Skip to main content

466 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

25 April 2018

13.8%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 466

25 April 2018

•KITS HERSTEL, DOEN NOU BREINNAVORSING

Doktoraal ná die ‘dood’ •Charlotte Lesch MALMESBURY - Die neuroloog het vir hom gesê hy gaan nie die nag oorleef nie. Tjerk Kits (53) van Malmesbury het sy kop op die hospitaalbed se kussing neergelê en gesê: “Liewe Here net nie dit nie.” Dit is vandag 17 jaar later en sy drome is groter as ooit. Kits, sy vrou en twee kinders, het in 1998 na Malmesbury verhuis, waar hy vir die departement van korrektiewe dienste gewerk het. Hy was ‘n aktiewe man wat in 1999 vir die Boland pluimbal gespeel het. Hy het marathonne gehardloop en tot aan die Cape Argus-fietstoer deelgeneem. Hy het voluit geleef. Of so het hy gedink. Ná 'n rugbesering in 2000 was hy genoodsaak om 'n rugoperasie te ondergaan. Vroeg in 2001 was daar nog teenspoed met bloedklonte wat deur sy hart na sy longe is. Hy het volledig herstel, maar kort daarna op 16 Julie 2001 verander sy lewe onherroeplik. Daar was weer ‘n bloedklont deur sy hart. Dié keer is dit na sy brein met ‘n erge beroerte wat gevolg het. “Die neuroloog het vir my gesê die beroerte was so groot dat ek dit nie sal oorleef nie. “Met my seun (toe 9) en my vrou, Benita, wat langs my bed staan, het hy gesê ek sal die volgende dag nie sien nie." Maar die volgende oggend was die swelling en die bloeding op sy brein wat tot sy dood sou lei, heeltemal weg. Daar was wel baie skade. Kits vertel die neuroloog het hom gesien en gesê hy sal vir die res van sy lewe in ‘n rolstoel vasgekluister wees en nooit weer kan loop nie. Drie maande later het hy ingestap by die kantoor van korrektiewe dienste, waar hy met 34 jaar diens tot verlede jaar gewerk het. Kits sê die linkerkant van sy liggaam dra vandag nog die gevolge van daardie beroerte. Hy kan nie sy linkerarm gebruik nie en sukkel om te stap, maar hy kán stap. “Ek het die onmoontlike oorwin en gestap en so stap ek nou nog. Ek stap waar ek wil wees. Ek ry

Kragmeting:

Twee van Malmesbury se plaaslike hoërskole, Schoonspruit Sekondêr en Hoërskool Swartland, se netbal- en rugbyspanne het gistermiddag op die velde van Swartland kragte gemeet. Hier is die o.16A-rugbyspan van die skole in aksie. waar ek wil wees. Ek het nie hulp nodig nie.” Hy sê gereeld vir mense: “I am not disabled, I am differently abled." "Ek kan steeds dinge doen, al doen ek dit stadiger. Daar is niks verkeerd met my brein nie.” Benita moes wel leer om eenvoudige takies soos ‘n spyker in die muur in te kap, self te doen. Soms doen hy die kapwerk dat sy net hoop hy kap op die regte plek, skerts hy. Sedertdien het hy keer op keer wonderwerke beleef. Kits erken dat hy ook sy af dae kry en dan antwoorde van sy Skepper vra. “Hy antwoord my, ek tel my kop op en gaan weer aan." Hy sê hy het nog altyd daarvan gehou om mense te motiveer. Hy was voor die beroerte ‘n positiewe mens. Hy het destyds ‘n program, The Power of Attitude, wat deur ‘n vriend van hom geskryf is, aangebied, omdat hy ‘n passie daarvoor het. Ná sy beroerte, het die passie om ander te motiveer al sterker geword. Hy het besluit om sy lewensomstandighede te gebruik om vir mense te sê dat ongeag jou omstandighede, jy steeds kan uitstyg. Kits glo positiewe denke gee aanleiding tot ‘n positiewe leefstyl en selfs

genesing. Hy bly glo dat hy weer "normaal" sal kan loop. In 2012 het hy weer sy neus agter die boeke ingeskuif en begin studeer met behulp van ‘n berader, dr. Marius Falck van Therapeia Training op Melkbosstrand. Kits het die Bybelse beradingskursus voltooi en besluit om aan te gaan met sy meestersgraad in teologie met die tema, die emosionele effek van die beroerte op die mens. Hy is tans besig met sy doktoraal in teologie met die tema, die mag van positiewe denke om trauma te oorwin. “Jou denke beheer jou brein en jou brein beheer dan op sy beurt jou liggaam.” Hy verduidelik sy besering is so groot soos ‘n gholfbal. "Soos ek hier sit, sê ek vir my hand om te lig en dit voel so, maar die aksie vind nie plaas nie, omdat die boodskap vassteek by die beskadigde deel.” Nou moet die brein ‘n manier kry om die boodskap by die linkerkant te kry en dit kan maande en jare vat om te herstel, maar dit kan,” sê hy. Kits doen nou self berading. Hy wil nog ‘n internasionale spreker word en hy "gee nie om of daar 2 of 2000 mense opdaag om te luister nie, solank ek een persoon se lewe aanraak". Kits sê sy grootste wens is om Suid-Afrika terug te vat na "die droom wat God vir ons het: SA is nie dood nie.”

NUUS • NEWS


2

25 April 2018

NUUS • NEWS

•WATER UIT BERGRIVIERDAM IN FRANSCHHOEK LOSGELAAT

Dag Zero vir eers suksesvol uitgestel Dag Zero wat drie dorpe in die omgewing van die Weskus-distriksmunisipaliteit gister sou bereik, is vereers van die baan nádat water op 18 April vanuit die Bergrivierdam losgelaat is. Die departement van waterwese en sanitasie het noodgedwonge water uit dié dam losgelaat om water aan die Misverstanddam te voorsien wat op sy beurt water aan Moorreesburg, Koringberg en Saldanha verskaf. Dit kom nádat die droogtetoestand binne die Weskus-distriksmunisipale gebiede wat die munisipaliteite van Saldanhabaai, Bergrivier en Swartland insluit, ‘n ernstige vlak bereik het. Die Weskus-distriksmunisipaliteit voorsien water aan hierdie munisipaliteite van óf die Voёlvleidam of die Misverstanddam, wat albei aan die onderste punt van die Wes-Kaapse watervoorsieningstelsel geleë is. Hierdie munisipaliteite vertrou ook in min-

dere mate op water uit boorgate. Beide die Voëlvlei- en Misverstanddam het nou gevaarlik lae vlakke bereik en daar is fisiese beperkings in die onttrek van water uit hierdie damme. Die departement, saam met die provinsie en die munisipaliteite, se assesserings dui aan dat water uit die Misverstanddam naby Moorreesburg teen 24 April nul sou wees. Na aanleiding van dringende voorleggings aan die Minister van Water en Sanitasie, Gugule Nkwinti, deur Helen Zille, Premier van die Wes-Kaap, oor die watertoevoersituasie vir die Weskus munisipaliteite, asook ‘n versoek om vrystelling van water uit die Bergrivierdam om die toevoer na die Misverstanddam op die laer Bergrivier te vul, is vyf miljoen kubieke meter water van die Bergrivierdam vrygestel. Die eerste water sal ongeveer sewe tot 10 dae neem

om Misverstanddam te bereik wat 138km van die Bergrivierdam af is. Die uitvoerende burgemeester van die Swartland, Tijmen van Essen het verlede Woensdag kort voor die vrylating gedurende ‘n gewone burgemeesterskomiteevergadering gesê die streek sou waarskynlik vinniger Dag Zero in die gesig staar, as dit nie vir die inwoners was wat water so goed bespaar nie. Hy het sy dank teenoor elkeen namens die raad uitgespreek wat by die waterbeperkings hou, maar ook ekstra moeite doen om die gebruik van water te verminder. Van Essen sê dat indien die streek binnekort goeie reën sou kry, daar nie vinnig sprake sal wees om die vlak van waterbeperkings te lig nie. “Tot ons die beperkings verlig, bly die waterverbruik op 50l per persoon per dag.”

Van Essen sê daar is voorspellings dat die Wes-Kaap vir die volgende vyf maande bogemiddelde reën gaan sien, maar dat dit daarna ‘n duidelike afname in reënval wys wat die streek vroeg volgende jaar in dieselfde watersituasie sal plaas indien waterbronne nie bespaar word nie. Moniteringsplanne is in plek gesit om te verseker dat geen onwettige wateronttrekking uit die Bergrivier gedurende die vrylating en ná die vrylating sou plaasvind nie. Watergebruikers word daaraan herinner dat hulle watergebruik nog beperk is en dat die toewysing van water vanaf normale vloei van die rivier is. Die vrystellings van die Bergrivier na Misverstand is ‘n oordrag vir basiese menslike verbruik.

Toerisme:

Die Weskus en sy groot aanbieding vir toeriste het verlede week 'n ekstra skakel met Kaapstad as gewilde toerismestad gekry, toe West Coast Way hul sesde selfryroete by die World Travel Market in Kaapstad bekend gestel het. Dié nuwe Cape-roete verbind die Weskus met die ander gewilde toerismebestemmings in die Wes-Kaap. Dit is 'n uitbreiding van die vyf bestaande roetes aan die Weskus - Culture Route, Foodie Route, Berg Route, Wild Route en Tractor Route. By die bekendstelling was James Vos, die DA se skaduminister vir Toerisme (middel voor), Michael Daiber (derde van links) van !Khwa ttu en Carmen Lerm (vierde van links) van West Coast Way saam met ander rolspelers in die streek se toerisme.


NUUS • NEWS

25 April 2018

•BY KONGRES VIR ONBAATSUGTIGE DIENS VEREER Wen met

Goliath ‘n rots in gemeenskap •Charlotte Lesch “Sy is die moeder van die Swartland. Sy is my regterhand. Sy is baie goed met mense en vir die mense. Sy bring verskillende kulturele groepe bymekaar.” Só beskryf Tijmen van Essen, uitvoerende burgemeester vir Maude Goliath wat onlangs ‘n gesogte toekenning vir haar lewenslange bydrae tot die demokrasie van Suid-Afrika ontvang het. Goliath, onderburgemeester én die eerste vroulike raadsheer, of te wel raadsdame van die streek het niks verwag nie wat die oomblik net nóg meer spesiaal vir haar gemaak het. “Dit was baie oorweldigend vir my,” vertel sy. Die toekenning is gedurende die federale kongres van die DA deur onder meer Anton Bredell, provinsiale minister van omgewingsake aan haar oorhandig. Volgens Bredell het hy haar genomineer omdat sy “’n pragtige familiemens is. “Dit spreek tot ma wees, vrou wees. Die lewe begin by ‘n suksesvolle familie. "As jy kyk na haar familie kan jy sien daar sit ‘n suksesvolle hand daar agter. "Sy het daardie selfde passie by die munisipaliteit ingebring en ook in die party.” Dit is belangrik dat mens vir mekaar dankie sê, voeg hy by. “Sy het ‘n geweldige rol gespeel in die opbou van die munisipaliteit, maar ook tot die opbou van die demokrasie in die Wes-Kaap.” Goliath vertel dat sy aanvanklik nie na die DA se federale kongres wat die 6de en die 7de April in Pretoria plaasgevind het, sou gaan nie tot sy gevra is om tog maar te heroorweeg. Sy ontvang kort daarna ‘n spesiale uitnodiging en ‘n gelukwensing as deel van die kongres se BBP-program. Goliath het steeds niks verwag toe sy die Vrydagoggend by haar huis opgelaai is en na die lughawe geneem is nie. Sy is tydens haar verblyf gedurende die kongres soos ‘n koninklike behandel, vertel Goliath. “Gelukkig het ek voorbereid gegaan,” voeg sy by wat ‘n paar mooi pakkies betref. Sommige van die mense wat betrokke was by die tussenverkiesing in 2003 toe sy raadslid geword het, het haar daar ontmoet. “Dit was baie oorweldigend,” herhaal Goliath. Sy het steeds niks verwag nie tot haar naam die

Sakekamer soek dienste

Die Malmesbury Sakekamer is tans in die proses om 'n databasis van spyseniers op die been te bring. Alle spyseniers word genooi om hul besonderhede te stuur na info@sakekamer.co.za om oorweeg te word vir toekomstige funksies. Intussen word besprekings ingewag vir die komende munisipale vergadering met die Swartland Munisipaliteit wat op 7 Mei om 18:00 vir 18:30 in die Malmesbury Stadsaal gehou word. Besprekings moet teen 3 Mei by info@sakekamer.co.za gedoen word. Vergaderingkostes beloop R120 vir lede en R160 vir nie-lede. Die jaarlikse gholfdag vind op 19 Mei op die Malmesbury-gholfbaan plaas. Inskrywings kan gedoen word by lambert@ talisman.co.za.

Saterdag uiteindelik van die verhoog afgekondig is. “Ek soek nie altyd erkenning nie. Dit is die grootste eer nog wat my te beurt geval het,” sê ‘n beskeie Goliath. “Dit is iets blywend en ek is trots daarop.” Sy onthou die groot applous van sowat 2000 besoekers wat die kongres bygewoon het. “Mense het geskree, ‘You deserve it’. Volgens Goliath, is haar geheim tot haar suksesse haar fondasie met God in haar hand. “Met Hom aan my kant, kan niks verkeerd gaan nie. Sy sê ook dat sy dinge op haar manier doen. “Ek was altyd ‘n leek in die politiek, maar ek het ook vir niemand teruggestaan nie, ” erken sy. Wanneer sy haar tot iets verbind het, het sy deurgedruk tot sy haar doelwit bereik het. Goliath is met die tussenverkiesings in 2003 op die Swartland se raad verkies, hoewel sy altyd lidmaatskap gehad het. Sy is nie skaam om te vra as sy nie iets weet nie. “Ek vra eerder ‘n dom vraag as om dom te bly.” Vir haar is dit ook baie belangrik om die regte houding teenoor jou medemens te hê wat gepaard gaan met dissipline en respek. Sy noem byvoorbeeld hoe baie respek sy vir

die uitvoerende burgemeester het. Van Essen is dit eens dat hulle mekaar aanvul in hul sterkpunte. Goliath is dankbaar vir al die ondersteuning van Van Essen, minister Bredell, haar kollegas, mede-raadslede en haar kinders. Sy het twee seuns en ‘n dogter. Haar skoondogters beskou sy ook as haar eie en dié moeder van die Swartland spog boonop met vyf kleinkinders. Haar liefdevolle en barmhartige geaardheid kom al van kindsbeen saam met haar. Haar redes om op die raad te dien, is eenvoudig. Sy het ‘n passie vir mense en om met mense te werk. Sy wil ‘n verskil in ander se lewens maak so ver sy kan. Goliath wat ‘n boorling van Kimberley is, het in ‘n huis met die leuse, “meedeel is plig” grootgeword. Dit is daarom nie vreemd om te hoor dat sy eers in verpleging was voor sy die politiek betree het nie. Sy beplan om teen die einde van die volgende munisipale verkiesing in 2021 af te tree, maar sê sy sal altyd lojaal bly. ‘n Organisasie waarby Goliath aktief betrokke is en waarvan sy nooit sal afstand doen nie, is onder meer Jo Dolphin. “As ek gaan kuier, kom ek nie daar weg nie.”

3

Piet Botha en Middernagtrein

Drie gelukkige lesers sal elk met die splinternuwe CD van Piet Botha, Die Middernagtrein, spog. Botha het onlangs, na 'n stilte van sewe jaar, sy nuutste CD aan die Wes-Kaap bekendgestel. "Ek het old school gegaan met hierdie een," vertel Botha. “Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die Middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ‘n gig in die middel van die nag. Die Middernagtrein is maar ‘n metafoor vir life on the road.” Piet het onlangs by die Vonk-familie aangesluit, wat die verspreiding behartig. Die Middernagtrein is by Musica-winkels landswyd, asook op alle aanlyn-musiekplatforms, beskikbaar. Om in aanmerking te kom vir 'n kopie van Die Middernagtrein moet jy net die volgende doen: sms die slagwoord PIET, saam met jou naam en van, tuisdorp en die antwoord op die onderstaande vraag, na 084 8333 813 voor 1 Mei om 12:00. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.


4

25 April 2018

dié courant

NUUS • NEWS

Dink meer aan ander

Die krag wat in ons brein opgesluit lê is baie meer kragtig as wat ons ooit sal besef. Die slimmes beweer mos dat ons net 'n klein persentasie van ons grysstof gebruik - sommige seker 'n bietjie meer as ander, of andersom. Wat 'n wonderlike ervaring was dit dan nie om met iemand soos Tjerk Kits te sit en gesels en te sien hoe sy denke sy liggaam en sy lewe aangeraak het nie. Jy kan nie anders as om van daardie gesprek weg te loop en meer positief te wees nie. Jy besef jy staar die dood in die gesig, maar jy sien ook die sukses van positiewe denke en hoe dit een persoon se lewe handomkeer verander het. As jy altyd net swartgallig gaan wees, gaan jou lewe ook maar bra swart wees, sonder enige kleur, opwinding en geluk. Maak jou denke positief en opgewek en jou lewe sal 'n ander gedaante aanneem. Dalk het dit ook tyd geword dat ons kyk hoe ons mense behandel wat net 'n bietjie anders is as ons. Om net 'n bietjie op sy te staan as 'n persoon wat swaar loop naderkom, gaan niks aan jou doen nie, maar vir hom of haar maak dit die lewe soveel makliker. Tyd dat ons minder vir onsself begin leef en meer dink aan ander. IG

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Hoe tree ons op onder druk?

In 1 Samuel hoofstuk 15 lees ons van koning Saul wat die opdragte wat hy ontvang het nie uitgevoer het nie. Op die vraag van Samuel waarom koning Saul dan nie die opdragte van die Here uitgevoer het nie, het koning Saul geantwoord dat hy bevrees was vir die manskappe en na hulle geluister het. Koning Saul het Samuel gevra om met hom saam te gaan dat hy die Here kan aanbid, maar Samuel het hom geantwoord dat hy nie sal saamgaan nie, want die Here het koning Saul verwerp om koning oor Israel te wees. Dawid en sy manskappe keer terug na hulle stad Siklag, en vind dat hulle vroue en kinders en al hulle vee geroof is. Die manskappe was baie ontsteld en wou vir Dawid stenig. Dawid het egter vir Abjatar, wat die priesteramp vervul het geroep en gevra om die Here vir hom te raadpleeg. Die Here het hom geantwoord dat hy die vroue en kinders en vee sal terugkry as hy die vyand aanval. Koning Saul en Dawid was beide deur hulle manskappe bedreig, Dawid het hom versterk in die Here sy God, terwyl koning Saul na sy manskappe geluister het.

Wen met Linda, Hannon en Dirkie op Malmesbury DIRKIEG PRODUKSIES bring vir Hannon "Glam Guru" & Linda Kriel "Kry Daai Lyf " na Malmesbury Stadsaal vir 'n opwindende MAAK MY MOOI DamesOggend op 11 Mei 2018. Maak seker jy bespreek jou plek of tafel vandag nog by Dirkie Gildenhuys 0824158000 / dirkiegproduk-

sies@gmail.com Kaartjies R200pp (kos & wyn ingesluit) Staan 'n Kans om een van 5 kaartjies te WEN deur na dié courant se Facebook-blad te gaan en die Maak My Mooi Event te deel, asook die hutsmerk #dirkiegproduksies by te voeg!

Dagboek • Diary

Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902

Esterhof Kleuterskool 28 April: "Back to school"-dag met Justin van 7de Laan by Esterhof Kleuterskool in Riebeek Kasteel met verskeie stalletjies, musiek, springkastele, gesigverf en vele meer. Aktiwiteite neem 'n aanvang om 15:00 tot 20:00. Toegang beloop R50 vir volwassenes, R30 vir kinders en R10 vir kleuters tot graad R. Kaartjies beskikbaar by die kleuterskool of kontak: 073 439 5948 (Annalie) / 062 046 8132 (Shadelle)

Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury

Sea Rescue Yzerfontein 28 April: Open Day from 10:00 till 15:00. Come and join us on our Rescue Boat and meet the crew for a donation. Adults at R50 and children at R25 (no children under 6 years). 4x lucky draw winners will also get a trip to Dassen Island. For any further enquiries contact 082 990 5974 or email - nsri34yzerfontein@gmail.com

The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Storie-oggend @ Piketberg 26 April - Luister na die verhale van gister vertel deur Andries (Wolf) Liebenberg en Jannie Lategan. Kontak 022 913 2177 met navrae. St. Thomas Brigade 27 April: Die St. Thomas Brigade bied aan 'n Piekniekdans by die St. Thomas Primêre Skool. Toegang beloop R60 per persoon en Top Five is die groep wat die musiek verskaf. Verrigtinge begin om 20:00 tot laat. Bring u eie XYZ. Vir enige navrae kontak André Adams by 083 797 2858. Kaartjies beskikbaar by die lede Chatsworth Rising Stars Rugby Club 27 April: The Chatsworth Rising Stars Rugby Club presents a Snack Dance at the Malmesbury Town Hall at 18:00. R120 per person will let you in. The Band is All Sounds and the dress code is smart casual. For tickets or any further enquiry please contact Jason at 072 476 4656

VGK, Riebeek Wes 28 April: Die VGK op Riebeek Wes hou kermis vanaf 10:00 Vir enige navrae skakel Retha by 063 214 8975 The Darling Trust 4 May: The Darling Trust presents a black tie dinner and auction at Evita se Perron with tannie Evita & Chef Jenny Morris. Tickets are R950. To book visit THEDARLINGTRUST.ORG Interkerklike Bidgeleentheid 6 Mei: Interkerklike bidgeleentheid vir boere en plaasgemeenskappe by Vriend van God, Die Wingerd, Malmesbury 17.00- 18.00 Almal welkom !!!!! Damesoggend 11 Mei: Maak my mooi damesoggend met Hannon Bothma en Linda Kriel by die Malmesbury Stadsaal vanaf 9:30 tot 12:30. Koste beloop R200 pp (wyn en snacks ingesluit) Vir besprekings en navrae kontak Dirkie Gildenhuys by 082 415 8000 of e-pos na dirkieproduksies@gmail.com Wintech - Vinpro 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@vinpro.co.za Darling Brew 30 Jun: Winter beer festival from 10:00 Berg River Marathon 11-14 July Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60, 40 and 12 km. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars.


NUUS • NEWS

25 April 2018

5


6

25 April 2018

Haven bied vir talle meer as net 'n warm slaapplek

Die Swartland Haven op Malmesbury is ‘n organisasie wat aktief probeer om ‘n verskil in talle se lewens te maak. Die Haven is ‘n nie-winsgewende organisasie wat sedert Mei 2004 geregistreer is. “Ons het oorspronklik in ‘n gebou langs die ou brandweerstasie begin en het later na ons huidige adres in Varingstraat verskuif. Om ons visie en misie na te streef help ons mense om van die straat af te kom, by ons tydelik tuis te gaan en sodoende by hul tuiste te bekom. Ons voorsien hul van kos, klere en basiese behoeftes. Ons kan tot 60 kliënte akkommodeer wat 40 mans en 20 vroue insluit, maar is daar huidiglik net tussen 25-30 kliënte wat by ons woonagtig is,” vertel Chantal Lang, bestuurder van die Haven. “By ons gaan dit nie net oor ‘n bed vir ‘n kliënt, kos, klere, ens. nie. Ons gee maatskaplike dienste, gesondheidsdienste en geestelike groei aan ons kliënte. "Kliënte het toegang tot ‘n rekenaar om hul cv’s op te stel, op die internet te gaan en werk te soek. "Kliënte word die geleentheid gegun om regtig hul lewensomstandighede te verander, hetsy terug te keer na familie, of werk kry en op hul eie

in die gemeenskap gaan bly. "Ons het vele suksesverhale bv. een kliënt wat op dwelms was is nou skoon en is ‘n motiveringspreker en evangelis. "‘n Ander kliënt het sy eie uitvoer-besigheid met wyn begin. "Soos die suksesverhale wat ons kan vertel is daar ook die tragiese verhale, waar kliënte nie hul samewerking wil gee om hul eie lewensomstandighede te verander nie of selfs net op straat wil bly om verskeie redes.” Die personeel van die Haven bestaan uit ‘n bestuurder, maatskaplike werker, vier gashere en twee vrywillige werkers. Die Haven bied die volgende funksies aan om fondse vir dié organisasie te genereer: 1. 27 April 2018 - Karaoke asook Burger & Chips verkope – BABOS, langs Smithy’s TV 2. 29 Junie 2018 - Braai-verkope 3. 12 August 2018 - High Tea 4. 1 September 2018 - Baba & Kleuter-kompetisie 5. 3 November 2018 - Pretdag/Mark dag Die fondse wat hier geïn word, sal aangewend word om die geboue te verbeter en ‘n vertrek in ‘n rekenaarlokaal te omskep.

NUUS • NEWS

Sekuriteit: Darling Security Services, oftewel DSS, het onlangs die Huis van Heerde-

-kinderhuis op Moorreesburg se leerders verras met talle lekkernye. Bo is die groep, saam met die personeel.

Tweekamp: Malmesbury is onlangs

goed by die afgelope SA Tweekampkampioenskappe verteenwoordig. Mariaan Malan het 'n tweede plek in die vroue senior veterane-afdeling behaal en Selma du Preez het 'n derde plek in die o.15 meisie-afdeling ingepalm.

Diemersfontein: Wellington se juweel by Hawekwa Die Diemersfontein Wynlandgoed buite Wellington is ‘n gevestigde baken in ons omgewing. By hierdie landgoed gaan dit egter oor veel meer as bloot wyn en leefstyl - dit het ‘n ryk erfenis wat die omgewing en volhoubare praktyke

respekteer. Diemersfontein behoort reeds vir drie generasies aan die Sonnenberg-familie. Die huidige eienaar, David, se oupa, Max, het hierdie plaas, wat in die skadu van die majestieuse Hawekwa-berge lê en ‘n panoramiese uitsig oor die Du Toitskloof, sowel as Bainskloofberge het, in die vroeë 1940’s gekoop. Die plaasopstal, of “Groot Huis”, is sentraal in die bedrywighede van hierdie werkende wynlandgoed. Die ongelooflike tuine is deur David se ma, Cecilia Sonnenberg, uitgelê en getuig van ‘n era waar ‘n bewuste, rustige leefwyse aan die orde van die dag was. Hierdie pragtige agtergrond is vandag nog ‘n gewilde plek vir bruide en ander spesiale geleenthede. Buiten die ontwikkeling van die Diemersfontein Wynlandgoed, het die Sonnenberg-familie ‘n beduidende rol in talle ander fasette van ons land se vooruitgang gespeel. Max, saam met sy seun Richard, was die medestigters van Woolworths Suid-Afrika en ook parlementslede in die Jan Smuts-regering. Hulle het ook Italiaanse oorloggevangenes tydens die oorlogsjare in die plaasopstalle gehuisves. Richard se vrou, Cecilia, was ‘n bekende Kaapse aktrise en medestigter van die bekende Maynardville-buitelugteater. Die familie se verbintenis met en ondersteuning van die kunste dateer ook uit die tyd toe die Italianers opera-arias vanuit die opstalle laat opklink het. David en Sue, self ‘n kunstenaar en

koorliefhebber, verstaan die belangrikheid daarvan om in plaaslike kunstenaars te belê. Daarom word daar vandag steeds gereeld klassieke musiekkonserte en ander vertonings op die plaas aangebied. In 2000 het David ‘n wynkelder op die plaas gebou en met die produksie van landgoedwyn begin. Sedertdien het Diemersfontein hulself as ‘n swaargewig in die nasionale, sowel as internasionale wynbedryf gevestig. Hulle stap jaarliks met talle gesogte wyntoekennings by plaaslike en internasionale wynkompetisies weg. Diemersfontein het ook in die afgelope jare bekendheid as ‘n gesogte leefstyl-landgoed verwerf. Die voordele om op ‘n veilige, werkende wynlandgoed te woon, vorm die basis van die gewildheid van hul kleinhoewes en ander wooneenhede. Die voorsiening van ‘n sekuriteitsomgewing met ‘n gesofistikeerde infrastruktuur, sonder om op die tradisie en egtheid van die plaaslewe in te boet, is kenmerkend van hierdie landgoed se akkommodasie. ‘n Verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap is een van die dryfvere wat Diemersfontein se eienaars die “Excellence out of Africa Trust” in die lewe laat roep het. Met hierdie inisiatief wil hulle op pogings en hulpbronne in die ondersteuning van jong, talentvolle kunstenaars fokus. Een van hul mooiste suksesverhale in hierdie verband is dié van Pretty Yende. As begunstigde van Diemersfontein se trust, het sy op

24-jarige ouderdom die eerste persoon geword wat al die top-pryse by die International Hans Gabor Belvedere Chamber Music Singing Competition in Vienna, Oostenryk, gewen het. Sy het ook ‘n duet saam met Andrea Bocelli tydens die sluitingseremonie van die 2010 World Cup in Johannesburg gesing. By Diemersfontein word elke personeellid as deel van die familie beskou. In elke faset van hul bedrywighede, hetsy administrasie, plaaswerk, wynmakery, die gasvryheidsbedryf of tuinwerk, getuig elke werker se uitstekende diens van die trots op dít wat hulle doen en die landgoed wat hul verteenwoordig. Vir besoekers is daar, buiten die uitstekende restaurant op die landgoed, ook konferensiefasiliteite, luukse akkommodasie en fynbos-perdryroetes. Die Diemersfontein Landgoed huisves ook die uitstekende Wellington Preparatory School. Die pragtige funksielokaal maak hierdie landgoed die keuse van talle bruidspare en word gereeld vir funksies gebruik. Dit is moeilik om die passie waarmee alles by Diemersfontein aangepak word, mis te kyk. Hul bekroonde wyne, top-restaurant, uitstekende akkommodasie, konferensie- en funksiefasiliteite, leefstyl-eiendomme, sowel as die topskool op hul perseel maak van Diemersfontein nie net een van die mooiste plekke in die land nie, maar spreek ook van hul verbintenis met hul erfenis en volhoubare praktyke.


NUUS • NEWS

7

25 April 2018

Candlelight memorial held TB HIV Care is hosting an Aids Candlelight Memorial service at Wesbank Community Hall in Malmesbury with the theme, Let our actions count, to remember those that was lost to HIV/ AIDS . There will be live entertainment, education and information as well as free health checks for

all. Everyone is invited to attend this special occasion on Sunday, 27 May form 13:00 to 17:00. Rsvp to mandy@tbhivcare.org by 23 May 2018. The free healthcare services includes HIV testing, TB screening, VMMC information, diabetes and blood pressure tests, counselling and support.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

VLV: Die vrouelandbouvereniging van Malmesbury het onlangs vir hul Openbare Sake-ver-

gadering by Myrtledene byeengekom, waartydens ‘n plaaslike prokureur, Eddie Mostert oor onder meer grondonteiening kom gesels het. Van links staan VLV-lid en spreker, Sarie Marais Nell, VLV-voorsitter, Mia Louw, Eddie Mostert en VLV-lid, Magda Potgieter.

Kamp:

Die Swartland Voortrekkers het die afgelope week hul jaarlikse kommandokamp by die Waterkant-kampterrein n die Langkloof gehou. Die Wamakersvallei- en Stellenbosch-kommando's se lede het ook saam gekamp. Die Swartland Voortrekkers vergader elke Woensdag vanaf 17:45 tot 18:45 by die Waspoor-terrein op Malmesbury. Vir meer inligting, kontak Sunet de Jongh by 082 877 4789 of swartlandvoortrekkers@gmail.com.

Iets van alles by Môreson-padstal Môreson-padstal wat onlangs sy deure op Môreson-plaas buite Malmesbury geopen het, is veel meer as net 'n padstal - dit bied n geskenke en deli-afdeling, 'n restaurant en ook 'n kinderpartytjie-venue. Die spyskaart het allerhande lekker geregte van pizza tot slaai tot steak en heerlike vis en skyfies. Alles word met sorg gemaak en die sjefs gebruik vars plaaslike bestanddele. Ons bedien ook Singing Beans Coffee se heerlike koffie so kom le weg aan n sny heerlike lemon meringue kaaskoek en cuppacino. Ons het 'n spesiale koffie en koek-aanbieding daagliks van 08:00 tot 15:00 - 'n sny koek en koffie vir R55. Die speelarea het n groot jungle gym, resiesbaan, springkasteel en waterglybaan op die warmer dae. Die speelarea is vir kinders tot en met 10 jaar oud en koste is R20. Kinderpartytjiepakkette van so min as R35 per kind is beskibaarkontak twofoodfundies@gmail.com vir verdere info hieroor. "Die deli en geskenke-area het werklik iets vir almal - van Darling Sweet se toffies tot Ouma Hanna se boerseep. Daar is bierjam, mosbolle, soetsuurdeegbrood, tuisgemaakte pasteie, kinder geskenke, iets vir pa se braai kamer, iets vir ma se tee tafel en vele meer! En dit is bekostigbaar ook! Die padstal het ook kaartfasiliteite. Moreson padstal is oop vanaf dinsdae tot sondae van 8:00 tot 16:30. Die padstal is Maandae gesluit. Op Vrydae-aande is ons oop tot 21:00 en bedien op die aand steak, ribbetjies en ongelooflike lekker pizza. Jy is welkom om 'n wyntjie saam te bring, aangesien ons nie gelisensieer is nie. Koeldranke, sap en heerlike melkskommels word te koop aangebied." Môreson-padstal hou op Dinsdag 1 Mei n plaasmark met allerhande lekkernye soos mosbrood, tuisgemaakte pasteie, Kerrie afval, Kaas, Pannekoek en vele meer- vanaf 09:00 tot 14:00. Moet dit nie misloop nie. Gaan loer gerus in – daar is regtig iets vir almal. Epos navrae na twofoodfundies@gmail.com of kontak hulle by 079 981 6763 / 061 589 4489.

Hoe kom ek daar? Neem die N7 uit Malmesbury na Kaapstad. Ry verby Abbotsdale en verby die Tierfonteinafrit. Wees op die uitkyk vir die blou borde aan die linkerkant en draai dan in by Môreson-plaas.


8

NUUS • NEWS

25 April 2018

Nuwe brandweerwa vir WKDM Gholfspelers span saam

vir gemeenskap

Die Weskus Distriksmunisipaliteit het hul brandweerkapasiteit aangevul met die aankoop van ‘n splinternuwe brandweertrok ter waarde van R1,17 miljoen. Weskus Distriksmunisipaliteit is hoofsaaklik verantwoordelik vir die voorkoming en blus van veld- en chemiese brande. Gedurende die somer van 2017/18 was die brandweerdienste van WKDM taamlik besig regoor die Weskus om brande te blus. Volgens die brandweerhoof

van WKDM, Bertus Senekal, word sommige veldbrande begin deur die agterlosigheid van mense. “Baie brande kan vermy word indien mense meer verantwoordelik optree. Brande wat naby hoofpaaie plaasvind, plaas nie net druk op brandweerpersoneel nie, maar veroorsaak ook padveiligheidsrisikos” het Senekal gesê. Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen om brande onmiddellik te rapporteer en ook om hul rol te speel om brande te voorkom.

Die jaarlikse Golfers for Good-gholfdag, voorheen as die Ryder Cup bekend, vind Sondag 29 April op Malmesbury se gholfbaan plaas. Die dag bestaan uit vier spanne, die Super Unicorns, Gardonians, Young Tigers en Destroyers, wat mekaar die stryd sal aansê. Die spanne bestaan uit plaaslike spelers asook joggies van die Malmesbury-klub. Die spanne sal sake oor 36 gate in die formaat uitspook. Elke jaar word 'n nie-winsgewende organisasie gekies aan wie die fondse van die dag, geskenk sal word. In die verlede het Kansa SA, die Dahlia-huis en Jo Dolphin fondse ontvang. Vanjaar se fondse sal aan die Goue Aar-ouetehuis geskenk word.

Verlede jaar se wenner, Super Unicorns, is die gunsteling om vanjaar sy titel suksesvol te verdedig, met spelers soos Peter Willemse, Saberie Petersen en Craig Petersen wat op goeie vorm is. Die span van die Gardonians is ook baie positief oor hul kanse met 'n pa en seun-kombo, Ewald en Roscoe Liedeman. Die Young Tigers se kaptein, Doppies Coetzee, speel ook altyd kookwater-gholf. Die Destroyers, die enigste span wat nog nie gewen het nie, sal die bordjies wil verhang en met Billy Howburg en Edmund Petersen aan die stuur, moet hulle nie onderskat word nie. Die aksie skop om 07:30 af. Besighede of persone wat betrokke wil raak by die inisiatief, kan Ian Adams by 079 491 3414 kontak.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

Nuwe Toyota Yaris - kyk hoe lyk sy nou Die naam is nog dieselfde, maar sy is beslis aantrekliker, meer aanvallig en vang die oog, wat net dalk so 'n bietjie begin dwaal het. Yaris is haar naam. Jy sal haar onthou. Niemand wil nou beweer sy was bietjie lank in die tand nie, maar wag tot jy haar NOU sien. Boutoks en 'n splinternuwe hairdo. Die hart is omlyn en die wimpers mooi ingekleur. Jy sal beslis weer kyk. Maar almal saê dit is nie net loeks wat tel nie. Wel, Yaris bly 'n rasegte (moet altyd ras en politiek inbring, dis immers Suid-Afrika) Toyota-pakkie. Stewig, eerlik en veiligheidsgemoedsrus. Die nuwe generasie Yaris het onlangs uit

Thailand haar veskyning op ons paaie gemaak en ons het 'n bietjie gaan rondrits in Malmesbury Toyota se 1.5l Sportmodel. Dit is nou 13 jaar sedert Yaris in 2005 die eerste keer hier haar opwagting gemaak het. Dié het sommer vinnig gewild geraak veral onder studente en as klein stadsverkeermotor. Maar sedertdien het Yaris gegroei en nou staan sy haar plek as luikrug in die B-segment volwaardig vol. En met die nuwe model gaan Toyota waarskynlik sy markaandeel in daardie segment 'n hupstoot gee. Toyota sê sy is meer wat die plaaslike kopers vra as dit kom by ruimte, toerustingsvlak en ook die stilering. En hulle is waarskynlik in die kol. The tribe has spoken. Die nuwe moderner Yaris is groter - langer en breër. 'n Hele 16 cm langer en ook 'n rapsie breër.

Dit maak kajuitruimte natuurlik meer (vir meer gemak) en het ook vir die ontwerpers moontlik gemaak om die bagasieruim tot 310 liter te kon vergroot. Hierdie nuwe Yaris lyk nou nóg meer soos sy groter familie, veral soos 'n kleinboet of -sus van die Auris. Daar is vyf modelle (Xi, Xs, Cross, Xs CVT en Sport) en almal spog met die 1.5l-petrolenjin. Jy kan kies tussen die vyfspoed-handratkas of die outomatiese palwissel (CVT)-ratkas (Xs CVT-model). Sy lyk meer sportie (jaaaaa, dit is seker (NOG) nie 'n Afrikaanse woord nie) en die sportmodel waarmee ons die pad gevat het, het sommer 'n paar ekstra sportie trekke EN 'n luukser kajuit vir volop gerief. Daaronder tel die klimaatbeheer, outomatiese hoofligte en leersitplekke. Maar met jou inklimslag vang die oog onmiddellik die “infotainment” (inligvermaak)-raakskerm. Hier is volop van beide. Dit begin met die satellietnavigasie. Dan is daar bluetooth en slim slimfoonparing met beide iphone en android se voertuigplatforms wat 'n hele rits toeps (apps), waaronder Whatsapp, deel van die ryervaring maak. Daar is 'n USB-sok en 'n HDMI-sok. 'n Pakkie wat gewis ook by die nuwe milleniumgenerasie byval sal vind. Die nuwe Yaris bied baie beenruimte en gemaklike ergonomies aangepaste sitplekke, Buite om het die Yaris-model waarmee ons gerits het allooivellings, kantstroke, drukvinne voor en agter, 'n haaivin-antenna asook misligte. Die nuwe ontwerp sluit ook dagliglampe in. Op die pad is Yaris gewis nie skaam met 'n gemaklike rit nie. Die teenterugrol-heuwelhulp val onmiddellik op en is altyd 'n groot pluspunt vir ervare sowel as minder ervare bestuurder. Reaksie op die pad is nommerpas en aan veiligheid vir gemoedsrus ontbreek dié sportmodel

nie. Die standaardlugsakke vir bestuurder en passasiers word aangevul met 'n kniesak vir die bestuurder sowel as gordyn- en kantlugsakke. Yaris het ook die voertuigstabiliseerbeheer. En onder die enjinkap? Daar lewer die 1.5l-petrolenjin krag van 79kW (6000 omwentelinge) en wringkrag van 140Nm (4200 omwentelinge). Toyota se aangetone brandstofverbruik (gekombineer tussen kort en lang afstand) is 5,9l per 100km en die topsnelheid is 180km/uur. Haar afmetings (en dit is nie seksisties bedoel nie!!!) is 4,145m lank, 1,73m breed, 1,475m hoog met 'n grondvryhoogte van 135mm. Die brandstoftenk se kapasiteit is 42 liter. Yaris kom met 'n 3 jaar/100 000km waarborg en 'n diensplan van 3 jaar/45 000 km. Die nuwe Yaris-reeks kom teen 'n baie kompeterende prys. Die Sportmodel (vlagskip onder die vyftal) kos tans R288 700. Doen jouself 'n guns en gaan ervaar die nuwe generasie se nuwe-generasie Yaris by Malmesbury Toyota. Jy sal nie spyt wees nie.


NUUS • NEWS

25 April 2018

Skenk:

Meerhof Kelder het onlangs 'n helpende hand na die o.15-rugbyspan van die Hoërskool Swarltand uitgereik en die span se rugbysakke geborg. Hier is die span saam met Erik van Jaarsveld, eienaar van Meerhof Kelder.

Hoe gemaak met... ...tuintake in Meimaand Kan julle dit glo, ons trek al weer by Meimaand en na die eerste reëntjies kan ons al klaar nuwe groei bespeur in ons tuine en ook in die veld. Nou is daar ‘n hele paar dinge wat ons in die tuin moet doen. Dit is nou die regte tyd om jou agapantusse en shasta-daisies op te deel en weer nuut te plant in goed voorbereide grond. Haal die ou plante geheel en al uit die grond, breek in netjiese stewige stukke op, snoei terug aan die wortels en die blare en plant terug in die voorbereide beddings. Om die grond goed voor te berei, spit diep om, haal alle ou wortels en ander gemors uit, spit ‘n ruim hoeveelheid kompos en beenmeel plus superfosfaat weer deeglik in die beddings in en maak die beddings weer mooi gelyk en siedaar, gereed om geplant te word. Onthou om dadelik nat te maak, indien dit nie reën nie. Alle plante wat hou van suur grond (‘n lae PH), soos katjiepiering, krismisrose, japonicas, azaleas en nog vele meer, benodig nou ‘n bietjie magnesium (engelsesout) om die grond se PH reg te ruk en terselfdertyd help dit ook met die opname van ander belangrike voedsel-elemente uit die grond uit. Moet ook nie vergeet om saam met die eerste reëns jou hele tuin lekker kos te gee nie, jy kan gewone korrelkunsmis gebruik soos 2:3:2 of 2:3:4 of 3:1:5, dan is daar die organiese bemesting reeks van Atlantic Fertilisers se; All Purpose, Bio Lawns, Bio Ocean. Hierdie produkte is organies en word 100% van hoendermis gemaak. Albei die korrel-en organiese bemestingstowwe moet water kry na toediening, so gooi saam met ‘n lekker reëntjie, of jy moet natspuit, en baie belangrik “dont kill it with kindness”. Moet ook nie die kompos vergeet nie, gooi as deklaag of werk liggies in. Onthou wat ek verlede maand geskryf het in verband met die ekstra reënwater en dat jy dit in jou tuin moet laat insypel. Nou is dan ook die tyd om jou beddings

gereed te kry vir jou wintersaailinge asook jou winter blombolle en saad. Berei die grond voor soos hierbo en begin plant sodra die plantjies en bolle beskikbaar is, dan sal jy verseker ‘n mooi winter en lentetuin geniet. Ek het alreeds verlede maand ‘n klomp name gegee van soorte wat nou geplant kan word. Vir die groentetuin-liefhebbers is daar ook ‘n wye verskeidenheid groete wat nou kan geplant of gesaai word bv; beet, blaarslaai, blomkool, kool, Chinesekool, koolraap, krulkool, preie, radyse, raap, seldery, spinasie, snybeet, uie, witwortels en wortels, moenie die sopgroente/ kruie vergeet nie, soos seldery, parsel en pietersielie. Plant ook nou vir jou ‘n paar waterblommetjiebolle in jou visdam of tuindam en jy kan jou eie Kaapse bredie kook die lente. Jy kan ook nou jou eie knoffel kweek, koop ‘n paar bolle by jou kwekery en plant in ‘n sonnige plekkie, self ook in ‘n houer. Maak ook jou kinders betrokke by hierdie tuintake en gee dalk ook vir hulle elkeen sy eie stukkie grond waar hy of sy kan plant na hartelus, en jy sal sien hoe entoesiasties hulle meedoen, veral as die tuintjie positiewe produkte oplewer en tuinmaak inspireer ‘n mens positief en dit neem stres weg. Maak seker dat jy oorgroeide struike en bome terugsnoei, sodat dit nie handuitruk nie, dit is ‘n deurlopende proses in jou tuin reg deur die jaar. Ek wil graag hê dat ons lesers vir ons vrae moet instuur in verband met tuinprobleme of enige iets wat u sal wil hê waaroor ons kan/ moet gesels, dit kan ons rubriek net meer relevant maak, julle kan dit stuur na: info@malmesburykwekery.co.za of Tuinrubriek, Posbus 216, Malmesbury. 7299 Onthou MOEDERSDAG 13 Mei 2018 Ons gesels weer op 30 Mei 2018. Tuingroete. George Retief

9

Hokkie:

Die o.13A-meisiehokkiespan van die Laerskool Swartland spog met splinternuwe baadjies, geborg deur Malmesbury Toyota. Bo is die span saam met Robert en Thomas Orchard (Malmesbury Toyota).

Plant nou groente vir jou winterbredies Daar is min dinge so lekker in die winter, as om jou eie groente uit te haal en dieselfde aand nog 'n heerlike bredie of sop daarmee te maak. Herfs is ideaal om wortels, beet, ertjies, boontjies, broccoli, blaarslaai, uie en spinasie te plant. Hou die kwekerye dop vir plantjies. In subtropiese gebiede kan komkommer, eiervrug en soetrissies ook nog geplant word. As jy nie plantjies kry nie, kan jy nog boerbone, uie, blaarslaai en ertjies van saad saai. Daar is nog genoeg tyd.


10

NUUS • NEWS

25 April 2018

Stokke geswaai vir Goue Aar Die jaarlikse Golfers for Good-gholfdag, voorheen as die Ryder Cup bekend, vind Sondag 29 April op Malmesbury se gholfbaan plaas. Die dag bestaan uit vier spanne, die Super Unicorns, Gardonians, Young Tigers en Destroyers, wat mekaar die stryd sal aansê. Die spanne bestaan uit plaaslike spelers asook joggies van die Malmesbury-klub.

Die spanne sal sake oor 36 gate in die formaat uitspook. Elke jaar word 'n nie-winsgewende organisasie gekies aan wie die fondse van die dag, geskenk sal word. In die verlede het Kansa SA, die Dahlia-huis en Jo Dolphin fondse ontvang. Vanjaar se fondse sal aan die Goue Aar-ouetehuis geskenk word. Verlede jaar se wenner,

Super Unicorns, is die gunsteling om vanjaar sy titel suksesvol te verdedig, met spelers soos Peter Willemse, Saberie Petersen en Craig Petersen wat op goeie vorm is. Die span van die Gardonians is ook baie positief oor hul kanse met 'n pa en seun-kombo, Ewald en Roscoe Liedeman. Die Young Tigers se kaptein, Doppies Coetzee,

speel ook altyd kookwater-gholf. Die Destroyers, die enigste span wat nog nie gewen het nie, sal die bordjies wil verhang en met Billy Howburg en Edmund Petersen aan die stuur, moet hulle nie onderskat word nie. Die aksie skop om 07:30 af. Besighede of persone wat betrokke wil raak by die inisiatief, kan Ian Adams by 079 491 3414 kontak.

IMPORTANT NOTICE PROPOSED DECLARATION OF PROVINCIAL PUBLIC ROADS TPW16/8/3-29/12 Notice is hereby given, in terms of sections 3 and 4 of the Roads Ordinance, 1976 (Ordinance 19 of 1976), that the Western Cape Provincial Minister of Transport and Public Works intends to declare provincial public roads along the locations and routes described in the Schedule and situated within the West Coast District Municipality area, and to classify such public roads as a divisional road (paragraph 1 of the Schedule), and minor roads (paragraphs 2 and 3 of the Schedule). The locations and routes of these proposed provincial public roads are indicated by means of a broken green line marked A-B-C-D on plan RL 64/8 and broken blue lines marked A-B and C-D on plan RL 65/7. Copies of plans RL 64/8 and RL 65/7 are open for inspection during office hours at the office of the West Coast District Municipality, Moorreesburg. Objections against the proposal must be lodged in writing with the Municipal Manager, West Coast District Municipality, 58 Long Street, Moorreesburg, 7310, on or before 17 May 2018. ADV. B GERBER, DIRECTOR-GENERAL, PROVINCIAL BUILDING, WALE STREET, CAPE TOWN SCHEDULE 1. From Divisional Road 1146 on Erf 353 Abbotsdale to said Divisional Road 1146 on Erf 301 Abbotsdale near the north-eastern beacon of Erf 213 Abbotsdale: a distance of about 2,4 km. 2. From a point on the property 758/6 at the boundary common thereto and the property 817/21 to a point on the property 1060 at the boundary common thereto and the property 817/18: a distance of about 2,9 km. 3. From Minor Road 5364 on the property 758/8 to a point on Erf 785 Abbotsdale at the boundary common thereto and the property 997/3: a distance of about 1,7 km.

VOORGESTELDE VERKLARING VAN PROVINSIALE OPENBARE PAAIE TPW16/8/3-29/12 Kennis geskied hiermee, kragtens artikels 3 en 4 van die Paaie Ordonnansie, 1976 (Ordonnansie 19 van 1976), dat die Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Vervoer en Openbare Werke van voorneme is om provinsiale openbare paaie te verklaar langs die liggings en roetes in die Bylae van hierdie kennisgewing beskrywe en geleë binne die gebied van die Weskus Distriksmunisipaliteit, en sodanige openbare paaie as afdelingspad (paragraaf 1 van die Bylae) en ondergeskikte paaie (paragrawe 2 en 3 van die Bylae), in te deel. Die liggings en roetes van die voorgestelde provinsiale openbare paaie word aangedui deur middel van ’n gebroke groen lyn gemerk A-B-C-D op plan RL 64/8 en gebroke blou lyne gemerk A-B en C-D op plan RL 65/7. Afdrukke van planne RL 64/8 en RL 65/7 lê gedurende kantoorure ter insae by die kantoor van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Moorreesburg. Besware teen die voorstel moet skriftelik by die Munisipale Bestuurder, Weskus Distriksmunisipaliteit, Langstraat 58, Moorreesburg, 7310, ingedien word voor of op 17 Mei 2018. ADV. B GERBER, DIREKTEUR-GENERAAL, PROVINSIALE GEBOU, WAALSTRAAT, KAAPSTAD BYLAE 1. Vanaf Afdelingspad 1146 op Erf 353 Abbotsdale na genoemde Afdelingspad 1146 op Erf 301 Abbotsdale naby die noord-oostelike baken van Erf 213 Abbotsdale: afstand van ongeveer 2,4 km. 2. Vanaf ’n punt op die eiendom 758/6 by die gemeenskaplike grens daarvan en die eiendom 817/21 na ’n punt op die eiendom 1060 by die gemeenskaplike grens daarvan en die eiendom 817/18: afstand van ongeveer 2,9 km. 3. Vanaf Ondergeskikte Pad 5364 op die eiendom 758/8 na ’n punt op Erf 785 Abbotsdale by die gemeenskaplike grens daarvan en die eiendom 997/3: afstand van ongeveer 1,7 km.

Full House: Die nuwe konsessie van

Full House op Malmesbury het Saterdag sy deure hier geopen. Bo is Alistair Mackenzie (hoofbestuurder), David Smith (takbestuurder) en Lance van Eeden (operasionele bestuurder).


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCIES AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4632 ------------------------------------DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak:platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie #4609 ------------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604

-----

Speedy soek dringend ‘n saamrygeleentheid vir ‘n werker, soggens vanaf Moorreesburg na Malmesbury en middae 17:00 terug na Moorreesburg. Sal bydra tot vervoerkostes. Skakel: David 082 370 9521 of 022 482 1373/4 #4640

------------------------------------TE HUUR TO LET Malmesbury - Bachelor woonstel met eie parkeerplek. Afstandbeheer vir hek. Water en elektrisiteit ingesluit @ R3000 per maand. Beskikbaar 1 Mei 2018. Kontak: 082 458 6515 #4637 ------------------------------------TE KOOP FOR SALE Malmesbury: Opreg geteelde Boerboel hondjies te koop. 6 weke @ R3000,00. Kontak : Malan 082 852 5841 #4638

MEMORIUMS IN MEMORIAM

30 April. JEANETTE DESEMBER. Seënwense op jou 50ste verjaarsdag.Bly so pragtig. Liefde - Jayden, Francis, Iman, Enrico, Karin, Furlo & Mia -------------------------------------

24 April. JAYDEN, geluk met jou agste verjaarsdag. Mag God jou vele jare spaar. Liefde - Mamma en Malik ----Geluk met jou verjaardag. Liefde - Mietjie, Jamie, Monique en Rlome ---Geluk Bossie. Baie lief vir jou. Liefde - Veron, Ann, Caiden en Dienkie -------------------------------------

70 op 25 April. Veels geluk Pappie. Geseënd en uitgespaar. Liefde: Vroulief, kinders kleinkinders en agterkleinkind -------------------------------------

23 April. ANNA. Baie geluk my niggie met jou verjaardag. Geniet jou dag. Liefde - Mina -------------------------------------

Beloved African Queen We hope your day is as great as your breyani . Happy birthday Mom. Love - Monique and Ronaldo -------------------------------------

MARCHE SYSTER "SUIKJIE" 26 April. Geluk blompot. Geseënd met liefde, geluk en geloof. Liefde - Ma Stella, Pa Jaune, Juane, Ouma's, ooms, niggies en nefies -------------------------------------

24 April. Baie geluk ASHLEEN, ons babbelbekkie met jou sesde verjaarsdag. Liefde - Mammie en Pappie -------------------------------------

-----

Hake fillet porsies/pakke R50. Snoeke vanaf R85. 5kg filette @ R350,00. Viskoekies, visvingers en ander - 022 4873265 of 084 250 2460 #4608

------------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

REAGAN JORDAN DOUGLAS. 27 April. Geluk met jou tweede verjaardag. Geniet jou dag en ons is baie lief vir jou Mammie, Ouma en Oupa ----Geluk met jou verjaardag. Ons is lief vir jou - Anneline, Dylan en Kevin -------------------------------------

26 April. BEN. "Happy Birthday" my pa. Mag jy lekker verjaar. Lief vir jou Benoline en kinders ------------------------------------24 April. CEDWYN, baie geluk met jou tweede verjaardag. Van: Ma, Pa en familie ------------------------------------SAMANTHA. 26 April. Baie geluk met jou verjaardag. God seën jou ryklik Mammie, Pa, kinders en almal tuis ---God's blessings and stay as sweet as you are! With tons of love - Priscilla, Theo and Courtney -------------------------------------

JO-LIN. 27 April. Baie geluk met jou verjaardag. God seën jou ryklik - Mammie, Pa, kinders en almal tuis ---Have a blessed day. God bless you! Love - Priscilla, Theo and Courtney -------------------------------------

SHILOH. Geluk met jou verjaardag op 28 April. Lief vir jou - Mamma Zareenha -------------------------------------

FREDA TITUS. 78 op 27 April. Geluk Mammie. Geniet Vrydag en Gods rykste seën - kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. -------------------------------------

11

18 April April 2018 2018 25

TAMMY-LEE ARENDSE. 25 April. Baie geluk met jou verjaarsdag, prinses. Mammie is baie lief vir jou en trots op jou - Mammie Nancy-Lee ---Lekker verjaar sus. Baie lief vir jou - Teren-Lee ----Baie geluk. Alle voorspoed met die sport en netbal. Ouma is baie lief vir joum blom - Ouma Sophie, Di-Angelo Brander en Byron ----Veels geluk met jou verjaarsdag. Mag jy 'n fantastiese jaar he met vriende en familie - tannie Nodelz -------------------------------------

27 April. CUAN TIMOTHEUS. Veels geluk met jou verjaarsdag. Ek is baie lief vir jou - Mammie en Daddy -------------------------------------

28 April. ELISBETH JANTJIES. Baie geluk met Ouma se verjaardag. Baie liefde - kleinkinders en die huisgesin

JAPIE. Geluk met jou 47ste verjaardag. Lief vir jou - Jou vrou Awie, kinders en kleinkinders -------------------------------------

EMKE. 27 April. Geluk met jou eerste verjaardag. Mag daar nog vele wees. Liefde - Mammie, Dadda, Oupa, Ouma en Nay -------------------------------------

TASWIN FRANS. 25 April. Geluk met jou sesde verjaardag. God seën jou - Ma Janine, Mamma, Marquin en Haneroe -------------------------------------

Raai wie verjaar op 25 April? ELTON JANSE. Baie geluk seun met jou verjaardag. Hoop jy geniet jou dag. Liefde - Florie -------------------------------------

Happy first birthday CONNOR with love Thompson and Balie family -------------------------------------

24 April. Geluk ROUMPAS. Hoop jy geniet die dag. Van: Steffy, Tiaan, Stoenkels en die hele sesstraat ------------------------------------23 April. Baie geluk antie MILA VAN NEEL. Hoop u het 'n geseënde dag. Liefde - Nancy-Lee Pietersen ------------------------------------23 April. Baie geluk BRAIN. Hoop jy geniet jou dag. Alles wat mooi is vir jou Nancy-Lee -------------------------------------

DOLORES DEELMAN. 23 April. One year in heaven. Rest in peace. You are not forgotten Mom, Wife and Grandmother, nor will you ever be. As long as life and memory last your soul will live in us. We miss you! Love - Victor, Veronique, Lendl, Deidre, Declon, Vicky-Lee #4639 -------------------------------------

SYLVESTER SIEBRITZ STEVEN VAN HARTE. 24 April. Derra, al nege jaar van ons weggeneem. Verlange nog groot - Kinders, kleinkinders en agterkleinkinders -------------------------------------

FRIKKIE. 27 April, jou tiende verjaardag in die hemel. Mis jou. Van: Janette -------------------------------------

LIESBET MENTOOR "SUSSIE". 24 April sou jy 55 jaar wees, maar God het jou nodig gehad - Manlief Panties, Ney, Zet, Jontey en kleinkinders ------------------------------------STERFGEVAL OBITUARY

MARIA (LIEFIE) CUPIDO. Gebore 06.04.1956. Oorlede 21.04.2018. Troosdiens: Woensdag, 25 April om 19:00 te Marjoelienstraat 11. Begrafnis: Saterdag, 28 April. Huisdiens om 08:00 te Marjoelienstraat 11 en die kerkdiens by VGK, Jasmynstraat, Malmesbury om 09:00 -------------------------------------

LSS vs Laurie Hugo

Die Laerskool Laerskool Swartland Swartland op op Die Malmesbury en en Laurie Laurie Hugo Hugo Malmesbury Primêr het het verlede verlede week week op op Primêr Malmesbury kragte kragte gemeet gemeet Malmesbury op die die rugbyrugby- en en netbalveld. netbalveld. op

Emile Minnie @ Laerskool Swartland: Die kore van die Laerskool

Swartland op Malmesbury tree op 3 Mei om 19:00 saam met die Afrikaanse sanger, Emile Minnie, in dié skool se saal op. Kaartjies beloop R80 per persoon en is by die skool beskikbaar. Kontak 022 48 22251 om jou plek te bespreek.


12

courant

NUUS • NEWS

dié

25 April 2018

Tel: 022 487 3221

SPORT

25 April 2018

Dié wintersportspanne van die Hoërskool Swartland het die afgelope naweek kragte gemeet teen die spanne van Hermanus wat op Malmesbur besoek afgelê het. Regs beur Estean Herman (voorryman van die o.19A-rugbyspan) deur die verdediging. Sien uitslae regs.

MALMESBURY GHOLFKLUB Vrydag, 20 April - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Edmund Pietersen 20, William Matthysen 19, Neels Welman 19, Brian de Beer 18, Sakkie Klasen 17 Saterdag, 21 April - NG Moedergemeente Gholfdag - Beterbal Stableford : Bernard Dolmag en Donovan Visser 51; Piet Gelderblom en Heinrich Schreuder 49; Flippie Brand en Erik Liebenberg 49; William Matthysen en Ronnie Shaw 48; Marais Erasmus en Jacobus Snyders 47; Okkie Basson en Ulrich Greffrath 47; Appie van der Merwe en Jan Potgieter 47; Brian de Beer en Dirk Malan 47 Moorreesburg (72) Samespel-stableford : J Viviers en J Loxton 48, L Pretorius en R Dunne 45, J McKrieling en A Marcus 45, C Nieuwoudt en J Nieuwoudt 44, G Jacobson en C Hatting 44, B Smit en A Smit 43, M Carr en J P Karsten 43, K Meintjies en J Els 43, J Smit en A Kriel 42, F Linder en A Kruger 42

•VERTEENWOORDIG NASIONALE SPAN IN WATER

Moreland swem met die visse Kampioenskappe, vir al dié wat op nasionale vlak plaasvind, is gewoonlik streng en senutergend. Om vir vier dae agtermekaar jou passie vir duik uit te leef en vis te skiet, klink egter nie te sleg nie, hoewel die sport nie vir sissies is nie. Robert Moreland, inwoner van Malmesbury, skiet vis op ‘n gereelde basis, óf dit nou vir die lekkerte, vir sy restaurant óf tydens kompetisies is. Hy het die sport vroeg in die negetigerjare begin beoefen en geniet dit nou nog op die ouderdom van 54. In 2000 sluit hy vir die eerste keer by ‘n visskietklub aan en word bekend gestel aan kompetisies. Sedertdien gaan hy van krag tot krag in dié tawwe sport. Moreland het onlangs aan die Nasionale Kampioenskappe in die Veteraanspan vir die WP Onderwater Visskiet Vereniging (WPUFA) op Struisbaai deelgeneem nádat hy die punteleer behoorlik gedurende verskeie kompetisies en proewe deur die jaar geklim het. Hy het aanvanklik in 2013 by die WP Vereniging aangesluit en het die geleentheid gehad om sy provinsie in die A-span vanaf 2014 tot 2016 te verteenwoordig. Hy het aanvanklik gedink hy is klaar met kompetisies en kampioenskappe tot die vereniging se voorsitter, Derek Dunning hom genader het om weer vanjaar deel te neem. Moreland is outomaties in die WP se verteraanspan ingesluit en verduidelik dat hy nie meer in die ope-liga kan deelneem weens sy ouderdom nie. Die meeste visse wat per dag geskiet kan word is 10. Moreland het op een dag

Sportuitslae Sports results

SKOLE NUUS Hoërkool Swartland vs Hermanus Hokkie-uitslae: Dogters: 14A gelyk 0-0 16B verloor 0-4 16A verloor 0-2 19B wen 3-1 19A wen 2-1 Seuns: 14A wen 5-2 16B verloor 0-1 16A glyk 0-0 19B verloor 0-1 19A verloor 0-4 Rugby: 19A wen 27-25 19B wen 37-15 19C wen 34-12 16A verloor 0-43 15A wen 19-5 14A verloor 7-59 14B verloor 7-55 Netbal: 18A gelyk 23-23 18B wen 22-19 18C wen 21-12 17A verloor 12-20 17B wen 14-12 17C wen 6-3

tot nege visse ingeweeg. Sy veteraanspan het eerste onder al die WPspanne gekom, wat onder meer uit ‘n A-span, ‘n B-span, ‘n C-span en ‘n ontwikkelingspan bestaan. Individuele deelnemers kan ook inskryf, verduidelik hy. Sy span het ook die veteraanliga gewen. Die WP se A-span het op hul beurt ‘n algehele tweede plek gekry, nadat sý goeie punte en persentasies gedurende die kampioenskappe

gebruik is. Die grootste prestasie van die dag, is toe Moreland ‘n algehele vyfde plek op nasionale vlak met sy goeie punte en persentasiepunte losgeslaan het. Dunning beskryf sy deelname as ‘n prysenswaardige prestasie op nasionale vlak wat uit uitstekende duikers bestaan. Die nasionale kampioenskappe word jaarliks in ‘n ander provinsie teen die kus gehou.

16A verloor 14-19 16B wen 17-14 16C wen 13-4 16D verloor 9-15 15A verloor 7-18 15B verloor 6-12 15C verloor 9-15 14A wen 20-11 14B verloor 8-9 14C verloor 8-14 14D verloor 11-21


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
466 dié courant swartland by DieCourant - Issuu