courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié
14 Maart 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 460
14 Maart 2018
•WIL EFFEK VAN DAG ZERO AAN INWONERS WYS
Plaaslike boer kyk na waterkrisis
•Jaomi Zeeman Die plaaslike boer, Eduard Malan van die plaas Middelpos buite Wellington, het op Sondag 11 Maart tydens ‘n insetsel oor die waterskaarste in die Wes-Kaap op SABC 2 se Fokus-program in ‘n onderhoud gepraat. Eduard, wat al die vierde geslag in sy familie op die plaas is, vertel dat hulle met 100 ha wyndruiwe en 20 ha uitvoersitrus op die plaas boer. Middelpos is al vir 117 jaar die spil waarom hul familie se boerderybedrywighede langs die Bergrivier draai. Die insetsel op televisie het oor die huidige waterprobleme van boere langs die Bergrivier gehandel. Daar word sedert 4 Februarie geen water meer uit die Theewaterskloof- of Bergrivierdam losgelaat nie. “Ons het na hierdie datum nog maklik beskikbare water vir ses dae in die rivier gehad om te pomp. Daarna het ons pompgate in die rivier skoongemaak met die nodige toestemming van omgewingsake om die boorde en wingerde wat nog oeste aanhet, te besproei. Ons het al vroeg in die produksieseisoen voorsiening gemaak vir ‘n kleiner oes. Ons het minder bemes, strenger gesnoei en ook ons beskikbare water gespasieer deur die somer sodat ons genoeg water het om die sitrus te besproei deur die somer. Huidiglik het ek nog so 30% beskikbaar van my toegelate water volgens my meter. Maar daardie water wat ek gereserveer het vir die sitrus is nie in die rivier beskikbaar nie,” vertel hy oor hierdie krisis. Volgens Eduard het hul plaas ingelyste waterregte uit die Bergrivier. In die tagtigerjare kon hulle nie damlisensies vir privaat damme bekom nie en het daarom waterregte uit die Theewaterskloofdam aangekoop. Die huidige weerhouding van water uit hierdie waterbronne het dus verreikende gevolge vir boere langs die Bergrivier. “As ‘n wingerdstok gewoond is om vir jare tweeweeklikse besproeiing te kry, kan dit nie aan die lewe bly soos ‘n droë landstok nie. Die wortelstelsel is nie so goed ontwikkel nie. Dit is soos om te verwag ‘n potplant se wortels moet buite die pot water soek,” verduidelik hy. Tydens die onderhoud vir Fokus met Danie Hefers het Eduard lig op hierdie probleem gewerp. “Danie Hefers het Maandagmiddag, 4 Maart, ‘n vinnige onderhoud met my oor die droogte, die Bergrivierdam wat nog 50% vol is en nie meer landbouwater loslaat nie, asook dag Zero wat uitgestel Is, gehad . Die hele vallei word finansieel erg geraak, maar meer die boerderye met later oeste soos granate en sitrus. ‘n Buurplaas het twee weke voordat hulle granate begin oes feitlik
98% van die oes verloor. Hulle het vir ‘n week lank besproeiingswater probeer aanry, maar dit was net te duur,” sê Eduard. “Danie het ‘n paar vrae aan my gestel en die opname is op die rivierwal geskiet. Dit is sleg om te sien hoe ‘n seisoen se werk in ‘n kort tydjie verwoes word deur mense wat onaangeraak is deur die verliese en gevolge van die verliese en nie altyd in voeling is met wat op grondvlak gebeur nie. Die skuld vir werksverliese op plase word dikwels op die skouers van die produsente gelaai, terwyl mense wat besluite neem maar net volgende jaar weer aangaan in sy pos. Na alle kante toe is dit altyd net Landbou se probleem om op te los,” sê hy oor die boere se frustrasies. Eduard hoop dat die insetsel op Fokus die publiek sal help om die ingewikkelde gevolge van Dag Zero op die landbousektor raak te sien. “Die publiek moet vra op watter manier, en wie, het dag Zero bepaal. As jy kyk waar die damvlakke gestaan het aan die einde van die winter 2017 en die damme sak elke week ‘n sekere persentasie, en die onderste 10% aftrek wat nie kan uitloop nie, is daar genoeg water tot na die 2018 winter,” spekuleer hy. Volgens Eduard sal die landbou erge skade ly indien dit nie binne die volgende twee weke goed reën of water uit die Bergrivierdam, wat nog 50% vol is, gelaat word nie. Hy sal sy hele sitrus-oes verloor en nie die sestig seisoenwerkers wat elke
jaar op sy plaas kom werk, in diens kan neem nie. Alle uitbreidings sal gestop moet word en nuwe aanplantings sal gestaak moet word. “Die rimpeleffek van hierdie krisis kring baie verder uit as net my boerdery,” sê Eduard. Hy het, soos baie ander boere, reeds vele aanpassings gemaak om by die watertekort aan te pas. Hy moes al heelwat onkostes aangaan om ekstra pyplyne aan te lê wat verskillende pompe met mekaar verbind om die laaste bietjie syferwater in die rivier na sitrusboorde te probeer lei. “Ek gebruik al die hele paar jaar vogmeters, of continious logging probes, om nie oor te besproei nie. So word water en elektrisiteit oordeelkundig gebruik. Daar bestaan ‘n persepsie dat boere water en elektrisiteit mors. ‘n Boer wat met dit mors, sal nie lank boer nie. Dis van die grootste uitgawes in ‘n boerdery,” sê hy. Ten spyte van al die uitdagings, bly Eduard ‘n boer wat passievol oor sy werk is. “Iemand het eenkeer gesê ‘n mens se besigheid is soos om ‘n boom te plant. Maar jy moenie alleen in die boom se skaduwee sit nie. Die boom moet kan skaduwee gee vir ander ook. Ek boer omdat dit my passie is. Daar is nie iets anders wat ek wil doen nie. Dit sal kom reën, en een of ander tyd gaan die mense in hierdie land besef, ‘n goeie landbou-omgewing is tot voordeel van almal in die land. As jy boer kan jy nie pessimisties raak nie. Optimisme is ‘n vereiste,” sê hy.
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
14 Maart 2018
•GEBRUIK HERWINNING AS VERTREKPUNT
Arbeidsterapeut raak kreatief Die Wellingtonner Michelle Bester is ‘n vrou van vele talente. Hierdie ma van drie talentvolle dogters is nie net ‘n arbeidsterapeut nie, maar ook iemand met ‘n kreatiewe brein wat baie interessante, oorspronklike geskenke maak. Die items wat sy uit gebruikte skyfiesakkies maak, laat oral die koppe draai. Michelle, wat as arbeidsterapeut in kinders wat in ongelukke was spesialiseer, het ‘n hart van goud en is passievol oor haar werk. Sy help kinders wat veral kopbeserings opgedoen het met terapie en stap ook ‘n pad saam met die ouers. “Ek sien my pasiënte gewoonlik eers so ‘n jaar en ‘n half tot twee jaar na ‘n ongeluk. Dit is soms nodig om aan die ouers die implikasies van die verandering in gedrag en vermoëns van hul kind in perspektief te stel. Wanneer hulle verstaan wat met hul kind se brein gebeur het, is die behandeling en herstelproses makliker,” sê sy. Michelle se praktyk is by die Tygerberg Mediese Skool en sy pendel soggens gedurende die week tussen Wellington en Belville. Haar pad met die rehabilitasie van kinders wat in ongelukke was, het jare gelede na haar studies in Worcester begin. “Ek het na my studies ‘n pedriatiese praktyk in Worcester oorgeneem. Daar het ons met premature babas tot hoërskoolkinders gewerk,” vertel sy. Volgens haar het die ondervinding wat sy tydens haar 14 jaar by hierdie praktyk opgedoen het, die weg gebaan vir die spesialiswerk
waarmee sy nou besig is. Sy het ook in 2003 ‘n speelgroep by Worcester-Oos Laerskool begin iets wat sy vir drie jaar lank bedryf het, terwyl sy smiddae ook by haar praktyk diens gedoen het. In 2009 het sy met kinder-ongelukslagoffers by Tygerberg begin werk en in 2015 het sy en haar gesin na Wellington verhuis. Volgens Michelle het sy nog altyd daarvan gehou om kreatief besig te wees en artikels te maak. Sy spot dat haar man daarvan kan getuig dat sy altyd goed opgaar wat sy in haar kreatiewe projekte wil gebruik. Die sakke wat sy uit gebruikte skyfiesakkies maak, het eintlik toevallig gebeur. “My een dogter moes op ‘n hokkietoer gaan en ek het gedink dat dit ‘n goeie idee is om haar te laat help om die geld in te samel. Ek en ‘n vriendin het besluit om gebruikte skyfiesakkies te herwin en in potloodsakkies te omskep. Die kinders kon dit dan vir ‘n fondsinsameling verkoop,” sê sy. Haar dogters het ywerig begin help met hierdie projek. “Die een moet die sakkies knip, terwyl die ander een vir die skoonmaak daarvan verantwoordelik is. Ek knip dan dik, deurskynende plastiek en gekleurde plastiek vir die voor en agterkante,” verduidelik sy hierdie spanpoging. Die aanvanklike resultaat, ‘n unieke potloodsakkie wat soos iemand se gunsteling skyfies lyk, was dadelik ‘n wenner. Michelle het haar reeks uitgebrei en twee maande gelede skouersakke op dieselfde prinsiep begin maak.
“Ons eet darem nie self al die skyfies waarvan ek die sakkies maak nie,” lag sy. “Almal wat ons ken, dra vir ons leë skyfiesakkies aan. Mense het al met die oulikste idees vorendag gekom en selfs sketse en ander aandenkings in ‘n sak laat verewig,” vertel sy. Dit is nodeloos om te sê dat haar dogter toe genoeg geld met die verkope van die potloodsakkies vir haar hokkietoer ingesamel het.
“Nou werk ons weer aan ‘n hoërskoolfonds met die sakkies,” sê Michelle. Intussen help sy kinders wat in ongelukke was, studeer deeltyds onderwys en ondersteun haar gesin - alles terwyl sy haar kreatiewe idees vrye teuels gee. “Miskien as ek eendag afgetree is, sal ek voltyds artikels maak en op markte verkoop,” sê Michelle.
‘n Uitstalling van die kunstenaar André Knoesen se kunswerke het op Saterdag 10 Maart in die Breytenbach-galery geopen. Die openingspreker was professor Lize Robbroeck van die Universiteit van Stellenbosch. Die tema van die uitstalling is “Vier gebede by jaargetye”. Professor Robbroeck het die uitstalling as ‘n “prima uitstalling van landskapkuns” en André as ‘n “genie” in dié Suid-Afrikaanse oeuvre bestempel. “Ons land bied soveel wonderlike tonele.
Land en grond is ‘n belangrike kwessie in SuidAfrika, kyk nou maar na al die debatte wat weer daarom handel. Dit is ‘n voortgaande simboliese brandpunt en kuns lewer deurlopend kommentaar daarop. André se kuns is egter nie gemoeid met die oorskryf van ons Setlaargeskiedenis nie, maar is ‘n meer direkte belewenis van ons land,” het sy gesê. Volgens professor Robbroeck is die aktiwiteit van skilder en die landskap self, nou verweef.
“André dra dit wat hy sien op ‘n tweedimensionele vlak oor. "Sy tonele is dié wat ‘n mens kan herbesoek en waarin jy jouself kan verloor. "Die olifant in die kamer is die feit dat daar eenvoudig te veel mense is wat ons aarde bewoon. "Juis daarom is sy leë landskappe so aanloklik,” het sy gesê. Sy het die eienskappe in die kunswerke wat mense se oog boei en wat hulle nooi om te mediteer in die landskap, uitgelig.
“Dit is nie sogenaamde toerisme-landskappe wat ‘n mens in die kunswerke sien nie. Dit is gestroop van sentiment, maar ontroer diep. Hy wiggel met die fisiese ervaring en persepsie en bemeester die kuns om die brein uit dít wat tussen die oog en die hand gebeur, te hou,” het sy voortgegaan. Die uitstalling duur tot 13 April. Belangstellendes kan die Galery by 021-873 2786 of 083 415 002 kontak.
André Knoesen se uitstalling geopen
NUUS • NEWS
14 Maart 2018
•GEBRUIK HERWINNING AS VERTREKPUNT
Du Plessis praat by Boekklub Die Wellington Boekklub het hierdie maand ‘n propvol program. Die bekroonde skrywer, Eben Venter, het reeds oor sy nuwe boek kom gesels en op 8 Maart het Hans du Plessis lede van die Boekklub kom toespreek. Hans, die skrywer van onder meer romans, Griekwapsalms en jeugverhale het tydens ‘n byeenkoms by die Bôrdienghuis-teater met Izak de Vries van LAPA-uitgewers oor sy nuwe boeke gesels. Die gesprek het veral rondom Hans se twee romans, “Tyd van die klippe” en “Drie vroue en ‘n meisie” gegaan. Volgens Hans is “Tyd van die klippe” ‘n amperse speurverhaal. Dit handel oor dominee Johannes wat deur die landdros gestuur word om te gaan uitvind of die beeldskone Isabella aan veelmannery en bedrog skuldig is. “Die roman laat val die soeklig op kwessies soos vooroordeel, calvinisme en vergifnis. "Die hele verhaal is gegrond op notules van die kerk wat ek in die argief gaan nalees het,” het Hans verduidelik. Sy nuutste roman, “Drie vroue en ‘n meisie”, vertel die verhaal van vier geslagte vroue. Dit is gebaseer op ‘n ware verhaal wat deur ‘n vriendin aan hom vertel is. “Dit begin met ‘n Skotse delwer wat in die twintigerjare van die vorige eeu na die delwerye op Rysmierbult kom in die hoop om hier sy fortuin te maak en dit eindig met 'n moderne student,” het Hans gesê. Ook in hierdie verhaal speel die kwessie van vooroordeel n groot rol. Volgens Hans is dit ‘n tema wat herhaaldelik in sy boeke, maar ook in die lewe, herhaal. ”Vooroordeel is die een sonde wat niemand onaangeraak laat nie,” het hy gesê.
Hans du Plessis teken Wellingtonners se eksemplare van sy boek.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na jaomi@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.
HERE’S TO BEING THE TRUSTED DOMESTIC CARRIER OF THE BOKS FlySafair, SA’s first true low-cost airline, is proud to have brought over 5 million people together through our low fares, excellent on-time performance and wide selection of domestic routes. We’re also proud that we are the trusted domestic carrier of the Springboks. Book now at flysafair.co.za
FARES FROM AS LITTLE AS
R599
*
*T’s and C’s apply
3
4
14 Maart 2018
NUUS • NEWS
Eksteens van Uitkijk-boerdery
Regs: Die Eksteen-familie vier vanjaar hul 161ste jaar op die plaas Uitkijk. Foto: Facebook.
"
Hierdie sentrum moet ook in die ouers en jongmense se behoeftes kan voorsien
Die Eksteen-familie van die Uitkijk-plaas buite Wellington, vier hierdie jaar hul 161ste bestaan op dié plaas. Sedert die stamvader, Johannes Paulus Eksteen, in 1857 hier begin boer het, het sy nageslagte ‘n erfenis opgebou waarop hierdie man vandag baie trots sou wees. Volgens Jan Eksteen, wat vandag saam met sy broer, Bennie, en pa, Bertus, op Uitkijk boer, het hierdie agter-agter-grootjie van hom boerdery in sy bloed gehad. “Hy het grootgeword op die plaas Rustenburg by Stellenbosch waar sy ouers geboer het. In die middel 1800’s het die phelloxera-plaag die windgerde vernietig en met ‘n gepaardgaande ressessie moes hulle noodgedwonge die plaas verkoop en is vir ‘n kort rukkie in die Darling-distrik gevestig, waarna hy hom toe in die Paardeberg kom vestig het,” vertel hy. Die ryke geskiedenis van die Eksteens op Uitkijk het met die oordrag van die plaas aan Johannes Paulus Eksteen en sy vrou, Jacomina begin. Hy was die eerste geslag Eksteens op Uitkijk, maar reeds die derde geslag Eksteens in Suid-Afrika. Hy het slegs tien jaar op die plaas geboer voordat hy oorlede is. Sy seun, Albertus Wynand
en dié se vrou, Catherina, was die tweede geslag op die plaas. Hulle het weer ‘n seun gehad, ook Albertus Wynand (Oupa Tos), wat ‘n presiese en netjiese boer was. “Hy het ‘n redelike sterk grondslag vir ons gelê wat vandag nog geld. Sy seun was weer Johannes Paulus Louw Eksteen (Jan) my oorlede oupa. "Ek het hom goed geken en hy was welbekend in die perdekringe, dis nou Friesperde, Hackneys, esels en muile oftewel trekperde. Hy was ‘n redelike legende en het tot op 90-jarige ouderdom nog sy perde op landbouskoue ten toongestel. "Daarna was dit nou my pa ook Albertus Wynand (Bertus) Eksteen hy is ook die een wat my en my broer dan nou die meeste van ons praktriese ondervinding in boerdery gelee het van ‘n baie jong ouderdom af,” vertel Jan. Volgens hom is sy broer se seun, ook Albertus Wynand Eksteen, die sewende geslag Eksteen wat op die plaas is. Die aanvanklike boerdery op Uitkijk het 161 jaar gelede meesal uit skape, beeste, koring, hawer en lupine bestaan.
NUUS • NEWS
14 Maart 2018
boer al vir afgelope 161 jaar saam vooruit
Die Eksteen-familie by die doop van 'n jonge Eksteen-spruit. Cari Photography “Aan die beginjare was die plaas nie intensief geboer nie en is gronde al om die derde jaar gesaai. Die plaas was tot die laat sestigs basies selfonderhoudend. Meeste van die alledaagse benodigdhede is op die plaas verbou en verwerk tot ‘n bruikbare produk. "Daar is enigiets van hoenders, bokke, ganse, makoue, beeste en varke aangehou vir menslike voedselverbruik. "Verder was daar ‘n meul vir meelmaal en ‘n kelder vir wynproduksie wat my oupagrootjie in die 1920’s opgerig het. Botter, kaas, konfyt, melk, rosyne en verskillende groentes en vrugte is alles op die plaas verbou vir verkope aan smouse en menslike verbruik,” vertel Jan oor hul ryke geskiedenis. Alhoewel trekdiere en perde aanvanklik gebruik is vir die boerdery-aktiwiteite in die vroeë jare, het hulle rondom 1933 na industriële masjinerie soos trekkers en stropers oorgeskakel. Soos wat die plaasimplemente verbeter het, kon meer grond vir saai en wingerd voorberei word. “Die laaste 10 jaar het ons begin kyk na ander vertakkings buiten graan en druiwe, wat dan vye, sitrus, wingerdonderstok, moederblokke, olywe en pruime insluit,” vertel Jan oor hul voor-
"
Hy het ‘n redelike sterk grondslag vir ons gelê wat vandag nog geld.
uitgang. Die Eksteens is ook besig om ‘n sentrum op die plaas te ontwikkel wat die onmiddellike plaasgemeenskap kan bedien en ondersteun. “Dit begin deur om te sien na jong kinders in die vorm van ‘n crèche en nasorgsentrum vir skoolkinders van verskillende ouderdomme. Dit moet die basiese behoeftes van die kinders, soos voeding, opvoeding, onderrig, opleiding en natuurlik ook sport, ondersteun. Hierdie sentrum moet ook in die ouers en jongmense se behoeftes kan voorsien. Opleiding en ondersteuning op verskillende behoeftevlakke moet hier aangespreek kan word. Ons is redelik ver uit die dorp geleë, so daar moet bv. rekenaargeriewe, ‘n gimnasium en ander moontlike sportgeriewe vir die gemeenskap beskikbaar gestel word. Die
doel is om geleenthede te skep en meer mense toe te rus vir die uitdagings en geleenthede van die toekoms,” verduidelik Jan. Volgens hom lê hul sukses op Uitkijk waarskynlik in genade. Alhoewel statistieke oor die afgelope 30 jaar daarop dui dat kommersiële boerderye aan die kwyn is in Suid-Afrika en in ‘n meer korporatiewe rigting te beweeg, het die Eksteens probeer om hierby aan te pas, maar sonder om die familie-gevoel en waardes van hul besigheid prys te gee. Die feit dat die Eksteens weet hoe om kreatief oor onafwendbare veranderlikes te dink, dra waarskynlik ook tot hul sukses oor die jare by. “Die boerdery-omgewing verander soms baie stadig en dan weer baie vinnig. Jy moet heeltyd bewus wees van wat aan die gebeur is in jou markomgewing en hoe om die beste uit die gegewe hulpbronne tot jou beskiking te tap deur deurentyd volhoubare beginsels toe te pas. As ek ver terugkyk, het die vertakkings in ons boerdery ons baie gehelp om die jare se uitdagings deur te sien. As die een vertakking die jaar dalk sukkel, het die ander een weer moontlik presteer. Ek glo ons probeer die basiese dinge elke jaar beter doen,” deel Jan hul suksesresep. Die Eksteens het groot drome vir die toekoms. “Ons sal graag die projekte en vertakkings waarmee ons tans besig is en onlangs mee begin het, wil deursien en suksesvol vestig, waarde begin toevoeg en nader aan die verbruiker begin beweeg. Ons wil graag ‘n paar unieke aanbiedinge ontwikkel wat kan waarde toevoeg tot ‘n ontwikkelende verbruikersmarks. "Ons wil graag ook die mense wat op ons plaas werk en grootword, asook die omgewing ondersteun sodat hulle ook kan ontwikkel en deelneem aan die ontwikkelende ekonomie,” sê Jan. Uitkijk se Eksteens speel ‘n reuse-rol in die groter boerderygemeenskap. Hulle skep werk vir 120 permanente en ‘n verdere 50 seisoenale werkers. Hul produkte moet verwerk word, wat weer ‘n sekondêre industrie ondersteun en verdere werksgeleenthede skep. Van hul produkte wat uitgevoer word, verdien buitelandse valuta en kom weer in die vorm van rande terug wat in die boeregemeenskap en onmiddellike dorp teruggeploeg word. Hulle is ook lid van Agri Wes-Kaap en ondersteun georganiseerde land-
bou. Miskien lê die geheim van die Eksteen-stamboom op Uitkijk in Jan se opsomming van die essensie van boerdery: “Jy moet nederig bly en doelgerig bly, glo en vasbyt deur die moelike tye, al voel dit soms soos die verkeerdste bedryf om in te wees,” sê hy. Die plaas bied op 17 en 18 Maart die XTN Vyefees aan, waar talle vye-produkte en vermaak vir ‘n heerlike naweek van familiepret sal sorg. Vir besprekings kan belangstellendes www.computicket.com besoek.
"
Die laaste 10 jaar het ons begin kyk na ander vertakkings buiten graan en druiwe.
5
14 Maart 2018
courant
dié
6
'n Nuwe bril
NUUS • NEWS
Dagboek • Diary
Soos wat die jare aanstap en die ouderdom ‘n mens begin inhaal, begin sommige dinge wat in Prediker 12 staan, gestalte kry. Die tandarts moet die malers wat nie meer so lekker wil maal nie, uitsorteer. Ortopete moet raad gee vir die wagters van die huis wat begin wankel en “hoesê?” moet kompenseer vir die geluid van die meul wat dof word. Oogkundiges is seker die professie wat die meeste hulp moet bied met hierdie penarie. ‘n Nuwe bril kan wondere verrig. Dit is egter nie net die oues van dae wat by beter sig kan baatvind nie - kinders en studente kan beter op die bord in die klas sien en makliker lees en leer. Die letters op ‘n selfoon- of rekenaarskerm kan ophou rondswem, die nuus in die koerant kan meer sin maak en die lengte van ‘n mens se arm skiet nie meer tekort wanneer jy ‘n nuwe bril opsit nie. Beter visie kan sowaar vele frustrasies besweer. In Wellington sukkel mense gelukkig nie met goeie visie nie. Hulle sien geleenthede op ‘n afstand raak. Hulle weet dat die fynskrif van ons alledaagse lewe belangrik is. Hulle gee nie om om hul arms ver uit hul moue te strek om hul eie en ander se sig te verbeter nie. En daar is talle pogings om die swemmende letters van onsekerhede vir ons gesamentlike doelwitte uit die weg te ruim. Ons mense kyk elke dag met ‘n nuwe bril na die geleenthede en uitdagings om hulle. Konstabel Terrence Williams kyk nie net vas in die misdaad wat hy elke dag by die plaaslike SAPD moet help bekamp nie, hy skep ook geleenthede en ploeg terug in die gemeenskap met die werk wat hy by die Wellington Kerskoor doen. Die kunsstudente by Dalene Buckle se D’KunsArt kunsskool skilder die vaal en donker rondom ons in nuwe, kleurvolle gedaantes met hul “Colour my soul” uitstalling. Ook die bekende kunstenaar, André Knoesen, se landskapkuns wat tans by die Breytenbach Galery uitgestal word, werp ‘n nuwe blik op ons land se grond - iets wat veral nóú soms onder ‘n donker wolk gehul is. ‘n Vars perspektief op produkte eie aan ons kultuur word tydens die Pinotage en Biltongfees bewerkstellig. Ons boere word gedwing om op nuwe maniere na waterverbruik te kyk en die Israeli’s bied ‘n gratis seminaar vir hierdie doel aan. Die Vyefees hierdie naweek plaas hierdie plaaslike produk in ‘n nuwe lig en laat ons anders na die moontlikhede van die moontlikhede rondom ons kyk. Die ATKV se Bybelstap wil ander help om ook die wêreld op ‘n nuwe manier te kan sien en die kinders van Trinity House Northriding in Gauteng het die waternood in ons omgewing raakgesien en ingespring om HAM daarmee te help.Om deur ‘n nuwe bril te kyk, kan jou hele wêreld verander. Mag elkeen hierdie week skoon lense hê en die geleenthede en uitdagings in ons gemeenskap en huise deur ‘n nuwe bril bekyk.
It’s Good News Can any spiritual & life discipline be simple?
Dr. Mark Blackwell Snr
Our spirituality is probably more important than we often realize! Selfdiscipline is a difficulty in life. Self-disciple once developed is really a most complicated thing to practice when life events or crisis interrupts our patterns or schedules. To maintain self-discipline in our busy, "always-connected" world is a serious complication. Surely, there were times in your life when you showed more self-discipline and regularity then at other times? There have also been times that home-tasks, work responsibilities or family 'demands' led to a real struggle to maintain our self-discipline. Saying that we are “Struggling” is often just a poor excuse or a weak euphemism for expressing our frustration and guilt. When we say we that we "struggle" -- we, far too often mean that ... “I didn’t do it, but I never really stopped feeling guilty for not doing it.” Just "bitting the bullet" or making yet another resolution won’t really change my bad or lazy habits. We need to set up personal worship structures to undergird our spiritual growth. Simple times of prayer, reading my Bible and regularly attending church and weeknight Bible study groups will help us maintain our good intentions. We have to have a plan. That’s the open and obvious truth regarding self-discipline and spirituality. Strong Spirituality is a result of regular and serious Bible reading, regular prayers and faithful church attendance. A plan for regular Bible reading, prayer and attending a local Bible-teaching congregation looks like this…. A Daily Or Life Worship Challenge. 20 minutes a day: 5 minutes of prayer & 15 minutes of Bible study. Read and interpret thoughtfully what the Bible means; and apply obediently what God requires. Pray for love, wisdom and grace to grow in your relationship with Christ. Give 60 to 90 minutes a week for a Home Bible Study Group. Give 60 to 90 minutes (3 weeks each month) to attend Sunday. Worship faithfully. Daily attempt, by God's grace, to THINK on things which are good. As opportunities arise, carefully DO what the Bible says.
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Skog Voorsaaidag: Risikobestuur 14 Maart: Vanjaar se Skog Voorsaaidag vind vanaf 08:00 by die Stoor, Reservoirstraat 1, Ebenhaezer op Moorreesburg plaas. Die hoofspreker is Giel Hugo en sy onderwerp is "Weervooruitsigte vir 2018". Prof André Agenbag gesels oor risikobestuur vir volhoubare gewasprduksie en André Fourie raak "die storie rondom vee" aan. Kontak Gert Conradie by 022 433 8932 of 074 603 7240 of stuur 'n epos na gertc@elsenburg. com. Darling-familiefees 17 Maart - Die Darling Familiefees word gehou van 09:00 tot laat by die Darling NG-kerk. Talle aktiwiteite soos 'n mark, boeresport, kinderaktiwiteite, kuiertent en Jo Black om 19:00
Om seker te maak jy deel in die vye-pret, bespreek nou by xtnfigfestival@gmail.com Two Olives Ministries 1 April: Two Olives Ministries is presenting a Passover/Pesach gathering (a bring 'n share) @ 17:00 @ Salem Bibical Garden, Agter Paarl. Confirmation of attendance is nesseccary. For more info please contact Ps Nico Mettler at 082 498 4130 Badisa Wellington 6 April: Badisa Wellington bied aan Mnr & Mej Badisa Wellington 2018 om 18:00 by Breedt saal, Wellington. Die kostes beloop R30 per persoon. Swartland Charity Bikers Braai 6-8 April - Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai word op die Moorreesburg-skougronde gehou. Voorafskrywings beloop R140. Hektoegang beloop R170 en kenteken R20. Kinders onder 10 is gratis. Voorafinskrywings sluit op 9 Maart. Kontak Francois by 083 956 0606, Erhardt by 082 898 1026 of Herman by 083 568 5020. Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www. plankton.mobi
XTNFIGFESTIVAL 17 & 18 Maart - 'n Heerlike vyefees word op 17 en 18 Maart op die Uitkijk-plaas, Voor-paardeberg, gehou. Voorafbesprekings beloop R160 per persoon. Daar is beperkte kaartjies by die hek beskikbaar teen R180 per persoon.
The Darling Trust 4 May: Black tie dinner and auction with tannie Evita & chef Jenny Morris at Evita se Perron, Darling R950/ticket To book visit : THEDARLINGTRUST.ORG
Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Kerke • Churches
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.
NUUS • NEWS
14 Maart 2018
Kerkstraat steeds die hartklop van Wellington
Links bo: Kerkstraat soos dit destyds gelyk het. Regs: Kerkstraat vandag. Kerkstraat is die hartklop van Wellington. Met die Moederkerk en Andrew Murray se standbeeld as wagtoring aan die bokant, neem die lewe in Wellington híér daagliks sy hedendaagse loop. Hierdie straat met sy talle uiteenlopende besighede, plattelandse energie en interessante karakters is nie net die spil waarom baie bedrywighede in ons dorp draai nie, maar het ook ‘n ryke geskiedenis en is deel van die kern van ons dorp se erfenis. Kerkstraat het nie altyd gelyk soos wat dit vandag daaruit sien nie. In 1873 het Kerkstraat blykbaar reeds sy naam gehad. Interessante verkeersreëls, soos dat waens, karre en perde nie toegelaat is om aan munisipale bome vasgemaak te word nie, maar slegs aan spesiale “parker”-pale, het in hierdie tyd in dié straat gegeld. In 1896 is ‘n voorstel dat die naamborde van alle strate in Engels aangebring moet word, deur die munisipale raad aanvaar. In 1898 is 15 ekstra straatlampe van James Robertson en Kie. vir Kerkstraat aangekoop. Hierdie lampe moes teen sononder deur die
lampopsigter aangesteek word en hy moes dit nie voor 10 nm uitdoof nie. In die somer moes die straat natgespuit word om die stof in bedwang te hou. Daar is eers in 1929 besluit dat Kerkstraat geteer moet word. Daar is ook 1930 £20 000 spandeer om die straat wyer te maak. In 1948 is Kerkstraat weer verbreed. Dit het implikasies vir sommige geboue ingehou. Die ou Astra-bioskoop, waar die gimnasium en Nikki Siebrits se juwelierswinkel nou is, moes hul balkon met pilare afbreek vir hierdie doel iets waaroor die destydse eienaar, J.H. Gross, baie ontevrede was. Baie mense was ook ontevrede omdat daar soveel bome langs hierdie straat verwyder moes word met die verbreding daarvan. In hierdie stadium was die owerhede ook nog nie seker of Kerkstraat of Bainstraat die hoofweg deur Wellington moes wees nie. Daar is uiteindelik op Kerkstraat besluit. Die sosiale kern van die dorp was in die 1940’s by die Masonic Hotel waar die Masonic-sentrum nou is was. Kerkstraat het in daardie jare ook gespog met ‘n Garlicks-winkel, ‘n Ackermans,
‘n bioskoop, groentewinkels, kleremakers, ‘n skoenmaker, Economic Shoes, ‘n Nederlandse bank, Barklays-bank, Volkskas-bank, Old Mutual en talle meubel- en motorhandelaars. Daar was ook talle woonhuise langs die straat. ‘n Mens kan jou kwalik in 2018 indink hoedat ‘n lampopsigter saans om tienuur die lampe in Kerkstraat uitdoof, hoe die straat daagliks in die somer natgespuit moet word om die stof te laat bedaar en hoedat pale langs die pad parkeerplekke vir perdekarre en waens aandui. Soveel dinge het intussen in Kerkstraat verander. En soveel dinge het deur die jare dieselfde gebly. Dit is nog steeds die kern van ons dorp se bedrywighede, vol interessante besighede en karakters. Kerkstraat is nog steeds dié plek waar al die mense in ons gemeenskap verteenwoordig word in ons saamleef elke dag.
7
courant 14 Maart 2018
dié
8
NUUS • NEWS
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
•FIETSTOER EERSDAAGS HIER
Wellington is reg vir die Epic
Talle rolspelers en verteenwoordigers van verskeie instansies en besighede is kliphard aan die beplan rondom die Absa Cape Epic. Wellington se mense, besighede en instansies is voor beplan en dorpenaars kan hier van nader slaggereed vir die Absa Cape Epic wat van 22 tot met die internasionale fietsryers skouers skuur. ‘n Inisiatief om besighede aan te moedig om 25 Maart in ons dorp en die omliggende area sal hul aansig met die oog op die wedren in rooi en plaasvind. Op Donderdag 8 Maart het ‘n groot aantal geel te tooi, is ook van stapel gestuur. Studente rolspelers in die organisasie van die dorp se en skoliere sal ook ingespan word om geboue en aktiwiteite tydens hierdie wedren ‘n vergadering bome vir hierdie doel te versier. Al die omliggende plase waardeur die wedren gehou om die finale reëlings hiervan te bespreek. Die vergadering het by Wellington se Inlig- sal plaasvind, bied spesiale aanbiedings tydens tingskantoor plaasgevind en is deur verteen- die gebeure aan. Op 23 Maart sal die wedren woordigers van plaaslike skole, die media en deur Diemersfontein en Imbuko beweeg. Beide besighede bygewoon. Groot planne word hierdie plase beplan stalletjies, eetgoed en gemaak om dit ‘n onvergeetlike ervaring vir die wynproeë op hierdie dag vir ondersteuners aan. fietsryers en ondersteuners te maak, maar ook By Imbuko sal die wedren letterlik reg voor hul om dit as ‘n ekonomiese inspuiting vir ons dorp grasperk verbysnel en ondersteuners kan heerlik en ‘n geleentheid om toerisme hier te bevorder, op die stoep kuier om hierdie gebeurtenis gade te slaan. te benut. Op 24 Maart sal die fietsryers deur WelbeOp 22 Maart sal die deelnemers aan die wedren deur die omliggende plase tot in Wellington dacht, Linton Park, Val de Charron, die Bosman ry. Op hierdie dag sal daar ‘n parade deur die plaas en Doolhof ry. Hierdie plase het ook almal dorp plaasvind om die fietsryers en toeskouers spesiale aktiwiteite, stalletjies, kos, wyn en plaaswelkom te heet. Die optog sal van agter die like produkte op die spyskaart vir ondersteuners Museum deur Kerkstraat en Blouvleiweg tot by wat die wedren op hul persele wil dophou. Talle plase en besighede beplan ook om aan die kamparea wat vir die deelnemers op Hugenote Hoërskool se sportvelde ingerig sal word, die “Fly over” kompetisie deel te neem. Hierloop. Die berede polisie, plaaslike Klopse, trom- volgens word pryse toegeken aan instansies wat poppies, die vroue van die Buzy Beez-handwerk- hulself die beste ten toon stel tydens die luggroep en studente met hul straatteater sal aan foto’s wat gedurende die wedren geneem word. Wellingtonners kan voorwaar uitsien na ‘n die optog deelneem. Kinders en studente met rooi en geel versierings sal, saam met lede van paar dae van ongekende aksie en lewendige die publiek, hierdie optog vanaf 08:10 tot 10:30 energie wanneer derduisende deelnemers en ondersteuners van die Absa Cape Epic op ons kan gade slaan. Die kamparea, of “Chill zone”, wat op Huge- dorp neersak. Almal word aangemoedig om met note Hoërskool se sportgronde vir die deelne- entoesiasme aan die aktiwiteite deel te neem, mers en ondersteuners ingerig sal word, sal ook die “Chill Zone” by die Hoërskool se sportvelde vir die publiek oop wees. ‘n Verskeidenheid van te besoek en om Wellington se gasvryheid met stalletjies en ontspanningsaktiwiteite word hier- die internasionale fietsrywêreld te deel.
14 Maart 2018
Atleet:
KeashanTaye Pietersen, leerder en o.11-atleet van Wellington Primêr het Saterdag deelgeneem aan die Wes-Kaap-kampioenskappe vir laerskole op De Jager-stadion in Oudtshoorn. Sy het 'n vierde plek in die 80m behaal en 'n derde in die 100m en verspring, waar sy twee brons medaljes ontvang het. Sy het ook 'n goue medalje ontvang vir sto���������� 6de en 17de Maart weer deel aan die SA Primêre Skole-kampioenskappe te Daljosaphat Paarl.