c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
2 Mei 2018
14.4%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 467
2 Mei 2018
•PLAASLIKE HELDE HOU OGIE OOR VLOEI NA DAM
Waterwet toegepas Swartlandse wetstoepassers is onlangs tot blou en groen skerpioene bevorder om sodoende waterwette suksesvol toe te pas. Dié groep is ook by 'n onlangse raadsvergadering van die Swartland Munisipaliteit bedank vir hul rol in die polisiëring van die water wat uit die Bergrivierdam vrygelaat is. Altesaam 15 wetstoepassers van die Swartland is bevorder tot die blou en groen skerpioene om deel te vorm van die omgewingsbestuurspan wat in plek gestel is om onder meer seker gemaak dat geen onwettige aktiwiteite van die gebruik van water tydens die vrylatingsproses van water uit die Bergrivierdam plaasvind nie. Die blou skerpioene was in beheer van die polisiëring van moontlike onwettighede, terwyl die groen skerpioene na die omgewing omgesien het, verduidelik Roman Steyn, verkeershoof van die Swartland. ‘n Suksesvolle samewerkingsooreenkoms tussen verskillende owerhede en instansies het die afgelope twee weke in die omgewing van die Swartland afgespeel, nadat nagenoeg twee miljoen kubieke meter water sy eindbestemming bereik het. Danksy goeie polisiëring en samewerking tussen die nasionale en plaaslike departemente van waterwese, omgewingsake, die SAPD en verteenwoordigers van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Swartland, Bergrivier, Sadanhabaai, Drakenstein en Stellenbosch Munisipaliteit, het nagenoeg twee miljoen kubieke meter water na verwagting Saterdag die Misverstanddam suksesvol bereik. Die vrylating van die water is om Maandag, die 23ste April 03:30 uiteindelik stopgesit. Die vloeiende water (oor ‘n afstand van 137km) wat volgens DWS tussen sewe tot tien dae sou neem om by die Misverstanddam uit te kom, is voortdurend deur plaaslike wetstoepassers gemonitor. Volgens Sputnik Ratau, woordvoerder van DWS, is verskeie onwettige aktiwiteite langs die Bergrivier aangetref. Hy sê egter die hoofdoel van die polisiëring was nie noodwendig om onwettige aktiwiteite uit te wys nie, maar om seker te maak dat die water by die Misverstanddam uitkom. “Hoewel vyf kubieke meter water vrygelaat is, is baie water deur die droë dele van die rivier en rivierbeddings en walle opgeneem,” voeg Ratau by. Volgens die departement sal die suksesvolle
'Lammer'liefde
Ewan Louw van Nuweland Dormers op Malmesbury sê die lamseisoen is vanjaar gunstig. “Dit lyk sover baie goed. Ek het vanjaar ‘n bietjie meer lammers teenoor verlede jaar verloor weens die reën en koue , maar ons kan nie kla oor die reën nie,” voeg hy by. Sy ooie was ook in ‘n goeie kondisie met die begin van die lamseisoen. Louw verduidelik dat hy nie noodwendig meer voer gegee het weens die droogte nie, maar het wel sy voer aangepas. Volgens hom is dit nie ongewoon om sy skape voor lamtyd te voer nie aangesien daar gewoonlik nie kos op die lande gedurende Januarie en Februarie is nie. Foto: Hanné Louw (14)
samewerkingspoging die regulerende raamwerk van water en die omgewingsektor versterk. Die finale aktiwiteite rondom die voorsiening van water aan die Misverstanddam het gister tot ‘n einde gekom. Anton Bredell, plaaslike minister van omge-
wingsake sê hoewel die vrylatingsproses verligting en stabiliteit vir die Misverstanddam gebring het, duur die waterbeperkings en voorwaardes ten op sigte van die droogte steeds voort. “Water moet steeds gespaar word,” voeg hy by. Sien ook berig op bladsy 3
NUUS • NEWS
2
2 Mei 2018
Jessika doen dit weer
Die Freedom Swim, ‘n kompetisie wat gekenmerk word deur sy ysige water, is vanjaar deur plaaslike ystervrou en swemmer van die Swartland, getroef nádat Jessika Steyn eerste in die vroue-afdeling gekom het. Steyn (24) van Malmesbury wat vanjaar deur SA Locums geborg is, het op 21 April vir die derde agtereenvolgende jaar aan die jaarlikse geleentheid vanaf Robbeneiland tot by Big Bay by Bloubergstrand deelgeneem. Sy het die afstand van sowat 7.5km binne ‘n rekordtyd van 1:42:11 geswem. Sowat 150 swemmers het aan vanjaar se kompetisie deelgeneem. Steyn het ‘n algehele vierde plek gehaal. Volgens haar was vanjaar se omstandighede baie meer gunstig as die vorige twee jare. “Die see bly die see, maar die water was warmer as ooit. "Daar was ook geen onverwagse verrassings soos jellievisse nie,” vertel sy.
Die temperatuur van die water was vanjaar 14°C gewees. Steyn het eers besef sy is die voorloper onder die vroue toe sy by die strand aankom. Vanjaar se resies het eers 12:00 die middag weens digte mis afgeskop nadat hulle aanvanklik 09:30 sou wegspring. “Dit was nie lekker om te wag nie, maar die mis het in ons voordeel getel deur warmer temperature te gee.” Vanjaar se winste is aan die SEAL Open Water Trust geskenk. Steyn weet nog nie wat volgende jaar se swemplanne inhou en of sy weer aan die geleentheid sal deelneem nie noudat dat sy in haar doelwit geslaag het, maar sien uit na haar volgende opewater uitdaging wat in Mei plaasvind. Die Lighthouse Swim wat ook deur Big Bay Events georganiseer word, hou ‘n afstand van 10.5km vanaf die lighuis in Milnerton tot by Big Bay in.
NUUS • NEWS
Nuwe deure open vir Sinethemba op MRB
Sinethemba wat al sedert 2003 by die plaaslike gemeenskap van Moorreesburg betrokke is, het onlangs die opening van ‘n nuwe kantoor op dié dorp gevier. Twee gesondheidswerkers, Elsa Adams en Racheal Janse was vir die afgelope 15 jaar reeds aan die stuur van dié tak vanuit die ou biblioteek in Rosenhof. Sinethemba, in samewerking met die departement van gesondheid, se dienste sluit onder meer tuisversorging tot gemeenskapsgesondheid en voorkoming in. Daar is vandag altesaam agt gemeenskapsgesondheidswerkers op Moorreesburg, sewe in Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes en een op Koringberg onder leiding van ‘n verpleegkoördineerder, Estelle Bester. Heinelize Knoesen, projekbestuurder van Sinethemba beskryf die onlangse amptelike
opening van Sinethemba se kantore op Moorreesburg, as ‘n groot gebeurtenis. “Sinethemba se bestuur is ontsettend dankbaar vir die vennootskap met Swartland Munisipaliteit om die Ou Kommando-gebou te kan gebruik,” voeg sy by. Hierdie kantore bedien Moorreesburg, Koringberg en Riebeek-Vallei. Die perseel huisves vandag vyf gemeenskapsprojekte waarvan Sinethemba die hoofhuurder is. Die projekte sluit in gesondheidsdae, ondersteuningsgroepe vir babas, gestremde persone en kroniese pasiënte, ‘n apteek van die gesondheidsdepartement, asook ‘n sopkombuis vir TB en HIV-Pasiënte. Knoesen nooi die plaaslike gemeenskap uit om weeksdae tussen 08:00 tot 13:00 te kom kuier.
Orchard en Booysen swoeg oor 360km in een dag
Die 360one-bergfietsresies wat in Oudtshoorn plaasvind, word beskryf as dié mees uitdagende eendag bergfietsresies in Suid-Afrika. Thomas Orchard (40) van Malmesbury en sy spanmaat, Gerhard Booysen van Tzaneen, het gewys dat enigiets moontlik is met toewyding en passie nádat hulle onlangs dié resies van 361km as ‘n span binne 22 uur en 28 minute voltooi het. Die bergfietstoer moet binne ‘n tyd van 36 uur voltooi word. Orchard en Booysen het ‘n 10de plek as ‘n span ingepalm. Dié bergfietstoer sit egter nie in enigiemand se broek, sonder behoorlike oefening nie. “As iemand ‘n jaar terug vir my gesê het ek gaan aan die 360one-uitdaging deel neem, sou ek dit nie geglo het nie,” bieg hy. Fietsryers trek om 18:00 die aand weg en ry deur die nag tot die volgende nag. Orchard en Booysen kon daarin slaag om die bergfietstoer om sowat 14:30 die volgende dag klaar te maak. Volgens Orchard het die resies verskeie uitdagings ingehou wat deel vorm van een groot fantastiese ervaring. “Die nag was
bitter koud. Dit was op ‘n stadium tussen 2˚C en 3 ˚C. Yskristalletjies het later op my handskoene gevorm,” vertel hy. Gelukkig het hulle net een nag gery. Die bergfietstoer hou drie waterpunte in wat deelnemers toelaat om bene te rek, iets te eet, te drink en natuurlik warmer klere aan te trek. Die kwik het die volgende dag op sy beurt by 30˚gedraai dat hulle weer van die warmer klere moes ontslae raak. Orchard, wat dié sport sowat vyf jaar gelede ontdek het en al hoe meer begin geniet het, beskryf die uitdagings as ‘n groot persoonlike bevrediging. Hy en sy spanmaat, wat ook ‘n boesem vriend van hom is, ry al vir die afgelope vyf jaar saam. Hulle het al in verskeie bergfietsuitdagings deelgeneem wat onder meer die Tankwa Trek, Wine2Whales en die Karoo2Coast insluit. Die 360one-bergfietstoer was deel van hul voorbereiding vir volgende jaar se Cape Epic. Die volgende tawwe bergfietsuitdaging wat vanjaar voorlê, is die Cape Pioneer Trek in Augustus van sewe dae lank.
NUUS • NEWS
2 Mei 2018
Vlaamperdgenootskap onthou Piet Serdyn
Bo: Die Wes-Kaap se LUR (provinsiale minister) vir plaaslike regering en omgewingsake, Swartlander Anton Bredell (middel) en die regs die burgemeesters van Swartland en Weskus, Tijmen van Essen en Harold Cleophas, saam met 'n deel van die wetstoepassingspan wat die water "begelei" tussen die die Bergrivier- en Misverstanddam.
•SLUISE OOPGEMAAK
Miljoene liter water na Misverstand Misverstanddam – Die water wat ná onderhandelinge onlangs uit die Bergrivierdam gelaat is om te verhoed dat die Misverstanddam as waterbron vir die Weskus leeg loop, het reeds die dam bereik. Ná vrese dat die water in dié dam volgens berekeninge teen verlede week sou opdroog, is daar ernstig onderhandel met die nasionale departement om tot die Weskus se redding te kom. Volgens die Swartland se burgemeester, Tijmen van Essen, het hulle daarteen gewaak om paniek te saai, maar daar moes agter die skerms gewerk word om die departement te oortuig. Die Wes-Kaap se LUR (provinsiale minister) vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, het al die partye wat saamgewerk het in die projek geloof vir hul bydrae. Dit sluit die nasionale departement, die blou skerpioene, die groen skerpioene, die munisipaliteit van Stellenbosch, Wynland Distrik, Drakenstein, Swartland, Bergrivier, Saldanhabaai en die Weskus Distrik in. Hy het tydens sy besoek aan die dam hier gesê die projek wys dat as “ons almal ons nonsens los, sal daar sukses wees. Dit is die gees van Suid-Afrika”. Bredell het gesê dit is belangrik om die omgewing te bewaar vir die toekoms. Hy het ook gesê
dit is die laaste water wat die departement van waterwese beskikbaar sou stel. “Ons is nog nie uit die moeilikheid uit nie en moet bly spaar. Ons het omtrent drie jaar se goeie reën nodig, om uit die moeilikheid te kom,” het hy bygevoeg. Meer as 5 miljoen kubieke meter is uit die Bergrivierdam by Franschhoek in die Bergrivier gelaat en die verwagting was dat minstens 2 miljoen daarvan die Misverstanddam sou bereik. Die dam voorsien water aan dorpe in die Saldanhabaai, Swartland en Bergrivier munisipaliteite. Volgens die munisipale bestuurder van die Weskus Distriksmunisipaliteit, David Joubert, was die beplanning dat die 2 miljoen kiloliter die streek van water sal verseker tot einde Julie en dat genoegsame winterreëns dan verder in die behoefte sal voorsien. Die water het teen sowat 'n een kilometer per uur gevloei en die span wat die water as't ware 24 uur per dag begelei het vanaf die Bergrivierdam, het verskeie hulpmiddele ingespan. Daaronder was hommeltuie en kajakke om versperrings te identifiseer en moontlike waterdiefstal te verhoed. Munisipale wetstoepassers is ook ingespan om net die projek te help. Die Misverstanddam is in 1977 voltooi en het 'n kapasiteit van 7,737 miljoen kiloliter. - (Johan Viljoen)
Dit was met leedwese dat die Suid-Afrikaanse Vlaamperdtelersgenootskap afskeid geneem het van Piet Serdyn. Die stigtig van die SA Vlaamperdtelersgenootskap verseker dat die Vlaamperd voortbestaan, en dit is alles te danke aan Piet Serdyn van Moorreesburg, een van die stigterslede van die genootskap en voorsitter vir 21 jaar daarvan. Die genootskap is in 1983 gestig en het sedertdien gegroei as ‘n ras, veral in die Wes-Kaap wat die skouer hier heeltemal oorheers. Die ledetal groei elke jaar en tot die kinders geniet dit om op die perde te ry of te dryf. Die perd het ‘n baie goeie temperament vir kinders. Serdyn was vroeër altyd op die skoubaan met sy perde en “wit keppie” soos ons hom sal onthou en deesdae langs die baan om sy liefde vir die Vlame uit te leef. “Piet, mag die nageslag voortbou op jou erfenis. "Ons eer jou nagedagtenis."
3
4
2 Mei 2018
dié courant
Werkers vereer
Werknemers, met hul uiteenlopende persoonlikhede, maak op die ou end van die dag elke onderneming se hartklop uit. Dis juis dan lekker dat hierdie persone op 'n dag soos Werkersdag gevier word. Niemand is onmisbaar nie, dis sekerlik waar, maar sommiges word net 'n bietjie moeiliker vervang as ander en dit is juis hierdie werknemers wat toegejuig moet word. Om 'n onderneming vandag te bestuur, suksesvol daarby, is beslis nie kinderspeletjies nie. Met die huidige ekonomiese uitdagings, raak dit daagliks 'n groter stryd om kop bo water te hou. Jy moet jouself en ook jou personeel gemotiveerd hou om daagliks te "perform". Dit is nie altyd so maklik nie. Werknemers is die hartklop van 'n besigheid. Hulle is die mense wat die diens lewer, die kliënte tevrede hou, sorg dat dinge gedoen word. Sonder werknemers, is 'n onderneming net 'n leë dop. Dit is nie altyd vir almal ewe maklik om hul dank te betuig nie, maar soms is dit nodig dat werknemers voel dat hulle waardeer word. Dat die ekstra myle wat hulle loop, raakgesien word. 'n Opregte dankie gaan soms baie verder as 'n bonus-tjek. Onthou om altyd jou werknemers te bedank vir dit wat hulle vir jou en jou onderneming beteken. IG
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Hoe tree ons op onder druk?
In 1 Samuel hoofstuk 15 lees ons van koning Saul wat die opdragte wat hy ontvang het nie uitgevoer het nie. Op die vraag van Samuel waarom koning Saul dan nie die opdragte van die Here uitgevoer het nie, het koning Saul geantwoord dat hy bevrees was vir die manskappe en na hulle geluister het. Koning Saul het Samuel gevra om met hom saam te gaan dat hy die Here kan aanbid, maar Samuel het hom geantwoord dat hy nie sal saamgaan nie, want die Here het koning Saul verwerp om koning oor Israel te wees. Dawid en sy manskappe keer terug na hulle stad Siklag, en vind dat hulle vroue en kinders en al hulle vee geroof is. Die manskappe was baie ontsteld en wou vir Dawid stenig. Dawid het egter vir Abjatar, wat die priesteramp vervul het geroep en gevra om die Here vir hom te raadpleeg. Die Here het hom geantwoord dat hy die vroue en kinders en vee sal terugkry as hy die vyand aanval. Koning Saul en Dawid was beide deur hulle manskappe bedreig, Dawid het hom versterk in die Here sy God, terwyl koning Saul na sy manskappe geluister het.
Wen met Linda, Hannon en Dirkie op Malmesbury DIRKIEG PRODUKSIES bring vir Hannon "Glam Guru" & Linda Kriel "Kry Daai Lyf " na Malmesbury Stadsaal vir 'n opwindende MAAK MY MOOI-vroueoggend op 11 Mei 2018. Maak seker jy bespreek jou plek of tafel vandag nog by Dirkie Gildenhuys 0824158000 / dirkiegproduk-
sies@gmail.com Kaartjies R200pp (kos & wyn ingesluit) Staan 'n Kans om een van vyf kaartjies te wen deur na dié courant se Facebook-blad te gaan en die Maak My Mooi Event te deel, asook die hutsmerk #dirkiegproduksies by te voeg!
NUUS • NEWS
The history of Mother's Day Celebrations of mothers and motherhood can be traced back to the ancient Greeks and Romans, who held festivals in honor of the mother goddesses Rhea and Cybele, but the clearest modern precedent for Mother’s Day is the early Christian festival known as “Mothering Sunday.” MOTHER’S DAY AROUND THE WORLD While versions of Mother’s Day are celebrated worldwide, traditions vary depending on the country. In Thailand, for example, Mother’s Day is always celebrated in August on the birthday of the current queen, Sirikit. Another alternate observance of Mother’s Day can be found in Ethiopia, where families gather each fall to sing songs and eat a large feast as part of
Antrosht, a multi-day celebration honoring motherhood. In the United States, Mother’s Day continues to be celebrated by presenting mothers and other women with gifts and flowers, and it has become one of the biggest holidays for consumer spending. Families also celebrate by giving mothers a day off from activities like cooking or other household chores. At times, Mother’s Day has also been a date for launching political or feminist causes. In 1968 Coretta Scott King, wife of Martin Luther King Jr., used Mother’s Day to host a march in support of underprivileged women and children. In the 1970s women’s groups also used the holiday as a time to highlight the need for equal rights and access to childcare. History.com
As jy dink jou ma verdien 'n lekker bederf op Moedersdag, hoekom dan nie inskryf vir dié courant se Moedersdagkompetisie nie? Stuur 'n Whatsapp-boodskap na 084 8333
813 met die slagwoord: MOEDER, jou ma se naam, van, tuisdorp en kontakbesonderhede voor 10 Mei om 10:00 om in aanmerking te kom hiervoor.
Wen met Moedersdag
NUUS • NEWS
2 Mei 2018
5
6
2 Mei 2018
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS BETREKKING VACANCIES AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4632 ------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604
------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
Baie geluk met OUMA SARIE se 95 ste verjaarsdag. Hoop Ouma geniet die dag. Van Apie, Maria en Atta Loesie -------------------------------------
FRANCOIS SWARTS. 30 April, was jou geboortedag vieringe. Baie geluk. Van: Mammie en huisgesin -------------------------------------
AUDREY. Agt jaar op 2 Mei. Geluk met jou verjaardag. Van: Ma, Ouma, susters en familie -------------------------------------
GERALDINE MOSES. Drie jaar op 6 Mei. Baie geluk. Liefde - Ouma, tannie, Ma, Pa en niggies -------------------------------------
Gelukkige verjaardag en alles wat mooi is vorentoe. Van: Zayron Junior en pa Zayron, tannie Sharon, Deony en Luke ------------------------------------ZANDRE LA FLEUR. 4 Mei. Baie geluk met jou verjaarsdag. Van: Rendal, Zayron, Andrid en Aiden ----A happy birthday to my special Godmother. I hope this day brings you all that your heart desires. Love Andriid (your God-child) ---A Happy 30th birthday. You are one special angel and may God be always with you. Enjoy your day - Sus, Celeston and children ---Baie geluk Zandre met jou verjaarsdag (30 Eish). Mag God jou seën op hierdie besondere dag. - Michelle -------------------------------------
7
25 April2018 2018 2 Mei
JAYDEE WILLIAMS. 6 Mei. Jy moet die beste verjaardag ooit hê en geniet elke oomblik. Baie liefde - Ouma Gail en ouma Toesie -------------------------------------
MATTHEW SEPTEMBER. 6 Mei. Geluk met jou eerste verjaardag - Mammie, Pappie, September en Geduld-familie ------------------------------------SHANNON CLEOPHAS. Geluk met jou verjaardag en
alles wat mooi is. Geniet jou dag. Van: Gurshwon (Makou) en gesin ------------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
CHESTER STUURMAN. 6 Mei. Liewe Jesus het jou vier maande weggeneem. Ons koester jou nagedatenis. Liefde - Ma, Boeta's en familie ----Alles is nog so onwerklik. Verlange nog steeds baie groot en jy sal altyd in ons harte bly. Lekker verjaar - Haylen -------------------------------------
memories. You are always in our hearts. Missed and loved, Cyle -------------------------------------
ZIAH GEDULD. 3 Mei sou jou eerste verjaardag wees. Ons vertrou jy is veilig in Jesus se arms. Mis jou baie - Ma, Pa en breë familie ------------------------------------
JANE BERLING (Atta/ Babsie). 4 Mei. Jy vier jou eerste verjaardag weg van ons met die engele. Die gemis is nog baie groot Esau familie -------------------------------------
JONTIN MARK FARO. 5 Mei. Jou eerste verjaardag weg van my. Mis jou elke dag. Liefde - Vroulief Liza, kinders en kleinkinders -------------------------------------
KALLIE & MARY LEANDER. Mamma en Pappa vier jaar is reeds verby. Die leemte is groot. Ons mis jule elke dag - Cardin, Ossie en kinders. -------------------------------------
CHRISTIAN GYSENBERG. 6 May. Today is full of
ALONSO. 1 Mei. Geluk met jou verjaarsdag, Ouma is baie lief vir jou -------------------------------------
5 Mei. Geluk met Nanie se 50ste verjaardag. Geniet die dag - Amelia en kinders ---Baie dankie vir wat Mammie vir ons doen. Mag God se seëninge op Mammie rus. Liefde - Essie, Coby en kinders -------------------------------------
TESS-LEE DYASON (Tessa). Veels geluk met jou verjaardag op 1 Mei. Lief vir jou - Mammie Tessa, oom Michael, Machay, Jurie en Gurshwin -----
Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Anonymous Narcotics Addiction? Need Need help? help? Support Support group group Addiction? meetings every every Wednesday Wednesday @ @ 19:00 19:00 for for 19:15 19:15 meetings at the the Malmesbury Malmesbury Library Library at Contact 083 083 900 900 6962. 6962. Contact CAD Byeenkoms Byeenkoms CAD Die Christelike Christelike Afhanklikheidsdiens Afhanklikheidsdiens kom kom elke elke Die Maandag tussen tussen 19:00 19:00 en en 20:00 20:00 byeen byeen by by die die Maandag Vriend van van God. God. Vriend Vir enige enige navrae navrae kontak kontak Past Past Piet Piet Smit Smit by by 073 073 Vir 447 2902 2902 447 Malmesbury Parkrun Parkrun Malmesbury Every Saturday Saturday at at 8:00 8:00 AM AM -- Next Next to to “Langs“LangsEvery diebos” Market. Market. Free, Free, weekly, weekly, 5km, 5km, timed timed run run diebos” Register for for Free Free @ @ Register www.parkrun.co.za/malmesbury www.parkrun.co.za/malmesbury The Village Village Market Market The at Allesverloren Allesverloren & & Pleasant Pleasant Pheasant. Pheasant. First First at Saturday of of every every month. month. Enquiries Enquiries -- Linda Linda 076 076 Saturday 803 7399 7399 or or Cynthia Cynthia 082 082 492 492 838 838 803 The Darling Darling Trust Trust The May: The The Darling Darling Trust Trust presents presents aa black black tie tie 44 May: dinner and and auction auction at at Evita Evita se se Perron Perron with with tantandinner nie Evita Evita & & Chef Chef Jenny Jenny Morris. Morris. Tickets Tickets are are R950. R950. nie To book book visit visit THEDARLINGTRUST.ORG THEDARLINGTRUST.ORG To Interkerklike Bidgeleentheid Bidgeleentheid Interkerklike Mei: Interkerklike Interkerklike bidgeleentheid bidgeleentheid vir vir boere boere 66 Mei: en plaasgemeenskappe plaasgemeenskappe by by Vriend Vriend van van God, God, Die Die en Wingerd, Malmesbury Malmesbury 17.0017.00- 18.00 18.00 Wingerd, Almal welkom welkom !!!!! !!!!! Almal Damesoggend Damesoggend 11 Mei: Mei: Maak Maak my my mooi mooi damesoggend damesoggend met met 11 Hannon Bothma Bothma en en Linda Linda Kriel Kriel by by die die MalMalHannon mesbury Stadsaal Stadsaal vanaf vanaf 9:30 9:30 tot tot 12:30. 12:30. Koste Koste mesbury beloop R200 R200 pp pp (wyn (wyn en en snacks snacks ingesluit) ingesluit) beloop Vir besprekings besprekings en en navrae navrae kontak kontak Dirkie Dirkie Vir Gildenhuys by by 082 082 415 415 8000 8000 of of e-pos e-pos na na dirdirGildenhuys kieproduksies@gmail.com kieproduksies@gmail.com Cloof Wine Wine Estate Estate Cloof 26 May: May: Join Join us us at at Cloof Cloof as as we we ‘Celebrate ‘Celebrate the the 26 Grape’ and and say say farewell farewell to to the the 2018 2018 harvest harvest seseGrape’ ason. This This will will be be aa fun fun filled filled day day for for the the entire entire ason. family, complete complete with with lunch, lunch, drinks, drinks, exclusive exclusive family, tastings, wine wine specials, specials, great great music music and and enterentertastings, tainment at at Cloof Cloof Wine Wine Estate, Estate, Mamre Mamre Road, Road, tainment Off R315, R315, Darling. Darling. Welcome Welcome drinks drinks at at 10h30, 10h30, Off celebration begins begins at at 11h00 11h00 celebration For any any further further enquiries enquiries please please contact contact For
info@cloof.co.za or or Nokkie: Nokkie: 022 022 492 492 2839 2839 info@cloof.co.za Wintech -- Vinpro Vinpro Wintech 29 Mei: Mei: Inligtingsdag Inligtingsdag te te Nelson Nelson Estate, Estate, Paarl. Paarl. 29 Koste beloop beloop R230 R230 per per persoon. persoon. Koste Vir enige enige navrae navrae kontak kontak Gaynor Gaynor Fortuin Fortuin Vir by 021 021 276 276 0432 0432 of of stuur stuur e-pos e-pos aan aan gaynor@ gaynor@ by vinpro.co.za vinpro.co.za Darling Brew Brew Darling 30 June: June: Darling Darling Brew Brew presents presents Winter Winter Beer Beer 30 Festival from from 10:00 10:00 till till 18:00. 18:00. Festival Live music: music: The The Stone Stone Jets Jets and and Sunset Sunset SweSweLive atshop atshop As per per last last year year -- there there will will be be food food stalls stalls As Ticket Price: Price: R120 R120 per per person person Ticket (includes aa free free DB DB beer beer glass glass for for over over 18’s. 18’s. (includes Big Kids: Kids: R80 R80 (12 (12 –– 18 18 years) years) Kids Kids under under 12 12 isis Big free free For enquiries enquiries please please contact contact -- 021 021 286 286 1099 1099 For Berg River River Marathon Marathon Berg 11-14 July July 11-14 Riebeek Valley Valley MTB MTB & & Trail Trail Run Run Riebeek 18 August: August: The The MTB MTB distances distances are are 60, 60, 40 40 and and 18 12 km. km. Trail Trail distance distance -- 12 12 km km at at Riebeek Riebeek Cellars. Cellars. 12 Enter online online -- www.roag.co.za www.roag.co.za Enter Darling Voorkamerfest Voorkamerfest Darling 31 Aug, Aug, 1-2 1-2 Sept: Sept: Bookings Bookings open open 11 July. July. 31 For any any further further enquiries enquiries please please contact contact For Tasha at at 072 072 573 573 7937 7937 Tasha Swartland Heritage Heritage Festival Festival Swartland 2-3 Nov: Nov: The The Swartland Swartland Independent Independent Producers Producers 2-3 will be be back back in in Paternoster Paternoster on on the the West West Coast Coast will for an an incredible incredible celebration celebration of of Swartland Swartland wine, wine, for food and and two two international international guest guest speakers speakers food
8
courant
NUUS • NEWS
2 Mei 2018
dié
SPORT
Tel: 022 487 3221
2 Mei 2018
Sportuitslae Sports results MALMESBURY GHOLFKLUB Vrydag, 20 April - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Edmund Pietersen 20, William Matthysen 19, Neels Welman 19, Brian de Beer 18, Sakkie Klasen 17 Saterdag, 21 April - NG Moedergemeente Gholfdag - Beterbal Stableford : Bernard Dolmag en Donovan Visser 51; Piet Gelderblom en Heinrich Schreuder 49; Flippie Brand en Erik Liebenberg 49; William Matthysen en Ronnie Shaw 48; Marais Erasmus en Jacobus Snyders 47; Okkie Basson en Ulrich Greffrath 47; Appie van der Merwe en Jan Potgieter 47; Brian de Beer en Dirk Malan 47
Malmesbury Built it se jaarlikse o.13-sokkertoernooi het op 21 April op St Thomas Primêr se sportterrein plaasgevind. Built it, wat deel vorm van die Spar-groep, bied hierdie toernooi landswyd aan. Dit was vanjaar Malmesbury Build it se 10de agtereenvolgende suksesvolle toernooi. Die dag bestaan uit 12 spanne van plaaslike skole in die Swartland wat in uitdunrondtes meeding tot in die groot finaal. Gedurende die dag word spelers bederf met ‘n ontbyt, middagete, verversings, lekkernye en nóg. Naphakade Primêr in Illingelethu se o.13A- en B-span het beide tot die finaal deurgedring vir dié gesogte toekenning. Die o.13A-span het aan die einde van die dag met die louere weggestap wat volledige sokkeruitrusting vir die hele span, sportsakke, trofees en die gesogte spanbeker insluit.
•FONDSE IN GEMEENSKAP TERUGGEPLOEG
Jakkals kraai koning op baan
Hulle se ‘n Jakkals is van die slimste diere in die diere wêreld. Op Sondag 29 April 2018, het Doppies “Jakkals” Coetzee gewys dit geld ook op die gholfbaan. Onder sy leiding het die span van die Young Tigers die Golfers for Good Rydercup-toernooi verower. Met die loting wat op Saterdag plaasgevind het, het Coetzee gewys hy het ‘n goeie oog as kaptein en sy span se kombinasies was baie goed uitgelê. Die spanne van die Super Unicorns en Gardonians het ook sterk op wit en swart gelyk. Na die oggend-sessie het die Young Tigers met ‘n skrale 1.5 punte voor die Gardonians geloop. Bernad Dolma en Morgan Howburg het uitgeblink vir die span van die Young Tigers. Roscoe Liedeman en Ian Kuiler het ook sterk vertoon vir die Gardonians. Lindus van Wyk en Morne Coetzee het ook al hulle wedstryde gewen. Die uitslae het die toon geset vir ‘n klipharde middag-sessie. Die atmosfeer was gespanne en jy kon sien dat die spelers het geweet dat die beker na enige span kon gaan. Maar dit was die Young Tigers wat diep kon
delf en geseëvier het na ‘n laat aanslag deur die Super Unicorns en Gardonians en het uiteindelik met ee punt die dag gewen. In die middag was dit Collin Warries en Bernard Dolmag wat uigestaan het. Ewald Liedeman, Craig Pietersen en Eben Lingeveld Jnr het ook sterk vir hulle spanne vertoon.
"Die dag was wel golf gespeel maar die groter prentjie was die welwillendheid wat gedoen word. Die Goue Aar-tehuis vir bejaardes is vanjaar se begunstigdes," verduidelik Ian Adams. Die kapteine het aan Mnr. Blom, die voorsitter van die Goue Aar, ‘n bedrag van R10 240 oorhandig.
Moorreesburg (72) Samespel-stableford : J Viviers en J Loxton 48, L Pretorius en R Dunne 45, J McKrieling en A Marcus 45, C Nieuwoudt en J Nieuwoudt 44, G Jacobson en C Hatting 44, B Smit en A Smit 43, M Carr en J P Karsten 43, K Meintjies en J Els 43, J Smit en A Kriel 42, F Linder en A Kruger 42 SKOLE NUUS Hoërkool Swartland vs Hermanus Hokkie-uitslae: Dogters: 14A gelyk 0-0 16B verloor 0-4 16A verloor 0-2 19B wen 3-1 19A wen 2-1 Seuns: 14A wen 5-2 16B verloor 0-1 16A glyk 0-0 19B verloor 0-1 19A verloor 0-4