c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
18 April 2018
13.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 465
18 April 2018
•LAE REËNVAL LEI TOT HOËR GEHALTE VAN OLIE
Olyfoes ook kleiner
Die olyfoes het vanjaar in volume afgeneem, maar die olyfolie se kwaliteit het aansienlik verbeter. Hier word daar op Kloovenburg in die Riebeekvallei geoes. •Charlotte Lesch RIEBEEK-KASTEEL - Die droogte in die Wes-Kaap het 'n reuse-impak op die grootte van landbouoeste, maar dit het ook bygedra tot 'n toename in die gehalte en konsentrasie van produkte se karakter en geure. Nie net het die afgelope parsseisoen 'n kleiner wyndruifoes met 'n hoë kwaliteit druiwe opgelewer nie, maar dieselfde geld nou ook by olywe in die Swartland. Die meeste olyfprodusente het twee tot drie weke gelede begin pluk, terwyl Goedgedacht by Riebeeksrivier van vandag af wil begin oes. Die eienaar van die Kloovenburg Wyn– en Olyflandgoed op Riebeek-Kasteel, Pieter du Toit, is dit eens dat die olywe ‘n "harde knou vat met die droogte," maar hy sê hy is tog baie bly oor die hoë gehalte van die olyfolie tot dusver. Die landgoed het twee weke gelede begin oes soos die waterbronne begin minder raak het. Volgens Du Toit is die vrug nie baie groot nie en boonop verrimpeld. “Die olywe is baie kleiner, maar die olie se kwaliteit is baie goed. Waar ons gewoonlik 6kg vir ‘n liter benodig het, sukkel ons nou om 'n liter uit 8kg te kry.”
Die seisoen is ook vervroeg en korter. Waar die olyfseisoen gewoonlik teen Junie tot ‘n einde loop, voorspel Du Toit dat hulle reeds teen einde volgende maand klaar sal wees. "Dit is ‘n bose kringloop en affekteer ook werksgeleenthede. Ons het juis olywe geplant om die seisoen uit te rek, maar tot dit is nou korter.” Kloovenburg het verlede jaar 200 ton olywe geoes. Vanjaar word ‘n kleiner oes verwag met 'n afname van tot 60%. Daar is nog nie baie tafelolywe van die bome afgehaal nie en die moontlikheid vir die verkoop van vars olywe raak ook al hoe skraler. Hy is egter hoopvol dat dit binnekort sal reën. "Die reën sal wel nie die olywe groter maak nie, maar wel mooier en nie so verrimpeld nie," verduidelik hy. Du Toit skerts en sê hy het darem nog goeie vars wyn wat gedrink kan word. Op die buurplaas Het Vlock Casteel is die oes tot dusver ook kleiner as gewoonlik weens die droogte. Hulle "is egter baie dankbaar dat daar wel vanjaar ‘n oes is". Maar almal het nie swakker oeste nie. Van die produsente in die Bergrivierstreek glimlag van oor tot oor. Jan-Hendrik Basson, bestuurder by Andanté Olives op Porterville, verwag vanjaar ‘n
groter oes as verlede jaar. Op die Wêreldsgeluk Olyflandgoed het hulle ook twee weke gelede begin oes. Volgens Basson het die droogte nog nie ‘n impak op hulle gehad nie. “Ons het nog genoeg water,” verduidelik hy. Hulle het tot dusver nie net olywe vir olieproduksie gepluk nie, maar ook al tafelolywe begin oes. Die landgoed het verlede jaar 225 ton geoes. Vanjaar word ‘n oes van 270 ton verwag. Die produksiebestuurder by Darling Olives, Nicole Koen, sê hulle olywe was nog altyd kleiner as gevolg van droëland-olyfboorde, maar sê die droogte het beslis ‘n effek op hulle oes wat kleiner sal wees. Darling Olives oes ook al sowat twee weke lank. Hulle het verlede week begin om swart tafelolywe te pluk. Koen sê hulle "sal eers kan sê hoe groot die effek op vanjaar se oes werklik is, wanneer die seisoen oor sowat twee maande verby is". 'n Woordvoerder vir Goedgedacht Olives sê die droogte sal ook hul oes vanjaar beïnvloed. "Ander produsente vanwaar ons olywe ontvang om olyfolie te produseer, het egter mooi olywe en redelike tonne van hul bome afgehaal danksy genoegsame waterbronne."
NUUS • NEWS
2
18 April 2018
NUUS • NEWS
Stofberg se blosende bruid SM land se mees klub se wenfoto volhoubare owerheid Die Swartland Munisipaliteit is pas aangewys as die mees volhoubare munisipaliteit in die land - en dit deur die onafhanklike maatskappy Ratings Africa. Dié maatskappy het pas hul jaarlikse verslag rakende die finansiële volhoubaarheid bekendgestel, oftewel die MFSI. Hierdie indeks is 'n punteskaal wat die operasionele uitsette, skuldbestuur, begrotingspraktyke en likiede posisie van die munisipaliteite in Suid-Afrika beoordeel en 'n punt uit 100 toeken. Die Wes-Kaapse munisipaliteite het die hoogste puntetoekenning ontvang, met 'n gemiddeld van 62. Dit is ook die provinsie wat die meeste vordering oor die afgelope vyf jaar getoon het
van 47 in 2013 tot 62 in 2017. Slegs drie munisipaliteite, waaronder Swartland, het 'n puntetoekenning van meer as 80 ontvang. Mosselbaai en Swartland is gesamentlik die munisipaliteite met die hoogste puntetoekenning in 2017. Elkeen het 'n punt van 84 aangeteken. Volgens die verslag het Swartland "veral moeite gedoen om hul uitsette te verbeter en het hul puntetotaal van 61 in 2013 opgestoot na 84 in 2017 en het so een van die leiermunisipaliteite in die land geword". Die munisipaliteit wat die minste punte aangeteken het, is dié van Madibeng (Brits) in die Noordwes-provinsie.
Dit is die tyd van die jaar wat kenners jou aanraai om die griepinspuiting te kry. Die algemene konsensus is dat jy jouself en jou hele gesin moet inent om die winter gesond te bly. Vanjaar voorspel navorsers ‘n ernstige stam van die griepvirus wat besig is om te sirkuleer en stel daarmee ‘n ander entstof saam wat die stam of stamme van die griepvirus beveg. Hoewel kenners dit aanbeveel, meen sommige dat die inenting jou juis siek maak. Maar wat is griep nou eintlik en wat doen die entstof om jou gesond te hou? Griep is baie aansteeklik. Dit word deur die lug versprei , deur nabye kontak met iemand wat griep het, of deur aan gekontamineerde voorwerpe te raak. Kieme word na jou respiratoriese sisteem oorgedra waar dit vinnig vermeerder en vir die tipiese griepsimptome verantwoordelik is. Wanneer iemand die griepvirus kry, is die liggaam se reaksie gewoonlik hoër. ‘n Virale infeksie soos ‘n gewone verkoue, is ‘n virus wat nie so baie muteer nie en wat die immuunstelsel beter kan beveg, verduidelik ‘n plaaslike apteker Keith Johnson. Die simptome gaan gepaard met erge inflammatoriese reaksies soos koors en ‘n seer lyf. Griep kan ook ‘n droë hoes, ‘n seer keel, seer oë
en swakheid veroorsaak. Die gevaar van ‘n griepvirus is die sekondêre infeksies soos longontsteking. Die longe produseer dan meer vog wat moet uit, verduidelik hy. "Daar is mense soos asmalyers, bejaardes, jong kinders en veral swanger vroue wat meer vatbaar is om aan te steek wat die griepinspuiting behoort te kry. Die virus kan ook die hart aantas wanneer daar geoefen word met griep. “Die gevolge kan lewenslank wees,” voeg hy by. Die griepinspuiting is voorkomend van aard. “Daar is twee prosesse. Die entstof maak die griepvirus dood wanneer jy daarmee ingespuit word. "Die entstof gee die immuunstelsel ‘n geheue sodat dit vinniger kan reageer wanneer die griepvirus jou aantas. "Daar is geen medikasie wat die griepvirus doodmaak nie. Die immuunstelsel maak die virus dood.” Hy sê die entstof veroorsaak nie griep nie, al word griepsimtome binne die eerste twee weke na die inenting ervaar. “Die persoon het dan reeds griep of verkoue onderlede toe hy of sy ingeënt is.” Die regering poog om die griepentstof so vrylik moontlik beskikbaar te maak en sal by jou naaste apteker of mediese sentrum gevind word.
Tyd vir inentings breek aan
By Die Swartland Fotografieklub se maandelikse byeenkoms het Noeline Stofberg van Malmesbury met die algehele louere weggestap met haar foto genaamd Blushing Bride. Sy het daarmee ook die junior kategorie gewen. In die afdeling vir gedrukte foto's het Clifford Wyeth van Moorreesburg die wenfoto, Full steam ahut, ingeskryf. Peter Hardcastle van Malmesbury se foto Salmon Blini was die wenner in die senior afdeling
asook die tema-afdeling waar kosfoto's ingeskryf is. Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand in die keldersaal van die NG Swartland-Noordgemeente op Malmesbury. Die volgende byeenkoms is op 10 Mei en die tema is Mode en blinkgoed. Die klub bied ook op 12 Mei 'n 'Ken jou kamera'-werkswinkel aan. Belangstellendes kan die voorsitter, Peter Hardcastle, skakel by 083 628 9668.
NUUS • NEWS
18 April 2018
•NUWE STRUKTUUR BEKYK
Minister positief oor toerisme
Links: Minister Alan Winde het verlede week Malmesbury besoek en 'n praatjie gelewer oor die nuwe strukture van toerisme. Links is hy saam met burgemeester Tijmen van Essen en Henk Bruwer van Swartland Toerisme. Die provinsiale minister van ekonomiese ont- geniet, omdat dit dié sektor is wat die vermoë wikkeling en toerisme, Alan Winde het die het om entrepreneurs vorendag te bring en afgelope Dinsdag ‘n spesiale besoek aan die werk te skep. “Malmesbury en die hele streek is divers Swartland afgelê vir ‘n openbare konsultasie oor die Swartland Munisipaliteit se planne vo- van aard wat baie het om te bied. Van veldblomme, buitemuurse aktiwiteite, wynlande rentoe vir die streek se toerisme. Volgens Winde het die vergadering goed af- tot die Weskus in sy volle glorie, asook kulturele en historiese plekke wat ‘n wye belangstelling geloop met goeie uitkomste. “Ons ondersteun Malmesbury en die om- by mense lok en aan verskillende behoeftes liggende dorpe in die streek se planne om voldoen. Die ontwikkeling en bemarking van toerismegeleenthede behoorlik te bevorder en hierdie besienswaardighede moet aangemoedig word,” sê Winde. verbeter,” sê Winde. Volgens die departement, is die Weskus ToeDie Wes-Kaapse regering het onlangs Projek Khulisa 2014 van stapel gestuur wat spesifiek risme met inisiatiewe besig om die hele Weskus te bemark en die Swartland is die poort tot alles fokus plaas op toerisme, voeg hy by. Volgens Winde behoort toerisme aandag te wat die kus het om te bied. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Kreef op Yzerfontein herwin
Die Wes-Kaapse departement van seevissery het Saterdagaand onwettige vissermanne wat kreef gevang het, op Yzerfontein se hawe vasgetrek. Volgens die departement kon ‘n sak vol kreef herwin word wat deur een van die beskuldigdes se onwettige gedrag in die see gegooi is. Die hoeveelheid kreef kon nie bekend gemaak word nie. Volgens die departement, is hulle verwittig nádat verdagte bedrywighede op die plaaslike hawe vermoed is. Die vissersboot is vermoedelik eers na ure op die hawe gelaai om sodoende inspeksie en fooie vry te spring. Die vissermanne is elk met ‘n boete opgelê. Volgens die departement is enigiemand welkom om verdagte bedrywighede by die departement of by hul die naaste polisiekantoor aan te meld, wat dan deur die departement opgevolg sal word.
3
4
NUUS • NEWS
18 April 2018
dié courant
Die invloed van reuke
Maandagaand bevind ek myself op die terrein van die Hoërskool Swartland. Daar waar ek ook skoolgegaan het. Die wind waai 'n klein flentertjie reuk na my toe en skielik maak die sinapse in my brein die konneksie met my skooljare. Daardie reuk het my geheue aangewakker en my teruggeneem in tyd. Vreemd hoe reuke dit soms aan 'n mens doen en hoe jy sekere reuke met tye in jou lewe koppel. Dieselfde met die reuk van baba Stasoft, wat my aan my eersgeborene laat dink. Terwyl ek by die skool kuier, kan ek nie anders as om opgewonde te raak oor die skool en sy toekoms nie. Dit terwyl skoolhoof Justus Schoonraad sy visie en missie met gehoor deel. Hy praat met soveel passie en opgewondenheid oor die skool en sy liefde vir die dorp en sy mense. Dit is die passie wat 'n mens van 'n skoolhoof verwag en wat jy wil sien. Nie net dink hy aan homself en sy eie skool nie, maar hy maak reeds planne om uit te reik na ander plaaslike skole en hul hand te neem om beter onderwys te kan gee aan hul leerders. Dit is nou 'n skoolhoof na wie jy kan opkyk, een wat op sy manier sy merk maak - nie net in die skoolomgewing nie, maar in die groter samelewing. Laat ons almal ly met ons voorbeeld, eerder as woorde, want sonder aksies is woorde leeg.
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Die woorde van ons mond
Ons sê so maklik iets as ons skrik of kwaad word, en die woorde kan nie teruggetrek word nie. ‘n Persoon is selfs gevangenisstraf opgelê vir wat gesê is. Salomo skryf in Prediker dat jy nie haastig moet wees met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor God nie, want God is om die hemel en jy is op die aarde, daarom moet jou woorde min wees. Van die Spreuke wat Salomo uitgespreek het lui ook as volg, by die veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie, maar hy wat sy lippe inhou handel verstandig. Vriendelike woorde is soos heuningkoek, soet vir die siel en genesing vir die gebeente. Jesaja skryf van die Gesalfde van die Here wat sal kom, Hy sal soos ‘n lam stom wees voor sy skeerders, soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word sal Hy sy mond nie oopmaak nie. Jesus voor Pilatus word deur Pilatus gevra, praat u nie met my nie? Weet u nie dat ek mag het om u te laat kruisig of los te laat nie? Dan antwoord Jesus wel: U sou geen mag teen My hê, as dit nie van bo aan u gegee was nie! Paulus skryf dat ons woorde altyd met sout besprinkel moet wees, sodat ons kan weet hoe om iedereen te antwoord. Ten slotte antwoord met ‘n seënwens, want dit is waarvoor julle geroep is, sodat julle ook seën kan ontvang.
Dagboek • Diary
Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962.
CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/ malmesbury
Dirkie Uys: Hoërskool Dirkie Uys het in die vakansie met twee netbalspanne na Hong
Kong getoer. Hulle het 6 wedstryde gespeel waarvan hulle 4 gewen en 2 verloor het. Boonop het hulle ‘n vuurwerkvertoning en twee laservertonings gesien en die voorreg gehad om plekke soos Disneyland, Ocean Park, die Tian Tan Buddha statue, Sky Terrace en Madame Tussauds te besoek.
The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Sinethemba Opening 19 April: Opening van Sinethemba-kantoor op Moorreesburg om 10:00 Vir navrae : Jonathan Davids by 074 167 0816 Interkerklike Vroue Biduur 24 April: Die Interkerklike Vroue biduur word by die Sewende-Dag Adventiste Kerk gehou om 19:00. Vir inligting kontak Marion Bruintjies by 0723118208 Storie-oggend @ Piketberg 26 April - Luister na die verhale van gister vertel deur Andries (Wolf) Liebenberg en Jannie Lategan. Kontak 022 913 2177 met navrae. St. Thomas Brigade 27 April: Die St. Thomas Brigade bied aan 'n Piekniekdans by die St. Thomas Primêre Skool. Toegang beloop R60 per persoon en Top Five is die groep wat die musiek verskaf. Verrigtinge begin om 20:00 tot laat. Bring u eie XYZ. Vir enige navrae kontak André Adams by 083 797 2858. Kaartjies beskikbaar by die lede Chatsworth Rising Stars Rugby Club 27 April: The Chatsworth Rising Stars Rugby Club presents a Snack Dance at the Malmesbury Town Hall at 18:00. R120 per person will let you in. The Band is All Sounds and the dress code is smart casual. For tickets or any further enquiry please contact Jason at 072 476 4656
NUUS • NEWS
5
18 April 2018
Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za*
Also at
*Some deals may not be available online
GET MORE BACK THAN JUST
1% VAT no nameTM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s
PnP Half Lamb
89
R
Per kg
44
SAVE R30
R
99
Per kg
SAVE R7
10kg
R79.99 SAVE R25
19
R
90
39
R
R
SAVE R10
SAVE R5
90
Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg
PnP White Sugar 2.5kg DRY COMFORT PRICE PER NAPPY
Size 2 66s Size 3 58s Size 4 50s Size 4+ 44s Size 5 44s
29
17
R
R
SAVE R11
90
SAVE R3 PnP Tomato Sauce 700ml
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
BUY ANY 2 FOR
38
R
SAVE R14 Clover Krush 100% Fruit Juice Blend Assorted 1.5 Litre
14
R
79
144
R
SAVE R4
50
R
SAVE R20 PnP Potatoes 2kg, Onions 2kg or Tomatoes 1kg
SAVING TIP: SAVE WATER Collect cold tap water while picknpay.co.za/think-water
99
SAVE R25
you wait for the hot tap water to warm up.
– – – – –
R2.20 R2.50 R2.90 R3.30 R3.30
39
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack
Coca-Cola Regular 2 Litre
BUY ANY 3 FOR
WATER NOW
99
SAVE R7
SAVE R3
Nescafé Cappuccino Assorted 8/10s Per Pack
PnP Fresh Milk Assorted 2 Litre Each
19
R
27
99
R
SAVE R10
Sunlight 2in1 Auto Washing Powder Assorted 2kg or Liquid Detergent 1.5 Litre Each
BUY A CASE AND GET A 6-PACK FREE
WAS R 209
179
R
SAVE R30 Bell’s Blended Scotch Whisky 750ml
WAS R149
119
R
SAVE R30 Three Ships Select Whisky 750ml
WAS R318
229
R
SAVE R89
Castle Lite 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Non-returnable Bottles Per Case
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply.No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 19 - 22 APRIL 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE
99
COPPERFIELDSTUDIOS_MMWCHS2189
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
6
NUUS • NEWS
18 April 2018
Sakekamer:
By Maandag se ledevergadering van die Malmesbury Sakekamer het lede meer geleer oor die projek van die Universiteit van Stellenbosch, Hope@Malmesbury, en het Justus Schoonraad, skoolhoof van die Hoërskool Swartland, se toekomsplanne vir dié skool aangehoor. Links is Schoonraad, Jurie Hanekom (Swartland Investments en Hope@Malmesbury), Izélle Garcia (voorsitter) en Erik Louw (bestuur).
Man’s best friend takes centre stage in exhibition A unique collaborative art exhibition featuring the works of Theo Paul Vorster and Hennie Meyer will put man’s best friend in the spotlight. Entitled “Re-worked K9” the exhibition, which is taking place at RK Contemporary – Riebeek Kasteel’s newest art gallery from 27 April until 23 May, will see these two renowned artists depicting reworked artworks of real and fictitious dogs belonging to celebrated artists through the ages. “It is a tongue in cheek depiction of the dogs that never featured in the works of their famous owners,” explains Theo Paul Vorster. Vorster’s original hand cut and coloured lino blocks will be featured on the exhibition as well as limited edition lino prints of this work. Hennie Meyer, an acclaimed ceramist who works predominantly in earthenware, carving into the clay and then using a printing technique to transfer images on to the clay, explains that although he and Vorster have known each other for many years this will be the first time the two
artists will be working together. Meyers work has evolved over the years from free standing vessels to include contemporary wall based art – both of which will be on exhibition at “Re-worked K9” Astrid McLeod, the owner and curator of RK Contemporary says that both artists will be on hand at the opening of the exhibition to answer any questions on their work, their inspiration and the techniques used. “ This is a very exciting collaboration and I cannot wait to see the completed works.” “RK Contemporary was launched towards the end of 2017 with the purpose of bringing fresh new art and art experiences to the public. This collaboration, and its unusual theme, is a first for these two acclaimed artists and is in keeping with RK Contemporary’s goal,” concludes McLeod. For more information visit www.rkcontemporary.com or contact Astrid McLeod on 083 6533 697 or email art@rkcontemporary.com.
Night rally takes the Swartland by storm Billy Thorpe and his Cape Peninsula Motorcycle and Car Club organizing committee took quite a serious amount of criticism when they opted to introduce a night event in the 2018 Western Province Rally Championship, but they received even more compliments at the Malmesbury Rugby Clubhouse breakfast prizegiving on Saturday 14 April 2018. It was clear that night rallies had become something of a forgotten era and when walking through the pre event preparations many vital elements seemed forgotten at home or simply not considered as important as teams had simply never been faced with the challenges presented by rallying in the dark. However, the atmosphere was great and the 19h30 check-run proved a popular decision even though the 0 car schedule differed from the actual route. Friday 13 April 2018 was given the miss by five minutes and it was John and Weston Peiser (Plattekloof) who led the eighteen strong entry away from the Malmesbury Rugby Clubhouse at 00h05 in the Speed Pro Cycling 425 WPMC S5 Subaru Impreza GT Turbo 4x4 2.0. John considering his presence as damage control in the championship as he did not enjoy driving at night (mumbled something about age and the need for sleep). Second off the startline was Oswaldo Mendes (another not keen on losing sleep) and Kesevan Naidoo (Kuilsrivier) in the Skyway 129 WBMK / CCMCC S5 Subaru Impreza WRX STi 4x4 Turbo 2.0 with Llewellyn Jones (Somerset West) and Christoph Pichon (Welgemoed) really attracting attention on their debut start in the ex-Sebastiaan Klaasen CEJ Plant Hire 434 CPMCC S5 Subaru Impreza WRX STi 4x4 Turbo 2.0.
Ismaeel Davids and Yusuf Ganief survived a trip through a ditch on SS3 and knocked out most of their spotlights, but they persisted and when the unfortunate Darren van Greunen (Bellville) and Quinton Swarts (Langebaan) dropped out of fourth spot with the impressive 415 WBMK S3 Toyota Run X 1.6 on SS6 they were close enough to claim the position in the constantly improving ID Paving 431 CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1.6. Event title sponsor, Andy Haigh-Smith (Malmesbury), and Tania Vermaak (Strand) twice overshot instructions on SS2 and then drove the AHS Racing 432 CPMCC / WBMK S3 Mitsubishi Lancer GT1600 into a massive hole on SS3 before settling into a good rhythm to finish a most credible 5th overall. With a Boeing 747 Captain, a veteran helicopter pilot and international rally driver as their service crew they had to live up to expectations! Ashley Haigh-Smith (Malmesbury) unfortunately had to withdraw his AHS Racing 13 CPMCC S5 Ford Fiesta R2 1600 with electrical problems prior to the start, but have indicated that he intends being present for the 12 May 2018 Ceres Toyota WBMK Rally. Compliments to each and every member of the Radio and Timing Marshals, organizing committee and the unexpected, but most welcome, large number of spectators who braved the night supporting a class round of the 2018 Western Province Rally Championship. Familiar faces seen during the night included Brian Hoskins, Mike Nathan and Thorsten Pey and with the promise of two new Ford Escort entries beckoning for Ceres 12 May 2018 should see a record spectator attendance. Patrick Vermaak
IMPORTANT NOTICE FORM 3A NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 – [REG. 10(1)] Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices. The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listed hereunder. Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act.
VORM 3A KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 – [REG. 10(1)] Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys. Afskrifte van ’n aansoek kan by die Owerheid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi. Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.
IFOMU 3A ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasema Gunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. No.
Full name of applicant Volle naam van aansoeker Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo
1.
Rio Ridge 1197 CC
Name under which business will be conducted
Address of the proposed premises
Kind of licence applied for
Adres van die voorgenome perseel Naam waaronder besigheid bedryf sal word
Idilesi yesakhiwo
Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo
Shangrila Bar & Bistro
Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word Uhlobo lwephepha mvume olucelayo
Erf 3274, Corner of N7 Main Road and Piketberg, Piketberg
On consumption
South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged Suid-Afrikaanse Polisiediens-kantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona Piketberg
NUUS NUUS •• NEWS NEWS BETREKKING VACANCIES AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972 #4632 --------------------------------DIENSTE SERVICES DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 --------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604 --------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
DINIQUE. Vyf op 18 April. Geluk ons roosknoppie. Lekker verjaar. Lief vir jou - Ma, Pa, Oupa, Ouma en Adams-familie ---------------------------------
JAYVIAN FORTUIN. Geluk met jou verjaarsdag op 20 April. Liefde - Ma, Pa en familie ---------------------------------
Geluk met Mammie en Daddy se 37 jaar getroude lewe. Baie liefde - kinders en kleinkinders ---------------------------------
Baie geluk Mnr en Mev PEDRO met jul 60ste huweliksherdenking. Liefde - kinders, kleinkinders en agterkleinkinders ---------------------------------
Raai wie word nege op 20 April? GURTWILL CURSTIN THOMAS. Geluk ma se "Thee Guy" hoop jy geniet jou dag. Liefde - Thomas en Cupido gesin ---------------------------------
Mekayla ---------------------------------
16 April - Our adorable prince, happy birthday REEVE, we love you Mommy, Dadda, ouma Roetie, Raivier, Pa Vaughn ---------------------------------
16 April. Veels geluk JO-MARE met jou verjaardag. Hoop dit was 'n mooi dag - Pa, Oupa, Tannies, A-Jay, Ouma, susters en swaer ---------------------------------
22 April. REGINA. Geluk met Mammie se verjaardag. Dankie vir wat u vir ons beteken - Man, kinders, kleinkinders, Swaer en kinders ---------------------------------
ELIZABETH. Veels geluk met jou verjaardag op 19 April. Mag jy 'n lekker dag hê - Jou niggie Marlene en Croy-familie ---------------------------------
18 April. 47 jaar getroud! Baie geluk Mamma en Pappa met jul huweliksherdenking. Lief vir julle - Denise, Boetie en Francious ---------------------------------
CASEY. 18 April. May your whole life fulfilled with smile, love, music and cake. Happy birthday. Your long-time friend, Anthonique ---------------------------------
17 April. ZOE. Geluk met jou verjaardag. Jy moet jou dag geniet - tannie Anna, oom Eben, Emile en
77
18 18April April2018 2018
19 April. FRANKLIN. Geluk met jou verjaardag. God seën jou. Ons is baie lief vir jou Mammie, Daddy, Emile en Mekayla ---------------------------------
EULIN WILLEMS. 19 April. Geluk met jou tweede verjaardag Ouma se blompot. Hoop jy 'n "awesome" dag. Liefde - Ouma Lizelle, Mammie, Ryan, David en Waydon ---------------------------------
twee jaar na jou hemelse woning - Jou vrou, Marlene, skoonseuns, dogters en kleinkinders --------------------------------18 April. BRITNEY SAMSON. Baie geluk met jou geboortedag - Mamma, oom Charl, Mathew, Anchen, Cathy, tannie Lizy en Nana en gesin --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
MAJORY WARRIES. 22 April. Geniet die verjaardag met die engele. Liefde - Rolene, Lemore, Lenard, Amelia, Roderick, Rika, Allastair, Karen en kleinkinders ---------------------------------
Geluk met Oupa WILLEM LAMEYER se verjaardag op 15 April. Reeds 'n jaar weg. Mis nog baie - Vrou, kinders, kleinkinders en skoonseun ---------------------------------
PIET PAPIER. 12 April. Pa se eerste jaar weg van ons. Verlange nog baie groot - Dogter, kleinkinders en agterkleinkinders ---------------------------------
GEORGE STUURMAN. 20 April. My geliefde reeds
WILLEM ARENDSE. 18 April. Tweede verjaardag weg van ons. Baie liefde vrou Caterina, kinders en kleinkinders ---------------------------------
STERFGEVAL OBITUARY
XOLISA SIGUTYA. Ons sal jou nooit vergeet nie. Rus in Vrede. Baie liefde Matrieks 2016 - Hoërskool Swartland ---------------------------------
LORRAINE CUPIDO. 17 September 1976 tot 13 April 2018.
Troosdiens - Woensdag, 18 April om 19:00 by AGS Wesbank. Begrafnis: Saterdag, 21 April 2018. Besigtiging om 8:00 te Valkstraat 167 en huisdiens om 8:30. Kerkdiens begin om 10:00 by AGS Wesbank ---------------------------------
courant
NUUS • NEWS
18 April 2018
dié
8
Tel: 022 487 3221
SPORT
18 April 2018
•KAMPIOEN VAN MALMESBURY-ROLBALKLUB
Griebenauw kraai koning Daniël Griebenauw is nou die mans enkelspel-rolbalkampioen van Malmesbury. Dit nadat hy sy goeie vriend Stuart Halvorsen in die eindstryd behoorlik afgeransel het deur met 21-8 te seëvier. Die wedstryd was in die begin baie spannend, met beide wat baie goeie lyne gespeel het en nie bes wou gee nie, en na ag skofte loop Daniël 9-8 voor. Maar toe hou hy sy voet op die spreekwoordelike pedaal en trek dodelik om die wedstryd in 16 skofte te beklink. Op 23 is hy die jongste kampioen ooit, en speel Rolbal vanaf die ouderdom van 11 jaar. Vir hom was dit soete wraak nadat hy verlede jaar met 5-21 teen Martin van Heerden die knie moes buig in sy eerste eindstryd. Beide Daniël en Stuart is baie entoesiastiese en toegewyde sportmanne met ‘n aansteeklike passie vir rolbal. Die halfeindstryde was albei taai wedstryde, waar die voortvarendheid van die jonger spelers die ervaring van hulle leermeesters getroef het. Daniël klop vir Roux Vermeulen 21-16 na ‘n goeie begin en Peter Hall verloor ‘n spannende wedstryd 19-21, met Stuart wat met sy laaste bal die wenskoot
behaal nadat Peter twee skote gelê het. In die novice-kompetisie se eindstryd, seëvier Paul Rossouw deur Jack van der Westhuizen 21-13 te klop. Na ‘n voorsprong van 11-0, raak hy bietjie gerus en laat toe dat Jack terug veg tot 11-9, maar met goeie fokus trek hy die wa deur die drif in 19 skofte. In die halfeinstryde het Paul verras deur SG Basson met 21-9 van die baan te speel, terwyl Jack in ‘n baie gelykop stryd met Carel Symington tot 17 elk uiteindelik die oorhand kry om met 21-17 te wen. Spel van hoogstaande gehalte is deurgaans deur almal opgedis en die talle toeskouers (moontlik ‘n rekord-getal) het goeie sport aanskou. Met Daniël as kampioen vertrou die klubbestuur dat mense hul persepsie sal verander dat rolbal ‘n sport vir slegs ouer mense is. Nou verskuif die fokus na die drie- en vierspel-kompetisies waar die spanne reeds in die driespel mekaar goed opdreun. "Die seisoen eindig amptelik op die laaste Saterdag van Mei. Die afgelope ruk het talle mense by die klub opgedaag en navraag gedoen oor die spel en ook sommer sosiaal ‘n paar balle gerol," aldus dr Roux Vermeulen.
Sportuitslae Sports results MALMESBURY GHOLFKLUB
Woensdag, 11 April - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Frans Destroo 24, Malcolm Bushell 22, Lothar Buhr 20, Lindsay Meyer 20 Vrydag, 13 April - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Bernard Dolmag 21, John Smith 20, Marais Erasmus 19, Donovan Visser 18 Saterdag, 14 April - Maandelikse houespel Gideon Langner 45, Tony Goosen 40, Roscoe Liedeman 38, Natie Smith 37, Martin Lesch 36
SKOLE NUUS Hoërskool Swartland vs Worcester Gimnasium Uitslae Hokkie 16A(b) 16A(g) 18A(g) 18A(b) 14A(b) 14A(g)
0 – 6 0 – 3 0 – 3 0 – 4 3 – 5 0 - 3
18B(b) 18B(g) 18C(g) 16B(g) 16B(b)
Netbal 14A 17-8 14D 18C 2-18 16B 15B 10-14 15A 14C 9-17 18B 16C 13-5 17B 16A 22-15 14B 11-18 15C 1-26 17A 19-23 18A 20-18
CPM:
Mik:
Die wintersportspanne van Hoërskool Swartland het Saterdag met gemengde welslae in wegwedstryde teen Worcester Gimnasium kragte gemeet. Hier mik Inge von Wielligh vir Swartland se eerste netbalspan vir een van haar talle doele in haar span se sege oor die tuisspan.
Die Christelike Privaatskool Malmesbury het die naweek gasheer gespeel vir sowat 12 skole wat aan hul jaarlikse sportdag deelgeneem het.
Rugby o.19A o.19B o.16A o.15A o.14A o.15B o.19C
24 – 47 14 – 19 21 – 34 19 – 24 0 – 32 7 – 19 49 – 0
1–6 0–1 1–2 0–3 0-3
15-13 13-14 11-22 8-15 13-11