Skip to main content

470 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

23 Mei 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 470

•REEDS 30 JAAR DEEL VAN TUINE

23 Mei 2018

Timothy woeker met sy groen vingers •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Timothy Jacobs se oë blink wanneer hy oor sy werk praat. Hierdie energieke man is altyd op ‘n drafstap, altyd op pad iewers heen om toe te sien dat sy plantjies elke dag die regte behandeling kry. Timothy werk al vir 30 jaar lank in die parkeafdeling van Wellington se munisipaliteit. Hy het op 18-jarige ouderdom as tuinwerker by die plaaslike munisipaliteit ingeval en hom intussen as plantkenner en kenner in tuinuitleg bekwaam. Volgens Timothy het hy nog altyd ‘n liefde vir plante en tuinmaak gehad. “Ek is oorspronklik van die Onverwacht-plaas en het as jong seun altyd na skool in die mense op die plaas se tuine gewerk. Dit was nog altyd vir my baie lekker en ek het ‘n groot liefde vir plante. Dit is waarom ek na skool by die munisipaliteit se parke-afdeling begin werk het. Tuine en plante is iets wat ek ken en waarvoor ek baie lief is,” vertel hy. Timothy het hom sedert sy dae as algemene tuinwerker by die munisipaliteit opgewerk tot ‘n toesighouer. Vandag is hy vir al Wellington se tuine verantwoordelik. Die plante- en tuinkennis wat hy destyds as jong kannetjie op die plaas opgedoen het, het intussen ook tot ‘n uitgebreide kennis van tuine en plante gegroei. Timothy kan die wetenskaplike volksname van al die plante in die tuine waarvoor hy verantwoordelik is, uitryg. Hy ken elke plant se aard en behoeftes en weet wanneer dit snoeityd is en watter pestilensies watter soort plante kan beetkry. Hy ken ook die name van elke doepa wat plantsiektes kan behandel. Timothy het boonop ‘n besondere gawe om tuine uit te lê en aanpassings na gelang van die seisoene of klimaatsverandering te maak. “Ek kan vooruit dink hoe sekere hoekie of tuin uiteindelik sal lyk nog voordat ons met die plantwerk begin het. ‘n Mens moet baie dinge

in ag neem wanneer jy plante in die grond sit. As jy hulle verstaan en mooi na hulle kyk, sal hulle jou met die mooiste tuine beloon,” laat hy hoor. Wellingtonners het die aanpassings wat die afgelope paar maande met die huidige droogte aan ons dorp se tuine gemaak is, opgemerk. Alle beddings op middelmanne, sowel as sekere munisipale tuinareas is die afgelope tyd in waterwys-tuine omskep. Hierdie inisiatief het onder Timothy se wakende kennersoog geskied. “Ons moes al ons tuine aanpas sodat dit met die minste water moontlik en min onderhoud kan klaarkom. Maar dit moet darem nog steeds ‘n mooi prentjie maak. Daarom het ons tonne rivierklippe ingespan om ou beddings te vervang en waterwys-plante wat die droogte sal kan deurstaan vir groenigheid gebruik,” verduidelik hy oor die nuwe baadjie waarmee Wellington se tuine deesdae spog. Timothy het onlangs ook ‘n eerbewys van Drakenstein se burgemeester, Conrad Poole, ontvang. Hy is vereer vir sy jarelange diens by die munisipaliteit en het ook ‘n ere-toekenning

vir die uitstaande en betroubare bydrae wat hy in die gemeenskap lewer, ontvang. “Dit voel baie lekker as mense raaksien wat jy doen en dat jy in alles wat jy doen jou bes te gee. ‘n Mens werk soveel jare aan iets wat vir jou baie lekker is. "Om nou, as ‘n toesighouer, iemand te wees wat erkenning kry, beteken dat my betroubaarheid, liefde vir wat ek doen en my toewyding en harde werk iewers raakgesien is. Dit beteken baie vir my en ek voel baie geseënd,” sê Timothy trots. Sy liefde vir sy werk kan ook by sy huis gesien word. Alhoewel mense soms spot dat ‘n skoenmaker se kinders soms stukkende skoene dra, is dit glad nie met Timothy die geval nie. Sy eie tuin is sy trots en verbygangers stop dikwels by dié lushof. Hy het selfs op eie inisiatief ‘n klein parkie voor sy huis uitgelê - iets wat sy hele straat en buurt opkikker. Vir hierdie man met die groen vingers is die grootste uitdaging om soms te besluit watter plante se tyd miskien verby is en vervang moet word. Hy weet hoe om steggies te maak en hoe om met min hulpbronne baie te vermag. Ná 30 jaar se diens in Wellington se munisipale tuine, sien Timothy nog steeds daarna uit om elke dag vroegoggend werk toe te gaan. “Ek val vroeg in sodat ek die beplanning van die dag aan die gang kan kry en die spanne se werk kan uitdeel en oral ‘n oog kan gaan gooi. "Ek is regtig mal oor my werk en elke dag gelukkig om dit te kan doen,” sê hierdie energieke plante-man wat nooit vakansie neem nie en daarvan droom om eendag sy eie tuindienste te begin. “Eendag, as ek moet aftree by die munisipaliteit, sal ek graag my eie tuindienste wil begin. Ek sal nie ‘n dag kan deurkom sonder om in ‘n tuin of met plante te werk nie,” sê hy.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

23 Mei 2018

•WELLINGTON DEEL OOK IN VIERINGE Swiegers eersdaags op Wêreld vier museumdag Wellington Die bekende sanger en liedjieskrywer, André Swiegers, gaan op Vrydagaand, 25 Mei, ‘n Wellingtonse draai gooi. Hy gaan sy nuwe tweetalige album, All I really want, in Die Bôrdienghuis op Wellington bekendstel. Dié gewilde sanger van liedjies soos Blou, wat deur onder andere Laurika Rauch opgeneem is, en Eva, het vanjaar op Valentynsdag 60 geword. Hy het aanvanklik net in Engels gesing en eers heelwat later Afrikaanse liedjies begin skryf en sing. Aangesien hy goed bedrewe is in Afrikaans en Engels, is sy nuwe album ’n besondere belewenis. Die konsert begin om 20:00 in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum. Kaartjies kan by 021 873 2786 of teater@breytenbachsentrum.co.za bespreek word.

Vrydag 18 Mei was internasionale museumdag regoor die wêreld. Tydens hierdie dag vier museums in alle lande die feit dat hul belangrike plekke van kulturele kennisruiling is, kultuur verryk en ‘n gemeenskaplike begrip, samewerking en vreedsaamheid onder mense kan bewerkstellig. Wellington-museum het ook Vrydag aan hierdie viering meegedoen toe hul as een van die meer as 36 000 museums uit meer as 160 lande oor die wêreld hul erfenis en doel gevier het. Die tema vir 2018 se internasionale museumdag was “Museums met ‘n hiper-verbintenis: nuwe benaderings, nuwe publieke”. Hierdie tema belig die feit dat museums, net soos die res van gemeenskappe in die tegnologiese eeu, meer kompleks, divers en geïntegreerd geword het. Die Internasionale Raad vir Museums (ICOM) glo dat dié dag bewustheid van die feit dat museums ‘n leidende rol in gemeenskappe se erfenis en interkulturele aktiwiteite speel, sal kweek. By die Wellington-museum was die personeel positief oor die viering van hierdie dag en besoekers kon Vrydag die museum gratis besoek. Volgens Olivia le Cordeur, kurator van die museum, is hulle ook opgewonde oor al die nuwe verwikkelinge by die plaaslike museum. “Ons is baie opgewonde oor die opgradering van ons een uitstalruimte wat binnekort voltooi sal wees. Die Egiptiese uitstalling, sowel as die

Die personeel van die Wellington Museum op internasionale museumdag. plaaslike uitstalling wat die geskiedenis uit die 1 Junie deel word van ‘n nuwe inisiatief waar boek, Die lewe suid van Markstraat, uitbeeld, sal al dié museums se inligting op ‘n “mobi-webeersdaags saam met ‘n uitstalling oor die plaas- tuiste” bekendgestel sal word. Besoekers aan like Klopse ons een uitstalkamer in ‘n heel nuwe hierdie webtuiste sal al die inligting wat tans op gedaante tooi. Besoekers kan uitsien na ‘n heel museums se brosjures is, met skakels, op die webtuiste kan vind. nuwe ervaring,” het Olivia gesê. “Dit sal ‘n heel nuwe era vir die museum ten Nóg nuwe dinge wag op museum-geesdriftiges. Die streek se museums gaan almal op opsigte van tegnologie inlui,” sê Olivia.

Wellington se rolbalklub vier 80 ryke jare

Op 28 Maart 1938 het ‘n groep entoesiastiese Wellingtonners, onder voorsitterskap van mnr. F. Odendaal, besluit om ‘n rolbalklub in die dorp te stig. Die stigterslede van hierdie klub, wat oorspronklik net vir mans beskore was, het dadelik aan die werk gespring om ‘n rolbalbaan te bou. Die destydse senator, Dan Retief, het £150 van die gekwoteerde £200 wat die baan sou kos, geskenk. Twee jaar later, op 13 Desember 1940, is die baan en die klubhuis amptelik geopen. Hierdie eerste baan was by Markplein geleë. Gedurende 1940 het die klub vroue ook toegelaat om te begin speel. Die eerste presidente van die klub was mnr. J.T. Fischer en mev. P. Hiscock. Op 28 Februarie 1966 is die klubhuis van die destydse rolbalklub in ‘n brand verwoes. Dit is herbou en op 7 Oktober 1967 heropen. Die Markplein is in 1995 aan ‘n ontwikkelaar verkoop en die huidige Pick ‘n Pay-sentrum is daar opgerig. Dit het die rolbalklub genoop om na ‘n nuwe perseel lang die rugby- en krieketvelde te skuif. Op 30 November 1996 is die nuwe baan en klubhuis geopen. Die klubhuis is intussen vergroot en by die behoeftes van die klub aangepas. In 1949 is een van Wellington se bekendste landmerke, naamlik Sneeukop, as embleem op die rolbalklub se sakwapen gebruik. In 1996 verander die klub sy embleem na die Fleur de Lis. Die klubkleure is ook in 2012 van donkerblou en groen na vlootblou en wit verander. ‘n Nuwe vlag in die amptelike kleure van die klub is op 16 Maart 2013 onthul. Die Hogkins-trofee, wat jaarliks tydens ‘n kompetisie tussen Wellington en Paarl se rolbalklubs beslis word, dateer uit die skenking van hierdie trofee ter nagedagtenis van mnr. J. Hogkins. Hy was ‘n jarelange lid van die Wellington-rolbalklub en ook die stigter van die Paarl-rolbalklub. Sy twee dogters het die trofee as ‘n verering van hul vader se erfenis by dié twee klubs geskenk. Deur die jare het die Wellington-rolbalklub talle prestasies op die rolbalbaan bereik. Die klub het verskeie kompetisies gewen en talle provinsiale spelers opgelewer. Ere-lidmaatskap is ‘n baie spesiale toekenning en is deur die jare nog net aan drie lede toegeken.

Hulle is P. Sarembock, een van die stigterslede, Klaas van Schalkwyk en Christene Swart. Die Wellington-rolbalklub is beslis ‘n plek waar oud en jonk welkom is. Die oudste lid is 86 en die jongste 11 jaar oud. Een van die klub se groot legendes is tannie Willemien Pienaar. Sy was op 84-jarige ouderdom saam met haar spanmaat die Dames Pare-kampioene van die klub. Haar bydrae word steeds by die klub vereer wanneer hulle jaarliks aan die begin van die seisoen ‘n Tannie Willemiendag hou. Tannie Willemien is in 2017 oorlede. Aangesien daar in rolbalterme na ‘n goeie klub in terme van die toestand van hul perk verwys word, is Wellington se klub baie trots op hul pragtige baan wat hul klub reeds sedert die vroegste jare kenmerk. In samewerking met die munisipaliteit kon hul nog altyd met ‘n perfekte perk spog. Alhoewel die klub hoofsaaklik vir die klublede bedryf word, het dit oor die jare deel van ons dorp se gemeenskapsaktiwiteite geword. Sedert 2002 kry die gemeenskap die geleentheid om spanne in te skryf om gedurende Februarie op Woensdagaande met mekaar mee te ding. Sakemanne, onderwysers, prokureurs, dokters en boere wys gereeld tydens hierdie gemeenskapsessies hul slag op die rolbalbaan. Die baan en klubhuis word ook gereeld aan instellings en organisasies vir spanbou-aktiwiteite beskikbaar gestel en sorg gewoonlik vir groot pret. Die Wellington-rolbalklub maak jaarliks ‘n skenking aan ‘n verdienstelike saak en dra só by tot die welstand van die breër gemeenskap. Buiten die klub se maandelikse nuusbrief, het hulle ook hul eie facebookblad. Volgens Pieter Myburgh, die klub se huidige president, voel hul geseënd om hierdie jaar hul 80ste bestaansjaar te kan vier. “Sonder die ondersteuning van die gemeenskap en borge, kan geen klub ‘n bestaan maak nie. "Ons klub bring hulde en erken die bydraes van ons voorgangers, huidige lede, borge en almal wat al oor die jare by die klub betrokke was. "Wellington Rolbalklub is steeds een groot familie. "Daar word met dieselfde entoesiasme as 80 jaar gelede gespeel, gewerk en gekuier,” sê hy.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

23 Mei 2018

•STERK TUIS AAN NA OPERASIE

Gemeenskap staan saam vir kleine Mia

Bo: Clarice in aksie terwyl die jongspan entoesiasties meedoen. •Jaomi Zeeman Die dapper klein vegtertjie, Mia Coetzee, wat onlangs met Clivus Chordoma gediagnoseer is, is op Woensdag 16 Mei uit die Rooikruis Kinderhospitaal ontslaan, ná sy ‘n baie delikate operasie moes ondergaan. Tydens die operasie, wat op 7 Mei uitgevoer is, het ‘n oor-, neus- en keelspesialis, ‘n ortopeet en ‘n neuro-chirurg die gewas wat reeds Mia se clivus vernietig het, probeer verwyder en haar clivus en een nekwerwel weer probeer opbou. Clivus Chordoma is ‘n baie seldsame gewas wat slegs by een uit ‘n miljoen mense voorkom en baie skaars is by kinders. Dis is ‘n stadig groeiende jellie-agtige gewas wat selfs been kan vernietig. Dit hou nooit op groei nie en is tans ongeneesbaar. Mia is vroeër vanjaar hiermee gediagnoseer, nadat sy van erge nekpyn begin kla het en nie meer kon sluk nie. Volgens Mia se ma, Anja, is hulle verheug om Mia weer by die huis te hê. Mia kon nie wag om weer by die huis te wees nie. “Dit is so lekker by die huis en Mia doen so goed! Mia was wasbleek toe ons by die huis kom, sy wou heeldag niks eet of drink nie. "Hulle het gelukkig besluit om die voedingsbuis uit te haal, al was ek maar lekker benoud dat ek te veel gaan sukkel by die huis om iets in daai lyfie te kry,” lui Anja se facebook-inskrywing nadat Mia by die huis gekom het. Anja vertel dat Mia vandat sy by die huis is graag Oros en rooibostee drink. Sy het selfs ook al haar gunsteling “Slush puppy” bestel. "Hulle kon gelukkig in Mia se behoefte aan waatlemoen voorsien en is verheug oor haar nuwe eetlus na die operasie. Die uitslag van ‘n biopsie wat die dokters gedoen het, het egter minder goeie nuus gehad. Die chordoom is meer aggressief as waarop daar aanvanklik gehoop is en die mediese span wil hê dat Mia so gou as moontlik met bestraling begin. “Ons het glad nie hierdie nuus verwag nie. ‘n Mens worstel nou van vooraf met die hoekoms,

waaroms en wat nou. Ons het besluit ons pak die bul by die horings en fight hierdie ding net nog harder. Ons het soveel mense wat saam met ons bid en ek glo met my hele hart die Here gaan ons dra deur hierdie tyd en Mia gaan weer ‘n gesonde kindjie wees,” skryf Anja op facebook oor hierdie nuwe uitdaging. ‘n Mamma by Doemsie, waar Mia ‘n leerder is, het besluit om ‘n fondsinsamelingsfunksie ten bate van Mia se mediese uitgawes te reël. Hierdie weldoener, Chantelle Grobler, het ‘n vertoning van die gewilde “Clarice en die Reënboogkidz” georganiseer. Op Sondag 20 Mei het die gemeenskap van Wellington saamgestaan en na hierdie vertoning gestroom om Mia te ondersteun. Clarice, ‘n Ghoema-benoemde kinderkunstenaar, het honderde jong ondersteuners van hierdie verdienstelike saak met haar energieke sang, danspassies en inspirerende boodskap vermaak. ‘n Stampvol saal het heerlik saam gesing en gedans - alles ter ondersteuning van Mia. Volgens Chantelle Grobler wat die vertoning georganiseer het, het hulle bykans R52 000 vir Mia bymekaargemaak. “My trane sit vlak. Hierdie is net ongelooflik,” het sy gesê. Mia het ook die vertoning bygewoon en het breed geglimlag oor al die mense wat by dié spesiale geleentheid opgedaag het. Sy het, ten spyte van haar brose toestand, die energieke vertoning terdeë geniet. “Ons voel oorweldig oor die onbaatsugtigheid van Wellington se mense. "Dit gee ‘n mens krag om die nuwe uitdagings te pak. Ons is só dankbaar,” het Anja by die vertoning gesê. Mia se gunsteling liedjie is op die oomblik “Hoop” van Jo Black. “Ons sal nooit hoop verloor nie,” sê Anja. Vir meer inligting kan belangstellendes die facebookblad, “Mia the brave vs clivus chordoma” besoek.

Elke druppel tel steeds burgemeester Poole

Danksy die oplettendheid en toewyding ten opsigte van waterbesparing onder Drakenstein se inwoners, kan die Drakenstein Munisipaliteit met ‘n uitstekende lae waterverliessyfer spog. Die munisipale waterverlies staan tans op slegs 11% - vergeleke met die nasionale gemiddeld van 37%. Burgemeester Conrad Poole is baie in sy noppies met hierdie bevredigende syfer. “Ons bedank die Drakenstein-gemeenskap dat hulle wakker is en gereeld waterlekkasies aan die munisipaliteit rapporteer. Alhoewel ons verlig is oor die koms van die winterreën, kan ons nie ons voet van die waterbesparingspedaal lig nie. "Dit is nou, meer as ooit tevore, van kardinale belang dat ons elke druppel wat ons kan, sal spaar om ‘n Dag Zero-scenario in die komende somer te vermy,” het hy gesê. Poole het voortgegaan om mense aan te moedig om met waterbesparing vol te hou. “Ons moedig ons inwoners, besighede, skole, industrieë en ander instellings aan om wateropvangtenks te installeer en om winterreën verantwoordelik vir latere gebruik te stoor. Onthou, ons is nog nie uit die rooi nie. Elke druppel moet steeds tel,” het hy mense aangemoedig. In 1999 het waterverliese in Drakenstein op 34% gestaan - iets wat die munisipaliteit genoop het om ondersoek na die redes vir hierdie hoë syfer in te stel en maniere te vind om dit te bekamp. Die munisipaliteit het begin om projekte wat pypvervanging, die vervanging van huishoudelike watermeters, waterdrukbestuur, identifisering en herstel van lekkasies, publieke bewusmaking, sowel as die opgradering van inligting en bestuursmeganismes te loods. Die munisipaliteit het ook ‘n 20-jaar meesterplan om die ou asbespype met hoëdigtheid polyethylene (HDPE) pype te vervang. Vandag pluk hul die vrugte van die sukses van hierdie projekte met die uitstekende waterbesparingsyfers in die munisipale area. Daar is ook gepoog om die reaksietyd om aan lekkende of gebarste pype aandag te gee,

3

na minder as ‘n uur te verminder. Al hierdie inisiatiewe het waterverliese laat krimp - eers tot ‘n gemiddeld van 16% en nou tot die laagste syfer nóg, naamlik 11%. “Die munisipaliteit wil Drakenstein se inwoners vir hul volgehoue pogings om hierdie kosbare bron te help bewaar, bedank. "Hou asseblief vol met julle waterbesparingsroetines en volhou in jul betrokkenheid om ‘n rol in waterbesparing te speel. "Die munisipaliteit doen ons bes om die huidige waterbronne te bewaar, nuwe bronne te skep en winter-stoorareas in plek te kry,” het Poole afgesluit. Alle gebarste pype en waterverspilling kan by die Drakenstein Munisipaliteit se departement vir waterdienste gerapporteer word. Hul nommer is 021-807 4715. Vir meer inligting kan hul webtuiste, www. drakenstein.gov.za/savewater, besoek word.


courant

dié

4

23 Mei 2018

Aan die voet van die bloue berge

“Aan die voet van die bloue berge”, lui die eerste reël van Hugenote Hoërskool se skoollied. Die lied gaan voort om die “berghang groen en sag”, “die sondeurdrenkte aarde” en die lewe wat “lê en wag” te besing. Aan die voet van Wellington se bloue berge lê diep wortels: die wortels van die mense wat ons vrugbare grond bewerk, die wortels van ons wingerde en boorde, die wortels van ons erfenis, die wortels van ons geleenthede en probleme, sowel as die wortels van dít waarmee ons mense hul elke dag besig hou. Hierdie wortels hou die moontlikheid van groei in en is die platform waarop Wellingtonners al vir dekades lank hier bou, omgee en lewe. Daar is talle voorbeelde van mense en instansies wat hier, aan die voet van die bloue berge, op die reeds bestaande wortels gedy, maar ook nuwe wortels vestig. Met die onlangse viering van Stigtersdag is die bydraes van die grondleggers van ons dorp vereer. Advokaat Hanlie Linde, ‘n oud-leerder van Hugenote Hoërskool, het ‘n ere-toekenning ontvang en het in haar erkenningstoespraak na die goeie basis wat haar wortels hier in Wellington haar gebied het, verwys. Die netbalskeidsregter Elizme Bur-

Dis Goeie Nuus

ger se diepgewortelde liefde en passie vir hierdie sport, sowel as haar toewyding en harde werk, het haar nou een van WP se amptelike skeidsregters by die SA-toernooi gemaak. Timothy Jacobs se liefde vir plante en tuine maak van hom al vir 30 jaar lank een van Wellington se bates. Hy wéét van wortels, die sondeurdrenkte aarde en lewe wat lê en wag en is onlangs ook deur die burgemeester vir sy diens vereer. Die mense hier aan die voet van die bloue berge bewoon en bewerk nie net ons sondeurdrenkte aarde nie, maar het ook sondeurdrenkte harte. Die gemeenskap het die afgelope naweek saamgestaan en nagenoeg R52 000 vir klein Mia Coetzee, wat ‘n rare siekte het, ingesamel. Tydens Internasionale Museumdag het ons plaaslike museum die nalatenskap van ons erfenis gevier en die plaaslike Rolbalklub vier hierdie jaar die ryke erfenis van hul wortels wat al 80 jaar gelede geplant is. Soos die ander versreëls in Hugenote Hoërskool se skoollied sê, “bot en bloei” ons mense hier aan die voet van die bloue berge terwyl ons “trou aan hoër roeping bly”. Mag elkeen hierdie week opkyk na die berge, op ons bestaande wortels gedy en iewers self wortel skiet.

Dr. Andrew Bosman

'n Klein seuntjie

Almal hou van ‘n mooi storie. Verlede keer het ons van ‘n dogterjie gelees in die Ou testament, wat reeds op ’n baie jong ouderdom, die Here geken het. Sy kon by haar eie probleme verbykyk en die nood van iemand anders raaksien. Haar naam word nie eens vermeld nie. So ook in die Nuwe testament is daar ‘n seuntjie wat na vir die hele dag na die Here Jesus wou gaan luister, en vir hom ‘n kospakkie van vyf garsbroodjies en twee vissies saamgeneem het. Dit was net voor paastyd en die manne alleen was omtrent vyf duisend. Jesus het die brode en vissies geneem, en nadat Hy gedank het dit uitgedeel aan die dissipels en hulle aan die skare, soveel as wat hulle wou hê. Hy het hulle die brokstukke laat optel, sodat niks verlore sou gaan nie, en twaalf mandjies vol is opgetel nadat almal versadig was. Hoe maklik kyk ons na ons eie vermoë vas soos Filippus , en ons besef dat twee honderd mense se dagloon sou nie eers genoeg gewees het om so ‘n skare te voed nie. Vanuit God se perspektief is alles moontlik. Ons moet veral nou na Pinkster die Gees van die Here bid om ons te lei.

Stigtersdag gevier

NUUS • NEWS

Adv. Hanlie Linde se suster, Corné, voormalige skoolhoof van Hugenote Hoërskool, mnr. Henry Chamberlain, adv. Hanlie Linde, ds. en mev. Linde, Hanlie se ouers, dr. Elna von Schlicht, uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland Distrik en haar man, Stephen, wat ook een van Hanlie se oud-onderwysers is. Stigtersdag word tradisioneel jaarliks by Hugenote Hoërskool gevier. Tydens hierdie vieringe bring hul hulde aan die grondleggers van die skool en word oud-onderwysers en -leerders wat ‘n merkbare bydrae gelewer het of in die samelewing uitgestyg het, vereer. Hierdie jaar is daar op Maandag 21 Mei tydens ‘n kransleggingsgeleentheid hulde gebring aan ‘n ontslape personeellid. Christa Theron, ‘n oud-onderwyseres van die skool, is vanjaar vir haar bydrae tot die skool vereer. Haar kollega, Cornelia du Preez, het die huldigingsrede gedoen. Onderwysers word ook op hierdie dag vir lang diens by die skool vereer. Hierdie “Bouers van Hugenote”-toekennings is aan onderwysers wat 10 jaar diens by die skool het, oorhandig. Christo Joseph, Pierre Burger, Janita Burger en Peter Faro het hierdie toekennings ontvang. Tydens ‘n deftige saalbyeenkoms is die oudleerder, Advokaat Hanlie Linde, vir haar bydrae tot Politieke Administrasie vereer. Sy het in 1988 gematrikuleer en haar intussen as swaargewig in plaaslike munisipale bestuurskringe gevestig. Talle eregaste, waaronder plaaslike skoolhoofde, dr. Galant van die WKOD, oud-onderwysers, beheerliggaamlede, die uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland Distrik, dr. Elna von Schlicht, die oud-skoolhoof Henry Chamberlain, sowel as lede van adv. Linde se familie, het die geleentheid bygewoon. Tydens sy verwelkomingstoespraak het die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Casper Lategan, melding gemaak van die feit dat dit hierdie jaar die 150ste bestaansjaar van die skool is. Die skoolkoor, wat binnekort aan die Nasionale ATKV Applous Koorkompetisie, sowel as die World Choir

Games gaan deelneem, het ook by die geleentheid opgetree. Lorraine Kuun het adv. Linde se curriculum vitae aan die gaste voorgehou. “Adv. Linde se uitgebreide ondervinding en bekwaamheid op verskeie terreine, is indrukwekkend en maak van haar ‘n uiters verdienstelike ontvanger van die hoogste eerbewys van ons skool,” het Kuun gesê. Onder die talle ongelooflike prestasies wat adv. Linde al behaal het, is die feit dat sy 21 jaar ondervinding in plaaslike regering het, waarvan sy vir 16 jaar lank al ‘n uitvoerende of direkteurspos beklee. Sy is sedert 2012 die Munisipale Bestuurder van Bergrivier Munisipaliteit en was ook al die Direkteur van Gemeenskapsdiens by die Stellenbosch Munisipaliteit. Sy het vyf formele tersiêre grade verwerf, waaronder twee honneursgrade, ‘n meestersgraad, ‘n LLB en ‘n LLM. Sy is ook ‘n advokaat van die Kaapse Hooggeregshof. Buiten die feit dat sy op verskeie professionele rade en panele dien, is sy ook een van slegs drie vroue in die regering wat al die toekenning vir “The Most Influential Women in Business” gewen het. Adv. Linde is boonop ‘n avonturier wat al Kilimanjaro geklim en tot by die basiskamp van Mount Everest was. Sy het 11 Cape Argus Fietstoere voltooi, die Visrivier Canyon al nege keer gestap en 8 keer die To Hell and Back Bergfietswedren voltooi. Sy het ook al 40 verskillende lande besoek en ‘n boek, Een miljoen treë, oor haar wedervaringe gepubliseer. Tydens hierdie uitsonderlike vrou se aanvaardingstoespraak het sy hulde gebring aan die mense wat haar gevorm en ondersteun het op haar lewensreis tot dusver. “Droom jy nog? En wat doen jy om jou drome waar te maak?” het sy aan die vol skoolsaal gevra. “Die sleutel wat jou drome kan waar maak, lê net by jouself. Jou sukses hang af van die selfgesprek in jou kop. Ek glo dat mense hul grense self uitgedink het,” het sy haar filosofie gedeel. Volgens haar is haar werk haar roeping. “Leef soos iemand wat ‘n droom het. Jou gedagtes is die sleutel tot suksesvolle aksies. Wees dankbaar teenoor die mense op wie se skouers jy staan en leef soos iemand wie se toekoms reeds ontsluit is,” het sy die leerders van Hugenote aangemoedig.


NUUS • NEWS

23 Mei 2018

5


6

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Gouda Hotel 26 May: ABBA tribute with Mike and the Harmonix (Mike McCullagh) at 20:00 For any further enquiries, please contact 023 232 0212 Cloof Wine Estate 26 May: Join us at Cloof as we ‘Celebrate the Grape’ and say farewell to the 2018 harvest season. This will be a fun filled day for the entire family, complete with lunch, drinks, exclusive tastings, wine specials, great music and entertainment at Cloof Wine Estate, Mamre Road, Off R315, Darling. Welcome drinks at 10h30, celebration begins at 11h00 For any further enquiries please contact info@cloof.co.za or Nokkie: 022 492 2839 West Coast Community Foundation 26 Mei: Die West Coast Community Foundation bied aan 'n charity golfdag ten bate van fondsinsameling. Kostes beloop

23 Mei 2018

R1500 per 4-bal of R375 enkel. Sluit in tee/ koffie, beskuit en muffin, ligte middagete en aandete tydens prysuitdeling. Kontak Margaret by 022 482 1993 of Tony (klubbestuurder) by 022 487 1288 vir navrae Wintech - Vinpro 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@vinpro.co.za Darling Museum 20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head with a 2 course meal (lamb potjie and cheese cake) Bookings by 15th latest For any further enquiries, please contact Dianne 022 492 3361 Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60 at 08:00, 40 at 08:05 and 12 km at 08:10. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars at 08:15 Registration from 06:00 on 18 August at Riebeek Cellars. Pre-online entries available. Late entries on the day. Enter online - www.roag.co.za !Khwa ttu 6-7 Oct: 24 hour MTB. Teams can be solo, team of two or team of four - 10km multi lap relay challenge For any further enquiries, please contact 022 451 2202 or send an email to info@darlingttu.co.za Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens

op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

NUUS • NEWS

Chris Chameleon bekoor weer Wellingtonners

Sandra Blackie, Chris Chameleon, Chris Botha en Daniella Deysel na afloop van die vertoning. Chris en Daniella het kopieë van hul cd’s en Chris se kinderboek, “Dit was nie ek nie”, vir ondersteuners onderteken. Die gewilde sanger, Chris Chameleon, het Wel- met beeld en klank in die ongewone wildernis lingtonners op Woensdagaand, 16 Mei, op sy van hul verbeelding te eksperimenteer. Chris enigmatiese manier in die Bôrdienghuis ver- se kleurvolle vertellings het as inleiding vir dié duo se nuwe liedjies gedien en het die oorsprong maak. Gaste by hierdie vertoning is deur dié kunste- en betekenis van die musiek vir die gehoor help naar, wat saam met Daniella Deysel opgetree ontsluit. Frases uit ‘n handleiding waaruit Chris en het, se aweregse blik op die alledaagse bekoor. Chameleon is onlangs met ‘n Ghoema-prys Daniella Zoeloe wou aanleer, het byvoorbeeld as beste Afrikaanse solo-liedjieskrywer bekroon. aan ‘n pragtige lied in hierdie inheemse taal Sy verdienstelikheid vir hierdie toekenning het geboorte gegee. Aanhalings uit ‘n kunsgeskiedenis-naslaanduidelik tydens sy vertoning geblyk. Hy het die vertoning met versoeke uit die werk het weer in ‘n onvergeetlike lied oor gehoor vir hul gunsteling liedjies uit sy repertoire Michelangelo ontpop. Die gehoor kon hul in afgeskop. Ten spyte van die honderde liedjies liedjies oor superhelde, die elektrisiteit van die wat al uit sy pen verskyn het, kon hy selfs die liefde, ‘n sinvolle verkenning van vals sing en oor vreemdste versoeke met absolute presisie uit- ons land en sy kinders verlustig. Die aweregse onderdele van hierdie vertovoer. Hy het van sy bekendste liedjies soos Apie, Korreltjie Sand en Bitterbessie Dagbreek, sowel ning, gekombineer met Chameleon se perfekas van sy minder bekende, vroegste komposisies sionistiese aanslag en Daniella se betowerende komplimentêre bydrae, het die stampvol Bôrgesing. Sy metgesel en musikale medewerker, dienghuis bekoor. “Ons is so bevoorreg om die bekendstelling Daniella Deysel, het by hom op die verhoog aangesluit om liedjies uit hul nuwe cd, Kat & Wolf, van hierdie musikale genie se nuwe cd hier in te sing. Met Daniella op baskitaar en Chris op Wellington te beleef. Dit voel sommer asof al kitaar het dié twee musikante die gehoor aan hul die 'nonsens' van die gewone sleur van die lewe van jou af wegval wanneer jy in ‘n vertoning soos nuutste musikale projek bekendgestel. Kat & Wolf is uit hul begeerte om buite die hierdie sit,” het een van die gaste na afloop van kou van hul gevestigde name op vryer teuels die vertoning laat hoor.


NUUS • NEWS

7

23 Mei 2018

Wellington wen Cape Epic-toekennings Alhoewel die opwinding van hierdie jaar se Absa Cape Epic besig is om af te wen, het die organiseerders van hierdie internasionaal gerekende fietswedren nog nie van Wellington se ruimhartige gasvryheid tydens hierdie jaar se wedren vergeet nie. Die organiseerders het op Donderdag, 17 Mei, tydens ‘n spesiale geleentheid hulde aan Wellington se grootse poging as gasheerdorp van hierdie fietsry-hoogtepunt gebring. Plaaslike rolspelers, hooggeplaastes en verteenwoordigers van instansies wat by die logistieke reëlings rondom die Epic betrokke was, is na ‘n deftige funksie wat deur die Epic se organiseerders by Diemersfontein gehou is, genooi. Tydens hierdie funksie wou hul die gasvryheid en moeite wat Wellingtonners tydens die Epic openbaar het, vier en vereer. Wellington het die toekenning as die dorp met die beste gees tydens die wedren ontvang. Hugenote Hoër- en Laerskool het ook die toekenning vir die beste verblyfplek tydens die Epic ontvang. Die wedren-direkteur, Kati Csak, was vol lof vir die insette van Wellingtonners om van hierdie jaar se Absa Cape Epic ‘n ongelooflike sukses te maak. “Ons is ongelooflike trots op hierdie jaar se wedren. Alles wat daarmee gepaardgegaan het, het van goeie beplanning, gasvryheid en

‘n positiewe gees getuig. Niks hiervan sou moontlik wees sonder die samewerking en insette van plaaslike rolspelers nie en daarvoor wil ons die mense van Wellington bedank. Die polisie, munisipaliteit, skole, besighede en toerisme-buro het ‘n ongelooflike rol in die sukses van hierdie jaar se wedren gespeel. Ons is baie dankbaar vir almal se bydraes hierin en sien uit om weer saam met julle te werk,” het sy gesê. Kati het ook die Wellingtonner Pieter van Wyk, wat die roete van die Absa Cape Epic ontwerp het, vir sy reuse-aandeel in die organisasie van hierdie wedren bedank. “Die ongelooflike roete, sowel as die samewerking van die hele gemeenskap het die ervaring van elke deelnemer aan hierdie wedren spesiaal gemaak,” het sy gesê. Glyn Bloomberg, hoof van die Epic se wedrenbeplanning, het Kati se sentimente beaam. “Die toekennings vir die beste verblyfplek en die dorp met die beste gees word met ‘n goeie rede aan Wellington gemaak. Julle was absoluut die beste - op alle terreine. Met hierdie toekennings wil ons graag julle insette tydens 2018 se Epic vereer en vier,” het hy gesê. Karien Herbst het die toekennings namens Hugenote Hoër- en Laerskool ontvang en Miranda van Breda en Anelize Stroebel het die toekenning vir die dorp met die beste gees in ontvangs geneem.

Plaaslike rolspelers saam met die organiseerders en uitvoerende personeel van die Absa Cape Epic tydens die oorhandiging van die toekennings.

Inskrywings vir die Bergrivier Kanomarathon word reeds sedert die eerste week van Mei ontvang. Die marathon sal vanjaar van 11 tot 14 Julie plaasvind. Die organiseerders van hierdie jaarlikse wedvaart is baie opgewonde oor die nuwe formaat en moontlikhede wat die marathon dié jaar aan deelnemers sal bied. Deelnemers het hierdie jaar die opsie om tussen twee vlakke van deelname te kies. Die nuwe span-formaat wat die kompeterende element van hierdie gewilde vierdaagse wedvaart van die Paarl tot in Velddrif ‘n hupstoot sal gee, bied interessante nuwe moontlikhede aan deelnemers. Die organiseerders verduidelik dat die wennerstitel nou in ‘n spanformaat, bestaande uit twee roeiers, bepaal sal word. Hierdie formule word reeds in gevestigde bergfietswedrenne soos die Cape Epic toegepas en sal ‘n heel nuwe dina-

mika tot die wedvaart-taktiek van die deelnemers aan die marathon bied. “Die beste roeiers sal waarskynlik ‘n verskillende tegniese benadering tot die wedvaart hê en dit sal baie interessant wees om te sien hoe hulle hierdie dinamika sal bestuur,” het André Collins, hoof van die wedvaartkomitee gesê. Die res van die deelnemers sal die kameraderie van ‘n spanmaat wat deur die moeilike en uitdagende dele van die wedvaart moet saamwerk en mekaar moet ondersteun geniet. "Dit sal veral tydens die laaste twee dae se skofte, waar roeiers deur die lang, plat poele op mekaar moet staatmaak, van toepassing wees,” het hy voortgegaan. Dié nuwe inskrywingsopsie behels ‘n spaninskrywing vir elite roeiers in die nuwe spankompetisie, maar sal ook voorsiening maak vir kommersieel geborgde spanne.

Dit sal aan borge die geleentheid bied om kommersiële regte by die wedvaart te bekom. Collins het gesê dat die wedvaart steeds aan solo-roeiers die geleentheid sal gee om die 240km as ‘n individuele K1-inskrywing te voltooi, soos wat dit sedert die wedvaart se ontstaan in 1962 tradisioneel die geval is. “Met die opsie om steeds die wedvaart as ‘n solo-roeier aan te durf, is ons gemaklik met die feit dat die marathon in die persoonlike behoeftes van alle roeiers sal voorsien,” het Collins gesê. Hy het bygevoeg dat hul die wedvaart voortdurend wil laat groei en vernuwe sonder om die ryke tradisie en oorspronklike gevoel daarvan prys te gee. Daar sal ook ‘n opsie vir die minder-ervare roeiers wees om die marathon as ‘n span van drie op ‘n aflosbasis aan te durf. Dit sal die legendariese Bergrivier Kanoma-

Nuwe formaat vir Bergrivier-kanomarathon

rathon binne die bereik van roeiers wat nie die volle 240km uitdaging kan aandurf nie, plaas. Die organiseerders van die wedvaart moes ook spesiale planne rondom die lae riviervlakke beraam. Hulle het vir hierdie doel ‘n laagwaterplan vir die 2018-wedvaart saamgestel. Volgens hierdie plan sal roeiers, in die geval van baie lae watervlakke, die eerste dag se skof 46km vanaf die Gouda-brug tot by die Misverstanddam roei. Die tweede skof sal uit 30km vanaf die Gouda-brug tot by Bridgetown bestaan. Dag drie sal roeiers 49km vanaf Zoutkloof tot by Oordraplek aflê en die laaste skof sal uit 59km vanaf Zoutkloof tot in Velddrif bestaan. Hierdie aangepaste wedvaartplan sal slegs toegepas word indien die winterreën nie die riviervlak voldoende laat styg nie.


courant

8

NUUS • NEWS

dié

23 Mei 2018

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

23 Mei 2018

•HUGENOTE SE NETBALAFRIGTER BLAAS DIE FLUITJIE

Elizme as WP-skeidsregter by SA’s gekies •Jaomi Zeeman Hugenote Hoërskool se eerstespan se netbalafrigter, Elizme Burger, is onlangs as skeidsregter vir die Wes-Kaap Netbal verkies om hul by die All Ages-toernooi in Boksburg te gaan verteenwoordig. Hierdie groot eer het nie sommer net in haar skoot geval nie, maar is die resultaat van haar bekwaamheid as netbalskeidsregter, sowel as haar jarelange verbintenis met hierdie sport. Elizme het op Heidelberg, Gauteng, grootgeword en is die oudste van drie dogters. Sy vertel dat sy in ‘n onderwyshuis grootgeword het en direk na matriek by die SA Weermag aangesluit het. “Ek het vir 13 jaar in opleiding gewerk en het die mag aan die einde van 2014 as offisier verlaat. Ek het ook tydens my tyd in die weermag deeltyds BPsig aan die Pukke studeer en my man, Alwyn, in Potchefstroom ontmoet. In 2015 het ons Rustenburg toe verhuis, waar ek by Hoërskool Rustenburg gewerk het,” vertel sy. Aan die einde van 2016 het sy, Alwyn en hul twee kinders die Bosveld vir die Kaap verruil en hul op Wellington gevestig. Alhoewel Elizme eers korfbal op laerskool

Wenners:

gespeel het, het sy in graad 6 met netbal kennis gemaak en dadelik van die sport gehou. “Ek is dieselfde jaar wat ek begin netbal speel het vir die provinsiale span op VV verkies. Ek het van 1996 tot 2000 vir my skool se A-span gespeel en in my matriekjaar het ek ook die Suid-Gauteng netbalspan by die SA-Netbalkampioenskappe verteenwoordig,” vertel sy hoe haar netballoopbaan vlamgevat het. Na skool het Elizme vir die Weermag netbal gespeel en ook met haar afrigters- en skeidsregtersloopbaan begin. Sy het onder andere kursusse van die netbal-legendes Elize Kotze en Elsje Jordaan bygewoon. Elizme se netbal-CV is ‘n ellelange een. Sy het Gauteng in 1996 en 2001 verteenwoordig en in 2008 as afrigter vir die Laer Volkskool se o/13 A en B-spanne opgetree. Sy was ook die fiksheidsafrigter van die Hoër Volkskool se eerstespan in 2009 en 2010, ‘n netbal-streekskeurder in die Vaaldriehoek en as onderwyser ‘n netbalafrigter van 2015 tot op hede. Elizme is al sedert 2005 ‘n netbalskeidsregter en het ook haar NSA Vlak 1-afrigtingskursus voltooi. Sy het haar Nasionale skeidsregtersgradering reeds in 2015 verwerf toe sy saam met

Warren Groeneveldt van die Wellington-krieketklub het onlangs die 50 boulbeurte wennerbeker in die Premierliga van die Boland-krieketunie van James Fortuin (hoof uitvoerende beampte ontvang.

die Noordwes provinsiale span na die Nasionale All Ages-toernooi gegaan het. Sy is hierdie jaar as sekretaresse en tesourier van die Cape Winelands Sentraal Skolenetbalkomitee verkies en was ook ‘n keurder by die Cape Winelands netbalproewe. Skeidsregters moet aansoek doen om as ‘n provinsiale skeidsregter, wat die provinsie op nasionale vlak moet verteenwoordig, verkies te word. Elizme was een van vele skeidsregters wat vir hierdie doel aansoek gedoen het. Slegs 21 skeidsregters word uiteindelik gekeur en gekies om saam met die provinsiale spanne na die nasionale toernooi te gaan. “In die kriteria waarvolgens hulle ons kies, kyk hulle na onder andere na jou jare ervaring, jou gradering, sowel as jou betrokkenheid by vorige provinsies en/of afrigting. Daar is regtig baie skeidsregters wat aan hierdie kriteria voldoen en ek voel regtig geëerd om die provinsie te verteenwoordig,” sê Elizme. Sy is passievol oor netbal. “Netbal is ‘n spansport waar 7 unieke individue se beste kwaliteite saamgevoeg word om jou span doelwitte te bereik en om die beste netbal wat jy kan te speel totdat die eindfluitjie blaas. Giving your everything and to continue with what you are doing and to never quit - dís waaraan ek glo. "Dit maak my gelukkig om my kennis te kan deel met ander en om netbal as ‘n nasionale sport te bevorder. "Dit is vir my wonderlik om kinders op ‘n

ander vlak te ontwikkel en vir hulle skills te leer, en nie net netbal skills nie, maar life skills wat hulle eendag saam met hulle kan neem,” sê Elizme oor haar liefde vir wat sy doen. Elizme moes egter ook al die struikelblok van beserings in haar netballoopbaan oorkom. Sy het, toe sy in 2009 vir die Weermagspan tydens die Nasionale Netbalkampioenskappe gespeel het, haar enkelligamente geskeur. Sy het reeds die tweedelaaste dag van die toernooi gehoor dat sy vir die SANDF-span, wat internasionaal sou gaan deelneem, gekies is. As gevolg van die besering kon Elizme egter nie in die finaal teen die Westelike Provinsie speel nie en moes sy aan die SANDF-span onttrek, omdat haar enkel nie vinnig genoeg vir die internasionale toernooi sou herstel nie. “Dit was seker die grootste laagtepunt in my netballoopbaan. Dit was ‘n groot teleurstelling, maar ‘n mens moet jou kop optel en aangaan,” sê sy. Elizme wil graag die ondervinding wat sy by die SA netbaltoernooi opdoen, gebruik om in Hugenote en die streek se netbal terug te ploeg. “By Hugenote is ons netbalkorps alreeds almal provinsiaal gegradeerde skeidsregters. ‘n Mens is nooit te oud om te leer nie en om seker te maak dat jy op datum bly van die nuutste tendense in netbal. Wat lekker is van die SA’s, is dat ‘n mens kan sit en kyk wat ander spanne doen en dit dan plaaslik kan kom toepas,” sê hierdie bekwame netbalkenner en provinsiale skeidsregter.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
470 dié courant wellington by DieCourant - Issuu