Skip to main content

462 dié courant swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

28 Maart 2018

14.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 462

28 Maart 2018

Sonja en Tjokkie leer lesse Die Afrikaanse sangeres Sonja Herholdt en haar verhoogmaat, Tjokkie, het verlede week op Malmesbury gekuier. Talle kleuterskole van die omgewing het in die skoolsaal van die Laerskool Swartland saam met die duo gesing, gekuier en geleer. Hier is Herholdt tussen leerders van Laerskool Swartland se Graad R-klasse.

•LANDDROS LÊ TUIG NEER NÁ 26 JAAR

Justisie is sy passie •Charlotte Lesch MOORREESBURG - 'n Landdros en ander regslui lewe maar dikwels onder die radar. Dit is altyd ‘n probleem om goeie vriendskappe te vorm, want môre staan hy of sy voor jou in die hof. Só gesels Tertius Groenewald (58) wat môre ná 26 jaar as landdros op Moorreesburg die tuig neerlê. Hy sê hy sien baie uit na wat die toekoms nog vir hom inhou. Al tree hy môre amptelik uit sy pos, is dié boorling van Villiersdorp nog bankvas agter sy lessenaar voor dié tree by die deur uitgeneem kan word. “Ek is nie die tipe man wat die kantoor net so kan los nie,” bevestig hy sy passie ná 35 jaar in justisie. Volgens Groenewald, is Worcester die plek wat “hom mens gemaak het.” Hy het aanvanklik op Villiersdorp gebly, maar op Worcester skoolgegaan tot 1977 toe hy gematrikuleer het. Hy was aanvanklik in die polisie, maar ná vier jaar besef hy wil eerder in die regte studeer. Een van sy "grootste prestasies in sy lewe, was om ‘n

Landdros Tertius Groenewald (middel) saam met kollegas by die Moorreesburg-landdroshof. Van links staan Lindiwe Sibindi (tolk), Ashley Swarts (kriminele afdeling en gesinsgeweld), Nigel Gurah (onderhoud), Soraya Liebenberg (kantoorbestuurder), Wian Smith (staatsaanklaer) en Lilly Cleophas (siviel). LLB-graad in slegs vier jaar deur Unisa te voltooi. Ek het sonder klasse my graad voltooi. En LLB het in daardie tyd baie verskil van vandag. Daar was baie meer werk.” Groenewald vertel hy het begin as staats-

aanklaer op Vredendal en ‘n paar jaar later na Worcester teruggekeer as addisionele landdros. In 1992 stap hy as landdros by Moorreesburg in en is nou die landdros wat dié pos op Moorreesburg die langste nog kon vul. Volgens hom het hy ‘n baie goeie verstandhouding met kollegas, die polisie en mense opgebou waarmee hy daagliks gewerk het. “Ek het darem ook goeie pluimpies van die sybalies ontvang,” vertel ‘n beskeie Groenewald, oor aspekte wat die werk die moeite werd maak. Tog kan hy nie kla nie en beskou sy loopbaan as ‘n edele een. Hy sê hy sien daarna uit om eendag op Struisbaai saam met sy vrou Hanette te gaan aftree met suduko en blokkiesraaisels. Hulle het drie seuns waarvan twee reeds getroud is. Om agteroor te gaan sit, is egter die laaste ding op sy agenda en het hy nog baie dinge in die pyplyn wat hy wil en gáán doen. “Ek is nog hopeloos te jonk, maar dié jare in die bedryf was vereers genoeg.” *Dit is op die stadium nog nie bekend wie Groenewald se opvolger gaan wees nie.

NUUS • NEWS


2

Opedag:

28 Maart 2018

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het verlede week besoekers by hul jaarlikse opedag verwelkom. Toekomstige leerders het die skool op toer verken en gesien wat die volgende jare vir hulle agter dié skool se banke kan inhou.

NUUS • NEWS

Marlow: Die Laerskool Swartland se o.13A-rugbyspan het Maandag op hul jaarlik-

se toer na Marlow vertrek. Die toergroep het op 'n funksie hul geborgde klere van FODB, Bierman Grobbelaar Oogkundiges, Ocean Food Processors en RSA Makelaars ontvang. Die bekende voormalige rugbyspeler, Toks van der Linde, het as spreker opgetree en die jong rugbyspelers motiveer.

Biblioteekweek:

As deel van die nasionale biblioteekweek, het die Malmesbury-biblioteek 'n boekverkoping gehou. Die Wesbank-biblioteek het leerders van verskillende kleuterskole verwelkom en hulle "leeskierig" gemaak. Biblioteekweek is verlede week deur die hele Suid-Afrika gevier en dié intansies het leesgieriges aangemoedig om meer te lees.

RSEP:

Die Swartland-munisipaliteit het by 'n onlangse uitvoerende burgemeesterskomiteevergadering hul vennootskap met die organisasie "Hope Through Action" geklink. Dié twee organisasies se oogmerk is om die RSEP-program, wat die binnenshuise sportpark insluit, 'n realiteit te maak. Bo is burgemeester Tijmen van Essen, Jeff Spinks (Hope Through Action) en Joggie Scholtz (munisipale bestuurder).


NUUS • NEWS

28 Maart 2018

•PALM TALLE TOEKENNINGS IN OP BLOEMFONTEIN

Kotze se skape skitter op skou

Regs: Hannes Kotze met sy Junior Kampioen 2018. Links: Kotze met sy senior en reserwe kampioen. Passie en harde werk bly ‘n wenresep vir Hannes Kotze van Moorreesburg. Kotzè van JC Kotzè Boerdery het onlangs weer aan die gewilde Nasionale Skou vir Vleismerinos deelgeneem en uitstekend gevaar. Die SA Vleismerino Nasionale Kampioenskappe vanaf 13 tot 15 Maart op Bloemfontein plaasgevind. Daar het 32 stoete van reg oor die hele land deelgeneem met die Wes-Kaap wat

Bejaardes:

uitstekend presteer het. Kotzè neem al vir die afgelope 11 jaar aan die nasionale skou deel waartydens talle suksesse en prestasies oor die jare ingepalm is. Vanjaar het sy SA Vleismerinos as Junior- én Reserwe Junior Kampioen uitgeblink en is ook as Senior- en Reserwe kampioen gekroon. Kotzè is dié jaar ook aangewys as Senior Ramteler van die Jaar, Teler van Kampioene en Victor Ludorum.

Op 21 Maart 2018 het die POP-sentrum op Riverlands, in samewerking met Riverlands se bejaarde klub 'n baie suksesvolle saamtrek van bejaardes aangebied. Bejaardeklubs van Abbotsdale, Goue Jare van Malmesbury, Smile a While van Chatsworth, Kalbaskraal se groep asook die plaaslike groep van Riverlands. Die bejaardes is bederf met heelwat gelukspakkies en talle bederfoomblikke.

3


4

NUUS • NEWS

28 Maart 2018

dié courant

Dis Goeie Nuus

'n Dag sonder internet...

Deur die jare bou jy vir jouself 'n loopbaan. Jy trap vir jouself 'n pad in die lewe oop. Soms is daardie pad vol dorings, maar tog is daar baie gelyktes ook. As jy vir amper 40 jaar kan vasbyt en uithou, moet jy sekerlik 'n passie hê vir dit wat jy doen. Dit is dalk selfs die rede hoekom jy soggens opstaan. Dit is dalk die ligpunt van jou dag - die oomblik wat jy met 'n lied in jou hart kantoor toe kan ry. Dan daag jy op en besef jy het die kantoorsleutel binne die kantoor toegesluit. Reg, dan kamp jy maar saam met jou kollegas uit op die stoep en kry sommer 'n oggendgeselsie in. Sodra iemand met 'n sleutel opdaag en oopsluit, is jy vol moed vir die dag wat voorlê - net om te besef die internet is af. Regs onder in die hoekie van jou rekenaarskerm is so 'n blokkie met 'n draadjie met 'n aaklige geel driehoek en 'n uitroepteken. Dit gil vir jou en jy wil sommer teruggil! Hoe lyk saktyd dan nou sonder internet? Chaoties, dis hoe dit lyk! Dan beraam jy maar planne en verrig wel jou dagtaak, al is dit tien keer moeiliker as gewoonlik. Dis darem wonderlik om te sien hoe afhanklik die mensdom van tegnologie geword het. Jy voel sommer vreemd in jou eie ruimte as jy nie vinnig na 'n epos kan loer of op die kuberruim kan rondrinkink nie. Tog, as jou loopbaan jou passie is, soos dit Tertius Groenewald van Moorreesburg se passie is, is selfs hierdie probleempie iets wat jou nie onderkry nie! IG

Dr. Andrew Bosman

As My volk hulle verootmoedig en bid…

Ons hou dié week Paasfees. Ons noem Vrydag, Goeie Vrydag want dit herdenk die kruisiging van ons Here Jesus wat vir die hele wêreld gesterf het, sodat ons sondes vergewe kon word. Die opstanding van die Here Jesus uit die dood bevestig die profesie en Jesus se eie woorde dat Hy op die derde dag sal opstaan. Nou kan ons ‘n besluit neem om Hom as Here van ons lewe te volg, of nie. Ons land is in ‘n situasie waar ingryping van die Here nodig is. Die harte van die mense van hierdie land moet verander om respek vir mekaar te hê, en so ook teen mekaar op te tree, dat ons land genees kan word. In Psalm 80 word daar ‘n bede tot God gebid: “O God herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word.” 2 Kronieke 7:14 “en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor, en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Saterdag die 22e April word daar nie ‘n optog gehou nie, maar ‘n gebedsbyeenkoms in die middel van ons land, in Bloemfontein. Dit is ‘n geleentheid, laat ons dit nie misloop nie.

Mossie Begrafnisdienste bied meer as gemoedsrus

Links bo: Alta du Preez tree na ses jaar by Mossie Begrafnisdienste af. Bo: Anina Cloete neem die leisels by Du Preez oor. Regs: Mossie Begrafnisdienste verander nou van adres en skuif na Pleinstraat 3 vanaf 3 April.

"Dit is met groot blymoedigheid, maar ook in nederigheid dat ek, Mossie Mostert as eienaar kan aankondig Mossie Begrafnisdienste aan die einde van Maart 2018 van adres verander. "Eerstens wil ek ons Hemelse Vader al die eer gee vir sy groot genade en voorsiening. Ek wil ook langs hierdie weg vir al ons kliente in die Swartland, ons geestelike leiers en mediese personeel bedank vir al die ondersteuning vir die afgelope vyf en ‘n half jaar. Sonder julle sou ons nie dit kon vermag het waar ons onsself vandag bevind nie. Ons eer julle daarvoor. "Op 31 Maart 2012 het ek uit Doves Malmesbury se kantore gestap om volgens maatskappybeleid op pensioen te gaan. Danksy ‘n paar rolspelers in my lewe het ek vier en ‘n half maande later op 14 Augustus 2012 met my eie besigheid, Mossie Begrafnisdienste by Truterstraat 6 op Malmesbury begin. "Vandag, ses jaar later skuif my besigheid na die huidige Doves Begrafnisdienste se perseel by Pleinstraat 3 wat amptelik op 3 April vanjaar oop sal wees. Mossie Begrafnisdienste kan ook aan Doves se kliënte dienste soos navrae, begrafnisen verassingsdienste lewer. Ons sal verder ons eie polis produkte bemark en verkoop. Mossie Begrafnisdienste het aanvanklik in Augustus 2012 met twee personeellede begin. Teen November daardie jaar het die personeel na drie gegroei tot my seun Jacques op 1 Februarie 2014 by ons aangesluit het. Sedertdien is die onderneming self verantwoordelik vir die druk

van programme en boekmerkies. Mossie Begrafnisdienste gee die kliënt ‘n volledige pakket met programme, boekmerkies en ‘n ”slide show” sou die familie dit so verkies. Jacques het aan die einde van Januarie 2018 ‘n Balsem-kursus, aangebied deur die NFDA, voltooi. Mossie Begrafnisdienste sal binnekort hul eie balsemwerk aan die gemeenskap kan bied, asook aan ander begrafnisondernemers in die Swartland," vertel Mostert. Mossie Begrafnisdienste bied aan bekostigbare begrafnispolisse, begrafnis -en verassingsdienste, programme, boekmerkies, ‘Slide Shows”, grafstene, rouberading, balsem van oorledenes en die druk van besigheidskaartjies. Daar kan verder teen ‘n minimale koste op ons televisieskerm in die ontvangsarea adverteer word. "Ons leuse is dienste met ‘n verskil en ons diens die hele Wes-Kaap." Die bestuur en personeel bedank Alta Du Preez vir haar lojale diens vir byna ses jaar, asook vir haar vriendelikheid, behulpsaamheid, haar insette en bereidwilligheid om die kliënte altyd eerste te stel. "Dit is hartseer om iemand met soveel ondervinding te verloor, maar Mossie Begrafnisdienste wens ‘n rooskleurige toekoms met welverdiende rus en ontspanning vir haar toe. ‘n Spesiale verwelkoming gaan ook uit na Anina Cloete, die nuwe ontvangsdame wat eersdaags by Mossie Begrafnisdienste begin werk."


NUUS • NEWS

5

28 Maart 2018

Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za*

Also at

*Some deals may not be available online

Gholf: Moorreesburg-gholfklub se klub-

4499

20%

R

Per kg

SAVE R7

WHEN YOU BUY ANY 2 FISH OR CRUSTACEANS.* *Buy 2 of the same or mix and match. Excludes boxed fish. Ts & Cs apply.

E R O M INGS

SARV E TO SHARE

*2

7

01

Die Voorkamerfest is terug op Darling en vind hierdie jaar vanaf die 31 Augustus tot 1 September plaas. Die organiseerders het twee jaar gewag om die fees terug na hul tuisdorp te bring en is baie verheug om die goeie nuus met feesgangers te kan deel. “Die Voorkamerfest is terug met passie en energie om die gelukkige feesgangers wat ‘n kaartjie in die hande sal kan kry, te vermaak. Die Voorkamerfest is gewoonlik jaarliks uitverkoop, vertel organiseerders. “So bespreek vroegtydig om jou plek te verseker.” Besprekings open op 1 Julie. Die formaat van die fees bly dieselfde. Vrydag bestaan uit een tydgleuf met sewe roetes wat 21 vertonings bevat. Die Saterdag is daar ‘n geleentheid in die oggend en een in die middag asook ‘n opelug vertoning vir die gemeenskap in Darling-oos. Verdere inligting sal binnekort op die fees se webblad en op sosiale media beskikbaar gestel word. Verblyf kan voortydig gereël word by www.darlingtoursim.co.za. Skakel Tasha by 072 573 7937 of e-pos haar by tasha@voorkamerfest-darling.co.za vir enige navrae.

SAVE

MO

dy

Voorkamerfest is terug

no name™ Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s

Re

tu

kampioenskappe is op 21 Maart gehou. Ben Smit is as die klubkampioen in die mansafdeling met 'n telling van 152 houe oor 36 gate aangewys. Erika van Niekerk is die klubkampioen in die vroue-afdeling met 'n telling van 163 houe oor 36 gate.

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

10kg R36.99 SAVE R28

26

R

99

SAVE R3

no name™ White Sugar 2kg

18

59

R

R

99

SAVE R9

99

R

SAVE R8

PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

13

SAVE R2 Coca-Cola Regular 2 Litre

14

R

R

SAVE R5

39

80

R

R

Nivea Shower Gel Assorted 500ml

99

SAVE R25

SAVE R25

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

BUY ANY 4 FOR R PnP Potatoes 4kg, Onions 2kg, Butternut 4kg, Sweet Potatoes 2kg or Tomatoes 2kg

BUY ANY 2 FOR

99

SAVE R20

Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each

100

PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre

R1.97 R2.27 R2.50 R2.68

149

99

SAVE R44

– – – –

30

SAVE R11

PnP Super Maize Meal 5kg

PRICE PER NAPPY

Size 3 76s Size 4 66s Size 4+ 60s Size 5 56s

99

18

SAVE R14

Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg

R

R

99

Ariel Auto Liquid Detergent Assorted 1.5 Litre or 3in1 Capsules 15s Each

Equates to R7.91 Per 500ml Can

BUY 2 CASES FOR WAS R572

380

R

SAVE R192 Castle Lite 24 x 500ml Cans

WAS R119

108

R

SAVE R11 Smirnoff 1818 Vodka 750ml

WAS R349

299

R

SAVE R50

Johnnie Walker Black Label Blended Scotch Whisky 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 29 MARCH - 1 APRIL 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE

COPPERFIELDSTUDIOS_MMWCHS2164

LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK


6

Hoe gemaak met...

28 Maart 2018

...my e kstra water as dit reën

WATER, WATER, WATER, ja dit is al waaroor ons Wes-Kapenaars deesdae praat en ons weet een van die dae gaan dit begin reën. Nou het die meeste inwoners vir hulle tenke geïnstalleer om water op te gaar en so voorsiening te maak vir eksta water wanneer dit benodig word. Maar wat maak ons wat nie tenke of ander opgaarplek het, met ons afloop water ? ‘n Huis of enige ander gebou se dak versamel ‘n verbasende hoeveelheid water wat ons met geute, aflooppype tot in afleivoortjies en dan tot in die straat vervoer, waar dit wegloop in die stormwaterstelsel. Hoekom benut ons nie die massa water en laat dit in ons eie erf se grond insypel sodat ons die onderaardse grondwater op so ‘n manier help aanvul nie. Ons tuingrond is huidiglik so dor, dat elke druppel water soos manna in die woestyn sal wees, huidiglik vrek daar alreeds ou gevestigde bome in ons dorpe en selfs ook in die distrik, weens ‘n tekort aan genoegsame grondvog. Ek dink dat as ons meer water in ons grond laat intrek, sal ons plante ‘n lang en uitgerekte

somer beter oorleef. Kyk maar wat gebeur huidiglik op ons plase, die boere is besig om grondvoorbereiding te doen deur die lande se kors te breek, sodat wanneer die reën kom, die water kan intrek en nie net wegloop en van geen nut is nie. Ons kan presies dieselfde doen in ons tuine, breek net die grond se harde kors en verder bedek jou beddings met deklaag (kompos of boombas of houtsplinters) dan sal elke druppel water intrek in die grond in en nie sommer net wegloop nie. Verder in verband met ons waterkrisis, is daar iets wat ek van my bors moet afkry. Weet ons stadsvaders en ons Wes-Kaap politici nie dat die sand/grond wat die kanaal vanaf die Vier-en-Twintig Riviere blokkeer, nog steeds nie verwyder is nie en dat die sluise in die Klein-Bergrivier wat die ou kanaal na Voëlvleidam voed, stukkend en/of vasgeroes is nie? Die twee probleme kom nou al jare aan en beïnvloed die voorsiening van water aan Voëlvleidam drasties, maar dit lyk vir my niemand het die moed om die verantwoordelike persoon of instansie by die nek te gryp en te sorg dat daar iets positiefs gebeur nie, want dié probleem sal maak dat ons nog vir jare sal sukkel met ‘n watertekort ! Dit help nie ons BID vir reën, maar ons mense doen nie die voorsorg en onderhoud wat krities noodsaaklik is nie. Wat doen ons verder in APRILMAAND in ons tuine. Dit is nou amptelik HERFS en daarom, kyk uit vir die winter blombolle (ek het verlede maand ‘n hele lys van name gegee), lekker sopgroenteplantjies en ook vir winter blomsaailinge. Die weer verander nou vinnig en sodra dit gereën het, kan ons begin plant, ek weet die tuiniers se vingers kan nie meer wag om in die lekker sagte, klam grond in te kom nie. As jy ook 'n mooi kleurvolle lentetuin wil hê, moet jy ook begin uitkyk vir saad van pronkertjies, namakwalanddaisies, gousblom en nog te veel om op te noem. Binnekort sal daar ook weer baie saailinge van gesiggies en violas beskikbaar wees, dit is plantjies wat ‘n kleurvolle vertoning lewer tot diep in die volgende somer in. Indien jy baie skaduwee het, kan jy primulas plant wat ook ‘n mooi skouspel lewer. Tuingroete, ons gesels weer 25 April 2018. George Retief.

Dagboek • Diary

NUUS • NEWS

Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962.

Storie-oggend @ Piketberg 26 April - Luister na die verhale van gister vertel deur Andries (Wolf) Liebenberg en Jannie Lategan. Kontak 022 913 2177 met navrae.

CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902

Darling College 26 April: Darling College presents International Food Evening at the NG Church Hall from 17:00 till 21:00. Alcoholic beverages available

Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838 Emunah Gallery ‘n Arts 16 - 29 Maart: Besigtiging vir publiek. Uitstalling deur kunsstudente van Petro van der Merwe (Artefects 23). Vir enige navrae skakel 083 233 7402 Moorreesburg & Koringberg Tourism 13 April: Moorreesburg and Koringberg Tourism presents Grease outdoor movie night at Wheat Industry Museum. Gates open at 18:00 and movie starts at 19:30. R40 for adults, R20 for scholar and under 5 years is free. Bring own picnic, drinks and blankets. Tickets available at the Moorreesburg Tourism Office, Desert Rose and Moorreesburger For any further info please contact Anel 022 433 1072/ 082 731 3432

Porterville Toerisme 14 April: Porterville Toerisme bied aan Honde Safari om 09:00 tot 10:30. R20 per inskrywing (hond en eienaar). Pryse om te wen in 5 afdelings. Reëls: * Alle honde moet op leiband wees * Geen honde wat op hitte is nie * Geen kwaai honde nie Afdelings: * Hond lyk soos sy baas * Beste geklede paartjie (hond en eienaar) * Hond met die mooiste persoonlikheid * Koddigste hond * mnr of mej Hond van Porterville

St. Thomas Brigade 27 April: Die St. Thomas Brigade bied aan 'n Piekniekdans by die St. Thomas Primêre Skool. Toegang beloop R60 per persoon en Top Five is die groep wat die musiek verskaf. Verrigtinge begin om 20:00 tot laat. Bring u eie XYZ. Vir enige navrae kontak André Adams by 083 797 2858. Kaartjies beskikbaar by die lede Esterhof Kleuterskool 28 April: "Back to school"-dag met Justin van 7de Laan by Esterhof Kleuterskool in Riebeek Kasteel met verskeie stalletjies, musiek, springkastele, gesigverf en vele meer. Aktiwiteite neem 'n aanvang om 15:00 tot 20:00. Toegang beloop R50 vir volwassenes, R30 vir kinders en R10 vir kleuters tot graad R. Kaartjies beskikbaar by die kleuterskool of kontak: 073 439 5948 (Annalie) / 062 046 8132 (Shadelle) The Darling Trust 4 May: The Darling Trust presents a black tie dinner and auction at Evita se Perron with tannie Evita & Chef Jenny Morris. Tickets are R950. To book visit THEDARLINGTRUST.ORG Wintech - Vinpro 29 Mei: Inligtingsdag te Nelson Estate, Paarl. Koste beloop R230 per persoon. Vir enige navrae kontak Gaynor Fortuin by 021 276 0432 of stuur e-pos aan gaynor@ vinpro.co.za Berg River Marathon 11-14 July Riebeek Valley MTB & Trail Run 18 August: The MTB distances are 60, 40 and 12 km. Trail distance - 12 km at Riebeek Cellars. Enter online - www.roag.co.za Swartland Heritage Festival 2-3 Nov: The Swartland Independent Producers will be back in Paternoster on the West Coast for an incredible celebration of Swartland wine, food and two international guest speakers

Kerke • Churches Vriend van God (AGS) Sondag-oggenddiens om 09:30 . Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200 House of Praise Ecclesia (HOPE) Sondagoggend diens om 10:00 by Vrolike Vinkies. Kinderbediening (HOPEKidz) om 09:00 Vir enige verdere navrae kontak Past Enrico Cloete by 061 896 6326 AGS Wesbank Sondag-erediens asook kinderbediening om 09:30 te Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178

Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar Sondagoggend diens om 09:30 en die aanddiens om 17:30 te Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640.

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, Volle Evangeliekerk Wesbank prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street MalmesSondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bury. biduur - Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, or email: info@vpci.org.za. 076 8279054. River of Life Christian Fellowship PPK Bethesda Malmesbury Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. services Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 in English. Church in Darling Rd (opposite Prima 7787. Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, Malmesbury Methodist Church 084 471 7914. Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; Pro Gratia Malmesbury 10:00 Sunday Worship Service - All welcome. Goeie Vrydag, 30 Maart om 9:30 by Mount Royal 10:00 Sunday School; se konferensiefasiliteit. Geen diens op Sondag, 1 Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the April 2018. church. Navrae: Maandae tot Donderdae - 08:00 - 14:00 Any further enquiries contact Rev. Chris Botha by 022 487 3233. 072 692 7995 / 022 482 3623 Sewende-dag Adventiste Kerk Royal Impact Temple Hoek van Koring en Graan straat, Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Moorreesburg Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 Erediens: Saterdae 11:00 – 12:00 pm Navrae: 082 2949 381


NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak:platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie #4609

---------------------------------------------

GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 / 078 485 7843 #4604

--------------------------------TE HUUR TO LET Twee slaapkamer woonstel te huur te Ruststasie vanaf 1 Mei. Ruststasie is geleë 22 kilometer vanaf Malmesbury in die rigting van Moorreesburg op die N7. R4500 per maand (een maand vooruitbetaalbaar plus deposito) water ingesluit, koopkrag. Geen troeteldiere. Indien belangstel kontak vir Adriaan op 082 801 1906 #4626 --------------------------------TE KOOP FOR SALE Hake fillet porsies/pakke R50. Snoeke beskikbaar. 5kg filette @ R350,00. Viskoekies, visvingers en ander - 022 4873265 of 084 250 2460

26 Maart. Geluk TIAAN met jou 23ste verjaarsdag. Van: jou twee gunsteling vroue - Steffy en Deonise --------------------------------Baie geluk RUAN met jou agste verjaardag. Hoop jy het 'n wonderlike dag en geniet dit - Ma, Pa, Ouma, broer, susters en Poener ---------------------------------

#4608

CHESLYN GURSWIN PEDRO. 21 op 1 April. God se genade het jou gedra. Wees net gehoorsaam en Hy sal vir jou sorg. Liefde - Mammie --------------------------------TYRA DIRKS. 28 Maart. Geluk met jou verjaarsdag. Geniet jou daggie - Mammie en broers --------------------------------DILLAN CUPIDO. 2 April. Geluk met jou verjaarsdag. Wees altyd dieselfde - Mammie, broers en suster ---------------------------------

RUZAAN LANGEVELDT. 26 Maart. Lekker verjaar. Van: Pa en res van familie ---------------------------------

OCTAVIA PIENAAR. Vyf jaar op 1 April. Lekker verjaar - Mammie, Daddy, Oumas, Oupa Melvyn (tandjies), tannies Tessa en Meltina ---------------------------------

28 Maart. AILEEN ADONIS. Baie geluk met jou verjaardag. Baie seën - Ouma Gurty, Ma Jenetta, Grant, Junita en Donovan ---------------------------------

STEVEN CHRISTIAANO STUURMAN. 30 Maart 16 jaar oud. Baie geluk. Mooi lewensjaar. Liefde Mammie, Daddy, Broer en Sussie. ---------------------------------

27 Maart. Geluk DEONISE met jou tweede verjaarsdag. Van: Ma en Pa ---Mag jy 'n geseënde dag hê. Lief vir jou - ouma Pauline, tannie Marche, Oom Marico, Cleonay en Oom Shamos ---Deonise, jy moet baie lekker verjaar Oumagrootjie Atta, Oupagrootjie Stephen en Boeta Heinie ---------------------------------

Raai wie is een? Lekker verjaar. Liefde - Landi, Hilton, Oumas, Oupas, Teresa, Ashlyn en Harlon ---------------------------------

--------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS

GRIET TIMOTHEUS. 30 Maart. Baie geluk met Mammie se 60ste verjaardag. Trots op ons steunpilaar - Anika, kleinkinders en familie

7

28 Maart 2018

26 Maart. Raai wie verjaar? Baie geluk my seun. Mag jy 'n mooi dag hê - Ma en familie ---------------------------------

30 Maart - Gelukkige verjaardag ELTHEA. Geniet jou daggie. Ons baie lief vir jou - Mammie, Dadda en Megail ---------------------------------

29 Maart. LEIGH-HAYGON. Veels geluk boeta met jou 3de verjaarsdag. Love you. Ma, Ouma, Xavier, Nanna, Leighton Zay-leigh ----Happy birthday our big boy. 3yrs old. Dadda, uncle Dorfie, auntie Lola, Larchum and Lathum ---------------------------------

STEWA BRANDER. Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Van ouma, tannies, niggies en neefs

MERCIA DAVIDS. Baie geluk op jou verjaarsdag op 27 Maart. Liefde - Van Reenen-gesin ---------------------------------

gemis. Ons mis jou verskriklik, sou vir jou graag drukkie en blom wou gee op jou verjaarsdag. Veels geluk. Van jou man Lucas, Magda, Cecile, Lizma, Claudia, Chris en die kleinkinders. Rus in vrede #4630 ---------------------------------

Baie geluk met jou verjaarsdag op 27 Maart. Liefde - Vincent, Anja, Anneke en Vinteau ---Baie geluk aan JENINE en MERCIA - Aletta en Kelly --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

31 Maart. JOSEPH (JOYE) VAN DER SPECK. 70 Jaar. Jou vierde verjaardag weg. Ek mis jou oneindig - vrou Nettie ----Dé sou vandag 70 jaar oud word. Ons mis jou, maar Dé is op 'n veilige plek. Van al jou kinders --------------------------------STERFGEVAL OBITUARY

RACHEL CHRISTINA FARAO (Stien) 1 April 1962. Aan 'n dierbare vrou, mamma, ouma, suster en vriendin, baie geluk met jou tweede verjaarsdag in die hemel. Die gemis, verlange, grappies en die glimlag wat jy hier gelaat het word baie

WILLIAM (PINOCHIO) MANUEL. Gebore 18.06.1979. Oorlede 19.3.2018. Troosdiens: Woensdag, 28 Maart om 19:00 te Gousblomstraat 65. Begrafnis: Saterdag, 31 Maart - Besigtiging om 07:15 en die huisdiens om 8:30 te

Gousblomstraat 65. Diens by St Thomas Kerk om 08:30 ---Ons koester jou mooi herinneringe - Ma, eggenote, kinders, kleinkind en familie ---------------------------------


8

courant

NUUS • NEWS

28 Maart 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

28 Maart 2018

•VOLTOOI NOG 'N CAPE EPIC

Swartlanders trap dat die stof so staan

Swartlanders het weer hul staal gewys in die Cape Epic, een van die gewildste en uitdagendste fietstoere ter wêreld, wat Sondag in die Wes-Kaap op Malmesbury se agterstoep tot ‘n einde gekom het. Jaco Geldenhuys van Malmesbury het sy tweede Epic saam met spanmaat Dirk Kotze binne sowat 36 ure voltooi. Dit was Kotze se vierde keer, maar hul eerste keer saam as ‘n span. Die span van Men’s Foundation het in hul doelwit geslaag deur onder die eerste 200 te eindig toe hulle 195ste plek vanuit 680 beginspanne behaal. ‘n Totale 560 spanne kon vanjaar se wedren voltooi. Volgens Geldenhuys was dié Cape Epic ‘n heerlike ondervinding vol hoogtepunte. Hy en Kotze het lekker saamgewerk. Skof 3 vanaf Worcester na Wellington se begin was wel die moeilikste van die hele wedren. “My bene was ontsettend seer die oggend en ons het van die mees tegniese enkelspoor-paadjies (tussen Goudini en Bain’s Kloof) wat daar sekerlik in die Wes-Kaap is, gery,” voeg hy by. "Met die moeilike stuk agter die rug het die bene ook sommer beter gevoel. "Toe was die ergste agter die rug met die oorblywende skofte wat elk onder ‘n 100 km was," verduidelik Geldenhuys. Hy sê hy en Kotze was gelukkig genoeg om enige meganiese probleme vry te spring en hulle

"gesondheid was ook tops". Hy beskryf dit as ‘n groot voorreg om nóg ‘n Epic te kon voltooi, "veral met baie ondersteuning" waarvoor hy "oneindig dankbaar" is. “Niemand sal verstaan hoe lekker dit is as iemand jou naam skree ná vyf ure op ‘n fiets nie, dit lig jou beslis”. Fietie Rocher van Moorreesburg het vanjaar vir die vierde keer die Absa Cape Epic saam met sy spanmaat Thys-Koch Burden gery. Die span van Atlas Staal het dié uitmergelende fietstoer binne ‘n tyd van sowat 39 uur klaargemaak. Hulle het as span in die 308ste plek geëindig. Volgens Rocher voel hy goed en is steeds op ‘n “high” nádat dié prettige uitdaging tot ‘n einde gekom het. “ As ek dit môre weer kan ry, sal ek,” sê ‘n geïnspireerde Rocher. Volgens Rocher, het dag vier van die Epic die rofste en langste skof ingehou. “Daardie dag was maar vir die meeste rof, maar die Saterdag was vir my die lekkerste. Dit was ‘n baie lekker Epic.” Rocher beskryf dit as ‘n geweldige voorreg om aan nóg ‘n Epic te kon deelneem. Regs bo: Thys-Koch Burden en Fietie Rocher ná afloop van die moordende Cape Epic. Regs: Jaco Geldenhuys en Dirk Kotze wys hul 2018 Cape Epic-medaljes.

Trek:

Die lede van die Malmesbury-toutrekklub het die naweek aan die Suid-Afrikaanse toutrekkampioenskappe op Kimberley deelgeneem. Die klub het een kaalvoetspan, wat aan die 320kg-plaatafdeling deelgeneem het, saamgeneem. Hulle het op 309kg ingeweeg, maar dit het hulle nie teruggehou nie. Die span het in hul afdeling ‘n tweede plek beklink en ‘n silwermedalje gewen onder die aanvoering van Riaan van den Berg. Die klub bedank alle ondersteuners en borge wat hierdie toer moontlik gemaak het. Links is Corne Thiart, Lea van den Berg, Wilmien van den Berg, Simone Thiart, Jeanre Coetzee. Agter is Diandri van Biljon en Grant Thiart en heelvoor is die waterdraer en reserwe, Arina Thiart.

Sportuitslae Sports results MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 21 Maart - Beterbal Stableford Vermenigvuldiger : William Matthysen & Ernest Matthysen 78, Norman Butler & Richas Swart 73, Natie Smith & William Smith 72, John Smith & Billy Howberg 71, Paul Hardcastle & Peter Hardcastle 70 Saterdag, 24 Maart - Geelbal Stableford Samespel L. Meyer, U. Greffrath, A. Vlok, J.Basson 201; S. Klasen, J. Smith, E. Lingeveldt, B. Howburg 187; J. Cilliers, M. Jacobs, T. Esterhuizen, F. de Beer 179; J. de Beer, N. Smith, L. Carstens, J. de Beer 166 SKOLE NUUS Rugby HS vs DF Malan: 14A verloor 7 - 36; 14B - verloor 5 - 38; 15A - wen 14 - 10; 16A verloor 12 - 14; 19C gelyk 19 - 19; 19B wen 21 - 17; 19A verloor 3 - 38 Netbal: o/14A wen 22-8; o/14B verloor 7-12; o/14C wen 1412; o/14D verloor 7-11 o/15A verloor 4-31; o/15B verloor 11-21; o/15C verloor 5-25 o/16A verloor 17-22; o/16B verloor 12-19; o/16C gelyk 10-10; o/16D verloor 2-21 o/17A verloor 19-21; o/17B verloor13-17; o/17C verloor 5-15 o/19 B verloor 14-25; o/19A verloor 18-26 Hokkie: Dogters: 14A verloor 0 - 7; 16A verloor 6 - 0; 16B verloor 6 - 0 19B wen 2 - 0; 19A verloor 0 - 9 Seuns: 14A wen 6 - 2; 16A verloor 0 - 5; 16B verloor 0 - 1 19B verloor 1 - 2; 19A verloor 1 - 5 Wes-Kaap SAICE Aqualibriumkompetisie. Swartland eindig tweede beste in die geskiedenis van die Wes-Kaap kompetisie en beste in die geskiedenis van Swartland se deelname aan hierdie kompetisie! Joubert du Bois, Benjamin van Rhyn en Lehandri Hancke het uitsonderlik presteer. Gedurende 'n pouse het hulle ook deelgeneem aan 'n kompetisie om die hoogste toring te bou met 6 velle papier, 6 skuifspelde en 6 stukkies kleeflint. Dieselfde span wen met 'n toring van 2.5 meter Toutrek uitslae: 25 leerders van HSS het aan die SA Junior toutrekbyeenkoms te Kimberley deelgeneem. 1. 480kg 4de in afdeling en 8ste in finaal. 2. 520kg dogters 4de in afdeling en 8ste in finaal. 3. 520kg gemeng 7de in finaal 4. 600kg seuns deel die 3de plek met Drostdy in afdeling en kom 5de in finaal. 5. 520kg seuns 4de in afdeling en 8ste in finaal. 48kg dogters het 4de plek in hul afdeling gekry en 7de in finaal. 560kg seuns het 4de plek in afdeling en 7de plek in finaal behaal.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
462 dié courant swartland by DieCourant - Issuu