Skip to main content

461 die courant Weskus/Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus • Bergrivier

dié

21 Maart 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 461

21 Maart 2018

•DAG ZERO IS IN ONS HANDE - LINDE

Water steeds beperk

•Alida Buckle en Izélle Garcia As deel van die Saldanhabaai-munisipaliteit se maatreëls om water te bespaar, oorweeg die owerheid die verkoop van die Saldanha vakansieoord. Só het die munisipale bestuurder, Pierre Voges, verlede week by ‘n paneelbespreking van die Weskus Sakekamer op Paternoster gesê. Hy het bygevoeg dat die fyner besonderhede nog nie uitgewerk is nie. Dit is een van die stappe wat die munisipaliteit oorweeg om te sorg dat inwoners in die gebied elke dag van water voorsien word. Die geld wat spruit uit die verkope van munisipale bates is ‘n druppel in die emmer, omdat die bou van ‘n ontsoutingsaanleg, soos beplan by Danger Bay by Saldanha, ongelooflik baie kos, het Voges gesê. Die munisipaliteit bespaar, luidens ‘n onlangse verklaring, aansienlik op die hoeveelheid water wat hulle by die Wes-Kaapse Watervoorsieningstelsel verkry. Dit word bereik deur deurlopende vraagbestuursinisiatiewe en die gebruik van die bestaande boorgate in die Langebaanweg-waterdraer. Volgens munisipale woordvoerder Ethne Julius is die beskikbare waterbronne, selfs met die verminderde aanvraag, steeds onvoldoende om te hou tot die winterreën val. Die voltooiing van alternatiewe waterbronne gaan ook te lank neem. “Die watervoorsieningstelsel is onder erge druk en verdere ingryping om die vraag te verminder en die beskikbare waterhouvermoë van bronne te verleng, is dus uiters belangrik. Daar sal bykomend bespaar moet word om basiese waterdienste aan inwoners te verseker.” Die Saldanhabaai munisipale raad het aanbevelings op ‘n spesiale raadsvergadering op Donderdag 15 Maart te Vredenburg aanvaar om die munisipaliteit met sekere ingrypings te help om die vraag na water te verlaag en die beskikbare watervoorsiening te verleng: • Waterklampe van 6kl per maand gaan by alle behoeftige huishoudings aangebring word. • Alle waterwinkels mag slegs water afkomstig van buite die munisipale gebied verkoop. Geen drinkbare water van dié munisipaliteit mag daarvoor gebruik word nie. • Alle geleenthede moet bewys dat hulle waterneutraal is en 'n waterplan aan die owerheid voorlê, voor die geleentheid goedgekeur sal word. • Munisipale oorde mag maandeliks net 50% van hul 2017 besoekergetalle toelaat. • Bykomend tot Vlak 6B-waterbeperkings word alle huishoudings met vier inwoners beperk tot 'n maksimum verbruik van 200 liter per dag of 6 kl per maand. Huishoudings met meer as vier inwoners moet formeel aansoek doen om Vlak 6B-vrystelling. •Alle bouprojekte, insluitend die bou van huise, mag slegs met nie-drinkbare water uitge-

Polisie wys hul staal Die Internasionale Polisievereniging se jaarlikse buitelugstaptog in die Vredenburgstreek, is vanjaar deur Porterville en Milnerton oorheers. Konst. Alethea Rhode (links) van Vredenburg se polisie wys haar vreugde nadat sy die 6km pretloop al langs die strand by Tietiesbaai voltooi het.

voer word. Voorkeur sal aan nywerhede, grootmaat-konstruksie en bouprojekte vir die gebruik van afvalwater gegee word. Oortreders van dié beperkinge sal swaar gestraf word en dit sal op hul rekeninge einde April wys – eerste oortreding ná waarskuwing: R1000boete; tweede oortreding ná 'n waarskuwing: R2000-boete; ná die derde oortreding gaan ‘n waterklamp van 6kl per maand aangebring word om waterverbruik te beheer. Volgens Julius is die munisipaliteit bewus van onlangse gerugte dat die Nasionale Departement van Water en Sanitasie waterverspreiding na die gebied beëindig het, maar verseker inwoners dat dit onwaar is. Inwoners en sakeondernemings word aangemoedig om op die munisipale SMS-databasis te registreer om boodskappe oor waterbeperkings te ontvang. Om te registreer, stuur jou selfoonnommer saam met jou woonadres na register@sbm. gov.za. *Intussen doen advokaat Hanlie Linde, munisipale bestuurder van die Bergrivier-munisipaliteit, ook 'n beroep op inwoners in dié munispale area om krane stywer toe te draai, ten spyte van 'n besparing van 45%.

"Sedert Januarie het die hele munisipale gebied 45% bespaar. "Elke persoon mag slegs 50 liter water per persoon per dag gebruik. Dit gebeur nog nie. Op ons huidige verbruik word Dag Zero bereken vanaf 15 Mei, maar ons kan dit uitstel deur soveel as moontlik te bespaar. Kom ons mik vir 55%. Ons vra dat almal minder as 50 liter water per dag sal gebruik. Dag Zero is in ons hande," maan sy. Linde beklemtoon dat kraanwater wel tans drinkbaar is. "Indien 'n kook-instruksie of geen-drink-water-instruksie in die toekoms begin geld, sal inwoners dit deur die amptelike kanale hoor." Volgens haar word die waterkwaliteit op 'n weeklikse basis getoets deur 'n onafhanklike diensverskaffer. Die uitslae word oor vier kategorieë geplaas naamlik mikrobiologies, chemies, fisies en organoleptiese afdelings en ook SANS 241. Bergrivier het 'n punt van 98.8% behaal. Dit is bo die norm en dui op uistekende waterkwaliteit. Velddrif/Noordhoek en Dwarskersbos se waterverspreidingsnetwerk kom via die Withoogte-waterskema en ook Saldanhabaai-munisipaliteit. Hier is die berekende Dag Zero ook 15 Mei. Dié water kom ook vanuit die Misverstanddam.

NUUS • NEWS


2

21 Maart 2018

dié courant

Weskus nie meer plek van ouds

Die akkreditasie van twee nuwe buurtwagte in Saldanha, die stig van ‘n derde een in Velddrif en die begin van stapbusse om skoolkinders teen selfoongrypers en rowers te beskerm is goeie positiewe stappe. Dit dui daarop dat mense hul buurte weer oorneem en aan die krimenele element sê: gaan soek vir jou ‘n ander speelplek. Dit dui ook op ‘n ander hartseer. Dat die Weskus van selfs nog tien jaar gelede, nie meer die ongerepte vredevolle plek is wat dit was nie. Mense het regtig met oop vensters en deure geslaap, sonder enige vrese dat iemand suutjies daar sou inklim en die elektroniese toerusting, televisiestel en die vrou se handsak vir sy maatjies sou aangee nie. Dit dui op ‘n veranderde omgewing en as ‘n mens luister na die polisie se pleidooie, leef baie inwoners steeds onder die wanindruk dat hulle dit maar kan doen.

Dis Goeie Nuus

Die ongekeerde instroom van mense die afgelope dekade laat die munisiapale infrastruktuur uit hul nate bars en misdaad styg. Die nasionale en provinsiale polisie gee en neem gedurig. Net as Velddrif, byvoorbeeld, dink dat hulle nou ekstra polisiemanne en vroue bygekry het, word hulle weer verplaas na gebiede met hoër misdaad soos Nyanga en Kayelitsha. En die skelms wéét dit. Die situasie daar was nie lank terug nie so erg dat daar elke aand net een van alles by die stasie was: iemand om die foon te beman, iemand op patrollie en ‘n polisievoertuig. Hulle het darem intussen ‘n ekstra voertuig gekry en wag vir nog een. “Neem eienaarskap van julle buurte” word aan inwoners gesê, maar dit is meer moeite as wat die deursnit mens deesdae bereid is om vir sy medemens te doen. Elkeen sal eerder op sy eie kluit sit en kla.

NUUS • NEWS

Velddriwwer vereer by 86ste by VLV-konferensie

Dr. Andrew Bosman

Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag

Moses is besig om sy laaste woorde met die Israeliete te deel. Hy onderrig hulle dat hulle die feeste van die Here moet onderhou in die land waarheen hulle gaan om dit in besit te neem. Hulle moet regters aanstel en hulle moet oordeel volgens regverdige regspraak. Hulle mag die reg nie verdraai nie, hulle mag nie partydig wees nie, en hulle mag geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het. Dan herhaal hy die woorde wat die HERE

aan hom gegee het, geregtigheid, geregtigheid moet julle najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die HERE jou God jou sal gee. Die Israeliete moet die Here volg en nie in hierdie land die gewoontes en afgodediens van die heidennasies navolg nie. Hulle moet nie heilige boomstamme of vir hulle klippilare oprig nie, dit is dinge wat die HERE jou God haat. As ons de geregtigheid soek, is daar beloftes by : Dat ons kan lewe, en dat ons die deel wat die HERE ons gee in besit kan neem.

Links: Sinnie Koegelenberg is as tesourier van die Weskus-sirkel van die vrouelandbouvereniging vereer. Links bo: Estelle du Plessis, Weskussirkelpresident, by gasspreker Johan van Lill, bekende gasspreker op RSG. Bo: Rosa Lategan, oud-sirkelpresident, saam met Mary-Ann van Schalkwyk van die Porterville-tak, wat vanjaar as pryswennertak aangewys is.

Dankie: "dié courant wil net dankie sê vir Leatitia Bester vir die gebruik van haar pragfoto's van die Relay for Life op Vredenburg op verlede week se voorblad."

‘n Spesiale sertifikaat van erkenning vir uitsonderlike diens is verlede week aan bekende Veldrif-inwoner, Sinnie Koegelenberg, by die 86ste konferensie van die vrouelandbouvereniging (VLV) se Weskussirkel oorhandig. Volgens Estelle du Plessis, Weskus-sirkelpresident van Langebaan, lewer Koegelenberg al vir 19 jaar uitstekende diens as die Weskussirkel se tesourier. Die konferensie is vanjaar op Eendekuil gehou, met die Eendekuil-tak wat gasvrou gespeel het vir dertig afgevaardigdes en 87 dagbesoekers uit 15 Weskus-takke. Porterville het vanjaar met die louere weggeloop in die jaarlikse kompetisie deur algeheel die meeste punte te behaal en die kuns- en handvlyt afdeling te wen. Leipoldtville was tweede met die meeste punte vir handwerk en huisvlyt. Velddrif het derde gekom.

Gasspreker Johan van Lill van RSG se praatjie het gehandel oor wat Mamma’s nóú vir hul kinders moet doen om vir hulle later ‘n beter toekoms te voorsien soos om te besef dat kinders van mekaar verskil en uniek is en meer moet speel, boomklim en buite-aktiwiteite beoefen en minder tyd aan tegnologie spandeer. “Ouers moet spesiaal tyd maak om stories te lees.” Arnie Louw het verduidelik hoe om die regte raam vir ‘n skildery te kies; Sonja Gebhardt het konferensiegangers ingelig oor koordlose internet en wat veselkabels is; en Denise Bester het uitgebrei oor die versiering van kolwyntjies en Maggie Enever oor gryswater. Verder het Cobis Wilson ‘n sangsolo gelewer en Riana Richter ‘n komiese voorlesing gedoen. Ander eregaste vanjaar was onder meer Rosa Lategan en Louwna Hoving, oud-Weskussirkelpresidente; Elizabeth Cloete en Lillibet Slabber, kompetisie-beoordelaars; en Francine van Niekerk, redakteur van Lig. Môre, begin vandag ... vanjaar se VLV Kaapland-tema was deurentyd die tema van die konferensie.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.


NUUS • NEWS

21 Maart 2018

•MINISTER BY PLEGTIGHEID

Weskus-buurtwagte nou bekragtig

Minister Dan Plato bedank die buurtwaglede van die groter Saldanhabaai vir hul toegewyde diens.

SALDANHA – Nog twee Weskuse buurtwagte is bekragtig. Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag 13 Maart Diazville en Middelpos geakkrediteer. Dit bring die totale aantal geakkrediteerde buurtwagte in die Weskus op nege te staan. Provinsiaal is dit 200 in proses wat in 2016 begin is. Plato het terselfdertyd ook die ander buurtwaglede uit Saldanhabaai - Hopefield, St Helenabaai, Paternoster, Vredenburg, Velddrif en Langebaan, ontmoet. Benewens hul akkreditasiesertifikaat het die buurtwagte ook ‘n beginnerspak gekry wat glimbaadjies, fakkels, veiligheidsfluitjies, noodhulpstelle, brandblussers, stroboskyfies en magnetiese plakkers vir voertuie en 'n sluitbare houer bevat. Die buurtwagte kom nou ook in aanmerking vir opleiding. Plato sal nuwe buurtwagte verwelkom as medeskeppers van veiliger omgewings in hul buurte en ondersteuners van die polisie in misdaadbestryding en misdaadvoorkomingsaktiwiteite.

Duine word gerehabiliteer Dié sandpaaie wat op die duine by Tietiesbaai in die Columbine-natuurreservaat uitgery is, is nou deels afgekamp en net vir stappers toeganklik as deel van ‘n volskaalse duinrehabilitasieprojek. Dit vorm deel van die Nasionale Departement van Omgewingsake se Werk vir die Kus-program wat hulle saam met Ukhana-projekte en die Saldanhabaai-munisipaliteit doen. Die skadunette help om die sandgrond te bestendig en die dele waarom dit gespan is, gee plantegroei die kans om hulle weer te vestig. Borde is ook op die perseel geplaas om mense van die projek bewus te maak. Foto: Alida Buckle

Weskus-sakekamer kry eerse vroue-voorsitter

Alida Buckle SALDANHA – Sakevrou Darrelle Scheepers (53) is onbestrede as die voorsitter van die Weskus-sakekamer verkies by die jaarvergadering op Vrydag 16 Maart by die Blue Bay Lodge. Scheepers, die eienaar van die RE/MAX-eiendomsagentskappe in Saldanha en Vredenburg, is dié sakekamer se eerste vroulike voorsitter en lui daarmee ‘n nuwe era in. Die Weskus- sakekamer is die grootste Afrikaanse sakekamer van sy soort in Suid-Afrika, met sowat 150 lede. Hulle was tot op hede by die Afrikaanse Handelsinstituut verbind, maar om by dié instituut te bly, onafhanklik te raak of elders aan te sluit, is juis een van die kwessies wat lede Vrydagaand aan die nuwe bestuur toevertrou het. Scheepers is ‘n oud-Hoërskool Vredenburg-leerder wat in Paternoster grootgeword het. “My pa het geboer en my ma het in die destydse poskantoor op Paternoster gewerk.” Sy het haar BCom-graad in sakebestuur, bemarking en verwante ondersteuningsdienste aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en was daarna vir 19 jaar in die korporatiewe sektor, ook by Namakwa Sands (vandag Tronox) voordat sy in 2004 die eiendomsmark betree het. Sy het hoofsaaklik op die verkoop van plase en kommersiële eiendomme gefokus alvorens sy die RE/MAX-konsessies bekom het. Tussendeur was sy ook vir twee jaar die WesKaapse DA se operasionele bestuurder. Scheepers glo dat ‘n sakekamer ‘n omgewing moet skep waarin sakeondernemings kan floreer deur platforms te ontwikkel waar hulle hul aan die gemeenskap kan bekend stel. Dit gebeur volgens Scheepers deur netwerkgeleenthede waar lede kan wenke kry oor geldsake, beplanning en motivering asook meer leer oor die ekonomie en arbeidswette.

3

Scheepers se belangrikste werk is “om kontinuïteit te verseker en om lede meer betrokke te kry”. “‘n Ander belangrike aspek is om beleggersvertroue in die Saldanhabaai munisipale gebied te ontwikkel.” Sy wil betrokke raak by florerende sakekamers in Kaapstad, Somerset-Wes en Stellenbosch. Uittredende voorsitter, Wilhelm Herbst, het gesê dat die sakekamer in 2017 meer daarop gekonsentreer het om by projekte betrokke te raak, as om net klakkeloos maandvergaderings te hou. Hy het verwys na projekte saam met onder meer die Weskus-besigheidsontwikkelingsentrum, die IDZ-sakeforum, die rooistofaksiegroep en die munisipale ekonomiese raadgewende komitee.


4

21 Maart 2018

NUUS • NEWS

Weskus oorheers staptog Conference goers learn about birds and protection PATERNOSTER – Die Internasionale Polisievereniging (IPA) se jaarlikse buitelugstaptog in die Vredenburgstreek, is vanjaar deur Porterville en Milnerton oorheers. Volgens organiseerder Elbe Gore word dié staptog en anders soortgelykes in ander streke gereël om polisielede aan te moedig om fikser te word. Die 6km-staptog van die vismark af, al langs die see tot diep in Tietiesbaai in die Columbine-natuurreservaat, is vinnig kafgedraf deur Charvé Alkaster van Porterville-polisie met kollega E. May tweede. Lesch ‘Henkie’ Henkeman van Vredenburg Openbare Orde Polisie oftewel “Pops” was derde.

In die vroue-afdeling was M. Cedras Porterville eerste met kollega E. Lenee tweede en S. Hendricks van Mitchells Plain derde. Die 20km wat bykans al om Paternoster gehardloop het, is gewen deur M. Cheslin (Mitchell's Plain) met TS Louw van Piketberg tweede en L. Tyatyeka van Milnerton derde. Die spanwenners wat Vredendal A eerste met Vredendal B tweede. • Die IPA is die grootste nie-winsgewende organisasie vir dienende en afgetrede polisiebeamptes uit verskillende polisiedienste wêreldwyd. Dit is gestig deur ‘n Britse sersant, Arthur Troop (1914-2000) en het 64 nasionale takke en meer as 420 000 lede en geassosieerde lede.

Sit voorstelle in houer, gehoor by GPF-vergadering Alida Buckle VELDDRIF - Een van die voorstelle by die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se jaarvergadering op Donderdag 15 Maart, was dat daar ‘n voorstelle-houer by die polisiestasie geplaas word, waarin mense naamloos voorstelle kan plaas om die polisie te help. Die afgelope jaar het die GPF die Slagofferbemagtigingsprogram begin, wat berading vir slagoffers beteken, maar hul grootste bydrae die afgelope jaar, meen voorsitter Johan Botha, was die ekstra personeel en voertuie vir die polisie, wat die GPF deur middel van petisies en skrywes verkry het. Hulle het ook ‘n speelparkie gebou en ‘n groep bejaardes vir ‘n uitstappie Kaap toe geneem. Botha het ook gesê dat hulle deurentyd pamflette met misdaadvoorkomingswenke versprei en padblokkades gehou. “Ons verteenwoordig die gemeenskap by die polisie en kyk dat hulle hul werk doen.” Kaptein Predon Ackeer, polisiehoof, het benadruk dat inwoners die eienaarskap van die dorp moet terugneem by die kriminele element. “Vat die smokkelaars vas, moenie hulle verryk nie. Misdaad gaan daar altyd wees en die polisie

se plig is om dit te beheer en te sorg dat dit nie handuit ruk nie.” Ackeer het gesê dat drankverwante aanrandings aan die toeneem is en die polisie juis daarom gereeld klopjagte uitvoer op onwettige smokkelkroeë, waar daar soms ook onwettige dwelms en vuurwapens gekry word. Die kroeë gaan ook nou almal nommers kry vir makliker uitwysing. Inbrake is nog ‘n kopseer, maar hy meen inwoners se nalatigheid is die hoofoorsaak daarvoor. Mense wat met oop vensters slaap, sleutels naby vensters hang, dit alles gee dwelmslawe die geleentheid om in te breek. Die buurtwagte in Velddrif is Laaiplek (geregistreerd), Port Owen (geregistreerd), Velddrif (besig met registrasie deur Afriforum) en die ongeregistreerde buurtwag in Dwarskersbos. Die grootste rede waarom buurtwagte by die owerhede moet registreer is sodat die buurtwaglede beskerm kan wees, indien daar beserings opgedoen word. “Die polisie moet op hoogte wees van wie waar patrolleer,” het Ackeer gesê. Nominasies vir ‘n nuwe GPF-bestuur word nog ingewag.

A group of Lab conference goers heading to Dassen Island by boat. PHOTO: Melissa Whitecross •Alida Buckle Bird lovers flocked to Mykonos, Langebaan, for the 4th biennial Learn about Birds (Lab) Conference, co-hosted by BirdLife South Africa and the Fitzpatrick Institute of African Ornithology. It formed part of the broader Flock on the West Coast 2018 event, BirdLife South Africa’s annual gathering of members. According to a BirdLife SA spokesperson Lab sessions, over two days from 8 to 9 March, were divided into scientific and layman’s sessions. At the science sessions top SA ornithologists presented their latest research and talks covered themes like bird breeding biology, morphology and ecology. Sessions highlighting the currently known threats and conservation measures offered insights into the challenges facing South Africa’s birds. A special session for the African Seabird Group was held, where talks on the tracking of Grey-headed Albatross off Marion Island, lessons learnt from 20 years of seabird rehabil-

itation and rodent eradication plans for seabird breeding islands were presented. At the layman’s sessions talks were hosted by BirdLife SA staff on current research and conservation efforts to protect South Africa’s diverse avifauna and their habitats. CapeNature staff, Rupert Koopman and Kevin Shaw, offered insights into the ecology of the West Coast and the birds of Dassen Island, while Faansie Peacock gave an in depth lecture on strandveld birding, after Etienne Marais’ had presented about how to find and identify the tricky specials of the Western and Northern Cape. Dr Dieter Hoffmann, Head of International Strategy and Capacity Building at The Royal Society for the Protection of Birds UK presented on the international work of the Society and their collaboration with BirdLife SA. “Flocks” to amazing destinations around the country have become synonymous with BirdLife SA’s annual gathering of members and this year the West Coast did not disappoint all “flockees” in attendance. Read more about BirdLife SA at birdlife.org.za

Pret vir ‘n vale by Laguna Mall Fun Run

LANGEBAAN - Vyfhonderd mense het vanjaar aan die tiende Laguna Mall Fun Run in Langebaan deelgeneem die afgelope Saterdag. Volgens Shóneen Wendzich, woordvoerder vir die winkelsentrum, is die wedloop die afgelope drie jaar amptelik onder die Westelike Provinsie Atletiek (WPA) se vaandel gehou en die deelnemers aan die 10km-wedloop se tye word amptelik aangeteken. WPA-skeidsregters het gesorg dat daar by die reëls gehou word. Die roete het geloop van die Mall, oor die pad na Longacres, en met 'n sirkelroete weer terug. Wentzel en haar man, Eddie, albei lede van die Langebaan-strandlopers-hardloopklub, het

die wedloop tien jaar gelede begin en ArcelorMittal het later daarop ingekoop. Die wenners van die 5km was: vroue Anika Valentyn en mans X. Joseph. Die wenners van die 10km: vroue Lea-Shay Willemse (Velocity) 39:29, tweede Mia Lyons (Langebaan-atletiekklub) 43:08 en derde Natalie Beckenstrate (Weskus-atletiekklub) 43.12; mans Petrus Zwane (Swartland) 32:27, tweede Danzal Paulse (Sanlam) 32:45 en derde Alentino Belillee (Sanlam) 33:30. Die Laguna Mall Fun Run is bekend vir sy unieke trofees elke jaar en die allemintige organisasie om die dag moontlik te maak word deur net vier mense gedoen.

JACOBSBAAI – Of jy nou kom vir die wyntuin, die paaseierjag of die skyfskiet, iets gaan jy op Saterdag 31 Maart kry om by Die Herberg te doen. Die jaarlikse basaar van die NG kerk Saldanha is ‘n hoogtepunt op kosliefhebbers se kalender met onder meer spitbraai, afval, potjiekos, kerrievis, tuisgebak, pannekoek en poeding op die spyskaart. Daar kan tussen 08:00-09:00 vir die draf,

pretdraf en fietsry geregistreer word teen R30 per persoon, wat om 09:00 wegspring. Die deelnemers kwalifiseer almal vir ‘n gelukstrekking later. Die kinders kan kom speletjies speel, op die springkastele baljaar en selfs saam met die grootmense aan die skyfskietkompetisie deelneem. Bel Tersia Kruger by 083 462 4127.

Basaar op Jacobsbaai


NUUS • NEWS

5

21 Maart 2018

Long wait is over for Fynbos Fine Foods

Projek begin om saam met skoolkinders te stap Die Stapbus-veldtog is verlede week ook in Saldanhabaai begin om te verseker dat skoolkinders veilig by die huis kom. Minister Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het die Stapbus-veldtog al in Mei 2016 in Wesbank begin met gemeenskapsvrywilligers wat elke dag saam met groepe skoolkinders van en na die skole toe stap. Dit verg samewerking tussen skole, buurtwagte, ouers en wetstoepassers. Die Stapbusroete in Saldanhabaai is die 75ste roete wat in werking gestel word. Laerskool Saldanha, St Andrews Primêr, Diazville Primêr, Diazville Senior Sekondêre Skool en Middelpos Primêr sal hieraan deelneem. Plato het gesê hy juig enige veiligheidsvrywilliger toe wat in watter hoedanigheid ookal, meewerk om ‘n hele gemeenskap agter ‘n gemeenskaplike saak te verenig sodat eienaarskap van ‘n buurt teruggeneem kan word van die kriminele element wat buurte in vrees laat leef. Omdat die sukses en voortbestaan van die Stapbus-veldtog afhanklik is van die vrywilligers se verbintenis kry hulle hulp met nodige logistieke ondersteuning, opleiding en toerusting soos glimbaadjies, wat hulle identifiseer en fluitjies om die ander te waarsku. Daar moet ook weekliks rekord van bywoning en maandeliks opvolgvergaderings gehou word. Die Stapbusse gaan dalk later as ‘n aktiwiteit van

Vrywilliger XXXX is baie trots met haar nuwe glimbaadjie, wat sy gaan dra as deel van die Stapbus-veldtog. Foto: Ewald Botha geakkrediteerde buurtwagte erken word. Die veldtog het goud in die 2017 Provinsiale Diens-uitnemendheidstoekennings ontvang vir die program wat die beste ten uitvoer gebring is.

Leon se Karma van Ivoor Fynbos Fine Foods, a family business just outside Malmesbury received their Food Safety System Certification last week. This was a very proud moment for owners Julian and Rozelle Abramson and staffmembers. The farm grows a large variety of chillies and the long, hot African summer ensure that the sweet peppers, chillies, aubergines and sweet basil are of an exceptional quality. Alle their chillies are freshly picked every morining. The long wait is over. Fynbos Fine Foods, with owners Julian Abramson and Rozelle Abramson received their FSSC 22000 Food Safety System Certification last week. This certificate is according to the Abramson couple, one of the biggest highlights since starting their business in 1996 just outside Malmesbury. This certificate is internationally recognized and provides a framework for effectively managing the organization’s food safety responsibilities. A couple of representatives from the company FSSC 22000 was present on this prestigious occasion last Wednesday to hand over the certificate. It demonstrates that Fynbos Fine Foods has a robust food safety management system in place that meets the requirements of the customers and consumers. Already, 18 000+ organizations over 140 countries achieved FSSC 22000 certification. Fynbos Fine Foods, situated on the Tierfon-

tein road, is a small family business which was founded in 1996. Their registered name is Cape Hothouse Vegetables CC. They grow a large variety of chillies. At Fynbos Fine Foods all of their products are made from the freshest produce. The chillies are picked early in the morning from their fields and are then bottled in their kitchens under extremely hygienic conditions. There is a gourmet commercial kitchen on the farm where they bottle the finest range of products for the local and overseas market. For a productive chilli plant, healthy seedlings is necessary. This “hot” business specialise in chillies growing twelve different varieties as well as lemons and watermelon and the products are handmade. Each tomato in the pasta sauce is hand peeled. They also specialize in drying, smoking, preserving, pickling and growing the finest produce and products. With this certification, only more goodness can come out of this special family business.

‘n Boek, geskryf deur ‘n plaaslike skrywer, is vars op die rakke en boonop nog net op eie bodem beskikbaar. Welbekende skrywer en natuurliefhebber, Leon Maré, se nuutste boek, Karma van Ivoor – Tom Yssel#1, is die afgelope Donderdag gedruk en is Vrydag weggestuur na bemarkers en verspreiders in Gauteng. “Dit sal dus nog ‘n wyle wees voor dit amptelik vrygestel word en op die rakke is,” vertel Maré vanuit sy tuisdorp Yzerfontein waar hy aan die boek gewerk het. Maré het op spesiale versoek ‘n paar eksemplare teruggehou en beskikbaar gestel slegs aan Buffelsfontein Natuurreservaat en Yzerfontein Kwikspar. “Die voordeel van die gebrek aan bemarkingskoste, verspreidingskoste en dies meer, word direk deur Buffelsfontein en Spar oorgedra aan ons Weskusmense. Dis mos ons eie mense,” voeg hy by. Die aksiebelaaide roman gee die leser ‘n kykie na wat agter die skerms aangaan en na die werklikhede, die trane en die vreugde van natuurbewaring." Maré skenk 10% van sy inkomste uit die boek aan die SATIB bewaringstrust wat hy beskryf as ernstige en eerbare mense wat dit spesifiek sal aanwend vir die bewaring van olifante en renosters in die land. Maré en sy vrou Monica woon al vir byna vyf jaar op die kusdorpie ná tien jaar in Engeland. Volgens hom is hy "versot op die plek en sy mense.” Hy het uiteindelik in 2013 die tandheelkundige professie vaarwel geroep en teruggekeer na Suid-Afrika. “Die vrede en die stilte van die kusdorpie, Yzerfontein aan die Weskus was onweerstaan-

baar,” skryf hy. Maré vang nou ook graag vis as hy nie skryf nie. Hy het reeds sewe boeke op Kindle, die platvorm vir elektroniese publikasies, gepubliseer, waarvan ses ook in sagteband beskikbaar is by Amazon. Al sy boeke s sover in Engels geskryf . "Maar ons is terug uit Engeland en mens sit nie op Yzerfontein en Engels skryf nie - dit is nou moedertaal-tyd,” verduidelik Maré, nadat Karma van Ivoor sy heel eerste boek in Afrikaans is. Tyd staan egter nie stil vir hom nie. Hy is byna klaar geskryf aan sy tweede Afrikaanse boek, Kolonie, die tweede in die beplande “Tom Yssel”reeks. “Ek het nog baie stories - ek hoop ek het nog genoeg tyd,” vertel ‘n passievolle Maré. Hy is gebore in Nelspruit naby die Nasionale Kruger Wildtuin en was nog altyd verlief op die wildernis en die natuur. Hy was betrokke by ekstensiewe wildnavorsing, en het al sy vrye tyd in die bos deurgebring. Dr Maré het ‘n intieme kennis van die wilder kant van Afrika, wat gereflekteer word in meeste van sy skryfwerk.


6

NUUS • NEWS

21 Maart 2018

Weskus-jeugorkes ontvang gesogte toekenning Die Weskus-jeugorkes saam met dirigent Carina Brown en hulle verdienstelike toekenning van die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport. Foto: Tania Mouton

Nuwe bestuur:

Die Weskustak van die vrouelandbouvereniging vir 2018 is agter van links Marlene Dirkse van Schalkwyk, Mary-Ann van Schalkwyk, Maggie Enever en Nicoline Brown; voor is Dinette Lochner (tesourier), Marié Grobbelaar (visepresident), Estelle du Plessis (sirkelpresident) en Elsabe Carstens (Sekretaris). Afwesig: Joline Russouw.

HOPEFIELD – Nie en net was die Notes@ Night-konsert in die tuin van die outentieke Commercial Hotel ‘n meesterstuk nie, maar die Weskus-jeugorkes het ook ‘n toekenning by die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport ontvang. Orkesleier Tania Mouton is verheug oor hul Beste Bydrae tot die Uitvoerende Kunste: Musiek-toekenning in die kuns-en-vermaak-afde-

ling. Ander afdelings sluit onder meer in taal, erfenis, museums, geografiese name, biblioteekdienste, argiewe en navorsing en dan die ministeriële toekennings vir lewenslange prestasies. Bekende in musiekkringe, Carina Brown, wat ook die aand saam met Craig Nicholas as dirigent opgetree het, het drie jaar gelede die lewenslange prestasie tot musiek-toekenning gekry.


NUUS • NEWS

7

21 Maart 2018

Velddrifvroue stig GPF

Fondse:

Chrisma Faulkner (links) en Chantall Coetzee (regs) demonstreer hoe hulle booswigte arresteer. Die “booswigte” is Deon de Jager van Afriforum links en Dana Snyman regs. •Alida Buckle VELDDRIF – Chrisma Faulkner en Chantall Coetzee, twee vroue van Velddrif, het dit op hulle geneem om te sorg dat die buurte van Velddrif teen inbrake en diefstal beskerm word. Sedert September verlede jaar probeer hulle om die buurtwag wat hulle op die been gebring het, registreer. Die proses is egter vir hulle frustrerend en gevul met rompslomp. Daarom het hulle uiteindelik besluit om die buurtwag, wat reeds onverpoosd in die nag patrolleer, by Afriforum te registreer. Die stig van ‘n tak gaan egter die buurtwagregistrasie vooraf, wat op Dinsdagaand 13 Maart by die Riviera Hotel gedoen is. Dana Snyman, geliefde skrywer, se boodskap aan die meer as tagtig inwoners was dat dit goed is om hulself te beskerm. Hy het ‘n beroep op die inwoners gedoen om ten spyte van die verwikkelinge in die land nie met haat en woede in hul harte rond te loop en hul af te sluit van ander nie. “Reik aanhoudend uit.” Snyman het verklaar dat hy ‘n “onrehabiliteerbare Afrikaner” is. Dit is hoe hy inpas in Suid-Afrika én Afrika, in Afrikaans. Hy het ook Afriforum geprys vir die

daadwerklike verskil wat hulle maak, deur te doen en nie net te praat nie. “Daar is nie ‘n ander uitweg as kollektiewe betrokkenheid nie.” Deon de Jager, distrikskoördineerder vir Afriforum Wes-Kaap, het benadruk dat Afrikaners hul insette moet lewer en betrokke moet raak. Faulkner meen die probleem is juis dat mense net elkeen hul eie plek en gesin wil beskerm en nie omgee oor die bure nie. Sy sou graag wou sien dat Velddrif saamwerk om mekaar te beveilig. Afriforum gaan die buurtwag help met opleiding in noodhulp, radiogebruik, misdaadtoneelbestuur en insidentbestuur. Hulle gaan ook toerusting kry, onder meer glimbaadjies, wit ligte vir motors en radio’s, en hulle gaan inskakel by die beheerkamer in Centurion, Pretoria. Faulkner, wat sekretaresse en Coetzee as penningmeester op die eerste bestuur gekies is, dien albei op die gemeenskapsveiligheidskomitee. Die res van die bestuur bestaan uit Hans Groenewaldt (voorsitter), John van Tonder (ondervoorsitter) en Annemarie Pienaar (omgewingsake). Bel Faulkner by 061 452 1744 om betrokke te raak.

Dagboek • Diary Weekliks

Woensdae - Silwer Vleuels Senior Klub, Ou Waenhuis langs NG Kerk-moedergemeente (022 713 1724). Donderdae – Happy Hookers-hekelklub, by Afsaal Padstal op Trekoskraalpad, tussen Vredenburg en Paternoster, 10:00-14;00. R65 pp (022 715 3096).

Geleenthede

• Woensdag 21 Maart - Dewald Wasserfall by Evita se Perron, Darling, 19:00-20:30. (022 492 3930 / bookings@evita.co.za). • Donderdag 22 Maart – Kreatiewe pret vir laerskoolkinders by Langebaan-biblioteek, 15:0016:00 (022 707 5030). • Vrydag 23 Maart - Kuier saam met bekende Saldanhabaaise skrywer Esta Steyn in die Horizonrestaurant, Langebaan Country Estate, om 11:00. Verversings word bedien. Bespreek vóór Donderdag 15 Maart by 022 707 5030; Gratis Storievertelaand by SA Visserye-museum by Laaiplek Hotel om 18:00, bespreek vóór Maandag 19 Maart (022 783 1821). • Saterdag 24 Maart – NG Kerk Langebaan hou basaar (022 772 2813). • Until Sunday 25 Maart - Jenny Parson se Island Apertures by die Toffee-galery op Darling (022 492 2101). • Sunday 25 March - Groote Post Wine Estate’s Country Market, 10:00-15:00 (082 877 6677 / eldre@iloveyzer.co.za). • Dinsdag 27 Maart – Weskus-fotografievereniging vergader by die Ou Stalle agter NG kerk moedergemeente, om 18:30 (084 577 7752 / admin@weskusfotoklub.co.za). • Woensdag 28 Maart – Vredenburg-tuinbouklub besoek Oasis Vredenburg om 09:30 (083 284 3941). • Donderdag 29 Maart tot Woensdag 7 April – NG kerk Langebaan se Paasmark, 09:00-18:00. Gesluit op Goeie Vrydag en Sondag. Kaartgeriewe (073 214 75 95). • Saterdag 31 Maart - John Frick Band by Blue Bay Lodge, Saldanha, om 19:00. R60 pp (022 714 1177); P.L.A.Y.-handwerkmark by Denlynpark, Langebaan, 09:00-13:00; NG kerkbasaar by Die Herberg-gastehuis, Jacobsbaai. Pretloop en fietsry om 09:00. Basaar vanaf 10:30; Langebaan Paasmark in die Langebaan-stadsaal, 10:00-15:00 (072 638 2972 / Liffm@mailbox.co.za).

• Sondag 1 April - Bobby Van Jaarsveld en orkes by Club Mykonos, Langebaan, o8:00-11:00. R130 pp. Kaartjies deur Computicket. • Saterdag 7 April – Armand Hofmeyr by die Spore-oppi-sandfees by Die Plaasmol, Hopefield. R20 pp, kinders o.12 gratis (074 924 8478). • Donderdag 26 April - Die Darling Trust Swart Das Aandete en Veiling by Evita se Perron, Darling, 19:00-22:00. R950 pp (072 573 7937 / tasha@ thedarlingtrust.org). • Sondag 29 April - Groote Post Country Market, 10:00-15:00, at the Groote Post Wine Estate. Info: 082 877 6677 / eldre@iloveyzer.co.za / grootepostcountrymarket.co.za • Vrydag-Saterdag, 15-16 Desember - Mykonosfees by Mykonos, Langebaan, met Snotkop, The Rockets, Die Jaloersbokkies, Lloyd Cele, Francois van Coke, Emo Adams, Jay, Refentse, Elandre Schwartz, Samantha Leonard, Goodluck en Juanita Du Plessis. Hekke is open Vrydag om 14:00. R100 per persoon per dag, kinders o.14 betaal R50 per persoon per dag. Kaartjies deur Computicket (022 707 7000 / info@clubmykonos.co.za).

SPORT Weekliks:

Dinsdae en Donderdae – Judo, 17:00-19:00 by Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg (064 475 3097). Sondae – Klawerjas (073 928 9004). Saterdae - Langebaan Parkrun om 08:00 by Langebaan-buiteklub, Oostewalstraat. Gratis, bespreek net vooraf by parkrun.co.za/langebaan.

Neem deel aan/ gaan kyk na: • Saterdag 31 Maart - Paaseier-pretdraf by Club Mykonos, Langebaan, 08:00-10:00. • Saterdag 21 April - Weskus-marathon, begin by Langebaan-buiteklub - 42.2km, 21.1km, 10km en 5km pretloop (074 233 8865 / weskusmarathon@gmail.com ). • 28 September - 2 October - Hobie 16 South African National Championships at Hobie Beach, Club Mykonos (083 300 1663 / hobiesun@mweb. co.za) Stuur asseblief inligting vir die gratis aktiwiteitsdagboek na alida@diecourant.co.za vóór Maandae om 08:00.

Natalie French van Langebaan verf haar blokkie op die “Save Langebaan Lagoon”-aksiegroep se geldinsamelingsbord. Volgens organiseerder Hanli Theron is daar 1500 blokkies wat teen R50 elk blou geverf moet word. Dit is deel van dié gemeenskapsorganisasie se veldtog teen die voorgestelde grootskaalse mosselen vinvisboerdery vir die strandmeer. Kontak Theron by 082 853 8187 of lees meer by savelangebaanlagoon. co.za

St Patrick’s Day:

Zane Geldenhuys, barman at Russels on the Port in Port Owen, Velddrif, in his attire for the celebration of Saint Patrick's Day, Saturday 17 March. He made a special Irish coffee he served on the day. This holiday is observed all over the world by Irish people and people of Irish descent and it can involve wearing shamrocks, wearing green and drinking Irish beer and whiskey. The day commemorates Saint Patrick and the arrival of Christianity in Ireland as well as celebrating the heritage and culture of the Irish in general. Photo: Enver Henriksen


8

courant

NUUS • NEWS

21 Maart 2018

dié

SPORT

Tel: 022 487 3221

21 Maart 2018

•BOKOP KOM HIER BOKOP KOM HIER BOKOP KOM HIER

Porterville oorheers Weskus-staptog

Links: Die wenners van die 6km pretloop by Safe at Sea-verteenwoordiger Johnathan Bakker is agter van links Charvé Alkaster (algehele en mans wenner van die 6km) en E. May van Porterville-polisie; voor S. Hendricks van die Kaap (derde), E. Lenee Porterville (tweede), M. Cedras Porterville (eerste) en L. Henkeman van Vredenburg Openbare Orde Polisie oftewel “Pops”. Regs: Alfie von Litsenborgh, afgetrede polisieman van Yzerfontein, was die vierde man oor die 6 km-eindstreep. PATERNOSTER – Die Internasionale Polisievereniging se jaarlikse buitelugstaptog in die Vredenburgstreek, is vanjaar deur Porterville en Milnerton oorheers. Volgens organiseerder Elbe Gore word dié staptog en anders soortgelykes in ander streke

gereël om polisielede aan te moedig om fikser te word. Die 6km-staptog van die vismark af, al langs die see tot diep in Tietiesbaai in die Columbine-natuurreservaat, is vinnig kafgedrag deur C. Alkaster van Porterville-polisie met kollega E. May

tweede. L. Henkeman van Vredenburg Openbare Orde Polisie oftewel “Pops” was derde. In die vroueafdeling was M. Cedras Porterville eerste met kollega E. Lenee tweede en S. Hendricks van Mitchells Plain derde. Die 20km wat bykans al om Paternoster

gehardloop het, is gewen deur M. Cheslin (Mitchell's Plain) met TS Louw van Piketberg tweede en L. Tyatyeka van Milnerton derde. Die spanwenners wat Vredendal A eerste met Vredendal B tweede.

Skryf in vir marathon VELDDRIF - Die organiseerders van die 2018 Bergrivier-kanomarathon moedig mense aan om die marathon as 'n aflosspan aan te pak, sodoende kan minder ervare roeier en nuwelinge in die sport oor die uitdagende vierdag roeiresies meemaak. Dit duur van die Paarl tot in Velddrif, Woensdag 11 tot Saterdag 14 Julie. Die kompetisie-formaat van die wedloop is na tweepersoonspanne verander sodat elke roeier altyd 'n mederoeier byderhand het om mekaar moed in te praat en in geval van nood. Die ou tradisie, om die Berg solo in 'n K1 aan te pak, soos wat roeiers die afgelope 57 jaar doen, gaan egter onverstoord voort. Die afgelope vier jaar se droogte word dopgehou, terwyl daar steeds gehoop word op goeie winterreëns om die watervlakke te lug. Aanlyninskrywings sal vanaf Vrydag 2 April op die webwerf, berg.org.za beskikbaar wees vir spanne, geborgde spanne en solo-roeiers.

Atletiek: Stephanie van Zyl (o.17) en

Anja Prins (o.17) van die Hopefield Hoërskool is in die Wes-Kaap-atletiekspan opgeneem. Stephanie is in die 5 km-stapgroep opgeneem en Anja in die hamergooispan. Die span neem die naweek op Potchefstroom deel. Hulle is ook gekies om aan die ASA-byeekoms in Dal Josafat deel te neem gedurende die komende skolevakansie.

Hopefield:

Hopefield Hoërskool se eerste rugbyspan het goed gevaar in hulle voorseisoen wedstryde by Hoër Landbouskool Boland se rugbydag. HSH wen Edgemead 45 - 0 asook Paulus Joubert met 10 - 5.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook