Skip to main content

463 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

4 April 2018

14.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 463

Darling-kaptein sorg vir skitterdrie

4 April 2018

Die Darling-rugbyklub se span het die naweek hul merk gemaak in die Paastrofee wat op Saldanha gehou is. Die span het in die stryd om die Baktrofee kragte gemeet teen die span van Vredenburg. Die Darling-kaptein, Earl Lewis, se hardloopdrie van een kant van die veld na die ander, het groot opslae gemaak. Die eindtelling was Darling 36 Vredenburg 32.

•SWARTLANDER EN SPAN MIK NA SA-REKORD

‘Super amazing’ •Charlotte Lesch MALMESBURY - Die Swartland se haastigste vrou in die saal van 'n baanfiets, Elfriede Wolfaardt, is tans in die Goudkus (sesde grootste stad in Australië) waar die 2018 Statebondspele vandag met die openingseremonie afskop. Wolfaardt (43), een van 5 vrouebaanryers in die SA Statebondspan, sê uit die Race Village van die spele in Queensland, wat sy as “pragtig en kleurvol” beskryf, haar “senuwees was aan flarde die eerste klomp dae, maar dit lyk darem of my bene intussen ook opgedaag het.” “Dit was ‘n lang vlug,” sê Wolfaart. En voeg by dat sy boonop op pad na Australië bietjie siek geword het. Sy het die naweek ook haar verjaarsdag daar gevier. Daar is vanjaar meer as 6600 delenemers en beamptes van 71 nasies by dié Gemenebesspele wat oor 11 dae beslis word. Sy vertel steeds opgewonde van die oproep wat sy vroeër vanjaar gekry het om haar insluiting in die span te bevestig. “Ek was druk besig om te werk en het die oproep met die goeie nuus nie verwag nie.” Maar daar moes baie werk gedoen word en logistieke hindernisse oorkom en ook 'n bietjie naels gekou word op pad na die Goue Kus, voeg

sy by. In Mei verlede jaar was daar die eerste sprake dat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) ‘n baanspan na die spele kon stuur. Toe het die jaers begin fokus om dit te laat gebeur. Die uitdunne om die span saam te stel, het in Oktober by die Bellville Velodrome plaasgevind. ‘n Maand later is hulle na Johannesburg om aan ‘n oefenkamp deel te neem en die beste tyd aan te teken. Twee van die ryers was egter toe oorsee en die goedkoopste opsie was om in Desember in Maleisië die kwalifiserende tyd te gaan ry. Vandaar was dit tande kners voor die span bekend gemaak is. “Met interne politiek was dit ‘n groot verrassing dat ons wel bo ander dissiplines ‘n span kon stuur,” verduidelik sy. Die span het die 24ste Maart vanuit Johannesburg direk na Sydney gevlieg en vandaar na Brisbane. Haar eerste wedren is môreoggend om 06:42 Suid-Afrikaanse tyd wanneer die SA Span in die

Anna Meares Velodrome in die eerste kwalifiserende wedren vir die 4000m spanagtervolging jaag. Oor haar eerste besoek aan dié baan die naweek het Wolfaardt gesê die houtbaan is “glad, vinnig en super amazing”. Die baan het 'n helling van 43.9 grade. Die finale wedrenne begin om 11:30 Suid-Afrikaanse tyd. Wolfaard jaag ook Vrydag om 05:26 (SA-tyd) in die uitdunne van die 3000m enkelagtervolging. Die eindronde begin om 11:30 (SA-tyd). Daar was nie baie tyd om as ‘n baanspan saam te oefen nie. Hulle fokus steeds daarop om ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord op te stel, maar ook om elke geleentheid aan te gryp. Sy beskryf dit as ‘n “ongelooflike ervaring en voorreg” om daar te kan wees en bedank almal by die huis vir hul ondersteuning. “Ek het mense op Malmesbury raakgeloop wat my sterkte toegewens het en kry baie bemoedigende boodskappies op Facebook en Whatsapp. Dit laat my regtig baie werd voel,” voeg die beskeie jaer by.

NUUS • NEWS


2

4 April 2018

NUUS • NEWS

Spiertiere: Talle

plaaslike liggaamsbouers het onlangs aan die Conrad Nagel Extreme Classic 2018 by die Durbanville Hoërskool deelgeneem. Alex Kriel het 'n derde plek in die ope-kategorie van die Men's Physique-afdeling ingepalm. Elreza Smit het 'n vierde plek in die Novice Ladies Toned Bikini oor 163cm behaal. Juan Schreuder het 'n eerste plek in die Novice Mens Body Building onder 100kg-behaal en Stephan Elsbury 'n vyfde plek in die Open Men's Physique-kategorie.

St Michaels Primêr: Revin Berling

en Nicklin van der Westhuizen, albei van St Michaels Primêr op Abbotsdale, het die Bolandspan by die onlangse Wes-Kaap atletiekkampioenskappe verteenwoordig. Van der Westhuizen het ook die Wes-Kaapspan verteenwoordig as spanbestuurder by die onlangse SA-kampioenskappe.

•GARCIA NEEM LEISELS BY DUVENHAGE OOR

Nuwe vrouevoorsitter vir sakekamer •Charlotte Lesch Die Malmesbury Sakekamer spog ná jare met ‘n vrou as voorsitter wat opgewonde is oor die 'nuwe uitdaging wat haar kom uitsoek het. Izelle Garcia, groepsredakteur van die Swartland-, Weskus-, Bergrivier- en Wellington-uitgawes van die gemeenskapskoerant, dié courant, is onlangs verkies tot nuwe voorsitter, 'n pos wat sy “as ‘n groot voorreg” beskou. Garcia sê sy wil Malmesbury Sakekamer help vestig as een waarvan kennis geneem word, een wat dinamies is, die voortou neem en sy lede se belange eerste plaas. “Ek glo in gelykheid en glo dat ek as vrou ‘n ander aanslag sal hê as die vorige manlike voorsitters. Ons as vroue weet mos hoe om dinge gedoen te kry,” skerts sy. As boorling van Malmesbury (Swartland Hospitaal 34 jaar gelede), het sy haar skoolloopaan in die Laerskool en Hoërskool Swartland voltooi en daarna op Stellenbosch BA Taal en Kultuur studeer, met Afrikaans en Antieke Geskiedenis as hoofvakke. In 2007 is sy as gemeenskapsjoernalis by die destydse Swartlander van Media24 aangestel. Twee jaar later sluit sy as joernalis by dié courant

aan, eers as grafiese redakteur en later as redakteur. Vandag is sy groepsredakteur van die stal se vier publikasies. Garcia is drie jaar gelede op die bestuur van Malmesbury Sakekamer gekoöpteer. Haar aanvanklike portefeulje was media en landbou. Daarna het sy die munisipale portefeulje oorgeneem en óók op die dagbestuur gedien. Sy word ondersteun deur die nuwe bestuur wat bestaan uit Lambert Schreuder (van Talisman Hire, Malmesbury as ondervoorsitter), Erik Louw (van Basson en Louw Prokureurs as tesourier), Johann Nothnagel (van die Prima Groep), Wessel Badenhorst (van Pick n Pay Malmesbury), Theuns Duvenhage (van Talana Boerdery) en Elsje-Mari Joubert (van Old Mutual Spies Praktyk). Garcia sê een termyn as voorsitter gaan vinnig verby, maar sy wil graag die jonger sakelui by die sakekamer betrek. “Ons het die wysheid van die meer gesoute

sakelui nodig, maar ook die entoesiasme en nuwerwetse manier van dink van die jonger geslag.” Sy wil ook meer positiewe samewerking tussen die sakelui, sy lede en owerhede sien. “Ek wil lede en potensiële lede opgewonde maak oor die sakekamer en sprekers en praatjies bied wat elke sakeman/vrou sal baat en ‘n omgewing skep waar ons van mekaar kan verskil, sonder dat ons van mekaar vervreem. "Dit belangrik dat ons mekaar se verskille respekteer en saamwerk vir ‘n gemeenskaplike doel.” Sy sê sakelui kan as ‘n verenigde front kwelpunte makliker hanteer, aangesien die trefkrag van ‘n organisasie in die samewerking van sy lede lê. “Ons leef in ‘n digitale era waar ons makliker en vinniger met mekaar kan kommunikeer en saam met dit het daar talle nuwe uitdagings, slaggate maar ook groeipotensiaal gekom. "Dit is beslis ‘n aspek wat ons fyn moet dophou. Ons besigheid is nie nou net beperk tot die

hier en nou nie en die grense is afgebreek. Ons moet daardie potensiaal ontgin en tot ons eie voordeel aanwend,” aldus Garcia. Sy is baie opgewonde oor die potensiaal wat die opgegradeerde N7 vir die plaaslike sakelui inhou. “Malmesbury het die afgelope ruk geweldige groei getoon. Die dorp se ekonomie is een wat steeds stewig op die landbousektor steun, maar dit is nou baie vinnig aan die uitbrei na industrieel ook.” Sy voeg by dat sakelui moet wakker wees om eerste te wees, voor iemand anders die geleenthede raaksien en opraap. "Ek weet ons as bestuur gaan goed saamwerk. Ons vul mekaar goed aan en almal is toegewyd om van hierdie jaar 'n sukses te maak." Hoewel Malmesbury baie gegroei het, is daar steeds ‘n plattelandse gevoel, voeg sy by. “Dit maak dit lekker om hier te woon en ons kinders te laat skoolgaan. "Ek sal graag wil sien hoe ons sakesektor ontwikkel en vergroot en werksgeleenthede vir ons eie mense skep, sonder om daardie gevoel van samehorigheid te verloor. "Ons is uniek en ons moet dit altyd bly."


NUUS • NEWS

4 April 2018

•SWART OOR WATERVERBRUIK

“Landbou moenie verskoning vra”

Bo: By die kongres op Malmesbury wa Johan Bothma, Cornie Swart, Carl Opperman, Hugo de Waal en AJ Louw. “Die Wes-Kaap ervaar die droogte steeds as ‘n baie tasbare realiteit. Die situasie in die streek was ‘n katalisator om die droogte as ‘n nasionale ramp te verklaar. Alhoewel die watersituasie besprekings oorheers, is daar egter sake soos die gronddebat wat ook aandag verdien.” Só verduidelik Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap verlede week tydens een van 11 streekskongresse wat onder meer op Malmesbury plaasgevind het. Dit was die 25ste jaar wat Agri Wes-Kaap streekkongresse aangebied het. AWK bied elke jaar elf in die Wes-Kaap aan. Vanjaar se streekkongresse se tema was “Kom ons praat”. Volgens Swart ís die plaaslike landbousektor met sy grootliks onvriendelike landbou-klimaat, ‘n rolspeler ten opsigte van ekonomiese bydrae, werkskepper, valuta-verdiener en nasionale voedselsekuriteit. Wat die watersituasie betref, sê hy egter die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne, spesifiek grond en water speel ‘n rol. Hy benadruk die feit dat besproeiing verantwoordelik is vir ongeveer 25% van landbouproduksie. Volgens hom behoort daar nie verskoning gevra te word dat die sektor 60% van die land se

waterbronne gebruik nie. Hy sê die toegang tot water ook via besproeiing is die katalisator vir ‘n totale ekonomiese bydrae van die sektor wat op tussen 10% - 12% geraam word. “Dit beteken dat waterbeskikbaarheid in die landbousektor nie sonder ernstige gevolge willekeurig afgeskaal kan word nie. "Ons is realisties genoeg om te verstaan dat die sekerheid van watervoorsiening aan die landbousektor die laagste van alle sektore is. "Die situasie met waterbeskikbaarheid aan die landbou wat in verskeie gevalle met tussen 50% en 100% verminder is, is aanduidend hiervan. Dag Zero het inderdaad reeds vir verskeie produsente in die Wes-Kaap aangebreek,” voeg hy by. Volgens Swart het die Wes-Kaap al ‘n droogte ervaar. Dit is vanselfsprekend dat voldoende reën die enigste oplossing vir droogtetoestande bied. “Dit beteken ook dat alle waterverbruikers, produsente, munisipaliteite sowel as stedelinge, watertekorte so doeltreffend moontlik moet bestuur, volhoubare aanvullings daarvan so goed as moontlik moet bestuur, optimale aanwending nastreef, die kwaliteit van water verbeter, verdeling daarvan ekonomies regverdig en oorbrugging aan sektore en individue

verleen om tydelike watertekorte te oorkom.” Van die produsente wag al langer as 10 jaar om die bou van hul damme goed te keur weens die lisensiëringsproses van die “nuwe” waterwet van 20 jaar oud wat nooit plaasgevind het nie. “Dit is onnodig dat daar soveel burokrasie by betrokke is. Wat grondhervorming betref, sê hy gesprekke én die beleidsraamwerk en toepassing daarvan het in chaos verval. “Die mislukking van grondhervorming tot dusver en die redes daarvoor kan voor die regering se deur gelê word.” Hy meen die sektor in veral die Wes-Kaap ervaar besondere uitdagings. “Die effek van die droogte en daaruit voortspruitende watertekort kan moontlik nog eise op ‘n wye front stel. "Die impak van ‘n gemeenskaplike front kan nooit onderskat word nie en wanneer die landskap weer verander en ons nuwe uitdagings moet trotseer, sal ons as AWK wéér, net soos in die verlede, saamstaan en oplossings vir die uitdagings vind.”

3


4

NUUS • NEWS

4 April 2018

dié courant

Swartlanders laat hul merk

Swartlanders is trotse mense. Mense met inbors en deug. Kyk net wat vermag hulle alles en dit op internasionale front! Elfriede Wolfaard is een van die voorbeelde van 'n vrou met murg in haar pype en 'n paar kuite wat 'n fiets kan trap. Sy is nou deel van die SA-span wat aan die Statebond-spele deelneem. Hierdie Swartlander is nie net 'n kranige sportvrou nie, maar ook 'n sakevrou wat haar eie onderneming bedryf. Intussen bestuur sy haar tyd so, dat sy tyd het om by alles te kom en al haar pligte na te kom. Kyk ook maar net na Pieter-Steph du Toit, ons plaaslike Springbok-rugbyspeler en sy broer Johan wat nou op die kantlyn van die Stormersspan sit. En dit alles uit een huisgesin. Ons vergeet soms dat ons mense in ons midde het wat hul merk maak, wat vir hulself 'n plek in die lewe oopstry en wat diep spore laat. Dis sulke dinge wat ons trots maak om Swartlanders te wees.

HDU steek kers op by leiers Leerders van Hoërskool Dirkie Uys is Vrydag op ‘n leierskapseminaar geïnspireer deur sprekers soos dr. Braam Hanekom, Rian Truter, Elsabé Aldrich en burgemeester Harold Cleophas. Dr. Braam Hanekom het oor morele leierskap in ‘n uitdagende moderne samelewing gesê dat ‘n goeie leier onderskei word deur sy karakter. Is hy diensbaar, nederig, konsekwent, volkome eerlik, in goeie en slegte tye en as niemand sien nie? Hy het ook wys- Foto: dr. Braam Hanekom, burgemeester Harold Cleophas, heid nodig en die vertroue van sy Elsabé Aldrich en Rian Truter saam met VRL-lede. volgelinge. Rian Truter het die leerders visie beklemtoon. verseker dat ‘n balkie of titel nie van jou ‘n leier ‘n Leier moet weet waarheen hy op pad is. maak nie. Sy het ook die karakter van ‘n leier beklemtoon, ‘n Leier dien, inspireer, leer en stel te alle tye watter tipe mens hy is. Harold Cleophas se tema ‘n voorbeeld vir ander. was dat leiers moet weet waar hulle vandaan Elsabé Aldrich het die belangrikheid van ‘n kom. Moenie dat die verlede, mense of geld jou beheer nie. “Fear” kan staan vir “Forget everything and run” of “Face everything and rise”! Hierdie seminaar is gereël deur die inisiatief van die VRL, wat die potensiële leiers in die skool wil bemagtig om ‘n positiewe verskil in die skool en wêreld te maak.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

It’s Good News

Dr. Marc Blackwell Snr

Words of Grace

During the struggles of life, even true Christians can be temporarily “weighed down, but assurance - amidst life- pressures is a result of faith and a life that honour’s God” “Not everyone who says to Me, 'Lord, Lord,' shall enter the kingdom of heaven, but he who does the will of My Father in heaven. Many will say to Me in that day, 'Lord, Lord, have we not prophesied in Your name, cast out demons in Your name, and done many wonders in Your name?' And then I will declare to them, 'I never knew you; depart from Me, you who practice lawlessness!’” (Matt.7:21-23 2 Matt. 7:15-20; 24-27 3 Eph.2:8-10) Jesus placed these warnings in Matthew between teaching about fruit and foundations. An intimate relationship with Jesus will result in God honouring fruit because it is built upon the essential foundation of faith and repentance. Genuine Faith comes through grace enabled trust in Christ as the One who has paid for our sins. We believe in our hearts and confess with our mouths that Jesus obtained victory for all who place their faith in Him and His resurrection. To be assured of your relationship with the Lord - ask yourself: Reading 1 JOHN: • Is your walk consistent with your talk? (1:5-7) • Do you fellowship with God and confess your sin? (1:8-10) • Do you study to show yourself approved unto God? (5:3-5) • Do you demonstrate love for Christians? (4:7-11, 19-20) • Do you publicly confess Christ as your Saviour? (2:23; 4:15) • Is there evidence of the fruit of the Spirit in your life? (4:13; 5:10; See Gal. 5:22-26) • Do you rely upon the promises of God? (5:11-13)

Passiespel:

Esterhof Kleuterskool het verlede week 'n Passiespel op die planke gebring met behulp van Yvette Pucker, Meiring Primêr, John van der Merwe, Gasners en meer. Bo is die groep jong akteurs in aksie op die verhoog.

Kragtoevoer onderbreek vir Darling, Yzerfontein Eksom beplan ‘n onderbreking van elektrisiteitstoevoer vir Darling, Yzerfontein en omliggende dele op 17 April. Die alternatiewe datum wat ‘n kragonderbreking mag plaasvind, is vir die 24ste April geskeduleer. Die kragonderbreking sal vanaf 06:00 die oggend tot 18:00 die aand duur. Eskom tegnici sal noodsaaklike instandhoudingswerk op die distrubisienetwerk uitvoer

wat die elektrisiteit na inwoners se perseel sal onderbreek. Die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsvoorsiener beloof om die toevoer van elektrisiteit so gou as moontlik te herstel. Klante en verbruikers word gewaarsku om tydens die volle duur van die kragonderbreking alle elektriese toerusting as lewendig te beskou. Vir enige navrae kan Eskom by 086 00 37566 gebel word.

André van Wyk, ‘n inwoner van Wesbank staan bewoë uit dankbaarheid teenoor hul bure nadat die huis waarin hulle bly aan die brand geslaan het. Van Wyk en sy gesin se woning wat teen sy skoonouers se huis is, het omstreeks 01:00 vlam gevat weens ‘n brand wat daar naby ontstaan het. Die Van Wyks het alles verloor, behalwe vir ‘n

paar stukke klere wat gered kon word. “My kinders het alles verloor,” voeg hy by. Niemand is gelukkig tydens die brand beseer nie. Hy, sy vrou Elna en hul kinders bly nou tydelik saam met sy skoonouers Johannes en Marion Marsh in die hoofhuis, hoewel die spasie maar beperk is. Van Wyk is baie dankbaar teenoor hul bure en die hele straat se inwoners wat hulle te hulp gesnel het in ‘n tyd van nood.

Gemeenskap span saam in gesin se tyd van nood


NUUS • NEWS

5

4 April 2018

Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za*

Also at

*Some deals may not be available online

GET MORE

Rolbal:

Die Darling-rolbalklub se onlangse Opedag is deur die Malmesburyrolbalklub gewen. Die borg van die dag was Silvertrees Finansies. Bo is die wenners Stuart Halvorsen en Daniel Griebenauw saam met Rika Mitchell (Darling) met die Ron Bulford-trofee wat nou 'n nuwe tuiste het in Malmesbury.

BACK THAN JUST

1% VAT

Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962.

LOW PRICE

CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902

PnP Fresh Whole Chicken in Tray

3999

R

20

Per kg

SAVE R12

R

Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury

PnP Bulk Lean Beef Mince R69 Per kg

The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Gospel Konsert 7 April: Kom geniet 'n wonderlike Gospel Konsert by die Malmesbury AGS Kerk in die Wingerd met Emile Smit. Ander gaste vir die aand is Lindzi Abrahams van Suidooster, asook Ivan Abrahams (pastoor Roland Peters van Suidooster). Die koste beloop R40 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 12. Vir enige verdere navrae kontak - 076 897 9651

R

SAVE R33

PnP Tomato Sauce 700ml

Nescafé Gold 200g Jar

29

90

R

SAVE R8

SAVE R11

PnP White Sugar 2.5kg

PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre

SAVE R2

SAVE R7

Clover Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg

R

99

7

dy

19

99

Re

SAVE R8

tu

R

01

19

99

*2

22

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg

PRICE PER NAPPY

BUY ANY 2 FOR

R

Darling College 26 April: Darling College presents International Food Evening at the NG Church Hall from 17:00 till 21:00. Alcoholic beverages available

The Darling Trust 4 May: The Darling Trust presents a black tie dinner and auction at Evita se Perron with tannie Evita

R

SAVE R4

R

Storie-oggend @ Piketberg 26 April - Luister na die verhale van gister vertel deur Andries (Wolf) Liebenberg en Jannie Lategan. Kontak 022 913 2177 met navrae.

Esterhof Kleuterskool 28 April: "Back to school"-dag met Justin van 7de Laan by Esterhof Kleuterskool in Riebeek Kasteel met verskeie stalletjies, musiek, springkastele, gesigverf en vele meer. Aktiwiteite neem 'n aanvang om 15:00 tot 20:00. Toegang beloop R50 vir volwassenes, R30 vir kinders en R10 vir kleuters tot graad R. Kaartjies beskikbaar by die kleuterskool of kontak: 073 439 5948 (Annalie) / 062 046 8132 (Shadelle)

27

R

90

10kg R79.99 SAVE R25

Porterville Toerisme 14 April: Porterville Toerisme bied aan Honde Safari om 09:00 tot 10:30. R20 per inskrywing (hond en eienaar). Pryse om te wen in 5 afdelings. Reëls: * Alle honde moet op leiband wees * Geen honde wat op hitte is nie * Geen kwaai honde nie Afdelings: * Hond lyk soos sy baas * Beste geklede paartjie (hond en eienaar) * Hond met die mooiste persoonlikheid * Koddigste hond * mnr of mej Hond van Porterville

St. Thomas Brigade 27 April: Die St. Thomas Brigade bied aan 'n Piekniekdans by die St. Thomas Primêre Skool. Toegang beloop R60 per persoon en Top Five is die groep wat die musiek verskaf. Verrigtinge begin om 20:00 tot laat. Bring u eie XYZ. Vir enige navrae kontak André Adams by 083 797 2858. Kaartjies beskikbaar by die lede

77

17

Moorreesburg & Koringberg Tourism 13 April: Moorreesburg and Koringberg Tourism presents Grease outdoor movie night at Wheat Industry Museum. Gates open at 18:00 and movie starts at 19:30. R40 for adults, R20 for scholar and under 5 years is free. Bring own picnic, drinks and blankets. Tickets available at the Moorreesburg Tourism Office, Desert Rose and Moorreesburger For any further info please contact Anel 022 433 1072/ 082 731 3432

Size 3 76s Size 4 66s Size 4+ 60s Size 5 56s

80

– – – –

R1.97 R2.27 R2.50 R2.68

SAVE R25

45

R

SAVE R20

Listerine Mouth Wash Tartar Control, Teeth & Gum Defence, Total Care, Whitening Rinse or Green Tea 250ml

Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or 3in1 Capsules 15s Each

R

99

SAVE R20

BUY ANY 4 FOR

WAS R137

115

100

R

R

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

WAS R139

120

R

SAVE R22

SAVE R19

Amarula Cream Liqueur 750ml

SAVE R44

PnP Potatoes 4kg, Onions 3kg, Butternut 4kg, Sweet Potatoes 2kg, Gem Squash 3kg or Tomatoes 2kg

149

WAS R229

199

R

Firstwatch Imported Whisky 750ml

SAVE R30

Carling Black Label 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Nonreturnable Bottles Per Case

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 5 - 8 APRIL 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE

COPPERFIELDSTUDIOS_MMWCHS2182

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK


6

4 April 2018

NUUS • NEWS

Wyndruifoes klein, maar baie goed

Bestuur:

Die Swartland-atletiekklub het onlangs hul nuwe bestuur op die klub se algemene jaarvergadering verkies. Agter: Piet Smit (ondervoorsitter), Laura Schreuder (klubkaptein Malmesbury). Voor: Marietjie Viljoen (voorsitter), Marietjie Nieuwoudt (tesourier), Ursula Teuchert (addisionele lid Malmesbury), Sarie Erasmus (addisionele lid Moorreesburg - Gemeenskapskakeling), Zelda Burger (sekretaresse), Erik Truter (klubkaptein Moorreesburg), Sakkie du Toit (addisionele lid Moorreesburg). Afwesig: Rodger Arendse (Addisionele lid Moorreesburg - Gemeenskapsontwikkeling).

Malmesbury spog met 'n splinternuwe toevoeging tot die sakesektor - 'n PnP Clothing in die De Bron-setrum. Dié winkel het verlede week sy deure amptelik geopen. Agter is Maghboebah Parker (areabestuurder) en Ian Maritz (hoof van PnP Clothing winkels). Voor is Muriel (bestuurder van die Malmesburytak) met haar span.

Wyndruifprodusente en kelders neem in die volgende paar weke die laaste van ʼn heelwat kleiner 2018-wyndruifoes in. Volgens SAWIS (SA Wynbedryfinligting & -Stelsels) beraam wingerdboukundiges en kelders dat 2018 die kleinste opbrengs sedert 2005 gaan realiseer. Die vierde oesskatting is middel Maart uitgevoer, waarteen ongeveer twee derdes van die oes reeds deur wynkelders ingeneem is. “Feitlik alle wit kultivars is reeds klaar geoes, met enkele laat blokke wat in die volgende paar weke ingeneem sal word,” sê Francois Viljoen, bestuurder van die wynbedryfliggaam Vinpro se wingerdboukundige konsultasiediens. Shiraz en Cabernet Sauvignon word nou gepars, waarvan Shiraz veral vanjaar stadig ryp word. Nadat die parsseisoen vooraf gegaan is en afgeskop het met baie droë, warm weerstoestande, het veral die nagte einde Februarie begin afkoel, wat ideaal is vir rypwording én om gehalte te bevorder. Volgens Voljoen gaan heelwat streke nog tot middel April pars en is die bedryf hoopvol dat die weerstoestande goed bly en die druiwe gesond is. Wat die grootte van die oes betref, is daar wesenlike verskille in produksie tussen streke en selfs plase na gelang van individuele produksie-eenhede se watersituasie en omstandighede. “Sekere streke en produsente rapporteer ʼn effens beter as verwagte oes, terwyl ander skat dat dit selfs verder gaan afneem. "Almal is dit egter eens dat die gehalte van die druiwe bo verwagting goed lyk,” voeg hy by. Hanno van Schalkwyk, wingerdboukundige vir die Swartland en Paarl streek, sê die droë, warm toestande gedurende die somer en parstyd lei tot uiters klein korrels, wat ʼn groot invloed op die totale produksie het. “Wyngehalte lyk egter op hierdie stadium belowend,” voeg hy by. ʼn Omvattende 2018-oesverslag word op 8 Mei 2018 uitgereik.


NUUS •• NEWS NEWS NUUS BETREKKING VACANCIES ELEKTRISIËN Bogenoemde pos beskik die kandidaat oor ‘n toepaslike vakkundigheid, deur minstens twee jaar kennis van foutsporing, installasies en instandhouding. Bereidwilligheid om bystanddiens op ‘n rotasiebasis te verrig teen ekstra vergoeding, sal ook ‘n vereiste wees. Geskikte kandidate kan hulle aansoek en kort(3 bl) CV faks na (022) 4871804 of e-pos na admin@vdmelektries. co.za

God's blessings. Love - Priscilla, Theo and Courtney ---------------------------------

KATY. 4 April. Baie geluk met jou verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar - jou liefie Ronnie en beste vriend Jan Nell ---------------------------------

#4604

--------------------------------TE HUUR TO LET Twee slaapkamer woonstel te huur te Ruststasie vanaf 1 Mei. Ruststasie is geleë 22 kilometer vanaf Malmesbury in die rigting van Moorreesburg op die N7. R3900 per maand (een maand vooruitbetaalbaar plus deposito) water ingesluit, koopkrag. Geen troeteldiere. Indien belangstel kontak vir Adriaan op 082 801 1906 #4626 --------------------------------TE KOOP FOR SALE Hake fillet porsies/pakke R50. Snoeke vanaf R70. 5kg filette @ R350,00. Viskoekies, visvingers en ander - 022 4873265 of 084 250 2460

Raai wie word 21 op 5 April. Baie geluk meisiepop - Ant Mary en gesin, Nana en Kakie ---------------------------------

COURTNEY STROEBEL. 8 April. Baie geluk met jou 14de verjaardag, ons prinses. God seëninge oor jou lewe - Daddy en Mommy ----Jy moet 'n lekker dag hê - Liefde - Allegra, Bruce & Mitchell ----Gelukkige verjaardag. Ons is lief vir jou Courtaz - Shannon, Keagan en Kezia (Doeda) ----Veels geluk. God seën jou - Ouma Iris Myburgh ---Happy birthday. With much love - Leonie and uncle Brent --Gelukkige verjaardag my vriendin. Lekker verjaar. Liefde - Zeckriff Smith ---------------------------------

#4608

--------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

LEONA NELL. 5 April. Baie geluk my sussie met jo verjaarsdag lekker verjaaar - Johnnic ---Liefste Leona, baie geluk. Mag God jou ryklik seën my kleinkind. Alles wat mooi is. Baie liefde Mamma en Oupa --Happy 14th birthday, my bestie Leona. Enjoy your day - With tons of love Courtney Stroebel, aunty Priscilla en uncle Theo --Gelukkige 14de verjaardag, jongmeisie. Geseënde lewensjaar - Tannie, Zenobia, Tristan en Keagan ---------------------------------

CHESLIEN JANSEN 2 April Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën - Estolene, Mariette, Darren, Wesley, Gjerheade en Nando --------------------------------

LENA DANIELS. Mammie Baie Geluk met mammie se verjaarsdag. Baie dankie vir alles en onthou Mammie is baie spesiaal. Liefde - Samantha, Cayden, Franny en Boeta. ---------------------------------

6 April. CYRELDA WILLIAMS. Happy birthday.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

4 April Happy Birthday, my bestie (MEL). Much blessings. Love - Cyrelda Williams ---------------------------------

4 April. BOY, baie geluk met jou verjaardag. Mag God jou seën en dat jy gespaar bly. Liefde - Elize en Lizolda ----Veels geluk my mannetjie. Hoop jy het 'n lekker dag. Liefde - Gaila, Stacey en Gayleen --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

Baie geluk WILLENE met jou 21ste verjaardag. Ma is baie trots op jou Mammie, Janus, Jayden, Miela en Alonzo ---Baie geluk met jou groot 21. Liefde - tannie Neen, Lorenzo, Chriszeldo en Jenesca-Lee ---Baie geluk Willene met jou 21ste verjaardag. Lief vir jou - Monrico ---------------------------------

LENIE ARENDSE. 7 April. Twee jaar in die hemel. Ons mis jou steeds. Sal jou altyd onthou - Ma, Sampie, Rykie, kinders en kleinkind Liam ---------------------------------

#4631

--------------------------------DIENSTE SERVICES DUPPIE'S TUINDIENSTE vir beddings, sny van gras, takke, struike, skoonmaak en verwyder van tuinvullis. Kontak: 083 533 4554 #4551 --------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843

77

April 2018 2018 44 April

6 April. Mammie, baie geluk met u verjaardag. Dankie vir liefde en sorg. Wens u gesondheid toe - Sallomie (dogter) en Haygan (kleinseun) --------------------------------STEPHEN VAN WYK. 55 op 4 April. Baie geluk. Mag die Here jou seen, Pa, Oupa en Oupagrooitjie - Pauline, Stephline, Marico, Marche, Deonise, cleonay en Shemos van Malmesbury ---------------------------------

TRUIDA - Tietie, alles so gou verby. Jou eerste verjaarsdag weg. Ons mis jou - Johan, Stacey en Akeelah -Sag heengegaan op 29 Maart 2018. Jou verjaardag op 5 April. Sal jou nooit vergeet Mamma - Sofie, Jan en kinders ---------------------------------


8

courant

dié

4 April 2018

Tel: 022 487 3221

NUUS • NEWS

SPORT

4 April 2018

•WESBANK RVK VAL VAS TEEN SALDANHA

Sportuitslae Sports results

Alida Buckle SALDANHA – Die uitstekende span van die Saldanhabaai-rugbyklub kon al amper die oorwinning proe, toe Roses United van Wellington in die laaste tien minute ‘n bal tussen die pale deurgestuur het. Die eindtelling was Saldanhabaai 20 en Roses United 22. Die eerste wisseltrofee in die Transnet Super 8 Paas-rugbytoernooi, wat moontlik ‘n jaarlikse instelling word, gaan dus Wellington toe. Die twaalf wedstryde wat in die toernooi gespeel is, was titanies, met die ander ses spanne wat net so graag wou wen. Hulle was Vredenburg, Langebaan, Wesbank (Malmesbury), Darling, Tygerberg en Robertson. Die spanne het dit Donderdagaand onder die helder spreiligte uitgespook met die tellings op die ou end: Roses United 34 Darling 10; Tygerberg 36 Langebaan 10; Saldanha 13 Vredenburg 12; Wesbank 24 Robertson 20. Aan die einde van Saterdag het die tellings so gelyk: Darling 26 Langebaan 14, Vredenburg 22 Robertson 18, Tygerberg 17 Roses United 25, Saldanhabaai 22 Wesbank 8. Robertson het die Skild-eindstryd teen Langebaan gewen met 35-19. Die stryd om die Baktrofee, tussen Darling en Vredenburg was fel en Darling-kaptein Earl Lewis se harloopdrie van een kant van die veld na die ander, moet genoem word. Die eindtelling was Darling 36 Vredenburg 32. Tygerberg het die Plaat-eindstryd met een punt voor Wesbank weggeraap, met 20-19. Shilton van Wyk van Saldanhabaai is aangewys as die Speler van die Toernooi, Thurlow March, kaptein van Roses United as die Voorspeler van die Toernooi en Riaan Louw van Saldanhabaai as die Agterspeler van die Toernooi. Die manne het gesorg vir pragtige hardlooprugby, met verbete verdediging, brute oorstootdrieë en kragtige skrums en losgemale. Die blitsige drieë telkemale sommer in die eerste drie minute vandat die wedstryde begin het, was asemrowend. Devon Joshua het ook na Saldanhabaai se net-net nederlaag gesê dat die span van Roses United hulle dié dag uitoorlê het. Thurlow het gesê dat Saldanhabaai hulle van die eerste oomblik af onder druk geplaas het. “Dit was karakter wat ons deurgedra het.” Die manne van Roses United was waarlik “together standing tall”, soos hulle uit volle bors gesing het, met die Transnet Super 8 Paas-rugbytoernooi-beker omhoog. Burgemeester Marius Koen het in kommentaar gesê dat die toernooi verskillende rasse, kulture en gemeenskappe saamgebring en hulle alles vir die duur van die wedstryde laat vergeet het. “Dit was ‘n voorreg vir die Saldanhabaai-munisipaliteit om almal te kon verenig en die liefde vir rugby te bevorder.”

MALMESBURY GHOLFKLUB

Toernooi lewer skitterrugby

Woensdag, 28 Maart - Supa Quick Sundowner - Enkel Stableford : John Smith 20, Donovan Visser 19, Frans Destroo 19 Saterdag, 31 Maart - Enkel Stableford Erik Jansen van Rensburg 39, Josef de Beer 38, Natie Smith 38, Andre Uys 37, Roscoe Liedeman 37, Ewan Liedeman 36

Atleet presteer in Twee Oseane

Angelo Booysen verbonde aan Malmesbury Korrektiewe Dienste se atletiekklub, het tydens die Two Oceans-halfmarathon sy persoonlike beste tyd (1h08min) oor die afstand opgestel. Angelo volg 'n streng program om seker te maak hy behaal Boland Atletiek se kwalifiserende standaard (1h05 min) om deel te neem aan die Suid Afrikaanse 21km-kampioenskappe wat plaasvind 28 Julie 2018, Port Elizabeth. Hy is ook hierdie jaar gekroon as Boland se senior kampioen in 10 000m & 5000m.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
463 dié courant swartland by DieCourant - Issuu