courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
30 Mei 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 471
30 Mei 2018
•PROJEK DEEL VAN PLAASLIKE VOEDINGSKEMA
Motorfietsryers en skool span saam •Jaomi Zeeman Die Voor-Groenberg Primêre-skool het op Saterdag 26 Mei reeds vroegoggend hul deure oopgemaak om deel van ‘n innoverende fondsinsamelingsinisiatief te wees. Hierdie skool het met Laerskool De Waveren in Ruiterwacht en ‘n tientalle motorfietsryers saamgespan om fondse vir ‘n voedingskema vir skoolkinders te ondersteun. Volgens die skoolhoof van die Laerskool De Waveren, Eduard Hattingh, moet hul skool daagliks sowat 130 kinders, wat nie kos by hul huise kry nie, by die skool van voedsel voorsien. “Die kinders kry elke dag ontbyt en ‘n gebalanseerde middagete by die skool. Ons kwalifiseer egter nie vir ‘n subsidie hiervoor nie en die skool moet eie inisiatiewe loods om hierdie diens aan ons kinders te kan lewer,” het hy verduidelik. Die Voor-Groenberg Primêre-skool het ook ‘n voedingskema waarmee hul hul leerders van kos voorsien. Vir hierdie doel het hulle ook voortdurend fondse nodig om daagliks etes aan hul leerders te verskaf. Hulle het besluit om met De Waveren saam te span en as die wegspringplek vir ‘n motorfiets-pretren te dien. “Ons verkoop heerlike koffie en eetgoed aan die motorfietsryers met hul aankoms vir die wegspring hier by ons skool. Só samel ons ook geld vir ons voedingskema in en ondersteun ons ook ‘n ander skool wat dieselfde diens aan hul leerders moet verskaf. Boonop smee ons bande met die deelnemers met hierdie inisiatief en
Kinders en nuuskieriges het hulle aan die toertjies en gebrul verwonder toe die motorfietsryers vir die pretren weggespring het. kweek bewusmaking van die nood wat daar by skole is. Ons pragtige ligging en die omgewing waarin ons skool geleë is, is ‘n bonus op hierdie
Eduard Hattingh en Doreen Fortuin, onderskeie skoolhoofde van De Waveren Laerskool en Voor-Groenberg Primêr staan voor van die die motorfietsryers wat aan die pretren deelgeneem het.
mooi oggend vir die wegspring,” het Doreen Fortuin, waarnemende skoolhoof van Voor-Groenberg Primêr gesê. Die motorfietsryers moes met hul aankoms elkeen ‘n registrasiefooi vir die pretren betaal en elke deelnemer het ook skenkings ten bate van die voedingskema saamgebring. Spesiale sakwapens waarop die voedingskema uitgebeeld word, is ook onder die motorfietsryers uitgeloot. “Dit is ‘n voorreg om deel van sulke positiewe inisiatiewe te kan wees. Opvoeding is een van die belangrikste antwoorde vir talle probleme in ons land. As ons almal kan saamwerk, soos wat vandag die geval is, om die uitdagings in die onderwys aan te spreek, kan daar positiewe oplossings en uitkomste wees,” het een van die motorfietsryers laat hoor, terwyl hy aan Voor-Groenberg Primêr se heerlike koffie en muffins gesmul het. Die motorfietsryers het, tot groot vermaak van die kinders en werkers in die omgewing, eers ‘n paar toertjies op hul ysterperde gedoen voordat hul met ‘n groot gebrul vir die pretren vertrek het.
NUUS • NEWS
2
Hugo Rust hou Koorfees
Die Hugo Rust Laerskool se jaarlikse koorfees het op Donderdag 24 Mei plaasgevind. Talle laerskoolkore het saam met die gewilde sangeres Petronel Baard voor ‘n stampvol skoolsaal opgetree. Skoolhoofde en verteenwoordigers van die onderskeie deelnemende skole, beheerliggaamlede, sowel as ander eregaste is vooraf tydens ‘n keurige onthaal getrakteer, terwyl die gehoor Hugo Rust se allemintige skoolsaal volgepak het. Die verskeie skoolkore het in verskillende klaskamers opgewarm en met groot afwagting na die vertoning uitgesien. Die kore wat aan hierdie fees deelgeneem het, was Hugo Rust se eie junior- en seniorkoor, Hugenote Laerskool se junior- en seniorkoor, die junior- en seniorkore van Laerskool Bastion, sowel as Worcester-Noord Primêre skool se seniorkoor. Die gehoor kon, buiten die lewendige vertoning van die kore op die verhoog, die skouspel ook op grootskerms in die saal gade slaan. Die ster van die aand was natuurlik Petronel Baard en die orkes Soetmelk wat haar begelei het. Sy het die gehoor met haar ryk stem en ongelooflike talent as liedjieskrywer, komponis en pianis, bekoor en in die palm van haar hand gehad. Petronel, wat aanvanklik drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer het, het haar honneurs in kabaret en regie gedoen toe sy in 1999 vir die nasionale ATKV Crescendokompetisie ingeskryf en dit gewen het. Hierdie Afrikaanse kabaret-ster en bekroonde sangeres se poëtiese lirieke en meesleurende musiek het ekstra luister aan Hugo Rust se koorfees wat die wonder van musiek en sang gevier het, verleen.
NUUS • NEWS
30 Mei 2018
Sy is ook ‘n niggie van dié skool se skoolhoof, Johan Bruwer. Die Soetmelk-orkes wat Petronel begelei het, is eweneens bekende en gevestigde kunstenaars. Die kitaar- en mondfluitjiespeler, Schalk Maas, was voorheen ‘n stigterslid van die bekende groep Skallabrak. Saam met die baskitaarspeler, Altan Ungerer, het hul die groep Soetmelk gevorm en speel tans saam met Petronel, terwyl sy met optredes toer. Die koorfees is op ‘n hoogtepunt afgesluit toe Petronel haar eie toonsetting van ‘n gedig van Riana Scheepers, Wingerdgees, saam met ‘n massakoor, bestaande uit al die kore wat die aand opgetree het, gesing het. Riana Scheepers het, toe sy nog op die plaas De Compange buite Wellington gewoon het, die gedig spesiaal vir Petronel geskryf. Die lied was dus iets besonders, nie net omdat dit ‘n ongelooflike uitvoering deur honderde stemme was nie, maar ook omdat so eie aan ons vallei is. Petronel se Facebook-inskrywing na afloop van die koorfees is ‘n gepaste opsomming vir die wonderlike ervaring vir die sangers, koorleiers en gehoor. “’n Ongelooflike oomblik in my lewe! Massakoor se uitvoering van ‘Wingerdgees’ wat deur bekroonde skrywer Riana Scheepers vir my in Wellington geskryf is, many moons ago. Gisteraand, weer op Wellington by Hugo Rust se koorfees, het ek dit saam met Soetmelk en die massakoor gesing. Ek is weggeblaas deur die skoonheid hiervan, welgedaan almal! "Ek staan nederig voor die geskenk van musiek en die krag wat dit het om harte te verwarm. Wees geseënd!” het sy oor die koorfees geskryf.
Angs- en depressie-groep leer meer van outisme
Sandra Blackie (middel agter), die spreker by die geleentheid, saam met van die belangstellendes wat die byeenkoms bygewoon het. Die plaaslike angs- en depressie-ondersteunersgroep het tydens hul maandelikse byeenkoms op Dinsdag 22 Mei meer oor outisme te wete gekom. Die spreker tydens hierdie byeenkoms was Sandra Blackie, ‘n kenner op die gebied van outisme. Sandra het self twee outistiese seuns en het haarself as ‘n deskundige op die gebied van outisme bekwaam. Sy lewer gereeld praatjies oor die onderwerp en het al by simposiums oor outisme as spreker opgetree. Volgens Sandra val outisme buite die grense van wat algemeen as “normaal” aanvaar word. Outisme is ‘n neurologiese afwyking wat soms nie deur ‘n wêreld wat “normaal” funksioneer geakkommodeer word nie. “Ons kan onsself vra wat nou in elk geval as ‘normaal’ beskou word. Outisme is iets waarmee mense gebore word en nie iets wat oor tyd ontwikkel nie. Dit word gewoonlik op 2- of 3-jarige ouderdom by kinders opgetel wanneer hulle spraak begin gebruik en uitvalle waargeneem kan word,” het sy aan die groep verduidelik. Sandra het interessante statistieke ten opsigte van outisme voorgehou. “1% van die wêreld se bevolking is outisties. Dit klink dalk min, maar as ‘n mens in ag neem dat 0,8% diabete is en 0,8% MIV-positief is, is dit eintlik ‘n beduidende getal. Anders as met diabetes en MIV, is daar ongelukkig nog nie so ‘n groot bewustheid en begrip ten opsigte van outisme by die breër publiek nie,” het sy gesê. Sy het verduidelik dat outisme ‘n anderse prosesseringproses in die brein behels. “Die outistiese brein se sensoriese gewaar-
wording werk anders. Die informasie word anders ingeneem en verwerk en veroorsaak nie net prosesseringsprobleme nie, maar beïnvloed ook ‘n outistiese persoon se reaksie op sensoriese prikkels. Dié deel in die brein waar taal gevorm word, word ook deur outisme beïnvloed en veroorsaak kommunikasieprobleme. Alternatiewe kommunikasiemetodes moet dus met ‘n outistiese persoon ondersoek word,” het Sandra verduidelik. Die gehoor moes ‘n speletjie, wat amper soos “telefoontjie” werk, speel om die wanfunksie van die prosesseringslyn van ‘n outistiese brein te demonstreer. “Outistiese persone sukkel om stemtoon, intonasie, konteks en algemene emotiewe konnotasies in kommunikasie te interpreteer. Daar is ‘n miskonsepsie dat outistiese persone anti-sosiaal is. Hulle vermy baiemaal liewer sosiale interaksie, omdat dit eenvoudig te uitputtend en verwarrend vir hulle kan raak en moeilik is om te hanteer,” het sy gesê. Sandra het daarop gewys dat dit ‘n biologiese probleem sonder biologiese oplossings is. Die enigste terapie vir outisme, is gedragsterapie. “Daar is sekere reëls wat aanvaarbare gedrag kan versterk. Tog is dit belangrik dat, in ‘n poging om ongewensde gedrag in gewensde gedrag te verander, ‘n outistiese persoon se hele menswees nie weggevat moet word nie. Soos alle ander mense, wil outistiese mense ook weet dat hulle okay is en dat hulle aanvaar word en deel is van ‘n groter gemeenskap,” het Sandra afgesluit. Die gehoor het na afloop van die praatjie interessante vrae oor die onderwerp gevra en nuttige praktiese raad bekom.
Drakenstein not preparing alternative accommodation for 20 000 evictees Drakenstein Municipality can confirm that 20 000 sites are not being prepared as alternative emergency accommodation for evictees. The comment quoted in the media was an earlier comment by Lauren Waring, Executive Director: Planning and Development at Drakenstein Municipality, which referred to the current trend of farm evictions in the area that could, over time, result in a large number of people being evicted from farms. Drakenstein Municipality is aware of 1 127 cases in Drakenstein of which 434 are currently in court, as the Municipality is normally cited as a respondent in court applications related to evictions. It is unclear how households could be affected. When it comes to evictions Drakenstein Municipality’s role, depending on the court order granted, is to provide alternative emergency accommodation when people are being evicted. The Municipality does not evict people; it is the applicant that evicts people. When an applicant considers applying for an eviction, the Municipality normally receives a notice in terms the Extension of Security of Tenure Act (ESTA) of the applicant’s intent to go to court. This notice is also served on the
respondent(s) (the possible evictees), as well the national Department of Rural Development. The respondent(s) are given 60 days to vacate the farm of the area voluntarily; if this does not happen, the formal court process starts. Normally, before judgement is delivered the judge requests the parties to have a meaningful engagement session. The purpose of such a session is to ascertain whether an agreement can be reached; to determine the socio-economic profile of the respondent(s); and to find out from the Municipality if it has alternative emergency accommodation available. After such a session the Municipality submits a report to the court to inform the court of the Municipality’s position. Should the court decide for an eviction to go ahead, the Municipality could be instructed to provide alternative emergency accommodation for the evictee(s). This alternative emergency accommodation is normally a 24-square metre temporary structure and access to basic communal services. The identification, planning and preparation of emergency sites form part of Drakenstein Municipality’s overall human settlement planning.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
30 Mei 2018
•'N OLIFANT, 'N RENOSTER EN NOU 'N LEEU
Dot bak nog ‘n reuse-koek •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Dot Klerck is teen hierdie tyd al welbekend vir haar ongelooflike koek-kunswerke. Sy is die meesterbrein en kunstenaar van haar onderneming “Eat Cake Party” en het die afgelope paar jaar vir haarself nasionaal, sowel as internasionaal naam gemaak as een van die wêreld se beste koek-kunstenaars. Dot is besig om die grootste koek wat sy tot dusver gemaak het, aan te durf. Sy maak ‘n reusagtige leeu-koek vir hierdie jaar se Good Food and Wine Show. Hierdie koek bestaan uit ‘n veldtoneel wat twee volwasse leeus en drie welpies uitbeeld. Dit is ‘n lewensgroot voorstelling en is die grootste koek wat nog ooit by die Good Food and Wine Show uitgestal is. Dit is nie die eerste keer dat Dot grensverskuiwende werk met haar koek-vernuf aanpak nie. Sy het in 2016 ‘n projek aangepak waar sy ‘n lewensgroot renosterkoek vir bewaringsbewustheid, ook vir die Good Food and Wine Show, gemaak het. Met hierdie poging het Dot vir haarself ‘n plek as finalis in verskeie internasionale bakkompetisies losgeslaan. Sy was onder andere toe ‘n finalis in die gesogte internasionale “Oscars van die bakkers”, oftewel die Cake Masters Magazine Awards (CMMA). In 2017 het Dot ‘n lewensgroot olifantkoek vir die Good Food and Wine Show gemaak. Sy is vir hierdie poging weer as een van slegs vier internasionale finaliste vir die CMMA aangewys. Hierdie keer het sy met die louere in die afdeling vir die beste vertoonkoek-afdeling ter wêreld weggestap. Die CMMA se toekennings is ‘n geleentheid waar kunstenaars erkenning kry en waar hul kundigheid gevier word. Meer as 65 000 internasionale nominasies vir toekennings in verskillende kategorieë word jaarliks hiervoor ontvang. Die feit dat Dot reeds twee agtereenvolgende jare hiervoor benoem en verlede jaar as ‘n wenner aangewys is, is ‘n reusesukses. Alhoewel Dot se kundigheid ‘n leeue-aandeel in haar sukses het, is daar talle uitdagings wat met hierdie welslae gepaardgaan. Dit verg voorwaar leeuemoed om hierdie groot projekte geslaagd te voltooi. Haar nuutste leeukoek is geen uitsondering wat uitdagings betref nie. Dot pas die maak van hierdie reuse-leeufamilie tussen ander verpligtinge ten opsigte van haar besige koekloopbaan in. Sy het verlede week uit Australië teruggekeer waar sy as een van vier internasionale finaliste genooi is om aan die International Australian Cake Artist and Decorators Assosiation se skou deel te neem. Tydens hierdie skou het vier van Australië se voorste koekkunstenaars teen vier van die wêreld se beste koekkunstenaars in ‘n uitdaging te staan gekom. Die deelnemers moes in twee dae ‘n koekkunswerk volgens die tema “Float”, of vlot, bou. Dit is nodeloos om te sê dat Dot se internasionale span met die louere by hierdie uitdaging weggeloop het. Terug op eie bodem moes sy voortgaan met die bou van haar leeufamilie. Sy het reeds op 16 April aan hierdie koekkonstruksie op die perseel van Wellington Wines begin werk. Dié konstruksie, wat ‘n leeumannetjie, -wyfie en drie welpies insluit, het ook ‘n basis wat ‘n lewensgetroue veldtoneel uitbeeld. Alles wat deel van dié nuwe koek vorm, is eetbaar en moet individueel gemaak word. Volgens Dot is dit ‘n tydsame, uitmergelende taak. “Ons maak omtrent 3000 stukke gras wat elkeen op die basis van die koek ‘geplant’ moet
word. Elke klip, stokkie en stukkie nagemaakte been wat op die toneel is, is uit fondant,” verduidelik sy. Dot se agtergrond en studies in kuns en beeldhouwerk, sowel as haar kundigheid ten opsigte van die struktuur wat nodig is om só ‘n groot koek te dra, maak van haar ‘n ekspert op die gebied. Tog is daar sommige veranderlikes wat sy nie kan beheer nie en wat ook ‘n rol in die maak van haar leeukoek speel. “Die klam, reënerige weer die afgelope tyd maak my werk baie moeilik. Met my terugkoms uit Australië moes ek sien dat die verfwerk wat ek met die hand op die koek gedoen het, as gevolg van die klam weer begin loop het. Ek moes alles oordoen. Die fondant sukkel ook om droog en hard te word en daar vorm gedurig fyn druppels op die koek,” sê sy. Vir hierdie doel het sy waaiers en verwarmers rondom die koek geplaas. Alhoewel dit ‘n effense effek het, bekamp dit nie die vogtigheid geheel en al nie. Die vog in die lug van die groot stoor waarin sy aan die koek werk, kan egter onmoontlik ten volle met waaiers beheer word. Tog voel Dot positief oor hierdie grootste koek wat sy tot dusver aangepak het. “Dit is alles ten bate van die bewusmaking van die bewaring van wilde diere. Die leeu is hierdie jaar die vaandeldraer van hierdie inisiatief,” sê sy optimisties. Intussen werk sy elke dag van agtuur soggens tot sesuur saans, en soms nog ‘n ekstra paar ure, om die leeukoek klaar te maak. Wanneer dit teen Donderdag 31 Mei moet klaar wees, sal daar weer ‘n pryswennersmeesterstuk uit Dot se kraal op die groot vervoerwa na die Good Food and Wine Show gelaai word.
3
courant
dié
4
NUUS • NEWS
30 Mei 2018
Soos die hart van 'n leeu
Baie vergelykings is al met leeus getref. Ons weet dat hulle die konings van die diereryk is. As jy iets uit die leeu se bek gehoor het, weet jy dat dit die waarheid is. Iemand met ‘n leeuehart is dapper en kan enigiets aanpak. As jy leeuemoed het, is jy so braaf soos ‘n leeu en as iemand ‘n leeueaandeel in iets het, het hy die grootste gedeelte daarvan gedoen. Boosheid wat soos ‘n brullende leeu rondloop, ‘n moontlike leeukuil en die leeu se lêplek is dinge wat ons liewer wil vermy. In Wellington is daar baie mense en instansies wat die goeie eienskappe van ‘n leeu openbaar en uitleef. Hier is baie mense met leeueharte, leeuemoed en ‘n leeueaandeel in positiewe inisiatiewe in ons dorp. Daar is selfs mense wat lewensgetroue leeukoeke aanmekaarslaan. Die afgelope week het Wellingtonners se aktiwiteite, prestasies en inisiatiewe van hul leierskap, groothartigheid en deursettingsvermoë getuig. Dot Klerck, ons eie koek-ghoeroe, is besig om ‘n lewensgroot leeufamilie uit koek te bou. Hiermee durf sy nie net haar grootste projek tot dusver aan nie, maar wil sy ook bewustheid vir die bewaring van hierdie wilde diere bewerkstellig. Die plaaslike depressie en angsondersteuningsgroep het met leeuemoed die onderwerp van outisme ondersoek en Hugo Rust het soos ware
It’s Good News
koninklikes ‘n uithaler-Koorfees aangebied. Die plaaslike akteur, skrywer en regisseur, Jeremeo le Cordeur, se leeuehart klop nou doer in Liverpool warm vir die uitvoerende kunste. Hy wil graag die ondervinding wat hy daar as ambassadeur van Artscape opdoen, plaaslik kom terugploeg. Soos die leeu die kroon in die diereryk dra, dra een van Drakenstein se trotse boorlinge nou die Mej. SA kroon. Tamaryn Green het ons hele vallei sommer baie trots gemaak. Ons lyndansers se nasionale prestasies, Voor-Groenberg Primêr se inisiatief saam met motorfietsryers vir ‘n voedingskema, die selfgemaakte slaapsakke wat die Lions aan haweloses geskenk het en die gemeenskap se diensbaarheid tydens die Moederkerk se feestelike basaar getuig alles van ‘n gemeenskap met leeueharte. “Look inside yourself, Simba. You are more than what you have become. You must take your place in the circle of life. Remember who you are… remember,” was Mufasa se wyse woorde aan Simba in die gewilde fliek “The Lion King”. Gelukkig lyk dit of Wellingtonners dit reeds lankal weet. Mag elkeen hierdie week hul leeueharte voel klop en dinge met leeuemoed aanpak om ‘n leeueaandeel in die positiewe verandering rondom ons te hê. So uit die leeu se bek!
Moederkerk hou basaar
Die kerrie-en-rys was oudergewoonte ‘n groot gunsteling.
Dr. Marc Blackwell Snr
Words of Grace
Christians can have the assurance that God is present with us in all of our life situations and trials. “Through many dangers, toils and snares, I have already come; ‘Tis grace had brought me safe thus far, and grace will lead me home.” The Converted Slave-Trader, John Newton - “Let your character or moral disposition be free from love of money; - including greed, avarice, lust, and craving for earthly things - but be satisfied with your present circumstances and with what you have; for God Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down or relax My hold on you; - Assuredly not!” (The Amplified Version of Hebrews 13:5). A survivor of the Holocaust and the author of “The Hiding Place” - Corrie Ten Boone captures the peace that comes with trusting Who God is when we do not under- stand what He is doing in the midst of our most grievous and on-going trials. “Life is but a Weaving” (the Tapestry Poem) “My life is but a weaving Between my God and me. I cannot choose the colors Oft’ times He weaveth sorrow; And I in foolish pride Forget He sees the upper And I the underside. Not ’til the loom is silent; And the shuttles cease to fly Will God unroll the canvas And reveal the reason why. The dark threads are as needful In the weaver’s skillful hand As the threads of gold and silver In the pattern He has planned He knows, He loves, He cares; Nothing this truth can dim. He gives the very best to those Who leave the choice to Him.”
Drakenstein vier fees oor mooie Tamaryn Daar was Sondag 27 Mei geen tekort aan krete van gelukwensing, trane en vreugde in die Hugenote Gemeenskapsaal toe honderde plaaslike entoesiaste die kroningsgeleentheid van die nuwe Mej. Suid-Afrika op ‘n grootskerm gade geslaan het nie. Familie, vriende en voormalige onderwysers van die 23-jarige mediese student Tamaryn Green, wat ons vallei as een van die 12 finaliste by vanjaar se Mej. SA verteenwoordig het, het die geleentheid wat deur Drakenstein Munisipaliteit aangebied is, bygewoon. “Ons is ontsettend trots op Tamaryn en het reg van die begin geweet dat ‘n blink toekoms op haar wag,” het Conrad Poole, burgemeester van Drakenstein Munisipaliteit gesê toe hy saam met die Green-familie die sekondes na die kroning in die gemeenskapsaal afgetel het. “Tamaryn is ‘n perfekte voorbeeld van hoe
Die kindertafel was ‘n gewilde heenkome vir die jongspan met hul beursies.
‘n kombinasie van talent en harde werk enorme prestasie tot gevolg kan hê. Sy het uitstaande welslae behaal. Ons wens haar en haar familie geluk en wens haar net die beste vir haar jaar as Mej. Suid-Afrika toe. Mag sy ‘n ware impak maak en voortgaan om ‘n rolmodel en inspirasie vir die jongmense van Drakenstein en Suid-Afrika te wees. In Drakenstein is dit ons visie om stad van uitnemendheid te wees en wanneer ‘n plaaslike talent soos Tamaryn sulke hoogtes bereik, kan ons almal saam trots wees,” het burgemeester Poole na die kroning gesê. Volgens die Mej. SA webtuiste is die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss wat tans ook in Drakenstein woon, vir Tamaryn ‘n inspirasie. Haar ouers is haar rolmodelle. Die hele Drakenstein is baie trots op Tamaryn se prestasie en nuwe titel.
Só gooi ‘n mens ‘n pannekoek! Die jong manne was baie behendig agter die pannekoektafel. Die NG Moedergemeente het op Saterdag 26 Mei hul jaarlikse basaar gehou. Dit was, soos gewoonlik, ‘n heerlike gemeenskapsfees waar oud en jonk hul in die talle winskopies en vermaak kon verlustig. Tafels wat onder vars produkte, fyngebak, snuisterye en handgemaakte produkte gekreun het, het reeds om agtuur Saterdagoggend vir die talle besoekers van die dag gereed gestaan. Ou basaargunstelinge soos pannekoek, poeding en jaffles was natuurlik weer by hierdie geleentheid te koop en die kleinspan kon aan die heerlike kinderpret-aktiwiteite deelneem. Die geskenktafel het nuttige gebruiksartikels, handgemaakte items en oulike geskenke gebied en besoekers
kon ook vir ‘n heerlike plaasontbyt aansit. Die kindertafel het oudergewoonte talle jong geesdriftiges met hul beursies gelok en diegene met groen vingers kon hul hande op die waterwys-plante by die kwekery-tafel lê. Terwyl die kerksaal in die geur van pannekoek, jaffles en ander lekkernye gehul was, kon besoekers hul inkopies bewonder of aan die talle lekkernye smul in die pragtig-versierde kuier-area wat in die saal ingerig is. “Baie dankie aan elkeen wat hard gewerk het, geëet het, gekoop het en gesels het. Ons is bevoorreg om in Wellington te woon met die wonderlikste mense,” het die kerk na afloop van die basaar op hul facebookblad gesê.
NUUS • NEWS
30 Mei 2018
5
6
Dagboek • Diary
30 Mei 2018
NUUS • NEWS
Schimke en Phillips gesels by plaaslike boekklub Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081
Darling Brew 30 June: Darling Brew presents Winter Beer Festival from 10:00 till 18:00. Live music: The Stone Jets and Sunset Sweatshop As per last year - there will be food stalls Ticket Price: R120 per person (includes a free DB beer glass for over 18’s. Big Kids: R80 (12 – 18 years) Kids under 12 is free For enquiries please contact - 021 286 1099
Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361
Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60 at 08:00, 40 at 08:05 and 12 km at 08:10. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars at 08:15 Registration from 06:00 on 18 August at Riebeek Cellars. Pre-online entries available. Late entries on the day. Enter online - www.roag.co.za
NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273
!Khwa ttu 6-7 Oct: 24 hour MTB. Teams can be solo, team of two or team of four - 10km multi lap relay challenge For any further enquiries, please contact 022 451 2202 or send an email to info@darlingttu.co.za Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens
op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
Karin Schimke en Jolyn Phillips is twee digters wat beide pas hul nuutste digbundels gepubliseer het. Hierdie twee digters het op Donderdag 24 Mei tydens ‘n vergadering van die plaaslike Boekklub in die Bôrdienghuis oor hul nuwe bundels gesels. Karin het oor haar nuwe bundel, Navigate, en Jolyn oor haar bundel, Radbraad, gepraat. Jolyn het pas die UJ-debuutprys vir Radbraak gewen. Volgens haar is “Radbraak” ‘n manier om haarself aan haar eie tong voor te stel en terselfdertyd ook haar tong te breek. Die middel-Nederlandse betekenis van radbraak is juis “om te breek”. “Ek wou ‘n biografie skryf vir my taal, my menswees en my denke,” het Jolyn, ‘n wonderlike nuwe jong stem in die Afrikaanse letter-
kunde, gesê. Karin, wat ook ‘n vryskut-boekredakteur, skrywer en vertaler is, se eerste digbundel, “Bare & Breaking”, is in 2014 met die gesogte Ingrid Jonker prys bekroon. In haar nuwe bundel, Navigate, worstel sy met sekere vrae. “Dit gaan oor die ‘wie is ek?’ en ‘waar pas ek in?’ vrae,” het sy verduidelik. Sy gebruik en betrek ook die hele spektrum van menswees en haar gevoel van vervreemding - sy is die kind van ‘n immigrant - tot by die punt waar sy haar plek as wit middeljarige vrou in die politieke en sosiale bestel van Suid-Afrika moet bepaal. Die volgende Boekklub byeenkoms is op 7 Junie wanneer Jan-Jan Joubert oor sy nuwe boek, “Wie gaan in 2019 regeer”, gaan praat.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS • NEWS
7
30 Mei 2018
VLV se naaldwerkportefeulje hou interessante byeenkoms
Landlope: Die o.9-groep het met mening weggespring by Labori in die Paarl by die
weeklikse landloopbyeenkoms vir laerskole wat deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gereël word. Foto: Engela Duvenage
Jeremeo verteenwoordig Artscape in Liverpool
Die uitbeelding van modes deur die dekades vermaak gesorg. Die plaaslike VLV-tak het op Donderdag 24 Mei hul maandelikse byeenkoms in die Noordgemeente se kerksaal gehou. Die naaldwerkportefeulje was vir die reëlings verantwoordelik en het die dames op heerlike aktiwiteite getrakteer. Daar was oudergewoonte ‘n heerlike marktafel vol tuisgemaakte produkte en winskopies. Verjaarsdagdames is op ‘n interessante wyse gelukgewens en ‘n gelukkige trekking het vir groot opwinding gesorg. Die kompetisievereistes vir komende VLV-kompetisies is ook aan die lede verduidelik en uiteengesit. Die tema van die oggend was “Van toeka tot nou”. Karen Barnard van die naaldwerkportefeulje het interessante en nuttige klerekaswenke aan die dames voorgehou. Klerekasbeplanning, sowel as ordening, het nuwe betekenis tydens haar praatjie gekry. Die hoogtepunt van die byeenkoms was die modeparade van VLV-lede wat klere uit ver-
tydens ‘n prettige modeparade het vir groot skillende eras vertoon het. Klere soos dié van Emily Hobhouse, modes uit die vyftigerjare, die hippie-era, die sewentigs, tagtigs en negentigs is op maat van musiek uit dieselfde eras vertoon. Elke uitrusting is deur ‘n beskrywing van die tiperende kenmerke van klere uit die spesifieke era toegelig. Gaste kon as’t ware terugreis in die verlede op die maat van musiek uit vervloë dae en die herinnering aan die soms verspotte modes wat al deur die dekades gekom en gegaan het. Lede van die VLV het ook bokse vol musse, sweetpakkies, onderklere en ander gebruiksartikels ingesamel en self gemaak. Hierdie bokse sal binnekort aan die Ma’s vir Wellington organisasie oorhandig word om die nood van kinders tydens die koue wintermaande te verlig. Na afloop van die vergadering kon gaste en lede heerlik rondom tee en eetgoed saamkuier.
Hillies terug op wenpad
Die Wellingtonner Jeremeo le Cordeur is een van twee kunstenaars wat gekies is om die Artscape Teater en Suid-Afrika by die Brouhaha Uitruilprogram in die Verenigde Koningkryk te verteenwoordig. Dié program word van Mei tot Augustus hierdie jaar in Liverpool aangebied. Die Artscape Teater, in samewerking met Brouhaha Internasionaal, het vir hierdie doel twee opkomende kunstenaars vir die program geïdentifiseer. Jeromeo en nog ‘n kunstenaar, Chenal Kock, het aan die begin van Mei na Engeland gereis om aan die Europese Vrywilliger Diens se uitruilprogram in hierdie kapasiteit deel te neem. Brouhaha Internasionaal se basis is in die Verenigde Koningkryk in die stad Liverpool. Hulle bied jaarlikse programme, geleenthede en gemeenskapsfeeste aan wat uiteindelik tot ‘n hoogtepunt saamvloei wanneer hul hul vlagskip internasionale straatfees aanbied. Met hierdie inisiatief word mense en kunstenaars van verskeie lande soos Amerika, Brasilië, Trinidad, Zambië, Kuba en Suid-Afrika op verrykende wyse verenig om mekaar te inspireer en hul vaardighede te verbeter. Volgens Jeremeo is dit vir hom ‘n geweldige eer om een van Artscape se gekose verteenwoordigers by hierdie internasionale inisiatief te wees. “Hierdie is vir my ‘n groot geleentheid. Ek hoop dat ek dié wonderlike ervaring sal kan gebruik om ander te inspireer,” laat hy uit Liverpool weet. Tydens sy deelname aan die program sal Jeremeo aan programme en geleenthede blootgestel word wat sy vaardighede as uitvoerende kunstenaar sal opskerp. Hierdie ervaring sal aan hom die unieke geleentheid bied om diverse
ondersoeke te doen, terwyl sy kreatiewe kundigheid ‘n stewige hupstoot kry. “Ons sal, as deel van die program, by gesamentlike vertoningsprojekte, gemeenskapsaktiwiteite, sowel as die skep van nuwe werk betrokke wees. Dit is veral ook lekker dat ons die kans kry om met kunstenaars van ander lande vaardighede, uitdagings en insigte uit te ruil. Ons lei ook werkswinkels binne sekere van Liverpool se gemeenskappe,” vertel Jeremeo. Hierdie plaaslike akteur, regisseur, skrywer en kunsfotograaf is ook die entrepreneur agter die onafhanklike produksie en ontwerpplatform Vulture Productions. Sy werk en ondervinding in die bevordering van die skepping van oorspronklike Suid-Afrikaanse produksies, het definitief tot sy ambassadeurskap vir die Artscape-teater bygedra. “Ek verstaan dat ek met hierdie geleentheid in Liverpool aan nuwe werkspasies blootgestel sal word. Daarom gryp ek dié opwindende reis oopkop aan en sien ek uit om deur nuwe denkstrukture uitgedaag te word. Ek sal graag na die drie maande met ‘n groter verstaan van die rol van onafhanklike mense in die kunswêreld na Suid-Afrika wil terugkeer,” sê Jeremeo. Intussen geniet hierdie Wellingtonner elke oomblik in Liverpool en gryp hy elke geleentheid wat hy deur die program van Brouhaha kry, aan. Hierdie kreatiewe meesterbrein, wat al by talle musiekteaterproduksies betrokke was, sy produksiemaatskappy gebruik om Suid-Afrikaanse teater te laat herleef en al talle suksesvolle produksies en uitstekende resensies op sy kerfstok het, sprei nou sy vlerke in die buiteland. Hiermee hoop Jeremeo dat nie net sy eie lig nie, maar ook dié van ander plaaslike kunstenaars helderder sal kan skyn.
• Jovan-ré W Cupido Na ‘n wankelrige begin in hul eerste wedstryd teen Bella Vista, is Hillies weer teug op die wenpad. Die span van Wellington het Saterdag kragte gemeet teen ‘n sterk Ceres span op Boland-B. Die tuisspan het eerste bloed geruik binne die eerste 5 minute van die wedstryd toe Justin Willemse die bal onderskep in die middelveld en Curtley Swanepoel goeie afrondings werk doen. Swak disipliene deur die besoekers het gesorg dat hulle binne 15 minute hul eerste geelkaart van die wedstryd kry. Hillies het die situasie uitgebuit en 2 keer gedruk. ‘n Goeie agterlyn beweging het die heelagter Jeandré Abrahams in spasie gesit vir ‘n drie, en kort daarna was Emilio Coetzee beloon met ‘n drie. Hillies was 19-3 voor 25 minute in die wedstryd. Die besoekers het terug gekap met ‘n drie en n strafskop, en die wedstryd het gedraai op 19-13 in die guns van Hillcrest. Die tweede helfte was baie meer vinniger, tens en die gemoedere was hoër. Die besoekers het kort van die afskop punte aangeteken. Hillcrest se voorspelers was dus domineerend teenoor ‘n fisiese Ceres agttal. Terman-Lee Booysen het gaan druk na ‘n rolmaal beweging deur die tuisspan vroeg in die 2de helfte en Hillies was weer voor 26-20. Met vars bene op die veld het die tempo van die wedstryd weer opgetel en Ceres het die voortou geneem 27-26 met 10
minute oor in die wedstryd. Die tuisspan se verdediging was baie getoets maar Hillies het weer goeie karakter getoon. Geoffrey Allies wat heel wedstryd knaend was by die afbreekpunte het nog n strafskop aan die tuisspan versorg en dit was verdoel deur plaasvervanger Raylin Philander. Met slegs 2 minute oor in die wedstryd het Lylle Nyman in die hoek gaan kuier gesorg vir ‘n 34-30 oorwinning vir Hillies. Die eerste oorwinning in twee wedstryde het weer soet gesmaak vir die Wellingtonners. Vir die tuisspan het Marshall Afrika, Carlon Corollissen, Geoffrey Allies en kaptein Emile Booysen goeie voorspelers spel getoon, en goed bal gedra. Kyle Marthinus was rotsvas op verdediging, terwyl Emilio Coetzee, Curtley Swanepoel en Jeandre Abrahams ‘n goeie driehoek agter gevorm het op verdediging en goeie aanvallende spel. Hillcrest se plaasvervangers Percy Koopman, Elton Fortuin en Raylin Philander het ‘n groot impak kom maak. Hillies pak komende Saterdag Newtons op Bombella Park. Dit ‘n beloof om ‘n titaniese stryd te wees. Puntemakers: Curtley Swanepoel, Jeandre Abrahams, Emilio Coetzee, Terman-Lee Booysen, Lyle Nyman. Kyle Marthinussen [con. X3], Raylin Philander [strafskop 1] Fotos: Gaby Kaalmeyer
courant 30 Mei 2018
dié
8
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
30 Mei 2018
•LYNDANSERS VAN FORMAAT
Wellington dansers skop stof op by SA-kompetisie
Laerskool Hugenote se o.8-meisiehokkiespan het verlede week hul eerste wedstryd ooit gespeel, en hul staal getoon teen Curro Langebaan deur te wen. Hier is Marlé Smit (in geel) in aksie. ‘n Groep plaaslike dansers het onlangs ‘n hele paar medaljes by die Line Dance South Africa se South African Masters Championship losgedans. Die SA Masters-danskampioenskappe het van 18 tot 20 Mei in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal plaasgevind. Lyndanse (Line Dance) het die afgelope tyd baie gewild geword onder plaaslike dansentoesiaste. Daar is ‘n lyndansskool in Wellington en een in die Paarl. Die Paarl se lyndansskool word deur Karin van der Merwe, wat ook die eienaar van Bootscooters SA, asook as ‘n nasionale beoordelaar is, bedryf. Wellington se lyndansers word deur Alta Meynhardt afgerig. Plaaslike dansers wat aan die onlangse SA Kampioenskappe gaan deelneem het, moes eers tydens die provinsiale kampioenskappe hiervoor kwalifiseer. Die Western Cape Provincial Competition het op Saterdag 21 April plaasgevind. Drie Wellingtonners het aan die Nasionale kompetisie in Amanzimtoti as deel van die Westelike Provinsie se span gaan deelneem.
Hulle is Beate van Niekerk, Suléne van Niekerk en Tanika de Klerk. Die plaaslike dansers het uitstekend gevaar. Buiten die twee eerste plekke en een derde plek wat deur dansers van die Paarl ingepalm is, het die Wellingtonners ook stof in die ander dansers se oë geskop en met drie medaljes huis toe gekom. Tanika de Klerk het ‘n derde plek in haar afdeling in die Newcomer, ouderdomsgroep Teen Female, behaal. Sy het drie danse gedans. Suléne van Niekerk het ‘n tweede plek in haar afdeling, Starter vir die ouderdomsgroep Gems Female, verower waarin sy twee danse gedans het. Beate van Niekerk, wat drie danse gedans het, is as die nasionale kampioen in die afdeling Newcomer, Junior Female, aangewys. Met hierdie uitsonderlike prestasies het Wellington se lyndansers gekwalifiseer om as deel van die Suid-Afrikaanse span aan die World Dance Master Championship, wat van 10 tot 13 Augustus in Blackpool in die Verenigde Koninkryk plaasvind, deel te neem.