462 dié courant weskus en bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

28 Maart 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 462

28 Maart 2018

•BURGEMEESTER PRAAT OOR SGG'S

‘Sakelui moet self eienaarskap neem’

Alida Buckle VREDENBURG - Eiendomsbeleggers met ondernemings of gevestigde belange in die middedorpe van Saldanha en Vredenburg sal almal baat by die Saldanhabaai-munisipaliteit se voorgestelde Spesiale Gewaardeerde Gebiede (SGG). Die munisipale raad het reeds hul toestemming gegee tot die stig van SGGs in dié twee dorpe. Dit kan net werk as die eienaars eienaarskap van hul gebied neem, het burgemeester Marius Koen by ‘n vergadering hieroor by die Akkerdyk NG-kerk gesê. “Die munisipaliteit sal die bestaande diensvlakke onderhou en basiese dienste volgens die grondwet verskaf.” In Vredenburg strek die gebied in Hoofstraat van Swemmer en Levin tot by Mortimer Toyota, met die twee parallelle strate weerskante (Skoolen Pleinstraat) daarby. Al die geboue tussenin is deel van die gebied. In Saldanha strek die gebied in Saldanhaweg van FNB tot by die Militêre Akademie se hek en die Hoofstraat, vanaf die BP-vulstasie verby die Hoedjiesbaai Hotel, Captain’s Cabin tot ook by die Akademie se hek. Dit sluit die geboue tussenin in. Die inwoners van Saldanha is positief oor die vooruitsig om hul middedorp te beveilig en te verfraai. Daar sal in Vredenburg weer ‘n vergadering gehou word, omdat dié een nie goed bygewoon is nie. *Hoe werk ‘n SGG? Dit is ‘n duidelik afgebakende gebied waar die eienaars ‘n bykomende tarief betaal, gekoppel aan munisipale waardasies. Dié geld word deur die munisipaliteit ingevorder, maar gaan na die SGG-rekening. Die eienaars besluit hoe hulle dit wil spandeer. Die munisipaliteit vereis ge-ouditeurde verslae van die geld en word op hoogte gehou van presies wat daarmee gedoen word. Bestaande SGG's in Kaapstad bestee die geld op openbare veiligheidsmaatreëls soos veiligheidswagte wat die strate patrolleer, skoonmaakdienste, instandhouding van infrastruktuur, om die omgewing te verfraai asook maatskaplike dienste. In Marconi Beam in Montague Gardens, Kaapstad, het die toepassing van die SGG die profiel van die gebied so gelig dat meer mense in die omgewing belê. Dit word vandag beskou as 'n gesogte nywerheids-, kleinhandel- en kom-

Water: ‘n Totaal van 25 000l water is onlangs op ‘n plaas langs die Bergrivier afge-

laai ná ‘n noodkreet van Dag Zero wat reeds dié boeregemeenskap bereik het. Nicolette du Toit van Porterville het onlangs in ‘n Facebook-inskrywing vertel van die landbougemeenskap op plase wat geen water het nie weens ‘n byna leë Bergrivier wat se water hulle nie meer van mag gebruik nie. Die Water Warriors, 'n organisasie wat water na behoeftige gemeenskappe aanry, het in die bresse getree en water na dié gebied gebring. Sien berig op bladsy 4.

mersiële gebied. ‘n SGG se verkose bestuur stel sy eie ouditeure aan en stel ‘n sakeplan saam waarin hulle aandui hoe die verbeterings gedoen gaan word. Dit word dan aan die munisipaliteit voorgelê vir goedkeuring. Die munisipaliteit kry ook maandelikse finansiële verslae, ‘n jaarverslag en onder meer ‘n

voorsittersverslag. Om die SGG te stig, het die munisipaliteit 51% van die gebou-eienaars se skriftelike goedkeuring nodig. Eienaars kan skriftelike toestemming stuur na mun@sbm.gov.za of Herman Jonker skakel by 022 701 7000 of stuur 'n epos aan idpbudget@ sbm.gov.za

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.