Skip to main content

459 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

7 Maart 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 459

7 Maart 2018

Feestelikheid:

Silwerkruin het op Vrydag 2 Maart hul jaarlikse basaar gehou. Hul hele parkeerarea is in ‘n kuierarea omskep waar Wellingtonners saam met die inwoners in die feestelikhede kon deel. “Dit is wonderlik om te sien hoe die gemeenskap saamstaan om hierdie belangrike gebeurtenis op Silwerkruin se kalender moontlik te maak,” het Melanie Crozier, bemarker van Silwerkruin gesê. Sien berig op bladsy 4.

•'HANNE INNIE LIG' VERANDER TALLE LEWENS

Skrywer ryg pryse in •Jaomi Zeeman Die plaaslike skrywer, digter, dramaturg en aktrise, Gaireyah Fredericks, is besig om die een na die ander toekenning vir haar werke in te palm. Sy het onlangs met die prys vir die beste teks by die Best of DCAS-dramakompetisie in die Wes-Kaap weggestap. Die DCAS-dramakompetisie is ‘n projek van die Wes-Kaapse regering wat hulle deur middel van die departement van kultuur en sport van stapel stuur. Hiermee word ‘n platform geskep waar dramagroepe van regoor die provinsie hul oorspronklike produksies op die planke kan bring. Werkswinkels word ook vir die deelnemers aangebied. Deur middel van hierdie inisiatief kry dramagroepe en dramaturge die geleentheid om deur die uitdunrondtes na die semi-finaal en uiteindelik tot die finaal van hierdie kompetisie deur te dring. Gaireyah het reeds verskeie toekennings, pryse en benoemings vir haar teaterwerk, digkuns en skryfwerk, waaronder ‘n benoeming vir die Eugene Marais Literêre Prys en die Nal’ibali se Story bosso-storieskryfprys, ontvang. Vir haar is hierdie nuutste toekenning vir haar teks ‘n hoogtepunt. “Ek het al baie ander toekennings ontvang maar dit het my nog nooit soos hierdie swaar glastoekenning getref nie. Toe ek die prys van die DCAS Dramafees verlede Saterdag in die Paarlse stadsaal in my hande hou, het ek só gehuil,” sê sy. “Ek huil elke keer wanneer ek binne-in die baie stories en onderhoude reis om ‘n persoonlike

interpretasie van ‘n sekere kwessie te vind. Ek moet elke keer versigtig en sensitief wees teenoor die gemeenskap wat daardeur geraak word, maar ook bereid wees om die spreekbuis te word om die letsels wat mense elke dag ervaar en in die verlede ervaar het, onder die soeklig te plaas,” verduidelik sy. Gaireyah se wenteks met die titel “Hanne innie lig, voete oppie grond” handel oor die uitdagings van mense wat in bendegeteisterde gebiede woon. Volgens haar was die skryf van hierdie teks veral ‘n emosionele proses, omdat dit “baie naby aan die huis is.” “Ek het al in Magnolia en Chicago, Las Vegas, gewoon. Altwee hierdie gebiede is bendegeteisterde areas. Ek wou met my teks egter nie die geykte sienings wat mense oor hierdie areas het, laat herhaal nie,” sê sy. Sy het ure se harde werk aan die teks gewy. “Ek moes my pen deur jare se herinneringe aan hierdie areas wat vir lank onder die oppervlak weggekruip het, laat swoeg,” vertel sy. Volgens haar het sy gekies om in “Hanne innie lig, voete oppie grond” se teks erkenning te gee aan dié area, ook bekend as Rooiland, se sagte krete. Sy het geweier om die gebreke in die area te ignoreer, maar dit liewer meer subtiel gestalte te gee. “Rooiland het nou ‘n stem gekry en die gemeenskap kan nou saamstaan in die geveg om misdaad en bendegeweld te bekamp. Ons moet die stilte breek en die moontlikhede vrymaak,” sê Gaireyah.

Sy is baie opgewonde oor die boek, ook met die titel “Hanne innie lig, voete oppie grond”, wat binnekort bekendgestel word. In hierdie boek word die kreatiewe skryfwerk van die kinders van die MCM-dramagroep wat die gelyknamige toneelstuk opgevoer het, vervat. “Die boek bevat die stories van die kinders by youth@risk, wat ek liewer my studente wil noem, wat hulle vir so lank al met hulle saamdra. Ondervindings wat hulle beleef en oorleef het, om die dood al in die doeke te aanskou, met geen behandeling vir die post traumatiese stres met die wêreld waarin hulle hulself bevind nie. Hulle het met ‘n gedetermineerdheid geskryf wat die krag van die pen leer ken het. "Die krag om trane vir ink te verruil en die swaar binnekant buitentoe te weerspieël. Hulle skryfwerk het hulle op ‘n pad geplaas waar hulle vrylik en veilig kan huil in ‘n spasie met geen oordeel, geen leuens en geen skande nie,” vertel sy opgewonde. Gaireyah het ook onlangs as een van die gewilde digters by die Adam Small-fees op Pniel opgetree. Haar poppekasteater, Tik Tok, is boonop gekies om vir ‘n week by die Zabalaza-dramafees in die Baxter-teater op te tree. Haar talle toekennings en verskeie uitdagings ten spyt, is sy kliphard aan die werk aan nog baie ander projekte. Haar "Hanne is innie lig", besig om jongmense se lewens te verander en die onvertelde stories van haar mense op die voorgrond te plaas, maar haar voete is stewig "oppie" grond.

NUUS • NEWS


2

7 Maart 2018

Opwindende vermaak in sentrum se vooruitsig

Dit gons behoorlik by die Breytenbach-sentrum. Daar is talle opwindende produksies, gesprekke, sowel as opvoedkundige en kuiergeleenthede op hierdie instelling se program vir die volgende maand. In Maart skud Wellington sy vere reg om gasheer te speel vir die Absa Cape Epic en die Breytenbach-sentrum sal deel van hierdie geleentheid en aktiwiteite wees. Op Donderdag en Vrydag, 22 en 23 Maart sal die sentrum ‘n heerlike saamkuiergeleentheid met plaaslike vermaak, pizza’s en wyn in hul binnehof aanbied. ‘n Nuwe kunsuitstalling in die gebou se onderste lokaal is ook tans te sien. Hierdie uitstalling, “Women”, is deur Chrislie Dreyer, ‘n voormalige onderwysstudent aan die CPUT. Wellingtonners kan ook ‘n knoop in hul oor maak vir die Wellington-boekklub, wat gereeld insiggewende boekverwante geleenthede by

die Bôrdienghuis-teater aanbied, se opwindende komende geleenthede. Op Donderdag 1 Maart het Eben Venter met dr. Amanda Swart in gesprek getree oor sy nuwe boek, Groen soos die hemel daarbo. Op 8 Maart bespreek Hans du Plessis sy nuwe boeke, Drie vroue en ‘n meisie. Die byeenkomste is 18:30 vir 19:00 en plekke kan vooraf by 084 501 0355 bespreek word of by die deur gekoop word. Op 10 Maart open ‘n nuwe kunsuitstalling deur die kunstenaar André Knoesen, Vier gebede by jaargetye, in die Breytenbach-galery. Hierdie kunstenaar het onder andere al die grootste plafon-fresco in die Suid-Kaap by die Diaz Hotel geverf. Hy is ook verantwoordelik vir talle groot kunswerke by Sun City. Prof. Lize van Robbroeck is die openingspreker by die geleentheid wat om 11:00 begin. Die bekende en bekroonde skrywer, Rachelle Greeff, se skryfskool skop ook op 10 Maart by die Breytenbach-sentrum af. ‘n Interessante interaktiewe praatjie en demonstrasie van eetbare onkruid sal op 24 Maart by die sentrum aangebied word. Tydens hierdie geleentheid sal plant- en koskenners inligting oor hierdie interessante neiging deel en daar sal ook kosdemonstrasies van interessante geregte uit onkruid gelewer word. Intussen gaan die sentrum se betrokkenheid by verskeie gemeenskapsprojekte voort. ‘n Naaldwerkprojek, leesprojek en die opleiding van dagsorgpersoneel is maar ‘n paar van die projekte wat deur die sentrum ondersteun en aangebied word. Daar is ook tans ‘n dramaskool vir jongmense wat in die middae deur Alma Nel aangebied word. Diana Ferrus se diggroep, die Mengelmoes Digters, gaan ook elke maand van krag tot krag by die sentrum. Verder beplan die sentrum om die ongelooflike werk wat Therésè Hulme met die Piemp-projek verrig het, voort te sit en die betrokke onderwysers by Weltevrede Sekondêr met ‘n opvolgprogram hierin te ondersteun. Vir navrae en besprekings kan belangstellendes die Breytenbach-sentrum se webtuiste by www.breytenbachsentrum.co.za besoek of hulle by teater@breytenbachsentrum.co.za of 021 873 2786 kontak.

NUUS • NEWS

•SKRYWER KUIER PLAASLIK

Venter gesels oor sy nuwe boek Die bekende en bekroonde skrywer, Eben Venter, het op Donderdag 1 Maart tydens ‘n byeenkoms van die plaaslike boekklub oor sy nuwe boek, Groen soos die Hemel Daarbo, gepraat. Die Wellingtonse literêre kenner, dr. Amanda Swart, het met Eben in gesprek getree oor die temas, storielyn en struktuur van sy nuutste boek. Eben, wat eintlik in Australië woon, kuier tans in Suid-Afrika en Wellingtonners was bevoorreg om hierdie internasionaal bekende skrywer vir ‘n paar uur in hul midde te hê. Lede van die boekklub kon in ‘n volgepakte Bôrdienghuis-teater na Eben se interessante verduidelikings vir sommige aspekte in sy boek luister, terwyl Amanda insiggewende vrae gevra het. Die titel van sy boek, Groen soos die Hemel Daarbo, kom volgens Eben uit ‘n gedeelte in die laaste hoofstuk van die boek. Dit verwys na die feit dat daar nie in Xhosa ‘n woord vir blou is nie, maar ‘n verduideliking wat op sy titel neerkom. “Dit verwys na dit wat nie met woorde vasgevat kan word nie, maar net sintuiglik beleef kan word. Dít wat die verbale vermoëns van die mens ontgaan, amper soos die seksuele,” het hy verduidelik. Eben het die boek eers in Engels geskryf en daarna self in Afrikaans vertaal. Hy het verduidelik dat die boek in beide tale alleen, onafhanklik op eie bene kan staan. Amanda het hom gepols oor die gereelde plaas- en pa-en-seun temas wat in van sy vorige boeke na vore gekom het. “Ek was verras om nie een van hierdie temas wat gereeld in jou vorige boeke opgeduik het in Groen soos die hemel daar bo te kry nie,” het sy gesê.

“Ek dink ek is uitgeskryf aan die Afrikaans plaasroman. Om weer so iets aan te durf, sou my verveel het. Ek probeer om met elke boek iets anders te doen,” het hy verduidelik. Eben het ook erken dat die boek deels outobiografies en deels fiksie is. Elke hoofstuk bestaan uit twee dele, waarvan die eerste amper as ‘n tipe kortverhaal gelees kan word. Die tweede gedeelte van elke hoofstuk bestaan uit die hoofkarakter se gesprek met sy terapeut. Volgens Amanda is die subtiele verwysings en soeke na “blou” in die boek insiggewend. Die feit dat Eben in Australië woon het, volgens hom, ‘n invloed op die aanslag van sy skryfwerk. “Ek het amper ‘n arendsblik van daar. Ek kan alles van ‘n afstand benader. Dit is asof sekere Afrikaanse woorde na vore spring wanneer ‘n mens die taal nie elke dag praat nie. Dit kry nuwe waarde en die betekenis verskerp. ‘n Mens se sintuie is meer akuut. As ‘n wêreldreisiger reis jy ook meer na binne,” het hy gesê. Amanda het die gesprek afgesluit deur na ‘n aanhaling uit die boek te verwys. “Ek dink Eben het dit reggekry om in ‘n mate die onverwoordbare te verwoord. "Sy verwysing na hoe iets kortstondig, maar met krag, se permanensie júís in hierdie eienskappe lê, laat die onsêbare gestalte kry.” Die volgende byeenkoms van die Boekklub is op 8 Maart, weer by die Bôrdienghuis. Hans du Plessis gaan tydens hierdie geleentheid met Izak de Vries oor sy nuwe roman, Drie vroue en ‘n meisie, gesels. Belangstellendes kan 084 501 0355 vir meer inligting skakel.


NUUS • NEWS

7 Maart 2018

Ondersteuningsgroepe hou Plaaslike kore te sien in interessante byeenkoms Nederburg-konsert Wellington se Depressie- en Angsondersteuningsgroep vergader elke maand en takel onderwerpe wat vir enige belangstellende insiggewend kan wees. Op Dinsdag 20 Maart vergader hulle weer in die Marthazaal van die Moederkerk. Volgens Petro Greeff, sameroeper van die groep, beloof dit om ‘n besondere vergadering te wees. “Johan Laten, wat aan die stuur van die ‘The Puppet Show’ staan, gaan ‘n poppekasvertoning

3

kom lewer. Dit handel rondom die tema van depressie en beloof om ‘n baie interessante opvoering te wees. Of jy nou jonk, oud of net gewone mens is, enigeen sal beslis hierby baat,” het sy gesê. Volgens Petro is enigeen welkom, nie net depressievegters nie. Die byeenkoms begin om 19:15. Belangstellendes kan haar by 021-873 4688 of 072 709 8000 kontak vir meer inligting.

•OP BOLAND-STADION GEHOU

Plaaslike SAPS reel biddag

Die plaaslike SAPS is besig om, in samewerking met Wellington se Gemeenskaps Polisiëring Forum (GPF) ‘n reuse-samekoms vir 21 Maart op die Boland-stadion te organiseer. Met hierdie inisiatief wil hulle mense uit alle gemeenskappe op Wellington, maar ook uit die breër gemeenskap, verenig om saam te staan vir dinge wat ‘n invloed op almal het. Volgens kaptein Basil Seekoei is die doel van die samekoms veeldoelig/ “Ons wil die kwessies van waterskaartste, misdaad en dwelmverwante probleme aanspreek en die hele gemeenskap daarby betrek. Ons wil teruggaan na die ‘back to basic’-benadering. Dit behels dat ons hande vat met die gemeenskap en ons hoop dat soveel as moontlik mense uit die breë gemeenskap hierdie geleentheid sal bywoon,” het hy verduidelik. Hulle beplan om die dag as ‘n Biddag aan te bied en verskeie kerke uit die gemeenskap is genooi om deel van die verrigtinge te wees. Alhoewel Wellington se SAPS die samekoms reël en Wellington die gasheer daarvoor is, hoop hulle om ook mense uit omliggende gebiede na die geleentheid te lok. “Die probleme en kwessies waaroor die dag

gaan, raak almal in die hele provinsie. Mense van buite ons dorp en die hele area is dus welkom. "Ons wil ‘n gevoel van samehorigheid onder ons mense kweek. "As ons saam ‘n pad kan stap, of as die dag selfs net ‘n verskil in één mens se lewe maak, sal dit ‘n sukses wees. Ons doen soveel verskillende goed, maar ons beweeg eintlik almal in dieselfde rigting. Ons wil die krag wat hierin opgesluit lê, ontgin,” het kaptein Seekoei gesê. Die plaaslike SAPS is baie dankbaar dat hulle met die GPF vir hierdie projek kan hande vat. Die GPF moedig mense wat die geleentheid gaan bywoon aan om nie-bederfbare produkte op die dag saam te bring. "Daar sal ‘n sentrale punt vir die insameling van hierdie items wees. Dit sal dan aan verdienstelike hulpbehoewende instansies of individue geskenk word. Kaptein Seekoei is optimisties oor die projek. “Sáám kan ons verskil maak en die probleme wat ons almal raak, aanspreek,” het hy gesê. Vir meer inligting kan belangstellendes konstabel YL Wildschut by 021-864 8440 of 072 876 0970 kontak.

Die soliste, Janelle Visagie en André Terblanche ontvang die staande ovasie saam met die orkes en koorlede. Twee plaaslike skoolkore het op Saterdagaand 3 Maart die voorreg gehad om deel van Nederburg se Klassieke Musiekreeks te wees. Die kore van Hugenote Hoërskool en Hugo Rust Laerskool het as deel van ‘n Klassieke Konsert in die Graue Hall by Nederburg met swaargewigte in die bedryf skouers geskuur. Die plaaslike kore het saam met die kore van Courtrai Laerskool, Paarl Boys High en Gimnasium Hoërskool by die geleentheid opgetree. Stellenbosch se Stadsorkes het, buiten die begeleiding van die kore en soliste, die gehoor ook met hul weergawes van klassieke gunstelinge, popliedjies, sowel as musiek uit gewilde flieks en musiekblyspele vermaak. Die orkes is onder leiding van Paul van Zuilenburg. Die tenoor André Terblanche en die sopraan Janelle Visagie het as soliste by die konsert opgetree. Hulle het die gehoor met hul duette en individuele weergawes van klassieke gunste-

linge oorrompel. Die massakoor wat saam met die soliste The Prince of Egypt se temalied gesing het, was beslis ‘n hoogtepunt op die program. Die dirigent van die orkes, Paul van Zuilenburg, het vir ‘n ligte oomblik gesorg toe hy een van Hugenote Hoërskool se seuns gevra het om sy pos in te neem terwyl hy self die trompet in “The final countdown” gespeel het. Na talle staande ovasies het die orkes en soliste die aand op ‘n hoogtepunt met Queen se Barcelona afgesluit. “Dit is werklik ‘n voorreg dat ons kinders aan so ‘n produksie kan deelneem en saam met ‘n orkes soos die Stellenbosch se Stadsorkes kan sing,” het Johann Enslin, koorleier van Hugenote Hoërskool gesê. Hugenote Hoërskool se koor, sowel as die koor van Boys High, het gekwalifiseer om later vanjaar aan die World Choir Games deel te neem.


7 Maart 2018

courant

dié

4

Sappig

NUUS • NEWS

Silwerkruin hou basaar

Ten spyte van die droogte is daar nog baie sappighede waarmee ons kan keer dat ons tonge aan ons verhemeltes vassit. Dit is parstyd in ons vallei en dis wonderlik om te sien hoedat ons sukkelende wingerde nog steeds met al hul krag sleepwaens vol sappige korrels produseer. “Sappig” het natuurlik nie net met iets wat vogryk, vol sap of saphoudend is te make nie. Dit kan ook enigiets wat smaaklik, heerlik, lekker of geurig is beskryf. Boonop is dit ook ‘n verwysing na dinge wat vermaaklik, prikkelend en soms selfs skokkend is. Wie hou dan nou nie van ‘n sappige storie nie? In Wellington is daar, buiten die sappige korrels uit ons wingerde, talle sappige dinge wat maak dat ons dorp allesbehalwe ‘n droë, oninteressante plek is. Aan kreatiewe sappe is daar definitief nie ‘n tekort in Wellington nie. Michelle Bester maak die mooiste sakke uit weggooimateriaal. Ons plaaslike boekklub leer ken interessante skrywers en hou die vloei van kreatiwiteit onder ons woordliefhebbers aan die gang. Die kore van ons plaaslike skole presteer uitstekend en Hugo Rust en Hugenote Hoërskool se kore het onlangs by Nederburg se Klassieke Musiekreeks opgetree. Gaireyah Fredericks se kreatiwiteit ken geen einde nie en sy gebruik dit juis om dié kwessies wat ‘n dorre vooruitsig kan inhou, te kniehalter. Wellington Wines verwerk nie net die sap van ons druiwe nie, maar gee ook erkenning aan hul lede wat uitnemende werk lewer. Die Breytenbach Sentrum sorg elke week vir ‘n sappige program wat ons kultuurlewe aan die gang hou en kreatiwiteit vier. ‘n Nuwe boek wat enigeen wat by eisteddfods betrokke is se kreatiewe voggies sal laat borrel, word binnekort in die dorp bekendgestel en tydens Silwerkruin se basaar is daar nie net aan heerlike sappies geteug nie, maar ook lekker sappige stories gedeel. Die plaaslike SAPS is betrokke in die gemeenskap en reël ‘n saamtrek by Boland Stadion - iets waardeur hulle hoop om die sap van oorvloed en goedgesindheid in ons omgewing na alle mense te laat vloei. By HAM het ‘n groep motorfietsryers vanoor die hele Wes-Kaap hul harte oopgemaak om fondse vir hierdie instansie in te samel. As die weerpatrone die sappige voorbeeld van Wellington se mense kan volg, is die droogte binnekort gebreek. Mag elkeen hierdie week iets sappig uit ons vallei geniet, iets sappigs aanvang en iewers ‘n bietjie sap uitdeel waar dinge dors lyk.

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die woorde van ons mond

In die boek Numerie hoofstuk twintig, word beskryf hoe die Israeliete met Moses en Aäron getwis het. As hulle maar in Egipte gesterf het, waarom het julle die vergadering van die HERE na hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee hier moet sterwe. Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Hier is geen vye of granate of water om te drink nie! Moses en Aäron het gaan bid en die HERE het hom die opdrag gegee om die Israeliete byeen te roep en die rots aan te spreek, dan sal daar water uit die rots vloei. Psalm honderd-en-sewe word beskryf dat dit met Moses sleg gegaan het by die waters van Meriba, want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat Moses onverskillig gepraat het met sy lippe. Die Here het aan Moses en Aäron gesê dat hulle in die woestyn sal sterwe en nie die Israeliete die beloofde land sal inlei nie, want hulle het nie die eer aan die HERE gegee nie. Jesus waarsku in Matteus vyf dat elkeen wat sê : Jou dwaas! Verantwoording moet doen in die helse vuur. Paulus skryf dat ons woorde met sout besprinkel moet wees, sodat ons kan weet hoe om iedereen te antwoord.

Bo: Die vroue by die hoendertafel het met groot vreugde diens gedoen. Regs: Silwerkruin se terrein is in ‘n feestelike atmosfeer omskep. Silwerkruin het op Vrydag 2 Maart hul jaarlikse basaar gehou. Hul hele parkeerarea is in ‘n kuierarea omskep waar Wellingtonners saam met die inwoners in die feestelikhede kon deel. Lewendige musiek het die voete laat jeuk, terwyl oud en jonk gesellig rondom tafels kon sit en kuier. Talle stalletjies het vir interessante winskopies gesorg. Handgemaakte produkte, bykomstighede, vars produkte, smullekker drink- en eetgoed het saam met die interessante vondse op die wit olifanttafel vir iets in almal se smaak gesorg.

Vir die jongspan was daar ‘n spesiale kindertafel, gesigverf, ‘n springkasteel en lekkernye. Besoekers kon ook aan heerlike borde gebraaide hoender en bygeregte weglê. Verskeie gelukkige trekkings het vir groot opwinding gesorg. “Dit is wonderlik om te sien hoe die gemeenskap saamstaan om hierdie belangrike gebeurtenis op Silwerkruin se kalender moontlik te maak,” het Melanie Crozier, bemarker van Silwerkruin gesê. Oud en jonk het tot laataand saamgekuier tydens hierdie feestelike geleentheid.

Roses United het Saterdag sy vriendskaplike kragmeting teen Tygerberg gemaklik met 46-28 gewen. Die wedstryd, wat op die Boland B-veld beslis was, is gekenmerk deur goeie aanvallende rugby deur beide spanne. Die Rose het reeds met rustyd 'n gerieflike voorsprong van 26-5 opgebou en dit het hulle in staat gestel om baie spelers speelkans te gee en sodoende hul diepte in sekere posisies te toets. Die Wellingtonners het die vaste fasette oorheers en het meer as hul man gestaan teenoor die groter pak voorspelers van die besoekers. In die lynstane het kaptein Thurlow Marsh (agsteman), Kennedy Rorwanna (flank) en later Aldridge Marthinus (reserwe slot), baie goeie balbesit bewerkstellig vanwaar die Rose talle aanvalle kon loods. Agterlangs het die veterane Percy Williams (skrumskakel) en Brendon April (vleuel) stewig vertoon terwyl losskakel Damian Engledoe en senters Tyrone Abelse en Ryan Julies goeie voorvoet bal aan die haastige Heini Isaacs (heelagter), Rowen Ranna (vleuel) en Johnwen Lewis (reserwe heelagter) verskaf het. Die besoekers se reserwe heelagter, Rosco Cyster, het die Rose se verdediging by tye aan flarde geskeur met sy dartellopies en spoed en het twee pragdrieë gedruk. Die 18-jarige spoedvraat is beslis 'n man wat nog diep spore in WP-rugby kan trap. Volgens Marsh was hul mandaat om hul

wedstrydplan uit te voer en ook om hul te meet teen Tygerberg, wat nes die Rose verlede jaar, in SARU se Gold Cup gespeel het. "Ons het baie hard gewerk saam met afrigters Danie Roman, Franzel September en Clement Lewis en wou ons wedstrydplan implementeer en goed uitvoer en ek dink ons het grotendeels daarin geslaag. Tygerberg het verlede jaar sesde in die land geëindig en is histories 'n sterk klub. Ons is trots op ons aanvallende spel, maar ook ons soliede verdediging en ek is baie tevrede met ons uitvoering". Weens die Wes-Kaapse droogte is die WP ligas uitgestel tot Junie en was Saterdag se wedstryd Tygerberg se eerste van die 2018-seisoen. Roses kan egter heel tevrede voel met sy vertoning en het verskeie spelers hande opgesteek. Die Rose kom Saterdag in sy eerste liga-wedstryd teen Ceres in Ceres te staan en sal die verdediging van sy titel op 'n hoë noot wil begin. Puntemakers: Drieë: Kelvin Fikster (haker), Percy Williams, Heini Isaacs (2) Johnwen Lewis, Aldridge Marthinus. Doelskoppe: Damian Engledoe (2) en Johnwen Lewis (2).

Roses onstuitbaar teen Tygerberg

* Tygerberg het die tweede en derdespanwedstryde met onderskeidelik 19-7 en 36-5 gewen. Foto: Anver Abrahams


NUUS • NEWS

5

7 Maart 2018

Vyefees reg vir groot opskop

Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za*

Also at

*Some deals may not be available online

PnP Bulk Country Classic Boerewors

PnP Bulk Lamb Braai Chops

119

R

74

R

SAVE R7

Per kg

SAVE R15

no name™ Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s R

44

99 Per kg

E R O M INGS

SARV E TO SHARE MO

45

R

99

SAVE R14

Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or Ultra Concentrated Capsules 14s Each

SAVE R7

69

R

79

R

99

SAVE R13 Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

SAVE R30

Re

36

tu

01

7

dy

Nescafé Gold 200g Jar *2

Die jaarlikse XTN Vyefees vind vanjaar op 17 & 18 Maart plaas op Uitkijk, Voor-Paardeberg. Hierdie familiefees word aangebied deur die XTN Stigting wat dit ten doel het om die winste aan te wend vir die oprigting van ‘n Gemeenskap- en Opleidingsentrum vir die plaas se werkers en hul kinders. Families en vriende word genooi om uitsonderlike plaasgasvryheid te kom ervaar. Daar kan uitgesien word na trekkerritte wat besoekers neem na die vyeboord, vanwaar die vyeplukproses verduidelik word. Besoekers kry dan die geleentheid om hul eie vye te pluk. Vir die jongspan is daar ‘n plaasdierarea waar hul van naderby kan kennismaak met bokke, skape, ‘n bees of twee en selfs ‘n vark. Kinders sal onder toesig besig gehou word met gesigverf, springkastele en lekker spookasem en allerlei versnapperinge. Vir die fikser volwassenes is daar op die Saterdag ‘n lekker plaasdraf wat deur Run the Vines aangebied word. Inskrywings kan gedoen word by entries.onsite-events.co.za. Heerlike kosse van Indonesie, Belgie, Amerika, Italie en Suid-Afrika sal te koop wees. Dan is daar natuurlik ook gedroogde vye, vyekonfyt, vyeblatjang, vyesap, vyebier en wyne uit die kontrei om die honger te stil en dors te les. Dan kan daar uitgesien word na die sielsverrykende klanke van Chris Rain, Matt Carstens, Twee, Bottomless Coffee, Newton & Co en Albert Frost. ‘n Verskeidenheid interessanthede sal te siene wees by plaaslike uitstallers wat van kombuisbenodighede en vyeseep tot prag houtwerke en vintage klere gaan uitstal. Daar is slegs ‘n beperkte aantal kaartjies per dag beskikbaar en voorafbesprekings (R160pp) word aanbeveel. Die kaartjieprys sluit ‘n boks vye en ‘n stylvolle wynglas in. Oorblywende kaartjies van die daaglikse kwota sal by die hek beskikbaar wees (R180pp), maar kan nie gewaarborg word nie. Kinders onder 18 betaal slegs R60 en kinders jonger as 6 kom gratis in. Die hekke is oop van 10vm tot 6nm op elke dag van die fees. Vir meer inligting oor besprekings en die bankbesonderhede besoek gerus die XTN Family Farm se facebookblad of kontak Heinrich by 082 812 1112. Besprekings en bewyse van betaling kan gestuur word na xtnfigfestival@gmail.com.

Per kg

pu

t a tio n I n s tit u

te

s

R

90

SAVE R10

SAVE R8

Bokomo Weet-Bix 900g

BUY ME & GET 2 PROTEA PLAYER CARDS FREE

20

R

SAVE R5

SAVE R6

Huletts White Sugar 2.5kg

+ +

MARCH VALID 10 - 11 ERMARKETS ONLY AT HYP

SUNFOIL TEST SERIES

33

Spekko Long Grain Parboiled Rice 2kg

32

R

SAVE R17 Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

PnP Potatoes 2kg, Onions 2kg and Tomatoes 1kg

BUY ANY 2 HAIRCARE PRODUCTS AND SAVE

20%

ECTRICAL EXCLUDING ELCESSORIES AND HAIR AC

BUY ALL 3 FOR R

55

SAVE R15

WAS R139

110

AVOID DAY ZERO. SAVE WATER NOW. WATER SAVING TIP #4 Install a low-flow showerhead, dual-flush toilets and water-efficient appliances.

99

Nivea Deodorant Assorted 150ml Each

10kg R100 SAVE R35

R

23

R

WAS R264

219

R

SAVE R45 picknpay.co.za/think-water

Heineken Lager 24 x 330ml Cans or Non-returnable Bottles Per Case

WAS R179

159

R

R

SAVE R29

SAVE R20

Klipdrift Export Brandy 750ml

Red Heart Original Caribbean Rum 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Wen:

20 gelukkige lesers kan elk 'n kaartjie na die Vyefees wen. Sms die slagwoord VY, jou naam en van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Vrydag om 12:00 om hiervoor in aanmerking te kom. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

MMWCHS2148 Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Camps Bay, Express, Local stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

PRICES VALID 8 - 11 MARCH 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE


6

7 Maart 2018

Nuwe boek vir Eisteddfods binnekort bekendgestel Daar word binnekort ‘n splinternuwe boek, wat die kopseer uit materiaal vir laerskool eisteddfodleerders sal haal, bekendgestel. Die bekendstelling sal op 17 Maart by die Breytenbach Sentrum plaasvind. Die boek bevat 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake. Die samestellers van die boek, met die titel Eisteddfod Pret, is Gloudine Kellerman en Jonelle du Toit. Die illustrasies is deur Maja Sereda. Gloudine, wie se idee die bundel oorspronklik was, kom van Riebeek-Kasteel en Jonelle is van Hermanus. Gloudine het ook destyds haar onderwyskwalifikasie aan die voormalige Wellington Onderwyskollege verwerf en het onder andere onder PH Nortje studeer. Gloudine, wat van 1984 tot 2008 ‘n onderwyseres in Riebeek-Kasteel was, is sedert 2009 die bestuurder van die ACVV op dié dorp. Tydens haar onderwysloopbaan was sy vir die eisteddfod by die skool verantwoordelik en dien ook later op die Wes-Boland Eisteddfod bestuur. Dit is juis in hierdie hoedanigheid dat sy die behoefte vir ‘n bundel met geskikte materiaal vir laerskool eisteddfodleerders besef het. “In my eisteddfod-lewe beleef ek die soeke na vars gedigte, monoloë en samesprake en besef dat ouers, onderwysers, afrigters en leerders my probleem deel,” vertel sy. Die ander samesteller van die boek, Jonelle du Toit, is ewe bekwaam en passievol oor die projek. Sy het ‘n meestersgraad in Drama. “Die rigting vir my M Dram was Kinderteater. Dit is dus my passie. Ek het ook verlede jaar my nagraadse onderwysdiploma deur Unisa gedoen. Die eisteddfod-projek is ‘n spanpoging van die Fynbosskrywers, ‘n wonderlike skryfgroep. Daar is ‘n hele paar onderwyseresse, ma’s en ouma’s onder die groep wat kinders goed ken en verstaan,” vertel sy opgewonde. Daar is bydraes van vyftien verskillende skrywers in die nuwe bundel. Hulle is almal lede van die Fynbosskrywers, ‘n groep vriende en vriendinne van Calvinia tot in die Kaap en Hermanus, wat mekaar leer ken het omdat hulle ‘n gemeenskaplike stokperdjie, naamlik skryf, het. Al die werk is die bundel is oorspronklike werke wat nog nie voorheen gepubliseer is nie. Volgens Gloudine het die projek oor ‘n hele paar jaar ontvou. Sy het in 2013 haar eie bundel aan ‘n uitgewersmaatskappy voorgelê, maar was onsuksesvol. In 2014 lê sy ‘n bundel gedigte van die Fynbosskrywers aan NB Uitgewers voor en in 2016 hervat sy haar gesprekke met NB oor die publikasie van hul werk. Die uitgewery beveel aan dat hul manuskrip na ‘n kenner gestuur word om die geskiktheid daarvan vir die doel waarvoor dit gepubliseer word, te bepaal. “Henk Viljoen, NB se skole-bemarker, het navorsing gedoen en bevind dat daar ‘n groot behoefte aan so ‘n bundel by skole is. Hy bring ons ook op die spoor van Louise Lachenicht, eienaar van ‘n dramaskool, Lid van die Raad van Afrikaanse Beoordelaars en lid van ‘n Spraak-en dramakollege, ‘n vrou met al die kennis en grade wat ons nodig het om ons projek te laat slaag,” vertel Gloudine oor die geboorteproses van die bundel. Volgens haar is daar beslis nog ‘n plek vir eisteddfods in kinders se opvoeding. “Behalwe dat kinders leer om te memoriseer

en te dramatiseer, leer hulle ook om te 'act', om in ‘n wêreld van hul eie te beweeg. Boonop gee dit hulle selfvertroue om voor ’n gehoor op te tree,” sê sy. Jonelle, beaam dit. “Daar is ‘n baie groot groep entoesiastiese laerskoolleerders wat jaarliks deelneem aan eisteddfods. Die waarde daarvan is dat kinders van jongs af blootgestel word aan die kunste en hulle ontwikkel ‘n aanvoeling en waardering daarvoor. Kinders kry voor jou oë nuwe selfvertroue as hulle suksesvol leer om voor te dra. Hulle ontwikkel projeksie, artikulasie, algemene stemvorming en vertolkingsvermoë wat natuurlik ook help met mondeling en debat op skool,” sê hierdie kenner. Volgens Gloudine is daar ‘n groot klomp mense wat by hierdie boek sal baatvind en die inhoud sal geniet. “Ouers, onderwysers, dramafrigters, kinders, kortom almal wat van praat voor mense hou, of wat kinders wil leer dat dit eintlik groot pret is, en ons vertrou die wat nie daarvan hou nie, sal geïnspireer word deur die oulike inhoud van hierdie boek,” sê sy. Jonelle stem heelhartig saam. “Ons hoop dat dit ‘n gaping in die mark sal aanspreek en ook dat dit die antwoord is op die dilemma en soektog na nuwe en geskikte materiaal. Ons hoop dat die bundel algemeen in skole regoor die land gebruik sal word. Hoewel die bundel spesifiek vir eisteddfods geskryf is, is dit nie beperk daartoe nie. Veral die 108 gedigte is baie lekker voorleesgedigte vir ouers en onderwysers, aangesien daar baie potensiaal bestaan om dit interessant en vermaaklik te kan voorlees,” sê sy. Alhoewel nie Gloudine of Jonelle tydens hul grootwordjare op die platteland die geleentheid gehad het om aan eisteddfods deel te neem nie, hoop hulle dat Eisteddfod Pret hierdie kans nou vir laerskoolleerders sal ontsluit. Belangstellendes kan Jonelle by jonelledutoit@hotmail.com vir meer inligting kontak.

NUUS • NEWS

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Albert Frost 10 March: Albert Frost live at Indie Ale, Porterville. Doors open at 12:00 Pre-sale tickets @ webtickets - R100 Tickets sales through Indie Ale - R120 Skog Voorsaaidag: Risikobestuur 14 Maart: Vanjaar se Skog Voorsaaidag vind vanaf 08:00 in die Jan Basson-sentrum op Moorreesburg plaas. Die hoofspreker is Giel Hugo en sy onderwerp is "Weervooruitsigte vir 2018". Prof André Agenbag gesels oor risikobestuur vir volhoubare gewasprduksie en André Fourie raak "die storie rondom vee" aan. Kontak Gert Conradie by 022 433 8932 of 074 603 7240 of stuur 'n epos na gertc@elsenburg. com.

Darling-familiefees 17 Maart - Die Darling Familiefees word gehou van 09:00 tot laat by die Darling NG-kerk. Talle aktiwiteite soos 'n mark, boeresport, kinderaktiwiteite, kuiertent en Jo Black om 19:00

XTNFIGFESTIVAL 17 & 18 Maart - 'n Heerlike vyefees word op 17 en 18 Maart op die Uitkijk-plaas, Voor-paardeberg, gehou. Voorafbesprekings beloop R160 per persoon. Daar is beperkte kaartjies by die hek beskikbaar teen R180 per persoon. Om seker te maak jy deel in die vye-pret, bespreek nou by xtnfigfestival@gmail. com Swartland Charity Bikers Braai 6-8 April - Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai word op die Moorreesburg-skougronde gehou. Voorafskrywings beloop R140. Hektoegang beloop R170 en kenteken R20. Kinders onder 10 is gratis. Voorafinskrywings sluit op 9 Maart. Kontak Francois by 083 956 0606, Erhardt by 082 898 1026 of Herman by 083 568 5020. Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www.plankton.mobi The Darling Trust 4 May: Black tie dinner and auction with tannie Evita & chef Jenny Morris at Evita se Perron, Darling R950/ticket To book visit : THEDARLINGTRUST.ORG

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Eerste en vierde kwartaal begin die dienste om 9:00 en tweede en derde kwartaal is die diens

op Sondagoggende om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.


NUUS • NEWS

7

7 Maart 2018

Druiweprodusente vereer vir prestasies

Deon Steyn (Blok van die Jaar)

Jan-Louw du Plessis (Beste witwyn)

Lourens Steyn (Beste rooiwyn)

Van de Byl Brink (Boer van die Jaar)

Wellington Wines het aan die einde van 2017 pryse aan hul lede vir verdienstelike prestasies toegeken. Hierdie pryse is tydens hul Algemene Jaarvergadering aan die onderskeie boere oorhandig. Volgens Nickay van Zyl, wingerdboukundige

by Wellington Wines, word hierdie toekennings jaarliks in verskillende kategorieë gemaak om erkenning aan hul lede te gee. “Ons ken elke jaar ‘n prys aan die Boer van die Jaar, Beste Blok Wingerd, die Beste Rooiwyn, sowel as aan die Beste Witwyn toe,” het hy die verskillende afdelings verduidelik.

Nickay, tesame met die wynmakers en Francois Nel, die produksiebestuurder by Wellington Wines, het as beoordelaars vir hierdie toekennings opgetree. Die waardige wenner van die Boer van die Jaar toekenning was Van der Byl Brink van die Panorama-plaas.

Deon Steyn van Klipdrifskraal het met die prys vir die Blok van die jaar weggestap. Jan Louw du Plessis het die toekenning vir die beste witwyn gewen, terwyl Lourens Steyn van Wolvenhoek die prys vir die beste rooiwyn ingepalm het. Elkeen van hierdie lede het ‘n skild ontvang.

Besoekers aan die 17de Suid-Afrikaanse Kaasfees sal nie net kaas kan proe én meesterkokke in aksie sien nie, maar ook sélf kaasmeesterstukke kan skep. ‘n Kaartjie na dié bekroonde fees oor die Vryheidsdag-langnaweek (Vrydag 27 tot Sondag 29 April 2018) beloof ‘n proe-ervaring van plaaslike en internasionale kase, nis- en gourmetprodukte, sowel as uitgesoekte wyne. Interaktiewe kosteaters Dinge gaan vanjaar kóók met gunsteling-glanssjefs in die drie kosteaters by die SA Kaasfees: Jenny Morris (The Giggling Gourmet), Kamini Pather (MasterChef SA-wenner), The Food Alchemist Pete Goffe-Wood (MasterChef-

en Ultimate Braai Master-beoordelaar), Carmen Niehaus en Leon die Melkman sal gaste in die Agri-Expo Cooking Pot vermaak. Herman Lensing (Vrydag), Zola Nene (Saterdag) en Johnny Hamman (Sondag) staan aan die stuur van kosdemonstrasies in die Cape Made Kitchen, in vennootskap met die Institute of Culinary Arts (ICA) en die Wes-Kaapse Departement van Landbou. In die Standard Bank Tasting Room sal spesialisaanbieders kaasproeë aanbied met unieke pasmaats, waaronder Suid-Afrika se Top Tien Chenin Blanc-wyne, verskillende soorte tee en boetiekbier. #YourWheyWithCheese-kookuitdaging

Wil jy ook jou slag wys? Amateursjefs word genooi om hul waterwysresepte met President-kaas in te skryf vir die #YourWheyWithCheese-kookuitdaging in vennootskap met Heart FM. Jenny Morris en medebeoordelaars Kamini Pather en Sihle Ngobese sal die Top 30 kies, wat hul resepte op Saterdag 17 Maart by Morris se ChefsPlayground Cooking School in Kaapstad voorsit. Die Top 15 sal deurdring na ‘n volgende rondte op Saterdag 7 April. Vier finaliste sal sake uitkook by die SA Kaasfees, twee op Vrydag 27 April, twee op Saterdag 28 April, met die finale kookuitdaging op Sondag 29 April. Besoek www. cheesefestival.co.za/competitions voor Saterdag

10 Maart om in te skryf. Pryse sluit ‘n vier-week kookkursus van Jenny Morris en ‘n twee-dag kaasmaakkursus van Leon die Melkman in. Datum, tyd en kaartjies Die SA Kaasfees vind plaas van Vrydag, 27 April tot Sondag, 29 April 2018 op die plaas Sandringham buite Stellenbosch. Kaartjies is beskikbaar by enige Computicket, Shoprite of Checkers winkel teen R180 per persoon per dag. Senior burgers betaal R120 en kinders van die ouderdom 2 tot 13 jaar betaal R20 per persoon per dag. Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie. Die feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00.

17de SA Kaasfees sal meesterstukke ten toon stel


courant 7 Maart 2018

dié

8

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

7 Maart 2018

Leerders skitter in tweekamp Hierdie laerskoolleerders van Wellington het medaljes by die onlangse Boland Tweekamp-kampioenskappe gewen: Christiaan Hatting (goud, o.11, Hugo Rust), Francois Retief (o.13, goud, Hugo Rust) en Ulrich van der Westhuizen (brons, o.9, Hugenote).

Ulrich bult sy spiere: Ulrich

Fuls, ‘n leerder van Hugenote Hoërskool, het as deel van die o.17 SA Greco Stoeispan deelgeneem aan die Afrika-kompetisie. Hy het op 7 Februarie deelgeneem in Port Harcourt Nigerië en ‘n bronsmedalje verower.

Atletiek: Hierdie leerders van Hugenote Laerskool het aan Worcester Primêr se Prestige-

byeenkoms deelgeneem: Daniel Venter: 800m – eerste plek, hoogspring – tweede plek; Jessi Baxter: 60m – eerste plek (nuwe rekord), 80m – derde plek; Grace de Vries: 100m – eerste plek, 80m – tweede plek, verspring – tweede plek; Tiana Minaar: gewigstoot – eerste plek; Elena Duvenhage: 800m – tweede plek; Kara de Ridder: 150m – tweede plek, 100m – derde plek; Conner de Vries: 70m hekkies – tweede plek; Su-agen Kuiler: 150m – tweede plek, verspring – derde plek; Sean van Schalkwyk: gewigstoot – tweede plek; Keenan Afrika: 75m hekkies – derde plek; Mieke Aucamp: verspring – derde plek; Skyler Hendricks: 80m – derde plek; Hayden James: 80m – derde plek; Janay Bezuidenhout: 70m hekkies – derde plek; Seunsaflos: tweede plek - Onako Dysoni, Dawid Badenhorst, Su-agen Kuiler en Markus Wiid.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
459 dié courant wellington by DieCourant - Issuu