459 dié courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

7 Maart 2018

15.6%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 459

7 Maart 2018

Kansa stap pad met Relay

Die plaaslike Kansa-kantoor op Malmesbury het die afgelope naweek weer 'n suksesvolle Relay for Life-geleentheid aangebied op die velde van die Hoërskool Swartland. Vanjaar was die 10de geleentheid van sy soort op dié dorp. Burgemeester Tijmen van Essen het die naweek weer die voortou geneem - hierdie keer as 'n kankeroorwinnaar. Sien fotoblad binne.

•MINISTER MAAN OM STEEDS WATER TE SPAAR

Damme al souter

Spaar steeds so veel water as moontlik. Ons kan nie alleen staatmaak op die komende winterreënval nie. Anton Bredell, plaaslike provinsiale minister van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, doen ‘n beroep op die publiek om steeds in die komende wintermaande so veel as moontlik water te bespaar. Danksy voortdurende ingryping en besparing deur huiseienaars en besighede, blyk dit of die watersituasie in die sowat 30 droogtegeteisterde munisipaliteite stabiel is en Dag Zero se datum daagliks uitgestel word. Die landbousektor bly egter ‘n groot bekommernis. Soutneerslagte teen die walle van verskeie

damme is onlangs in die Swartland-streek gewaar. Waterkenner en lektor in geografie by UNISA, dr. Anja du Plessis, verduidelik dat dit net nóg ‘n uitwerking van die huidige droogte op die landbousektor is. “Die grondwatervlak daal nou weens die droogte en soute word meer gekonsentreerd in die waterkolom. "Die lang periode van geen reën, asook die hoë verdampingsvlakke wat gepaardgaan met die hitte, speel ‘n groot rol,” sê Du Plessis. “Damme sal meestal geaffekteer word aangesien dit blootgestel is aan die hitte en verdamping. "Water verdamp dus en die soute bly agter en

word meer gekonsentreerd. "Versouting is beslis nie iets wat mens op ‘n plaas wil hê nie.” Volgens Du Plessis is daar ‘n negatiewe effek op die besproeiing van gewasse, asook op drinkwater vir vee. Swak waterbesparing en ‘n droë winter, kan verdere stremming op waterbronne vir die volgende somerseisoen plaas. Rampbestuur is volgens ‘n onlangse persverklaring reeds besig met voorbereiding om soveel as moontlik water te berg vir die somerseisoen later vanjaar en die begin van 2019. Die Voëlvleidam was gister 15.6% vol, terwyl die damvlak verlede jaar dieselfde tyd op 31.2% gestaan het.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.