courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
11 April 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 464
11 April 2018
Weskus kuier by kerk se makietie
Die NG Kerk Akkerdyk het vanjaar weer die gewilde Weskus Kuierfees aangebied op die sportgronde. Met Snotkop as hoofkunstenaar en geliefde sangers soos Axene van Blackbyrd, Jennifer Zamudio, Die Broers, Wouter van de Venter en Stephan Visagie was die trekpleisters groot. Daar was oor as genoeg vir kinders om te doen: muurklim, meganiese bul, springkasteel en ‘n spintonnel asook vertonings deur Kazoo en Juldie die kulkunstenaar. Stalletjies het van roosterkoek en snoek en draairoomys tot serpe, biltong en ander handgemaakte items verkoop.
•FAMILIE DIE SPIL WAAROM SY LEWE DRAAI
Rooikoos nou stil •Alida Buckle VREDENBURG – Maart 2018 was ‘n besonderse maand vir die legendariese Koos van der Merwe, oftewel Rooikoos soos Weskussers hom geken het. Hy is dié bynaam gegee vanweë sy rooi hare. Op Saterdag 3 Maart het hy en sy vrou, Susan, die 30ste bestaansjaar van hul onderneming, Merweda Verf en Hardeware, in Breëstraat, gevier. Op Vrydag 9 Maart was hulle 50 jaar getroud en op Maandag 12 Maart het Oom Koos 76 geword. Hierdie mypale het hy saam met die spil waarom sy lewe gedraai het, sy familie, gevier. Drie kinders, Selma Pienaar (47), Charlene Hugo (45) en Francois (43), asook sy kleinkinders, Sumien (21), Zelna (17), Leandri (8) en Jacques (5). Oom Koos het op sy dag rugby vir die Vredenburg-rugbyklub gespeel en hy was ook deel van die komitee wat die klubsaal, vandag nog op die sportgronde, gebou het. As lid van die Junior Rapportryers, die be-
heerliggame van Laerskool en Hoërskool Vredenburg en die sakekamer het hy diep spore getrap. Hy was tot ongeveer twee jaar gelede ook aktief betrokke by die NG Kerk Vredenburg-moedergemeente se kerkraad. Wat sy familie in hul harte gaan dra en onthou was sy bereidwilligheid om altyd te help,
altyd die goed in ander mense raak te sien, sy vergewensgesindheid en sy glimlag. Sy liefde vir sy God, sy vrou, sy kinders en kleinkinders was wat hom deur moeilike tye, soos die kankerdiagnose vyf maande gelede, gedra het. “Oupa was altyd lief vir Jesus en baie lief vir sy Bybel,” is klein Leandri se kommentaar. “Oupa” is in 1942 op Citrusdal gebore en het in Clanwilliam grootgeword. Ná matriek het hy by Standard Bank begin werk. Daarna het hy by die groep van Federated Timbers aangesluit en homself as finansiële rekenmeester gekwalifiseer. In 1966 het hy en Tannie Susan mekaar ontmoet en het 'n jaar later verloof geraak en is in 1968 getroud. In 1988 het hy en Susan Merweda in ‘n Breëstraat geopen. Francois en sy vrou, Chantal, het bestuur van die winkel amptelik, ook in Maart, oorgeneem. Oom Koos word op Saterdag 14 April begrawe vanuit die moederkerk. Die diens begin om 11:00.
NUUS • NEWS