467 dié courant weskus en bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

2 Mei 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 467

2 Mei 2018

•DAG ZERO VIR EERS SUKSESVOL UITGESTEL

Water vloei na Misverstand

Links: Die Wes-Kaap se LUR (provinsiale minister) vir plaaslike regering en omgewingsake, Swartlander Anton Bredell (middel) en die regs die burgemeesters van Swartland en Weskus, Tijmen van Essen en Harold Cleophas, saam met 'n deel van die wetstoepassingspan wat die water "begelei" tussen die die Bergrivier- en Misverstanddam. Misverstanddam – Die water wat ná onderhandelinge onlangs uit die Bergrivierdam gelaat is om te verhoed dat die Misverstanddam as waterbron vir die Weskus leegloop, het reeds die dam bereik. Ná vrese dat die water in dié dam volgens berekeninge teen verlede week sou opdroog, is daar ernstig onderhandel met die nasionale departement om tot die Weskus se redding te kom. Volgens die Swartland se burgemeester, Tijmen van Essen, het hulle daarteen gewaak om paniek te saai, maar daar moes agter die skerms gewerk word om die departement te oortuig. Die Wes-Kaap se LUR (provinsiale minister) vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, het al die partye wat saamgewerk het in die projek geloof vir hul bydrae. Dit sluit die nasionale departement, die blou skerpioene, die groen skerpioene, die munisi-

paliteit van Stellenbosch, Wynland Distrik, Drakenstein, Swartland, Bergrivier, Saldanhabaai en die Weskus Distrik in. Hy het tydens sy besoek aan die dam hier gesê die projek wys dat as “ons almal ons nonsens los, sal daar sukses wees. Dit is die gees van Suid-Afrika”. Bredell het gesê dit is belangrik om die omgewing te bewaar vir die toekoms. Hy het ook gesê dit is die laaste water wat die departement van waterwese beskikbaar sou stel. “Ons is nog nie uit die moeilikheid uit nie en moet bly spaar. Ons het omtrent drie jaar se goeie reën nodig, om uit die moeilikheid te kom,” het hy bygevoeg. Meer as vyf miljoen kubieke meter is uit die Bergrivierdam by Franschhoek in die Bergrivier gelaat en die verwagting was dat minstens 2 miljoen daarvan die Misverstanddam sou bereik. Die dam voorsien water aan dorpe in die

Saldanhabaai, Swartland en Bergrivier munisipaliteite. Volgens die munisipale bestuurder van die Weskus Distriksmunisipaliteit, David Joubert, was die beplanning dat die twee miljoen kiloliter die streek van water sal verseker tot einde Julie en dat genoegsame winterreëns dan verder in die behoefte sal voorsien. Die water het teen sowat 'n een kilometer per uur gevloei en die span wat die water as't ware 24 uur per dag begelei het vanaf die Bergrivierdam, het verskeie hulpmiddele ingespan. Daaronder was hommeltuie en kajakke om versperrings te identifiseer en moontlike waterdiefstal te verhoed. Munisipale wetstoepassers is ook ingespan om net die projek te help. Die Misverstanddam is in 1977 voltooi en het 'n kapasiteit van 7,737 miljoen kiloliter. - (Johan Viljoen)

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
467 dié courant weskus en bergrivier by DieCourant - Issuu