Page 1

c urant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

14 Februarie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 456

14 Februarie 2018

Heuwels maak Wellington fantasties

Leerders van die Weltevrede Sekondêre skool is die afgelope tyd deel van die Piemp-projek waartydens poësie gebruik word om hul te help om hul omstandighede te verstaan, te verwerk en te verwoord. Pierre Greeff en Hunter Kennedy van die Heuwels Fantasties het saamgewerk om dele van die kinders se gedigte in ‘n gesamentlike liedjie te gebruik wat saam met hierdie kunstenaars opgeneem is. Hier is al die Piempers en hul Afrikaanse onderwyseresse by Thérèse Hulme, Hunter Kennedy en Pierre Greeff. Sien berig binne.

•DRAKENSTEIN SPAAR 235 887MEGALITER

Aksieplan vir droogte •Jaomi Zeeman Die Drakenstein Munisipaliteit het onlangs ‘n aksieplan vir die knellende droogte ter tafel gelê. Volgens hierdie plan word alle oorsake en die bes moontlike oplossings vir die droogte aangespreek. Volgens die munisipaliteit is die oplossing om die droogtesituasie te oorkom nie net tegnies van aard nie, maar behels dit ‘n definitiewe gedragsverandering en -aanpassing. Vir hierdie doel het die Drakenstein Munisipaliteit ‘n 4-punt aksieplan saamgestel waarmee hul hoop om die negatiewe gevolge van die situasie te probeer voorkom en moontlik aan die donker vooruitsigte van Dag Zero te ontsnap. Dié plan behels: 1. Die bestuur van bestaande waterbronne. 2. Die verkenning van nuwe waterbronne. 3. Effektiewe kommunikasie deur die loop van die proses. 4. ‘n Rampbestuursplan ter voorbereiding vir Dag Zero. Wat die bestuur van bestaande waterbronne betref, het die munisipaliteit veral aandag gegee aan die installering en onderhoud van watermeters. Hulle het ook ‘n veldtog ter bewusmaking van waterbesparing en toestelle wat hiermee kan help, van stapel gestuur. Bestaande dele van die waternetwerk is met hoë kwaliteit materiale vervang en die teleme-

triese sisteem, sowel as webtuiste inligting is opgegradeer. Drukverlaging in die hele waternetwerk is in werking gestel en die munisipaliteit kommunikeer op ‘n daaglikse basis met hoë waterverbruikers. Verskeie vlakke van waterbeperkings is ook reeds sedert 2015 geïmplementeer. Hierdie bestuursplanne het huidige waterverliese tot 9,27% laat daal - ‘n syfer wat heelwat minder as die nasionale norm van 20-30% beloop. Wanneer die verwagte waterverbruik wat volgens vooruitskouing vir die Drakenstein Munisipaliteit teen die werklike verbruik opgeweeg word, blyk dit dat inwoners in die Drakenstein ongeveer 235 887 megaliter water in die laaste jaar gespaar het. Hierdie besparing het, teen R5/kl, ‘n geldwaarde van R1,1 biljoen. Wat die verkenning van nuwe waterbronne betref, is 28 toetsgate is die afgelope paar maande regoor die Drakenstein Munisipaliteit geboor om ondergrondse waterbronne te toets en te probeer ontgin. Industrieel word rioolwater reeds hergebruik. Daar word ondersoek ingestel na die suiwering van rioolwater vir menslike hergebruik - ‘n konsep wat reeds met sukses in Windhoek toegepas word. Addisionele damme word ook beplan en planne vir selfvoorsienende gebruikers word goedgekeur. Verskeie veldtogte wat bewusmaking onder skoliere, toeriste en die publiek ten opsigte van waterbesparing bevorder het, is deur die munisi-

paliteit geloods. Artikels wat gereeld in plaaslike publikasies verskyn, onderhoude en inligtingspraatjies op plaaslike radiostasies, sowel as deelname aan streeksveldtogte is alles deel van die munisipaliteit se effektiewe kommunikasieplan tydens die droogte. Wat hul planne rondom Dag Zero betref, is ‘n aktiewe rampbestuurskomitee op die been gebring wat ‘n noodwatervoorsienings- en verspreidingsplan bedink het. Privaat boorgate is op ‘n register en databasis geplaas wat in die geval van Dag Zero benut sou kon word. Water kan ook, per munisipale toekenning, vir noodvoorraad uit die Bergrivier onttrek word. Die definisie wat die munisipaliteit aan Dag Zero gee, is as volg: “…wanneer watervoorsiening na inwoners nie meer deur die normale waterverspreidingsnetwerk kan geskied nie, maar deur middel van waterkollekteringspunte.” Waar moontlik, wil die munisipaliteit in die geval van Dag Zero met watertoevoer na industrieë volhou. Hulle het ook ‘n aparte aksieplan vir Hermon en Gouda. ‘n Moontlike ooreenkoms met Stad Kaapstad ten opsigte van watergebruik van die Wemmershoekdam, die moontlike gebruik en suiwering van water uit die Nantes- en Bethel-damme, sowel as ‘n aanname ten opsigte van verwagte water uit boorgate, kan moontlik ‘n sleutelrol speel om Dag Zero vir Drakenstein se inwoners verder op die kalender te laat aanskuif.

NUUS • NEWS


2

14 Februarie 2018

•TALLE AKTIWITEITE

OmmiBerg-fees beloof groot pret

Die Ommiberg-fees se program en aktiwiteite vir 2018 is onlangs bekendgestel. Die organiseerders, wynkelders en plase wat deel is van hierdie fees, is slaggereed vir die duisende besoekers wat elke jaar hierdie geleentheid bywoon. Die OmmiBerg-fees word hierdie jaar reeds vir die elfde keer aangebied. Dit vind op 3 Maart op plase tussen die Paarl en Wellington plaas en beloof om die hoë standaarde wat die afgelope 10 jaar gestel is nie net te ewenaar nie, maar ook te oortref. “Elke deelnemende plaas aan die fees het ‘n pret-gevulde dag vol aktiwiteite vir die hele familie beplan. Besoekers kan uitsien na keldertoere, wynproe, heerlike kos, druiwetrap, lewendige musiek en ongelooflike wynpromosies,” het Carike Heydenrych, senior toerisme-beampte, gesê. Die feesprogram lyk voorwaar belowend. Volgens Stephan Richardson, voorsitter van die Paarl Wynroete en keldermeester by Mellasat Wynplaas, kan besoekers ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir die hele familie verwag. “Hierdie Fees was die eerste fees van sy soort. Dit is ‘n viering van die oes en van jong wyne,

Links: ‘n Unieke wit Pinotage is een van die wyne wat besoekers aan die fees sal kan geniet. maar dit bring ook hulde aan die wynerfenis van ons streek. Die fees is familie-georiënteerd en inklusief. Op Mellasat het ons ‘n ontspanne benadering tot die aktiwiteite. "Die mense sal kan druiwe trap en met ‘n glasie in die hand terugsit vir ‘n vino-terapie voetmassering. "Gourmet straatkos, wynproe en lewendige musiek is natuurlik deel van die pakket. Ons unieke wit pinotage-wyn sal ook ‘n groot trekpleister wees,” het hy gesê. Ander plase wat ook deel van die OmmiBerg fees is, is Landskroon, Rhebokskloof, Windmeul Kelder, Boland Kelder, Perdeberg Kelder, donaine Brahms en Ridgeback Wyne. Plaaslike gebroude biere en boetiek-jenewer, sowel as interessante kombinasies in kos en wynparing is maar ‘n paar van die aktiwiteite waarin besoekers aan die fees hul sal kan verlustig. Verskeie pretlope sal sorg dat die fikse feesgangers hul dag op die regte manier afskop. Met ‘n keur van sjampanje- of boere-ontbyte, trekkerritte, gesigverf, springkastele, skuimspeletjies, stalletjies en vele plaaslike produkte beloof die OmmiBerg-fees om ‘n groot lekkerte te wees.

NUUS • NEWS

Piempers se werk met Heuwels-lede bekend

Op 8 Februarie is die digkuns en kletsrymvaardighede van ‘n groep leerders van Weltevrede Sekondêr saam met twee bekende rockers bekendgestel. Hunter Kennedy en Pierre Greeff van die Heuwels Fantasties het saam met leerders wat die afgelope tyd aan die Piemp-projek deelgeneem het, vir die bekendstelling opgedaag. Die Piemp-projek is die breinkind van Thérèse Hulme, ‘n terapeut wat al vir jare lank met kinders werk. Met hierdie projek het sy werkswinkels vir kinders wat soms in moeilike sosiale omstandighede woon, aangebied. Deur middel van poësie het sy hulle blootgestel aan maniere om ‘n uitlaatklep vir hul probleme en die kwessies waarmee hul elke dag gekonfronteer word, te skep. Volgens Thérèse het die projek háár gekies, en nie andersom nie. “Ek het in my werk as narratiewe terapeut met kinders by ‘n primêre skool in Kraaifontein ontdek dat daar die wonderlikste poëtiese taal in kinders opgesluit lê. "Ek was verras met die dinge wat die kinders my vertel het en die intuïtiewe manier waarop hulle met woorde omgaan,” vertel sy. Nadat Thérèse die projek in Kraaifontein geloods het, het sy dit ook by Bergrivier Hoërskool en later by Weltevrede Sekondêr aangebied. ‘n Piemp 1-digbundel het al die lig gesien en Piemp 1 het selfs al as ‘n dramaproduksie by die Woordfees ‘n draai gemaak. Met die ondersteuning van die Breytenbach-sentrum het Thérèse die projek in 2016 by Weltevrede geloods. “’Piemp’ is eintlik ‘n werkwoord wat ‘verklap’ of ‘uitpraat’ beteken. "Met hierdie projek wou ons kinders aanmoedig om die dinge in hul binneste d.m.v. poësie te ‘verklap’ of om poësie as ‘n uitlaatklep vir ‘uitpraat’ te gebruik. Dit is asof jy net eenvoudig by die bron van ‘n fontein gaan staan en die water opvang wanneer jy met hierdie kinders werk. Hulle kreatiwiteit en omgang met Afrikaans laat ‘n mens verstom,” sê Thérèse. Volgens Thérèse het hulle almal die tema van “ma” tydens werkswinkels behandel en

elke deelnemer moes uiteindelik hul eie gedig oor hierdie tema skryf. Sy en die kinders se taalonderwysers wat telkemale in trane met die aanhoor van die gedigte wat die kinders rondom hierdie tema geskryf het. Nadat Linda Greeff, Pierre Greeff van die Heuwels Fantasties se ma, eendag na ‘n kursus met Thérèse gepraat het, het sy genoem dat Pierre graag by so iets betrokke sou wou raak. Dit het die bal aan die rol gesit vir Pierre en sy groepmaat, Hunter Kennedy, om by die Piempers betrokke te raak. Die resultaat van hul betrokkenheid was die saamstel van ‘n liedjie uit al die kinders se “ma”-gedigte. Hulle het ‘n reël uit een van die gedigte, ‘moeders gaan deur baie dinge, ons as kinders besef dit nie”, vir die refrein gekies. Die res van die liedjie bestaan uit grepe van elke kind se gedig en word deur die kind wat daardie deel geskryf het, sélf gedoen. Die opname van die grepe het verlede jaar in die skermdruklokaal van die Breytenbach-sentrum geskied. Tydens die bekendstelling van hierdie lied op Donderdag 8 Februarie in ‘n lokaal van Weltevrede Sekondêr, het Thérèse hulde gebring aan elke kind wat by die projek betrokke was. Die kinders het ook hul eie gedigte voorgedra of in rymkletsvorm gestalte laat kry. Pierre en Hunter was saam met hulle daar vir die bekendstelling van hul gesamentlike lied. Die Piemp-groep het ook ‘n spesiale “Piemp” lied met die lirieke: “Kykie, sê my wat is Piemp, my bru? Da’s baie dinge hierso te doen. Wat doen jy? Ek skryf hier. Wat skryf jy? Gedigte, en alles wat kom op die gedagte. Die moments is free, so almal is welkom.” ‘n Sigbaar aangedane Hunter Kennedy het elke kind wat by die projek betrokke was geprys vir die moed wat hulle gehad het om hulself en hul ervarings so bloot te lê. “Dit is amazing wat hierdie kinders ervaar en elke dag om hulle sien gebeur - hoe hulle regop bly deur dit alles en hulle nie laat onderkry nie. Ek voorspel die toekoms van Afrikaans lê hier. Well done julle,” het hy gesê.


NUUS • NEWS

3

14 Februarie 2018

•KONINGSHUIS OORHANDIG 'POINT OF LIGHT' AAN LE ROUX

Marlene deur Britse monarg vereer

•Jaomi Zeeman Marlene le Roux is sekerlik een van Wellington se blinkste ambassadeurs. Sy is nie alleen die hoof uitvoerende beampte van Kunstekaap en die ontvanger van ‘n ere-doktorsgraad vir haar bydraes in opvoeding, onderwys, die uitvoerende kunste, sowel as sosiale transformasie in Suid-Afrika nie. Sy is boonop die ontvanger van die Vredesprys vir Afrika ook. Marlene spog nou ook met die internasionale “Point of Light”-toekenning wat die afgelope week deur Koningin Elizabeth II aan haar toegeken is. Sy het hierdie toekenning vir haar inspirerende vrywillige werk tot die bevordering van gestremde mense ontvang. Volgens die hoë kommissaris van die Statebond, Nigel Casey, poog die Statebond se “Points of Light”-toekennings om uitstaande vrywilligers wat ‘n merkbare impak op die lewe van ander het, innoverende benaderings tot sosiale uitdagings bied en mense inspireer om ‘n positiewe verandering binne en buite hul gemeenskappe te bring, te vereer. “Die Statebond ‘Points of Light’ is ‘n spesiale reeks toekennings wat inspirerende vrywilligers deur die hele Statebond identifiseer in die aanloop tot die Statebond se vergadering van staatshoofde wat in April in Londen sal plaasvind. Een vrywilliger van elke Statebondsland sal in die aanloop tot die vergadering aangekondig word. Die koningin, as hoof van die Statebond, kies hierdie mense en maak die aankondiging. Marlene is die vyfde verteenwoordiger wat uit Suid-Afrika gekies is vir haar vrywillige werk om gestremde persone te bemagtig,” het hy gesê. Volgens Casey poog die Statebond om deur middel van hierdie eerbewyse die positiewe stories van vrywillige gemeenskapsdiens te vier en as inspirasie regoor die Statebond te laat dien. “I am delighted to let you know that as Head of the Commonwealth, Her Majesty the Queen would like to honour your inspiring voluntary work with a Commonwealth Points of Light award for outstanding volunteers,” het die brief wat Marlene ter kennisgewing van hierdie eer ontvang het, gelui. Sy het ook ‘n persoonlike brief van die koningin, sowel as ‘n sertifikaat wat deur die konining onderteken is, by die Hoë Kommissaris van die Statebond se woning in Kaapstad in ontvangs geneem. Vir haar was dit ‘n reuse verrassing. “Ek het glad nie geweet van die nominasie nie. Ek het twee dae gelede gehoor, so dit was en is nog steeds ‘n skok. Die ambassadeurs en konsulaat-generaals in Afrika lê name voor en dan besluit die Koningin wie is die persoon vir die jaar vir daardie kontinent,” het Marlene in ‘n onderhoud met dié courant laat hoor. Marlene, wat in haar lewe al op vele maniere met verskillende vorms van gebrek gekonfronteer is, het nooit daarvan weggeskram nie, maar juis die lig daarop gewerp, dit genormaliseer en probeer om dit in iets positiefs te verander.

Sy lewe self met ‘n gestremdheid wat deur die polio wat sy as kind gehad het, veroorsaak is. Sy is ook die ma van ‘n gestremde kind, Adam, wat sy onlangs aan die dood moes afstaan. “Ek is ‘n gestremde vrou wat polio gehad het as kind. En ek is die ma van ‘n gestremde kind. Ek is ‘n vrou van kleur wat die slegte dinge van apartheid beleef het. Ek moes ook leer hoe om ‘n enkelma te wees. So daar was baie uitdagings. Maar my leuse in die lewe is: Die lewe skuld jou niks,” het sy tydens ‘n vorige onderhoud met dié courant te kenne gegee. Haar positiewe ingesteldheid, werksetiek en deursettingsvermoë het haar egter, ten spyte van baie struikelblokke, sukses laat behaal. Sy het ook ‘n spreekbuis en aktivis vir ander gestremdes geword en beywer haar vir die bemagtiging van hierdie mense. “Ek doen dit glad nie doelbewus nie. Ek is self gestrem, en ek weet wat dit is om te baklei vir n plekkie in die son.  Ek het ook ‘n seun gehad wat erg gestrem was, wat nie kon sien of enigiets vir homself doen nie.  Hy was blind, ons moeshom voer deur ‘n pypie deur sy maag.  Maar ek het hom verstaan.  Ons het ‘n geweldige band gehad.  Hy het my baie lewenslesse geleer - dat die lewe in verskillende vorme kom.  En jy kan ‘n nalatenskap van liefde, omgee en ‘net jy te wees’ vir die wêreld gee.  En dit was Adam.  Soveel mense het hom omarm, omdat ek besluit het hy gaan nie weggesteek word nie.  Maar dit is ook belangrik om te doen, ek kon hom onvoorwaardelike liefde gee omdat ek ‘n goeie werk het en verpleegsters kon bekostig,” vertel sy. Volgens Marlene het haar eie en haar seun se ervaring van haar ‘n kampvegter gemaak. “Die regering moet nie net beleide maak en stof vergader op lessenaars nie.  Dit moet effektief geïmplementeer word met die insae van ouers en persone met gestremdhede.  As jy nie ‘n werk het nie, verloor jy jou selfrespek.  En as jy nog ‘n gestremde is en ook ‘n ouer van ‘n gestremde kind, is die lewe baie moeilik. Soms kan die man of lewensmaat nooit werklikwaar so ‘n kind aanvaar nie. Dit is so belangrik dat ‘n sisteem ontwikkel moet word om ‘n huisgesin wat met gestremdheid gekonfronteer word te ondersteun, finansieel en ook emosioneel,” sê sy. Vir Marlene is hierdie toekenning ‘n groot eer, en iets wat sy as ‘n platform wil gebruik om dít waarvoor sy dit ontvang het, te bevorder. “Dit is belangrik om die uitdagings van gestremde persone en hul families bloot te

stel en ook te sorg dat opvoeding, vervoer en gesondheidsorg beskikbaar sal wees vir persone met gestremdhede. Hierdie toekenning kan opnuut die aandag daarop vestig,” sê sy. Volgens Marlene is die dinge wat sy as kind in Wellington geleer het die hoekstene waarop sy vandag voortbou. “In Wellington se gemeenskap het ek geleer om hard te werk. Die geloof wat my familie, kerkleiers, vriende en onderwysers in my gehad

het, het my in myself laat glo. Ek is vandag hier omdat al hierdie mense in Wellington in my geglo het,” sê sy dankbaar. Die brief van die Statebond waarin Koningin Elizabeth II se toekenning aan Marlene aangekondig word, sluit met die volgende woorde af: “Ons hoop dat, deur ‘n lig te skyn op die vrywillige werk wat jy doen, ons ook ander sal inspireer tot dieselfde aksies.” Dít doen Marlene reeds haar lewe lank.


courant

dié

4

14 Februarie 2018

Wat die hart van vol is

In hierdie maand en week van liefde word ‘n mens soms oorweldig deur al die rooi versierings, sjokolade, plastiekrose en duisende harte wat die winkels vol staan. Die liefde is ‘n wonderlike ding - vol verwagtings, toegewings en onvoorwaardelikhede wat sekerlik ‘n bietjie kollig verdien. Alhoewel die aksent op hierdie dinge vir sommiges juis ‘n onwelkome herinnering aan hul alleenheid, mislukte verhoudings, gebroke harte en enkellopende status is, beur die massas tog elke jaar voort om munt te slaan uit Valentynsdag. Vir party is “Vaaltyn” bloot die naam van ‘n donkie. Volgens oorlewering het hierdie dag van liefde sy oorsprong gehad as ‘n Westerse Christelike fees om een of meer van hul vroeë heiliges, Valentinus, te vereer. Een van die stories wat met die oorsprong van hierdie dag verbind word, is dié van die Heilige Valentinus. Hy het wederregtelik huwelike van soldate, wat in daardie tyd verbied is om te trou, voltrek. Valentinus het hiervoor in die tronk beland. Dit was nie lank voordat ‘n mitologiese karakter, Kupido, hom by die rolverdeling van hierdie dag kom aanmeld het nie. Kupido is volgens die klassieke mitologie die seun van Venus en Mars en die god van erotiese liefde. Saam met die sjokolade, rooi versierings en plastiekrose is hy die ou met die pyl en boog wat harte met sy kolskote vermurwe. Met hierdie oordaad van harte in omloop is daar egter een hart in ons dorp wat spesiale aandag verdien. Chris Truter, ‘n graad 6-leerder by Hugenote Laerskool, ly aan ‘n hartdefek. Sy toestand is so ernstig dat hy op ‘n lys vir ‘n hartoorplanting geplaas is. Dit plaas die kollig opnuut op die kwessie van orgaanskenking - iets wat elkeen in hierdie maand van liefde kan oorweeg. Dit neem slegs 5 minute om as ‘n orgaanskenker by www.odf.org.za te registreer en een skenker kan 7 mense se lewens red. Wellington se mense het goeie harte en hul dade loop daarvan oor. Die inwoners van Sunfield Home wil Madiba se hart hierdie jaar deur diensbaarheid laat voortleef. Weltevrede Sekondêr se leerders kon die dinge van hul harte met die Piemp-projek, danksy die goeie harte van die rockers van die Heuwels Fantasties, in ‘n opname saam met hierdie manne verewig. Ons hele dorp se harte klop reg wat die waterkrisis betref en skole soos Hugenote Hoër stel die voorbeeld van hoe ons beter na ons hulpbronne kan kyk. Plaaslike fietsryers gaan ten bate van minderbevoorregtes aan die Absa Cape Epic deelneem en die Breytenbach-galery hou ‘n kunsuitstalling waar introspektiewe kunswerke, ook na die dinge van die hart, vertoon word. Mag elkeen se hart hierdie week oorloop met dade van liefde. En mag hierdie dade ‘n registrasie as orgaanskenker insluit.

NUUS • NEWS

Sunfield inisiatief vir Mandela-jaar

Sunfield Home beplan om in 2018 die gees van Madiba meer lewe te gee as ooit tevore. Madiba sou hierdie jaar sy 100ste verjaardag vier en daarom het die personeel en inwoners van Sunfield besluit om ‘n spesiale inisiatief vir hierdie viering te reël. Volgens Garine de Wet, bemarkingsbestuurder by Sunfield, is daar soveel instansies wat elke jaar tot die instansie se vooruitgang en basiese daaglikse funksionering bydra, dat hulle besluit het om iets terug te gee. “Soveel mense ondersteun Sunfield en gee onbaatsugtig om ons werk moontlik te maak en ons inwoners se lewensomstandighede te verbeter. In die gees van Madiba het ons besluit om hierdie jaar aan die gemeenskap terug te gee. Ons wil die positiewe gesindheid van onbaatsugtige diens verder vat en ‘n voorbeeld stel van hoe enigeen daaraan kan deel hê,” het Dr. Marc Blackwell Snr sy verduidelik. Met hierdie inisiatief gaan Sunfield Home die diens van hul inwoners aan instansies en indiviRemember now your Creator in the days of your youth, Before the difficult days come, And the due beskikbaar stel. years draw near when you say, ‘I have no pleasure in them. (Ecclesiastes 12:1-2) “Ons inwoners sal vrywillige diens vir ‘n uur Amusements or entertainments are pleasurable diversions. of selfs ‘n dag verrig by plekke of mense wat dit Amusements can be wholesome and profitable, or they can be detrimental and destructive. verlang. Dit sal nie net die gees en nalatenskap To determine which one they are: profitable or destructive? - we must give life some thought. To van Madiba vereer nie, maar ook die waardigjust “carry-on” in our life-styles without thought is certainly ill advised and dangerous. heid van ons inwoners onderstreep,” het Garine To evaluate our activities and the use of our “free time” we should consider Truth. Few people gesê. really expect God’s Word to provide any personal or useful means for assessing our holidays or Saam met hierdie aanbod daag Sunfield ook our weekend family outings! alle besighede en instansies uit om dieselfde te But our escapes from the grind and pressures of our daily lives do require reality or true Truth! doen. Solomon is one who failed to see any usefulness in God’s opinion on the matter of his pleasures. Hierdie uitdaging is reeds deur Avril EsterhuiConcerning his pursuit of pleasure, Solomon wrote, “Whatever my eyes desired I did not keep zen, ‘n omroeper by die plaaslike Radio KC, aanfrom them. I did not withhold my heart from any pleasure … And indeed all was vanity and graspvaar. Hy het op Vrydag 9 Februarie by Sunfield ing for the wind.” ingeval vir ‘n dag van vrywillige diens. Solomon’s unbridled pursuit of pleasure led him to grievously violate the God’s Divine opinion Volgens Avril was dit vir hom ‘n openbaring and advice to His children. om te sien wat op ‘n daaglikse basis alles by SunSolomon came to his senses by God’s grace and offered wise counsel to those who would field Home gedoen moet word om dinge glad te come after him. “Rejoice, O young man, in your youth, And let your heart cheer you in the days laat verloop. of your youth; Walk in the ways of your heart, And in the sight of your eyes; But know that for all “Ek het sewe-uur die oggend hier aangekom these God will bring you into judgment. Therefore remove sorrow from your heart, And put away en moes dadelik aan die werk spring. Ek het verevil from your flesh, For childhood and youth are vanity.” skeie take in al die afdelings van die plek verrig Amusements may best be evaluated with this advice: live life to the fullest, but do not be driven en kon so ‘n goeie idee kry van wat alles elke dag by mindless self-indulgence since God has given intrinsic or natural processes that judge & deal hier gebeur en gedoen moet word. harshly with those who abuse life, our responsibilities or our family. "Teen tienuur was ek reeds sopnat gesweet! ‘n Mens besef nie wat elke dag hier moet gebeur om die inwoners te versorg en die plek in stand te hou nie,” het hy gesê. Vir Avril is die vrienvergaap het. Só lui die storie. Die Riebeekvallei is 'n mengelmoes van kuns, kultuur en erfenis. delikheid en liefdevolle Die vallei was reeds bewoon deur die Hier kan jy by talle gallerye instap en die werke van talle plaaslike geaardheid van die kunstenaars geniet. Stap net af in die pad en jy kan aandoen by ver- Sonquas, wat jagters was, en Khoi-Khoi wat veeinwoners iets wat hom skeie restaurante en meer en die vallei letterlik proe. Hierdie prentjie- boere was.

It’s Good News

Are you sufficiently entertained?

Riebeekvallei bring kuns, kultuur en erfenis bymekaar mooi deel van die Swartland is ook ryk in geskiedenis. Op die oggend van 4 Februarie 1661 het ene Pieter Cruythoff en sy span met dagbreek die lewe van die plaaslike San-inwoners gewaar soos hulle hul aan die ruig en vrugbare vallei met volop wildlewe (waaronder renosters, leeus, “duisende hartebeeste” en kwaggas)

'n Oud-inwoner, Chris Murphy, het van dié San-inwoners se rotstekeninge teen Kasteelberg met ons gedeel. Nou, 356 jaar ná die Cruythoff-ekspedisie, is die vallei steeds een van vrugbaarheid en oorvloed. Bekend vir veral sy graan, druiwe, wyn, vroeër jare ook tabak en later jare olywe, is die Riebeekvallei aan die voet van die 946 m hoë Kasteelberg, deesdae een van ons land se gewildste troubestemmings. Dit is ook tuiste vir kunstenaars, ander inwoners in professionele beroepe wat tuis werk en pendel en heelpartye stedelinge het hier naweekhuise om aan die stadsgewoel te ontkom. Hier is 'n toenemende verskeidenheid restaurante gewild by inwoners en besoekers van ver en naburige dorpe. Bekendes wat deesdae gereeld hier kuier of hier woon, sluit in Max du Preez, Morné du Plessis, George Ballot, die akteurspaar Tinarie Van Wyk Loots en Erik Holm, oud-joernalis Jacques Pauw, Die twee buurdorpies Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes het voorheen by die inwoners as onderskeidelik Mossienes en Vinknes bekend gestaan.

diep geraak het. “Ek kon ‘n kykie agter die skerms kry van wat dit verg om na hierdie kwesbare mense om te sien. Hulle is ongelooflik vriendelik en liefdevol en dit gee ‘n mens soveel waardering vir die werk wat hier gedoen word, maar ook vir die lewe in al sy vorme,” het hy laat hoor. Avril moes onder andere beddens opmaak, pap skep, skottelgoed was, Bybelstudie hou, middagete help voorberei, tee bedien, uitvee en wasbakke skoonmaak. Die personeel het ook punte aan hom toegeken vir elke taak wat hy verrig het. Hy sal tydens sy “Community” geselsprogram op Radio KC hieroor verslag lewer. Volgens Elmarie van Schalkwyk, bestuurder by Sunfield, is hulle baie dankbaar teenoor mense soos Avril wat help om bewustheid vir hul instansie te kweek. Sy is ook baie opgewonde oor al die dinge wat in 2018 by Sunfield gaan gebeur. Ons het binnekort ‘n Valentynspiekniek by Kleine Valleij waar Ray Dylan sal optree. Hier is ook tans groot verbouings op ons terrein waarmee ons ons eetsaal wil vergroot en ons kombuis wil uitbrei. Nuwe en verbeterde ontspanningsfassiliteite vir ons inwoners word ook vir die jaar beplan,” het sy opgewonde vertel. Belangstellendes kan Sunfield by 021-873 5038, 072 447 2576 of garine@sunfieldhome. co.za vir inligting of besprekings kontak.


c urant

NUUS • NEWS Swartland • Bergrivier Wellington

dié

14 Februarie 2018

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 456

14 Februarie 2018

Die kykNET Buite Ekspo op die Môresonplaas buite Malmesbury sal die naweek weer die nuutste tendense en tegnologie in kamp- en die buitelewe ten toon stel.

•UITSTALLERS EN GASTE KUIER OP MÔRESON

Dis weer ekspo-tyd Die naweek vind die 15de kykNET Buite Ekspo wat op die Môreson-plaas buite Malmesbury plaas van 16 tot 18 Februarie. Dié gewilde ekspo is vir die eerste keer in die Malmesbury-omgewing in 2014 aangebied en sedertdien gaan dit van krag tot krag en vanjaar sal niks anders wees nie. Verlede jaar het meer as 19 000 besoekers deelgemaak van die ekspo en die organiseerders se stoutste verwagtings oortref. Die ekspo word oudergewoonte deur Trio Events aangebied, met kykNET as hoofborg met dié courant, Tygerburger, Maroela Media, Bok Radio, Travel Update Magazine, Weg!/Weg Ry & Sleep, Tip Trans, Swartland Munisipaliteit, Jimmy's Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota en die Wes-Kaap-regering as medeborge. Vanjaar wil die organiseerders die 20 000-kerf oortref. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op die buite-

lewe en relevante uitstallings bring die buitelewe en die ontwikkeling daarvan tot jou voorstoep. Hier sal jy al die nuwe verwikkelinge en tegnologie kan aanskou. Talle pretaktiwiteite vir die hele gesin is ook op die spyskaart. André de Villiers van Safari 4x4-roetes sal weer gratis VW Amarok 4x4-hindernisritte aanbied. Daar is ook 'n veldren-ervaring wat deur Malmesbury Toyota aangebied word. Hier kan die publiek self agter die stuur van 'n Hilux-bakkie inskuif. Die helikopterritte is ook 'n gewilde aktiwiteit. Vertonings van vierwiel- en motorfietse sal deur Yamaha Helderberg aangebied word. Maak ook seker dat jy nie die Jimmy's Steakhouse Sauces en kykNET se sepiesterre misloop nie. Die gewilde Vaatjie van Toks en Tjops-faam

sal as gas-beoordelaar optree. Niemand sal die rugby misloop nie, aangesien 'n GT Camper-sportpark die rugby op 'n grootskerm sal uitsaai. 'n Besprekingspaneel sal voor die wedstryd lekker oor die komende kragmeting gesels. Die deli- en kunsmark gaan ook weer heerlike lekkernye bied, met dié courant se plaaskombuis wat al die hongerkolle sal vul met die beste plaasetes, koffie, tee en varsgebakte produkte. As die honger jou roep, is dit net die plek om te wees. By die GT Camper-kuiertuin sal kaasborde, sushi, oester en heerlike wyne van die Swartland Wynkelder beskikbaar wees. Die kinders kan Sondag bladskud met Lollos, die gewilde storiekarakter. Bring die hele gesin en geniet 'n naweek van pret en plesier by die kykNET Buite Ekspo buite Malmesbury! Kaartjies beskikbaar by Computicket.

5


II6

14 Februarie 2018

NEWS KYKNETNUUS BUITE•EKSPO Kunstenaars by die Tip Trans-verhoog: Rooies, Desmond Wells, Joe F, Wicus van der Merwe, AmorÊ, Pieter Smith, Liezel Pieters, Sam & Calla en Nadia Louw.

Speelpark:

Vliegtuie, Meksikaanse hoed, tornado, kinderswaai, big wheel en vele meer!

Snuffel en Kunsmark:

Allerhande heerlike tuisgebak! Kontak 022 487 2000 met navrae.

Toegang: Vrydag

Volwassenes R40 Pensioenarisse R20 Kinders 4 tot 18 R20

Saterdag

Volwassenes R70 Pensioenarisse R30 Kinders 4 tot 18 R30

Sondag

Volwassenes R40 Pensioenarisse R20 Kinders 4 tot 18 R20

Naweek-pakette Volwassenes R120 Kinders 4 tot 18 R40


NUUS • NEWS KYKNET BUITE EKSPO

14 Februarie 2018

III7


IV 8

14 Februarie 2018

1/2/99/100 Bush Lapa 3A Mangeti Africa 3B Jetstream Trailers 4A JB Train Tours 4B Lava Lighters 5A Steelworks 5B Rixim Rugged – Wes-Kaap 6A African Insight 6B Kamper.co.za 7 Knife Hunter 8 Lekker Kampplekke 9A Goodwood Office Supplies 9B Canvas Canopies Wes-Kaap 10 & 92 Kaap Agri 11A & 91 Imagine Trailvan 11B Tyre Choice 12 Cover It 13 Custom Econotop Canvas Canopies & Trailers 14 & 15 Camp & Climb 16 Maxcons 17 Mega Master 18 GT Camper 19 & 20 Mercedes Benz Commercial Vehicle 21 Tiger Wheel & Tyre 22 First Outdoor & 4x4 23/24/80 Malmesbury Toyota 25 Ribbens Office National 26 Namchar 27 Rola VW Malmesbury 28A Doe & Deer 28B Overland Shoes 29 Sandown Motors Century City 30/31/32 Conqueror 33A One World Agency 33B Tulbagh Tourism 34A SBK Official Eyewear 34B Stanium 35/36/69 Landrover N1 City 37/67/68 Safari Centre 38 Union Signs 39 White Sands Mozambique 40 Jimmy’s Steakhouse Sauces 41A Battery & Outdoor King 41B Braaivleis Centre Sales 42A Munati Security 42B Mega Events 43 Mahindra Cape Gate 44A Magi-Clamp 44B Kamp-Mal 45 Renault Vredenburg 46A Astek 46B Gecko Meerkatbraai’s 47A Custom made braais 47B The Project 48A Bliksem Selfverdediging 48B Ophanim 49 Eko Veld Gear 50 Mobi Lodge 51A Camping Owl 51B Bushveldt Leather

52 Eleksa Wes-Kaap 53 Madkon 54 Alnet 55 Bags 4 U 56 HD Manufacturing 57 Forever Resorts 58 Wildman 59 Shorty’s Adventures 60 Eko Aluminium Canopies 61 Barloworld Stellenbosch 62A Redback Boots Western Cape 62B The Goods Shed 63A Red-E 63B Green Fire Eco Firelighters 64 Infanta 4x4 Trailers 65A Kaapjag 65B Buck n Bass 66 Coast & Country Leisure 70 & 71 4 x 4 Megaworld 72 Afrispoor Campers 73 Bantam Trailers 74 Jaguar 4x4 75A Biltong Kerwer 75B Ledfly 76 Offtrax 77 & 78 Bushwakka 79 Kia & GWM Malmesbury 81 Perdeberg Motor Group 82 Invader Trailers 83 JB Nissan 84 GT Camper & Quick Pitch 85 Road to Race 86 Hyuandai Malmesbury 87 Autovest 88 Malmesbury Ford 89 Mekor Suzuki Kenilworth 90 Tafelberg Meubels 93 FJ Stainless Steel 94 Braai Guys.com 95 Motorhome World

96 ATKV 97 Gobi-X Manufacturing 98 R & D Offroad

NEWS KYKNETNUUS BUITE•EKSPO

101A Namakwa Tourism 101B Talisman Hire Malmesbury 102A Live Africa


NUUS • NEWS

14 Februarie 2018

Old Tannery: nuwe eienaars, nuwe planne Een van Wellington se bekendste bakens, die gebou wat vir jare die ou Mossop’s Western Tannery langs die R44 gehuisves het, is besig om ‘n ongelooflike gedaanteverwisseling te ondergaan. Die eiendom is in Julie 2017 deur nuwe eienaars, Colam Eiendomsgroep, gekoop en hulle het talle planne om dit op te knap en as ‘n unieke leefstylsentrum te laat herleef. Nadat die gebou vir amper 7 jaar leeg gestaan het, het die vorige eienaars dit aan die einde van 2015 begin restoureer. Aangesien dit so lank in onbruik was, was dit omtrent heeltemal gestroop en het die skoonmaak- en opknappingswerk talle uitdagings gebied. Alle rommel moes eers verwyder word en die terrein moes beveilig word alvorens daar hoegenaamd met restourasie begin kon word. Die nuwe eienaars is opgewonde om hierdie proses voort te sit en die regte prosedures te volg om dié plaaslike baken te herstel en as ‘n ekonomiese bate vir die omgewing te hervestig. Die Colam Eiendomsgroep was ‘n genoteerde fonds op die Johannesburgse Effektebeurs. Hulle het tans hul eie eiendomsportefeulje wat kantore en skole insluit. Die Old Tannery het vir hulle ‘n spesiale bekoring ingehou en toe die geleentheid om die eiendom te bekom hom voordoen, het hulle dit dadelik aangegryp. Volgens Brenda Barry en Sean Mackay, direkteure en mede-eienaars van Colam, besef hulle egter dat die ontwikkeling van die eiendom nie sonder uitdagings is nie.

“Saam met die eiendom het ons reeds ‘n paar huurders op die perseel gekry. Om huurders op so ‘n eiendom te akkommodeer, moet ‘n mens goedkeuring van die Munisipale Raad hê. Ons het ‘n hele span ingenieurs wat nou besig is om seker te maak dat ons veiliheids- en struktuurgewys aan die regte vereistes voldoen om goedkeuring van die Raad te kry vir okkupasie,” het Sean verduidelik. Die erfenis-aspek van die terrein is ook iets wat hulle hoog op prys stel en daarom werk hulle saam met die Erfeniskomitee om seker te maak dat hulle die Old Tannery se erfenisfasette in die proses respekteer. “Ons is besig om die hele terrein tot die hoogste standaarde op te gradeer om dit ten volle aan alle regulasies te laat voldoen,” het Sean gesê. Volgens Sean en Brenda gaan een van die grootste geboue op die terrein in ‘n kleinhandelarea met ‘n verskeidenheid van veral kosverwante winkels aan die onderkant en kantoorspasie aan die bokant omskep word. Hierdie gebou sal oopgemaak word na die rivier se kant om die pragtige uitsig in daardie rigting tot sy reg te laat kom. Die oorspronklike bekoring van die gebou sal met ‘n artistieke, industriële gevoel vermeng word om ‘n splinternuwe, unieke omgewing te skep. “Sodra alle planne goedgekeur is en ons seker is dat ons ten opsigte van alle aspekte aan alle regulasies voldoen, sal die restourasie en herskepping van die geboue volstoom begin,” het Brenda gesê.

“Stories van ‘n lewe” oop

Die eerste fase van die ontwikkeling sal op die totstandkoming van kleinhandel-, kantoorruimtes en restaurante fokus, terwyl die daaropvolgende fases op lokale vir funksies en rekreasie gemik sal wees. Sean en Brenda is vol lof vir die hulp en raad wat hulle tot dusver van die Munisipale Raad, sowel as die erfeniskonsultante wat hul help, ontvang het. “Aangesien dit ‘n erfenisterrein is, moet alles wat ons hier doen goedkeuring van die Erfenisraad op ‘n nasionale vlak kry. Almal wat ons in hierdie verband raad gee en lei, is van onskatbare waarde vir die uiteindelike visie wat ons vir

die Old Tannery in gedagte het,” het hulle laat hoor. “Ons wil die oorspronklike energie van hierdie plek terugbring,” het Brenda gesê. “Die romantiese aard van die eiendom motiveer ons om dit tot sy vorige glorie te herstel. Ons is gewoond daaraan om met kantoorblokke en ander eiendom te werk. Dit is eintlik vervelig in vergelyking met waarmee ons hier by die Old Tannery te doen het. Die bekoring van hierdie plek is iets wat bewaar, ontgin en ontwikkel moet word,” het Sean afgesluit. Vir voorstelle of meer inligting kan belangstellendes Colam by 021-839 5541, 084 554 1477 of brenda@colam.co.za kontak.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za. Regs: is Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Galery, Amanda Swart, die openingspreker, en die kunstenaar Wilna van der Walt. ‘n Uitstalling van die kunstenaar Wilna van der Walt se nuutste kunswerke het op Saterdag 10 Februarie in die Breytenbach-galery geopen. Die uitstalling, wat “Stories van ‘n lewe” heet, bestaan uit talle skilderye, meesal in olie, wat die gewaarwording van die binnelandskap verken. Amanda Swart, bekende kunskenner en -skrywer, was die spreker tydens die opening van die uitstalling. “Die drie dinge wat jy jouself gewoonlik afvra voordat jy die opening van ‘n kunsuitstalling bywoon, is of jy daarvan sal hou, of dit tot jou sal spreek en of die wyn goed sal wees. In hierdie geval kan ons al drie daardie dinge afmerk,” het sy geskerts. Volgens Amanda is Wilna se werk tekenend van gedagtes, konsepte en innerlike prikkels wat gestalte kry in kuns. “Dit is een persoon se belewenis van wat gebeur as jy met jouself bemoeienis maak en die moed het om dit na buite uit te dra. "Dan raak dit soveel meer as net daardie persoon se gewaarwording - dit word ‘n weerklank

waarmee elkeen wat dit sien, kan assosieer,” het sy gesê. Volgens Amanda verbeeld Wilna se kunswerke ‘n soort ontwaking van bewustheid, ‘n alchemiese bewuswording wat met ‘n innerlike oog bekyk word. “’n Deel van die werk is wegwysers van die verkenning van die innerlike. "Dit is iets instinktief wat nie vooraf bedink is nie,” het sy voortgegaan. Amanda het ook ‘n aanhaling uit Sheila Cussons se gedig, “Bedekte naak”, gelees om by die konsep van die tema aan te sluit. Sy het voorts na die herhalende aard van stories en die nut daarvan in kultuur verwys. “Elke lewe is ‘n storie. In Suid-Afrika het ons stories nodig omdat, in ‘n gedeelde kennis van stories, ons mekaar beter kan leer ken. "Dit skep ‘n bewuste sensitiwiteit om in die hier en nou te leef,” het sy afgesluit. Die uitstalling duur tot 9 Maart. Belangstellendes kan die galery by 021-864 2988 of galery@ breytenbachsentrum.co.za kontak.

59


610

NUUS • NEWS

14 Februarie 2018

Dagboek • Diary Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rug-

byklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 House of Praise Ecclesia 16 February: HOPE Valentine's Gala. The theme of this event is Red Carpet as well as the dress code - red carpet

Hugenote raak waterwys

Links: Een van die plakkate wat in die gange van Hugenote Hoërskool aangebring is om waterbesparing aan te moedig onder die leerders. Te midde van die knellende droogte en gepaardgaande watertekort, het Hugenote Hoërskool reeds ‘n geruime tyd gelede met planne om hierdie probleem die hoof te bied, vorendag gekom. Met die installering van sonpanele op hul koshuis se dak, het die skool reeds verlede jaar die voortou geneem met ‘n groen benadering tot die gebruik van natuurlike hulpbronne. Hugenote Hoërskool is besig om nou dieselfde roete met hul watergebruik en -besparingsplanne te volg. Volgens Hennie Cronjé, adjunkhoof by die skool, is die redes vir hul planne voor die hand liggend. “Die hele Wes-Kaap gaan gebuk onder droogtetoestande en oral is bewusmakingsveldtogte om water te bespaar. Dit is ons verantwoordelikheid om ons bronne verstandig te bestuur,” het hy gesê. Die skool het reeds ‘n boorgat op hul terrein en is besig om die water wat hul uit hierdie bron kry, vir huishoudelike gebruik geskik te kry. “Ons het reeds vir die afgelope ses maande die watergehalte van die boorgat laat toets. Die toetsuitslae is positief dat die water veilig is vir menslike gebruik. "Ons is in die proses om die boorgatwater na die watertoring te pomp, wat dan die skool en koshuis van water kan voorsien sodat ons totaal onafhankik is van munisipale water,” het Hennie verduidelik.

Volgens hom was die skool reeds in gesprek met die WKOD om ondersteuning vir die proses te kry. “Die vereiste sal wees dat ‘n filtreersisteem aangebring word wat die waterkwaliteit monitor om moontlike probleme met waterveiligheid te verhoed. Dit is waarmee ons nou besig is,” het hy gesê. Behalwe vir die planne met hul boorgatwater het die skool ook ander maatreëls ingestel om water te bespaar. “Al die krane, behalwe twee krane per badkamer, se kraankoppe is afgehaal en kan nie oopgedraai word nie. ‘Hand sanitizer’ neem die plek van die seephouers in. In die koshuis is ons in proses dat kinders stortwater in houers opvang, dit in dromme gooi en die dromme dan na die toilette geneem word waar kinders dit dan uitskep in kleiner emmers en toilette daarmee spoel. Kinders mag nie langer as 2 minute stort nie. Hulle moet ook die krane toedraai wanneer hulle tande borsel en net oopdraai as hulle uitspoel,” verduidelik Hennie die planne verder. Volgens hom geniet die implimentering van hierdie maatreëls hoë prioriteit by die skool. “Ons wil die kinders bewus maak van die kosbaarheid van water as hulpbron en dat as die situasie verbeter, ons nog altyd water sal bespaar en verantwoordelik bestuur as ‘n lewensnoodsaaklike hulpbron sodat die volhoubaarheid daarvan gewaarborg kan word,” sê hy.

style. Start at 19:30 at the Wesbank Civic Hall @ R150 per person For any further information contact Christopher Farao at 081 722 6198 Depressie- en Angsondersteuningsgroep 20 Februarie 2018: om 19:15 praat Dr Fanie Marais in die Marthazaal, Wellington oor die onderwerp Leef oplettend: 25 skilderye. Fanie was voorheen predikant van die Moedergemeente Wellington maar het vyf jaar gelede afgetree. Hy is 'n mensekenner en ook kunstenaar van formaat. Kontak my indien jy meer wil weet. Petro Greeff -- Voorsitter 021 873 4688 / 072 709 8000 HAM 120 Jaar 24 Februarie - Huis Andrew Murray vier hul 120ste bestaansjaar. Kontak 021 873 3834 met navrae. Silwerkruin Basaar 2 Maart 2018: Hou die datum oop. Silwerkruin hou basaar vanaf 16:00 tot 21:00 Vir enige navrae kontak Melanie by 021 873 1040

Albert Frost 10 March: Albert Frost live at Indie Ale, Porterville. Doors open at 12:00 Pre-sale tickets @ webtickets - R100 Tickets sales through Indie Ale - R120 Darling-familiefees 17 Maart - Die Darling Familiefees word gehou van 09:00 tot laat by die Darling NG-kerk. Talle aktiwiteite soos 'n mark, boeresport, kinderaktiwiteite, kuiertent en Jo Black om 19:00. Swartland Charity Bikers Braai 6-8 April - Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai word op die Moorreesburg-skougronde gehou. Voorafskrywings beloop R140. Hektoegang beloop R170 en kenteken R20. Kinders onder 10 is gratis. Voorafinskrywings sluit op 9 Maart. Kontak Francois by 083 956 0606, Erhardt by 082 898 1026 of Herman by 083 568 5020. Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www.plankton.mobi

Kerke • Churches

Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.

WEES BEWUS Die feestyd is verby en ons wil almal bedank wat drank verantwoordelik gebruik het gedurende hierdie feestyd. Kom ons hou so aan vanjaar om “bewus te wees“ en moenie toelaat dat drank jou denke beïnvloed nie. Aan drank instellings “Wees bewus” en maak seker dat jy voldoen aan jou dranklisensie voorwaardes en drankwette om drank verantwoordelik te verkoop. Aan motor bestuurders “Wees bewus” en moet nie bestuur onder die invloed van drank nie. Aan swanger vroue “Wees bewus” en moenie drank drink terwyl julle swanger is nie. Laat ons “bewus wees” en saam kan ons alkohol misbruik stop en veiliger gemeenskappe skep.

Rapporteer onverantwoordelike drankverkope aan 021 204 9805/9700.

Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519

NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.


NUUSPALEIS • NEWS HUIS • HOUSE AND HOME

14 Februarie 2018

Omskep jou huis in 'n paleis Laat gaste tuis voel in jou huis As jy 'n gastekamer het en weet dit gaan binnekort in gebruik geneem word, maak seker dat jy diegene wat daarin tuisgaan, welkom laat voel. Doen dit deur middel van 'n paar slim wenke. 1. Skep ’n ruimte waar jou gaste hul bagasie kan neersit Maak plek vir ’n tafeltjie of ’n bankie waarop ’n tas sal pas. Jou gaste sal dankbaar wees dat hulle nie so laag hoef te buk om iets uit hul tas te haal nie. Selfs iets so eenvoudigs soos ’n ekstra stoel sal ’n groot verskil maak. 2. Los ’n skinkbord of vlak bakkie vir gaste om te gebruik Dit kan as ’n netjiese bêreplek vir gaste se toiletware of ander los goed dien. 3. Laat die kamer netjieser lyk deur ’n generiese laaier vir gaste te los Dis moeilik om ’n kamer rustig te laat voel as daar laaiers vir alles van skootrekenaars tot selfone en tablette rondlê. Onthou dat dié kamer ’n toevlugsoord vir jou kuiermense weg van hul huis af sal wees. Verwyder sommer ook enige persoonlike items wat op ’n bedkassie uitgestal

staan of in die klerekas gebêre is. Probeer om die kamer so ordelik as moontlik te hou. Maak plek vir hulle om hul klere op te hang en maak ook ’n laai of twee leeg. Los minstens ses hangers in die kas. ’n Haak agter die deur kan nuttig wees vir ’n handsak, baadjie of ’n kamerjas. 4. Pak boeke en tydskrifte uit Jy wil vir gaste kan sê: “Dis jou kamer. Ontspan, sit agteroor en lees ’n lekker boek.” 5. Gee vir hulle ’n stel huissleutels Almal sal meer ontspanne wees en makliker kan kom en gaan. Jy sal nie elke keer hoef huis toe te jaag as iemand wil ingaan nie, en hulle sal nie voel asof hulle jou verontrief wanneer hulle laat tuiskom nie. ’n Lysie van dinge om te sien en te doen sal ook welkom wees. Onthou om vir hulle instruksies te los oor hoe jou huis se sekuriteitstelsel werk. 6. Moenie hiérvan vergeet nie Sit altyd vars blomme, peuselhappies, klam handelappies, en ekstra beddegoed, handdoeke en kussings (as jy het) in die kamer.

My warmwatersilinder het gebars... As jou warmwatersilinder bars, dan bars die spreekwoordelike hel saam met dit los. Onthou die volgende as hierdie jou dalk tref: Pype wat bars en lei tot water skade is ‘n algemene noodgeval in en om die huis. Wat om te doen: • Eerstens skakel die warmwatersilinder af by jou elektriese verdeelbord of die hoof kragtoevoer-skakelaar. • Maak die water toevoer toe, om verdere water skade aan plafon en mure te voorkom. • Na die water toe gemaak is, maak alle warm water krane oop soos byvoorbeeld in die bad en wasbak. Dit sal van die water dreineer uit die silinder en ook van die druk afhaal van die silinder wat weer sal help om die lekkasie te verminder. • Indien u die water by die hoof watertoevoer toe gemaak het, kan jy nou die kouewater-krane ook oopmaak om verdere druk te verlig. Belangrik: kontak dadelik ‘n loodgieter om uit te kom en vir jou ‘n skadeverslag te gee.

Speel vinnig klaar met lastige miere Het jy 'n mierplaag by jou huis? Dan is daar 'n vinnige manier om van hulle ontslae te raak! Sit bietjie van die mengsel van, 100ml water, 200ml suiker, 50ml Borax (kry by apteek), uit waar miertjies voorkom, sodat hulle dit kan nes toe dra. As mens sien hulle staan sulke kringe om die stroop, is dit ‘n goeie teken dat hulle dit geniet. Sorg dat stroop altyd beskikbaar is. Mens sien nie onmiddellik resultate nie, maar na ‘n drie tot vier weke begin jy agterkom daar is nie…… meer miere nie. Hulle dra die stroop nes toe, voer die ander miere en koningin daarmee en die hele nes vrek uit. Kamakazi krummels (moet nie met die hand strooi nie anders is dit nie effektief nie) Strooi ten minste een keer ‘n week vir ses weke aanmekaar. Termedine (dit is glo dieselfde as wat die mense van “Pest control” gebruik maar is baie duur – iets soos R800 vir 5 liter en daar is voorgestel dat jy met jou bure moet praat om dit saam te koop. Dit word glo aangemaak 1 op 40) 411-kunsmis. Dit is glo baie giftig en jy moet veral oppas vir jou honde of diere maar is glo verskriklik effektief. . Vir die klein miertjies in die huis smeer kryt wat jy by die vlooimark kry aan. Strooi VIM of babapoeier maar moenie dit afvee as jy skoonmaak nie.

711

Jou huis is waar jou hart is. Sal jou hart dan nie lekker tuis voel in 'n paleis nie? Indien wel, omtower jou huis in 'n paleis met 'n paar wenke!


12

courant

dié

14 Februarie 2018

NUUS • NEWS

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

14 Februarie 2018

•DEELNEMERS SE UITHOUVERMOË BEPROEF

Plaaslike fietsryers slaggereed vir Epic •Jaomi Zeeman Wellington sal hierdie jaar vanaf 18 tot 25 Maart een van die gasheerdorpe vir die internasionaal gesogte fietswedren, die Cape Epic, wees. Inwoners en ondersteuners sal egter nie net die voorreg hê om van die wêreld se beste fietsryers rondom ons dorp in aksie te sien nie, plaaslike fietsryers sal ook op die roete in aksie te sien wees. Twee van die plaaslike fietsryers wat hierdie jaar die Absa Cape Epic gaan aandurf, is Johan Fourie en Angelo Casu. Johan het reeds ses keer hierdie uitmergelende wedren voltooi en sal vanjaar vir die sewende keer in die saal klim om die Epic aan te durf. Hy ry vir die Morgenster StreetSmartSA-span, saam met nog ‘n Wellingtonner, Agelo Casu, wat die Epic al twee keer vantevore voltooi het. Die Absa Cape Epic het oor die jare ‘n moetry wedren vir fietsryers van regoor die wêreld geword. “Hierdie fietsren bestaan uit die mees uitdagende fases om selfs die mees gesoute fietsryers tot die uiterste te beproef. Die 2018 Absa Cape Epic roete beslaan die wonderlikste dele van die Wes-Kaap, met die wegspring aan die voet van Tafelberg en die eindpunt in die pragtige Drakenstein-vallei by Val de Vie,” het Mike Flinn, besturende direkteur van die wedren gesê. Die totale afstand wat deelnemers aan hierdie wedren sal aflê, is 658km terwyl hul 13 530m sal klim. Fietsryers sal vir vier agtereenvolgende dae 100km per dag moet aflê met ‘n 5de fase wat ekstra moeilik sal wees en ‘n tydtoets sal insluit. “Die laaste Absa Cape Epic wat ‘n tydtoets ingesluit het, was in 2010. Ons het dit hierdie jaar weer as deel van die wedren ingebring om dinge ‘n bietjie interessant te maak en die voorste ryers die geleentheid te gee om hul teenstanders aan te val,” het die wedren-direkteur, Kati

Csak, verduidelik. Ten spyte van die talle uitdagings wat hierdie wedren aan deelnemers stel, is Johan en Angelo slaggereed vir die uitdaging. Volgens Johan, wat al vir 7 jaar by Doolhof Wynplaas betrokke is en die laaste 2 jaar ook daar woon, het sy liefde vir fietsry in 2004 begin toe hy vir die lekkerte saam met vriende op ou bergfietse begin ry het. “Dinge het in 2008 meer ernstig geraak toe ons vir uithou-wedrenne begin inskryf het - nog steeds met min kennis van die sport,” vertel hy. Die fietsrygogga het Angelo in 2013 gebyt nadat die Cape Epic in daardie jaar in die Wellington-omgewing plaasgevind het. Dié Italianer bestuur sedert 2009 die Grand Dédale Country House op die Doolhof Wynplaas saam met sy Duitse vrou. “Ek het in 2013 aan MTB’s begin deelneem, nadat die Epic-roete daardie jaar deur ons plaas gegaan het. Johan, wat in daardie stadium al ‘n meer ervare fietsryer was, het my aangepor en ek het besluit om vir die 2015 Epic in te skryf om my 50ste verjaardag te vier. Wat kan ek sê? I got hooked,” vertel hy. Hierdie twee Wellingtonners het verlede jaar ten bate van StreetSmart South Africa aan die Epic deelgeneem en hulself ook as die StreetSmartSA-span ingeskryf. “Ons het dit reggekry om R36 000 vir hierdie verdienstelike saak in te samel en ons het ook ‘n fiets geskenk aan ‘n vorig-benadeelde kind wat akademies uitgestyg en ‘n groot belangstelling in fietry het. "Ons span word hierdie jaar deur Morgenster Wynplaas geborg en ek konsulteer op die oomblik op ‘n vyfster-eiendom wat volgende jaar gebou sal word - alles weer ten bate van StreetSmart South Africa,” vertel Angelo. Johan en Angelo is kliphard besig om hulself vir die komende Absa Cape Epic voor te berei. “Fietsry is amper ‘n leefstyl, so my voorberei-

Swem: Alice van der Merwe was een van die sterre in Hugenote Hoërskool se swemspan Maandag by hul tuisinterskole teen Swartland. Sy het meer as een rekord laat spat. Hier is sy op pad om die 100m vlinderslagrekord met meer as ses sekondes te verbeter na 1:08,14.

ding behels eintlik net ‘n bietjie meer struktuur om die potlood skerp te hou,” sê Johan. “Ek volg ‘n oefenprogram wat deur my eerste afrigter in 2015 uitgewerk is. "Dit bestaan uit intense oefening van die begin van November, wat fietsrysessies ten minste vier tot vyf keer per week tot een week voor die wedren insluit. "Gedurende hierdie tyd neem ek ook aan ‘n paar een-dag-wedrenne deel om my mededingendheid te toets,” verduidelik Angelo. Hy lag as hy oor sy uitdagings praat. “Johan sê dat my enigste uitdaging die feit is

dat ek van Sardiese afkoms is en baie hardkoppig is,” skerts hy. “Free your mind and your legs will follow. Dis eintlik ‘n les vir enige uitdagings in die lewe,” deel Johan sy siening. Angelo en Johan is dit eens dat hul grootste motivering vir die wedren die feit is dat hulle geld vir minderbevoorregte mense kan insamel. “Dan wil ek hierdie jaar graag ‘n ‘Amamubesi’ word. "Dit is iemand wat drie Absa Cape Epics voltooi het. Ek dink ek sal die heel eerste Sardiese deelnemer wees wat dit regkry,” lag hy.

456 dié courant wellington  
456 dié courant wellington  
Advertisement