Skip to main content

465 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

18 April 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

•TITEL WINK VIR SKOONHEID

Uitgawe 465

18 April 2018

Mooie Mischke mik na Mev SA-kroon •Jaomi Zeeman Mischke Joshua, née Le Cordeur, is ‘n boorling van Wellington wat onlangs as een van die semi-finaliste in die Mev. Suid-Afrika Kompetisie aangewys is. Dié 32-jarige bemarkingspesialis is ‘n voormalige leerder van Hugenote Hoërskool wat nog gereeld by haar ouers, professor Michael en sy vrou, Sylvia, in haar geboortedorp kom kuier. Mischke het na haar studies in bemarkingsbestuur die bemarking van die Protea Hotel Groep by hul hoofkantoor behartig. Sy is intussen getroud en het na Rustenburg verhuis. Hier, waar sy vir eers tussen werke is, nog nie kinders het nie en ‘n baie ondersteunende man het, het vriende haar aangemoedig om vir die Mev. Suid-Afrika Kompetisie in te skryf. “Ek is nou in ‘n spasie waar ek tyd het om ‘n verskil in mense se lewens te maak - iets wat ek nog altyd wou doen. Die Mev. SA Kompetisie bied ‘n goeie platform waar ‘n mens ‘n positiewe impak op mense, maar veral vroue, se lewens kan maak. Hulle het reeds strukture in plek wat op die bemagtiging van vroue fokus,” verduidelik sy. Volgens Mischke is die amptelike begunstigde welsynsorganisasie van die kompetisie die “Women for Women”-groep wat spesifiek help om vroue te bemagtig. “Hulle help vroue om klein ondernemings te begin om self ‘n inkomste te genereer. Hulle fokus ook op die aanleer van lewensvaardighede en leer vroue om na hulself te kyk. Al die geld wat ons tydens ons veldtog insamel, word vir hierdie doel aangewend,” sê sy. Elke semi-finalis moet teen die einde van Junie ‘n sekere bedrag geld ten bate van Women for Women insamel. Op 28 en 29 Junie sal Mischke, saam met die ander semi-finaliste, finaal beoordeel word voor ‘n keuse vir die top 10 finaliste aangekondig word. Mischke het op Saterdag, 14 April, ‘n High tea ten bate van hierdie doel gehou. Hierdie uithang-geleentheid het by The Garden Shed buite Wellington plaasgevind en is deur talle dames, sowel as van Mischke se vriende en familielede bygewoon. Sy het tydens die funksie ‘n praatjie gelewer waarin sy haar doelstellings en rede vir deelname aan die kompetisie met die gaste gedeel het. Volgens Mischke, sal haar fokus altyd op die vrou val. “Vroue doen soms altyd die sleurwerk in die lewe. Ek wil vir vroue wys dat hul van nut kan wees en waarde het. Nog ‘n belangrike kwessie waarop ek wil fokus, is die probleem van boelie, veral onder jong meisies,” het sy gesê. Mischke, wat self as dogter geboelie is, emo-

Mischke se twee oumas het haar tydens haar fondsinsameling ondersteun.

sioneel afgekraak is en onseker oor haarself gevoel het, wil hierdie probleem onder jong meisies aanspreek. Volgens haar wil sy meisies bemagtig om te verstaan dat die persoon wat hul emosionele skade berokken, eintlik die gebroke een is. Sy wil verder ook met meisies oor hul onsekerhede praat en hul help om nie hul eie twyfel op ander te projekteer nie. Die pragtige Mischke lag oor haar gebrekkige ervaring in skoonheidskompetisies. “Ek is as klein dogtertjie vir ‘n Little Miss Stars kompetisie ingeskryf, maar het glad nie hond haaraf gemaak nie. Die laaste keer wat ek aan so ‘n kompetisie deelgeneem het, was toe ek ‘n finalis vir Mej. Matieland was, maar dit was baie jare gelede toe ek nog ‘n student was,” sê sy. Vir haar maak dit nie saak of sy verder in die kompetisie vorder nie. “Ek wil net die hele tyd onthou waarom ek eintlik ingeskryf het: om ‘n positiewe invloed in ander vroue se lewe te hê. Al maak ek dit nie tot die einde nie, is dit vir my ‘n deel van die reis tot hierdie doel,” sê Mischke. Haar deelname aan hierdie kompetisie is tekenend van Mischke se goeie gene. Behalwe vir haar skerp intellektuele vermoëns, het sy ook iets van haar tannie, Edwena (née Le Cordeur) Goff, se dryfkrag en skoonheid in haar bloed. Edwena, Mischke se pa, professor Michael le Cordeur se suster, is in 1980 as die eerste Mej. Rapport, die swart weergawe van Mej. Suid-Afrika, gekroon. As deel van haar destydse verpligtinge ten opsigte van

hierdie titel, het sy haar aan opheffingswerk onder vroue, veral in die bruin gemeenskap, toegewy. Edwena, wat ook by Mischke se fondsinsamelingsgeleentheid teenwoordig was, het haar bemoedig met die oog op haar deelname aan die Mev. Suid-Afrika Kompetisie. “Almal gaan nie altyd saam met jou bly wees of saam met jou celebrate oor wat jy regkry nie. Gebruik die lesse wat jy in die lewe geleer het, jy het reeds die wenresep. Jy moet heel wees van binne en eers baie dinge ervaar en weet voordat jy ander kan bemagtig. Jy het al hierdie dinge alreeds - gebruik dit nou tot voordeel van ander,” het Edwina haar aangemoedig. Vir Mischke sal Wellington altyd haar hartsplek bly. “My basis is my rustigheid, en dit is iets wat ek in my grootwordjare in Wellington geleer het. My rustige grootwordjare gee my ‘n stil krag. In Wellington voel ek 100% myself en dit is die plek waar ek my dinkwerk doen. Die feit dat my fondasie hier lê, maak my wie ek vandag is. Party mense praat baie, maar doen min. Met my is dit andersom, en dit is iets wat ek by die huis geleer het,” sê sy dankbaar. Intussen is Mischke druk besig om haarself vir die kompetisie voor te berei en gemeenskapswerk te doen. Die publiek kan vir Mischke stem en haar kanse om as finalis vir hierdie kompetisie te kwalifiseer ‘n hupstoot gee deur “Mischke Joshua” na 35959 te sms.

NUUS • NEWS


2

18 April 2018

•VAN LOGGERENBERG, HALL EN LOFTUS SPAN SAAM

NUUS • NEWS

Plaaslike fotograaf deel van unieke kunsuitstalling by Old Tannery •Jaomi Zeeman ‘n Unieke kunsuitstalling deur drie uiteenlopende plaaslike kunstenaars is onlangs by The Old Tannery gehou. Die fotograaf Hennie van Loggerenberg, Ingrid Hall en Frankie Loftus het saamgespan om hul kunswerke by hierdie uitstalling, genaamd Face to Face, ten toon te stel. Hennie en sy gesin woon al vir ‘n jaar op Wellington en is baie lief vir die omgewing en sy mense. Vir hom is kuns en fotografie nog altyd ‘n groot passie. Alhoewel hy kuns studeer het, het hy homself na sy studies in die voedselbedryf bevind en vir ag jaar oorsee gewoon en gewerk. Toe hulle in 2015 na die Paarl verhuis het, het hy besluit om weer sy potlode en kwaste uit te haal en ook op sy fotografie begin fokus. Hy het sy werk in Franschhoek uitgestel en besef dat kuns iets is wat hy voltyds wou doen. “Die laaste drie jaar was daar groot stappe en einde laasjaar het ek bedank by my vorige werkgewer en my eie besigheid, OCTA5, begin. "Ek neem nou voltyds foto’s en werk aan ‘n paar reekse kunswerke vir die nabye toekoms,” vertel hy oor hierdie groot sprong wat hy gemaak het. Met die strukture van die korporatiewe wêreld agter hom, kan Hennie hom nou in sy kuns en fotografie uitleef. Volgens hom is dit sy manier om mense se stories te vertel. “Alhoewel ek hou van ‘n baie georganiseerde wêreld, soek ek konstant na geleenthede om uit die boks te werk en dink. Kuns en foto’s laat my toe om dit te doen. "Alles wat ek doen word ‘n baie persoonlike saak. Of dit nou ‘n familie shoot is op Paarlberg, of ‘n kom-

missie vir ‘n vriend in Amerika, ek benader elkeen op sy eie en soek die een ding wat belangrik is om oor te dra binne die konteks. Almal is op sy of haar eie manier mooi, en ek gaan dit wys. Almal het ‘n storie, en ek gaan dit vertel,” sê hy. Volgens Hennie is die samewerking tussen hom, Frankie en Ingrid iets wat natuurlik gebeur het. “Dit is interessant dat ons mekaar nie juis vreeslik goed ken nie. Frankie is ons pastoor se vrou en ek het Ingrid deur haar ontmoet. Ek ken Frankie darem al amper twee jaar en nadat ek van haar werk in haar huis gesien het, het ek haar uitgedaag om saam met my iets te doen. Sy het ingestem, maar ons het gevoel ons kort nog ‘n kunstenaar. Ingrid Hall was ‘n natuurlike keuse,” vertel hy.

Die tema en naam van die uitstalling, Face to Face, het ook ‘n natuurlike ontstaan gehad. “Met ons eerste ontmoeting het ons al op die konsep besluit. Ons al drie is lief vir die Here en ons wou ons siening van wat ons van hom ervaar, medeel op canvas. Die inspirasie was dus verseker ons verhouding met God Face to Face with the Father,” verduidelik Hennie. Hy het groot lof vir Frankie en Ingrid. “Die twee dames is twee legendes in my oë! Hulle is super gefokus, elkeen met haar eie styl en hart, maar ongelooflike mense met passie,” sê hy. Alhoewel die uitstalling slegs een dag besigtig kon word, is Hennie opgewonde oor die reaksie en moontlike nuwe dinge wat daaruit kan spruit. “Die uitstalling is verby en as jy nou na alles kyk, is dit ongelooflik hoe alles gevloei het. Ons inspirasie het van een plek gekom. Ek is seker elkeen van ons drie kunstenaars het alweer planne om ‘n paar nuwe goed iewers teen ‘n muur te sit - ek het verseker. As ek dit weer saam met die twee ongelooflike mense kan doen, sal dit ‘n eer wees,” sê hy. Hennie beplan nog twee uitstallings later in die jaar. “Dit gaan baie anders wees as die een wat ons nou gedoen het. Ek werk ook aan ‘n foto kunsuitstalling, iets wat ek voel ‘n leemte is,” sluit hy af. Intussen is hierdie kreatiewe man voltyds met sy werk as fotograaf by OCTA5 besig.


NUUS • NEWS

18 April 2018

Daniel Hugo stel bundel bekend in Wellington: Die

Wellingtonse Boekklub het op Donderdag 12 April ‘n baie interessante byeenkoms gehad. Daniel Hugo, een van Suid-Afrika se bekendste digters, vertalers en skrywers, se jongste digbundel, Openbare Domein, is tydens hierdie geleentheid in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach Sentrum bekendgestel. Die digter en skrywer Danie Marais het met Hugo oor sy nuutste bundel gesels. Lede van die Boekklub en belangstellendes kon na die interessante gesprek tussen twee gedugte taalreuse oor die temas, inhoud en skryfproses van Openbare Domein luister. Agterna kon almal rondom wyn, sap en ligte versnaperinge kuier en die skrywers van naderby leer ken.

3

Wellingt�������� kookkompetisie

Newton op wenpad met skitter rugby

Newtons het Saterdag weereens bewys dat hy nie sommer afgeskryf kan word nie deur met Kylemore-rugbyklub af te reken. Kylemore wat deur die uitgeslape gewese SARU-senter Ivan Jacobs afgerig word het met hardnekkige verdediging en taktiese skoppe vir Newton probeer uitoorlê. Die terugkeer van die klub se ervare spelers het ook bygedra tot die dag se sukses. Alhoewel Newton al die aanvalswerk in die eerste 20 minute gedoen het, was dit egter Kylemore wat uit gebroke spel twee vinnige drieë aangeteken het, en was skielik 14-0 voor. Net hierna het Devrulin Abrabrahams skerp gebreek en onder die pale oorgeduik, van die daarop volgende afskop het die gevaarlike spoedvraat Keanon Booysen (vleuel) met finesse gaan druk, nadat die vuurvreter flank Na-ym Jansen die verdediging oopgeruk het. Die rustydtelling was 14-10. Net na rustyd het JohnJohn Jantjies (haker) steelkant gebreek en vir Tyrone Baron (skrumskakel) in besit gestel en hy het oorge-

gaan vir ‘n skitter drie, dit het die Newton skare op hulle voete gehad en het luidkeels begin sing. Kylemore se moedige en heldhaftige verdediging het hulle egter in die wedstryd gehou en hulle wou nie bes gee nie. Net hierna het Ryall Bonn (vleuel) soos ‘n mes deur warm botter gesny en agter die pale gaan kuier. Kylemore het ook met klipharde inklimspel nie ‘n tree teruggestaan vir Newton se geharde voorspelers nie. Hier het veral die kaptein Randall Hefca(flank) Na-ym Jansen, John Jantjies (haker) en Denzil van Wyk (stut) soos trojane uitgestaan en telkemale met hul stormlopies bëindruk en talle meters vir hul span gewen. Agterlangs het Devrulin Abrahams (heelagter) Lenoard Jacobs (senter) en Theo Marinus (losskakel) aanmekaar die verdedigingslyne bedreig en klokslag gevaarlik gelyk Die tweede span wen 27-22 en die eindtelling van die eerste span 29-21

Die Wellingtonner Elsibe Loubser McGuffog het onlangs as een van 18 semi-finaliste aan die SA Kaasfees se kookkompetisie deelgeneem. Die eerste been van die kompetisie het op 7 April by Jenny Morris se Cooks Playground Cooking School in Groenpunt plaasgevind. In hierdie inisiatief van die Kaasfees is amateursjefs genooi om waterwysresepte met President-kaas vir die #YourWheyWithCheese-kookuitdaging in te skryf. Elsibe se inskrywing het haar as een van die 18 semi-finaliste laat kwalifiseer. Tydens die kookkompetisie moes hierdie finaliste hul staal in die kombuis met hul eie resepte, wat volgens die voorskrifte van die kompetisie saamgestel is, wys. Elsibe het die beoordelaars met haar vye en feta in ‘n filo-mandjie, gekomplimenteer met geroosterde dennepitte en volstruis-carpaccio, beïndruk. Sy het ‘n kans

gewaag deur die carpaccio met ‘n marog-pesto te bestip - iets wat sy nog nooit van tevore probeer het nie. Elsibe se oorspronklike poging het ‘n groot indruk op die beoordelaars gemaak en sy is as een van vier finaliste wat verder in die kompetisie sal vorder, aangewys. Hierdie vier finaliste sal op Vrydag 27 April en Saterdag 28 April hul slag in die KykNET Cooking Pot by die SA Kaasfees wys. Tydens hierdie uitdaging sal hul elk ‘n mandjie met verrassingsbestanddele, sowel as ‘n resep wat hulle binne ‘n beperkte tyd moet voltooi, ontvang. Twee wenners sal op 27 en 28 April aangewys word, waarna hul sake op Sondag 29 April onder die wakende oog van die beoordelaars Jenny Morris, Kamini Pather en Sihle Ngobese sal uitkook.


courant

dié

4

18 April 2018

As skoonheid en deug hande vat

“Skoonheid vergaan, maar deug bly staan.” Almal ken hierdie uitdrukking. Vir sommige is dit ‘n troos dat hul uiterlike nie noodwendig hul uiteindelike sukses of lot sal bepaal nie. Dit sluit aan by die lessies wat ons ma’s ons geleer het: “Solank jy net hard werk en ‘n goeie hartjie het” of “’n Mens moet liewer mooi van binne wees”. In ‘n wêreld waar daar soveel klem op uiterlike vertoon gelê word, hou die meeste mense maar aan “deug” vas as hulle voel dat hul op die onderste trappie van die skoonheidsleer staan. Skoonheid word selfs soms met agterdog bejeën. Skoonheidskoninginne en modelle se ander deugde verdwyn in die skadu van hul krone en volbladadvertensies. Dit is makliker om “mooi” saam met dinge soos oppervlakkigheid, leegheid, ydelheid en ‘n gebrek aan intellek in ‘n mandjie te gooi. Deug en skoonheid is selde spanmaats in mense se persepsies. Gelukkig is daar baie mense in ons omgewing wat met hul werk en bydraes hierdie persepsies kom afbreek. Rolene Strauss het die afgelope naweek tydens ‘n praatjie op ons dorp van haar eie onsekerhede en ontnugtering ten opsigte van mense

Dis Goeie Nuus

se persepsies vertel. Haar gevolgtrekking is dat ‘n mens maar net kan probeer om die beste weergawe van jouself te wees. Dít doen sy met oorgawe en haar gemeenskapswerk, intellek en talle ander deugde werk saam met haar skoonheid om ‘n positiewe verskil te maak. Ons eie Mnr. SA-finalis, Heinrich Gabler, is nog iemand wie se deugde sy uiterlike by verre oortref. Die vrywillige werk wat hy in die gemeenskap doen, sy passie vir kinders en die feit dat hy met groot lof terugploeg in Huis Andrew Murray waar hy grootgeword het, maak van hom ‘n sprekende voorbeeld dat skoonheid en deug kan hande vat. Die oud-Hugenoter, Mischke Joshua (née Le Cordeur) is nog ‘n voorbeeld van hoe deug en skoonheid suksesvol saam verpak kan word. As semi-finalis vir die Mev. Suid-Afrika kompetisie beywer sy haar reeds vir die bemagtiging van vroue. Die feit dat sy self as skoolkind onder boelies moes deurloop, het haar die empatie en deursettingsvermoë gegee waarmee sy die platform wat sy nou het, die beste tot voordeel van ander kan benut. Mag elkeen hierdie week die skoonheid in die mense en dinge rondom hulle raaksien en hul deugde laat gedy.

Dr. Andrew Bosman

Woorde van ons mond

Ons sê so maklik iets as ons skrik of kwaad word, en die woorde kan nie teruggetrek word nie. ‘n Persoon is selfs gevangenisstraf opgelê vir wat gesê is. Salomo skryf in Prediker dat jy nie haastig moet wees met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor God nie, want God is on die hemel en jy is op die aarde, daarom moet jou woorde min wees. Van die Spreuke wat Salomo uitgespreek het lui ook as volg, by die veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie, maar hy wat sy lippe inhou handel verstandig. Vriendelike woorde is soos heuningkoek, soet vir die siel en genesing vir die gebeente. Jesaja skryf van die Gesalfde van die Here wat sal kom, Hy sal soos ‘n lam stom wees voor sy skeerders, soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word sal Hy sy mond nie oopmaak nie. Jesus voor Pilatus word deur Pilatus gevra, praat u nie met my nie? Weet u nie dat ek mag het om u te laat kruisig of los te laat nie? Dan antwoord Jesus wel: U sou geen mag teen My hê, as dit nie van bo aan u gegee was nie! Paulus skryf dat ons woorde altyd met sout besprinkel moet wees, sodat ons kan weet hoe om iedereen te antwoord. Ten slotte antwoord met ‘n seënwens, want dit is waarvoor julle geroep is, sodat julle ook seën kan ontvang.

NUUS • NEWS

Kaasfees beloof hope kaas en nisprodukte Talle mense se monde water reeds vir die jaarlikse Kaasfees wat binnekort weer op ons drumpel plaasvind. Die SA Kaasfees is ‘n jaarlikse instelling en Bolanders is gelukkig om hierdie unieke koservaring so naby aan die huis te hê. Die SA Kaasfees vier vanjaar sy 17de bestaansjaar en vind van Vrydag 27 April tot Sondag 29 April by Sandringham plaas. Hierdie jaar val die kollig ook op nisprodukte wat saam met kaas vir uitsonderlike eet-ervaringe sal sorg. By die Cape Made: Taste the Alternatives-uitstalling is waar die publiek nisprodukte soos bloubessies, granate, vye, heuning, neute en heuningbostee kan geniet. Meer as 40 uitstallers bekom hier, danksy ‘n vennootskap tussen die Wes-Kaapse Departement van Landbou (WKDL) en Agri-Expo, ‘n platform om hul unieke produkte direk met die publiek te deel. Kos-entoesiaste kan hier proe-proe leer oor waterwys-produkte soos sampioene, hidroponiese kruie en rooibostee, hoe hoog in oksidante en veeldoelig granate is, asook hoe groenteboere op die Kaapse Vlakte grond maksimaal benut. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, is alternatiewe gewasse ‘n positiewe opsies in ‘n veranderende klimaat. “In die landbousektor word daar deesdae al hoe meer verwys na alternatiewe gewasse as ‘n moontlike uitkoms vir veral kleinboere weens veranderde klimaatspatrone. Dit is belangrik dat landbourolspelers verenig in hierdie uitdagende tye en daarom is ons opgewonde oor die samekoms van twee vennote wat hier sy-aan-sy werk aan die bevordering van landbou,” het hy gesê. “Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om onder die kaas-vaandel te verenig,” meen Joyene Isaacs, Departementshoof van die Wes-Kaapse Departement van Landbou. “Die inisiatief bied aan die Wes-Kaapse Regering ‘n waardevolle platform om sy verantwoordelikheid om blootstelling te bied aan produsente van primêre, sowel as verwerkte land-

bouprodukte, na te kom,” het sy voortgegaan. ‘n Opwindende toevoeging tot hierdie uitstalling is die Cape Made Kombuis waar sjef Selwyn October van die Institute of Culinary Arts (ICA) spesiaalontwikkelde waterwysresepte sal demonstreer – met kaas wat vernuftig saam met nisprodukte soos heuning, granate, persimmons, rooibos en grenadella ingespan sal word. Hierdie resepte, geïnspireer deur ICA-oudstudente Herman Lensing, Zola Nene en Johnny Hamman, is saamgevat in ‘n resepteboek wat gratis by die fees beskikbaar sal wees danksy ‘n samewerkingsooreenkoms tussen die Melkprodusente Organisasie (MPO), Hortgro, WKDL, ICA en Agri-Expo. Volgens dr. Chris van Dijk, MPO se Hoof Uitvoerende Beampte, glo hulle as verteenwoordiger van Suid-Afika se melkprodusente, dat kaas melk se sprong tot immortaliteit is. “Laat ons ons kulinêre grense verbreed deur ʼn wyer verskeidenheid kaas op meer wyses te geniet. Hierdie resepteboekie sal verbruikers help om juis dit te doen,” het hy gesê. Kaartjies vir die SA Kaasfees is by enige Computicket, Shoprite of Checkers winkel beskikbaar. Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie. Die feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00. Belangstellendes kan www.cheesefestival. co.za besoek of Agri-Expo by 021-975 4440 of admin@agriexpo.co.za vir meer inligting kontak.


NUUS • NEWS

18 April 2018

Olive Schreiner se nuwe uitstalling geopen

5

‘n Olive Schreiner-groepuitstalling deur drie uitnemende kunstenaars het op Saterdag 14 April in die Breytenbach-galery geopen. Hierdie uitstalling, wat die werk en lewe van Schreiner ondersoek en vereer, bestaan uit kunswerke van Andries Bezuidenhout, Catherine Brennon en Susan Bloemhof. Olive, wat as skrywer, feminis, pasifis en intellektueel in die laat 1800’s en vroeë 1900’s aktief was, is seker die meeste bekend vir haar storie, The Story of an African Farm. Sy het haar vir vrye denke beywer en kritiese kommentaar op die destydse Britse imperialistiese stelsel en rassisme gelewer. Die lewe en werk van hierdie uitsonderlike vrou word in dié uitstalling deur die kunswerke van Bezuidenhout, Brennon en Bloemhof verbeeld. Die openingspreker by die geleentheid was die bekroonde Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer, Elsabe Brits. Elsabe, wat as wetenskaplike joernalis by Die Burger werk en gereeld akademiese navorsingsvelde, sowel as hedendaagse wetenskaplike kwessies takel, het ook al ‘n nie-fiksie boek oor die lewe van Emily Hobhouse geskryf. Haar kennis van die rol van vroue as kritici, kommentators en hulpverleners in die tyd van die Anglo-Boereoorlog, het van haar ‘n uiters geskikte openingspreker by die geleent-

heid gemaak. Brits het na ‘n uitlating van Emily Hobhouse oor Olive Schreiner verwys wat haar as ‘n “enigmatiese karakter” en “iemand wie se verstand en gees deur alle grense gebreek het” beskryf het. Volgens Elsabe is die kunswerke wat die lewe en werk van Olive Schreiner verbeeld ‘n belangrike manier om dit waarvoor sy haar beywer het vir mense meer toeganklik te maak. “Susan se kunswerke, wat uit ‘n palet van slegs vier kleure geskep is, maak Olive toeganklik. "Andries se werk werp weer lig op Olive se nomadiese lewe - enersyds om van haar voorgeskrewe rolle te ontsnap, en andersyds as gevolg van armoede. Catherine se keramiek verbeeld weer Olive se verganklikheid. Die droombokse is deur Olive se landskap geïnspireer en kan amper as die bewaarders van haar drome beskou word,” het Elsabe gesê. Die Karoo het ‘n groot rol in Olive se lewe gespeel en kry in baie van die kunswerke gestalte. “Olive was van die Karoo, maar tog was sy groter as die Karoo. "Die uitstalling spreek van die hande neem met iets meer diepliggends, van ons geskiedenis

en erfenis. Hierdie gedeelde verlede is ‘n beeld van onsself,” het Elsabe verduidelik. Sy het ook na Schreiner se nalatenskap van talle boeke en meer as 5500 briewe verwys. “Olive se liefde vir die land en vir menswees word in hierdie uitstalling deur kuns verbeeld. Die rol van vroue is in ons geskiedenis baie lank onderspeel. Hierdie uitstalling is ‘n unieke ervaring van ons erfenis wat ons moet vier. Ek hoop dieselfde word met ander vroue ook gedoen,” het Elsabe gesê.

Sy het afgesluit met ‘n aanhaling van Olive uit haar boek, The story of an African farm. “Only the sea is like a human being . . .always moving, always something deep in itself is stirring it. It never rests; it is always wanting, wanting, wanting. It hurries on; and then it creeps back slowly without having reached, moaning. It is always asking a question and it never gets the answer.” Die uitstalling is tot die einde van Mei by die Breytenbach-galery te sien.

A unique collaborative art exhibition featuring the works of Theo Paul Vorster and Hennie Meyer will put man’s best friend in the spotlight. Entitled “Re-worked K9” the exhibition, which is taking place at RK Contemporary – Riebeek Kasteel’s newest art gallery from 27 April until 23 May, will see these two renowned artists depicting reworked artworks of real and fictitious dogs belonging to celebrated artists through the ages. “It is a tongue in cheek depiction of the dogs

that never featured in the works of their famous owners,” explains Theo Paul Vorster. Vorster’s original hand cut and coloured lino blocks will be featured on the exhibition as well as limited edition lino prints of this work. Hennie Meyer, an acclaimed ceramist who works predominantly in earthenware, carving into the clay and then using a printing technique to transfer images on to the clay, explains that although he and Vorster have known each other for many years this will be the first time the two

artists will be working together. Meyers work has evolved over the years from free standing vessels to include contemporary wall based art – both of which will be on exhibition at “Re-worked K9” Astrid McLeod, the owner and curator of RK Contemporary says that both artists will be on hand at the opening of the exhibition to answer any questions on their work, their inspiration and the techniques used. “ This is a very exciting collaboration and I

cannot wait to see the completed works.” “RK Contemporary was launched towards the end of 2017 with the purpose of bringing fresh new art and art experiences to the public. This collaboration, and its unusual theme, is a first for these two acclaimed artists and is in keeping with RK Contemporary’s goal,” concludes McLeod. For more information visit www.rkcontemporary.com or contact Astrid McLeod on 083 6533 697 or email art@rkcontemporary.com.

Mans best friend takes centre stage at exhibition

IMPORTANT NOTICE FORM 3A NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 – [REG. 10(1)] Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices. The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listed hereunder. Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act.

VORM 3A KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 – [REG. 10(1)] Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys. Afskrifte van ’n aansoek kan by die Owerheid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi. Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.

IFOMU 3A ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasema Gunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. No.

Full name of applicant Volle naam van aansoeker Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo

Name under which business will be conducted

Address of the proposed premises

Naam waaronder besigheid bedryf sal word

Idilesi yesakhiwo

Kind of licence applied for

Adres van die voorgenome perseel Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word Uhlobo lwephepha mvume olucelayo

Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo 1.

Vinpac (Pty) Ltd

Vinpac

South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged Suid-Afrikaanse Polisiediens-kantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona

Erf: 12934 Wellington, Division Paarl, situated at Oudepont Street, Industrial Park, Wellington

Micro-Manufacture, On & Off consumption

Wellington


6

NUUS • NEWS

18 April 2018

Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Storie-oggend @ Piketberg 26 April - Luister na die verhale van gister vertel deur Andries (Wolf) Liebenberg en Jannie Lategan. Kontak 022 913 2177 met navrae. Sea Rescue Yzerfontein 28 April: Open Day from 10:00 till 15:00. Come and join us on our Rescue Boat and meet the crew for a donation. Adults at R50 and children at R25 (no children under 6 years). 4x lucky draw winners will also get a trip to Dassen Island. For any further enquiries contact 082 990 5974 or email - nsri34yzerfontein@ gmail.com The Darling Trust 4 May: The Darling Trust presents a black tie dinner and auction at Evita se Perron with tannie Evita & Chef Jenny

Morris. Tickets are R950. To book visit THEDARLINGTRUST.ORG Damesoggend 11 Mei: Maak my mooi damesoggend met Hannon Bothma en Linda Kriel by die Malmesbury Stadsaal vanaf 9:30 tot 12:30. Koste beloop R200 pp (wyn en snacks ingesluit) Vir besprekings en navrae kontak Dirkie Gildenhuys by 082 415 8000 of e-pos na dirkieproduksies@gmail.com Ikhaya Le Themba 12 May: A great fundraiser taking place at Provence in Wellington for the whole family with a market, kids activities and entertainment. All proceeds to go Ikhaya Le Themba for their hungry Tummy Pack Initiative (feeding scheme) For more info visit www.ikletemba. co.za Wintech - Vinpro 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@vinpro.co.za Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60, 40 and 12 km. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars. Enter online - www.roag.co.za Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens

op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.


NUUS • NEWS

18 April 2018

7

Duisende besoek Pinotage- Roomys Paleis groei steeds en Biltongfees

Die Pinotage- en Biltongfees wat die naweek by die Perdeberg Wynlandgoed gehou is, het duisende besoekers gelok. Hierdie unieke fees, waar twee van Suid-Afrika se mees ikoniese produkte saamsnoer om ‘n uitsonderlike ervaring moontlik te maak, is hierdie jaar vir die vierde keer in die Kaap gehou. Besoekers kon tydens die fees, wat oor twee dae gestrek het, aan die nagenoeg 50 verskillende Pinotage-produkte van agtien wynplase proe. Sommige van hierdie produkte is saam met biltong en verwante produkte van die Afrifoods & Slaghuis vir ‘n eg-Suid-Afrikaanse smaakervaring gepaar. Die wynstyle het die tradisionele rooi Pinotage tot Rosé, Vonkelwyn, MCC, versnitwyn en selfs ‘n wit Pinotage ingesluit. Onder die deelnemende plase was Badsberg Wynkelder, Beyerskloof, Boland Kelder, Bonnievale Wyne, Delheim Wyne, Flagstone Wyne, Grande Provence Heritage Wynlandgoed , Idiom

Bo: Die terrein van die Perdeberg Wynlandgoed was ‘n miernes van bedrywighede tydens die fees. Links: Besoekers het entoesiasties volgens die pers-en-wit tema aangetrek. Collection, Knorhoek Wyne, Lanzerac Wyne, Mellasat Wingerde, Overhex Wyne Internasionaal, Perdeberg Kelder , Rhebokskloof Wynlandgoed, Simonsvlei Kelder, Stellenbosch Hills Wyne, Van Loveren Wingerde en Wellington Wyne. Kosstalletjies, ‘n oester- en vonkelwynkroeg, Perdeberg se eie bierreeks, ‘n kinder-speelarea en musiek deur die gewilde Guy Feldman en sy orkes het vir ‘n perfekte familie-ervaring in die wynlande gesorg. Daar is ook ‘n prys vir die besgeklede besoekers wat volgens die “pers en wit” tema aangetrek is, uitgeloof. Wanneer eg-Suid-Afrikaanse produkte soos Pinotage en biltong met gesellige musiek en fynproewers-geregte teen die agtergrond van ‘n Bolandse wynplaas gekombineer word, is die resultaat ‘n fees wat die harte van Suid-Afrikaners warm laat klop en ‘n unieke, eg-plaaslike ervaring bied.

������ te bring medaljes huis toe

Sunfield Home se atlete het onlangs aan die Special Olympics in Johannesburg gaan deelneem. Hulle het almal baie goed gevaar en talle medaljes huis toe gebring. Johan Versveld en Esther Botha het uitstekend presteer deur vir die Nasionale Span gekies te word. Johan is vir prestasies in swem, en Esther vir haar prestasies in atletiek in die Nasionale Span opgeneem. Hierdie twee atlete sal ons dorp en land in 2019 in Abhu Dhabi by die Internasionale Special Olympics verteenwoordig.

Die atlete van ����Home wat almal medaljes huis toe gebring het saam met Almarie van Schalkwyk, bestuurder v��������K

Swem: Maryke Koen en Alice

van der Merwe, beide leerders van Hugenote Hoërskool, het gedurende Maart aan die SA Junior Swemkampioenskappe deelgeneem in Durban. Maryke eindig onder die top 10 vir 100 Vlinderslag. Alice kry goud vir 50 Vlinderslag en 50 Vryslag (dus die Meisies 0/16 kampioen) en eindig onder die top 10 in vier ander items.

Die plaaslike Roomyspaleis het die afgelope jaar met rasse skrede gegroei - iets wat hulle aan die wonderlike ondersteuning van hul kliënte toeskryf. Volgens die eienaar, Gerrit Hickman, was die winkel se skuif na hul nuwe perseel in Kerkstraat ‘n groot waagstuk, veral omdat die winkel tydens hierdie groot verandering slegs een jaar oud was. “Ons wil al die Roomyspaleis-kliënte bedank vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope jaar. Ons groei is net aan hulle te danke. Die skuif was ‘n waagstuk, maar nodig en ons kliënte het ons nie teleurgestel nie,” sê hy. Die Roomyspaleis is trots op die feit dat dit slegs die prysverhoging op produkte is wat hul gedurende die afgelope jaar genoodsaak het om enkele prysaanpassings te maak. “Geen tussentydse verhogings is op ons agenda nie. Ons spog met die beste produkte teen die beste pryse. Ons jogurt van Dairy Exchange kompeteer met die beste winkels in die omgewing en ons kwaliteit-kaas teen R91.00 per kg is nie te versmaai nie,” sê Gerrit trots. Die Roomyspaleis het hierdie jaar ook ‘n baie gewilde stalletjie by die Absa Cape Epic se ondersteunersterrein gehad. “Ons is verskriklik dankbaar vir die ondersteuning wat ons van Christals Ice gekry het wat hul vriestreiler tot ons beskikking gestel het. Dit was ‘n eer om ons dorp by hierdie groot geleentheid te verteenwoordig en die trailer het ons werk daar baie makliker gemaak,” sê Gerrit.

Dit het tydens die Epic omtrent op sosiale media gegons oor die Roomyspaleis se produkte. “Ons is vir ons vriendelikheid en diens geprys en dis lekker om te weet dat ons pogings raakgesien en waardeer word,” sê Gerrit. Die Roomyspaleis se “Waves”-roomysproduk is tydens die Epic in só ‘n mate op facebook deur deelnemers en ondersteuners besing, dat dit ‘n reuse-toeloop na hul stalletjie veroorsaak het. Volgens Gerrit is sy personeel die pilare wat die Roomyspaleis regop hou. “Ek is baie dankbaar vir ons personeel wat uit hul pad gegaan het en soveel ekstra werk gedurende die somermaande ingesit het. Die stukkie sonskyn agter ons toonbank, Jacqui, is ‘n regte staatmaker wat altyd gereed staan met ‘n glimlag en vriendelike diens,” sê hy trots. Gerrit bring ook eer aan sy Hemelse Vader wat sy hand oor die Roomyspaleis hou. “Ons prys hom met ons hele hart,” sê hy.


8

courant

dié

18 April 2018

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

18 April 2018

Tennis:

Drie van Hugenote Hoërskool se tennisspelers het onlangs aan die Interprovinsiale Tennistoernooi in Stellenbosch deelgeneem. Hulle is Talitha Janse van Vuuren, Paul Coetzee en Suzaan Janse van Vuuren. Talitha en Paul het die Wes-Kaap Kavaliers se 0.17 A-span by hierdie geleentheid verteenwoordig. Hulle het teen die WP en Noord-Kaap te staan gekom. Talitha en Paul het saam gemengde dubbels gespeel en het al hul wedstryde gewen. Paul het die segetog voortgesit deur 7 uit die 8 wedstryde wat hy gespeel het, te wen en Talitha het die kroon gespan deur 8 uit 8 wedstryde te wen. Suzaan Janse van Vuuren het vir die Wes-Kaap Kavaliers se 0.18A span deelgeneem. Sy het ook teen die WP en die Noord-Kaap gespeel en het 7 van haar 9 wedstryde gewen. Die Bolandspan het met hierdie uitstaande prestasies ook ‘n goue medalje verwerf. Bo is Talitha Janse van Vuuren, Paul Coetzee en Suzaan Janse van Vuuren.

•HOOFSEUN WEN SILWER OP NASIONALE KAMPIOENSKAPPE

Reinard kraai koning by ASA

•Jaomi Zeeman Reinard Reitsma, hoofseun van Hugenote Hoërskool, het onlangs die silwermedalje by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe in die 800m vir seuns o.18 losgehardloop. Die tyd wat hy by hierdie byeenkoms behaal het, het hom laat kwalifiseer om aan die Atletiek Suid-Afrika (ASA) Kampioenskappe, wat op 5 April by die Dal Josaphat Stadion plaasgevind het, in die o.20-afdeling deel te neem. Reinard het uitstekend presteer deur by die ASA-Kampioenskappe stof in die ouer deelnemers se oë te skop en met die louere in hierdie gesogte wedloop weg te loop. Hierdie goue medalje beteken dat Reinard nou die vinnigste o/20-atleet in Suid-Afrika oor die 800m is. Vir Reinard het sy fokus in die week voor die wedloop meer na sy psigiese en geestelike voorbereiding as sy fisiese voorbereiding verskuif. “Ek het reeds al die werk wat ek fisies kon doen om myself voor te berei, klaar gedoen. Ek het myself nie in ‘n kamer toegesluit om te fokus nie, maar het my dae soos ‘n normale mense geleef met die onderliggende realiteit dat ek binne ‘n paar dae die grootse wedloop van my lewe tot op hede sou hardloop,” vertel hy. Alhoewel hy steeds in die dae voor die wedloop baan- en drafsessies ter voorbereiding gedoen het, het hy tussendeur nog vrywillig by sy skool in die vakansie gaan help om die stel vir hul komende Grease-produksie te help verf. Die feit dat hy teen ouer, meer ervare atlete moes deelneem, het hom glad nie geïntimideer nie. “Ek het die wedloop soos enige ander een benader. Ek het inteendeel eintlik minder gespanne gevoel omdat ek nie druk gehad het

dat ek moet wen nie. Ek was reg vir ‘n uitdaging. Ek het nie verwag om te wen ni,e want ek het geweet die kompetisieveld is sterk en ek het geweet dit sal op die ou end gaan oor wie dit die meeste wil hê,” vertel Reinard. Hy moes die naelbyt wedloop, wat ook op SABC2 uitgesaai is, baie takties hardloop. Die hele groep atlete het bymekaargebly vir die duur van die wedloop en die laaste 300m was bepalend vir die uiteindelike uitslag. By die 200m-merk het Reinard homself agter twee atlete, met nog ‘n atleet aan sy regterkant, bevind. Alhoewel hy op hierdie stadium effens ingeperk was, kon hy daarin slaag om hom beter vir sy eindpoging te posisioneer. “Op die 120m-merk het daar ‘n gaping regs van my oopgegaan soos die voorste Gauteng-atleet begin ‘kick’ het en die Gauteng-atleet aan my regterkant hom gevolg het. Ek het deur hierdie gaping beweeg en begin volspoed hardloop met alles wat ek kon. Ek het op die 70m merk begin agterkom ek hardloop hulle in en ek dink dit is toe dat ek besluit het: hierdie is verseker my wedloop en dat ek die vermoë het om dit te wen. En toe wen ek,” vertel hy oor die laaste oomblikke van die wedloop. Reinard se wentyd was stadiger as sy tyd by die SA Skole Atletiekkampioenskappe, maar volgens hom het die fokus in die wedloop meer op taktiek as spoed geval. “Ek dink dit kon ‘n baie vinniger wedloop gewees het aangesien omtrent die volle top 6 al tye gehardloop het wat vinniger is as die tyd waarmee ek gewen het. Die wedloop op ASA was ‘n kampioenskap-wedloop waar dit oor die goue medalje gaan. Ek het nie my beste tyd gehardloop nie, maar wel een van die beste tak-

tiese wedlope gehad,” sê hy. Hoe voel dit vir hom om die ASA 800m-kampioen te wees? “Dit is ‘n gevoel wat ek sukkel om in woorde te beskryf omdat dit eintlik so baie gevoelens in een is. Toe ek oor daardie wenstreep hardloop, was dit ‘n gevoel van totale uitputting, maar ook ‘n gevoel van vervulling en ‘n gevoel van dankbaarheid teenoor my Skepper. As ‘n mens al die woorde bymekaarsit kan jy seker sê ek het uit-vul-dank-woema-winning-heid-gevoel gehad toe ek oor die wenstreep is,” lag Reinard. Hierdie prestasie het hom nou ook ‘n plek in die Suid-Afrikaanse Atletiekspan besorg. Hy sal as deel van hierdie span aan verskeie byeenkomste teen ander lande deelneem. Die eerste byeenkoms waaraan hy in hierdie hoedanigheid sal deelneem, is die Confederation of African Athletics (CAA) se Senior, Jeug en Junior Atletiekkampioenskap wat op 27 en 28 April in Boksburg plaasvind. Hier sal hy die geleentheid hê om te kwalifiseer om aan die IAAF se Wêreld Junior Atletiekkampioenskappe in Finland te gaan deelneem. Reinard hoop dat hierdie prestasie vir hom deure ten opsigte van beurse en borge sal oopmaak. “Hierdie prestasie het eintlik ‘n baie groter impak op my persoonlike visie en droom vir myself. Dit het my weer laat besef dat as jy in jouself glo, jy werklik baie hoë hoogtes kan bereik, as jy regtig wil,” sê hy. Hy is baie dankbaar teenoor sy familie, skool, vriende en hele gemeenskap wat hom altyd ondersteun. “Dit is so ‘n warm gevoel wat mens kry as daar mense is wat jy weet daar is vir jou. Daar was

omtrent ‘n hele segment van die stadion wat my ondersteun het, opgespring en my aangemoedig het. Die gejuig van die pawiljoen was ‘n riem onder die hart. Dit is vir my baie spesiaal,” sê hy dankbaar. Oor sy televisie-onderhoud na sy wen-vertoning lag hy lekker. “Dit was vreeslik snaaks om myself te hoor praat en te hoor wat ek eintlik gesê het, terwyl ek doodmoeg was. Dit was egter ‘n ervaring wat ek nooit, ooit sal vergeet nie en definitief as ‘n hoogtepunt in my matriekjaar, maar ook my atletiekloopbaan sal staan,” sê hierdie nederige jong ster.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
465 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu