c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
21 Maart 2018
14.8%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 461
21 Maart 2018
Kap dit uit by kermis
Die Laerskool Swartland op Malmesbury het die naweek hul jaarlikse kermis op die skool se velde gehou. Talle vermaak vir oud en jonk was weer op die spyskaart. Terwyl daar gebraai is deur die volwassenes, het die jongspan 'n draai met die kaskarre gery en hulself in die pret verdiep.
•RIEBEEK-BOORLING: SJEFSKOOL TOT TOP-HOTEL
Koppies tot u diens Charlotte Lesch RIEBEEK-WES - Van ‘n toekoms in die grootmenswêreld wat eens baie beroerd gelyk het tot ‘n top-posisie by ‘n gesogte hotel, het Peter Koppies van Riebeek-Wes bewys dat harde werk en eerbare kwaliteite ‘n mens ver kan bring. Hy het grootgeword op Riebeek-Wes waar sy ouers en drie susters steeds woon. Koppies het elke oggend douvoordag die bus na Malmesbury gehaal en aan Schoonspruit Sekondêr gematrikuleer. Om nie ‘n standvastige werk te hê nie, was buite die kwessie in die Koppies-huishouding. Hy het aanvanklik ná matriek ingeskryf vir ‘n onderwyskursus by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, maar niks van hul gehoor nie. “Ek vermoed ek het te laat ingeskryf.” Drie maande later is Koppies voorgestel aan Don King, deesdae van die bekende Ikusasa Sjefskool op Riebeek-Wes. King het aanvanklik kom aftree op die dorp ná ‘n loopbaan in die gasvryheidsbedryf waar hy as lektor by 'n internasionale hotelskool gewerk het. Hy kon nie stilsit nie en het die sjefskool begin. In 2013 was Koppies een van die eerste 10 studente aan dié skool wat ‘n gratis kursus in kookkuns ontvang het. Nie net was hy die top-student nie, maar het ook weggestap met ‘n internasionaal erkende kulinêre sertifikaat én ‘n beurs om ‘n drie-jaarlange kursus by 'n internasionale hotelskool by te woon.
“Don het my oortuig om eerder op bestuur te fokus,” voeg Koppies by. ‘n Sjefkursus verander toe in hotelbestuur wat uiteindelik die weg baan tot binne in Franschhoek - die geleentheid om deeltyds as ‘n bestuursleerling by die gesogte Le Franschhoek Hotel en Spa te werk. Hy was een van 20
leerlinge wat in haas elke departement in die hotel gewerk het - van skoonmaakdienste tot ontvangs. Met die sjefkwalifikasie in sy sak, het Koppies wel die kombuis gesystap. Vandag is hy die enigste van die 20 wat oorgebly het. Intussen het Koppies deur die vlakke opbeweeg van vakleerling tot kliëntediensopsigter in Februarie verlede jaar. Aan die einde van 2017 is hy bevorder tot assistent-kliëntediensbestuurder van dié veelbekroonde hotel. “Toe ek my eerste salaris aan die einde van Desember kry, het ek gedink, vir ‘n beter tyd plek kon ek nie vra nie,” sê ‘n opgewonde Koppies. Hy geniet dit nog om kos te maak en te kyk wat in die kombuis gebeur, maar is baie gelukkig in sy huidige pos. Die hotel waardeer hom só dat hulle hom op ‘n kol moes oortuig om nie 'n pos elders te aanvaar nie. Koppies het in ‘n streng huis grootgeword, waar respek, eerbare kwaliteite en geloof hoog geag was en steeds belangrik is. Hy droom nie te ver nie, maar is baie opgewonde oor die toekoms. Sy werkgewer besit verskeie hotelle en is ook besig met die oorname van verskeie ander. “Ek kan moontlik verplaas word om te help om ander hotelle te vestig of op die regte standaard te help bring. Ek is baie dankbaar teenoor Don en Anne Fischer wat my leer kook het en Ikusasa vir die geleenthede wat hulle my gegee het,” voeg Koppies by.
NUUS • NEWS
2
21 Maart 2018
NUUS • NEWS
•INTERNASIONALE VOORSITTER
Lt.kol Uys maak sy merk in weermag
Familiefees:
Die Darling NG-kerk het dié naweek 'n familiefees aangebied en die bekende Afrikaanse sanger, Jo Black, het ook hier opgetree. Vir feesgangers was daar talle verskillende stalletjies met allerlei interessanthede om tussen rond te snuffel.
Uys van der Westhuijzen van Malmesbury is onlangs verkies as voorsitter van die internasionale komitee vir die militêre vaardigheidskompetisie. Dit het plaasgevind by die onlangse wintervergadering van die CIOR (Inter Allied Confederation of Reserve Officers) by die NATO-hoofkwartiere in Brussels, België. Van der Westhuijzen is eenparig verkies. Lt.kol van der Westhuijzen, 'n Reserwemag infanterie-offisier, is sedert 1995 op internasionale vlak by die militêre vaardigheidsomgewing betrokke. In 2015 is hy verkies tot die Internasionale Tegniese Jurie. Sedert hy in 2013 oorgeneem het as die offisier in bevel van die OIC van die Suid-Afrikaanse Weermag se jaarlikse militêre vaardigheidskompetisie het hy verseker dat die Suid-Afrikaanse spanne wat hieraan deelneem altyd met ten minste een trofee terugkeer huis toe.
Sakekamer:
By die Malmesbury Sakekamer se begrotingsvergadering verlede week, het politieke kommentator Max du Preez en ekonoom Rian van Zyl hul kennis met die gehoor gedeel. Bo is die span van Old Mutual Malmesbury wat die aand moontlik gemaak het. Hulle is Llewelyn Lloyd, Elsje-Mari Joubert, Hendrik Spies, Lieb Liebenberg, Pieter Kruger, Louis Jonker en Willem Relihan Links is Johann Sadie, Max du Preez en John Dürr.
NUUS • NEWS
•'2018 KAN SOOS 2016 LYK'
21 Maart 2018
3
Weerman praat oor reën by Skogdag MOORREESBURG - Die Swartland gaan dié winter reën kry. Só het Giel Hugo, weerkundige van Bredasdorp, gesê by die Swartlandse Kleingraan-ontwikkelingsgroep (Skog) se voorsaaidag by Die Hut waar hy landboumense toegespreek het oor 2018 se weervooruitsigte te midde van die droogte wat vanjaar ervaar word. Hugo het reënvaldata van Bredasdorp, aangeteken sedert 1887, met besoekers gedeel. Hy het ook uitgebrei oor die ooreenkomste tussen die son en reën. “Volgens die data sal ‘n mens nie enige verwantskappe tussen sonvlekaktiwiteite en die reënval van Bredasdorp sien nie, maar dit is die ander ding van die wetenskap. Hoe verder ons vorentoe gaan, hoe meer leer ons. Ons begin goed waarneem wat lyk of dit ‘n invloed kan hê op die weer, maar weereens is daar nie genoeg rekord daarvan om dit te kan bevestig nie. "Ons weet daar is elektromagnetiese uitbarstings op die son, of eerder sonvlekke wat waargeneem kan word. Die magnetiese polariteit van die sonvlekke verander ná 11 jaar. Ons weet dit nou ná 11 jaar se navorsing, maar daar moet nog ‘n paar jaar verby gaan voor ‘n mens die verwantskappe tussen die son en die reënval kan kry. “In 2018 gaan ons wel reën kry, maar die vraag is hoeveel. In die winter van 2018 behoort ons wel reën te kry. Maart-maand is nie eintlik die tyd wat ons reën uit ‘n koue front kry nie, maar dit is ‘n goeie voorteken van die reën wat in die winter kom. “Ons verwag wel reën in die winter vanuit die koue fronte.” Volgens hom mag daar dalk een front in ‘n maand wees wat lekker reën gaan bring en eweredig van aard sal wees. In die begin van 2016 het die kouefronte baie mooi deurgekom,” vertel hy. “Ons het wel reën daardie jaar in die winter gekry, al was dit ‘n El Niño-jaar.” Hy vertel dat damvlakke wel aan die einde van daardie jaar laer was as waarmee daar begin is, omdat verbruikers nog nie water bespaar het soos vandag nie. In 2017 het El Niño
die koue fronte onderdruk en damvlakke het nie herstel nie. “Ek dink die weer gaan baie na aan 2016 wees, maar soos jul weet het die damme nie oorgeloop nie. Daar behoort wel ‘n aanvulling van damme te wees. Die vlakke gaan heelwaarskynlik dieselfde wees aan die begin van volgende jaar as hierdie jaar,” voeg hy by. “Daar word gesê ons staan aan die begin van ‘n 11 jaar-droogte. 'n Man luister na die praatjies oor die weer en wat in die Swartland gebeur en dit alles dui daarop dat dit verdoemend is. Hy het gepraat oor die uitsprake dat Swartland in ‘n woestynland gaan verander en die bekende Kaapse nat weer iets van die verlede is. “Daar is wel sekere waarhede daarin, maar baie onsekerhede in die stelling.” Hy het verduidelik hoekom daar winter- en somer-weer is. “Die weer wat die Wes-Kaap beïnvloed, is nie dieselfde wat die binneland beïnvloed nie. Wat die Wes-Kaap betref, is dit ‘n meganiese proses, omdat die aarde in die rondte draai. Ons kan wat breedtegrade betref, sekere weerstelsels verwag op sekere plekke. Tussen 30° en 60° grade sal jy byvoorbeeld tipies die frontale stelsels kry, anders bekend as ‘n laagdrukstelsel of ‘n koue front. Dit bly nie die heeltyd dieselfde nie, omdat die aarde draai.” Dit is koue fronte wat ons reën gaan gee,” verduidelik hy. Lengtegrade is termies van aard en beïnvloed die landmassas en die seestrome. Volgens hom is die binnelandse trog absoluut belangrik vir die reën in die binneland. Die koue Benguela-stroom en die warm Agulhas-stroom het ‘n effek op die binnelandse trog. Die El Niño-effek is warm water wat in die ewenaar ontstaan. Die warm water in die Indiese oseaan veroorsaak dat die Agulhas-stroom warmer is en dat die binnelandse trog ‘n bietjie verder oos buig wat reën oos van die binnelandse trog bring en natuurlik in daardie deel van die land wat die grootste deel is. Die trog is dus baie belangrik en bepaal wie reën gaan kry en wie nie.”
100 Jaar:
Dorothea Jordaan van Malmesbury het die naweek haar 100ste verjaarsdag saam met geliefdes en familie gevier. Jordaan is op 18 Maart 1918 op McGregor gebore. ‘n Dankseggensdiens is Sondag by die Malmesbury Methodiste Kerk vir dié mylpaal gehou. Jordaan woon sedert 2000 by haar dogter en skoonseun, Amanda en Abie Witbooi, op Malmesbury. Die familie wil hul dank teenoor al die betrokkenes uitspreek wat hierdie dag spesiaal gemaak het.
NUUS • NEWS
21 Maart 2018
dié courant
Dis nie die uitdaging, maar die oplossing
Ons word so maklik in boksies geplaas. Gedefinieer deur omstandighede buite ons beheer. Ons plaas onsself ook male sonder tal binne daardie boksies, net om te stry teen die spreekwoordelike mure wat ons begin vasdruk. Dan stry en baklei en skop ons teen die onderdrukking. Of jy nou jonk of oud is, of jy die wysheid van Salomo het, niemand van ons wil voorgesê of beheer word nie. Struikelblokke sal daar altyd wees. Dit is egter nie dié deel van jou lewe wat jou definieer nie. Wat jy met daardie struikelblokke doen en hoe jy dit aanwend in jou lewe om jouself sterker te maak, is wat jou maak wie jy is. Hiervan is Peter Koppies van die Riebeekvallei 'n lewende voorbeeld. Hy het nie toegelaat dat die uitdagings wat hom in die gesig staar, hom onderkry nie. Hy het daardie struikelblokke as boustene gebruik om bo uit te kom en vandag pluk hy die vrugte van sy harde werk. Ja, ons almal het 'n geskiedenis en jou verlede bepaal in 'n mate jou toekoms, maar dit is steeds wat jy daarvan maak. Om vas te klou aan dit wat was en te fokus op die negatiewe, gaan jou niks in die sak bring nie. Wees eerder uniek en positief en kyk na wat die dag van môre dalk vir jou inhou. Gryp elke dag en elke oomblik aan. Definisies hoort in 'n woordeboek, nie jou lewe. IG
It’s Good News
Dr. Marc Blackwell Snr
Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag
Moses is besig om sy laaste woorde met die Israeliete te deel. Hy onderrig hulle dat hulle die feeste van die Here moet onderhou in die land waarheen hulle gaan om dit in besit te neem. Hulle moet regters aanstel en hulle moet oordeel volgens regverdige regspraak. Hulle mag die reg nie verdraai nie, hulle mag nie partydig wees nie, en hulle mag geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het. Dan herhaal hy die woorde wat die HERE aan hom gegee het, geregtigheid, geregtigheid moet julle najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die HERE jou God jou sal gee. Die Israeliete moet die Here volg en nie in hierdie land die gewoontes en afgodediens van die heiden nasies navolg nie. Hulle moet nie heilige boomstamme of vir hulle klippilare oprig nie, dit is dinge wat die HERE jou God haat. As ons de geregtigheid soek, is daar beloftes by : Dat ons kan lewe, en dat ons die deel wat die HERE ons gee in besit kan neem.
Maré se jongste op die rak
YZERFONTEIN- Die plaaslike skrywer Leon Maré se jongste werk, en sy eerste in Afrikaans, is vars op die rakke en boonop nog net op eie bodem beskikbaar. Maré, skrywer en natuurliefhebber, se nuutste boek, Karma van Ivoor – Tom Yssel#1 is die afgelope Donderdag gedruk en Vrydag weggestuur na bemarkers en verspreiders in Gauteng. “Dit sal dus nog ‘n wyle wees voor dit amptelik vrygestel word en op die rakke is,” vertel Maré. Hy het op spesiale versoek ‘n paar eksemplare teruggehou en beskikbaar gestel slegs aan Buffelsfontein Natuurreservaat en Yzerfontein Spar. “Die voordeel van die gebrek aan bemarkingskoste, verspreidingskoste en dies meer, word direk deur Buffelsfontein en Spar oorgedra aan ons Weskusmense. Dis mos ons eie mense,” voeg hy by. Die aksiebelaaide roman gee die leser ‘n kykie na wat agter die skerms aangaan en na die werklikhede, die trane en die vreugde van natuurbewaring. Maré en sy vrou, Monica, woon al vir byna vyf jaar op Yzerfontein ná tien jaar in Engeland. Volgens hom is hy "versot op die plek en sy mense.” Hy het in 2013 die tandheelkunde vaarwel geroep en teruggekeer na Suid-Afrika.
“Die vrede en die stilte van die klein dorpie Yzerfontein aan die Weskus was onweerstaanbaar,” skryf hy. Maré vang nou ook graag vis as hy nie skryf nie. Hy het reeds sewe boeke op Kindle gepubliseer, waarvan ses ook in sagteband beskikbaar is by Amazon. Al sy boeke was sover in Engels geskryf .” Maar ons is terug uit Engeland, en mens sit nie op Yzerfontein en Engels skryf nie - dit is nou moedertaal-tyd,” verduidelik hy waarom Karma vir Ivoor sy heel eerste boek in Afrikaans is. Maar tyd staan egter nie stil vir Maré nie. Hy is byna klaar geskryf aan sy tweede Afrikaanse boek, Kolonie - die tweede in die Tom Yssel-reeks. “Ek het nog baie stories - ek hoop ek het nog genoeg tyd,” vertel ‘n passievolle Maré. Hy is gebore in Nelspruit naby die Nasionale Kruger Wildtuin en was nog altyd verlief op die wildernis en die natuur. Hy was betrokke by ekstensiewe wildnavorsing, en het al sy vrye tyd in die bos deurgebring. Dr. Maré het ‘n intieme kennis van die wilder kant van Afrika, wat gereflekteer word in meeste van sy skryfwerk. Hy het ook etlike televisiedramas geskryf vir Dirk de Villiers en hy was die regisseur van ‘n dokumentêr oor marlynhengel aan die ooskus van Afrika.
Water is a shared resource. Don’t use more than your share.
FCB CAPE TOWN 10014804CT/E
4
Our province is dealing with the worst drought in a century. The Western Cape Government is helping municipalities to secure their water supply. Residents need to save as much water as possible. We can avoid running out of water, but only if we work together. For tips on how to save water, visit www.h2ohero.co.za #SAVEWATER
REPORT LEAKS IN YOUR NEIGHBOURHOOD with your local municipality. MONITOR YOUR METER. Leaks around the home can waste hundreds of litres per day. ENCOURAGE friends and family to contribute their own water saving ideas.
YOUR MUNICIPALITY IS ENFORCING WATER RESTRICTIONS IN YOUR AREA.
Save water BETTER TOGETHER.
NUUS • NEWS
5
21 Maart 2018
Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za*
Also at
*Some deals may not be available online
no name™ Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s
SAVE
4499
R
20%
Per kg
SAVE R7
WHEN YOU BUY ANY 2 PACKS OF STEAK.*
SAVE R19
MO
Re
tu
7
01
90
SARV E R A H S O T E
*2
60
R
E R O M INGS
dy
*Buy 2 of the same or mix and match. Ts & Cs apply.
pu
s
te
t a tio n I n s tit u
Beacon Original Milk Chocolate Marshmallow Eggs 48s
+ 79
R COUNTRY FRESH ONLY
90
SAVE R27 Dairymaid Country Fresh Ice Cream Assorted 5 Litre Each
BUY BOTH FOR
R
100
SAVE R77 Nescafé Gold 200g Jar and 100g Refill Pack
10kg R36.99 SAVE R28
18
59
R
26
R
99
R
99
SAVE R8
SAVE R9
SAVE R3
Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg
PnP Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
no name™ White Sugar 2kg
99
10kg R79.99 SAVE R25
R
18
R
19
99
R
SAVE R14
99
SAVE R7
PnP Super Maize Meal 5kg
32
BUY ANY 4 FOR R
99
45
SAVE R30
R
R
Organics Shampoo or Conditioner Assorted 1 Litre Each
SAVE R9
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg
44
SAVE R20
Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or 3in1 Capsules 15s Each
100
WAS R224
189
R
SAVE R35
SAVE R44
Castle Lager 24 x 330ml Cans or 24 x 340ml Nonreturnable Bottles Per Case
PnP Potatoes 4kg, Onions 2kg, Butternut 4kg, Sweet Potatoes 2kg or Tomatoes 2kg
WAS R169
160
R
SAVE R9
WAS R229
200
R
Grant’s Blended Scotch Whisky 750ml
SAVE R29
Cruz Vodka Assorted 750ml Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 22 - 25 MARCH 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE
MMWCHS2160
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
6
NUUS • NEWS
21 Maart 2018
The long wait is over for Fynbos Fine Foods The long wait is over. Fynbos Fine Foods, with owners Julian and Rozelle Abramson received their FSSC 22000 Food Safety System Certification last week. This certificate is according to the Abramson couple, one of the biggest highlights since starting their business in 1996 just outside Malmesbury. This certificate is internationally recognized and provides a framework for effectively managing the organization’s food safety responsibilities. A couple of representatives from the company FSSC 22000 was present on this prestigious occasion last Wednesday to hand over the certificate. It demonstrates that Fynbos Fine Foods has a robust food safety management system in place that meets the requirements of the customers and consumers. Already, 18 000+ organizations over 140 countries achieved FSSC 22000 certification. Fynbos Fine Foods, situated on the Tierfontein road, is a small family business which was founded in 1996. Their registered name is Cape Hothouse Vegetables CC. They grow a large variety of chillies. At Fynbos Fine Foods all of their products are made from the freshest produce. The chillies are picked early in the morning from their fields and are
then bottled in their kitchens under extremely hygienic conditions. There is a gourmet commercial kitchen on the farm where they bottle the finest range of products for the local and overseas market. For a productive chilli plant, healthy seedlings is necessary. This “hot” business specialise in chillies growing twelve different varieties as well as lemons and watermelon and the products are handmade. Each tomato in the pasta sauce is hand peeled. They also specialize in drying, smoking, preserving, pickling and growing the finest produce and products. With this certification, only more goodness can come out of this special family business.
Glen Lilly - First houses offers new homes for owners
Groundwork started for Glen Lilly South
The first house is currently under construction on Glen Lilly South, with a second house that has already started with ground works. The first house should be completed by March 2018 and is already in the market for sale, says trustees of Glen Lily North & South Home Owners Associations, excited about the first newsletter since Amari Property Management was appointed as the managing agent. Meanwhile, some resales of erven have also taken place. According to Pam Golding, they received a lot of inquiries regarding Glen Lily, which indicates a positive interest in the development. The trustees decided to first start with maintenance and renovations in Glen Lily South. In December 2017 a contractor was appointed to clean the roads, entrance, sidewalks and also neaten the trees. In January 2018 the Swartland Municipality (SM) also started with the cleaning of the erven. The entrance of Glen Lily South was painted, new branding was done and signage will be installed within the next few weeks. The Glen Lily South gate will soon be repaired and motorised, with access control via a Cell-toGate system. The SM purchased all the remaining plots in Glen Lily North and South from the Liquidators in July 2017. These plots belonged to the initial developer, Little Swift Investments 191 (Pty) Ltd, which was liquidated in 2014. The remaining erven in Glen Lily North have been on auction for a prospective developer on the 28th of February. The remaining erven in Glen Lily South will be on auction to individual natural persons at a later stage (date to be confirmed). For those who haven’t been to Glen Lily for a while, are invited to go and see what it looks like. The trustees also invite everyone to ‘like’ the Facebook page “Glen Lilly Estates”. “With great excitement, we are looking forward to a successful year ahead.” For more information, contact Tanya Swanepoel on 021 0061019.
NUUS • NEWS ALGEMEEN GENERAL
Ons is opsoek na ons jong wit en gemmer mannetjieskat, moontlik in die SPAR-area. Beloning R500. Nerina 0732034797 --------------------------------GESOEK WANTED Soek bakkies en motors te koop. AANDAG!! AANDAG. Dadelik kontant. Skakel 073 444 3749 0784857843 #4604
--------------------------------TE HUUR TO LET Twee slaapkamer woonstel te huur te Ruststasie vanaf 1 Mei. Ruststasie is geleë 22 kilometer vanaf Malmesbury in die rigting van Moorreesburg op die N7. R4500 per maand (een maand vooruitbetaalbaar plus deposito) water ingesluit, koopkrag. Geen troeteldiere. Indien belangstel kontak vir Adriaan op 082 801 1906 #4626 ---Malmesbury : 3 Slaapkamer huis met lugversorgers in al die kamers. 2 ½ badkamers. Braaikamer met lugversorger. Dubbele motorhuis met ekstra spasie. Diefwering. R12000 per maand. Skakel F Muller by 083 456 0092 #4629 --------------------------------TE KOOP FOR SALE Hake fillet porsies/pakke R50. Snoeke vanaf R70. 5kg filette @ R350,00. Viskoekies, visvingers en ander - 022 4873265 of 084 250 2460
STERFGEVAL OBITUARY
Hoop jy geniet jou dag baie. Liefde!! Jou vrou, Joannie ---------------------------------
ANOESKA PIETERSEN op 20/3/2018 is dit jou verjaarsdag. Jy moet dit geniet. Van jou Noel familie ---------------------------------
22 Maart. 60!!!! MERLE CAROLISSEN. Happy birthday Mom, we all love you - The kids, husband and grand children ---------------------------------
20 Maart 2018. Geluk met jou verjaardag MARQUEN. Hoop jy geniet jou dag - Oumas, Oupas, Ma, Pa en Williams-gesin. --------------------------------GLEN LOUBSER. 20 Maart. Baie geluk met die verjaardag - Sonia, Samantha, Jo-Lin en al die ander ---------------------------------
7
21 Maart 2018
Geluk my NADIA met jou 26ste verjaarsdag op 19 Maart. Dankie vir 12 jaar se pret, liefde en lag. Bestie Rulene ---------------------------------
GJERHEADE PERSENCE 25 Maart geluk met jou verjaarsdag geniet jou dag - Estolene, Gjerneatha en Eshwego --------------------------------Geluk JOHN, my man met jou 55ste verjaarsdag. Van jou vrou - Ounoi. Geniet die dag --------------------------------
CARL ROY ADAM. 26 Maart. Geluk met jou verjaarsdag. Baie lief vir jou. Van: Ma, Peetma, Peetpa en Ouma ---------------------------------
FRANCIS DANIELS. 21 Maart. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons is lief vir jou - Charmaine & Carl Roy --------------------------------
Geluk IZAIHER CAROLISSEN. Sewe jaar. Dankbaar om jou in ons lewe te he. Baie liefde - Mammie Lizelle en jou boetie Jason --------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
LENIE DUDLEY. 20 Maart. Elf jaar weg van ons. 25 Maart sou u 85 jaar oud wees. Vir altyd in ons harte en gedagtes - kinders en kleinkinders ---------------------------------
STEPHEN MARTIN LENG. 19 Maart. Jou eerste verjaardag weg van ons. Mis jou oneindig - vrou Susie, Sheren en Japie ---------------------------------
GWENDOLINE BOKS. Gebore 8.06.1987. Oorlede 18.03.2018. Troosdiens: Donderdag, 22 Maart om 19:00 by Ou Jehova Kerk. Begrafnisdiens: Saterdag, 24 Maart om 10:00 by Ou Jehova Kerk, Malmesbury ---------------------------------
RONALD FORTUIN (PATTIE) Gebore 27.11.1954. Oorlede 18.03.2018. Sag heengegaan. Vir altyd in ons harte - Vrou, kinders, kleinkinders en skoonseun ---------------------------------
KOOS CUPIDO. Troosdiens: Woensdag, 21 Maart om 19:30 te Marjoelienstraat 46, Malmesbury ---------------------------------
Op 24/03/2018 sou jy vyf jaar oud wees. Ons mis jou nog baie. Geniet jou verjaarsdag in die hemel ons engelkind! Lief vir jou JODY JANE STRINGER. Abrahams & Stringer familie.
#4608
--------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS
TESSA DYASON. 21 Maart. Mag Mammie 'n mooi dag hê. Lekker verjaar - Kinders en kleinkinders ---------------------------------
MACHAY DYASON. 24 Maart. Baie geluk. Jy moet lekker verjaar. "Sweet sixteen" - Mammie, broers en suster --------------------------------TENDERKENNISGEWING T35.17.18
AANSTELLING VAN DIENSVERSKAFFER VIR DIE LEWERING VAN SKOONMAAKDIENSTE BY DIE MALMESBURY HOOFKANTOOR EN ANDER MUNISIPALE GEBOUE EDWARD SEPTEMBER. 20 Maart. Alle seëninge op jou geboortedag. Lekker verjaar - Ma, broer en susters, Rayno, Nicie en kinders ---------------------------------
Tenders word hiermee aangevra van toepaslik-ervare diensverskaffers vir die lewering van skoonmaakdienste by die Malmesbury Hoofkantoor en ander munisipale geboue vir die tydperk 1 Julie 2018 to 30 Junie 2021. Meer besonderhede asook die amptelike tenderdokumente is gedurende kantoorure by Jo-Maré van der Westhuizen, tel. 022 487 9700 by die munisipale kantore, Malmesbury, h/v Hill- en Piet Retiefstraat langs die Checkers-ingang beskikbaar. ’n Nie-verhaalbare tenderfooi van R100,00 in kontant is aan Swartland Munisipaliteit betaalbaar by die afhaal van uitdrukke van die tenderdokumente. Gratis elektroniese tenderdokumente is op aanvraag beskikbaar. ‘n Verpligte terreininspeksievergadering sal op 4 April 2018 om 14:00 (registrasie sluit om 14:05) in die Banketsaal, Munisipale Kantore, Kerkstraat, Malmesbury gehou word. Diensverskaffers wat versuim om hierdie verpligte terreininspeksie by te woon, sal gediskwalifiseer en hul tenders nie oorweeg word nie.
ELZETNA CLOETE. 24 Maart. Heartly congratulations on your birthday. Have a nice day - Mother, sisters and brothers --------------------------------WILLEM ADAMS. Geluk met jou verjaarsdag. Van: Die September familie ---------------------------------
Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T35.17.18: LEWERING VAN SKOONMAAKDIENSTE” moet voor 12:00 op Vrydag, 20 April 2018 in die tenderbus by die Munisipale Kantore, Kerkstraat, Malmesbury ingedien word waarna tenders op dieselfde dag by die Munisipale Kantore in die openbaar oopgemaak sal word. Geen tenders sal laat, telefonies, per faks of via e-pos aanvaar word nie. Die Raad is nie daartoe verbind om die laagste, ’n gedeelte van ’n tender of ’n tender in geheel te aanvaar nie Tenders sal geëvalueer word ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en aangehegte spesifikasies. Die kontrak sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar Tenderaars sal slegs vir B-BBEE-voorkeurpunte kwalifiseer indien Bylaag MBD 6.1 volledig voltooi is. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEE-statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEE-graderingseise te substansieër. Tendeaars wat meer inligting oor die tender of duidelikheid rondom die voltooiing van die skedule verlang, kan mnr. Gustav Solomons vooraf by tel. 022 487 9400 skakel.
Raai wie's 60!!! ALLA HART. 20 Maart My man, baie geluk met jou spesiale dag.
Swartland Munisipaliteit Privaat Sak X52 Malmesbury 13 Maart 2018 www.thecandocompany.co.za 133264
JJ Scholtz Munisipale Bestuurder
15X4 PROOF 5
8
courant
NUUS • NEWS
21 Maart 2018
dié
SPORT
Tel: 022 487 3221
Die Dorings maak geskiedenis
Die Dorings vier vanjaar hul 44ste bestaansjaar met ‘n Paastoernooi op die Wesbank-sportvelde wat op 30 en 31 Maart op die A- en B-veld sal plaasvind. Die klub het drie swaar seisoene beleef, maar dit is duidelik dat die klub ‘n positiewe keerpunt bereik het met die aanstelling van Gerhard Januarie as breier. Die klub kon die seisoen reeds spog met ag agtereenvolgende oorwinnings. Hul wedstryd is die afgelope Saterdag goed begin met ‘n drie binne die eerste minuut van die spel. Die teenstaanders het 'n oordeelsfout uitgebuit en 'n drie aangeteken. Die krane is oopgedraai en nóg ‘n drie is gedruk, hoewel dié drie nie verdoel is nie. Die Dorings het kort daarna gebiedsvoordeel benut en dit in punte omskep. Met die aanvang van die tweede helfte het die telling op 17 – 7 gestaan met eenrigting verkeer wat met nog vier drieë beloon is. Die Dorings se verdediging was rotsvas en dit was duidelik sigbaar toe hulle vir vyf minute hul doellyn suksesvol verdedig het teen die span van Oceans. Die Dorings wen die wedstryd met 37-12. Alle uitstallers en besighede word genooi om by die komende toernooi betrokke te raak. Belangstellendes kan ‘n epos stuur aan Gerhard Januarie by Gerhard6Januarie@gmail.com om ‘n plek te bespreek of vir meer inligting.
21 Maart 2018
Sportuitslae Sports results
GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 7 Maart - Supa Quick - Enkel Stableford : George Prinsloo 21, Danie Rust 19, Marais Erasmus 18, Sakkie Klasen 18, Lindsay Meyer 17 Vrydag Sundowner, 9 Maart - Supa Quick - Enkel Stableford : Franklin September 22, Sakkie Klasen 19, Billy Howberg 18 Saterdag, 10 Maart - Maandelikse Houespel - Brian Harker 65, John Smith 69, Natie Smith 70, Paul Hardcastle 71, Andre Uys 72, Johann Ackerman 72, Okkie Basson 72, Gerhard Spangenberg 73, Fritz de Beer 73, Adriaan Louw 73 TENNIS MANS Malmesbury A wen Country Club 4 wedstryde teen 2. Dmitri Marais k D.Terreblanche 6/3;6/2; Braam Isaacs k P.Coetzee 6/1;6/1; Kristoff Isaacs v O.Slabbert 6/7;5/7; Divan Robertson k P.Fourie 3/6;7/5;10/3; Dmitri Marais & Divan Robertson k D.Terreblanche & P.Coetzee 6/3;6/2; Braam Isaacs & Kristoff Isaacs v O.Slabbert & P.Fourie 3/6;7/6;8/10 Malmesbury B wen Brackenfell 5 wedstryde teen nul Dirk Lategan k Lothar Hinze 6/1;6/3; Willem Coetzee k Henry Pieterse 6/0;6/2; Irwan Turner & Sarel Steyn k Werner Loock & Armand Jones 6/2;6/1; Dirk Lategan & Willem Coertzee k Werner Loock & Armand Jones 6/2;6/2; Irwan Turner & Sarel Steyn k Lothar Hinze & Henry Pieterse 6/7;6/0;10/8 Malmesbury C wedstryd teen Vredenburg. Wedstryd uitgereen
Epic:
Shan Wilson (50) van Moorreesburg neem eersdaags deel aan sy 12de Cape Epic wat Donderdag amptelik begin. Die kranige fietsryer skop af in ‘n ongelooflike 74ste posisie. Die proloog het reeds Sondag afgeskop. Die Cape Epic duur voort tot 25 Maart.
Rolbal eindig op hoë noot
Tennis:
Die Malmesbury-tennisklub het Saterdag op tuisbodem hul laaste wedstryd van die seisoen gespeel. Bo is die vroue dubbelspan in aksie. Sien uitslae regs.
Malmesbury se eerste mans rolbalspan het sy liga verpligtinge voltooi en ‘n sesde plek op die punteleer behaal en behou sy plek in die tweede liga van die WP Vlag-kompetisie. Hulle het tuis ‘n spanningsvolle wedstryd met ‘n enkele skoot verloor, wat hulle drie punte op die punteleer gekos het teen Durbanville, wat tweede op die punteleer was met die aanvang van spel. Ter versagting moet genoem word dat Louis Swart, een van die top-spelers, hom Saterdagoggend moes onttrek weens ongesteldheid. Hy is intussen gehospitaliseer en vervang deur Paul Rossouw wat sy debuut in die eerste span maak. Daniël Griebenauw, Peter Hall, Jack van der Westhuizen en SG Basson verloor die eerste stel 11-14, nadat hulle gerieflik 9-5 voor was. Hulle wen die tweede stel met 13-8 en dus ook die wedstryd 24-22. Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Dave Walker en Stuart Halvorsen was in die eerste stel deurgaans in ‘n kwaai stryd gewikkel en met die tel-
Hop in for great deals!
GRABOUW BOEREWORS
SELECTED STORES OPEN ON 21 MARCH 2018
MARINATED PORK BELLY RIB (PRE-COOKED)
69
.99 p/kg
CHICKEN FLATTIES
ling 7-7 na nege skofte, moes hulle toesien hoe hulle teenstaanders se skip met sy laaste bal Malmesbury se skootbal verplaas en so twee skote optel om die telling op 7-9 te staan te bring. In die tweede stel, wat selfs nog meer spannend was, wen Malmesbury 12-7 na ‘n agterstand van 1-5. Volgens Stuart het hulle skip, Roux, die teenstanders moedeloos gehad met ‘n kombinasie van uitstaande akkuraatheid en aggressiewe spel. Hulle wen hul wedstryd 19-16. Hennie Botha, Paul Rossouw, André Halvorsen en Fred van Dongen verloor die eerste stel 7-11, nadat hulle ongelukkig was om vyf skote af te staan op die agste skof, wat hulle 6-5 voorsprong verander na 6-10. In die tweede stel loop hulle 10-4 voor en proe stellig reeds ‘n soete oorwinning, net om op die laaste twee skofte vyf en drie skote onderskeidelik af te staan en ‘n bitter pil te sluk. Hulle verloor dus 17-23 en die klub 6-9.
69
.99 p/kg
39
.99 p/kg
DAMES Dames A verloor teen Rekreasie 3 wedstryde teen 2. Antonette Snyman k Mieke Smit 6/4;6/4; Jessie Liebenberg v Nadia van Noordwyk 2/6;3/6; Rachelle Tobias & Laetitia Reesberg v Lize de Klerk & Suzanne Bellingham 0/6;3/6; Antonette Snyman & Jessie Liebenberg v Lize de Klerk & Suzanne Bellingham 4/6;2/6; Rachelle Tobias & Laetitia Reesberg k Mieke Smit & Nadia van Noordwyk 2/6;6/1;11/9. Dames B verloor teen Strand 4 wedstryde teen 1. Janine Coetzee v Jeandrie Agenbag 6/4; 4/6; 5/10; Hanneke Schreuder v Jane’ van Wyk 2/6;0/6; Annette De Wet & Marlene Hanekom v Arista Steenkamp & Susan Jooste 6/4;6/7;12/14; Janine Coetzee & Hanneke Schreuder v Arista Steenkamp & Susan Jooste 2/6;0/6; Annette De Wet & Marlene Hanekom k Jeandrie Agenbag & Jane’ van Wyk 6/1;6/2
WWW.CROSSTATE.CO.ZA - 011 894 7366
MASSIVE 2 DAY UNITRANS DE-FLEET AUCTION!! DAY 1: TUESDAY THE 27TH OF MARCH 2018 ONLINE ONLY AUCTION
VARIOUS LOCATIONS INCLUDING, KWA-ZULU NATAL - GAUTENG WESTERN CAPE, EASTERN CAPE, SWAZILAND AND LESOTHO.
DAY 2: WEDNESDAY THE 28TH OF MARCH 2018 LIVE AUCTION WITH WEBCAST, BOKSBURG, JHB. ITEMS ON BOTH SALES INCLUDE: RIGID FUEL TANKERS, RIGID D/SIDES AND VOLUME VANS, HORSES, FUEL TRAILERS, BULK TANKER TRAILERS, FEED TRAILERS AND MUCH MORE!! OFFICE: 011 894 7366 WEBSITE: WWW.CROSSTATE.CO.ZA CONTACT: GERARD - 076 720 3070 OR CRAIG - 074 861 7374 OR LIZWE - 078 362 0059 OR GARETH - 072 398 8990 OR MARK - 082 564 0013 OR MAX - 082 564 0161 REGISTRATION DEPOSIT: R 20,000 by Bank Cheques or Bank Transfer only - NO CASH 10% + VAT BUYERS COMMISSION – R 2,000 + VAT DOCUMENTATION FEE VIEWING: MONDAY THE 26TH AND TUESDAY THE 27TH OF MARCH 2018 TERMS & CONDITIONS APPLY - SUBJECT TO CHANGE WITHOUT PRIOR NOTICE
BBQ CHICKEN WINGS
BRAAI SAUCE COMBO 500ML
Prices valid at all Brito’s stores from 21th - 24th March 2018. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
38.99 p/kg
25.00
for any 2
choose any 2 flavours