courant
• Bergrivier 1Swartland Bergrivier
dié
14 Maart 2018
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 460
14 Maart 2018
Piketberg se mooistes gekroon
Piketberg Hoërskool se Mnr en Mej PHS word eersdaags op 27 Maart gekroon. Die kroningsgeleentheid vind in die skoolsaal plaas. Foto: Riana Engelbrecht
•WEN TALLE TOEKENNINGS VIR WERK
Gerstner volg Oupa
Charlotte Lesch PORTERVILLE - Sheldon Gerstner, ou-Piketberger en nou ‘n inwoner van Porterville, se droom is om in sy oupa Attie Vlok se voetspore te volg en ook eendag 'n burgemeester te word. Vir nou wil hy eers ander help en vir Porterville wys waar sy hart lê. Gerstner (39) wat sopas in Zambië aangekom het om die gemeenskap daar te leer om volhoubaar te lewe en hulle meer van God te vertel, se welwillendheidswerk, het op ‘n baie vroeër ouderdom oor sy pad gekom. Hy het op Piketberg grootgeword. Nadat hy in 1997 aan Boland Landbouskool matrikuleer het, trek sy gesin na Porterville. Daar was nie geld vir kollege of universiteit nie. Hy kry wel die geleentheid om Londen toe te gaan. Dit is toe dat sy oogklappe afval. Daar was nie sprake van rassisme om elke hoek en draai nie. Hy het besluit om nie na Suid-Afrika terug te keer nie en byna enige werk, asook bouwerk gedoen om te oorleef wat natuurlik met baie ervaring beloon is. In 2006 kry Gerstner ‘n noue ontkoming met die dood. Pampoentjies eis byna sy lewe en hy keer terug na sy huis in Porterville waar sy ma, Sharon Vlok steeds woon. Die armoede het hom laat skrik na byna 10 jaar in ‘n eerstewêreldse land. Dit was vir hom self moeilik om ‘n werk te kry. ‘n Lening om sy eie besigheid, “Extreme Tours through Africa”, te begin, is ook afgekeur. Gerstner kry toe in 2011 ‘n werk as ‘n kelner by ‘n gesogte restaurant in Kaapstad. Daar loop hy minder bevoorregte
kinders raak wat ‘n talent koester vir rolskaats. Gerstner was self ‘n ekstreme rolskaatser op sy dag en het altyd daarvan gedroom om yshokkie te speel. Op die platteland, was dit egter nie haalbaar nie. Hy het die kinders kort daarna weer gaan soek, maar kon hulle nie kry nie. Nie lank daarna nie, loop hy drie seuns raak en besluit om hulle te help. Nie net met die sport nie, maar ook met skool. Vandag speel twee van die seuns WP yshokkie. “Ongelukkig is een seun dood vanweë sy omstandighede, maar een skryf vanjaar matriek, terwyl die ander een verlede jaar klaargemaak het met skool.” Hulle is vandag nog baie na aan mekaar. Hy hoop om vir hulle ‘n borgskap in yshokkie in Amerika los te slaan, voeg hy by. Gerstner het daarna verskeie projekte aangepak. In 2014 wen hy die Elizabeth Arden Community Hero-toekenning. In 2016 begin hy as persoonlike oefeningskonsultant wat meer tyd besorg het vir sy welwillendheidsprojekte, wat onder meer gratis rekenaarvaardighede in Khayelitsha inhou. ‘n Tweede noue ontkoming tref hom. Gerstner word wakker vanuit ‘n koma in die hospitaal nádat hy van die trappe val. “Op 3 Junie 2016 het my lewe begin (the slap from God),” beskryf hy die ervaring. Gerstner moes na sy geloof gryp om deur die moeilike tyd
te kom. Hy moes van voor af leer loop en hoor. Hy begin toe mediteer en meer vir Yesoah,”Jesus se regte naam”, te luister. Twee maande later stap hy letterlik Afrika binne om sukkelende liefdadigheidsorganisasies en kinderhuise binne sy kapasiteit as bouer en boer te help. “Ek het my kennis gebruik om goed reg te maak en tuine te bou” Daarna begin hy sy eie ding en gaan voort om die armes te help en te leer om volhoubaar te lewe. Nie lank daarna nie, word Gerstner in Windhoek deur ses mans oorval. Hy is rot en kaal besteel en keer terug na Porterville vir ‘n nuwe paspoort. Hier het hy op eie bodem ‘n paar liefdadigheidsprojekte aangepak. Gaan loer gerus by www.theimilliproject.com om meer hieroor te leer. Gerstner het tot onlangs as ‘n pizzamaker en kroegman by Rendezvous op Porterville gewerk, asook mense se voertuie met ‘n waterlose middel gewas. Dit alles om te spaar vir sy volgende liefdadigheidstog na Afrika. Gerstner het op 7 Maart na Zambië vertrek saam met pastoor Kebby Kayombo (22). Hy beplan nie om vinnig te trou of kinders te kry nie. “Daar gaan nie tyd wees nie,” skerts hy. Gerstner hoop wel hy ontmoet sy lewensmaat op een van sy reistogte. Vir nou wag Afrika, SuidAmerika en Indië vir hom voor hy sy voete as burgemeester kom vind.
NUUS • NEWS
2
14 Maart 2018
dié courant
Groot dinge kom vir Weskus
En hier is dit. Die eerste uitgawe van dié courant-groep van Malmesbury se Weskus-uitgawe, ook net betyds, want die Weskus brei vinnig uit en die moontlikhede raak al meer. Die Saldanhabaai-nywerheidsone (IDZ) is besig om ‘n platform en nywerheidpersele voor te berei vir talle nuwe fabrieke, maatskappy en werksgeleenthede, veral in die olie en gasbedryf ... en net diegene wat nóú al begin voorberei gaan, soos Patrick Lakabane van die (IDZ) al by verskeie geleenthede gesê het, gaan daarby baat. As die IDZ in werking tree, sal dit te laat wees vir sakeondernemings en individue om hulself reg te wil posisioneer. Maatskappye moet nou al sorg dat hulle aan al die nodige vereistes voldoen om op die IDZ-lys geplaas te word. Weskus-kollege het dié geleentheid raakgesien en saam met rolspelers in die bedryf ‘n pypmakerkwalifikasie, gemik op die olie en gasbedryf, ontwikkel. Dit is ‘n kwalifikasie wat internasionaal erken gaan word en die studente wat dit suksesvol voltooi, gaan ook hulle rooiseëls kry. Net jammer oor die water. Dit raak donker tye as water uit die Voëlvleidam losgelaat word na die Misverstanddam, langs die pad “weg” raak. Die Misverstanddam moet bo 80% bly vir ons om die water te kan gebruik. Soos Pierre Voges, bestuurder van die Saldanhabaaise munisipaliteit, Maandagaand by ‘n Weskus-sakekamervergadering gesê het, daar is goed drooggemaak met die waterbeplanning die afgelope dekades, en nou moet daar benoude spronge gemaak word. Die bykomende boorgate in die Langebaanweg-akwifeer en die verkoop van munisipale eiendom, soos die Saldanhabaai-vakansieoord om geld los te maak om vir die bou van ontsoutingsaanlegte te help betaal, is net korttermynoplossings. Mag Voges en sy span daarin slaag om ‘n waterplan op te stel, wat op die langtermyn normale watervoorsienning daar sal stel.
It’s Good News
NUUS • NEWS
Dr. Marc Blackwell Snr
Can any spiritual & life discipline be simple?
Our spirituality is probably more important than we often realize! Self discipline is a difficulty in life. Self-disciple once developed is really a most complicated thing to practice when life events or crisis interrupts our patterns or schedules. To maintain self-discipline in our busy, "always-connected" world is a serious complication. Surely, there were times in your life when you showed more self-discipline and regularity then at other times? There have also been times that home-tasks, work responsibilities or family 'demands' led to a real struggle to maintain our self-discipline. Saying that we are “Struggling” is often just a poor excuse or a weak euphemism for expressing our frustration and guilt. When we say we that we "struggle" -- we, far too often mean that ... “I didn’t do it, but I never really stopped feeling guilty for not doing it.” Just "bitting the bullet" or making yet another resolution won’t really change my bad or lazy habits. We need to set up personal worship structures to undergird our spiritual growth. Simple times of prayer, reading my Bible and regularly attending church and weeknight Bible study groups will help us maintain our good intentions. We have to have a plan. That’s the open and obvious truth regarding self-discipline and spirituality. Strong Spirituality is a result of regular and serious Bible reading, regular prayers and faithful church attendance. A plan for regular Bible reading, prayer and attending a local Bible-teaching congregation looks like this…. A Daily Or Life Worship Challenge. 20 minutes a day: 5 minutes of prayer & 15 minutes of Bible study. read and interpret thoughtfully what the Bible means; and apply obediently what God requires. Pray for love, wisdom and grace to grow in your relationship with Christ. Give 60 to 90 minutes a week for a Home Bible Study Group. Give 60 to 90 minutes (3 weeks each month) to attend Sunday Worship faithfully. Daily attempt, by God's grace, to THINK on things which are good. As opportunities arise, carefully DO what the Bible says.
Konsert:
Hoërskool Porterville het Donderdag 1 Maart 'n buitelugkonsert aangebied by Indie Ale. Dit was n aand onder die sterre saam met Emile Minnie en die hoërskoolkoor.
Toekennings vir Weskus se sakegemeenskap kruip nader SALDANHA - Die Weskus-sakekamer ken elke jaar ‘n aantal gesogte toekennings van uitnemendheid toe aan sakekamerlede. Vanjaar is die proses moeitevry aanlyn gedoen. Maatskappy ding mee in sektore: korporatief, gasvryheid, bedryf, kleinhandel, korporatiewe
dienste en professionele dienste. ‘n Weskus-werknemer word ook vir diensuitnemendheid vereer. Die pryse word op ‘n gala-uitdelingsfunksie, Vrydag 16 Maart by die Blue Bay Lodge oorhandig. Stuur ‘n epos na info@weskussakekamer. co.za.
Padwerke vir die tweede deel van die Oostewalstraat-opgradering in Langebaan tot by Jon Olafssonstraat het verlede week begin. Luidens die Saldanhabaai-munisipaliteit gaan die padwerke ten dele gedoen word met vlagbeheerde verkeersbestuur tussen 08:00-18h00. Tweerigtingverkeersvloei sal ten tyde van die projek moontlik bly, maar daar sal ook alternatiewe verkeersroetes aangewys word.
Die sirkel by die Langebaan-buitelandgoed sal teen einde Mei vanjaar voltooi wees en dit word verwag dat alle padwerke in Oostewalstraat teen ongeveer 30 September 2018 voltooi sal wees. Die munisipaliteit vra dat alle klagtes en navrae asseblief gerig moet word aan: George Tanner of Nadeson Consulting Services by 083 764 6039 of Breyton. Shepherd of Marracon Civil by 082 563 0498.
Deel twee van Oostewalstraat op Langebaan herbou
NUUS • NEWS
3
14 Maart 2018
•BETSIE FRANSA DORP SE BESTE RYBAANASSISTENT
Sakekamer vereer Velddrif-ondernemings Alida Buckle VELDDRIF – As Veldriwwers van iemand hou gee hulle dit luidkeels te kenne, soos met die aankondiging dat Betsie Fransa van Bergrivier Motors die dorp se beste rybaanassistente vir 2017 was. Dié pryswenner en ander dorpsmense en sakelui is tydens die sakekamer se onlangse glansprysuitdeling in die Riviera Hotel beloon vir uitmuntende diens. Volgens voorsitter Chris van Niekerk word die toekennings gemaak om lede aan te moedig om diens van hoë gehalte te lewer, mededingende pryse daar te stel en om ander Velddrif-sakeondernemings te ondersteun. In die korporatiewe sektor (korporatiewe maatskappye en ondernemings) het die Eigevis-maatskappyegroep vir die tweede keer in drie jaar met die gesogte trofee as die wenner van die korporatiewe afdeling weggestap. Amawandle Pelagic was tweede met die Laaiplek Superspar derde. Die wenner van die kleinhandelafdeling (handelaars, winkels, kafees, slaghuise, drankwinkels, meubelwinkels en vulstasies.) is OK Foods Velddrif met Kekkel en Kraai Laaiplek tweede, Shop-a-Shu derde en Anne's Trading vierde. Dr Etienne Raubenheimer, tandarts, het die trofee vir die dienstesektor gekry. Dit sluit in dokters, fisioterapeute, sielkundiges, artse, prokureurs, rekenmeesters, ouditeure, media, drukkers, personeelagentskappe, arbeidsmakelaars en eiendomsagente. Dr. Nico Vermeulen, dokter, het tweede gekom met Weskus Koeriers in die derde plek. Die wenner van die gasvryheidsektor is Rus-
sel Foster se Russells on the Port-restaurant, met Die Emmertjie tweede en Teyanas Restaurant en Pub derde. Hulle het meegeding teen ander hotelle, restaurante, gastehuise en vakansieoorde. BEE Craft Aluminium van Neil Crafford het met die louere weggestap in die vervaardigingsektor, wat ingenieurs, bouers, kuns, handwerk en klein fabrieke insluit. DDT Konstruksie was tweede, DBC Konstruksie derde en La Likhalas Steel vierde. Skakelbeamptes staan eerste in die ry om met die publiek te gesels en skep die eerste indruk van 'n onderneming: hoe die telefoon beantwoord word of ‘n kliënt behandel word. “Hulle lewer 'n groot bydrae tot die beeld wat 'n besigheid uitdra deur hulle voorkoms en optrede,” glo Van Niekerk. Angelique van Zyl van Standard Bank Laaiplek is dus as beste skakelbeampte aangewys. Sandra van den Berg van Bergrivier Motors was tweede en Adriana Henning van Sandboskraal Meat derde. Vir die uitsonderlike diens wat hy aan die gemeenskap lewer is Eugene Baumeester in die munisipale amptenaar-afdeling vereer, en so ook kapt. Predon Ackeer, in die polisie-afdeling. Overberg Agri Velddrif kraai koning in die landbou-afdeling met Doornfontein tweede en Swartjiesbaai/Kuifkopvisvanger derde. Dié afdeling is vir kommersiële plase, kleinhoewes, landbou-organisasies en landbounywerhede. H-IT Computers skep so goeie indruk as nuwe onderneming dat hulle as die beste opkomende onderneming vereer is met die Weskustak van Prinro in Velddrif tweede, Baby Roomz derde en Central High Trading 259 CC vierde. Verskeie organisasies en individue, wat met
Die pryswenners is agter van links: Dennis Roberts, Russell Foster, Enrico Henning, Dr. Etienne Raubenheimer, Jaco Jordaan en Donavin van Eeden; voor is Neil Crafford, Eugene Baumeester, Lynette van Schalkwyk (namens Angelique van Zyl), Danica Bleeker, Carel Mienie en Eloise van Eeden. Foto’s Amanda Brink hul gemeenskapsbetrokkenheid 'n positiewe hantering van klagtes, netheid van perseel en verskil maak, is ook dié aand vereer. Hulle is veiligheid. Produkte word beoordeel volgens Karin Hubbard (Aan Oewer-dienssentrum vir be- gehalte en verskeidenheid. Die moraal by ‘n onjaardes); Bettie van der Merwe (FDSA-sopkom- derneming tel ook. Van Niekerk sê verder dat hulle ook kyk na ‘n buis en jeugsentrum), Vania Leonard (Velddrif Animal Care), Ewald van Wyk (Cape Nature), onderneming se bydrae tot gemeenskapsdiens, Belinda Morkel, Nardia Bakkes, Susan de Waal opheffing, opleiding en hulle betrokkenheid by (Spoonbill), ds. Hennie Burden (NG kerk Laai- die sakekamer se bedrywighede. Die sakekamer is verbonde aan die Afrikaanse plek), die Bethesda-werkswinkel vir gestremdes, Handelsinstituut in die Wes-Kaap en bestaan al Cornè van Wyk en Russell Foster. “Om appels met appels te vergelyk,” word sa- 25 jaar en het tans 68 lede. Volgens Van Niekerk keondernemings vergelyk met ondernemings in mik hulle om teen die einde van die jaar ten dieselfde bedryfsektor. Daar word krities gekyk minste by 85 lede te staan. Vir meer inligting oor na dienslewering aan kliënte, flinkheid, behulp- die sakekamer, bel Liza Steyn by 084 207 0193 of saamheid, kennis van die produk, vriendelikheid, stuur ‘n epos na liza@velddrif.info.
Santa Shoebox soek donateurs en vrywilligers in St Helenabaai. Volgens Lara Fourie, projekskakelbeampte, het hulle navrae van die gemeenskap in St Helenabaai ontvang oor 'n opvolg van die Santa Shoebox-projek in hul gebied. "Ons benodig 'n koördineerder, iemand wat
bereid is om die vrywilligers in die dorp bymekaar te kry en die jaar te beplan," het Fourie gesê. 'n Koördineerder benodig 1-2 ure per week, 'n netwerk van vriende, 'n motor, 'n selfoon met WhatsApp en 'n rekenaar. Die koördineerder sal saam met die hoof-
kantoorspan werk wat insluit: 'n sentrale aanlynstelsel vir aansoeke, naamlyste en beloftes; gereelde e-posse en gedeelde dokumente van die huidige en volgende stappe om as span te neem, plakkate en promosiemateriaal. Fourie het gesê die projek het die afgelope 10 jaar ± 650 000 skoenbokse suksesvol afgelewer.
Vrywilliger vir Santa Shoebox-projek benodig
Die skoenbokse bevat gewoonlik gesondheidsnoodsaaklikhede - tandeborsel, tandepasta, seep en 'n waslap; opvoedkundige voorrade, 'n pakkie lekkergoed en 'n speelding en soms selfs iets om te dra. Lees meer by santashoebox.org.za/volunteer-my-time of bel Fourie by 076 491 2407.
4
NUUS • NEWS
14 Maart 2018
Medies • Medical
Wat is listeriose nou eintlik? Simptome van listeriose en hoe om dit te vermy
Die Departement van Gesondheid het Desember verlede jaar aangekondig dat daar ’n uitbraak van listeriose in Suid-Afrika is. Hierdie siekte word deur besmette voedsel veroorsaak. Wat behels die siekte, vir watter simptome moet jy uitkyk en hoe kan dit voorkom word? Listeriose is ‘n ernstige siekte wat grootliks veroorsaak word wanneer iemand kos eet wat besmet is met die bakterië Listeria monocytogenes. Dié bakterie kom in grond, water en gewasse voor. Dit is gewoonlik in rou melk en ander suiwelprodukte teenwoordig. Kyk uit vir simtome soos ‘n stywe nek, koors, verwarring, algemene swakheid en brakings (gewoonlik voorafgegaan deur diarree). Gaan na jou naaste dokter vir bloedtoetste indien jy die simptome ervaar. In sommige gevalle kan ’n monster van rugmurgvog of urine nodig wees. Die siekte word op verskeie manier behandel, afhangende van hoe ernstig dit is. Die meeste besmette pasiënte sal na verwagting binne sewe dae herstel. Pasiënte met ’n swakker immuunstelsel (swanger vroue, babas en bejaardes) sal meer intense mediese sorg nodig
hê, wat gewoonlik ’n kursus antibiotika of vloeistof deur ’n binnebaarse drup insluit. ’n Dieet van piesangs, rys, appelsous en roosterbrood en ander ongegeurde kosse wat nie die maag sal irriteer nie, word aanbeveel in die behandeling van listeriose. Dit is belangrik om gehidreer te bly. Beoefen goeie higiënepraktyke by die huis. Moenie jou vleis in die son of in warm water ontvries nie. Vleis moet in die yskas ontdooi word om te verseker daar is nie ‘n omgewing wat die groei van bakterië aanmoedig nie. Moenie gebraaide vleis in dieselfde bak sit as waarin die rou vleis was nie. Kook vleis deeglik, bêre oorskiet in die yskas en bedek kos nadat dit opgedien is. Maak seker dat jou yskas teen die regte temperatuur funksioneer. Meld swak higiënepraktyke of twyfelagtige slagpraktyke by die Nasionale Verbruikerskommissie (www.thencc.gov.za) aan. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die volgende vyf stappe geïdentifsieer wat voedselveiligheid bevorder : Bly skoon. Was jou hande voor jy kos hanteer en ook
Dit raak nou koeler en die lug word droog – dis tyd om jou skoonheidsroetine aan te pas. Dis nie net jou klerekas wat aan die begin van ’n nuwe seisoen vernuwe moet word nie; elke seisoensverandering herinner ons ook daaraan dat ons ons skoonheids- en velsorgroetine moet verander. As die somer vervaag, volg hierdie maklike stappe om te verseker dat jou skoonheid nie dieselfde doen nie:
Om bros, droë hare te voorkom, wend elke week of wat ’n haarmasker aan wat diep opknap.
dikwels terwyl jy besig is om kos te hanteer. Hou rou en gekookte kos weg van mekaar. As jy rou kos hanteer, moet jy nie aan gaar kos raak voor jy jou hande en die gereedskap gewas het nie. Kook kos deeglik. Kos wat nie gekook hoef te word nie, moet deeglik met lopende water gewas word. Hou kos teen veilige temperature. Gebruik veilige water of kook die water voor dit
gebruik word. Dit is die beste om vars bees- en skaapvleis te eet. Koop plaaslike vleis by ‘n betroubare slagter en deel jou bekommernis met die slagter. Indien jy by ‘n winkel koop waar daar nie ‘n slagter is waarmee jy kan praat nie, kyk na die verpakking en “verkoop-teen-datum” voordat jy vir die produk betaal. Bronne: RPO, departement van gesondheid, WGO.
Pas jou skoonheidsroetine so aan vir herfs
1. Hare Kry ’n haarsny om die skade wat deur die son, en sout- en chloorbehandelde water aangerig word weg te knip. Dis ook die perfekte tyd om jou lokke te begin voed om winterskade te voorkom.
2. Vel Berei jou vel vir die kouer maande voor deur ’n gereelde bevogtigingsroetine te volg. Dis nou die tyd om na ’n ryker, romeriger bevogtiger oor te skakel. Onthou om eers te eksfolieer sodat jou vel die vog maklik kan opneem. Voorkom droogheid en afskilfering deur gereeld ’n bevogtigende gesigmasker of -serum te gebruik. En moenie vergeet om steeds elke dag sonroom te dra nie! 3. Oë Kouer weer kan ons velle uitdroog, veral die
sagte, delikate vel onder jou oë. Maak seker dat jy ’n bevogtiger spesifiek vir die oë gebruik. Raak ontslae van donker kringe en pofferigheid deur daagliks ’n oogserum aan te wend.
4. Hande & Naels Jou hande is gedurig blootgestel en kan tydens die kouer seisoene aan uitdroging ly. Hou hulle sag en bevogtig deur gereeld handeroom aan te wend. Die kouer lug kan ook jou naels makliker laat breek, so maak seker dat jy hulle minstens een keer per week vyl om te voorkom dat hulle afbreek. (Bron: www.goeiehuishouding.co.za)
NUUS • NEWS
14 Maart 2018
5
6 Weeklikse wenk – deur dié courant beproef
14 Maart 2018
NUUS • NEWS
Voeg bakpoeier en sout by Ontmoet die gesigte agter waspoeier vir skoner was die nuwe dié courant Wenk:
Voeg by elke 3kg waspoeier, 500g koeksoda en 1kg growwe sout.
Gevolgtrekking:
Na ‘n week is dit duidelik dat dit soos ‘n bom werk. Die wasmasjien blink en die klere kom baie skoon uit die was. Voordeel: Dit rek jou waspoeier en help om
+
+
die klere sagter te maak. Nadeel: Een kledingstuk het met waspoeiervlekke op geëindig. Stuur jou ondervinding van dié wenk asook nuwe wenke na alida@diecourant.co.za
Toerisme-ondernemings moet fokus verskuif Van links na reg is Shaun Cloete (Weskusdistriksmunisipaliteit (WKDM)), Nozuko Ngozi (nasionale departement van toerisme) en haar kollega Margaret Jones, Kiewiet van Rooyen (WKDM se toerismebestuurder) en Gurshell Abrahams (WKDM). LANGEBAAN – Gastehuise, hotelle en ander toerisme-ondernemings moet besef dat die klem in dié bedryf verskuif na ‘n meer omvattende persoonlike ervaring vir toeriste. Hulle moet één met die gemeenskap voel. Die modewoorde by die nasionale departement van toerisme se werkswinkel om klein, medium en mikro-ondernemings (kmmo’s) se vermoëns uit te brei was beslis “avontuur”, “ervaring” en “gemeenskapstoerisme”. Verskeie rolspelers het verlede week, van Woensdag 6 tot Donderdag 7 Maart, by die Langebaan Country Estate bymekaar gekom om idees en raad uit te ruil, en by mekaar te leer. Volgens Kiewiet van Rooyen, Weskus-toerisme, is daar ‘n gaping in opleiding op gebiede soos voorkamerdiens, noodhulp, gids, sjef, kok, kantoorbestuur, sosiale media-bemarking, sakevaardighede soos geldelike bestuur, markgereedheid en belasting vir klein sakeondernemings. Talle ondersteunende programme vir toerisme-ondernemings is uitgewys, selfs hulp om aan internasionale markte deel te neem, mits die onderneming aan die breë-basis swart ekonomiese bemagtigingskode voldoen. Verskeie staatsdepartemente het oor hul ondersteuningsprogramme uitgewei en daar is gesê dat dit belangrik is om aan die nasionale graderingstelsel deel te hê.
Ondernemings is ook ingelig oor hoe om volhoubare toerismepraktyke toe te pas en Jacqui Taylor van AgriTourism SA het benadruk dat landbouers daaraan moet dink om ‘n toeristebestemming te word, omdat plase sorg vir outentieke persoonlike ervaringe, avontuur en ideaal is vir gesinne met kinders. Daar is verduidlik hoe suksesvol avontuurtoerisme in CapeNature se reservate, soos die Rocherpanne, bedryf word met onder meer bergfietsritte, kloofklim, ziplyn-gly en riviervaartogte. Goedverwacht, tussen Velddrif en Piketberg, is uitgesonder as ‘n suksesvolle gemeenskapstoerisme-bestemming, maar Joseph Henkeman het gesê dat hulle steeds in “red tape” verdrink. Twintig mense uit vier huishoudings baat by dié projek, maar volgens hom, vat gemeenskapstoerisme tyd. Francois Viljoen van Open Africa het benadruk dat gesamentlike bemarking, soos die van Route 62 en West Coast Way, net voordelig is. “Dit kanaliseer besoekers, maak dit makliker om te beplan, organiseer die bedryf en is ‘n wonderlike bemarkingsgereedskap.” Marinda Holtzhauzen van Cape Town Bookings het verskeie modegiere op sosiale media as werktuig verduidelik, soos dat jy jou eie plasings moet “Love” om meer aandag daarop te vestig.
dié courant is 'n ou bekende in talle lesers se huise. Huise in die Swartland, Bergrivier, Wellington en nou ook aan die Weskus. Met die hoofkantoor op Malmesbury, lewer dié gemeenskapskoerant reeds die afgelope dekade 'n diens aan sy lesers en adverteerders en bou aan die gemeenskap met goeie, opbouende en positiewe nuus. Hierdie beleid is een wat al talle male bespreek is en bevraagteken is, maar dit is die anker van hierdie publikasies. Nou kan Weskussers ook daarna uitsien om weekliks op 'n Woensdag hul dosis opbouende en positiewe nuus te lees in 'n koerant wat vir hulle bedoel is en wat hulle nuus bevat. Alida Buckle, 'n bekende joernalis en skrywer aan die Weskus, het by die redaksionele span aangesluit. Sy het joernalistiek studeer aan die Twsane Universiteit van Tegnologie en van 1994 tot 2000 haar joernalistande gesny by die Beeld in Johannesburg en Pretoria, Wit-
bank Nuus en was ook vermaak-redakteur by die Northern Review in Polokwane, voordat sy na die Weskus verhuis het. In 2000 het sy by die Weslander as joernalis aangesluit en later promosie-koordineerder en nog later redakteur geword. Hierna was sy verbruikersjoernalis vir die Boland Media-groep en het daarna haar vryskutloopbaan op vertaalwerk en redigering toegespits. Kontak Alida by 084 511 4303 of stuur 'n epos na alida@diecourant.co.za. As jy jou onderneming in die grootste onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap wil adverteer, kontak een van ons bekwame bemarkers, Desire Kriel (desire@diecourant. co.za) of Isabella Schnetler (isabella@diecourant.co.za). Dié courant versprei weekliks 17 000 eksemplare in die Weskus en Bergrivier. Kontak ons kantoor by 022 487 3221, gaan hou van ons op Facebook of besoek ons webwerf by www.diecourant.co.za.
Bursaries still available at Centre of Specialisation
The talented choir of the West Coast College added youth and vibrant sound to the day’s programme. Alida Buckle VREDENBURG - With the Oil and Gas Sector gaining a foothold on the West Coast with the Industrial Development Zone (IDZ) bringing national and international manufacturers and companies to Saldanha Bay, the establishment of a Pipe Fitting Centre of Specialisation (CoS) at the
West Coast College is timely. And thirty bursaries are still available. Pumla Mkele from the Local Government Seta said these bursaries are only for students who are signed apprentices at accredited employers and who apply before the end of April 2018. Trade theory, simulated practice and actual work experience are tightly interwoven in the programme and the course was designed by industry experts. Gerhard Coetzee, Department Head of Engineering Studies, said that aspiring artisans at the College could can now, besides training as welders or boilermakers, train as pipe fitters in a “state of the art pipe fitting workshop”. The College announced the establishment of the centre together with the Department of Higher Education and Training and the Steel and Engineering Industries Federation of Southern Africa (Seifsa) at the official launch of the Pipe Fitting CoS on Wednesday 7 March. Other CoS around the country will specialise in other fields such as carpentry and rigging. Pipe fitters specialise in high pressure pipe-installations on water, steam and hydraulic systems and are some of the highest paid industrial artisans. Henri Mafoumba from the Manufacturing, Engineering and Related Services Sector Education and Training Authority (Merseta) encouraged employers to apply for grants, to let their employees obtain the Pipe Fitting qualification and Red Seal. Employers must select and manage their own apprentices and their workplace must be approved by the department. Mafoumba said a trade test is still being developed for pipe fitting. “West Coast College is no longer the place where students go when all else have failed, but form an integral part of tertiary education. We encourage entrepreneurship by creating better opportunities and give our students the edge over other,” Lungisa Mbulawa, Acting College Principal, said.
NUUS • NEWS
14 Maart 2018
Weskus vaar goed in vlotresies op Bergrivier Alida Buckle VELDDRIF - Die Verkenners van die Wes-Kaapse Voortrekkers het vir die 34ste keer by Springersbaai, Velddrif, byeengekom vir die jaarlikse vlotvaartresies, waaraan al die kommando's in die provinsie deelneem. Christo Smit van Swartland Voortrekkers het vanjaar se byeenkoms, van 2-3 Maart bestuur. Die vlotte is tot laatnag gebou, ná die kommando’s se aankoms op Vrydag 18:00. Die toerusting om die vlotte te bou is saamgebring. Saterdagoggend omstreeks 07:30 is die vlotte in die water gesit en moes die deelnemers die sowat 8.5km na die Riviera Hotel roei. Sodra hulle onder deur die brug is, moes die vlotte uit die water gehaal en afgebreek word. Die Weskus Voortrekkers se volwasse vlot, die Reijger, en die verkennervlot, die Ottermatrose, het trofeë gewen. Die Reijger het eerste gekom in hul kategorie en tweede algeheel. Die Ottermatrose het tweede in hulle kategorie gekom en derde algeheel. Van die ander spanne het name gehad soos die Groen Mambas, die Matrose en
die Trolls. Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat die Afrikaner jeug bemagtig om as positiewe burgers en konsekwente Christene suksesvol in hulle roeping tot diens te wees. Hier leer kinders deur touknope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met sterre te vind of sommer net laataand om ’n kampvuur te kuier. Die 87 jaar-oue kultuurbeweging is gestig as 'n Afrikaanstalige alternatief vir die Engelstalige Boy Scout-beweging. Dit is ‘n nasionale beweging met kommando’s tot so ver as Namibië. Lede op laerskool staan as Penkoppe (seuns) en Drawwertjies (meisies) bekend, hoërskoollede word Verkenners genoem en jong volwassenes, 18-35 oud, vorm deel van die Staatmakers. Om deel te word van die Weskuskommando wat weekliks tussen Langebaan en Saldanha byeen kom, bel Luanda Botha by 082 771 8535. (Bykomende bron: wikipedia.org)
Die Ottermatrose is van links: Marcel van Zyl, Emile van Antwerpen, Danielle Olinsky, Francois de Wet en Jan de Wet.
7
Bo: Die Reijger-span van links is: Jacques van Zyl, Johan Coetzé, Wilhelm Herbst, Calla Reynolds en Elize Herbst
courant
8
14 Maart 2018
NUUS • NEWS
dié
SPORT
Tel: 022 487 3221
14 Maart 2018
•NUWE ROOIROETE DEUR DIE BERG VANJAAR INGESLUIT
Funduro op Rooiheuwel jaag stof op Alida Buckle VREDENBURG - Liefhebbers van Funduro (‘n gejaag met motorfietse en vierwielmotorfietse net vir die pure plesier daarvan), het Danie Kotzé se plaas Rooiheuwel toegepak om aan die Hoërskool Vredenburg se jaarlikse geldinsamelingsveldtog deel te neem. Volgens Robert van den Heever, een van die organiseerders, was sowat ‘n derde van die deelnemers Weskussers en is dit die eerste keer wat dit op dié plaas gehou word. Hy het gesê dat deelnemers opgewonde is oor die nuwe 35km lange roete, wat rivierbeddings, rotse en berge insluit. “Hulle het gesê hulle kom volgende jaar terug.” Daar was vanjaar ‘n rekord aantal deelnemers, 170, waarvan sowat 45 kinders was. “En dis goed, want dit is die manne en meisies wat die sport eendag moet vorentoe vat.” Van den Heerver het gesê dat die roete maklik genoeg vir die kinders was om te ry, maar ook opwindend genoeg vir die grootmense om te geniet. “Daar was iets van alles op die roete”. Kinders met klein fietse kon by die 16km merk kortpad vat om brandstof te
gaan ingooi. “Ons het vanjaar ‘n rooiroete deur die berg ingesluit, net vir die pro’s – die gewone naweekryer sou dit nie kon ry nie. Hulle is vooraf gewaarsku om dit nie sonder die nodige ondervinding aan te durf nie.” Die deelnemers wil die rooiroete volgende jaar nog langer hê, het Van den Heerver gesê. Volgende jaar se Funduro word na verwagting op 2 Maart gehou, “hopelik weer op dieselfde plaas”. So 'n paar deelnemers het geval, maar niemand is ernstig beseer nie en daar was deurentyd ESS-noodpersoneel en ‘n brandweerspan van die Saldanhabaai-munisipaliteit teenwoordig. “Daar is maar altyd ‘n paar ouens wat val en seerkry.” Hoewel die baan duidelik uitgemerk was, het die motorfietse en vierwielmotorfietse met die wegtrek baie stof veroorsaak. “As jy in ‘n ander ou se stof gaan jaag, gaan jy nie die waarskuwings sien nie en dis wanneer die mense seerkry.” Bel Van den Heever by 082 659 4856 of gaan lees meer by letsride.co.za en funduro.co.za
Kanomarathon gaan voort ten spyte van droogte Die organiseerders van die 2018 Bergrivier-kanomarathon van Woensdag 11 Julie tot Saterdag 14 Julie, hoop dat winterreëns betyds sal val om die Bergrivier behoorlik te vul vir dié jaarlikse 240km-uitdaging van die Paarl na Velddrif. Op hul webwerf dui hulle aan dat verskeie veranderinge aan die formaat van die ikoniese kanomarathon aangebring is.
Die grootste verandering is die omskakeling van die wedloop, wat sedert 1962 'n solo-uitdaging was, tot 'n twee-persoon-spanbyeenkoms, wat die tendens weerspieël wat in bergfietsry gewild geword het. Dié kanomarathon is algemeen bekend as een van die moeilikste ultra-afstand kanomarathon-gebeurtenisse ter wêreld. Lees meer by berg.org.za
Hoërskool ����d weer by Porterville-sportfees Hoërskool Hopefield se netbal- en rugbyspelers speel saam met meer as ‘n duisend ander teen mekaar op op Hoërskool Porterville se sportfees op Vrydag 23 Maart en Saterdag 24 Maart. Meer as 20 laerskole neem deel, van o.9 tot o.13. Die hoërskole speel teen mekaar van o.14 tot 0.16, tweede en eerste spanne. Die eerste spanne speel op Saterdag 24
Maart teen mekaar met Hoërskool Hopefield en Bishops wat mekaar vanjaar pak. Ander wedstryde is: Porterville vs Overberg, Namakwaland vs Langenhoven (Riversdal) en Paarl Boys High teen Grens (Oos-Londen). Volgens Schoolboy Rugby word die fees gratis aangebied danksy uitstekende borge en die vrygewigheid van die Porterville-gemeenskap.
Krieket: Hoërskool Porterville se o.13-krieketspan het hul interskolestryd teen die span van Piketberg gewen. Hier is Hieni Redelinghuys en sy seëvierende span.