courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
25 April 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 466
25 April 2018
•PERSONEEL VEREER VIR ONBAATSUGTIGE DIENS
Lugmag vlieg hoog
Brigadier Generaal Mac Matanda sit vlugsersant Henrico Blaauw se medalje aan. Links van hom staan vlugsersant Carlton Blaauw en regs van hom vlugsersant Yolanda Daniels. Alida Buckle LANGEBAANWEG – Personeel van dié lugmagbasis asook van die basisse by Ysterplaat en Bredasdorp, is verlede Vrydag 20 April vir onbaatsugtige diens vereer. Brigadier Generaal Mac Matanda, hoof van die Langebaanweg-lugmagbasis, het die medaljes aan elke lid oorhandig tydens ‘n stylvolle parade en orkesuitvoering van die Suid-Afrikaanse Lugmagorkes. Adjudant-Offisier klas2 Selina Kombora (53) van Langebaanweg het die silwer Goeie Diens Medalje gekry vir die twintig jaar wat sy eers as aankoopbeampte en daarna as rekenkundige beampte in die voorsiening- en ondersteuningsafdeling gewerk en steeds werk. Sy het al as jong sestienjarige meisie as soldaat by Apla (die Azanian People’s Liberation Army) aangesluit en is met die samesmelting in 1998 in die lugmag opgeneem. Sy het al by Ysterplaat, Wynberg en in Pretoria diens gedoen.
“Dit is ‘n groot prestasie vir my en maak my dankbaar daarvoor dat ek deel van die Suid-Afrikaanse lugmag kan wees. Dit wys dat ek pligsgetrou is.” Lede wat die Tshumelo Ikatelaho Algemene Diensmedalje gekry het is: luitenant-kolonel Cedric Cele, majore Poovendran Moodley, Daniel Schutte en Bheki Shabangu, adjudant-offisier Josef Lottering, vlugsersante Yolanda Daniels, Elvin Davids, Romeo Grendeling, Carl Jack, Filip Monge en Colonial Pietersen, sersante Desmond Pearce, Sergei Pharo en Siyabulela Tetyana en korporaal Burton Albertus. Dié medalje word toegeken aan lede wat aan militêre veldtogte deelgeneem het. ‘n Groep lede het die twintigjaar trouediensmedalje gekry. Hulle is adjudant-offisiere Josef Lottering, Louis Peregrino en Enrico Saulse, vlugsersante Carlton Blaauw, Henrico Blaauw, Yolanda Daniels, John Olivier, Deon De Witt, D. Smith en Franklin Thompson, sersante Mark Cleophas,
Alby Kleinsmidt, Mintoor Terblanche en Joseph Whitebooy. Die tienjaar-medalje vir troue diens is gegee aan majoor Joseph Leriba, vlugsersant Carl Jack, sersante Herschel Baron, Donovan Burger, Elouise Dodds, Andrette Fillis en Henidrich Van Rooyen. Brigadier General Mac Matanda het die gesinne en families van die medalje-ontvangers bedank vir hul aandeel en ondersteuning van hul gesinslid. Hy het gesê dat die lede medaljes ontvang omdat hulle buitengewoon goed presteer het. “Medaljes is ‘n uitwaarste vertoon van die hoogtepunte van ‘n lugmaglid se loopbaan. Mag hulle net voortgaan om hul standaard te verhoog.” Brigadier Generaal Mac Matanda het ook verwys na Langebaanweg-lugmagbasis se prestige toekennings verlede jaar vir die beste dienseenheid in die weermag (2 Lugmag Dienseenheid) en ook die beste lugmagbrandweerspan.
NUUS • NEWS