c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
11 April 2018
14.2%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 464
11 April 2018
Miskombers
As die mis sy arms om Malmesbury loswikkel, hou Tafelberg 'n wakende oog oor dié dorp in die hartjie van die Swartland. Die jaar is besig om vinnig momentum op te tel en voor jy jou oë uitvee, is dit weer tyd vir interskole-stryde, skoue en meer - dit wat 'n gereelde inskrywing op die plaaslike dagboek is. Die skougronde op Malmesbury (links) sluimer nou, maar sal oor 'n paar maande weer 'n miernes van bedrywigheid wees as skoutyd aanbreek. Foto: Johan Viljoen
•DIENSTE KAN MET 6 TOT 6.8% STYG
SM fokus op armes
•Charlotte Lesch MALMESBURY – Die hooffokus van die Swartland munisipale kapitaalbegroting vir die volgende finansiële jaar, val op die laerinkomste-gebiede binne die munisipale grense met 'n toekenning van 72%. Só het die Swartland Munisipaliteit (SM) se uitvoerende burgemeester Tijmen van Essen gesê oor die konsepbegroting voor die raad. Hy het die voorlopige kapitaal- en bedryfsbegrotings vir die jare 2018/2019, 2019/2020 en 2020/2021 asook die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) tydens ‘n raadsvergadering voorgelê. “In ’n poging om die munisipale rekening bekostigbaar te hou, die finansiële volhoubaarheid van die plaaslike munisipaliteit te verseker én die meerjarige begroting se geloofwaardigheid te behou, is die voorlopige gemiddelde verhoging op huishoudings vir die 2018/2019 se finansiële boekjaar sowat 7% tot 8%.” Luidens die raadsnotule voorsien die owerheid dat vlak 6-waterbeperkings met die aanvang van die nuwe boekjaar voorlopig van krag sal bly en word 'n gemiddelde verhoging van 6% daarvoor voorgestel “Die voorlopige tariewe is nie vasgestel in ‘n poging om ekstra inkomste te genereer nie.”
Die SM sal vanaf 1 Julie 2018 15.26% meer vir water vanaf die eerste kiloliter betaal. Die voorgestelde verhoogde watertariewe lyk soos volg: Waar inwoners tans R4.50 per kiloliter betaal het vir verbruik tot 4 kiloliter, sal dit nou R5.04 per kl kos, wat neerkom op 'n 12% verhoging. Die verbruik van 5-10kl styg van R12.58 na R14.09 (12%). Die verbruik van 11-15kl kos voortaan R14.60, 16-20kl kos R15.10, 21-25kl se tarief styg na R27.44 en 26-50kl styg van R17.32 na R57.18 . Die verbruik van 51kl en meer styg van R26.81 na R78.91 per kl. Die voorgestelde verhoging vir belastingtariewe op residensiële eiendom is 6%. Die verhoging op sake-eiendomme beloop 8%. Elektrisiteitstariewe styg voorlopig met 6.84, maar is onderhewig aan verandering en moet deur NERSA oorweeg word. Die finale tariefvasstelling deur NERSA word later vandeesmaand verwag. Vullisverwyderingstariewe styg voorlopig met 8.6% (R2.95), terwyl 'n styging van 6% vir riool voorgestel word. Die totale konsep-kapitaalbegroting vir die komende boekjaar beloop R88, 146 miljoen met R50 miljoen wat deur die raad bygedra word, ter-
wyl die voorlopige totale aanwendings van die kapitaalbeleggings oor die volgende drie fiskale jare ‘n bedrag van R308,765 miljoen beloop. Dit sluit ‘n verhoging van R63,252 miljoen in. Die konsep bedryfsuitgawes klim voorlopig van R668,443 miljoen na R702,594 miljoen wat neerkom op ‘n verhoging van 5.1%. Die konsep bedryfsinkomste styg ook van R730,552 miljoen na R747,705 miljoen, wat neerkom op ‘n jaar op jaar groei van sowat 2.3%. “Die SM het met die opstel van die begroting, veral ook gekyk na die druk op inkomstevlakke van die betalende publiek, die pleidooi van die armes, asook die potensiële negatiewe impak op toekomstige uitstaande skulde en betalingsvlakke, veral in die lig van noodwatertariewe wat nie addisionele inkomste genereer nie.” Die voorlopige totale salarisbegroting styg van R202,638 miljoen na R219,215 miljoen om sodoende ruimte te skep vir die nasionale vasgestelde jaarlikse aanpassings in salarisse en voordele. Insette moet skriftelik aan die munisipale bestuurder gerig word voor of op 3 Mei om 12:00 en kan per e-pos gestuur na swartlandmun@ swartland.org.za gestuur word. Die finale GOP en begroting sal op 31 Mei aan die raad voorgelê word vir goedkeuring.
NUUS • NEWS
2
11 April 2018
NUUS • NEWS
Beheerliggaam:
Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se nuutverkose beheerliggaam het onlangs vergader. Die nuwe bestuur is skoolhoof Justus Schoonraad, voorsitter Patrys Bester, ondervoorsitter Elsabe Minnaar, tesourier Werner Schreiber, Paulina van der Westhuijzen, Franco Rheeder (VRL-hoofleier), ds Jan Steyn, Christiana Blom en Schreuder Brand. Agter is Louis Zikman, Reihardt Visser en Cobus Lourens. Anje Botha (VRL-hoofleier) was afwesig.
Boom kry 'n 'bersie'
Swartland Wynkelder het kragte saamgesmelt met van die inwoners van Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury om ‘n bloekomboom by die afdraai na die kelder behoorlik op te tof. Die inisiatief, gedryf deur Marené Kemp van die kelder het die tehuis met ‘n verskeidenheid kleurvolle wol genader om stroke van sowat 3 meter lank elk te brei wat om die bas gebind moet word. Die bas het al sy dae gehad en lyk nie meer so mooi nie, vertel Kemp.
Altesaam 14 inwoners het met hul breinaalde begin woeker en die kleurvolle stroke in ‘n japtrap klaargebrei. Die 25 stroke wat verlede week om die bas gedraai en vasgebind is, is omtrent ‘n plesier op die oog vir verbygangers en besoekers aan die kelder en het reeds gesorg vir baie aandag. So veel só dat dié inwoners van Aandskemering reeds kans sien vir nóg breiwerk om dié boom se takke én ander bome se kaal baste langs die pad te verfraai.
‘n Tender vir kantoorspasie op Malmesbury vir Binnelandse Sake se plaaslike tak, is op 23 Maart in die staatskoerant, die nasionale gazette, gepubliseer, vertel die bestuurder Gerhard Kotze. Dit kom nadat daar aanvanklik beplan is dat die nuwe tak vanaf 1 April is werking sal wees. Die sluitingsdatum vir die tender is 13 April. Die tender verskyn egter ’n paar maande ná die plaaslike tak sy deure in Piet Retiefstraat gesluit het. Volgens Kotze word beperkte dienste steeds vanuit die plaaslike krieketklub gelewer. Die mobiele diens behels slegs die registrasie
van geboortes, huwelike en sterftes in. Aansoeke vir sertifikate kan ook gedoen word. Intussen moet inwoners na Atlantis of Paarl reis vir die aansoeke van identiteitsdokumente of paspoorte. Dit is dus op die stadium steeds onduidelik wanneer Binnelandse Sake plaaslik sy deure sal open. Kontak 076 073 3005 vir meer inligting. Vir enige ander dienste, skakel die tolvrynommer van die departement by 0800 60 11 90.
Binnelandse Sake soek steeds na nuwe tuiste
Mark:
Die Riebeek-Kasteel Steel Band, 'n gereelde gesig by die Vallei se maandelikse Village Market, was Saterdagoggend weer deel van dié suksesvolle mark. Die mark vind die eerste Saterdag van elke maand voor Pleasant Pheasant op Allesverloren plaas. Dit is 'n gemeenskapsprojek onder leiding van Cynthia Morton en Linda Harrison om geld in te samel vir verdienstelike orqanisasies en al die fondse wat uitstallers betaal, word aan die gekose organisasie oorbetaal. Tot dusver is reeds R16 500 aan Huis Bergsig, die Traumasentrum, die DBV en BADISA se voedingsprojek betaal. Die volgende begunstigde is die dieresorgorganisasie, Chain.
Promosie
Padstal: Die Môreson-padstal, onder leiding van Benita en Heinrich Nel, het Vrydag 'n
bekendstelling van hul smullekker spyskaart en ander lekkernye gehou. Die padstal is op die N7 buite Malmesbury op die Môresonplaas geleë.
NUUS • NEWS
11 April 2018
•DRING DEUR NA KAMPIOENSKAP CCTV-kameras
Goue oue wys sy slag met jukskei Die kranige sportliefhebber, Willem Timoteus (80) van Wesbank, een van die stigterslede van die einste Wesbank Rugbyklub, het al verskeie goue medaljes en sertifikate in sy lewe ontvang vir uitstaande mylpale wat oor sy pad gekom het. Hy het tot ‘n eerste plek losgegaan vir sy krisante waarmee hy jare lank voor die waterskaarste geskou het. Sy mees onlangse hoogtepunt het op die sportveld gebeur toe hy as die enigste deelnemer in sy streek deurgedring het na die Nasionale Jukskei Kampioenskappe in Johannesburg. As boorling van Malmesbury waar hy in Smutsstraat gebore en saam met sy oupa John, sy ooms, tannies, broers en susters in een huis grootgeword het, het hy ‘n beskeie lewe gelei wat met harde werk gepaardgegaan het. Sy skoolloopbaan het destyds in gr.7 by die NG sendingskool in St. Johnstraat geëindig. Vandaar moes hy saam met sy oupa items per perdewa vervoer. “Dit was moeilike jare. Ons ouers kon nie verdere onderrig bekostig nie,” vertel hy. Die seuns het saam met sy oupa pakkies vir die winkels van die stasie af per perdewa vervoer. “Ons het tot lyke vir begrafnisse vervoer,” voeg hy by. Toe perdewaens se tyd uitgedien was, het sy oupa ‘n vragmotor aangeskaf om met sy vervoerbesigheid aan te gaan. Met sy oupa se heengaan, was die vervoeronderneming ook iets van die verlede. Timoteus het baie werk en ondervinding oor die jare opgedoen, maar die grootste deel van sy loopbaan het in die meubelbedryf afgespeel.
Hy het verskeie dienspligsertifikate in dié bedryf ontvang. Op 60 het hy as Beares Furniture se bestuurder afgetree. Vir stil sit, is daar egter nie tyd nie. “Ek hou daarvan om besig te bly.” Nie net was hy vir jare steeds aktief betrokke by die plaaslike rugbyklub nie, maar het ook betrokke geraak by die plaaslike Goue Aar-dienssentrum. Dit is daar waar jukskei oor sy pad gekom het. Timoteus het vir jare as onder-vooritter daar gedien tot hy onlangs finaal uitgetree het. Timoteus het vir die afgelope vier jaar jukskei gespeel. Die een muur in sy huis pronk behoorlik met al sy medaljes en toekennings oor die jare. Hy is ook die eerste plaaslike speler wat ‘n goue medalje van die Weskus Kampioenskappe huis toe gebring het. ”Ons eie burgemeester het die medalje om my nek gesit,” spog hy. Hy was die enigste speler uit die Weskusstreeksuitdunne wat onlangs deur die departement van maatskaplike ontwikkeling na Johannesburg gestuur is om aan die nasionale kampioenskappe deel te neem. Daar het hy teen die res van die land se provinsies meegeding. “Die departement van maatskaplike ontwikkeling het vir alles betaal. Ons is baie goed behandel. Ek het gevoel soos ‘n koning.” Hy het sy nasionale jukskei-kleure ontvang, ‘n goue medalje, ‘n sertifikaat en klere terug huis toe gebring. Hoewel Timoteus vereers bedank het by die Goue Aar-dienssentrum, wonder hy nie soms of hy weer moet teruggaan nie. “Ek het dit geniet en baie mense ontmoet.”
vir Swartland
Die informele tender vir voorsiening van CCTV toerusting op Malmesbury in die huidige finansiële jaar is die eerste fase ter ondersteuning van privaat inisiatiewe ten einde sekuriteit te verbeter. Die tender vir Fase 1 maak voorsiening vir CCTV kameras wat nommerplaat herkenning, video-opname en berging insluit by die dorpsingange vanaf Darling, Klipheuwel en Paarl asook in Alfastraat (hv Roosstraat). Volgens program behoort die toerusting teen 30 Junie 2018 geïnstalleer te word. Wat monitering en reaksie aanbetref is ons nog besig met gesprekke en konsultasies en daar is nog nie ‘n finale besluit geneem nie. Vir 2017/18 is R200 000 vir Malmesbury en R100 000 elk vir Yzerfontein, Darling en Moorreesburg toegeken. Vir 2018/19 is R100 000 vir elk van Moorreesburg en die Riebeekvallei begroot.
3
4
11 April 2018
NUUS • NEWS
De Bron-sentrum se kopie-ervaring nou groter en beter
Eenstop-gerief op Malmesbury Die De Bron-winkelsentrum wat destyds sy deure in Desember 2000 oopgemaak het, is nou nog groter en beter nadat verdere uitbreidings en ontwikkelings onlangs op die perseel plaasgevind het. André Mouton, uitvoerende hoof van die eiendomsagentskapgroep, Amrichprop sê die uitbreidings kom ná aanvraag vir winkelruimte vanaf nasionale huurders. Daar was ook ‘n sterk behoefte om die di-
versiteit van die kleinhandelsaanbod in die De Bron-winkelsentrum te verbeter. Die behoefte vir spesifiek ‘n groot klerewinkel is onder meer raakgesien. Pick ‘n Pay Clothing het op 29 Maart amptelik sy deure vir ‘n opgewonde publiek oopgemaak nadat konstruksie in November verlede jaar afgeskop het. Die De Bron-winkelsentrum het aanvanklik met 20 besighede afgeskop. Vandag is daar 43. Die nuwe uitbreiding bestaan uit ‘n addisionele winkelruimte van 630m² groot. Die ontwikkeling sluit ook die opgradering van die winkelsentrum se toiletfasiliteite in. Daar is nuwe lewe geblaas in die deurloopgang tussen die nuwe en ou deel van die winkelsentrum. Die plein-area spog ook met ‘n gedaanteverwisseling nadat dié deel opgegradeer is. Beplanning het vroeg verlede jaar begin met konstruksie wat uiteindelik ‘n paar maande later die lig gesien het. Die nuwe besigheid bestaan hoofsaaklik uit ‘n spoggerige Pick ‘n Pay Clothing. Alle bouwerk is afgehandel met ‘n paar afrondingswerk wat nog plek-plek nodig is. Die ontwikkeling sal teen middel April finaal voltooi wees, voeg Mouton by. Met die ontwikkeling is ongeveer 10 nuwe permanente poste geskep.
NUUS • NEWS
Dagboek • Diary
Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962.
CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Moorreesburg & Koringberg Tourism 13 April: Moorreesburg and Koringberg Tourism presents Grease outdoor movie night at Wheat Industry Museum. Gates open at 18:00 and movie starts at 19:30. R40 for adults, R20 for scholar and under 5 years is free. Bring own picnic, drinks and blankets. Tickets available at the Moorreesburg Tourism Office, Desert Rose and Moorreesburger For any further info please contact Anel 022 433 1072/ 082 731 3432 Porterville Toerisme 14 April: Porterville Toerisme bied aan Honde Safari om 09:00 tot 10:30. R20 per inskrywing (hond en eienaar). Pryse om te wen in 5 afdelings. Reëls: * Alle honde moet op leiband wees * Geen honde wat op hitte is nie * Geen kwaai honde nie. Afdelings: * Hond lyk soos sy baas * Beste geklede paartjie (hond en eienaar) * Hond met die mooiste persoonlikheid * Koddigste hond * mnr of mej Hond van Porterville Sinethemba Opening 19 April: Opening van Sinethemba kantoor op Moorreesburg om 10:00 Vir navrae kontak Jonathan Davids by 074 167 0816 Storie-oggend @ Piketberg 26 April - Luister na die verhale van gister vertel deur Andries (Wolf) Liebenberg en Jannie Lategan. Kontak 022 913 2177 met navrae. Darling College 26 April: Darling College presents International Food Evening at the NG Church Hall from 17:00 till 21:00. Alcoholic beverages available St. Thomas Brigade 27 April: Die St. Thomas Brigade bied aan 'n Piekniekdans by die St. Thomas Primêre Skool. Toegang beloop R60 per persoon en Top Five is die groep wat die musiek verskaf. Verrigtinge begin om 20:00 tot laat. Bring u eie XYZ. Vir enige navrae kontak André Adams by 083 797 2858. Kaartjies beskikbaar by die lede Esterhof Kleuterskool 28 April: "Back to school"-dag met Justin van 7de Laan by Esterhof Kleuterskool in Riebeek Kasteel met verskeie stalletjies, musiek, springkastele, gesigverf en vele meer. Aktiwiteite neem 'n aanvang om 15:00 tot 20:00. Toegang beloop R50 vir volwassenes, R30 vir kinders en R10 vir kleuters tot graad R. Kaartjies beskikbaar by die kleuterskool of kontak: 073 439 5948 (Annalie) / 062 046 8132 (Shadelle) The Darling Trust 4 May: The Darling Trust presents a black tie dinner and auction at Evita se Perron with tannie Evita & Chef Jenny Morris. Tickets are R950. To book visit THEDARLINGTRUST.ORG Wintech - Vinpro 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@ vinpro.co.za Berg River Marathon 11-14 July Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60, 40 and 12 km. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars. Enter online - www.roag.co.za
11 April 2018
5
6
NUUS • NEWS
11 April 2018
dié courant
Winkelmandjie en kasregister
Die afgelope ruk het die winkelmandjies kleiner geword, maar die bedrag op die kasregister het die hoogte ingeskiet. Die belastingkerwe is gelig en ons voel dit nou aan ons beursies. Dis juis nou wanneer beplanning noodsaaklik is. Om te oorleef met dit wat jy het en steeds dieselfde standaard te handhaaf, sal jy mooi moet somme maak. Jou munisipale rekening gaan ook nou styg. Water, elektrisiteit, vullisverwydering - ja, alle dienste styg. Dit is genoeg om enigiemand moedeloos te laat. Dit is egter 'n riem onder die hart om te sien dat die plaaslike owerheid verder dink en diegene wat dit nie kan bekostig nie, in gedagte hou. Vanjaar sal 72% van die kapitaal juis na diegene gaan. As jy nou jou wandeling deur die winkelrakke neem, maak jy sommetjies so ver soos jy gaan. Die nuwe pryse verbaas jou elke keer en jy is steeds stomgeslaan as die kasregister sy totaal bereken het. Maar, betaal moet jy betaal, want dit wat jy koop, het jy nodig. Dis seker dan nou die tyd wat jy meer oordeelkundig moet begin raak en koop wat jy nodig het en kan bekostig, nie dit wat jou hart begeer nie. Om te beplan, is nou broodnodig, so maak jou sommetjies fyn en belê slim, want die dag van môre se finansiële stand, is duister.
Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.
Senior Verkeers-/ Wetstoepassingsbeampte Swartland Area Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verw: V4/18 • Salarisskaal: R195 588 – R253 848 p.j. (T10) Sluitingsdatum: 20 April 2018 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za
133469
Dis Goeie Nuus
Dr. Andrew Bosman
Die woorde van ons mond
Ons sê so maklik iets as ons skrik of kwaad word, en die woorde kan nie teruggetrek word nie. ‘n Persoon is selfs gevangenisstraf opgelê vir wat gesê is. Salomo skryf in Prediker dat jy nie haastig moet wees met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor God nie, want God is om die hemel en jy is op die aarde, daarom moet jou woorde min wees. Van die Spreuke wat Salomo uitgespreek het lui ook as volg, by die veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie, maar hy wat sy lippe inhou handel verstandig. Vriendelike woorde is soos heuningkoek, soet vir die siel en genesing vir die gebeente. Jesaja skryf van die Gesalfde van die Here wat sal kom, Hy sal soos ‘n lam stom wees voor sy skeerders, soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word sal Hy sy mond nie oopmaak nie. Jesus voor Pilatus word deur Pilatus gevra, praat u nie met my nie? Weet u nie dat ek mag het om u te laat kruisig of los te laat nie? Dan antwoord Jesus wel: U sou geen mag teen My hê, as dit nie van bo aan u gegee was nie! Paulus skryf dat ons woorde altyd met sout besprinkel moet wees, sodat ons kan weet hoe om iedereen te antwoord. Ten slotte antwoord met ‘n seënwens, want dit is waarvoor julle geroep is, sodat julle ook seën kan ontvang.
Swartland Rally:
Die sesde Swartland Rally het die afgelope naweek op Moorreesburg plaasgevind. Franscois Kitshoff, organiseerder van die gewilde liefdadigheidsprojek sê vanjaar se byeenkoms was ‘n groot sukses. Waar die byeenkoms ses jaar gelede ‘n skamele 180 besoekers gelok het, het daar vanjaar 950 mense opgedaag. Die geldinsamelingsprojek vind jaar liks by die Swartland Skougronde plaas. Die bedrag wat ingesamel is, gaan vanjaar weer aan die ouetehuise, Huis Moorrees en Huis Emmanuel, asook die plaaslike kinderhuis, Huis van Heerde geskenk word.
Oud en jonk jag rolbalgoud Eerskomende Saterdag word die Malmesbury Rolbalklub se enkelspelkampioene bepaal in wat beloof om opwindende stryde te wees. Die jong manne daag die ouer garde in die halfeindstryde uit, met Daniël Griebenauw wat vir Roux Vermeulen pak, en Stuart Halvorsen vir Peter Hall. Al vier die spelers speel tans kookwater rolbal en taai stryde word verwag. In die kwarteindstryde klop Roux vir André Halvorsen 21-16, nadat André verbete terugveg van 5-20 tot 16-20. Peter Hall loop 14-1 voor teen Dave Walker, net om vas te haak en uiteindelik ook 21-16 te wen. Daniël Griebenauw begin goed teen Altus Myburgh, loop 5-0 voor, raak agter met 12-15, maar hak die knoop uiteindelik deur en wen 21-15. Ook die novice-kampioenskappe word Saterdag beslis, met SG Basson wat vir Paul Rossouw pak, en Jack van der Westhuizen vir Carel Symington. Al die wedstryde begin 12H00, en enigiemand is welkom om die manne te kom ondersteun. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
NUUS •• NEWS NEWS NUUS BETREKKING VACANCIES AVON can be the answer to YOUR FINANCES. Join today. Start OWN business. Contact 076 122 9972
Ma se dag - Jenette ---------------------------------
#4632
--------------------------------DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak:platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, #4609 pasteie ---Saamrygeleenthede beskikbaar vanaf Malmesbury na Paarl, Maandag – Vrydag. Kontak 076 8878927/0733103340 #4636
----DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554
FABIOLA. Twee jaar oud op 13 April. Baie geluk ons prinsessie met jou geboortedag. Van: Mammie, Pappie en susters ---------------------------------
KIMBERLY DE WEE, my Peetdogter, baie geluk met jou verjaardag. Peetma, is baie lief vir jou - Peetma Lizy ---------------------------------
#4551
--------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604
--------------------------------TE HUUR TO LET Ruim 3 slaapkamer huis met kombuis, opwasplek, 3 slaapkamers, sitkamer, eetkamer badkamer met bad en stort en aparte toilet.Op dieselfde perseel is "Granny flat" met 2 slaapkamers, badkamer met stort en bad. Kombuis en eetkamer. Bedrag is R15 000.00 asook deposito van R15 000.00 en koopkrag is beskikbaar. Beskikbaar vanaf 1 Mei 2018. Kontak: 082 451 5550
Happy second birthday JADE ARENDSE. Enjoy every moment our little sunshine. From Brown and Arendse family ---------------------------------
Happy birthday our friend. May you have a blessed day MRS VISSER on 07 April. Love - Cathy, Lizy, Anneline and Magrieta ---------------------------------
Joost, Charlene, Jesnay en Rozario --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
17 April. ALEXANDER SOLOMONS. 50 jaar. Veels geluk met verjaardag viering - Dorolene, Marion, Enslin, Sammeula en familie ---------------------------------
15 April. JANICKE ALLISON GELDENHUYS. Geluk met jou eerste verjaardag - Ma, Pa, Oupas, tannies, niggies, neefies ----Geniet jou dag. God seën jou. Mag jou dag gevul wees met blydskap - Ouma Alleta, Ouma Theresa en tannie Anita ---------------------------------
Geluk JERMAINE met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Lief vir jou - Ma, Pa en Juhayne ----Mag jy 'n wonderlike dag hê. Ons is baie lief vir jou - Mamma, Sussie, Jayden en Je-Nay ---Geluk ons kleinseun. Lekker verjaar. Liefde Ouma en Oupa West ---------------------------------
#4633
---Malmesbury : Huis te huur in Colignystraat 13 teen R6000 per maand. Kontak - 076 188 9916 #4634
---TITUS EIENDOMME : Malmesbury : Wesbank 2 Slaapkamer huis. Goeie area. R3600 per maand. Atlantis : Ruim netjiese 3 slaapkamer huis in goeie area. Ingeboude kaste. Mooi kombuis. Braai-area. Motorhuis vir 3 motors. Onmiddellik beskikbaar teen R6000 per maand. Kontak: 082 780 1380
"Happy birthday" Daddy. Mag jy lekker verjaar. Van: jou vrou, kinders en kleinkinders ---------------------------------
#4635
--------------------------------TE KOOP FOR SALE Hake fillet porsies/pakke R50. Snoeke vanaf R70. 5kg filette @ R350,00. Viskoekies, visvingers en ander - 022 4873265 of 084 250 2460
#4608
--------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
TEREN-LEE ARENDSE. 12 April. Baie geluk Ma se blompot. Mag jy 'n geseënde dag hê. Lekker verjaar. Liefde - Mammie en Tammy-Lee ---Baie geluk. Ouma is baie lief vir jou en wees altyd die mooi, pragtige dogter - Ouma Sophie en Di-Angelo Brander ---Baie geluk met jou verjaardag. Mag daar nog vele meer kom. Geniet jou dag - Nadia Adams ---------------------------------
Ma, baie geluk met u 80ste verjaardag. Dankie vir Liewe Jesus wat u uitgespaar het. Geniet
Happy birthday KAYLIN SCHEEPERS. 15 April. Enjoy the day and stay the sweet and kind girl - Auntie Melenie, uncle Derick, Dwayne en Miche ---------------------------------
AVRIL WANEBURG. 11 April. You are my gift from God. You are always in my thoughs and prayers. Blessed birthday. Love - Mommy ---Geluk met jou verjaardag. Moet nooit God se hand los nie, want Hy lei jou. Van: tannie Joan en oom Philip ---------------------------------
VERONICA ADAMS. Baie geluk met jou verjaardag. Seën vir wat jy doen en vir ander beteken Mammie, jou man en kinders, suster, broers, Selwyn en Glen ---------------------------------
BETJIE ABRAHAMS. 12 April. Baie geluk Mamma met u 67ste verjaardag. Geniet die dag - kinders, kleinkinders en agterkleinkinders ---------------------------------
11 April. Who is turning 70?? SALIE ANDREWS. Happy birthday Mom. We love you - Your daughter and grandchildren ---------------------------------
SISTA SILVER MUMA (Fransiena Slos). 14 April. Baie geluk met Mammie se verjaardag - Ruben, Happy birthday JEAN. We love you - Your family ---------------------------------
Gelukkige verjaardag ZAHIRA. Ma is baie lief vir jou - Ma en Phayton -------------------------------
16 April. SHILOH. Geluk mysiepop met jou eerste verjaardag. Liefde - Van Rooyen, Van Boom, Blom, Brander, Thompson en Verwey familie ---------------------------------
Baie geluk ERIN JAY-DENE HART met jou 16de verjaardag op 10 April. Liefde - Jou suster, Moshé --------------------------------EVA WARRIES. Baie geluk met antie Eva se 63ste verjaardag. Mag u uitgespaar word met krag en gesondheid - Sharifah en familie ---------------------------------
77
11 April April 2018 2018 11
Geluk met jou 22ste verjaarsdag op 7 April ROBIN SYSTER. Jou eerste verjaardag weg van ons. Mis jou. Liefde - Ouma, Mamma en die familie ---------------------------------
PETRONELLA CUPIDO. 16 April is jy twee jaar van my geskei. Verlange raak
net meer. Jy sal altyd in my hart bly leef - Wilmonite en Wileshe --------------------------------SONIA LOUBSER. 4 April. Sag heengegaan. U was soos n ma vir my. Gaan u mis - Chris en Tilla Cleophas --------------------------------STERFGEVAL OBITUARY
JOHANNES (HANSIE) NERO. Troosdiens: Woensdag, 11 April om 19:00 by St Thomas Anglikaanse Kerk, Malmesbury. Begrafnis: Besigting om 08:00 te Petuniastraat 6, Moorreesburg. Huisdiens om 09:00. Kerkdiens om 10:00 vanuit die VGK,
Moorreesburg. ---------------------------------
KEVIN IVAN ARENDSE. Gebore 30 April 1960. Oorlede 8 April 2018. Troosdiens: Woensdag, 11 April om 19:00 te Palmboomstraat 6. Begrafnis: Saterdag, 14 April 2018. Palmboomstaat 6 - Besigtiging om 08:00 en huisdiens om 08:45. Kerkdiens om 10:00 by Nuwe Apostoliese Kerk, Malmesbury ---------------------------------
8
courant
NUUS • NEWS
dié
11 April 2018
Tel: 022 487 3221
SPORT
11 April 2018
Night racing in the Swartland
MALMESBURY – Eighteen car drivers has entered round two of the 2018 Western Province Rally Championship. According to Patrick Vermaak, spokesperson, the rally will prove exceptional if the opening round is anything to go by. The event starts at 00:05 Saturday 14 April at the Malmesbury Rugby Club with six special stages totaling 82.26km and a 06:30 finish for the first crew, after a total distance of 240.90km. A number of good spectator points are being planned at Wittedam, Wolfgat and Nieuwedam. Documentation and scrutineering starts at 21:00. Vermaak said that the 2017 Western Province Rally Championship was great, with both numbers and quality of entries raising the standards throughout the field. “Competitors have to deliver their best efforts on wet and dry gravel, tarmac and face both day and night driving, before the final positions are tallied at the end of the season”.
Sportuitslae Sports results
MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 4 April - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : Jacques Cilliers 23, Appie van der Merwe 22, Ewald Liedeman 21, Gerhard Spangenberg 20 Vrydag, 6 April - Supa Quick Sundowner Enkel Stableford : Marchell van Lill 21, Tian van Lill 20, Sakkie Klasen 20, Gielie du Toit 18 Saterdag, 7 April - Maandelikse houespel Ilze van Zyl 65, Du Toit van Zyl 66, Johandre Theron 66, Michael Julies 67, Leon Karsten 67, Paul Hardcastle 68, Sakkie Klasen 70, Gerhard Spangenberg 70, Ewald Liedeman 70, Fritzie de beer 70
Left: Andy Haigh-Smith and Tania Vermaak racing in a Mitsubishi Lancer GT1600.They ended fourth overall in the first round for 2018. PHOTO: Patrick Vermaak
Sportster: Kampioene:
Die Moorreesburggholfklub het onlangs hul nuwe klubkampioene gekroon. Ben Smit is kampioen in die mansafdeling met 'n telling van 152 houe oor 36 gate. Erika van Niekerk dra die kroon as vrouekampioen met 'n telling van 163 oor 36 gate.
Danse: Beoordelaars en sameroepers uit die verskillende streke van die Wes-Kaap vir
die nasionale dans-eisteddfod het Dinsdag op Abbotsdale by die Bambino-crèche bymekaargekom en nuwe boeke, handleidings en 'n CD saamgestel om as gids te dien vir die komende eisteddfod-seisoen. Doreen Solomons het die danse in 1982 begin.
Darren Brown, inwoner van Abbotsdale en oud-leerder van die Laerskool Swartland op Malmesbury, se ster skitter blink vir Durbanville Hoërskool waar hy tans sy hoërskoolloopbaan geniet. Brown het onlangs aan die SA-atletiekbyeenkoms deelgeneem en in sy ouderdomsgroep van o.15 drie medaljes ingepalm. Hy is ook in die SA-span opgeneem. Hy is ook 'n kranige rugbyspeler en sal Suid-Afrika se span in Oktober in Frankryk verteenwoordig. Hy is die seun van Rhonda en Rodney Brown.