456 dié courant swartland en bergrivier

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

14 Februarie 2018

17.3%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 456

14 Februarie 2018

kykNET Buite Ekspo @ Môreson 16 - 18 Februarie 2018 - Sien binne 103 jaar jonk:

Helena Siebrits is 103 jaar gelede op Malmesbury gebore en het gister haar 103de verjaarsdag in die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes gevier. Haar ma het haar destyds Baba genoem en die naam het vasgesteek. Haar pa is oorlede toe sy 3 jaar oud is . Haar ma het alleen haar twee kinders grootgemaak. Sy is op 24 met Piet Burger getroud. Hulle het drie seuns gehad. Na Piet se dood is sy met Danie Steyn getroud. Sy het 'n groot liefde vir naaldwerk en koekbak en het selfs vir haarself, haar kinders en kleinkinders uitrustings gemaak. Links is Mev. Steyn saam met Grace Burger (skoondogter), Alta Burger (skoondogter), Heidi Doveton (kleindogter) en Merle Burger (skoondogter).

•TWEE SE LIEFDE VIR KOFFIE VAT VLAM

Bone sing vir egpaar Diederik en Marietjie Niehaus van Malmesbury leef nou hul liefde vir koffie uit met hul tuisvlyt-koffieboonbedryf, Singing Beans Coffee. "Ek is ‘n onderwyser by CPM en Marietjie is ‘n fisioterapeut op Malmesbury en die Riebeekvallei," vertel Diederik. "Ek het vir Marietjie in Bloemfontein ontmoet toe sy haar gemeenskapsdiensjaar by die Pelonomie-hospitaal gedoen het. Ons vriendegroep het een aand by haar gaan snoek braai, en toe ek met my pers bottel Fanta Grape daar opdaag, het dit duidelik geblyk dat hierdie Vrystatertjie nie ‘n benul het van watter wyn saam met snoek gaan nie. Gelukkig maak ‘n koppie koffie aan die einde van die aand mos alles reg. " Singing Beans Coffee het tot stand gekom toe die paartjie besluit het om 'n gemeenskaplike doelwit na te streef. "Aangesien ek en Marietjie in verskillende beroepe staan, het ons iets gesoek wat ons in ons vrye tyd saam kon doen waarvoor ons albei ‘n passie het. Een oggend gedurende ‘n vakansie in Mosselbaai het ons by ‘n plaaslike roastery koffie gedrink en besef dat dit die ding is wat ons saam wil doen. Vandaar het ons beide in 2015 ‘n koffieen baristakursus voltooi, maar die koffiebedryf is ‘n

duur besigheid en ons het nie die aanvanklik die kapitaal gehad om so ‘n ‘stokperdjie’ verder te neem nie. Deur die Here se goedheid en guns het familie en vriende gehoor van ons passie vir die roosterbedryf, en het 'n paar rolspelers ingekoop op die idee. Hul ondersteuning, insette en bereidwilligheid om proefkonyne te wees het gelei daartoe dat ons 'n roostermasjien kon aankoop en smaakprofiele kon ontwikkel wat almal geniet." Die oulike naam was Marietjie se toedoen. "Goeie koffie is mos soos goeie musiek. Toe 'Singing Beans' eers in die prentjie is, het die verskillende koffie-versnitte se name daarop gevolg. Ons eerste reeks is bekend as 'Allegro' en die daaropvolgende reekse sal dieselfde musiek-tema volg." Die roostermasjien wat hulle gebruik is 'n dubbeldrom-eenheid wat spesiaal ontwerp en gebou is deur Kevin Nicholas van Mechanical Concepts, ook 'n Malmesbury-inwoner. "Wat hierdie spesifieke dubbeldromontwerp so uniek maak is die feit dat die bone teen hoë temperature op ‘n lae dromspoed gerooster kan word, wat voorkom dat die oppervlak daarvan skroei," verduidelik Diederik. "Ons glo dis hoe mens die beste aroma en smaak uit elke boon ontgin. Ons verskaffer voor-

sien ons van 'n verskeidenheid bone van regoor die wêreld. Een van ons gunsteling tipe bone om mee te werk is afkomstig uit Guatemala, waar koffieplantasies hoofsaaklik gegroei word in ‘n area met ryk vulkaniese grond en ‘n klimaat wat ideaal is vir die kweek daarvan. "Tans het ons het ‘n wye verskeidenheid bone wat op aanvraag gekombineer en gerooster kanword, namate die smaak wat ons kopers verlang. Ons het egter ook ‘n 'House Blend' en Guatemala-versnit wat ons aanbeveel, sowel as ‘n Afrika-versnit wat ons besig is om te ontwikkel." Tans rooster, handsorteer, verpak en verkoop die paartjie op aanvraag, met gratis aflewering in Malmesbury. "Ons roosterbesigheid is nog in sy eerste fase, maar ons het groot planne. Ons verskaf op hierdie stadium bone en gemaalde koffie, en 'coffee pods' is ook in die vooruitsig. "Ons splinternuwe webblad sien hierdie week nog die lig, en sal besonderhede bevat oor die verskillende koffie-versnitte wat ons te koop aanbied, ensovoorts." Intussen kan belangstellendes vir Diederik of Marietjie Niehaus skakel op 0795796573 of e-pos by shopsingingbeans@gmail.com vir meer inligting of om bestellings te plaas.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.