Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

16 Mei 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 468

•NAAMBORDE HELP MET BEFONDSING

16 Mei 2018

Projek help woef en kie warm slaap

VREDENBURG – Twintig metaal plakkaatgrootte naamborde waarop sakeondernemings hul logo’s of advertensie kan plaas, kan by die Weskus-dierebeskermingsvereniging (DBV) gekoop word. (Sien foto). Volgens Colette Mang, voorsitter van die Weskus, Swartland en Cape of Good Hope DBV’s, kry borge vir R4500 dié naambord, sigbaar opgesit waar almal wat die honde-eenheid besoek, dit kan sien. Die borgskap sluit benewens die bord ook ‘n higiëniese plastiekhondehok, beddegoed en ‘n seilafskorting in, wat saans en op koue of reënerige dae toegetrek kan word. Op die oomblik is daar net tralies waardeur wind en reën maklik inwaai. Mang vertel dat die DBV in 2011 uit die Weskus onttrek het vanweë ‘n tekort aan geld, wat die hele Saldanhabaai munisipale area sonder ‘n amptelike DBV gelaat het. Die gebied het histories nog nooit amptelik ‘n skut gehad waar verlore en rondloper diere versorg kon word nie. Die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) en die DBV het drie jaar gelede met samesprekings begin, wat uiteindelik uitgeloop het op die koop van die stuk grond langs die munisipale vullisterrein langs die Vredenburg-Saldanhapad. Mang en haar span het SBM voorsien van ‘n sakeplan en die beraamde bedryfskoste en inligting oor wat ‘n herberg vir diere alles moet bevat. Die gebou is verlede jaar voltooi en sluit in: kantore, ‘n honde-eenheid, ‘n ontvangs, ‘n kathok met glasafskorting, ‘n vertrek waar nuwe diere-aankomelinge gemonitor en ondersoek word, ‘n operasiekamer, ‘n kombuis/ontspankamer vir die personeel en ‘n raadsaal. “Die munisipaliteit het regtig baie goeie werk gedoen,” meen Mang. “Hulle het die inligting van ons kant af toegepas.” ‘n Diensvlakooreenkoms is verlede jaar tussen die twee partye geteken, nadat die DBV as die gekose tenderaar aangewys is. SBM betaal die DBV se bedryfskoste. “Dit is kostes wat hulle in elk geval sou moes dra, indien hulle ‘n diere-

skut gebou het.” Mang wil in die toekoms nog ‘n permanente inspekteur vir die Weskus aanstel. Tans is dit net Jameson October, met Patrick Chiwawa wat of in Weskus of in die Swartland uithelp. Wanneer ‘n klag van dieremishandeling of verwaarlosing ontvang word, moet die inspekteur eers ‘n

waarskuwing gee en die persoon inlig oor wat die regte manier van doen is. As die persoon nie gehoor gee nie, het die inspekteur gronde om ‘n lasbrief by ‘n landdros te kry om die dier by sy eienaar af te vat. Mang verduidelik die verskil tussen die DBV en wetstoepassers se rolle só: klagtes oor rondloper of probleemdiere moet by wetstoepassing gerapporteer word, klagtes oor mense wat diere mishandel of verwaarloos, moet by die DBV gelê word. Mang beklemtoon dat almal wat by die DBV werk, ‘n passie vir diere het. “Dit is dus baie stresvol om met mishandelde diere te werk, beseerde diere uit te sit óf hulle te moet los in haglike omstandighede, om die eienaar kans te gee om te verander.” Die personeel bestaan uit Louise van Zyl (bestuurder van Weskus én Swartland DBV’s), Hannatjie van Staweren (algemene admin en aannemings), Shadrack Busa en Evelyn Johnson wat met die honde werk en die honde-eenheid skoonhou. Aan die agterkant van die DBV is kampe vir groot diere, wat wag vir 'n op-en aflaai skuinste en skuiling. Veeartsenydienste by die DBV word verskaf deur ‘n veearts in sy of haar verpligte gemeenskapsdiensjaar vir die departement van landbou, bosbou en visserye. Van die belangrikste funksies wat die DBV vervul is om gereeld massa-sterilisasies te doen. “Dit is die antwoord,” meen Mang. Indien jy ‘n bord wil borg of honde- en katkos, kombersies en hondejassies wil skenk, bel die Weskus DBV by 022 289 0998. Onderskrif: Colette Mang, voorsitter van die DBV, voor die bord wat sy geborg het. By haar is die hondjie wat op die oomblik in dié vertrek gehuisves word.

NUUS • NEWS


2

16 Mei 2018

Baie te leer by werkwinkel

Die afgelope week het Piketberg Hoërskool gasheer gespeel vir die jaarlikse FNB Classic Clashes-kragmeting met Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury. PHS het koning gekraai in die netbal en met 40-8 geseëvier, terwyl PHS se eerste rugbyspan vasgeval het.

Alida Buckle JACOBSBAAI – Dat die byderwetse gebruikersvriendelike kamera’s ook soos die ou SLR-kamera’s met F-stoppe en spoed kan speel om kunsfoto’s te neem, was vir die meeste deelnemers aan ‘n fotografiewerkswinkel nuus. Johan Wilke, ‘n Kaapstadse fotograaf wie se werk gereeld in toonaangewende mode- en kostydskrifte nasionaal en internasionaal verskyn, het die insiggewende werkswinkel aangebied. Sy passie is dokumentêre fotografie, wat hy beoefen wanneer sy skedule dit toelaat. Wilke het sommer self ingespring om Johan Wilke (agter tweede van links) by sy deelnemers te help om hul kamera’s se “Weskusklas”, voor van links is Leigh Ann du Toit, instellings reg te kry om ook met veld- Sandra Grobbelaar en Anitha Reynecke. Agter is Cilla diepte en kameraspoed te kan eksperi- Meintjes, Wilke, Mariëtte Maartens en Klaus Tonitz. menteer. Almal was dit eens dat mense hul kamera se handleiding moet lees lag-nie en vir elke aspirant fotograaf poseer. nadat hulle dit gekoop het ... daar is wonderlik Wilke het deurentyd individuele aandag aan funksies wat nooit gebruik word nie. elke fotograaf gegee en hulle gehelp met hul Wilke het sy pragtige mode, kuns en profiel- kamera-instellings. Hy het beklemtoon wat in foto’s as voorbeelde gewys met bekendes soos die agtergrond is ‘n foto kan maak of breek, soos Sandra Prinsloo, Nataniël, Riaan Venter (die takke wat “uit iemand se kop groei”, ens. Nutsman) om maar ‘n paar te noem. Twee eiendomsagente van Fine & Country, Tussendeur die verduidelikings van komposi- Leigh Ann du Toit en Sandra Grobbelaar, het juis sie, velddiepte, fokuspunte, beligting en onder- die werkswinkel kom bywoon om meer te leer werpe het hy staaltjies uit sy jonger dae vertel oor binneshuise- en buitenshuise fotografie. – van internasionaal bekende modelle se giere Wilke het verduidelik hoe om op verskillende tye en bekendes se maniertjies. van die dag geboue af te neem. Hy verkies om Wilke het beïndruk met sy kennis en ook sy vroegoggend of laatmiddag gastehuise binne af nederige karakter. Mense se vrae is met respek te neem, omdat die lig dan die beste is. beantwoord en hy het dit ooglopend geniet om Die werkswinkel het versnaperinge, ‘n middasy kennis oor te dra. gete en koffie en tee, ingesluit. Die praktiese oefening in die Artist’s Retreat Wilke het die Weskusmense só geniet dat hy se tuin, waar die werkswinkel gehou is, moes sommer binnekort weer ‘n werkswinkel hier kom Anitha Reynecke noodgedwonge as model on- aanbied. Bel Cilla Meintjes as jy sou belangstel tpop. Sy moes opkyk, wegkyk, glimlag, nie-glim- by 079 917 5195.

Skoliere kan wen met boekresensie

LitNet nooi skoliere uit om ‘n resensie van ’n kinder- of jeugboek te skryf en te stuur. R500 kontant gaan uitgeloof word aan die wenner in elke kategorie: graad 4 en 5; graad 6 en 7; graad 8 en 9, en graad 10 tot 12. Die doel van hierdie kompetisie is om boekgesprekke onder leerders aan te moedig en medelesers se aandag op boeke te vestig. LitNet beveel aan dat die resensie nie die hele

storie verklap nie, dat dit wel ‘n kort opsomming van die verhaal bevat en dat dit kritiek bevat, maar nie die skrywer beledig nie. Dit moenie korter as 300 woorde wees nie. Taalgebruik moet noukeurig nagegaan word. Hoe om in te skryf: Stuur die resensie, naam, graad en die naam van jou skool na jonglesers@ litnet.co.za met die titel: "Leerderindruk van [titel en skrywer van boek]". Slegs inskrywings per e-pos

NUUS • NEWS

sal oorweeg word. Reëls: Slegs een inskrywing per persoon. Inskrywings moet deur ’n ouer of onderwyser gestuur word. Geen anonieme inskrywings sal aanvaar word nie. Jy mag oor enige boek in ’n Suid-Afrikaanse taal skryf, maar jou resensie moet in Afrikaans wees. Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet gepubliseer mag word en vir

bemarkingsdoeleindes gebruik mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie. Jou inskrywing moet jou eie werk wees en mag nog nie voorheen iewers anders verskyn het nie, insluitend op sosiale media. Die uitslae is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie. Die sluitingsdatum is Woensdag 25 Julie 2018.


NUUS • NEWS

16 Mei 2018

Diazville kroon Mej Saldanha

SALDANHA – Kelly Klaase (16) is as die Onder: Haar skoonheidskompetisie moet sommer dadelik gebruik word om in die eerste Mejuffrou Saldanha aangewys, in gemeenskap terug te ploeg, glo Charné Makatees (middel). Regs skep Shenique ‘n kompetisie gehou deur plaaslike model, Malgas (16) Vrydag 11 Mei ná skool sop in vir kinders in Oesterstraat. Chané Makatees, by die Hoërskool Diazville. Shenique Malgas (13) is as eerste prinses en Tamarynne Coetzee (17) as tweede prinses aangewys. Die beoordelaars was Raylene Fredericks, Vernon Vraagom, Anita Senekal, Anges Kastoor en Tracey Rass. Volgens Makatees was die tema van die dag aan die tagtigs en die deelnemers moes swemdrag, ‘n tagtigs-uitrusting en aanddrag vertoon. “Dit was n wonderlike ervaring. Ek het dit vreeslik geniet en ek is net bly ek kon geluk en glimlagte in my gemeenskap bring. Almal het die show geniet en sê ek moet weer so iets hou ...” Die pryse het geskenkbewyse ingesluit vir 'n fotografiesessie, klere, en nog vele meer.

3


4

16 Mei 2018

dié courant Die ongelooflike, ongekende reaksie op Facebook op die berig, Karwag red meisie by sentrum, in verlede week se uitgawe, wys maar net weer eens dat ons lesers van goeie nuus hou. Veral as daar so bietjie wonderwerk daarby gewerk is. Teen saktyd het amper 52 000 mense die berig gesien, meer as 3500 mense het daarop gereageer, dit ge-“Like” en met ander gedeel. In die berig sê Jean-Claude Niyongabo (31), die karwag prontuit dat dit was nie hy was wat Anne Pereira (8) gered het nie, maar “God wat hom die krag gegee het”. Deesdae raak dit mos al meer polities korrek om liewers nie God se naam in berigte te noem of dit eerder weg te laat as mense die Here prys vir hul prestasies of noue ontkomings... Die Weskus kan doen met berigte wat

Dis Goeie Nuus

Die goeie nuus versprei hoop bring, wat weer wys daarop dat alle mense nie rowers, bedrieërs en diewe is nie. Dat almal nie nét daarop uit is om hulself te bevorder, maak nie saak op wie hulle moet trap nie. Soos die jong vrou van Diazville wat in die blok agter die hoërskool bly. Charné Makatees wil ‘n verskil maak, haar mense opbeur. Sy het op eie houtjie ‘n skoonheidskompetisie gereël, kompleet met beoordelaars, bekendes in die omgewing, en lekker pryse. Maar, dit eindig nie hier nie. “Haar” skoonheidswenners gaan terugploeg in die gemeenskap. Hulle het Vrydagmiddag ‘n tafeltjie agter die hoërskool opgeslaan en met harde musiek die blok laat weet ... kom kry vir julle lekker warm sop, én ‘n bietjie omgee. Nogal uitgegee deur ‘n prinses – die Eerste Prinses.

Dr. Andrew Bosman

'n Teken van volwassenheid Sommige plekke in die Woord van die HERE is baie name, en dan is daar karakters wat uitstaan en hulle naam word nie eens vermeld nie. In die tweede boek van die Konings word ‘n verhaal van so ‘n klein dogterjie beskryf. Sy is deur ‘n bende Arameërs van Sirië as gevangene weggevoer. Ek het aan kinders gevra hoe oud hulle dink ‘n klein dogterjie sou wees? Die antwoord was, nie ouer as tien jaar nie. Sy het in Naäman se huis in diens van sy vrou gekom. Hy was die leërowerste van die Arameërs ‘n groot man en hoog in aansien voor die koning maar melaats. Hierdie dogter kyk by haar eie probleme en hartseer verby en sien die probleem van haar meesteres se man raak. Sy bly ook nie stil nie en sê aan haar meesteres dat die profeet van die HERE in Israel haar man gesond kan maak. Op daardie jong ouderdom het sy reeds genoeg van die Here geleer en gehoor om self in die HERE te glo dat sy van Hom kon getuig. Is ons kinders ook so toegerus met die geloof in die HERE, dat hulle in moeilike omstandighede die geloof kan behou? Het ons geloof in die Here om die geloof met ons kinders te deel, sodat hulle op tien reeds toegerus is?

Netballiga begin

NUUS • NEWS

Hier speel Langebaan (grys en blou) teen Citrusdal (geel en blou). Regs onder: Vredenburg (in vlootblou en oranje) troef Wesbank (rooi). CITRUSDAL –Die spanne wat aan die Weskus-netballiga deelneem, het mekaar op Saterdag 12 Mei op Citrusdal gepak. Die uitslae is: Hiermee die uitslae van die afgelope Saterdag (12 Mei) se liga-wedstryde op Citrusdal, soos gekry by Madelein du Plessis (voorsitter Weskus netbal-unie): Liga A1 – Malmesbury A wen Citrusdal B 7234; Citrusdal A wen Langebaan A 37-23; Vredenburg A wen Wesbank A met ‘n allemintige 67-9. Liga A2 – Saldanha A wen Velddrif A 33-29; Malmesbury B wen Piketberg A 34-10. Liga B – Hopefield A wen Velddrif B 38-20; Goodhopes A wen Young Citerians A 48-34. Liga C1 – Young Citerians B wen Young Blues A 11-10. Liga C2 – Majestics wen Young Stars 29-4; Riverfresh A wen Synith Eagle 10-7; Excelsiors wen Majestics 19-10; Synith Eagle wen Langebaan C 15-9; Excelsiors wen Young Stars 32-6. Die volgende liga-wedstryde is op Malmesbury en die wedstryde begin Saterdag om 14:00.


NUUS • NEWS

Experience the tranquil coastline with Greens Accommodation

Just over a two hour drive from Cape Town on your way to the scenic Garden Route and Knysna. The tranquil towns of Struisbaai and Cape Agulhas lie at the Southernmost Tip of Africa where the Indian & Atlantic Oceans meet. Whether you are backpacking in and around Cape Town, or visiting the garden route and Knysna, Green’s Accommodation is a nice stop over for overnighters, backpackers, weekenders and holidaymakers staying overnight, for a weekend and for longer periods. Though we are not the traditional backpacker accommodation, our tariffs are affordable and our facilities are suitable for backpackers as it is situated close to the Southernmost Tip of Africa • We welcome travellers of all ages • A variety of house/units to choose from, with some having Sea views • Fully-equipped kitchens. • Laundry facilities available. Our house/units have their own lounge with DStv, kitchen and shower. All our houses/units have braai facilities. Houses/units are offered separately and therefore are not shared with other groups/ guests. There are many places of interest and activities to do: • Southernmost Tip of Africa • L’Agulhas Lighthouse • Bredasdorp Shipwreck museum • Hiking trails • Whale watching • Fishing • Water sports • Nature and marine reserves At the SOUTHERNMOST TIP OF THE AFRICAN

16 Mei 2018

continent where the Indian and Atlantic Oceans meet, lie the tranquil coastal towns of Struisbaai and Cape Agulhas in die Scenic Overberg district of the Western Cape. The ideal stop over for backpackers, overnighters, weekenders and holiday makers at the SOUTHERNMOST TIP OF AFRICA! Contact 018 786 1728 or send an email to greensag@mweb.co.za or visit www.greensaccommodation.co.za.

Redakteur: Izélle Garcia izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson ads@diecourant.co.za Joernalis: Alida Buckle alida@diecourant.co.za

Die Auroa-damesdag is onlangs aangebied en was weer 'n reuse-sukses. Luitenant Kolonel Sharlene Otto (middel) het gesels oor hoe hou ons onsself veilig. Bo is Adelma Carstens, Departementshoof, Hoërskool Aurora (links) en Chevon Ellis, Bergrivier Toerisme, wat een van die borge was vir die dag.

Wie wen fotokompetisie?

Kontak ons • Contact Us Bemarkers: Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za Isabella Schnetler - isabella@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za

5

Die wenner van dié courant Weskus se fotokompetisie op Facebook, met die foto waarin een speler ‘n ander een byt wat hom baie duidelik hoogvat, is Rudi Swartz. Die kompetisie het van 9-14 Mei gestrek waartydens sowat 14 000 mense deur die pos bereik is en waaraan meer as 200 deelgeneem het. Die wen-onderskrif lui: As ek nie vir Saldanha kan wen nie, dan byt ek soma hulle los. Van die ander wat uitgestaan het, was: Peter Rundle: Tafel is gedek vir goeie rugby. Marian Vassilaros: Née man, jy's mos nie ‘n Shark nie! Bevelynn Williams: Al maak dit seer... druk deur. Martin Erasmus: Wanneer jou ma vergeet om jou broodjies in te pak ... Erik Thiart: Dis hoe ‘n mens wen. Happie op ‘n drafstappie. Gershan Coetzee: Paternoster byt vas teen Saldanha op Neverloose Park ... Malcolm Isaaks: Dit was maar ’n taai tweestryd, hier is so ’n "voorsmaakie". Dankie aan almal wat saamgespeel, maar die grootste dank aan die twee spelers op die foto wat behoorlik ge-“roast” is.


6

Dagboek • Diary Weekliks

Alkoholiste Anoniem, Maandae in Vredenburg, Woensdae in Langebaan en Vrydae in Saldanha – 073 179 0751.

Geleenthede Donderdag 10 Mei: Jaarvergadering van Velddrif Animal Care, Riviera Hotel, 18:30 vir 19:00 – Dennis 074 740 1111. Saterdag 12 Mei: Fotografie-werkswinkel saam met bekende fotograaf, Johan Wilke, Artist’s Retreat, Mauritsweg 14, Jacobsbaai, R850 sluit middagete en verversings in, 09:00-17:00 – Cilla 079 9175195. Vrydag 18 Mei: Matthys Roets, Hoërskool Velddrif, R120 pp – 022 783 0028. Saturday 19 May: West Coast Bird Club, monthly meeting, 14:30, Fossil Park – Gill 082 736 6673. Vrydag 25 Mei: Weskus-jeugorkes, Die Plaasmol, Hopefield, 19:00, drag semi-formeel, R100 volwassenes, R70 studente en pensioenarisse – Tania 074 428 2802, oornagkampeerplek Fransie 074 924 8478. Saterdag 26 Mei: Kom drink tee saam met aktrise Quanita Adams, Weskus Mall, 14:00, gelukstrekkings, R120 pp – Olivia 022 703 6900. Internasionale pik-en-slukaand, ATKV Saldanhabaai, disse van vyf lande, 18:00, lede R120 pp, nie-lede R150 pp, geen kinders o.18 – Corné by 083 235 8619 of Hedwig 083 364 5827. Woensdag 30 Mei: Vredenburg-tuinbouklub besoek Khoisan Sout, Velddrif, eie vervoer, verversings en tee/koffie na besoek (lede R50, nie-lede R80) –Ansie Loudon 083 284 3941. Dinsdag 29 Mei: Weskus Fotografiese Stigting, maandelikse byeenkoms en terugvoer, 18:30, Ou Stalle by NG Kerk-moedergemeente – Anna-Marie by 084 577 7752.

16 Mei 2018

NUUS • NEWS

Saterdag 2 Junie: Jurie Hayes Primêr hou Debutantebal en dinee by Hoërskool Vredenburg, R200 pp – 022 766 1568. Saterdag 14 Julie, Franja du Plessis en Ruan Josh by die Bergrivier-winterkarnaval by Riviera Hotel, Velddrif. Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember: Mykonosfees, Langebaan, met onder meer Snotkop, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse en Juanita Du Plessis. Hekke open Vrydag om 14:00, R100 pp per dag, R50 kinders o.14 – Kaartjies by Computicket / 022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za.

SPORT Weekliks

Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae, 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Seebries Park, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers (Vernon 083 392 9356) en atlete (Sakkie 071 427 6731). Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30. – Benice 078 577 7997 / Annamari 083 356 6192. Langebaan Parkrun, Saterdae, 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe), Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad. – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@ gmail.com.

Neem deel/ gaan kyk: Saterdag 26 Mei: Curro Langebaan Golf Day, 11:45-13:30, Langebaan Country Estate, R1400

per four-ball, R750 per two-ball, bookings – Dommonique, dommo.f@curro.co.za Woensdag-Saterdag, 11-14 Julie: Bergrivierkanomarathon, Velddrif – berg.org.za Sunday 2 September: Premier Drag Racing, Saldanha Airstrip, 09:30-17:30. Vrydag-Dinsdag, 28 September-2 Oktober: Hobie 16 SA Nasionale Kampioenskap, Hobie Beach, Club Mykonos – 083 300 1663 / hobiesun@ mweb.co.za.

at 09:30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg: vooraf koffie, diens om 10:00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg: 09:30 – 022 715 1276. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na alida@diecourant.co.za vóór Maandae om 10:00.

KERKDIENSTE OP SONDAE * CHURCH SERVICES ON SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat: erediens om 09:30 – 022 713 1314. AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg: diens om 09:00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg: 10:00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg: service starts

Alistiar Bobbejee, uitvoerende direkteur van Tip Trans knip die lint gedurende die amptelike bekendstelling van die splinternuwe ACVV Malmesbury Dienspunt op Abbotsdale. Inwoners het nou toegang tot die verskeie maatskaplike dienste wat deur dié nie-winsgewende organisasie aangebied word. “Tip Trans is trots op die projek en ek sien uit na die resultate wat hieruit gaan kom, sê Pieter Visser van Tip trans. Die projek is moontlik gemaak deur Tip Trans, Red Hill en Doornkraal Myne, die departement van minerale hulpbronne en die Swartland Munisipaliteit.


NUUS • NEWS

16 Mei 2018

Basson Skoene vier 22 jaar Langebaan announces van sukses op Wellington Club Champions Wellingtonners koop al jare lank hul skoene by Basson Skoene is Kerkstraat. Hierdie staatmaker-winkel staan dié jaar sy skoene as Wellington se voorste verskaffer van skoeisel vir ‘n hele 22 jaar lank vol. Volgens die eienaar, Basie Basson, het hy die deure van Basson Skoene vir die eerste keer op 1 Maart in 1996 geopen. Hy was destyds nog ‘n dosent by OKB (nou CPUT) en het die skoenwinkel deeltyds bedryf. Die eerste winkel van Basson Skoene was op die hoek van Fontein- en Kerkstraat, in die eertydse gebou van die Vogelman Apteek, geleë. Die winkel het vir ses jaar lank hier diens gedoen. In 2002 het Basie die gebou by Kerkstraat 41 gekoop, gerestoureer en sy skoenwinkel na die nuwe gebou verskuif. “Ek onthou die trek van die ou na die nuwe winkel nog baie goed. ‘n Lorrie het al die bokse met skoene van die ou na die nuwe winkel vervoer en die rakke is sommer deur ‘n klomp manne straataf na die nuwe winkel gedra en dadelik weer in die nuwe winkel se mure vasgeskroef. Die hele trek het seker net drie ure geduur,” lag hy. Basie se idee vir ‘n skoenwinkel het ‘n nederige begin gehad en hulle was met die aanvang van die besigheid glad nie te groot vir hul skoene nie. “Ek het ‘n krieketskool gehad met so 60 seuns wat Vrydagmiddae vir krieketafrigting gekom het. Die seuns het altyd gevra of ek weet waar hulle tekkies of krieketskoene kan kry en dit het my met ‘n vrou in Stellenbosch, wat skoene uit haar garage verkoop het, in verbinding gebring. Sy het my op die spoor van die Jordan-skoenfabriek geplaas,” vertel hy. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Basie het skoenaankope by die skoenfabriek begin maak en het ook handgemaakte plakkies by stalletjies by strandoorde begin verkoop. Die mark en behoefte wat hy hierdeur raakgesien het, het 22 jaar gelede tot die opening van Basson Skoene gelei. Ten spyte van die feit dat hy vinnig moes leer om dinge soos kontantvloei te bestuur en nie paniekerig te raak wanneer die winkel ‘n slegte maand beleef het nie, kan Basie vandag sy ou skoene agterna gooi as hy op die sukses van sy winkel terugkyk. “Daar gaan maar baie opofferings met so ‘n besigheid gepaard. Naweke en vakansiedae bestaan nie. Maar die wonderlike personeel wat ek oor die jare in die winkel gehad het, het gehelp om van Basson Skoene ‘n sukses te maak,” sê hy. Volgens Basie is ‘n deel van hul suksesresep hul vriendelike diens en die feit dat hulle hul in ander mense se skoene probeer plaas. “Ons puik, vriendelike diens laat beslis die mense terugkeer na ons winkel. Ons gee ook regtig om vir ons kliënte en probeer help waar ons kan. Mense uit alle vlakke van die gemeenskap en uit verskillende inkomstegroepe raak altyd by ons geholpe omdat ons hulle altyd probeer tegemoetkom. Ons probeer regtig om vir elke soort voet in Wellington ‘n gepaste skoen aan te hou,” sê hy. Geen moeite is te groot wanneer dit by die behoeftes van hul kliënte kom nie. Basie vertel dat hy al meermale mense na-ure uit hul skoen-penaries moes help. “Hier was al hoeveel benoude bruidegomme wat hul trouskoene vergeet het en dan dringend gehelp moet word. Die pa van ‘n bruid het selfs

eenkeer skoene en ‘n broek op die nippertjie voor sy dogter se troue hier kom kry. Hy het toe ook nie ‘n baadjie gehad nie en ek het sommer vir hom een van my baadjies by die huis gaan haal om te leen,” lag hy. Basie, wat van mense hou en graag ‘n geselsie met sy kliënte aanknoop, ken ook al sy verkoopsverteenwoordigers en verskaffers persoonlik. Basson Skoene het in die afgelope 22 jaar van krag tot krag gegaan en gegroei. Hul hou tans ‘n groot verskeidenheid skoene, wat met enige groot skoenwinkel in die Kaap kan kompeteer, teen baie billike pryse aan. Hierdie winkel staan beslis sy skoene as ons dorp se voorste skoenwinkel stewig vol.

Spesiale aanbieding!

Enigeen wat van Woensdag 16 Mei tot Saterdag 19 Mei ‘n kopie van die Courant met die aankoop van skoene by Basson Skoene vertoon, sal 30% afslag op hul aankope kry.

7

Langebaan’s Ladies Club Championship winner for 2018, Andrea van Dyk (17).

Gentlemen’s Club Championship winner for 2018, Samee Allie (19) (left) with Riëtte Laas, General Manager of LCE.

Langebaan – Samee Allie (19) received the trophee of Gentlemen’s Champion and Andrea van Dyk (17) the Ladies’ Champion at the 2018 Club Championship held at the Langebaan Country Estate (LCE). Prizes totalled R50 000 worth of golfing requisites from leading manufacturers and wine. After his victory Allie said: “There was tough competition out there and the field really made me work hard for the victory, but it feels great to win – hopefully one of many wins this season.” Allie started playing golf at 7 and he currently plays off a 2 handicap, at only 19 years old, but is working hard to scratch and below, for which he now has the time to practice during his gap year before studying a BA in Sports Business Management at the University of Stirling in Scotland. Van Dyk is in her final year of high school and her father, who received his Springbok jacket for golf in 2017, took his children to the golf course

with him when they were very young and thus her passion for the sport was sparked. She started playing competitive golf from the age of 12 and plays off a 9 handicap. According to Bob Parry, resident golf pro and Club Liaison Manager, the tournament, in its 26th year, is open to all members and follows a stroke-play format for gentlemen. Players with a handicap of up to 9 played in the A division and those with a handicap between 10-15 played in the B division. A stableford format was used for gentlemen with handicaps of 16 and above. The women played a stroke-play, and A division was for players with a handicap of up to 18. The Ladies’ B Division for handicaps of 19 and above is also stableford. Parry said: “It is wonderful to see youngsters coming through the ranks – their dedication and talent is inspiring and a pleasure to see unfold.”

Hobbelperd se eienaar gesoek:

Die duursame hobbelperd met skokbrekers, se eienaar het hom vroeër vanjaar tydens ‘n skou op Moorreesburg by Douw Steyn van Saldanha gekoop. Hy het glo gesê dat hy later die perd by Steyn, ‘n speelgoedmaker van Saldanha, sou kry. Steyn, wat bekend is vir die trekkers en vragmotors wat hy maak, vra dat die eienaar hom asseblief bel by 078 827 6227. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant. co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


8

courant

dié

16 Mei 2018

Tel: 022 487 3221

NUUS • NEWS

SPORT

16 Mei 2018

•RUGBY-AKSIE IN WESKUS SPOOR SPANNE AAN TOT HOOGTES

Taai wedstryde in Grootuitdaagreeks

Saterdag 12 Mei se wedstryde aan die Weskus was taai. Volgens Davie Lawrence van die Boland Klubrugby Nuus-groep op Facebook was die voorste puntemakers Fabio Afrika (Velddrif) 32, Raymond Papier (StHelena) 24, Gilmore Solomons (Young Hearts Pella) 20, Evan Barends (Vredenburg) 18 en Russel Smith (Langebaan) 15. Die voorste driedrukkers wat Gilmore Solomon (Young Hearts Pella) 4 drieë. Langebaan wen Mamre met 32-23, Young Hearts van Pella wen Paternoster 39-29, Saldanha-

Groot opkoms na Village Fitness-kleureloop VELDDRIF – Die wenner van die Village Fitness 5km Kleurepretloop (Colour Fun Run) wat Saterdag 12 Mei op Kruispadplaas, 15km buite Velddrif, plaasgevind het, is Olga-Marie Blomerus. Naomi Snyman was tweede met Jacques Tredoux derde. Deelnemers wat vooraf geregistreer het, het geskenksakke met ‘n energiestafie, weiproteïenmonstertjie, energiedrankie, water of koeldrank, ‘n kleurloop-inskrywingsbandjie en twee sakkies verf. Die verf is tot groot konsternasie van sommige gegooi, sodat almal naderhand kleurvol was. Verskeie gelukstrekkings is gehou met pryse van Russells on the Port, Lavender & Lime, Blue Bay Lodge Restaurant en die Village Fitness Gym.

baai wen Velddrif 32-26 en Vredenburg seëvier oor St Helenabaai met 28-24. Wedstryde op Saterdag 19 Mei, tuisveld eerste, is Young Hearts van Pella vs Velddrif, Saldanha vs Langebaan, Mamre vs Vredenburg, Hopefield vs Paternoster. Vredenburg se puntemakers was: drieë Ruan Kleinsmit, Evan Barends en Anwill Adams; Barends het ook drie strafskoppe en twee doelskoppe tussen die pale deurgekry. Vir St Helenabaai het Raymond Papier, Curtley Jeffries (2), Llewelyn Willams drieë gedruk en Papier met twee skoppe geslaag.

Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garcia- izelle@diecourant.co.za Bemarkingsbestuurder: JB Paterson- ads@diecourant.co.za Joernalis: Alida Buckle- alida@diecourant.co.za Bemarkers: Desiré Kriel desire@diecourant.co.za Isabella Schnetler isabella@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws - accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Facebook: @diecourant

Regs: Op julle merke ... gereed ... gooi. Deelnemers aan die pretloop gooi gelyk hul poeierverf in die lug.

Tel: 022 487 3221

469 dié courant weskus  
469 dié courant weskus  
Advertisement