465 dié courant Bergrivier en Weskus

Page 1

courant 18 April 2018

dié

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 465

•DRAGTIGE MERRIE KRY NUWE TUISTE

18 April 2018

Cloudy weer op die been en perdfris Alida Buckle VREDENBURG – Cloudy, oftewel Solo, soos wat die Kaapse Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging haar genoem het, staan rustig in haar splinternuwe hok met grasgroen skadunet en eet aan haar “gourmet” hooibaal. Die Walliese ponie weet dit nie, maar sy sal mettertyd besef dat sy nou amper in iets soos perdehemel beland het, met die dat passievolle perdeliefhebber, Déna de Reuck Nel (26), haar aangeneem het. Haar vier nuwe perdemaats Arthur, Bailey, Ella en Jordy sal vir haar kan sê dat sy hier nooit weer honger sal ly nie en nooit ooit weer met ‘n draad deur die bek, ver dragtig, aangejaag en geslaan sal word nie. Hier kan Cloudy rustig oor vermoedelik ‘n maand of twee haar vulletjie aflaai en die nuweling sal met liefde en respek behandel word. Déna is legendaries vir haar passie oor perde. Haar ma, Lorinda de Reuck, vertel dat Déna matriek geskryf het, terwyl sy deeltyds by Agrimark gewerk het, sodat sy vir haar 13 aanneemperde kon sorg. Ten spyte daarvan het sy haar matriek by Hoërskool Vredenburg goed geslaag. Vandag is die perde wat sy oorgehou het, haar lewe én haar kinders. Haar eerste perd, Fleur, is aan ‘n hartaanval dood toe sy in graad 7 was. Daarna het sy October Sky en Bella aangeneem. Die groot perdeliefde van haar lewe is Arthur, wat sy in graad 11 gekoop het en wat sy vandag nog het. Déna het vir twee jaar kompetisies gedoen, terwyl sy in Melkbosstrand by Nikki and Wayne Thurgood se Thandeka-stalle gewerk en opgelei is. Sy moes in dié tyd van twaalf perde ontslae raak en het, besluit om net vir Arthur te hou. Ná haar terugkeer na die Weskus het haar man, André, vir haar Bailey en later Ella gekoop. Sy eie perd se naam is Jordy. Déna het eintlik ‘n rukkie gelede net saamgegaan na die dierebeskermingsvereniging, maar nadat sy Cloudy gesien het besluit om haar aan te neem. Cloudy het Saterdag 7 April by haar nuwe bestemming aangekom. Déna raai dat sy so ses jaar oud kan wees. Sy was baie bly toe haar perseel die intense inspeksie geslaag het en die aanneming kon deurgaan. Die Kaapse DBV het altyd perde vir aanneming. Belangstellendes kan Lindsay bel by 021 700 4173 of epos na delmarie2@spca-ct.co.za

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.