c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
2 Mei 2018
14.4%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 467
2 Mei 2018
•PLAASLIKE HELDE HOU OGIE OOR VLOEI NA DAM
Waterwet toegepas Swartlandse wetstoepassers is onlangs tot blou en groen skerpioene bevorder om sodoende waterwette suksesvol toe te pas. Dié groep is ook by 'n onlangse raadsvergadering van die Swartland Munisipaliteit bedank vir hul rol in die polisiëring van die water wat uit die Bergrivierdam vrygelaat is. Altesaam 15 wetstoepassers van die Swartland is bevorder tot die blou en groen skerpioene om deel te vorm van die omgewingsbestuurspan wat in plek gestel is om onder meer seker gemaak dat geen onwettige aktiwiteite van die gebruik van water tydens die vrylatingsproses van water uit die Bergrivierdam plaasvind nie. Die blou skerpioene was in beheer van die polisiëring van moontlike onwettighede, terwyl die groen skerpioene na die omgewing omgesien het, verduidelik Roman Steyn, verkeershoof van die Swartland. ‘n Suksesvolle samewerkingsooreenkoms tussen verskillende owerhede en instansies het die afgelope twee weke in die omgewing van die Swartland afgespeel, nadat nagenoeg twee miljoen kubieke meter water sy eindbestemming bereik het. Danksy goeie polisiëring en samewerking tussen die nasionale en plaaslike departemente van waterwese, omgewingsake, die SAPD en verteenwoordigers van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Swartland, Bergrivier, Sadanhabaai, Drakenstein en Stellenbosch Munisipaliteit, het nagenoeg twee miljoen kubieke meter water na verwagting Saterdag die Misverstanddam suksesvol bereik. Die vrylating van die water is om Maandag, die 23ste April 03:30 uiteindelik stopgesit. Die vloeiende water (oor ‘n afstand van 137km) wat volgens DWS tussen sewe tot tien dae sou neem om by die Misverstanddam uit te kom, is voortdurend deur plaaslike wetstoepassers gemonitor. Volgens Sputnik Ratau, woordvoerder van DWS, is verskeie onwettige aktiwiteite langs die Bergrivier aangetref. Hy sê egter die hoofdoel van die polisiëring was nie noodwendig om onwettige aktiwiteite uit te wys nie, maar om seker te maak dat die water by die Misverstanddam uitkom. “Hoewel vyf kubieke meter water vrygelaat is, is baie water deur die droë dele van die rivier en rivierbeddings en walle opgeneem,” voeg Ratau by. Volgens die departement sal die suksesvolle
'Lammer'liefde
Ewan Louw van Nuweland Dormers op Malmesbury sê die lamseisoen is vanjaar gunstig. “Dit lyk sover baie goed. Ek het vanjaar ‘n bietjie meer lammers teenoor verlede jaar verloor weens die reën en koue , maar ons kan nie kla oor die reën nie,” voeg hy by. Sy ooie was ook in ‘n goeie kondisie met die begin van die lamseisoen. Louw verduidelik dat hy nie noodwendig meer voer gegee het weens die droogte nie, maar het wel sy voer aangepas. Volgens hom is dit nie ongewoon om sy skape voor lamtyd te voer nie aangesien daar gewoonlik nie kos op die lande gedurende Januarie en Februarie is nie. Foto: Hanné Louw (14)
samewerkingspoging die regulerende raamwerk van water en die omgewingsektor versterk. Die finale aktiwiteite rondom die voorsiening van water aan die Misverstanddam het gister tot ‘n einde gekom. Anton Bredell, plaaslike minister van omge-
wingsake sê hoewel die vrylatingsproses verligting en stabiliteit vir die Misverstanddam gebring het, duur die waterbeperkings en voorwaardes ten op sigte van die droogte steeds voort. “Water moet steeds gespaar word,” voeg hy by. Sien ook berig op bladsy 3
NUUS • NEWS