c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
28 Maart 2018
14.5%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 462
28 Maart 2018
Sonja en Tjokkie leer lesse Die Afrikaanse sangeres Sonja Herholdt en haar verhoogmaat, Tjokkie, het verlede week op Malmesbury gekuier. Talle kleuterskole van die omgewing het in die skoolsaal van die Laerskool Swartland saam met die duo gesing, gekuier en geleer. Hier is Herholdt tussen leerders van Laerskool Swartland se Graad R-klasse.
•LANDDROS LÊ TUIG NEER NÁ 26 JAAR
Justisie is sy passie •Charlotte Lesch MOORREESBURG - 'n Landdros en ander regslui lewe maar dikwels onder die radar. Dit is altyd ‘n probleem om goeie vriendskappe te vorm, want môre staan hy of sy voor jou in die hof. Só gesels Tertius Groenewald (58) wat môre ná 26 jaar as landdros op Moorreesburg die tuig neerlê. Hy sê hy sien baie uit na wat die toekoms nog vir hom inhou. Al tree hy môre amptelik uit sy pos, is dié boorling van Villiersdorp nog bankvas agter sy lessenaar voor dié tree by die deur uitgeneem kan word. “Ek is nie die tipe man wat die kantoor net so kan los nie,” bevestig hy sy passie ná 35 jaar in justisie. Volgens Groenewald, is Worcester die plek wat “hom mens gemaak het.” Hy het aanvanklik op Villiersdorp gebly, maar op Worcester skoolgegaan tot 1977 toe hy gematrikuleer het. Hy was aanvanklik in die polisie, maar ná vier jaar besef hy wil eerder in die regte studeer. Een van sy "grootste prestasies in sy lewe, was om ‘n
Landdros Tertius Groenewald (middel) saam met kollegas by die Moorreesburg-landdroshof. Van links staan Lindiwe Sibindi (tolk), Ashley Swarts (kriminele afdeling en gesinsgeweld), Nigel Gurah (onderhoud), Soraya Liebenberg (kantoorbestuurder), Wian Smith (staatsaanklaer) en Lilly Cleophas (siviel). LLB-graad in slegs vier jaar deur Unisa te voltooi. Ek het sonder klasse my graad voltooi. En LLB het in daardie tyd baie verskil van vandag. Daar was baie meer werk.” Groenewald vertel hy het begin as staats-
aanklaer op Vredendal en ‘n paar jaar later na Worcester teruggekeer as addisionele landdros. In 1992 stap hy as landdros by Moorreesburg in en is nou die landdros wat dié pos op Moorreesburg die langste nog kon vul. Volgens hom het hy ‘n baie goeie verstandhouding met kollegas, die polisie en mense opgebou waarmee hy daagliks gewerk het. “Ek het darem ook goeie pluimpies van die sybalies ontvang,” vertel ‘n beskeie Groenewald, oor aspekte wat die werk die moeite werd maak. Tog kan hy nie kla nie en beskou sy loopbaan as ‘n edele een. Hy sê hy sien daarna uit om eendag op Struisbaai saam met sy vrou Hanette te gaan aftree met suduko en blokkiesraaisels. Hulle het drie seuns waarvan twee reeds getroud is. Om agteroor te gaan sit, is egter die laaste ding op sy agenda en het hy nog baie dinge in die pyplyn wat hy wil en gáán doen. “Ek is nog hopeloos te jonk, maar dié jare in die bedryf was vereers genoeg.” *Dit is op die stadium nog nie bekend wie Groenewald se opvolger gaan wees nie.
NUUS • NEWS