Skip to main content

468 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

9 Mei 2018

14.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 468

9 Mei 2018

Grond gebreek in planttyd

Dit is planttyd in die Swartland en oral is masjinerie op die lande druk aan die werk om die grond om te keer en die saad in die grond te plant. Op Paddavlei van Lammie Louw is dit ook geen uitsondering nie Hier is al die implemente ingespan om die werk gedoen te kry.

•SM SÊ JA VIR WARMWATER-ONTWIKKELING

Bron kry nuwe lewe •Charlotte Lesch MALMESBURY - Die water van die dorp se minerale waterbron wat die laaste jare saam met stormwater see toe vloei, kry moontlik weer lewe nádat een tender vir die gebruik van dié water ontvang is. Die De Bron-winkelsentrum is byna 18 jaar gelede op die plek gebou waar die warm water uit die grond vloei. Die Swartland Munisipaliteit het in 2016 tenders aangevra met gebruiks- en ontwikkelingsvoorstelle van voornemende ontwikkelaars of gebruikers. In 2015 het dié courant berig oor die minerale inhoud en gesondheidswaarde van die water nadat die koerant monsters van die water by 'n laboratorium laat toets het om vorige verslae oor die water te bevestig. Die warm mineraalwaterbron, waarvan die

plaaslike munisipaliteit sedert 1930 die eienaar is, is ‘n standhoudende fontein wat ontdek was voor die dorp in 1827 gestig is e Dit het ook tot die dorp se naam aanleiding gegee. Sir Lowry Cole, destydse goewerneur aan die Kaap, het die bron besoek vir sy genesingswaarde en die dorp na sy skoonpa, die Graaf van Malmesbury, vernoem. Die munisipaliteit het een tender van La Belle Creations CC ontvang vir die mineraalwater. Die tenderaar, Lynn Bell van La Belle Creations, se tender is goedgekeur, onderhewing aan bepaalde opskortende voorwaardes. Die voorwaardes sluit onder meer in dat La Belle Creations teen 30 Junie moet bewys dat daar met die eienaar van die De Bron-perseel ooreengekom is op ‘n roete vir die herleiding van die waterpyp oor die betrokke perseel na Erf 8857 in Smutsstraat waar die tenderaar besig is

met die ontwikkelingsproses van ‘n fasiliteit vir beide gesondheids- en onstspanningsdoeleindes. Die tenderaar moet ook geskrewe goedkeuring van die SM se direkteur van siviele ingenieursdienste kry vir die plan met die pypleiding. Daar moet ook vir dié doel ‘n toepaslik gekwalifiseerde ingenieur aangestel word om die ontwerp te doen. Die SM is nog in die proses om die ooreenkoms te finaliseer. Luidens die notule van die vergadering waar goedkeuring verleen is, word beplan dat die ontwikkeling reeds so vroeg as die einde van Augustus vanjaar voltooi kan wees, onderhewig aan ‘n lening van R3.5 miljoen wat bekom moet word vir fase twee, drie en vier van die projek. Die minerale fonteinwater sal teen ‘n bedrag van R5/kiloliter aangekoop kan word deur verbruikers.

NUUS • NEWS


2

Wen met Skaapkop-fees Dis dié week weer tyd vir die jaarlikse Skaapkopeetfees van dié courant en Trio Events by Bushmans Cave. Twee gelukkige leser sal kampplek vir vier persone losslaan om deel van dié unieke fees te wees. Stuur 'n Whatsapp-boodskap met die slagwoord SKAAP, jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Donderdag om 12:00 om in aanmerking hiervoor te kom. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

9 Mei 2018

•NEEM NASIONAAL DEEL

NUUS • NEWS

Kaylie ken van skaapskeer Kaylie de Jager (Graad 12) van Malmesbury, maak wéér geskiedenis met haar skaapskeertalent. Kaylie wat vanjaar aan die Hoërskool Swartland matrikuleer, het verlede jaar as die enigste deelnemer en boonop die eerste meisie vanuit die Wes-Kaap aan die Nasionale Skaapskeerkampioenskappe onder die skole-afdeling deelgeneem. Sy het vanjaar daarin geslaag om na die eindrondte deur te dring en ‘n uitstekende sesde plek te behaal. Kaylie het teen 15 ervare skaapskeerders in die finale rondte om die eerste plek meegeding. Sedert haar deelname verlede jaar, het dié sport behoorlik vlam gevat onder leerders van reg oor die provinsie. Vanjaar was sy een van vier deelnemers, twee seuns en twee meisies, wat van die Wes-Kaap ingeskryf het. Dié meisies was ook die enigste twee wat deel van die SA Kampioenskappe was, sê Albert van Zyl, hoof van landbou by skole in die Wes-Kaap.

NSRI: Die

NSRI op Yzerfontein het onlangs hul jaarlikse opedag hier gehou. Besoekers het meer oor die NSRI en hul werke geleer en ook kans gehad om saam met bemanning op die water uit te gaan.

“Kaylie het in die finaal teen seuns van ander provinsies deelgeneem wat al duisende skape geskeer het,” vertel Van Zyl. Volgens hom het haar mededingers gedurende die skoolvakansie skape vir ekstra sakgeld geskeer. De Jager het twee skape binne ‘n tyd van 12.34 geskeer. Sy skeer dus ‘n skaap binne 6.17 minute. Volgens Van Zyl het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement die leerders se onkostes gedek. Die NWKV en Elsenburg het gehelp met die leerders se skaapskeeropleiding, voeg hy by. Kaylie het verlede jaar haar eerste skaap per toeval by Hoërskool Porterville geskeer met kursusse wat gevolg het toe sy uitvind hoe lekker dit is. “Ons meisies het aanvanklik skape se wol gaan klas, toe die instrukteur vra wie ‘n skaap wou skeer.” Sy het haar hand opgesteek en haar eerste skaap geskeer, slegs ‘n paar maande voor die nasionale kampioenskappe. Natasha de Jager, trotse ma van Kaylie is baie dankbaar dat sy haar skoolloopbaan op so ‘n goeie noot kan afsluit.

Kaylie het by verskeie universiteite aansoek gedoen om die kursus BSc (Agric) te gaan studeer. Haar liefde vir diere was nog altyd daar en sy kan nie wag om ‘n loopbaan in die veekundebedryf na te streef nie. Sy oorweeg dit egter op die stadium sterk om eers vir ‘n jaar te gaan werk en skape te skeer, vertel sy.


NUUS • NEWS

3

9 Mei 2018

•AANSOEK OM HERSONERING VAN GROND NABY TIERFONTEIN

Uie-aanleg vir Swartland beplan •Johan Viljoen Die bevindinge van omgewingsimpakstudies en repliek op besware word ingewag alvorens die Swartland Munisipaliteit die aansoek om hersonering vir die beoogde uie-verdrogingsaanleg langs die N7 naby Tierfontein kan oorweeg. Die aanleg met 'n jaarlikse verwerkingskapasiteit van 15 000 ton uie, word deur die Du Toit-groep beoog op ekstra grond wat hulle aangeskaf het aanliggend aan hul Skaapkraal-boerdery skuins oorkant die Môreson-ekspoterrein. Die aansoek is om ongeveer 2,8ha van die 50ha van landbousone een na landbousone twee te hersoneer. Volgens die vroeë beplanning sal die aanleg aan die westekant van die N7 meer as 6 000 vierkante meter beslaan en uie van Skaapkraal sowel as elders droog. Die beoogde aanleg van Du Toit Investments/ CDI Global sal die uie tot drie eindprodukte poeier, gemaal, korrels - droog. Die beplanning is met drie daaglikse werkskofte van agt ure elk drie ton uie per uur te verwerk tot 'n eindproduk van ongeveer 500kg.

Die voginhoud word van sowat 85% tot omtrent 5% verminder. By so 'n aanleg word die rou uie skoongemaak en gewas en die uitval-uie word ook verwyder. Dan word die wortel- en stingelreste afgesny voor dit geskil en kleiner gesny word alvorens die droging in drie fases plaasvind. Warm lug word deur die lae uie geblaas en in elke fase, soos die uie droër word, neem die lug se temperatuur af om verbranding te verhoed. Die finale produk word dan verder gesny of gemaal afhangend van die eindproduk en volgens die verlangde groottes gesif voor dit verpak word. Vir die afvalwater in die fabriek sal daar 'n waterbehandelingsaanleg wees om dit skoon te maak. Die toegang tot die perseel sal, soos vir ander grondeienaars langs die N7, kom van die nuwe sekondêre dienspad wat saam met die opgradering van die hoofroete gebou word. Vir die droging van uie word daar meesal spesifieke geskikte wit kultivars gebruik en die droging van uie is veral 'n groot bedryf in die

groot uieproduserende lande soos China, Indië en Amerika. 'n Woordvoerder van die Du Toit-groep, Runei Kotze, het by navraag gesê hulle wil nie nou vrae oor die aanleg beantwoord nie: “Op hierdie stadium van die projek is ons nie gereed om enige inligting te bespreek nie. Kontak ons gerus oor 6 maande weer.”

Die opgradering van die R44 tussen Porterville en Piketberg vorder goed. Só sê die departement van vervoer en openbare werke verantwoordelik vir die rehabiliteringsprojek ter waarde van ‘n R170 miljoen. Die projek wat in November 2016 afgeskop het, sal na verwagting in Augustus die jaar voltooi wees. Gebaseer op ‘n geotegniese analise, was daar besluit om die R44 te rehabiliteer om sódoende die huidige verkeervloei te akkommodeer. Die projek behels die herstel en herseël van die pad, opgradering van kruisings en om die pad te verbreed.

Die verbetering van die dreineringstrukture op die roete is ook aangebring, insluitend die Essenbosch en Kromrivierbrûe. Albei die brûe is ouer as 60 jaar wat beteken dat die plaaslike erfenisstigting ‘n belang hierin het. Die omgewingsmagtigingsprosesse is voltooi en goedgekeur en ‘n omvattende omgewingsbestuursplan vir die konstruksie-aktiwiteite is daargestel vir die projek. Verkeer is steeds besig om van die R44 gebruik te maak met eenrigtingvloei en ‘n stop en ry-stelsel in plek om te verseker dat motoriste

tydens die projek geakkommodeer word, maar ook te verseker dat konstruksie voort kan gaan. Geen paaie sal tydens die duur van die projek gesluit word nie. Motoriste word versoek om geduldig te wees en ten alle tye versigtig te bestuur. Tot op datum is R27 miljoen reeds aan projekte in die Wes-Kaap spandeer en 41 462 dae se werk is vir inwoners in die omgewing van die Bergrivier Munisipaliteit verseker. “Die departement ag goeie kwaliteit padinfrastruktuur as ‘n belangrike komponent van ‘n effektiewe vervoerstelsel.”

Die neuroloog het vir hom gesê hy gaan nie die nag oorleef nie. Tjerk Kits (52) van Malmesbury het sy kop op die hospitaalbed se kussing neergelê en gesê “Liewe Here net nie dit nie.” Dit is vandag 17 jaar later en sy drome is groter as ooit. Een van die drome is sy droom vir Suid-Afrika. Kits bied eersdaags op 25 Mei ‘n program, My African Dream aan waar hy vir mense wil help om hul droom vir Suid-Afrika te herontdek. “Die rede hoekom Suid-Afrika se droom doodgaan, is omdat die mense in Suid-Afrika se drome doodgegaan het,” verduidelik hy. Die mense in die land droom nie meer nie en hoor net negatiewe goed, voeg hy by. “Ek wil hê die mense moet besef dat God in elkeen van ons ‘n droom gesit het. Elkeen wil iets bereik. Ek wil iets bereik en ek gaan nog. Die

Here het my net op ‘n ander pad gesit. Jy het hom nodig. Dit is immers God wat die drome in ons harte gesit het.” “Het jy jou hoop en droom vir Suid-Afrika verloor. Hoe maklik laat ons dit toe dat omstandighede ons beheer. Ons het nie beheer oor wat met ons gebeur nie, maar wel oor hoe ons daarop reageer, of dit nou positief of negatief is. Kom luister op 25 Mei na Tjerk Kits en Lyndi Njengaye met haar goue stem by die AGS Kerk op Malmesbury en word geïnspireer deur jou drome vir Suid-Afrika te herontdek met die regte gesindheid. “Ons moet verhoed dat ons omstandighede ons weerhou van ons God gegewe drome. "Neem beheer oor jou eie lewe en moet nie toelaat dat ander jou denke en aksies beheer nie.”

'n Argitekvoorstelling van die beplande uieaanleg van die Du Toit-groep.

Opgradering van R44 vorder fluks

Tjerk Kits (52) wil ander met praatjie motiveer

KENNISGEWINGNOMMER: T41/17/18

VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 2 X 1-TON LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIE Swartland Munisipaliteit vra hiermee tenders aan van toepaslik ervare diensverskaffers vir die voorsiening en aflewering van 2 x 1-ton ligte afleweringsvoertuie, volgens die spesifikasies in die amptelike tenderdokumentasie. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T41/17/18: VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 2 X 1-TON LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIE” moet voor 12:00 op Vrydag, 25 Mei 2018 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen laat kwotasies, elektroniese of tenders per faks sal aanvaar word nie. Tegniese navrae rakende hierdie tender kan aan mnr. John Barlow by tel. 022 487 9400 gerig word.

KENNISGEWINGNOMMER: T45/17/18

VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X LIGTE PASSASIERSMOTORVOERTUIG Swartland Munisipaliteit vra hiermee tenders aan van toepaslik ervare diensverskaffers vir die voorsiening en aflewering van 1 x ligte passasiersmotorvoertuig, volgens die spesifikasies in die amptelike tenderdokumentasie. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T45/17/18: VOORSIENING EN AFLEWERING VAN 1 X LIGTE PASSASIERSMOTORVOERTUIG” moet voor 12:00 op Vrydag, 25 Mei 2018 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen laat kwotasies, elektroniese of tenders per faks sal aanvaar word nie. Tegniese navrae rakende hierdie tender kan aan me. Elsabe van der Merwe by tel. 022 487 9400 gerig word.

Dokumente kan gedurende normale kantoorure by Robinne Smith by tel. 022 487 9700 by die Munisipale Kantore, Malmesbury, h.v. Hill- en Piet Retiefstrate, langs die Checkers-ingang, afgehaal word. ‘n Nieverhaalbare kontantfooi van R100,90 is aan die Swartland Munisipaliteit betaalbaar vir die afhaal van uitdrukke van die tenderdokumente. Gratis, elektroniese tenderdokumente is op aanvraag beskikbaar. Onvolledige dokumente sal nie oorweeg word nie. Tenders sal geëvalueer word ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en die spesifikasies wat saam met die tenderdokument uitgereik sal word. Die kontrak sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Voorkeurpunte sal slegs toegeken word, indien Bylaag MBD 6.1 (deel van die tenderdokument) volledig voltooi is. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEE-statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEE -graderingseise te substansieër. Hierdie tender is onderhewig aan die Algemene Tendervoorwaardes, en indien van toepassing, enige ander Spesiale Tendervoorwaardes. Swartland Munisipaliteit word nie daartoe verbind om die laagste, ‘n gedeelte van ‘n tender of ‘n tender in geheel te aanvaar nie. Swartland Munisipaliteit Privaat Sak X52 Malmesbury 8 Mei 2018 www.thecandocompany.co.za 133713

JJ Scholtz Munisipale Bestuurder

20X4 PROOF 1


4

NUUS • NEWS

9 Mei 2018

dié courant

35 000 besluite per dag

Om 'n besluit te neem, is ons almal se reg. 'n Kognitiewe besluit is een wat oordink word, een wat in jou gedagtes gestalte aanneem. 'n Emosionele besluit kan jou soms lekker in die agterent kom byt, maar soms is dit hierdie besluite wat die werklikheid van jou hart weerspieël. Volgens kenners neem ons sowat 35 000 besluite per dag. Sommige is natuurlik onkeerbaar, dis deel van jou gewone denkproses, maar ons neem soveel besluite per dag. Sommige geniet 'n bietjie meer aandag as ander en ons staan dalk langer stil by een as by die ander. Besluite verander jou lewenspad. Hoeveel keer het ons onsself nie al afgevra: "As ek maar hierdie besluit geneem het, hoe anders sou my lewe nie gewees het nie?". Ons vra dit onsself meer as gereeld. Ons besluit oor ons lewe, ons liefde, ons hond, kinders, ontwikkeling, uitbreiding en soveel meer. Ons neem ook telkemale besluite wat ons weet ander negatief gaan raak, maar ons druk deur en hou voet by stuk. In 'n nuuskantoor word daar daagliks net so baie besluite geneem. Is dit 'n storie wat werd is om na te jaag? Is dit iets wat in openbare belang is? Moet ons die feite kry? Kan ons hierdie bron vertrou? Hier, in die rooi kantoor, het ons destyds al 'n besluit geneem om verantwoordelike joernalistiek te pleeg. Ja, ons maak foute, ons is ook net mens, maar ons sal nooit ten koste van iets of iemand 'n storie "jag" soos sensasionele blaaie nie. Dalk dink joernaliste en redakteurs 'n bietjie meer en neem ons meer as 35 000 besluite per dag, want ons neem nie net besluite vir onsself nie, maar ook vir ons lesers en adverteerders. Dit is die basis van ons beleid by hierdie unieke publikasie. Besluite is joune om te neem, hou net so af en toe ander ook in ag as jy jou besluite maak - veral as dit ander raak en nie net jouself nie. IG

Dis Goeie Nuus Die boek Prediker, geskryf deur koning Salomo die seun van koning Dawid. Hy begin die eerste hoofstuk met alles is sinloos. Koning Salomo het bogemiddelde wysheid van God ontvang, sodat hy die volk Israel goed kon lei. Hy skryf al die dinge wat gebeur maak ‘n mens moeg, ‘n mens kan nie eers alles opnoem nie. Hy noem wel ‘n paar, die riviere vloei na die see, en tog word die see nie vol nie. Die water gaan weer terug na die riviere en vloei dan maar weer na die see. Hy sê die oog word nie versadig met wat hy sien nie, en die oor word nie vol met alles wat hy hoor nie. Salomo wou verstaan wat onder die son gebeur, en met wysheid te oordink.

Dr. Andrew Bosman

Alles is sinloos

Hy het gevind dat dit ‘n moeilike taak is wat God vir die mens gegee het om te oordink. Salomo het damme gebou, tuine besproei, diere aangehou, slawe en slavinne gehad. Hy het baie silwer en goud bymekaar gemaak. Hy het egter nagedink oor alles wat hy bereik het, oor al die moeite wat hy gedoen het, en besef hoe sinloos dit alles is. Hy beskryf dit as niks anders as ‘n gejaag na wind nie. Hy sluit af en skryf, na alles wat jy gehoor het is die finale slotsom: Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie. Dit word van alle mense gevra.

Werker van die jaar gesoek

Produsente kan nou weer deelneem aan die Wes-Kaap se gesogte Landboutoekennings van die Jaar 2018-kompetisie. Die bestuur van die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete nooi alle plaaslike produsente in die omgewing uit om landbouwerkers vir die geleentheid te benoem. Die kompetisie wat sedert sy ontstaan in 2002, is ‘n geleentheid om erkenning te gee aan die waardevolle en belangrike bydrae wat landbouwerkers tot die volhoubaarheid en groei van die landbousektor in die Wes-Kaap lewer. Die Wes-Kaapse Landboutoekennings is in 2002 in die Hexvallei deur die Hexvallei Tafeldruifvereniging begin. In 2005 het die plaaslike departement van landbou as borg tot die kompetisie toegetree.

Die kompetisie het gegroei van 36 inskrywings in die Hexvallei in 2002 tot die deelname van 16 streke in 2017 met 1 347 inskrywings later. Shoprite het in 2012 die kompetisie finansieël begin ondersteun en is tesame met die WKDL mede-borge van die kompetsie. Die Wes-Kaapse departement van landbou (WKDL) wil met die aanbieding van die landboutoekennings landbouwerkers se vooruitsigte en verstaan van die landbousektor verbreed en hulle deur die geleentheid aan nuwe lewenservaringe blootstel. Die geleentheid wil ook verder landbouwerkers motiveer om hul kennis en vaardighede te verbeter wat uiteindelik persoonlike groei teweegbring en geleenthede vir toekomstige loopbaanontwikkeling onthul. Die bewese sukses van die kompetisie in onder andere die Hexvallei-, Langeberg-, Witzenberg- en Bergrivierstreke het die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete laat besluit om ook so ’n kompetisie en funksie aan te bied om vir die landbouwerkers in die gebied dankie te sê vir hul harde werk en bydrae tot die landbou-sektor. Produsente, mede-landbouwerkers of plaaskomitees kan deelnemers benoem. Enige persoon wat op ’n plaas werksaam is en bydra tot die boerdery kan benoem word.

VLV vergader oor gesondheid in die winter

Kom besoek die Malmesbury VLV se maandelikse vergadering môreoggend vir ‘n gesellige geleentheid waartydens die gesondheidspan teenwoordigers gereed kry vir die winter. Onthou jou serp vir ‘n demonstrasie. Ananda van der Walt gaan besoekers ‘n kykie gee in die lewe van ‘n gehoorgestremde en almal meer vertel van gebare taal. Kom span jul vingers in en onthou jul lapservette vir die Tak-kompetisie. ‘n R10 lootjie word verkoop vir ‘n kans om ‘n prys te wen. Die geleentheid vind om 09:30 by Renosterbos by Myrtledene op Malmesbury plaas. Die besoekersfooi is R30 en sluit tee en verversings in. E-pos Mia Louw indien jy die geleentheid wil bywoon by info@rondomskrik.co.za.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

5

9 Mei 2018

Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za*

Also at

*Some deals may not be available online

SAVE

SAVE

SAVE

20%

20%

20%

*Excluding smoked pork *Buy any 2 of one kind or mix n match. Ts & Cs apply.

*Buy any 2 of one kind or mix n match. Ts & Cs apply.

*Buy any 2 of one kind or mix n match. Ts & Cs apply.

Valid Until 13 May 2018

Valid 12 May 2018 Only

Valid Until 13 May 2018

SAVE

SAVE

WHEN YOU BUY ANY 2 ASSORTED FRESH PORK CUTS*

WHEN YOU BUY ANY 2 MEAT PACKS FROM OUR BUTCHERY*

20%

20%

*Buy any 2 of one kind or mix n match. Ts & Cs apply.

Ts & Cs apply.

WHEN YOU BUY ANY 2 CRUSTACEANS*

SAVE

20% WHEN YOU BUY ANY 2 SPARKLING WINES*

WHEN YOU BUY ANY PAIR OF WOMEN’S SLIPPERS

WHEN YOU BUY ANY 2 ASSORTED FEMININE HYGIENE PRODUCTS*

*Including sparkling, MCC and champagne. 20% Deduction made at the till. Ts & Cs apply.

Valid 12 May 2018 Only

Valid Until 16 May 2018

Valid 10 - 13 May 2018 Only

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

MORE SAVINGS Visit www.picknpay.co.za for more details.

this weekend Excluding PnP Hypermarket

WAS R199.99

R

99

3.6V Cordless Screwdriver

• Model: HSD-360

58

R

BUY ANY 3 FOR

BUY ANY 2 FOR

SAVE R4

SAVE R3

10

99

R

SAVE R11 Nescafé Classic 200g Jar

Knorr Packet Soup or Tasty 2in1 Stew Mix Assorted 50/60g

Excluding PnP Hypermarket

23

R

Simba Potato Chips Assorted 125g

WAS R164.95

69

Excluding PnP Hypermarket

Fresh Stuff 26-Piece Foodsaver Set

45

45

R

SAVE R19

SAVE R11

Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or 3in1 Capsules 15s Each

Baby Soft 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Each

Buy a Tanqueray Imported London Dry Gin 750ml and Get a Fitch & Leedes Tonic 6 x 200ml Cans FREE

WAS R129

SAVE R20

Castle Lite 12 x 340ml Non-returnable Bottles Per Pack

WAS R139

R

119

R

199

Tanqueray Imported London Dry Gin 750ml

SAVE R20 Russian Bear Energy Fusion 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets excluding Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 10 - 13 MAY 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS

90

Pyramid Lantern Assorted Colours Each

109

R

R

29

R

R

WAS R120

COPPERFIELDSTUDIOS_MMWCHS2221

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK


NUUS • NEWS

9 Mei 2018

Publikasie 11 jaar jonk 27 Augustus 2014

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

27 Augustus 2014

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Interskole-aksie

1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

NUUS • NEWS

11 Februarie 2015

Swartland

NUUS • NEWS

Uitgawe 286

swartland en weskus

dié

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

6

11 Februarie 2015

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Uitgawe 307

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Ekspo op Môreson dié naweek

Darling Sewes reg vir vuurwerke

Wen groot met Valentynsdag

•WERKSGELEENTHEDE GESKEP BY NUWE AANLEG

Darling borrel en bruis Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag in hul jaarlikse interskole teen die Blackies van Hugenote Hoërskool op Wellington te staan gekom. Dirigente Marieta Basson, Rossouw Koen, Kelly Hawtrey en Lushane Beeton het die Rockies van die kantlyn aangevoer. REGS: Wesbank Sekondêr het in hul stryd teen Proteus as die oorwinnaars uitgetree. Bevan Abrahams laat loop met die bal.

• KONSTRUKSIE NADER SWARTLAND

N7-projek vorder

Die Finale Omvangsverslag vir die voorgestelde verbetering van die N7 tussen Leliefontein plaas (km 43) en Abbotsdale (km 48) is tot 15 September ter insae vir kommentaar. Sanral (SA Nasionale Padagentskap) het vier verkeerstudies in 2008 en 2012 aangevra van die N7 tussen die Melkbos-kruising en Malmesbury om die moontlike behoefte vir opgradering te bepaal. Die studies het tot die slotsom gekom dat die behoefte bestaan om die pad teen 2015 te opgradeer van twee lane na vier lane. Fase 1 is die Melkbos-kruising tot by die Atlantis Suid-kruising (die Melkbos-kruising is in Junie vanjaar geopen); Fase 2 is die Atlantis Suidkruising tot by Leliefontein; en Fase 3 is Leliefontein tot by Hopefield-kruising.

Fase 3 is in drie dele verdeel. Die eerste is Malmesbury-Suid, plan twee is vir MalmesburyNoord en plan drie is vir die N7 van Leliefonteinplaas tot net noord van die Abbotsdale-kruising, waarvoor die huidige omvangsverslag is. Grondeienaars sal ‘n belangrike rol speel in die bepaling van die presiese ligging van die pad, veral deur Abbotsdale. Residensiële eiendom aan albei kante van die N7 aan die noordelike kant van Abbotsdale sal geraak word. ‘n Belangrike oorweging is toegang van vier groepe plaaslike grondeienaars: die Tierfonteinplase; Hillcrest-plase; die Leliefontein-kleinhoewes; en Abbotsdale en Abbotsdale-Wes. Twee moontlike kruisings word oorweeg, een in die omgewing van Tierfontein en die ander naby Ab-

botsdale. Die volledige verslag is tot 15 September beskikbaar by Malmesbury biblioteek; St Michaels Primêr, Abbotsdale (kontakpersoon mnr P Berling, 078 886 9246); kantore van CCA; en op die CCA webblad, www.ccaenvironmental.co.za (konsultant). Enige kommentaar moet gestuur word nie later as Maandag 15 September 2014 nie. Stuur aan Direktoraat Omgewigsimpak Evaluasie, Dept Omgewingsake, vir aandag: Me Portia Makitla;tel: 012 399 9411 of Makitla@environment.gov.za. DEA Ref No: 14/12/16/3/3/1/592. Of stuur dit na die konsultante, CCA Environmental: me Ena de Villiers; tel 021 461 1118; faks 021 461 1120 of ena@ccaenvironmental.co.za.

Sien interskole-aksie op bladsye 8 & 9

dié courant, toonaangewende koerant in die Swartland, vier hierdie week sy 11de verjaarsdag. Die publikasie het in 2007 sy eerste lewenslig aanskou as 'n gratis skolekoerant, die freegig. Ná 'n klompie uitgawes is besluit om hierdie publikasie eers twee-weekliks uit te gee en daarna weekliks. Ook toe gevul met goeie, informatiewe en opbouende nuus. Dit is vandag steeds die grondslag van dié courant se redaksionele beleid. Geen negatiwiteit nie, net informatiewe en opbouende nuus wat die gemeenskap kan inlig en dien. Dit is dan ook deel van dié courant se slagspreuk - ons dien met goeie nuus. Intussen het daar talle veranderinge en byvoegings gekom tot die stal van dié courant. Dié courant Wellington het twee jaar gelede sy verskyning gemaak en twee maande gelede het dié courant Weskus en Bergrivier die eerste keer op straat verskyn. Hierdie uitbreidings toon 'n marknavraag van

Nuwe werksgeleenthede, ‘n toerismeaantreklikheid en ontwikkeling oor ‘n breë front: dit is wat Kevin en Philippa Woods in die vooruitsig stel wanneer hulle Darling Brew eersdaags op dié dorp hervestig. Die Swartland Munisipaliteit het onlangs die verkoop van ‘n stuk grond in die nywerheidsgebied van Darling vir dié doel goedgekeur. Die perseel van 3591 m² is in Caledonstraat geleë. Daar is ‘n bestaande gebou, wat voorheen vir ‘n kunsmark gebruik is, wat hulle gaan omskakel in ‘n fabriek, met kantore en ‘n restaurant. Die ontwikkeling beloop sowat R50 miljoen en tot 45 werksgeleenthede kan hieruit voortvloei. “Dit is ‘n enorme ontwikkeling en kan net tot voordeel van Darling en sy gemeenskap wees,” het burgemeester Tijmen van Essen gesê. Sommige van die poste is hoogs geskoold, soos die broumeester wat van Duitsland kom,

Philippa Woods (links) en Henrico Rooiland in die bierwinkel van Darling Brew.

maar daar sal ook heelwat ruimte vir plaaslike mense wees. “Ons personeel gaan goeie opleiding ont-vang,” het Philippa aan dié courant gesê. “As daar potensiaal is, sal ons van hulle as brouassistente oplei.” Nog ‘n vooruitsig vir die omgewing is die voorsiening van hop. “Daar is reeds belangstelling van plaaslike boere. Gesels met ons.” Darling Brew brou op die oomblik 40 000 liter bier per maand. Die nuwe aanleg sal hulle kapasiteit verdriedubbel. Philippa sê hulle verwag die eerste toerusting volgende maand van Duitsland af. “Ons wil graag die amptelike opening in September, saam met die blommeseisoen, hê.” Darling Brew het sy oorsprong in ‘n toer deur Afrika gehad. Die twee het in Oktober 2007 op ‘n 9-maande lange reis vertrek om veral Afrika se wildlewe te verken. “Drie dae ná ons vertrek het ons André van Sneeuberg Brouery by New Bethesda ontmoet. Hier het die kiem van ‘n mikro-brouery ontstaan en nadat ons brouerye in verskeie Afrika-lande besoek het, het ons geweet dit is wat die toekoms vir ons inhou.” “Ons het verwag om aan verskillende en interessante biere blootgestel te word, maar wat ons verras het, was die bierbottels wat al groter geword het. Ons het begin met 340ml in Botswana, 630ml in Zimbabwe, 550ml in Mosambiek en 750ml in Rwanda

“Ons bierdrink-aptyt het stadig gegroei soos ons noord gereis het. Toe ons suid draai in Zambië in het die klein 340ml-bottels weer opgeduik. Dit het nie reg gesmaak nie – dit was die helfte te min en het ons onvergenoegd gelaat. Ons het besef óns bier gaan in groot bottels kom. En die bottels gaan swart wees. “Terug op Darling het ons geweet dat daar ‘n groot taak voorlê om ons gedagtes en idees in ‘n realiteit te omskep. Ons was gereed vir harde werk, maar ons het nie die rompslomp voorsien nie.” Hulle het met ‘n klein brouery op Darling begin, maar maande later het hulle nog nie ‘n dranklisensie gehad nie. “Ons het ook besef dat ons daardie omstandighede nooit ons drome sou kon verwesenlik nie. Ons was op die punt om handdoek in te gooi, toe ons Chris Barnard, ‘n meesterbrouer, ontmoet. Hy het ingestem om te help. “Dit was sy kennis en passie vir bierbrou wat Darling Brew gebring het tot waar dit deel van die huidige bedryf geword het, wat biermaak tot ‘n kuns verfyn het.” Dit het ook beteken dat hulle besigheid tydelik Kaap toe verhuis het, met net ‘n bierwinkel op Darling. “Maar nou kom ons huis toe, waar ons hoort,” glimlag Philippa. Besoek hul webblad by www.darlingbrew. co.za vir meer inligting.

nuus wat uniek en eie aan hierdie publikasies is. Met sy 20 000 eksemplare weekliks in die Swartland, 11 000 op Wellington en 17 000 in die Bergrivier en Weskus, is dié courant die WesKaap se grootste onafhanklike gratis gemeenskapskoerant. Met bemarkers wat konstant in die veld beweeg en adverteerders van hulp is, is dié courant die eerste keuse van plaaslike adverteerders wat hul produk en diens aan die gemeenskap bekend wil stel. Ook op sosiale media neem dié courant die voortou met die verspreiding van opbouende nuus en geniet adverteerders 'n gratis ekstra deurdat hul advertensies ook aanlyn gepubliseer word. • Vir meer inligting, kontak redakteur Izélle Garcia (izelle@diecourant.co.za), advertensiebestuurder John-Beattie Paterson (ads@ diecourant.co.za), finansiële bestuurder Jane Gouws (accounts@diecourant.co.za), joernalis Charlotte Lesch (charlotte@diecourant.co.za). Om jou onderneming te adverteer, kontak Karin Neethling by karin@diecourant.co.za of skakel 022 487 3221 en word gegroet deur Chrizaan Witbooi. Besoek ons webtuiste by www.diecourant.co.za en raak deel van ons sosiale media op Facebook by @diecourant.


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCIES AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4632 ------------------------------------DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak:platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie #4609 ---DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 ------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604

------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

Veels geluk EM-JAY JARVIS met jou derde verjaardag op 9 Mei. Seëninge op jou pad. Van: Mamma Elmesia en Macneil, Mamie Niesa en jou drie tannies -------------------------------------

Guess who's two? Happy birthday TIMRICK. May you have a blessed day. We love you - Mommy and Daddy -------------------------------------

9 Mei. Ons grootman is 'n volle twee jaar vandag. Baie geluk. Van: Ouma Joan, oupa Hennie en

kinders -------------------------------------

FIONZE NERO. Geluk met jou 11de verjaarsdag. Alles wat mooi is. Van: Roma-familie -------------------------------------

MASIANO PIETERS. Geluk met jou vierde geboortedag vieringe. Alles wat mooi is - Mommy en Esau-familie -------------------------------------

AYDEN DE WEE. Geluk met jou tweede verjaardag. Van: jou ma Shireen en De Wee-familie -------------------------------------

BRESCHKE. 6 Mei is jou verjaardag. Jy moet lekker verjaar - Mammie, Pappie, Zaylo, Mamma, Nanna Nina, Bradwin en Zia -------------------------------------

07 Mei. Geluk STEFFY met jou mondigwording. Geniet jou dag en alles van die beste. Liefde - Tiaan en Deonise -------------------------------------

7 May- Happy 13th birthday VENO enjoy your day boeta. From Antonie and

9 Mei 2018 Arries family -------------------------------------

Geluk MARYNA met jou 21ste verjaardag. Jy mos nou amptelik in grootmens wêreld. Liefde - van Rooyen en Adams - familie -------------------------------------

13 Mei. Baie geluk met jou tweede verjaarsdag JAYWINN LAMAR SWARTS. Mammie, Pappie, Ouma, Boeta en die hele familie -------------------------------------

11 Mei. CINDY-LEE DYERS. Baie geluk met jou verjaarsdag. God se rykste seëninge op jou pad - Mammie en die hele familie -------------------------------------

JOLENE CROY. Geluk met jou verjaarsdag. Ons is lief vir jou en hoop jy geniet jou dag - Jou susters, kinders, Marlene, Johnry en Croy-familie

LESLEY APOLLIS. 8 Mei. Jou 43ste verjaardag. Baie geluk my liefde. Van: Dittie en Nette -------------------------------------

CORBURN MULLER. Gelukkige 17de verjaardag. Mag God jou seën - Pappa, Mamma en Shanell ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

SOPHIA CROY. 12 Mei. Jou eerste jaar weg van ons. Die gemis is groot - drie dogters, kleinkinders en agterkleinkind -------------------------------------

KATRIENA WILLEMSE. 10 Mei. Sou u 90ste verjaardag gewees het. Ons het die mooiste herinneringe. Liefde - Dittie, Lesley Nette, Beverly en Bianca ------------------------------------

JOSEPH DYASON. 9 Mei. My man, jou eerste verjaardag weg. Gun jou die rus tot ons weer ontmoet - Alice, Hetta, Chandray en Emile ------------------------------------

MOOS CHRISTIAAN FORTUIN (Motta). 7 Mei Liewe Jesus het jou 1 jaar weggeneem. Ons koester jou nagedagtenis. Mis jou baie. Liefde - vrou Cynthia (Nanna) ------------------------------------

7


8

courant

NUUS • NEWS

9 Mei 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

9 Mei 2018

MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 2 Mei - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Brian de Beer 19, Lindsay Meyer 18, William Matthysen 16 Vrydag, 4 Mei - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Peter Willemse 21, Bernard Dolmag 19, Franklin September 19, Okkie Basson 19

Schoonspruit:

Die o.19A-rugbyspan van Schoonspruit Sekondêr het 'n baie suksesvolle toer na Oudsthoorn onderneem vanaf 27 tot 30 April. By die Karootoernooi het hulle die spanne van Cradock (19-17) en Jim Fouché (43-26) geklop. Die skool se volgende kragmeting is teen Piketberg Saterdag in die jaarlikse FNB Classic Clashes en Woensdag 16 Mei teen die span van Wesbank Sekondêr in die plaaslike derby. By die span is afrigters William Arende (links), Kyle en Raynarde de Jager (regs).

SKOLE NUUS Hoërskool Dirkie Uys Tiere teen HS Labori - 5 Mei Hokkie 1ste dogters wen 5-2 2de dogters wen 3-0 1ste seuns speel gelyk op 0-0 2de seuns wen 1-0 Rugby 0.15B wen 34-12 0.15A wen 39-26 0.16A wen 38-5 0.19 verloor 15-18

•LIGAWEDSTRYDE AANVANKLIK UITGESTEL

Rugby-seisoen skop af

Na maande se afwagting op munisipaliteite om hul rugbyvelde beskikbaar te stel, sodat liga-wedstryde in die Boland kan begin, het die Groot Uitdaag-beker uiteindelik op Saterdag 5 Mei afgeskop met 'n paar opwindende wedstryde in die Swartland-streek. Darling Rugbyklub wat verlede jaar groot welslae behaal het in hul stryd na die top 8, het gasheer gespeel vir 'n Moorreesburg-span, oftewel Samoa. Die wedstryd was bietjie van 'n wipplankstryd aan die begin met albei spanne wat goeie geleenthede geskep het. Dit was veral Moorreesburg wat gevaarlik met die bal in die hand gelyk het, met Flippie Jacobs, Jaydon Markus en Arno Fortuin aan die spits. Darling aan die anderkant het goed vertoon in die vaste fasette. Krediet moet egter gegee word aan Darling se agterlyn wat goeie hardloop-rugby gespeel het, met Earl Lewis wat baie bestendig was op verdediging, asook op die aanval. Die sterk losvoorspeler Thor Halvorsen het ook n groot impak van die reserwebank gemaak. Die wedstryd was nog tot en met laat in die tweede helfte in die weegskaal maar dit was die tuisspan, Darling wat welverdiende as die oorwinnaars uit die stryd getree het. Nog n nuweling, Good Hopes van Riebeek Wes het Saterdag na Abbotsdale gereis, vol vetroue dat hulle hierdie seisoen kompeterend kan meeding teen die sogenaamde groot spanne. Lillies soos Abbotsdale bekend staan, het egter in

Sportuitslae Sports results

die eerste helfte Riebeek-Wes 'n groot rugbyles geleer met goeie hardloop-rugby. Met Good Hopes wat die skrums oorheers het in die eerste helfte, was Lillies slim genoeg om die bal wyd te speel, met veral Curtley Klaasen wat met sy dartel-lopies telkemale die verdediging van Good Hopes gebreek het. Met die halftydtelling op 29 – 7 in die guns van Lillies, moes Good Hopes in die tweede helfte hul koppe lig en het behoorlik hul stempel afdruk op die wedstryd. Met hul dominerende spel, het hulle begin momentum bou, met veral die terugkerende trio van Bryan Horn, Julian Claasen en Mishaun Arendse wat Lillies omtrent laat bontstaan het. Good Hopes het tot die einde geveg en het laat in die wedstryd nog 'n verdoelde drie gedruk om die telling op 29 -22 te laat, maar Lillies het genoeg gedoen om die maksimum punte in te palm. Verlede jaar se kampioen, Wesbank, het hulle liga-verpligtinge afgeskop met 'n tuis-wedstryd teen Piketberg, oftewel die Rhinos. Rhinos, wat spog net 'n pak sterk voorspelers, het die wedstryd goed begin en het Wesbank aan die slaap gevang, toe hulle vroeg in die eerste helfte gaan druk het. Wesbank het egter teruggeveg en met speler van die wedstryd, Gershwin Dayson, wie met sy sterk inklimspel baie goed op die aanval was, kon spoedvrate soos Gavern Skippers en Boland se top driedrukker verlede jaar, Riduwaan April oftewel “Die Ai”, gereeld agter die doellyn van Piketberg gaan kuier het. Wesbank het egter baie strafskoppe afge-

staan en sal daadwerklik moet verbeter in hierdie afdeling. Wesbank het op die ou einde van die dag meer konstruktiewe rugby begin speel en sy fiksheid en kondisionering het toegelaat dat Wesbank die wedstryd afsluit met 'n welverdiende oorwinning. Coronations van Kalbaskraal en Porterville, wie albei nuut in die liga is, het hul eerste ligawedstryd met groot intensiteit begin. Corontations, wat gasheer gespeel het vir Porterville, het die skrums en die lynstane oorheers en dit het die grondslag gelê vir twee vroeë verdoelde drieë wat Coronations 'n voorsprong van 14-0 gegee het. Vir Porterville het hul kaptein Adlin Domingo en hul veteraan senter, Cohen Maarman, goeie rugby gespeel. Hul leiding op die veld het veroorsaak dat Porterville in die tweede helfte hul ritme vind. Coronations het egter met Bongo Soni, wie twee pragdrieë gedruk het, en Alroy Brandt wie se skopskoen Coronations die voorsprong laat behou het, goeie rugby opgedis. Porterville, wat spog met 'n paar talentvolle jongelinge, is definitief 'n span om dop te hou in die toekoms. Coronations het uit die wedstryd getree as welverdiende oorwinnaars. Never Despair het hierdie naweek n loslooitjie gehad. Finale Tellings: Darling 35 – Moorreesburg 18; Abbotsdale 29 - Good Hopes 22; Wesbank 33 – Piketberg 18; Coronations 20 – Porterville 12. - Abri Adonis

Netbal 0.14B wen 10-2 0.14A wen 42-5 0.16C wen 25-6 0.16B wen 34-4 0.16A wen 38-1 0.19B wen 16-6 0.19A wen 51-14 Hoërskool Swartland teen HS De Kuilen: Rugby: 19A wen 26 - 20 19B wen 19 - 5 19C wen 22 - 7 16A wen 31 - 19 15A verloor 10 - 12 15B wen 29 - 14 14A verloor 0 - 38 14B verloor 5 - 46 Hokkie: Seuns: 19A verloor 1 - 3 19B wen 4 - 0 16A gelyk 0 - 0 16B wen 1 - 0 14A seuns wen 5 - 0 Dogters: 19A wen 2 - 1 19B wen 6 - 0 16A wen 4 - 0 16B wen 3 - 0 14A wen 7 - 0 Netbal: o/14A verloor 18-19 o/14B wen 16-1 o/14C wen 11-8 o/14D wen 17-6 o/15A wen 14-13 o/15B wen 11-8 o/15C verloor 4-7 o/16A verloor 21-22 o/16B verloor 17-22 o/16 C wen 16-6 o/16 D wen 15-14 o/17A verloor 10 - 25 o/17B wen 16-8 0/17C wen 11-9 o/18A verloor 29-31 o/18B wen 31-10


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
468 dié courant swartland by DieCourant - Issuu