courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
28 Maart 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 462
28 Maart 2018
Chris tuis met nuwe hart
Wellington se held, die elfjarige Chris Truter wat net meer as ‘n maand gelede ‘n hartoorplantingsorperasie ondergaan het, het op Maandag 26 Maart teruggekom huis toe. Leerders van Hugenote Hoër- en Laerskool het hom verwelkom deur ‘n erewag al langs Blouvleiweg te vorm. Hulle het rooi balonne, vlaggies en baniere gewaai om hierdie besonderse Wellingtonner, wie se storie van hoop mense landwyd geïnspireer en aangegryp het, te vereer en terug in die dorp te verwelkom. Chris se groot glimlag en waaiende handjie het hulle deur die motorvenster begroet.
•AANKONDIGER BY NASIONALE BYEENKOMSTE
Man agter die stem •Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Kobus Basson is eintlik ‘n nasionale bekende. Al sal die meeste mense hom nie noodwendig op straat herken nie, sal enige atleet of sportentoesias sy stem uitken, want hierdie man was al die aankondiger by van die streek, provinsie en land se voorste atletiekbyeenkomste. Kobus woon van kleins af op Wellington. As die seun van ‘n plaaslike boukontrakteur sou hy nooit as kind kon droom dat sy stem by nasionale sportbyeenkomste oor die luidsprekers van groot stadions sou weerklink nie. “Ek het my skoolloopbaan op Oudtshoorn by die HTS voltooi. Ek het myself daarna as ‘n plaatmetaalwerker in Soutrivier by winkel 45 bekwaam en my weermagopleiding in 1984 op Bethlehem voltooi,” vertel Kobus. Hy is tans ‘n onderwyser by die Westcliff skool in Bellville. Sy loopbaan as aavkondiger het eintlik toevallig begin.
“Ek was gekies as ‘n beampte vir ‘n atletiekbyeenkoms op Coetzenburg. Die aankondiger vir die byeenkoms het nie opgedaag nie en toe vat ek maar die kans agter die mikrofoon,” lag hy. Hy het so ‘n groot sukses van hierdie kans gemaak, dat hy sedert 2007 ‘n gereelde aankondiger by byeenkomste is. “Ek doen feeste, atletiekbyeenkomste en is ook gereeld seremoniemeester by troues,” sê hy. Van die grootste byeenkomste waar hy al as afkondiger opgetree het, sluit Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkomste vir Hoër- en Elsen-skole in. Hy was ook al ‘n paar keer die afkondiger by die plaaslike Safari-halfmarathon, sowel as die toptien skolebyeenkomste. “Ek het ook al die WP skolebyeenkoms by die
Groenpunt Stadion gedoen en verlede naweek was ek die aanfkondiger by die Suid-Afrikaanse Junior Atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat in die Paarl,” vertel hy. Volgens Kobus moet ‘n mens ‘n liefde vir en belangstelling in sport hê om as ‘n aankondiger by sulke groot byeenkomste te kan optree. “Ek leef myself in ‘n byeenkoms in, want ek hou van atletiek, omdat dit so n mooi sport is,” sê hy. Kobus droom daarvan om eendag ook die aankondiger by ‘n nasionale senior-atletiekbyeenkoms te wees. Hy het ook ambisies om homself as ‘n afslaer te bekwaam. Hy is ook baie dankbaar teenoor die mense wat hom op sy pad as aankondiger gehelp het. “Mense soos Brandon du Plessis, Brice Carelse en Deon Wertheim het my ongelooflik ondersteun en gehelp tot waar ek nou is. Vir hulle wil ek baie dankie sê,” sê hierdie nederige man met ‘n liefde vir atletiek en die groot, goue stem.
NUUS • NEWS
2
28 Maart 2018
•BERLYNSE-KOMPETISIE
Napier wyne wen internasionaal Die wingerbestuurder en wynmaker by Napier Wynlandgoed, Leon Bester, het rede om sommer baie trots te wees. Een van Napier se wyne, die Napier Saint Catherine Single Vineyard Chardonnay 2015, het onlangs met die goue medalje by die Berlynse Internasionale Wynkompetisie weggestap. Leon, wat op Stellenbosch gebore is en ook daar skoolgegaan het, se pad in die wynbedryf het eers ‘n wye draai geloop. Hy het na skool by die vloot aangesluit en as vlootduiker gekwalifiseer. Hier het hy twee jaar as vloot-opruimingsduiker gewerk, waarna hy die vloot verlaat en in wingerde en kelders in die VSA, Duitsland en Frankryk gaan werk het. “Nadat ek ondervinding in die buiteland opgedoen het, het ek na Suid-Afrika teruggekom en as wynmaker by Elsenburg gekwalifiseer. "Ek het toe weer oorsee gaan werk en die destydse eienaar van Napier Winery daar ontmoet. Hy het my gevra om by hulle aan te sluit,” vertel Leon oor sy pad in die wynbedryf. Hy is sedert 2000 as wingerdbestuurder, algemene bestuurder en wynmaker by die Napier Wynlandgoed betrokke en woon saam met sy vrou, Nelia, en drie kinders tussen die wingerde waar hy elke dag werk. Die onlangse prestasie by die Berlynse Internasionale Wynkompetisie span die kroon op die talle toekennings wat Leon en sy span reeds oor die jare ingepalm het. In hierdie kompetisie moes hulle met die inskrywings van 15 ander lande en meer as 300 wyne in elke afdeling meeding. Leon en sy span by Napier het ook al ‘n Dubbel Platinum, twee Dubbel Goue-toekennings, twee Dubbel Silwer-toekennings en twee Silwertoekennings in die laaste jaar by die National Wine Challenge gewen. Hulle het boonop ‘n Silwer-toekenning by
die Decanter Asia Wine Awards en twee silwer en twee goue toekennings by die Berliner Wine Trophy-kompetisie losgeslaan. Hulle spog ook met die toekenning as die Beste Produsent, “Still Wine” in Suid-Afrika en vier Goue toekennings vir verskeie van hul wyne. Volgens Leon is hul jongste internasionale toekenning in Berlyn egter ‘n hoogtepunt. “Omdat die beoordelaars handelsmense is en hulle die aankopers is vir restaurante, wynwinkels en hotelle, beteken dit vir ons baie want dit maak die deure oop vir ons na nuwe markte in die buiteland. "Vir my beteken dit baie, want die toekenning bevestig dat ons wyn van hoogstaande gehalte in die internasionale wynmarkte kan voorsien, en dit uit die redelik onbekende wynstreek van Wellington,” sê hy trots. Ten spyte van talle uitdagings soos die droogte, verhoogte verwerkingskoste, moeilike arbeidswetgewing, wisselvallige wisselkoerse, geen staatshulp en ‘n persepsie dat Suid-Afrika net goedkoop wyn kan maak, glo Leon nog steeds in dit wat hy doen. “Die belangrikste is dat ek hou van wat ek doen. Ek werk met 'n natuurlike produk waarin die natuur 'n groot invloed op het, dus moet jy heeltyd planne maak en dit hou jou gemotiveerd. "Ek het te doen met die natuur, die produk asook die kliënte. "Dit maak dit baie interessant,” sê hy. Leon se visie en doelwitte vir die toekoms is optimisties. “Ons strewe om regtig die terroir van ons vallei in ons wyne te reflekteer. "Ons wil ook graag ons top-wyne se kwaliteit verbeter en elke liter wyn wat ons produseer in ‘n bottel sit en daarmee waarde toevoeg tot die druiwe wat ons op ons plaas produseer,” sê hierdie dinamiese wynmaker.
NUUS • NEWS
Valiant besoek sy tuisdorp Michelle Nolte, Valiant se suster, en sy ma, Sarie, het ook die vertoning bygewoon.
Die bekende en bekroonde “mystic boer”, musikant en skrywer, Valiant Swart, het op Saterdag 25 Maart sy grootworddorp besoek toe hy in die Bôrdienghuis-teater opgetree het. Valiant, of Pierre Nolte, is in 1965 gebore en het in Wellington grootgeword. Sy vertoning was vol staaltjies uit sy kinderjare en sy ontdekking van musiek, sowel as sketse van Wellington se dorpslewe en -karakters. Wellingtonners kon hul verlustig in sy kwinkslae, skerp waarnemingsvermoë en kreatiewe beskrywings van dít wat deur die jare eie aan ons dorp en sy mense is. “Ek onthou die eerste band waarin ek gespeel het, hoe ons nie by die skool mag gespeel het nie, omdat ons as die rowwe ouens gesien is en heavy metal-musiek gemaak het. Net met interskole mag ons as deel van big brag vir die kinders gespeel het,” het hy vertel, terwyl hy sommige van sy aanvanklike pogings op die kitaar gedemonstreer het.
Valiant, wat al 19 albums die lig laat sien het en honderde liedjies geskryf het, het ook van sy lewe as musikant en die interessante karakters wat hy langs die pad ontmoet het en vriende wat hy gemaak het, vertel. Hy het byvoorbeeld meer oor die tragiese dood van sy voormalige tromspeler, Johan de Swart, wat ook die “Johnny” in Koos Kombuis se “Johnny is nie dood nie” is, vertel. Valiant se poëtiese aanslag, meesleurende melodieë en gemaklike, dog vlymskerp omgang met die gehoor het die hele Bôrdienghuis aan sy lippe laat hang. Sy ma, Sarie, wat nog steeds in sy grootwordhuis in Wellington woon, sowel as sy suster, Michelle, wat die laaste eienaar van die Dorpstraat-teater in Stellenbosch was, het ook die vertoning bygewoon. “My gunsteling liedjie van Pierre is Soul Mate, wat hy vir sy vrou geskryf het. Ek het sommer trane in my oë gekry toe ek dit die eerste keer gehoor het,” het sy gesê.
NUUS • NEWS
3
28 Maart 2018
•BESOEK EERSDAAGS BEKENDE FEES OP OUDSTHOORN
Plaaslike musiekgroep op pad na KKNK •Jaomi Zeeman As jy nog nie naam “Southern Lights” gehoor het nie, moet jy jou ore spits. Hierdie plaaslike musiekgroep is besig om vinnig naam te maak op ons land se verhoë. Hulle is genooi om by hierdie jaar se KKNK op te tree. Southern Lights is in 2015 deur die vriende Triveno en Alecia Smith, Gavin Young en Werner Carstens begin. Hulle het vanaf 2003 saam aan verskeie musikale projekte gewerk - iets wat daartoe gelei het dat die vorming om iets saam te begin in 2015, ‘n natuurlike volgende stap was. In hul soeke na ’n gepaste naam vir die groep, het Triveno en Gavin een aand by ‘n geleentheid opgewonde vir mekaar vertel van ’n naam wat by hul altwee opgekom het. “Dit was dieselfde naam - Southern Lights! Die naam is significant vir die band, want ons is van die suide, in Suid-Afrika en die Kaap, en ons het elkeen ’n Christelike agtergrond. Ons het gevoel dat ons musiek ’n positiewe boodskap moet uitdra. Een van hoop,” vertel Gavin, die tromspeler van die groep. Die Southern Lights moes In 2017 tragies van een van hul eerste lede, Alecia Smith, afskeid neem. Sy het na ‘n lang siekbed haar stryd teen kanker verloor. “Tydens Alecia se lang siekbed het Jandre Viljoen vir haar ingestaan. Die feit dat hy die vaandel by haar oorgeneem het op bass na haar afsterwe, was ’n baie natuurlike proses,” sê Gavin. Die vier lede van die groep is nie almal voltydse musikante nie. Alhoewel Werner al sedert 1992 in orkeste speel, eers as tromspeler en later as kitaarspeler, is hy bedags ‘n vennoot in Ukuyila (Pty) Ltd wat webtuistes ontwerp en grafiese ontwerp doen. Hy is ook ‘n liedjieskrywer van formaat al onder andere vir Ddisselblom en AB de Villiers liedjies geskryf het wat op onderskeie cd’s opgeneem is. Hy het ook al saam met verskeie kunstenaars
tydens opnames en toere opgetree. Gian Groen, Koos Kombuis en Helene Bester is maar ‘n paar van kunstenaars saam met wie hierdie gesoute musikant al gewerk het. Jandré is ‘n predikant by die NG-Kerk Kuilsrivier, De Eike. Volgens hom is dit ‘n ideale plek waar hy ook sy liefde vir musiek kan uitleef. “Dit skep geleenthede waar ek betrokke kan wees by ander se geloofstories en musiekontwikkeling. My liefde vir musiek het ek nog altyd gehad. Dit was ook in ‘n kerk waar ek aan ‘n baskitaar bekendgestel is. Daarna het my liefde vir die baskitaar nooit opgehou nie,” sê hierdie uitstekende, maar beskeie liedjieskrywer wat ook al ‘n hele paar bekende liedjies vir FLAM geskryf het. Gavin is saam met Werner die ander vennoot in Ukuyila. Sy liefde vir dromme het op sesjarige ouderdom in die kerk begin. Hy het met geen formele opleiding vir ag jaar in Paarl Gimnasium se interskole orkes gespeel en na skool saam
met ‘n vriend die groep Artisan begin. Hulle het kerkbedienings gedoen en ook ‘n jaarlikse “Camp Worship” aangebied. Buiten verskeie studio opnames, het Gavin ook al saam met die internasionale kunstenaar Jordan getoer. Triveno is ‘n musikant in murg en been. Hy is die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van Southern Lights. Bedags gee hy kitaarlesse en tree by troues, restaurante en musiekfeeste op oor naweke. “Ek is mal daaroor om kreatief te wees en is lief vir die hele proses van hoe ‘n liedjie van my pen tot by ‘n band rehearsal tot in die studio en later tot by ons aanhangers deur die radio, Youtube, iTunes en cd’s journey,” sê hy. Die Southern Lights probeer om ten minste een keer per week te oefen en is bevoorreg om ‘n geskikte lokaal hiervoor in Wellington te hê. Die skeppingsproses van hul oorspronklike liedjies is ‘n spanpoging. “Triveno skryf gewoonlik die lirieke met ’n
voorgestelde wysie, waarna dit saam met Werner bietjie geskaaf en produce word. Daarna word dit na die hele band gebring om die konsep te toets en elkeen se insae te kry. ’n Liedjie kan soms heel anders klink aan die einde as wat dit oorspronklik geskryf was. Ons hou daarvan om nuwe liedjies met ons gehore te toets en te skaaf daaraan soos nodig. Wanneer ’n liedjie ’n goeie ervaring by die gehoor ontlok, word dit vir recording oorweeg,” verduidelik Gavin. By die komende KKNK kan gehore na hierdie Wellingtonse groep se unieke klanke uitsien. “Ons probeer om so outentiek as moontlik te wees in wat ons doen. Dus sal mense ’n opgewekte klomp ouens sien wat geniet wat hulle doen. Ons sound is moeilik om te klasifiseer, maar ons hou daarvan om daarna te verwys as ’n Cape Town sound - dis bietjie pop, rock, folk en african gemeng,” sê Gavin. Hul hoogtepunt tot dusver is die feit dat hul musiek op nasionale en plaaslike radiostasies soos RSG en GrootFM, asook internasionaal op die internet radiostasies gespeel word. Hulle het ook in 2016 die geleentheid gekry om op SABC 2 se gewilde jeugprogram, Hectic 99, hul debuut enkelsnit, Looking for Love, te speel. Hulle droom daarvan om verskeie nasionale, sowel as internasionale toere te doen, maar ook om kwaliteit musiek te maak wat ‘n boodskap van hoop dra en lewenskwessies aanspreek. “Ons wil mense inspireer. Ons wil graag elke jaar ‘n enkelsnit of album opneem. Ons ultimate droom is natuurlik om voltyds musiek te kan maak,” laat hulle hoor. Ten spyte van hul groot drome, is die lede van Southern Lights se voete stewig op die aarde. “Ons is vier doodgewone vriende wat doen waarvoor ons lief is. Ons wil hê dat wanneer iemand na ons musiek luister, hy of sy daarmee sal kan identifiseer, geïnspireer sal word en selfs troos in die wysie of boodskap sal vind,” sê hulle op die vooraand van hul optrede by een van ons land se grootste kunstefeeste.
courant
dié
4
28 Maart 2018
NUUS • NEWS
Geoliede wiele
Almal weet watter frustrasie krakende skarniere, skreeuende ratte of skril asse kan veroorsaak. As dinge nie lekker glad wil loop nie, het ons gelukkig almal ‘n kannetjie olie of ‘n potjie ghries iewers in ‘n kas. Ron Kaufman het eenkeer geskryf dat slegs goed-geoliede masjiene glad kan loop. Volgens die HAT is iets wat op “geoliede wiele” loop, goed georganiseerd en sonder probleme. Gedurende hierdie week sal Wellingtonners duisende goed-geoliede wiele deur die dorp en ons vallei sien beweeg. Die jaarlikse Absa Cape Epic fietswedren het reeds afgeskop en die voorste nasionale en internasionale fietsryers sal vir drie dae in ons dorp vertoef en die agterpaaie van ons pragtige omgewing met hul fietse verken. Hierdie groot gebeurtenis in die fietsrywêreld se sukses hang nie net van die geoliede wiele van die die fietsryers af nie, maar ook van die ongelooflik goed-geoliede organisasie van dié okkasie. Die deelnemers se kampterrein, wedren-eindpunt en sosiale bymekaarkomplek vir die Epic word reeds die afgelope week op Hugenote Hoër- en Laerskool se sportterrein gereedgemaak. Alles is haarfyn beplan en georganiseer om die suksesvolle afloop van hierdie groot geleentheid te verseker. In Wellington weet mense hoe om die wiele geolie te hou. Ons mense is meesters as dit by organisasie kom en hulle verstaan die kuns om dinge glad te laat verloop - veral as dit tot voordeel van die hele gemeenskap kan strek. Talle individue en instansies het ingespring om ‘n waterskenking van ‘n skool in Gauteng vir Huis Andrew Murray moontlik te maak - met seepgladde logistiek en organisasie. Die ATKV het onlangs ‘n suksesvolle Bybelstap georganiseer en nie net hul eie goeie organisatoriese vermoëns ten toon gestel nie, maar ook gesorg dat ander mense se geestelike wiele geolie bly. Hugenote Laerskool se kaskarwedrenne was ‘n voorskou van die talle geoliede wiele wat hierdie week op dié skool se terrein sal sing en die goeie organisasie van die onlangse Vyefees het, saam met die heerlike atmosfeer op die Uitkijk Plaas, vir ‘n suksesvolle geleentheid gesorg. Die plaaslike atleet, Geo van Niekerk, hou sy litte geolie deur by ‘n harde oefenprogram te hou en vasberadenheid aan die dag te lê - iets wat hom groot sukses in sy atletiekloopbaan laat behaal. Met Kinderland Kleuterskool se goed-georganiseerde atletiekbyeenkoms kon kinders voel hoedat ‘n goed-geoliede lyfie vir baie pret kan sorg. Selfs die bekende Izak Davel, Viljé Maritz, Armand du Plessis en Amaria Carstens wat ons dorp hierdie week besoek het, is beïndruk met die geoliede manier waarop alles in ons vallei gebeur en aangebied word. Mag elkeen hierdie week met genoeg olie laat wiel of die wiel aan die rol sit.
Dis GoeieGeregtigheid, Nuus geregtigheid moet jy najaag
Dr. Andrew Bosman
Moses is besig om sy laaste woorde met die Israeliete te deel. Hy onderrig hulle dat hulle die feeste van die Here moet onderhou in die land waarheen hulle gaan om dit in besit te neem. Hulle moet regters aanstel en hulle moet oordeel volgens regverdige regspraak. Hulle mag die reg nie verdraai nie, hulle mag nie partydig wees nie, en hulle mag geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het. Dan herhaal hy die woorde wat die HERE aan hom gegee het, geregtigheid, geregtigheid moet julle najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die HERE jou God jou sal gee. Die Israeliete moet die Here volg en nie in hierdie land die gewoontes en afgodediens van die heidennasies navolg nie. Hulle moet nie heilige boomstamme of vir hulle klippilare oprig nie, dit is dinge wat die HERE jou God haat. As ons de geregtigheid soek, is daar beloftes by : Dat ons kan lewe, en dat ons die deel wat die HERE ons gee in besit kan neem.
Kleuteratletiek: Kinderland Kleuterskool het ‘n atletiekbyeenkoms vir pre-primê-
re leerders aangebied. Vyf pre-primêre skole, naamlik Kinderland, Bambi, Kabouterplaas, Pikkieland en Cheeky Monkeys het aan die byeenkoms deelgeneem. Al die deelnemers het reeds vroeg Saterdagoggend aan ‘n optog by die opening van die byeenkoms deelgeneem. ‘n ��sitem was eerste op die program, waarna die kleiner maatjies aan ‘n kruipitem deelgeneem het. Verskillende ouderdomsgroepe het verskillende afstande afgelê en elke deelnemer het ‘n pragtige ser���� en stokkielekker ontvang. Die ouers, wat die hele dag entoesiastiese ondersteuners en aanmoedigers was, het die byeenkoms op ‘n hoogtepunt met ‘n volwasse wedloop afgesluit. Daar het altesaam 234 atlete aan die byeenkoms deelgeneem, terwyl daar nagenoeg 780 ondersteuners opgedaag het. “Ons reël elke jaar hierdie byeenkoms as ‘n lekker bymekaarkom-geleentheid en om die kleintjies blootstelling en die kans op deelname aan atletiek te gee,” het Ise Human, hoof van Kinderland gesê.”
NUUS • NEWS
5
28 Maart 2018
Lions: Die plaaslike Lions Klub het onlangs talle rookalarms aan verdienstelike instan-
sies op die dorp geskenk. Met hierdie projek wou hulle tot die veiligheid van die inwoners van Huis Andrew Murray (HAM) en ����Home bydra. Hulle het 36 alarms aan HAM en 42 alarms aan S���� geskenk. By HAM is daar 3 alarms by elk van hul 12 inwonershuise geïnstalleer. Su���se alarms is in hul huise, woonstelle en algemene areas geïnstalleer. Beide HAM en ����Home is verheug en dankbaar oor hierdie skenking wat hul inwoners se veiligheid sal verbeter. Die Lions het ook 12 alarms aan Huis Lizelle geskenk. Dit sal tydens die inwyding van die gerestoureerde gebou formeel oorhandig word. Bo: Retha Stigant, Pieter Myburgh, Amanda en Attie Fourie van die Lions by Karen Petersen, bemarkingsbestuurder van HAM. Onder: Amanda Fourie, Retha Stigant, Pieter Myburgh en Attie Fourie oorhandig die rookalarms aan Elmarie van Schalkwyk, bestuurder van ����Home terwyl die opgewonde inwoners toekyk.
Hokkie:
Die Wellingtonse prokureur, Monique van Wyk van die ���Duvenage & De Villiers, is vir die Westelike Provinsie se gemengde Aksie Hokkie-uitnodigingspan gekies. Sy sal dié span in Augustus tydens 'n interprovinsiale toernooi in Benoni verteenwoordig.
6
NUUS • NEWS
28 Maart 2018
Cure laat HAM glimlag Ses inwoners van Huis Andrew Murray (HAM) kon op Vrydag 23 Maart gratis tandprosedures by die Cure-daghospitaal in die Paarl ondergaan. Hierdie onbaatsugtige diens is deur ‘n inisiatief van die Cure-daghospitaal, ter viering van Wêreld Mondhigiënedag, moontlik gemaak. Volgens Liezl Muller, bemarkingsbestuurder by Cure, is Wêreld Mondhigiënedag hierdie jaar op 20 Maart gevier. Die Cure-daghospitaal in die Paarl, wat deel is van die Cure Day Holdings Groep van daghospitale in Suid-Afrika, vier ook hierdie Bo: Stephanie King, teaterassistent, dr. Jurie Prins, narkojaar sy tiende bestaansjaar. Om tiseur, Anel Scheepers, Cure se hospitaalbestuurder en die beide hierdie geleenthede te vier, tandarts, dr. Gunter Mouton, doen ‘n mondprosedure op een het hulle besluit om in te spring van HAM se inwoners in die teater van die Cure Daghospien te help om die behoeftes ten taal in die Paarl. opsigte van tandheelkundige pro"Dit is deel van die rede waarom ons ons kunsedures van HAM se inwoners aan te spreek. digheid gratis tot die voordeel van die inwoners “Ons ondersteunende tandartse, dokters Adolf Mouton en Deon Joubert, asook narkoti- van HAM wou aanbied,” verduidelik sy. Volgens Liezl is dit vir die personeel van Cure seurs, dokters Niel Taljaard en Jurie Prins, het hulle dienste gratis vir hierdie doel aangebied. ‘n voorreg om hande te vat en van diens te wees Die Curedaghospitaal-groep is betrokke by ver- vir ‘n instansie wat ook hier in die hartjie van die skeie Korporatiewe Sosiale Ontwikkelingspro- Boland geleë is. “Curedaghospitaal bied mediese sorg aan jekte en het al gratis oor-, neus- en keelchirurgie, asook oogoperasies aan minderbevoorregte die gemeenskap van die Kaapse Wynlande. Dit is wonderlik dat ons ons kundigheid ten opsigte pasiënte verskaf,” sê sy. Liezl vertel dat die Cure Daghospitale ‘n van tandheelkundige prosedures op hierdie droom van ‘n groep dokters, met ‘n visie om manier met ‘n instansie soos HAM kan deel. "Ons doen daagliks chirurgiese prosedures kwaliteit, maar bekostigbare mediese sorg aan wat deur gekwalifiseerde spesialiste gedoen Suid-Afrikaners te bied, was. Hulle eenheid in die Paarl het onlangs ook die akkreditasie van word, wat onder andere oor-, neus en keelchirurCOHSASA (Council for Health Service Accredita- gie, algemene chirurgie, ginekologie, plastiese chirurgie, urologie, dermatologie, mond- en tion of Southern Africa) ontvang. “Ons is baie trots op hierdie akkreditasie kaakchirurgie, oftomologie, gastroënterologie omdat COHSASA die enigste mediese vereniging en tandchirurgie insluit. Om net ‘n klein deeltjie is wat internasionaal erken word en help om van hierdie kundigheid met ‘n instansie soos verskeie mediese fasiliteite se hoë standaarde te HAM, wat ook op die basis van sorg en diens funksioneer, te deel, is ‘n voorreg,” sê sy. verseker.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Dagboek • Diary
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Two Olives Ministries 1 April: Two Olives Ministries is presenting a Passover/Pesach gathering (a bring 'n share) @ 17:00 @ Salem Bibical Garden, Agter Paarl. Confirmation of attendance is nesseccary. For more info please contact Ps Nico Mettler at 082 498 4130 Badisa Wellington 6 April: Badisa Wellington bied aan Mnr & Mej Badisa Wellington 2018 om 18:00 by Breedt saal, Wellington. Die kostes beloop R30 per persoon. Vir enige navrae skakel 021 873 4274 Swartland Charity Bikers Braai 6-8 April - Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai word op die Moorreesburg-skougronde gehou. Voorafskrywings beloop R140. Hektoegang beloop R170 en kenteken R20. Kinders onder 10 is gratis. Voorafinskrywings sluit op 9 Maart. Kontak Francois by 083 956 0606, Erhardt by 082 898 1026 of Herman by 083 568 5020.
Wellington Dienssentrum 7 April: Wellington Dienssentrum hou hul jaarlikse basaar in die kerksaal van die Moedergemeente in Kerkstraat vanaf 08:00 Porterville Toerisme 14 April: Porterville Toerisme bied aan Honde Safari om 09:00 tot 10:30. R20 per inskrywing (hond en eienaar). Pryse om te wen in 5 afdelings. Reëls: * Alle honde moet op leiband wees * Geen honde wat op hitte is nie * Geen kwaai honde nie Afdelings: * Hond lyk soos sy baas * Beste geklede paartjie (hond en eienaar) * Hond met die mooiste persoonlikheid * Koddigste hond * mnr of mej Hond van Porterville Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www. plankton.mobi The Darling Trust 4 May: Black tie dinner and auction with tannie Evita & chef Jenny Morris at Evita se Perron, Darling R950/ticket To book visit : THEDARLINGTRUST.OR Wintech - Vinpro 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@ vinpro.co.za Berg River Marathon 11-14 July :
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens
op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
NUUS • NEWS
28 Maart 2018
7
Tweekamp: Vier leerders van Hugo Rust Laerskool sal op 30 en 31 Maart as deel van Rolbal:
Die Wellington rolbaltoernooi vir besighede is pas afgehandel. Die eerste twee groepe is geborg deur PSG Wealth. Die onderskeie wenners was Lategans Sementwerke en Rollerbowlers (Sanlam). Die derde groep is geborg deur Linton Park Wyne. Die wenners was Mossop. UItspeelwedstryde om die algehele wenner te bepaal sal binnekort gespeel word.
die Bolandspan aan die Suid-Afrikaanse Tweekampkampioenskappe in Pretoria deelneem. Hulle is Christiaan Hattingh o.11, Francois Retief o.13, Sumari Bester o.13 en Jan-Paul Hattingh o.11.
Equestrian:
On 2 to 4 March, Emily Coleman competed at the SANESA ( South African National Equestrian Schools Association) and with pride represented Huguenot Primary, and received 1st place for Dressage, 1st place for Working riding, 2nd place for Performance riding and 3rd place for Equitation. Emily will compete again from 20 – 22 April. Emily is a pupil of Huguenot Primary School. Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Swem:
Nerita le Roux het gekw��seer om aan die Vlak 2 Regional Swimming Championships vanaf 7 tot 9 April in Oudtshoorn deel te neem. Francois Retief het gekw����� om aan die SA Vlak 3 Regional Championships, vanaf 3 tot 6 April by Universiteit van die Wes-Kaap deel te neem .
Mot���� Stefan Zybrands het ver-
lede naweek aan die tweede rondte van die Wes-Kaapse veldmot����edren deelgeneem. Hy het in die 85cc Junior-klas deelgeneem. Die wedren het op ‘n plaas buite Wellington plaasgevind en Stefan het pragtig presteer deur sy afdeling ver te wen. Hy het 5 minute voor die tweede deelnemer geëindig.
8
courant
dié
28 Maart 2018
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
28 Maart 2018
•GEMEENSKAP SPAN SAAM OM BESOEKERS TE VERWELKOM
Hugenote Hoër- en Laerskole se sportgronde het duisende tente en ‘n kuierarea vir die deelnemers en toeskouers gehuisves.
Wellington gasheer vir Epic
•Jaomi Zeeman Wellington se mense het geen moeite ontsien om die deelnemers en ondersteuners van die afgelope Absa Cape Epic fietswedren op ons dorp te laat welkom voel nie. Hierdie wedren, wat as die “Tour de France” van bergfietse bestempel word, het die afgelope week duisende internasionale en plaaslike fietsry-ondersteuners en -deelnemers na ons dorp gelok. Die wedren is ook 24 uur per dag lewendig regoor die wêreld gebeeldsend - iets wat tot groot voordeel van ons dorp en omgewing gestrek het. Groot planne is gemaak om dit ‘n onvergeetlike ervaring vir die fietsryers en ondersteuners te maak, maar ook om dit as ‘n ekonomiese inspuiting vir ons dorp en ‘n geleentheid om toerisme hier te bevorder, te benut. Op 22 Maart het die deelnemers aan die wedren deur die omliggende plase tot in Wellington gery. Op hierdie dag het ‘n parade deur die dorp plaagesvind om die fietsryers en
toeskouers welkom te heet. Die optog het van agter die museum, deur Kerkstraat en Blouvleiweg, tot by die kamparea wat vir die deelnemers op Hugenote Hoërskool se sportvelde ingerig is, geloop. Die berede polisie, plaaslike Klopse, trompoppies, die vroue van die Buzy Beez-handwerkgroep en studente met hul straatteater het aan die optog deelgeneem en die hele Kerkstraat in ‘n feestelike atmosfeer gehul. Kinders en studente met rooi en geel versierings sal, saam met lede van die publiek, het hierdie optog vanaf gade geslaan. Die kamparea, of “Chill zone”, wat op Hugenote Hoërskool se sportgronde vir die deelnemers en ondersteuners ingerig is, was ook oop vir die publiek en ‘n verskeidenheid van stalletjies en ontspanningsaktiwiteite, saam met die moontlikheid om van die wêreld se voorste fietsryers raak te loop, het van hierdie terrein ‘n gewilde kuierplek gemaak. Plaaslike besighede het ‘n Inisiatief om hul aansig met die oog op die wedren in rooi en geel
te tooi met entoesiasme aangegryp. Studente en skoliere is ook ingespan om geboue en bome vir hierdie doel te versier en die dorp was sekerlik die afgelope week die grootste ondersteuner van die Epic. Al die omliggende plase waardeur die wedren plaasgevind het, het spesiale aanbiedings tydens die gebeure aangebied. Op 23 Maart het die wedren deur Diemersfontein en Imbuko beweeg. Beide hierdie plase het stalletjies, eetgoed en wynproeë op hierdie dag vir ondersteuners aangebied. By Imbuko het die wedren letterlik reg voor hul grasperk verbygesnel en ondersteuners kon heerlik op die stoep kuier om hierdie gebeurtenis gade te slaan. Op 24 Maart het die fietsryers deur Welbedacht, Linton Park, Val de Charron, die Bosmanplaas en Doolhof gery. Hierdie plase het ook almal spesiale aktiwiteite, stalletjies, kos, wyn en plaaslike produkte op hul spyskaart gehad vir ondersteuners wat die wedren op hul persele wou dophou.
Links: Die wenners van die vierde skof, Nicola Rohrbach en Daniel Geismayr van die Centurion Vaude span, ry oor die wenstreep. Bo: Studente het met kreatiewe uitrustings en straatteater aan die verwelkomingsoptog deelgeneem. Regs: Die plaaslike klopse en trompoppies het luister aan die optog verleen.
Talle plase, skole en besighede het ook aan die “Fly over”-kompetisie deelgeneem. Hiervolgens kon instansies wat hulself die beste tydens die neem van lugfoto’s gedurende die wedren kon ten toon stel, om pryse meeding. Die skoolhoofde van Hugenote Hoër- en Laerskool, Wikus Naude en Henry Schemper, het aan die einde van die Epic ‘n trofee van die organiseerders ontvang. Dit is aan hulle toegeken nadat die deelnemers hierdie skole se kampterrein en deelnemersbasis as die beste tydens die wedren aangewys het. Wellingtonners het voorwaar saamgespan om ‘n paar dae van ongekende aksie en lewendige energie vir die derduisende deelnemers en ondersteuners van die Absa Cape Epic op ons dorp spesiaal te maak. Almal het met entoesiasme aan die aktiwiteite deelgeneem, die “Chill Zone” by die Hoërskool se sportvelde ondersteun en Wellington se gasvryheid met die internasionale fietsrywêreld gedeel.