Skip to main content

461 dié courant Wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

21 Maart 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 461

21 Maart 2018

•KONSTABEL WILLIAMS TRAP DIEP SPORE

Polisieman ploeg terug Hugenote se mooistes gekroon

•Jaomi Zeeman Konstabel Terrence Williams van die plaaslike SAPD is nie net ‘n getroue lid van hierdie instansie nie, maar ploeg ook in sy vrye tyd terug in sy gemeenskap. Hy is die leier van die Wellington Kerskoororkes wat onlangs as die wenner van die Kaapse Wynlanddistrik se kompetisie vir hierdie groepe uit die stryd getree het. Terrence, wat sy hele lank al op Wellington woon, is 36 jaar oud en ‘n gesinsman met ‘n vrou en twee kinders. Ten spyte van die uitdagings en lang ure wat sy werk in die SAPD van hom eis, ruim hy ook nog tyd in om ure saam met die Wellingtonse Kerskoor te oefen - iets wat hy met groot welslae doen. Volgens Terrence verg dit harde oefening om vir ‘n kompetisie soos dié van die Kaapse Wynlande voor te berei. “Voor ‘n kompetisie oefen ons elke dag van Maandag tot Vrydag. Andersins oefen ons so een tot twee keer per week en ons tree gereeld by verskillende geleenthede op,” sê hy. Terrence is van kleins af aan musiek blootgestel en het in ‘n huis waar musiek ‘n belangrike rol gespeel het, grootgeword. “My pa het die orrel en die klavier bespeel en is baie musikaal. Ek het in ‘n huis vol musiek grootgeword,” vertel hy. Hy het sy kennis van musiek by die kerk uitgebrei waar hy deur die jare op verskillende platforms by musiekbediening betrokke was. “In 2015 het mnr. Mitchell by die Nuwe Apostoliese Kerk my gevra of ek bereid sou wees om die musiekbediening en koor te behartig. Ek het toe ook die leier van die Kerskoor geword,” sê Terrence. Alhoewel hy geen formele musiekopleiding het nie, het hy homself geleer om musiek te lees en kan hy ‘n verskeidenheid van instrumente bespeel. Hy gebruik nou hierdie kennis om iets in sy gemeenskap terug te ploeg. Dit was hierdie jaar die eerste keer dat Wellington as gasheer vir die Kaapse Wynlande musiekkompetisie opgetree het en daarom is die Wellington Kerskoor se oorwinning vir hulle ekstra spesiaal. “Daar is verskillende afdelings waarin ons orkes moes deelneem. Daar is ‘n voorgeskrewe lied, waarin ons as die beste orkes aangewys is,

Francois Marais en Andrea Louw is op Donderdagaand 15 Maart as 2018 se wenners van die Mnr. en Mej. Hugenote-kompetisie aangewys. Die seremoniemeester was die bekende Izak Davel. Die beoordelaars was Amaria Carstens, Viljé Maritz en Armand du Plessis. Bo is: Armand du Plessis (beoordelaar), Izak Davel (seremoniemeester), Ashleigh Parsons (eerste Prinses), Francois Marais (Mnr. Hugenote), Farron Eland (tweede Prinses), Thomas Linnegar (eerste prins), Reinard Reitsma (tweede prins), Amaria Carstens (beoordelaar). Voor is Andrea Louw (Mej. Hugenote) en Viljé Maritz (beoordelaar). velditems, ‘n afdeling vir die bes geklede groep en die besgeklede drum major, sowel as ‘n afdeling vir die grand march pass,” vertel Terrence oor die formaat van die kompetisie. Alhoewel die Wellington Kerskoor eers in 2015 gestig is, het hulle in 2016 reeds ‘n vierde plek by die kompetisie behaal. In 2017 het hul na die tweede plek gevorder en hierdie jaar het hulle met die louere weggestap. Hul ledetal het ook van ‘n aanvanklike 10 lede na 25 lede gegroei en volgens Terrence is daar steeds ongekende belangstelling van mense wat graag deel van die orkes wil word. Kaptein Basil Seekoei van die plaaslike SAPD het as een van die beoordelaars by die kompetisie opgetree en is baie beïndruk met die plaaslike orkes se prestasie. “Hierdie kompetisie verg meer dissipline as byvoorbeeld die kompetisie wat vir die Klopse gehou word. "Ons beoordeel hul drilbewegings en peletonne. ‘n Mens kon duidelik die presisie en dissipline wat konstabel Williams in die SAPD

geleer het in sy orkes se vertoning bespeur. Vir ons is dit ‘n bron van trots. In ‘n tyd van sosiale en morele verval is sulke dinge miskien net die oplossing om hierdie probleme teen te werk,” het hy gesê. Volgens Kaptein Seekoei is die deelname aan kore en orkeste soos hierdie ‘n gesonde, gestruktureerde manier om mense, en veral jongmense, uit die kwaad te hou en ‘n gedissiplineerde lewenswyse en toewyding te kweek. “Ek hou van die idee dat dit vir mense ‘n plek gee waar hulle voel hulle behoort. "Dit is ‘n gesonde alternatief vir bendebedrywighede en kriminele aktiwiteite,” het hy laat hoor. “Daar is baie jongmense en kinders wat ook deel is van ons orkes. Sommige van hulle was voorheen met dwelms deurmekaar. "Hul betrokkenheid by die orkes gee hulle iets sinvol om hulle mee besig te hou en leer hulle dissipline. "Dit is dinge wat ons gemeenskap en ons land kan vorentoe vat. Dáárom belê ek daarin,” sê Terrence.

NUUS • NEWS


2

NUUS • NEWS

21 Maart 2018

•NUWE WOONEENHEDE OP TERREIN BEPLAN

Nuwe ontwikkeling vir Silwerkruin

•Jaomi Zeeman Daar is groot planne om die parkeerterrein en motorhuis-area agter Silwerkruin in splinternuwe wooneenhede te omskep. Hierdie grond, wat aan die ACVV behoort, kan miskien binnekort met ongeveer 40 luukse aftree-eenhede spog. Volgens Johan Rademeyer wat by die beplanning van die ontwikkeling betrokke is, word die parkeer- en motorhuis-area van Silwerkruin tans onderbenut deur die inwoners self. “Dit is die ideale plek om ‘n groot behoefte in aftree-behuising aan te spreek,” sê hy. Johan, ‘n voormalige raadslid van die Drakenstein-munisipaliteit, is betrokke by verskeie eiendomsontwikkelings. Hy is met talle ontwikkelings wat vir die munisipaliteit gedoen word gemoeid en is ook onder andere in Malmesbury by ‘n sentrum wat ondersteunende dienste bied betrokke. Tydens sy diens as raadslid het hy op die munisipaliteit se uitvoerende bestuur gedien waar hy verantwoordelik was vir infrastruktuur - ‘n plek waar hy sy ervaring in die bedryf verder

verfyn het. Volgens Johan het sy betrokkenheid as bestuurslid van die ACVV sy oë vir die behoefte aan aftree-eenhede oopgemaak. “Dit is nie net ‘n plaaslike behoefte nie, maar ‘n nasionale een,” sê hy. Johan verduidelik dat die druk in die ekonomie ook ‘n bydraende faktor tot die beplanning van die ontwikkeling was. “As gevolg van die ekonomiese druk, wat ook vir Silwerkruin negatief raak, het die idee ontstaan om hoë kwaliteit woonstelle op die Silwerkruin-terrein op te rig waar persone wat nie meer die las van groot huise wil dra nie, gerieflik kan afskaal en, wanneer dit nodig mag word, ook van Silwerkruin se versorginsgeriewe gebruik kan maak,” verduidelik hy. Met hierdie ontwikkeling wil hulle graag verskillende behoeftes aanspreek en het daarom met ‘n behoeftebepaling onder belangstellendes begin. “Daar sal enkelwoonstelle van ongeveer 28 vierkante meter wees, eenslaapkamerwoonstelle van sowat 42 vierkante meter en dan

Rolene Strauss besoek Wellington eersdaags Wellingtonners kan uitsien na ‘n interessante praatjie deur die internasionale glanspersoon en voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss. Sy sal tydens ‘n Kinderontwikkelingsoggend wat op 14 April deur die arbeidsterapeut Lanése Knipe aangebied word, as spreker optree. Volgens Lanése is sy baie opgewonde om Rolene as hoofspreker by hierdie geleentheid te verwelkom. “Sy is nie net wêreldbekend nie, maar ook ‘n voormalige mej. SA, mej. Wêreld, ‘n mamma en ‘n dokter,” sê sy. Ander sprekers wat by die oggend sal optree, is dieetkundige Chantel Richardson, die

ook tweeslaapkamerwoonstelle van ongeveer 55 vierkante meter. Alle eenhede sal aan die jongste standaarde van toepassing op hierdie tipe akkommodasie voldoen. Ons is tans met ‘n opname besig om te bepaal hoeveel van watter tipe eenhede ons by die ontwikkeling moet insluit om mense se behoeftes die beste aan te spreek,” sê hy. Die ontwerp van die ontwikkeling sal veiligheid en volhoubaarheid verseker. Dit sal ook die estetiese identiteit van die omgewing respekteer en by Bainstraat se beeld inpas. “Alle vensters en deure sal uit UPVC met dubbel glasuring vervaardig word om maksimum beskerming teen hitte, koue en klank te bied. "Die moontlikhede van PV-panele om elektrisiteit te genereer word ook ondersoek. Addisionele, ongebruikte krag sal byvoorbeeld aangewend word om warm water te genereer en sal individuele warmwatersilinders uitskakel. Die fokus sal wees om die totale gebou so groen as moontlik te maak om sodoende toekomstige uitgawes so laag as moontlik te hou en te beperk,”

verduidelik Johan. Die ontwikkeling word op twee vlakke beplan, waarvan die onderste een vir administratiewe en sosiale aktiwiteite aangewend sal word, terwyl die boonste vlak die wooneenhede sal huisves. “Alle dienste soos tans deur Silwerkruin verskaf, sal deur die inwoners van die eenhede benut en ingekoop kan word,” sê Johan. Volgens hom sal die wooneenhede van die mees bekostigbare produkte van sy soort in die Wes-Kaap wees. “Die rede vir die bekostigbaarheid hiervan, is die feit dat die grond aan die ACVV behoort. Eienaars sal lewensreg op die eenhede kry. Daar is ‘n hele span ongelooflike kundiges wat by die projek betrokke geraak en by die idee ingekoop het. Dit gaan regtig ‘n spoggerige produk wees,” sê Johan. ‘n Lys waarop ‘n meningsopname ten opsigte van die tipe wooneenhede waarna daar die grootste vraag is, gedoen word, is by Silwerkruin beskikbaar. Potensiële belangstellendes kan ook vir Johan Rademeyer by 082 925 8149 vir meer inligting skakel.

Vyefees met fleur gevier

oudioloog Liesel van der Merwe en die kindersielkundige Ben Truter. Lanése, ‘n pedriatriese arbeidsterapeut, sal self ook by die geleentheid optree. “Die fokus van die oggend is op die ontwikkeling van kinders, veral tydens hul babajare tot en met so sewe jaar oud, gerig,” het sy verduidelik. Talle uitstallers, wat spesifiek op die ontwikkeling van die klein kind gerig is, sal ook hul ware tydens die oggend ten toon stel. Belangstellendes kan Lanése vir besprekings en meer inligting by info.lkotherapy@gmail.com kontak.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za. Bo: Die kuierarea by die Vyefees was ‘n hutspot van heerlike vermaak, ‘n verskeidenheid vye-produkte en luilekker ontspanning. Onder: Sophia, Sienna en Seville Rabe het die Vyefees terdeë geniet.

Die vierde XTN Vyefees het die afgelope naweek op die Uitkijk-familieplaas buite Wellington plaasgevind. Die fees het Saterdagoggend met wedlope oor verskillende afstande, sowel as fietswedrenne op die plaas afgeskop. Oud en jonk kon daarna aan die verskillende aktiwiteite by die fees deelneem en die heerlike vye-produkte geniet. Trekkers met sleepwaens het besoekers na die vyeboorde geneem om hul eie vars vye te gaan pluk. Die jongspan het hulle aan die verskeidenheid plaasdiere vergaap en van hul energie op die springkastele en ander kindervermaak ontslae geraak. Volgens Jan Eksteen, eienaar van die plaas, het hulle vier jaar gelede besluit om vye en die verskeidenheid gebruike daarvan met ‘n fees aan die publiek bekend te stel. Die vye-seisoen is ‘n besige tyd op die plaas omdat vye elke dag gepluk moet word. “Vye is soos blomme. Dit moet elke dag

gepluk word, presies wanneer dit net ryp genoeg is. Anders verober die voëls dit of bars dit oop en is dit nie meer bruikbaar nie,” verduidelik Jan. Van die interessante vye-produkte wat by die fees te kry was, is tapas-borde met vye-kombinasies, vyekonfyt, vyesap, vyestroop-mengeldrankies en vyebier. Besoekers kon aan al hierdie vye-produkte weglê terwyl hulle na die klanke van die beste plaaslike sangtalent luister. Newton & Co, Bottomless Coffee en die gewilde groep TWEE het vir ononderbroke vermaak gesorg. Volgens Heinrich von Wielligh, organiseerder van die fees, lê die sukses van die fees in die outentieke aard daarvan. “Dit gaan oor vars, kwaliteit plaaslike produkte, gekombineer met kreatiwiteit en unieke spesialis-vaardighede. Gooi ‘n gemoedelike atmosfeer, goeie musiek, Bolandse gasvryheid met ‘n verskeidenheid interessante stalletjies daarby, en jy het ‘n fees waarna mense jaar na jaar terugkeer,” sê hy.


NUUS • NEWS

21 Maart 2018

Nuwe fees fokus op pinotage en biltong

ATKV hou Bybelstap

Cobie van Oort, John Hollaway van AfriFoods en Etienne Louw van Altydgedacht Wynplaas en lid van die Pinotage Assosiasie.

•Jaomi Zeeman ‘n Unieke fees waar twee van Suid-Afrika se mees ikoniese produkte saamsnoer om ‘n uitsonderlike ervaring moontlik te maak, word binnekort in ons omgewing gehou. Die gewilde jaarlikse Pinotage en Biltongfees word hierdie jaar vir die vierde keer in die Kaap op 14 en 15 April by die Perdeberg-wynlandgoed gehou. Hierdie fees is op Donderdag 8 Maart by Perdeberg-wynlandgoed bekendgestel. Volgens die organiseerders beloof hierdie jaar se fees om ‘n onvergeetlike ervaring te wees. Agtien wynplase sal tydens die fees nagenoeg 50 verskillende pinotage-produkte vir proe en verkoop aanbied. Sommige van hierdie produkte sal saam met biltong en verwante produkte van Afrifoods & Slaghuis “gepaar” word. Die wynstyle sluit die tradisionele rooi Pinotage tot rosé, vonkelwyn, MCC, versnitwyn en selfs ‘n wit pinotage in. Onder die deelnemende plase is Badsberg Wynkelder, Beyerskloof, Boland Kelder, Bonnievale Wyne, Delheim Wyne, Flagstone Wyne,

Grande Provence Heritage-wynlandgoed , Idiom Collection, Knorhoek Wyne, Lanzerac Wyne, Mellasat Wingerde, Overhex Wyne Internasionaal, Perdeberg Kelder, Rhebokskloof-wynlandgoed, Simonsvlei Kelder, Stellenbosch Hills Wyne, Van Loveren Wingerde en Wellington Wyne. Kosstalletjies, ‘n oester- en vonkelwynkroeg, Perdeberg se eie bierreeks, ‘n kinder-speelarea en musiek deur die gewilde Guy Feldman en sy orkes sal vir ‘n perfekte familiedag in die wynlande sorg. Daar sal ook ‘n prys vir die besgeklede besoekers wat volgens die “pers en wit” tema aangetrek is, wees. Wanneer eg-Suid-Afrikaanse produkte soos Pinotage en biltong met gesellige musiek en fynproewers-geregte teen die agtergrond van ‘n Bolandse wynplaas gekombineer word, is die resultaat die Pinotage en Biltongfees. Belangstellendes kan www.plankton.mobi of www.computicket.com vir besprekings besoek Vir meer inligting kan hul www.cvomarketing. co.za besoek. Kaartjies sal ook by die fees beskikbaar wees.

Sybil Kotze van die ATKV staan by Heinrich Gabler voor die wegspring van die pretstap. Die plaaslike ATKV-tak het op Woensdag 7 Maart hul jaarlikse Bybelstap gehou. Die tak loods elke jaar hierdie inisiatief om fondse vir Bybelverspreiding in te samel. Die inskrywingsgeld wat tydens die pretstap ingesamel word, gaan direk vir hierdie verdienstelike doel. Talle Wellingtonners het Woensdagmiddag aangetree om die Bybelstap mee te maak. Nadat Danie Theart van die ATKV die verrigtinge geopen het, het Heinrich Gabler, ‘n onderwyser by Hugenote Laerskool en finalis in die Mnr. SAkompetisie, die atlete laat wegspring. Volgens Sybil Kotzé van die ATKV was hul hierdie jaar oorweldig met die groot opkoms van deelnemers. “Ons deel gewoonlik so net onder die 100 medaljes uit vir die stappers. "Hierdie jaar was die 150 medaljes te min en ons moes nog ekstras in die Kaap gaan haal,” vertel sy opgewonde. Die ATKV het ook baie donasies vir hierdie projek gekry. “Die bedrag wat ons na die pretstap kon inbetaal, is drie keer meer as wat ons ander jare gewoonlik insamel. Ons is só dankbaar vir Wellington se mense se omgee,” het sy dankbaar gesê.

3


4

21 Maart 2018

NUUS • NEWS

Dempers, Wynand du Toit praat oor wedervaringe Niel Büchner kuier saam met Armand, Viljé en Izak op die Bosman Plase.

Bekendes kuier op Wellington Armand du Plessis, Mnr. Suid-Afrika, die bekende en bekroonde akteur Viljé Maritz, die akteur en sanger Izak Davel en Sarie se moderedakteur, Amaria Carstens, het onlangs heerlik in Wellington gekuier. Hulle was hier om Hugenote Hoërskool se Mnr. en Mej. Hugenote (MMH) te beoordeel en aan te bied. Hierdie vier bekendes het vir twee dae lank op Wellington vertoef en die dorp se gasvryheid en talle besienswaardighede terdeë geniet. Hulle kon tydens die vooraf-onderhoude met die finaliste by die Imbuko-wynlandgoed uitspan. Tydens ‘n uitstappie in en rondom Wellington het hulle onder andere by Villamar ‘n koffie-, sjokolade en roomysproe ervaring geniet. Hulle het ook by Val du Charron ‘n draai gegooi en meer oor die vallei se geskiedenis en wynerfenis te wete gekom. Die uitstappie is by die Bosman-plaas afgesluit waar die bekendes meer oor ons vallei se stokkiesboerdery en dié plaas se wingerd- en wyngeskiedenis uitgevind het. Hulle kon ook ‘n heerlike middagete saam met plaaslike wyne geniet. Armand, wat as prokureur in Johannesburg praktiseer, is dol oor die Boland en verras met alles wat ons dorp aan besoekers bied. “Wellington is soos ‘n juweel hier in die Boland. Dit is nie net in ‘n pragtige vallei nie, maar die mense en die kwaliteit produkte wat ‘n mens hier kry, verstom my,” het hy gesê. Amaria, wat in Melkbosstrand woon en in Kaapstad werk, is net so beïndruk met die dorp. “Ek het destyds in die Paarl skoolgegaan en Wellington as die ‘kleiner buurdorp’ geken. Ek is verbaas oor die uitbreidings en alles wat die

dorp nou aan besoekers bied. Dit lyk na ‘n heerlike plek!” het sy laat hoor. Viljé woon ook in Melkbosstrand en hou ook baie van Wellington. “Dis nie ‘n plek wat ek voorheen baie besoek het nie, maar ek sal beslis nou meer hierheen kom. Die mense is vriendelik en gasvry en hier is so baie om te doen, maar op ‘n laid back manier wat nog eie is aan die platteland. Dis ‘n plek waar ek maklik sal kan woon,” het hy gesê. Vir Izak, wat in Gauteng woon, was die kuier in die Kaap ‘n groot bederf. “Kyk, dis pragtig hier. Ek hoop die mense waardeer dit wat hulle elke dag hier rondom hulle sien. Die wyn is lekker, die mense is lekker - dis ‘n plek wat ek vir my vrou wil kom wys,” het hy gesê. Izak het op Donderdagaand, 15 Maart, as aanbieder en kunstenaar die volgepakte skoolsaal van Hugenote Hoër met sy kwinkslae tydens die MMH kompetisie vermaak. Armand, Amalia en Viljé het as beoordelaars by hierdie geleentheid opgetree. Hulle was nie net beïndruk met die dorp nie, maar ook met die jongmense en skool waarmee hulle te doen gekry het. “Alles is so professioneel georganiseer en aangebied. Ek het nog nooit voorheen so iets by ‘n skool gesien nie,” het Armand gesê. “Die kinders se goeie maniere, gasvryheid en vriendelikheid het ‘n groot indruk op my gemaak. Dit is die tipe skool waarin ek eendag my eie kinders sal wil hê,” het Viljé laat hoor. Amaria, Armand, Izak en Viljé was dit eens: dit is beslis nie die laaste keer dat hul Wellington besoek nie.

Die plaaslike avonturier, Johan Dempers, het op Saterdagaand 10 Maart saam met Wynand du Toit ‘n interessante motiveringsaand by die Duitse Klub in die Paarl aangebied. Beide hierdie manne het al ongekende uitdagings trotseer en uiterste beproewings te bowe gekom. Hulle het hul ervarings en die lesse wat hul daaruit geleer het met ‘n stampvol saal belangstellendes gedeel. Die geleentheid het talle interessanthede opgelewer. Daar was ‘n uitstalling van militêre voertuie en gereedskap deur die Heritage Group. Johan en Wynand het ook die boeke oor hul avonture en wedervarings te koop aangebied. Die meer as 100 gaste kon ook vir ‘n heerlike spitbraai-ete aansit. Tydens Johan se motiveringspraatjie is daar ‘n videovertoning van sy ervaring as deel van ‘n onlangse ekspedisie na die Amasone gewys. ‘n Insetsel wat op SABC 2 se Fokus-program oor die ekspedisie was, is ook vertoon. Johan het meer oor sy eerste en tweede ekspedisie na die Amasone vertel. In die tyd tussen die twee ekspedisies was hy by privaat veiligheidskontrakte in Irak betrokke. Hier moes hy oliekonfooie vergesel. Tydens een van hierdie operasies was hy in ‘n ernstige motorongeluk waartydens hy lewensbedreigende beserings opgedoen het. “My boodskap is dat met die hulp van ander en ‘n sterk wil om te oorleef, jy enigiets kan doen. Stel jou eie doelwitte. Ek het ‘n doelgerigte wil en begeerte gehad om weer te kan loop. Sonder die regte mense wat my gehelp het en my wil om beter te word en weer avonture te beleef, sou ek nie vandag hier gestaan het nie,” het hy gesê. Oudverkenningsoldaat maj. Wynand du Toit, wat in 1985 in Angola gevange geneem en vir meer as twee jaar aangehou is, het ook ‘n motiveringspraatjie gelewer en is by die geleentheid deur die Russiese Klub van Kaapstad vereer. Du Toit het gepraat oor ‘n mens se drome as

jy jonk is en hoe die lewe dit anders laat uitdraai met spesifieke gebeurtenisse - bakens van hoop waarop jy kan terugkyk op jou lewenspad. Hy het vertel van sy onlangse Australiese besoek en die spesiale behandeling wat oorlogsveterane in dié en ander lande geniet. “Ek staan skaam oor hoe min ons in ons land vir veterane doen. Ons behoort om te sien na veterane wat nie in staat is om na hulself om te sien nie,” het hy gesê. Du Toit, wat deesdae in die Suid-Kaap woon, het geraak aan die operasie waarin hy gevange geneem is. Hy het vertel hoe hy ná 30 jaar se wonder in ‘n film besef het wie die generaal is wat opdrag gegee het vir die operasie waarin hy gevange geneem is. Volgens hom was die operasie nie, soos gebruiklik, deur die destydse staatspresident en staatsveiligheidsraad gemagtig nie. Hy het bygevoeg dat die operasie beperkinge gehad het wat dit baie moeilik gemaak het en dit uiteindelik rampspoedig laat eindig het. Wynand du Toit en die Russiese Klub in Kaapstad het ‘n spesiale toekenning aan Johan oorhandig.


NUUS • NEWS

21 Maart 2018

Nuwe handleiding vir eisteddfod bekendgestel ‘n Nuwe boek wat ‘n nuttige handleiding en bron van materiaal vir onderwysers, ouers en leerders wat graag aan eisteddfods deelneem is, is op Saterdag 17 Maart by die Bôrdienghuis bekendgestel. Eisteddfod Pret is ‘n samestelling van gedigte, monoloë en groepvoordrag items wat deur NB Uitgewers gepubliseer is. Hierdie nuwe bron van nuttige eisteddfod-materiaal is die resultaat van ‘n groep, die Fynbosskrywers, se pennevrug. Dié groep skrywers vanoor die hele Wes-Kaap het ‘n verskeidenheid oorspronklike, toepaslike materiaal vir eisteddfod-doeleindes, maar ook vir voorlees en selflees geskryf. Die boek bevaat 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake. Tydens die bekendstelling het Elna van der Merwe, fiksie en boekeredakteur by die Huisgenoot, met die skrywers wat die geleentheid bygewoon het in gesprek getree. Louise Lachenicht, lid van die Raad van Afrikaanse Beoordelaars, lid van die SA Spraak en Dramakollege, eienaar van ‘n dramaskool en met ‘n lisensiaat in spraak en drama, het ook aan die gesprek deelgeneem. Talle belangstellendes, ouers, onderwysers en kinders het die geleentheid bygewoon. Plaaslike leerders het ook van die gedigte en monoloë uit die boek voorgedra. “Dit is min dat die sukses van ‘n boek reeds vóór die bekendstelling daarvan bewys is. Met

hierdie boek is dit egter juis die geval. Die belangstelling hierin, die vraag hierna en die voordrag van die werke uit die boek bewys die ongelooflike behoefte wat hierdie publikasie aanspreek en die sukses wat dit reeds behaal,” het Elna tydens die bespreking gesê. Volgens haar is dit ook ‘n unieke publikasie omdat daar ‘n hele groep skrywers aan die inhoud saamgewerk het. Op ‘n vraag oor hoe die Fynbosskrywers ontstaan het, het Gloudine Kellerman, medesamesteller van die boek, die hele inisiatief verduidelik. “Nadat ons ‘n skryfkursus bygewoon het en talle mislukte individuele publikasiepogings gehad het, het ons besluit om saam te werk. Ons gebruik ons Fynbos-skryfgroep om ons kreatiwiteit uit te leef. Die temas en onderwerpe waaroor ons skryf, dwing ons om ons kreatief uit te druk en ‘n verskeidenheid resultate te kry,” het sy verduidelik. Jonelle du Toit, die ander samesteller van die boek, het dit beaam. “Ons hou ‘n dinkskrum en spring dan weg met spertye. Ons moedig al die lede aan om deel te neem,” het sy gesê. Louise Lachenicht het die belangrikheid, sowel as die lewendige aard van die eisteddfod-landskap in Suid-Afrika beklemtoon. “Eisteddfods speel ‘n belangrike rol in kinders

Long wait pays of for Fynbos Fine Foods

Fynbos Fine Foods, a family business just outside Malmesbury received their Food Safety System Certification last week. This was a very proud moment for owners Julian and Rozelle Abramson and staffmembers. The farm grows a large variety of chillies and the long, hot African summer ensure that the sweet peppers, chillies, aubergines and sweet basil are of an exceptional quality. Alle their chillies are freshly picked every morining. The long wait is over. Fynbos Fine Foods, with owners Julian Abramson and Rozelle Abramson received their FSSC 22000 Food Safety System Certification last week. This certificate is according to the Abramson couple, one of the biggest highlights since starting their business in 1996 just outside Malmesbury. This certificate is internationally recognized and provides a framework for effectively managing the organization’s food safety responsibilities. A couple of representatives from the company FSSC 22000 was present on this prestigious occasion last Wednesday to hand over the certificate. It demonstrates that Fynbos Fine Foods has a robust food safety management system in place that meets the requirements of the customers and consumers. Already, 18 000+ organizations over 140 countries achieved FSSC 22000 certification. Fynbos Fine Foods, situated on the Tierfon-

tein road, is a small family business which was founded in 1996. Their registered name is Cape Hothouse Vegetables CC. They grow a large variety of chillies. At Fynbos Fine Foods all of their products are made from the freshest produce. The chillies are picked early in the morning from their fields and are then bottled in their kitchens under extremely hygienic conditions. There is a gourmet commercial kitchen on the farm where they bottle the finest range of products for the local and overseas market. For a productive chilli plant, healthy seedlings is necessary. This “hot” business specialise in chillies growing twelve different varieties as well as lemons and watermelon and the products are handmade. Each tomato in the pasta sauce is hand peeled. They also specialize in drying, smoking, preserving, pickling and growing the finest produce and products. With this certification, only more goodness can come out of this special family business.

5

Die groep Fynbosskrywers wie se werk in Eisteddfod Pret opgeneem is. se ontwikkeling. Dit is soms die eerste en enigste plek waar kinders leer om in die openbaar op te tree - ‘n vaardigheid wat almal later nodig het. In Pretoria alleen is daar ses eisteddfods en regoor die land blom ons kultuur op hierdie platform,” het sy gesê. Gloudine het verduidelik dat daar behoorlike navorsing gedoen is voordat Eisteddfod Pret die lig kon sien. Henk Viljoen, sowel as Louise, het die behoefte in die mark vir só ‘n boek ondersoek en gevind dat daar ‘n definitiewe vraag na so ‘n bron is. Die materiaal in die boek is geskik

vir graad R tot bykans graad 8-leerders. “Ek stel voor dat kinders self die gedigte kies wat hulle wil voordra. Die onderwyser of ouer moet dan die kind help om daardie gedig oop te breek en die tegniese aspekte saam met die inhoud vir die kinders verstaanbaar maak,” het sy gesê. “Die grootste aspek van die lees en voordrag van gedigte bly egter genot. Die kind moet dit geniet, en dit is iets wat die inhoud van hierdie boek beslis sal moontlik maak,” het Louise afgesluit.

Kuns:

‘n Uitstalling van Dalene Buckle se D’KunsArt studente het op Dinsdag 6 Maart by Monte Video-gastehuis geopen. Die tema van die uitstalling is “Colour my soul” en die verskeidenheid kunswerke is ‘n uiteenlopende versameling wat hierdie tema uitstekend verbeeld. Talle belangstellendes en kunstenaars het die uithanggeleentheid bygewoon. Vir navrae kan Dalene by 082 082 9737 gekontak word. Danlene Buckle saam met ‘n paar van haar studente wie se kunswerke by die uitstalling, Colour my soul, te sien is.


courant

dié

6

NUUS • NEWS

21 Maart 2018

Geoliede wiele

Almal weet watter frustrasie krakende skarniere, skreeuende ratte of skril asse kan veroorsaak. As dinge nie lekker glad wil loop nie, het ons gelukkig almal ‘n kannetjie olie of ‘n potjie ghries iewers in ‘n kas. Ron Kaufman het eenkeer geskryf dat slegs goed-geoliede masjiene glad kan loop. Volgens die HAT is iets wat op “geoliede wiele” loop, goed georganiseerd en sonder probleme. Gedurende hierdie week sal Wellingtonners duisende goed-geoliede wiele deur die dorp en ons vallei sien beweeg. Die jaarlikse Absa Cape Epic fietswedren het reeds afgeskop en die voorste nasionale en internasionale fietsryers sal vir drie dae in ons dorp vertoef en die agterpaaie van ons pragtige omgewing met hul fietse verken. Hierdie groot gebeurtenis in die fietsrywêreld se sukses hang nie net van die geoliede wiele van die die fietsryers af nie, maar ook van die ongelooflik goed-geoliede organisasie van dié okkasie. Die deelnemers se kampterrein, wedren-eindpunt en sosiale bymekaarkomplek vir die Epic word reeds die afgelope week op Hugenote Hoër- en Laerskool se sportterrein gereedgemaak. Alles is haarfyn beplan en georganiseer om die suksesvolle afloop van hierdie groot geleentheid te verseker. In Wellington weet mense hoe om die wiele geolie te hou. Ons mense is meesters as dit by organisasie kom en hulle verstaan die kuns om dinge glad te laat verloop - veral as dit tot voordeel van die hele gemeenskap kan strek. Talle individue en instansies het ingespring om ‘n waterskenking van ‘n skool in Gauteng vir Huis Andrew Murray moontlik te maak - met seepgladde logistiek en organisasie. Die ATKV het onlangs ‘n suksesvolle Bybelstap georganiseer en nie net hul eie goeie organisatoriese vermoëns ten toon gestel nie, maar ook gesorg dat ander mense se geestelike wiele geolie bly. Hugenote Laerskool se kaskarwedrenne was ‘n voorskou van die talle geoliede wiele wat hierdie week op dié skool se terrein sal sing en die goeie organisasie van die onlangse Vyefees het, saam met die heerlike atmosfeer op die Uitkijk Plaas, vir ‘n suksesvolle geleentheid gesorg. Die plaaslike atleet, Geo van Niekerk, hou sy litte geolie deur by ‘n harde oefenprogram te hou en vasberadenheid aan die dag te lê - iets wat hom groot sukses in sy atletiekloopbaan laat behaal. Met Kinderland Kleuterskool se goed-georganiseerde atletiekbyeenkoms kon kinders voel hoedat ‘n goed-geoliede lyfie vir baie pret kan sorg. Selfs die bekende Izak Davel, Viljé Maritz, Armand du Plessis en Amaria Carstens wat ons dorp hierdie week besoek het, is beïndruk met die geoliede manier waarop alles in ons vallei gebeur en aangebied word. Mag elkeen hierdie week met genoeg olie laat wiel of die wiel aan die rol sit.

Dis GoeieGeregtigheid, Nuus geregtigheid moet jy najaag

Dr. Andrew Bosman

Moses is besig om sy laaste woorde met die Israeliete te deel. Hy onderrig hulle dat hulle die feeste van die Here moet onderhou in die land waarheen hulle gaan om dit in besit te neem. Hulle moet regters aanstel en hulle moet oordeel volgens regverdige regspraak. Hulle mag die reg nie verdraai nie, hulle mag nie partydig wees nie, en hulle mag geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het. Dan herhaal hy die woorde wat die HERE aan hom gegee het, geregtigheid, geregtigheid moet julle najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die HERE jou God jou sal gee. Die Israeliete moet die Here volg en nie in hierdie land die gewoontes en afgodediens van die heidennasies navolg nie. Hulle moet nie heilige boomstamme of vir hulle klippilare oprig nie, dit is dinge wat die HERE jou God haat. As ons de geregtigheid soek, is daar beloftes by : Dat ons kan lewe, en dat ons die deel wat die HERE ons gee in besit kan neem.

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Skog Voorsaaidag: Risikobestuur 14 Maart: Vanjaar se Skog Voorsaaidag vind vanaf 08:00 by die Stoor, Reservoirstraat 1, Ebenhaezer op Moorreesburg plaas. Die hoofspreker is Giel Hugo en sy onderwerp is "Weervooruitsigte vir 2018". Prof André Agenbag gesels oor risikobestuur vir volhoubare gewasprduksie en André Fourie raak "die storie rondom vee" aan. Kontak Gert Conradie by 022 433 8932 of 074 603 7240 of stuur 'n epos na gertc@elsenburg. com. Darling-familiefees 17 Maart - Die Darling Familiefees word gehou van 09:00 tot laat by die Darling NG-kerk. Talle aktiwiteite soos 'n mark, boeresport, kinderaktiwiteite, kuiertent en Jo Black om 19:00

Om seker te maak jy deel in die vye-pret, bespreek nou by xtnfigfestival@gmail.com Two Olives Ministries 1 April: Two Olives Ministries is presenting a Passover/Pesach gathering (a bring 'n share) @ 17:00 @ Salem Bibical Garden, Agter Paarl. Confirmation of attendance is nesseccary. For more info please contact Ps Nico Mettler at 082 498 4130 Badisa Wellington 6 April: Badisa Wellington bied aan Mnr & Mej Badisa Wellington 2018 om 18:00 by Breedt saal, Wellington. Die kostes beloop R30 per persoon. Swartland Charity Bikers Braai 6-8 April - Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai word op die Moorreesburg-skougronde gehou. Voorafskrywings beloop R140. Hektoegang beloop R170 en kenteken R20. Kinders onder 10 is gratis. Voorafinskrywings sluit op 9 Maart. Kontak Francois by 083 956 0606, Erhardt by 082 898 1026 of Herman by 083 568 5020. Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www. plankton.mobi

XTNFIGFESTIVAL 17 & 18 Maart - 'n Heerlike vyefees word op 17 en 18 Maart op die Uitkijk-plaas, Voor-paardeberg, gehou. Voorafbesprekings beloop R160 per persoon. Daar is beperkte kaartjies by die hek beskikbaar teen R180 per persoon.

The Darling Trust 4 May: Black tie dinner and auction with tannie Evita & chef Jenny Morris at Evita se Perron, Darling R950/ticket To book visit : THEDARLINGTRUST.ORG

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.

Kerke • Churches

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens

NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.


NUUS • NEWS

21 Maart 2018

Huis Andrew Murray kry water uit Gauteng

Die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum (HAM) het onlangs ‘n waterskenking van ‘n skool duisende kilometers ver gekry. Die Trinity Northriding skool naby Pretoria het ‘n projek van stapel gestuur waarmee hulle soveel as moontlik water vir die inwoners van HAM wou insamel. Hierdie reuse-skenking is op 7 Maart in Wellington deur Anderson Transport afgelewer. Die personeel van HAM het reeds in Februarie besluit om ‘n waterprojek te loods waarmee hul instansies en gemeenskappe wou aanmoedig om met die broodnodige watervoorsiening aan hul inwoners te help. “As deel van ons 120ste verjaarsdagvieringe het Huis Andrew Murray op 1 Februarie 2018 ‘n waterprojek geloods. "Daagliks word ongeveer 117 l water per kind, en ons het 150 inwoners, vir sanitêre doeleindes, washuisgebruik, skoonmaakdienste, sowel as voedselvoorbereiding aangewend. Watergebruik is dus van uiters belang vir ons dienslewering aan ons kinders,” sê Karen Pietersen, hoof van bemarking by HAM. Vir hierdie doeleindes kan mense skenkings van geseëlde 5 liter houers met water by HAM

Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 17:00 aflewer. Mense kan ook kontantbydraes vir hierdie inisiatief maak en verskeie kerke en ander organisasies het die projek reeds goed ondersteun. Die plaaslike vervoermaatskappy, Anderson Transport, het ook aangebied om die water van verskeie punte tot by HAM te vervoer. ‘n Onderwyseres van Trinity House Northriding in Gauteng, Belinda de Kock, het van die nood en inisiatief by HAM te hore gekom. Belinda was vir jare ‘n geliefde grondslagfase-onderwyseres by Hugenote Laerskool en verstaan die behoeftes en uitdagings van ‘n instansie soos HAM. Sy het immers vir jare hul kinders onderrig. Hierdie inisiatief het haar gemotiveer om ‘n insameling van water by Trinity House, die skool waar sy tans skoolhou, te hou. Belinda het die kinders by die skool begin motiveer en ook beroepe op sosiale media gedoen om die projek ‘n hupstoot te gee. “Die water wat ons insamel word na Wellington geneem vir verskeie organisasies op die dorp, onder andere die Huis Andrew Kinderhuis. Anderson Transport se Wellington-depot

doen die transport teen geen koste. Ons wil hul bedank vir die wyse waarop hul betrokke raak tydens die waterkrisis. "Ons vra groot asseblief vir enige waterskenkings wat by Trinity House Northriding afgegee kan word. Hierdie is n projek wat die kinders van ons skool wou begin om te wys dat ons uitreik selfs na ander provinsies in krisis,” het HAM op 3 Februarie op facebook gevra. Belinda het ook met een van Hugenote Laerskool se oud-leerders en ‘n oud-inwoner van HAM, Heinrich Gabler, kontak gemaak om haar met die projek te help. Heinrich is tans ‘n onderwyser by Hugenote Laerskool en hy en van die HAM-leerders in dié skool het gereeld met Belinda en die kinders in Trinity House per Skype gesels. Die kinders in Trinity House kon tydens hierdie sessies vrae aan Heinrich en die inwoners van HAM vra om die situasie rondom waterskaarste beter te verstaan. Op 7 Maart het die groot lorrie van Anderson Transport uiteindelik in Wellington aangekom om die 2870 liter water wat die leerders van Trinity House Northriding ingesamel het, by HAM af te lewer.

7

“Ek en die kinders gaan nou dankie-sê briefies aan die kinders van Trinity House en aan juffrou Belinda begin skryf. "Dit was ‘n wonderlike inisiatief en hul liefde en die manier waarop hulle na HAM uitgereik het, is ‘n voorbeeld vir ander instansies,” het Heinrich gesê. “Ons is regtig baie dankbaar vir hierdie groot skenking. Die water gaan direk na die kinders se huise toe vir gebruik. Ons het elke druppel nodig,” het Karen dankbaar gesê. 8 Maart Trinity House Northriding in samewerking met Anderson Vervoer en NG Kerk Weltevreden het gister 2874 liter water by Huis Andrew Murray Kinderhuis (HAM) afgelaai. HAM se kinders wil vir almal bedank vir hierdie suksesvolle projek. 40 bls x 5 lt water is direk na die 12 huiseenhede geneem vir gebruik. Ons nooi nog kerke, skole, maatskappye uit om deel van die WATERPROJEK te word. Kontak ons kantoor by 021 8733834/bemarking@ andrewmurray.org.za indien u betrokke wil raak. Vir meer inligting kontak die kantoor by 021 8733834.


courant 21 Maart 2018

dié

8

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

21 Maart 2018

Wellingtonner wen met lang asem

Kaskarre: Hugenote Laerskool het op Vrydag 16 Maart hul jaarlikse kaskarwed-

renne gehou. Tydens hierdie geleentheid kon klasgroepe met mekaar om ‘n baan in kaskarre meeding. Besoekers, ouers en belangstellendes kon aan die heerlike lekkernye by die talle stalletjies smul, terwyl die onderskeie grade dit op die kaskarbaan uitgespook het. Elke klasgroep het ook volgens ‘n tema aangetrek wat die spangees versterk en die aanskoulikheid meer interessant gemaak het.”

•Jaomi Zeeman Die Wellingtonner Geo van Niekerk is besig om met sy lang asem vir homself naam in sportkringe te maak. Hierdie oud-leerder van Hugenote Hoërskool het al talle goue medaljes in middel en langer afstande ingepalm en het onlangs ook die eerste plek by die Stellenbosch Straatmylfees behaal. Die Straatmylfees is as deel van die jaarlikse Woordfees aangebied en daar het ook internasionale atlete aan die wedloop deelgeneem. Daar was verskillende kategorieë en Geo het die Junior afdeling met ‘n tyd van 4 minute 22 sekondes kafgedraf. Hierdie spogtyd het hom nie net die eerste plek op die junior podium besorg nie, maar dit was ook die algehele sewende beste tyd van al die wedlope op die dag. Dit is egter nie die eerste keer dat Geo met sy lang asem uitblink nie. Hy was verlede jaar die wenner in die SAD-halfmarathon se junior afdeling - ‘n titel wat hy hierdie jaar graag met welslae wil verdedig. Geo, wat in Calvinia gebore is en op eenjarige ouderdom saam met sy familie na Wellington verhuis het, het sy skooloopbaan by Hugenote Laerskool, Hoërskool Gimnasium en Hugenote Hoërskool voltooi. Hy gaan kuier ook nog gereeld by sy grootouers in die Noord-Kaap. “By my oupa Theunis en ouma Gerrida op Calvinia kan ek lekker die rustigheid van die platteland geniet en sommer ook ‘n paar kilometer oor die vlaktes op my bene sit,” vertel hy. Volgens Geo het hy al van jongs af aan verskillende sportsoorte deelgeneem. “My ma het my altyd aangemoedig om aan soveel sportsoorte as moontlik deel te neem. Ek het aan al die sportsoorte wat daar was deelgeneem,” sê hy. Hierdie veelsydige sportman het ook Bolandkleure in tennis en hokkie verwerf. “Ek het ook aan landloop deelgeem en moes partymaal vir 3 verskillende ouderdomsgroepe hardloop om punte vir die skool te maak,” lag hy. Dit is egter in sy graad 7 jaar dat hy “regte” atletiek ontdek het. “My rugbyafrigter op daardie stadium, Muller Joubert, het potensiaal in my gesien en voorgestel dat ek na rugby-oefening saam met hom na Hoërskool Hugenote gaan waar hy atletiek afrig. Hier het hy my geleer van die sport en in my graad 8 jaar is ek deur Muller voorgestel aan sy broer, Sors Joubert, wat my tot aan die einde van graad 10 afgerig het. In graad 11 het ek besluit om my slegs op atletiek toe te spits,” vertel Geo. Hy is tans deel van die “Dog Squad” wat by die gesoute Johan Fourie in Stellenbosch oefen en Johan is ook Geo se mentor. Volgens Geo het hy tot in graad 10 daarvan gedroom om sterk en gespierd te wees en

oefeninge gedoen om hierdie mikpunt te bereik. Sy prestasie in atletiek is egter hierdeur benadeel. “In my graad 11 jaar het ek besluit om net te hardloop. Met my nuwe manier van oefen het ek 15kg verloor en n ligte 65kg geweeg. Die gewigsverlies het my baie gehelp en ek was van vooraf lus om te hardloop. In die daaropvolgende jaar het ek my lyf leer ken en besef dit reageer beter op hoë repetisies as spoedoefeninge. Ek het dus van ‘n 400m en 800m atleet verander na enige item langer as 1 500 m,” vertel hy. In sy matriekjaar het Geo hom op langer afstande begin toespits en sommer met sy eerste probeerslag die juniorafdeling van die SAD-halfmarathon in 2017 gewen. Hy hou ook die Boland Halfmarathon-titel in die junior afdeling. Geo is vol lof vir sy afrigter, Johan Fourie. “Op sy dag was hy 1 sekonde weg van die wêreldrekord vir 1 500m. Hy het die myl in 3 min 50 sek gehardloop, en kon 53 droommyle hardloop. Maar as gevolg van apartheid kon hy nie internasionaal deelneem nie,” sê Geo oor hierdie legende wat hom nou afrig. Die oefenprogram wat Geo by Johan volg, behels dat hy gedurende die wintermaande lang afstande, so gemiddeld 80km per week, aflê. Gedurende die somermaande verminder sy afstand en moet hy meer op spoed fokus. In hierdie tyd doen hy 40km tot 60km per week. Volgens Geo kom sy motivering grotendeels uit sy dankbaarheid vir sy talent en die plesier wat hy daaruit put om te hardloop. “My droom vir die toekoms is om vir so lank as moontlik hard te kan oefen sonder beserings en my ware potensiaal te bereik. Ek wil net die pad wat vir my uitgesit is, so goed moontlik uitleef,” sê hierdie nederige, doelgerigte jong atleet. “My raad vir ander jongmense wat graag hul sportdrome wil najaag, is om hulself geensins te bekommer oor ander se soms negatiewe opinies en wantroue nie en net te fokus op hulself en dit wat hulle doen. Dan sal sukses volg en mense sal sien wie jy werklik is,” sê hy.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
461 dié courant Wellington by DieCourant - Issuu