c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
14 Maart 2018
15.1%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 460
Swartland trek herfskle(u)re aan
14 Maart 2018
Swartlanders kan sien en voel dat herfs op pad is. Die aande is langer en die oggendluggie het 'n byt wat tot onlangs nie daar was nie. Lamtyd kruip nader en die bome gooi hul blare op die grond. Hierdie boom in die Riebeekvallei het reeds homself kaal gestroop en wag nou vir die winter om aan te breek.
•PRIKKELVOEDING DEURSLAGGEWENDE FAKTOR
Hoop vir lammers •Charlotte Lesch Lamtyd in die Swartland lê om die draai. Met die voortslepende droogte is dit nie altyd so duidelik watter vooruitsigte die seisoen vir die veebedryf inhou nie. Daar blyk egter ‘n positiewe sy aan die droogtetoestand te wees. Veearts, Francois de Villiers, verduidelik die droogte van twee jaar gelede het ‘n goeie lammeroes tot gevolg gehad, nadat ooie noodgedwonge prikkelkos gevoer is, omdat daar nie voldoende kos op die lande was nie. Ooie het danksy dié voer soms twee- tot drielinge in die lewe gebring. “‘n Goeie lammeroes word gewoonlik bepaal deur die prikkelvoeding wat ooie so vier tot ses weke voor dekking ontvang. Ons sal maar moet sien wat die seisoen inhou,” voeg hy by. Vee is nou skaars. Pryse wat boere vir hul rooivleis betaal word, is nog baie hoog, verduidelik De Villiers. Waar skaapvleis sowat ‘n jaar gelede R33/kg gekos het, kan verbruikers nou tot R44/kg betaal. “’n Verbruikersweerstand ontstaan gewoon-
lik wat verbruikers eerder laat oorskakel na hoendervleis en varkvleis, wat die prys van rooivleis uiteindelik weer afbring.” Volgens John Dürr, voorsitter van Agri Malmesbury en rooivleiskenner, is produksievlakke in die melkbedryf tans baie goed en dit word ondersteun deur goeie pryse, relatief tot die voerprys. “Die mieliepryse is tans ook nog baie gunstig, maar hierdie mooi prentjie kan met die naderende wintermaande dalk drasties verander as ruvoerbronne, veral die beskikbaarheid van koringstrooi, onder druk begin kom en die melkprys dalk ook kan daal. "Die afgelope koringseisoen se swak oeste het ‘n geweldige negatiewe impak gehad op die beskikbaarheid van ruvoer, wat baie noodsaaklik is, veral op melkplase, maar ook by vleisbeeste en skape.” Lusernpryse begin ook nou stadig maar seker styg. Biosekuriteit op alle veeplase gaan in die nabye toekoms ‘n al groter rol speel om die uitbreek van aansteeklike siektes te voorkom, saam
met veediefstal (klein kalfies), asook die diefstal van infrastruktuur. Wat die skaapbedryf betref, word daar steeds baie goeie wolpryse behaal, ondersteun deur vleispryse wat gedaal het, maar steeds heelwat hoër is as gedurende die voorafgaande jaar. Boere wat die afgelope jaar baie goed na hul skaapkuddes omgesien het en deurlopend, veral gedurende kritieke periodes, hul diere gevoer het, sal vanjaar weereens hul buurmanne uitstof wat dragtigheids- en lampersentasies betref. “Dié wat gebruik maak van intensiewe stelsels, sal veral ook groter rendement op hul belegging ontvang, veral gesien in die lig van die feit dat stoppellande tans baie kaal is en ruvoer dus vir hierdie bedryf, net soos die beesbedryf, baie skaars en duur is. "Ook hier speel veral veediefstal ongelukkig ‘n baie groot negatiewe rol en sal lede van die algemene publiek wat snags op ons openbare paaie beweeg, ons veeboere moet help om ‘n ogie te hou deur verdagte voertuie en mense, onverwyld aan te meld.”
NUUS • NEWS
2
14 Maart 2018
NUUS • NEWS
•PROJEK EERSDAAGS VOLTOOI
N7-werk op skedule
Lamtyd:
Lamtyd in die Swartland lê om die draai. Met die voortslepende droogte is dit nie altyd so duidelik watter vooruitsigte die seisoen vir die veebedryf inhou nie. Daar blyk egter ‘n positiewe sy aan die droogtetoestand te wees. Veearts, Francois de Villiers verduidelik die droogte van twee jaar gelede het ‘n goeie lammeroes tot gevolg gehad, na ooie prikkelkos gevoer is, omdat daar nie voldoende kos op die lande was nie. Ooie het danksy dié voer soms twee- tot drielinge in die lewe gebring.
Bytjies:
Rhazia Hamza, adjunk-uitvoerende hoof van Weskus Kollege Kampus op Malmesbury skud Gia Daniels van Besige Bytjies-dagsorg se hand met die oorhandiging van ‘n memorandum wat kort daarna onderteken is as ‘n belofte om die kampus skoon te hou. By hulle staan Dante Visser, ook van Besige Bytjies.
Die opgradering van die N7-snelweg van ‘n enkelbaan na ‘n dubbelbaan, vorder fluks en is op skedule, sê Melany Kühn, van SANRAL se kommunikasiedepartement, Meropa. Konstruksie aan die N7 het reeds in 2010 begin. Die totale projek sal na verwagting vroeg in 2020 voltooi wees. Die konstruksie aan die N7-snelweg is in verskeie fases, vanaf die reeds voltooide Melkbos-wisselaar tot by die Hopefield-aansluiting, opgedeel. Die opgradering sluit die verdubbeling van die snelweg in wat uiteindelik by die dubbelbaan van Darlingweg sal aansluit om meer verkeer en beter verkeersvloei tussen die westelike en oostelike kant van Malmesbury te verseker, wat in beide kante van die N7 geleë is. Dit sal slegs moontlik wees deur die verdubbeling van die Bokomo- en Darlingweg wat onder die N7 deurloop. Die konstruksie in Bokomo- en Darlingweg sluit die bou van ‘n middelman in om die verkeer
in verskillende rigtings te verdeel om veiligheid onder motoriste te bevorder. Daar sal ook ‘n wagpunt vir voetgangers op die middelman wees wat die besige paaie sal moet oorsteek. Veilige voetoorgangfasiliteite is ‘n prioriteit al langs die N7-snelweg, wat inwoners van Illingulethu, Saamstaan en Wesbank sal akkommodeer. Die huidige fasiliteit vir voetgangers in Darlingweg gaan aansienlik opgegradeer word. Steph Bredenhann, SANRAL se projekbestuurder vir die N7-opgraderingsprojek, sê hulle is bewus daarvan dat paaie nie net vir voertuie is nie, maar ook vir mense wat op die geïntegreerde padnetwerk staatmaak vir toegang tot die ekonomiese en ontwikkelingsgeleenthede. Verkeer is vir nou na ‘n ander baan verskuif, terwyl konstruksie aan die Bokomo/Darlingweg brug onderweg is. Konstruksie aan die laaste twee brûe by die wisselaar, sal eersdaags begin, voeg Bredenhann by.
NUUS • NEWS
•BOUWERK BEGIN BINNEKORT
Woolworths Food vir Malmesbury
Malmesbury (Sake) - Inwoners van Malmesbury en omstreke sal eersdaags by ‘n Woolworths Foodstop op die dorp kan inkopies doen. Die eienaar van die Prima Winkelsentrum in Voortrekkerweg, Gey Kriek, het aan dié courant bevestig dat hulle binnekort met die bouwerk sal begin en die planne is om dié konsessie vroeg in Junie vanjaar daar te open. Die Woolworths Foodstop is ‘n 24-uur geriefswinkel en sal ongeveer 30m² van die bestaande Quick Shop agter die Engen-vulstasie beslaan. Kriek sê hy het ongeveer drie jaar gelede met onderhandelinge vir die winkel begin. “Daar bestaan reeds vir jare ‘n suksesvolle Engen/Woolworths-vennootskap en ek het ook besef daar is ‘n behoefte op Malmesbury.” Met die bouproses sal die bestaande Wimpy-restaurant en gedeeltes van die Engen-rybaan ook vernuwe word. Geen van die huidige komponente sal vervang word nie en sal die Quick Shop en Corner Bakery steeds deel van die aanbieding bly, het Kriek bygevoeg. Hy het by navraag gesê hulle sal die verkeer
3
14 Maart 2018
en parkering op die perseel so goed moontlik bestuur om dit so gerieflik moontlik vir al die klante te hou. Volgens hom sal hy sy werksmag met sowat 15% uitbrei. Hy het ook gewys op die voordeel wat skole kan trek uit klante wat met die My School-kaarte kan kies dat die winkeleienaar 1% van hul inkopies by die nuwe winkel aan ‘n skool of geregistreerde organisasie skenk. Kriek het ook gesê daar is onderhandel vir ‘n uitsondering om te verseker dat dieselfde standaardpryse van al die Woolworths-winkels ook by dié geriefswinkel sal geld, al is die winkel buite dié prysradius. Kriek, wat ook eiendom in ander dorpe se sakekerns besit, het gesê dit is belangrik vir die behoud van ‘n dorp se sakedistrik dat sakepersele opgeknap en in stand gehou word. Dit werk die verval daar teen. Oor sy verdere belegging in dié sakegebied om Voortrekkerweg wat as die “onderdorp” gesien word, sê hy dit sal beslis saam met ander onlangse vernuwings die gebied se profiel lig en ‘n positiewe inspuiting gee.
SM en Britste stigting onderteken vandag MOU
Vandag word die MOU (Memorandum of Understanding) tussen die Swartland Munisipaliteit en die Britse stigting, “Hope through Action”, gedurende ‘n spesiale burgemeesterskomiteevergadering by die Swartland Munisipaliteit onderteken. ‘n Engelse teenwoordiger, Jeff Spinks sal teenwoordig wees. Dit kom nadat R22 miljoen aan die binnenshuise sportsentrum, as deel van die RSEP-program (regional socio-economic programme) deur dié stigting aan die SM toegestaan is. ‘n Verdere R6 miljoen sal deur die SM se kapitaalbegroting vir die ontwikkeling toegestaan word. Die SM sal verantwoordelik wees vir die grondwerk wat deur Power Construction uitgevoer sal word. Die ontwikkeling van die sportsentrum, skop reeds in die komende finansiële jaar, 2018 2019 af.
Die RSEP-program sluit onder meer speelparke, skeepsvraghouers wat as informele handelaarsareas ingerig sal word, wandelpaaie met gratis internettoegang en oopruimtes in.
4
14 Maart 2018
dié courant
Lig aan die einde van die tonnel
Die wêreld is droog, die ekonomie taai en die water min. Kyk, ons het seker iets om oor te kla, maar wat gaan dit ons tog help? Ons gryp dan eintlik maar net na die graaf en grawe die gat waarin ons sit, net 'n bietjie dieper. Die uwe probeer altyd die blink kant bo hou en probeer ook altyd soek na die lig aan die einde van die tonnel. Al is die tonnel lank en die liggie maar flou, maar lig is daar lig, al lyk dit nie nou so nie. Net soos landbouers se koppe begin hang van bekommernis, is daar oplewing in die verskillende areas van die landbou wat in die omgewing sterkstaan. Of dit nou 'n koringoes wat se gehalte goed lyk, ten spyte van die droogte, of ooie wat meerlinge in die lewe bring, is... Hoop bly daar hoop en sal daar altyd iets positiefs wees om aan vas te klou. Jy moet net 'n bietjie soek. Onlangs het rugby-geesdriftiges van die streek oor swaar gesluk aan die tyding dat die Groot Uitdaagreeks nou vir eers van die baan is... Maar daar is steeds hoop, want daar kan moontlik elders rugby gespeel word. En uiteindelik kry Malmesbury sy langverwagte Woolworths Foodstop. Vir die afgelope hoeveel dekades word daar gesoebat en gesmeek en gevra vir 'n winkel soos hierdie en hier kom hy nou. Nou sal die rye weer lank staan, tot ons gewoond is aan hierdie nuwe lekkerte. Selfs al is die ekonomie taai, kan ons sakelui steeds vooruitgang toon. Kan hulle steeds groei en terugploeg in die gemeenskap wat hulle ondersteun. Sien, daar is altyd lig aan die einde van die tonnel.
It’s Good News
NUUS • NEWS
Spoedvrate klub se wenfoto
Speed Freaks - Herman Olivier Shark Rock Pier - Pieter Swart
Stille Waters - Johan Viljoen
Dr. Marc Blackwell Snr
Can any spiritual & life discipline be simple?
Our spirituality is probably more important than we often realize! Self discipline is a difficulty in life. Self-disciple once developed is really a most complicated thing to practice when life events or crisis interrupts our patterns or schedules. To maintain self-discipline in our busy, "always-connected" world is a serious complication. Surely, there were times in your life when you showed more self-discipline and regularity then at other times? There have also been times that home-tasks, work responsibilities or family 'demands' led to a real struggle to maintain our self-discipline. Saying that we are “Struggling” is often just a poor excuse or a weak euphemism for expressing our frustration and guilt. When we say we that we "struggle" -- we, far too often mean that ... “I didn’t do it, but I never really stopped feeling guilty for not doing it.” Just "bitting the bullet" or making yet another resolution won’t really change my bad or lazy habits. We need to set up personal worship structures to undergird our spiritual growth. Simple times of prayer, reading my Bible and regularly attending church and weeknight Bible study groups will help us maintain our good intentions. We have to have a plan. That’s the open and obvious truth regarding self-discipline and spirituality. Strong Spirituality is a result of regular and serious Bible reading, regular prayers and faithful church attendance. A plan for regular Bible reading, prayer and attending a local Bible-teaching congregation looks like this…. A Daily Or Life Worship Challenge. 20 minutes a day: 5 minutes of prayer & 15 minutes of Bible study. read and interpret thoughtfully what the Bible means; and apply obediently what God requires. Pray for love, wisdom and grace to grow in your relationship with Christ. Give 60 to 90 minutes a week for a Home Bible Study Group. Give 60 to 90 minutes (3 weeks each month) to attend Sunday Worship faithfully. Daily attempt, by God's grace, to THINK on things which are good. As opportunities arise, carefully DO what the Bible says.
By die Swartland Fotografieklub se maandvergadering is die foto "Speed Freaks" van Herman Olivier as die wenner in die temakategorie: Sport en aksie asook as die aandwenner aangewys. Die klub vergader elke tweede Donderdagaand van die maand in die keldersaal van die NG Noordgemeente op Malmesbury. Die junior wenner van die aand was Pieter
Swart se "Shark Rock Pier" en Johan Viljoen het die wenfoto in die afdeling vir gedrukte foto's geneem met sy werk "Stille Waters". Op die klub se volgende vergadering val die fokus op kosfotografie. Daar word ook 'n Photoshop-werkswinkel op 14 April aangebied. Belangstellendes kan die voorsitter, Peter Hardcastle, skakel by 083 628 9668.
Madiba-beelde in vallei te sien
Twee aandenkings ter era van Madiba in die vorm van standbeelde, is nou op uitstalling by die Riebeek-Kasteel Kontemporêre-kunsgalery as deel van die Collective 2018-uitstalling. Wanneer die standbeelde in hul volle glorie van 3.5m hoog verwerk word, sal dié kunswerke in Qunu as deel van die Madiba aandenkingsontwikkeling te sien wees.
Die Collective 2018-uitstalling, sluit verskeie kunstenaars van Nelson Mandelabaai in wat vir die eerste keer saam in die Wes-Kaap uitstal. Anton Momberg wat een van die kunstenaars is, is vir die ontwerp en maak van die standbeelde verantwoordelik. Momberg sal ook die groter standbeelde maak. Die standbeelde is reeds verkoop, hoewel dit steeds op ‘n uitstalling is.
NUUS • NEWS
5
14 Maart 2018
Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za*
Also at
no name™ Frozen Chicken Braaipack with 15% Brine 2kg
PnP Bulk Oukraal Wors
69
BUY 2 FOR
R
100
R
SAVE R5
Administratiewe Beampte: Kredietbeheer Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Salarisskaal: R195 588 – R253 848 p.j. (T10)
Hoofklerk: Regsinvorderings
no name™ Fresh Chicken 4 Drumsticks & 4 Thighs Per kg
SAVE R10
Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste
MO
• Verw: V3/18 • Salarisskaal: R154 296 – R200 280 p.j. (T8)
Sluitingsdatum: 23 Maart 2018
7
01
SARV E TO SHARE
4999
R
Malmesbury
*2
E R O M INGS
Malmesbury
• Verw: V2/18
Per kg
dy
Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.
Re
pu
t a tio n I n s tit u
te
s
10kg R100 SAVE R35
om 12:00
+
Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za
tu
Geleenthede by Swartland Munisipaliteit
*Some deals may not be available online
133233
15x2 PROOF 2 BUY BOTH FOR
49
R
SAVE R19
Stork Bake Margarine 500g Brick and Stork Country Spread 40% Fat Spread 1kg Tub
33
R
10kg R46.99 SAVE R18
Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
SAVE R5
20
69
R
R
SAVE R13
SAVE R6
Huletts White Sugar 2.5kg
Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg
SUNFOIL TEST SERIES
23
R
- 250g Assorted 50 Amós Sweets
BUY ME & GET 2 PROTEA PLAYER CARDS FREE
99
SAVE R9
PnP Super Maize Meal 5kg
PRICE PER NAPPY
PRICE PER PANTS
Midi Maxi Junior XL
60s 52s 48s 44s
– – – –
R2.33 R2.69 R2.92 R3.18
Mini Midi Maxi Maxi+ Junior XL
68s 58s 50s 45s 42s 36s
– – – – – –
R2.59 R2.41 R2.80 R3.11 R3.33 R3.89
139
99
R
SAVE R45
R
39
SAVE R25
Pampers Active Baby Disposable Nappies Value Pack or Pampers Pants Jumbo Pack Assorted Per Pack
+ +
R
99
Ariel Auto Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 15s Assorted Each
32
R
1450
SAVE R17
SAVE R2
Crown Blended Cooking Oil 2 Litre
Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre Each
PnP Potatoes 2kg, Onions 2kg and Tomatoes 1kg BUY ALL 3 FOR R
55
SAVE R15
BUY ANY 2 AMÓS EASTER PRODUCTS AND SAVE
20%
WAS R174
R
234
R
SAVE R40
138
SAVE R36
WAS R274
Windhoek Draught, Lager or Lite 24 x 440ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case
Three Ships Premium Select 5-Year-Old Whisky 750ml
WAS R125
R
115
SAVE R10 Wellington VO Brandy 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 15 - 18 MARCH 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE
MMWCHS2151
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
6
14 Maart 2018
NUUS • NEWS
Huis van Heerde sê dankie Wat is listeriose nou eintlik? “Dit voel asof die sluise van die hemel oopgegaan het.” Só vertel Karen van Bosch, bestuurshoof van Huis van Heerde Kinder –en Sorgsentrum op Moorreesburg. Die krag van sosiale media is verlede week eerstehands hier gevoel. ‘n Whatsapp boodskap van ‘n weldoener uit die gemeenskap dat daar ‘n behoefte aan kosvoorraad by die Huis van Heerde Kinder- en Sorgsentrum is, het soos ‘n veldbrand versprei. Die sorgsentrum is oorval deur oproepe van besorgdes regoor die land, nadat dié weldoener onbewustelik ‘n persepsie geskep het dat die kinders honger ly as gevolg van ‘n tekort aan fondse om nodige kosvoorraad aan te koop. Voedseldonansies het ingestroom en personeel het behoorlik bontgestaan. Bestuurshoof, Karen van Bosch, sê hulle ontvang slegs ‘n 70% subsidie vanaf die regering. Die oorblywende 30% word deur donasies en geldinsamelingsprojekte bekom. “Ons het ‘n geweldige afname in donasies die afgelope boekjaar gehad, wat moontlik toegeskryf kan word aan swakker ekonomiese toe-
stande en die droogte,”verduidelik Van Bosch. “Ons moet deurlopend aansoek doen by besighede en organisasies in die streek om skenkings te maak ten einde aan al die behoeftes te voorsien. "Die kinders het egter op geen stadium honger gely nie,” vertel sy. Huis van Heerde ontvang baie ondersteuning van Badisa, gemeentes en organisasies . “Die behoefte is egter veel groter as wat deur hierdie organisasies en kerke voorsien kan word.” Huis van Heerde se doelwit is om drie gebalanseerde maaltye daagliks vir 70 kinders te kan voorsien. Die bemarker, Carien Marais, het onlangs talle voedselprodusente en organisasies genader om te bespaar op die begroting. “Ons is afhanklik van die welwillendheid van hierdie maatskappye en plaaslike gemeenskap om ons by te staan om die tekorte aan te vul,” sê Marais. Vir meer inligting, kan Van Bosch by 022 433 1042 gebel word.
Die Departement van Gesondheid het Desember verlede jaar aangekondig dat daar ’n uitbraak van listeriose in Suid-Afrika is. Hierdie siekte word deur besmette voedsel veroorsaak. Wat behels die siekte, vir watter simptome moet jy voor uitkyk en hoe kan dit voorkom word? Listeriose is ‘n ernstige siekte wat grootliks veroorsaak word wanneer iemand kos eet wat besmet is met die bakterie Listeria monocytogenes. Dié bakterie kom in grond, water en gewasse voor. Dit is gewoonlik in rou melk en ander suiwelprodukte teenwoordig. Kyk uit vir simptome soos ‘n stywe nek, koors, verwarring, algemene swakheid en brakings (gewoonlik voorafgegaan deur diarreë. Gaan na jou naaste dokter vir bloedtoetste indien jy die simtome ervaar. In sommige gevalle kan ’n monster van rugmurgvog of urine nodig wees. Die siekte word op verskeie manier behandel, afhangende van hoe ernstig dit is. Die meeste besmette pasiënte sal na verwagting binne sewe dae herstel. Pasiënte met ’n swakker immuunstelsel (swanger vroue, babas en bejaardes) sal meer intense mediese sorg nodig hê, wat gewoonlik ’n kursus antibiotika of vloeistof deur ’n binne-aarse drup insluit. ’n Dieet van piesangs, rys, appelsous en roosterbrood en ander ongegeurde kosse wat nie die maag sal irriteer nie, word aanbeveel in die behandeling van listeriose. Dit is belangrik om gehidreer te bly. Beoefen goeie higiënepraktyke by die huis. Moenie jou vleis in die son of in warm water ont-
vries nie. Vleis moet in die yskas ontdooi word om te verseker daar is nie ‘n omgewing wat die groei van bakterieë aanmoedig nie. Moenie gebraaide vleis in dieselfde bak sit as waarin die rou vleis was nie. Kook vleis deeglik, bêre oorskiet in die yskas en bedek kos nadat dit opgedien is. Maak seker dat jou yskas teen die regte temperatuur funksioneer. Meld swak higiënepraktyke of twyfelagtige slagpraktyke by die Nasionale Verbruikerskommissie (www.thencc.gov.za) aan. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die volgende vyf stappe geïdentifsieer wat voedselveiligheid bevorder : Bly skoon. Was jou hande voor jy kos hanteer en ook dikwels terwyl jy besig is om kos te hanteer. Hou rou en gekookte kos weg van mekaar. As jy rou kos hanteer, moet jy nie aan gaar kos raak voor jy jou hande en die gereedskap gewas het nie. Kook kos deeglik. Kos wat nie gekook hoef te word nie, moet deeglik met lopende water gewas word. Hou kos teen veilige temperature. Gebruik veilige water of kook die water voor dit gebruik word. Dit is die beste om vars beesen skaapvleis te eet. Koop plaaslike vleis by ‘n betroubare slagter en deel jou bekommernis met die slagter. Indien jy by ‘n winkel koop waar daar nie ‘n slagter is waarmee jy kan praat nie, kyk na die verpakking en “verkoop-teen-datum” voordat jy vir die produk betaal. Bronne: RPO, departement van gesondheid, WGO.
NUUS • NEWS
14 Maart 2018
7
Atletiek: Hierdie leerders van die Laerskool Riebeek-Kasteel het medaljes gewen by
die Wes-Kaap-kampioenskappe: Hairo Baron het goud verwerf en die rekord verbeter in o.10gewigstoot, terwyl Jeerahno Jagers ‘n silwermedalje verwerf het in o.12-verspring. Albei neem eerskomende naweek deel aan die SA kampioenskappe by Dal Josaphat deel.
Swem: 26 swemmers van Swartland Swemklub het hierdie naweek deelgeneem aan die ‘CTMA Level 1 Championship’. Die swemmers het uitstekend gevaar en net persoonlike beste tye opgestel. Die klub het 16 goud-, 5 silwer- en 16 bronsmedaljes verower. Swartlandswemklub het algeheel 6de gekom, van 27 klubs.
Boland: Connor Makey, atleet van St Thomas: Shamiel Fikster, leerder Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, het
van St Thomas Primêr op Malmesbury, het aan die Wes-Kaap-kampioenskappe in Oudtshoorn deelgeneen en in die Wes-Kaapspan opgeneem wat die naweek aan die nasionale kampioenskappe in die Paarl deelneem. Saam met hom is Ralph Cuttings, onderwyser van St Thomas, wat ook die spanbestuurder van die Bolandspan was en ook 'n Wes-Kaapkeurder is.
Wes-Kaap: Hierdie atlete van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het aan die Gala: Nicky Lategan, ‘n leerder van CPM Wes-Kaapkampioenskappe deelgeneem. Agter is Jay-Cee Kotze, Christiaan Bester, JanChristiaan Smuts, Wouter van der Merwe, Corne Dawson en Tiaano Walters. Voor is Lize-Mari Steyn, Ansune Smit, Cara Bester, Lynnique Samuels en Selma du Preez. Die leerders het soos volg presteer: Eerste plekke - Christiaan Bester S14 5km stap en Ansune Smit D17 spiesgooi. Tweede plekke - Selma du Preez D15 800m en Lize-Mari Steyn D15 gewigstoot. Derde plekke - Tiaano Walters S15 5km stap, Corne Dawson S15 800m, Cara Bester D17 5km stap en Wouter van der Merwe S17 400m. Jay-Cee Kotze S17 verspring het 'n 7de plek behaal. JanChristiaan Smuts S14 hoogstpring het 'n 9de plek behaal. Lynnique Samuels D19 diskusgooi het 'n 3de plek behaal.
op Malmesbury het by die Swartland-swemklub se kampioenskappe soos volg presteer: 50m vlinderslag goud; 50m rugslag goud; 50m borsslag goud; 50m vryslag silwer. By die CTMA Inter District JL se uitnodigingskampioenskappe het hy die volgende prestasies behaal: Vryslag 100m goud; rugslag 50m silwer; rugslag 100m goud; vryslag 50m silwer (PB); aflos (10 tot 12 jr oud) silwer.
by die onlangse Boland-kampioenskappe aan die o19 400m-item deelgeneem en die eindstreep na 50.40 oorgesteek.
8
14 Maart 2018
NUUS • NEWS
Eksteens van Uitkijk-boerdery
Regs: Die Eksteen-familie vier vanjaar hul 161ste jaar op die plaas Uitkijk. Foto: Facebook.
"
Hierdie sentrum moet ook in die ouers en jongmense se behoeftes kan voorsien
Die Eksteen-familie van die Uitkijk-plaas buite Wellington, vier hierdie jaar hul 161ste bestaan op dié plaas. Sedert die stamvader, Johannes Paulus Eksteen, in 1857 hier begin boer het, het sy nageslagte ‘n erfenis opgebou waarop hierdie man vandag baie trots sou wees. Volgens Jan Eksteen, wat vandag saam met sy broer, Bennie, en pa, Bertus, op Uitkijk boer, het hierdie agter-agter-grootjie van hom boerdery in sy bloed gehad. “Hy het grootgeword op die plaas Rustenburg by Stellenbosch waar sy ouers geboer het. In die middel 1800’s het die phelloxera-plaag die windgerde vernietig en met ‘n gepaardgaande ressessie moes hulle noodgedwonge die plaas verkoop en is vir ‘n kort rukkie in die Darling-distrik gevestig, waarna hy hom toe in die Paardeberg kom vestig het,” vertel hy. Die ryke geskiedenis van die Eksteens op Uitkijk het met die oordrag van die plaas aan Johannes Paulus Eksteen en sy vrou, Jacomina begin. Hy was die eerste geslag Eksteens op Uitkijk, maar reeds die derde geslag Eksteens in Suid-Afrika. Hy het slegs tien jaar op die plaas geboer voordat hy oorlede is. Sy seun, Albertus Wynand
en dié se vrou, Catherina, was die tweede geslag op die plaas. Hulle het weer ‘n seun gehad, ook Albertus Wynand (Oupa Tos), wat ‘n presiese en netjiese boer was. “Hy het ‘n redelike sterk grondslag vir ons gelê wat vandag nog geld. Sy seun was weer Johannes Paulus Louw Eksteen (Jan) my oorlede oupa. "Ek het hom goed geken en hy was welbekend in die perdekringe, dis nou Friesperde, Hackneys, esels en muile oftewel trekperde. Hy was ‘n redelike legende en het tot op 90-jarige ouderdom nog sy perde op landbouskoue ten toongestel. "Daarna was dit nou my pa ook Albertus Wynand (Bertus) Eksteen hy is ook die een wat my en my broer dan nou die meeste van ons praktriese ondervinding in boerdery gelee het van ‘n baie jong ouderdom af,” vertel Jan. Volgens hom is sy broer se seun, ook Albertus Wynand Eksteen, die sewende geslag Eksteen wat op die plaas is. Die aanvanklike boerdery op Uitkijk het 161 jaar gelede meesal uit skape, beeste, koring, hawer en lupine bestaan.
NUUS • NEWS
14 Maart 2018
boer al vir afgelope 161 jaar saam vooruit
Die Eksteen-familie by die doop van 'n jonge Eksteen-spruit. Cari Photography “Aan die beginjare was die plaas nie intensief geboer nie en is gronde al om die derde jaar gesaai. Die plaas was tot die laat sestigs basies selfonderhoudend. Meeste van die alledaagse benodigdhede is op die plaas verbou en verwerk tot ‘n bruikbare produk. "Daar is enigiets van hoenders, bokke, ganse, makoue, beeste en varke aangehou vir menslike voedselverbruik. "Verder was daar ‘n meul vir meelmaal en ‘n kelder vir wynproduksie wat my oupagrootjie in die 1920’s opgerig het. Botter, kaas, konfyt, melk, rosyne en verskillende groentes en vrugte is alles op die plaas verbou vir verkope aan smouse en menslike verbruik,” vertel Jan oor hul ryke geskiedenis. Alhoewel trekdiere en perde aanvanklik gebruik is vir die boerdery-aktiwiteite in die vroeë jare, het hulle rondom 1933 na industriële masjinerie soos trekkers en stropers oorgeskakel. Soos wat die plaasimplemente verbeter het, kon meer grond vir saai en wingerd voorberei word. “Die laaste 10 jaar het ons begin kyk na ander vertakkings buiten graan en druiwe, wat dan vye, sitrus, wingerdonderstok, moederblokke, olywe en pruime insluit,” vertel Jan oor hul voor-
"
Hy het ‘n redelike sterk grondslag vir ons gelê wat vandag nog geld.
uitgang. Die Eksteens is ook besig om ‘n sentrum op die plaas te ontwikkel wat die onmiddellike plaasgemeenskap kan bedien en ondersteun. “Dit begin deur om te sien na jong kinders in die vorm van ‘n crèche en nasorgsentrum vir skoolkinders van verskillende ouderdomme. Dit moet die basiese behoeftes van die kinders, soos voeding, opvoeding, onderrig, opleiding en natuurlik ook sport, ondersteun. Hierdie sentrum moet ook in die ouers en jongmense se behoeftes kan voorsien. Opleiding en ondersteuning op verskillende behoeftevlakke moet hier aangespreek kan word. Ons is redelik ver uit die dorp geleë, so daar moet bv. rekenaargeriewe, ‘n gimnasium en ander moontlike sportgeriewe vir die gemeenskap beskikbaar gestel word. Die
doel is om geleenthede te skep en meer mense toe te rus vir die uitdagings en geleenthede van die toekoms,” verduidelik Jan. Volgens hom lê hul sukses op Uitkijk waarskynlik in genade. Alhoewel statistieke oor die afgelope 30 jaar daarop dui dat kommersiële boerderye aan die kwyn is in Suid-Afrika en in ‘n meer korporatiewe rigting te beweeg, het die Eksteens probeer om hierby aan te pas, maar sonder om die familie-gevoel en waardes van hul besigheid prys te gee. Die feit dat die Eksteens weet hoe om kreatief oor onafwendbare veranderlikes te dink, dra waarskynlik ook tot hul sukses oor die jare by. “Die boerdery-omgewing verander soms baie stadig en dan weer baie vinnig. Jy moet heeltyd bewus wees van wat aan die gebeur is in jou markomgewing en hoe om die beste uit die gegewe hulpbronne tot jou beskiking te tap deur deurentyd volhoubare beginsels toe te pas. As ek ver terugkyk, het die vertakkings in ons boerdery ons baie gehelp om die jare se uitdagings deur te sien. As die een vertakking die jaar dalk sukkel, het die ander een weer moontlik presteer. Ek glo ons probeer die basiese dinge elke jaar beter doen,” deel Jan hul suksesresep. Die Eksteens het groot drome vir die toekoms. “Ons sal graag die projekte en vertakkings waarmee ons tans besig is en onlangs mee begin het, wil deursien en suksesvol vestig, waarde begin toevoeg en nader aan die verbruiker begin beweeg. Ons wil graag ‘n paar unieke aanbiedinge ontwikkel wat kan waarde toevoeg tot ‘n ontwikkelende verbruikersmarks. "Ons wil graag ook die mense wat op ons plaas werk en grootword, asook die omgewing ondersteun sodat hulle ook kan ontwikkel en deelneem aan die ontwikkelende ekonomie,” sê Jan. Uitkijk se Eksteens speel ‘n reuse-rol in die groter boerderygemeenskap. Hulle skep werk vir 120 permanente en ‘n verdere 50 seisoenale werkers. Hul produkte moet verwerk word, wat weer ‘n sekondêre industrie ondersteun en verdere werksgeleenthede skep. Van hul produkte wat uitgevoer word, verdien buitelandse valuta en kom weer in die vorm van rande terug wat in die boeregemeenskap en onmiddellike dorp teruggeploeg word. Hulle is ook lid van Agri Wes-Kaap en ondersteun georganiseerde landbou.
Miskien lê die geheim van die Eksteen-stamboom op Uitkijk in Jan se opsomming van die essensie van boerdery: “Jy moet nederig bly en doelgerig bly, glo en vasbyt deur die moelike tye, al voel dit soms soos die verkeerdste bedryf om in te wees,” sê hy. Die plaas bied op 17 en 18 Maart die XTN Vyefees aan, waar talle vye-produkte en vermaak vir ‘n heerlike naweek van familiepret sal sorg. Vir besprekings kan belangstellendes www.computicket.com besoek.
"
Die laaste 10 jaar het ons begin kyk na ander vertakkings buiten graan en druiwe.
9
10
14 Maart 2018
Dagboek • Diary
NUUS • NEWS
Toutrek: Die Malmesbury-toutrekklub het met hul kaalvoete die afgelope naweek aan
die WP Wynland-streekskampioenskappe in Worcester by die HTS Drostdy-skool deelgeneem onder leiding van afrigter Quentin van der Berg. In die plaatafdeling het die volgende gewigsklasse soos volg presteer: 230kg - tweede plek; 280kg - tweede plek; 320kg - eerste plek; 360kg - derde plek. Die klub het ook deurgedring na die SA-kampioenskappe in Kimberley wat vanaf 22 tot 25 Maart aangebied word.
Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM Next to “Langsdiebos” Market Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury The Village Market at Allesverloren & Pleasant Pheasant. First Saturday of every month. Enquiries - Linda 076 803 7399 or Cynthia 082 492 838
Trompoppies:
Die Malmesbury Junior Majorettes het Saterdag aan hul eerste trompoppie-kompetisie deelgeneem en 'n eerste plek ingepalm in altwee hul items. Die span bestaan uit die volgende meisies: Reese Hartnick (Liebenberg Primêr), Courtney Solomons (Liebenberg Primêr), Chenita Abdol (Liebenberg Primêr), Natania Willemse, Venele November, Nazirene Pietersen, Raylene Erasmus van St Thomas Primêr ,Kirsty – Lee Mcquire van Welgemeend Primer. Die trainers is Denise Abdol,Carynne September,Monique Fortuin en Judy Winzer.
Skog Voorsaaidag: Risikobestuur 14 Maart: Vanjaar se Skog Voorsaaidag vind vanaf 08:00 by Die Stoor, Reservoirstraat, Ebenhaezer, Moorreesburg plaas. Die hoofspreker is Giel Hugo en sy onderwerp is "Weervooruitsigte vir 2018". Prof André Agenbag gesels oor risikobestuur vir volhoubare gewasprduksie en André Fourie raak "die storie rondom vee" aan. Kontak Gert Conradie by 022 433 8932 of 074 603 7240 of stuur 'n epos na gertc@elsenburg.com. Swartland Voortrekkers Gemeenskapsprojek 14 Maart 2018: Swartland Voortrekkers pak jaarliks ‘n gemeenskapsprojek aan ten bate van ‘n behoeftige instansie. Deur hierdie gemeenskapsprojek wil die organisasie nie-bederfbare kosprodukte soos byvoorbeeld blikkieskos, konfyt, pasta, en meer insamel ten bate van Huis van Heerde op Moorreesburg. "Ons sal dit waardeer indien u ons sal help met
ons projek deur vir ons kinders nie-bederfbare produkte te gee op 14 Maart 2018 tussen 17:45 en 18:45, wanneer hulle aan u deur klop. Die area wat gedek gaan word is Panorama op Malmesbury. Darling-familiefees 17 Maart - Die Darling Familiefees word gehou vanaf 09:00 tot laat by die Darling NG-kerk. Talle aktiwiteite soos 'n mark, boeresport, kinderaktiwiteite, kuiertent en Jo Black om 19:00 Malmesbury-netbalklub hou proewe 19 Maart & 22 Maart: Netbalproewe om 18:00 @ Laerskool Swartland. Inskrywings sluit Vrydag, 16 Maart. Gratis! Spelers van alle fiksheids- en vaardigheidsvlakke is welkom. Om in te skryf, kontak vir Ina (072 541 3846) of Zanelle (076 721 1725). Malmesbury Hockey Club 21 March: The Tyremart Malmesbury six a side hockey tournament will be hosted by Malmesbury Hockey Club at Swartland High School Astro from 08:00 till 11:00. Cost: R300 per team (R50 per player). u/11,u/13 and the mixed open. The open will be 3 men and 3 women in a mixed team. For any further enquiries, please send an emai to steynsport@gmail.com Moorreesburg & Koringberg Tourism 13 April: Moorreesburg and Koringberg Tourism presents Grease outdoor movie night. From 18:00 - 21:00 at the Koringbedryfmuseum, Hoofstraat, Moorreesburg Esterhof Kleuterskool 28 April: "Back to school"-dag met Justin van 7de Laan by Esterhof Kleuterskool in Riebeek Kasteel met verskeie stalletjies, musiek, springkastele, gesigverf en vele meer. Aktiwiteite neem 'n aanvang om 15:00 tot 20:00. Toegang beloop R50 vir volwassenes, R30 vir kinders en R10 vir kleuters tot graad R. Kaartjies beskikbaar by die kleuterskool of kontak: 073 439 5948 (Annalie) / 062 046 8132 (Shadelle)
Kerke • Churches Vriend van God (AGS) Sondag-oggenddiens om 09:30 . Navrae: 073 447 2902 / 022 487 2200 House of Praise Ecclesia (HOPE) Sondagoggend diens om 10:00 by Vrolike Vinkies. Kinderbediening (HOPEKidz) om 09:00 Vir enige verdere navrae kontak Past Enrico Cloete by 061 896 6326 AGS Wesbank Sondag-erediens asook kinderbediening om 09:30 te Hibuskusstraat 49. Navrae: 022 486 5178 Volle Evangeliekerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur - Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 8279054. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 10:00 Sunday Worship Service - All welcome. 10:00 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Chris Botha 072 692 7995 / 022 482 3623 Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays: Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm
Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168 Shofar Sondagoggend diens om 09:30 en die aanddiens om 17:30 te Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Pro Gratia Malmesbury 18 Maart om 9:30 by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae - 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. Sewende-dag Adventiste Kerk Hoek van Koring en Graan straat, Moorreesburg Erediens: Saterdae 11:00 – 12:00 Navrae: 082 2949 381
NUUS • NEWS DIENSTE SERVICES Melieta's Kitchen 082 589 1785/082 492 4485 - www.melieta's kitchen.co.za - Soet en sout gebak:platters/ dosyne, terte,kaaskoeke, geleentheidskoeke, pasteie #4609 -----------------------------------TE HUUR TO LET *Woonstel te huur R4370 per maand. Motorhuis R420 pm. Geen kinders. Skakel 083 658 4996 * Sakepersele te huur in Malmesbury vanaf R3000 - R20 000. Skakel 083 658 4996 * Woonhuis in Malmesbury te huur. Oopplan, binnebraai, 3slpk, D/MH, Naby HSS. Onmiddellik beskikbaar. R9600 per maand. Skakel 083 658 4996 --Twee slaapkamer woonstel te huur te Ruststasie vanaf 1 Mei. Ruststasie is geleë 22 kilometer vanaf Malmesbury in die rigting van Moorreesburg op die N7. R4500 per maand (1maand vooruitbetaalbaar plus deposito) water ingesluit, koopkrag. Geen troeteldiere. Indien belangstel kontak vir Adriaan op 082 801 1906 #4626 -----------------------------------TE KOOP FOR SALE Malmesbury - Drieslaapkamer huis te koop. Goeie area, groot erf. Naby skole en winkels. Kontak nr 0832977838 #4625 ----Hake fillet porsies/ pakke R50. Snoeke vanaf R55. 5kg fillete @ R350,00. Viskoekies, visvingers en ander - 022 4873265 of 084 250 2460 #4608
----
TITUS EIENDOMME Malmesbury: WESBANK. * Erwe vanaf R210 000,00 tot R250 000,00. Grootte wissel - 600+ vkm * 2 Slaapkamer woonhuis * 3 slaapkamer woonhuis Skakel 082 780 1380 #4627
--------------------------------GELUKWENSINGS CONGRATULATIONS HERMAN SEPTEMBER. 13 Maart. Gelukkige verjaardag my liefste man. Baie seën. Lekker verjaar. Lief jou baie - Vroulief ---Baie geluk met Oupa se verjaardag. Liefde, geluk en voorspoed vir die nuwe lewensjaar - Chrizaan en kinders -----------------------------------GESIENA BARENDS. 13 Maart. Liefste suster. Baie geluk met jou geboortedag vieringe. Lief vir jou - jou suster Sarah --Baie geluk met Mammie se verjaardag. Geseënde jare vorentoe. Baie liefde Patrick, Estelle en kinders -----------------------------------BRADLEY PIETERSEN. 17 Maart. Geluk ma se lieflingkind, hoop jy geniet jou daggie en onthou Ma is lief vir jou - Mammie, Ouma & Lito --Geluk Tannie se peetkind. Mag jy 'n lekker verjaardag hê. Baie lief vir jou. ----------------------------------ELRIE. 17 Maart. Baie geluk met jou verjaarsdag. Goedheid en guns rus op jou lewe. Baie liefde Daddy en antie Sarah -----------------------------------SHANNON LEWIS. 17 March 2018. Happy birthday, may all your hearts desires be fullfilled - Ouma Koerie, oupa Kep, Ma, Pa, Bok and Jonaydon -----------------------------------Alle "Divas " van Maart in Afgan. Baie geluk THEUNIS op 11 Maart ---QUINTON MATTHEWS op 13 Maart. ----YVONNE ERASMUS op 14 Maart. ----Baie geluk THORICK PRINS op 16 Maart -----------------------------------TRISTAN WITBOOI. 19 Maart. Gelukkige "sweet 16" my liefingkind. Lekker
verjaar. Baie liefde - Mammie, Keagan & Noby --Geluk Mamma se kleinseun. Ek is baie trots op jou. Lekker verjaar Mamma, oupa Herman en Johnnic -----------------------------------Geluk my seun met jou 15de verjaarsdag op 15 Maart. Mag God jou seën. Liefde - Mammie, Brandon, Anin en Bree --Geluk my kleinseun met jou 15de verjaardag. Lief vir jou. Van: jou Ouma en Oupa -----------------------------------EDWINA PETERSEN. 16 Maart. My vrou en ons ma, gelukkige 43ste verjaarsdag. Mag God u nog vele jare spaar- Jou man , kinders en kleinseun --Vriendin en staatmaker. Geniet jou dag. Mag God jou ryklik seën. Van jou spesiale vriendin( Pam) & gesin --Wens jou 'n wonderlike dag toe. God se rykste sëëninge. Van jou buurvrou (Issie) en kinders -----------------------------------ELZANA NKOSANA. 12 Maart. Veels geluk met jou 16de verjaarsdag. Gods rykste seën. Van Nkosana familie -----------------------------------JANIQUE. 14 Maart. Veels geluk my pragtige sussie. Vandag 19jr oud. Baie liefies vir jou - Janine --------------------------------16 Maart. Veels geluk my pragtige seun JURGEN WESLEY DAMON. Baie liefde - Jou trotse Mammie UNA ARENDSE. 15 Maart. Baie geluk met jou 50ste mylpaal wat deur God moontlik gemaak is. Van: Abrahams familie 16 Maart. ENID LEANDER. Baie geluk my liefling suster. Mag die Here jou seen met goeie gesondheid. Liefde - Fien en gesin -----------------------------------MEGAN RHODES. 18•03•2018. Baie geluk met jou verjaarsdag,kollega en beste vriend. Van Shinique -----------------------------------REANTE. Op 19 Maart 2018 is Pappie en Mammie se engelkind vier jaar oud baie lief Baie lief vir jou. Lekker verjaar ---Happy birthday Reante. Love Ouma Wilma, Nanna, Zia and Bradwin -----------------------------------Sus jy moet lekker verjaar op 18 Maart. Altyd daar vir my en my kinders Liefde - Wilma -----------------------------------BLAKE op 19 Maart is jy twee jaar oud. Baie lief vir jou. Van - Pa, Ouma Wilma, boeties en sussies -----------------------------------NAOMI JOHNSON. 14 Maart. Baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is. Van: Ma Liz -----------------------------------DOROTHEA JORDAAN. 100 op 18 Maart 2018. Baie geluk Mamma, ouma, oumagrootjie en groot-groot ouma. Vyf geslagte --Geniet die dag met die familie - Amanda en Abie Witbooi, kleinkinders, agterkleinkinders en agter-agter kleinkinders -----------------------------------Baie geluk AMELIA met jou verjaarsdag. Baie
11
14 Maart 2018 liefde - huisgesin en familie -----------------------------------LORRAINE FRANS. Baie geluk met jou verjaardag op 12 Maart asook vir KYA jou suster se dogtertjie -----------------------------------TYRON ADONIS. Lekker verjaar op 15 Maart 2018 asook aan MARY-JANE ADONIS -----------------------------------TYRON DONKERMAN. Geluk met jou eerste verjaarsdag. Mag daar nog baie wees boeta - Mammie, Ma (sus), Oupa Vonk en Donkerman familie
MEMORIUMS IN MEMORIAM CEDRIC PIETERSEN. 18 Maart 2018. Jou eerste verjaardag by ons Hemelse Vader. Jou verlangende vrou, kinders en kleinkinders. ----------------------------------13 Maart. Ma se 63ste verjaardag en sewe jaar van ons weggeneem. Mis Ma elke dag - Frans, Kinders, kleinkinders en familie ----------------------------------PAT ARENDSE. 17 Maart. Een jaar van ons geskei en ons mis jou baie, maar gun jou die ewige rus -
Abrahams familie ----------------------------------SANDRA VAN KOLWER. 15 Maart. Jou eerste verjaardag weg van ons - van 'n niggie wat baie lief is vir jou - Yvonne ----------------------------------15 Maart. RODWIN reeds twee jaar weg van ons maar die verlange nog so groot. Liefde Mammie, ----------------------------------GERALD "PIETERTJIE" TITUS. 16 March. Three years passed, but we'll always remember you. Forever in our hearts Ma, Shaun & Niann -----------------------------------
HENRICO VAN DER POLL. 19 Maart. Vier jaar. Jy het pragtige herinneringe nagelaat - Jou ma Joanie, pa Nicky, Michelle en Kevin ----------------------------------STERFGEVAL OBITUARY
Wesbank. Begrafnisdiens Saterdag ,17 Maart 2018. Besigtiging om, 9:00 by die AGS-kerk Wesbank, waarna die diens om 10:00 'n aanvang sal neem. -----------------------------------
CLARA ABRAHAMS (Aunty Von). Troosdiens: Woensdag, 14 Maart 2018 om 19:00 (7uur) by AGS-Kerk
PETER PERILS. Gebore 27.07.1954 - Oorlede 12.03.2018. Troosdiens: Donderdag, 15 Maart om 19:30 te Petuniasingel 25,
Abbotsdale. Begrafnis: Saterdag, 18 Maart 2018 Huisdiens te Petuniasingel 25 om 11:00 en die diens om 12:00 by die Abbotsdale Gemeenskapsaal -----------------------------------
12
courant
dié
14 Maart 2018
Tel: 022 487 3221
SPORT
14 Maart 2018
Rugby:
Die span van Wesbank-rugbyklub het Saterdag op hul tuisveld op Malmesbury 'n wedstryd gespeel teen die span van Mamre Hamlets. Wesbank het geseëvier met 36-31. 'n Kennisgewing deur die voorsitter van Boland Rugby-unie, Ivan Pekeur, het verlede week groot opslae gemaak toe dit aangekondig is dat die Groot Uitdaag-kompetisie eers van die baan is weens die heersende waterkrisis in die Swartland en Drakenstein. Foto: David Howburg
Hoërskool Porterville hou weer sportfees Meer as ‘n duisend skoolkinders speel Vrydag 23 en Saterdag 24 Maart teen mekaar netbal en rugby op Hoërskool Porterville se sportterrein. Meer as 20 laerskole neem Vrydag en Saterdag deel, van o.9 tot o.13. Die hoërskole speel
teen mekaar van o.14 tot 0.16, tweede en eerste spanne. Die eerste spanne speel op Saterdag 24 Maart teen mekaar. Hoërskool Hopefield en Bishops se pak mekaar vanjaar met ander wedstryde: Porterville vs Overberg, Namakwaland vs
NUUS • NEWS
Langenhoven (Riversdal) en Paarl Boys High teen Grens (Oos-Londen). Die fees word gratis aangebied danksy uitstekende borge en die vrygewigheid van die Porterville-gemeenskap.]
Sportuitslae Sports results GHOLF Malmesbury-gholfklub Woensdag Sundowner, 7 Maart - Supa Quick - Enkel Stableford : George Prinsloo 21, Danie Rust 19, Marais Erasmus 18, Sakkie Klasen 18, Lindsay Meyer 17 Vrydag Sundowner, 9 Maart - Supa Quick - Enkel Stableford : Franklin September 22, Sakkie Klasen 19, Billy Howberg 18 Saterdag, 10 Maart - Maandelikse Houespel - Brian Harker 65, John Smith 69, Natie Smith 70, Paul Hardcastle 71, Andre Uys 72, Johann Ackerman 72, Okkie Basson 72, Gerhard Spangenberg 73, Fritz de Beer 73, Adriaan Louw 73 TENNIS MANS Malmesbury A wen Country Club 4 wedstryde teen 2. Dmitri Marais k D.Terreblanche 6/3;6/2; Braam Isaacs k P.Coetzee 6/1;6/1; Kristoff Isaacs v O.Slabbert 6/7;5/7; Divan Robertson k P.Fourie 3/6;7/5;10/3; Dmitri Marais & Divan Robertson k D.Terreblanche & P.Coetzee 6/3;6/2; Braam Isaacs & Kristoff Isaacs v O.Slabbert & P.Fourie 3/6;7/6;8/10 Malmesbury B wen Brackenfell 5 wedstryde teen nul Dirk Lategan k Lothar Hinze 6/1;6/3; Willem Coetzee k Henry Pieterse 6/0;6/2; Irwan Turner & Sarel Steyn k Werner Loock & Armand Jones 6/2;6/1; Dirk Lategan & Willem Coertzee k Werner Loock & Armand Jones 6/2;6/2; Irwan Turner & Sarel Steyn k Lothar Hinze & Henry Pieterse 6/7;6/0;10/8 Malmesbury C wedstryd teen Vredenburg. Wedstryd uitgereen
Saterdag vind die negende van 12 byeenkomste vir die seisoen by die baan van Swartland Oval Karting plaas. Knortjor-renjaers gaan mekaar die stryd aansê op die baan en vir aksiebelaaide wedrenne sorg. Die seisoen nader sy einde en elke renjaer sal poog om soveel as moontlik punte bymekaar te maak. Renjaers van die Kaapse klub, Cape Oval Dirt Karting, tot sover as George Motorklub Karting sal ook weer in aksie op die baan wees. Die manne van die V680-klas is ‘n groot trekpleister. Hierdie klas neem nie deel vir punte of trofees nie, maar sorg altyd vir naelbyt aksie op die baan. Toeskouers kan gerus kom kyk hoe Willie du Plessis van Malmesbury jaag dat die stof so staan. Wedrenne begin 15:00. Toegang is R30 per volwassene en R10 per kind jonger as 12. Die kosstalletjie sal weer sorg vir heerlike eetgoed, terwyl daar ook langs die baan gebring-en-braai kan word. Foto: Leatitia O'Kennedy
DAMES Dames A verloor teen Rekreasie 3 wedstryde teen 2. Antonette Snyman k Mieke Smit 6/4;6/4; Jessie Liebenberg v Nadia van Noordwyk 2/6;3/6; Rachelle Tobias & Laetitia Reesberg v Lize de Klerk & Suzanne Bellingham 0/6;3/6; Antonette Snyman & Jessie Liebenberg v Lize de Klerk & Suzanne Bellingham 4/6;2/6; Rachelle Tobias & Laetitia Reesberg k Mieke Smit & Nadia van Noordwyk 2/6;6/1;11/9. Dames B verloor teen Strand 4 wedstryde teen 1. Janine Coetzee v Jeandrie Agenbag 6/4; 4/6; 5/10; Hanneke Schreuder v Jane’ van Wyk 2/6;0/6; Annette De Wet & Marlene Hanekom v Arista Steenkamp & Susan Jooste 6/4;6/7;12/14; Janine Coetzee & Hanneke Schreuder v Arista Steenkamp & Susan Jooste 2/6;0/6; Annette De Wet & Marlene Hanekom k Jeandrie Agenbag & Jane’ van Wyk 6/1;6/2