as the key person in making this great celebration happen. Sonora Dodd is seen as the Mother of the Fathers Day Festival. In 1909, Sonora overheard a Mother's Day sermon, and begun to recognize the hardships that her father must have gone through while bringing up his family. When Sonora was 16, her mother died during

childbirth, and left her father, Civil War veteran William Jackson Smart, to raise his six children and the newborn on his own. Sonora pondered the fact that there was a day for mothers, but not for fathers. Initially, many people laughed at her idea, but her mind was made up. She began a sincere campaign lobbying for the cause of Fathers Day, and finally, her efforts began to show. On June 19, 1909, along with the support of Spokane Ministerial Association and the local Young Men's Christian Association (YMCA), the first Fathers Day was celebrated. Sonora wished for Fathers Day to be held on the day of her Fathers birthday, but due to time constraints, the celebration was held on the third Sunday in June. And that tradition has lasted throughout the times.

Don't get us wrong — breakfast in bed or a backyard barbecue are both great ways to celebrate Father's Day. But to make the day truly memorable for their mates, a few imaginative moms (and their kids) take the celebration to the next level. Some Father's Day traditions that might inspire you to try something a little different this year:

pictures in a small photo album. When he adds his new photo each year, he looks back at the old ones to see how the kids are growing." — April Personalized poetry "I write a poem for my husband 'from' our son (who I hope will take over this task when he's older). I try to incorporate the things they did together throughout the year. Last year's poem read, 'This year marks Father's Day number two that I am happy to share with you...' It's a much more memorable keepsake than a card." — Melissa Strawberry soiree "We pack a picnic basket and head out to pick strawberries. Guess what we have for dessert?" — Tracey A day at the races "Every year, we treat my husband, his brother, and his brother-in-law to a day at the racetrack. This year, they're checking out the view from the $200 seats — all they can eat and drink, private bathrooms, and they even get to go into the pits." — Carolyn Source: www.babycentre.com

Cute and cuddly traditions

Shirt tales "Each Father's Day, my daughters decorate a white T-shirt with their handprints and footprints. Sometimes the prints look like they're walking up his back, and other times they go on the sleeve. That way, 'When Daddy looks either way, he can always see our prints.' " — Bethany A family book club "Every Father's Day, I buy my husband a book to read to our daughters, like Butterfly Kisses or My First Little Mother Goose. They love being read to, and he loves reading to them." — Kerry Picture day "I take a picture of my children holding a 'Happy Father's Day' sign. Their dad keeps the


NUUS • NEWS

6 Junie 2018

Oulike geskenk-idees vir Pa op Vadersdag Vadersdag lê om die draai. Hier is ‘n paar idees om jou pa behoorlik spesiaal te laat voel. As jy jou pa wil bederf, moet jy dié gesegde onthou. Die pad na jou pa se hart, is deur sy maag en wat is nou lekkerder as ‘n stuk biltong. Dit is eenvoudig, maklik en hoef nie te duur te wees nie. Jy sal ook ‘n ster in jou pa se boeke wees deur vir hom ‘n heerlike ontbyt aan mekaar te slaan. Vra jou ma om te help indien jy nog nie alles self kan doen nie. Beskou jou pa homself as ‘n bobaas-braaier, dan is braaigereedskap altyd ‘n wenner. ‘n Braaitang, ‘n rooster, ‘n roosterskoonmaker of toerusting om die kole reg te kry, is geskenke om te oorweeg. Dis nie altyd maklik om die perfekte geskenk vir Vadersdag te kry. Wat van ’n lekkerruik-bederf vir hierdie spe-

siale man. Geskenke om te oorweeg is parfuum, naskeermiddel of selfs gegeurde seep. Daar’s min dinge so mooi soos ’n man met goed versorgde naels. Jou pa sal versot wees op ‘n mini-manikuurstel. Hy is dalk gewoond daaraan om in jou ma se badsakkie rond te krap vir sy tandepasta en tandeborsel wanneer julle gaan kamp of vir ‘n naweek weggaan. Maak Vadersdag ekstra spesiaal deur vir hom sy eie badsakkie te koop. Jy kan altyd ‘n kaartjie daarin wegsteek. Dit is boonop nou winter en indien jou ma nog nie vir hom daardie handskoene, serp, ‘n mus of warm sokkies gekoop het nie, is dit nou jou kans om haar voor te spring. Die een geskenk waarmee jy hierdie dag móét afskop, is ‘n stywe druk en jou teenwoordigheid. Geniet die dag saam met jou pa.

9


10

NUUS • NEWS

6 Junie 2018

Seeff Malmesbury onder nuwe eienaarskap

Musiek: By die onlangse Swartland Soiré wat by die Klooven-

burg-wynlandgoed buite Riebeek-Kasteel aangebied is, het Stephen Cousins (heel links) 'n uitvoering gehou. By hom is Freddie en Cecile Roux wat ook na die uitvoering geluister het.

Seeff Malmesbury het ‘n nuwe eienaar, Pierre Germishuys, wat die area oorgeneem nadat Simon Mouton na 13 jaar besluit het om die besigheid te verkoop. Pierre het in 2003 by die Seeff-groep aangesluit en het sedertdien sy lisensiegebied sodanig uitgebrei dat hy vandag een van die grootste lisensiehouers in die Seeff-groep is, met 115 personeel en kantore in Boschenmeer, Brackenfell, Ceres, Croydon, De Wijnlanden, Darling, Franschhoek, Jakkalsfontein, Kraaifontein, Kuilsrivier, Lambertsbaai, Langebaan, Malmesbury, Paarl, Paternoster, Port Elizabeth, Riebeekvallei (Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel), Saldanha, Stellenbosch, St Helenabaai, Tulbagh, Velddrif, Vredenburg, Wellington, Worcester en Yzerfontein. Malmesbury is geleë op 'n baie besige toeristeroete wat toeneem in gewildheid. Dit is die grootste dorp in die Swartland-gebied en die nabyheid aan Kaapstad, die Weskus en Kaapse Wynlande, maak dit 'n gewilde plattelandse bestemming wat met die opgradering van die N7 kan voorsien in die groeiende vraag na plattelandse leefstyl-eiendom. Malmesbury is ook 'n belangrike sentrum vir die omliggende landbou- en kusgebiede. Germishuys glo dat Malmesbury 'n eiendomsmark het met uitstekende potensiaal vir groei. Die mark is tans redelik bestendig ten spyte van die afname in verkope wat tans in die Kaap heers. Daar is steeds aktiwiteit en ‘n lewendige aptyt vir goed geprysde eiendom. Seeff, een van die oudste en mees bekende eiendomsgroepe in die land, bied 'n wye verskeidenheid dienste aan wat die verkoop en verhuring van residensiële, landbou- en kommersiële eiendomme insluit en staan reg om verkopers en kopers, verhuurders en huurders te help met hul eiendomsbehoeftes, wat gratis waardasies insluit. Die Seeff-kantoor het verskuif (vanaf Rainerstraat 18A) na hulle nuwe kantoor in Voortrekkerstraat 95A, wat toevallig ook ‘n baie interessante eiendom is, naamlik die “Ou polisie

Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM -

stalle” wat reg langs die polisiestasie wat in 1862 opgerig is, geleë is. Die gebou is aanvanklik as perdestalle gebruik, maar is later omskep in aanhoudingselle vir gevangenes. Die oorspronklike fasade van die gebou het ongelukkig nie behoue gebly nie, maar die ou tronkdeure en diefwering is egter steeds deel van die gebou. Germishuys en sy span bring unieke bestuursvernuf en eiendomskundigheid, sowel as toegang tot agente in sy 22 kantore vir netwerkdoeleindes, wat beteken dat verkopers meer blootstelling vir hul eiendomme sal hê. Kliënte sal ook voordeel trek uit Seeff se gekwalifiseerde databasis van kopers en huurders. Die Seeff Malmesbury-kantoor word beman deur: Rajeshree Williams (Ontvangs en Administrasie), Phil Craig (kommersiële agent vir die Boland), Cindy Matheson-Share (verhurings) en Mirriam Mokwena en Nastassja Koch (verkope). Kontak Seeff Malmesbury op telefoon 022 4873905 of e-pos malmesbury.pa@seeff.com.

Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury

Image Consultant and Stylist van Elyzian Image & Style en gaan ons meer vertel wat om die opkomende winter te verwag in die mode wêreld en maklike klerekas beplanning.

The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838

Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361

VLV Vergadering 13 Junie : Kom hou saam met ons vergadering om 9:00 vir 9:30. Kostes beloop - Lede Gratis/ Nie Lede R30 Spreker is Lizette De Jager -

NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273 Darling Brew 30 June: Darling Brew presents Winter Beer Festival from 10:00 till 18:00. Live music: The Stone Jets and Sunset Sweatshop As per last year - there will be food stalls Ticket Price: R120 per person (includes a free DB beer glass for over 18’s. Big Kids: R80 (12 – 18 years) Kids under 12 is free For enquiries please contact - 021 286 1099 Berg River Marathon 11-14 July PHS Oud Skoliere Bond 17 Augustus: Wees deel van die stigting van ons "Oud Skoliere Bond" en heerlike saam kuier


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4602 ------------------------------------DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak : platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, #4609 pasteie ------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604

-----

WERK GESOEK: 4de jaar Landboustudent op soek na vakansiewerk Junie/ Julie. Betroubaar en hardwerkend. Kontak Karlo 083 3465755 #4649 ------------------------------------TE HUUR TO LET THERESA'S EIENDOMMEMalmesbury: R9500.00 pm. Baie ruim 4 slaapkamer, 2 badkamers, sit/eetkamer, apparte binnebraai. Ingeboude kaste, enkel motorhuis – Beskikbaar 1 Julie 2018 R9450.00 – netjiese 3 slaapkamer, 1 badkamer, kombuis met waskamer, enkel motorhuis en ruim erf wat omhein is met hoë muur. Alarm en munisipale dienste ingesluit. Huurder koop net krag. Onmiddellik beskikbaar. Kontak Theresa 082 552 4848 #4651 ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

9 Junie. JENEVIA NEL. My wonderlike suster en tannie. Geluk met jou verjaardag. Baie lief vir jou. Van: jou susters en kinders --Baie geluk Mammie met jou verjaardag. Baie dankie vir alles. Lief vir Mammie - kinders ---Baie geluk maatjie. Geniet jou dag - Jaco -------------------------------------

ASHUNIQUE. Geluk met jou verjaardag op 10 Junie. Hoop jy 'n wonderlike dag. Liefde - Mamma, Kayde, Ouma's, Oupa's, Zelda, tannie Poppie en die hele Arendse familie -------------------------------------

4 Junie. Raai wie verjaar? Geluk met jou verjaardag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Van: Riekie, Bongi en kinders -------------------------------------

CHLOE-LEIGH PIETERS. 13 op 6 Junie. Geluk my blompot en engelkind met jou verjaardag. Liefde - Mammie, Shakira en Masiano -------------------------------------

Geluk LEA FORTUIN met jou verjaarsdag. Alles wat

mooi is vorentoe. God seën . Van: jou kollegas -------------------------------------

5 Junie 2018 is jy nege jaar oud. Baie geluk DUNE. Mooi daggie vir jou. Van: Mammie, Daddy, Deidre en Chante -------------------------------------

10 Junie. BONGINKOSI Mag dieselfde goeie dinge regdeur die jaar ervaar word sodat elke dag gevul sal wees met die lewe se beste gawes. Van - die liefde in jou lewe en kinders -------------------------------------

Geluk KEEZNAY met jou 10de verjaarsdag vandag. Hoop jy het n lekker dag. Liefde jou brokers Keagon@Devon en neefs, Leacim, Liam, RJ, Evan en Ehan. -------------------------------------

Raai wie is vier op 10 Junie? Baie geluk DANILO. Van: jou Oupa, Ouma, Ma en boeta, Arendse, Kleinhans en Cleophas-gesin -------------------------------------

COURTNEY. Geluk met jou derde verjaarsdag op 5 Junie. Geniet dit Mammie en Daddy is baie lief vir jou - Colette en Adin -------------------------------------

3 Junie. SELWYN. Baie geluk Boeta met jou verjaardag. Hoop dit is 'n geseënde dag. Lief vir jou - susters en dogter, Selwecea -------------------------------------

GURSH-NAY STRYDOM. 8 Junie. Geluk met jou verjaardag. Lekker verjaar en Ouma is baie lief vir jou - Ouma Tessa en huisgesin ----Geluk met jou geboortedagvieringe. God se seëninge rus op jou my dogtertjie. Liefde - Gurshwin (Pa), Jaydin en Cay'lo -------------------------------------

29 Mei. ARRIE EN RACHEL. Geluk met jul 25ste huweliksherdenking. Wees altyd die pragtige paartjie. Liefde - Landie, jou buurvrou ----Geluk Pappa en Mammie met jul huweliksherdenking. Baie lief vir julle. Van: julle dogter, Thamlin -------------------------------------

11

6 Junie 2018

Kyk wie word 21. Baie geluk JENNIFER. God se rykste seëninge - Klara en Hannes Basson ---Happy birthday Jen. May God bless you many years. From: Emily Cleophas and family -------------------------------------

Happy birthday Mommy on 9 June. We loves you a lot. Love - Cassy, Tessy and Audley -------------------------------------

RAYDENE CARLIN ARENDSE. Geluk met jou 17de verjaarsdag op 06-06-2018. Mag daar nog baie jare wees en bly die persoon wat jy is. Geniet jou dag. -------------------------------------

MICHELLE SAMSON, baie geluk met jou verjaardag. Baie lief vir jou - Mammie Anne ---Baie geluk sus - Mathew, Brit, Handi en Joshray ---Geluk Sella - tannie Lizy en Cathy, oom Charles, Nana en oom Ivan -------------------------------------

Happy birthday WHILL on 9 June. God bless. Love Audley -------------------------------------

Veels geluk ouma MARIA APPOLLIS met u verjaardag. Ons is dankbaar om 'n dierbare Ouma te hê wat die Here dien. ---Geniet Ma se dag. Liefde - Aleta en gesin, Jady en gesin en skoondogters -------------------------------------

ELIZABETH ADAMS. 11 Junie. Baie geluk met Mamma se 60ste verjaardag. Mag daar net mooi dinge wees - Danika, Shereen, Frank, Carlo en kleinkinders -------------------------------------

11 Junie. Baie geluk Mammie se grootseun. Mag jy 'n geseënde dag hê. Mammie is baie lief vir jou ---Geluk DENICO SWARTZ. Alles wat mooi is - Juf Botha, Juf Faaro, mnr Fransman, mnr Strydom en mnr Philander ---Geluk Scharra. Alles wat mooi is vir jou. Van: o/15 rugby-span Schoonspruit -------------------------------------

Q-LYNN HENDRIKS. 08 Junie 2018. Vir ses jaar het die Here jou vir ons gespaar, ons blom. Ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar - Mammie, Luzelle, Linique en Zandre ----Baie geluk met jou verjaarsdag. Jy moet 'n lekker dag hê. God rykste seëninge vorentoe - Mammie Freda en Swarts Familie ----Veels geluk op jou sesde verjaarsdag. Lekker verjaar. Daddy is baie lief vir jou. Van jou pa Quinton -------------------------------------

wonderlike man en pa op sy 50ste verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Liefde - vroulief, Edwina en kinders. ----50 and still fabulous. May God bless you and enjoy your day. From your neighbour, Ismerelda. ------------------------------------FRANKLIN PIETERSEN. Veels geluk. Mag jy 'n ge seënde jaar vol liefde, vreugde en vrede hê. Liefde - Simone en Unaih ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

My niggie, ons mis jou sêgoed. Jy is op 'n beter plek - Coenie, Arrie en Thamlin -------------------------------------

8 Junie. SAMEUL KAREL ARENDSE. Jy vier jou 80steverjaardag met die engele. Lekker verjaar my man - jou geliefde vrou, Francis, kinders, klein- en agterkleinkinders -------------------------------------

LIONEL ROOMS. 6 Junie. Mis jou baie. Vir altyd in ons harte - Manie, Delphine, Irish, Manny, Colin, Christopher en Raymond -------------------------------------

5 Junie. SONIA LOUBSER. Mammie se eerste verjaardag in die hemel. Die verlange is baie erg. Mis vir Mammie - kinders, kleinkinders en familie -------------------------------------

LENA ROELF (Kokie). 1 Junie is di twee jaar. Ons mis jou baie. Jy sal altyd in ons harte wees - Jou susters, Nandie, Skillie en families

29 Mei. Geluk met jul 29ste huweliksherdenking, oom HENNIE en tannie FREN. Mag ons Hemelse Vader jule vir vele jare bymekaar hou - Van Neel, Visagie en Fortuin-gesin -------------------------------------

29 Mei. Veels geluk AINZLEY met jou verjaardag. Van: Pa, Ma, oupa Hennie, ouma Fren, Boeta, Lensie, Elton, Vol en Matie ------------------------------------KENNISGEWINGNOMMER T50/17/18

VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X LIGTE PASSASIERSMOTORVOERTUIG

JOHNNY BE GOOD (JOHN) 50 op 4 Junie: Aan 'n

Swartland Munisipaliteit vra hiermee tenders aan van toepaslik ervare diensverskaffers vir die voorsiening en aflewering van 1 x ligte passasiersmotorvoertuig, volgens die spesifikasies in die amptelike tenderdokumentasie. Dokumente kan gedurende normale kantoorure by Robinne Smith by tel. 022 487 9700 by die Munisipale Kantore, Malmesbury, h.v. Hill- en Piet Retiefstrate, langs die Checkers-ingang, afgehaal word. ‘n Nieterugbetaalbare kontantfooi van R100,90 is aan die Swartland Munisipaliteit betaalbaar vir die afhaal van harde kopieë van die tenderdokumente. Gratis, elektroniese tenderdokumente is op aanvraag beskikbaar. Onvolledige dokumente sal nie oorweeg word nie.. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T50/17/18– VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X LIGTE PASSASIERSMOTORVOERTUIG” moet voor 12:00 op Vrydag, 22 Junie 2018 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen tenders sal laat, elektronies of per faks aanvaar word nie. Tenders sal geëvalueer word ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en die spesifikasies wat saam met die tenderdokument uitgereik sal word. Die kontrak sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Voorkeurpunte sal nie toegeken word, indien die skedule nie volledig voltooi is nie, Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEE-statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEE -graderingseise te substansieër. Hierdie tender is onderhewig aan die Algemene Tendervoorwaardes, en indien van toepassing, enige ander Spesiale Tendervoorwaardes. Tenderaars moet oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardigers-geondersteunde dienssentrum in die Swartland Munisipaliteit se jurisdiksiegebied beskik. Die tenderaar moet ’n geregistreerde motorvoertuighandelaar wees Tegniese navrae rakende hierdie tender kan aan me Elsabe van der Merwe by tel. 022 487 9400 gerig word. Swartland Munisipaliteit word nie daartoe verbind om die laagste, ‘n gedeelte van ‘n tender of ‘n tender in geheel te aanvaar nie. Swartland Munisipaliteit Privaat Sak X52 Malmesbury 5 Junie 2018 www.thecandocompany.co.za 133960

JJ Scholtz Munisipale Bestuurder

15X4 PROOF 1


12

courant

NUUS • NEWS

dié

6 Junie 2018

Tel: 022 487 3221

SPORT

6 Junie 2018

MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 30 Mei - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Helgard Rabie 18, Lothar Buhr 16, Jacobus Snyders 15 Vrydag, 1 Junie - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Eben Lingeveld snr 18, Brian de Beer 18, Freek Stander 18

Cravenweek:

Johandre Jonkers en Noel Goliath van die Riebeekvallei Spesiale Skool is gekies vir die LSEN Cravenweekrugbyspan.

DUIWE Darling Duiwe Klub Laingsburg - 2 Junie 2018 1.Isaacs Family - 14:08:03; 2.Warnick Family 14:15:34; 3 Willemburg Lofts A - 14:17:52; 4 Baron Family - 14:21:55; 5 Isaacs Family - 14:26:23; 6 Willemburg Lofts A - 14:27:53; 7 Warnick Family - 14:32:48; 8 Isaacs Family - 14:56:00; 9 Warnick Family - 15:01:29 10 Wesley Adams - 15:17:10; 11 Isaacs Family 15:44:22; 12 Isaacs Family - 15:56:23; 13 Baron Family - 16:08:57; 14 Willemburg Lofts A - 16:24:11; 15 Baron Family - 17:04:41

Boland-proewe: Bradley Danster

en Ashwell van der Merwe van Hoërskool Dirkie Uys het hierdie week aan die finale Boland rugbyproewe deelgeneem.

Bo: Die span van Wesbank-rugbyklub het Saterdag met die span van Never Despair afgereken in die jaarlikse derby-kragmeting tussen die twee spanne. Foto: David Howburgh

•LIGA-WEDSTRYDE KRY VINNIG MOMENTUM

Wesbank tem die Spairs-tier •Abri Adonis Wesbank RVK en Never Despair RVK het Saterdag die mense van Malmesbury onthaal met 'n baie opwindende derby-wedstryd wat Wesbank baie oortuigend gewen het. Soos verwag, was die veld gepak met ondersteuners. Die spanne het in die eerste helfte goed teen mekaar opgeweeg. Wesbank het egter baie strafskoppe afgestaan en Never Despair se sterk pak voorspelers het die bal goed gedra en het in die eerste helfte voorlangs gedomineer. Teen rustyd was daar niks wat die spanne kon skei nie, en hulle het gaan water drink met die telling op 16-16. Wesbank het met nuwe geesdrif die tweede helfte aangepak en die terugkeer van Dashton Wellman het 'n groot impak op die wedstryd gemaak. Goeie taktiese skoppe in moeilike weersomstandighede het daartoe bygedra dat Never Despairs slegs drie punte kon aanteken in die tweede helfte. Dit was weer die spoedvraat Reduwaan April wat deesdae die drieë laat reën vir Wesbank. Wesbank het welverdiend die wedstryd gewen en Never Despair hulle derde agtereenvolgende nederlaag toegedien. Saterdag reis Wesbank na Coronations van Kalbaskraal. Coronations het Saterdag geen antwoorde gehad vir 'n Darling-span wat net te sterk en takties was op sy tuisveld. Coronations sal dus baie lugtig moet wees, aangesien dit lyk of daar geen keer is aan

Sportuitslae Sports results

die rooi en wit stoomtrein nie. Wesbank behoort hierdie wedstryd gemaklik met meer as vyftien punte te wen. In die wedstryd van die naweek, speel Abbotsdale gasheer vir Darling RVK, wat beloof om 'n baie opwindende wedstryd tussen die buurdorpe te wees. Albei spanne is steeds onoorwonne en 'n loesing sal vir enige van die twee spanne sal n groot terugslag wees. Darling reis na Abbotsdale met baie vertroue dat hulle die nodige skietgoed het om die vlugvoetige agterlynspelers van Abbotsdale ore aan te sit. Die wedstryd sal ook voorlangs vir groot opwinding sorg, met albei spanne wat spog met 'n sterk pak voorspelers. Dis veral Abbotsdale wat hierdie jaar vir groot kopsere voorlangs gesorg het. Darling sal die wedstryd beskou as sy taaiste nog die seisoen en sal hoop sy sterbelaaide agterlyn sal 'n goeie wedstryd ervaar. Abbotsdale is egter 'n moeilike kalant op sy tuisveld en die nodige rus wat Abbotsdale gehad het die naweek, asook hul tuisveld-voordeel. Dit sal in hul guns tel om sodoende Darling RVK se eerste knou toe te dien met 'n oorwinning van minder as tien punte. Moorreesburg reis Saterdag na Porterville wat steeds wag vir sy eerste oorwinning. Moorreesburg het die afgelope naweek afgereken met Good Hopes van Riebeek in 'n moeilike tweestryd. Moorreesburg het Good Hopes heeltemal

ore aangesit voorlangs en het die wedstryd by die skrums, losgemale en lynstane gedomineer. Die kaptein het van voor gelei. Moorreesburg se verdediging was ook rotsvas en hulle het die wedstryd welverdiend gewen. Porterville bied egter 'n heel nuwe uitdaging en hulle sal aansienlik wil verbeter en werk aan hulle hanteringsfoute, om te verseker die tuisspan kapitaliseer nie daarop nie. Porterville sal ook lugtig wees vir Moorreesburg se gevaarlike agterlynspelers. Moorreesburg sal baie vertroue uit hul eerste oorwinning die seisoen haal en behoort voort te bou met nog 'n oorwinning van minder as tien punte oor Porterville. Never Despair speel Saterdag tuis teen 'n Piketberg-span wie groot potensiaal toon hierdie seisoen, maar net nie kan afrond nie. Die Rhinospan het Saterdag hard geswoeg om Porterville met slegs een punt te wen. Never Despair sal egter 'n berg te hoog wees om te klim, aangesien die span van Malmesbury soos 'n beer met 'n seer poot sal wees, ná drie agtereenvolgende nederlae. Never Despair sal dus Saterdag weer op die wenpad kom met 'n oorwinning van meer as tien punte. Good Hopes geniet hierdie naweek 'n welverdiende blaaskans.

Riebeek Wes : 2 Junie (Laingsburg) 1 Alex Fam, 2 Alex Fam, 3 Mentoor Hokke, 4 Alex Fam, 5 Adams Hokke, 6 Mentoor Hokke, 7 MJ Hokke, 8 Alex Fam, 9 Alex Fam, 10 Adams Hokke, 11 Alex Fam, 12 Mentoor Hokke, 13 Amerika Hokke, 14 Amerika Hokke, 15 Mentoor Hokke SKOLE NUUS Hoerskool Swartland vs Vredenburg op Saterdag 2 Junie 2018: Hokkie: Dogters: 16A: 4-0 16B: 3-0 19B: 3-1 19A: 0-0 Seuns: 19A: 5-0 Netbal: 14A: 21-6 14B: 20-6 15A: 14-9 15B: 10-16 16A: 23-10 16B: 10-7 16C: 23-1 17A: Wen 17B: 12-6 18A: 22-22 18B: 17-12 18C: 27-1 Rugby: 14A: 15A: 15B: 16A: 19C: 19B: 19A:

38-0 0-15 26-0 39-18 15-0 25-10 15-0


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
472 die courant swartland by DieCourant - Issuu