Skip to main content

470 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

23 Mei 2018

14.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 470

23 Mei 2018

•ALTERNATIEWE ROETES OOR SNELWEG BEPLAN

N7 se brug word eersdaags gesluit

Motoriste sal eersdaags van ‘n alternatiewe roete moet gebruik maak om tussen Darling- en Bokomoweg op Malmesbury te beweeg. Sanral het onlangs besluit om die bestaande pad wat onder deur die N7-brug tussen Darling- en Bokomoweg loop, tydelik te sluit vir die spoedige voltooiing van die nuwe brug. Volgens Sanral is die besluit geneem om sodoende konstruksiewerk aan die nuwe brug te bespoedig. Die sluiting van die pad sal maak dat die brug twee maande vroeër voltooi kan word. Konstruksiewerk aan die brug sal na raming sewe maande lank duur, sou die pad nie sluit nie. Daar word beplan om die pad oor sowat ‘n maand vir motoriste tot byna aan die einde van die jaar te sluit. Die brug sal dus nou oor vyf maande voltooi word sonder om motoriste te steur óf konstruksiewerkers terug te hou. Die alternatiewe sirDie voorgestelde alternatiewe sirkelroetes. kelroetes beweeg oor die N7-snelweg. Waar motoriste nou 91.5 sekondes lank in die Daar is die versekering gegee dat motoriste namiddag spandeer om in Darlingweg te kom, nie veel langer op die pad sal deurbring as norsal die alternatiewe roete hulle 100.8 sekondes maalweg om by hul bestemming uit te kom nie. Waar dit tans 97.1 sekondes vir motoriste neem. Volgens berekeninge gedoen deur ingenieurs duur om van Darling- na Bokomoweg in die oggend tydens spitsverkeer te ry, sal dit 99.5 betrokke by die bou van die brug, beweeg daar na raming daagliks sowat 795 motors soggens sekondes duur via die alternatiewe roete. Die tydsduur na Darlingweg is sowat 86.4 uit Bokomoweg onder deur die brug na Darlingsekondes lank en sal gedurende die volgende vyf weg, terwyl 935 motors in die oggend vanuit Darlingweg na Bokomoweg beweeg. maande 100.8 sekondes wees. In die namiddag tydens spitsverkeer ry daar In die namiddag tydens spitsverkeer, ry mosowat 1010 motoriste uit Bokomoweg na Dartoriste tans 86.4 sekondes lank na Bokomoweg. Dié tyd sal egter op sy beurt weer verkort lingweg, terwyl 700 voertuie vanuit Darlingweg word na 74.6 sekondes via die nuwe tydelike na Bokomoweg beweeg. Konstruksiewerk aan die nuwe brug vorm roete.

deel van Fase 3 van die opgraderingsprojek van die N7. Dit het verlede jaar gedurende Mei agter skedule geraak. Waar die voltooiing van die brug volgens Sanral aanvanklik vir Maart 2018 geskeduleer was, is die nuwe voltooiingsdatum beraam vir Augustus 2018. Dit is op die stadium onduidelik wanneer die nuutste voltooiingsdatum gaan wees, hoewel dit met die sluiting van die pad blyk of die brug voor die einde van vanjaar voltooi gaan word. Fase 3 sluit die opgradering van die N7 vanaf die Kalbaskraal-aansluiting tot by die Hopefieldaansluiting.

NUUS • NEWS


2

23 Mei 2018

Nuwe kunstenaars kan nou uitstal MALMESBURY – 'n Unieke uitstalling, Klein is Groot, bied eersdaags aan alle kunstenaars ouer as 16 uit die gemeenskap die geleentheid om een van hul werke uit te stal. Die Emunah Gallery 'n Arts op Malmesbury, wat in Junie hul eerste verjaarsdag vier, hou dié uitstalling van werke (almal 10 x 10 cm tot maksimum 12 x12 cm) om inwoners van dié dorp, Chatsworth, Riverlands, Kalbaskraal en Abbotsdale uitstalgeleentheid te bied. Dit kan op enige medium wees, maar moet die deelnemer se eie oorspronklike werk wees. Inskrywings sluit 10 Junie waarna die werke tot die einde van Junie by die gallery uitgestal sal word. Maryke Louw van Emunah sê hulle wil vir opkomende kunstenaars die geleentheid bied om

uit te stal. “Daar is soveel uitstekende kunstenaars in ons gemeenskap wat nooit die kans kry nie. Hulle het net 'n bietjie aanmoediging nodig. “Die hele idee is om almal 'n kans te gee. “Kom ons kyk hoeveel kunstenaars en dié wat nog besluit of hul kunstenaars is, ons bymekaar kan kry. "Voornemende deelnemers kan ons ook skakel met raad en bystand ten opsigte van materiaal.” Sy sê ook die gallery sal geen kommissie neem indien enige van die werke verkoop nie, maar dit staan kunstenaars vry om 'n donasie aan Elkana Kindersorg te maak. Belangstellendes kan haar kontak by 083 233 7402 of e-pos emunahgallery@gmail.com

NUUS • NEWS

Tennis:

Die Departement van Kultuursake en Sport het onlangs ‘n tennisafrigtingskliniek op die velde van Wesbank-sportgronde aangebied. Die kliniek is gehou vir afrigters van die Swartland en is aangebied deur Tennis Suid-Afrika se Wes-Kaap-afdeling. Die fasiliteerder was Kgotso Matshego van TSA wat reeds twee keer as hoofafrigter van die paralimpiese rolstoelspan gedien het.

Fondse vir skool in puin

Die leerlinge van De La Bat, die skool vir dowes op Worcester, se seunskoshuis, Boetman, het Maandagmiddag afgebrand. Daar is nou dringende behoeftes aan onder meer seunskleure (7jr tot 11jr). Die ACVV Riebeek-Kasteel wil graag die skool en sy koshuisleerlinge uithelp deur warm klere te skenk en vra dat die plaaslike gemeenskap ‘n bydrae sal maak. Klere kan by die ACVV Riebeek Kasteel in Van Riebeekstraat 9 afgegee word. Aflewering by De La Bat is gereël vir Vrydag 25 Mei. Klere kan nog tot Donderdagmiddag om 17:00 afgelewer word. Bel gerus 084 2915088 vir enige navrae.

Koor: Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury se koor spog met 'n eersteplek vir kore in die Weskus. Die koor het

onlangs aan die ABC Motsepe SASCE Eisteddfod, wat deur die departement van basiese onderwys bestuur word, deelgeneem. Die koor het 'n eerste plek behaal in die FET-afdeling in die Afrikaanse kategorie en is so aangewys as die Weskus-wenners wat dan ook na die provinsiale ronde deurdring. Die koor bestaan uit Afrikaans- en Engelssprekende leerders vanaf Graad 8 tot 12. Hier is die koor saam met waarnemende hoof John Stewe en koorbegeleier en afrigter Sunette Botha.

Fotograwe kan nou wen met fotokompetisie Fotograwe, jonk en oud, kan nou deelneem aan 'n opwindende nuwe kompetisie wat deur die Swartland Fotografieklub aangebied word. Enige inwoner van die Swartland munisipale gebied asook Piketberg, Porterville, Hopefield, Gouda en Hermon kan een foto uit enige genre vir dié kompetisie inskryf. Die Swartland Fotografieklub ondervind die laaste paar jaar 'n groei in ledetal en almal – jonk en oud - wat foto's neem is welkom om hul by die klub aan te sluit. Die wenfoto sal vir die fotograaf 'n A1-grootte canvas-afdruk sowel as 'n jaar se gratis lidmaatskap tot die klub losslaan. Die prys vir die tweede plek is 'n A2-grootte canvas-afdruk sowel as 'n jaar se gratis lidmaatskap en die derde plek is 'n geskenkbewys asook 'n jaar se gratis lidmaatskap. Die kompetisie is vir gedrukte foto's. Inskrywings vir die kompetisie – enige foto – moet in A3-grootte gedruk wees. Deelnemers kan een foto inskryf.

Vir deelnemers wat self hul foto's laat druk, is die inskrywingsgeld R40 en die klub sal self die montering doen. U kan die gedrukte foto's inskryf by Emunah Gallery 'n Arts in Malmesbury. Die Gallery is toe op Maandae. Gedrukte foto's moet op fotopapier 170gm en dikker gedruk wees. Deelnemers wat hul foto's elektronies wil inskryf, kan dit e-pos na die klub en die inskrywingsgeld is dan R80, waarna die klub dit sal laat druk. Die elektroniese foto moet 'n resolusie van 300dpi hê en grootte tussen een en vier megagrepe wees. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 8 Junie, waarna die beoordeling op 14 Junie in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord op Malmesbury sal plaasvind. 'n Seleksie van die top-inskrywings sal later in Junie by Emunah op uitstalling wees. Vir enige navrae of 'n inskrywingsvorm, kontak die organiseerders by marketing@swartlandphotoclub.co.za.


NUUS • NEWS

3

23 Mei 2018

Konsert:

•PRODUSENTE BEHOU GEHALTE

Kelders bly positief Wyndruifprodusente en kelders is positief oor die gehalte van wyne uit die 2018-oes, ondanks uitdagende toestande wat tot een van die kleinste oeste in meer as ʼn dekade reg oor die land gelei het. In die Swartland word daar gespog met ‘n onverwagse goeie jaar in terme van wyngehalte, ondanks ʼn kleiner oes weens waterstremming in hierdie droëlandstreek. Volgens die wynbedryfliggaam Vinpro is die 2018-oes, wat op 1 220 920 ton sowat 15% kleiner is as in 2017, aanvanklik selfs laer geskat. “Die 2018-seisoen was werklik uitdagend vanweë een van die ergste droogtes in 100 jaar, tesame met waterbeperkings en rypskade in sekere gebiede,” sê Francois Viljoen, bestuurder van Vinpro se wingerdkundige konsultasiediens. Alle streke behalwe die Breedekloof het ʼn kleiner wyndruifoes aangeteken. “Die kwaliteit is baie goed as gevolg van die klein korreltjies wat baie gekonsentreerde wyne opgelewer het. Rooiwyne het baie goeie kleur en behoort baie goed te verouder,” sê Hanno van Schalkwyk, wingerdkundige vir die Malmesbury omgewing. Hy voeg by dat oeste weens die droogte hier ook baie klein is. Weens die droë toestande en hoë temperature, was Riebeek Kelder se korreltjies onder meer ook kleiner as gewoonlik wat hul totale wynvolume met 35% afgebring het. Dié kelder se Chenin Blanc, Shiraz en Pinotage het egter verwagtinge oortref met hoogstaande gehalte, sê Alecia Boshoff, produksie-

bestuurder by die kelder. Die droë weer regdeur die seisoen het die voordeel ingehou dat wingerde gesond was, en die meeste streke het min of geen plae en siektes aangeteken nie. Die aantal druiwetrosse het aanvanklik belofte ingehou, maar die korrels was heelwat kleiner as gewoonlik, wat die totale tonnemaat beïnvloed het. Kleiner korrels het gewoonlik Parstyd het vir die meeste kelders tot 14 dae later as gewoonlik afgeskop en sommige wyndruifprodusente was steeds teen die einde van April nog besig om te pars. Die meeste kultivars is in hul gewone volgorde gepars, wat beteken het dat kelderspasie nie onder druk was nie. Wynmakers is gelukkig met die algemene wyngehalte op hierdie stadium ondanks die uitdagende toestande vroeër in die seisoen en beperkte waterbronne.

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se beste akteurs is die week op die verhoog te sien in "The Diva". Kaartjies beloop R60 vir leerders en R90 vir volwassenes. Die gala-aand word Vrydag gehou. Kontak die skool by 022 48 21469 met navrae.


4

dié courant

23 Mei 2018

NUUS • NEWS

As brûe gesluit word

Met die brug tussen Malmesbury-Oos en Malmesbury-Wes wat eersdaags gesluit gaan word om konstruksietyd te verkort, sal daar sekerlik 'n paar gefrustreerde motoriste en voetgangers toegevoeg word tot die paaie van Malmesbury. Ons spandeer reeds baie tyd op die paaie van ons land en soms raak sommiges die kluts kwyt en gooi 'n vloermoer net daar in hulle motors. Ja, die uwe voel ook soms om te vra waar sommige motoriste hul bestuurslisensies gekry het, maar dan moet ek maar tot 20 tel, asem haal en net rustig raak. Jy weet nie altyd wat in die motoris voor jou se gemoed skiet nie. Jy weet nie of hy of sy dalk vir 'n oomblik 'n bietjie gehuiwer het, omdat hy of sy dalk iets anders raakgesien het nie. Dis 'n keuse, 'n besluit, om eerder kalm op te tree en rustig te bly, as om dadelik warm onder die kraag te word en 'n groot ongelukkigheid te veroorsaak. Dit is 'n lyn wat regdeur ons lewens loop. Spring jy op jou perdjie en galop die verte in, of saal jy die perd af, lei hom koud en redeneer 'n saak uit? Keuses is deel van ons daaglikse bestaan, net soos dit is om asem te haal. Jy doen dit in 'n splitsekonde, maar jy weet nie altyd hoe jou besluit iemand na aan jou gaan raak nie. Selfs in jou persoonlike lewe kan 'n besluit op 'n groot botsing afstuur as jy nie alle partye in ag neem nie. As die botsing gebeur het, is dit gedane sake. Dis verby. Soms help versekering net mooi niks, want die voertuig het te veel skade opgedoen. Dan is die tyd vir terugdraai verby en is jou vriendskappe en verhoudings ook neusie verby - net omdat jy te vinnig reageer het, sonder om te dink. Dink twee keer voor jy jou mond oopmaak en iemand iets toesnou. Vir jou is dit dalk net 'n kleinigheidjie, maar vir iemand anders, wat dalk net iets anders op sy of haar gedagte gehad het, kan dit 'n baie groter nadraai hê, so moenie jou brûe sluit en verbrand nie, want môre moet jy dalk weer van daardie brug gebruik maak.

Interskole:

Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury het onlangs hul mooistes gekroon in die verkiesing van Mnr en Mej Interskole. Erin Cuttings is aangewys as Mej Interskole, met William Adams as Mnr Interskole. Morelete Papier en Tyrone Lesch het die tweede plekke beklink. Foto: David Howburgh

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Dis Goeie Nuus Almal hou van ‘n mooi storie. Verlede keer het ons van ‘n dogtertjie gelees in die Ou testament, wat reeds op ’n baie jong ouderdom, die Here geken het. Sy kon by haar eie probleme verbykyk en die nood van iemand anders raaksien. Haar naam word nie eens vermeld nie. So ook in die Nuwe testament is daar ‘n seuntjie wat na vir die hele dag na die Here Jesus wou gaan luister, en vir hom ‘n kospakkie van vyf garsbroodjies en twee vissies saamgeneem het. Dit was net voor paastyd en die manne alleen was omtrent vyf duisend. Jesus het die

Dr. Andrew Bosman

'n Klein seuntjie

brode en vissies geneem, en nadat Hy gedank het dit uitgedeel aan die dissipels en hulle aan die skare, soveel as wat hulle wou hê. Hy het hulle die brokstukke laat optel, sodat niks verlore sou gaan nie, en twaalf mandjies vol is opgetel nadat almal versadig was. Hoe maklik kyk ons na ons eie vermoë vas soos Filippus , en ons besef dat twee honderd mense se dagloon sou nie eers genoeg gewees het om so ‘n skare te voed nie. Vanuit God se perspektief is alles moontlik. Ons moet veral nou na Pinkster die Gees van die Here bid om ons te lei.

Knortjorre:

Die knortjorre het die naweek weer vir groot opwinding gesorg toe dié karretjies om die ovaalbaan van die Swartland Oval Karting-klub gejaag het. Bo is Eudrich Huysamen in die 160cc-standaardklas. Huysamen is 'n leerder van die Laerskool Swartland op Malmesbury en die voorloper op die punteleer in die klubkampioenskappe. Hy word gevolg deur Dané Saayman en Tiaan Gelderblom. Foto: Laetitia Kennedy

Glansryk: Die Glam Guru, Hannon Bothma en gewilde fiksheidsinstrukteur Linda

Kriel van kykNET se Kry Daai Lyf het onlangs op Malmesbury kom kuier. Hannon het skoonheidswenke met besoekers kom deel en Ankia Vermaak van Malmesbury en Corien Koch van Moorreesburg was van die gelukkige gaste wat deur hom met sy produkte grimeer is. Plaaslike haarkapster en eienaar van Salon de Bron op Malmesbury en Salon Trendsetters op Moorreesburg het hom gehelp om hul hare te stilleer. Kriel het op haar beurt weer wenke gegee om daardie perfekte lyf te kry. Plaaslike boorling Dirkie Geldenhuys het die prettige dag gereël. Van links staan Riekie Craven, Mariska van Rensburg en Olinka van Wyk saam met Hannon.


NUUS • NEWS

23 Mei 2018

5

Amarider:

Die jaarlikse Amarider 100 Miler het die naweek op Malmesbury sy wegspring gehad. Talle fietsryentoesiaste het die pad aangedurf en die roete voltooi.

Agent: Esme van Reenen van Malmes-

bury is onlangs aangewys as die nommer 1 Justine-agent in die Wes-Kaap en nommer drie in Suid-Afrika. Van Reenen word jaarliks vir haar toegewyde kliëntediens vereer en eindig die afgelope 5 jaar jaarliks onder die top 3-agente.

Veterane Plaasdag neem ploeg terug na dae van ouds

Veteraan-trekkers word afgestof vir die komende naweek se Veterane Plaasdag op Môreson buite Malmesbury wanneer 20ha grond omgeploeg moet word met dié trekkers. Besoekers kan vanjaar uitsien na ‘n verskeidenheid veteraantrekkers (altesaam 30) wat gaan help ploeg, asook veteraanmodelle op uitstalling en hope vermaak. Die besonderse ploegdag word jaarliks vir die afgelope 13 jaar aangebied deur die Swartland Veterane Klub. Die pretdag word vanjaar vir die derde keer op Môreson, sowat 10km buite Malmesbury aangebied. Bring kontant saam vir ‘n verskeidenheid stalletjies. Daar gaan onder meer boereworsrolletjies, chipsticks, jaffels, pannekoek, biltong, neute, kerrievis, kerrie en rys, koeksisters, afval en pasteie wees om van te kies en te keur. Vir die soettand is daar ook spookasem, springmielies, mosbolletjies, roomys en vele meer. Daar is verder wyn en heuning likeur vir volwassenes

beskikbaar. Kunsstalletjies sluit onder meer Knuni-handwerk, speelgoed, kunsuitstallings, juweliersware, serpe en klere in. Terwyl ‘n boereorkes in die agtergrond speel, kan daar uitgesien word na ‘n stokbrood demonstrasie vir die kinders. Ouers kan hul kinders op die Blaauw Trein laat ry. Dit is ‘n motorfiets wat klein waentjies trek met ‘n stuurwiel by elke waentjie. As jy graag saam met jou beste vierpotige vriend gaan stap, moet jy beslis inskryf vir vanjaar se woefstap wat om 08:00 begin. Lekker pryse is ook hier ter sprake. Eienaars kan gerus wees van ‘n Woef-Bar langs die roete vir die honde om af te koel. Staan ‘n kans om ‘n prys te wen vir 'Best Dressed' met die tema Boer soek ‘n vrou, “Look-alike” en die hond wat die beste versorg is. Daar gaan ook ‘n gelukkige trekking wees. Pryse wissel van ‘n hondebed, en wyn tot geskenkbewyse. ‘n Prysuitdeling vind om 16:00 die middag plaas. Toegang vir volwassenes is R50 en kinders

onder 12 jaar kan teen R10 die dag kom saam geniet. Vanjaar se woefstap is slegs R60 (sluit ingang vir hond aan leiband en een eienaar in). Kampering met ablusie geriewe is beskikbaar teen R300 (van Vrydag tot Sondag, maar slegs

vyf persone per kampplek). Kampering moet voor die tyd bespreek en betaal word om staanplek te verseker. Belangstellendes wat veteraan motors het, word uitgenooi om met hul kosbare wiele by vanjaar se Veteranedag te kom spog.


6

23 Mei 2018

Brummer Designs palm R10 000 in met gholfdag

Dagboek • Diary

NUUS • NEWS

Die tweede jaarlikse gholfdag van die Malmesbury Sakekamer, geborg deur Talisman Hire Malmesbury, is Saterdag op die lowergroenbaan van die Malmesbury-gholfklub aangebied. Vanjaar was die spreekwoordelike wortel voor die neus van die deelnemers 'n eerste prys van R10 000 kontant aan die beste vierbal op die dag. Die span van Brummer Designs het met hierdie meevallertjie huis toe gegaan. Philip Faure van RSA Makelaars maak seker hy volg die regte lyn.

Wenners: Selwyn Brummer, Jacques Fourie, Chistiaan Grobler en Jaco Lategan van die Brummer Designs-span, het die wenprys opgeraap.

Mercedes Malmesbury se Martin Nel, Jean Pieters, Ruben Dreyer en Quinton Coernelissen het ook hul gholftalente ten toon gestel.

Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962.

tainment at Cloof Wine Estate, Mamre Road, Off R315, Darling. Welcome drinks at 10h30, celebration begins at 11h00 For any further enquiries please contact info@cloof.co.za or Nokkie: 022 492 2839

CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902

Gouda Hotel 26 May: ABBA tribute with Mike and the Harmonix (Mike McCullagh) at 20:00 For any further enquiries, please contact 023 232 0212

Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838

Appie van der Merwe, Jan Potgieter, Herman Treurnicht en Sakkie Rumboll het in 'n vierbal saamgespeel.

Die span van Talisman Hire Malmesbury het gesorg dat die dag glad verloop.

2018 TALISMAN Hire Malmesbury Sakekamer-gholfdag

Borge • Sponsors Malmesbury

Dankie• Thank you

Cloof Wine Estate 26 May: Join us at Cloof as we ‘Celebrate the Grape’ and say farewell to the 2018 harvest season. This will be a fun filled day for the entire family, complete with lunch, drinks, exclusive tastings, wine specials, great music and enter-

Bootsale op Moorreesburg 26 Mei 2018 - Bring jou artikels te koop na die terrein van die Koringbedryfmuseum in Moorreesburg van 08h00 - 12h00 vir Mei maand se Bootsale! Kontak gerus vir Anél King by die Moorreesburg/Koringberg Toerismekantoor vir enige navrae 022 433 1072 of 082 731 3432 West Coast Community Foundation 26 Mei: Die West Coast Community Foundation bied aan 'n charity golfdag ten bate van fondsinsameling. Kostes beloop R1500 per 4-bal of R375 enkel. Sluit in tee/koffie, beskuit en muffin, ligte middagete en aandete tydens prysuitdeling. Kontak Margaret by 022 482 1993 of Tony (klubbestuurder) by 022 487 1288 vir navrae Aids Candle Light Memorial 27 Mei: 'n Aids candle light memorial word gehou by die Wesbank Gemeenskapsaal vanaf 13:00 tot 17:00. Toegang is gratis en almal is welkom. Gratis toetse van onder meer - HIV en diabetes gaan gedoen word. Vir enige verdere navrae kontak Mandy by 072 557 2518 Wintech - Vinpro. 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@vinpro.co.za Swartland Voortrekkers 2 Junie: Die Swartland Voortrekkers bied aan die Sopdans. Musiek deur Christo Smit om 19:00 by die Malmesbury Stadsaal. Kostes beloop R120 per persoon, kinders welkom. Hoërskool kinders betaal R100 per persoon en ander kinders is gratis. Baie pryse vir gelukkige trekkings Vir kaartjies en tafelbesprekings kontak Lize Signs by 022 482 3425

Darling Museum

20 June: Darling Museum presents candlelight theatre and dinner, with sort stories "Theatre of the Mind" at 19:00. Costs are R125 per head


NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES THE DANCE BOUTIQUE Line dances, Social Ballroom & Latin american dance lessons. For info contact Etoschia 0761229972 #4645

----DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554

JAYDEN. Geluk met jou verjaarsdag op 22 Mei. Bly die wonderlike seun wat jy is. Ek is baie lief vir jou. Jou Ma (Jeanette) -------------------------------------

#4551

------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604

------------------------------------TE KOOP FOR SALE Hake fillet porsies/pakke R50. Snoeke vanaf R90. 5kg filette @ R350,00. Viskoekies, visvingers en ander - 022 4873265 of 084 250 2460 #4608

--------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

SOPHIA PIETERSEN. 21 Mei. Baie geluk my vrou met jou 60ste verjaardag. Liefde - Man en Denzil ---Baie geluk Mamma met u verjaarsdag. Dankie vir alles - Caydine en Zayronick ---Baie geluk met my jare lange vriendin se verjaarsdag. Mag God seën - jou vriendin, Alkiriema ---Baie geluk met my tannie se 60. Bly die rolmodel. God seën - Jo-Anne Cleophas --Geseënd met die mylpaal. Jy het dit gemaak. Liefde Bonwit vriendinne -------------------------------------

28 May. Happy second birthday CEE-JAY We love you. Hope there wil be many more to come enjoy your day from your mom Killian and the whole family -------------------------------------

25 May. SHANNON. May God bless you on your crown birthday. Enjoy your day our aunty!!! - Love Courtney, Alegra, Bruce and Mitchell ---Happy crown birthday. Gods blessings upon your life my sister !!!!Love Theo and Cilla -------------------------------------

KEZIA ARENDSE - Three on 28 May . Happy birthday princess "K". God bless. Lots op love - Mommy and Daddy ----(Ms K) Happy birthday aunty's little princess. Gods blessings with tons of love. From: your uncle Theo and aunty Cilla ----May you have a blessed day and enjoy your birthday. Love - Courtney, Alegra, Bruce and Mitchell -------------------------------------

BRIAN PETERS. 24 Mei. Veels geluk met jou verjaarsdag Dada. Ons is baie lief vir jou - Jou prinsessie Blayke en Ascor ------------------------------------

HENLEY ERON SWARTS. Wishing you a lifetime of pure joy and happiness. Love you with all my heart - Mom and Elvina --May the Lord bless you and keep you. Happy first birthday. Love - grandma Dot and grandpa Hen ----23 Mei. Een jaar. Baie geluk met jou eerste verjaarsdag. Seën op jou lewenspad peetma Erin, tannie Deen en oom Curt ---Veels geluk. Mag jy 'n geseënde jaar vol liefde, vreugde en vrede het peetma Delmaine, oupa Charles en tannie Phee -------------------------------------

JASON ERASMUS (Doggy). 21 Mei. Happy 40th birthday. We are blessed to have a fiance and Dadda - Lynn, Jaygon and Lehaygon -------------------------------------

ROWAN WARRIES - 21 ste verjaarsdag - 27 Mei 2018 Baie geluk Boeta en God se rykste seën. Liefde - Pa Roderick en tannie Rika ------Dankie vir alles, en baie lief vir jou - Divan, Marika, Andrea, Marisca, Ewetna, Henlizè, Timma , Elwenzo en Ewen -------------------------------------

HEATHER PAULUS. You are 40 and awesome. Enjoy your birthday God bless - Mommy, Maverick and Marvin ---40 and fabulous. May God bless you Tietie - Lizzy ---Happy 40 Tietie. Love - Senobia Whitey, Zielke, Kirtlin and Cruise ---Aan my liefie, baie geluk met jou 40. Trots om deel van jou lewe te wees Wilskut -------------------------------------

MONIQUE WILLIAMS. 27 Mei. Gelukkige 13de verjaardag. Geluk, vreugde en seëninge. Liefde - Ma, Pa, susters, broers en ouma Grieta -------------------------------------

7

23 Mei Mei 2018 2018 23

ERIN CLOSE. Baie geluk met jou 11de verjaardag op 22 Mei. Wees altyd gehoorsaam - Mammie, Boeta en ouma Pet --Stay as sweet as you are - We, all love you. Your are the best - Nephews, Nieces and Croy family -------------------------------------

JAMIE RODGERS. Geluk met jou 17de verjaardag op 20 Mei -------------------------------------

DELANO PRINS. Baie geluk met jou verjaardag op 20 Mei -------------------------------------

Happy 21st birthday BRANDON PERSENS!!! Gods blessings upon your life. Enjoy!!! From Theo Stroebel and Fruit and Veg Colleagues -------------------------------------

SAMENTHA. Geluk met jou verjaarsdag op 25 Mei. Van jou ouma en Zareenha -------------------------------------

MARCELINO PERSENS. 24 Mei. Geluk ons pragseun. Geseënde vier jaar in ons lewens. Liefde - ant Daddas, Klasie, Axuier, Litta en Oumyt ---Geluk ons grootman. Geseënd met respek, liefde en vreugde. Liefde - ouma Loes, oupa Tros, Syster en Persens-familie ------------------------------------

Raai wie word 4. Gelukkige verjaardag CARLYLE. Mag God se hand oor jou lewe rus en jou bewaar. Klomp Liefde: Mammie, Mamma, Shaurnell en Sune -------------------------------------

MAYA DUDLEY. 22 Mei. Sewe jaar oud. Baie geluk met jou geboortedag vieringe. God se seëninge. - Dadda en Sharon -------------------------------------

ELSIE PIETERS. 18 Mei. Mamma, baie geluk met u 59ste verjaardag. Dankie vir alles wat u vir ons doen. Liefde - kinders, kleinkinders en skoonseun -------------------------------------

Raai wie verjaar op 27 Mei? Geluk met jou verjaarsdag SHERWIN. Baie liefde - Pa en Mammie -------------------------------------

MAXWELL EN TERI. 20 Mei. Baie geluk met jul eerste huweliksherdenking -------------------------------------

Lekker verjaar my vrou en dogtertjie. Baie lief vir julle. Van Kegan en Imraan -------------------------------------

MARIE JULIES. 23 Mei. Geluk met Mammie se 57ste verjaardag. Mag die dag vol seënwense wees met liefde en geluk. Liefde - Oneill, Brigitha en Merilyn -------------------------------------

ELVONA VAN WYK. Happy 50th birthday Mommy . Thank you for everything. Enjoy you're special day - Elrichia, Melgrain and Trevonia ----You're everything to our family. We appreciate you. Happy 50th birthday From: ousie (Maggie),Tilly, Julie and Garth ------------------------------------

GARTH - ons broer, oom en pa . Geluk met jou verjaarsdag op 26 Mei . Dankie vir alles. Lekker dag - Revando, vier susters en susters kinders ------------------------------------

LIESCLE APRIL - 20 Mei. Happy belated birthday. Love you lots - Mizz Toetsie ------------------------------------BETTA TOONTJIES van Moorreesburg: Geluk met jou verjaarsdag op 24 Mei. Dankie vir jou wonderlike

vriendskap. Geniet jou dag - Wouna ------------------------------------Juff ANNELIZE PHILLIPS. Baie geluk met u verjaarsdag op 22 Mei. Geniet dit Van: Elviro en Melgrain ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

IVY VAN DER WESTHUIZEN. Oorlede 23 Mei 2018. Onse Ma, Onse ouma vandag een jaar van ons geskei. Hoe graag sou ons jou nog hier wou hê. Ons berus ons egter by die feit dat jy op 'n beter plek is, vry van pyn, sonde en bekommernisse. Die gemis en verlange is groot maar ons gun jou die ewige rus. Rus in Vrede. Baie liefde, Nicklendt, Nicole, Nicky, Ilse en kinders ---Mammie, een jaar weg van ons. Die verlange is nog daar, maar ons koester elke liefdevolle oomblik, Mis jou baie. Liefde - Annene, PJ en kinders ------------------------------------

KATRIENA ADAMS. Reeds drie jaar van ons geskei, in liefdevolle herinnering Andy, Corney en Jamy -Lee -------------------------------------

JAKOBUS MAKKA. 25 Mei. Twee jaar geskei van ons. Koester die mooi herinneringe - John Makka en skoonsus, Gail Williams ------------------------------------

22 Mei 1946. MERVYN TORIEN. Geluk met jou verjaarsdag. Ons weet jy vier dit met die engele. Van: jou vrou, kinders en kleinkinders -------------------------------------

CHRISTO DAARS (Basie). 23 Mei is jy 'n jaar weg van ons. Verlange steeds daar. Altyd in ons harte - Jou vrou, kinders en Geduld-familie ------------------------------------

HILTON DE VRIES. 22 Mei 1961. Vandag is jou verjaardag. Sal jou altyd onthou. Van mammie, susters, broers en dogter Tracy- Lee ------------------------------------STERFGEVALLE OBITUARY

HENRICHO (Jippet) ESBACH. 15 May. Rest in peace our beloved brother. We will sadly miss your - our sisters, Olivia, Bianca, Ferryn and all cousins Rest in peace. From - aunty

Bridgette, Ricky, Naomi, James, Jade and grandchildren ---Rus in vrede my kind. Sal jou altyd onthou - tannie Flansie en jou ma Mina --Rus in vrede Barbie. Ons gaan jou mis, maar gun jou die rus. Van: Calvyn, Olivia en kinders -------------------------------------


8

courant

NUUS • NEWS

23 Mei 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

Kaalvoet kannetjies

23 Mei 2018

Die wintersportspanne van die Laerskool Swartland op Malmesbury het Saterdag op hul tuisveld teen die spanne van Paarl Gimnasium kragte gemeet. Die o.7-span van Laerskool Swartland het hul goed van hul taak gekwyt en die wedstryd met moed en passie gespeel. Regs is Inus Viljoen, Jaimin Leander, AJ Erasmus, Noah Neethling (met die bal), Janco Hoon, Richter Uren. Voor is Jan Nelson wat die spel dophou.

•LIGA BIED WEER KOOKWATERRUGBY

Darling druk sy stempel af

Darling RVK is tans besig om sy stempel in die Swartwes-afdeling van die Grootuitdaag-beker af te druk. Darling het Saterdag weer maksimum punte ingepalm deur ‘n begeesterde Porterville-span te oorrompel. Dit is tans veilig om te sê dat Darling die groot gunsteling is om in die Swartwes-afdeling as kampioene gekroon te word. Goeie verdedigende spel week na week, dra daartoe by dat spelers soos John Samuels en kaptein Wildon Marsh met hul kraglopies teenstaanders uit die grond hardloop. Goeie werk deur die voorspelers van Darling lei ook daartoe by dat spelskeppers soos die “magician” Macallistair Korah septer swaai. Die spasies wat hy vir sy agterlyn skep, spreek boekdele en dit kos rondstaan om hierdie talentvolle agterlyn spelers van Darling te stuit. Darling spog ook met goeie diepte en net wanneer Porterville gedink het iemand verlaat die veld, kom daar net ‘n groter kopseer na vore. Darling reis Saterdag na Never Despair, wie Saterdag sy rieme styf geloop het teen ‘n briljante Lillies-span. Never Despair is gewoonlik baie goed op sy tuisveld en sal Darling se opmars summier wil stuit in dié derby-kragmeting. Darling en Never Despair het ook baie geskiedenis in die sin dat spelers gewoonlik Darling vir Never Despair verlaat. Die tafel is dus gedek vir ‘n baie opwindende stryd met Never Despair wat hul tuisskare sal wil vergoed en opmaak vir hul terugslag verlede week. Darling beskik egter oor te veel skietgoed en behoort die Tier verder te wond met ‘n bonuspunt-wen met minder as tien punte op die kaarte. Die Lillies van Abbotsdale het Saterdag gewys dat hy nie afgeskryf moet word toe hulle die span van Never Despair in ‘n wedstryd geklop

het, waar beide spanne oorgehaal was, maar ook by tye senuweeagtig voorgekom het. Albei spanne was voorlangs met krag gelaai, maar met die eerste skrum het Lillies sommer sy stempel vroeg afgedruk deur Never Despair pap te druk en sodoende ‘n strafdrie gewen het vir die tuisspan. Never Despair het egter positief vertoon, maar dit was Abbotsdale wat al die speelwerk gedoen het en die drieë ingeryg het met Heinrich Williams en Selton Appolles aan die spits. Never Despair met nuwe vernuf teruggekeer in die tweede helfte. ‘n Prag-drie deur Lee Donovan het Never Despair terug in die wedstryd gebring, maar Abbotsdale het weer eens teruggeslaan met ‘n drie wat die wedstryd weggeneem het van Spairs. Lillies reis Saterdag net oor die koppie na ‘n Coronations-span wat beskik oor ‘n paar spelers wat Lillies goed ken. Dit sal dus ‘n interessante wedstryd wees om te aanskou en behoort te sorg vir groot opwinding. Coronations speel tans goeie rugby, maar Lillies sal hul goeie spelpeil voortsit met ‘n bonuspunt-oorwinning van meer as tien punte. In die wedstryd van die naweek het Good Hopes van Riebeek-Wes amper gesorg vir die skok van die naweek, deur in die doodsnikke teen die huidige kampioene op hul tuisveld vas te val. Good Hopes was weliswaar die beste span op die dag. Swak beslissings en dissipline het egter hulle planne om Wesbank te onttroon in die wiele gery. Vir meer as 30 minute in die eerste helfte was daar geen antwoorde aan albei kante nie, met die telling steeds op 0-0. Good Hopes het Wesbank’ n harde dag op kantoor gegee en hulle laat swoeg vir punte. Wesbank kon net nie Saterdag afrond nie, alhoe-

wel hulle geboer het in Good Hopes se gebied. Wesbank se skare het aangedring op plaasvervangers en in die tweede helfte het hulle bietjie ekstra krag en aanvalle geloods. Good Hopes het ‘n gulde geleentheid verspeel om die wedstryd te wen en in die laaste minute kry Wesbank ‘n strafskop en Good Hopes ‘n geel kaart. Dit was genoeg vir Gavern Skippers om te gaan druk en sodoende die wedstryd vir Wesbank te beklink. Wesbank reis die naweek na Porterville, wat groot potensiaal op sy tuisveld toon en baie vrae word gevra oor die Swartwes-kampioen wat tans sukkel om aan die gang te kom. In ‘n mate wen hulle elke keer net op die telbord en Saterdag behoort weer so ‘n geval te wees met Wesbank wat weer met minder as sewe punte sal wen. Good Hopes, wie tans goeie momentum het, speel Saterdag gasheer vir Piketberg. Albei spanne is op soek na hul eerste oorwinning, met veral PIketberg wat hierdie jaar groot potensiaal toon. Piketberg het Saterdag as oorwinnaars uitgetree in ‘n wedstryd wat steeds bevraagteken word oor sy afblaastyd. Piketberg en Moorreesburg het goeie aanvallende rugby opgedis en veral voorlangs was die kompetisie baie sterk. Piketberg het egter voorlangs oorheers en sodoende kon Moorreesburg se gevaarlike agterspelers nie aan die gang kom nie. Moorreesburg was egter nog op die aanval toe die skeidsregter besluit het die manne moet gaan stort. Good Hopes bied Piketberg Saterdag ‘n heel nuwe uitdaging, maar Good Hopes behoort baie vertroue uit sy naelskraapse nederlaag te neem en behoort oor te slaan na die volgende rat met sy eerste oorwninng van meer as tien punte teen Piketberg. Porteville geniet hierdie naweek n welverdiende blaaskans. •Abri Adonis

Sportuitslae Sports results

MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 16 Mei - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Ian Adams 23, Andre Uys 21, Franklin September 19 Vrydag, 18 Mei - Supa Quick Sundowner Enkel Stableford : Peter Willemse 21, Robin Somerville 20, Gerhard Spangenberg 19, Nic Goosen 18 Saterdag, 19 Mei - 2018 Malmesbury Sakekamer Gholfdag - Vierbal Stableford samespel: Jacques Fourie, Selwyn Brumer, Jaco Lategan, Chris Grobbelaar 111; Peter Willemse, Heinrich Pieters, Marius Appolus, G. du Preez 109; Jaco Kriek, Bradley Rawlings, William Garwood, Grant Fiford 107; Nick Erlank, Hendrik Botha, Renato Santo, Kobus Myburgh 107; Martin Nel, Ruden Dreyer, Quinton Cornelissen, Jean Pieters 106; M. Roux, G. vd Heever, S. Bywater, Jean Koeglenberg 105; Maurice Carr, C. Nieuwoudt, J. Nieuwoudt, JP. Karsten 105; Adriaan Vlok, Okkie Basson, Marius O'Kennedy Helmut Burger 104 MOORREESBURG (72) Houespel : J Smit 68, Q Lotter 68, H Markus 69, F Linder 70, A Theron 72, G Liebenberg 72 SKOLE NUUS Hoërskool Swartland vs Langenhoven Gimnasium. Hokkie: Dogters: 14A: 1 - 1 16A: 0 - 1 19A: 0 - 1 Seuns: 16A: 1 - 1 19A: 1 - 2 Netbal: 14A: 31 - 14 16A: 22 - 16 18B: 16 - 24

14A: 15A: 16A: 19B: 19A:

12 - 64 17 - 7 17 - 38 16 - 14 24 - 27


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
470 dié courant swartland by DieCourant - Issuu