Skip to main content

471 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

30 Mei 2018

16.9%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 471

30 Mei 2018

Hande aan ploeg geslaan Die 13de Swartland Veterane ploegdag het die afgelope naweek op Môreson buite Malmesbury plaasgevind. Volgens Ernst Coetzee van die Swartland Veterane klub, was die dag een groot sukses. “Ons is baie tevrede met die opkoms.” Meer besoekers het vanjaar se ploegdag bygewoon, voeg hy by. Die amptelike bywoningsyfer sal later vandag bekend gemaak word. Altesaam 48 trekkers het aan die dag deelgeneem en gehelp om sowat 20 ha grond om te ploeg.

•VEEDIEFSTAL RUK OP TEEN ONWETTIGHEDE

Eenheid maak skoon Oortreders in die onwettig handel van wild en in dié geval bedreigde spesies, het onlangs les opgesê danksy goeie samewerking en flink optredes deur die natuurbewaringsorganisasie, CapeNature én Malmesbury se veediefstal -en bedreigde spesie-eenheid. Vier buitelanders is in drie verskillende sake vasgetrek en op 22 Mei in die Bellville-streekshof vervolg. Op 24 November verlede jaar is Koji Ikoma van Japan in hegtenis geneem nadat hy probeer het om ‘n SAPD-padblokkade buite Bitterfontein te ontduik. Ikoma het tydens die jaagtog ‘n koelsak by die venster van sy motor uitgegooi. Kort na die stof gaan lê het, was polisielede verbaas om 48 Armadillo-gordelakkedisse binne-in in die koelsak aan te tref. Lede van die CapeNature-berwaringsdiens, die biodiversiteitsmisdaadeenheid en die SAPD se veediefstaleenheid van Malmesbury het die toneel besoek en met die ondersoek begin. Ikoma het op drie klagtes skuld erken wat insluit die versameling, besit en vervoer van 48 Armadillo-gordelakkedisse (Ouroborous cataphractus). In sy pleidooi, het hy aangedui dat hy die akkedisse sou verkoop vir finansiële gewin. Ikoma

is ‘n vonnis van 13 jaar tronkstraf opgelê of beboet vir R1 miljoen. Takashi Handa van Japan is later op 29 Desember naby Nuwerus in hegtenis geneem terwyl hy besig was om Armadillo-gordelakkedise in die veld te versamel. Hy is met vyf van dié akkedisse in sy besit betrap. CapeNature en Malmesbury se veediefstaleenheid het wéér die toneel besoek en die saak ondersoek. Handa het verlede week skuld erken op klagtes wat die versameling en besit van dié akkedisspesie insluit. Hy is ses jaar tronkstraf opgelê of beboet met R300 000. In nog ‘n geval is Leo Träger en Holger Pelz, beide van Duitsland op 7 Maart naby Lutzville in hegtenis geneem nadat hulle in die besit van 21 Armadillo-gordelakkedisse, twee Karoo-gordelakkedisse en drie Peers nama-akkedisse betrap is. CapeNature en die plaaslike veediefstaleenheid het weer kragte saamgespan en ingetree. Die twee Duitse oortreders het skuldig gepleit op aanklagtes van onder meer die versameling en vervoer van 21 Armadillo-gordelakkedisse, die twee Karoo-gordelakkedisse (Karusasaurus polyzonus) en die drie Peers Nama akkedisse (Namazonurus peersi) sonder die skriftelike toe-

stemming van die grondeienaars. Pelz en Träger is elk met ‘n boete van R250 000 opgelê of twee jaar tronkstraf. Deur puik samewerking tussen CapeNature-bewaringsdienste, die biodiversiteitsmisdaadeenheid en die SAPD se veediefstal- en bedreigdespesie-eenheid van Malmesbury, Nuwerus en Lutzville SAPD, asook die Wes-Kaapse kantoor van georganiseerde misdaad van die nasionale vervolgingsgesag, is drie suksesvolle sake afgehandel en met swaar vonnisse opgelê deur die hof. Volgens CapeNature se uitvoerende hoof, Dr. Razeena Omar, word die uitsprake verwelkom en het op sy beurt al die betrokke partye geluk gewens. Hy meen die goeie spanwerk sal ander kriminele wat die Wes-Kaap se plante en diere wil misbruik vir eie gewin, twee keer laat dink. Die gebeure demonstreer die tipe sukses wat bereik kan word wanneer wetstoepassingsagentskappe saamwerk om suksesvolle vervolging te handhaaf, sê die bestuurder van CapeNature se biodiversiteit-misdaadeenheid, Paul Gildenhuys. “Die vonnisse stuur ‘n duidelike boodskap na kriminele waarteen streng opgetree sal word indien hulle onwettige profyt uit ons biodiversiteit wil maak.”

NUUS • NEWS


2

30 Mei 2018

•HOPE@SWARTLAND DEUR MATIES ONDERSKRYF

NUUS • NEWS

Projek gee hoop vir Swartland-leerders •Izélle Garcia MALMESBURY – ‘n Projek wat fokus op die verbetering van hoërskoolleerders se wiskundeen wetenskappunte in hul senior fase, poog om nie net ‘n verskil in hierdie jongmense se lewens te maak nie, maar ook diegene na aan hulle se lewens te verander. Hope@Swartland is onlangs in dié streek van stapel gestuur onder die vaandel van die Universiteit van Stellenbosch. Dit het reeds op Atlantis, onder Hope@Atlantis, groot sukses behaal. So groot dat ouers met hul kinders in die vakansie by die hekke van die sentrums wag om hul kinders deel van die program te maak. In die projek word daar gefokus om leerders se wiskunde- en wetenskappunte te verbeter deur vakansieskole aan te bied.

Die Swartland se klasse sal op Malmesbury aangebied word en sluit die leerders van Illingelethu Sekondêr, Schoonspruit Sekondêr, Wesbank Sekondêr, Hoërskool Swartland en Hoërskool Dirkie Uys in. Die kriteria behels dat ‘n leerder, hetsy graad 10, 11 of 12 in die voorafgaande jaar ‘n gemiddeld van 60% afsonderlik in hierdie twee vakgebiede behaal. Slegs dan sal hulle oorweeg word om deel van die projek te wees. Tutors word deur die universiteit aangewys wat dan ook die klasse sal lei. Plaaslike onderwysers sal ook ingespan word en so word dié groep Swartlanders ook verder bemagtig deur die Hope@Swartland-inisiatief. Dr Leon Roman van Swartland Investments, wat ook die dryfveer agter die plaaslike inisiatief is, het verlede week by ‘n sake-ontbyt genoem

dat dit ‘n projek is wat hom na aan die hart lê en dat die projek “iets is wat ek vir my eie kinders sal wil hê”. Dr Trevor van Louw van die Universiteit van Stellenbosch het die suksesse van die projek in ander provinsies met die teenwoordiges gedeel. ‘n Leerder uit ‘n ander streek het onlangs die geleentheid gehad om deel te vorm van ‘n raadsvergadering van Microsoft en het ook hier ‘n spreekbeurt gehad. Dié leerder het ook deel gevorm van die Hope@-projek. “Die projek maak die deure oop vir ons jeug. Dit bemagtig hulle en plaas hulle op die pad na sukses,” het Roman gesê. Soos met enige projek, is befondsing broodnodig. Die kostes verbonde beloop ongeveer R380 000, waarvan ‘n groot hoeveelheid reeds deur

sakelui geskenk is. Afgebreek per leerder beteken dit dat ‘n geleentheid R6000 per jaar beloop. Indien ‘n onderneming betrokke raak en befondsing beskikbaar stel, kan hierdie fondse vir belastingdoeleindes teruggeëis word met die Artikel 18A-kwitansie wat deur die universiteit uitgereik word. Ander voordele wat dit vir ‘n onderneming inhou is BBBEEE-punte vir sosio-ekonomiese ontwikkeling, sowel as gemeenskapsblootstelling as borg. Die projek word gelei deur die Universiteit van Stellenbosch (SUNSEP), Swartland Investments, Atlantis Foudries, Tip Trans, Prima Bande en skole vanuit die Swartland. Vir meer inligting, kontak Dr Leon Roman by leon.roman@Swartland.co.za of 082 397 7232.

“Sedert my laaste begrotingsrede was daar een groot faktor wat ons funksies en strategieë by WKDM beïnvloed het en dit was die tekort aan water”. Dit was die openingswoorde van raadsheer Harold Cleophas, uitvoerende burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, aan ‘n stampvol raadsaal tydens sy begrotingsrede. Cleophas het alle raadslede bedank vir hul samewerking asook die munisipale bestuurder, uitvoerende bestuur en personeel uitgesonder vir die rol wat hul gespeel het met die saamstel van die begroting en die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP). “Dankie vir julle lojale en

positiewe insette asook jul toewyding waarmee julle jul werk verrig. Dit is hoofsaaklik julle harde werk wat toegesien het dat WKDM sewe agtereenvolgende skoon oudits ontvang het” het hy gesê. Hy het die hoof finansiële beampte, Johann Koekemoer, wat binnekort uit diens tree, bedank vir sy jare lange diens en uitmuntende bestuur van die munisipaliteit se finansiële department. Cleophas het benadruk dat daar vele uitdagings is wat plaaslike regerings in die gesig staar. “Te midde van die uitdagings soos werkloosheid, die insinking van ons sosio-ekonomiese toestande en die toename in verwagting vir beter publieke dienste, is die Distriksmunisipaliteit oorgehaal om ‘n noemenswaardige bydrae te maak in die gemeeskap deur effektiewe vennootskappe met B-munisipaliteite en ander regerings- en nie-regerings instansies aan te gaan” het Cleophas gesê. Die kapitaalbegroting beloop R3,355 miljoen teenoor die

R9,835 miljoen van verlede jaar se oorspronklike begroting. Die bedryfsbegroting beloop R353,844,511 wat die volgende isluit: (Dit is nie beperk tot die onderstaande nie) • Instandhouding van paaie = R124,7 miljoen • Sosiale Ontwikkeling = R3,504 miljoen • Toerisme = R3,233 miljoen

• Brandweerdienste = R37,051 miljoen • Munisipale Gesondheid = R24,926 miljoen • Rampbestuur = R2,352 miljoen • Grootmaat Watervoorsiening = R88,056 miljoen • Beplanning/grootmaat vullis/projekte = R2,769 miljoen

Weskus Distriksmunisipaliteit se begroting aanvaar

Manuel bedank as burgemeester

Evert Manuel, burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit het Woensdag kort voor ‘n spesiale raadsvergadering, uit sy pos bedank. Die adjunk burgemeester, raadslid Sandra Crafford, gaan in terme van die aankondiging in die raadsvergadering as uitvoerende burgemeester waarneem totdat die proses vir die aanstelling van ‘n nuwe uitvoerende burgemeester plaasvind. Volgens die munisipaliteit se kiesafdelingshoof, Chris Hunsinger, sal daar ‘n keuringsproses met ‘n paneel saamgestel word wat aansoeke vir die vakante pos sal hanteer, evalueer en aanbeveel vir bekragtiging deur die federale uitvoerende raad. “Ek verwag dat die huidige status van waarnemende uitvoerende burgemeester ongeveer vir drie maande sal voort duur.” Crafford het aangekondig dat al die posisies behou word totdat daar ‘n nuwe uitvoerende burgemeester deur die raad aangestel word. Manuel bly aan as raadslid.


NUUS • NEWS

3

30 Mei 2018

•RUILWINKEL BREI UIT

Tweede houer vir Darling se Dress Revue:

Die Hoërskool Swartland se week van revue met die produksie The Diva is Vrydagaand afgesluit met 'n gala-aand en opvoering in die gepakte skoolsaal. “Dirty Dancing/Footloose” was een van die gunstelinggedeeltes onder die gaste. Die skeepsvraghouer wat HeartFM in 2016 vir die projek geskenk het. DARLING - Twee jaar gelede het die herwinningsprojek Darling Recycling Swop Shop (Dress) op dié dorp hul eerste skeepsvraghouer van Heart FM ontvang en aanstaande Woensdag word hul tweede houer deur dié radiostasie oorhandig. Dress is in 2013 deur ds. David Botha (toe die predikant van die VG Kerk op die dorp) en Corrie Windt (wat herwinning op die dorp behartig het) gestig met kinders tussen die ouderdomme van 4 en 14 jaar wat die herwinbare materiaal insamel. Die materiaal word ingeruil vir punte om later weer te ruil by die winkel, vertel die koördineerder van die skeepsvraghouer, Con Meyer. “Die kinders kry dus nie geld nie, maar punte wat geldwaarde het om te kan ruil vir produkte soos kos, klere en skryfbehoeftes. “Hulle leer só ook die waarde van die insamelingswerk wat hulle doen.” Die beskikbare produkte hang af van skenkings wat ontvang is. Geld wat geïn word uit die herwinde materiaal, word ook in die projek teruggeploeg om onder meer die winkel se voorrade aan te vul. Daar word in 'n groot mate ook op skenkings staat gemaak. Sedertdien 2013 is meer as 200 ton se herwinbare materiaal reeds deur kinders ingesamel. Die nie-winsgewende projek is destyds van stapel gestuur om die jeug te betrek, te help en ook om 'n waardevolle bydrae in die gemeenskap te lewer. Die jong herwinningsagente help om die omgewing skoon te hou en herwinbare items soos papier, glas, plastiek en geblikte materiaal bymekaar te maak en na die inruil-winkel te neem om geweeg te word. Botha het destyds aan dié courant vertel die ruilwinkel is gestig as een van 'n paar soorgelykes aan die hand van 'n model wat op Hermanus deur Marilyn de Villiers begin is. Dress se winkel word elke Woensdag deur die kinders besoek om hul insamelings van die week te kom ruil. As hulle materiaal bring, kry hulle gewoonlik ook sop en 'n toebroodjie. Belangstellendes wat by die projek betrokke

Bo: Karen Korte, Cathy Clark, Jenna-Lee Botha, Thereze en Corrie Windt met die geskenkte fietse wat by Saterdag se DBX oorhandig is. wil raak of donasies wil maak, kan Cathy Clark skakel by 082 326 0769. - (Johan Viljoen)


4

Hoe gemaak met...

30 Mei 2018

...onkruid op my gras

NUUS • NEWS

Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury

Soos wat die koeler dae aanbreek en dit ook so af en toe reën, begin die winter-onkruid sommer vinnig kop uitsteek. Hoe vroeër daar opgetree word, hoe makliker kan die probleem beheer word. Onkruid in jou grasperke: Die onkruid wat oordadig hier in die Wes-Kaap in die wintermaande sy kop uitsteek, is wintergras (Poa Annua). Dit kan nogal veral in die meer skaduryke, klam areas ‘n welige pes word. Probeer om ‘n selektiewe onkruiddoder soos Lawntyl of Kerb te gebruik om die uitbraak te stuit. Altwee die produkte kan voorkomend gebruik word, asook na opkoms. Dit beteken indien jy dit vroegtydig spuit, maak dit die saadjie dood sodra dit ontkiem. Na-opkoms bespuiting vat nogal ‘n paar weke voordat die onkruid vrek. Dan is daar ook ‘n verskeidenheid van ander breëblaar-onkruid wat kan uitkom, maar gelukkig is daar ook ‘n hele paar middels wat selektief is om dit mee te beheer, soos M.C.P.A, Hormoban, Turfweeder of Super Lawnweeder en Lawntyl. Onthou om slegs die middels te gebruik indien die onkruid reeds groei, want die middels word deur die chlorofil in die blaar opgeneem en so in die plant ingevoer. Dit help nie jy spuit as daar geen onkruid is nie – want dan gaan niks werk nie. Onkruid in jou tuin: 2.1 Onkruid wat op oop areas begin groei kan met ‘n algehele (nie selektiewe) onkruiddo-

der soos bv Glyphogan (Glifosaat) bespuit word, maar onthou, DIT MAAK ALLES DOOD! Dit wil sêjy moet niks raakspuit wat jy nie dood wil hê nie. 2.2 Onkruid tussen jou plantjies en struike moet maar liefs met die hand uitgetrek word, daar is nie ‘n kortpad met onkruiddoder nie. 2.3 Geplaveide areas soos opritte en paadjies kan ook met “Glyphogan” gespuit word, pasop net dat dit nie oorwaai na enige plante of grasperk langsaan nie. Gebruik altyd ‘n goeie benatter/kleefmiddel, asook ‘n PH-buffer sodat die produkte beter kan funksioneer. Spuit op die warmste deel van die dag, wanneer die wind verkieslik nie waai nie. Die belangrikste is om jou spuittoerusting baie deeglik skoon te maak sodra jy klaar is. Moet geen giwwe in spuitkanne bêre nie en gebruik ‘n sterk ammoniak-oplossing soos bv Scrubs Ammoniak om kanne mee uit te spoel en ook deur die pyp en spuitkop (nozzle) te spuit. Algemeen: Lees altyd instruksies en wees versigtig!!! Nou is dan ook die laaste kans om blombolle te plant wat in die lente gaan blom. Die lelies is eersdaags beskikbaar. Volgende keer (27 Junie) gesels ons weer oor snoeiwenke, want Julie-maand is snoeityd. Ons gaan weer op 21 Julie op Malmesbury ‘n gratis demonstrasie aanbied. Ons gee volgende keer meer inligting daaroor. Tuingroete George Retief

The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Swartland Voortrekkers 2 Junie: Die Swartland Voortrekkers bied aan die Sopdans. Musiek deur Christo Smit om 19:00 by die Malmesbury Stadsaal. Kostes beloop R120 per persoon, kinders welkom. Hoërskool kinders betaal R100 per persoon en ander kinders is gratis. Baie pryse vir gelukkige trekkings Vir kaartjies en tafelbesprekings kontak Lize Signs by 022 482 3425 VLV Vergadering 13 Junie : Kom hou saam met ons vergadering om 9:00 vir 9:30. Kostes beloop - Lede Gratis/ Nie Lede R30 Spreker is Lizette De Jager - Image Consultant and Stylist van Elyzian Image & Style en gaan ons meer vertel wat om die opkomende winter te verwag in die mode wêreld en maklike klerekas beplanning.

Darling Museum

20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361 NG Kerk Riebeek-Wes 20 Junie: Die NG Kerk Riebeek-Wes hou wynveiling met die gaskunstenaar en afslaer, Pietman Geldenhuys by Groenrivier om 18:30. Kostes beloop R200 per persoon en kontantkroeg beskikbaar. Vir enige navrae kontak Altus Gilenhuys by 082 468 8273 Darling Brew 30 June: Darling Brew presents Winter Beer Festival from 10:00 till 18:00. Live music: The Stone Jets and Sunset Sweatshop As per last year - there will be food stalls Ticket Price: R120 per person (includes a free DB beer glass for over 18’s. Big Kids: R80 (12 – 18 years) Kids under 12 is free For enquiries please contact - 021 286 1099 Berg River Marathon 11-14 July PHS Oud Skoliere Bond 17 Augustus: Wees deel van die stigting van ons "Oud Skoliere Bond" en heerlike saam kuier voor Interskole. Vir verdere info stuur 'n e-pos na : rina@ piketberghs.co.za Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60, 40 and 12 km. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars. Enter online - www.roag.co.za Darling Voorkamerfest 31 Aug, 1-2 Sept: Bookings open 1 July. For any further enquiries please contact Tasha at 072 573 7937 !Khwa ttu 6-7 Oct: 24 hour MTB. Teams can be solo, team of two or team of four - 10km multi lap relay challenge For any further enquiries, please contact 022 451 2202 or send an email to info@darlingttu.co.za Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers


NUUS • NEWS

30 Mei 2018

5


6

30 Mei 2018

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4602 ------------------------------------DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak : platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie #4609 ------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604

-----

WERK GESOEK: 4de jaar Landboustudent op soek na vakansiewerk Junie/ Julie. Betroubaar en hardwerkend. Kontak Karlo 083 3465755 #4649 ------------------------------------TE HUUR TO LET Stoorspasie te huur sentraal Malmesbury. Groottes wissel van 13.30 m² tot 166.275 m². Vir meer inligting kontak 022 487 3916 #4648 ----2 Slaapkamer woonstel met motorhuis te huur vanaf 1 Julie 2018. Sentraal geleë. Kostes per maand R4950 + deposito. Munisipale kostes uitgesluit. Geen troeteldiere. Skakel 022 487 1919 tydens kantoorure #4650 ------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS CHRISWILL CLEOPHAS (Kriebo). 30 Mei. Mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, geluk en seën wees. Liefde - Mammie, Daddy en Jacques ---Geluk met die verjaardag en lekker verjaar - Pa se meisiekind, Chrizaan ------------------------------------CHRISTIAAN BARENDSE. Geluk met jou verjaardag op 24 Mei. Mag die Here jou seën. Baie lief vir jou - Ma, Pa, ouma, oupa Paul, Jacebene, Amanda en Logan ------------------------------------Raai wie word 10 op 29 Mei? CHRISTIANO RENATO BAADJIES. Lekker verjaar. Liefde - Ma Lallas, pa Pikkie en families ------------------------------------ROCHELLE HESSELMAN. 21 op 1 Junie. Baie geluk my kleinkind met jou verjaardag. Liefde - Ouma, Mamie, Naulene en klein Ayesha ------------------------------------5 June DYLAN DANIELS Happy 21st birthday my son. May God bless you abundantly! Enjoy your day. Love - Mommy and your sisters ----Happy 21st birthday our grandson. Gods blessings upon your life!!Love - ma Nettie, pa Joey and Kaylin ----Happy birthday my dear cousin. Enjoy the 21st bash. God bless you. Love - Priscilla, Theo and Courtney ------------------------------------SYLVESTER. 1 Junie-Geluk met jou geboortedagvieringe Boeta. Mag jy 'n "awesome" verjaarsdag hê Van: Almal die familie -------------------------------------

-My liefie, SKAPEDOO. Geluk met jou verjaardag op 28 Mei. Mag die dag vol seënwense, liefde en geluk wees - Amelia, Mammie en Hennie ------------------------------------EAAN KLAASEN. Drie op 28 Mei Baie geluk my besige kleinkind. Jy maak my elke dag gelukkig. Liefde - ouma Margie, Elzaan en ousus Lieschen ---'n Volle drie. Jy moet lekker verjaar. Van: Peetma Barbie en Shelmay ------------------------------------1 Junie 2018 geluk my niggie met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is vorentoe. Mag jou oë gevestig bly op di Here. Van: Searle ----Geluk ZAINAP my kind, alles wat mooi is van Mammie Ouma Boebie Orelia ---Geluk my suster met jou geboortedag-vieringe. Mag daar net mooi seëninge en geluk op jou pad kom - Shahieda, Willmore en kinders ------------------------------------ZAIDEN. 28 Mei 2018 Geluk, Earlkie se kind. Mag jy jou daggie geniet my skat. van Searle en Orelia --Geluk Ouma se blompot. Mag jy lekker verjaar. Van: ouma Maya en ouma Serie ---Happy birthday my boy. May God bless you and keep you. From: Shahieda Willmore and kids ------------------------------------29 Mei. Geluk met jule 29ste huweliksherdenking, Oom Hennie en tannie Fren. Mag die Hemelse Vader jule nog vele jare bymekaar hou. Van: Van-neel-, Visagie en Fortuin gesin ------------------------------------29 Mei. Veels geluk AINZLEY met jou verjaarsdag. Van: Pa, Ma, oupa Hennie, ouma Fren, Boeta, Lensie, Elton, Vol en Matie ------------------------------------2 Junie. Raai wie word een? "Happy birthday". Hoop jy geniet jou dag. met familie - Williams en Damonse-gesin ------------------------------------1 Junie. Raai wie word een? "Happy birthday EMILEAH". Geniet die dag saam met jou familie - Jou moeder, Elizma ------------------------------------Happy first birthday DEE-ZARIO. May the Lord bless and keep you for many more - Great grandma, Grandma and Uncle ------------------------------------ABIGAIL JANTJIES. 24 Mei. Baie geluk met jou kroonverjaardag. Seënwense. Van: Ouma en Gernick ------------------------------------Happy birthday our angel, AUDREY BOOISEN on 2 June. You bring joy in our hearts. From: Your parents ------------------------------------CHAZ RICK ESAU. 29 Mei. Geluk met jou verjaardag. Van: Daddy en Mommy ------------------------------------LEANA STRYDOM. 3 Junie. "Happy naughty 40! Love you". Van: jou kollegas en familie ------------------------------------BENITO SWARTS. 30 Mei. Baie geluk met jou verjaarsdag. Seën op jou lewenspad. Liefde - Pa, Ma en PJ ------------------------------------MARIA. Op 29 Mei het Ma verjaar. Baie geluk, hoop Ma het 'n lieflike dag gehad. Van: Natasha, Lida en Marciano -----

7

30 Mei 2018 Hoop tannie Ria het lekker verjaar. Van Skyler en Jonique ----Baie geluk Maria - Lulu, Wayda, Elma en Karen ----Geluk Ria. Liefde - jou Ma, susters en Adams familie ------------------------------------CHARLTON-CLAY. 2 Junie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Liefde Charmaine, Carol, Sharon en Luke ----Baie geluk en mag die Here jou seën. Van: Deonay, Zayron, Caydene, Zayronique, Clayonick, Junior en Koesie ------------------------------------HEINWILL - Baie geluk met jou verjaarsdag my seun, en alles wat mooi is. Van: Mammie, Dadda en Ousus ------------------------------------1 Junie. Baie geluk my vrou , MARIA, met ons 12 jaar huweliksherdenking. Jy is my alles. Baie lief vir jou - Manlief ------------------------------------LYNETTE. 2 Junie. Baie geluk. Behou jou mooiheid en lieflike gesindheid.

Liefde - Ma, suster, broer en Linnwin ---Geluk met jou verjaardag. Mag daar seëninge op jou pad wees - Winston, Linn-Winn en Cleophas-familie ------------------------------------REGINA. Baie geluk met Ma se geboortedag-vieringe op 30 Mei. Geniet die dag en mag die Here Ma nog vele jare spaar Angelique ------------------------------------JUSTINE TIMOTHEUS. 3 Junie. Mag jy 'n leeftyd van vrede, voorspoed en geluk ervaar. Baie liefde - Claudia en Avril Waneburg ------------------------------------JOAN MEYER. 3 Junie. Baie lief vir jou. Baie dankie vir alles wat jy vir my gee en doen. Die Here seën jou goeie hart - Avril Waneburg ---------------------------------CHANIQUE PRESENCE. Baie geluk my blompot met jou eerste verjaardag. Van: Mammie, Dadda, Erinique, Oumas en Oupa ----------------------------------30 Mei. Baie geluk met jou vyfde verjaardag. Ouma

is baie lief vir jou - Ouma, Oupa, Jonica, Atta en oumagrootjie. ----Jy moet lekker verjaar AKEELAH. Boeta, wens jou alles wat mooi is toe - Boeta, Tannie Ryntjie, Courtney en Mike -----------------------------------3 Junie. Gelukkige verjaardag DANIELLE. Jy moet lekker verjaar. Mammie is baie lief vir jou - Jou ma Benoline -----------------------------------TYREAZE ONVERWACHT. Baie geluk met jou sewende verjaarsdag op 31 Mei. Van: Ma, ouma, oupa, oom en tannies -----------------------------------29 Mei. BRITNEY se 16de verjaardag. Baie geluk my blom - Lynn, Delano, Mena, Essie. God seën -----------------------------------Geluk met jou verjaarsdag. ANDRE ROSENBERG Jou Ma, Broer , suster en dogter Lee-Andre -----------------------------------2 Junie. CATHRINE (Babes) MARKUS. Geluk met Mammie se 60ste verjaardag. Mag die dag gevul wees

met hope liefde. Van: Llewellyn, Megan, Avelee en Lincoln -----------------------------------31 Mei. CONWILL. Gelukwense met jou verjaardag. Liefde - mamma Hester -----------------------------------ROCHELL LEANDER. 26 Mei en AIDENN LEANDER op 3 Junie. Geluk met jul verjaarsdae. Mammie is baie lief vir julle. -----------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM MIETJIE MARKUS. 30 Mei. Jou eerste verjaardag weg van my. Jou liefde aan my sal altyd onthou word - Jou man, Moos -----------------------------------1 Junie. KAREL JACKSON. Jou derde verjaardag wat jy saam die engele vier.

Jou herinneringe sal ons altyd koester. Liefde - Trish Deacon -----------------------------------JASON APRIL. It was Friday your first year in heaven. We miss you every day of our lives. Till we meet again. Love from your Mom, sister and brothers -----------------------------------ABE ENGELBRECHT. 29 Mei 1953. Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Mis jou nog elke dag - Johannes, Anna, kinders & kleinkinders -----------------------------------JOHN KLAASE. 1 Junie. Jou derde verjaardag weg van almal. Sal hierdie dag vir altyd onthou - John Barendse

STERFGEVAL OBITUARY

ALBERT LATEGAN. Sag heengegaan op 26 Mei. Jou heengaan laat 'n groot leemte. Troosdiens: Woensdag, 30 Mei om 19:00 te Protea woonstelle N2, Malmesbury. Begrafnisdiens: Saterdag, 2 Junie. Besigtiging om 9:00 en die diens om 10:00 by die Ou Jehova Kerk, Malmesbury -----------------------------------


8

courant 30 Mei 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

30 Mei 2018

Die vyfde agtereenvolgende Darling Brew Extreme fietswedren het die afgelope naweek op Darling plaasgevind en verwagtinge oortref. Phillipa Wood, hoof organiseerder van die fietswedren, sê hulle is baie tevrede met hoe die dag verloop het. “Ons het ‘n pragtige sonskyndag tussen die reënerige dae gehad wat ‘n groot invloed op die bywoning van ons toeskouers gehad het.” Altesaam 2100 fietsryers het aan die wedren deelgeneem met sowat 5000 besoekers. Volgens Wood was hulle vanjaar genoodsaak om die inskrywingsgetal te beperk weens die groot belangstelling. Hulle is reeds besig om volgende jaar se fietswedren te beplan wat die keer oor twee dae sal plaasvind om alle inskrywings te kan akkommodeer.

•SPANNE BOU VOORT OP SUKSESSE

Groot derby-stryde wag

Wesbank RVK wie die afgelope paar weke gesukkel het om aan die gang te kom, het Saterdag waardevolle momentum opgebou toe hulle Porterville RVK op hul tuisveld 'n behoorlike pak slae toegedien het en sodoende maksimum punte ingepalm het. Die weghol-oorwinning is net die regte medikasie vir die span van Enrico Franse in aanloop tot die groot derby-wedstryd Saterdag teen hul buurspan, Never Despair oftewel Die Tier. Wesbank se spelers was Saterdag in 'n verwoestende bui. Dit was veral die voorry van Wesbank wat die grondslag gelê het vir goeie aanskoulike rugby deur die agterspelers. Wesbank het vir die eerste keer hierdie seisoen eerste punte aangeteken en dit was veral hul loskakel, Rodwill Jonkers “Boet”, wat die wedstryd baie goed dikteer het. Porterville het geen antwoorde gehad vir Wesbank se dominerende spel nie en spelers soos Devon “Maori” van Niekerk en Reduwaan “Die Ai” April, wat ook drie pragdrieë gaan druk het, het sirkels rondom Porterville se spelers gehardloop. 'n Speler van die wedstryd-vertoning deur Heico Jacobs het ook gesorg dat Wesbank op alle areas van die wedstryd vir Porterville uitoorlê. Alhoewel Wesbank baie selfvertroue uit die wedstryd geneem het, sal hulle nie die wedstryd met Never Despair die komende naweek ligtelik opneem nie. Derby-wedstryde tussen Wesbank en Never Despair sorg gewoonlik vir groot opwinding met albei spanne wat beskik oor talentvolle spelers. Never Despair, wie Saterdag sy tweede agtereenvolgende loesing toegedien is, sal wil verseker dat hulle Wesbank se vlugvoe-

tige agterlynspelers in toom hou. Wesbank aan die ander kant, sal wil seker maak hulle behou die druk op Darling en Abbotsdale met Wesbank wat die wedstryd behoort te wen met minder as tien punte. Coronations reis Saterdag na Darling, wie steeds onoorwonne is en tans onstuitbaar lyk. Darling het hom Saterdag teen Never Despair goed van sy taak gekwyt met opwindende hardlooprugby. Goeie spel deur die talentvolle Brent Arendse het verseker dat Dugald Williams eerste vir Never Despair punte aanteken. Dit het egter nie die wind uit Darling se seile gehaal nie, met Darling se pak voorspelers wat die wedstryd omgeswaai het met hulle kragspel. Gideon Andrews en die reserwe skrumskakel, Ethan Sias, het Darling in die wedstryd gehou. Dit was egter die oud-Darlingspeler Juwell Samuels en nommer 7-flank Tyler Jacobs wat 'n doring in Darling se vlees was. Puik verdediging en goeie duikslae het die grondslag vir Darling gelê om te verseker dat Darling op die ou einde van die dag Never Despair kon ore aansit. Coronations behoort 'n nuwe uitdaging vir Darling te bied, maar Darling behoort te veel skietgoed op sy tuisveld te het en die besoekers sal swoeg om Darling weg van hulle doellyn te hou met n bonuspunt oorwinning met meer as tien punte op die kaarte die komende Saterdag. Good Hopes het Saterdag sy eerste oorwinning van die liga-seisoen behaal. Die span van Riebeek-Wes het 'n begeesterde Piketberg, wie stert in die lug opgedaag het na hul oorwinning oor Moorreesburg, 'n goeie rugbyles geleer.

NUUS • NEWS

Piketberg het die wedstryd goed begin en twee vinnige drieë gedruk. Good Hopes het egter goed teruggeveg en goeie werk deur die spelers het Good Hopes twee prag drieë besorg. Dit het gesorg vir 'n dominerende grondslag vir Good Hopes en in die tweede helfte het Good Hopes die krane oopgedraai met die agsteman Fernando Poedel aan die spits. Good Hopes het 'n welverdiende bonuspunt-oorwinning behaal. Die span van Riebeek-Wes reis Saterdag na Moorreesburg. Moorreesburg, oftewel Samoa sal van hul rustyd gebruik het om 'n strategiese plan te beraam om Good Hopes te troef. Wedstryde tussen die twee buurdorpe word gewoonlik gekenmerk aan plettervatte en aanskoulike kragspel, met albe spanne wat beskik oor agterspelers wat op enige dag groot verwoesting kan saai. Moorreesburg behoort Saterdag sy eerste oorwinning te proe, indien sy klein generaal Jaydon Markus n goeie wedstryd het. Daar is ook sprake dat die vlekvryestaal-stut, Arthur Adonis, sy terugkeer Saterdag maak. Toeskouers kan hulle gereed maak vir 'n opwindende wedstryd met Moorreesburg wat die wedstryd met minder as sewe punte behoort te wen. In die Bergrivier se derby-wedstryd speel Piketberg gasheer vir Porterville wie nog nie die seisoen aan die wenkant was nie. Piketberg behoort verdere sout in Porterville se wonde te smeer met 'n oorwnning van meer as 5 punte vir die Rhinos. Abbotsdale geniet Saterdag 'n welverdiende blaaskans voordat hy Darling aandurf. - Abri Adonis

Du Toit, Papier, maak hul merk

Embrose Papier (21), laerskoolleerling van Darling draf eersdaags uit in groen en goud teen Wallis in Washington DC. Papier, wat vir die afgelope sowat twee jaar as skrumskakel vir die Blou Bulle speel, is een van 43 rugbyspelers wat ingesluit is in die nuwe Springbok-afrigter Rassie Erasmus se eerste span. Papier vertrek vandag saam met sy nuwe spanmaats na Amerika ter voorbereiding vir hul eerste toets teen Wallis op 2 Junie. Hy beskou sy insluiting in die span as ‘n groot eer. “Dis ‘n groot voorreg om deel te wees van die span. Vir nou probeer ek alles in te neem en te leer wat ek kan,” sê Embrose kort voor hul laaste oefening op eie bodem. Sy Blou Bul-afrigter, John Mitchell het reeds ‘n paar dae voor die bekendmaking van die span, hom geluk gewens. “Toe het ek reeds iets vermoed,” sê ‘n beskeie Embrose. Hy is in Maart vanjaar as een van 11 Blou Bulle gekies wat ingesluit is in Erasmus se eerste oefenkamp. Erasmus het altesaam 17 spelers wat nog nooit vir die Springbokke gespeel het nie, gekies. Volgens hom is die span groot. Vir nou probeer hy sy spanmaats ken en is hy en sy medespelers besig om so vinnig moontlik die wedstrydspan aan te leer. Hoewel die tyd vir voorbereiding min is, is hy positief oor ‘n goeie begin vir die Springbokke. “Ek het darem al saam en teen baie van my spanmaats gespeel wat help. Shyroll Fysch op Darling, Embrose se ma, se hart wil bars van trots. Sy was die eerste om dié nuus van haar seun te ontvang nog voordat die span aan die publiek bekend gemaak is. Sy het in elk geval geweet hy sal eendag die Springboktrui dra. “Ek het nog altyd vertroue in hom gehad,” voeg sy by. Volgens haar is Embrose die een persoon waarna sy opkyk en beskou sy prestasies as haar persoonlike motivering om groot hoogtes te bereik. Gelukwensings het verder van oral in sy tuisdorp ingestroom. Darling Rugbyklub is in ekstasie oor hul “Darling seun” wat eersdaags in groen en goud sal uitdraf. Die Laerskool Darling waar Embrose sy skoolloopbaan afgeskop het, het hom ook op sy Facebook-blad geluk gewens met die ongelooflike prestasie. Die Springbokke skop hul internasionale seisoen die komende Saterdag teen Wallis in Washington af met Pieter-Steph du Toit van Riebeek-Kasteel wat die span as kaptein op die veld sal lei. Dit is die eerste keer wat hy as kaptein vir die Bokke sal uitdraf. Ná dié kragmeting keer die Bokke terug na Suid-Afrika waar hulle vir drie toetse teen Engeland te staan sal kom.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
471 dié courant swartland by DieCourant - Issuu