Skip to main content

455 dié courant wellington

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Wellington

dié

7 Februarie 2018

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 455

7 Februarie 2018

Een en 'n halwe dosyn dubbeldore By die Laerskool Hugo Rust sien besoekers behoorlik dubbeld as hulle in die gange van die skool beweeg. Dié laerskool spog vanjaar met 18 stelle tweelinge as deel van hul leerdertal.

• WOEKER MET SY TALENTE

Musiekman se muse Die Wellingtonner Lawrence Adams eet, dink en leef musiek. Hierdie energieke man se talent en passie ken geen einde nie en hy woeker voort om sy drome een vir een te bewaarheid. Lawrence is sy lewe lank al ‘n Wellingtonner en baie lief vir die dorp. “Ek is gebore op Wellington en woon nog maar van altyd af hier. Ek het al ‘n paar keer probeer om die dorp te verlaat, maar dan kom ek altyd weer terug,” lag hy. Hy is die trotse pa van ‘n vyfjarige seun en is baie lief vir sy pa, ma, broer en suster. Volgens Lawrence bestaan sy dae uit vokale opleiding, die maak van klankbane en die skryf van liedjies. Hy is reeds sedert sy kinderjare versot op musiek en alles wat daarmee gepaard gaan. “Ek onthou dat ek eenkeer toe ek vyf jaar oud was iemand sien dans het. Dit het my aangegryp en ek het dadelik geweet dat dit iets is wat ek wil doen. Hierdie liefde het later uitgebrei en gegroei tot ek ook begin sing en instrumente begin bespeel het,” sê hy. Vandag spog Lawrence met ‘n hele rits titels en baie ondervinding in die musiekwêreld. “Ek het opleiding by professor Andrew Strauss ontvang. Vandag is ek ‘n sanger, ‘n danser, ‘n vocal arranger, ‘n choreograaf, ‘n musikant, ‘n music producer, ‘n dirigent en ook ‘n recording artist,” vertel hy. Lawrence het al saam met talle bekende

kunstenaars opgetree en met groot name in die bedryf skouers geskuur. Hy is lid van die groep, Blacshuga, wat al op 7de Laan verskyn het. Hy het ook al saam met die Fireballs, The Rockets, Oryan Winter, Sydwell Beziek, No Sweat, Zenobia Jentels, Beiron Truskey, Joshua Meyer en die gewilde Dr Victor opgetree. Talle van sy liedjies en verwerkings het onlangs weer tydens die plaaslike Klopse-kompetisie opgeklink. Lawrence vertel dat hy sy lewe lank al deel van die Klopse-kultuur is en elke jaar daaraan deelneem. “Ek neem al van 5-jarige ouderdom aan die Klopse deel. "Ek geniet dit ook om minderbevoorregte kinders te help met die uitbrei van hulle talente en verkies om groepe of spanne af te rig wat aandag nodig het met hulle sang - nie groepe wat reeds goed is nie. Ek het omtrent tien liedjies vir die Klopse geskryf en verwerk,” vertel hy oor sy liefde vir hierdie deel van ons erfenis. Vir hom was dit ‘n hoogtepunt om as deel van die groep Blacshuga op 7de Laan te verskyn en op nasionale televisie te verskyn. Hy put sy inspirasie uit die dinge wat hy elke dag rondom hom waar-

neem. “Alledaagse gebeurtenisse, ander mense se pyn, hartseer en blydskap - en selfs my eie inspireer my wanneer ek musiek skryf,” verduidelik hy. Lawrence is op die oomblik besig om liedjies vir die bekende Suid-Afrikaanse groep, The Rockets, se nuwe Afrikaanse album te skryf. “Ek skryf ook vir Sydwell Beziek vir sy nuwe album en ook vir No Sweat en Blacshuga,” vertel hy. Lawrence se musiekpad tot waar hy nou is, was egter nie sonder uitdagings en struikelblokke nie. “Ek sal ‘n boek kan skryf oor die opofferings wat ek moes maak en geliefdes wat ek verloor het langs die pad ter wille van musiek. Die pad was vol opofferings en ek wou verskeie kere tou opgooi. Maar my liefde vir musiek was elke keer te sterk,” sê hy. Lawrence het groot drome vir die toekoms. “Ek beplan ‘n CD. Maar eers wil ek my toekenning vir beste liedjieskrywer by die Grammy-toekennings gaan haal - hopelik vir een van die albums waaraan ek nou werk. Ek wil vir Wellington en Suid-Afrika trots maak,” sê hierdie groot musikant.

NUUS • NEWS


2

7 Februarie 2018

Supermaan: Wellingtonners kon hul op 31 Januarie aan 'n skouspel-

NUUS • NEWS

Wen kaartjies na ekspo

agtige bloumaan en supermaan vergaap. Die Wellingtonse avonturier en fotograaf, Johan Dempers, het saam met 'n paar van sy fot����ë tudente op Paarlberg gaan stelling inneem om hierdie verskynsel op ��vas te lê. Die resultate was asembenewend. Volgens Johan Dembers, fotograaf van hierdie foto, gaan hy weer 'n "Ster foto-werkswinkel" aanbied. Sy Explorers Photo Club skop ook in Februarie af.

Dis weer amper tyd vir die 15de kykNET Buite Ekspo wat op die Môreson-plaas buite Malmesbury aangebied word. Dié gewilde ekspo is vir die eerste keer in die Malmesbury-omgewing in 2014 aangebied en sedertdien gaan dit van krag tot krag en vanjaar sal niks anders wees nie. Verlede jaar het meer as 19 000 besoekers deelgemaak van die ekspo en die organiseerders se stoutste verwagtings oortref. Die ekspo word oudergewoonte deur Trio Events aangebied, met kykNET as hoofborg met dié courant, Tygerburger, Maroela Media, Bok Radio, Travel Update Magazine, Weg!/Weg Ry & Sleep, Tip Trans, Swartland Munisipaliteit, Jimmy's Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota en die Wes-Kaap-regering as mede-borge. Vanjaar wil die organiseerders die 20 000kerf deurbreek. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op die buitelewe en relevante uitstallings bring die buitelewe en die ontwikkeling daarvan tot jou voorstoep. Hier sal jy al die nuwe verwikkelinge en tegnologie kan aanskou. Talle pretaktiwiteite vir die hele gesin is ook op die spyskaart. André de Villiers avn Safari 4x4-roetes sal weer gratis VW Amarok 4x4-hindernisritte aanbied. Daar is ook 'n veldren-ervaring wat deur Malmesbury Toyota aangebied word. Hier kan die publiek self agter die stuur van 'n Hilux-bakkie inskuif. Die helikopterritte is ook 'n gewilde aktiwiteit.

Vertonings van vierwiel- en motorfietse sal deur Yamaha Helderberg aangebied word. Maak ook seker dat jy nie die Jimmy's Steakhouse Sauces en kykNET se sepiesterre misloop nie. Die gewilde Vaatjie van Toks en Tjops-faam sal as gas-beoordelaar optree. Niemand sal die rugby misloop nie, aangesien 'n GT Camper-sportpark die rugby op 'n grootskerm sal uitsaai. 'n Besprekingspaneel sal voor die wedstryd lekker oor die komende kragmeting gesels. Die deli- en kunsmark gaan ook weer heerlike lekkernye bied, met dié courant se plaaskombuis wat al die hongerkolle sal vul met die beste plaasetes, koffie, tee en varsgebakte produkte. As die honger jou roep, is dit net die plek om te wees. By die GT Camper-kuiertuin sal kaasborde, sushi, oester en heerlike wyne van die Swartland Wynkelder beskikbaar wees. Die kinders kan Sondag bladskud met Lollos, die gewilde storiekarakter. Bring die hele gesin en geniet 'n naweek van pret en plesier by die kykNET Buite Ekspo buite Malmesbury! Wen kaartjies! 20 gelukkige lesers sal elk 'n naweekkaartjie na die gewilde kykNET Buite Ekspo buite Malmesbury wen. Sms die slagwoord EKSPO saam met jou naam, van en tuisdorp na 084 8333 813 voor Donderdag om 12:00 om hiervoor in aanmerking te kom.


NUUS • NEWS

7 Februarie 2018

•ORGANISASIES SPAN SAAM EN VERENIG

Taxi-bestuurders maak positiewe planne

Wellington se taxi-bestuurders is ‘n klomp positiewe mense wat elke dag ‘n groot gedeelte van ons dorp se arbeidsmag en leerders by hul bestemmings besorg. Alhoewel hierdie bestuurders nie ‘n verteenwoordigende liggaam het waaraan hulle kan behoort nie, het hulle tog besluit om ‘n mate van samehorigheid onder hulself te skep. Randall Martin, wat al vir 25 jaar ‘n taxi-bestuurder in Wellington is, het onlangs met ‘n inisiatief vorendag gekom waar hy ‘n spesiale, eenvormige hemp vir elke taxi-bestuurder in Wellington laat maak het. “Ons base en die taxi-eienaars behoort almal aan verenigings en unies, maar daar is nie so iets vir die drywers nie. Ek het toe gedink dit sal lekker wees as al ons drywers hemde dra waaraan die publiek ons kan uitken - om vir die publiek ons unity te wys,” vertel hy trots.

Dit is nie die eerste keer dat Randall met positiewe inisiatiewe vir sy mede-taxi-bestuurders vorendag kom nie. Hy het ongeveer 10 jaar gelede ‘n taxi-sportklub vir taxi-bestuurders begin. “Ons het ‘n lekker sportklub gehad wat rugby en krieket gespeel het. Dan het ons sportdae gehou en teen ander dorpe se drywers gespeel. Dit was baie lekker. Dis iets wat ek weer wil optel,” sê hy. Oor die hemde is Randall baie opgewonde. “Dis netjiese hemde met elke drywer se eie naam op sy hemp. Mense vergeet soms hul sakke of goed in ‘n taxi, maar kan dan nie die drywer se naam onthou as hulle dit soek nie. Nou help ons ons customers sommer ook op hierdie manier. Die ‘rink masters’ se hemde lyk ook ‘n bietjie anders as die drywers s’n,” verduidelik hy. Randall, wat sy lewe lank al in Wellington

woon, het alles wat hy van taxi-ry af weet by Daantjie Small geleer. “Ek bly my lewe lank al in Wellington en het na skool eers by die Commercial Hotel in die kroeg gewerk. Ek het so tussendeur begin om by Daantjie as 'n wag te werk in die taxi. Daantjie ry seker al die langste taxi in Wellington van al die drywers wat ek ken - al by die 35 jaar. Ek weet alles wat ek weet te danke aan hom,” vertel Randall. Hy is, soos die ander taxi-bestuurders, trots op wat hy doen en geniet sy werk. “Dis lekker om vir ‘n eienaar te werk wie se taxi’s netjies en skoon is. En dis lekker om die mense van die dorp te ondersteun en te help om veilig by hul plekke aan te kom. Ons taxi-mense het ‘n struktuur geskep wat dit vir mense moontlik maak om te kom waar hulle moet wees,” sê hy trots. Volgens Randall is die taxi-bestuurders soos familie vir mekaar. “Ons ken almal vir mekaar en maak lekker jokes. Ons is heeldag saam by die ranks en is

3 soos broers. Daar’s nie baklei onder ons nie, want die rink masters kyk wie kom in en reguleer wie kom in en gaan uit,” sê hy. Natuurlik is daar soms dinge wat die taxibestuurders pla ook. “Dis nooit lekker as daar konflik is nie. Die konflik is tussen unies en ons het nie iets daarmee te doen nie, maar dan is ons in dit. Partykeer kan die passasiers ook moeilik wees. Hulle wil gereeld nie vir hul kinders betaal nie. ‘n Stryery oor sulke goed is so onnodig. Ek het maar geleer om kalm te bly. Dan is daar ook partymaal mense wat vreeslik mors in ‘n taxi, maar daarvoor het ons gelukkig die skoonmakers by die rinks,” sê Randall. Hy vervoer elke dag omtrent 120 mense na en van hul bestemmings en is trots daarop dat hy in die 25 jaar dat hy die werk doen, nog nooit in ‘n ongeluk betrokke was nie. Buiten die ryery wat hy elke dag in en om Wellington doen, het Randall ook al bestuurder vir talle toere opgetree. As ‘n groot Stormers-ondersteuner het hy al toere agter dié span aan na Durban, Bloemfontein en Pretoria gelei. “Al wat ek wil doen is om die publiek tevrede te stel en te bedien. Ek wil ‘n goeie indruk maak,” sê Randall. Hy praat namens al die ander bestuurders wat nou trots in eenvormige hemde pryk.


7 Februarie 2018

courant

dié

4

Boer vooruit

In ‘n tyd wat twyfelagtige politiek, waterskaarste, sosiale euwels en tegnologiese oorstimulasie koning kraai, is dit soms moeilik om aan dinge soos vooruitgang en sukses te dink. Om vooruit te boer lyk vir baie mense al hoe meer onwaarskynlik. Die internet en sosiale media wemel, soos ‘n wafferse sielkundige ensiklopedie, met talle inspirerende aanhalings oor hoe om vorentoe te beur in moeilike tye. Verskeie bekende persoonlikhede het ook al hul stuiwer in die armbeurs gegooi met raad oor hoe om vooruit te boer wanneer die vooruitsigte nie altyd rooskleurig lyk nie. Volgens Dolly Parton is dit storms wat bome se wortels dieper laat groei. Martin Luther King het weer aanbeveel dat as jy nie kan vlieg nie, jy moet hardloop. En as jy nie kan hardloop nie, moet jy loop. As jy nie kan loop nie, moet jy kruip. Wát jy ookal doen, moet jy altyd probeer om vorentoe te beur, sê King. Henry Ford het gesê dat as almal saam vorentoe beweeg, sal sukses ‘n natuurlike gevolg wees. Selfs Rocky Balboa het iets oor hierdie gewigtige onderwerp kwytgeraak toe hy opgemerk het dat oorwinning opgesluit is in hoeveel keer jy platgeslaan kan word en tog kan aangaan. In Wellington is egter baie mense wat nie die wyshede van Dolly Parton, Martin Luther King, Henry Ford en Rocky Balboa nodig het om vooruit te boer nie. Dit is eenvoudig iets wat ons mense self doen. Die plaaslike taxi-bestuurders het hul trots en samehorigheid met die maak van eenvormige hemde gewys - ‘n definitiewe teken van inisiatief tot vooruitgang. Pauw Gedenk Primêr beur vorentoe ten spyte van die watertekort en benut alle bronne om hul gryswater te hergebruik. Die Kinderland Kleuterskool het hul kundigheid en leerprogramme nou ook tot beskikking van onderwysers in arm areas beskikbaar gestel. Met hul Kinderland Akademie, waar hierdie onderwysers nou opleiding in die toepassing van die KABV-kurrikulum kan kry, maak hulle die deure van vooruitgang vir die hele streek oop. Die plaaslike musikant, Lawrence Adams, boer vooruit met sy talent deur liedjies vir plaaslike, sowel as nasionale en internasionale kunstenaars te skryf. Huis Andrew Murray beur al vir 120 jaar vooruit en kan hierdie jaar met dankbaarheid terugkyk en feesvier. Mag elkeen hierdie week iets doen om op ‘n persoonlike en gemeenskaplike vlak vooruit te boer.

Dis Goeie Nuus

NUUS • NEWS

HAM hou swierige 120ste-verjaardagete

Bo: Die personeel, bestuur en beheerraad van HAM het almal saam feesgevier. Regs onder: Voormalige inwoner van HAM en Mnr. SA����� Heinrich Gabler, het ‘n motiveringstoespraak gelewer. Onder: Die internasionaal bekroon koek-ghoeroe, Dot Klerck, het ‘n standbeeldkoek van Andrew Murray vir die geleentheid gemaak.

Dr. Andrew Bosman

Geseënd is die man wat die Here vrees

Psalm 111 en 112 is twee psalms wat ‘n mens kan saam lees. Hulle is beide alfabetiese psalms, wat beteken dat elke vers in die Hebreeus se sin begin met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet. Psalm 111 handel oor die Vader, lof aan Hom en oor sy werke. Van sy eienskappe word beskrywe. Sy dade is majesteit en heerlikheid. Sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. Die Here is genadig en barmhartig. Hy dink vir ewig aan sy verbond. Die werke van sy hande is trou en reg, sy bevele is betroubaar. Die psalm sluit met die vrees van die HERE is die beginsel van wysheid. Psalm 112 is ‘n voorstelling van die kind van die HERE, en die eerste vers begin met die vrees van die HERE. Geseënd is die man wat die HERE vrees. Die man se nageslag sal geweldig wees op die aarde, en sy geregtigheid sal bestaan tot in ewigheid. Hy gaan op soos ‘n lig in die duisternis. Sy volle vertroue is op die HERE, sy hart is gerus, hy vrees nie vir slegte tyding nie. Is ons voorbeeld ook ons Vader in die hemel?

Die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum (HAM) het op Sondag 4 Februarie hul 120ste bestaansjaar met ‘n spesiale gedenkdiens en heerlike ete gevier. Hiermee het hul hulde aan Andrew Murray se visie om kinders te bemagtig, wat in 1898 in die ontstaan van die “Meisjes Arbeid School” gestalte gekry het, gebring. Die tema van ds. Lettie Büchner se erediens, “Kom ons raak emosioneel”, was heel gepas. Emosies van dankbaarheid, nederigheid, entoesiasme en vreugde was definitief deel van die viering van hierdie belangrike mylpaal in HAM se geskiedenis. Vir die spesiale verjaardagete is die Moedergemeente se kerksaal in ‘n feestelike ruimte omskep. Al die opgewonde inwoners van HAM kon saam met die personeel, gaste en beheerraadslede om vrolike tafels aansit vir verjaardagfees. Die tafels het gekreun onder potte vol lekkergoed wat deur die koshuisleerders van La Rochelle Hoërskool in die Paarl ingesamel is. Danie Theart, voorsitter van HAM se beheerraad, het die verrigtinge geopen deur na Bybeltekste wat God se liefde vir kinders onderstreep. Hy het ook hulde gebring aan Andrew Murray en sy vrou wat 120 jaar gelede die visie gehad het om ‘n veilige, bemagtigende hawe vir kinders te skep. “Te danke aan mense met dieselfde visie, die ywer van die personeel oor die jare, sowel as die ondersteuning van ons borge, donateurs en die

gemeenskap, kan ons vandag met dankbaarheid hierdie mylpaal gedenk. 120 jaar is ‘n lang tyd. Die dinge wat hier gebeur het is as gevolg van mense wat toegewyd was en is,” het hy gesê. Heinrich Gabler, ‘n oud-inwoner van HAM en finalis in die Mnr. Suid-Afrika kompetisie, het ‘n inspirerende boodskap aan die kinders, personeel, gaste en beheerraadslede gebring. “Hou aan glo. Wees dankbaar. Gebruik die geleenthede wat aan jou gegee word. Neem die regte besluite. "Dít is die dinge wat elke kind hier vandag moet probeer nastreef. Aan die personeel en bestuur, dankie dat julle hierdie dinge vir die kinders moontlik maak en in hulle glo. Onthou, dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie, maar wel waarheen jy op pad is,” het hy gesê. Die bobaas-koekkunstenaar, Dot Klerck, het spesiaal ‘n standbeeld-koek van Andrew Murray vir die geleentheid gemaak. Sy het dit op ‘n trollies tot heel voor in die saal gestoot, waarna almal “Veels geluk” gesing het vir HAM se groot verjaardag. Stephan Spies van HAM se beheerraad het ‘n heildronk op die groot mylpaal ingestel. “In ‘n heildronk sê ‘n mens gewoonlik dankie, geluk en voorspoed. Hiermee wil ek dankie, geluk en voorspoed sê aan elke personeellid, elke kind, die bestuur, die beheerraad, die donateurs en die borge. Ons moet almal aanhou glo,” het hy gesê terwyl almal hul glase gelig het op ‘n instansie wat al vir 120 jaar lewensveranderende werk in ons dorp doen.

Skaak: Johannes

Goosen van Laerskool Hugo Rust het gedurende die vakansie aan die Suid-Afrikaanse junior skaakkampioenskappe deelgeneem. Sy span het vyfde geëindig in die o.10C-skaakafdeling. Hy het ook ‘n 15de plek uit 78 leerders behaal.


NUUS • NEWS

7 Februarie 2018

Kinderland-akademie nou amptelik oop

Dr. Thys Smit, voorsitter van die Kinderland Akademie-direksie, Gertie Smit, uitvoerende beampte van Kinderland Akademie, Ilse Human, hoof van Kinderland Kleuterskool, Milandre Vlok, aanbieder van die kursus, Ronel van Tonder van die Rupert Trust en Ree du Toit, produksie direkteur van DGB. Die Kinderland Kleuterskool is alreeds vir ‘n hele sonder ‘n werkbare program toe te pas. “Kinderland het reeds in 2014 die konsepaantal jare ‘n bekende en geliefde heenkome vir Wellington se kleuters. Hierdie kleuterskool, kurrikulum geneem en ‘n eie dagprogram daarwie se kundige personeel voortdurend aan die volgens ontwikkel. Hierdie program is nie agter voorpunt van ontwikkelingsprogramme bly, het ‘n rekenaar ontwikkel nie, maar volgens die op Saterdag 3 Februarie hul nuwe been, die Kin- praktiese dinge wat ons elke dag en elke week hier gedoen het. Daar is ook ‘n spesiale reeks derland Akademie, bekendgestel. Kinderland Akademie is ‘n nuwe, aparte stories, ‘’n Storie ‘n dag’, ontwikkel om by die uitvloeisel van die oorspronklike kleuterskool program aan te sluit,” het sy verduidelik. Smit het ook hulde gebring aan elke opvoeder en sal opleiding aan opvoeders by kleuterskole in die streek verskaf. Die akademie is ‘n nie- wat nou elke Saterdagoggend na die Akademie -winsgewende organisasie wat daarop fokus om kom om opleiding te ontvang om ‘n positiewe opvoeders wat in minder gegoede woonbuurte verskil in kinders se lewens te maak. Die program wat Kinderland Kleuterskool by kleuterskole werk, in diens op te lei en toe te rus, sodat hulle gehalte opvoeding aan die ontwikkel het, is op die Nasionale Kurrikulum Raamwerk gebaseer en om die ses vroeë leerkinders in hul sorg kan bied. Tydens die bekendstelling van die Akademie ontwikkeling areas gebou. Dit maak voorsiening het Ilse Human, hoof van Kinderland Kleuter- vir die ouderdomsgroepe 3-4 jaar en 4-5 jaar skool, die borge van die projek, sowel as al die en is progressief uitgewerk vir elke dag van die verteenwoordigers van verskeie instansies ver- skooljaar volgens algemene temas. Ontluikende geletterdheid en ontluikende wiskunde geniet welkom en bedank. “Daar is soms ‘aspris’-mense in ‘n mens spesiale aandag in die program, wat deur die se lewe. Dit is die mense wat met ‘n rede jou Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike pad kruis of by wie jy iets kan leer of vir wie jy Ontwikkeling vir gebruik deur ander VKO-instaniets kan beteken. Almal wat vandag hier is, is sies goedgekeur is. Die Kinderland Akademie se indiensopleiding ‘aspris’-mense. Ons het almal iets in gemeen en is almal met ‘n spesifieke rede aan mekaar word in tien sessies van drie ure elk oor die skooljaar versprei en vind op Saterdagoggende verbind,” het sy gesê. Ilse het verduidelik dat die onderwysdepar- plaas. Opvoeders wat die kursus bywoon, word tement nou verwag dat graad R-leerders ook deur die jaar ondersteun in die toepassing daar‘n program volgens die KABV-kurrikulum moet van. Die kursus word deur Gertie Smit, ‘n senior volg om hul vir graad 1 voor te berei. Kinderland het reeds ‘n program in plek wat aan al hierdie dosent in die Grondslagfase aan CPUT en ‘n spevereistes voldoen - iets wat hulle nou by die Aka- sialis in die vakdidaktiek van wiskunde, sowel as Ilse Human, hoof van Kinderland Kleuterskool, demie met ander onderwysers gaan deel. Dr. Thys Smit, voorsitter van die Akademie se en Milandre Vlok, lektor aan Universiteit Pretodireksie, het hierdie nuwe inisiatief as ‘n nuwe ria en spesialis op die gebied van vroeëkindonthoofstuk in Kinderland se lang verhaal bestem- wikkeling aangebied. Dr. Smit se woorde oor hierdie nuwe hoofstuk pel. “Toe Kinderland sewe jaar gelede begin het, in die Kinderland-verhaal som die positiewe rimwas hier ‘n ou bouvallige gebou en ‘n stuk grond peleffek van hierdie inisiatief miskien die beste wat eers ‘n koollandery was. Ons het met sewe op. kinders en een opvoeder begin en ons het nou “Die seënverhaal van Kinderland Kleuterskool 115 kinders en 17 opvoeders. kan nou ook die seënverhaal van die kleuterskole "Die kundige mense in ons span het ‘n in die hele streek word,” het hy gesê. opvoedkundige program ontwikkel wat deur die provinsiale departement goedgekeur en geregistreer is en nou ook ander opvoeders kan bemagtig om hul passie vir vroeë kinderopvoeding ten volle uit te leef,” het hy gesê. Dr. Smit het ook na die ondersteuning wat Kinderland van die Rupert Trust en DGB ontvang het om hierdie Akademie en die gepaardgaande bemagtiging van onderwysers moontlik te maak. Gertie Smit, uitvoerende beampte van die Kinderland Akademie, het tydens haar spreekbeurt by dr. Smit aangesluit. Sy het verwys na die feit dat die nuwe kurrikulum vir voorskoolse kinders, wat in 2015 deur die Onderwys Departement gepubliseer is en in 2018 geïmplimenteer behoort te word, moeilik is om

Lizz laat Wellingtonners skater en nadink

5

Bo: Marnus Erasmus, Marinda Loubser en André Pentz saam met Lizz Meiring. Talle Wellingtonners het op Vrydag 2 Februarie Dit is ‘n voorreg om hulle hierin te ondersteun,” ‘n vertoning van Lizz Meiring in die Hugenote het sy met die aanvang van die vertoning gesê. Die vertoning, wat uit verskeie sketse, kwinkKollege-saal bygewoon. Hierdie eenvrouvertoning, “Met ander woorde”, is ‘n opvolgvertoning slae, rymelary en interessante vertellings uit die van Lizz se eerste, gelyknamige vertoning waar- mitologie bestaan het, het ‘n lig gewerp op en ‘n spieël gehou voor die basis van menswees mee sy in 2017 deur die land getoer het. Meiring het die vertoning ten bate van deur die eeue heen. Meiring het die gehoor laat behoeftige studente by Hugenote Kollege aan- skater, maar ook stof tot nadenke onder hulle losgelaat. gebied. “Ons is baie dankbaar om iemand van Lizz se “Ons het baie probleme in hierdie land en ek dink dat die belangrikste oplossing vir talle daar- formaat te hê om dit wat by Hugenote Kollege van opvoeding is. Hugenote Kollege doen juis gedoen word, te ondersteun,” het André Pentz dít en voed mense op om weer ‘n positiewe rim- van Pentz Gillespe Internasionaal, organiseerder pel-effek in ‘n samelewing vol probleme te hê. van die geleentheid, gesê.

Museum opsoek na foto's vir uitstalling

Die Wellington Museum is op soek na hoë resolusie foto’s van die afgelope Klopse kompetisie vir ‘n uitstalling. Lede van die publiek kan sulke foto’s voor 22 Februarie op ‘n cd of geheuestokkie by die museum indien.


6

7 Februarie 2018

VLV skop jaar af

NUUS • NEWS

Groot opgewondenheid by opedag vir naaldwerk Susan Hodgson van die VLV se gesondheidsportefeulje, die spreker, dr. Marinus van Rooyen en die VLV-voorsitter, Juanita Loubser.

Die plaaslike VLV-tak het hul jaarlikse aktiwiteite vir 2018 op Donderdag 1 Februarie op ‘n gesonde noot afgeskop. Hierdie eerste byeenkoms van die jaar in die saal van die Noord-gemeente, is deur die gesondheidsportefeulje van die VLV georganiseer. Buiten die gebruiklike marktafel wat onder die vars en handgemaakte produkte gekreun het, het die trekking van ‘n lootjie en spesiale verjaardagwense aan lede die oggend ingekleur. Die gesondheidstema het nie net in die versierings van vars produkte gestalte gekry nie, maar is ook deur die geleentheidspreker na emosio-

nele gesondheid deurgevoer. Die spreker was dr. Marinus van Rooyen. Hy is ‘n opvoedkundige sielkundige van Noordhoek wat spesialiseer in kinders wat op die outistiese spektrum is. Dr. Van Rooyen het lig gewerp op die invloed van ‘n kind op hierdie spektrum op die gesin. “Elke verhouding begin met verwagtings en drome vir die toekoms. Wanneer ‘n paartjie dan ‘n kind kry wat buite die normale raamwerk van funksionering val, kan dit ongelooflike druk op hul verhouding, sowel as op dié van ander sibbe in die gesin, plaas. "Min mense is voorbereid op ‘n persoon in ‘n gesin wat geestesgesondheidsondersteuning nodig het,” het hy gesê. Volgens dr. Van Rooyen is kommunikasie in so ‘n situasie die sleutel tot die beste uitkoms. Hy het ook die verskillende stadiums van aanvaarding waardeur ouers met sulke kinders gaan, belig. “Outisme is ‘n stille gestremdheid. Daar is geen fisiese tekens dat so ‘n kind anders as ander funksioneer nie en die samelewing het dikwels min begrip hiervoor. Families raak sosiaal geïsoleer en die selfbemagtiging van sulke ouers is dikwels ‘n stryd,” het hy verduidelik. Nadat die dames na hierdie insiggewende praatjie oor emosionele gesondheid geluister het, kon hul ook hul fisiese gesondheid ‘n hupstoot gee deur heerlik te kuier rondom die vrugtetafel wat deur die organiseerders van die oggend voorberei is.

Op die foto is Wilma Büsse van I love Sewing opedag kom inloer het. Talle voornemende naaldwerk-entoesiaste het op Donderdag 1 Februarie die opedag van ‘n nuwe naaldwerk-inisiatief op Wellington bygewoon. Oud en jonk het opgedaag om hulself in te skryf vir kursusse om hul vaardighede op te knap, of van nuuts af te leer naaldwerk doen. “I love sewing” is ‘n kursus wat binnekort afskop om Wellingtonners ten opsigte van naaldwerkvaardighede te bemagtig. Volgens Wilma Büsse van “I love sewing” is hul kursusse van so ‘n aard dat dit geskik is vir kinders sowel as volwassenes.

WEES BEWUS Die feestyd is verby en ons wil almal bedank wat drank verantwoordelik gebruik het gedurende hierdie feestyd. Kom ons hou so aan vanjaar om “bewus te wees“ en moenie toelaat dat drank jou denke beïnvloed nie. Aan drank instellings “Wees bewus” en maak seker dat jy voldoen aan jou dranklisensie voorwaardes en drankwette om drank verantwoordelik te verkoop. Aan motor bestuurders “Wees bewus” en moet nie bestuur onder die invloed van drank nie. Aan swanger vroue “Wees bewus” en moenie drank drink terwyl julle swanger is nie. Laat ons “bewus wees” en saam kan ons alkohol misbruik stop en veiliger gemeenskappe skep.

Rapporteer onverantwoordelike drankverkope aan 021 204 9805/9700.

saam met die Visser-sussies wat tydens die “Dit is ook só saamgestel dat mense met geen naaldwerkervaring én mense met goeie naaldwerkkennis dit kan aanpak,” het sy verduidelik. Die kursusse sal amptelik op 12 Februarie afskop. “Die reaksie is oorweldigend en ons het reeds ongelooflik baie navrae en besoekers gekry. Aangesien naaldwerk nie meer ‘n skoolvak is nie, is daar ‘n groot leemte wat hierdie vaardighede betref en mense stel regtig belang om hulself ten opsigte hiervan te bemagtig,” het Wilma gesê. Belangstellendes kan 082 520 1189 of 021 200 0168 skakel vir meer inligting.


NUUS • NEWS

7 Februarie 2018

Dagboek • Diary

Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC, Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington-rugbyklub Wellington-rugbyklub se oefeninge vind plaas vanaf 19:30 by die Wellington-rugbyklub, reg langs Boland-stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 House of Praise Ecclesia 16 February: HOPE Valentine's Gala. The theme of this event is Red Carpet as well as the dress code - red carpet style. Start at 19:30 at the Wesbank Civic Hall @ R150 per person For any further information contact Christopher Farao at 081 722 6198 Depressie- en Angsondersteuningsgroep 20 Februarie 2018: om 19:15 praat Dr Fanie Marais in die Marthazaal, Wellington oor die onderwerp Leef oplettend: 25 skilderye. Fanie was voorheen predikant van die Moedergemeente Wellington maar het vyf jaar gelede afgetree. Hy is 'n mensekenner en ook kunstenaar van formaat. Kontak my indien jy meer wil weet. Petro Greeff -- Voorsitter 021 873 4688 / 072 709 8000 HAM 120 Jaar 24 Februarie - Huis Andrew Murray vier hul 120ste bestaansjaar. Kontak 021 873 3834 met navrae.

Silwerkruin Basaar 2 Maart 2018: Hou die datum oop!!! Silwerkruin hou basaar vanaf 16:00 tot 21:00 Vir enige navrae kontak Melanie by 021 873 1040 Albert Frost 10 March: Albert Frost live at Indie Ale, Porterville. Doors open at 12:00 Pre-sale tickets @ webtickets - R100 Tickets sales through Indie Ale - R120 Darling-familiefees 17 Maart - Die Darling Familiefees word gehou van 09:00 tot laat by die Darling NG-kerk. Talle aktiwiteite soos 'n mark, boeresport, kinderaktiwiteite, kuiertent en Jo Black om 19:00. Swartland Charity Bikers Braai 6-8 April - Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai word op die Moorreesburg-skougronde gehou. Voorafskrywings beloop R140. Hektoegang beloop R170 en kenteken R20. Kinders onder 10 is gratis. Voorafinskrywings sluit op 9 Maart. Kontak Francois by 083 956 0606, Erhardt by 082 898 1026 of Herman by 083 568 5020. Pinotage & Biltong Festival 2018 14 & 15 April - Come join in the fun at Perdeberg Winery, Agter Paarl Tickets from www.computicket.com or www.plankton.mobi

Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519 NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00. Sondag-aanddiens Leefkerk om 18:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington.

Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9:00 en Sondagaand om 19:00 op die h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677 AGS Wellington Dienstye en Junior Kerk : Sondae 09:00 asook 18:00 by Terracestraat 3, Wellington. Kontak: 083 258 8717 of 021 873 3375 Crystal Gates Outreach Ministries Sondag-oggende om 10:00 en Vrydag-aande om 19:00, te Bergrivierstraat 32, Vanwyksvlei, Wellington. Alle besoekers welkom.

Pauw Gedenk Primêr woek�����t water

7

Op die foto’s is die skoolhoof, mnr. Williams, saam met Zaida Samuels en Lorraine Consani van die KWV en ‘n paar trotse leerders by die nuwe tenk. Pauw Gedenk Primêr het pro-aktief opgetree en het Lorraine Consani van die KWV gesê. Volgens haar fokus die KWV op hul sosiale inisiatiewe om die implikasies van die waterteverantwoordelikheid en wil hulle graag betrokke kort die hoof te bied, geloods. Een so ‘n inisiatief was die installering van ‘n wees by die bevordering van gryswaterstelsels watertenk. Kinders het ook, buiten die water soos dié by Pauw Gedenk Primêr. Die KWV genereer deur middel van hul CSIwat hul elke dag vir hul eie gebruik skool toe bring, ekstra water skool toe gebring waarmee -projekte (Corporate Social Investment) fondse wat hulle weer in ‘n inisiatief soos dié by Pauw hul dié tenk gevul het. Die skoolhoof, mnr. Williams, het besluit om Gedenk kan terugploeg. Op Woensdag 31 Januarie het verteenwoornog planne te beraam om ‘n ekstra tenk vir die opvang van gryswater in die hande te probeer digers van die KWV die splinternuwe watertenk amptelik aan Pauw Gedenk oorhandig. Die tenk kry. Hy het die KWV gekontak vir ‘n moontlike sal gebruik word om gryswater op te vang, wat skenking van so ‘n tenk. Hierdie maatskappy het dan weer in die watervoorsieningsisteem van die dadelik ingestem om die skool se waterplanne skool se badkamers gebruik sal word. “Ons is verheug om te sien hoe ons watermet die skenking van ‘n tenk te ondersteun. “Mnr. Williams het ons in verband met die planne die een na die ander in plek begin val. borgskap van tenk genader net nadat die KWV ‘n Ons is baie dankbaar teenoor instansies soos die bestuursbesluit geneem het om ons gewig agter KWV wat ons help om dit moontlik te maak,” het waterbesparing in die gemeenskap in te gooi,” mnr. Williams gesê.

Oeste kleiner - kwaliteit tops

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf kan ʼn keerpunt in 2018 verwag. Wynprodusente en kelders staar moeilike realiteite soos ʼn kleiner wyndruifoes en toenemende finansiële druk in die gesig, maar is gereed om uitdagings met ʼn hernieude fokus aan te pak en geleenthede op die globale, politieke en ekonomiese horison aan te gryp. “Ons gaan nou die begin van ʼn nuwe groeifase van die wynbedryf se sewe jaar siklus binne,” het Rico Basson, Vinpro se besturende direkteur, Donderdag tydens die wynbedryfliggaam se 13de jaarlikse Nedbank Vinpro Inligtingsdag gesê. Kleinste oes in 12 jaar “Die 2018 wyndruifoes gaan na verwagting die kleinste sedert 2005 wees weens ʼn afname in die aantal wingerde, die voortslepende droogte en verliese vanweë ryp en hael,” het Francois Viljoen, bestuurder van Vinpro se wingerdkonsultasiediens gesê. Die bedryf voorspel dat die kleiner oes tot ʼn verlies aan inkomste ter waarde van R700 miljoen by die plaashek gaan lei – dit in ʼn tyd wat

produksiekoste in die afgelope tien jaar verdubbel het en die minimumloon vir plaaswerkers in Mei met 17% gaan toeneem. Wyntekort vereis hoër pryse Goeie nuus is dat wynpryse na raming gaan styg weens ʼn dreigende wyntekort. Volgens Basson gaan voorraadvlakke die laagste in 15 jaar wees. “Gryp nou die geleentheid aan om hoër pryspunte te beding. 2018 moet die nuwe basislyn wees vanwaar ons waarde vorentoe moet groei,” het Basson tydens sy jaarlikse oorsig oor die stand van die wynbedryf, wat die bedryf se vordering teenoor die 2025 teikens van die wynbedryf se strategiese raamwerk (WISE) meet, gesê. Dit is bemoedigend dat die volume van plaaslike wynverkope met 2.8% toegeneem het na 406 miljoen liter in 2017, maar dis selfs beter nuus dat die waarde met 8.6% toegeneem het na R13.2 miljard. “Produsente en direksies moet volle eienaarskap en verantwoordelikheid neem vir hul produk deur ingelig te wees oor marktendense en prysstrukture,” het hy gesê.


8

courant

NUUS • NEWS

dié

7 Februarie 2018

WELLINGTON SPORT

Tel: 022 487 3221

Brons vir Wellington se tweekampspan

Bo: Die Boland-span neem 'n blaaskans. Links: Christiaan Hattingh het 'n silwer medalje huis toe gebring. ‘n Groot groep Wellingtonners - van laerskoolvlak tot veterane - was deel van die Bolandgroep wat die afgelope naweek aan die 27ste Highgate Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn deelgeneem het. Leerders van Laerskool Hugenote, Laerskool Hugo Rust en Hugenote Hoërskool was deel van die groep. Tweekamp is ‘n sport waarin atlete se vaardighede op die atletiekbaan en die swembad getoets word. Twee Hugo Rust-atlete het medaljes huis toe gebring. Christiaan Hattingh het ‘n silwermedalje in die onder 11-afdeling verower en Francois Retief het ‘n bronsmedalje in die onder 13-seunsafdeling gewen. Maryke Koen van Hugenote Hoërskool het ook brons in die o.17-afdeling gewen. Twee plaaslike senior atlete het ook met

medaljes teruggekeer huis toe. Andries Aucamp (junior veterane, 27 tot 39 jaar oud) en Neil Buchner (veterane, 40 tot 49 jaar) het beide die derde posisie in hul afdelings ingeneem. Hugenote Hoërskool se atlete het as span spiere gebult en ‘n algehele derde plek in die skolekompetisie gewen. Boland het algeheel tweede gekom na WP. Die ander provinsies wat deelgeneem het was OP, SWD, Griekwaland-Wes, Grens en Suid-Vrystaat. Die laaste byeenkoms in vanjaar se Boland Tweekampliga-seisoen vind op 24 Februarie by Hugenote Hoërskool plaas. Dit dien as die Boland kampioenskappe, waartydens die Boland-span wat aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms in Pretoria sal deelneem, gekies gaan word. Vir meer inligting, besoek www.bolandtweekamp.org.za.

7 Februarie 2018

• BULLS EN STORMERS

Rugbyreuse meet kragte in die Boland

Boland Stadion het op Saterdag 3 Februarie gasheer gespeel vir een van die rugbyseisoen se grootse oefenwedstryde. Die DHL Stormers en die Vodacom Bulls het mekaar voor stampvol pawiljoene op die snikhete tuiste van die Boland Kavaliers die stryd aangesê. Daar was min onderskeid tussen die spanne van die Stormers en die Bulls tydens die skouspelagtige wedstryd. Die gelykop eindtelling, 26-26, weerspieël die verbete stryd waarin die spanne mekaar reeds sedert die eerste 10 minute van

die wedstryd fisies beproef het. Die entoesiastiese skare het elke minuut van die wedstryd, waar die spanne 4 drieë en 4 vervyfskoppe elk aangeteken het, met geesdrif gevolg het. Met ‘n halftydtelling van 14-7 in die Bulls se guns, het die Stormers die tweede helfte met mening aangepak en vinnig weer die telbord na ‘n gelykop telling van 14-14 verander. Die spanne het om die beurt nog drieë aangeteken totdat die eindfluitjie met ‘n gelykop uitslag geblaas het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook