courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier
dié
4 April 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 463
4 April 2018
•SPORT AAN DIE WESKUS BREI UIT
Nuwe stadion met Paasrugby ingewy
Bo: Die plaaslike radiopersoonlikheid en gospelsanger Vernon Vraagom en kaptein van Tygerberg Gary Williams. Alida Buckle SALDANHA – Die blinknuwe sportstadion is die afgelope naweek met verruklike klubrugby tydens die Transnet Super 8-Paastoernooi ingewy. Met dié eerste toernooi van sy soort, sedert die destydse City Park Top 8-toernooi, wou hulle weer die harte van klubrugby-ondersteuners aanraak, skryf Bertram Vraagom, voorsitter van die Saldanhabaai-rugbyklub, in die voorwoord van die toernooiboekie. “Ons wil hulle vermaak en betower.” Die skare wat die pawiljoen van ‘n duisend
sitplekke Donderdagaand, Saterdagmiddag en Maandag volgepak het, wás betower. Die spanne van Roses United (Wellington), die toernooiwenners, Saldanhabaai, Vredenburg, Langebaan, Wesbank (Malmesbury), Darling en Tygerberg (Ravensmead) het alles uitgehaal. Hul ondersteuners het by tye die pawiljoen se dak laat lig met hul entoesiastiese liedere en aanmoediging. Die multimiljoen Rand stadion se bou is moontlik gemaak deur ‘n vennootskap tussen Transnet en die Saldanhabaai-munisipaliteit en sluit benewens gerieflik toegeruste pawiljoen en
kleedkamers, ook kantore en ‘n onthaallosie in. Daar word nog ‘n gimnasium beplan en reg langs die nuwe rugbyveld is die Weskus-sportfederasie se netbalbane. Die droom is, volgens Abé du Plessis, munisipale menslike hulpbronbestuurder, om volgende keer tegelykertyd ook ‘n netbaltoernooi aan te bied. Die toernooi is regstreeks op SuperSport uitgesaai met plaaslike radiopersoonlikheid en gospelsanger, Vernon Vraagom wat sy debuut op televisie gemaak het. Al die hekwagters en parkeringaanwysers was meestal vriendelike Saldanhabaaiers.
NUUS • NEWS